NoordKaap 3 April 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 3 April 2013

GRATIS

Wag geduldig hul beurt af DIE viswinkel Atlantic Sea Food is Donderdag oorval met klante wat in groot getalle daarheen gestroom het om vis vir die Paasnaweek te koop – ’n ou gebruik oor die Paastyd. Volgens een van die kopers het hy ’n goeie uur in die ry gestaan voordat hy by die betaalpunt gekom het. Nog ’n foto is op bl. 3. Foto: Ruan Bruwer

Siekte pootjie atleet nie Ruan Bruwer MET hope wilskrag, energiedrankies, medisyne en genade van Bo het Amoré Serfontein (17) ’n goue en ’n silwermedalje op die SuidAfrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms verower. Dít terwyl ’n dokter haar sterk afgeraai het en haar ma haar belet het om aan die byeenkoms in Oos-Londen deel te neem. “Ek het twee dae voor die begin van die byeenkoms skielik baie siek begin voel. By die dokter het ek vasgestel ek het ’n maagvirus opgedoen en griep onder lede. Hy (die dokter) het gesê indien my koors nie daal nie, kan dit lewensgevaarlik wees om deel te neem,” het sy aan Noordkaap vertel. Die dokter het aan haar ’n siekbriefie gegee het om in te handig

Wen twee medaljes om haar onttrekking te rugsteun. Haar ma het haar ook aangesê om nie deel te neem nie. Amoré het egter nie na dié twee geluister nie en van onttrek wou hierdie veelsydige sportmeisie (sy is ook kaptein van die Hoërskool Noord-Kaap se hokkiespan) niks weet nie. “Ek was in trane en het gedink daar gaan my droom. Dit sou my laaste groot byeenkoms wees waarmee ek my hoërskoolatletiekloopbaan wou afsluit. “My voormalige hokkieafrigter en mentor, Claudia Cook, het egter gesê dis die Here wat my nou toets.” Amoré het die hele dag voor die byeenkoms geslaap en die volgende

dag haar uitdunronde in die 100 m gemaklik gewen. Volgens haar het sy op al sewe vorige kere wat sy aan die grootste jaarlikse atletiekbyeenkoms vir juniors deelgeneem het, die eindronde in die naellope gehaal, maar nog nooit ’n plek onder die voorste drie nie. Dit was so hittete of dit het verander. “Daardie 200 m was baie naby. Ons het teen die wind gehardloop en my klein postuur het moontlik daar teen my getel.” Sy was vierde. Maar soet was dit toe sy in die verspring vir meisies o.19 geseëvier het. Daarmee het sy ’n nare ervaring drie jaar gelede op die nasionale junior atletiekkampioenskap-

pe gewreek. “Ek was daardie jaar so te sê verseker van ’n plek onder die voorste drie springers, maar het met my heel laaste sprong net-net oorgetrap en só ’n medalje verbrou. Hierdie prestasie het nou beslis daarvoor opgemaak.” Sy het ook ’n silwermedalje in die 100 m-aflos gewen. “Ek wil nou vir daardie dokter ’n foto van my medaljes stuur om vir hom te wys wat ek vermag het,” het sy glimlaggend gesê.

AMORÉ SERFONTEIN met haar goue en silwermedalje wat sy op die nasionale junior atletiekkampi­ oenskapsbyeenkoms in Oos­Lon­ den ontvang het. Wat dit merk­ waardig maak, is dat sy verbied is om deel te neem weens griep en ’n maagvirus. Foto: Ruan Bruwer


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Bederf jouself HET jy ’n paar nuwe kledingstukke vir die winter nodig of is jy sommer net lus om dié naweek behoorlik te braai met al die bykomstighede? Noordkaap bied hierdie week ’n spesiale bederf vir lesers. Twee lesers staan elk die kans om ’n R500-koopbewys van die Diamond Pavilion Mall op die hoek van Oliver- en MacDougallweg in Kimberley te wen. Al wat jy hoef te doen om vir hierdie prys in aanmerking te kom is om ’n SMS met die

sleutelwoord “Noordkaap” na 45527 te stuur, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy woon. Die SMS-lyn sluit Donderdag om 12:00 en die wenners sal telefonies gekontak word. Die wenners se name sal ook volgende Woensdag in Noordkaap verskyn. Al Volksblad se SMS-kompetisies open om 06:00 op die betrokke dag. ’n SMS kos R1,50. Indien jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Volksblad ingevolge wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

Sonja kuier in Kby Vereer op diplomaplegtigheid DIE toppresteerders op die diplomaplegtigheid van die Damelin­kollege se Kimberley­ tak is van links, voor: Louis de Vries (Damelin Kimberley, bemarkingsbestuurder), Fabian Manuel (menslike hulpbronbestuur), Monique de Waal (heeltydse kwalifikasie, nasiona­ le sertifikaat in haarkappery) en Nel­Maré de Vries (Damelin Kimberley, akademiese bestuurder); agter: Johannes Beukes (kantooradministrasie), Heinrich Richter (A+ en N+) en Johann van Zyl (logistieke bestuur). Afwesig: Maria Erasmus (Pastel), Sunet Benade (projekbestuur), Anita Prince (junior rekeningkunde, NQF 3), Thabiso Phakisa (basiese rekenaarvaardigheid), Anees Mohamed (ICDL) en Gideon Nieuwoudt (senior rekeningkunde, NQF 4, en diploma in tegniese finansiële rekeningkunde, NQF 5). Foto: Ruan Bruwer

DIE geliefde sanger Sonja Herholdt het nou ’n verhoogmaatjie, die hond Tjokker. Die twee tree binnekort in Kimberley op. Tjokker is ’n liewe brak met groot, bruin oë en, spot Herholdt, hy is so gewild dat sy dink hy gaan in die toekoms ’n lyfwag nodig hê om hom teen kindergehore te beskerm. Sy het verlede jaar haar heel eerste kinderalbum, Sonja en Tjokker sing kinderliedjies, uitgereik. Al die liedjies op die album is oorspronklik. “Dit is pret, maar elke lied het ook ’n lessie,” sê sy. “Daar is byvoorbeeld een wat kinders leer om hul troeteldiere op te pas.” Van die liedjies is My ouma se pantoffels, My oupa se baard, Tiekie Tandmuis en Ons hardloop dat die stof so staan. Will Dunbar het die meeste van die liedjies geskryf met Lulu van der Walt as die musiekregisseur wat ook die

verwerkings behartig het. Die album is geskik vir kinders van agt en nege jaar en word op vertonings verkoop. Die vertoning vind op 11 April om 18:00 in die Bikers’ Church plaas. Kry kaartjies teen R35 stuk by Barbara by 082-579-2646.

Wen ’n geskenkbewys ONS Facebook-blad groei goed en die doel is om dit binnekort lewendiger met besonderser inhoud te maak. Ons gee weekliks ’n geskenkbewys van

R100 danksy die Diamond Pavilion Shopping Mall weg aan iemand wat Noordkaap se Facebookblad “like”. Dié week kan dit jou beurt wees. Gaan net na Facebook en soek “Noordkaap koerant”. Of tik die volgende adres by Internet Explorer in om vinnig daarby uit te kom: www.facebook.com/NoordkaapKoerant. As jy nie die harde kopie in die hande kan kry nie, sal jy hier kan sien watter stories in die koerant geplaas is. Maar moenie vergeet om dit te “like” nie. Vandeesweek se geskenkbewys moet ’n eienaar kry. Annaré Grobbelaar was verlede week se wenner.

Leer meer oor foto’s JACO POWELL bied op 13 en 14 April ’n fotografiekursus getiteld Enlightened Photography in die Protea-hotel aan. Dit kos R1 200 per persoon wat die handleiding insluit. Bevestig bywoning by 082-572-0065.

Matrieks gesoek DIE matriekklas van 1983 wat aan die Hoërskool Adamantia gematrikuleer het, hou op 14 en 15 September reünie by die skool. Kontak Marelize dringend by 082-8888228, 011-475-7547, 011-282-4394 of Marelize.loftieeton@firstrand.co.za.


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Aansoeke vir staanplek ingewag KENS ORI KUNSTE. Dít is die tema en slagspreuk van die 14de Gariep-kunstefees wat van 29 Augustus tot 1 September in Kimberley gaan plaasvind. Feesgangers kan hulle vir ’n krater vol kunste – in al sy vorme – gereed maak. Die Diamantstad gaan spog met ’n kos- en kunsmark wat uit sy nate gaan bars met smullekker feeskos en kunsprodukte wat getuig van oorspronklikheid en wat self ontwerp en verkieslik self vervaardig is. Volgens Anne-Marié Zimmermann, bestuurder: markte en uitstallings, is die doel van die fees om selfwerksaamheid te bevorder en entrepreneurskap aan te moedig en daardeur Suid-Afrikaanse produkte en vervaardiging te ondersteun. “Vanjaar beplan ons om ’n kunsmark, wat kuns- en handwerkprodukte insluit, daar te stel wat aan iedereen iets besonders sal bied en ’n lus vir die oog en beursie sal wees,” het sy gesê. Is jy kunstig of kunssinnig? Die publiek kan nou aansoek doen om hul ware uit te stal. Aansoeke vir die pretpark, kos- en kunsmark

het reeds geopen. Die kosmarkaansoeke sluit op 30 April. Die kunsmarkaansoeke word gekeur soos dit ontvang word. Die tarief, soos aangedui op die aansoekvorm, duur tot

28 Junie. Aansoekvorms vir die pretpark is ook reeds beskikbaar en kan nog tot 31 Mei ingedien word. Alle aansoekvorms is op die webwerf www.gariepfees.co.za beskikbaar en kan aanlyn ingevul word. “Diegene wat mal oor die uitvoerende kunste is, kan hul lippe aflek vir gehalteproduksies om nie eens van die sangtalent in die tente te praat nie. “Die volledige feesprogram word op 17 Julie bekend gestel en kaartjies vir die fees sal van 18 Julie by Computicket beskikbaar wees,” het Hanlie Krös, bemarkingsbestuurder van die fees, gesê. Besoek die fees se webtuiste by www.gariepfees.co.za of bel die feeskantoor by 053832-5014/7. Volg die fees ook op Facebook en Twitter.

Brei en skenk komberse vir pasiënte

’n INWONER van die Yonder­nasorgsentrum, Linda de Beer (regs) het verlede jaar sakke en sakke vol gebreide blokkies aan die Hertzogville­Vroue­Landbou­unie gegee met die versoek om dit vir haar aanmekaar te werk sodat sy dit aan kankerpasiënte kan skenk. Dit het sy verlede week aan Eileen Snyders (links), streekbestuurder: Kansa Kimberley/Karoo, geskenk. Snyders het die publiek versoek om alle oorskietwol by Yon­ der of die Kansa­kantore in te handig om hierdie vroue te help om kankerpasiënte hierdie winter te help warm hou. Foto: Verskaf

IN Atlantic Sea Food was ’n ry waarin die publiek moes inval. ’n Werk­ nemer moes kontrole by die ingang toepas en mense in groepies laat ingaan. Volgens die eienaar, Shukri Darries, het hy vir die stormloop voorsiening gemaak en seker gemaak daar is genoeg voorraad om in die behoeftes te voorsien. Foto: George Pillay

3

Nog Afrikaanse kykgenot kom op DStv Ruan Bruwer

op kykNET & kie. Daarbenewens spog die kanaal ASOF daar nie reeds genoeg Afrimet sy eie joernaalprogram, Kolkaanse kykstof op DStv is nie, lig. open ’n splinternuwe Afrikaanse Van die kykers behoort ook kanaal binnekort met nog proprogramme soos Tuin Paleis, Ja gramme, baie daarvan reekse Nee Medies en In die voetspore van wat jare gelede die eerste keer die grotes te onthou wat nou weer uitgesaai is. gekyk kan word. kykNET & kie maak op DinskykNET Musiek, wat verlede dag 9 April sy verskyning op jaar die begin het, lok reeds groot DStv se kanaal 145. getalle kykers. ’n Tikkie nostalgie wag op ky“kykNET & kie is ’n opwindenkers wat gereeld terugverlang na THERESE BENADE de en belangrike nuweling in die die programme wat uit kykNET het in 2003 haar bui­ kykNET-familie,” het Karen se begindae, 13 jaar gelede, uitge- ging op die kassie in Meiring, M-Net se direkteur van die kykNET­reeks Afrikaanse kanale, gesê. saai is. Gewilde reekse van toeka soos Song vir Katryn ge­ “kykNET is ’n besonder sterk Agter elke man, kykNET se heel maak. handelsmerk wat sinoniem met eerste drama, Song vir Katryn, goeie Afrikaanse televisieveren die vrolike komedie Alie Barber met ’n maak vir die hele gesin is. Ons sien uit daarjong Emo Adams en sy broer Loukmaan daar- na om ’n vriend in die huise van nog Afriin, tel onder die talle lekkerkykprogramme kaanse kykers te word,” het Meiring gesê.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Is bietjie ekstra te veel gevra IS daar nog mense wat hul bes by die werk doen of probeer hulle maar net die werk klaarmaak? Almal ken moontlik iemand wat maar traag is om voor 08:00 of ná 17:00 ’n paar minute langer te werk om sy of haar werk goed af te rond of seker te maak alles is reg. Sommige werknemers sit die horlosie reeds ’n halfuur vooraf en dophou, klaar opgepak en reg vir uitstorm wanneer die wyser aan die vyfuurmerk raak. Dan bly dit onverklaarbaar waarom mense ’n werk halfpad doen en dit dan los. ’n Voorbeeld is die slaggate wat met grond toegegooi word en dan lê dit eers ’n ruk totdat die reën kom en die grond uitspoel. Waarom nie van die begin af die gat met grond toemaak en dan

teer ingooi nie? ’n Ander onverstaanbare neiging is mense wat net sy deeltjie by die werk doen waarvoor hy aangestel is. Hy sal nie ’n duim of aks links of regs toegee nie. As sy of haar werk is om die telefoon te beantwoord gaan hy nie ’n oorvol vullisdrom uitgooi of papiere wat op die parkeerterrein lê op pad na sy motor toe optel nie. Hulle reken dit is die skoonmaker se werk. Dit sal goed wees as mense wyer as net hulself dink en na ’n groter prentjie van ’n beter produk, ’n netjieser omgewing en ’n groter produksiesyfer streef. As elkeen sal optree asof dit sy of haar eie onderneming is, sal die werkplek en omgewing moontlik ’n beter plek wees.

SKETS: Danie Cronjé

Berg van sondes van ons skouers af Ds. Hannes Noëth DIT is so ’n lekker gevoel. So ’n sug uit die binneste. As ’n berg wat lank op jou skouers gerus het, skielik net weg is. ’n Mens se longe trek sommer weer vars lug in en die dag lyk net anders, want sekere stukkies spanning kan ’n mens vir ’n lang tyd vasdruk en verniel. Jy gaan aan, neem jou besluite en doen jou daaglikse plig, maar jy is voortdurend bewus van hierdie berg op jou skouers. Amper soos Dawid skryf oor sy sonde met Batseba – hy skryf dit is voortdurend voor hom, hy kry die gedagtes daaroor net nie afgeskud nie (Psalm 51). So ’n berg op jou skouers leer natuurlik vir jou baie dinge. Jy leer wie jy kan vertrou en wie nie. Party

sê hulle gaan jou help, maar hulle doen nie. Ander help net. So vir agt maande dra ek toe mos nou die berg van huurders wat nie maandelikse huur betaal nie. Hulle bly net. Op jou meubels, in jou plek, met jou krag. Traak hulle niks. Geen gewete nie. Mergel jou senuwees uit. Eet op so ’n manier jou kinders se kos op. Maar geen gewete nie. Tog aan die ander kant is daar mense wat opreg adviseer, raadgee, help, moeite doen. Selfs die pad van uitsetting saam met jou loop. Totdat die papierwerk afgehandel is, dan skielik is die berg van jou skouers af. As iets so aards so verligting kan

bring, hoeveel te meer die vryspraak wat gelowiges kan beleef. Hier rondom Goeie Vrydag, hoe wonderlik die wete dat daar van ons skouers ’n berg van sonde afgehaal is. Lank gelede, een Vrydagmiddag. Sondes wat ons nie sou kon dra nie. Vir ons gedra, duur gekoop, klaar betaal. ’n Berg van ons skouers af, sodat ons kan hoop, sodat ons kan lewe. Selfs die onreg wat mense aan ons doen, gaan verby, en die onreg wat ons aan ander doen, gaan verby, maar die vryspraak van daardie Vrydagmiddag duur vir ewig voort. Dit word nooit weer omgedraai nie, kan nie deur mense weggevat word nie, kan jou nooit weer ontneem word nie. Dis so ’n lekker gevoel. So ’n sug uit die binneste. Vryspraak wat ons nie verdien het nie en tog gekry het.

Laat windmaker die rook draai MOTORLIEFHEBBERS is die Paasnaweek in Kimberley bederf. Benewens ’n motor­ skou is ’n glyrenkampioenskap (drifting) op die Monstermob­renbaan aangebied. Een van die grootste trekpleisters was die spinning in die een hoek van die baankompleks. Hier vertoon motorbestuurders allerhande toertjies en die doel is glo om jou motorbande so gou moontlik flenters te ry. Foto: Ruan Bruwer GEBEURTENISSE op 3 April in die geskiedenis: 1848 – Die Oranjerivier-soewereiniteit word afgekondig. 1852 – Die Kaapse Grondwetordonnansie word wet. 1860 – Pretoria word die hoofstad van die Republiek Transvaal. 1866 – Koning Mosjesj stem in tot die Verdrag van Thaba Bosigo wat hom aan die Oranje-Vrystaat (OVS) onderwerp en ’n deel van sy grondgebied vervreem. 1963 – Suid-Rhodesië eis onafhanklikheid, maar ses dae later wys Brittanje die aansoek van die hand. 1968 – Elvis Presley sing Heartbreak Hotel op die Milton Berle Show met ongeveer 25% van Amerika se bevolking wat toekyk. 1989 – Swapo-guerrillavegters en SuidAfrikaanse veiligheidsmagte raak in hewige skietgevegte in die noorde van Namibië ná ’n Swapo-inval slaags. 2010 – Eugene Terre’Blanche, voormalige AWB-leier, word op sy plaas in sy slaap oorval en vermoor.

Die Diamantstad se koerant

Tel. Faks

053 831 2331 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Geboortes op die dag: 1866 – Genl. James Barry Munnik (JBM) Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman (sterf in 1942). 1924 – Doris Day, Amerikaanse sanger en akteur. 1940 – Pieter Fourie, Afrikaanse dramaturg en Hertzogpryswenner. 1958 – Alec Baldwin, Amerikaanse akteur. 1961 – Eddie Murphy, Amerikaanse akteur. 1978 – John Smit, voormalige Springbokkaptein en rekordhouer van onder meer die meeste Bok-toetse. 1985 – Leona Lewis, Britse sanger. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

JUST over a thousand women, 1 016 in total, took part in last year’s Women’s Walk in Kimberley.

Photo: Supplied

Walk brings change

KIMBERLEY will host the Pick n Pay Women’s Walk on 20 April. The 5 km walk takes place at the historic Big Hole and starts at 09:00. It’s a chance to enjoy a walk with your friends and family while raising funds for the Cansa Pink Drive. The Pick n Pay Women’s Walk, which has been held at venues around the country with thousands of walkers taking part, serves to raise funds to support free cancer screening and health advice in communities.

Open kliniek DIE Kankervereniging in Kimberley het gister sy eie sorgkliniek op die grondvloer van die huidige Kansa-sorgsentrum in Chapelstraat geopen. Om dit te vier en aan die publiek bekend te stel, bied hy op Saterdagoggend 13 April ’n oggendteeparty en konsert met Jannie Moolman aan. Dit begin om 10:00 en by die Horseshoe Inn. Drag is elegant. Kaartjies kos R150 per persoon. Barend Vos is die seremoniemeester.

Nature ramble THE Wildlife and Environment Society of South Africa will be going on a nature ramble at the Magersfontein Battlefield Museum on Saturday, 6 April, with local ecologist Hennie Erasmus to identify plants and grasses. All are welcome. Those attending will meet at the Magersfontein Restaurant at 08:00. The cost of the event is entrance fees at Magersfontein plus R20 for nonmembers. There is also the optional extra of a brunch of vetkoek and mince served at the Magersfontein Restaurant at R40 per person. Book with Carien on 083-273-9194.

It costs R35 for adults and R20 for children younger than 18 to join the walk. Walkers can enter at Pick n Pay Kimberley CBD and also at Pick n Pay Royldene in the North Cape Mall. They can collect their event packs, filled with goodies, on 18 and 19 April at Pick n Pay Royldene between 10:00 and 18:00. The Pink Drive will also be present on the day to provide free cancer screening and health related information, and Pick n Pay is hoping that as many woman as possible

will take advantage of the opportunity to be screened and to find out more about breast cancer, while enjoying exercise with their friends, family and colleagues. The walks mark Pick n Pay’s continued hands-on involvement in all aspects of the community, and fits in with its belief that doing good is good business. All participants will receive a medal and a Pick n Pay goodie bag at the finish. For more information contact Top Events on 086-005-1021.

5


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

PLU EAR POI

2149

2899

4499

7999

BOEREWORS

per kg

per kg

PnP Fresh Whole Chicken

Rainbow Mama’s Nine Nine Frozen Chicken Braai Pack 1.15kg

Duck Farm Frozen Duck

Product has been styled for photography

Sponsored by

5699 per kg

Product has been styled for photography

Bulk Lamb Forequarter Pack (Consists of: Baai Chops & Stew Cuts)

Product has been P styled for photography st

Bulk Lamb Braai Chops

per kg

Product has been styled for photography

Ultimate Braai Master Boerewors

2999

28

49

99

99 per kg

per kg

per kg

Bulk Beef Mince

Frozen Marinara Mix 700g nett

Frozen Whole Yellow Tail

Product has been styled for photography

Product has been styled for photography

74

5699

per kg

Product has been styled for photography

99 Each

Wellington VO Brandy 750ml

CASE PRICE

NOW ONLY

6

99 100 6499

per case

SAVE 35.00

Hunter’s Dry 24 x 330ml Cans or Nonreturnable Bottles

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Always the

PRICES VALID 2 - 7 APRIL 2013 AT ALL PICK N PAY SUPERMARKETS, FAMILY STORES

IN GAUTENG, FREE STATE, NORTH WEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWA smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We striv liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper program


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

WEEKLY WINNERS

S N NTS

999 per kg

PnP Pears Loose sell

9

99

PnP Mini Italian Tomatoes 250g

14

99

PnP Soft Citrus 1/2 Tray

BUY 2 FOR

2500

PnP White Mushrooms 250g

49

BUY 2 FOR

25

00

PnP Golden Delicious Apples 1.5kg

BUY ALL FOR

2500

PnP Crisp Lettuce Head, English Cucumber & Carrots 1kg

Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g

549 Each

KOO Baked Beans in Tomato Sauce 410g

Avocados

BUY ALL FOR

4000 PnP Washed Potatoes 2kg, Onions 2kg & English Tomatoes 1kg

Each

Each

DairyBelle Fruits of the Forest, In Shape or Plain Yoghurt Assorted 1kg

G창teaux Cake

Each

2000

1499

99

1779

BUY 4 FOR

3999 Each

BabySoft 2 ply Toilet Tissue Assorted 9s

ere for you

, MINIMARKETS AND HYPERS

ZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.

to ensure all printed information is correct, but will not be e, please see in store or go online for more details.

www.picknpay.co.za

Please Recycle

CUSTOMER CARE

TOLL FREE: 0800 11 22 88 (LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

1177023B_E

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Paasfees vermeng baie gebruike LAAS naweek het Christene oor die wêreld heen Paasfees gevier. Dit is nogal interessant om te sien hoe Paasfees eintlik ’n vermenging van baie gebruike is. Lank voor die spesifieke naweek word ons egter reeds met Paaspromosies in feitlik elke winkel toegegooi; ’n Paashaas, -eiers en selfs ’n Paashoenderhaan hier en daar. Maar waar kom al die gebruike vandaan? Om werklik agter die kap van die byl te kom is ’n ingewikkelde saak, skryf Ds. Hannes Noëth, predikant van die Gereformeerde kerk Kimberley. Dit blyk daar is in die Christendom die volgende drie beskouings van Paasfees. Die grootste groepering in die Christendom beskou die viering van Paasnaweek as ’n ononderhandelbare geloofsaak. Vir die groep is Paasfees een van die belangrikste geloofsfeeste in die kerkjaar. Oor die naweek word die kruisiging en opstanding van Jesus Christus herdenk. In die groepering word spesifiek na Paasnaweek verwys as Goeie Vrydag, ook Lang Vrydag, Groot Vrydag of Verhewe Vrydag en selfs Heilige Vrydag. Wêreldwyd word groot fees gevier en vir baie kerke is dit dié groot samekoms van die Christelike jaar. Baie kerke sal die naweek iewers bykomende eredienste hou, baie sal Nagmaalsvieringe inwerk en ander sal op soms vreemde, kreatiewe wyses die lyding en opstanding van Jesus herdenk. Die simbool wat uitstaan, is die gebruik van die Christelike kruis, en in sommige gevalle word die simbole van die Ou Testamentiese Paasfees sterk beklemtoon. Soms word ’n tros druiwe, waarvan wyn geproduseer kan word, as simbool van die bloed van Jesus Christus gebruik. Wyn dien tydens Nagmaal as simbool van Jesus se bloed en brood as teken van sy liggaam. Ander Christelike simbole wat sterk oor die lydensnaweek gebruik word, is simbole oor die aarde, die palmtakke (wat oorwinning simboliseer), ’n wynkelk (wat die beker van lyding van Getsemane simboliseer) en koring (wat brood en daarmee Jesus Christus se liggaam simboliseer), ’n doringkroon en spykers (wat die lyding aan die kruis simboliseer). In die Oosterse kerke is daar aanvanklik op die Vrydag feesgevier, terwyl die Westerse kerke aanvanklik die feesvieringe teruggehou het tot die Sondag wat as die Opstandingsdag bekend is. Paasfees is dan ook nie verwysend net na die lydensnaweek nie, maar duur in der waarheid dan voort tot ná die Hemelvaartvieringe. Tog opmerklik dat hoewel kerke soms kreatief is in die viering van die lydenstyd en dit hoogty vier in die prediking, opvallend min gemaak word van die opstanding, waarsonder die lyding van Goeie Vrydag eintlik min betekenis sou hê. Voortdurende viering ’n Tweede groepering in die Christendom wat ’n mens aantref rondom die Paastyd is

HOEWEL die gebruik aan die afneem is, steek party ouers nog Paaseiers in die tuin weg wat kinders dan moet gaan soek. die nié-viering van Paasfees. Dit is juis weens ernstige geloofsvrae oor die vermenging van heidendom en Christendom dat die groep die viering van Paasfees heeltemal sal vermy. Vir die groep is die vermenging van die heidense gebruike in Paastyd net te veel en word doelbewus van die viering van Paasfees wegbeweeg. Die simbole wat hul oorsprong in die heidendom het, word uitgewys en daar word gefokus daarop dat Christelike lyding en opstanding nie beperk word tot die beklemtoning en viering van ’n naweek nie, maar deurgaans verkondig moet word. Vir die groepering is die opstanding van Jesus Christus geweldig belangrik en word klem op die wegbeweeg van ’n Christelike jaarkalender geplaas en word op weeklikse Woordverkondiging gefokus. Dit is ook van die groepering dat ons so agtergrond kry oor waar die simbole vandaan kom wat eintlik niks met die Christelike vieringe te doen het nie, byvoorbeeld: Paasbolletjies Omtrent 2 000 jaar v.C. is dié tyd van die jaar broodjies of koekies van meel en heuning aan die “hemelkoningin” geoffer en as deel van die brassery geëet. Op ’n Assiriese monument word van die koekies met ’n kruis op uitgebeeld. Die gebruik van offer aan die

hemelkoningin het later oorgegaan in die gebruik van Paasbolletjies om die kruis van Christus te simboliseer. Paaseiers Die eier as ’n simbool van vrugbaarheid en hersteller van lewe het as simbool van vrugbaarheid van Astarte of Easter of Venus gedien. Daarom kom “heilige eiers” in baie antieke gelowe voor. Die oorsprong van die wêreldwye gebruik van eiers in die heidense godsdienste is Babilon. Daar is geglo ’n eier het in die Eufraatrivier geval en die godin Venus het daaruit gebroei wat later Astarte en Isjtar genoem is. Die eier dien as ’n simbool van vrugbaarheid en hersteller van lewe. Dit het toe haar simbool geword, asook dié van die terugkeer van die nuwe lewe. In sommige kerkkringe word die simbool van die eier nou as verwysing na die leë graf gebruik, na nuwe lewe en na die nag waarin Jesus verraai is. Daar is egter geen aanduidings daarvan in die Bybel nie. Paashase Die Paashaas dien ook as ’n vrugbaarheidsimbool. Die Egiptiese woord vir haas beteken “oop” en “periode” en is verbind aan die gedagte van periodieke terugkeer en met die begin van nuwe lewe in die lente van elke jaar. So het dit ’n simbool van vrugbaarheid en nuwe lewe geword en word met Easter en

eiers verbind. Lyding herdenk Daar is ook ’n derde Christelike groepering in die beskouing van Paasfees. Die groepering sal oor die naweek ’n erediens hou waarin die lyding van Jesus Christus herdenk word, maar sal nie ’n kerklike jaar daarom bou of daarvolgens inrig nie. Die opstandingsdiens van Sondag sal nie ondergeskik aan die lydensdag van Vrydag staan nie. Die groepering sal die heidense gebruike uitwys en vermy en versigtig vir kreatiewe inbring van simboliek wees wat dalk meer aan die heidense mitologie as aan die Christendom herinner. Weeklikse erediensbywoning sal voorkeur kry eerder as die bywoning van ’n Paaserediens wat in so baie gevalle bygeloof geword het. In die groepering word klem daarop gelê dat die Christelike tradisie inhoudelike bestanddele van die Joodse Pasgafees oorgeneem het en rakende Jesus herinterpreteer het. ) Bronne: Erasmus, J. 1995. Kersfees Paasfees – Vanwaar? Waarnatoe? Orkney: EFJSdrukkers Hart, D.S. 1984. Die Kerkjaar en kerksimbole. Genadendalse drukkery: Genadendal. Noeth, J.G. 2009. Die bloed van die Paaslam. Republikein. 2006. Paasfees 13/04/2006. www.republikein.com.

DIE Paashaas soos ons hom oor die jare heen leer ken het.

PAASBOLLETJIES waaraan ons almal so lekker smul, kom ook veral in die Paastyd in die winkels voor.


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Skrywer kom praat CARINA DIEDERICKS-HUGO, skrywer van onder meer die Thomas@-reeks, besoek Kimberley van 10 tot 12 April. Sy gaan op 10 April om 14:30 in die Kimberley-stadsbiblioteek praat. Bevestig asseblief bywoning by 053-830-6241.

Gee hul skeppende kant vrye teuels HEELWAT aktiwiteite is op vanjaar se biblioteekweek in die Kimberley­stadsbiblioteek aange­ bied. Een daarvan was ’n kunsklas waarin vroue hul eie mini­skinkborde kon versier.

Foto’s: Verskaf

SÓ het van die eindprodukte gelyk.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

FRANCHISE POOLS AND THATCH. 072 948 7667. NEW POOLS AND RENOVATIONS. MARCH SPECIAL! 4x3 POOL and 4 x3 LAPA, R25 000. 5x3 POOL and 5x3 LAPA, R32 000. 6x4 POOL and 6x4 LAPA, R35 000. 8x4 POOL and 8x4 LAPA, R45 000. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

WINSKOPIE! R199 000. Tree af in 'n stil, misdaadvrye dorp. Netjiese 3-slkhuis met tuin en vrugtebome. 2 900 m² en heining. 120 km oos van Bloemfontein. Skakel 051 983 0022/ 071 595 7715.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

KINDERS van Greenpoint kyk verbaas na die twee struike in die middel van ’n besige pad in die gebied. Die gebied se paaie kan doen met ’n bietjie herstelwerk.

R35 miljoen vir paaie beskikbaar André Botha

’n BYKOMENDE R35 miljoen vir die herstel van Kimberley se magdom slaggate word in die Sol Plaatje-munisipaliteit se mediumtermyn-begroting beskikbaar gestel. Nóg goeie nuus nadat die stad die afgelope jaar telkens sonder water was, soms dae lank, is dat ’n bykomende R13 miljoen begroot word vir die installering van drukkleppe wat sal help dat dit minder gebeur dat waterpype bars, of dat water lek, het Agnes Ntlangula, burgemeester van Sol Plaatje, gesê. Sy het in haar begrotingstoespraak gesê R15 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar is begroot vir metervervanging om meterlekkasies te verminder. Dit hou groot voordele vir sowel die munisipaliteit as die verbruikers in. Vordering is gemaak met die installering van vyf nuwe laedrukpompe by Riverton om water uit die Vaalrivier te onttrek. In die volgende fase is R8 miljoen begroot

SOEK, KOOP, VERKOOP

vir die installering van verskeie nuwe hoëdrukpompe. Twee kragsubstasies gaan teen R41 miljoen verbeter word. Oor die slaggate het sy gesê hoewel 60 000 slaggate reeds herstel is, bly die situasie swak. Saam met die R35 miljoen wat uit die kapitaalbegroting van die paaiedepartement kom, is daar R43 miljoen beskikbaar vir die herseël, herbedekking en herstel van strate. Nog goeie nuus is dat die voorgestelde verhoging vir elektrisiteit in die begroting vir 2013-’14 6,9% is, laer as die Eskom-verhoging. Eiendomsbelasting sal met 8,9% toeneem, en water ook met 8,9%. Sanitasiedienste word 6,5% duurder, en vullisverwydering styg met 6,9%. Die kapitaalbegroting vir 2013-’14 is sowat R225 miljoen. Hiervan kom R89 miljoen uit die munisipaliteit se eie beursie, R54 miljoen uit ’n lening, en R81,8 miljoen is voorwaardelike toekennings en subsidies. Sowat R500 miljoen sal oor die volgende drie jaar aan kapitaalprojekte bestee word.

R35 MILJOEN is opsy gesit om Kimberley se slaggate te herstel.

Foto’s: Ruan Bruwer


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

11

Vul jou sportkennis aan HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer daar rondom vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Jy kan jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie gee. Ons gaan weekliks met lesers ’n paar sportfeite en -statistieke deel en in die laaste uitgawe van elke maand drie vrae vra. Die antwoord kan uit die vorige weke se inligting kom of nie. Die leser met die korrekte antwoorde wie se naam getrek word, sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Verlede maand se wenner sal volgende week hier aangewys word. Hier is ’n paar interessanthede vandeesweek: ) Die “leeu van die Kalahari”, Tiaan Strauss,

het in 1999 in Brisbane die eerste oud-Springbok geword wat vir ’n ander land (Australië) in ’n toets teen sy vorige spanmaats gespeel het. ) Nadat die Griekwas in 1998 se eindstryd van die Vodacombeker amok gemaak het deur met 57-0 oor die Leeus te seëvier, was dit ’n jaar later in die eindstryd ’n teenoorgestelde situasie met die Leeus wat met 73-7 gewen het. ) Die hotklou van die Wes-Indiese Eilande, Brian Lara, hou die rekord vir die meeste lopies in een kolfbeurt in ’n toets. In 2004 het hy 400 nie uit nie teen Engeland gemoker. ) Hashim Amla se 311 nie uit nie wat hy verlede jaar teen Engeland op die Oval aangeteken het, is die meeste deur ’n Suid-Afrikaner en 20ste op die algehele lys van die meeste lopies nog in ’n kolfbeurt op toetsvlak.

Dit is hoe ’n losskrum werk

AMORÉ SERFONTEIN is die nommereen­verspringatleet vir meisies o.19 in Suid­Afrika vir 2013. Foto: Verskaf

Amoré reik verder Ruan Bruwer

DIE 17-jarige Amoré Serfontein is Maart se Let’s Play-sportster van die maand. Dít is na aanleiding van die goue en silwermedalje wat sy op die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms behaal het. Amoré is die voorste o.19-meisiesverspringatleet in Suid-Afrika vir 2013. Sy het ook ’n silwermedalje saam met haar spanmaats in die 100 m-aflos vir meisies o.19 ingepalm. Sy is ook kaptein van die Hoërskool NoordKaap se hokkiespan en haar spoed word optimaal op regtervleuel aangewend. Sy het verlede jaar ’n moeilike jaar beleef met haar beenstruktuur wat te vinnig vir haar spiere ontwikkel het en gevolglik kon sy nooit haar beste vorm handhaaf in ’n jaar

Took various places in tour MAURICE MOLLER, an u.16 cyclist, recently participated in a five stage tour in Nelspruit where he achieved a first, second and third place. He rides for MTN Qhubeka Academy and the team also took the first place overall in the tour. He will be taking part in the South African cycling championships in mid­ April. Photo: Supplied

Swimmers do well A FURTHER two Flamingo Aquatic Academy swimmers, Devon Steyn and Melene Klinck, qualified for the finals at the South African Level Three Championship in Durban recently. This is equivalent to a medal at level two.

wanneer skoolatlete gewoonlik piek nie. Amoré was ook vierde in die 200 m en vyfde in die 100 m. Amoré vertel haar vriende het haar op laerskool uitgedaag om verspring te probeer waar ’n onderwyser haar talent raakgesien het. Sy word deur Wilmo Vermeulen van die Diamantveld-atletiek-akademie afgerig. Sy sê sy geniet verspring meer, aangesien die druk minder as in naellope is. Volgens haar het baie opofferings oor die jare heen eindelik vrugte afgewerp. ) Die Let’s Play-sportster van die maand wen ’n lekker geskenkpak van Let’s Play en word ook op Let’s Play se webtuiste bekend gemaak. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.

REËL 16: LOSSKRUM Die definisie van ’n losskrum: ’n Losskrum is ’n fase van die spel waar een of meer spelers van elke span wat op hul voete is, in fisieke kontak met mekaar naby die bal op die grond is. Dit beëindig algemene spel. Onkant by ’n losskrum: (a) Die onkantlyn: Daar is twee onkantlyne ewewydig met die doellyne, een vir elke span. Elke onkantlyn loop deur die agterste voet van die agterste speler van elke span in die losskrum. Indien die agterste voet van die agterste speler op of agter die doellyn is, is die onkantlyn vir die verdedigende span die doellyn. (b) Spelers wat nie in die losskrum is nie, moet hulle onmiddellik daarby aansluit of terugval tot agter die onkantlyn. Indien ’n speler langs die losskrum ronddraal, is hy onkant. (c) ’n Speler wat hom by ’n losskrum aansluit, moet dit van agter die agterste voet van die agterste spanmaat in die losskrum doen. ’n Speler mag langs hierdie agterste speler aansluit. ’n Speler wat hom van die teenstanders se kant af of voor die agterste spanmaat by ’n los-

skrum aansluit, is onkant. (d) As ’n speler voor die onkantlyn is en hom nie by die losskrum aansluit nie, moet hy onmiddellik tot agter die onkantlyn terugval. ’n Speler wat agter die onkantlyn is en oor die onkantlyn trap, maar hom nie by die losskrum aansluit nie, is onkant. Onsuksesvolle einde van ’n losskrum: (a) ’n Losskrum eindig onsuksesvol as die bal onspeelbaar raak en ’n skrum beveel word. Die span wat vorentoe beweeg het onmiddellik voordat die bal onspeelbaar geraak het in die losskrum, gooi die bal in. As geeneen van die spanne vorentoe beweeg het nie, of as die skeidsregter nie kan besluit watter span vorentoe beweeg het voordat die bal onspeelbaar geraak het nie, moet die span wat vorentoe beweeg het voordat die losskrum begin het die bal ingooi. Indien geeneen van die spanne vorentoe beweeg het nie, gooi die aanvallende span die bal in. (b) Indien die losskrum ophou beweeg of indien die skeidsregter besluit dat die bal waarskynlik nie binne ’n redelike tyd gaan uitkom nie, moet hy ’n skrum beveel.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 APRIL 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Die Diamantstad se koerant

Golfers battle it out AN opening three under par 69 had Stephan Erasmus of Vaal de Grace setting the pace for the 2013 Mellin i-Style Northern Cape Open played last weekend at the Kimberley Golf Club. A second round 68 put him on 137, seven under par, eight shots clear of the field Saturday evening. A final round 75 on Sunday saw his lead cut to five ahead, his total score four under 212 for the three rounds. Des Von Viegen and Marius Nel followed, each on 217. In the B section, handicaps 4 and above, young Jaco Theron topped the leaderboard on 229. Conrad de Swardt and Butch Lombaard were second and third, each on 235. Pieter van Niekerk returned 40 points to win the limited entry Saturday IPS. This was on a count out from runner up Brett Crozier. Deon Klopper was third on 38, Lennie Allen fourth on 37 and Johan Herselman fifth on 36. Faried Richards returned a personal best gross 37 to post a winning 23 points in the Friday Flamingo Casino Niner. Kariem Anderson, Nico van der Westhuizen, Johan Herselman and Fuad Mahri were the remaining prize winners. Pieter Botes won the Darsha Insurance Brokers IPS Wednesday, his score 41 points. Harry Welham was second on 39 and Siewert Wiid was third on 37.

Museum for rugby coming

JEAN­MARIE VERMEULEN (foto) was een van drie atlete van die Hoërskool Diamantveld wat medaljes op die Suid­Afrikaanse junior atletiekkampioenskappe verower het. Sy het drie silwermedaljes in die 100 m, 200 m (albei o.15) en 100 m­aflosspan (o.19) verower. Ruan Willemse het ook ’n silwermedalje in verspring vir seuns o.17 behaal en Marmari Pienaar silwer in die 100 m­aflos (o.19). Al drie die atlete word deur Wilco Vermeulen gebrei. Foto: Verskaf

Dubbelkaartjies te wen VYF stelle dubbelkaartjies na die Griekwas se tuiswedstryd in die Vodacombekerreeks Vrydag om 15:00 teen die Pumas op GWKpark kan gewen word. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Rugby”, gevolg deur jou naam en van. Jy kan jou tot Vrydag om 12:00 vir die kompetisie inskryf. Die wenners sal daarna gebel word en wenners moet hul kaartjies by Volksblad se kantoor in Dalhamweg, Kimberley, kom afhaal. Jy kan soveel keer inskryf soos wat jy wil. Elke SMS kos R1,50.

THE South African Rugby Union (Saru) on Wednesday announced plans to open a major new rugby museum, The Springbok Experience, at the V&A Waterfront in Cape Town later in the year. The launch was marked by the ceremonial capturing of the handprints of 43 national team captains – from all of South African rugby’s diverse traditions – at a public event the V&A Waterfront. The handprints will be cast into bronze and installed on public display as part of the Springbok Experience exhibition. The current Springbok captain, Jean de Villiers, as well as modern legends such as Francois Pienaar and Joost van Westhuizen, were joined by pre-unity rugby greats. The event marked the countdown to the opening on Heritage Day, 24 September. Oregan Hoskins, president of Saru, said that a critical role of the Springbok Experience would be to redress an imbalance of the past by telling the often overlooked story of black rugby prior to rugby unity in 1992. “Our new rugby museum will embrace that past. We want to celebrate South African rugby in all its diverse histories, as well as shine a spotlight on its troubles and turmoil and its growing pains. “To have more than 40 national captains agree to assemble on this day was an incredible way to launch The Springbok Experience.” The 800 m² Springbok Experience will feature a modern, interactive rugby museum, Springbok shop and Springbok Trials’ rugby skills zone. It replaces Saru’s former museum at Newlands and is set to provide an eye-opening contrast to traditional museums.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.