Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 11 September 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
JANIE DU PLESSIS (links), Carina Vorster en Handré Hanekom is almal toerlede van die Cancer.vivetoer groep wat 2 300 km vir die bewusmaking van kanker reis. Foto: Lecrecia Prins
Wiele rol in kankerstryd Lecrecia Prins
“DIT is amper soos ’n fees op wiele, maar met ’n ernstige boodskap.” Só beskryf Janie du Plessis, kankeroorwinnaar en motiveringspreker, haar ervaring op die Cancer.vive-toer wanneer meer as 50 vroue en mans jaarliks 2 300 km ver op motorfietse vir opvoeding en bewusmaking van kanker aandurf. Du Plessis is 15 jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Sy sê die les wat sy daaruit ge-
leer het, is elkeen kry iets wat hy of sy moet oorkom. “Om te kan oorleef moet jy ’n sin vir humor hê, ’n lus vir die lewe en in God glo. “Hiermee kan jy oor die moeilikste hekkie kom. “Ek het besluit om bewustheid oor kanker te skep en sodoende kan ek meer lewens red.” Volgens Mabet van Wyk, woordvoerder, fokus Cancer.vive op die sogenaamde “skaam kankers” soos testikulêre, servikale, prostaat-, ovariële, bors- en kolonkanker.
“Die kankers staan bekend as die silent killers, omdat hulle weens ’n gebrek aan kennis, vrees of skaamte te laat gediagnoseer word.” Een van die toerlede, Handré Hanekom (21), was een jaar oud toe hy met testikulêre kanker gediagnoseer is. Volgens hom het hy geen bestraling ontvang nie en is die kanker net weggesny. Verlede jaar het Hanekom osteosarkoom (’n kankeragtige beengewas wat meestal by tieners ontwikkel word) in sy bobeen gekry.
Hanekom het ’n operasie ondergaan en in Junie verlede jaar met bestraling begin. Verlede maand het hy sy bestraling voltooi. “Ek is nou eers twee dae op die toer en ek het al baie gehuil en gelag. “Dit is ’n ongelooflike ervaring. Ek voel klaar beter, omdat ek 24/7 saam met mense is wat dieselfde pyn ervaar het.” Hy wil graag ander jong mense van kanker bewus maak, omdat hulle altyd dink hulle is te jonk om sulke siektes op te doen. “Luister na jou liggaam en moet
nooit langer as ’n week met ’n pyn loop nie, laat kyk daarna.” Cancer.vive het elke jaar ’n ander roete wat gevolg word en elke jaar is daar ander mense wat hulle by die toergroep aansluit. Hulle stop op verskeie dorpe om die inwoners oor kanker in te lig. Die groep gebruik konsertopvoerings om hul boodskap oor te dra. Vanjaar gaan hulle van Pretoria tot Kaapstad ry. In die Noord-Kaap gaan hulle dorpe soos Douglas, Prieska, Williston en Calvinia besoek.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Vroeg uit vere om voëls te bestudeer Charné Kemp
OM feite vir Afrika se oudste aaneenlopende versamelsvoëlstudie te versamel moet wetenskaplikes bereid wees om vroeg al uit die vere te wees. Dié jaarlikse opname op Benfontein (een van De Beers se plase) duur twee weke, net voordat die broeiseisoen begin. Soggens om 04:00 staan dr. Rita Covas, ’n Portugese wetenskaplike wat by die Universiteit van Kaapstad geaffilieer is, en haar voorgraadse en nagraadse internasionale studente op om na die kolonies in die veld te ry. Hulle span die vangnette en wag dat die dag breek. Met koffie en toebroodjies in die hand, bly die wetenskaplikes warm en wakker, en wag . . . Net voordat die son opkom, moet die voëls uit die vere geskud word met ’n handeklap en sisgeluide. Wanneer hulle dan uit die kolonie (nes) vlieg, word hulle in die nette gevang en versigtig uitgehaal en in gemaklike materiaalsakkies gesit. Covas sê dit is die enigste voël in die wêreld wat sosiale organisasie en samewerking só sterk gebruik om te oorleef. Sy is sedert 1998 betrokke by die opname, wat in 1993 begin het. Aanvanklik is die voëls net gering en getel, maar deesdae versamel hulle allerhande feite. “Daar is steeds baie vrae oor hoe hulle saamwerk en organiseer. Wie is dominant? Wie is die helpers, broers of susters, of onverwante voëls, wat kuikens help grootmaak?” Die kuikens word meestal insekte (en ’n bietjie saad) gevoer. Twee van die studente is besig met verhandelings. Margaux Rat, ’n Franse student wat by die Percy Fitzpatrick-instituut by die Universiteit van Kaapstad studeer, bestudeer die dominante verwantskappe en hoe dit die samewerking en organisasie beïnvloed. Sy het ook ’n voerbak onder die kolonie. Sodoende kan sy sien watter voëls word deur wie gevoer. “Die mannetjies en wyfies kan net met bloedtoetse van mekaar onderskei word. Verwantskappe word ook met bloedtoetse bepaal. Om dominansie te bepaal tel ek die vere op die kante, wat ons skildvere noem. “Die swart kol onder die snawel is dalk ook ’n kenmerk van dominansie.” Rat moet elke voëltjie se skildvere op die linker- en regterkant tel, en die voël van drie kante, met ’n identifikasienommer, fotografeer. Lara Broom, ’n Portugese nagraadse student, doen ’n studie oor die oorlewing van jong voëls as ’n moontlike gevolg van die helpers. Sy ondersoek ook of elke voël ’n unieke gekwetter het. Wanneer hulle vrygelaat word, neem sy elkeen se geluid op. Maxime Loubon en Frank Theron, Franse dierkundiges, het al verskeie voëlsoorte (soos albatrosse), walrusse en moordwalvisse in afge-
DR. RITA COVAS het die snawel van versamelvoël se hoogte, wydte en lengte, asook die lengte van die poot, gemeet, en transpondeerders op die rug geplaas. Foto’s: Emile Hendricks
lëe dele van die wêreld bestudeer. Tydens dié Benfontein-opname trek Theron bloed, weeg die voël, en soek nuwe primêre vere op die vlerke. Loubon teken al die data sorgvuldig aan wat elke student vir hom gee. Covas meet die voël se bek (drie mates) en die poot. Sy sit ook die transpondeerder op elke voël se rug. Lisa Nupen, ’n Kapenaar, is doktorale student wat in seevoëls soos pikkewyne, malgasse en kormorante spesialiseer. Sy gaan die geringde voëls na. Ongeringde voëls kry nuwe genommerde metaal- en plastiekringe aan albei pote. Die unieke kleurkombinasie van die plastiekringe maak dit maklik vir ’n wetenskaplike om hulle van ’n afstand te identifiseer. Jacques De Satge is ’n Suid-Afrikaner wat in biologiese en ekologiese evolusie belang stel. Hy help met al die take en verseker dat die wetenskaplike nie die verskillende voëls verwar nie. Daar is 30 aktiewe kolonies op Benfontein. Die groep bestudeer 16 daarvan. Die meeste voëls wat hulle vanjaar in ’n kolonie gevind het, was 77 individue. Met Noordkaap se besoek is kolonie 20 bekyk. Daar woon sowat 27 voëls waarvan 20 bestudeer is. (Die ander het weggevlieg). Die neste bestaan uit verskeie kamers. Daar kan tot ses voëls in een kamer bly. Soms woon daar ook rooikopvinke of dwergvalke (wat kuikens vang) in die kamers. Slange kan hulle in die somer opvreet.
REGS: Die groep studente haal die nette rondom die nes in die kameeldoringboom af wat gebruik is om die versamelvoëls vroeër die oggend te vang.
MARGAUX RAT dra die voëltjies wat in gemaklike materiaalsakkie geplaas is. Hulle word in die hitte van die voertuig gesit.
DIE versamelvoël se bloed word getrek, en hy word geweeg, ge meet, gefotografeer, sy skildvere getel en gekwetter opgeneem wanneer hy vrygelaat word.
MARETH HUGO is aangestel as die nuwe hoof van die Hoërskool Dia mantveld. Sy is die eerste vrou in 78 jaar wat die skool sal lei. Sy is reeds sedert 1985 by die skool, eers as on derwyser en die afgelope jare as ad junkhoof. Sy het die afgelope jaar as hoof waargeneem. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
3
FRANK THERON plaas hier van die versamelvoëls wat op die plaas Benfontein buite Kim berley gevang is in sakke. Dit is deel van ’n studie oor die organisasie van voëls.
Versamel inligting oor voëls in NK DIE studente wat deel is van die studie oor die organisasie van voëls pak op ná die vang van versamelvoëls op die plaas Benfontein buite Kimberley. Ses studente van SuidAfri ka, Portugal en Frankryk neem aan die stu die deel. Foto’s: Emile Hendricks
Come on summer
199
MEN’S CASUALS FROM
95
26512 The FIRe TRee DeSIGN e&Oe
LINKS: Frank Theron, ’n student van Frank ryk, laat ’n versamelvoël vry.
HOTBUYS
MEN’S CANVAS FROM
129 le at selected stores
Also availab
95
www.hub.co.za Valid from 12th September 2013. While stocks last. Va
AANTEKENINGE word gemaak ten tyde van die jaarlikse opname van versamelvoëls op Benfontein.
CLIENT CARE • 0861 843 482 GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378 KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • Sanlam Centre, Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown • Woolley Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia • Greenstone Shopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: Riverside Mall, Government Boulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond Pavillion Mall, Kimberley
Samsung Galaxy Music Smartphone
R79
BlackBerry® 9320 Smartphone
PM x24
on Straight Up 50 TopUp* 99c per min. on per second billing
50
MINUTES
50
SMS/MMS
50
MB DATA
Features: 3.5G, 5MP camera, full touchscreen, 8GB memory with SkyDrive access, 1000s of apps available for download.
I Blanclude ckB s SerInternerry® et vi at Rce pla 57 n
R129
CALL 084 145
• FREE SIM • FREE CONNECTION • FREE DELIVERY
PM x24
on Straight Up 50*
99c per min. on per second billing
50
MINUTES
50
SMS/MMS
50
MB DATA
Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio, Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.
To order, have your credit card/bank account details, ID and reference number 12092013/NK/E ready or visit www.cellcdirect.co.za
DIRECT *RICA your SIM. Offers valid 1 September – 30 September 2013. All prices are inclusive of VAT. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions please visit www.cellcdirect.co.za
JHB 43405
CHANGE TO US AND KEEP YOUR NUMBER.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Kby verdien beter as dié IN Beaconsfield, op die hoek van Vrystaatweg en Mainstraat, is ’n gat in die pad. ’n Diepe. Rondom die gat is hope grond. Of dit grond is wat uit die gat kom, en of dit veronderstel is om ’n replika van Kimberley se mynhope te wees, is nie duidelik nie. Wat wel duidelik is, is dat al geruime tyd nog nie juis iets gedoen is om dit reg te maak nie. Weliswaar is daar veiligheidstroke rondom die gat gebind. Maar die stroke lê op die grond. Dus, nie net onaansienlik nie, maar ook gevaarlik. Soos wat die Groot Gat simbolies van Kimberley SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
is, so wil ’n mens simboliek in Beaconsfield se Groot Gat sien. Simbolies van onvoldoende instandhouding, verswakkende infrastruktuur, wat oral in die stad gesien kan word. Dit gebeur te dikwels dat water in strate lê lank nadat ’n pyp gebars het (wat ook te dikwels gebeur). Te dikwels dat vullissakke vol rommel steeds in strate in die middestad lê lank nadat die rommel pligsgetrou deur skoonmakers opgeruim is. Kimberley, die hoofstad van die Noord-Kaap en bekend as die Diamantstad, verdien beter.
MINIMUM 6°C 6°C 3°C
MAKSIMUM 28°C 26°C 25°C
SKETS: Danie Cronjé.
Alleen, maar nie eensaam Hannes Noëth SY het maar so aangegaan. Dag vir dag. Week vir week. Die aantal mense wat sy in ’n maand gesien het, kon ek op my een hand tel. Dit het haar nie gepla nie. Wat haar gepla het, is as mense onnodig met haar sukkel. As hulle haar wou dwing om in te pas in hul lewenstyl. “Ek het my lewe,” het sy maklik gesê. En so was dit. Sy het haar lewe gehad. Sy kon nie verstaan dat mense so aan haar karring nie. Sy was nie moeilik van geaardheid nie. Inteendeel. Wanneer jy die slag wel by haar sou kom, is jy oorlaai met goedheid en gasvryheid. Die kuiers was altyd interessant, altyd opbouend, altyd ver verby die
grense van alledaagse fieterjasies. Sy was nie ’n vrou van fieterjasies nie. Hoekom sy vir 50/60 jaar so heel alleen op die plaas gebly het, kon niemand sê nie. Sy het ook nooit daaroor gepraat nie. Ek kon so wonder oor die alleenheid. Is dit nie erg nie? Eendag het sy my vermaan. Berispe. Vermaan omdat ek gedink het dat die alleenheid erg moet wees. Vir wie sou sy nou weghardloop? Vir wie sou sy nou bang wees? Sy ken haarself. Sy skrik nie vir haarself nie. Sy is nie bang om tussen mense te kom nie. Die verskil
GEBEURTENISSE op 11 September in die geskiedenis: 1950 – Jan Christian Smuts, ’n held van die Anglo-Boereoorlog, twee keer eerste minister van Suid-Afrika en internasionaal erkende staatsman, sterf op 80-jarige ouderdom. 1959 – Die Sowjetunie lanseer die Luna 2, die eerste ruimtetuig wat die maan bereik. 1990 – Altesaam 19 mynwerkers sterf en 22 word beseer in ’n ondergrondse ontploffing in die Vaal Reefs-goudmyn in Noordwes. 1998 – Die 455 bladsye lange klagstaat teen pres. Bill Clinton oor sy verhouding met Monica Lewinsky word op die internet versprei. 2001 – Vier passasiersvliegtuie word geskaak tydens ’n Al-Kaïda terroristeaanval in Amerika – twee vliegtuie vlieg teen die Wêreldhandelssentrum in New York vas, waarna die geboue inmekaarstort, ’n derde vlieg in ’n vleuel van die KIMBERLEY-NUUS van die afgelope week: ) Die Noord-Kaapse landskap verander met sonkragparke wat oral in die provinsie opskiet. Van Upington tot Kathu tot Kimberley tot De Aar word verskeie sonkragparke reeds opgerig, terwyl nog talle in die beplanningsfase is. Beleggings van miljoene rande is reeds deur buitelandse maatskappye in dié aanlegte gedoen, met nog miljoene wat kom. Dit is veral in die konstruksiefase waarin duisende werkgeleenthede in die provinsie geskep word. ) Volgens Karel Phentela, voorsitter van die Noord-Kaapse Toerismeraad, gaan hulle die maand gebruik om Noord-Kapenaars bewus te maak van al die toerisme-attraksies van die provinsie. “Vir die volhoubaarheid van toerisme in die provinsie moet ons ’n kultuur van binnelandse toerisme skep. Ons wil NoordKapenaars en Suid-Afrikaners aanspoor om toeriste in hul eie omgewing te wees,” het Phentela gesê. ) Die skietvoorval in Carringtonweg waarin ’n vermeende rower doodgeskiet is nadat hy ’n polisieman se keel met ’n mes gesny het, het skaars vyf minute geduur. Ao. Cecil de la Rey het in die landdroshof oor dié voorval getuig wat in Januarie Kimberley laat gons het. De la Rey en sers. Lucas Jacobs het twee verdagtes, Hendrik Coetzee en Anthony Kruger, opgelaai om hulle polisiekantoor toe te neem. Coetzee het Jacobs, wat
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
is: Sy is gemaklik met haarself. Die vermaning na my kant toe was eenvoudig en kristalhelder: “Alleen is nie eensaam nie.” Alleen kan eensaam wees, maar alleen wees, is nie noodwendig eensaam nie. Dit is net as jy jouself nie ken nie dat jy bang is om alleen met jouself te wees. Sy het baie gesien hoe mense ’n eiland word in ’n see van mense. Mense vat nie jou eensaamheid weg nie. Al is jy tussen duisend van hulle. Die groot vraag is, as jy soos sy op haar eie in hierdie wêreld is, is jy alleen of is jy eensaam. “Ek is alleen dominee, maar ek is nie eensaam nie.” Toe hulle my bel en sê sy is in eensaamheid gevind, twee dae nadat sy oorlede is, kon ek hulle reghelp. Sy is alleen gevind, nie eensaam nie.
Pentagon in Washington D.C. vas en ’n vierde stort in Pennsilvanië neer. Byna 3 000 mense sterf in hierdie terreuraanvalle. 2012 – Die akteur Goliath Davids sterf op 83-jarige ouderdom. Geboortes op die dag: 1956 – Joan Hambidge, Suid-Afrikaanse digter en letterkundige. 1974 – Annie Malan, sakevrou en voorheen aktrise. 1986 – Chiliboy Ralepelle, Springbokhaker.
bestuur het, se keel van agter met ’n knipmes gesny. Coetzee is in die gebeure daarna doodgeskiet. Lees die volledige berig op bl. 10. ) Die ongewone koue tydens die Gariep Kunstefees het mense afgeskrik en sowat 13 000 minder feesgangers as verlede jaar het deur die hekke geloop. Theuns Zimmerman, uitvoerende feesbestuurder, sê 59 402 mense, wat personeellede en borge insluit, het die fees besoek. “Die koue het aan kaartjieverkope gevat. Ons kan dit ook sien in koffieverkope wat die hoogte ingeskiet het. Koeldrank, drank en roomys het swakker as in die vorige jaar verkoop.” ) Die wêreld se beste skaatsers gaan aan die straat- en verf-afdelings van die nuwe Kimberley Diamond Cup-kampioenskap deelneem. Die kompetisie vind van 27 tot 29 September by die Kumba-skaatsplaza plaas. Hulle gaan om die wêreldkampioenskaptitel en ’n deel van die prysgeld van sowat R5,13 miljoen meeding. Die Kimberley Diamond Cup vervang die Maloof Money Cup-wêreldkampioenskap.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Foto’s: Lecrecia Prins
Vroue vir dag bederf
HOT BUYS 49
T-BAR SANDALS
95
Come on summer SLING BACK CASUALS
139
Lecrecia Prins SEKRETARESSES in Kimberley is verlede Woensdagoggend deur die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) op hul jaarlikse Sekretaresse-dag bederf. Die sanger David Fourie het vir die vroue gesing terwyl hulle ontbyt geëet het. Fourie het ook ’n paar uitgesonder om saam met hom te dans. Die vroue is gemasseer terwyl hulle na ’n praatjie geluister het oor hoe om beter na hul gesondheid om te sien. Die massering het ’n ontspanne atmosfeer in die vertrek tussen die vroue laat heers. Robyn Ansley, sekretaresse van Bruce Phillips, skoolhoof van St. Patrick’s College (CBC), is as die sekretaresse van die jaar aangewys. Sy het ’n Cecil Nurse-stoel gewen. Ansley het gesê sy het nie geweet sy is benoem vir die Sekretaresse vir die Jaar-kompetisie nie. Sy sou by die werk gebly het omdat sy baie werk vir die dag gehad het. “Dit is ’n groot eer om te wen. Dit is dae soos dié waar ons almal besef dit wat ons insit, word raakgesien.” Ansley sê sy is so bly oor haar stoel en sy gaan dit met haar kollegas deel omdat hulle almal dit verdien. Marieta Hibbert van Astra Travel is die naaswenner. Hibbert sê as sy nie haar bestuurder, Cecil Daniëls, herinner het om haar te benoem nie, sou hy vergeet het.
FLATTIE SANDALS
95
99 FROM
COLOUR BLOCK PEEP TOES
159 95
219
WEDGE SANDALS
“Die stoel wat ek gewen het, kom nuttig te pas aangesien myne gebreek het. Ek is die enigste een met ’n Cecil Nurse-stoel en is baie ingenome met my stoel.”
PEEP TOE WEDGES
179 95
95
ROBYN ANSLEY, sektretaresse van Bruce Phillips, skoolhoof van St. Patrick’s College (CBC) , is as die sekretaresse van die jaar aangewys. Hier staan sy by die nuwe Cecil Nursestoel wat sy ontvang het.
95
le at selected Also availab stores
www.hub.co.za Valid from 12th September 2013. While stocks last.
CLIENT CARE • 0861 843 482 ce hours) FAX • 011 710 3378 GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (offi (office KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • Sanlam Centre, Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown • Woolley Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia • Greenstone Shopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: Riverside Mall, Government Boulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond Pavillion Mall, Kimberley
FARMERS DEAL Assorted Vegetables 8kg (Pack may vary in-store)
49
99
Prices valid from 11 - 15 September 2013 R
29
per pack
per kg
Clover Cheddar or Gouda Cheese 240g
Fresh Chicken Braaipack
95 per pack
Mixed Chicken Portions 5kg
59
90 per kg
21
Lamb Pack
22
1895
per tray
per pack
Large Eggs 18’s
Rainbow Chicken Family Polony 1kg
1890 Snowflake Cake Flour 2.5kg
26512 The FIRe TRee DeSIGN e&Oe
NOKKI het die se kretaresses in Kim berley met gesken ke en vertoning deur die sanger David Fourie bederf. Voor van links, is Manika le Roux van Halsted & Co, Marieta Hib bert van Astra Travel en Stephanie Car stens van Vodacom in die North Cape Mall; agter: Made leine Ehlers van die Flamingo Casino en David Fourie.
5
1350 799 Sunfoil Sunflower Oil 750ml
per pack
Hotdog Rolls 6’s
3899 each
Chocolate Cake
Prices apply to Game Kimberly store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
7
LOSLITDAG is Vrydag kleurvol saam met die personeel van die poli足 sie en departement van omgewingsake en natuurbewaring by Yon足 der vir die bewusmaking van persone met gestremdhede gevier. Die inwoners van Yonder het hulle by vanjaar se tema, Gaan groot, aangesluit deur uitrustings met groot brille te dra. Van links is Mark Makhele (departement van omgewingsake en natuurbewaring), Esmarie Westraadt (Yonder), Patrick Mabilo (die departement van omgewingsake en natuurbewaring) en Quiwen Naud辿 (departe足 ment van omgewingsake en natuurbewaring). Foto:Emile Hendricks
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Dag in dié stoel nie maklik Lecrecia Prins
DIE hospitaalbestuurder van Mediclinic Kimberley het Loslitdag in ’n rolstoel deurgebring. Stephan Deetlefs is deur DorothyAnne Howitson, ondervoorsitter van die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdhede, uitgedaag en hy het dit aanvaar. Die doel van die uitdaging is om mense van persone met gestremdhede bewus te maak. Deetlefs moes vir die dag in ’n ander kantoor werk, omdat daar net trappe na sy eie kantoor is. Hy sê hy het anders en selfbewus gevoel, omdat mense na hom gekyk het. “Toe Dorothy-Anne my die uitdaging gee, het ek gedink: Hoe moeilik kan dit nou wees? Dit maak jou beslis selfbewus. Jy moet jou houding verander as jy in ’n rolstoel sit. Ons wil almal onafhanklik wees, maar tog is jy so afhanklik. Ek dink dit is die grootste ding om te oorkom. Jy kan byvoorbeeld nie ’n deur oopmaak nie. “Mense wou my twee keer oor die pad help. Iemand anders in ’n rolstoel het saam met my by die ingang gestop sodat ons kan kyk wie was eerste. Ek is dankbaar vir die mense wat wil help, want dit is moeilik in
’n rolstoel.” Hy sê dit is tydrowend om in ’n rolstoel te wees. “Ek het van Mediclinic af na die Curomed-gebou gegaan en dit was moeilik. Die rolstoelafrit by die verkeerslig is so skerp en die pad vol gate dat die rolstoel vassit. “Ons dink ondernemings en hospitale is rolstoel-vriendelik. As jy egter in ’n rolstoel beland, kom jy agter dit is nie die geval nie. Daar is wel plek daarvoor gemaak, omdat die wet dit vereis, maar dit is byvoorbeeld ’n sentimeter te smal. “Ek dink ondernemings en staatsdepartemente kan meer doen om gestremdes te help. Die minste wat ons kan doen, is om seker te maak rolstoel-vriendelike gebiede funksioneer soos dit moet.” Volgens Deetlefs het hy uit ’n ander oogpunt gesien hoe dit in ’n rolstoel is. Hy sê die een wat hy gebruik het, is redelik nuut, maar daar is goed wat los is. “Ek weet nou presies waaraan my tegniese span aandag moet gee. Ek kan nou sê hulle moet die rolstoele hier stywer vasdraai of daar hoër lig. “Dit is klein goedjies waarop jy kan verbeter.” Deetlefs sê die dag het hom baie selfbewus gemaak, omdat mense anders na hom gekyk het.
STEPHAN DEETLEFS, bestuurder van die Mediclinic in Kimberley, probeer die pad na die Curomedgebou van Mediclinic af in sy rolstoel oorsteek. Foto: Emile Hendricks
Hier is wenner
NIEMAND wat voorspellings gewaag het in die rugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, het Saterdag se telling reggehad nie. Die Goue Leeus was met 38-32 baas. Omdat niemand die eindtelling reggeraai het nie, het ons gekyk wie se voorspelling die Griekwas se eindtelling reg het of die naaste daaraan is. Kobus Hansen het 32 punte vir die Griekwas reg voorspel wat hom die week se wenner maak. Hiermee wen hy ’n R350eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. Die kompetisie duur die hele Curriebekerreeks – dus is dié prys elke week op die spel. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker-reeks daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In die naweek se geval (Griekwas speel tuis teen die Haaie) moet die SMS voor Saterdag om 15:00 gestuur word. ’n SMS daarna word nie in aanmerking geneem nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Tel-
ling” gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 Haaie 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word hoe en waar hy of sy die prys kan afhaal.
Lojale ondersteuners beloon NOORDKAAP en GWK Properties is op soek na daardie lojale Griekwas-ondersteuners wat met elke tuiswedstryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig.
INDIEN dit jy in die Griekwastrui is, is jy ’n R700kontantprys van GWK Properties ry ker. Bel GWK Properties by 0538320734 om jou prys op te eis. Foto: Emile Hendricks
Die vennote het twee kompetisies waarin ondersteuners lekker pryse kan wen – en jy hoef nie veel moeite te doen om te wen nie. Noordkaap se fotograaf neem lukraak mense op die paviljoen met sy lang lens af. As jy in jou Poubloutrui afgeneem is en die foto verskyn volgende Woensdag in die koerant is jy danksy GWK Properties ’n R700-kontantprys ryker. Die kompetisie geld al die Griekwas se tuiswedstryde. Dan is daar die groot kompetisie – die prys hier is ’n naweek vir twee op die Magersfontein Memorial Golf Estate. Die prys se waarde is sowat R2 500. Om hiervoor in aanmerking te kom moet ondersteuners ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahs gaan ondersteuners ’n paar dae hê om vir Noordkaap vyf verskillende foto’s te stuur wat as bewys dien dat hulle al vyf wedstryde bygewoon het. Hou in gedagte dat foto’s verkieslik tydens die wedstryd geneem moet word met die twee spanne op die agtergrond sodat ’n mens kan sien by watter verskillende wedstryde dit was. Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5 Oktober per e-pos vir Noordkaap. Die e-pos-adres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwa-trui vir dié spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noordkaap kry, sal dan ’n naam getrek word wat die prys van die naweek op Magersfontein sal wen. Moet dus nie die Griekwas se tuiswedstryd Saterdag teen die Haaie misloop nie.
DIE vyf mense wat kaartjies na verlede Saterdag se Curriebekerwedstryd op GWK-park gewen het, is Llewellyn Coetzer, Koos Jacobs, Kobus Hansen, Hannetjie Geldenhuys en Tinus Grove. Die SMS-lyn was tot verlede Donderdag om 13:00 foutief en ons vra opreg om verskoning vir diegene wie se SMS’e nie wou deurgaan nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 DIE aankondiging dat die jong Aussie Daniel Ricciardo sy landgenoot Mark Webber van volgende jaar af by Red Bull gaan vervang, het een van die groot besprekingspunte in Formule Een afgesluit.
DIE Infiniti Q30.
Foto: Verskaf
Q30 nuut van Infiniti INFINITI het vroeër bekend gemaak dat hy in die toekoms baie nou met Mercedes-Benz gaan saamwerk. Op die Frankfurtse Motorskou sal ’n mens die eerste vrugte van dié wiel-teen-wiel-geskuur in die gedaante van die slanke Infiniti Q30 kan gadeslaan. Die Q30 is nog net ’n konsepmodel, maar te oordeel aan sy lyne lyk hy darem baie soos die nuwe Mercedes A-klas. Die nuwe A-klas is terloops heel onlangs in SuidAfrika bekend gestel. Volgens die ooreenkoms tussen die Duitse en die Japanse groep sou hulle veral op die gebied van toekomstige enjins beter saamwerk. Maar die Q30 lyk darem gans te veel na die gewone A-klas om net as ’n gedeelde enjin deur te gaan. Dit is interessant dat Infiniti – die weelde-handelsmerk van Nissan – die roete van die luukse luikrug wil volg. Klaarblyklik reken die groot groepe dit is waar die volgende groot groei in verkope gaan lê. BMW is lankal hier verteenwoordig met sy gewilde 1-reeks, terwyl die nuwe A-klas ook sy tradisionele stompneus-en-hoëdakkievoorkoms vir ’n normale luikrug-soort ontwerp verruil het. Self sê Infiniti, die konsepmo-
del, is nie net ’n luikrug nie, maar ook ’n baba-sportnuts of ’n koepee. Dit is veelseggend, want dit beteken die Q30 kan later ’n vierdeur én ’n koepee wees. Dit kan egter ook, soos Mercedes se nuwe GLA, ’n stadsnutsbuksie die lig laat sien. Dink dus aan die BMW X1, die Audi Q3 of eerder die Volvo XC40. Tans het Infiniti wel ’n kompakte sportnuts, die EX37; maar dié meneer is net ’n deftige Nissan Qashqai en veel meer sportnuts (veldryvriendeliker) as wat die Q30 sal wees. As ’n mens Mercedes se modeluitbreiding met die nuwe A-klas volg, waar daar ’n luikrug (A-klas), ’n sedan (CLA) en ’n sportnuts (GLA) is, sal Infiniti seker ook die Q30 later met ’n kort bagasiebak bied, soortgelyk aan die CLA. Vervaardigers verwys deesdae hierna as ’n sportsedan. Nog geen inligting is oor die enjins of die ratkaste bekend nie, en Infiniti reken produksiemodelle sal eers teen 2015 gereed wees. Maar ons verwag voorlopig dat die buksies die groep se lieflike 3,0 liter-turbodiesel en woema-V6 van 3,7 liter kan benut. Dit behoort die Q30 in die liga van BMW se top-1reeks te plaas wat verrigting betref.
Ricciardo aangestel
Nadat Webber in Junie aangekondig het hy verruil F1 volgende jaar vir ’n sportmotorprogram van Porsche is wyd oor sy plaasvervanger be-
spiegel. Kimi Räikkönen se bestuur was, na verneem word, in ernstige onderhandelinge met Red Bull betrokke totdat dit platgeval het. Eindelik het
Red Bull op die 24-jarige Ricciardo besluit. Daar is verskeie redes waarom dit sin maak. Ricciardo is in sy tweede volle F1-sei-
9
soen by Toro Rosso nadat hy in 2011 ’n halwe seisoen by HRT deurgebring het. In daardie tyd het hy bewys hy het heelwat talent, is van nature vinnig, leer sy lesse en werk goed saam met die tegnici.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
BRIDGING CASH PARK AND SELL. Results guaranteed. Cars, bakkies, trucks, caravans, etc. 071 967 0285 SCAFFOLDING FOR SALE. 071 595 0315.
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za
MEENTHUIS TE HUUR RHODESDENE Netjiese tweeslaapkamer meenthuis. Lugversorgers, ingeboude kaste, volvloer matte, oopplansitkamer, kombuis, enkelbadkamer, snoesige stoep met braai, enkelmotorhuis, veilige enkelafdak met elektriese hek in n baie veilige kompleks. Slegs nie - rokers welkom. Geen troeteldiere Beskikbaar vanaf: 01/10/2013 Lang huurtermyn verkieslik R5, 500 p.m water en ligte uitgesluit. Deposito betaalbaar. Tel: 083 458 7193
'BACHELOR'-WOONSTEL R2 200 p.m. Water en ligte ingesluit. 084 800 8046
while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
086 1101 388 083 6700 788
BETREKKINGS
ANTHONY KRUGER met sy verskyning Woensdag in die landdroshof in Kimberley. Foto: Lecrecia Prins
Verdagte in hof oor roof André Botha
1980 HILUX 1.8, tralies, R22 500. 1996 Hilux 2.4d, R45 000. 071 967 0285.
2005 FIESTA, R45 000. 2002 Tazz, R33 500. 1998 Golf 3, R28 500. 071 967 0285.
8-TON-BEESTROK, R59 500. 1997 Hi- Lux 2.8d, 4x4, R69 500. 071 967 0285
KAR OF BAKKIE gesoek. R10 000 of R25 000 kontant. 071 967 0285
1997 COLT 2.5, CANOPY, R39 500. 1999 Courier 2.5d canopy, R39 500. 071 967 0285.
DIE skietvoorval in Carringtonweg waarin ’n vermeende rower doodgeskiet is nadat hy ’n polisieman se keel met ’n mes gesny het, het skaars vyf minute geduur. “Op daardie oomblik dink jy net aan jou lewe. Om te dink oor iemand anders se optrede is onmoontlik,” het ao. Cecil de la Rey in die landdroshof oor dié voorval getuig wat Kimberley in Januarie laat gons het. De la Rey en sers. Lucas Jacobs het op dié dag twee verdagtes, Hendrik Coetzee en Anthony Kruger, opgelaai om hulle na die polisiekantoor te bring. In Carringtonweg het Coetzee Jacobs, wat bestuur het, se keel van agter met ’n knipmes gesny. Coetzee is in die gebeure daarna doodgeskiet. Kruger staan nou tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en menseroof nadat hy en Coetzee na bewering die dag voor die skietvoorval vir Coleen Louw in die North Cape Mall van onder meer juweliersware en ’n selfoon beroof het nadat hulle haar met ’n mes gedreig het. Die juweliersware is ná die voorval in Coetzee se sak gekry. Jacobs het getuig hy en De la Rey het in ’n polisie-dubbelkajuitbakkie in Beaconsfield gery toe hulle die twee mans gesien stap het. Hul voorkoms het ooreengekom met die beskrywing van die twee verdagtes in die rooftog in die North Cape Mall. Die mans het heeltyd rondgekyk asof hulle iets soek. Hulle het die mans agtervolg en in Sentraalweg net voor Carringtonweg by hulle gestop en gevra om saam polisiekantoor toe te gaan vir moontlike uitskakeling as verdagtes. Die mans is deurgesoek en ’n knipmes en spieëltjie is by Kruger gekry. Net nadat die voertuig by Carringtonweg ingedraai het in die rigting van die Halfway House het Coetzee, wat agter Jacobs gesit het, vorentoe gespring en Jacobs se keel met ’n mes gesny. De la Rey het getuig hy het sy diensrewolwer op Coetzee gerig en twee skote geskiet. Dit het egter nie afgegaan nie. Hy het Coetzee met die vuis geslaan. Kruger het die vuurwapen by hom probeer afneem. Hy het getuig Kruger het die ruit gebreek en uitgespring. De la Rey het hom agternagesit en gevang. Jacobs het getuig Coetzee wou hom weer sny. Hy het uitgespring en Coetzee geskiet. Hy is twee maande ná die voorval weens onder meer stres met siekteverlof. Barend Titus, vir Kruger, het aan De la Rey gesê Kruger se weergawe verskil van syne en het verskeie stellings deur Kruger aan hom gestel. “Dit is leuens,” het De la Rey gesê. Die verhoor word op 27 November voortgesit. Elmar Steyn kla aan en streeklanddros Danie Schneider is op die bank.
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Vir Hartswater gespeel
TWEE van die Goue Leeus se uitblinkers wat verlede Saterdag in Kimberley uitgedraf het, het in die NoordKaap skoolgegaan. Willie Britz (losvoorspeler) het in 2006 aan die Hoërskool Dia mantveld matriek geskryf en tussen 2004 en 2006 vir die eerste span uitgedraf – die laaste twee daarvan as slot. Ná ’n draai in Bloemfontein en Welkom het hy sy heil verlede jaar in Johannes burg gaan opsoek en het sedertdien een van die Leeus se staat makers geword. Foto’s: Emile Hendricks
DIE slot Franco van der Merwe het tussen 1999 en 2001 vir die eerste rugbyspan van die Hoërskool Hartswater as losvoorspeler gespeel. Hy het ná skool eers vir die Luiperds gespeel voordat hy in 2007 na die Leeus is.
JP ou hand op veld Ruan Bruwer
DIE senter Jacobus Paulus Nel, oftewel JP soos almal hom ken, is een van die mees ervare rugbyspelers in Suid-Afrika wat reeds in 2000 (’n jaar ná skool) sy senior provinsiale buiging vir die Westelike Provinsie gemaak het. ’n Jaar later het hy die eerste van 78 wedstryde vir die Bulls in Superrugby gespeel. Tussen 2001 en 2009 het hy ook in presies dieselfde getal wedstryde (78) vir die Ligbloues in die Curriebekertoernooi uitgedraf. JP was ook ’n lid van die 2002- Suid-Afrikaanse o.21-span wat die o.21-Wêreldbekertoernooi op tuisbodem verower het. Hy het verlede jaar slegs in drie wedstryde vir die Poubloues uitgedraf weens ’n handbesering en vanjaar nog net vier keer. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Op Worcester gebore en aan Worcester-Gimnasium gematrikuleer. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, dit was o.6-rugby vir Worcester Primêr. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Die voormalige Australiese senter Tim Horan. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om die Superrugby-trofee saam met die Bulls in 2007 en 2009 te verower. En jou grootste teleurstelling? Om in 2005 in die eindstryd teen die Vrystaat te verloor en sodoende van ’n vierde agtereenvolgende CB-titel weerhou is. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Mental toughness, veral in Kimberley.
JP NEL Wanneer het jy jouself die eerste keer op TV gesien? Dit was in 1999 vir die Westelike Provinsie se o.21-span in Bloemfontein. Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? Op skool was ek op pad om ’n drie te gaan druk toe ’n speler my broek aftrek. Ek het die bal gelos om eers my rugbybroek op te trek. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Wat is daai bruin kolle op die veld?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Lekkerste is die mense en spanmaats. Slegste is Kimberley wat net te ver van alles is. Halfway House of Springbok Pub? Halfway House en daarna die Bok. Wat is die een groot voordeel om ’n professionele rugbyspeler te wees? Om te kan rugby speel en nie te sleg daarvoor betaal te word nie.
G’n onbekendes hier
JOHAN ACKERMANN (regs) en Swys de Bruin, onderskeidelik die hoof en hulpafrig ter van die Goue Leeus, was verlede Saterdag g’n onbekendes aan GWKpark nie. De Bruin het van 1999 tot 2003 die Griekwas gebrei en heel interessant het Acker mann ’n handjievol wedstryde in 2003 se Curriebekerkwalifiseringswedstryde vir die Poubloues onder De Bruin gespeel. Ackermann het drie seisoene (2003 tot 2005) sy provinsiale rugby in Kimberley gespeel. Dié twee het Saterdag net nadat die eind fluitjie geblaas het (die Leeus het netnet gewen) eers saam gebid, iets wat min in professionele rugby gesien word. Toe Noordkaap hulle kort ná die eindfluitjie in hul afrigterslosie afgeneem het, wou hulle weet of hulle moet glimlag . . . Foto: Ruan Bruwer
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Sege Saterdag nodig ná vier nederlae Ruan Bruwer
POTE HUMAN is nie ’n afrigter wat maklik sy lot bekla nie, maar niemand sal hom verkwalik as hy vandeesweek wonder hoekom die ongeluk nou bedmaats met die span word nie. Die Griekwas het tot dusver in die Curriebeker-reeks min geluk gehad; nie net wat beserings betref nie, maar ook verkeerde skeidsregterbeslissings wat die span benadeel het. Verlede Saterdag teen die Leeus (Griekwas het met 32-38 verloor) is ’n drie aan die wenspan toegeken wat nooit ’n drie was nie. Die vleuel Anthony Volmink het duidelik uitgetrap voordat hy die bal geplant het. Dit is deur die beamptes misgekyk. Drie naweke gelede teen die Westelike Provinsie het die flank Deon Fourie ook ’n “drie” gedruk, maar in stadige aksie kon duidelik gesien word hoe hy die bal in die duikslag verloor het. Human het so diplomaties moontlik
probeer bly. “Dit (verkeerde beslissings) maak dit moeilik om die spelers positief te hou. Ek glo nie skeidsregters benadeel ’n span doelbewus nie. Maar, ja, ons was ongelukkig twee keer aan die ontvangkant en dit is twee wedstryde wat ons naelskraaps verloor het.”. Daar was darem ’n tikkie goeie nuus. Slegs Jean Stemmet (senter, borsbesering) kan moontlik Saterdag se tuisstryd teen die Haaie misloop. Die Aussie-slot Rory Arnold se appèl teen sy skorsing van sewe wedstryde het geslaag en hy kan weer vandeesweek oorweeg word. Om die regulasie-spook vry te spring is ’n sege Saterdag ononderhandelbaar, want ná ’n puik begin met ’n wegsege teen die Haaie het die Griekwas vier agtereenvolgende nederlae beleef. Human gee toe hulle sal aansienlik beter moet verdedig om dit te kan vermag. Die Leeus het ’n hele paar keer
’n man ongemerk aan die buitekant gehad en drie keer so gaan druk. Volgens Human kan dit aan gebrekkige kommunikasie toegeskryf word. Die Griekwas het boonop telkens drieë afgestaan kort nadat hulle met moeite punte bekom het. “Ons het hulle ses keer deurgelaat. Dit is nie goed nie.” Die voorspelers kan geeneen van lyf wegsteek beskuldig word nie met veral die nuweling Carel Greeff (agtsteman) wat weekliks sy stempel afdruk. Teen die Leeus het die voorspelers teen die einde duidelik oemf gekort en ofskoon hulle baie naby daaraan gekom het om die moontlike wendrie te druk was die spierkrag net-net nie genoeg nie. “Ons het met twee slotte gespeel wat die eerste keer ’n wedstryd op die vlak begin het. “Maar geen verskonings nie, ons het genoeg geleenthede gehad,” het Human gesê.
DIE flank van die Griekwas Burger Schoeman probeer van Tian Meyer, skrumskakel van die Leeus, wegkom. Die voorspelers het die bal goed teen die Leeus gedra en kan tevrede met hul werkverrigting wees. Foto: Emile Hendricks
Wen kaartjies teen Haaie
DIE wedstryd Saterdag tussen die Griekwas en die Haaie begin Saterdag om 15:00 op GWK-park. Vyf lesers van Noordkaap kan elk ’n dubbelkaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Kaartjies” gevolg
deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman. Jy kan tot Vrydag om 10:00 ’n SMS stuur. Jy kan soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydag om 11:00 per SMS in kennis gestel
word. Hulle kan hul kaartjies tot 16:00 by die Griekwaland-
Wesse Rugbyunie se kantoor gaan haal of Saterdag van 08:00 af
by die toegangshek agter die hoofpaviljoen.