NoordKaap 29 May 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 29 Mei 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Sterre uit NK vereer Wildboer en die Custoda-trust is wenners

WIAAN VAN DER LINDE, bekroonde wildboer en entrepreneur, is gisteraand aangewys as die Noord-Kapenaar van die Jaar in Volksblad en Kumba Iron Ore se kompetisie vir die Noord-Kapenaar- en die NoordKaapse Instansie van die Jaar. Die wenner as Instansie van die Jaar is die Custoda-trust, ’n nie-winsgewende organisasie op Delportshoop wat ’n verskeidenheid dienste aan die gemeenskap lewer. Dié projek is ook in samewerking met GWK vanjaar die derde jaar aangebied. Van der Linde, Wildbedryf SA (WRSA) se wildboer van die jaar in 2011 en Landbouskrywers SA Sentraal se NoordKaapse boer van die jaar in 2010, en sy vennoot, Hennie Gous, het pas geskiedenis in die Noord-Kaapse en Vrystaatse wildbedryf gemaak. Hul wild-en-jagreservaat Wintershoek het ’n vennootskap met Jaco Troskie van die Unyati-wildreservaat (deel van die Mimosa-groep) gestig om skaars en bedreigde wildsoorte vir kommersiële doeleindes te teel. Van der Linde het aanvanklik ’n biltongjag- en trofeejag-onderneming saam met sy skoonpa, Fouché Naudé, op die plaas Doringlaagte bedryf. In die agt jaar wat hy op sy eie is en ’n unieke onderneming ontwikkel het, het hy die wildbedryf verstom met nuwe denkwyses en maniere om middelmanne uit te skakel en die inkomste uit die hele proses te verdien. Die WB Safari Company bestaan uit Wintershoek, AfricanSan-taksidermie en Oryx Venison. Hulle verkoop lewende wild, teel en koop skaars en bedreigde diere en bedryf ’n taksidermie-onderneming en leerlooiery. Hy het ook sy eie meubelfabriek in Kaapstad waar die

velle van die plaas gebruik word, asook ’n vleisverwerkingsaanleg. Sy geregistreerde wildvangspan is uiters suksesvol. Van der Linde sien ook om na renosterwesies, roofdiere, swartwitpense en bastergemsbokke wat van oor die land heen na hom gebring word. Die Custoda-trust verskaf vroeë kinderontwikkeling en gemeenskapsvaardigheidsontwikkeling aan jeugdiges en vroue in die omgewing. Custoda bestaan uit ’n groep mense wat opleiding, ondersteuning en advies deur kwalifikasie- en vaardigheidskursusse aanbied. Programme wat daarop gemik is om die individuele en organisatoriese vermoë van ontwikkeling en gemeenskapsontwikkeling te verhoog word aangebied. Deur dit te doen kan vroue balans en volhoubaarheid aan hul gesinne oordra. Deur vaardighede, kwalifikasies en ondersteuning te kry kan hulle hul kinders se ontwikkeling ’n lewenslange leerproses maak. Custoda se missie is om die gemeenskap toe te rus met kennis deur opleiding op alle gebiede van ontwikkeling van kinders en vaardigheid te skep. Custoda het al verskeie prestasies behaal. Onder meer is 27 mense opgelei in ’n opleiding-vir-opleiersprogram wat Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes(BOOV) programme aan landelike gemeenskappe in die Noord-Kaap bied. Custoda het gehelp met die stigting van vyf vigs-ondersteuningsgroepe in die gemeenskap en ’n vigs-strategie in die Dikgatlong-gebied wat gelei het tot die stigting van die NoordKaapse vigsforum. Twaalf vroue is ook opgelei in tuisversorging en die skep van groentetuine.

WIAAN VAN DER LINDE, Noord­ Kapenaar van die Jaar. Foto: Verskaf

HULDAH BARNARD, projekbestuurder van die Custo­ da­trust. Foto: Verskaf


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

KEVIN FOSTER, projekbestuurder van die Doornfontein­sonaanleg, gesels oor die werk wat reeds met die oprigting van die aanleg gedoen is.

WERKERS installeer die pale.

SON bied energie. Van die sonpanele wat reeds by die Droogfontein­sonaanleg buite Kimberley aangebring is. Wanneer die aan­ leg voltooi en in werking is, sal dit genoeg elektrisiteit opwek om 20 000 huishoudings van krag te voorsien.

OP die voorgrond is van die panele wat reeds opgestel is. Op die agtergrond is van die pale waarop nog panele geplaas sal word.

Foto’s: Emile Hendricks

Panele pryk op terrein André Botha

MINDER as vier maande gelede was daar nog net vaal grasvlaktes op die plaas Droogfontein buite Kimberley. Nou lei ’n weerkaatsing in die son jou reguit na die sonkragaanleg in aanbou op die plaas. Sowat 8 000 sonpanele pryk reeds op die terrein van die aanleg. Dit is sowat 5% van die 168 720 panele waarmee krag uiteindelik hier opgewek sal word – genoeg om 20 000 huishoudings van elektrisiteit te kan voorsien. Dit is naby ’n derde van die getal geregistreerde huishoudings in Kimberley. Altesaam 50 MW elektrisiteit sal by voltooiing van die aanleg regstreeks by Eskom se verspreidingstelsel ingevoer word. Die eerste sooi op die plaas, skaars 15 km buite Kimberley digby die N12 na Johannesburg, is in Februarie gespit. Kevin Foster van Mainstream Renewable Power en projekbestuurder van Droogfontein Solar PV, sê pale, gemaak van gegalviniseerde staal, word in die grond geplant om die sonpanele te dra.

Dit neem ’n masjien tussen 20 en 30 sekondes om een paal in te dryf. ’n Voordeel op die terrein is dat dit uit sanderige grond bestaan. Geen klipbanke of rotse hoef dus eers verwyder te word nie. “Die terrein is soos ’n sandboks,” beskryf Foster dit. Sowat 50% van die sonpanele, afkomstig uit China, is reeds afgelewer. Die panele word teen ’n hoek van 25 ° geplaas. Elke paneeltafel bestaan uit 5 rye en 19 kolomme. Tussen elke tafel is ’n ruimte van 10 mm om vir uitsetting voorsiening te maak. In die Noord-Kaapse weer met sy uiterstes is dit noodsaaklik, sê Foster. ’n Lastigheid is die stof waarvoor die NoordKaap bekend is. Wanneer die aanleg voltooi is, sal die panele twee tot vier keer per jaar met die hand skoongemaak word. Op die oomblik is daar sowat 150 werkers op die terrein. Wanneer die hoogtepunt van die konstruksieproses bereik word, sal daar sowat 350 werkers wees. Sowat 75% is plaaslik. Foster sê ’n groot voordeel is die vaardighede wat aangeleer word. Dit beteken die wer-

kers sal ook by ander aanlegte aangewend kan word. Vaardigheidsontwikkeling is een van die doelwitte van die projek. Sowat 1 200 panele word per dag opgesit. Dit sal tot 2 000 panele per dag verhoog. Kontraktueel moet die hele aanleg teen Maart 2014 voltooi wees. Die eerste fase sal in November 2013 afgehandel wees. Foster sê daar word egter gemik om vroeër klaar te maak. Droogfontein Solar Power is een van Globaleq se drie energie-aanlegte in Suid-Afrika wat deur Mainstream Renewable Energy ontwikkel word, met Globeleq as meerderheidsaandeelhouer wat op projekte in Afrika en Suid-Amerika fokus. Die ander is ’n sonkragaanleg by De Aar en ’n windplaas by Jeffreysbaai. Globaleq vorm saam met Mainstream Renewable Power deel van ’n konsortium wat ook die Thebe Investment Corporation, Enzani Technologies en Usizo Engineering, asook die Droogfontein-gemeenskapseiendomsvereniging, insluit.

Fees gehou SKAAPKOP, afval en beesstert is Vrydag van 17:00 tot 20:00 op die spyskaart op die NG kerk Bakenskop se Vleispotrestaurant-aand op die jaarlikse vleisfees, wat sedert 2004 gehou word. Boon Boonzaier, ’n gemeentelid, sê vanjaar is besluit om die vleisfees ’n projek van twee maande te maak. Saterdagoggend word ’n straatverkoping van sosaties, wors en worsbroodjies by die Horseshoe Caltex gehou. Vleisverkope word ook op 14 en 28 Junie by die kerk gehou en op 1 Junie, 15 Junie en 29 Junie word vleismarkdae om 08:00 gehou.


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

3

Bouwerk kan nog verder sloer André Botha

SÓ het dit by die psigiatriese hospitaal in Kimberley gelyk toe ’n afvaardiging van die nasio­ nale raad van provinsies die gebou in Januarie 2012 besoek het. Volgens Mxolisi Sokatsha, LUR vir gesondheid, is heelwat vordering sedertdien deur die nuwe kontrakteur gemaak, maar wetlike vereistes skep nuwe probleme. Foto: Emile Hendricks

Dept. gaan op kinders, jonges fokus GROOT klem word op kinders en jong mense geplaas in die begroting van die departement van maatskaplike ontwikkeling wat by die wetgewer ingedien is. Sowat R137 miljoen gaan vanjaar deur die departement aan kindersorg en -beskerming bestee word. Dit is byna ’n kwart van die departement se gesamentlike begroting vir die nuwe boekjaar. Alvin Botes, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het gister in sy begrotingsrede in die wetgewer gesê dié geld word bestee omdat te alle tye verseker moet word dat kinders veilig is en in hul ontwikkelingsbehoeftes voorsien word. Die departement se gesamentlike begroting beloop R606 miljoen. Hiervan is R396 miljoen vir maatskaplike dienste, R114 miljoen vir navorsing en ontwikkeling en R93 miljoen vir administrasie. Geld begroot vir vroeëkindontwikkeling het met 46% teenoor die vorige boekjaar

toegeneem. Altesame R71 miljoen sal vanjaar hieraan bestee word. Botes het gesê die regering moet alles binne sy vermoë doen om kinders teen verwaarlosing, misbruik en vernederende straf deur ouers en oppassers te beskerm. Sowat R2,2 miljoen word beskikbaar gestel vir vaardigheidsontwikkeling vir jong mense. ’n Verdere R1,7 miljoen sal bestee word aan maatskaplik-ekonomiese projekte om te verseker dat ’n omgewing geskep word waarin ondernemingsbedrywighede deur jong mense aangespoor word. Net minder as R12 miljoen is begroot vir sorg en dienste aan ouer mense, terwyl R1,9 miljoen beskikbaar gestel word om die departement se gesinsbewaringsdienste te versterk. Botes het gesê die integriteit van gesinne moet herstel word omdat die gesin die belangrikste eenheid binne die gemeenskap is.

Syfer hier laagste DIE Noord-Kaap het nou die laagste vigssyfer in die land, het Mxolisi Sokatsha, LUR vir gesondheid, gister in sy begrotingsrede gesê. Die departement se begroting vir die nuwe geldjaar beloop nagenoeg R3,3 miljard. Dit is ’n toename van sowat 6% teenoor die vorige geldjaar. Sokatsha het gesê die uitslag van die jongste opname oor vigs, wat in Desember 2012 bekend gemaak is, het getoon die vigssyfer in die provinsie is 17%. Die Siyanda-distrik het die hoogste voorkoms in die provinsie, sowat 19%, en Namakwa die laagste, sowat 6%. Hy het gesê een van die grootste uitdagings vir die departement is stygende gesondheidskoste, asook

onvoldoende mediese personeel. Laasgenoemde werklading sal verlig word met die herontplooiing van sowat 400 verpleegsters wat deur die WesKaapse gesondheidsdepartement beskikbaar gestel is. Die nuwe hospitaal op Upington sal na verwagting in Augustus open. Dienste sal geleidelik ingefaseer word. Wanneer dié hospitaal ten volle op dreef is, sal dit byna dubbeld soveel beddens as die huidige Gordonia-hospitaal hê. Streekhospitaaldienste sal dan aan die westelike deel van die provinsie gelewer kan word. Die Kimberley-hospitaal kan dan op die oostelike deel van die provinsie fokus en ook tersiêre dienste aan die hele provinsie lewer.

B E T R E K K I N G S

BOUWERK aan die omstrede psigiatriese hospitaal in Kimberley kan nog langer duur én meer kos as beplan weens noodsaaklike veranderinge aan die ontwerp wat deur nuwe wetgewing vereis word. Die geraamde koste weens vertragings in die bou van die hospitaal was verlede jaar al sowat R1 miljard. Die provinsiale gesondheidsdepartement onderhandel nou met die nasionale departement om ekstra geld vir die veranderinge te kry. ’n Rits probleme met vorige kontrakteurs en ernstige brouwerk met die bouery, wat meegebring het dat van die mure afgebreek moes word, het veroorsaak dat die aanvanklike koste van R440 miljoen tot digby R1 miljard opgeskiet het. Bouwerk aan die hospitaal duur met rukke en stote reeds byna ’n dekade lank. Boonop het ’n Bloemfonteinse sakeman die departement onlangs vir R53 miljoen gedagvaar vir bouwerk aan die hospitaal. Mxolisa Sokatsha, LUR vir gesondheid, het in sy begrotingsrede in die wetgewer gesê die hospitaal bly ’n “ernstige uitdaging”. Die kontrak met die nuwe kontrakteur bepaal dat bouwerk in 2014 afgehandel moet word, maar veranderinge wat deur nuwe wetlike vereistes genoodsaak word, is nie in ag geneem met die bepaling van die datum nie. Dit sluit in dat manlike en vroulike pasiënte algeheel van mekaar geskei moet word, asook die skeiding van vrywillige

pasiënte en pasiënte wat deur howe na die hospitaal verwys is. Hoewel Sokatsha dit nie uitgespel het nie, beteken dit dat bouwerk waarskynlik nie in 2014 afgehandel sal kan word nie én dat die boukoste verder sal toeneem. Sowel die DA as Cope het al die openbare beskermer versoek om ondersoek na die probleme rondom die hospitaal in te stel. Andrew Scholtz, Bloemfonteinse sakeman, het die departement in Februarie vir R53 miljoen gedagvaar. Dié geld moet volgens hom deur die departement aan hom betaal word vir voltooide bouwerk, eskalasie-aanpassings op die kontrak en retensiegeld. Hy word die geld al vier jaar geskuld. Bouwerk aan die hospitaal is in 2009 gestaak nadat die departement en die ontwikkelaars, Vistapark-ontwikkelaars (Scholtz se maatskappy), en Jo-Arch-beleggings, haaks was omdat spertye gereeld oorskry is. Lede van die Nasionale Raad van Provinsies se komitee oor finansies is in Januarie 2012 op besoek aan die hospitaal ingelig dat die vertragings met die bouwerk veroorsaak dat ’n bykomende R650 miljoen bo en behalwe die begrote R420 miljoen bestee sal moet word. Deon Theys, toe waarnemende hoof van die gesondheidsdepartement, het groot konstruksiefoute aan die lede uitgewys, onder meer vloere wat kraak en dakke wat insak. Van die komiteelede het voorgestel dat die hele gebou afgebreek en oorgebou moet word.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

Sing vir jou Gee Afrikaans vlerke ’n plek los HET jy ’n stem wat net wag om ontdek te word? Dan moet jy jou beslis vir Noordkaap se Spontaan 2013kompetisie inskryf. Die oudisie vir die sangkompetisie vind op 21 Junie om 14:00 in die Diamond Pavilion Shopping Mall plaas. Pryse Die volgende groot pryse kan in vanjaar se Spontaan-kompetisie gewen word: ) SpecSavers: Agt Infinity-sonbrille en agt koopbewyse van R250 elk. Die algehele waarde is R5 200. ) Z PR Communications and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingskontrak van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde vir al die finaliste is R40 000. ) PwC gee vir die wenner: R1 000 kontant, naaswenner: R700 kontant en derdeplekwenner: R300 kontant. ’n Totale prysgeld van R2 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen drie nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R2 100. ) Absa: ’n Geskenkpak van R500 vir elke finalis. Reëls ) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ou-

er wees om deel te kan neem. ) Vir die streekkompetisies in Bloemfontein, Kroonstad, Welkom en Kimberley en op Kuruman en Bethlehem moet deelnemers enige liedjie van hul keuse sing. ) Slegs kunstenaars wat kontemporêre musiek sing, sal in aanmerking geneem word. ) Jy moet jouself begelei. ) Slegs soliste. ) Jy moet self die klankbane (backtracks) en ander toerusting vir die streek-oudisies verskaf. Spontaan verskaf die klank vir die eindronde. ) Die wenner van elke streekkompetisie sal net ná die uitdunronde aangekondig word. ) Die beoordelaars behou die reg om nie ’n streekwenner te kies nie indien ’n gepaste kandidaat nie vir die streek beskikbaar is nie. ) Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde in Bloemfontein vyf liedjies gereed kry. ) Jy moet jou eie klankbane of begeleiding vir die eindronde verskaf. ) Die eindronde is op Saterdag 13 Julie in Bloemfontein en indien jy een van die finaliste is, moet jy jou eie vervoer en verblyf (indien nodig) reël. ) Registrasie vooraf is nie nodig nie. Daag net by die oudisie op en registreer jou daar deur R20 te betaal. ) Navrae: Bel 053-831-2331 of skryf aan Ruan.Bruwer@volksblad.com.

VIR almal met ’n liefde vir Afrikaans is dit opnuut yskoue water in die gesig as geluide gemaak word om dié taal se funksies in te perk of te verminder. Hoewel Afrikaans bloei as taal van feeste, musiek, die media en selfs tydens protesoptogte, is daar verskeie terreine waar die gebruik van dié taal erg onder druk is. In die sakewêreld, onderwys, aan universiteite en in die staatsdiens het die gebruik daarvan reeds sedert 1994 aansienlik verminder. En pas weer was daar geluide dat met Afrikaans as hoftaal weggedoen moet word. Op die onlangse sitting van die Regterlike Dienskommissie (RDK) was sommige regters van mening dat Engels as die enigste hoftaal oorweeg moet word, omdat Engels die tweede taal van die meeste regspraktisyns is. Dit is so dat hofverrigtinge waar-

skynlik gladder sal verloop as dit landwyd in een taal gevoer word, met tolke vir diegene wat die taal nie verstaan nie. Die vlotter verloop van verrigtinge en groter gerief vir regspraktisyns móét opgeweeg word teen wat verlore gaan as Afrikaans uit die hof gegooi word. Dit is ’n hele kultuurskat wat sal verdwyn. En ook dekades van werk voordat apartheid begin het om van Afrikaans ’n volwaardige regs- en akademiese taal te maak. Ons Grondwet maak voorsiening vir die verskeidenheid in die land en erken 11 amptelike tale. Dit is ’n grondwetlike vereiste – waaraan die ANC-regering hom nie

steur nie – dat alle amptelike tale gelykheid van aansien moet geniet. In die praktyk sal dit moeilik wees om die vereiste op elke liewe plek in die land na te

kom. Maar dit is nie ’n onoorkomelike probleem nie. ’n Werkbare oplossing kan wees om die drie tale wat die meeste in ’n streek gepraat word as ampstaal te gebruik. Dit sal onsinnig wees om enigiets van Afrikaans se rol en funksie weg te neem. As dít gebeur, is daar vir die ander inheemse tale geen kans op oorlewing as ’n amptelike taal behalwe as die woorde in die Grondwet nie. Hopelik sal die provinsiale taalwette waaraan daar nou gewerk behoort te word meehelp om die ander tale as Engels in die land te versterk en hul regmatige plek te verseker. Gee Afrikaans vlerke!

Steve vul die Callie Elretha Britz MET skaars twee weke sedert die opening van kaartjieverkope vir die Vryfees in Julie op die Kovsiekampus, het Steve Hofmeyr dit reggekry om man-alleen die Callie Human-sentrum met sy meer as 1 300 sitplekke byna vol te maak. Moet dus nie langer as die komende week uitstel om kaartjies vir sy vertoning, 25 jaar se bestes, op te raap nie. Op die lys van topverkopers het Elize Cawood en Wilson Dunster se Die-hoe-se-watse-wie-nou-weer na die derde plek opgeskuif. Ook verkope vir Heidi het opgeskuif om die immergewilde kinderstuk in die negende plek te bring. Die gewildste verkopers vanjaar is ’n sprekende voorbeeld dat die legendes in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf uiters gelief onder die Vryfees-gangers is. Kaartjies vir die Vryfees (9 tot 14 Julie) is by Computicket te koop. Vir die gerief van Bloemfonteinse feesgangers, is ’n kaartjieverkooppunt vanjaar weekdae van 08:00 tot 16:30 by die Odeion op die Kovsie-kampus oop. Die tien topverkopers: 1. Steve Hofmeyr – 25 jaar se bestes 2. Die Leo’s 3. Die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer 4. HOLM: GeMARIONneer 5. Die buite-egtelike oupa 6. Chris Chameleon en die Bloemfonteinkinderkoor: Droomland 7. Romanz & Nianell 8. Spectacular spectacular 9. Heidi 10. Volume 2

STEVE HOFMEYR het by die Jeneka­vroue­organisasie opgetree en het bygedra tot die geldinsameling vir die Christina Kiddie­ kinderhuis. Jeneka kon R20 000 aan die kinderhuis skenk. Freda Meiring, hoof van die kinderhuis, het die geld by Marian van der Westhuizen, voorsitter van Jeneka, ontvang. Hier is Van der Westhuizen saam met Hofmeyr. Foto: Verskaf

Kyk terug en leef vorentoe Hannes Noëth DRIE van ons sit en kyk oor die dorp Prieska. Ons sit op die Prieska-koppie, omring deur kokerbome en aalwyne. Hier en daar lê ’n morsjors se papiere rond. Ons sit en eet skyfies. Dink terug oor ’n vol dag. Ons het vandag plase van die rebelle uit die Hay-distrik kom besoek. In die Anglo-Boereoorlog was hierdie distrik vir sy vurige Boere in hul gesamentlike stryd met die Vrystaat en Transvaal teen die Britse Ryk bekend. Ons het ’n goeie dag gehad. Ons het familiebegraafplase besoek, grafte tot sewe geslagte terug opgespoor, familielyne uitgeklaar. Elke keer kom die vraag van die mense na ons: hoekom doen julle dit? Wat maak dit saak as jy by ’n

Die Diamantstad se koerant

Tel. Faks

053 831 2331 053 831 2330

graf van 1840, vroeër of later staan? Die antwoord is eenvoudig. Dit is deur terugkyk dat ’n mens vorentoe kyk. Dit is deur terugkyk dat jy jou eie geringheid besef. Dit is deur terugkyk dat jy moed skep uit die moed en durf van die voorgeslagte. Dit is deur terugkyk dat ’n mens hoop skep vir die toekoms. Ons het nie vandag net ’n paar ou grafte besoek nie. Ons het terugbeweeg in ’n tyd en gesien dat hulle ook lief was vir mekaar, man en vrou, kinders begrawe het wat hulle sou wou grootmaak, plase moes agterlaat, ’n volgende oes moes insit.

Posbus 1583 Kimberley 8300

Tye verander en omstandighede verander. Maar ’n mens bly maar ’n mens. Nietig en gering. Bestaan maar een geslag lank. Môre gaan ons verder na Niekerkshoop en Griekwastad. Ons skyfies is klaar, ons staan op, net die selfoon herinner ons elke nou en dan dat ons in ’n tyd ses geslagte later leef. Ons gaan die toekoms tegemoet, met krag, met hoop, want ons het teruggekyk. ’n Stukkie raad: As jy gedaan en moeg is, gaan ’n bietjie terug op die spore van gister. Dit gee perspektief, dat Hy wat gister geregeer het, vandag steeds daar is, en môre steeds sal regeer. Kyk terug en leef dan vorentoe. ) ’n Gebundelde publikasie van 36 Twyfelhoekies het pas verskyn. Dit kan teen R40 ’n boekie by 082-7697222 bestel word. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

Gedrag op veld gestraf ’n RUGBYSPELER van die Hoërskool NoordKaap is vir 80 weke uit rugby geskors nadat hy ’n speler van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria met die vuis geslaan en daarna met die kop gestamp het. Luaan Dowie (18), eerstespan-flank, sal eers weer in 2015 kan rugby speel. Die Griekwaland-Wes-rugbyunie (GWRU) het Dowie gestraf vir die slanery sowat drie weke gelede in die wedstryd tussen die skole se eerste spanne in Kimberley. Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die GWRU, sê dit “is ’n baie sterk boodskap na buite dat sulke vuil spel nie geduld sal word nie”. “Dit is iets wat nie op enige rugbyveld tuishoort nie, wat nog te sê in skolewedstryde,” het Van Rooyen gesê. Jeandré de Beer, Waterkloof se slot wat onder Dowie deurgeloop het, het gesê dis ’n swaar straf, maar “ ’n mens moet maar twee maal dink voordat jy vuil speel”. Dowie het ná slegs 15 minute se spel in die kragmeting ’n rooikaart van die skeidsregter, Francois de Bruin, gekry vir die vuishou op Jeandré. Jeandré vertel: “Die game was nog nie lank aan die gang nie. Daar was ’n losgemaal en ek moes die speler (Dowie) uit die gemaal haal. “Ek het net daarna omgedraai, toe pluk hy my terug. Ek het op my rug geval. My hand het hom skrams tydens die val getref. Toe voel ek ’n vuishou. Ek het bly lê. Hy het ’n rooikaart gekry. “Toe kom hy weer vir my. Ek het hom net uit die hoek van my oog gesien nadat die noodhulppersoneel klaar met my was. “Hy het my met die kop teen my lip geslaan en ek het geval. Daar was nog vuishoue, maar ek het net my kop vasgehou en my oë toegeknyp. “My kop was seer daarna en my lip was stukkend, maar ek het weer gaan speel. ’n Mens verwag maar rofheid in ’n game.” Dowie was ’n gunsteling om vanjaar in Griekwas se Cravenweek-rugbyspan ingesluit te word. Henk Brand, skoolhoof en afrigter van Noord-Kaap se eerste span, het gesê Dowie is intussen terug in die skool. Hy was ingevolge die bepalings van die Skolewet sewe dae nie in die skool nie. Dowie het beweer hy is net voor die voorval deur Jeandré in die oog gekrap. Terwyl De Bruin, skeidsregter, die rooikaart terug in sy kous gedruk het, het Dowie met die kop geslaan. Toe Dowie uiteindelik die veld verlaat, het Waterkloof se ondersteuners hom uitgejou waarna hy na bewering vir hulle ’n lelike handgebaar gewys het.

Meters vir stad

SOWAT 5 000 splinternuwe elektrisiteitsmeters word nou oor die stad heen geïnstalleer. Die nuwe meters sal na verwagting die voortdurende gepeuter aan elektrisiteitsmeters uitskakel. Volgens Sello Matsie, munisipale woordvoerder, is daar 3 800 meters waarmee gepeuter is en 1 200 inwoners wat die elektrisiteitstoevoer omseil. Dit veroorsaak dat die munisipaliteit maandeliks sowat R3 miljoen aan inkomste verloor, sê Matsie. “Die nuwe meters kom met ’n stroombreker wat saam met die kragmeter gekoppel word. Dit word met ’n unieke kode gedoen. “Wanneer die nuwe meters geïnstalleer is, word die eenhede wat op die ou meter is, na die nuwe meter oorgedra. Met die nuwe meters kry verbruikers ook vyf gratis eenhede. “Die diensverskaffer wat die meter installeer, gaan eers ná 60 dae die faktuur aan die munisipaliteit stuur. Die munisipaliteit gaan dan die geld wat hy met die nuwe meters kry, gebruik om die diensverskaffer te betaal. Diegene wat daaraan skuldig is dat hulle met die meters gepeuter het, gaan ’n boete van R1 800 kry en dit word by hul munisipale rekenings gevoeg.” Volgens Matsie is daar ’n stelsel waardeur die munisipaliteit onmiddellik kan sien wanneer daar met die meters gepeuter word. Die stroombreker van die nuwe meters het ’n liggie wat flikker as aanduiding van elektrisiteitsverbruik. As dit nie flikker nie, is daar fout. Die ou meters het bedrading gehad en die nuwe meters is draadloos. Dit duur sowat 20 minute om ’n meter te installeer. Die munisipaliteit het ’n lys met name van mense wie se elektrisiteitsmeters nie meer werk nie en vervang moet word.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

Lucas as premier van NK ingehuldig EN nou is daar een. Ná meer as ’n jaar waarin die Noord-Kaap ’n premier en ’n waarnemende premier, en in ’n stadium ’n premier en twee waarnemende premiers, gehad het, is Sylvia Lucas eindelik as premier ingehuldig. In teenstelling met die uithanggeleentheid wat die oorspronklike inhuldigingsgeleentheid sou wees, is Lucas met min seremonie ten tyde van ’n wetgewersitting ingehuldig. “Dit was ’n interessante pad om tot hier te kom,” het Boeboe van Wyk, speaker van die wetgewer, gesê toe hy haar gelukgewens het. Lucas het in ’n kort toespraak almal bedank wat haar ondersteun het, “insluitend die opposisie wat my nog verder gaan ondersteun”. Sedert Jenkins in Februarie 2012 ten tyde van haar provinsiale rede weens ’n breinaneurisme ineengestort het, het groot onsekerheid bestaan of sy haar pligte sou kon hervat. Namate dit duidelik geword het dat sy dit nie sou kon doen nie, het nóg maande van onsekerheid gevolg deur-

MAC JACK (links), ANC­streekvoorsitter in die Pixley ka Se­ me­distrik, word hier deur Boeboe van Wyk, speaker, as nu­ we wetgewerlid in Hazel Jenkins se plek gelukgewens na­ dat hy ingehuldig is. dat geen aankondiging oor ’n nuwe premier deur die ANC gedoen is nie. Nadat die ANC eindelik aangekondig het dat Lucas die aangewese premier is, het die opposisie ’n verdere stok in die wiel gesteek deur te weier om ’n mosie te ondersteun waardeur Jenkins uit haar amp gestel sou word. Die opposisie het aangevoer die regte prosedure is nie gevolg nie. Die opposisie se steun hiervoor was noodsaaklik, omdat

’n meerderheid van twee derdes vereis word. Dit het meegebring dat Jenkins moes aanbly en Lucas is as waarnemende premier ingehuldig. Jenkins se bedanking het eindelik die weg gebaan vir Lucas om die leisels oor te neem. Sy sal haar inhuldigingstoespraak op 30 Mei lewer. Mac Jack, ANC-voorsitter in die Pixley ka Seme-distrik, is in Jenkins se plek as wetgewerlid ingehuldig.

SYLVIA LUCAS lê die eed ten tyde van haar inhuldiging as premier af. Links is regter­presi­ dent Frans Kgomo, wat haar ingehuldig het. Foto’s: Lecrecia Prins


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

FOKUS OP NOKKI/FOCUS ON NOCCI

Nocci gives business a voice CHAMBERS of commerce and industry are institutions known throughout the world and they have an important status, both within the country as well as outside. It is therefore possible for the chamber of commerce to achieve things which would be impossible for an individual trader to achieve on his own. It is necessary for every businessman to contribute to society and particularly to the business environment in which he finds himself. This cannot be done in any better way than to participate actively in the affairs of one’s local chamber of commerce by serving on its committees and by exchanging views and experiences at business breakfasts and members’ networking functions. One has to fight for the private enterprise system every day. The concept of freedom includes the concept of responsibility. To operate within the free enterprise system means that you have to be responsible and responsibility entails taking an active interest in your own affairs. In this complex economic society, it is necessary to have an influential and

respected body, which can, on an impartial basis, assist businessmen as well as serve as a representative to plead their case with government and other authorities. The life of businessmen is becoming increasingly complicated through countless acts and regulations and new relationships with consumers and workers. It is not possible for any ordinary businessman to run his business efficiently and at the same time keep abreast of all the other matters, which ultimately do affect him.

One merely has to think of important matters such as taxation, sales duties, price control, licensing ordinances and health regulations which do affect traders in far-reaching manners to realise that traders, acting individually, would have no hope whatsoever of influencing the various authorities in any meaningful way, particularly if the respective authorities were under pressure to introduce regulations which, while apparently in the interests of the public would be harmful to businessmen. Membership of a chamber of commerce enables the businessman to play an active role in formulating government economic policy as well as shaping economic conditions for the benefit of the whole country. This can be achieved through your chamber of commerce. If businessmen are to exercise any influence whatsoever over matters which affect them, it is necessary to join forces with fellow businessmen and where necessary, persuade them to put forward their point of view. Remember, your local chamber of commerce is your “voice of business”. Nocci is affiliated to Sacci and the AHI.

The executive of Nocci is members of banking, small business, lawyer firms, auditing firms, tourism industry and engineering. Some of the issues that Nocci are involved in: ) The closure of Bultfontein Road. ) Electricity increases in Kimberley. ) International status at Kimberley Airport. ) Interactions with local and provincial government. ) Nocci Fuel Forum. ) Nocci CBD Forum. ) Business Against Crime. ) Gariep Festival. ) Bringing investment to the province. ) Provincial structure. ) Networking opportunities. ) Golf days/Secretaries’ Day/Women’s Day/training courses. ) Tourism office. ) Informing business of the new developments taking place in the province and also informing business of water and electricity issues. ) Assist business with any information that is required and which is business related.

Kry Nokki só in die hande DIE Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) in Kimberley kan bereik word deur 053-831-1081 te skakel. Die organisasie se webwerf is www.nocci.co.za en die faksnommer is 053-457-8148. Enigeen kan ook by Nokki se Facebookgroep aansluit. Die naam van die groep is Nocci Kimberley. Die personeel sien toe dat dié groep gereeld bygewerk word met belangrike inligting soos komende beplande kragonderbrekings. Dit is veral nuttig wanneer watertoevoeronderbrekings plaasvind soos dié wat Kimberley verlede jaar beleef het. ’n Reuse-bydrae word so gelewer deurdat inwoners voortdurend op die hoogte gehou word van die jongste verwikkelinge en hoe lank onderbrekings gaan duur. Ook in noodsituasies soos wanneer ’n waterpyp iewers bars, word inwoners deurlopend van die jongste inligting voorsien. Allerlei interessante inligting oor sakebedrywighede in Kimberley word gereeld op die profiel geplaas. Mense word ook op die hoogte gehou oor komende geleenthede wat deur Nokki beplan word. Die groep word ook behoorlik ingespan om blootstelling aan die produkte van die lede te gee. Stuur ’n e-pos aan Sharon@nocci.co.za. Aansoekvorms vir lidmaatskap is op die webwerf beskikbaar.


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

FOKUS OP NOKKI/FOCUS ON NOCCI

Keep warm with less

WITH the weather turning colder and the demand for electricity increasing, Eskom is doing all it can – including running emergency power stations – to balance the supply and demand of electricity on the national power grid. This winter, with the need for Eskom to continue maintenance, electricity supply will be especially constrained between 17:00 and 21:00. South Africa’s homes – from flats, townhouses and clusters to standalone houses and residential estates – demand 17% of the electricity used in our country. However, between 17:00 and 19:00 weekdays, this consumption increases to a peak of 35%, a huge jump that puts severe strain on the power supply.

Why does this happen? South Africans arrive home from work around 17:00 Monday to Friday. The first thing we do, is switch on lights and the television. Then our heaters, followed by the oven, the microwave and the washing machine or dishwasher. We also run hot water in the kitchen and take a bath or shower, with the electrical element geyser tucked away in the ceiling working hard to reheat the water. Millions of us follow the same evening routine, which causes households to use more than one third of the electricity consumed in the country between 19:00 and 21:00, the period of peak demand for electricity in South Africa. This energy usage phenomenon puts severe pressure on the power supply late afternoon to midevening.

POWER LINES in a sunflower field. Photo: Supplied

How can you help to beat the peak and keep the lights when you arrive home? Three actions: ) Switch off your electrical element geyser between 17:00 and 21:00 – this appliance uses the most electricity of all in the home and can account for up to 50% of your electricity bill. ) Set your pool timer so that your pool pump does not run between 17:00 and 21:00; limit it to one filtering cycle every 24 hours during winter – this appliance can account for up to 11% of your electricity bill. ) Avoid switching on your electri-

cal space heaters between 17:00 and 21:00 – heaters are energy-intensive and can account for up to 16% of your monthly electricity bill. Rather dress warmly, switch on gas heaters and use blankets and hot water bottles to keep warm. ) When you do switch on your heater, use a fan heater with a thermostat, the most energy efficient option for an hour of quick heat in an average room of 3 x 4 x 2,5 m. ) If you need heat for up to three hours in the same room, an oil heater with a thermostat is the best option. For 8 hours or longer in the same room, a heater with a thermostat and an output no bigger than 1 000 W –

set at its lowest setting – is the most energy efficient choice. Ten other things you can do this winter to reduce your electricity bill by up to 10%: ) Switch off lights in unoccupied rooms. ) Seal gaps around windows. ) Draught-proof wall cavities throughout your home. ) Warm your bed with an electric blanket for one hour; switch off when you get in. ) Alternatively, use a hot water bottle to keep your bed warm. ) Don’t use under-floor heating – it’s very energy intensive. ) Switch off appliances at the power

point when you’ve finished using them. ) Use slowcookers to prepare stews and oxtail; microwaves are best for small-volume winter meals. ) Boil only enough water for the number of cups of hot drinks you are preparing. ) Don’t bath – shower; keep it hot and short. By switching off together we can beat the peak and keep South Africa powered up this winter. Visit www.eskom.co.za/idm for more information on saving tips for winter and Eskom’s rebates on solar water heating systems and heat pumps for homeowners.


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

11

FOKUS OP NOKKI/FOCUS ON NOCCI

DIE personeel in Nokki se kantoor in Kim­ berley. Van links is Beverly Deke, persoonli­ ke assistent, Andries van der Merwe, skakel­ beampte en ledebestuurder, en Sharon Steyn, uitvoerende hoof. Foto: Verskaf THE Nocci committee for the next year was elected at the AGM. From left are, front: An­ gela Reddy, Sharon Steyn (CEO, Nocci), Do­ rothy­Anne Howitson, Megan Brink (Nocci) and Elize Scholtz (Nocci); back: Madoda Vi­ lakazi, Jan Janse van Vuuren, Marieta Ave­ nant, Oban Cronjé, Adriaan de Klerk, Marie Parsons, Kobus Steyn, Marlene Viljoen, An­ ton Nicolaisen, Marius Bröhammer and Be­ verley Mpitsang (Nocci). Photo: Ruan Bruwer

Nokki in haar bloed

“NOKKI is my lewe.” Só gesels Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), oor haar werk. Steyn het reeds 23 jaar gelede as bemarker vir Nokki begin werk. In 2004 is sy as bestuurder, en in 2006 as uitvoerende hoof aangestel. Sy is ook ’n direkteur en president van die nasionale sambreelorganisasie, die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie (Sakki). Oor die jare heen was sy by talle projekte betrokke. Een daarvan was die stryd om ’n universiteit in die Noord-Kaap te kry, ’n stryd wat nou gewen is toe aangekondig is dat dit nou werklikheid gaan word. Die vestiging van die universiteit gaan groot voordele vir die provinsie inhou deur mense na die provinsie te lok en te behou. Dit skep baie geleenthede vir plaaslike sakelui. Sy is ook persoonlik en deur Nokki by veldtogte betrokke om straatkinders en mishandelde vroue by te staan. Sy sê Nokki kan nie altyd geld gee om te help nie, omdat dit ’n nie-winsgewende organisasie is. Dit help egter op allerhande ander maniere. Nokki het ook onder haar leiding betrokke geraak om die middestad in stand te hou. Sy wil mense na die middestad teruglok. “Daar is talle puik winkels in die middestad en dit is die beste plek om winkelruimte te huur.” Toerisme lê haar ook na aan die hart en Nokki het sy eie toerisme-kantoor begin. Dié kantoor is nie in mededinging met ander toerisme-kantore nie, omdat vir dieselfde doel gewerk word. Hoewel Kimberley nie ’n vakansiestad is nie, bied hy genoeg aan besoekers om drie tot vier dae hier oor te bly. In haar persoonlike hoedanigheid is sy baie by die Gariep-kunstefees betrokke en is onder meer een van die gasvroue vir kunstenaars wat op die fees optree. “My visie is om te sien dat Kimberley vir al sy inwoners die beste stad is om in te woon.”

SHARON STEYN


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

FOKUS OP JAG

Moets en moenies vir jagters Ben Fourie DIE groot 4x4 kom stadig deur die hek aan en stop netjies voor jou deur of as jy ongelukkig is, kom dit teen ’n hengse spoed en stop in ’n stofwolk voor die huis. Van die stoep staan jy as boer en eienaar van die plaas die voertuig en bekyk en wonder wie en wat hierdie keer gaan uitklim om drie of vier dae te kom jag. Uit die voertuig kyk ander oë ook maar so half en half benoud na die figuur op die stoep. Op pad deur ’n deel van die plaas het jy dalk geen wild of selfs spore gesien nie en jy wonder of die groot beloftes van oorvloedige wild dalk soos verlede jaar ook op niks gaan uitloop nie. ’n Mens hoor wel nog gerugte en sprokies van manne en vroue wat so gelukkig is om ’n vriend of familielid te hê waar daar gratis gejag kan word, maar vir die meerderheid van ons is dit net nie meer beskore nie. Elke jaar ná die jagseisoen is daar ’n hele klomp boere wat sweer hulle laat nooit weer iemand op die plaas jag nie en aan die ander kant is daar net soveel jagters wat voel hulle is dié keer darem sleg verneuk. Ek het met ’n paar boere gesels en ook met my swaer in Namibië wat elke jaar jagters ontvang. Die volgende is dus so reg uit die perd se bek: ) Jagters moet kan doodskiet. Let wel, nie net raakskiet nie, maar doodskiet. Dit klink so vanselfsprekend dat ’n mens nie kan glo dat byna al die boere dit as nommer een op hul lysie het nie. Tog is daar ’n algemene klagte dat baie jagters vrot skuts is. ’n Gekweste dier is vir almal betrokke ’n uiterse onaangenaamheid. Daar is ’n siening dat vir elke skoot in die veld jy ’n pakkie patrone op die skietbaan moet uitskiet en dan nie net van die skiettafel af nie, maar veral van posisies wat in die jagveld self voorkom. Moet ook nie onmoontlike skote probeer nie en ken jou eie tekortkominge. ) Jagters moet nie drank misbruik nie. Niemand het beswaar dat daar ná die dag in die veld lekker gesellig gekuier word nie. Dit is tog gewoonlik die plek waar die hele dag se gebeure vertel word en oor gewere en kaliber gesels word. Wat ’n mens wel irriteer, is jagters wat tot laat nog fuif en raas veral as die jaghut dalk naby die plaashuis is en ander wat die volgende oggend nukkerig en met ’n groot hoofpyn veld toe wil gaan.

THOMAS CHARLES, ’n professionele jagter wat deur die staat opgelei is, by ’n leeu wat hy self geskiet het. Jagters wat drink voordat daar gejag word of wanneer hulle reeds in die veld is (moet nie dink dit gebeur nie), is natuurlik gevaarlik en is oral onwelkom en hoort glad nie met ’n geweer in die veld nie. ) Jagters moenie mors nie. Leë koeldrankblikkies en botteltjies wat onder bosse versteek word, stukke toilet- en ander papier wat oral rondwaai en ’n gemors by die kampplek is ongehoord. ) Jagters moet nie inmeng nie. Boere verwelkom dit wel as jy vir hom sê jy het dit of dat in die veld opgemerk soos miskien ’n wildsbok wat vir jou siek lyk, maar hulle het nie veel erg aan jagters wat vir hulle wil kom leer hoe om eintlik te boer nie.

) Jagters moet eerlik wees. Verskeie faktore soos tyd, die nodigheid om ’n sekere hoeveelheid wild af te haal en baie ander dinge maak dat boere nie sommer maar net ’n jagter ’n paar dae alleen in die veld kan loslaat nie. Gewoonlik gaan ’n spoorsnyer/werker saam om die wild uit te wys en te kyk dat jy nie die diere kwes nie. Hier moet jagters baie eerlik wees en nie die spoorsnyer probeer omkoop om gekweste wild te verswyg nie, om selfs as die spoorsnyer gedink het die skoot is mis (sommige van hulle is ook maar lui), maar jy het gedink dit is raak, liewer vir die boer te sê daar mag dalk ’n gekweste bok agtergebly het. ) Jagters moet die spoorsnyers en slagters

Foto: Verskaf

met respek behandel. ) Jagters moet asseblief by die ooreengekome reëls hou. ) Jagters moet nie die onmoontlike verwag nie. Jagvoertuie kan net sekere take verrig en nie soos die voertuie in die kompetisies vir 4x4’s op die onmoontlikste plekke ry nie. ’n Baie groot koedoebul wat diep in ’n ruie kloof geskiet is, kan beswaarlik net so heel vir ’n foto uitgedra word. ) Jagters moet fiks genoeg wees vir die jag wat hulle bespreek het. Jy hoef nie die hoogste berg te kan uitklim nie, maar as jy byvoorbeeld ’n ribbokjag in die Oos-Vrystaat of sekere dele van die Oos-Kaap bespreek het, moet jy ver kan stap en baie daarvan sal bergagtig wees.


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

13

Motors

Turbo vinnigste nog VIR talle petrolkoppe is Porsche se 911 Turbo die knaap in die Porschestal om te hê. Dit is omdat hy die frisste van die klomp is. Die goeie nuus is dat Porsche pas die sluier gelig het oor sy nuwe 911 Turbo (en Turbo S), skaars ’n jaar nadat die jongste 911-reeks in September op die Paryse motorskou die lig gesien het. En soos ’n mens die Duitsers ken, is beplanning nie agterweë gelaat nie: Die nuwe Turbo is net betyds vir die 911 se 50ste verjaardag en vir die Turbo se 40ste partytjie. Die nuweling is so 4 cm langer as sy voorganger en 3 cm breër, maar die belangrikste is dat sy asafstand met ’n stewige 10 cm gerek is. Ondanks die groter bakwerk het Porsche groot dele van die bakwerk van aluminium gemaak om hom inderdaad net-net ligter as sy voorganger (1 570 kg) te kry. ’n Ander verrassende nuutjie is sy permanente vierwielaandrywing, en die agterwiele draai met ’n graad of twee na buite as jy om ’n draai vlieg. Dit help glo met ’n skerper indraai-aksie, sê Porsche, en laat jou toe om vinniger in en uit ’n draai te blits. Die langer asafstand help om ’n soepeler rit te verskaf, maar bied ook meer been- en pakruimte binne. Ons is verbaas oor die vierwielaandrywing, want tradisioneel was dit die Carrera 4 se terrein as ’n nis-model. Maar ja, dit help met beter vastrap om draaie. Porsche sê hy het sy nuwe Turbo op die Nürburgring se lang roete gaan toets en die kêrel het net 7½ minute vir ’n rondte nodig gehad, wat heel blitsig is.

PORSCHE se 911 Turbo. Die nuwe Turbo het ’n 3,8 litersessilinder-bokserenjin in sy stert wat ’n nuttige 382 kW uitskop. Die warmer Turbo S s’n lewer 412 kW. Porsche het nog nie die wringkragsyfer bekend gemaak nie, maar omdat die gewone krag met sowat 15 kW gestyg het, kan ’n mens verwag dat ook die wringkrag meer as die ou model se 700 Nm sal wees. Die nuwe enjin gebruik twee turbo-aanjaers met vane wat kan kantel na gelang van die druklading, en direkte brandstofinspuiting onder hoë druk. Dit help die drie-punt-agt om ondanks sterker kragsyfers ’n stewige 16% ligter op brandstof (op 9,7 li-

Alles in een pakket VROEG vanjaar het Audi Suid-Afrika ’n grootliks verbeterde model van die Audi Q5 bekend gestel. Hy lewer nie net beter werkverrigting nie, maar verbruik ook minder brandstof. Tuinroete-Motors het die geleentheid gehad om die Audi Q5 2,0 TDI met sy 130 kW en 380 Nm wringkrag te toets. Dié voertuig met sy S-tronicratkas en quattro-aandrywing het ons behoorlik beïndruk. Hy bied ruimte, grondvryhoogte, laaigerief en ekonomiese verbruik in een luukse pakket. Die prys begin by R504 500.

Foto: Verskaf

ter) te wees. Porsche sê sy nuwe Turbo is die vinnigste tot nog toe. Hy versnel in net 3,2 sekondes tot by 100 km/h, en die Turbo S benodig net 3,1 sekondes. Die knape se asem raak eers teen 318 km/h op. Die Turbo gebruik steeds die groep se sewegang- outomatiese ratkas met twee koppelaars. Die bestuurder kan kies uit ’n paar ritmodusse wat al hoe minder ingryping van die blikbrein se kant af verskaf. ’n Ander nuwigheid op die Turbo is die aanpasbare bakpanele. Wel, dit klink nou wilder as wat dit eintlik is: die drukvin agter en die lugskort voor kan elk in drie posisies gekantel word.

Dus, nes in ’n F1-motor kan jy óf meer aërodinamiese druk op die wiele plaas vir beter greep, óf minder druk vir ’n hoër topspoed. Buite sal die nuwe hoofligte dadelik opval. Dit bestaan nou slegs uit ’n bondel LED-lampies. Ander tegno-truuks sluit in volgafstandbeheer en hoofligte wat vanself op domp gaan as ’n voertuig van voor af naderkom. Goeie nuus vir Suid-Afrikaners met vet beursies is dat die nuwe tweeling teen Oktober hier sal wees. Porsche het nog nie ’n prys vasgestel nie, maar ons reken enigiets van R1,6 miljoen behoort ’n goeie raaiskoot te wees.

Nuwe Pandas beslis tweede kyk werd DIS nou al 33 jaar sedert Fiat sy klein Panda op die Geneefse skou uitgestal het en steeds is die knaap heel gewild in sy segment. Veral in Europa het hy ’n hartsnaar geroer, waar sy kompakte afmetings perfek pas in nou strate, sy hoë dak hom ’n ruim gevoel gee vir winkelsakke en stootwaentjies en sy enjins perfek is vir stadsritte. In Suid-Afrika het ons die Panda van die tweede generasie leer ken, so tien jaar gelede. Die nuwe, derde model het ’n paar sentimeter gegroei sodat hy nou meer beenruimte binne en pakplek agter kan bied. Wat sy voorkoms betref, het Fiat by sy beproefde resep van ’n stompstert-buksie met ’n luikdeur, ’n hoë dak en ’n klein venster heel agter behou. Die lyne is sagter as tevore, maar hy is dadelik herkenbaar as ’n Panda. Volgens Fiat is dié buks nou ’n volwaardige vyfsitplekker, maar hy het steeds baie moeite met die verpakking van die binneruim gedoen om meer ruimte te skep. So is die laairuim nou 225 F groot

– wat tot 260 F kan groei as jy die agterste rugleuning platvou. Die voorste rugleunings is dunner om meer knieruimte agter te skep. Die Panda was nog altyd ’n gesinsbuks en hiermee in gedagte het Fiat hom nou vroliker binne getooi. Die plastiekpanele by die deure, dak en instrumente is in swart en wit of swart en ligblou te kry. Die dakpanele het vrolike motiewe ingeprent om iets vir klein kinders te bied om na te kyk. Voorlangs het Fiat die luidsprekers hoër in die deure geplaas sodat die paneel oor ’n groter oppervlak uitgehol kan word vir elmboogruimte. Ook die handrem het ’n kleiner ontwerp terwyl die ratkierie hoog in die instrumentpaneel geplaas is, naby die stuurwiel. Fiat sê deur die kajuit is daar 14 bêreplekke waarin jy los artikels kan pak. Slegs een enjin (1,2 F, petrol) sal na Suid-Afrika kom, maar jy sal wel uit twee afwerkingsvlakke kan kies (Pop en Lounge). Vier lugsakke en ABS-remme sal standaard wees, met ’n elektronie-

Nuwe 308 eers later hier PEUGEOT se 308 is glad nie ’n slegte voertuig nie, maar moet koes vir die nuwer mededingers in die klas. Dit is natuurlik die VW Golf, Ford Focus, Opel Astra en ander, om nie te praat van die aanslag uit Korea nie. Die Koreane maai onder Europese vervaardigers. Peugeot het besluit om kopers vroegtydig te laat weet om vas te byt en nie vir die mededingers te val nie, want September maak die splinternuwe 308 sy debuut. Die nuwe Fransman in die C-segment sal in die Golf se agterplaas, die Frankfurt-motorskou in Duitsland, gewys word. Die nuwe 308 het ’n nuwe modulêre platform wat sal dien as basis vir ander toekomstige modelle en variasies. Daar sal nuwe en opgeknapte enjins wees, asook ’n klasleier-kragbron wat net 85 g/km se CO2 sal vrystel. Boonop sal die nuweling gemiddeld 140 kg ligter as die huidige model wees. Die kajuit is ruimer, seg Peugeot, en die bagasieruim groter.

Peugeot neem die binneafwerking en toerusting na ’n volgende vlak en die instrumentasie staan bekend as i-cockpit. Dit behels ’n stelsel met voorruitvertoon, sodat die bestuurder nie sy oë van die pad sal afhaal nie, en aanraakskerm van waar talle funksies beheer word. Nog ’n voordeel van die nuwe stelsel is minder knoppies en skakelaars op die voorpaneel. Die soort materiale wat in die kajuit ingespan word, is vir ’n deftige voorkoms die beste nog, volgens Peugeot. Van buite is die 308 herkenbaar as ’n nuwegeslag-Peugeot met veral die agterligte wat aan dié van byvoorbeeld die 208 herinner. Voor sal die topmodelle in die 308-reeks selfs volledige LED-ligte hê. Agter word LED’s in al die modelle se ligte ingespan. Die nuwe 308 sal in Frankryk vervaardig word en sal waarskynlik eers teen volgende jaar sy opwagting in Suid-Afrika maak.

se stabiliteitstelsel opsioneel in die Pop. Fiat se ingeboude klank- en satellietnavigasiestelsel, Blue&Me, is ook standaard in die duurder modelle. Dit kan vyf selfone met Bluetooth aan sy radio koppel, waarna dit jou SMS’e hardop kan lees, en iemand op jou adreslys kan bel as jy ’n naam hardop sê. Die stelsel bevat ook ’n TomTom-satnavstelsel en ’n sok vir jou musiekstokkie. Dis jammer dat Fiat nie die nu-

we, klein turbo-enjins vir sy Panda hierheen wil bring nie. Dis reeds in sy ander modelle beskikbaar. Die 1,2 F lewer net 51 kW en 102 Nm wringkrag, maar ons reken op die hoëveld gaan hy maar sukkel. ’n Vyfgang-handratkas is standaard terwyl Fiat reken jy kan ’n verbruik van 5,2 F haal as jy rustig ry. Tog is die prys vir die twee Pandas billik, sodat ons reken die buks is gewis ’n tweede kyk werd.


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

BRIDGING CASH while waiting for

3-INCH ROOF NAILS from R6,50 to R14,00. 4-inch roof nails from R9,00 to R19,00. 5-inch roof nails from R12,00 to R24,00. Panelpins, 100 for R8,00. Aluminium cleaner from R15,00/ 1 litre. Insulation tape, various colours, from R7,95. Contact: Bolt & Hardware: 053 861 1563.

GTS VERVOER en A J LOGISTICS: Vervoer kantoormeubels en meubels landwyd teen billike pryse. 082 574 3270 074 585 3978. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

TE KOOP GEVRA vir kontant: Motors of bakkies. SMS 072 472 8686 of skakel 053 963 1409.

APTEEKASSISTENT BENODIG: Libra Apteek. Graad 12 'n vereiste. Vorige ondervinding sal as 'n aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om 'n loopbaan in 'n apteek te volg, graag in 'n professionele omgewing wil werk en bereid is om n langtermynverbintenis te vorm, handig asb. u volledige en opgedateerde CV in Longstraat 108, Towers-kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: 31 Mei 2013. KLEINHANDEL- BESTUURSPOSTE (KBY) . Sal: R8 000. mandi@fokuspersonnel.co.za

122. PETRUS GERHARDUS VAN WYK & JOHANNA WESSELIENA KRUGER.

payout (lump sum only)

Cash same day

In die solvente boedel van:

Petrus Gerhardus Van Wyk Kruger & Johanna Wesseliena Kruger. Meester se verwysing:

K57/2011

Ingevolge Artikel 108 (2) van die Insolvensiewet, Wetnr. 24 van 1936, soos gewysig word hierby kennis gegee dat die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal le vir 14 dae (veertien) dae vanaf 31 MEI 2013 by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof te Kimberley en die Landdroskantore te JAN

KEMPDORP.

BEGIN JOU EIE besigheid met AVON. SMS jou naam en 'ja' na: 084 55 62265 en ons skakel jou terug.

PENSION/ PACKAGE

HPA VENTER Duncan & Rothman Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 KIMBERLEY 8300 HV/jm/KRU62/0001

BETREKKINGS

Market Square 35 Kimberley

086 1101 388 083 6700 788


NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

15


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 29 MEI 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Howard wek indruk in Varsitybeker-reeks Gerdie Karstens EEN van 2013 se groot sterre in die Varsitybeker-reeks, die senter Howard Mnisi, sal vir die Curriebeker-rugbyreeks diepte verskaf in ’n posisie waar die uittrede van ’n strydros ’n reuseleemte by Griekwas gelaat het. Mnisi, wat vanjaar vir die Nelson MandelaMetropolitaanse Universiteit se Madibaz in die Varsitybeker-reeks gespeel het, sal die Noord-Kapenaars in die afwesigheid van die ervare Walter Venter in die middelveld help versterk. Laasgenoemde het in die Vodacombeker-reeks sy kruisligament geskeur en besluit om sy uittrede aan te kondig, wat Griekwas genoop het om Mnisi se dienste te bekom. “Dit was altyd Walter se plan om aan die einde van die seisoen sy uittrede aan te kondig, maar die besering het dinge vervroeg,” het die Griekwas-afrigter, Pote Human, gesê. “Ons beskik nou net oor PJ Vermeulen, Jean Stemmet en JP Nel in die senter-posisie en het daarom besluit om Howard te kontrakteer. “Ons sal kyk hoe dinge ontvou en dan sal ons oor ’n verlengde kontrak gesels.” Mnisi is ’n fisieke senter wat daarvan hou om die voordeellyn aan te val. Hy het vanjaar ’n beduidende rol in die NMMU se opgang in die Varsitybeker-reeks gespeel en gehelp dat die span van die Baai die eerste keer in sy geskiedenis tot die halfeindstryd deurgedring het. Hy is ook as die agterspeler van die reeks aangewys. “Ons het Howard al in die Varsitybeker uitgesonder as ’n speler waarin ons belang stel. “Hy was twee dae by die Cheetahs se Super-groep betrokke en het ook daar beïndruk,” het Human bygevoeg. Griekwas het vanjaar een van hul swakker Vodacombeker-reekse beleef, grootliks weens beserings en die betrokkenheid van

HOWARD MNISI (met bal) in aksie vir NMMU in die Varsi­ tybeker­rugbyreeks. Griekwas het hom vir die duur van die Curriebeker­reeks gekontrakteer. Foto: Christiaan Kotze/Foto24

staatmakers by die Cheetahs. Hoewel daar steeds kranklikes is, begin van die strydrosse reeds saamoefen. “Wesley Wilkins, Dusty Noble en Burger Schoeman oefen reeds saam en lyk goed. Rocco Jansen is nog een week buite aksie, terwyl Leon Karemaker (enkel) en Justin Downey (knie) onderskeidelik vier en drie weke langs die kantlyn is,” het Human gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.