Noordkaap 3 julie 2013

Page 1

Die Diamantstad se koerant

Tel (053) 831 2331 Woensdag 3 Julie 2013 www.noordkaap.co.za

Sterf lees uit? bl. 3

GRATIS

Kleur die winter oranje ’n PALET van oranje. Die pragtige rankplant blom in ’n besonderse skakering van oranje teen ’n tuinmuur in Milnerstraat – en dit in die hartjie van die winter. Foto: Ruan Bruwer

Es ist in Südafrika nett bl. 8

Netbalspanne gekies

bl. 12

Fees der Vryfeeste Ruan Bruwer DIE tweede week van Julie beteken altyd twee dinge – Cravenweekrugby en die Vryfees in Bloemfontein. ’n Mens hoef nie ’n groot belangstelling in die uitvoerende kunste te hê om dié feestelikheid te geniet nie, ondanks die koue. Die fees se hartklop bly egter dít wat in sy teaters aangaan. Jaarliks slaag die feeskomitee daarin om puik produksies, asook van die land se beste akteurs, Bloemfontein toe te lok. Diegene wat nie vertroud is met verhoogakteurs nie, kan ontspan. Daar is vele bekende name wat net so bekend aan televisiekykers is. So is daar vyf akteurs op die fees wat 21 jaar gelede in die TV-reeks Konings gespeel het wat nou weer op SABC2 uitgesaai word.

Verder is daar produksies soos Spectacular Spectacular, ’n mengsel van dans en musiek, met bekendes soos Shaleen Surtie-Richards, Neels van Jaarsveld en Valiant Swart. Daar is klassieke produksies, kabarette en die geleentheid om Chris Chameleon saam met die Bloemfonteinse Kinderkoor te hoor sing. Van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf, soos Koos Kombuis, Kurt Darren, Laurika Rauch, Mathys Roets, Steve Hofmeyr, Romanz en Nianell, is op die fees. Die musiekopvoering Volume 2 met musiek uit die nuwe FAK-sangbundel

THE provincial government invites all the people of Kimberley to join them and attend a prayer service for the health of Nelson Mandela that will be held tomorrow at 12:00 at the Mayibuye Hall in Galeshewe.

(musiek van David Kramer tot Koos Kombuis) is met sorg uit dié bundel saamgestel. Dis nie verniet een van die fees se topverkopers nie. Amanda Strydom, Jak de Priester, Anna Davel, Jannie du Toit en Danie Niehaus is van die sangers wat hierin optree. As name soos Elsabé Daneel, Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Erica Wessels, Antoinette Kellermann, Zane Meas, Chris van Niekerk, Johann Nel, Hennie Jacobs, Wilson Dunster, Elize Cawood, Waldemar Schultz, Stian Bam en Gys de Villiers jou nie teaters toe lok nie, behoort min. Benewens toneel- en musiekproduksies is daar ook boekbesprekings soos Deon Meyer wat oor sy nuwe fliek, Die laaste tango, kom gesels. Die feesprogram is by www.vryfees.co.za beskikbaar.

) ’n Avontuur wag op elkeen wat lief is vir kosmaak op vanjaar se fees. ’n Potjiekoskompetisie in samewerking met Kloppers, kykNET en Weber word aangebied. Dié potjie-opskop vind Saterdag op die Vodacom-kunstemarkterrein se manne-gebied plaas en deelnemers kan om 10:00 begin kole stook. Spanne sal op dekor, spangees en stemming, smaak van die potjie en voorlegging aan die beoordelaars beoordeel word. Inskrywings is R350 per span wat ’n Weber-voorskoot vir elke deelnemer, asook ’n resepteboekie, insluit. Weber sal die ketels verskaf, asook die houtskool-brikette. Deelnemers moet hul eie platboompot, tafel, stoele, tafeldoek, braaigereedskap, bestanddele en speserye, asook die bykos, voorsien. Rig navrae aan Atie Kamper by 082-859-2392.

The government further made a special request that women join the prayer service in their full regalia (uniform) as this is the day on which prayer women in churches have their weekly prayer meetings.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

KRIEKETSPELERS word geleer om altyd eers die bal met hul hande te kry en indien andersins moontlik hul liggame in te span. Meisies wat verlede week die GriekwalandWesse Krieketunie se winteroefenprogram bygewoon het, het met die veldwerksessie groot opwinding verskaf. By tye was hulle net nie bereid om moontlik ’n nael te breek deur ’n bal te probeer vang of stop nie. Bekruip die bal, word hulle geleer. Amogelang Mohale lyk asof sy mooi geluister het. Foto’s: Ruan Bruwer

TOG het Amogelang gereken dit is voordeliger om eerder voor die bal in te duik.

NOLUTHANDO LAVEN se tegniek lyk perfek, oë gefokus op die bal, liggaamshouding in die regte posisie, alles soos haar afrigter, Lawrence Magugwana, oftewel Coach Papi, haar geleer het. Hy sou veral trots op dié poging gewees het terwyl hy meestal net sy kop geskud het oor die res van die meisies se pogings om ’n bal te keer. Bottervingers was op die dag oral te sien.

HOEWEL haar tegniek presies is hoe dit níé gedoen moet word nie, is die bal gekeer, meer as wat die meeste van haar mede-veldwerkers kon sê. Al moet ’n man (meisie) soms maar pyn vir die saak verduur, sou Amogelang aanvoer.

Eet gras vir poging

HELAAS . . . Dinge het nie heeltemal volgens plan verloop nie. Maar die bal is gekeer en Coach Papi kon Laven nie skel weens ’n gebrek aan toewyding nie. Al moes sy gras vir haar toewyding eet.

Lucky second time round Ruan Bruwer FOR Jean Robey and her husband it was a case of déjà vu when she recently received a phone call to inform her that her name was drawn and that she has won a five-day boat trip on the MSC Opera. The Diamond Pavilion Shopping Mall held a Mother’s Day competition where anyone who bought something worth R200 or more in the mall could enter their slip. Interestingly enough it has been exactly six years since they won a similar competition in the same mall – also a boat trip to the Portuguese Islands. They will be leaving for the Mozambiquan Islands in November. In between the two competitions Jean also walked away with a brand-new Chevy Spark vehicle which she won at the same mall. And no, they are not related to or friends of the mall owners. According to her, they didn’t spend money excessively to enter as many times as possible. “We only entered a couple of times. It is pure luck,” her husband, Jock, said. Luck it certainly was, because two names were actually drawn before Jean’s were picked from a lucky draw, but they were both invalid entries. Jean, a former teacher, says she likes to participate in local competitions. She hopes the boat trip will be a more pleasant one than the previous trip on the MSC Crociere in 2007. Her husband explains: “There was a huge cyclone shortly after we had left Durban. Jean was as sick as a dog and spent most of the days lying down,” he said. “Ja, there was a time during that voyage I thought ‘why did I ever enter?’ I told myself even if I get a boat trip ticket for free again, I wouldn’t go . . .” she said.

JEAN ROBEY and her husband, Jock, during the previous trip they won to the Portuguese Islands six years ago. They will again be heading off on a boat trip in November after being lucky once more in a lucky draw competition. Photo: Supplied

‘We only entered a couple of times. It is pure luck.’ – Jock Robey


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

NK-lesers sê oor lees Zanri Kotzé

daarvan dat hulle die kinders opvoed en leer van boeke.”

HOE WAS DIT VROËER JARE? WAT SÊ DIE OUER GESLAG? Kokkie Duminy (69), wat by die digitalisering van ou boeke betrokke is en ’n skofwerker aan die Africana-biblioteek is, het in Nederland grootgeword. “Ons het stapels boeke tuis gehad. Boeke was in oorvloed. Daar is as kleuters aan ons voorgelees en toe ons ouer word, het ons self begin lees,” vertel sy. Twee van haar kleinkinders het ’n voorliefde vir lees, maar die ander glad nie. Sy gee moderne tegnologie die skuld en sê dat haar eie kinders elke week die biblioteek besoek het. Shirley Theron (64), ’n geleentheidsbeplanner, sê sy lees taamlik baie. Sy meen kinders van vandag weet nie meer wat om met hulself aan te vang nie. “Hulle het half niks wat hulle bind nie. Vandag se jong mense word nie meer soos ons met lees grootgemaak nie. As kinders het ons weekliks biblioteek toe gegaan en boeke uitgeneem, gewoonlik op ’n Sondag. Dit was baie lekker.”

WAT SÊ DIE INGELIGTES EN STATISTIEKE? Fritz van Dyk, Kimberley se stadsbibliotekaris, sê besoeke deur kinders het drasties afgeneem en daar word selde ’n hele familie opgemerk wat boeke kom uitneem om die lekker lees-aksie, soos hy dit noem, voort te sit. Hy noem ’n rede vir die afname in jong besoekers aan die biblioteek is dat kinders nie meer fietsry nie en hul ouers heeltyd by die werk is en saans moeg is. “TV, selfone en die internet se invloed kan nie onderskat word nie. Daar is oral internetpunte, selfs in hotelle kry mense nou toegang tot die internet. “Inligting raak algaande vrylik beskikbaar en die biblioteek word nie meer deur almal as die sentrale inligtingspunt beskou nie. Die e-boek maak ook opgang en dié wat dit kan bekostig, kom nie meer biblioteek toe nie,” sê hy en vertel daar is selfs e-biblioteke aanlyn beskikbaar. “Dis jammer daar word ál minder boeke gelees, want dit verarm die mens geestelik en die jeug van

WAT SÊ KIMBERLEY SE PUBLIEK, LEES HULLE NOG BOEKE?

ONS het op ’n boek in die Kimberley-stadsbiblioteek afgekom wat in 1987 laas uitgeneem is. Foto: Ruan Bruwer

vandag se algemene kennis is maar swak,” sê Van Dyk en voeg by selfoonkommunikasie is die nuwe ding en jong mense word selde gesien waar hulle net sit en gesels of lees sonder hul selfone. Van Dyk sê egter die getal biblioteke in die Kimberley-omgewing het sedert 1992 met vier toegeneem. Amptelike statistieke uitgereik deur die Sol Plaatje-biblioteekdienste toon boeksirkulasiesyfers het tussen 1991 en 2011 van 825 000 na 424 000 afgeneem. Dus is daar in twee jaar 401 000 boeke minder as in 1991 uitgeneem. Lidmaatskapsyfers het egter sedert 1991 tot 2011 van 25 600 na 52 000 toegeneem. Howard May, bestuurder van Exclusive Books in die Diamond Pavilion Shopping Mall, vertel hartseer die Kimberley-tak gaan binnekort sluit weens ’n skerp afname in boekverkope en winsgewendheid in die Noord-Kaap. Shirley James, hoofbibliotekaris van die Africana-biblioteek, vertel ’n gesin van die Wes-Kaap het onlangs die biblioteek besoek en die kinders het nie ’n saak met die boeke gehad nie. “Hulle het binne te kere gegaan en teen die traprelings afgegly. Ek het naderhand met hulle geraas en hulle na buite gestuur. “Die ouers het hulle ook nie juis aan die kinders gesteur nie. Pleks

Angelique van der Linde (39) werk al 11 jaar in ’n biblioteek en sê sy maak haar kinders in die leeskultuur groot. Sy voer tegnologie as rede aan vir die afname in lees onder die jong geslag. Heimah de la Querra (38), ’n deeltydse fotograaf, vertel sy het haar vakansies om gelees. “My broers het gaan jag en rugby gespeel, maar ek het my dae binne deurgebring en gelees.” Heimah het op laerskool gereeld biblioteek toe gegaan, maar het op hoërskool haar eie boeke by gebruikteboek-winkels begin koop. Xanya Theron, ’n 19-jarige LLB-student, lees ook graag. “Ek maak tyd daarvoor ongeag al die ander dinge wat ’n mens kan doen. Ek is so grootgemaak. Dat ek LLB studeer, dra ook daartoe by dat ek baie lees.” Johan Bekker (41), wat trouvideo’s neem, erken hy hou glad nie van lees nie. “Ek het kleintyd ’n bietjie gelees. Ek het al baie ’n boek begin, maar nooit klaargemaak nie. Lees is eenvoudig nie vir my ’n voorkeur nie.” Melitza de Kock (35), een van Kimberley se gewilde fotograwe, dink lees is belangrik. “Ek wil eintlik my seuns na die biblioteek neem sodat hulle ook die vreugde van ’n boek uitneem, kan ervaar. Ek wil graag ’n liefde vir lees by hulle kweek.” Melitza vertel sy lees steeds vir haar kinders en bestel gereeld vir hulle boeke. “Ek haat ’n TV. My kinders moet maar sterk staan, want ek gaan nie vir hulle videospeletjies koop nie. Ouers besef nie wat hulle daardeur aan hul kinders doen nie. Kinders moet lees.” As kind het Melitza se ma haar gereeld na die biblioteek geneem. Siwoné Nunan (15) lees bitter graag en het haar eie mini-biblioteek tuis. Sy sê sy probeer om een maal ’n maand die biblioteek te besoek, maar erken sy het nie altyd tyd nie. Die tydfaktor is volgens haar waarom haar vriende nie werklik lees nie. “Ons het nie eintlik tyd nie omdat ons so besig gehou word met ander aktiwiteite soos skoolwerk en sport.”

Lees mense nog? WAT het geword van . . ? is die vraag wat ons die volgende paar weke gaan vra en antwoorde voor gaan probeer vind. Noordkaap beplan al lank aan dié reeks en ons is verheug om dit vandeesweek

tot uitvoering te bring. Boeke word deur Blackberries en lees deur Vampire Diaries en CSI vervang. Reg? Ons stel ondersoek in. Eerste aan die beurt is Wat het geword van boek lees?

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

Positiewe rol van pa kritiek TERWYL gesinne onlangs Vadersdag gevier het, is die werklikheid in Suid-Afrika egter dat meer as die helfte van kinders sonder ’n pa grootword. ’n Verslag van die Instituut vir Rasseverhoudinge wys 63% van Suid-Afrikaanse kinders word sonder ’n pa groot. Die verslag gee ’n toenemende kultuur van afwesigheid deur pa’s en vigsverwante sterftes die skuld vir die gebrek aan ’n vaderfiguur. Volgens maatskaplike werkers blyk dit duidelik uit kinders se gedrag daar is nie ’n vader in hul lewe nie. So ’n kind is geneigder tot seksuele dade en SO MAAK DIE WEER Vandag Donderdag Vrydag

aanvaar moeiliker aanspreeklikheid. Die verslag wys ook daarop min van die 63% is gevalle waar die pa gesterf het, eerder dat hulle afwesig in die kind se lewe is. Hoekom het hulle dan ’n kind help skep as hulle nie seker was hulle sou die rol van pa suksesvol vertolk, of ten minste probeer om dit te doen nie? Sulke kinders word ’n onreg aangedoen. Sonder ’n positiewe manlike rolmodel om van ’n kind ’n gebalanseerde volwassene te maak gaan sulke kinders die lewe met ’n agterstand in.

Minimum 1°C 2°C 2°C

Maksimum 21°C 18°C 18°C

Die Diamantstad se koerant

SKETS: Danie Cronjé

Leef strewend na tevrede tevrede Hannes Noëth DIE kuns, so vertel die oom, is nie om tevrede te wees nie. Almal kan tevrede wees. Die kuns, die groot uitdaging, is om tevrede tevrede te wees. Ek moet nou mooi probeer verstaan wat hy vertel. Baie mense is tevrede. Min is tevrede tevrede. Sjoe. Ek is ’n bietjie stadig, Oom. Ek sukkel om die een te verstaan. Nee, sê hy, dit het niks met stadig te doen dié nie. Ek moet mooi dink oor wat hy sê. Ek moet daaraan kou. Dit mooi deurdink. Tevrede wees, is goed. Tevrede tevrede wees, is beter, dit is anders. Nou verduidelik hy: Jy kan vandag tevrede wees met ’n stukkie brood wat jy eet. Dit

maak jou maag vol en dit voed jou. Of jy kan vandag tevrede tevrede wees met jou stukkie brood. Dan maak daardie stukkie brood nie net jou maag vol nie, maar ook jou hart dankbaar vir dit wat jy het. Nog ’n voorbeeld, vertel hy: Jy kan tevrede wees met wat jy het, en meer bekommerd wees oor wat jy nie het nie. Wat is jy dan? Dan is jy ontevrede met wat jy nie het nie en tevrede met wat jy het. Maar jy kan tevrede tevrede wees met wat jy het. Nou is die betekenis anders. Nou soek jy nie voortdurend dit wat jy nie het nie. Nou

kyk jy na wat jy het en jy sug dankbaar oor wat jy het, en nie ontevrede oor wat jy nie het nie. So, nou probeer ek in my eie taal dit deurgee: Tevrede tevrede is vergenoeg wees. Rustig wees. Nie voortdurend op soek nie. Ja, net so, sê hy en glimlag. Wat het ons gesprek voorafgegaan? Dit was my laaste besoek aan hom. Kort hierna sou hy sterf. Dit was op sy sterfbed, die wonderlike verduideliking. Hy wou seker maak ek troos sy mense met ’n groot groot waarheid: Hy gaan nie tevrede dood nie. Hy sterf tevrede tevrede. Al wat ek van hulle moet vra, is leef asseblief tevrede tevrede. Wees versigtig dat tevrede wees genoeg word. Tevrede tevrede het ons hom begrawe.

GEBEURTENISSE op 3 Julie in die geskiedenis: 1899 – Pres. M.T. Steyn van die Vrystaat probeer die leier van die Afrikanerbond, Jan H. Hofmeyr, oorreed om dit duidelik aan die Kaapse goewerneur Alfred Milner te stel dat hulle geen Britse oorlog op Suid-Afrikaanse grondgebied sal duld nie. 1992 – Suid-Afrika word hertoegelaat tot die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) waaruit hy in 1976 geskors is. 1993 – Die datum van die eerste nie-rassige verkiesing in Suid-Afrika word vir 27 April 1994 bepaal. 1998 – Gene Rockwell (54), Suid-Afrikaanse rocksanger, bekend om sy liedjie Heart, sterf op aan kanker. Geboortes op die dag: 1897 – Dr. L.W. Hiemstra, Afrikaanse taalkundige en woordeboekmaker (sterf in 1978). 1951 – Sir Richard Hadlee, Nieu-Seeland se beste naatbouler nog met 431 toetspaaltjies. 1961 – Vince Clarke, Britse popster en leier van die groep Erasure.

1962 – Tom Cruise, Amerikaanse rolprentster. 1970 – Deon Kayser, oud-Bok-vleuel. 1976 – Henry Olonga, eerste swart speler om vir Zimbabwe toetskrieket (1995 teen Pakistan) te speel. 1976 – Bobby Skinstad, 50ste Springbok-kaptein. 1980 – Roland Schoeman, Suid-Afrikaanse swemkampioen. 1980 – Harbhajan Singh, draaibalbouler van Indië. 1986 – Duane Vermeulen, Springbok-agtsteman.

BERIGTE oor Kimberley wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Die Mokala- Nasionale Park het drie eerbewyse ontvang, terwyl SANParke se ariede streek ook personeellede met oorkondes vir puik prestasies beloon het. Mokala is aangewys as die Park van die Jaar, sy ruskamp Mosu as die beste ruskamp en Deon Joubert, Mokala-parkhoof, as die beste parkhoof. ) Vandalisme, aangevuur deur armoede en die hoë prys van skrootmetaal bedreig Kimberley se geskiedkundige monumente. Die McGregor-museum se senior argeoloog, dr. David Morris, het die Sol Plaatje-raad genader en gevra of hy ’n plan sal steun om die artifakte eerder in ’n museum te bewaar. “Ons het voorgestel om replikas van ander materiaal soos harpuis en veselglas te maak en dan in die plek van die oorspronklike artifakte te plaas,” het Morris gesê. ) ’n Dag nadat drie mans by ’n bekende ysterwarewinkel in die stad ingebreek het, is ook by ’n supermark ingebreek en ’n onbekende bedrag geld is gesteel. Die veiligheidswag by Pick n Pay in die Rhodesdene-winkelsentrum is aangerand nadat hy probeer het om een van die inbrekers by dié winkel in hegtenis te neem. Soortgelyke werkmetodes is in albei inbrake gevolg. In albei gevalle was drie mans betrokke en het hulle in ’n bakkie met ’n Gautengse registrasienommer gevlug. ) ’n Rolex-horlosie van meer as R1 miljoen is gebuit toe gewapende rowers onder die

voorwendsel dat hulle diamante wou verkoop op ’n huis in Monumenthoogte toegeslaan het. Antonaella Florio, ’n gelisensieerde diamanthandelaar, sê sy en haar gesin was op pad om na Johannesburg te vertrek toe twee mans haar bel om haar te kom spreek oor diamante wat hulle wou verkoop. Florio bestuur haar onderneming van die huis af en die mans het haar daar ontmoet. ) Die Sol Plaatje-munisipaliteit en sy kontrakteurs het drie nuwe isolasiekleppe suksesvol by die wateraanleg se opgaardamme aangebring. Die laaste klep van die multimiljoenrand-projek sal in Julie aangebring word. Die twee jaar lange projek om tien nuwe kleppe te heg sal teen Julie afgehandel wees. ) ’n DA-raadslid in die Sol Plaatje-munisipaliteit is op slag dood en sy broer ernstig beseer nadat hul motor op die Roodepan omgeslaan en gerol het. William Tarentaal was sedert 2011 raadslid en was voorheen ook ’n tussentydse voorsitter van die DA-jeug. Hy het Wyk 1 in die raad verteenwoordig. Sy broer, Desmond Tarentaal, is steeds in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

SA school system fails students I MISS school. And I never thought I would ever say that. I miss thinking that 50 pages are a lot of work to study. One of the things that they do not teach you at school is how to cope with the amount of studying at university level. Regardless of the course you plan to enrol yourself in, be prepared for an explosion of notes on your desk, sleepless nights and saving extra cash to buy those energy drinks. Adapting and learning to cope with the amount of work at university is undoubtedly one of the biggest transitions required for making a success of your student life. However, the South African school system does little to soften the blow for potential students. Little is done during a child’s high school career to prepare them for their future studies. This is not because the teachers are unwilling, but because the education system does not make provision for this. The Finnish school system includes an upper secondary education which starts at age 16 or 17 and lasts 4 years. Students enrolled on this voluntary level of education may have the option of undergoing occupational training to develop vocational competence or to enter them in an upper academic school which focuses on preparing them for university studies and post-graduate degrees. The Finnish school system is currently number one globally. In England, children have the option of enrolling for the so-called Sixth Form which lasts two years and is a preparation course for university. Students can study and specialise in up to five subjects in their first year of Sixth Form and specialise in a further three during their final year. If they choose to study further, they are able to make a more informed decision, be accusto-

med to more work and have a broader knowledge of a specific field. The United Kingdom education system is number six globally. South African students are required to take the National Benchmark Tests in order to continue their studies on a tertiary level as the school system is not up to standard and does not meet university requirements. Beside the lack of academic preparation for the future, our schools also fail to teach students life skills. Some might argue that Life Orientation serves that purpose, but really the LO period has become known as an “off” period. How many teachers rush through the prescribed work which, by the way, does little to nothing to help students with anything, and give them the rest of the year off? LO was a great initiative, but it is being handled incorrectly. German schools often have partnerships with large manufacturing companies that allow high school students to spend time on their shop floors learning real-world skills. The German school system is currently number 15 in the world. The South African school system at present holds the 140th position in the world out of 144. Perhaps so many students are failing, having nervous breakdowns or dropping out because they do not know how to handle the massive workloads collapsing onto them. One might argue that it is called toughening up or becoming an adult, but everything in life requires preparation. So, are students really the only ones to blame for not making the grade? ) Zanri is currently a first-year student at the University of the Free State, studying Media Studies. She matriculated in Kimberley in 2012.


Noordkaap van die pad: NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

7

Op die N12

800 M: PROPLANTS. Skaars 300 m uit op die pad draai jy links af en ry 500 m grondpad tot by die ingang. ProPlants is ’n paradys. Die kwekery is ’n besoek werd, want hier is nie net plante nie. Hier is ’n teetuin met speelgoed vir kinders en dit is ideaal vir kinderpartytjies. In die troeteldierwinkel is voëls en visse en langsaan is byna al wat ’n voëlspesie is in hokke. Dit is ’n voëlparadys met ’n indrukwekkende lys voëlspesies. Hier is ’n ProBeaty-skoonheidsalon wat van Maandae tot Sondae oop is. Foto’s: Ruan Bruwer

1,3 KM: GWK LANDMARK. Die winkel met iets van alles bly soms vergete, aangesien dit buite die stad geleë is. As jy nie iets wil koop nie, kan jy hier een van ons min celebs te siene kry – Oom Bushy werk hier as ’n sekuriteitsbeampte.

2,4 KM: GERMAR MECCA. Net ’n biltongwinkel? Dink weer. Hier is meer én een versteekte skat – die Feëtjieland. Lees gerus in volgende week se koerant hieroor. By Germar Mecca kan jy rugby kyk, want hier is ’n kroeg, lapa en braaigeriewe. Kinderpartytjies kan ook hier gehou word en hier is lekker speelapparate vir die kleingoed. Dan is hier ook diertjies soos hasies, poue en hoenderhane. In die winkel kan benewens biltong geskenke, handwerk en kunswerke gekoop word. Dit is van Maandae tot Sondae oop.

Ons verken ’n bietjie 55,8 KM: WILD HEARTS. ’n Rehabiliteringen-opvoedingsentrum waar wilde diere aangehou en versorg word. Dit het verlede week sy permit van wildbewaring ontvang en kan nou deur groepe besoek word. Besoektye is Woensdae van 15:00 tot 17:00 en Saterdae van 07:00 tot 12:00. Hier sal jy ’n apie en bobbejaan aantref wat groot maats is. ) Gaan na www.noordkaap.co.za om ’n videogreep van dié twee te sien en ook hoe ’n skaaphond renosters aanjaag.

75,6 KM: MOSU-RUSKAMP. Mosu is deel van die Mokala- Nasionale Park. Dit is 54,6 km tot by die aanwysing waarna jy regs draai en ’n verdere 21 km per grondpad tot by die ingang ry.

41,8 KM: DEBONAIRE LAWNS & NURSERY. Die kwekery is eintlik net in die somer van Maandae tot Vrydae oop.

“HIER is niks in en om Kimberley te doen nie,” word gereeld gesê. Noordkaap het besluit om vas te stel of dit werklik die geval is en het in die motor gespring en op die N12 (pad na Kaapstad) gery. Dit is die eerste van ’n reeks van sewe dele waarin ons die sewe paaie wat uit Kimberley loop, gaan verken. Ons gaan spesifiek na plekke langs die

paaie soek waarvan ’n mens ’n uitstappie kan maak. In elke geval gaan ons by die 80 km-merk omdraai. Volgende keer ry ons die R357 (pad na Douglas). As jy van interessante plekke op pad daarheen weet, laat weet ons gerus deur ’n SMS of e-pos te stuur. SMS na die nommer 45533. Begin die SMS met die letters “NK” of e-pos dit na noordkaap@volksblad.com.

3,5 KM: YESTERDAY’S ANTIQUES. Antieke ware wat jy nie maklik in gewone winkels kry nie, kan jy moontlik hier vind. Hier is ook ’n teetuin wat ligte etes bied. Dit is van Maandae tot Saterdae oop.

42,9 KM: MAGERSFONTEIN-SLAGVELD. Dit is 32,5 km tot by die aanwysing waarna jy links draai en ’n verdere 10,4 km per grondpad tot by die ingang van die slagveld ry. Ons sal met ’n volgende rit op die Bloemfontein-pad meer hieroor vertel.

35,1 KM: MAGERSFONTEIN-GHOLFLANDGOED. Dit is 32,5 km tot by die aanwysing waarna jy links draai en ’n verdere 2,6 km tot by die landgoed ry. Buiten gholf bied die landgoed kajakroei op die Modderrivier aan, asook geriewe soos ’n konferensielokaal, swembad en ’n restaurant.

2,6 KM: K9 KENNELS & POODLE PARLOUR. Heeltemal versteek en ’n plek waarvan jy nie maklik sal weet nie. Dit is 2,3 km tot waar jy links draai en dan ’n verdere 300 m. Honde kan hier versorg word as ’n mens met vakansie wil gaan en jy iemand benodig om na die hond om te sien. Op dieselfde perseel is Doggy Heaven, ’n begraafplaas vir brakkies, waar vele al ter ruste gelê is.

51,4 KM: LILYDALE-RUSKAMP. Lilydale is deel van die Mokala- Nasionale Park. Dit is 35,4 km tot by die aanwysingsbord waarna jy regs draai en ’n verdere 16 km grondpad tot by die ingang van die ruskamp ry.

2,8 KM: KALAHARI LODGE. Hier kan ’n mens lekker etes in ’n mooi restaurant nuttig.

35,5 KM: RIVERSIDE. Dit bied ’n lekker uitstappie na die oewer van die Modderrivier by Riverside (geleë aan die oewer). Dagbesoekers kan die teetuin, biertuin, restaurant en kampeerplek sewe dae ’n week besoek. Dit is 32,5 km tot by die aanwysing waar jy regs moet draai en nog 3 km ry.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

‘By ons is die skaatsplankryers die cool ouens. In SuidAfrika gaan dit meer oor die ouens wat rugby speel.’ – Carlotta von Wiechs, Duitse uitruilstudent

Duitser tuis in SA Zanri Kotzé

SY hou van hokkie, long board, vleis en Suid-Afrikaanse mense, sê Carlotta von Wiechs, ’n Duitse uitruilstudent wat by ’n Suid-Afrikaanse gesin in Kimberley tuisgaan. Carlotta (15) is van Hamburg, Duitsland, en kuier drie maande in Suid-Afrika as deel van ’n internasionale uitruilprogram vir leerlinge. Sy vertel in perfekte Engels dat sy al in ’n paar lande was en deesdae nie eens meer in Duits dink nie, maar eerder in Engels, omdat dit al is wat sy om haar hoor. Carlotta verstaan ook ’n bietjie Afrikaans en voeg vinnig by sy kan die gesprek net volg as dit stadig gepraat word. Van die woorde wat sy kan sê, is “ja”, “nee”, “dankie”, “asseblief”, “kom hier” en “goeiedag”. Sy erken daar is baie groot verskille tussen Suid-Afrika en Duitsland. “In Duitsland lyk die strate heeltemal anders. In Suid-Afrika het almal hierdie hoë heinings. Daar is heinings in Duitsland, maar dit is meestal om dekoratiewe doeleindes.”

Die Duitse skoolkinders dra nie uniforms skool toe nie en sy sê haar skoolmaats het ’n ander ingesteldheid as hul Suid-Afrikaanse eweknieë. “Hier is almal gefokus op hul skoolwerk. By die huis (Duitsland) gee die mense meer om oor hul beeld – byvoorbeeld wat jy aantrek,” vertel sy. Vir haar is dit vreemd dat SuidAfrikaners net een vleissoort op ’n slag eet. “Ons eet ook vleis, maar meer as een soort per geleentheid.” Sy ervaar Suid-Afrikaanse seuns nie veel anders as in Duitsland nie, maar die ou wat daar as cool beskou word, is die nerd in Suid-Afrika. “By ons is die skaatsplankryers die cool ouens. In Suid-Afrika gaan dit meer oor die ouens wat rugby speel.” Sy meen Kimberley is ’n baie mooi stad, maar dit ontstel haar om die plakkersgebiede te sien. “Nou die dag het ons na ’n fabriekswinkel aan die ander kant van die stad gegaan en deur die plakkerskamp gery. Dit het my hartseer gemaak om daardie kindertjies te sien.

CARLOTTA VON WIECHS, ’n Duitse uitruilstudent wat by ’n Suid-Afrikaanse gesin in die stad tuisgaan, op haar long board, een van haar gunsteling-tydverdrywe. Foto: Ruan Bruwer

“Hulle was so ondervoed en het skaars klere aangehad en het in daardie klein huisies gewoon.” Sy is ook bewus van die misdaad in Suid-Afrika en vertel hoe ’n mens met ’n geruste hart in die strate van Hamburg kan rondloop. “Ons kan huis toe loop, niks gebeur met ons nie. Ek sal dit nie hier doen nie,” sê sy. Carlotta, wat kaalarm in die hartjie van die winter op haar long board ry, sê dit is nie werklik vir haar winter nie, aangesien temperature in Duitsland ver onder vriespunt kan daal. Sy gee glad nie om as mense haar bestorm en met vra oor haar tuisland peper nie. “Ek geniet dit om oor my land en kultuur te vertel. Ek is trots daarop en glad nie skaam nie.” Sy is mal oor Suid-Afrikaners en vertel van ’n aangename ervaring wat sy op een van die Suid-Afrikaanse lughawens gehad het. “Mense het na my gekom en gevra of hulle my met my bagasie kan help. Ek sal enige tyd weer Suid-Afrika toe kom.” ) Gaan na ons webwerf, www.noordkaap.co.za, vir ’n videogreep waarin Carlotta ’n paar vrae in Duits beantwoord.

Waiters have

DAVE HALL ready to serve his clients at the Half. According to him it is not necessarily the rich who tip well. Photo: Ruan Bruwer

no easy job Zanri Kotzé

WHEN entering a restaurant one has little doubt in your mind that a waiter will be waiting on your hand and foot. Dave Hall (27) thinks that this is why waiters are often underappreciated. “People come in and they pay a lot. They expect and demand service,” Hall explains. He has been a waiter at the Halfway House for two years. According to him customers often forget that they are dependent on the waiter. Despite what people might think, being a waiter is not an easy job, Hall believes. “People think that anyone can do it.” He says that he is often looked down upon when revealing what he does. “I’ve heard that it’s a waste of time and that I should rather study to better myself.” What makes the job so demanding is most probably the hours on your feet, especially when working the night shift. “The night shift starts at about 16:00. During the week, you go home around midnight, but over weekends you don’t leave before at least 02:00.” He prefers working the day shift. “The worst thing about nightshift is the routine. You sleep during the day and work at night. Day shift is less demanding, less stressful and you live more like a normal person.” Hall is of the opinion that another common mistake people make, is that waiters earn little money. “We get a salary and commission. We also get to keep our tips,” he explains and says that he once made a staggering R1 500 in tips in one night. The biggest tip he has ever received was R800. However, he does admit that some people don’t even leave their change and that the biggest tips often come from unlikely sources. “You get rich businessmen who come in here and then they don’t tip you. I once served a man who wasn’t even dressed properly, but he left me a proper tip,” says Dave and stresses that customer service is key. “You should treat everyone the same. In the end you get out what you put in.” A good waiter requires certain skills, according to him. “You need to be quick-thinking, thorough, have patience and be able to up-sale all while giving them a good experience of the establishment.”


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

ACVV benodig klere DIE ACVV Ons Huis benodig mans- en vroueklere, nuut of gebruik, vir sy kleretrommel. Die kleretrommel is weekdae van 13:00 tot 15:30 oop.

Die geld wat ingesamel word, word in Ons Huis teruggeploeg. Die publiek kan ook die klere koop. Klere as skenkings kan ook by die ACVV-sentrum in die middestad afgegee word.

Zanri Kotzé

her master’s degree in art with her thesis focusing on the effects of bipolar disorder on the artistic mind. ) Transcendence is on exhibition for another two weeks.

Art full of emotion AN extraordinary series of artworks dealing with various mood disorders, entitled Transcendence, is on exhibition at the William Humphreys Art Gallery. Initially painting to express herself due to being illiterate, the artist Leila Boshoff is now a mainstream painter. “In gr. 1 I was unable to read or write, so I started painting to express my feelings and emotions,” Boshoff explains in an interview. Boshoff, who resides in Bloemfontein, finished the series of artworks in a mere nine months. “I would paint when I get home from work, over weekends and often during the night when sleep wouldn’t come.” The central theme of the exhibition is Biopolar Mood Disorder, or manic depression, a mood disorder causing radical and often rapid emotional changes and mood swings varying from manic, restless highs to depressive, listless lows. Boshoff, who suffers from bipolarity, admits that it inspired her to paint. “Barriers, restrain and calculation need to be questioned in order to find purified transparent realities of self-acceptance as an artist within the artistic domain and through the transformation of art. People suffering from this disorder need to know that they do have a future. They are creative; they do not have to feel inferior,” she summarises the main message she wants to convey through her paintings. She strongly believes that one can achieve great healing through art. During the day she works with orphans between the ages of two and ten. She teaches them to pebble paint, to do mosaic work and to draw. “I teach them to be creative. One can honestly see their pain and feelings within their work. They achieve healing and express their deepest emotions.” In the near future, Boshoff is planning to do

ONE of Leila Boshoff’s paintings entitled Where is the clown? Photo: Ruan Bruwer

Delightful evening with Wessa THE annual regional meeting of Wessa Northern Cape will take place on Saturday, 20 July, at 18:30 in the Lady Oppenheimer Hall of the McGregor Museum. The formal meeting will be very short, after which Dr Ian McCallum will speak on tracks of giants. McCallum, a former Springbok rugby player, is a medical doctor, psychiatrist, writer, specialist wil-

derness guide and photographer. He has written two anthologies of wilderness poems, a novel and the award winning Ecological Intelligence – Rediscovering Ourselves in Nature. A social evening will follow and homemade soups and breads will be served with sherry and wine. Wessa members pay R30 and non-members R50.

Wenners aangewys RENTIA MULLER en Shereen Booysen is die wenners van die R500-koopbewys by Game terwyl Chris Gordon die SuperSport-geskenkpak gewen het wat verlede week in die koerant weggegee is.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

XOLANI WILLIAM MAYA, tans woonagtig in die Wes-Kaap, oorspronklik van die Oos-Kaap, is tans op soek na die Teledimo- familie wat woonagtig was by 147 Belastraat 147, Galeshewe, Kimberley. Enige persone met inligting kan my asb. skakel by 076 885 6129. 041 977 4276 (Uitenhage).

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

KONTANT VIR MOTORS, bakkies, 4x4's, lorries, kombi's, busse, trekkers en karavane. 072 472 8686/ 053 963 1409.

If you want to sell Table Charm SMS your address or Call 073 701 5214

COMPUTER SALES: R3 500 plus commission. Send CV and copy of ID to Jsales@aeon.co.za

SOEK, KOOP, VERKOOP

EJ VILJOEN IN DIE INSOLVENTE BOEDEL VAN EMMARENTIA JACOBA VILJOEN, MEESTER SE VERWYSING: K53/2011.

Ingevolge Artikel 108 (2) van die Insolvensiewet, Wet No. 24 van 1936, soos gewysig, word hierby kennis gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 14 (veertien) dae vanaf 5 Julie 2013 by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley. HPA VENTER Kurator Duncan & Rothman Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 KIMBERLEY 8300 HV/jm/VIL31/0001.

PC VILJOEN IN DIE INSOLVENTE BOEDEL VAN PIETER CORNELIUS VILJOEN, MEESTER SE VERWYSING: K54/2011

Ingevolge Artikel 108 (2) van die Insolvensiewet, Wet No. 24 van 1936, soos gewysig, word hierby kennis gegee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogemelde boedel ter insae sal lê vir 14 (veertien) dae vanaf 5 Julie 2013 by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley. HPA VENTER Kurator Duncan & Rothman Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39 - 43 KIMBERLEY 8300 HV/jm/VIL31/0002

A- Z DIENSGIDS BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788


NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

Dobbo plays major role in team Ruan Bruwer MATTHEW GRAYSON DOBSON (26) often has to play second fiddle to the captain, Ryno Barnes, yet he has a major role to fulfil when Barnes is away for Super Rugby duty during the Vodacom Cup series. Since joining the union at the beginning of 2011, Dobson has established himself as the second-choice hooker in the squad. He was part of the Maties team who won the inaugural Varsity Cup tournament and went to defend its title the following two years (2009 and 2010). Dobson has 31 Griquas caps behind his name (22 Vodacom Cup and 9 Currie Cup) and has scored 2 tries. Where did you grow up and what high school did you attend? In Pietermaritzburg where I attended St Charles College. Can you remember the very first try you ever scored? Yes, I remember it. It was for Merchiston Preparatory u.9A against Pelham Primary.

Who was your rugby hero when you were young? James Dalton and Keith Wood (interestingly both hookers who had no hair). What is your biggest rugby moment or achievement? Winning the Varsity Cup with the Maties three times in a row. What does it take to be a good provincial rugby player? Commitment and determination. When did you first see yourself playing on television? In 2002 when I played for my school’s first team. What is the funniest thing that ever happened to you or a team mate on the rugby field? A head-on collision with a team mate attempting to tackle the same player. What is the question people most often ask you when they hear you play for the Griquas and live in Kimberley? “How big is the Big Hole in Kimberley?” What is the most enjoyable and least enjoyable aspect of playing for the Griquas and living in Kimberley? Most enjoyable is beating

the big unions on our turf. Least enjoyable is the cold winters. Halfway House

MATT DOBSON

or Springbok Pub? Halfway. What is the single biggest advantage of being

a professional rugby player? Vacations and doing what you love. Do you have any

nicknames or how does your team mates refer to you? Dobbo.

Can you remember the very first yellow and/or red card you received

and what it was for? It was for punching at u.15 level.

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 3 JULIE 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Leer op week

Spanne vir NK bekend gestel Sportredaksie

IN ’n poging om jong krieketspelers se talente in die af seisoen verder te ontwikkel het die Griekwaland-Wesse Krieketraad (GWKR) verlede week sy jaarlikse Winterweek gehou wat deur sowat 140 leerlinge bygewoon is. Hulle het spesialis-afrigting ontvang en afrigters kon oor ’n week se tyd met die spelers werk en hul vaardighede slyp. Dit is volgens Eugene Jacobs, direkteur van amateurkrieket van die GWKR, ’n seldsame geleentheid om spelers almal op dieselfde plek byeen te kry. “Hierdie week was in die verlede baie voordelig vir ons o.19-span. Ons is baie tevrede met die talent was ons gesien het, veral die spelers wat van die platteland gekom het. Die spelers is ook aan fiksheidstoetse onderwerp,” het hy gesê. Hier is Damian Willemse (14) van die Hoërskool Carlton van Heerden op Upington. Foto: Ruan Bruwer

Ken sport en wen Sportredaksie JY kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Ons deel weekliks ’n paar sportfeite en statistieke en in die laaste uitgawe van elke maand word twee vrae gevra. Die antwoorde kan uit die vorige weke se inligting kom of nie. Die leser met die korrekte antwoorde sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Die 50ste Cravenweek word volgende week in Polokwane aangebied. Ons kyk na ’n paar interessanthede: ) Sean Plaatjies het in 1996 die eerste swart speler geword om as kaptein van die Suid-Afrikaanse Sko-

lespan gekies te word. ) Die voormalige Springbok Ncobani Bobo het vir Grens, sowel as die WP, Cravenweek gespeel. ) Derick Hougaard het ook vir twee spanne op Cravenweek uitgedraf. Anders as Bobo het hy nie van skole verwissel nie. Voor 2001 het Hougaard se skool, Boland Landbou, onder die WP geval. Hy het in 2000 vir WP uitgedraf, maar in 2001 is besluit die skole in die Paarl-omgewing moet onder die

Boland val en het hy vir die Boland gespeel. ) Paul Roos het in 2007 die derde skool geword om die Cravenweek aan te bied. ) Die kaptein van die Proteas se eendagspan, AB de Villiers, het in 2002 vir die Blou Bulle uitgedraf.

DIE onderskeie Noord-Kaapse Diamantespanne wat gekies is om vandeesweek aan die nasionale Alle Ouderdomme-toernooi op Margate deel te neem is: ) o.19-span: Courtney Stamboel (Colesberg), Bernadesch Olyn (De Aar, kaptein), Jo-maree Pemberton (De Aar), Siyamthanda Thomas (De Aar), Adré Badenhorst (DHS), Jana Kirsten (DHS), Marli Vos (HNK), Natasha Sauerman (Hartswater), Anchen Strauss (DHS) en Leoni Trantaal (De Aar). ) o.17-span: Simuney Muller (HNK), Jomari Myburgh (HNK, kaptein), Corlia van Zyl (DHS), Liandri Jacobs (Hartswater), Lindie Muller (Hartswater), Rheelene Cloete (Hartswater), Wilmarie Derks (Hartswater), Mapule Thipe (KGH), Jo-Mar Venter (DHS), Joy Morkel (HNK). ) o.16-span: Anzelle Loftus (DHS), Kaylie Scheepers (Hopetown), Leatitia Human (HNK), Minke Helena (HNK), Bethenie du Raan (DHS), Cecile Fiedler (HNK), Catharina van Heerden (HNK), Carlene Johnson (De Aar), Jessica du Plessis (HNK, kaptein), Yasmin van Staden (Gariep). ) o.15-span: Cherné Siljeur (De Aar), Natasha Theron (Hartswater), Marike Sauerman (Hartswater), Ezara van Rooi (De Aar), Yasmine Koopman (HNK, kaptein), Michelle Rademeyer (Hartswater), Candice Plaatjies (HNK), Surita van Heerden (DHS), June van der Merwe (HNK), Leigh-Vern Lamberts (De Aar). ) o.14-span: Madri van der Ryst (Hartswater), Jeanne Smith (Diamantveld), Anja Lubbe (DHS), Robin-Lee Adonis (Hopetown), Lizel Derks (Hartswater), Chriselle Smit (DHS), Shouneez Clouts (HNK), Myra Wessels (DHS, kaptein), Jade Lemmetjies (HNK), Gabrielle Heraud (Victoria-Wes). ) o.13-span: Ankia Helena (Newton), Illise Cilliers (Prieska), Helé de Jager (Douglas), Ilke van der Linde (Andalusia), Salmoné Benade (Eureka, kaptein), Deidre Botes (Andalusia), Simone le Roux (Hopetown), Liz-mari Steenkamp (Staats), Glenodene Makaleni (De Aar) en Lutho Albanie (De Aar). ) o.12-span: Cindy de Jongh (Newton), Phelolethu Lesia (De Aar), Simange Hila (De Aar), Chanaazin Hugo (Staats), Elbé Oosthuizen (Andalusia), Danelle Jacobs (Eureka), Clarissa Swanepoel (Newton), Tasha Muller (Hartswater, kaptein), Louren van Heerden (Diamantveld), Surené Fourie (Diamantveld).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.