Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 September 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Nie te oud vir fietsry bl. 3
DIE vernaamste betrokkenes in die WildeklawerSuperskoletoernooi is Basjan Reinhardt (toernooidirekteur), Louis de Kock (Wildeklawer, hoof borg), Cora de Kock (Wildeklawer, hoofborg), Maggie du Plessis (netbaltoernooibestuurder) en Cassie Carstens (toernooihoofbestuurder). Vol gens De Kock is spanne oor die algemeen baie geneë om na Kimberley te reis en is dit vir die meeste maklik om hierheen te reis en geniet hulle dit hier. Sedert Affies in 2011 en 2012 vir die WildeklawerSuperskole hierheen gekom het, het hulle weer in Kimberley teen die Hoërskole NoordKaap en Diamantveld kom speel. Foto: Ruan Bruwer
Groot sport in Kby Ruan Bruwer
DIE grootste en omvattendste skolesport-toernooi in die land word vir die volgende twee jaar in die Diamantstad aangebied. Die Wildeklawer-Superskoletoernooi is vir 2014 en 2015 aan Kimberley toegeken. Die hoofborg, Wildeklawer, se borgskap beloop ’n paar miljoen rand. Altesaam 2 558 spelers, afrigters en ander ampsdraers, ’n verdere 336 beamptes, sowel as die spelers se ouers en ondersteuners van 112 spanne, gaan volgende jaar na Kimberley opruk. Na raming kan tot 5 000 besoekers oor die vier dae (27 tot 30 April) verwag word wat ’n ekonomiese inspuiting van tot R40 miljoen vir die stad inhou. Kimberley het in 2011 en 2012 gasheer vir die toernooi gespeel met Maritzburg College wat vanjaar die aanbieder was aangesien hy sy 150ste bestaansjaar vier.
Wat in 2009 in die Paarl as slegs ’n rugbytoernooi begin het, het sedertdien aansienlik uitgebrei met netbal wat ’n jaar later bygekom het en in 2011 met junior spanne (o.14, o.15 en o.16) vergroot is. In 2014 word die toernooi nog omvattender met rugby- en netbalwedstryde vir laerskole. Die Laerskool Newton sal een van tien deelnemende rugbyspanne wees. Agt ander o.13-ontwikkelingspanne kom uit die Noord-Kaap en hierdie spanne gaan demografies verteenwoordigend wees. Met 24 van die 112 spanne komende uit die Noord-Kaap (wat 21,4% van die toernooi uitmaak), kry die provinsie se leerlinge beslis ook ’n geleentheid om op hierdie grootse toernooi hul stempel af te druk. Sedert die eerste toernooi het vier spelers wat daaraan deelgeneem het – Johan Goosen (Grey-kollege), Jaco Taute (Monument), Steven Kitshoff (Paul Roos-Gimnasium) en
Frans Malherbe (Hoër Jongenskool Paarl) – hul Springbokkleure verower terwyl 19 spelers al Superrugby en Curriebeker gespeel het. Die toernooi is geskoei op krag teen krag en is die enigste in sy soort in die land waar al die voorste spanne op dieselfde toernooi in aksie is. SuperSport se ranglys word in berekening gebring om die spanne vir die toernooi te bepaal. Van die rugbyspanne wat volgende jaar na Kimberley sal reis, is Monument, Affies, Waterkloof, E.G. Jansen, HTS Middelburg, Glenwood, Grey-kollege, Boland-Landbou, Paarl-Gimnasium, Paul Roos, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl en Maritzburg College. Die Hoërskole Diamantveld en Noord-Kaap is die twee NoordKaapse rugbyspanne wat gekeur is met eersgenoemde wat een van die 12 o.19-netbalspanne uitmaak. SuperSport sal weer al die rugbywedstryde regstreeks uitsaai.
Een van die grootste uitsendings van die kykNET-program Superrugby word in ’n tent van 3 000 mense beplan. Die plaaslike regering het sy volle steun aan die toernooi gegee en die Noord-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur het onderneem om hand by te sit waar nodig. Volgens die organiseerders kan dit ’n jaarlikse instelling word wat sinoniem met Kimberley is. “Hierdie toernooi is ’n uitvloeisel van wat die mense wil hê. Ons wil graag iets besonder groot vir die Noord-Kaap doen. As ons ’n sukses van die volgende twee jaar se toernooie kan maak, is die kanse goed dat dit permanent na Kimberley sal kom,” het Louis de Kock van Wildeklawer gesê. Die skole wat ingespan gaan word om wedstryde op sy geriewe aan te bied is Diamantveld, Kimberley Junior, Newton, CBC, Staats en dan moontlik ook die A.R. Abass-stadion.
Lekker op die Gariepfees bl. 10
Groet op ’n hoogtepunt bl. 12
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Klein Daniel ken van pale toe skop KLEIN Daniel Faber is net drie jaar oud, maar sy tegniek om suksesvol pale toe aan te lê is baie naby aan perfek. Só doen hy dit:
1 PA Ivan gee die balletjie vir Daniel aan. Pa speel die rol van baljoggie en moet die bal gaan haal as Seun klaar geskop het. Foto’s: Ruan Bruwer
2 DIE bal word baie noukeurig op die skopkegel gestel.
3 HY tree aan.
4 HY korrel pale toe.
10 HY kyk die bal angstig na. Dis oor! Dan gooi Pa weer die bal terug en Daniel herhaal die proses. As hy moeg word vir pale toe skop, haal hy sy skrumpet af, bêre hy die bal en haal hy sy krieketkolf uit. Dan speel die twee ’n bietjie krieket.
5 HY wilwil vorentoe kom om te skop, maar steek dan eers vas . . .
7 9 DIE bal neem koers pale toe, maar gaan dit genoeg in swaai verby die linkerkantste regoppaal, wonder Daniel?
8 DAN kom hy vorentoe, ene konsentrasie en oë op die bal gefokus.
DÍS wat hy vergeet het – om te blaas soos Johnny Wilkinson mos doen. Daniel het sy skopstyl ge deeltelik op dié van die voormalige losskakel en stelskopmeester van Engeland en die Britse Leeus ge skoei.
6 DIE student loer eers vir sy leer meester, want hy het iets ver geet . . .
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Klein Daniel en sy pa al soos ‘celebs’ Ruan Bruwer RUGBYKYKERS wat vanjaar beplan om die Griekwas se wedstryde op GWK-park by te woon, kan dit sterk oorweeg om so twee uur voor afskop al ’n draai langs die hoofpaviljoen te gaan maak. Dis nou noord van die paviljoen waar die nuwe groot skerm opgerig is. Daar sal jy sonder twyfel die driejarige knapie Daniel Faber aantref. Hy is sedert verlede jaar ’n gereelde gesig by die stadion en mis nie maklik sy gunsteling-span se wedstryde nie. Nie net is dit kostelik om hom te sien hoe hy pale toe skop nie, maar hoe hy geklee is, maak van hom ’n groot treffer. Benewens Daniel se skrumpet, skouerkussinkies, rugbytruitjie en sokkies, kom sowat vier rugbyballe, ’n skopkegel, “rugbypale”, ’n krieketkolf en -bal saam. Die pale is twee stokke
wat in ’n hoop grond ingedruk word wat dan as pale dien. Sy pa, Ivan, is sy afrigter. Daniel verwys na sy skrumpet as sy “Vittie Vittie”, verwysend na Victor Matfield (sy groot held) wat sy hele loopbaan met ’n skrumpet gespeel het. Wat merkwaardig van Daniel is, is hoe goed hy sy rugga ken. Hy ken die spelers op die naam. Jy kan hom maar vra wie speel nommer 2, 3, 11 of 14 vir Griekwas. Hy sal jou kan sê. Of wat Griekwas se uitslae tot dusver in die reeks is. Rocco Jansen is sy gunsteling-speler. Hy ken selfs die Griekwas-liedjie, Ons is die Griekwas, en sing dit ewe met sy hand op die bors. Of as jy hom vra om die volkslied te sing gryp hy instinktief na sy bors. Klein Daniel is tydens die 2011-Wêreldbeker-rugbytoernooi die eerste keer aan die spel bekend gestel. Hy was toe amper twee jaar oud. Hy gaan
volgens sy ouers behoorlik “mal” tydens wedstryde op die televisie. Hy en sy pa is vinnig besig om celebs by die stadion te word met baie mense wat foto’s neem of net in verwondering staan en kyk hoe hy pale toe aanlê. Daniel se skoptegniek is geskoei op dié van Johnny Wilkinson en Percy Montgomery, voormalige stelskoppers van Engeland en Suid-Afrika onderskeidelik. Hy het ’n video van Montgomery, Kicking with Percy onder oë gehad en het duidelik mooi opgelet. Volgens Ivan is die hele gesin baie groot ondersteuners van die Griekwas, hoofsaaklik vanweë die geleenthede wat spelers hier gegun word. ) Gaan maak ’n draai op www.noordkaap.co.za om videogrepe van Daniel te sien van hoe hy pale toe skop of hoe hy Ons is die Griekwas sing of in ’n lynstaan spring. Dis die kyk werd!
Nooit te oud vir speel PERSONEELLEDE van die Preprimêre Skool Newton het Vrydag Lentedag gevier deur ’n boom te plant, piekniek te hou en weer ’n slag jonk te wees. Hoewel hulle gesukkel het om op die fietse te pas het Zuriëtha van Zyl en Trudy Coetzee nietemin probeer om ’n entjie op hul fietsies te ry. Foto: Verskaf
Verkry EU VERBLYFSREGTE of ‘n PASPOORT inligting seminare uitnodiging: DATUM:
Donderdag 5de Sept.
TYD: WAAR :
12h 30 - 14h 00 of 18h 00 - 19h 30 PR OT EA HOTEL
West Circular Straat, KIMBERLEY
RSVP:
JENNY ELLINAS
083 448 8734 / jenny@cypriotrealty.com
~ Engelssprekende land
~ Geniet Europa op jou voorstoep
~ Mediterreense klimaat
~ Uitstekende mediese geriewe
~ Volle lid van die EU
~ Moderne infrastruktuur ~ Beleggingsgeleenthede
~ Baie VEILIGE land !
Kontak ons : 0860 CYPRUS / www.cypriotrealty.com
BESEF JOU “PLAN B” IN CYPRUS
Eksklusiewe bemarking agent vir
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Saad vir die swak rand lankal gesaai SUID-AFRIKA, spesifiek die regering, pluk met die swak rand nou die vrugte van wat hy lankal gesaai het. Die huidige swak vertoning van die geldeenheid is gewis nie net ’n reaksie op die vlaag stakings wat gewoonlik dié tyd van die jaar ontwrigting veroorsaak nie. Daar was al erger stakings sonder dat die geldeenheid só erg gereageer het. Die swakker rand is eerder die gevolg van ’n reeks strukturele probleme wat oor ’n lang tyd kom en wat die ekonomie se mededingendheid erg verswak het. Dit is tot nou toe verbloem deur SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
die sterk invloei van oortollige kapitaal uit ontwikkelde lande wat die hoër rentekoerse in ontluikende markte soos Suid-Afrika nagejaag het. Die stroom geld is aan die opdroog, want die tekens is daar dat die groot ekonomieë herstel, wat dit vir beleggers weer die moeite werd maak om in hul eie lande te belê. En nou sit Suid-Afrika met ’n yslike tekort op sy lopende rekening. Naas onbuigsaamheid in die arbeidsmark waar stakings lei tot hoë koste en laer produktiwiteit het ander faktore ook ’n invloed, soos hoë belasting en oormatige staatsinmenging.
MINIMUM 2 °C 2 °C 5 °C
MAKSIMUM 24 °C 24 °C 28 °C
SKETS: Danie Cronjé.
Houtlepel het spesiale betekenis Hannes Noëth DIT is die gebruik in die meeste van ons kerkgemeentes dat wanneer jong lidmate hul geloof bely, ontvang hulle elkeen ’n Bybel en ’n sertifikaat. Gewoonlik met mooi woorde en seënbedes. Elke kerkgenootskap het mos maar sy eie gebruike. Dit is hoe dit meestal by ons werk. Vir een so ’n groep het ek die dag hul Bybels en sertifikate oorhandig, hulle gelukgewens en gevra hulle moet so ’n oomblik bly staan – ek wou graag vir hulle nog iets ekstra gee. Nadat al die formaliteite afgehandel is, haal ek my presentjie vir elkeen van hulle uit. Dit was nie juis duur nie, ook nie juis kosbaar nie, maar ek het geweet dit sou vir hulle kosbaar wees. Dis mos lekker om vir iemand iets te gee wat jy weet hy/sy sal koester. Ek het vir hulle elkeen ’n houtlepel gegee, met ’n strikkie om. Belaglik ja, ek weet, maar hulle en die gemeente het verstaan. So nou en dan as ek met hulle kontak het, vertel hulle hoe hulle nog hul houtlepel bêre. Die storie van die houtlepel was soos volg: Pas bevestig in die Bosveld-gemeente het ek gesien hierdie Bosveld-seuns gaan vir my roer met die godsdiensonderrig.
Hulle is seuns uit die veld, ken van boer, ken van kattekwaad en ken van met ’n dominee sukkel. Vroeg-vroeg het ons mekaar se gesag gemeet en ek het gesien hier gaan dit nie werk nie. Ons het saam besluit: As hul werk die volgende keer gedoen is (positief), sou hulle beloon word, en indien nie (dit was my vraag aan hulle), wat dan? “Dan looi dominee ons,” het hulle geantwoord, want sê hulle, “ ’n akkoord is ’n akkoord, dominee, ’n mens breek dit nie.” Volgende Maandag was hul werk nie gedoen nie! Wat nou? ’n Akkoord is ’n akkoord, seuns, ’n mens breek dit nie. So, heel onkonvensioneel, tog met goeie gesindheid onderling, looi die dominee hulle met ’n houtlepel. Ek was nie vir hulle kwaad nie, hulle nie vir my nie. Treffend dus was die woordvoerder van die groep se woorde dié belydenisdag: “Ons het vandag, met ons belydenisaflegging, ons ‘ja’ voor die Here gesê, almal van ons moet onthou – ’n akkoord is ’n akkoord.”
BERIGTE wat die afgelope week nuus gemaak het: ) Grafgrawers van die Sol Plaatje-munisipaliteit het ’n afgryslike ontdekking gemaak toe hulle op die vars graf van ’n baba afgekom het wat oopgegrawe is. Die kis met die babameisie se lyk was steeds in die graf, maar die baba was kaal. Haar doek, twee opgerolde stukke koerantpapier en ’n ronde metaaldeksel was ook in die graf. Die vroeggebore baba, wat dood is toe sy ses dae oud was, is op 13 Augustus in die Weseinde-begraafplaas, in haar klere, ter ruste gelê. ) Twee mans het die munisipale varsproduktemark in Cecil Sussmanstraat van ’n groot bedrag beroof nadat hulle doodluiters ingestap en die personeellede aangehou het. Die rowers het hulle as klante voorgedoen wat die bestuurder wou spreek. Dit is die tweede soortgelyke rooftog in twee jaar by die mark. ) Tussen R24,3 miljoen en R35,7 miljoen word van ’n maatskappy geëis waarvan John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, ’n direkteur is, ná ’n hofbeslissing dat die maatskappy onwettig sout gemyn het. Saamwerk Soutwerke eis dié bedrae, gegrond op verlies aan inkomste, van SA
Soutwerke en die minister van minerale ronne. ) Die eerste skraapwerk vir die nuwe universiteit in Kimberley het reeds begin met die bouwerk wat na verwagting in September sal begin. Die skraapwerk, wat sowat drie weke gelede begin het, is op die sportveld op die Elliott-kollege van die Noord-Kaapse Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding se terrein. Dié terrein sal die hoofkampus van die universiteit huisves. Die noordelike kampus beslaan die gebied rondom die Oppenheimertuin. Dit sluit die kampus van die kollege en die hoofgebou van die NIHO in. ) Die ongehoorde koue het besoekersgetalle na die Gariep Kunstefees Vrydag en Saterdag beïnvloed. Sowat 3 000 minder mense het die fees op dié koue dae besoek. Die produksies se kaartjies het goed verkoop. Al die vertonings was 80% of meer vol.
GEBEURTENISSE op 4 September in die geskiedenis: 1939 – Genl. J.B.M. Hertzog bedank as premier uit protes teen Suid-Afrika se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog. Genl. J.C. Smuts volg hom op. 1950 – Die strokiesprent Beetle Bailey, in Suid-Afrika as Seppie bekend, verskyn die eerste keer. 1965 – Dr. H. F. Verwoerd maak dit duidelik geen Maori sal in enige Nieu-Seelandse spanne toegelaat word wat na Suid-Afrika toer nie. 1985 – Frankryk maak bekend dat die wrak van die Titanic sowat 900 km van Newfoundland af ontdek is. 1989 – Aartsbiskop Desmond Tutu, dr. Allan Boesak en dr. Beyers Naudé word in ’n Kaapstadse kerk in hegtenis geneem. 1998 – Die Amerikaanse studente Larry Page en Sergey Brin begin die soekenjin Google. 2002 – Kelly Clarkson (20) wen die eerste Amerikaanse Idols-sangkompetisie. 2006 – Die Australiese natuurlewe-entoesias Steve Irwin (44) word noodlottig deur ’n
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
pylstertvis gewond terwyl hy by die Groot Koraalrif aan die Oos-Australiese kus ’n dokumentêre program maak. Geboortes op dié dag: 1952 – Regardt van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur. 1955 – Garth le Roux, gewese Suid-Afrikaanse krieketspeler. 1955 – Willie du Plessis, gewese Springboksenter. 1971 – Lance Klusener, gewese Protea-krieketspeler. 1981 – Beyoncé Knowles, Amerikaanse popsangeres.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Wen met foto’s te kiek en keur Ruan Bruwer NOORDKAAP en GWK Properties is op soek na daardie lojale Griekwas-ondersteuners wat met elke tuiswedstryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig. Die vennote het twee kompetisies waarin ondersteuners lekker pryse kan wen – en jy hoef nie veel moeite te doen om te wen nie. In die eerste kompetisie, waarin die eerste wenner reeds beloon is, moet Griekwas-ondersteuners net in hul Poubloutruie na die wedstryde op GWK-park opruk. Noordkaap se fotograaf neem lukraak mense op die paviljoen met sy lang lens af. As jy in jou Poubloutrui afgeneem is en die foto verskyn volgende Woensdag in die koerant is jy danksy GWK Properties ’n R700-kontantprys ryker. Die kompetisie geld
Húlle wen DIE twee wenners wat elk ’n dubbelkaartjie na die twee toneelstukke Strip! en Kytie – ’n Koos Kombuis-storie op die Gariep Kunstefees gewen het, is onderskeidelik Anelmie Nel en Stephen Quinn.
Sy raaiskoot tref weer Ruan Bruwer NIEMAND wat voorspellings gewaag het in die rugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, het Saterdag se telling reggehad nie. Die Vrystaat-Cheetahs was met 40-20 baas. Omdat niemand die eindtelling reggeraai het nie, het ons gekyk wie se voorspelling die Griekwas se eindtelling reg het of die naaste daaraan is. Kowie du Toit het 20 punte vir die Griekwas reg voorspel wat hom ’n tweede agtereenvolgende week die wenner maak. Hiermee wen Kowie ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. ) Die kompetisie duur die hele Curriebekerreeks – dus is dié prys elke week op die spel. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker-reeks daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In die naweek se geval (Griekwas speel tuis teen die Leeus) moet die SMS voor Saterdag om 15:00 gestuur word. ’n SMS daarna word nie in aanmerking geneem nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Telling” gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 Leeus 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word hoe en waar hy of sy die prys kan afhaal.
Geskenkpak gewen ELZA ERASMUS se antwoord in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie was korrek. Hiervoor ontvang sy ’n geskenkpak van R250 van SuperSport. Die vraag was wat die telling tussen die Blou Bulle en die SWD-Arende in 1997 se Curriebekerwedstryd was. Sy het korrek geantwoord: 30-18.
Was wanners DIE twee gelukkige menses wat elk ’n dubbelkaartjie na Bonnie Tyler se konsert verlede Sondag in Bloemfontein gewen het, is Annemarie Smit en Friedemari Slabbert. Die kompetisiebesonderhede was op die webwerf.
al die Griekwas se tuiswedstryde. Dan is daar die groot kompetisie – die prys hier is ’n naweek vir twee op die Magersfontein Memorial Gholf Estate. Die prys se waarde is sowat R2 500. Om hiervoor in aanmerking te kom moet ondersteuners ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahs gaan ondersteuners ’n paar dae hê om vir Noordkaap vyf verskillende foto’s te stuur wat as bewys dien dat hulle al vyf wedstryde bygewoon het. Hou in gedagte dat foto’s verkieslik tydens die wedstryd geneem moet word met die twee spanne op die agtergrond sodat ’n mens kan sien by watter verskillende wedstryde dit was. Dit kan “selfies” (foto’s wat jy van jouself neem) wees, of jy kan saam met jou geliefde
of vriend afgeneem word. Niemand wil mos alleen vir ’n foto poseer nie. Vra sommer iemand uit die skare om met jou kamera of selfoonkamera ’n kiekie te neem. Die foto se gehalte dra nie gewig nie. Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5 Oktober per e-pos vir Noordkaap. Die e-pos-adres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwa-trui vir dié spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noordkaap kry (dit moet vyf foto’s wees wat tydens Griekwas se vyf tuiswedstryde in die Curriebekertoernooi geneem is), sal dan ’n naam getrek word wat die prys van die naweek op Magersfontein sal wen. Moet dus nie Griekwas se tuiswedstryd Saterdag teen die Leeus misloop nie.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
DIE Hoërskool NoordKaap (HNK) het hom op die senior Afrikaansolimpiade (gr. 10 tot gr. 12) weer goed van sy taak gekwyt. In die huistaalafdeling (2 291 leerlinge het in dié afdeling deelgeneem) was Solet Crafford tiende in die NoordKaap. In die afdeling vir eerste addisionele taal (3 897 leerlinge het hulle ingeskryf) was Kurtis Mpisi eerste in die provinsie en onder die top100 in die land, Bradley Ludick tweede, Eureez Pommer vyfde en Irfaan Kana en Zané Oppel gesamentlik sesde. Van links is Crafford, Mpisi, Ludick, Pommer, Kana en Oppel. Foto’s: Ruan Bruwer
DIE Universiteit van die Vrystaat (UV) se wêreldkennisolimpiade vir hoërskole het uit meer keusige vrae bestaan en oor aktuele onderwerpe uit koerante, tydskrifte, boeke, radio, televisie en ensiklopedieë gehandel. HNK se Austin O’Brien was die provinsiale wenner in die gr. 8afdeling, Matthew Wessels die provinsiale wenner in die gr. 9afdeling, Michelle Kenny tweede in die provinsie in die gr. 10afdeling en Simon Muller derde in die provinsie in gr. 9afdeling. Van links is Wessels, Kenny en Muller met hul sertifikate. Afwesig: O’Brien.
DRIE van die Hoërskool Noord-Kaap se leerlinge het A++-simbole (die beste prestasie) op die Noord-Kaap-kunsfees behaal. Hulle is Nathan Carlo (twee keer vir klavier), Cherie Bredenkamp (eksperimentele nommer) en Sisca Julius (voordrag).
DIE trofeewenners op HNK se kultuurtoekenningsgeleentheid is van links, voor: Monique Bredenkamp (alsydigste kultuurleerling en beste prestasie in redenaars op senior vlak in die eerste addisionele taalafdeling), Tlotlo Lesetedi (leierskap en toewyding vir Rotariërs), Michelle Kenny (beste prestasie in redenaars op senior vlak in die huistaalafdeling) en Thozama Bosman (beste junior debatleerling); agter: Zimkitha Duze (beste prestasie in redenaars op junior vlak in die tweede addisionele taalafdeling), Boineelo Kgoronyane (beste prestasie in redenaars op senior vlak in die tweede addisionele taalafdeling), Marli Vermeulen (grootste bydrae gelewer tot die sukses van die skoolkoerant), Daniel Forlee (uitstekende prestasie in musiek), Ansori Strauss (lid wat die grootste bydrae tot die lands diensklub gelewer het) en Katelyn Towell (beste junior debatleerling). Afwesig: Cherie Breenkamp (beste prestasie in redenaars op junior vlak in die Afrikaans eerste addisionele taalafdeling).
ZIMKITHA DUZE van die Hoërskool Noord-Kaap het ’n nasionale eerste plek vir redenaars in die tweede addisionele taalafdeling vir junior hoërskoolleerlinge behaal. Boineelo Kgoronyane het op haar beurt ’n nasionale derde plek vir redenaars in die tweede addisionele taalafdeling vir senior hoërskoolleerlinge verower.
AT the University of the Free State’s (UFS) World Knowledge Olym piad for high schools Tlotliso Fokazi (left, gr. 11) and Kimberlin Brink (gr. 10) of Kimberley Girls’ High both achieved a first place in the Northern Cape in their age groups.
MEMBERS of the newly elected Rotary Interact Committee of Northern Cape High are from the left, front: Refiloe Kuoe, Refilwe Mothobi, Monique Greeff and Ayanda Ndzilili; back: Adrian van Zyl, Cassandra Jones and Kamogelo Monamodi. Absent: Rozelle Ros souw.
REGS: HTS Kimberley het weer goed gevaar op die jaarlikse provinsiale brugbou kompetisie wat deur die SuidAfrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese aangebied is. Drie van die skool se spanne het onder skeidelik eerste, tweede en derde geëindig. Die gr. 12 span wat gewen het, se brug kon ’n enorme gewig van 157 kg dra. Die span gaan nou na Pretoria om aan die nasionale brugboukompetisie deel te neem. Die spanlede is van links Keenan Cloete, Brandon Miller en Justin Whitebooi.
TWEE van HTS Kimberley se leerlinge het bronsmedaljes op die provinsiale Eskomekspo vir Jong Wetenskaplikes behaal. Hulle is Thabang Makaudi en Lebogang Motsage (albei gr. 11). Afwesig: Tumelo Tshenyego (gr. 10).
THREE learners of Kimberley Girls’ High achieved an A++ symbol (the highest achievement) at the Northern Cape Arts Festival for schools. From the left are Rejoice Busang (solo singing), Jolene For lee (two A++ for piano) and Bonolo Lute (poem).
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
DHS se Lourens van Niekerk (links) was die beste presteerder uit Afrika in die individuele ronde op ’n internasionale wiskundekom petisie in Bulgarye. Sy span het ’n trofee vir die derde plek in die spankompetisie ontvang. Hy en Deon du Plessis (foto) was ook die enigste NoordKapenaars wat deurgedring het na die eindronde van die Samo (South African Mathematics Olympiad) wat vandees maand plaasvind.
DRIE van die Hoërskool Diamantveld (DHS) se spanne het aan die SuidAfrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs se Waterkompetisie (Aqualibrium) deelgeneem en ’n eerste en tweede plek behaal. Die wenspan het na die eindronde van die kompetisie deurgedring waar ’n algeheel tweede plek behaal is. Dié voornemende ingenieurs is van links Phillip Swanepoel, Jannes Wessels en Pieter van Zyl. Foto’s: Ruan Bruwer
HANNAH SCHOOMBIE (gr. 12, DHS) het aan De Beers en die Grahamstadse Engelse Ver eniging se nasionale Engelse olimpiade deelgeneem en ’n plek onder die voorste 100 leerlinge (82ste) behaal.
CAREL GREYLING van die Laerskool Newton het na die eindronde van die Eskomekspo vir Jong Wetenskaplikes deurgedring.
CHANGE TO US FOR AFFORDABLE SMARTPHONE DEALS. I BL NCLU AC K DE SE INTE BERRS R R Y FO VICE NET ® R R PL 57 AN PM
BlackBerry® Curve™ 9320 Smartphone
NEW
JHB 42937
ALICIA BRITS van Newton se projek het haar ook ’n plek in die nasi onale ronde van die Eskomekspo vir Jong Wetenskaplikes besorg.
Nokia Lumia 520 Smartphone
R129
R139
99c per min. on per second billing
99c per min. on per second billing
PM x24
on Straight Up 50 TopUp*
50
MINUTES
50
SMS/MMS
50
MB DATA
Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio, Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.
PM x24
on Straight Up 50*
50
MINUTES
50
SMS/MMS
7
50
MB DATA
Features: 4” Super-Sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free voice guided navigation.
Nokia Lumia 925 Smartphone
R419
PM x24
on Straight Up 100*
99c per min. on per second billing
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
Features: 4.3” ClearBlack Display, 6.7MP Camera with f/1.9 aperture, Mix Radio with 15 million tracks.
Available at the following Cell C stores:
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
GO IN-STORE OR CALL 084 145 FOR A NEW DEAL OR UPGRADE. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 September - 30 September 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Forum help met misdaad Ruan Bruwer
NIE net het Augustus se winde wat hierdie tyd van die jaar in die Diamantstad waai vanjaar later gekom nie, dit het met mening toegeslaan. Volgens die Kimberleyse weerkantoor het die windspoed Vrydag tot 24 knope (44 km/h) gewaai. In Mainstraat voor die poskantoor moes die vriendinne Zukiswa Jones (links) en Nothando Matshimane omtrent aan mekaar vashou om nie omgewaai te word nie. Jones se notaboekie is deur die wind geskep en meters verder gewaai, maar kon darem betyds ingehardloop word. Foto: Ruan Bruwer
HOEWEL in die afgelope tien jaar ’n afname in die meeste misdaad in Kimberley voorgekom het, bly dwelm- en alkoholverwante misdade ’n probleem. Dít is volgens die burgerregteorganisasie AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Reg Crewe. Diefstal uit voertuie het volgens hom in 2012 drasties toegeneem. “Dit is nodig vir inwoners om betrokke te raak by hul gemeenskapspoli- siëringsforums en buurtwagte. AfriForum kan inwoners help om ’n veiligheidsnetwerk te skep. “Ons begin gewoonlik deur ’n radiokommunikasienetwerk te skep of om per SMS en e-pos te kommunikeer. “Die volgende stap sal wees om mekaar in krisistye te ondersteun. “Soos wat die netwerk groei, kan die gemeenskap ander fasette
byvoeg. “Daar is geen twyfel nie dat gemeenskappe wat saamstaan misdaad kán hokslaan,” sê Crewe. AfriForum het aan die begin van Augustus ’n nasionale veldtog begin waar inwoners die diens van hul plaaslike polisiekantoor kan gradeer en die veiligheid van hul gemeenskappe en dorpe kan analiseer. Inwoners word aangemoedig om aan die meningspeiling deel te neem. Dit is op AfriForum se webblad by www.afriforum.co.za. ) Adri Basson, administratiewe amptenaar gemoeid met projekte in die Kansa-kantoor in Kimberley, is voorverlede Vrydagmiddag op pad huis toe van haar handsak, skootrekenaar, beursie en selfoon beroof. Toe sy by die verkeerslig op die hoek van Georgestraat en Bultfonteinweg gestop het, het ’n man aan die passasierskant die deur oopgeruk en haar besittings gegryp wat op die sitplek was.
New event for NC THE Kimberley Diamond Cup will be the name of the new mega international skateboarding event to be staged in the city from 27 to 29 September, John Block, MEC for Finance, Economic Development and Tourism in the Northern Cape announced last week. This comes after it became known that the Maloof Money Cup that was supposed to be staged until 2015 will no longer go ahead. “This exciting new brand of international competitive skateboarding is a uniquely Northern Cape brand that will also have a presence in the Western Cape, KwaZulu-Natal and Gauteng,” Block said. He added that the skate fans could expect 150 top pro and local skateboarders to participate in the Kimberley Diamond Cup street, vert and mini-mega formats this year. According to Patrick Seboko, head of the Department of Economic Development and Tourism, the United States-based company World Skateboarding Grand Prix won the tender for staging the Kimberley Diamond Cup and presenting an action-packed 12-month-long support programme. This will include three “high octane” street and team Grand Slam skate competitions to be staged in Cape Town, Durban and Johannesburg. Seboko mentioned that the World Skateboarding Grand Prix would join hands with South African project management company Pragmatics and international skate event experts to deliver the Kimberley Diamond Cup, Grand Slams and a year-long, fun-filled line-up of skate competitions and other events to take place at the skate plaza in Kimberley. The World Skateboarding Grand Prix is already working with the Northern Cape government, the global skateboarding community and event sponsors to design events and programmes to take competitive and fun skateboarding to new levels in the Northern Cape and South Africa, cited Seboko. A revitalised Skateboarding for Hope Campaign aimed at promoting skateboarding as a positive and easily accessible lifestyle alternative will also see events staged at the newly-built mini-skate parks in Kuruman, De Aar, Upington and Springbok and ten other towns in South Africa. The Skateboarding for Hope Campaign will now incorporate a skater mentorship programme designed to enhance local talent.
NO more Maloof Money Cup, but the Kim berley Diamond Cup that will be hosted to wards the end of the month at the skate pla za. Photo: Supplied
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
9
Loop lig vir bedrogspul Lecrecia Prins ’n VROU wat haar as ’n verkoopsagent voorgedoen het, het ’n Kimberliet na bewering ingeloop. Volgens Annamarie Geldenhuys, ’n inwoner van die stad, het ’n vrou wat haar as Yvonne voorgestel het by haar kantoor ingestap en vir haar prentjies van mooi glasbakke gewys. Geldenhuys sê sy het daarin belang gestel en vier stelle bestel. Volgens haar het Yvonne vir haar 25% korting gegee, omdat sy ’n bestelling van meer as
Skryf in en wen dalk dié motor ’n NUUTGESTIGTE fonds, die Caritas Community Focus, in samewerking met NG Welsyn NoordKaap, werk op die oom blik aan ’n geldinsamelingsprojek ten bate van kinderhuise, ouetehuise asook kleuterskole. ’n Geel Geely 1300 ccmotor is aangekoop wat as prys in ’n kompetisie dien. ’n Lootjie kos R100. Instansies of individue wat belang stel om die po ging te steun kan Elsa Stander (foto), voorsitter van die projek by 0722088987 of NG Welsyn by 0538328154 bel. Lootjies is ook by Bearing Man, Die Melkman, Hairworx, GWK, Geely Crescent, D’frent Clothing, Gifty Surprize en die Hadisonpark slaghuis beskikbaar. Die trekking van die wenner word vir De sember beplan. Foto: Ruan Bruwer
Prettig in pienk DIE niggies Carli Weber (links, 5) en Tianita Opperman (6) het hope pret met hul nuwe voor koms op die Gariep Kunstefees gehad. Albei het hul blonde hare Saterdag vir ’n pienk kapsel verruil. Toe Noordkaap hul le wou afneem, het hul ma’s eers inge tree om hul monde af te vee wat getuig het van die heerlike feeskos waaraan hulle gesmul het. Foto: Ruan Bruwer
R2 000 geplaas het. “Ek het niks vreemds oor die vrou vermoed nie. Ons het gesels en sy het so netjies voorgekom. Sy het vir my ’n faktuur uitgeskryf waarop haar naam, die maatskappy s’n en haar telefoonnommer verskyn het. “Ek het haar kontant betaal, omdat ek goeie korting gekry het. Sy het vir my gesê dit sou ’n week duur voordat dit by my afgelewer word. Sy het aan my ’n SMS gestuur wat sê my bestelling sou later afgelewer word; ná so tussen vyf en sewe dae.
“Ek het gewag en niks gehoor nie. Ek het die nommers wat sy gegee het, gebel en geen antwoord gekry nie. Die tweede nommer wat ek gebel het, was iemand anders s’n wat glad nie die vrou ken nie. Ek het SMS’e ook gestuur, maar niks terugvoering gekry nie.” Geldenhuys sê sy wag sedert Mei en het steeds niks gekry nie. Sy sê die enigste bewys wat sy het, is die SMS’e. Sy waarsku inwoners om nie dieselfde pad as sy te loop nie. Lt. Andrea Cloete, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n klag van bedrog word ondersoek.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Blik op Gariep Kunstefees 2013 PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
KAR OF BAKKIE gesoek. R20 000 of R30 000 kontant. 072 472 8686. KONTANT VIR KARRE en bakkies. Thinus. Christiana. 072 472 8686.
LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682
2000 ISUZU KB 280, d/cab, canopy. R59 500, neg. 071 967 0285.
CLAUDIA OLIPHANT, ’n onderwyser aan die Laerskool Dutoitspan, het Vrydag van die skool se leerlinge na die fees vergesel. Foto’s: Charné Kemp MEENTHUIS TE HUUR: RHODESDENE. Netjiese tweeslaapkamermeenthuis. Lugversorgers, ingeboude kaste, volvloermatte, oopplansitkamer/kombuis, enkelbadkamer, snoesige stoep met braai, enkelmotorhuis, veilige enkelafdak met elektriese hek in 'n baie veilige kompleks. Slegs nie-rokers welkom. Geen troeteldiere. Beskikbaar vanaf 01/0/2013. Lang huurtermyn verkieslik. R5 500 p.m. Water en ligte uitgesluit. Deposito betaalbaar. Tel. 083 458 7193.
2004 CONDOR 2.4: R79 500. Hi-Lux 2.4: R45 000. 071 967 0285.
2002 GOLF 4, R55 000. 2002 Corolla RXi 20v, R55 000. 071 967 0285 2005 AUDI, tiptronic, R59 500. 2005 Corsa 1.4, R49 500. 071 967 0285.
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
BETREKKINGS
ADMIN, DATA CAPTURING home-based clerks needed. For info, sms name and address to 074 927 5124 or email: go.jobsforyou@gmail.com
’n WARM gebreide wolmussie was Vrydag, Saterdag en Sondag nie ’n slegte belegging in temperature wat nooit hoër as 15°C ge styg het nie. Lesley Mcshane het so ’n stal letjie op die fees beman.
ZANEL STANTON en haar ma, Suzette, het hul hondjie Gizmo saamgeneem fees toe. Die Stantons was die eienaar van ’n stalle tjie wat hondeklere verkoop het.
A -Z DIENSGIDS SHERRILEE BURGER en haar man, Morné, van Blackrock was vanjaar die eerste keer op die Gariep Kunstefees.
BEA NOLTE van Warrenton het ’n draai by ’n stalletjie gemaak waar sy versierings in haar hare kon uittoets.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Griekwas by kruispad Ruan Bruwer NÁ slegs vier wedstryde in die Curriebekerreeks bevind die Griekwas hulle reeds by ’n kruispad. Afgesien daarvan dat hulle net een van hul vier wedstryde kon wen (drie daarvan was wel wegwedstryde), dra ’n beseringskrisis, swak dissipline en ’n wedstrydplan wat nie vrugte afwerp nie by tot die situasie waarin die Poubloues hulle bevind. Die span is gesamentlik laaste op die puntelys. Saterdag kom die Leeus aan die beurt en ’n sege is ononderhandel-
baar om nie uit voeling met die res van die spanne op die puntetabel te raak nie. Verlede Saterdag in Bloemfontein (verloor met 20-40) het die Kimberliete selde die Cheetahs se doellyn bedreig. Trouens, hulle kon net op twee geleenthede ’n aanvalsposisie in die tuisspan se kwartgebied afdwing, die eerste daarvan in die 60ste minuut van waar die Australiër Rory Arnold gaan druk het. Dit was egter die lenige slot se laaste aksie. Hy is deur die televisieskeidsregter aan byt skuldig bevind en met ’n rooikaart
Wen rugbykaartjies DIE wedstryd Saterdag tussen die Griekwas en Leeus begin Saterdag om 15:00 op GWK-park. Vyf lesers van Noordkaap kan elk ’n dubbelkaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Kaartjies” gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman.
Jy kan tot Vrydag om 10:00 SMS. Jy kan soveel keer SMS soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydag teen 11:00 per SMS in kennis gestel word. Hulle kan hul kaartjies tot 16:00 by die kantoor van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie gaan afhaal of Saterdag van 08:00 af by die toegangshek agter die hoofpaviljoen.
gestraf. Dit was Griekwas se doodskoot, want in daardie stadium was die punteverskil net 12 (agter met 20-32). Die Griekwas se dissipline was soos drie naweke gelede teen die Blou Bulle weer uiters vrot en die span was gelukkig om nie vroeër as die 68ste minuut ’n speler na die koelkas vir herhaalde oortredings af te staan nie. Die Noord-Kapenaars se opwindende aanvallende benadering het tot dusver weinig sukses gelewer en dalk sal die afrigter, Pote Human, vandeesweek op Francois Brummer (losskakel) se knoppie moet druk om gereelder die skoen vir gebiedsvoordeel in te lê en om die Leeus
in hul eie kwartgebied onder druk te plaas. Human-hulle sal wonder wat hulle gesondig het weens die een slot ná die ander wat onverkiesbaar is. Arnold gaan waarskynlik geskors word (teen druktyd was die uitslag van sy tugverhoor nog onbekend) en Hilton Lobbers, wat ’n baie stil wedstryd in Bloemfontein gehad het, gaan ’n wyle langs die kantlyn met ’n gebreekte voorarm sit. Die slotte Jaco Nepgen (skouerbesering), Ligtoring Landman (gebreekte duim) en Jonathan Adendorf (messteekwonde) is reeds vir Saterdag onbeskikbaar.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 SEPTEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
LUKE MASON, Augustus se Let’s Play sportster van die maand, was vanjaar ’n staatmaker vir sy skool se eerste rugby span. Foto: Emile Hendricks
Luke ’n ware staatmaker Ruan Bruwer
Northerns toon staal Hannes Nienaber en Ruan Bruwer DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag sy oorheersing in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) voortgesit en daarmee beklemtoon dat hy naas Grey-kollege nie sy gelyke in Sentraal-SuidAfrika het nie. Northerns het op Shimlapark in Bloemfontein ’n strawwe eindstryd teen HTS Louis Botha met 1715 gewen om vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van dié liga gekroon te word. Vir die breier Henk Brand was dit ’n hoogtepunt om op te groet. Brand was in 2006 en 2007 en daarna van 2009 heeltyds die hoofafrigter van die span en het heelwat suksesse in die tydperk behaal. Volgens hom was dit ’n moeilike seisoen (daar was die kontroversie
van die kopstamp-voorval, postmatrieks en dissiplinêre verhore), maar dit was ook een van vele suksesse. Brand het die drie wedstryde van HNK wat regstreeks uitgesaai is, die wen van die Classic Clash, ’n epiese sege oor Waterkloof met 14 manne op die veld en ’n vyfde Shimla-titel uitgesonder. “ ’n Nuwe era en ’n nuwe pad lê nou vir HNK-rugby voor,” het hy gesê. ) Om die kroon te span het die skool van Kimberley se o.15-rugbyspan ’n klinkende sege van 23-8 oor die Hoërskool Sentraal in die eindstryd van die Volksblad-liga (vir o.15-spanne) behaal. ) Landboudal van Jacobsdal het die Hoërskool Wilgerivier as die kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) onttroon. Lanties het in ’n taai eindstryd vir Wilgerivier met 19-15 geklop.
DANKSY sy deurlopende goeie spel vir sy skool se eerste rugbyspan is die 18-jarige Luke Mason Augustus se Let’s Play-sportster van die maand. Luke, ’n binnesenter, was vanjaar die onderkaptein van die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se o.19-rugbyspan wat pas weer as die wenner van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimlaliga (vir mediumskole) gekroon is. Hy was in Julie ’n lid van die GriekwalandWesse Cravenweekspan. Hy het twee jaar gelede ook vir die provinsie se o.16-Grant Khomospan gespeel. Volgens die afrigter van die HNK se eerste rugbyspan, Henk Brand, was Luke vanjaar deurgaans ’n staatmaker vir sy skoolspan. “Hy het nooit ’n wedstryd gemis nie en het in elke wedstryd sy lyf op die spel geplaas. Luke het met elke wedstryd 100% binne die wedstrydplan en struktuur gebly. Hy was boonop die een speler wat ons nie sou kon vervang indien hy beseer sou word nie.” Luke is ’n ewe bedrewe krieketspeler wat vanjaar vir sy skool se eerste krieketspan met die kolf uitgeblink het. Hy was einde verlede jaar ook vir Griekwas se o.17-krieketspan in aksie. ) Die Let’s Play-sportster van die maand wen ’n geskenkpak van Let’s Play. Aan die einde van die jaar sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.