Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 2 Oktober 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
’n Slag vir GWRU
Premierliga nie uitgebrei, relegasie-stryd wink Ruan Bruwer
Dansateljee tree op met sanger bl. 2
NZ beïndruk Kbypaartjie bl. 3
Laaste kans om te wen bl.9
ASOF dit nie reeds genoeg van ’n terugslag was dat die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) sy twee breiers aan die einde van die seisoen verloor nie, het ’n raadsaalbesluit die unie eergister verder ’n opstopper toegedien. Daar is gehoop daar sou eergister op ’n spesiale raadvergadering van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie besluit word om die Curriebeker se Premierliga volgende jaar weer na agt spanne uit te brei. Ses spanne spook sedert verlede jaar sake om die Goue Beker uit met die span wat laaste eindig wat ’n relegasie-wedstryd speel teen die span wat eerste op die eerste liga se puntelys eindig. Die nodige 75%-meerderheidstem om die Premierliga-formaat te verander sodat dit agt pleks van ses spanne bevat, is egter nie verkry nie, al het die meerderheid (19 teenoor 10) gestem om dit wel te verander. Met nog twee rondes se wedstryde oor lyk dit na ’n uitgemaakte saak dat die Poubloues in ’n relegasie-stryd met die Pumas gewikkel gaan wees. Laasgenoemde voer vanjaar ’n skrikbewind in die eerste liga en is nog onoorwonne. ’n Uitspeelwedstryd teen dié gedugte span is dus geen aangename vooruitsig nie, veral nie met die Griekwas wat gebuk gaan onder beserings en sonder ’n spul van hul eerstekeuse-spelers moet klaarkom nie. Wat wel in die Griekwas se guns sal tel, is dat hulle ’n moeë Pumas-span sal aandurf wat teen daardie tyd tot 16 wedstryde agtereenvolgens sou gespeel het teenoor die Poubloues se tien. Nog ’n voordeel is dat die Poubloues hulle met hul twee Springbokke, Willie le Roux en
Van Rooyen het gesê dit is toevallig dat albei saam bedank het en dit het niks met die span se uitslae op die veld te make nie. Lourens Adriaanse, sal kan versterk. ’n Duidelik teleurgestelde Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die GWRU, het gisteroggend erken die waarskynlike uitspeelwedstryd gaan die proses om ’n nuwe hoofafrigter aan te stel vertraag “aangesien ’n afrigter sal wil weet of die span volgende jaar in die Premierliga gaan speel of nie”. Pote Human en Abré Minnie het verlede week albei hul bedankings aangekondig. Hul kontrakte sou eers aan die einde van volgende jaar verstryk het. Van Rooyen het gesê dit is toevallig dat albei saam bedank het en dit het niks met die span se uitslae op die veld te doennie. ) Die Griekwas kan nog die laaste plek op die puntelys vryspring indien hulle hul volgende twee wedstryde (Cheetahs tuis en Goue Leeus weg) wen én die Cheetahs of die Blou Bulle albei hul oorblywende twee wedstryde verloor. ) Intussen is ’n trotse Griekwasrekord hierdie Saterdag teen die Vrystaat-Cheetahs op die spel. As die Poubloues vasval, sal dit die eerste keer in die professionele era wees dat hulle nie ’n enkele tuiswedstryd in die Curriebeker kon wen nie. Ofskoon die span drie keer bitter naby aan ’n tuissege gekom het, was dit hom nog nie in 2013 beskore nie.
DIE Kimberley Diamond Cupskaatsplankkampioenskappe doen ’n ding klaarblyklik g’n halfgebak nie. ’n Indrukwekkende vuur werkvertoning verlede Vrydagaand het die asem weggeslaan. Die kampioenskap wat die Maloof Money Cup van die vorige twee jaar vervang het, het die plaaslike regering vanjaar glo sowat R40 miljoen gekos. Foto: Rudi Jeggle
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Friday, 4 October: Stuart Milne, a solo musician originally from Kimberley currently living in Port Elizabeth, will be performing at the Gruispad-ateljee. He will also be selling his just-released EP (extended play). Tickets cost R60. Bring your drinks and picnic basket. Phone 073-491-0495. Friday, 4 October, to Sunday, 6 October: The GhaapXtreme Festival at the Broadwater River Estate offers something for any extreme sports enthusiast. Lovers of water sport can participate in the water ski tournament, a barefoot ski show, swimming race or speed boat show. Land-based outdoor enthusiasts can enter road-running races over 5 km, 10 km and a 21,1 km or a unique 60 km mountain bike race over rough terrain. Visitors can also take to the air for hot-air balloon rides or a remote-controlled aeroplane show. Phone Riana on 079-896-6627 or 076-676-6733 for more information. Saterdag 5 Oktober: Die Stillerweë-aftreeoord hou ’n potjiekosete. Dit begin om 18:00. Hoender, wild, skaapstertjies, bees, afval en ander bykosse is op die spyskaart. Daar gaan ’n dansbaan wees en ’n grootskerm waar die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks gekyk kan word. Kaartjies is R80 vir volwassenes en R40 vir kinders jonger as tien jaar. Saterdag 5 Oktober: Die uiters gewilde Nedine Blom se Supercool-kinderfees is terug in Kimberley. Daar is twee optredes in die Bikers’ Church, een om 10:00 en die ander om 18:00. Kaartjiepryse is R80 per persoon. Vir kaartjies bel Susan Weenink by 084-4751175. Saterdag 5 Oktober: Die ATKV herdenk die koms en optrede van Jim Reeves in Suid-Afrika 50 jaar gelede. ’n Huldeblykkonsert met die Centurionsangers- en musikante Trevor Nasser, Gerald Meyer, die Trio-orkes en dansers word vir die legende Jim Reeves gehou, net mooi 50 jaar ná die musikale rolprent Kimberley Jim waarin hy gespeel het. Dit begin om 11:00 by die Groot Gat. Skakel 082-925-1488. Saterdag 5 Oktober: Die NG kerk Du Toitspan hou van 09:00 tot
13:00 ’n mini-dankfees op die kerkterrein. Smaaklike sosaties, pannekoek, poeding, kerrie-en-rys en handwerk is op die spyskaart. Saterdag 12 Oktober: Ná ’n kwarteeu as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en gerespekteerde sangers doen Steve Hofmeyr vanjaar ’n konsert 25 Jaar se bestes. Hy het vanjaar ’n gelyknamige album uitgereik met 42 treffers waarvan die meeste volksbesit is. Hy kom ’n tweede keer vanjaar met hierdie optrede na Kimberley. Die optrede van 90 minute begin om 19:00 in die CRC-gebou. Kaartjies, teen R100 per persoon, is by Computicket of Louwrika van Niekerk (083-746-8385) te kry. Saturday, 12 October: The Kimberley preliminary round (one of six nationally) for the hip-hop dance South African competition takes place at the Kimberley city hall. This is the biggest dance competition in South Africa. The winners of the Kimberley prelims will compete in the finals where the overall winners will represent South Africa at the world hip-hop dance championship in Las Vegas, America. Registration is now open. If you think you have what it takes, call 076-4319484 or send an email to info@hiphopdancesa.com for the competition guidelines and registration forms, or go to www.hiphopdancesa.com. Saturday, 19 October, to Saturday, 26 October: The annual Barney Barnato Golf Tournament, an individual Stableford tournament, takes place at the Kimberley Golf Club. Entry requirements include affiliation to the South African Golf Association, a handicap limit of 24 for ladies and 18 for men and a minimum age of 16 years. Proof of handicap is required. The competition fee is R170. Phone Ronnie Engelbrecht on 053-841-0127 or 082-552-6355. Tuesday, 22 October to Thursday, 24 October: Museums in Kimberley will jointly host the 77th annual conference of the South African Museum Association at the Horseshoe Inn. The conference celebrates the richness of the historical heritage as well as the inventiveness and vitality that have characterised the museum sector’s action in recent years. Phone David Morris on 053-839-2706.
NEDINE BLOM, Saterdag hier met twee vertonings van die Supercoolkinderfees.
Dans met Nedine Ruan Bruwer
NAGENOEG 13 weke van baie sweet en lang ure se voorbereiding word hierdie Saterdag ’n werklikheid wanneer meer as 200 plaaslike dansers saam met die sanger Nedine Blom ’n verhoog deel. Dansers van die Charlene Bouwer-dansateljee in Kimberley gaan in twee vertonings saam in Blom se Supercool-kinderfees optree. Die Supercool-kinderfees is ’n seldsame musikale kinderskouspel. Dit was ’n droom van Blom om kinders die sterre van haar kinderproduksie te maak waarin sy die kinders in ’n multimedia-vertoning lei om saam met haar te dans en sing. Dansers van die dansskool vir seuns en meisies se ouderdomme wissel tussen 2 en 21 jaar. Volgens Bouwer sou hulle van gister tot Vrydag elke dag van 16:30 tot 20:15 ’n kleedrepetisie doen. Blom sluit haar môre by die groep aan om saam deur die dansbewegings te gaan. “Nedine het my einde verlede jaar gebel en gevra of ek nie met my dansers die kinderfees saam met haar wil aanpak nie. “Sy het aan my haar voorgeskrewe liedjiekeuse gegee en ek moes al die choreogra-
fie op die verskeie liedjies uitwerk. Dit sluit ’n redelike breë spektrum van dansstyle in,” het Bouwer vertel. Sy sukkel om haar opgewondenheid te beteuel. “Dit is vir my, sowel as die studente, ’n rare geleentheid om voor ’n gehoor in ’n konsert op te tree en om met ’n bekende en geliefde sanger die verhoog te deel. Die blootstelling aan professionele mense is ’n geleentheid soos min. Onthou, geleenthede vir dansers is baie beperk. “Dit is so ’n groot geleentheid hierdie dat ons ons eksamen na volgende jaar geskuif het. In die 16 jaar sedert ek die dansateljee geopen het, is hierdie die grootste geleentheid waarby ons betrokke is.” Blom se eerste kinderalbum, Supercool, het ’n Sama-eerbewys vir beste Afrikaanse kinderalbum ontvang. Nie lank daarna nie het die uitreiking van Supercool vir Jesus gevolg wat ook ’n Sama verower het. ’n Opvolg-album vir albei is ook sedertdien uitgereik waarvan die totale verkope oor die 100 000 is. ) Daar is twee optredes in die Bikers’ Church, een om 10:00 en die ander om 18:00. Kaartjiepryse is R80 per persoon. Vir kaartjies bel Susan Weenink by 084-475-1175.
Stuur nuus só INDIEN jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap, ons plaas dit gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit ons voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. Jy kan die inligting e-pos na noordkaap@volksblad.com, dit faks na 086-214-7986 of per SMS stuur na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
3
NS-besoek wys kwelpunte in SA duidelik Ruan Bruwer NÁ twee en ’n half weke oorsee in ’n vreemde, nat en koue land sal die meeste mense waarskynlik net wil huis toe. Dit is nie heeltemal die geval met Jeffrey en Marilyn van Rooyen van Kimberley nie. Dié egpaar is pas terug in Suid-Afrika ná ’n 16-dag-kuier in Nieu-Seeland en is krities oor hul tuisland noudat hulle ’n ander land beleef het. Jeffrey se broer het ’n dekade gelede na Taumarunui in Kiwiland geëmigreer en het volgens Jeffrey nie die behoefte of begeerte gehad om hier te kom kuier nie. Dié dat die Van Rooyens maar daar gaan kuier het. Dit was ook so gereël dat dit saam met die rugbytoets in Auckland val waar die Springbokke verlede maand teen die All Blacks gespeel het. Hulle het ook van die land se vele ander besienswaardighede besoek. Wat die grootste indruk op die twee gemaak het, is die land se goeie infrastruktuur en hoe goed dit bestuur word. Veral sy openbare vervoerstelsel werk volgens hulle uiters doeltreffend. “Anders as hier is daar nie dieselfde braaikultuur voor wedstryde nie. Die rede daarvoor is waarskynlik omdat hul toetswedstryde in die aand beslis word en omdat so baie van die toeskouers die busdiens gebruik. Elke minuut stop ’n bus om jou op te laai. “Maar die atmosfeer vooraf was baie jolig. Intense afwagting het geheers,” het die paartjie vertel. Die Kiwi’s se uitjouery van die Springbokke het ’n slegte smaak gelos. “Dit het amper die lekker gees vooraf tot niet gemaak. Van hul ondersteuners is baie bar. Hulle
DIE Van Rooyens van Kimberley, Jeffrey en Marilyn, verlede maand op ’n besoek aan NieuSeeland met Auckland se bekende toring op die agter grond. Dit is op 328 m die 12de hoogste gebou ter wêreld. Foto: Verskaf lewer baie kommentaar en van hulle is selfs geniepsig. “Hulle het geen simpatie oor Bismarck (du Plessis) se onreëlmatige rooi kaart getoon nie en het dit eerder ondersteun.” Jeffrey was, volgens sy vrou, halfpad deur die wedstryd soos ’n beer met ’n seer tand en in geen goeie bui oor daardie omstrede beslissing nie. Volgens hom, een
van die Griekwas se voorste rugbyskeidsregters, is dit omdat die Springbokke duidelik benadeel is en omdat hy weet wat die reël oor ’n hoogvat sê. Oor die algemeen het die land egter ’n goeie indruk op hulle gemaak. “Dit is baie skoon en netjies. Stelsels is in plek vir selfdiens by vulstasies én in supermarkte.
13
90 per pack
Jy skandeer self jou ware en betaal by die masjien daarvoor. “My broer wat in die polisie is, sê geringe misdaad kom daar voor. As ’n motor gesteel word, is dit meestal omdat iemand vervoer benodig het om iewers te kom en nie met die bedoeling om die motor te verkoop of te hou nie. “Die lae misdaadsyfer blyk daarin dat Nieu-Seeland as een
Golden Delicious Apples 1.5kg
van die heel veiligste lande beskou word om in te woon.” In Auckland, met ’n groot Suid-Afrikaanse inwonertal, is daar volgens hulle in sekere winkels ’n rak met eg Suid-Afrikaanse produkte. Jeffrey vergelyk Nieu-Seeland se grootste stad met Johannesburg, net dat dit skoner is en minder voertuie op die paaie het.
27
50
per pack
Salad Combo 2.5kg
Prices valid from 02 - 06 October 2013
4490 per kg
Kameelhout Boerewors
1849 each
Helios Medium Fat Spread Tub 1kg
6990 per kg
699
per pack
Rump Steak
R
18
Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s
per pack
Enterprise Red or Smoked Viennas 500g
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
SA vorder tog sedert 1994 SUID-AFRIKA hét vordering gemaak sedert demokrasie bykans 20 jaar gelede ’n werklikheid in die land geword het. Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het die vooruitgang van swart mense in die ekonomie en die breër samelewing sedert 1994 toegeneem en kan transformasie tot dusver nie as ’n mislukking beskou word nie. Sedert 1994 het 71% van die land se swart mense formele behuising teenoor 53% in 1996. Vandag besit 5,8 miljoen swart mense (14% van dié bevolkingsgroep) hul eie huis teenoor 4,58 miljoen in 2001. Net 6 000 meer wit mense as in 2001 besit hul eiendom. SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
Dit blyk die opkomende swart middelklas haal die wit middelklas in wat huiseienaarskap betref. Partye soos Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters kan gerus hiervan kennis neem. Dié party beywer hom veral om groter grondbesit vir swart mense te verkry. Die gapings tussen rasse kan nog verder vernou word deur ’n goeie onderwysstelsel, ’n omgewing wat kleinsake en entrepreneurs ondersteun en sterker ekonomiese groei sal aanhelp. Luidens die SAIRV-navorsing het die getal swart mense wat motors besit die afgelope agt jaar verdubbel en beduidend meer het toestelle gekoop wat tog verbeterde koopkrag en lewenspeil weerspieël.
MINIMUM 9°C 10°C 11°C
MAKSIMUM 31°C 33°C 33°C
SKETS: Danie Cronjé
Die euwel van drank in gesinne Hannes Noëth
DAARDIE dag het vir my vreemd begin. Dit was ’n anderste dag. Juis vanweë die andersheid van daardie dag onthou ek dit so in detail. Dié spesifieke dag het begin met drie oproepe ná mekaar. Dae in die bediening is soms meer onvoorspelbaar as die Noord-Kaapse wind. Sommige dae werk uit soos jy beplan het, uur vir uur. Ander dae hardloop net van die oggend tot die aand op ’n heeltemal ander spoor as wat jy gereken het. Dit neem net een sterfgeval of een onvoorsiene krisis en ’n dag is op sy kop. Soms is daar twee of drie dinge op een dag wat anders loop, nou ja, dan het jy so ’n bietjie van ’n chaos. Drie oproepe kort ná mekaar tussen 07:00 en
08:00 voorspel die potensiaal om ’n dag om te keer. En sowaar: Daardie drie oproepe het gemaak dat ek die res van die dag nie naby my geskeduleerde dagboek gekom het nie. Drie oproepe ná mekaar klink so georden, asof dit uitgewerk is. Tog was elke oproep ’n noodkreet na ’n spesifieke krisis . . . Wat vreeslik vreemd was, is dat al drie oproepe presies dieselfde tema gehad het. Drank. Oproep 1: “Pa het gisteraand (weer) te veel gedrink, dit was erg, sal dominee dadelik kom help asseblief?” Dit was terloops die stem van ’n 12-jarige meisie goed aan my
GEBEURTENISSE op 2 Oktober in die geskiedenis: 1601 – Die Nederlandse lensmaker Hans Lippershey demonstreer die eerste teleskoop. 1870 – Rome word Italië se hoofstad. 1899 – Pres. Paul Kruger sê oorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en Brittanje is “onvermydelik”. 1925 – Die eerste uitgawe van Volksblad as dagblad verskyn in Bloemfontein. 1969 – Die omstrede toets van ’n waterstofbom, ondergronds op die Aleoetiese Eilande deur die Amerikaners uitgevoer, verloop sonder om die verwagte aardbewing te veroorsaak. 1985 – Die Amerikaanse akteur Rock Hudson (59) sterf in Los Angeles aan vigs. 1995 – Die veiligheidshoof van die SuidAfrikaanse Intelligensiediens (NIA), Muziwendoda Mdluli, word dood in sy motor naby die Botaniese Tuine in Pretoria aangetref. Hy was besig met ’n ondersoek na die vermeende betrokkenheid van die NIA by die huursoldaat Bob Denard se mislukte staatsgreeppoging in die Comore. KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) ’n Polisiekonstabel is dood nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor en ’n straatlamppaal getref het. Lt. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê konst. Tebogo Mokubung (27) van die Galeshewe-polisiekantoor het in Barklyweg in Homestead in ’n Opel Corsa gery toe die ongeluk gebeur het. Hy is op die toneel dood verklaar. ’n Fietsryer wat die ongeluk sien gebeur het, is op die toneel vir skok behandel. ) Die DA is nie oortuig die Kimberley Diamond Cup-skaatsplankkompetisie dra enigiets daadwerklik tot die Noord-Kaapse ekonomie of tot die verligting van arm mense se agterstand by nie. ’n Onlangse verslag toon dat die regering vanjaar sowat R40 miljoen bestee het. Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, sê die verslag waarin slegs enkele bemarkingsvoordele uitgelig word, is nog nie aan die wetgewer voorgelê nie. ) Die liedjieboer Anton Goosen is Saterdagaand kort voor ’n private optrede herenig met sy geliefde Taylor-kitaar wat tussen vliegtuie en lughawens soek geraak het. Dit was so hittete of hy moes op ’n geleende kitaar op ’n verjaardagpartytjie op Kathu speel. Die kitaar is verlede Vrydag deur personeel van die Internasionale Lughawe Kaapstad verlê. Dit is die eerste keer sedert 1979 dat een van sy kitare agterbly. Goosen
Die Diamantstad se koerant
Tel. Faks
053 831 2331 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
bekend van ’n buurdorp. Oproep 2: “Hannes, sy het uiteindelik so ver gekom dat ons haar vandag kan laat opneem. Maande se gesoebat en gesmeek het vanoggend ’n ja gekry. Kan jy dit (vandag) reël asseblief?” Oproep 3: “Dit is finaal verby, ons het hom nou afgeskryf. Hy het drank gekies. Die dag as hy sy keuse verander, sal ons weer daar wees. Tot dan, dominee, tot dan is ons klaar met hom.” Daardie hele dag was ek besig met die geweldige impak van drank in gesinne. Soos soveel kere vantevore in my bediening. Soveel keer was daar egskeidings, soveel ongelukke, soveel seer, soveel ongelukkigheid aangespoor en aangevuur deur verkeerde gebruik van drank. Vandag wil ek net ’n kort vragie vra: Gebruik jy alkohol verantwoordelik?
1995 – Die voormalige Amerikaanse voetbalster O.J. Simpson word vrygespreek op aanklag van moord op sy gewese vrou, Nicole, en haar vriend Ron Goldman. 2003 – Die Suid-Afrikaner J.M. Coetzee wen die Nobelprys vir letterkunde. Geboortes op die dag: 1857 – M.T. Steyn, Vrystaatse president (sterf in 1916). 1951 – Britse sanger Sting (sy regte naam is Gordon Sumner). 1967 – Frankie Fredericks, Namibiese atleet. 1971 – Tiffany, Amerikaanse popsanger. 1977 – Justin Kemp, voormalige veelsydige speler van die Proteas.
het eers in Kimberley agtergekom die kitaar het nie saamgekom nie. ) Meer skaatsplankryers as verlede jaar het aan die Kimberley Diamond Cup-skaatsplankkampioenskap deelgeneem. John Block, Noord-Kaapse LUR vir finansies en toerisme, het negatiewe persepsies ontken oor die regering se “onoortuigende regverdiging van miljoene rande wat net enkeles bevoordeel”. “Die Maloofs het nie onttrek nie, ons het die kontrak gekanselleer. Dit is groter en beter as voorheen. Vorige deelnemers het teruggekom en nuwes het bygekom. Niks skort met die byeenkoms se geloofwaardigheid nie,” het Block gesê. ) Die stad is ’n bietjie skoner en netjieser nadat die DA verlede week rommel opgeruim het met die oog op Wêreld-toerismedag wat verlede Vrydag gevier is. Rommel wat om die gewilde tremroete van die stadsaal tot by die Groot Gat lê, is deur DA-ondersteuners opgetel. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Road race held TRANSNET’S annual road race takes place this Saturday, starting at 06:00 from the Pirates Club. Entries for the race over 21,1 km and 10 km will be from 05:00 and entry fees are R50 for the half-marathon and R30 for the 10 km race. Temporary licences will be available at R30 and all finishers will receive a medal. There will also be a 5 km fun run. Walkers for the three races are also welcome. Call Donald Phillipson on 072-598-1445 with any questions.
JOURNEY TO RETIRING THE RIGHT WAY South Africans are living, on average, seven years longer. This means that you will have to stretch your retirement savings even further or delay your retirement. Wilfred Moyo, Investment & Economic Strategist at Metropolitan explains the steps to ensure a comfortable retirement.
4. Don’t be tempted to cash in your fund before retirement It can be very tempting to dip into your retirement fund to help pay off debt now. If you are retrenched or resign from your job, move your retirement money to a preservation fund or another retirement product. If you cash out your retirement fund and spend the money, you will have to save twice as much to make up for it.
1. Set your retirement goal Before you start your journey, you can estimate how much money you will need to save for retirement to maintain your current standard of living. A pension equal to 60% to 75% of the salary you are earning in the year before you retire will be enough. For example, if your income before you retired is R10 000, a pension of R7 000 should be enough to maintain your lifestyle.
5. Know your options when you retire As you get closer to retirement, you need to start considering the details of the annuity that you will purchase. An annuity is a policy where you will invest your retirement fund to secure a regular pension.
2. Find the best retirement savings option You can save for retirement in a retirement annuity (RA), pension or preservation fund, savings plan or bank account.A retirement annuity is designed for retirement savings and you get tax breaks as well. You can save a set amount every month into your RA to build up a retirement fund. You can also save a large single amount of money into your RA (i.e. you can save R300 every month or R1 000 every three months).
Wilfred Moyo, Investment & Economic Strategist at Metropolitan
This important decision means the difference between making your retirement money last and running out of money midway through retirement. 6. Shop around for competitive annuity rates When choosing an annuity, compare the annuity rates offered by the various insurance companies. The annuity rate is the rate of interest used to determine your monthly annuity amount. The higher the annuity rate, the more pension you’ll receive. Try to aim for the company that offers the best annuity rates. Your financial partner before and at retirement We can help with one of the biggest financial decisions that will impact the rest of your life. Contact the Kimberley branch on (053) 833 1571/2 or visit us at 7 George Street, Kimberley. You can also contact the Upington branch on (054) 332 4604.
BA/MET/11089/15
3. Check your savings regularly against your retirement goal Retirement is a long-term saving goal. You need to check the retirement fund value against your retirement goal. A qualified financial adviser can assist you by using the right financial tools. If you are not savings enough to meet your target, you may have to increase your contribution to your retirement fund. You can start by revising your monthly budget to cut down on unnecessary spending. For example, eat less takeout food and prepare home-cooked meals.
At retirement, you will be faced with a number of annuity options, for example a living annuity, joint life annuity, etc. This is a critical stage in your retirement journey. Your financial adviser can explain each type of annuity along with the advantages and disadvantages of each.
LIFE
|
FUNERAL
|
E D U C AT I O N
|
RETIREMENT
|
H E A LT H
Metropolitan, a division of MMI Group Limited, an authorised financial services provider.
|
INVESTMENTS
5
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
GRAFIKA: Johan de Beer
6
GW loop deur Pieter Bergh staan skoene by GWRU vol NIEMAND behoort dit vreemd te dink as die Griekwas-bestuur hardop wonder wat hy gesondig het met al die beserings wat die span in die Curriebeker-reeks bloots ry nie. Die span is weekliks deur skete aan spelers ontwrig en dan was daar ook ’n paar fratsongelukke, soos beenbreuke en ’n spe-
ler wat sodanig in ’n mesaanval beseer is dat hy nie weer vanjaar in aksie gaan wees nie. Elke week wat spanbestuurder Pieter Bergh die spanlys aan die media uitgestuur het, was dit deurspek met spelers se name in rooi (wat op veranderings van die vorige wedstryd dui).
Ruan Bruwer
Sondae begin hy reeds met die ontleding van die wedstryd en met die bestudering van daardie naweek se statistieke van die ander spanne in die Curriebekerreeks. Hy sê daardie statistieke word gebruik as hulp vir die voorbereiding en ontleding van die Griekwas se volgende teenstander. Spelers hou volgens hom nogal daarvan om hul statistieke met ander spelers in hul posisies in die Curriebekerreeks te vergelyk. “Toe ek nog by die Boland was het dit my tussen agt en tien uur geneem om ’n wedstryd deur te werk om vir al die spelers op ’n Maandag hul statistieke te kan gee. “Danksy gevorderde tegnologie neem dit nou minder tyd in beslag.”
BY die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) is ’n knap begroting altyd ’n uitdaging om te oorkom. Daarom moet werknemers ’n paar balle in die lug gelyktydig kan hanteer. Só moet die afrigter, Pote Human, byvoorbeeld self soggens die hekke by die unie se kantoor oopsluit – iets wat jy nooit by ’n groter rugbyunie sal aantref nie. Daar doen sekuriteitsbeamptes dit. By die GWRU beklee die 28-jarige Pieter Bergh nie een nie, maar drie poste. Waar die meeste unies hul eie spanbestuurder het wat nét daardie rol vertolk, is dit maar een van sy take. Hy is benewens die Griekwas se spanbestuurder ook die Kwaste se verdedigingsafrigter, asook die tegniese analis. Volgens hom verg al drie take ewe veel tyd. Hy kla nie oor die vele verantwoordelikhede nie en sê dit hou hom lekker besig. “Jy word maar weens ’n beperkte begroting gedwing om meer te doen. Dit was tog interessant toe die Blou Bulle vroeër vanjaar hier gespeel het. Ek het 13 of 14 spanbestuurslede getel. Dit was net vir hul Vodacombeker-span, want hul Superrugby-span het in daardie stadium oorsee getoer. Brei nou ou spanmaats Bergh is einde 2011, toe hy nog by die Boland-rugbyunie gewerk het, genader om die volgende seisoen by Human Kriek oor te neem wat toe ’n pos by die Westelike Provinsie aanvaar het. Kriek was die Griekwas se ontleder en spanbestuurder. Bergh is tot einde volgende jaar by die GWRU gekontrakteer. By die Boland het hy as tegniese ontleder begin (vir drie jaar) waarna verdedigingsbreier (2010) en agterlynafrigter (2011) bygekom het. Bergh, wat vir die Boland Cravenweek-rugby gespeel het (die provinsiale spelers Hilton Lobberts, Elgar Watts en Rohan Kitshoff was sy spanmaats), het ná skool junior rugby vir die Pukke en Maties gespeel. Hy het tydens die herstel van ’n besering sy hand aan afrigting gewaag en besef hy geniet dít meer as om te speel.
Dit is veral die slotte wat net eenvoudig nie ongedeerd en ongeskonde uit ’n wedstryd kon kom nie. Afrigter Pote Human kon die eerste keer in agt wedstryde dieselfde slotpaar – Jaco Nepgen en Rory Arnold – vir verlede Saterdag se wedstryd teen die Blou Bulle kies.
PIETER BERGH, die Griekwas se spanbestuurder en verdedigingsafrigter, sowel as die teg niese analis. Hier vertolk hy die rol as verdedigingsbreier. Foto: Ruan Bruwer
Wil 16de speler wees Maandae is dit ’n nabetragting en ’n oorsig (review) van die vorige naweek se wedstryd en Dinsdae is dit die vooruitsig van en beplanning (preview) vir die volgende teenstander. Dit gaan met ’n videosessie gepaard voordat die oefenveld betree word. Dinsdae is vir hom ’n belangrike dag. Dit is wanneer hy en die spelers spesifiek aan verdediging oefen. In die week spreek spelers Bergh ook individueel om te kyk waar hulle gefouteer het en waar hulle kan verbeter, sowel as wie hul direkte teenstander vir die volgende wedstryd is en wat sy sterk en swak punte is waarop gefokus moet word. Hy sit nie soos die meeste ander tegniese ontleders of verdedigingsafrigters in ’n afrigterslosie bo in die paviljoen nie. Hy verkies eerder om reg langs die kantlyn te wees en beskou homself as ’n 16de speler.
Hy het vir Watts by die Boland afgerig en nou is dit die geval met Lobberts by die Griekwas. Bergh het ook saam met Marnus Hugo (Griekwas se skrumskakel) as jongelinge in die Boland krieket gespeel. “Die groot ding is om respek by die ouens af te dwing en ’n werkverhouding met hulle te hê. Dit sal nie kan werk om saam met hulle te kuier nie.” Bergh erken hy was gelukkig om ’n voet in
FB-inskrywings net vir die grap Met die Griekwas se wegwedstryde weet Bergh se Facebook-vriende hulle kan elke keer ’n inskrywing op sy Facebookmuur verwag wat die hotel se naam en sy kamernommer bevat waar die span tuisgaan. Hy lag en vertel ’n speler van die Boland, Hein Myburgh, het as ’n grap daarmee begin. Nou hou Bergh daarmee vol. “Dit is nie om mense na my kamer te lok of te nooi of iets nie,” skerm hy vinnig.
die deur by die Boland te kry waar sy pa die uitvoerende hoof was. “Ek wou net betrokke geraak het en is dankbaar vir die geleentheid om met die video-analise te begin help. “Ek kyk sedertdien anders en met ’n ander perspektief na rugby.” Rus op Sondae hom nie beskore Bergh se werkweek eindig nie op ’n wedstryddag soos die meeste mense sal dink nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Swemafrigters moet reëls volg Ruan Bruwer “JY speel met ’n kind se lewe,” waarsku Deon Steyn, president van die Noord-Kaapse Federasie vir Watersport in die Noord-Kaap (Nocasa), swemafrigters van private swemskole wat nie gesertifiseer is of aan die nodige veiligheidsvereistes voldoen nie. Steyn sê daar is toenemend meer swemskole waar die papierwerk nie reg is nie. Swemskole en hul afrigters moet geakkrediteer wees en oor die nodige kwalifikasie van Swem Suid-Afrika (Swem SA) beskik om te mag funksioneer. Daardie sertifikaat verval elke jaar en moet hernu word.
“Ek weet van afrigters wie s’n lankal verval het en steeds kinders afrig en leer swem. Jy as afrigter verleer goed, dit is hoekom dit jaarliks hernu moet word. Ons is baie positief jeens swemafrigting; om te swem is ’n lewensvaardigheid en noodsaaklik. Ons wil net graag sien swemskole se papierwerk is reg. “Voordat ’n swemskool mag begin funksioneer, moet dit aan sekere veiligheidsvereistes voldoen en deur Swem SA geïnspekteer en geakkrediteer wees.” Volgens Steyn het water die moontlikheid om ’n vrees by mense te ontlok indien hulle op ’n jong ouderdom ’n vreesbevange ervaring daarmee gehad het. “Dit kan ’n letsel
‘JY speel met ’n kind se lewe,’ waarsku Deon Steyn, president van die Noord-Kaapse Federasie vir Watersport in die Noord-Kaap (Nocasa), swemafrigters van private swemskole wat nie gesertifiseer is of aan die nodige veiligheidsvereistes voldoen nie. los. Die afrigters moet ook deur die polisie die groen lig gegee word, want ons het al met pedofiele te doen gehad. “By swembaddens moet ook die nodige noodhulptoerusting wees en alle openbare swembaddens is veronderstel om ’n menseredder te hê wat toesig hou. “Ouers weet nie dié goed (swem-
skole en afrigters wat nie aan die nodige vereistes voldoen) nie. Ons raai hulle aan om ons gerus te bel as hulle hul kind wil leer swem en op ’n swemskool moet besluit. Ons sal aanbevelings kan doen.” Volgens Steyn bestaan baie private swemskole in die provinsie en neem dit veral op Upington toe. “Baie van hulle doen dit sommer
van hul huise af. Al het jy jou eie swembad in jou erf waar jy afrig, moet jy geaffilieer en geregistreer wees. Daar is nog nie ’n wet wat hulle verhoed nie, maar dit kom. “As ’n sterfte of ongeluk in die swembad voorkom, wil jy antwoorde kan gee. Dit help nie jy kom dán na ons vir hulp nie. Volg van die staanspoor die reëls,” is Steyn se pleidooi. “Nog ’n vereiste van Nocasa is persoonlike vrywaringsversekering sodat jy beskerm is teen ’n moontlike eis in die geval van ’n ongeluk of verdrinking. Dit dek jou vir R1 miljoen vir ’n jaar. Steyn kan by 083-281-4043 of info@ncapeaquatics.co.za bereik word.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
More females in population DID you know that: According to Census 2011, South Africa’s population stands at 51 770 560 people. Africans are in the majority at
41 000 938, making up 79,2% of the total population. The coloured population is estimated at 4 615 401 (8,9%), the white population at 4 586 838 (8,6%) and
the Indian/Asian population at 1 286 930 (2,5%). Females make up just over half (51,3%) of the population, and males 48,7%.
Wenners bekend JOHAN DU TOIT se antwoord in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie was korrek. Hiervoor ontvang hy ’n geskenkpak van R250 van SuperSport. Die vraag was: Wat is die meeste drieë wat deur ’n span in ’n kampioenskapwedstryd behaal is? Die antwoord is nege deur die Springbokke teen Argentinië in Augustus vanjaar. ) Die vyf gelukkige mense wat rugbykaartjies na verlede Saterdag se Curriebeker-wedstryd op GWK-park gewen het, is die volgende: JP Zeelie, Fanie Minne, Louis Knoesen, Elizabeth Gabuza, asook Stephen Quinn. ) Mariëtte Cloete en Marijke Steyn was die gelukkige wenners wat kaartjies na Dewald Wasserfall se vertoning verlede Saterdag gewen het.
Solar power shows impact INDEPENDENT power producer Droogfontein Solar Power has already had a positive impact on the local communities through employment and training and is continuing to do so. During the construction period an average of approximately 200 people were employed, however, during the peak of construction over 350 workers from the local community were employed. “The number of jobs varies from month to month depending on the level of construction, with a peak of approximately 450 jobs during July and August this year,” commented Kevin Foster, project manager for Droogfontein Solar Power. The farm is located 15 km outside Kimberley on the N12. With a commitment to employ as many people from the local community as possible, it has resulted in about 75% of the Droogfontein Solar Power total workforce on site being drawn from the local population. In line with renewable energy’s aim to positively impact on the environment, Droogfontein Solar Power also
Wen kaartjies DIE wedstryd Saterdag tussen die Griekwas en die Vrystaat-Cheetahs begin Saterdag om 14:00 op GWK-park. Dit is vroeër as gewoonlik vanweë die Springboktoets later die middag. Vyf lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Kaartjies gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman. Jy kan tot Vrydag om 10:00 ’n SMS stuur. Die vyf wenners sal Vrydagoggend per SMS in kennis gestel word.
has an indirect effect on businesses – especially service providers, local manufacturers and suppliers. “The greater Kimberley community undoubtedly benefit from this project through supplier contracts during the construction and operations phase, as well as acquiring training and experience in a new industry to South Africa,” Foster said. The project has also helped boost the local tourism industry, with an increase in hotel room occupancies, board and other services required by the project staff. “This solar power project has already drawn a significant number of interested visitors to the area and we expect this to increase substantially once energy production commences next year.” According to Foster the project along with its contractors procure goods and services locally, where possible. “Many of the plant components are not yet available locally. “There actually is great potential for the supply of solar power equipment in the Kimberley area and further on for future projects.”
‘Noordkaap’ op soek na nuushonde NOORDKAAP is op soek na iemand wat gereeld redaksionele bydraes vir die koerant kan skryf. Belangstellendes moet in die Diamantstad woon. Hulle moet ’n nuussin hê, kan skryf en foto’s neem. Hulle moet ook toegang tot e-pos hê. Vorige joernalistieke of skryf-ervaring sal van groot nut wees. Korrespondente sal geldelik vergoed word. Dit moet egter nie die hoofoorweging wees nie, eerder die liefde vir skryf/nuus. Die idee van die korrespondent is om op versoek geleenthede by te woon om ’n nuusberig daaroor te doen of net ’n foto te neem.
Daar sal ook van die persoon verwag word om af en toe self stories te genereer (met storieidees vorendag te kom of lekker stories uit te snuffel). Hou gerus in gedagte wat die koerant se missie is: Met ’n sterk klem op sport-, skole-, kultuur- en mense-stories (plaaslik) probeer Noordkaap om ’n lekkerlees-ervaring te bied. Noordkaap strewe daarna om so ver moontlik slegs oorspronklike en eksklusiewe inhoud in die koerant te dra. Weens bepaalde redes dra ons nie politieke en misdaadnuus nie. Ons wil eerder interessante berigte dra wat nêrens anders verskyn nie. Rig aansoeke met kort besonderhede ter agtergrond aan noordkaap@volksblad.com.
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Groot prys vir ondersteuner
INDIEN dit jy in die Griekwastrui is wat ver lede Saterdag op die paviljoen afgeneem is, is jy ’n R700kontantprys van GWK Proper ties ryker. Bel GWK Properties by 053832 0734 om jou prys op te eis.Foto: Charl Devenish
WARE Griekwas-ondersteuners word in tye soos hierdie bepaal wanneer die span effe swaarkry wat uitslae betref en Noordkaap en GWK Properties wil daardie ondersteuners beloon. Hierdie Saterdag is ’n trotse rekord vir die Poubloues op die spel. Die Griekwas het nog nooit in die professionele era ’n Curriebeker-veldtog afgesluit sonder om minstens een van sy tuiswedstryde te wen nie. Saterdag teen die Vrystaat-Cheetahs is dit die Griekwas se vyfde en laaste tuiswedstryd van die jaar en ’n kans om ’n trotse rekord te behou. Jy kan vir oulaas ’n R700-kontantprys van GWK Properties
Naaste met telling Ruan Bruwer NET mooi niemand kon voorsien dat die Griekwas so ’n groot nederlaag (10-52) verlede Saterdag teen die Blou Bulle sou ly nie. Van al die voorspellings wat in die rugbyraai-kompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, gewaag is, was ’n punteverskil van 18 (deur Jacoba van Eck) vir die Bulle die grootste wat enigeen voorspel het. Ook niemand het voorspel dat die Poubloues slegs tien punte sou aanteken nie. Baie van die voorspellings het 30 en meer punte vir die Griekwas voorspel. Melody Fraser was die naaste aan die Griekwas se eindtelling. Sy het ’n sege van 28-14 vir die Bulle voorspel. Hiermee wen sy ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. Die kompetisie duur nog die vol-
gende twee weke van die Curriebekerreeks. Lesers moet raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd in die Curriebeker daardie naweek gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In dié naweek se geval (Griekwas speel tuis teen die Vrystaat-Cheetahs) moet die SMS voor Saterdag om 14:00 gestuur word. ’n SMS daarna sal nie in aanmerking kom nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Telling gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 Vrystaat 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word.
in die sak steek indien ons fotograaf jou Saterdag op die paviljoen in jou Poubloutrui afneem. Dan is daar die groot kompetisie – die prys hier is ’n naweek vir twee op die Magersfontein Memorial Golf Estate. Die prys se waarde is sowat R2 500. Om hiervoor in
aanmerking te kom moes ondersteuners ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bygewoon het. Ná Saterdag se wedstryd gaan ondersteuners ’n paar dae hê om vir Noordkaap vyf verskillende foto’s te stuur wat as bewys dien dat hulle al vyf wedstryde op GWKpark bygewoon het.
Foto’s moes verkieslik tydens die wedstryd geneem wees met die twee spanne op die agtergrond. Hou daardie foto’s en stuur hulle per e-pos na noordkaap@volksblad saam met ’n kontaknommer. Jy hoef nie ’n Griekwas-trui vir dié spesifieke kompetisie te gedra het nie.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
MEMORIAM
JUSTIN POTGIETER het nege paaltjies vir die week ingeoes, onder meer 4/7 in sewe boul beurte teen PaarlGimnasium.
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682
8-TON-BEES-TROK, tralies, R58 000. 1980 Hilux, 1.8, tralies, R18 500. 072 472 8686.
MOTOR OF BAKKIE gesoek: R15 000 - R25 000 kontant. 072 472 8686.
SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
ADMIN DATA COPY/PASTE Applicants needed. For info SMS full NAME and ADDRESS TO 084 904 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com
GEORGE WIID was in twee van Newton se wedstryde een van sy span se voorste lopiema kers. Foto’s: Freddie Steyn
Newton slaan ’n ses Ruan Bruwer
BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
DIE Laerskool Newton het sy krag op die krieketveld beklemtoon toe sy o.11A- en o.13A-span in die Newton-Vermeulens-toernooi skoonskip gemaak het. Newton het gasheer vir die Laerskole Paarl-Gimnasium, Outeniqua en Plettenbergbaai gespeel. Newton het die toernooi in 2008 begin waarna dit om die beurt by elk van die deelnemende skole gehou is. Dit was vanjaar weer Newton se beurt. In die o.13A-span se openingswedstryd is Paarl-Gimnasium met 187 lopies afgeransel. Newton het 281/5 in sy toegelate 50 boulbeurte opgestapel met Ruan van Loggerenberg (87) en Justin Potgieter (75) die voorste lopiemakers. Paarl-Gimnasium is vir 94 lopies uitgehaal met Potgieter aan die voorpunt met 4/7 in 4 beurte. Teen Outeniqua het die Kimberliete effens meer teenstand gekry, maar steeds met 99 lopies koning gekraai. Outeniqua moes 228 vir ’n oorwinning behaal, maar kon net by 128/8 in 50 beurte uitkom. Andrew Louw was die beste Newtonbouler en het 3/16 in 6 beurte gekry. Potgieter met 73 en George Wiid met 41 lopies het die grootste bydrae tot Newton se 227/9 gelewer. Ook teen Plettenbergbaai was dit eenrigtingverkeer met die tuisspan wat met tien paaltjies baas was. Plet is vir net 82 lopies uitgehaal met Potgieter weer die suksesvolste met die bal deur 4/26 in 10 beurte te neem. Van Loggerenberg (45) en Wiid (37) was onoorwonne
toe die wenlopie behaal is. Newton het ook min moeite ondervind om in die t20-formaat sy stempel af te druk. Plettenbergbaai is vir 92 uitgehaal (Louw 3/16) waarna die teiken met nog ses paaltjies staande (Kevin de Kock 33*) behaal is. Paarl-Gimnasium het ook lelik met 116 lopies op sy baadjie in die blitsformaat gekry. Hy is vir net 28 lopies uitgehaal (Potgieter 4/7 in 4 beurte) in antwoord op Newton se 144/4 waarin D.S. van Niekerk (52) en Conor McNamara (20) die meeste lopies aangeteken het. ) Ook Newton se o.11-span het korte mette van sy teenstanders gemaak. In die wedstryde wat om 30 beurte gespeel is, is Paarl-Gimnasium met 65 lopies, Outeniqua met 54 lopies en Plettenbergbaai met 57 lopies verslaan. In die t20-wedstryde was Newton te sterk vir sy teenstanders deur Plet en Paarl-Gimnasium met 65 lopies te klop en Outeniqua ’n nederlaag van 7 paaltjies toe te dien. ) Ná die toernooi is Justin Potgieter as die o.13-speler van die week aangewys. Hy het ’n kolfgemiddeld van 74 gehandhaaf en 9 paaltjies ingeoes. Kevin de Kock is vir sy 13 paaltjies in die week met die merieteeerbewys vir uitstaande prestasie vir o.13-spelers vereer. Reeza Alexander het ’n merieteeerbewys vir uitstaande prestasie vir o.11-spelers vir sy twee 50-talle (68 en 51) en 12 paaltjies ontvang. Nicolas Barlow van Plettenbergbaai was die o.11’s se speler van die week.
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Sporttrivia JY kan in Noordkaap en SuperSport se sporttrivia-kompetisie jou reputasie as sportkenner ’n hupstoot gee. Noordkaap deel weekliks met lesers ’n paar sportfeite en -statistieke en in die laaste uitgawe van elke maand word ’n vraag gevra. Die 2013-rugbykampioenskap kom die naweek tot ’n einde. Hier is ’n paar rekords van hierdie kompetisie wat sy aanvang in 1996 geneem het: ) Suid-Afrika kon op drie geleenthede glad nie ’n enkele punt in ’n Drienasieswedstryd aanteken nie. Dit was die geval in 1999 (0-28 teen NieuSeeland), 2006 (0-49 teen Australië) en 2008 (0-19) teen Nieu-Seeland. ) Die minste punte wat in ’n reeks afgestaan is, is 54 deur Suid-Afrika in 1998. ) Die meeste punte wat in ’n reeks afge-
Sportredaksie REËL 11: Onkant en speelkant in algemene spel. Definisies: Met die aanvang van ’n wedstryd is alle spelers aan ’n kant. In die verloop van die wedstryd kan spelers hulle in ’n onkant-posisie bevind. Hierdie spelers is dan strafbaar totdat hulle weer aan die speelkant is. In algemene spel is ’n speler onkant as hy voor ’n spanmaat met die bal is, of voor ’n spanmaat wat laas die bal gespeel het. Onkant beteken dat ’n speler tydelik buite spel is. Sulke spelers kan gestraf word as hulle aan die spel deelneem. In algemene spel kan ’n speler aan die speelkant geplaas word deur die optrede van hetsy ’n spanmaat of ’n teenstander. ’n Onkantspeler kan egter nie aan die speelkant geplaas word nie indien hy met die spel inmeng, of vorentoe beweeg na die bal toe, of versuim om 10 m weg
staan is, is 194 ook deur Suid-Afrika in 2010. ) Die meeste punte wat in ’n reeks aangeteken is, is 184 deur Nieu-Seeland in 2010. ) Die meeste drieë wat in ’n reeks afgestaan is, is 22 deur die Springbokke in 2010. ) Die meeste drieë in ’n reeks aangeteken, is ook 22 deur die All Blacks in 2010. ) Die grootste bywoning by ’n wedstryd (ook ’n wêreldrekord) was die skare van 109 874 wat in 2000 die Olimpiese Stadion in Sydney volgepak het om Australië teen Nieu-Seeland te kyk. Die wedstryd staan ook bekend as the match that was played in heaven weens die ongelooflike gehalte daarvan. Die grootste bywoningsyfer in Suid-Afrika was 94 713 in die FNB-stadion in 2010 vir ’n wedstryd tussen die Springbokke en die Kiwi’s.
te beweeg van die plek waar die bal land. 11.2. Speelkant geplaas deur die optrede van ’n spanmaat: In algemene spel is daar drie maniere waarop ’n onkantspeler speelkant geplaas kan word deur die speler se eie optrede of dié van die speler se spanmaats: (a) Optrede deur die onkantspeler: Indien die onkantspeler terugval tot agter die spanmaat wat laas die bal geskop, geraak of gedra het, word die speler aan die speelkant geplaas. (b) Optrede deur die baldraer: As die baldraer verby die onkantspeler beweeg, is die onkantspeler aan die speelkant. (c) Optrede deur die skopper of ’n ander speelkantspeler: As die skopper of ’n spanmaat wat gelyk met of agter die skopper was toe (of nadat) die bal geskop is, tot voor die onkantspeler hardloop, word die speler aan die speelkant geplaas. Wanneer die spanmaat vorentoe hardloop, kan die spanmaat in die grens of doelgebied wees, maar daardie spanmaat moet na die speelgebied terugkeer om die speler aan die speelkant te plaas. 11.3. Speelkant geplaas deur teenstanders: Daar is drie maniere in algemene spel waarop ’n onkantspeler aan die speelkant geplaas kan word deur die optrede van ’n teenstander. Hierdie drie maniere is egter nie van toepassing op ’n speler wat onkant is ingevolge die 10 m-reël nie. (a) Hardloop 5 m met die bal: Sodra ’n teenstander wat die bal dra 5 m gehardloop het, word die onkantspeler aan die speelkant geplaas. (b) Skop of aangee: Sodra ’n teenstander die bal skop of aangee, word die onkantspeler aan die speelkant geplaas. (c) Doelbewus die bal raak: Indien ’n teenstander doelbewus die bal raak, maar dit nie vang nie, word die onkantspeler aan die speelkant geplaas. ) Dié reël word volgende week verder bespreek.
11
‘Every ball a challenge’ Ruan Bruwer
WITH a batting average of 74 and 9 wickets Justin Potgieter played an instrumental role in his side’s dominance at the recent Vermeulens Newton Cricket Tournament. He was rewarded as the u.13 player of the tournament. Potgieter is a member of the u.13A cricket side of the Newton Primary School. This achievement makes him the Let’s Play Sports Star of the Month for September. But it wasn’t just in September that Potgieter performed on the cricket field. He became just the second player to take 50 wickets in a single year for his school’s u.13A side. He currently stands on 57 scalps for the year. He achieved his highest individual score (75) against Paarl Gymnasium in last week’s tournament. His 4/7 in 7 overs in the same match wasn’t too far from his best bowling figures of 6/5 in 4 overs. According to the 13-year-old, he started playing with his brother when he was about three years old. “My dad played a lot of cricket and was keen for us to play too. I enjoy cricket because it’s a challenge to achieve what you set out for.” He chooses batting as his favourite because “every ball is a challenge”. Potgieter says to be chosen as the u.13 player of the week and taking 57 wickets so far this year are the biggest achievements of his cricket career thus far. ) The Let’s Play Sports Star of the Month wins a hamper from SuperSport. An overall winner from the monthly winners will be chosen at the end of the year.
JUSTIN POTGIETER took nine wickets for Newton Primary’s u.13A cricket team in a quadrangular tournament last week. He has already amassed 57 wickets in the year. He also smashed 148 runs in only 2 innings. Potgieter was named the u.13 player of the tournament. He is the Let’s Play Sports Star of the Month for September. Photo: Freddie Steyn
Roberts Griekwas se staatmaker Ruan Bruwer DIE loskopstut van die Griekwas, Steph Roberts, se bynaam is dalk Jeff, maar dit kon net sowel Meneer Betroubaar gewees het. Dié 28-jarige yster het in sy loopbaan by die Griekwas (hy het sy buiging in 2008 gemaak) net enkele wedstryde weens beserings misgeloop. Van die huidige Griekwasspelers is hy die langste by die unie en hy het ook die meeste wedstryde in die Poubloutrui gespeel (108).
Hy het in 2008 van die Vrystaat – waar hy al sy junior rugby gespeel het – na die Griekwas geskuif. In 2009 het hy die seldsame geleentheid gehad om vir die Royal-vyftiental teen die Britse en Ierse Leeus te speel. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? In Bloemfontein, ek was in Grey-kollege. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, ek was agt jaar oud en dit was vir die Laerskool Fichardtpark se o.9-span. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Joost van der Westhuizen. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om vir die Suid-Afrikaanse o.19-span gekies te word en my 100ste wedstryd vir Griekwas (teen die Luiperds vroeër vanjaar) te speel.
DIE Griekwas se meneer betroubaar, Steph Roberts.
En jou grootste teleurstelling? ’n Besering wat ek in die proewe vir die kies van die nasionale o.21span opgedoen het.
Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? ’n Speler (ek sal maar nie sy naam noem nie) wat in sy broek gebollie het.
Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Selfdissipline. Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien speel? Toe ek in 2003 vir die Vrystaat-
Cravenweek gespeel het (sy spanmaats was die Springbokke Adriaan Strauss en Flip van der Merwe en die Ierland-haker Richardt Strauss).
Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Geniet jy dit daar?” en “nog steeds?”.
Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? ’n Mens moet ver ry na alles. Halfway House of Springbok Pub? Halfway House. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Die werksure en om iets te doen waarvoor jy lief is. Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Ja, dit was vir ’n laat tackle.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 2 OKTOBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Hokaai! Waarheen gaan jy? AS almal maar net bereid was om soos Leon Karemaker, agtsteman van die Griekwas, hul lyf op die spel te plaas . . . Karemaker stuit hier vir Paul Willemse, ’n slot van die Bulle, in sy spore. Willemse het egter laaste gelag en Saterdag op GWKpark twee van sy span se sewe drieë gedruk. Die Poubloues het in die tweede helfte lelik uitgesak en by tye nie lus gelyk om verder te speel nie. Dit was die meeste punte wat hulle tuis afgestaan het sedert die Cheetahs in 2009 in die reeks hier met 5813 geseëvier het. Foto: Charl Devenish
Griekwas trap lelik klei Ruan Bruwer DIE nuwe seisoen en era onder die breierskap van JP Triegaardt het vir die Griekwas-krieketspan op ’n vals noot begin met twee nederlae wat verlede naweek tuis teen KwaZulu-Natal (KZN) gely is. Eers het die KwaZuluNatallers die Noord-Kapenaars met ’n beurt en 77 lopies in die meerdagreeks afgeransel en daarna redelik maklik in die eendagwedstryd met 3 paaltjies (en nog 17 balle oor) geseëvier. Dinge het uit die staanspoor moeilik gegaan met KZN wat op dag een van die driedagreeks sake oorheers het en rustig op 267/3 gaan slaap het. Die besoekers het hul beurt op 434/6 gesluit verklaar met net Aubrey Swanepoel wat noemenswaardige boulsyfers van 2/80 in 26 beurte behaal het. Die Griekwas is in hul eerste beurt goedkoop (91) uitgehaal met Griffon Nieuwoudt se 27 lopies die hoogste. Die Griekwas het in hul opvolgbeurt op dag twee reeds hul eerste paaltjie verloor wat die laaste dag ’n oorlewingstryd gemaak het. Hierin (oorlewing) het Gihahn Cloete (120 van 197 balle) en Diego Rosier (28 van 73 balle) goeie rekenskap gegee, maar die oomblik dat Cloete sy paaltjie verloor het, was die skrif aan die muur en die wedstryd was ná 48 boulbeurte op die derde dag iets van die verlede. Volgens Triegaardt is die wedstryd reeds in sy span se eerste kolfbeurt verloor toe hulle vir minder as 100 lopies uitgehaal is. “Met jou eerste beurt stel jy die toon van die wedstryd.
‘Met jou eerste beurt stel jy die toon van die w e d s t r y d .’ – JP Triegaardt Ons het net vrot gekolf. In die tweede beurt het die spelers ’n bietjie meer veggees getoon, maar dit was te laat. “Ek dink tog Nashen Govender en Khaya Zondo (wat albei ’n 100-tal vir KZN gemoker het) het gewys hoe geduldig gekolf moes word en hoe om die swak aflewerings grens toe te jaag. Daar is beslis baie ruimte vir verbetering,” het hy gesê. ) In Sondag se eendagwedstryd het die tuisspan 212/9 in sy 50 beurte aangeteken wat volgens Triegaardt 20 tot 30 lopies te min was. Rosier (53) en Cloete (47) was nogmaals die beste kolwers. KZN was altyd in beheer van sake en het die wenlopies in die 48ste beurt verbygesteek. Aya Myoli met 4/38 in 9.1 beurte kan beslis tevrede met sy debuutwedstryd voel. “Ons het hulle laat werk vir die wen. Ek dink ons het te vroeg te veel paaltjies verloor wat ons momentum gestuit het. “Die kolfblad het aanvanklik ’n uitdaging aan die kolwers gebied. Vier spelers het hul buiging vir ons gemaak en hierdie sou vir hulle ’n goeie leerskool gewees het,” het Triegaardt genoem. Die Westelike Provinsie is volgende aan die beurt hierdie naweek in Kimberley.
Die Diamantstad se koerant