Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 25 September 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Toe onder die stof
Verlore goed veilig by hom bl. 3
Matrieks hou party bl. 7, 10, 11
Kiwi’s beter toegerus bl. 15
’n STOFSTORM soos wat Kim berliete dit lanklaas beleef het, het die stad verlede Donderdag getref. Waar dit vir die meeste mense ongerieflik was, kon motorwasserye breed glimlag. Winderige toestande het daar toe gelei dat die program vir die bekendstelling van die Sol Plaatjeuniversiteit kortgeknip moes word en tente met byko mende kabels versterk moes word. Die windspoed in die Dia mantstad was 60 km/h en daar is ook ’n windspoed van tussen 80 km/h en 85 km/h in die streek aangedui. Foto: Emile Hendricks
Another milestone Ruan Bruwer AS the first new university to be launched since 1994, Kimberley can add yet another first to its already long list of firsts in South Africa with the Sol Plaatje University now officially getting steam behind it before the first intake next year. The launch took place last week on the sports fields of the Elliot Hostel of the Northern Cape Urban FET College that will become the location of the university’s main building. Named after Sol Plaatje – amongst other achievements one of the founding members of the ANC just more than 100 years ago – the university’s logo was also unveiled. Dr Blade Nzimande, minister of Higher Education and Training, delivered the keynote address at the official launch. He hailed the introduction of the university as a major milestone in the transformation and expansion of the higher education sector. He said the new university
would significantly enhance the country’s knowledge production and innovation capacity. “It represents a new order of African intellect, with a firm focus on innovation and excellence. It has been conceived as a source of pride, both nationally and provincially, and is destined to take its place in the network of institutions of higher learning that serve the country’s growing socio-economic needs.” A ten-year development plan is on the table that will see the university adopting a phased approach to growth, starting with 135 students and 3 academic programmes for 2014. It will be gradually increased to achieve a target of 7 500 students by 2024. The initial qualifications offered will include higher certificates, advanced certificates, diplomas and bachelors degrees with programmes for diplomas in Business Management, Information and Communication Technology and a bachelor degree in Education.
Three campuses – central, northern and southern – will be developed with an initial focus on renovating existing THE logo of the buildings for the Sol Plaatje Uni 2014 student intake while siversity. multaneously constructing new buildings in time for the 2015 academic year. Lecturers and students will have access to the most advanced communications platforms. Well-equipped libraries, knowledge resources and laboratories will form part of the university’s research and scientific infrastructure to support its niche areas of specialisation. New infrastructure for the Sol Plaatje University will require a further investment of approximately R5 billion over the next ten years. According to Nzimande, the nation-
al development plan foresees an increase in higher education participation from 17,9% in 2012 to 25% in 2030. In the last decade a growth of over 50% in university enrolments from 603 000 students in 2001 to 953 375 in 2012 occurred. The interim university council that is currently leading the university through the early development phase, while developing its long-term teaching and research programme, is tasked with appointing the interim university management team and appointing a full council. Premier Sylvia Lucas said the university would remain a priority of the provincial government and that its council would enjoy government’s continued support throughout its tenyear development period and beyond. She said the new university was ideally positioned to draw on the region’s rich heritage and scientific endeavours. ) More news on the university on p 9.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
WEDNESDAY, 25 September: At the public meeting of the Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) Northern Cape, Hein Knoke will speak on the effects of tourism on the environment, with special reference to the southern parts of Namibia. It starts at 18:30 in the Lady Oppenheimer hall. Non-members pay a R10 donation. Friday, 27, to Sunday, 29 September: The Kimberley Diamond Cup, a skateboarding world championship, will rock the Diamond City. This will see some of the best pro skaters in the world and talented South African amateurs battle it out at the Kumba Skate Plaza for a combined prize of R5 million. Visit www.kimberleydiamondcup.com for more information. Saturday, 28 September: The Kimberley Lions Club is hosting a car boot sale at the Trip Park in Oliver road from 09:00 to 13:00. The fees to book a space to sell your unwanted treasures are R50 per space. All proceeds go towards the club’s charity account. Call Cornél on 082-788-2823 to book. Sunday, 29 September: A Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) public outing to the Magersfontein Battlefield Museum is planned for a walkabout with military historian Fiona Barbour. It starts at 10:00 and costs R130 per person, as well as R15 entrance fee to the site for adults and R8 for children. Book with Carien on 083-273-9194. Sondag 29 September: Die sanggroep Romanz tree om 19:00 in die NG kerk Kimberley (Newton) op.
BOB BURNQUIST of Brazil during last year’s Maloof skateboarding competition in Kimberley. The Kimberley Diamond Cup takes place this weekend at the Kumba skate plaza. Photo: Emile Hendricks Kaartjies kos R80 per persoon en is by die kerkkantoor by 053-832-2511 of Norma Pieterse by 082-452-3663 beskikbaar. Friday, 4 October: Stuart Milne, a solo musician originally from Kimberley currently living in Port Elizabeth, will be performing at the Gruispad-ateljee. He will also be selling his
freshly released EP (extended play). Tickets cost R60. Bring your drinks and picnic basket. Phone 073-491-0495. Friday, 4, to Sunday, 6 October: The GhaapXtreme Festival at the Broadwater River Estate offers something for any extreme sport enthusiast. Lovers of water sports can participate in the water ski tournament, a barefoot ski show, swimming race or speed boat show. Land-based outdoor enthusiasts can enter road running races over 5 km, 10 km and a 21,1 km or a unique 60 km mountain bike race over rough terrain. Visitors can also take to the air for hot air balloon flights or a remote-controlled aeroplane show. Phone Riana on 079-896-6627 or 076-6766733 for more information. Saterdag 5 Oktober: Die uiters gewilde Nédine Blom se Supercool-kinderfees is terug in Kimberley. Daar is twee optredes in die Bikers’ Church, een om 10:00 en die ander om 18:00. Kaartjiepryse is R80 per persoon. Vir inligting en kaartjies bel Susan Weenink by 084-475-1175. Saterdag 5 Oktober: Die ATKV herdenk die koms en optrede van Jim Reeves in Suid-Afrika 50 jaar gelede. ’n Huldeblykkonsert met die Centurionsangers- en musikante Trevor Nasser, Gerald Meyer, die Trio-orkes en dansers word vir die legende Jim Reeves gehou, net mooi 50 jaar ná die musikale rolprent Kimberley Jim waarin hy gespeel het. Dit
begin om 11:00 by die Groot Gat. Skakel 082-925-1488. Saterdag 5 Oktober: Die NG kerk DuToitspan hou van 09:00 tot 13:00 ’n mini-dankfees op die kerkterrein. Lekker sosaties, pannekoek, poeding, kerrie-en-rys en handwerk is op die spyskaart. Saterdag 12 Oktober: Ná ’n kwarteeu as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en gerespekteerde sangers doen Steve Hofmeyr vanjaar ’n konsert 25 Jaar se bestes. Hy het vanjaar ’n gelyknamige album uitgereik met 42 treffers waarvan meeste volksbesit is. Hy kom ’n tweede keer vanjaar met hierdie optrede na Kimberley. Die optrede van 90 minute begin om 19:00 in die CRC-gebou. Kaartjies is by Computicket te kry. Saturday, 12 October: The Kimberley preliminary round (one of six nationally) for the Hip-Hop Dance South Africa competition takes place at the Kimberley city hall. This is the biggest dance competition in South Africa. The winners from the Kimberley prelims will compete in the finals where the overall winners will represent South Africa at the World Hip-Hop Dance Championship in Las Vegas, USA. Registrations are now open. If you think you have what it takes, call 076-431-9484 or send email to info@hiphopdancesa.com for the competition guidelines and registration forms, or go to www.hiphopdancesa.com.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Verlore goed veilig in sy hande Ruan Bruwer AS jy iets waardevols in Kimberley verloor het, hou duime vas Yaseen Hanns was in die omgewing. Dan is jou kanse nie te sleg dat jy dit weer sal terugvind nie. Yaseen, ’n werknemer in die skoenwinkel Modax in die middestad, het sowat drie maande gelede die selfoon van Jo van Eeden, redakteur van Noordkaap se moederkoerant, Volksblad, in Georgestraat opgetel. Sy het haar Blackberry einde Mei verloor toe sy hier was vir die NoordKapenaar van die Jaar-geleentheid. Sy het aanvaar die foon is gesteel en die simkaart laat kanselleer. Yaseen het sy simkaart in die foon gesit met die hoop dat hy op een of ander manier die eienaar sou kon opspoor. Toe ontvang die foon ’n BBM-uitnodiging van Jo se skoonsuster en kon Yaseen ’n gesprek begin om die eienaar te probeer opspoor. “Die simkaart was uitgehaal toe ek dit opgetel het en ek het myne ingesit totdat die BBM-uitnodiging gekom het,” het hy vertel. Op ’n ander geleentheid onlangs het hy gesien hoe ’n man uit ’n taxi klim en agter iemand aan hardloop. In die proses het die man se selfoon op die grond geval. “Ek het die man probeer roep, maar hy kon my nie hoor nie. Ek het die foon gaan optel en by my gehou. Seker 20 minute later het hy na die foon gebel en ek kon dit aan hom terugbesorg. Hy was baie bly.” Maar dis nie net selfone wat Yaseen al opgetel het wat van waarde is nie. Toe hy op Sasolburg in ’n Pick n Pay gewerk het, het hy een slag ’n banksakkie met geld opgetel. Die eienaar het dit kort daarna kom terugeis. Daar was R1 800 se kontant in die sakkie. Hy het ook al ’n beursie in Pep Stores
YASEEN HANNS het al twee selfone opgetel en in albei gevalle dit aan die regmatige eienaar terugbesorg. Hy het ook ’n banksakkie vol note en ’n beursie opgetel en seker gemaak dit beland weer by die mense aan wie dit hoort. Foto: Ruan Bruwer opgetel. “Ek het dit gehou, want ek glo dit is veiliger as om dit vir iemand by ontvangs te gee om te hou totdat iemand daaroor navraag doen. “Die vrou (eienaar van die beursie) was
geskok. Ek het gesê sy kan maar tel, al die geld is nog daarin. Sy was nie gepla oor die geld nie, eerder te dankbaar die kaarte was nog almal daarin.” Yaseen sê hy glo aan eerlikheid en om dit wat aan iemand anders behoort, aan
daardie mens terug te besorg. Hy was self nie so gelukkig toe hy sy foon verloor het nie. Toe hy na die nommer bel, was die foon reeds afgeskakel en het hy dit nie weer te siene gekry nie.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Optimisme kan nie honger stil SAKELUI het onlangs gesê Suid-Afrikaners moet minder negatief oor die land en sy vooruitsigte wees en op die positiewe geleenthede fokus. Pres. Jacob Zuma vra op sy beurt meer positiewe nuus van die media en minder van ’n gehamer op al die goed wat pla. Die DA word dikwels bestempel as ’n opposisieparty wat net kla. Positiewe gedagtes en ’n warm gevoel in die hart laat ’n mens goed voel, soos wanneer die Springbokke ’n groot toets wen. Maar optimisme en ’n warm hart gaan nie noodwendig werk skep en armoede verlig nie. Die nugtere werklikheid is te
SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
sien in peilings en verslae van internasionaal hoog aangeskrewe dinkskrums en beleggingsbanke. Hulle word gewoonlik nie beïnvloed deur positiewe gevoelens of mooi bemarkingsbrosjures nie, maar kyk na die syfers op die grondvlak. Volgens die jongste peiling van Merrill Lynch, ’n afdeling van die Bank of America, stel beleggers meer daarin belang om in Rusland, China en Mexiko te belê as in die res van die opkomende markte. As Suid-Afrika beleggings wil lok wat kan help werk skep en armoede verlig, moet die land omstandighede skep wat aanlokliker en veiliger is as wat in sy mededingers se jurisdiksie geld.
MINIMUM 7°C 9°C 8°C
MAKSIMUM 27°C 29°C 26°C
SKETS: Danie Cronjé.
Gaan vang maar eers die wind Hannes Noëth KYK, waai kán die wind soms waai. En nie hoe nie, in oormaat. Verlede week het dit omtrent gelyk asof Kimberley wegwaai, maar nie net hier nie, vanuit die Vrystaat, die Noordwes en waar ook al het die tyding gekom: Ons waai weg. Ek glimlag vir die Facebook-inskrywing wat ’n nuusbulletin namaak en sê van vandag af het Suid-Afrika net agt provinsies oor, aangesien die Vrystaat en die Noord-Kaap inmekaargewaai het. Mense wat sensitief vir sinus of allergieë is, het veral hoesend, proesend en neuslopend gekla oor die wind. Al die wind het my na ’n ou kluisenaarboer daar in die Wes-Transvaal laat verlang. Sy boerderymetodes was oudmodies,
sy lewenstyl eng. Wat my aan hom laat dink het, was sy gedurige uitdrukking wat hy tydig en ontydig gebruik het: “Vang eers die wind”. As jy wou kla, het hy geantwoord “vang eers die wind”. Wanneer iemand gekla het omdat dit nie wil reën nie, was dit sy antwoord, ook wanneer daar dood was en wanneer daar nederigheid nodig was. Sien, die wind het hom herinner aan hoe klein die mens is. Ons kan nie eens die wind vang nie. Nou wil ons kla en vrae vra oor dood en arrogant wees oor dinge
GEBEURTENISSE op 25 September in die geskiedenis: 1857 – Die eerste staatskoerant in die ZAR, Staats Courant, verskyn. 1917 – Die mynmaatskappy Anglo American word gestig. 1978 – Die voorstel van ’n swart meerderheidsregering in Rhodesië word in ’n radiouitsending na sy volk deur die eerste minister, Ian Smith, aanvaar. 1993 – Die Amerikaanse senaat aanvaar wetgewing vir die opheffing van ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika. 2008 – Die adjunkpresident van die ANC, Kgalema Motlanthe, word deur die Nasionale Vergadering tot president van Suid-Afrika verkies. Dit gebeur vier dae nadat pres. Thabo Mbeki bedank het. Geboortes op dié dag: 1944 – Michael Douglas, Amerikaanse akteur. 1949 – Percy Sonn, destydse vervolgingshoof van die Skerpioene en president van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (sterf in 2007). 1952 – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur wat die beste onthou word vir die Su-
KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die kantoor van die Noord-Kaapse premier ontken Sylvia Lucas het enige onreëlmatige uitgawes op haar kredietkaart vir etes aangegaan. Die Sunday Times het berig sy het sowat R53 000 aan kitskos in die eerste drie maande ná haar aanstelling as premier bestee. ) Cope het vir ’n ondersoek van die openbare beskermer gevra en gesê dit is ’n skandalige misbruik van staatsbronne deur Sylvia Lucas, die premier. “Lucas moet skaam wees oor die meer as R50 000 wat aan kitskos bestee is in ’n provinsie waar 55% van die mense in armoede leef en 33% van die kinders nie daagliks kan eet nie,” het Fred Wyngaard, Cope-leier, gesê. ) Vier wakker sekuriteitswagte van Mapogo het twee vermeende minderjarige huisdiewe, wat ’n leë huis (waar die ligte permanent gebrand het) nog leër gemaak het, in Hadisonpark aangekeer. Die wagte het onraad vermoed toe twee verdagte jong manne in Hadisonpark met vermoedelik gesteelde goedere opgemerk is. ) “Ek het gevoel my enkel is seer. Toe ek omdraai, sien ek my enkel staan eenkant toe en die been het uitgesteek.” Só het PJ Vermeulen, Griekwa-heelagter, beskryf hoe sy
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
wat ons nie verstaan nie. Voordat ons al daardie dinge wil doen, moet ons eers die wind vang, het hy gereken. Dit was nie vir my vreemd toe hy tydens sy siekte gevra het of hy sy begrafnis-teks mag kies voordat hy sterf nie. Om so voorbereid te sterf is tog kenmerkend van ’n sterk geloof. As hy dan mag vra, sal ek hom met die teks van Job begrawe? Daardie een wat vra: “Weet jy waar word die wind gebêre?”. En so het ons hom begrawe – ’n man wat op ’n windstil dag in die ou Wes-Transvaal deur wind aan sy geringheid herinner is. Verlede week toe die wind so waai, toe dink ek weer aan oom Piet wat sou geantwoord het: “voordat jy kla, gaan vang eers die wind . . .”
perman-rolprent waarin hy die gelyknamige rol vertolk het. Hy is in 1995 verlam toe hy van ’n perd geval het. 1955 – Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede. 1965 – Dave Rundle, oud-Protea-draaier en deesdae spelersagent. 1968 – Will Smith, Amerikaanse akteur. 1969 – Catherine Zeta-Jones, Walliese akteur. 1969 – Hansie Cronjé, voormalige kaptein van die Suid-Afrikaanse krieketspan (sterf in 2002 in ’n vliegongeluk). 1971 – Nianell, Suid-Afrikaanse sanger (haar regte naam is Sonia Nel). 1978 – Jan Blohm, Suid-Afrikaanse musikant – sy regte naam is George Harry (Jorrie) Kymdell.
been gebreek is in hul Curriebeker-stryd voorverlede Saterdag teen die Haaie. Victor Kruger (slot) het sy been op dieselfde manier gebreek. Volgens Anri van Rooyen, die Griekwas se uitvoerende hoof, is daar reeds 21 spelers die seisoen beseer. ) Terwyl ’n sterk wind die Diamantstad met ’n stoflaag bedek het, is die sooi vir die stad se nuwe universiteit gespit op wat tot nou die dag nog ’n sokkerveld was en nou ’n universiteitsplein gaan word. “Die dag het gekom. Dit is die begin van ons droom wat nou waar word. Ondanks die wind is hier ’n energie,” het Sylvia Lucas, premier, gesê. ) Die Sol Plaatje-universiteit se tussentydse raad word gelei deur ’n vrou wat reeds diep spore in afstandsonderrig in Suid-Afrika gelaat het. Jennifer Glennie, lid van die Universiteit van Suid-Afrika se raad, is die stigterdirekteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afstandsonderrig.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
MONWABISI VIKA and his wife, Nyami, at the Northern Cape Person of the Year event in May. Photo: Conrad Bornman
Vika’s death shocks THE very popular Monwabisi Vika was killed last week Thursday. His body was found next to his vehicle along with a hunting rifle. Vika was the president of the Northern Cape Chamber of Commerce and Industry (Nocci). According to Sharon Steyn, Nocci’s CEO, Vika was part of Nocci for approximately four years. Has was an executive member on the committee last year and was elected as president earlier in the year.
“Monwabisi was a gentleman and always friendly. He took his position as Nocci president very seriously and with pride. It is very sad what happened and he will be missed by business and all his colleagues. Our deepest condolences to his family,” Steyn said. Vika was a director at Katz Roofs and Bricks as well as a director at Magnificent Mile, ’n local entrepreneurial venture for Black Economic Empowerment.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
DIE Hoër Tegniese Skool Kimberley se matriekafskeidgeselligheid is verlede Donderdag by die skool gehou. Noordkaap was daar om ’n paar kiekies te neem.
DEVONIA SEANE en haar metgesel, Fikile Grey.
ABDURAGMAAN ALEXANDER metgesel en Alison Miller. Foto’s: Ruan Bruwer
DEVON FLAGG en sy metgesel, Keshia Ortell.
JHB 42938
KERWIN SAMUEL en sy metgesel, Sashnee Pietersen.
FROM JUST R189 PM, THESE DEALS ARE A STEAL! I Blanclude ckB s I n Ser ternerry® vice et at R pla 57 n
BlackBerry® Bold™ 9720 Smartphone
R189
PM x24
on Straight Up 100*
99c per min. on per second billing
100
MINUTES
INC LUD ES
AD
1GB
DIT ION 200 AL DAT M AP B M
100
SMS/MMS
100
MB DATA
Features: BlackBerry 7.1 OS, Touch and QWERTY, 2.8” touch panel display, Wi-Fi hotspot.
DAT AP M
Samsung Galaxy S4 Mini Smartphone
R289
PM x24
on Straight Up 100*
99c per min. on per second billing
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
Features: 4.3” qHD Super AMOLED Screen, S Translator, Story Album, Sound & Shot and Group Play.
Samsung Galaxy S4 Smartphone
R389
PM x24
on Straight Up 100*
99c per min. on per second billing
100
MINUTES
100
SMS/MMS
1GB DATA
Features: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.
Available at the following Cell C stores:
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
GO IN-STORE OR CALL 084 145 FOR A NEW DEAL OR UPGRADE.
cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 September - 30 September 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Skryf vir koerant NOORDKAAP is op soek na iemand wat gereeld redaksionele bydraes vir die koerant kan skryf. Belangstellendes moet verkieslik in die Diamantstad woon. Hulle moet ’n nuussin hê, kan skryf en foto’s neem. Hulle moet ook toegang tot e-pos hê.
Vorige joernalistieke of skryf-ervaring sal van groot nut wees. Korrespondente sal geldelik vergoed word. Dit moet egter nie die hoofoorweging wees nie, eerder die liefde vir skryf/nuus. Rig aansoeke met kort besonderhede ter agtergrond aan noordkaap@volksblad.com.
SEDERT 2010 bou Dewald Wasserfall aan ’n solo loopbaan en in 2012 is sy solodebuut, Vergeet wat jy weet van liefde, bekend gestel. Die titelsnit en la ter die liedjie Eendag as ons groot is, het aan hom roem verskaf. Hy is in April as die beste nuweling op die Ghoema Afrikaanse Musiektoekenningsaand aangewys. Hy tree Sater dag om 21:00 in die Fla mingocasino op. Kaart jies kos R50 per persoon. Twee lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die ver toning wen. Stuur net ’n epos aan noord kaap@volksblad.com met Dewald in die onder werplyn. Inskrywings sal tot Vrydag om 12:00 aan vaar word. Foto: Conrad Bornman
UWC reunite THE University of the Western Cape (UWC) invites all graduates and past students in Kimberley and surrounding areas to attend the 60’s and 70’s alumni reunion weekend from Friday, 4 October, to Sunday, 6 October, at the Bellville campus. The aim of the event is to welcome back the founding graduates (there were 17 students in the university’s first graduation ceremony in 1953. Now more than 4 000 students graduate annually) to reconnect, share their stories and see how the institution is building on the foundation of their legacy. The weekend-long programme is open to all UWC alumni and will include a breakfast with the rector, a formal dance party, a jazz evening, campus tours, and an afternoon programme of fun for the family, as well as a remembrance service. For more information visit www.uwc.ac.za/ alumni or contact the alumni relations office at alumni@uwc.ac.za or at 021-959-2143.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Om nuus in Noordkaap te plaas, bel Ruan Bruwer by 053-831-2331.
TWEE van die ontwerpe vir die Sol Plaatjeuniversiteit.
Eie aan Kby
ARGITEKTE landwyd is gevra om planne vir die universiteit se ontwerpkompetisie in te dien. Vyf firmas is gekies wat saam sal werk om die geboue van die Sol Plaatje-universiteit te ontwerp. Hier is twee van die voorste inskrywings se argitekvoorstellings wat ’n aanduiding van veral die styl gee – Afrika en Kimberley se tradisionele argitektuur kom in al die planne na vore.
Universiteit eindelik ’n werklikheid André Botha DIT was ’n lang pad en nie sonder struikelblokke nie, om te kom tot waar die nuwe Noord-Kaapse universiteit nou ’n werklikheid word. Tina Joemat-Pettersson, nou minister van landbou, maar ook die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap die eerste tien jaar ná 1994, het vertel hoe daar reeds op die eerste vergadering van die nuwe uitvoerende raad net ná die 1994-verkiesing besluit is dat ’n eie universiteit nagestreef moet word. Reeds voor 1994 het stemme al opgeklink dat die Noord-Kaap sy eie universiteit verdien. Van daardie vergadering af is volgehoue druk op die regering geplaas om dit reg te kry. Joemat-Pettersson sê Manne Dipico, eerste premier van die Noord-Kaap, het hom sterk daarvoor beywer. “As jy na die rekords gaan kyk, sal jy sien in feitlik elke provinsiale rede het hy hierna verwys.” Vordering is geleidelik gemaak, totdat Kader Asmal in 1999 as minister van onderwys aangestel is. Asmal was nie ten guntse van die gedagte nie. Hy het dit as ’n “Bantustam”-praktyk beskou om universiteite oral te laat bou. Geleidelik het hy egter positiewer daaroor geraak. Die laaste jare het die Noord-Kaap, met drie verteenwoordigers in die kabinet (Joemat-Pettersson, Dipuo Peters, minister van vervoer, en Godfrey Oliphant, adjunkminister van minerale en energie), die provinsie se saak in die kabinet gestel. Daarby was Zuma die gedagte meer simpatiek en het hy reeds as adjunk-president beloof dat die Noord-Kaap ’n universiteit sal kry. “Nadat hy president geword het, het ons hom weer aan sy belofte herinner,” sê Joemat-Pettersson.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
RUAN CILLIERS en sy metgesel, Tanya Truter. Foto’s: Ruan Bruwer
CONROY MURPHY (metgesel) en Kriston Basson.
LEONI WILLERS en haar metgesel, Shaun Shalovsky.
DIE Hoërskool Noord-Kaap se matriekafskeidgeselligheid is verlede Donderdag in die Mittah Seperepere-konferensiesentrum gehou. Noordkaap was daar om foto’s van die mooi geklede paartjies te neem.
CARMEN DU PLOOY en haar metgesel, Gilbert Chalmers.
GODFREY VALENTINE (metgesel) en Sunitha Sauls.
LIZAY MANTLE (metgesel) en Adam Serfontein.
JEREMY DEETLEFS (metgesel) en Neresa Gagiano.
AD VAN ZYL (metgesel) en Monica Pain.
FRANCOIS GREEFF (metgesel) en Marissa Blomerus.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Art competition held THE William Humphreys Art Gallery (Whag) and Bloodhound SSC is having an art competition and exhibition with the theme Speed. The competition is only open to residents of the Northern Cape. There are five categories ranging from gr. R to gr. 12 and a sixth for adults. Works on paper or canvas may not be bigger than A2 in size (594 mm x 420 mm). Any medium may be used (oils, acrylic, pastels, pencil crayons, wax crayons or charcoal). Three-dimensional works may not be bigger than 500 mm x 800 mm x 60 cm. Any medium may be used. All artworks must be delivered to the Whag no later than 4 October. A selection of works will be chosen to be exhibited. The exhibition opening will take place on 22 October where the winner in
each category will be announced and prizes awarded.
For more information call Liz Bosman at the Whag. Visit
www.bloodhoundssc.com for inspiration.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
CHARNÉ BOOTH en Darryn Brönn, albei gr. 12leerlinge aan die skool. Foto’s: Ruan Bruwer
ELVIN FRIEDERICKS en Montasha Baaitjies, albei matrieks aan die skool.
METGESEL LORRIE ANN MILLER en Hendrik Mostert.
DIE Hoërskool Diamantveld se matriekafskeidgeselligheid het verlede week plaasgevind. Die geselligheid is slegs vir leerlinge van dié skool. Noordkaap was daar.
DIE matrikulante Arrie Conradie en Azelle le Roux.
FREDDIE DE JAGER en Alwina Malherbe, albei in matriek.
JEANDRÉ FRAIPONT en Neline Botes, albei gr. 12 leerlinge aan die skool.
JD SWANEPOEL en Annecke van Heerden wat albei vanjaar in gr. 12 is.
DIE matriekpaartjie Jacques Nel en Adré Badenhorst.
SHAWNMICHAEL CLEMENTS en Karien van Zyl.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
CECIL BOOYSEN (middel) en Warren Ahjum was die eerste twee wenners van die ondersteunerkompetisie. Hulle het hul R700kontantpry se van Doreen Mclaren van GWK Properties ontvang. Noordkaap het hulle op die paviljoen in hul Griekwastruie afgeneem. Die eerste wenner wie se foto ná die wedstryd teen die Westelike Provinsie geplaas is, het nog nie sy prys opgeëis nie. Foto: Erika Venter
Lesers kan groot wen met kompetisies Ruan Bruwer
NOORDKAAP en GWK Properties soek na alle lojale Griekwas-ondersteuners wat met elke tuiswedstryd op die paviljoen sit en hul span aanmoedig. Lesers kan aan twee kompetisies deelneem waarin lekker pryse gewen kan word – en jy hoef nie eens te veel moeite te doen om te wen nie. Noordkaap se fotograaf neem lukraak mense op die paviljoen met sy lang lens af. As jy in jou Poubloutrui afgeneem word en die foto die Woensdag in die koerant verskyn, is jy, danksy GWK Properties, R700 ryker. Dié kompetisie geld slegs al die Griekwas se tuiswedstryde. In die tweede kompetisie kan een leser ’n naweek vir twee van
R2 500 op die Magersfontein Golf Estate wen. Om vir die prys in aanmerking te kom moet jy ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5 Oktober teen die Cheetahs sal ondersteuners ’n paar dae tyd hê om vir die koerant vyf verskillende foto’s te stuur wat as bewys dien dat hulle al vyf wedstryde bygewoon het. Die foto’s moet verkieslik tydens die wedstryd geneem word waarin die twee spanne duidelik teen die agtergrond te sien is sodat ’n mens kan sien by watter verskillende wedstryde dit geneem is. Stuur dié foto’s ná 5 Oktober per e-pos vir Noordkaap. Die e-pos-adres sal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoef nie ’n Griekwas-trui vir dié spesifieke kompetisie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noordkaap kry, sal dan ’n naam getrek word wat dan die naweek op Magersfontein sal wen. Maak dus seker dat jy Saterdag op GWK-park in jou Griekwastrui sit.
Raai die rugbytelling en wen ’n eetbewys Ruan Bruwer NIEMAND wat voorspellings gewaag het in die rugbyraaikompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, het Vrydag se telling in die kol gehad nie. Maar ’n paar voorspellings was baie naby! Die Westelike Provinsie het die Griekwas met 19-13 geklop. Omdat niemand die eindtelling reggeraai het nie, het ons gekyk wie se voorspelling die Griekwas se eindtelling reg het of die naaste daaraan is. Kowie du Toit was nogmaals in die kol en het die Griekwas se 13 punte reg voorspel.
Hiermee wen hy ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. Die kompetisie duur die hele Curriebekerreeks – dus is dié prys elke week op die spel. Lesers moet elke week raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS
voordat die wedstryd begin. In dié naweek se geval (Griekwas speel tuis teen die Blou Bulle) moet die SMS voor Saterdag om 14:00 gestuur word. ’n SMS daarna word nie in aanmerking geneem nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Telling gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 Bulle 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word.
DIEGENE wat verlede Woensdag voor 17:00 ’n SMS vir die rugbyraaikompetisie gestuur het, sou ’n SMS teruggekry het wat sê “die kompetisie het reeds gesluit”. Ons vra om verskoning daarvoor. Daardie SMS’e is wel geregistreer.
Wen kaartjies DIE wedstryd Saterdag tussen die Griekwas en die Blou Bulle begin Saterdag om 14:00 op GWK-park. Dit is vroeër as gewoonlik vanweë die Springboktoets later die middag. Vyf lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Kaartjies gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman. Jy kan tot Vrydag om 10:00 ’n SMS stuur. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydagoggend per SMS in kennis gestel word. Hulle kan hul kaartjies tot 16:00 by die GriekwalandWesse Rugbyunie se kantoor gaan haal of dit Saterdag van 08:00 af by die toegangshek agter die hoofpaviljoen aanvra.
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Pad na genesing nie maklik nie KUNSKLASSE: Olieverf, akrielverf, lapverf en houtsneewerk. Tel. 053 833 1338 of 082 491 2466. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
LOOKING FOR OFFCAMPUS accommodation? Well, look no further. KPA Private Student Accommodation and also Unilofts bring you beautiful furnished and unfurnished accommodation. From a room in a student house to the high security complex of Unilofts, we will find you a home away from home that suits all your needs. Don't be the last to start looking. Contact us now at 051 411 2600/072 0880 166 or visit the website at www.studentaccommodatio n.co.za
122 AME BOTHA In die boedel van wyle Anna Marie Elizabeth Botha, identiteitsnommer 311109 0001 084 van Huis Teresa nommer 9, Hartswater, Meester se verwysing: 218/2013. Die eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hoogeregshof KIMBERLEY en die landdroskantoor te HARTSWATER vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 27 September 2013. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39-43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Dew29/0001
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682
086 1101 388 083 6700 788
SOEK, KOOP, VERKOOP
NA aanleiding van verlede week se berig waarin Noordkaap lesers gevra het om hul ervaring van ’n beenmurgoorplanting te vertel om sodoende meer bewusmaking te help skep, het Lize Nortjé die ervaringstuk per e-pos gestuur.
Ek was in 1997 op 13 jaar oud met leukemie gediagnoseer. Ek het die Leukemie Acute Myeloid – een van die gevaarlikste kankers, maar die geneesbaarste een – gehad. Ek weet nie hoe dit nou werk nie, maar daardie tyd het jy ’n voorlopig beplande drie chemo-behandelings gekry wat elkeen presies sewe dae lank was. Hulle toets voor en ná die tyd om jou kankertelling te bepaal en ’n beenmurgbiopsie word op jou gedoen wat baie seer is. Ek het maar stil gelê en die pyn verduur. Jy kry ook lumbaalpunksie (lumber punctures) en chemo word bykomend ingespuit. Blykbaar bereik die binneaarse chemo nie al die plekkies wat hy moet nie. As jy na jou eerste chemoterapie in remissie (skoon) is, toets hulle jou weer voor die tweede een en as jy dan steeds in remissie is, gee hulle jou nog twee behandelings sodat hulle seker kan wees jy is heeltemal genees, andersins begin jy weer van voor af met jou drie behandelings. Dit was die geval met my, so eindelik moes ek vier behandelings kry. Die chemo maak jou baie siek en daar is
Ek was in 1997 op 13 jaar oud met leukemie ge diagnoseer. Ek het die Leukemie Acute Mye loid – een van die ge vaarlikste kankers, maar ook die geneesbaarste een – gehad. soveel dinge wat jy nie mag doen en eet nie. Ons is net twee kinders – ek en my broer. Hy was ’n 100% match vir beenmurg. Dit is ongelooflik, want dit gebeur nie sommer nie. Ek is nie seker van wat die statistieke sê nie, al wat ek weet, is dat ons ongelooflik gelukkig was. ’n Mens besef dit net nie elke dag nie. In Maart 1998, die 18de om presies te wees, was ek klaar met my bestraling en chemoterapie en gereed vir my oorplanting. Dit is basies soos ’n bloedoortapping, maar ’n groot skok vir jou liggaam. En van daar af – as jou liggaam die beenmurg aanvaar – het jy ’n tweede kans in die lewe en dit is jou werk om mooi na jouself te kyk om 100% gesond te word. Dit was nie ’n maklike pad om te stap nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
15
Burger laat waai op rugbyveld Ruan Bruwer
bouskool.
gespeel het (2006).
IN die afwesigheid van Leon Karemaker, Wesley Wilkins en Justin Downey het die rooikoplosvoorspeler Burger Schoeman hom met uithalerspel in die Griekwaspan gevestig. Schoeman, wat môre sy 25ste verjaardag vier, het sy junior rugby vir die Westelike Provinsie gespeel (2007 tot 2009) waarna hy hom in 2010 by die Griekwas aangesluit het. Hy kon hom in die drie seisoene voor vanjaar nooit as ’n gereelde lid van die beginspan vestig nie en is selfs aan die Griffons geleen. Maar vanjaar het hy sy deurbraak gemaak en een van die span se staatmakers geword. Sy drie teen die Haaie twee Saterdae gelede was ’n briljante individuele poging. Hy het intussen 34 wedstryde (22 Curriebeker- en 12 Vodacombekerwedstryde) in die Poubloutrui op sy kerfstok wat vyf drieë insluit.
Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, dit was toe ek o.7 was vir die Laerskool WA Joubert toe ons nog met ’n leerbal gespeel het.
Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Het julle nie water om jul veld nat te spuit nie?”
Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Die voormalige Springbokkaptein Corné Krige wat ook in die Paarl skoolgegaan het.
Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die slegste is die voorseisoen in Kimberley se somer. Die lekkerste is al die lekker ouens wat hier speel.
Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? In die Paarl, ek was in die Boland-land-
Wat was jou grootste rugbyoomblik of -prestasie? My eerste Curriebeker-wedstryd in 2010 teen die Westelike Provinsie in Kimberley.
Halfway House of Springbok Pub? Halfway House.
En jou grootste teleurstelling? Om in dieselfde wedstryd teen die WP met 3-50 slae te kry.
Wat is die een groot voordeel om ’n professionele rugbyspeler te wees? Jy kry goedkoop rondes gholf.
Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Harde werk en deursettingsvermoë.
Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Ja, al die name wat ’n rooikop kan hê, daar is baie.
Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien? Toe ek vir my skool se eerste span
Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Nee, gelukkig is daar nie baie van hulle nie.
DIE rooikoplosvoorspeler van die Griekwas, Burger Schoeman.
Sportredaksie HOE goed is jou sportkennis? Is jy die voorbok wanneer daar om vleisbraaivure oor sportstatistieke gestry word? Jy kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Noordkaap deel weekliks met lesers ’n paar sportfeite en -statistieke en in die laaste uitgawe van elke maand word ’n vraag gevra. Die leser met die korrekte antwoorde wie se naam getrek word, sal ’n geskenkpak van R250 van SuperSport wen. Sien dus die vraag onderaan. Die Rugbykampioenskap is in volle gang. Hier is ’n paar rekords van die kompetisie wat sy aanvang in 1996 geneem het. ) Die All Blacks spog met die meeste titels (11), gevolg deur die Bokke en Wallabies met drie elk. ) Die grootste sege behoort aan die Springbokke wat Argentinië verlede maand met 73-13 afgeslag het. Daardie rekord het voor dit aan die Bokke behoort wat in 2006 met 0-49 teen die Aussies slae gekry het. ) Die meeste gesamentlike punte in ’n wedstryd was 90 in 1997 in Auckland waarin die All Blacks met 55-35 oor die Springbokke geseëvier het. ) Die laagste telling was 12-3 waarmee die All Blacks op ’n sopnat Nuweland in 2001 gewen het. ) Die meeste drieë in ’n enkele wedstryd is nege (Suid-Afrika teen Argentinië vanjaar). ) Die meeste drieë wat gesamentlik in ’n enkele wedstryd gedruk is, was 12 (NZ teen SA in 1997). ) Die minste drieë wat in ’n reeks deur ’n span gedruk is, is twee (Suid-Afrika in 2001). Beantwoord die volgende vraag korrek en jy staan ’n goeie kans om met die geskenkpak van R250 van SuperSport weg te stap: Wat is die meeste drieë wat deur ’n span in ’n wedstryd behaal is? Dit is maklik om vir die prys in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Trivia”, gevolg deur jou naam, van en antwoord. Byvoorbeeld: Trivia, Jan Snyman, 15. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50.
Sportredaksie
JOHN MITCHELL, ’n voormalige afrigter van die All Blacks, wys vir rugbyspelers van die Hoërskool Diamantveld hoe dit nou eintlik gedoen moet word tydens ’n besoek aan Kim berley ’n paar weke gelede. Foto: Ruan Bruwer
Mitchell help Diamonds met rugbyafrigting Ruan Bruwer
DIE afrigtingsmetodes op skolevlak in Nieu-Seeland verskil nie baie van Suid-Afrika s’n nie. Die Kiwi’s se manier gee hom egter die voordeel. Dit is die mening van die voormalige All Blacks-breier John Mitchell. Dié afrigter was ’n ruk gelede in Kimberley waar hy sowat 80 minute met rugbyspelers van die Hoërskool Diamantveld gewerk het. Die klem van die werksessie was op aanvallende spel en was baie wedstrydgeoriënteerd. Volgens Mitchell, wat ook die Goue Leeus in 2011 na hul Curriebekerglorie gebrei het, het Suid-Afrika veel groter spelersgetalle. Nieu-Seeland het egter die voordeel deurdat sy skole meer gespesialiseerde afrigting ontvang. “As ’n skool daar byvoorbeeld ’n talentvolle heelagter het wat potensiaal toon, maar die skool nie oor ’n kenner of ’n spesialis in daardie posisie beskik nie, kan hy by die Nieu-Seelandse Rugbyunie aanklop wat dan met die plaaslike provinsiale rugbyunie skakel om iemand af te vaardig om daardie speler met spesialis-afrigting by te staan. “Want in Nieu-Seeland is alles om die oplewering van All Blacks gesentreer,” het hy in ’n onderhoud aan Noordkaap gesê.
Met Mitchell se landwye afrigtingkursus, waarin hy by sowat 40 skole aangedoen het, het hy nie net sy kennis met die spelers gedeel nie, maar ook met die afrigters. Hy reken breiers in Kiwiland is beter toegerus vanweë ’n goeie afrigting- en opvoedingsmodel. “In Nieu-Seeland word afrigtingontwikkeling orals dieselfde toegepas en ontvang hulle baie hulp van die Nieu-Seelandse Rugbyunie. “Hulle het dit veel makliker as hier in Suid-Afrika wat nie dieselfde ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) kry nie. “Die opvoeding en ontwikkeling van afrigters is van groot belang, want uiteindelik is die kennis wat skolespelers kry van hul afrigters afkomstig.” Fisieke ontwikkeling tussen 16 en 19 jaar is volgens hom net so belangrik soos vaardigheidsontwikkeling. Mitchell, wat tot aan die einde van 2015 ’n kontrak met SuperSport as rugbyanalis geteken het, sê sy eerste kennismaking met die Diamantstad was in 2006 toe hy nog die afrigter van die Western Force was. Hulle het daardie jaar teen die Cheetahs in Kimberley gespeel. ’n Drie in die doodsnikke van die taai stryd het eindelik ’n sege opgelewer. “Ek onthou die gasvryheid en veral my eerste kennismaking met langarm hier.”
REËL 11: Onkant en speelkant in algemene spel Definisies: Met die aanvang van ’n wedstryd is alle spelers aan kant. In die verloop van die wedstryd kan spelers hulle in ’n onkant-posisie bevind. Hierdie spelers is dan strafbaar totdat hulle weer aan die speelkant is. In algemene spel is ’n speler onkant as hy voor ’n spanmaat met die bal is, of voor ’n spanmaat wat laas die bal gespeel het. Onkant beteken dat ’n speler tydelik buite spel is. Sulke spelers kan gestraf word as hulle aan die spel deelneem. In algemene spel kan ’n speler aan die speelkant geplaas word deur die optrede van hetsy ’n spanmaat of ’n teenstander. ’n Onkantspeler kan egter nie aan die speelkant geplaas word nie indien hy met die spel inmeng, of vorentoe beweeg na die bal toe, of versuim om 10 meter weg te beweeg van die plek waar die bal land. 11.1 Onkant in algemene spel: (a) ’n Speler in ’n onkantposisie is strafbaar slegs indien hy een van drie dinge doen: ) Inmeng met die spel, ) Vorentoe na die bal toe beweeg, ) Nie voldoen aan die tienmeter-reël nie (reël 11.4) ’n Speler in ’n onkantposisie word nie noodwendig meer gestraf nie. ’n Speler wat ’n onopsetlike vorentoe-aangee ontvang, is nie onkant nie. ’n Speler kan in die doelgebied onkant wees. (b) Onkant en inmeng met die spel: ’n Onkantspeler mag nie aan die spel deelneem nie. So ’n speler mag dus nie die bal speel of ’n teenstander hinder nie. (c) Onkant en vorentoe beweeg: As ’n onkantspeler se spanmaat vorentoe skop, moet die onkantspeler nie in die rigting van die teenstander beweeg wat wag om die bal te speel nie. Hy moet ook nie na die plek toe beweeg waar die bal val alvorens hy weer aan die speelkant geplaas is nie. ) Dié reël word volgende week verder bespreek.
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 SEPTEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Nuwe GW-breier se mikpunt is topdrie Ruan Bruwer DIT het by tye verlede seisoen maar broekskeur met die Griekwaland-Wesse krieketspan op die veld gegaan, maar as dit afhang van die nuwe breier, JP Triegaardt, kan dinge hierdie seisoen verander. Die Griekwas begin sy aanslag in die nasionale driedagreeks môre met ’n tuiswedstryd teen KwaZulu-Natal. Die eendagwedstryd word Sondag beslis. Die Griekwaland-Wessers het amper ’n week in Potchefstroom saamgetrek waar hulle wedstrydoefening gehad het. Volgens Triegaardt is die spelers gretig om te begin speel. “Ons het goeie voorbereiding daar gehad waar ons ons taktiek vir die seisoen bespreek het. Ek kon ook ’n idee
kry hoe die span gaan lyk. “Dit gaan ’n jong span wees wat ons in die veld gaan stoot, maar die nuwe spelers het goed ingeskakel,” het die 29-jarige breier genoem. Hy is onlangs as die opvolger vir Wendell Bossenger as afrigter aangestel. Triegaardt sê een van die Griekwas se doelwitte is om eerstens op verlede seisoen se teleurstellende posisies op die puntetabel te verbeter en in die topdrie van al drie kompetisies te eindig. In die 2012-’13-seisoen was die Noord-Kapenaars vierde laaste in die meerdagreeks met net 2 wenne uit 13 wedstryde. Ses wedstryde was onbeslis en vyf keer het hulle slae gekry. In die eendagreeks het die span laaste in sy groep klaargemaak en in die t20kompetisie was hy derde. ’n Sleutel tot sukses sal ’n sege vroeg
in die reeks wees. Verlede seisoen het die Griekwas eers in hul agtste wedstryd teen die Oostelike Provinsie ’n oorwinning behaal. Volgens die afrigter sal die kaptein uit Alan Kruger (verlede seisoen se aanvoerder) of Aubrey Swanepoel gekies word. In die wedstryd verlede jaar teen KwaZulu-Natal is hulle vir 91 lopies uitgehaal, maar die Griekwas kon nie dieselfde sukses in die KwaZulu-Natallers se tweede kolfbeurt behaal nie en die wedstryd het onbeslis geëindig. ) Die groep is: Alan Kruger, Ayavuya Myoli, Griffin Nieuwoudt, Aubrey Swanepoel, Aloysius Seleka, Jandré Coetzee, Jan Frylinck, Diego Rosier, Gihahn Cloete, Corbyn Dolley, Zakir Kathrada, Reggie Modise, Gerard Abrahams, Kagiso Mohale en Tebego Moekwena.
DIE linksdraaier van die Hoërskool NoordKaap se eerste krieketspan, Matthew Roland, was een van die voorste boulers op die krieketfees. Teen die HTS Daniël Pienaar van Uitenhage het hy 2/7 in 10 beurte platgetrek.
Foto: Ruan Bruwer
Paarl Boys’ High stonk HNK weer Ruan Bruwer DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Noord-Kaap het gemengde uitslae op sy jaarlikse krieketfees in Kimberley behaal, maar kon steeds nie wraak teen Paarl Boys’ High neem vir die nederlaag in die eindstryd van Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale t20-kompetisie verlede jaar nie. Noord-Kaap (HNK) het goed begin met ’n oortuigende sege van 133 lopies oor HTS Daniël Pienaar van Uitenhage. Aiden Brooker se bydrae van 81 het HNK gehelp om 214 te bereik. Brooker se 3/23 en Matthew Roland se 2/7 in 10 beurte het die Uitenhage-span vir 81 lopies help uithaal. Teen Framesby van Port Elizabeth was die skoen aan die ander voet. HNK moes 278 lopies vir ’n sege behaal (Brooker en
Roland was weer die beste boulers), maar kon net 145 aanteken. Net Roché Rossouw het ’n noemenswaardige telling van 55 lopies bygedra. HNK het in ’n tydwedstryd teen PaarlGimnasium maklik met nege paaltjies gewen. Brooker (5/55) en Hannes Jacobs (3/18) was die voorste paaltjievrate in Gimnasium se kolfbeurt van 148 almal uit. Wazeed Alexander se 51 lopies was die meeste in HNK se suksesvolle jaagtog. Teen Paarl Boys’ High was HNK onsuksesvol om sy 127 lopies te verdedig en het hy met twee paaltjies verloor. Roland, Rossouw en Rickus Zwarts het elk twee paaltjies ingeoes. Teen Paarl-Gimnasium (50 boulbeurte) het Patrick Kruger (71) en Rossouw (50) gehelp om 214/10 aan te teken. Gim is vir 194 uitgehaal met Brooker en Zwarts
nogmaals die uitblinkers met drie paaltjies elk. Teen Boland-Landbou Sondag het Brooker die beste boulsyfers deur ’n HNK-bouler op die week behaal toe hy 5/20 in 8 beurte platgetrek het. HNK moes 124 vir ’n oorwinning behaal en het dit met nog twee paaltjies staande vermag danksy Ruben Visagie se 32 en Kruger se 21 lopies. Eergister is t20wedstryde beslis: ) Die Hoërskool Diamantveld (DHS), die ander Kimberleyspan in die toernooi, het twee van sy drie wedstryde gewen. Ná ’n pak slae teen Framesby het seges oor Daniël Pienaar en Vryburg gevolg. Teen Daniël Pienaar het DHS 162 behaal. Andri Swart het 51 daarvan aangeteken. Daniël Pienaar is tot 121 beperk met Phillip Maritz 3/13 en
Nardus Bosman 4/17 die presteerders. Teen Vryburg het DHS 172 lopies opgestapel. Divan Nieuwenhuizen het 65 daarvan aangeteken. Vryburg is vir 92 uitgehaal met Maritz wat puik boulsyfers van 7/18 in 7 beurte behaal het. ) DHS se o.15A-span het teen Framesby gewen, maar teen Daniel Pienaar en Vryburg vasgeval. ) HNK se o.19B-span het teen Paarl-Gimnasium gewen, maar in ’n tweede wedstryd teen hom vasgeval en ook teen Paarl Boys’
High verloor. ) HNK se o.15-span het met Daniël Pienaar, Framesby, Boland-Landbou en Paarl-Gimnasium (onbeperkte boulbeurte) klaar gespeel, maar in die 50-boulbeurtwedstryd teen Paarl-Gimnasium verloor. Die wedstryd teen Paarl Boys’ High het onbeslis geëindig. ) HNK se o.14A-span se stryd teen PaarlGimnasium was onbeslis, maar hy het teen Paarl Boys’ High gewen en in die 50boulbeurtwedstryd oor Paarl-Gimnasium geseëvier.