Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 9 Oktober 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kimberliete deel menings oor KDC bl. 2
Steve met 25j. se bestes bl. 5
SOWAT 200 plaaslike dansers het Saterdag saam met die sanger Nedine Blom opgetree. Twee vertonings is in die Bikers’ Church aangebied waar dansers van die Charlene Bouwerdansateljee saam in Blom se Supercoolkinderfees gedans het. Hulle het sowat 13 weke daarvoor voorberei. Foto: Ruan Bruwer
RTS FM misses aim Lerato Sebe
Weeg woorde in kuberruim bl. 9
TWENTY years after the local community radio station Radio Teemaneng Stereo (89,1 FM) first aired, the station struggles to be a true community station serving everybody. According to Radio Teemaneng’s (RTS FM) policy, it aims to inform and educate the whole community of the Northern Cape. Garth Damerell, the station manager, said that unfortunately due to technical problems RTS FM had not reached its geographical target. Not just that, it had also failed dismally in attracting listeners of a diverse nature. Questions have been raised about the target market of RTS FM, asking
whether the station caters for the black and coloured market only. “We would love to have white listeners, but I have to admit, we have failed in attempting to attract the white market,” said Damerell. “The last time I checked, we only had six white listeners.” Damerell admitted that the station focused predominately on the black population, with a fair number of coloured listeners. He said they have 139 000 listeners, 51% black and 49% coloured. With this supposedly being a community radio station serving the community of the Northern Cape as a whole, a need for transformation is being requested by the residents of Kimberley.
“Maybe if they added more shows that cater for whites and hired white presenters, things would be better,” said one white local, who asked to remain anonymous. “We are actually very bad when it comes to the diversity among our staff. We only have black and coloured newsreaders and presenters here,” said Damerell. “At the moment, I am the only white employee at the station because the others decided to leave the station after a short time.” He said the station had recently partnered with the Griqualand West Rugby Union in a quest to introduce the community to rugby through the airwaves. The station broadcast the last three
home games of the Griquas live in Afrikaans. Damerell said he saw this partnership as a vehicle to reaching their goal as a nation-building station and that it would attract more white listeners. Damerell, who seems very passionate about his position at the station, clarified that it was not by choice that he currently had this situation at the station. Damerell shared that the former Northern Cape premier, Dipuo Peters, had said to him at the time of his appointment as the station manager: “Remember that you are the community radio station manager, so you are here to serve everyone who belongs to the community of the Northern Cape.”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Kick, push and roll THE Kimberley Diamond Cup (KDC) skateboarding event was recently staged in the city. Lerato Sebe asked a couple of residents what their feelings were towards the tournament, especially since the local government had spent R40 million on it. Themba Mofokeng (25) is not sure what his feelings are about the KDC. He attended two of the days. “The R40 million that they spent on the event was worth it because I feel we need to venture into new activities and skateboarding gives us a universal platform to do so. I would definitely attend next year.” Shearief Rosen (50) feels it’s a good marketing opportunity for Kimberley, but more for the white folks. “Kids in informal settlements do not benefit from this because where do they skate? They should have rather used the money on cycling which is a cheaper and healthier sport.”
Zahraa van Niekerk (25) thinks it’s a great activity for Kimberley. “It connects us with people from all over the world and attracts the international market to our city. For R40 million I would have expected more than what I saw this year.” Glenwin Sefela (27) feels it was good for the economy of Kimberley, but the money could have been spent wiser. “I’ve been to the previous tournaments. Is skateboarding an Olympic event? Forget sport. I feel that the money could have been spent on something more pressing, for example, housing.” Dawn Mtloheloa (31) said it had been her first time attending the event and she enjoyed it. “It caters to the youth who could have been getting up to mischief, but they opted to be there. But look how many kids came out to participate. It’s good for family outings and for clean, fun-loving people.”
THERE was good crowd attendance over the three days of the Kimberley Diamond Cup skateboarding event. Photo’s: Sam Clark
ALEX PERELSON from America in the minimega event.
LYN CALMEYER, ’n inwoner van die Ons Huistehuis vir bejaardes, se dogter in die Kaap het haar gevra om te help om teddiebere vir die TygerBeerstigting vir mishan delde en getraumatiseerde kinders en jong kankerlyers by die Tygerberghospitaal te brei. Sy het die wol verskaf en Calmeyer, Elsa Paul, Pietro Prinsloo en Magaret Joubert het ingespring en 53 teddiebere gebrei wat hulle glo elkeen deur die getrau matiseerde kinders waardeer sal word. Hulle sê hulle is bereid om te help brei as daar plaaslik ’n behoefte sal wees. Van links is Magaret Joubert, Lyn Calmeyer en Pietro Prinsloo. Elsa Paul was afwesig met die neem van die foto.
’n GROOT behoefte aan klere bestaan by Ons Huis se kleretrommel. Dit word goed koop verkoop en die geld word weer by die tehuis aangewend. Volgens Aletta Pilcher wat die kleretrommel bestuur, het hulle ook begin om enige wit olifante of toerusting te verkoop. Sy vra die publiek moet hulle in gedagte hou wanneer hulle van enige artikel ontslae wil raak. Die klere kan nuut of gebruik wees. Sy sê daar is veral ’n behoefte aan kleiner somerklere. Skenkings kan daar of by die ACVVsentrum in die middestad afgegee word. Pilcher is hier met van die skoene wat reeds geskenk is en wat die publiek kan koop.
3
DIE GriekwalandWesseRugbyunie en Kansa se Kimberleykantoor het hande gevat in Borskankermaand deur verlede Saterdag se Curriebekerwedstryd in pienk truie te speel. Kansa se jaarlikse matrieknooikompetisie word die Saterdag om 19:00 in die Bikers’ Church aangebied. Dit bied aan die matrieks nog ’n geleentheid, kort ná hul matriekafskeidgesellligheid, om weer hul rokke ten toon te stel. Op ’n oefening van die finaliste verlede week vir Saterdag se spoggeleentheid het vier van die Griekwasspelers ’n verrassingsbesoek in hul pienk truie gemaak. Hier is die finaliste met die spelers. Onder is die spelers in aksie in hul pienk truie van links Jaco Nepgen, Matt Dobson en Brummer Badenhorst. Foto: Sandri Photography
bA/MeT/11089/15A
Wys steun vir Kansa
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
RETIRE IN STYLE wITh ouR CoMPETITIVE RATES Nearing retirement should be a rewarding time in your life. How will you make the most of your hard earned savings? You’ve come a long way, now go even further with Metropolitan’s competitive retirement income plans. Life Annuities:
Capital Preservation Income Options:
Ultimate Retirement Options:
Life Annuity plans to
Receive a guaranteed income for life and
This Living Annuity allows you to actively control your
secure your income during retirement.
leave a legacy for your loved ones.
income, with the potential for inflation-beating returns.
We have a range of easy to understand
Contact the Kimberley branch on (053) 833 1571/2, alternatively visit us at 7 George Street, Kimberley or go to www.metropolitan.co.za
LIFE ANNUITIES
|
C A P I TA L P R E S E R VAT I O N P L A N S
|
LIVING ANNUITIES
Metropolitan Life Limited is an authorised financial services provider.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Reklame vir drank bekyk ’n WETSONTWERP wat alkoholreklame sal verbied, is vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer. Volgens Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, skep alkoholreklame romantiek en moedig die gebruik van ’n produk aan wat ernstige skade aan individue en die samelewing berokken. Alkoholverbruik verhoog die voorkoms van geweld, misdaad en padongelukke en het ’n negatiewe invloed op onderwys en die ekonomie. Alkohol is die derde grootste risikofaktor vir sterfte en gestremdheid in die land en is vir sowat 130 sterftes per dag verantwoordelik, lui ’n verSO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
slag van die minister se kantoor. Dit is volgens Dlamini die staat se verantwoordelikheid om die gesondheid en welstand van Suid-Afrikaners te beskerm. Dit is goed en wel, maar wanneer mense alkohol wil gebruik, is daar gewoonlik min dinge wat hulle sal keer. Jaar ná jaar oor feestye word mense gesmeek om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie. Tog gebeur dit. Daar is diegene wat aanvoer alkoholmisbruik is ’n simptoom van ernstiger maatskaplik-ekonomiese en werkloosheidsuitdagings wat die land in die gesig staar. Tabakprodukte mag al jare nie geadverteer word nie, maar het dit mense verhoed om dit te gebruik?
MINIMUM 13°C 13°C 10°C
MAKSIMUM 33°C 34°C 30°C
SKETS: Danie Cronjé
Bid dat mensdom nie alles uitwis Hannes Noëth SEDERT die begin van die jaar is 706 renosters reeds vir hul horings in Suid-Afrika gestroop. Dit is iets allerverskrikliks. Met die aanhoor hiervan het my hart ’n slag opgehou klop. Hoe eenvoudig kan die mens nie wees nie? Ons beman ruimtestasies, ontwerp selfone, berg data in die hemelruim en kyk dikwels na onsself asof ons onaantasbare uitvinders en ontwerpers is. Maar die arme renoster, dié kan ons nie beskerm nie. Om vir ons ’n voorstel in ons verstand te probeer skets moet jy 706 renosterprentjies langs mekaar plak. Dan besef jy ons onvermoë om so ’n eenvoudige opdrag na te kom om oor die skepping te heers. Natuurlik is daar positiewe bewaringsaksies. Planne. Gedagtes. Re-
noster-weeshuise wat kalfies grootmaak, skole en instansies wat geld insamel, individue wat met renosterhorings van plastiek op hul voertuie rondry. Wonderlike wyses en pogings wat probeer word. Maar vir vanjaar is dit 706 te laat. Die erkenning van amptenary dat hulle die stryd verloor, vergroot ons besorgdheid. Hoe is dit moontlik dat iemand van Viëtnam, Thailand, China, Japan of waar ook al ’n opdrag kry, ’n bestelling plaas, ’n stropersindikaat vind en dan jou wraggies ’n reuse-dier kan doodmaak? Dít teen ’n belaglike prys vir ’n stukkie dieremateriaal wat niks anders as mensehare of vingernaels is nie. Dit maak nie sin nie. Tog
gebeur dit keer op keer. Vanjaar 706 keer al. Verlede jaar was dit net ’n fraksie minder en die jaar daarvoor ook ’n fraksie minder. Volgende jaar sal dit weer ’n fraksie meer wees. En die jaar daarna weer. Die renoster word die slagoffer van die belaglikheid van ’n menslike behoefte gegrond op valsheid en valse veronderstellings. Hoe ook al: Die hele saak van renosterstropery moet ’n mens dalk weer bewus maak van hoe gebroke die natuur is waaroor die mens geroep is om te heers. Die opdrag aan die mens, oor die eeue heen, het nie gewysig nie. Hy moet waak en heers oor die wêreld waarin hy leef. Hy kan nie gering daarmee omgaan nie. Vreemd, my gedagte was of ’n mens vir renosters mag bid. Ek dink ’n mens moet. Dit is immers ons spesie wat uitgewis word.
GEBEURTENISSE op 9 Oktober in die verlede: 1899 – Die ZAR stel ’n ultimatum aan Brittanje om onder meer Britse soldate binne 48 uur aan die republiek se grense te onttrek. Die Britse regering en media is hieroor verheug, omdat die ZAR hiermee regtens die Anglo-Boereoorlog begin het. 1978 – Die Belgiese sanger en komponis Jacques Brel (vader van die chanson) sterf op 49 jaar aan kanker. 1981 – Lyfstraf word in Frankryk afgeskaf. 1986 – Die Suid-Afrikaanse regering verbied buitelandse geldelike bystand aan die land se grootste anti-apartheidskoalisie. 1986 – In Londen beleef Andrew Lloyd Webber se musiekspel The Phantom of the Opera sy première. Geboortes op die dag: 1876 – Solomon (Sol) T. Plaatje, veeltaliKIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die videomateriaal wat opgeneem is op die dag toe sowat R1,2 miljoen se ongeslypte diamante in De Beers se Harry Oppenheimer House (HOH) in Kimberley verdwyn het, het ’n belangrike rol in die betoë in die verhoor van Michael van Rensburg vertolk. Hy word daarvan aangekla dat hy die diamante op 4 Mei 2010 gesteel het. Regter Mpho Mamosebo sal op 24 Oktober uitspraak lewer. ) Lede van die polisie se motorwerktuigkunde-afdeling wat in ’n gemerkte voertuig gery het, het vier vermeende diewe op heterdaad betrap toe hulle koper van ’n elektriese substasie naby die Weseinde-begraafplaas wou steel. “Ons mense kon doodgeskok word en dele van die woonbuurt kon sonder kragtoevoer gewees het. Ons het sowat 30 voorvalle per maand by ons substasies,” het Sello Matsie, munisipale woordvoerder, gesê. ) Die nuwe Leratopark-ontwikkeling deur die departement van behuising en die Sol Plaatje-munisipaliteit – waar spoghuise aan sowat 491 behoeftige gesinne in die eerste fase oorhandig is – is besonders, omdat dit ’n nuwe woonbuurt is en nie ’n plakkerskamp nie. Dienste en paaie is gereed en bome geplant. ) Sylvia Lucas, Noord-Kaapse premier, sê
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
ge Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus wat ook as sekretaris-generaal van die ANC dien (sterf in 1932). 1936 – Piet “Spiere” du Toit, voorryman wat in 14 toetse vir die Springbokke op stut uitgedraf het (sterf in 1996). 1940 – John Lennon, Britse popsanger, komponis en lid van die groep die Beatles (sterf in 1980). 1940 – Manto Tshabalala-Msimang, gewese Suid-Afrikaanse minister van gesondheid (sterf in 2009). 1966 – David Cameron, ’n Britse premier. 1980 – Thami Tsolekile, Protea-krieketspeler.
die stigma wat aan slagoffers van seksuele geweld en hul gesinne kleef, is een van die probleme wat in die stryd teen die soort misdaad oorkom moet word. “Om houdings te verander is nie maklik nie en die regering kan nie alleen stereotipes verander nie. Die regering het egter ’n uiters belangrike rol om te vertolk.” Sy het gepraat op ’n beraad wat oor die euwel van verkragting gehou is. ) Die departement van onderwys gaan jaarliks meer geld aan infrastruktuur en die opleiding van gr. O-onderwysers bestee om aan leerlinge meer leergeleenthede te bied. Griezelda Cjiekella, LUR vir onderwys, sê reeds 18 000 leerlinge is reeds vir gr. O vir volgende jaar ingeskryf. Ongeveer 88% van skole in die NoordKaap bied dié graad aan. Daar is 51 skole wat dit nie aanbied nie. Die beste bywoning (98%) is in die Frances Baard-distrik.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Saturday, 12 October: The Flamingo Casino, in partnership with St Patrick’s College, presents their October Fest the casino’s entertainment grounds. In addition to a beer garden, there will be lots of good food to eat and also gift stalls, kids entertainment, ten-pin bowling and a six hole putt-putt. Live entertainment will come from Country Chix and the guys of Rushour. Entry is free and it starts at 12:00 to 23:00. Saterdag 12 Oktober: Ná ’n kwarteeu as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en gerespekteerde sangers doen Steve Hofmeyr vanjaar ’n konsert, 25 Jaar se bestes. Hy het vanjaar ’n gelyknamige album uitgereik met 42 treffers waarvan die meeste volksbesit is. Hy kom ’n tweede keer vanjaar met hierdie optrede na Kimberley. Die optrede van 90 minute begin om 19:00 in die CRC-gebou. Kaartjies teen R100 per persoon is by Computicket of Louwrika van Niekerk (083-746-8385) te kry. Saturday, 12 October: The Kimberley preliminary round (one of
six nationally) for the hip-hop dance South African competition takes place at the Kimberley city hall. This is the biggest dance competition in South Africa. The winners of the Kimberley prelims will compete in the finals where the overall winners will represent South Africa at the world hip-hop dance championship in Las Vegas, America. Registration is now open. If you think you have what it takes, call 076-4319484 or send an email to info@hiphopdancesa.com for the competition guidelines and registration forms, or go to www.hiphopdancesa.com. Donderdag 17 Oktober: HOLM: ge-MARION-neer is Marion Holm se tiende eenvrouvertoning en hierdie keer gesels sy oor hoe die gang van die lewe ’n mens kan marineer tot jy sag (en geurig) is. Sy pluk, skil en braai ’n skottel vol stories en karakters wat in hierdie eenvrouvertoning opgedis en verorber word. Plek: Bikers’ Church. Tyd: 18:30 vir 19:00. Toegang: R200 (sluit ete in). Bespreking: Marian van der Westhuizen by 083-633-6446. Saturday, 19 October, to Saturday, 26 October: The annual Barney Barnato Golf Tournament, an individual Stableford tournament, takes place at the Kimberley Golf Club. Entry requirements include affiliation to the South African Golf Association, a handicap limit of 24 for women and 18 for men and a minimum age of 16 years. Proof of handicap is required. The competition fee is R170. Phone Ronnie Engelbrecht on 053-841-0127 or 082-5526355. Tuesday, 22 October to Thursday, 24 October: Museums in Kimberley will jointly host the 77th annual conference of the South African
STEVE HOFMEYR lok altyd groot gehore en met sy jongste vertoning is konsertgangers verseker dat hulle al hul gunstelingliedjies van hom gaan hoor. Op die Vryfees vanjaar het hy 1 300 mense na sy vertoning in die Callie Humansentrum gelok. Hy tree hierdie Saterdag in Kimberley op. Foto: Conrad Bornman Museum Association at the Horseshoe Inn. The conference celebrates the richness of the historical heritage as well as the inventiveness and vitality that have characterised the museum sector’s action in recent years. Phone David Morris on 053-839-2706. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap,
ons plaas dit gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit ons voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. Jy kan die inligting e-pos na noordkaap@volksblad.com, dit faks na 086-214-7986 of per SMS stuur na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.
Tree voorkomend op en beveg só borskanker DAAR word bereken dat borskanker by 1 uit elke 29 Suid-Afrikaanse vroue gediagnoseer sal word. Met Borskankerbewustheidsmaand in Oktober wil Kansa vroue opnuut aanmoedig om hul borste gereeld te ondersoek en ’n mammogram te laat doen. Borskanker is die algemeenste vorm van kanker onder vroue oor die wêreld heen. Dit is ook die hoofoorsaak van dood weens kan-
ker wêreldwyd met ongeveer 327 000 vroue wat jaarliks aan borskanker sterf. Volgens navorsing leef daar ongeveer 4,4 miljoen vroue met borskanker. Ondanks die baie hoë voorkoms van borskanker, leef meer as 89% van vroue by wie borskanker gediagnoseer word nog minstens vyf jaar ná die diagnose. Dit is danksy vroeë diagnose, opsporing en behandeling. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie
5
(WGO) is daar twee faktore wat die sterftesyfer aan borskanker kan verbeter: opvoeding en siftingsprogramme. Vroue moet voortdurend ingelig word oor die vroeë tekens van borskanker en dat hulle so gou moontlik mediese hulp moet soek. Hulle moet gereeld ’n mammogram laat doen sodat vroeë tekens van borskanker opgespoor kan word. Kansa beveel aan dat vroue van 40 en ouer elke 3 jaar ’n mammogram laat doen. Vroue wat
risikogevalle is en borsgesondheidsprobleme het of wat ’n familiegeskiedenis van borskanker het, moet jaarliks ’n mammogram laat doen of so gereeld soos hul dokter aanbeveel. Verder word vroue aangemoedig om een keer ’n maand ’n selfondersoek te doen. Dit moet elke maand op dieselfde tyd gedoen word – ’n paar dae ná die einde van die menstruele siklus.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
DIE buitemure van die ou Beaconsfieldtronk reg agter die landdroshof. Die gebou is in die 1970’s afgebreek. Foto: Verskaf
JOHAN SCHEEPERS, wat sy lewe lank in Beaconsfield woon, in die bomskuiling onder die Phoenixhotel se kroeg. Foto: Emile Hendricks
DIE ou Beaconsfieldswembad. Dit is vermoedelik in die 1960’s opgevul. Foto: Verskaf
Beaconsfield herleef André Botha
DIT het dikwels maar rof gegaan wanneer Beaconsfield se stadsraad vergader het. Soveel so dat ’n polisieman altyd teenwoordig was om raadslede kort te vat wat meer as woorde wou gebruik om hul mening te lug. Maar dit beteken nie die raad het nie sy werk gedoen gekry nie, want Beaconsfield was in sy betreklik kort bestaan as ’n dorp uit eie reg ’n plek waar dinge gebeur het. Dalk daarom dat dit ná sowat ’n eeu as woonbuurt van Kimberley steeds “anders” as die res van Kimberley is. As jy kaskarwedrenne in Vrystaat- en Kaapstadweg onthou, as jy gefliek het in die rooidakgebou oorkant waar nou ’n vulstasie is, getiekiedraai het in die stadsaal en gelag het vir die mense wat die duikweg deurry wanneer dit half vol water is en dan daar vassit, is jy ’n (oud-) Beaconsfielder.
Bakens staan nog Beaconsfield het alles gehad – ’n stadsaal waarin die stadsraad vergader het, markplein, spoorwegstasie, winkels, ’n openbare swembad, tronk, landdroshof en selfs sy eie koerante. Die meeste daarvan het geswig voor die aanslag van modernisering en nuwe behoeftes, soms ook argeloosheid oor die waarde van bewaring. Maar daar is genoeg oor om te herinner aan die bloeitydperk van Beaconsfield as delwersdorpie, genoeg om die jare daarna te onthou toe dit amptelik ’n woonbuurt van Kimberley was, maar steeds die eienskappe van ’n dorp behou het en talle bakens steeds staan. Soos K&B Supermarket, al sedert 1929 in Beaconsfield, en een van Kimberley se bekendste supermarkte.
Bomskuiling en al Die Phoenix-hotel, al van 1886 af op die hoek van Kaapstadweg en Sentraalweg, en steeds ’n gewilde kuierplek, met bomskuiling en al onder die kroeg. Charlie’s Cafe is steeds beroemd vir sy vis en tjips. Mense wat in Beaconsfield grootgeword het, vertel verhale van ’n sorgelose tydperk toe alle rasse vreedsaam saamgewoon het “voordat Verwoerd dit opgemors het”, kaskarwedrenne in Kaapstadweg, koffiehuiskonserte in die stadsaal, deftige Sondagmiddagetes in die Phoenix. Franco Resca onthou iets wat selfs nou nog gesien word. As dit hard gereën het, het die duikweg in Sentraalweg onder-
AANWYSINGSBORDJIES buite die Phoenixhotel dui steeds waar na verskillende dele van die hotel ingegaan kan word. deur die treinspoor half vol geraak. Dapper motoriste wat kans gesien het om deur die water te ry het dikwels nie verder as halfpad gevorder nie. Almal het mekaar geken, sodat jare lange inwoners gou kan uitwys presies waar die talle sportsterre van Beaconsfield grootgeword het.
Treine stop nie meer nie Vandag is daar groot armoede in die “onderdorp”, veral die gebied om die stasie, wat self vervalle is. Treine stoom steeds verby die perron, oortrek met bossies, maar hou nie meer stil nie. Tot in die 1980’s kon passasiers onderweg na Kaapstad of Bloemfontein hier op
die trein klim. Ockie Fourie, raadslid vir die gebied, hoop die eertydse glorie sal herstel kan word en meen toerisme kan daartoe bydra. Hy het reeds vraelyste aan sakelui uitgedeel om voorstelle vir die herlewing van Beaconsfield te vra. Sodat Beaconsfield uit sy inwoners se herinnerings weer die Beaconsfield van die hede kan word. ) Bronne: Africana-biblioteek. Knights of the Shovel. From the original typescript manuscript, a History of the Diamond Fields, written by George Beet and others under the auspices of the Diamond Fields Pioneers’ Association, Kimberley 1912 – 1914 (uitgereik in 1996 onder redaksie van Febé van Niekerk). Kimberley Turbulent City, (Brian Roberts, 1976).
Foto: Emile Hendricks
As jy kaskarwedrenne in Vrystaat- en Kaapstadweg onthou, as jy gefliek het in die rooidakgebou oorkant waar nou ’n vulstasie is, getiekiedraai het in die stadsaal en gelag het vir die mense wat die duikweg deurry wanneer dit half vol water is en dan daar vassit, is jy ’n (oud-)Beaconsfielder.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
DIE Hoërskool Adamantia se Tanya Sinden is vir die nasionale kamp as leier van die NoordKaapse landsdiensspan gekies, Nadia Brits as lid en Tania Hayes as plaasvervanger. Die juniors Chantelle Waldeck, Bronwynn van Tonder, Monique Sinden en Heinrich Smit is ook almal vir die nasionale kamp gekies. Op die onlangse streekkamp op Warrenton het Tanya Sinden (leierskap), Brits en Hayes (albei goue prestasies) behaal. Chantelle (goue prestasie) Bronwynn en Monique Sinden (albei silwer) het ook eerbewyse ontvang. Van links is, voor: Bronwynn, Monique Sinden en Chantelle; agter: Tanya Sinden, Nadia, Tania en Heinrich.
7
Aktiefste in streek DIE DS Jacobslandsdiensklub van die Hoërskool Adamantia is as die aktiefste skolelandsdiensklub in die provinsie aangewys. Met die trofee is van links Marelize du Plessis (klubleier), Tanya Sinden (ondervoorsitter) en Ada Rheeder (klubleier).
OOK die Laerskool Newton het leerlinge tot die nasionale lands diensspan gelewer. Hulle is van links Ankia Helena, Ferdinand van Soelen en Rochelle van Zijl. LEFT: Tlotlo Les etedi was a member of the Northern Ca pe debating team for the national road safety debating competition. The team was the run nerup and Tlotlo won an iPhone. The topic was: Increa sing the safety belt wearing rate will contribute signifi cantly to reducing fatalities by 50% by the year 2010 as per the decade of acti on plan for road safety. It was initia ted by the United Nations.
Vaar goed in wiskunde-olimpiade NEWTON het ’n hele klomp presteerders in die provinsiale Amesawiskundeolimpiade waarvan 11 leerlinge eerste plekke behaal het. Hulle is van links, voor: Tahlita Faurie, Tegan Ford, Petros Struwig, Fouché Naudé en Tristan Minoque (almal gr. 4); agter: Lerissa Brits (gr. 5), Alexander Coghlan, Liam Jacobs, Minette Farrell, Hendrik Snyman (almal gr. 6) en Stephanie Crafford (gr. 7).
Blink uit in Afrikaans IN die nasionale ronde van ’n Afrikaansekspo (opstelle en gedigte) het die volgende leer linge van die Hoërskool NoordKaap medaljes verower. Hulle is van links Rian Kotzé (goud), Wynand Erasmus, JeanneAmi Steenkamp, Sisca Julius (silwer) en Ellen Kotzé (brons). Afwesig: Robynn van Heerden en Sasha Coetzee (albei silwer).
OP die onlangse landsdiensstreekkamp op Warrenton het die Hoërskool NoordKaap se Cecilia Fiedler, Minke Helena en Tsweu Sephiri goue prestasies behaal. Cherié Bredenkamp is in Desember as junior leier vir die nasionale kamp aangewys en Ansori Strauss het die gesogte Springbokeerbewys ontvang. Van links is Cherié, Cecilia , Minke en Ansori. Afwesig: Tsweu.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Swierige aksie op prettige waterfees
Stuur jou foto’s by wedstryd
WARE Griekwas-ondersteuners word in tye soos die bepaal wanneer die span effe swaarkry
DIE GhaapRiverXtreme wat die naweek op die Broadwaterlandgoed buite Douglas aangebied is, was ’n waterfees soos min met ’n wye reeks wateraktiwiteite wat op die Vaalrivier gehou is. Boonop is ’n wêreldre kord opgestel vir die grootste vlot nóg wat uit herwonne plastiekkoeldrankbottels gemaak is. Ryan Durham van Midrand was een van die professionele deelnemers wat sy slag in die wakeboardnommer (waterski) gewys het. Foto: Emile Hendricks
Loesing toe nie voorspel
Ruan Bruwer DIEGENE wat voorspellings gewaag het in die rugbyraaikompetisie van Noordkaap, in samewerking met die Flamingocasino, het baie geloof in die Griekwas gehad. Net een voorspelling het ’n punteverskil van 31+ vir die Vrystaat-Cheetahs voorspel. Die eindstelling was 52-21 vir die Vrystaters. Niemand het die eindtelling reg voorspel nie. Dus het ons gekyk wie die Poubloues se totaal reg voorspel het. Ook niemand was suksesvol daarin nie. Twee mense was albei met een punt uit. Gert Jaftha het 20 punte en Jacoba van Eck 22 vir die Griekwas voorspel. Daarna is gekyk wie se voorspelling van die Cheetahs se eindtelling die naaste aan korrek was. Hiermee was Van Eck met haar voorspelling van 45-22 vir die Cheetahs nader as Jaftha se 21-20.
Hiermee wen sy ’n tweede week agtereenvolgens ’n R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by die casino. Dié kompetisie duur nog vir oulaas die week. Lesers moet raai wat hulle reken die eindtelling in die Griekwas se wedstryd teen die Goue Leeus gaan wees. Deelnemers moet hul telling SMS voordat die wedstryd begin. In dié naweek se geval moet die SMS vóór Saterdag om 15:00 gestuur word. ’n SMS daarna sal nie in aanmerking kom nie. Om deel te neem stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Telling gevolg deur die telling en jou naam. Byvoorbeeld: Telling Griekwas 40 Leeus 30 Jan Snyman. Jy kan meer as een keer ’n voorspelling waag, maar slegs een voorspelling per SMS. Elke SMS kos R1,50. Die wenner sal Maandag per SMS in kennis gestel word.
wat uitslae betref en Noordkaap en GWK Properties wil daardie ondersteuners beloon. Hoewel verlede Saterdag se wedstryd teen die VrystaatCheetahs die kleinste skare van die Curriebekerreeks na GWK-park gelok het, was daar diegene wat oudergewoonte in hul Poubloutruie opgedaag het om na die wedstryd te kyk. Jy het nog tot Vrydag kans om in aanmerking te kom vir die prys van sowat R2 500 – ’n naweek vir twee mense op die Magersfontein Memorial Golf Estate. Om hiervoor in aanmerking te kom moes ondersteuners ál vyf die Griekwas se tuiswedstryde bygewoon het en vir Noordkaap vyf verskillende foto’s stuur wat as bewys dien dat hulle al vyf wedstryde op GWK-park bygewoon het. Stuur die foto’s per e-pos na noordkaap@volksblad saam met ’n kontaknommer. Jy hoef nie ’n Griekwas-trui vir dié spesifieke kompetisie te gedra het nie.
INDIEN dit jy in die Griekwastrui is wat verlede Saterdag op die paviljoen afgeneem is, is jy ’n R700kontantprys van GWK Proper ties ryker. Bel GWK Properties by 0538320734 om jou prys op te eis. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Onbesonne uitlatings kan jou duur kos Hendrik Coetzee FACEBOOK, ander sosiale media en webwerwe waarop mense kan kommentaar lewer, is nie plekke waar grenslose spraakvryheid geld nie, hoewel baie mense graag so wil dink. Dit raak al hoe duideliker dat mense moet besef dat hulle tot verantwoording kan en sal geroep word vir wat hulle daar kwytraak. Die grondwetlike reg op vryheid van spraak is immers nie verhewe bo ander soortgelyke regte soos die reg op privaatheid nie. Die regte moet teen mekaar opgeweeg word. Afhangend van die omstandighede, sal die een soms voorrang geniet en andersom. In dié verband is dit ook belangrik om
te onderskei tussen wat mense móét weet en wat hulle bloot wíl weet. Dít is pas in die Aardklop-diskoersreeks bevestig deur die mediaregkenner Willem de Klerk, wat daarop gewys het grondwetlike regte word altyd teen mekaar opgeweeg. Konteks is oorheersend. Nét so was kennis oor die mediese verslae en drinkgewoontes van dr. Manto Tshabalala-Msimang in die openbare belang spesifiek toe sy minister van gesondheid was. Hier het die openbare belang bepaal dit is inligting wat mense behoort te weet. Daarenteen het die publiek geen belang daarby of Jan Alleman homself toevallig een Vrydagaand effens te buite gaan in sy gunsteling-watergat nie. Hier sal die reg op privaatheid oorheers omdat inligting daaroor bes moontlik interessant, maar vir die leser irrelevant is.
Die howe het hulle ook al uitgespreek oor die verspreiding van laster op sosiale netwerke. Die dae is verby dat net die netwerk verantwoordelikheid moet aanvaar vir wat op hom versprei word. Die hooggeregshof het vanjaar gelas dat ’n persoon wat iemand anders op Facebook belaster het, self die lasterlike uitlatings verwyder en die belasterde se regskoste betaal. ’n Onbesonne uitlating kan dus ernstige geldelike implikasies inhou. ’n Ander interessante regspunt is dat die persoon wat ’n lasterlike bewering versprei, net so skuldig is aan laster soos die oorspronklike outeur. Mense moet dus versigtig wees voordat hulle iets wat hulle ontvang het, na hul vriende aanstuur. ) Hendrik Coetzee is die ombudsman van Die Burger.
NORTHERN CAPE PROVINCE
Wen kaartjies na die krieket DIE Knights-krieketspan begin sy aanslag in die Momentum-eendagreeks die Saterdag met ’n tuiswedstryd teen die Warriors op die Diamant-ovaal. Dit begin om 10:00. Vyf lesers kan elk vier kaartjies na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Kaartjies gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Snyman. Jy kan tot Vrydag om 11:00 ’n SMS stuur. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydagoggend per SMS in kennis gestel word. Hulle kan hul kaartjies van 09:00 af (wanneer die hekke open) by hek een in Dickensonstraat afhaal. Daar sal ’n lys met die vyf wenners se name wees.
DEPARTMENT OF ROADS AND PUBLIC WORKS
BIDS ARE HEREBY INVITED FOR: BID #
DESCRIPTION OF SERVICE
CIDB GRADING
NON-REFUNDABLE DEPOSIT
DRPW 095/2013
De Aar: Provisioning of office accommodation for the Department of Provincial Treasury
N/A
R200
BID DOCUMENTS WITH TERMS OF REFERENCE ARE AVAILABLE AT
CONTACT PERSONS
CLOSING DATE, TIME & PLACE
DRPW 097/2013
DRPW 099/2013
Upington: Provisioning of office accommodation for the Department of Co-operative Governance Human Settlement and Traditional Affairs
N/A
Springbok: Provisioning of Office accommodation for the Department of Co-operative Governance Human Settlement and Traditional Affairs
N/A
Springbok: Provisioning of office accommodation for the Department of Environment and Nature Conservation
N/A
R200
COMPULSORY on 15/10/2013 at 12:00 at John Dube Building, corner Station and Main Streets, De Aar
Ms M 18/10/2013 at 11:00 at Department of Roads Kgomongwe Department of Roads and Public Works, 9-11 053 831 3048 or and Public Works, 9-11 Stokroos Street, Mr T Mgijima Stokroos Street, Squarehill Park, 053 839 2299 Squarehill Park, Kimberley 8301
COMPULSORY on 10/10/2013 at 11:00 at 31 Le Roux Street, Provincial Building, Upington
Ms M 18/10/2013 at 11:00 at Department of Roads Kgomongwe Department of Roads and Public Works, 9-11 053 831 3048 or and Public Works, 9-11 Stokroos Street, Mr T Mgijima Stokroos Street, Squarehill Park, 053 839 2299 Squarehill Park, Kimberley 8301
COMPULSORY on 09/10/2013 at 13:00 at Airport Road, NDM Building, Springbok
Ms M 18/10/2013 at 11:00 at Department of Roads Kgomongwe Department of Roads and Public Works, 9-11 053 831 3048 or and Public Works, 9-11 Stokroos Street, Mr T Mgijima Stokroos Street, Squarehill Park, 053 839 2299 Squarehill Park, Kimberley 8301
COMPULSORY on 09/10/2013 at 13:00 at Airport Road, NDM Building, Springbok
Kimberley 8301
R200
Kimberley 8301
R200
SITE MEETING/ INSPECTION
Ms M 18/10/2013 at 11:00 at Department of Roads Kgomongwe Department of Roads and Public Works, 9-11 053 831 3048 or and Public Works, 9-11 Stokroos Street, Mr T Mgijima Stokroos Street, Squarehill Park, 053 839 2299 Squarehill Park, Kimberley 8301
Kimberley 8301
DRPW 096/2013
9
Kimberley 8301
A non-refundable deposit of R200 is payble for each document. NB: The Tax Clearance Certificate as indicated in NCP 2 MUST be submitted in original at the time of closure of bid. No cheques or postal orders are accepted, ONLY cash. All forms NCP1, NCP4, NCP8, NCP9 and NCP6.1B should be completed and signed certificate must be submitted with the bid. In terms of the Preferential Procurement Policy Regulation 2011, the original or certified copy of the B-BBEE status level of contribution certificate must be submitted with the bid.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
om 10:00 te die Landdroshof, Rhodesstraat 14, Douglas, aan die hoogste bieër, naamlik:
KAN DIE VOLGENDE PERSONE met die volgende besonderhede asb. vir Houston Rose skakel by 083 478 4587: J.Koegelenberg: 880319 0622 083. AJP Botes: 890504 5190 081. 'n Beloning sal aangebied word.
MAATSKAPLIKE WERKER IN PRIVAAT PRAKTYK. Dienste wat gelewer word: Egskeiding: Bewarings- ondersoeke ('custody'). Ouerskapplanne Toegangsregte/besoeke Kinders: Gedragsprobleme Kriminele hofsake: Ondersoeke en verslae vir vonnisse. Dienste word deur sommige mediese skemas betaal. Skakel J. Ferreira. 082 378 4235 PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
COROLLA 2007, VVTi: 145 000 km. A/c, p/s, CD, c/l. R79 500 cash. 2005 Golf: R39 500. 1995 Jetta: R26 500. 1996 Golf: R25 500. 071 967 0285.
Ford Courier-motorvoertuig. Registrasienommer: BPF 216 NC
SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
2005 HARDBODY 2.7: R59 500. 8-ton truck: R45 000. 071 967 70285/072 472 8686
Die voorwaardes van die verkoping sal deur die Balju van die Landdroshof aangekondig word voor die veiling 'n aanvang neem.
131 FIRSTRAND BANK BEPERK & CHRISTIAN NEL A BOONZAIER/sdw/FIR 38/0061 F635, Geregtelike verkoping.
GEDATEER TE KIMBERLEY OP HIERDIE 9DE DAG VAN SEPTEMBER 2013. DUNCAN & ROTHMAN EISER SE PROKUREURS
In die Landdroshof vir die distrik van Douglas gehou te Douglas.
DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY
SAAKNR. 724/2012.
P/a De VILLIERS & BREDENKAMP
In die saak tussen:
CASH FOR CARS, bakkies, trucks and caravans. R15 000 - R150 000. 071 967 0285. 072 472 8686.
OOPPLANWOONSTEL te huur. R3 100 p.m. Skakel 053 861 3769 / 076 900 5606.
ADMIN DATA COPY/PASTE Applicants needed. For info SMS full NAME and ADDRESS TO 084 904 6873 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com HUISHULP GESOEK: 5 DAE, inslaap. Ouer as 35 j. Goed met kinders en diere. Skakel Nadia: 082 661 3644.
FIRST BANK BEPERK h/a FIRST NATIONAL BANK Eiser
CHARL CILLIERSTRAAT 12 DOUGLAS
VERW: JVZ/bj/D0004/0138
en
CHRISTIAN NEL Identiteitsnommer: 740205 5015 086 Verweerder TER UITVOERING van
A-Z DIENSGIDS BRIDGING CASH while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
'n vonnis van bovermelde Agbare Hof gedateer 11 Maart 2013 sal die volgende goedere per publieke veiling verkoop word deur die Balju van die Landdroshof, Douglas op 25 Oktober 2013
All of us at Harmony Gold are united by our values, ensuring that we measure, we measure up and we deliver.
Operation: Harmony 1 Plant – Free State
Title: Rigger Minimum requirements: • A recognised Trade Test Certificate • A minimum of 5 years’ experience as a Plant Rigger • A Certificate of Fitness (Red Ticket) • Good interpersonal and communication skills • The ability to work independently and handle work pressure • A valid driver’s licence and own transport • Experience as multiskilled Artisan will be an added advantage • Plant experience will be an advantage
Roles and responsibilities: • Be responsible for engineering services • Perform rigging and other engineering installations and repairs • Undertake legal inspections and testing of equipment (risk assessments) • Update logbooks as per Harmony standards • Undertake daily inspections and repairs • Be on standby and work overtime if required • Comply with HRMS systems Contact person: Elizabeth Seroebele Designation: HR Practitioner Fax: 086 616 1802 E-mail: eseroebele@harmony.co.za Closing date: 18 October 2013
If you have not received any correspondence within 21 days after the closing date, regard your application as having been unsuccessful
OUR VALUES Human Communications 103271
www.humanjobs.co.za
Select Opportunities with South Africa’s Platinum Mining Giant Lonmin is the world’s third largest platinum producer with the majority of its operations located at Marikana, situated roughly halfway between Brits and Rustenburg in the North West.
INVITATION TO BID
Bid Nos: NC/SOC/021, 022 & 023/2013 Completion of General Building Works at Pre-fabricated Modular Offices in Philipstown, Williston and Askham
Lonmin has the following opportunities for talented, results-driven self-starters:
Trackless Mechanical Foreman (Underground) This legal appointment in terms of Regulation 2.9.2 of the MHSA will be accountable for the coordination of and repairs to certain underground mechanical equipment, and mechanical maintenance to all the sewage plants, as well as machining of new parts and repair of breakdowns. You will need: • Trackless underground experience on Sandvik LHD and Access Rigs • At least 5 years’ experience as an Mechanical Artisan in both surface and underground engineering • SAP PM and MM experience • The ability to work shifts. A Foreman Certificate and training as an Assessor will be advantageous. (Ref. 6216)
Underground Trackless Diesel Mechanician Here you will provide mechanical services and support in the assigned area through the effective maintenance and installation of mechanical equipment and machinery to vehicles in use within the organisation. You will need: • A Grade 12 or equivalent NQF 4 qualification with English literacy or N2 • At least 3 years’ experience as a Mechanic/Fitter/Millwright within a Trackless Moving Machinery (TMM) mining or plant environment. (Ref. 6392)
To apply, please visit www.lonmin.com using the relevant reference number. For more information, contact our call centre on (014) 571-4709
Closing date: 17 October 2013 Human Communications 103168
Bidders that submitted bids for General Building Works in terms of Bid Nos: NC/SOC/009, 010 & 011/2013 are requested to please submit fresh bids. Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, 257 Barkly Road, Homestead, Mimosa Complex, Kimberley. Bids close at: Postal address: Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley Closing date: 25 October 2013 at 11:00 Required by: Department of Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174, fax: (053) 871-2441 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted by the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations, 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 20, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted at bid closing date and time • Compulsory site inspections at each of the sites will be held during the week of 14 to 18 October 2013 • The names of bidders who submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Friday, 15 November 2013.
Northern Cape Provincial Government
AIDS HELPLINE 0800-012-322
Human Communications 103147
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
Nepgen speel 50ste Ruan Bruwer
En jou grootste teleurstelling? Om in verlede jaar se Vodacombekereindstryd net-net teen die WP te verloor.
DIE slot/flank Jaco Nepgen (27) wat verlede Saterdag teen die Vrystaat sy 50ste wedstryd vir die Griekwas gespeel het, sou veel meer wedstryde op sy kerfstok gehad het as hy nie kort-kort deur beserings gekortwiek is nie. Vanjaar byvoorbeeld het hy vier wedstryde in die Vodacombeker weens harsingskudding misgeloop. ’n Skouerbesering het hom vir drie wedstryde in die Curriebeker langs die kantlyn gehou. Hy was tot dusver een van die min Griekwa-spelers wat bereid was om elke wedstryd sy lyf op die spel te plaas. Nepgen is in 2008 en 2009 vir die Suid-Afrikaanse Universiteite-rugbyspan gekies. Hy het sy buiging in 2010 vir die Griekwas gemaak nadat hy ’n sleutelspeler vir die Maties was. Was dit nie vir die talle beserings onder die slotte in die Curriebekerreeks nie, sou hy meer gereeld aan die kant van die skrum gesak het. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Op Queenstown grootgeword en aan die Hoërskool Hangklip gematrikuleer. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, dit was ’n wedstryd vir die o.9B-span van die Laerskool Hangklip. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Corné Krige
Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Geleenthede, harde werk wanneer almal slaap en ’n handjievol talent van ons Here. Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien speel? Toe ek in 2003 vir die Grens-Cravenweek gespeel het. Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? Ligtoring Landman het gedurende ’n oefening ’n briekmerk agter in sy wit broekie gelos. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Oefen julle hard?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is die mense hier en die slegste is die weer. Halfway House of Springbok Pub? Halfway House.
JACO NEPGEN wat verlede Saterdag teen die Vrystaat sy 50ste wedstryd vir die Griekwas gespeel het. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? My buiging vir die Griekwas in die Curriebeker (2011 teen die Westelike Provinsie op Nuweland).
Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Jakes Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Ja, dit was vir ’n laat, baie laat tackle. Het jy enige bygelowe of rituele voor wedstryde? Ja, ek luister dieselfde speellys voor elke wedstryd.
11
HNK wen met paaltjie DIE eerste krieketspan van die Hoërskool Noord-Kaap het ’n naelskraapsege van een paaltjie oor die St. Andrew-skool van Bloemfontein op sy tuisveld behaal. Northerns het die wenlopies van die laaste aflewering van die kitswedstryd behaal danksy vier bylopies. Saints het ’n gedugte 273/8 in die toegelate 50 boulbeurte aangeteken. Ricus Swartz (2/28), die draaibouler van Northerns, en aanvangsbouler, Nielen van Heerden (2/39), het die meeste skade aangerig. Swartz (59) het met sy 50-tal ook die beste met die kolf gevaar. Wazeed Alexander (57) het ook ’n 50-tal vir die wenspan aangeteken.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 OKTOBER 2013
DEBT? We reduce the payments on your home. Reduce instalments on your car. Pay accounts on your behalf.
Only R57,00 Reg No: NCRDC1982
JJM DEBT COUNSELLORS cc 57 Du Toitspan Road, Kimberley Tel. 053 831 7519 E-mail: info@jjmdebt.co.za
Sport Die Diamantstad se koerant
Versterkings op pad KYK wie is terug. Dit het maar broekskeur met die Griekwas in die Curriebekerreeks gegaan, maar dié week was daar dubbele goeie nuus. Nie net was daar die eerste keer tot dusver in die reeks geen ongevalle ná verlede Saterdag se wedstryd teen die VrystaatChee tahs nie, maar die span kan Saterdag teen die Goue Leeus en in die komende promosierelegasiewedstryde teen die Pumas boon op drie sleutelspelers inspan. Die Springbokke Willie le Roux en Lourens Adriaanse is terug van nasionale verpligtinge en Ligtoring Landman se gebreekte hand het eindelik genoegsaam herstel wat hom agt wedstryde op die kantlyn gehou het. Adriaanse het net in die Poubloues se eerste twee wedstryde gespeel voordat hy by die nasionale span ingesluit is. Le Roux het nog glad nie vanjaar vir die Griekwas uitgedraf nie. Hy gaan sonder twyfel ’n belangrike pyl in die span se koker wees wat nou dringend nodig is. Foto: Emile Hendricks
Griekwas seëvier Ruan Bruwer
NADAT die Griekwaland-Wesse krieketspan ’n tweede week agtereenvolgens met ’n beurt in die provinsiale driedagreeks slae gekry het, het die span Sondag ’n pragoorwinning in die eendagreeks teen die Westelike Provinsie in Kimberley behaal. Die Griekwas is behoorlik afgeslag in die meerdagwedstryd deur met ’n beurt en 47 lopies te verloor. Maar die span het sake vinnig omgedraai en in die eendagwedstryd met twee paaltjies geseëvier danksy Jandré Coetzee wat met bal en kolf uitgeblink het. Die Griekwas moes ’n mededingende 289 lopies jaag wat die besoekers op die Diamantovaal opgestapel het. Coetzee
UITBLINKER. Jandré Coet zee het met kolf en bal vir die Griekwas in die sege oor die Westelike Provinsie in die eendagreeks uitgeblink.
was die beste bouler deur 3/38 in 10 beurte plat te trek. Die Griekwas het op twee geleenthede twee paaltjies reg ná mekaar verloor, maar ’n vennootskap van 103 lopies tussen Coetzee (77 nie uit nie) en Zakir Kathrada (52) om die 6de paaltjie het die deurslag gegee en die wenlopies is met nog 5 balle oor behaal. Diego Rosier was die ander kolwer wat ’n waardevolle bydrae van 57 lopies gelewer het. ) In teenstelling met die week vantevore se meerdaagse wedstryd teen KwaZulu-Natal toe die Griekwas in die eerste beurt goedkoop uitgehaal is, het die span hierdie keer in die tweede kolfbeurt uitgesak. Die Griekwas het ’n skaflike 325 lopies in sy eerste beurt aangeteken met Rosier (64), Aubrey Swanepoel (53) en Griffin Nieuwoudt (55) wat almal 50-talle behaal het. Soos in die Griekwas se eerste wedstryd kon hulle nie daarin slaag om hul teenstanders uit te haal nie en die WP het sy kolfbeurt op 481/7 gesluit verklaar. Aya Myoli se 3/113 in 30 beurte was die skaflikste syfers. Teen KZN het die Noord-Kapenaars veggees in hul tweede beurt getoon, maar daarvan was min teen die WP te bespeur toe die tuisspan binne 39 boulbeurte vir 109 lopies uitgehaal is. Net die openingskolwer en kaptein Alan Kruger het met 43 lopies van 103 balle ’n noemenswaardige bydrae gelewer.