Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 18 September 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Silent victims Christo van Staden
PEOPLE should look at vultures, “the silent victims of poaching”, with different eyes, Beryl Wilson, head of the zoology department at the McGregor Museum, recently told the tenth annual Kimberley Biodiversity Research Symposium (KBRS) at the McGregor Museum in Kimberley. Wilson explained to the audience the value of projects in the Northern Cape to help determine the impact of recent massive poisonings of vultures in neighbouring countries. Wilson referred to vultures as the silent victims of poaching. She explained that it was much harder to make “non-boutique” species interesting to the public, and to create the same outcry against the killing of vultures as is the case with rhino poaching. She told the audience how she had noticed a sudden, noticeable drop in the number of birds feeding at the Dronfield Vulture Restaurant near Kimberley during July. This was initially attributed to drought conditions in the North-West resulting in
a plentiful supply of carcasses. Then, at the beginning of August, the news came of the poisoning of up to 600 vultures in the Caprivi. These vultures were deliberately poisoned by poachers using a laced elephant carcass, simply because the circling activities by the vultures in the air reveal the activities of the poachers. After this incident, two other instances in Namibia and Botswana came to light. Researchers suspect that around a 1 000 vultures, mostly white-backed vultures, have been killed in the past year alone. “Exact remaining numbers of this species in our region are difficult to determine, but may be as low as 10 000. The loss of so many birds is equivalent to about one tenth of the total Southern African population.” Wilson explained that the task of cleaning up carcasses in the veld by these birds is immensely valuable, and helps protect the environment from the spread of diseases like rabies and anthrax. The wide-scale spread of these and other diseases in the livestock and game industry has the potential of costing South Africa billions of rands. “From an ecological point of view, vultures are irreplaceable, as no other species are capable of providing the same services. “The Endangered Wildlife Trust is assisting in coordinating the establishment of new legislation to protect vultures across the borders of countries in Southern Africa.” Wilson pleaded that the countries in the region buy in and help protect these invaluable birds. Patrick Mabilo, Northern Cape MEC for Environment and Nature Conservation, and the head of the department, Denver van Heerden, promised to take the matter further. Wilson also asked that the public report dead or marked animals, because the information that could be gained is extremely valuable. ) Read more on p 8.
A WHITEBACK VULTURE at Dronfield. Researchers suspect that 1 000 of these invaluable birds could have been killed in poisoning incidents in neighbouring countries thus far this year. Insert: Beryl Wilson doing fieldwork in a tree at Dronfield. Photos: Emile Hendricks
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Dit woel in Mokala INTERPRETASIESENTRUM: Die Mokala-interpretasiesentrum is onlangs ingewy. Dit is ’n inligtingsentrum wat die dier- en plantlewe met inligting, skelette en opgestopte diere en plante verduidelik. Die omgewing se kulturele geskiedenis word met foto’s, inligting en artifakte geïllustreer.
Dit is deur ’n plaaslike kunstenaar, Helicia Delport, ontwerp en deur dr. David Morris van die McGregor-museum nagevors. Die ou trekkerinspeksiegat is in ’n vlakvarkgat omgeskep. Die een hoek van die gebou, wat uit ’n reuseeenrigtingvenster bestaan, kyk op ’n watergat uit.
Charné Kemp DIE Mokala- Nasionale Park net 70 km buite Kimberley, wat deur die bekwame parkhoof, Deon Joubert bestuur word,is die land se jongste, maar woeligste park. Joubert is ’n man wat nie graag stilsit nie. Hy was verlede week baie trots toe die park weer vergroot en ’n splinternuwe inligtingsentrum in ’n ou trekkerwerkwinkel ingerig is. Die aankoop van ’n nuwe plaas van 1 000 ha het die park na 27 571 ha vergroot. Benewens nuwe weiding is daar Boesmantekeninge in die nuwe gedeelte. Joubert sal in die volgende maande oor die benutting van die grond besin. “Ons moet omgewingsimpakstudies doen. Dit kan net so gelos word vir die wild, of ons kan toeristeroetes bou. Ons het pas ’n nuwe toeristeroete elders in die park voltooi. Toeriste kan nou sowat 70 km se wildbesigtigingsroetes ry.” Joubert is ook opgewonde oor ’n nuwe verblyf-aanbod, die enigste in die land. Vier voëlkykgeesdriftiges kan vir ’n aand teen R400 in die Stofdam-voëlkykhut, waar vier opvouslaapbanke ingerig is, slaap. Daar is ook ligte, ’n vleisbraaiplek, toilet en stort. Die voorwaarde is dat die gaste net ’n halfuur voor toemaaktyd mag intrek en teen 06:00 die volgende oggend moet vertrek. Joubert is as verloopte Noord-Transvaler (soos dit destyds bekend was) gek oor die park en sy werk in die NoordKaap as natuurbewaarder en parkhoof. Mokala, onder Joubert se hande, is bekend vir hoë gasvryheidstandaarde, sy werk om siektevrye buffels te teel en
DEON JOUBERT, parkhoof, moet verseker dat die grensdraad van 8,8 meter tussen die Mokala Nasionale Park en die nuwe plaas binne die volgende weke geknip en weggeneem word. Bo: ’n Pragkoedoebul in die Mokala Nasionale Park. Foto: Emile Hendricks sy kennis van renosters. “Dit is juis ’n renoster wat my ’n paar jaar gelede byna my lewe gekos het. Ons het renosters gevang en in metaalvraghouers gesit. Sy horing was afgesny. Die dier het met sy swaar kop teen die deur gerus. Ons kon daarom nie die deur oopkry nie. “Ek het bo af ingeleun om iets te doen sodat die renoster sy kop kon lig. Hy het my gesien en met sy horing na my gesig gekap. Hy het my kop teen die vraghouer gestamp. Toe ek bykom, was ek bo-op die houer. “My wangbeen was vergruis en my agterkop baie seer. As hy nog sy horing
gehad het, was dit deur my oog en brein. “Ek weet my werk is gevaarlik en leef elke dag as my laaste dag. Die Here hou ook sy Hand oor my en my gesin.” Hy is getroud met Leanne en hulle het twee dogters, Jessica en Tiffany. Hulle bly in die week op Jacobsdal waar hul dogters op skool is. Twee van sy grootste drie doelwitte is binne die eerste vyf jaar van die park se bestaan volvoer. Die park se omtrek is al ronder met die aankope van bykomende grond en die Lilydale-plaas is met die res van die park verbind. Die grootste uitdaging is om die park nader aan die N12-roete te bring.
LUR besoek Ooste HOEWEL dit ’n paar jaar en ’n heelwat groter begroting sal verg, sal lesse wat met Grizelda Cjiekella, LUR vir onderwys, se besoek aan Singapoer geleer is, baie help om onderwys in die provinsie te verbeter. Cjiekella het onder meer van dié land se topskole besoek om te kyk hoe dinge daar gedoen word. Volgens ’n verklaring van die onderwysdepartement sê Cjiekella onderhandelings is reeds begin om meer Noord-Kaapse skole by die internasionale HeyMath-program betrokke te kry. Dié program, wat in Singapoer ontwikkel is, word in meer as 50 lande gebruik. Cjiekella sê dit is nodig dat die meeste skole in die provinsie by die program betrokke moet wees. Sy het ook verskeie skole besoek om te kyk hoe sport en liggaamlike opvoeding as deel van die leerplan gebruik word om tot die prestasies van leerlinge by te dra. Die moontlikheid van uitruilprogramme met van die topskole in Singapoer word ondersoek. “As ’n leerling in Singapoer minder as 75% behaal, word só ’n kind as onderpresterend beskou. Dit is iets waarna ons ook moet streef,” sê Cjiekella.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
3
Universiteit in Kimberley bekend gestel André Botha
GESKIEDENIS word môre gemaak wanneer die langverwagte universiteit in Kimberley amptelik bekend gestel word. Pres. Jacob Zuma sal die hooftoespraak lewer op die bekendstelling. Daarmee sal ’n groot tree gegee word na die verwesenliking van ’n ideaal wat reeds dekades lank in die stad nagestreef word. Groter duidelikheid sal dan ook gekry word oor wat die beplanning oor die volgende tien jaar vir die universiteit behels. Die Sol Plaatje-universiteit open amptelik in 2014 sy deure. Daar word reeds gewoel en gewerskaf op die terrein tussen Bishopsrylaan en Scanlanstraat – tans die terrein van die Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO-kollege) se Elliott-koshuis – waar die hoofkampus sal wees. Die bekendstelling word op 19 September gehou. Die wenners van die argitekkompetisie vir die ontwerp van die kampus word op 18 September bekend gemaak. Nog ’n geheim sal dan onthul word – hoe die kampus nou eintlik gaan lyk. Die tussentydse raad van die universiteit wat vroeër aangestel is, sal ook op 19 September aan die Noord-Kaapse publiek bekend gestel word. Luidens ’n verklaring van die ministerie van hoër onderwys en opleiding sal Zuma die hooftoespraak op die bekendstelling lewer. Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, sal ook die bekendstelling bywoon. “Dit is ter viering van hierdie belangrike mylpaal in die groei en ontwikkeling van Suid-Afrikaanse tersiêre onderrig.” Die universiteit sal aanvanklik
BOUWERK op die terrein van die VOOkollege se Elliottkoshuis in Kimberley het reeds begin. Die hoofkampus van die nuwe universiteit sal hier wees. Foto: Emile Hendricks met net 150 studente in 2014 open. Die doelwit is om uiteindelik 5 000 studente te huisves. Nuwe kursusse sal jaarliks bygevoeg word. Die eerste graadkursusse – in verpleegkunde en lewens- en fisiese wetenskap – begin in 2015 by die nuwe universiteit in Kimberley. Die B Ed-graad wat reeds by die Nasionale Instituut vir Hoër Onderwys aangebied
word, word in 2014 voortgesit. In 2014, wanneer die universiteit na verwagting amptelik sal open, word benewens die B Ed-graad nog net diplomakursusse aangebied. Luidens ’n beplanningsdokument van die taakspan wat die voorbereiding vir die universiteit doen, sal ’n diploma in inligtingstegnologie en ’n diploma in handelsbestuur aangebied word. Dié beplanningsdokument dui
die voorlopige beplanning vir die infasering van kursusse aan. ’n Graad in verpleegkunde kom in 2015 by, asook ’n diploma in verpleegkunde. ’n Nuwe kwalifikasie in museumstudies/erfenisstudies word ook van 2015 af aangebied. Dit word nie aangedui of dit ’n graadkursus sal wees nie. Daar is vroeër aangedui dat die Noord-Kaapse universiteit beson-
der geskik vir só ’n kursus sal wees. ’n Nasionale diploma in toerismebestuur, ’n nasionale diploma in landbou, asook ’n nasionale diploma in fynere kunste word in 2016 ingestel. Die graadstudies by die universiteit sal ook in 2016 verder uitgebrei word wanneer die B Sc Eng-graad (sagteware-ingenieurswese) die eerste keer aangebied sal word.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Dié geesdrif gif vir rugby hier
DIT was goed om Saterdag te sien hoe ’n groterige skare op GWK-park die Griekwas geesdriftig ondersteun. Maar soos so dikwels gebeur, was daar ook dié wat eerder die Haaie ondersteun het. In enige rugbystadion sal daar altyd dié wees wat “die ander span” ondersteun en dit is hul goeie reg. Wat egter kommerwekkend is, is hoeveel Kimberliete graag “die ander span” ondersteun. As hulle oorspronklik van, sê maar, Bloemfontein kom en steeds die Cheetahs ondersteun, is dit verstaanbaar. Daar is egter mense wat ’n besoekende span aanmoedig met wie hulle
eintlik geen verbintenis het nie, téén hul plaaslike span. Vir Kimberliete hou dit ’n groot voorreg in – die voorreg om gereeld Curriebeker-spanne op eie bodem te sien speel. Verloor Griekwas hul plek in die Curriebeker-reeks, sal Kimberliete honderde kilometers ver moet ry om ’n enkele Curriebeker-wedstryd te kan sien. Dus, as jy weer op GWK-park sit, ’n ander span se vlag rondswaai en juig as die Griekwas verloor, dink daaraan dat jy eintlik juig daaroor dat dit die laaste seisoen kan wees waarin Curriebeker-rugby net om die draai van jou huis af gespeel word.
Weersake bekyk SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
MINIMUM 7°C 0°C -3°C
MAKSIMUM 31°C 14°C 17°C
SKETS: Danie Cronjé.
Maak tyd vir mense rondom jou Hannes Noeth ONS sit om die kombuistafel en koffie drink. Nie juis ’n spesifieke oomblik of gebeurtenis nie. Die kombuistafel is maar net die plek waar ek die lekkerste saam met mense koffie drink. Hier kan ’n mens sit en gesels solank as die tyd dit toelaat. Hy het vanoggend ’n draai kom maak. Ons sit en gesels oor belangstellings en stokperdjies. Oor ’n bietjie dit en ’n bietjie dat. Ek lees graag, hy lees graag. Ek is lief vir die Noord-Kaap. Hy sê hy het ’n passie vir die provinsie. Hy deel staaltjies uit sy ervaringe in die verskillende gedeeltes van die Noord-Kaap. Van Mier en Pofadder en ander plekke. As iemand buite staan en luister, sal hy seker dink ons praat oor diere.
Hy vertel hoe ’n kosbare plek die Noord-Kaap is, hoe besonders die mense wat hier bly. So wyd uitmekaar en hoe mens hulle nog is. Verby die staaltjies en die wonderlike deel-oomblikke, verby die koppie koffie en die lekker gesels, is daar egter iets anders van hierdie gesprek wat my bybly. Ja, sê hy, ons maak te min tyd om so te sit en kuier. Ons gesels te min. Dit is meer as ’n opmerking. Dit is eintlik ’n sug. Hoeveel tyd gaan verlore omdat ons kosbare tye saam mis? Eintlik is dit ’n groot vraag:
Waarheen jaag ons altyd so? Wat help al die geskarrel van dag in en dag uit as ons by die mense om ons verbygaan? ’n Mens begin skaars met ’n week dan is dit weer ’n volgende week. En ’n maand het pas begin, dan is dit verby. Miskien moet ons ophou jaag. Miskien moet ons ’n bietjie rustig raak. Miskien moet ons so ’n bietjie by iemand gaan sit en koffie drink. Sommer so by die kombuistafel. Miskien moet ons die lewe beleef. Ons het immers net een lewe en dit gaan gou verby. Wat help dit jy het vanaand berge verskuif, maar jy het nie ’n oomblik tyd gehad om saam met die mense rondom jou ’n koppie koffie te drink nie? As jy vandag nie daarvoor tyd gehad het nie, dan was jy te besig.
SONKRAGPANELE by Droogfontein Solar SV buite Kimberley.
Foto: Emile Hendricks
Sonkrag oral in NK André Botha DIE Noord-Kaapse landskap verander met sonkragparke wat oral in die provinsie opskiet. Van Upington tot Kathu tot Kimberley tot De Aar word verskeie sonkragparke reeds opgerig, terwyl nog talle in die beplanningsfase is. Beleggings van miljoene rande is reeds deur buitelandse maatskappye in dié aanlegte gedoen, met nog miljoene wat kom. Dit is veral in die konstruksiefase waarin duisende werkgeleenthede in die provinsie geskep word. Vyf gekonsentreerde sonkragparke gaan in die omgewing van die dorp gebou word. Eskom beoog om drie gekonsentreerde sonkragparke hier te bou. Die Spaanse maatskappy Abengoa het reeds in 2012 met bouwerk aan sy park begin. Die maatskappy se Khi Solar One, wat saam met die Khi-gemeenskap en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie ontwikkel word, se toring is pas voltooi. Luidens ’n verklaring van die maatskappy is dit ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die park. Khi Solar One sal 50 MW lewer, terwyl KaXu Solar One 100 MW sal lewer. Dié twee sal die eerste gekonsentreerde sonkragaanlegte in die Noord-Kaap wees wat in bedryf gestel word. Die fotovoltaïese sonkragaanleg van Sca-
Die Diamantstad se koerant
053 831 831 2331 2331 Tel. 053 053 831 831 2330 2330 Faks 053
Posbus 1583 1583 Posbus Kimberley 8300 8300 Kimberley
tec Solar, ’n Noorweegse maatskappy, sal een van die eerstes in die Noord-Kaap wees wat krag lewer. Die Kalkbult-park is tussen Philipstown en Petrusville, sowat 58 km vanaf De Aar. Die subkontrakteurs Kentz Engineers en PIA Solar het verlede week die laaste van die 312 504 sonpanele geïnstalleer. Die terrein is sowat 135 ha groot. By Deben naby Kathu rig die kontrakteurs WBHO en Building Energy ’n sonkragaanleg op. By dié aanleg word 343 200 sonpanele, 50 050 kolomme en 42 900 balke oor die volgende 18 maande geïnstalleer. Die konstruksiegebied is sowat 200 ha groot. Dit sal na verwagting in Augustus 2014 voltooi wees en sal een van die land se grootste aanlegte wees. Sowat 15 km van Kimberley af pryk reeds duisende sonpanele op die plaas Droogfontein. Droogfontein Solar PV is een van drie energie-projekte van Globaleq waarby Mainstream Renewable Power betrokke is. Nog ’n sonkragpark word by De Aar gebou en ’n windaanleg by Jeffreysbaai. Afri-Devo Energy beplan om sowel ’n fotovoltaïese as ’n gekonsentreerde aanleg op die plaas Platfontein tussen Kimberley en Barkly-Wes te bou. Die twee aanlegte sal onderskeidelik 75 MW en 100 MW lewer. En namate al die projekte voltooi word, sal sonpanele blinkend in die son net so kenmerkend van die Noord-Kaapse landskap as kameeldoringbome wees. Redakteur Redakteur Ruan Bruwer Bruwer Ruan Verkoopsbestuurder Verkoopsbestuurder Johan Rossouw Rossouw Johan
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
5
GW-rugby oral te hoor Charné Kemp
maar ons het net positiewe terugvoer ontvang. Jy moet dadelik en vinnig die spelers of hul posisies kan opnoem soos die bal en spel vorder. Jy moet op jou voete dink en vinnig praat. Dit is nie so maklik soos dit klink nie. Dit sal met elke wedstryd beter gaan.” Hy praat ’n mengsel van Afrikaans en Engels met Brooker en Plaatjie-ONkala, wat ook na Tswana oorslaan. Brooker, ’n oud- provinsiale
10010886JB/E
KIMBERLIETE en sportentoesiaste van Greenpoint tot Leratopark, en van Cassandra tot Carters Glen, het die afgelope naweek na die tweede regstreekse uitsending van die Curriebekertuiswedstryd tussen die Griekwas en die Sharks op Radio Teemaneng Stereo (89,1FM) geluister. Dit was die tweede keer dat Arni van Rooyen, Griekwas se uitvoerende hoof, saam met Ivor Brooker en Thapelo Plaatjie-O-Nkala regstreeks rugby uitgesaai het. Hulle moes elke beweging, skrum, lynstaan, losgemaal en afbreekpunte aan die 108 000 luisteraars verduidelik. Van Rooyen lag net oor praatjies dat hy dalk ’n nuwe loopbaan agter die mikrofoon bou. Die drie splinternuwe rugbyDJ THEPZA BIG EYES, oftewel Thapelo PlaatjieONkala, gaan Saterdag met die Griekwas se tuiswed kommentators is opgewonde stryd teen die Sharks die eerste keer optree as radiorugbykommentator op Radio Teemaneng saam oor hul nuwe uitdaging. Dit is ’n met Arni van Rooyen (Griekwas se uitvoerende hoof) terwyl Winston Mosimauyana die program sal uitdaging omdat baie van die bestuur. Die ander kommentator is Ivor Brooker. Foto: Emile Hendricks luisteraars, veral in dié Galeshewe, nie rugby ken nie. “Boonop kyk hulle nie na die die gemeenskapradio. In sy pro- en berug as ’n fanatiese Bloemfon- ernstig beskou en spelers ontwikkel, wedstryd op TV nie. Jy moet dus gram, DJ’s Mix, Saterdae van tein Celtic-sokkerondersteuner. moet beter bemark word. Dit is ongedie prentjie vir hulle skep, en al09:00 tot 12:00, speel hy allerlei “Ek wil dieselfde lojaliteit en en- looflik om ’n unie in die Curriebekerles verduidelik wat op die veld musiek. toesiasme vir die Griekwas skep. Ek liga se rugby te kan uitsaai. Ons saai gebeur,” sê Van Rooyen. “Verlede Saterdag was lek- wil die spelers na die township vat nou sport uit soos die groot radiosta“Jy moet elke minuut sê waar ker. Luisteraars weet seker ons en hulle bekend stel. Ek wil die spe- sies.” hulle op die veld is, watter span is aan die Griekwas se kant, lers en hul spelpatroon leer ken. Dit Nadia Louw van die Griekwas sê die bal besit en wat gebeur. Elke maar probeer darem gebalan- is tyd dat Kimberliete hul eie rugby- daar is baie planne om nuwe Grievyf minute moet ek ’n agterseerde kommetaar lewer oor span sterk begin ondersteun.” kwa-ondersteuners te werf en lojales grond oor die spelers, of die befoute en goeie bewegings. Weeksdae is hy in beheer van die te beloon. langrikheid van die wedstryd, IVOR BROOKER is die derde rugbykom “Arni het die meeste kennis, namiddagprogram 3 to 6 train as DJ Ockie Fourie, wat ’n selfoplegde puntestand en ander belangrike mentator op Radio Teemaneng Stereo. en ek het ook tussenin tellings Thepza Big Eyes. taak het om die Griekwas se onderinligting gee.” gegee en kommentaar gelewer. Garth Damerell, radiostasiebe- steuningbasis op te bou, sê hulle wil Van Rooyen het twee Saterdae Ek is hard besig om die spelers stuurder, sê dit is nou tyd om die hele praatjies en besprekingsprogramme swemmer, krieketspeler en liggaamgelede gehoor hy is die hoofkomse name en spelpatrone te leer ken.” stad rugbymal te maak. oor rugbykwessies op radio doen. mentator vanweë sy persoonlike like opvoeding-onderwyser, is die Plaatjie-O-Nkala is ook opgewonde “Dit is twak dat almal ander Cur- “Ons wil graag die ou glorie en atkennis van die spelers en die unie. skoolhoof van die Laerskool Rietri- oor sy eerste uitsending Saterdag. riebeker-spanne ondersteun. Grie- mosfeer terugbring.” “Ons het blindweg ingestorm, vier op Ritchie. Hy werk al 18 jaar vir Hy is op sy bynaam, Siwelele, bekend kwas, wat transformasie werklik
I did my tax easily with eFiling Prince Mulaudzi, Construction Business Owner
Tax season is in full swing and Prince submitted his tax return from the comfort of his own home. And if he can do it, you can do it. It’s faster than going into a SARS branch and it’s easier than you think. With our helpful tools you can do it easily, honestly and on time. Visit sars.gov.za for more information.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Jong man aan moord skuldig ’n JONG man wat daarvan beskuldig is dat hy sy stiefma verkrag en vermoor het, is in die hooggeregshof skuldig bevind. Regter Bulelwa Pakati het in haar uitspraak gesê die staat het bo alle redelike twyfel bewys Tshepo Tau het Meriam Moemedi verkrag en vermoor. Moemedi is op 5 Junie 2011 die laaste keer lewend gesien. Op 11 Junie 2011 is haar lyk in haar huis in Leratopark gekry. Tau het gesê ná sy pa se dood het hy en Moemedi nader aan mekaar beweeg en beweer hulle was in ’n geheime liefdesverhouding. Niemand het daarvan geweet nie omdat hy bang was die gemeenskap sou nie ’n verhouding tussen stiefseun en stiefma goedkeur nie. Hy het haar op 7 Junie gesien en hulle het die aand seksuele omgang gehad. Regter Pakati het gesê daar was geen tekens van inbraak by Moemedi se huis waar haar lyk gekry is nie. Moemedi se hek en deur was gesluit. Pakati sê die enigste manier hoe die oortreder die huis binne kon gaan, is as Moemedi dit oopgemaak het. Daar is geen waardevolle besittings gesteel nie, behalwe Moemedi se twee selfone en haar handsak. Pakati sê volgens selfoonrekords het
Tau haar (Moemedi) op 5 Junie in die vroeë oggendure die laaste keer probeer bel. Daarna het hy nooit weer probeer bel nie. “Hieruit kan ek aflei dat hy geweet het sy is dood,” het Pakati gesê. Moemedi se selfoon is in Tau se besit gekry. Pakati het gesê die geheime verhouding waarvan Tau gepraat het, is ’n verskoning om sy semen, wat op haar klere gekry is, te verklaar. “Tau was ’n swak getuie en het homself heeltyd weerspreek. Hy was ontwykend en het sy weergawe van wat gebeur het heeltyd aangepas. “Toe hy die geleentheid gebied is om die teenstrydigheid te verklaar het hy gesê daar was ’n misverstand tussen hom en sy regsverteenwoordiger.” Volgens Pakati het Moemedi R62 000 in haar bankrekening gehad voordat sy dood is. Tau is ook aan aanranding skuldig bevind. Hy het twee polisiebeamptes met pepersproei gespuit toe hulle hom in hegtenis wou neem. Die verhoor is tot 30 Oktober uitgestel vir ’n kriminoloog om ’n verslag aan die hof voor te lê. Adele van Heerden kla aan en Paul Nagel tree namens die beskuldigde op.
Maak ’n draai in Kimberley DIE sanggroep Romanz tree op Sondag 29 September om 19:00 in die NG gemeente Kimberley (New ton) se kerkgebou op. Kaartjies kos R80 per persoon en is by die kerkkantoor by 0538322511 of Norma Pieterse by 0824523663 beskikbaar.
Vakatures toon afname
HOEWEL vakante poste in die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement ’n probleem bly, was daar die afgelope twee jaar ’n aansienlike afname in vakatures. In 2011-’12 was 39% van alle poste in die departement vakant. Dit het nou tot 17,3% afgeneem. Dit is veral ’n probleem om aptekers te kry, blyk uit die kwartaalverslag vir Januarie tot Maart wat aan die portefeuljekomitee van die wetgewer voorgelê is.
’n Groot verbetering word getoon in die geval van professionele verpleegsters wat altyd ’n groot probleem was. Daar is nou ’n tekort van 307 verpleegsters, ongeveer die helfte minder as die 618 wat in 2011-’12 kortgekom het. Die afname is deels daaraan toe te skryf dat ’n aantal oortollige vakante poste afgeskaf is. Die grootste rede is egter ’n aktiewe werwingsveldtog om personeellede te kry, asook groter sukses om personeellede te
behou. Voorheen was dit moeilik om veral dokters in die provinsie te hou. ’n Nypende tekort aan mediese spesialiste word ondervind. Nadat vordering gemaak is en die getal vakante poste van agt in 2011-’12 tot twee die daaropvolgende jaar afgeneem het, het dit nou weer tot tien toegeneem. Dit is die helfte van die algehele getal van 21 poste.
Meer kies FB as MXit
Drie vas ná beweerde rooftog
FACEBOOK het MXit vanjaar as die gewildste sosiale netwerk in SuidAfrika onttroon. Luidens die Suid-Afrikaanse Sosiale Media-landskap-navorsingsverslag vir 2013, wat deur die tegnologienavorsingsmaatskappy World Wide Worx opgestel is, is daar 9,4 miljoen aktiewe Facebook-gebruikers in Suid-Afrika. Facebook is ook die naasgewildste webwerf in die land. Google is die gewildste en YouTube die derde gewildste. MXit – vir lank die gewildste sosiale netwerk in Suid-Afrika – het vanjaar 6,32 miljoen aktiewe Suid-Afrikaanse gebruikers en is nou die eerste keer die naasgewildste sosiale netwerk in die land.
DRIE verdagtes is vasgetrek en het in die landdroshof verskyn ná ’n rooftog by ’n diamanthandelaar, Florio-Poone Diamonds in die spogbuurt Monumenthoogte. Victor Cindi (60), Solomon Mathe (42) en Lefi Moopeloa (33) het almal borgtog van R1 000 gekry. Al drie die verdagtes moet weer op 30 September in die hof verskyn. Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, is a.o. Marcus Mafaro, ondersoekbeampte, deur die leidrade wat hy gevind het en gevolg het, na Gauteng gelei. Hier het hy twee van die drie verdagtes aangekeer en in hegte-
Die gemiddelde MXit-gebruiker bestee 95 minute per dag op dié netwerk. Twitter het die afgelope jaar aansienlike groei getoon. Altesaam 2,4 miljoen Suid-Afrikaners het in Augustus verlede jaar Twitter gebruik. ’n Jaar later was daar 5,5 miljoen plaaslike gebruikers. Suid-Afrikaners stuur elke maand 54 miljoen twiets uit, waarvan 85% van selfone gestuur word. Altesaam 2,7 miljoen Suid-Afrikaners is op die loopbaan-georiënteerde sosiale netwerk LinkedIn geregistreer. Pinterest en Instagram, waardeur gebruikers foto’s deel, het onderskeidelik 910 000 en 680 000 Suid-Afrikaanse gebruikers elk.
nis geneem. Nóg ’n verdagte is Saterdag in Galeshewe in hegtenis geneem. Antonella Florio-Poone, mede-eienaar van Florio-Poone Diamonds, is in Junie vanjaar in haar huis se badkamer deur die verdagtes vasgebind en beroof. ’n Rolex-horlosie van meer as R1 miljoen en ’n groot bedrag geld is toe glo uit haar huis gesteel. Die verdagtes het Florio-Poone genader onder die voorwendsel dat hulle diamante wou verkoop. Sy en haar gesin was die oggend van die rooftog op pad om saam vakansie te gaan hou. Haar ma, kinders en kinderoppassers het in ’n voertuig buite die huis gewag toe die vermeende
rowers op haar toegeslaan het en haar beroof het. Florio-Poone sê sy is dankbaar teenoor die polisie wat die verdagtes in hegtenis geneem het. “Die polisielede het soveel moeite gedoen. “Hulle het net selfoonnommers en ’n beskrywing van die verdagtes gehad om mee te werk. “Misdadigers moet weet hulle kan nie net misdaad pleeg en dink hulle gaan daarmee wegkom nie. “ ’n Mens kom nie oor die skok van ’n rooftog nie.” Die polisie soek egter na nóg twee verdagtes. Niks van die gesteelde goedere is teruggevind nie.
SABMR vier 21ste jaar DIE Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar. Dit is een van net 67 van dié instansies wêreldwyd en die enigste een in Afrika. Om die mylpaal te vier het die SABMR ’n aand gereël waarop Suid-Afrikaanse pasiënte die eerste keer die mense kon ontmoet wat hul lewe deur ’n skenking gered het. Dit het Dinsdag plaasgevind. Internasionale en nasionale media het die geleentheid bygewoon om die ontmoeting tussen ’n Duitse skenker en Suid-Afrikaanse pasient te verfilm. Talle oorplantingspesialiste het die geleentheid bygewoon. Honderde Suid-Afrikaanse kinders en volwassenes met bloedsiektes soos leukemie se enigste hoop is om ’n beenmurgoorplanting te kry om hul lewe te red. Net 30% van pasiënte se familielede se beenmurg is geskik vir die pasiënt. Die SABMR probeer deur sy register vir die ander 70% van die pasiënte geskikte beenmurg
te kry. Die kanse om geskikte beenmurg te vind vir ’n spesifieke pasiënt is sowat 1:100 000. Dus moet die personeellede van die SABMR gespesialiseerde tegnieke gebruik om geskikte beenmurg vir elke pasiënt te kry. Sedert die SABMR gestig is, het hy al meer as 1 500 soektogte begin om geskikte beenmurg vir pasiënte te kry. Altesaam 75% van skenkers is buite die landsgrense gevind en 25% op die register in Suid-Afrika. Daar is meer as 65 000 skenkers by die SABMR geregistreer. Met The Sunflower Fund word probeer om skenkers namens die SABMR deur nasionale bewusmakingsprojekte te vind. Die SABMR is ’n erkende lid van die internasionale Wêreld-beenmurgdonateursvereniging. Die SABMR het al 13 stamselskenkers vir internasionale pasiënte gevind. Die instansie is die enigste in sy soort in die
land en kry daarom landwye navrae. Wanneer ’n dokter namens sy pasient die SABMR-personeellede gekontak het, begin hulle in Suid-Afrika soek. In die meeste gevalle word ook internasionaal gesoek. In die 67 lande wat soortgelyke instansies het, is daar meer as 20 miljoen vrywillige skenkers. “Dit verhoog die kanse dramaties om ’n gepaste skenker vir ons pasiënte te kry,” het prof. Ernette du Toit, die stigter van die SABMR en die huidige mediese direkteur, gesê. “Maar om ’n skenker te kry is net die begin.” Die SABMR reis dan om self die stamselle te gaan haal en dit veilig na Suid-Afrika te bring. Die hoofsoek-koördineerder, Terry Schlaphoff, het al so ver soos Taiwan en Singapoer gereis om stamselle te gaan haal.
Só werk beenmurgskenking WANNEER mense hulle as beenmurgskenker laat toets, word hulle op die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) geregistreer. Dit beteken ander pasiënte sal ook weet indien jy ’n geskikte skenker vir hulle is. Geregistreerde skenkers sal op die register bly totdat hulle 60 jaar oud is. Hou asseblief jou kontakbesonderhede bygewerk. ) Skenkers moet tussen 18 en 45 jaar oud wees. ) ’n Skenker moet meer as 50 kg weeg. ) ’n Liggaamsmassa-indeks (BMI) van minder as 30 is ook ’n vereiste. ) Iemand wat geregistreer is, sal ook bereid moet wees om enigeen te help. ) Die instansie word net met skenkings be-
dryf. ’n Molekulêre (DNS-) bloedtoets om vas te stel of ’n pasiënt en skenker pas kos R2 000. ) Mense wat nie die toets kan bekostig nie, sal op ’n lys geplaas word totdat die instansie ’n skenking kry. Dan sal die hy in kennis gestel word waar die naaste kliniek is waar hy hom kan laat toets. Indien ’n skenker wel betaal, maar nie R2 000 kan betaal nie, kan ’n skenker ’n skenking van R350, R750 of R1 400 doen om die koste gedeeltelik te delg. Mense tussen 46 en 60 jaar kan ook die toets ondergaan, maar moet die volle R2 000 betaal. ) Iemand wat dink hulle het moontlik MIV of hepatitis moenie skenk nie. ’n Mens kan nie skenk indien hy seksueel betrokke by iemand was wat dalk MIV of hepatitis het nie, of van wie die seksuele agtergrond onbekend is.
) Wanneer ’n geskikte skenker geïdentifiseer is, word stamselle by die skenker geoes. Dit sal in ’n private kliniek gedoen word en koste word nie deur die skenker gedra nie. Die skenker word dan met ’n groei-hormoon ingespuit wat die produksie van stamselle versnel. Die ekstra selle sal in die bloedstroom wees waar hulle deur ’n selskeidingsapparaat geoes word. ’n Skenker word dan vier tot ses uur aan die apparaat gekoppel en dit kan oor twee dae strek. Daar is dus geen bloedverlies nie. Vir verdere inligting besoek gerus die SABMR se webtuiste by www.sabmr.co.za of skakel 021-404-6445.
Vertel jou storie vir Noordkaap VERTEL jou storie: Ken jy iemand wat ’n beenmurgoorplanting ondergaan het? Iemand wat beenmurg ontvang het, iemand wat wag of iemand wat reeds geskenk het? Stuur jou storie na ruan.bruwer@volksblad.com of bel 053-8312331.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
‘Alkohol kos SA miljarde rande’ SOWAT 130 Suid-Afrikaners sterf elke dag ’n alkohol-verwante dood, sê prof. Charles Parry, direkteur van die Mediese Navorsingsraad (MNR) se navorsingseenheid oor alkohol- en dwelmmisbruik. Sowat ’n derde van dié sterftes is weens dronkbestuur-ongelukke, sê Parry. Hy het ’n aanbieding gedoen op die Discovery-sentrum vir gesondheidsjoernalistiek se simposium oor nie-aansteeklike siektes. Volgens hom kos alkohol-verwante sterftes die land sowat R40 miljard per jaar. Parry het ook daarop gewys dat al hoe meer hoërskoolkinders drank misbruik. Daar is ook volgens hom ’n oorsaaklike verband tussen drankmisbruik en siektes soos epilepsie, hoë bloeddruk en diabetes. Hy sê sekere soorte kanker soos mond-, lewer-, rektum en larinkskanker hou ook verband met drankmisbruik. ’n Vrou wat byvoorbeeld elke dag vier alkoholiese drankies drink, het ’n 50%- groter kans om borskanker te kry, het Parry gesê. “Hoe meer ’n vrou per dag drink, hoe groter is haar kans om borskanker te kry.” Vroue wat drink, se kans om aan hoë bloeddruk te ly gaan ook teen ’n hoër koers op as dié van mans wat drink. Mans en vroue wat meer as twee alkoholiese drankies per dag drink, het ook ’n groter kans om diabetes te kry. Tot 55% van mans en 69% van vroue in Afrika suid van die Sahara drink glad nie alkohol nie, het Parry gesê, maar baie van dié wat wel drink, misbruik drank. Meer as ’n derde van Suid-Afrikaners vergryp hulle, volgens hom, van tyd tot tyd aan drank. “ ’n Derde van die bevolking se drankgebruik is reeds problematies. “Ons drink 19 liter suiwer alkohol per drinker per jaar,” het Parry gesê. Onder Suid-Afrikaners drink mans tussen die ouderdom van 20 en 24 jaar die meeste. Hy voeg by dat dit ook net veel erger raak. Drankmisbruik is een van die groot oorsake van sogenaamde leefstyl-siektes, wat ’n al hoe groter probleem in Suid-Afrika word. Volgens die MNR dra slegte leefstylgewoontes soos drankmisbruik, rook, verkeerd eet en te min oefen tot 65% van sterftes weens hartsiekte by. Suid-Afrika se ontwikkeling sal geknou word as die land nie iets doen om leefstylsiektes te takel nie, het prof. Melvyn Freeman, hoof van nie-aansteeklike siektes van die departement van gesondheid, gesê.
Húlle wen rugbykaartjies DIE vyf gelukkige mense wat rugbykaartjies na verlede Saterdag se Curriebeker-wedstryd op GWK-park gewen het, is die volgende:
Hein Vermeulen, Yolande Labuschagne, Natasha Viljoen, Johan Erasmus en Charl Human.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013 AT the simposium were from the left Beryl Wilson, head of the zoology de partment at the McGregor Museum in Kimberley, Patrick Mabilo, MEC for En vironment and Na ture Conservation, Christine Kraft of the department, and Denver van Heerden, head of this department. Photo: Christo van Staden
A VULTURE chick in its nest at Dronfield.
Photo: Emile Hendricks
VULTURES feeding at the Dronfield vulture restaurant captured by a trap camera. The bird with the yellow tag, W216, that was marked in October last year in Dronfield, was poisoned in the Caprivi Strip in July.
Impact of poisoning clear Christo van Staden
FOR a number of years Beryl Wilson, head of the zoology department at the McGregor Museum in Kimberley, has been climbing thorn trees ringing endangered white-backed vulture chicks as part of a project now in its 21st year. And now, after the recent deliberate poisoning of nearly 600 vultures in the Caprivi Strip in Namibia by poachers, she for the first time really understands and knows the importance of the work of this longterm project. Wilson recently told the tenth annual Kimberley Biodiversity Research Symposium (KBRS) at the McGregor Museum how valuable the research and fieldwork over the past two decades have proven to be. If it had not been for the work of a number of dedicated volunteers annually assisting with the marking of birds, the massive impact of the poisoning of vultures in the Caprivi Strip might never have been known. Part of the project was the more recent placing of a trail camera at the vulture hide in the Dronfield Nature Reserve north of Kimberley. And thanks to the work that is being done to mark vultures at Dronfield and the Mokala National Park south of Kimberley and elsewhere in Southern Africa, it was established that at least two of the poisoned vultures came from the Northern Cape. Unfortunately the majority of the carcasses were burnt resulting in the plastic wing markers being destroyed and it was fortunate that evidence of these two birds was obtained, Wilson said. It was also established that the one bird was ringed at Dronfield in October last year whilst the second tagged bird was ringed just days earlier in Mokala.
Both were last photographed at Dronfield in February this year. “What was especially remarkable was the distances that both these young birds travelled, approximately 1 200 km in the period between February and the time of the poisoning event in early July. “We did not realise how many of our birds go that far; 500 to 600 km we knew about, but we did not realise the scale.” Wilson told the audience about the camera trapping work that was underway at the vulture restaurant and hide at Dronfield. The aim is to create a feeding site where the birds are supplied with a supplementary, safe source of good and clean, drug-free and leadfree food. Carcasses range in size from duikers to buffalo with even the occasional sable and naturalmortality rhinoceros carcass on the menu. “In 2012 five tons of meat were supplied, and up to date in 2013 more than six tons. “With as many as 150 vultures present during a feeding event, a spin-off is that Cape vultures from as far as Limpopo and Magaliesburg now often frequent the restaurant.” In January 2012 a single trail camera donated by the UK Hawk Conservancy Trust was placed at the restaurant. It was set to record still images in one minute intervals. The mischievous Cape vultures, however, could not leave the trap alone and after six months actually tampered with the camera until it had to be replaced and positioned so that they no longer could access it. Some 20 000 photographs have since been downloaded from the camera, from which the clearly visible wing-tagged birds could be seen and recorded. In addition, other information from the camera also recorded vultures feeding in the dark and in low temperatures of up to -7°.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
9
Veteraan-wiele opgeveil STEL jy in ou motors belang? Wou jy nog altyd een aanskaf? Nou is jou kans. Die House of Classic & Sports Cars hou binnekort in samewerking met motorklubs veilings van klassieke, veteraanen sportmotors. Die eerste veiling is op 3 November in
DIE Citroën DS3.
Foto: Verskaf
Vroue kies dié kar
DIE oulike klein Citroën DS3 met sy afslaandakkie is deur vroue-lesers van ’n motortydskrif as hul gunsteling-afslaandakmotor in Suid-Afrika aangewys. Die eerbewys volg ná ’n peiling deur die vrouetydskrif en -webtuiste, Women on Wheels (WOW), om hul lesers se motor van die jaar vir 2013 aan te wys. Charleen Clarke, redakteur van WOW, het volgens ’n verklaring van Citroën SuidAfrika gesê die eerbewyse is ’n akkurate barometer van koopvoorkeure vir motors van Suid-Afrikaanse vroue. ’n Uitgebreide stemproses is gevolg om eindelik ’n wenner te bepaal. Meer as 30 000 lesers van WOW het vanjaar gestem. Die land se voorste vrouemotorjoernaliste word ook betrek. Buiten Clarke het die stemgroep van joernaliste ook bestaan uit Liana Reiners, eienaar en uitgewer van Car and Leisure, Sukasha Singh, motorkorrespondent van Mail & Guardian, Mabuyane Kekana, motorkorrespondent van Sunday Independent, JanineLee Gordon van Wheels24, Peta Lee, ’n bekroonde motorskrywer, Lindsay Vine van Ignition, en Vuyi Jabavu, blogger en besturende direk-
teur van Vine and Driving in Heels. Volgens Clarke is die DS3 eindelik gekies vanweë sy kombinasie van “rasionele en emosionele” eienskappe. “Voorkoms is, uiteraard, baie belangrik in dié sektor van die mark, en die DS3 is ongetwyfeld pragtig. Dit is egter meer as net ’n mooi gesig. “Die afslaankapmotor beskik ook oor ’n hele aantal rasionele eienskappe, onder meer die oopskuifdak wat teen snelhede van tot 120 km/h oop- of toegemaak kan word en dat dit die enigste werklike vyfsitplekmotor in die kategorie is.” En omdat die dak in die afslaanposisie nie in die bagasieruim geberg word nie, het die motor ’n bagasieruim van 245 liter, die grootste in die bepaalde kategorie. Volgens Didier Gerard, besturende direkteur van Citroën Suid-Afrika, spog die DS3-model met verskeie eerbewyse. Dit sluit in die BBC se motorprogram Top Gear se motor van die jaar in 2010, gedeeldevroue-motor van die jaar in 2011, Fifth Gear se klein motor van die jaar in 2010 en Diesel Car se motor van die jaar. Die DS3 Cabrio word ook aangedryf deur ’n enjin wat al sewe maal as die internasionale enjin van die jaar aangewys is.
Om nuus in Noordkaap te plaas bel Ruan Bruwer by 053-831-2331.
Kaapstad in oorleg met die Cape Multimotorklub, en die tweede veiling op 7 Desember in Port Elizabeth saam met die Eastern Province Vintage and Veteran Car Club. Sowat 25 voertuie word op elke veiling opgeveil. ’n Voorlopige lys van voertuie wat
reeds vir die veiling ingedien is, sluit in ’n 1918- en ’n 1924-Model T Ford en ’n seldsame en gesogte 1936-Ford Roadster, ’n 1930-Chevrolet Phaeton, ’n 1948-Studebaker, ’n 1931-Plymouth, ’n 1929-Chevrolet Phaeton, ’n 1938-Buick Special, ’n 1955-Triumph TR2, ’n 1967MGB Roadster, ’n
1963-Porsche 356 en ’n 1971-MGB Roadster. ’n Beperkte aantal inskrywings is nog beskikbaar vir voertuie wat opgeveil moet word. Belangstellendes
wat hul voertuie wil verkoop, kan die House of Classic and Sports Cars by 044382-1000, 082-566897 of 082-921-4156 bel of e-pos stuur na wendy.r@hocasc.co.za.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Leser kan wen met bywoning AP KERK-LIDMATE: Hospitalisasie in Kimberley. R150/dag. Vervoer beskikbaar na en van hospitaal. Tel. 053 861 2343 na 17:00.
OPREGTE GREAT DANEhondjies, ingeënt en ontwurm. Beskikbaar vanaf 21/09/2013. Tel. 083 780 1258.
KUNSKLASSE: Olieverf, akrielverf, lapverf en houtsneewerk. Tel. 053 833 1338 of 082 491 2466. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
KAR OF BAKKIE gesoek. R10 000 of R25 000 kontant. 071 967 0285
ROYLDENE: Eenmanwoonstel in erf. Onderdakparkering. R2 800 per maand. Water en krag ingesluit. Beskikbaar: 1 Oktober 2013. Skakel in kantoorure: 053 861 4154 of 072 865 3442.
SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
AANDAG
LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
BRIDGING CASH while waiting for
2001 POLO: R34 500. 1995 BMW: R29 500. 1995 Corolla: R29 500. 071 967 0285 1993 GOLF: R19 500. 1992 Mazda: R17 500. 1984 Ford: R13 500. 071 967 0285.
PENSION/ PACKAGE
Raai en wen ’n eetbewys
Cash same day
NIEMAND wat voorspellings gewaag het in die rugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, het Saterdag se telling in die kol gehad nie. Die Haaie het die Griekwas met 25-24 geklop. Omdat niemand die eindtelling reggeraai het nie, het ons gekyk wie se voorspelling die Griekwas se eindtelling reg het of die naaste daaraan is. Twee inskrywings het 24 punte vir die Griekwas reg voorspel. Van die twee was Johanna du Toit se totaal (19) wat sy vir die Haaie voorspel het, die naaste. Hiermee wen sy ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. Die kompetisie duur die hele Curriebekerreeks – dus is dié prys elke week op die spel. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker-reeks daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In dié naweek se geval (Griekwas speel weg teen die Westelike Provinsie) moet die SMS voor Vrydag om 19:10 gestuur word. ’n SMS daarna word nie in aanmerking geneem nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Telling gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 WP 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word.
payout (lump sum only)
086 1101 388 083 6700 788
SOEK, KOOP, VERKOOP
BETREKKINGS
NOORDKAAP en GWK Properties soek na alle lojale Griekwas-ondersteuners wat met elke tuiswedstryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig. Lesers kan aan twee kompetisies deelneem waarin lekker pryse gewen kan word – en jy hoef nie eens veel moeite te doen om te wen nie. Noordkaap se fotograaf neem lukraak mense op die paviljoen met sy lang lens af. As jy in jou Poubloutrui afgeneem word en die foto die volgende Woensdag in die koerant verskyn, is jy, danksy GWK Properties, R700 ryker. Dié kompetisie geld slegs al die Griekwas se tuiswedstryde. Dit is net so maklik om jou in te skryf vir die tweede kompetisie waarin een leser ’n naweek vir twee op die Magersfontein Golf Estate ter waarde van R2 500 kan wen. Om vir die prys in aanmerking te kom moet jy ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen INDIEN dit jy in die Griekwastrui by verlede Saterdag die Cheetahs sal ondersteuners ’n se wedstryd tussen die Griekwas en Haaie op GWK paar dae tyd hê om vir Noordkaap park is, is jy ’n R700kontantprys van GWK Properties vyf verskillende foto’s te stuur wat ryker. Bel hulle by 0538320734 om jou prys op te eis. as bewys dien dat hulle al vyf wedFoto: Emile Hendricks stryde bygewoon het. Die foto’s moet verkieslik tydens die wedstryd geneem word waarin die twee spanne duidelik op die agtergrond te sien is sodat ’n mens kan sien by watter verskillende wedstryde dit geneem was. Stuur dié foto’s ná 5 Oktober per e-pos vir Noordkaap. Die e-posadres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwas-trui vir dié spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noordkaap kry, sal dan ’n naam getrek word wat die prys van die naweek op Magersfontein sal wen. Die Griekwas speel die naweek, op Vrydag 20 September, teen die Westelike Provinsie op Nuweland, dus ’n weg-wedstryd.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Skrywers gesoek NOORDKAAP is op soek na ’n medewerker wat gereeld redaksionele bydraes vir die koerant kan lewer. Belangstellendes moet verkieslik in Kimberley woon. Hulle moet ’n nuussin hê, kan skryf en foto’s kan neem en toegang tot e-pos hê. Vorige joernalistieke of skryf-ervaring sal van groot nut wees. Korrespondente sal geldelik vergoed word, maar dit moet nie die hoofoorweging wees nie, eerder die liefde vir skryf/nuus. Rig aansoeke met kort besonderhede ter agtergrond aan noordkaap@volksblad.com.
DIE Hoërskool Emang Mmogo se wetenskapslaboratorium is nou ten volle toegerus vir die leerlinge om eksperimente te doen. Nomvuselelo Songelwa (links), uitvoerende be stuur: parke, onthul die gedenksteen by die skool saam met Grizelda Cjiekella, LUR vir onderwys. Foto: Verskaf
Skoollaboratorium ten volle toegerus Lecrecia Prins
OPGEWONDENHEID en gelukkigheid heers tussen leerlinge en onderwysers aan die Hoërskool Emang Mmogo in Galeshewe oor die skool se laboratorium wat nou in volle werking is. Dít kom nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) verlede Dinsdag laboratoriumjasse en droë en vloeibare chemikalieë, sowel as nuwe werkoppervlakke, aan die skool geskenk het. Hilton Brooker, skoolhoof, sê die leerlinge is baie optimisties oor die laboratorium en het reeds Dinsdag eksperimente begin doen. “Voorheen het ons basies net die dop van ’n laboratorium gehad. “Ons het nie die geriewe gehad om prakties te doen nie. Nou het dit verander
en die leerlinge kan nou 100% skeinat doen.” Volgens Nomvuselelo Songelwa, uitvoerende hoof: parke, is die skenking deel van SANParke se visie om die samelewing te verbind. Songelwa sê dit is deur die welwillendheid van die gemeenskap digby die nasionale parke dat die parke as een van die primêre bewarings- en toerismebestemmings erken word. “Dit gee ons die rede om in ons daaglikse sake-aanslag die belange en behoeftes van die gemeenskap in ons omgewing in ag te neem.” Songelwa sê die wetenskapslaboratorium is nie al wat gedoen gaan word nie. Die volgende vyf jaar gaan SANParke saam met die Noord-Kaapse onderwysdepartement mobiele biblioteekdienste aan skole in die provinsie gee.
Brand by skool dalk gestig Lecrecia Prins ’n BRAND het Donderdag omstreeks middernag in die koshuis van die Elizabeth Conradieskool uitgebreek en vier leerlinge is weens rookinaseming na die hospitaal gebring. Volgens Sydney Stander, woordvoerder van die onderwysdepartement, het die brand in die Danie Craven-koshuis uitgebreek. Stander sê ’n deel van die koshuis se dak het afgebrand. “Die infrastruktuur-eenheid was by die skool vir nood-ingryping. Hulle sal die oorsaak van die brand ondersoek en ’n verslag saamstel.
“Die onderwysdepartement se ondersteuningsdiens-eenheid was ook by die skool om sielkundige ondersteuning aan die leerlinge en opsigter te gee.” Die leerlinge wat weens rookinaseming behandel is, is uit die hospitaal ontslaan. Volgens lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ’n klag van brandstigting. Mdhluli sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Niemand is ernstig beseer of dood nie, sê hy. Enigeen met meer inligting kan die polisie by 053-838-4331 bel.
11
JOHANN STEYN, oudleerling in Kimberley, is as die Universiteit van die Vrystaat (UV) se duxstu dent vir 2013 aan gewys. Hy is ’n fi nalejaarstudent in regte. Die eer bewys word op grond van akade miese prestasie, leierskap en ge meenskapbe trokkenheid toe geken. Johann, hoofseun van die Hoërskool Dia mantveld in 2008, het ook vir 2012’13 in die UVstudenteraad gedien. Foto: Johan Pretorius
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 SEPTEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
DIE Griekwasheelagter, PJ Vermeulen, word deur die Haaie se Lwazi Mvovo grond toe gebring. In die proses het die gewilde Ver meulen se been skeef gedraai en morsaf gebreek.Foto: Emile Hendricks
Griekwas twee kwyt
Albei se seisoen verby TWEE identiese beenbreuke in hul Curriebeker-stryd verlede Saterdag teen die Haaie het ’n vroeë einde gebring aan die Griekwas-heelagter, PJ Vermeulen, en -slot Victor Kruger se seisoen. Die ongeluk het Vermeulen in die 12de en Kruger in die 33ste minuut van die Poubloues se nederlaag van 24-25 op GWKpark teen die Durbaniete getref. Vermeulen het met ’n spul Haaie-spelers op sy rug probeer om in die hoekie oor te duik, maar sy been het skeef gedraai en morsaf gebreek. Sy pyngille het in die stadion weergalm en op die kykweer was dit duidelik hoe sleg die breuk eintlik is. Dieselfde geld Kruger wat óók met Haaie-verdedigers op sy rug skeef getrap en duur betaal het. Albei is dieselfde dag geopereer en Pote Human, breier van die Poubloues, het die ergste vrese oor sy twee staatmakers bevestig. Albei se bene is “op identies dieselfde plek” gebreek. “Selfs dieselfde ligamente het in die slag gebly. Albei se seisoen is iets van die verlede,” het Human gesê. “Dit is ’n groot gatslag vir ons. PJ was een van ons staatmakers, terwyl Victor gewys het hy is oorgehaal om nog groot rugby te speel. Nou sit ons wat slotte betref, weer in die moeilikheid.” Asof dit nie genoeg is nie,
moes Human nog verteer aan wat op sy beste as ’n flouerige poging deur die tuisspan beskryf kan word. Die Griekwas was tot in die 48ste minuut nog stewig in die saal (voor met 24-14) nadat die flank Burger Schoeman gaan druk het, maar swak dissipline op die dag het hulle eindelik duur te staan gekom. “Ons het baie karakter gewys en fisiek goed gespeel, maar ons het te veel strafskoppe afgestaan.” Intussen is dit bevestig die jong stut Nick Schonert het vir volgende jaar ’n kontrak met die Vrystaat gesluit. Schonert het die laaste ruk as speler gegroei en veral met sy skrumwerk beïndruk. Dit verbaas dus nie dat hy, nes Lourens Adriaanse (wat nou by die Haaie gekontrakteer is), deur ’n groter unie raakgesien is nie. Die Poubloues moet vandeesweek sonder Adriaanse se dienste na Nuweland reis. Dié skrumyster was tot onlangs nog op bystand vir die Springbokke in die Rugby-kampioenskap en is nie vir die naweek se Curriebeker-wedstryd vrygestel nie weens kommer oor die beseerde Gurthrö Steenkamp se beskikbaarheid. Die Griekwas kom Vrydagaand teen die Westelike Provinsie op Nuweland te staan, ’n veld waarop hulle in 1911 laas ’n Curriebeker-sege behaal het.