Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 16 Oktober 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Wedstryd bepalend
Voortbestaan só verseker Ruan Bruwer
Besoek Kimberley RONALD MCDO NALD, McDonalds se ambassadeur, het verlede week Kimberley besoek. Die kitskosgroep is die hoofborg van ’n T20krie kettoernooi wat tussen laerskole van hoofsaaklik die stad beslis word. Die nar is klaarblyklik baie gewild. Volgens hom het kinders hom al by die plaaslike McDonalds gaan op soek. Toe hy onverwags by die Lerskool Staats se gr. 2 Engelse klas van Madeleine Pearce inge loer het, het die kinders hom spontaan be storm om hom ’n druk kie te gee. Foto: Ruan Bruwer
ENORM. Dís hoe Hennie van der Merwe, president van die Griekwaland-Wes-rugbyunie, die belangrikheid van Vrydagaand se allerbelangrike promosie-relegasie-wedstryd beskryf. Die Griekwas kom om 19:10 tuis teen die Pumas te staan wat in Mei laas aan die verloorkant (in die eindstryd van die Vodacombeker teen die Leeus) was. Volgende Vrydag word die tweede uitspeelwedstryd op Nelspruit gespeel. “Hierdie uitspeelwedstryde bepaal jou voortbestaan. “Ons was nog nie in hierdie posisie nie. Ons moet net hier deurkom,” het Van der Merwe gesê. Volgens hom is hierdie die belangrikste wedstryd nóg in sy termyn as president (sedert middel 2010). Hy erken dit sal ’n rimpeleffek hê indien die Griekwas volgende jaar nie meer in die Premierliga sou speel nie. Waar al die span se wedstryde vanjaar uitgesaai is, sal dit beslis nie die geval wees indien hy eerste liga speel nie. “Jou hotelle, gastehuise en winkelsentrums sal almal die effek voel indien die groot spanne nie meer hier kom speel nie. “Ons het toegang tot Vrydagaand se wedstryd gratis gemaak en vra asseblief dat ons die stadion moet vol pak.” Die nuwe afrigter van die Poubloues, Hawies Fourie, was verlede week met sy aanstelling heel optimisties dat die span sy plek in die boonste afdeling van die Curriebeker sal behou. “By my is daar nie twyfel nie. As dit nie vir al die beserings was nie, glo ek verlede (voorverlede) naweek se wedstryd (tussen die Griekwas en Vrystaat) sou ’n wedstryd gewees het om te bepaal watter van die twee spanne die halfeindronde gaan haal.
“Ek glo die Pumas gaan sukkel, hulle is nie gewoond aan druk wat op hul fasette geplaas word nie en om deeglik ontleed te word nie. “Hulle kon speel soos hulle wil in die eerste liga. Dit gaan belangrik wees om hulle uit hul gemaksone te kry en Griekwas het die span om dit te doen. “Moet nie ’n fout maak nie, hulle (die Pumas) het ’n goeie span. “Hulle is goed afgerig en beskik oor tot ses spelers wat goed genoeg is om Superrugby te speel. “Ek glo die aanpassing om onder druk uit te styg gaan moeilik wees en Griekwas sal oorgehaal wees,” het Fourie gesê.
Bywoning beloon DIE Griekwas gaan Vrydagaand elke bietjie aanmoediging nodig hê om ’n sterk Pumas-aanslag die hoof te bied. Die Griekwaland-Wesse Rugbyunie (GWRU) moedig alle rugbyliefhebbers aan om Vrydagaand in groot getalle na GWKpark op te ruk. Toegang is gratis. Boonop is daar ekstra motivering om Vrydagaand nêrens anders as op die paviljoen te wees nie. Vier toeskouers sal elk met ’n lekker prys huiswaarts keer. Twee pienk Griekwastruie en twee rugbyballe wat deur die span geteken is, gaan weggegee word. Jy moet ’n SMS na 45527 stuur. Begin die SMS met die sleutelwoord Griekwas gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Griekwas Jan Alleman. Jy kan soveel keer SMS as wat jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 17:00. Vrydagaand rustyd sal vier name wat geSMS is, getrek word. Jy moet teenwoordig wees om jou prys op te eis. Indien nie sal ’n volgende naam getrek word.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Donderdag 17 Oktober: HOLM: ge-MARION-neer is Marion Holm se tiende eenvrouvertoning en hierdie keer gesels sy oor hoe die gang van die lewe ’n mens kan marineer tot jy sag (en geurig) is. Sy pluk, skil en braai ’n skottel vol stories en karakters wat in hierdie eenvrouvertoning gelewer en verorber word. Dit word om 18:30 vir 19:00 by die Bikers’ Church gehou. Toegang is R200 wat ’n ete insluit. Bespreking: Marian van der Westhuizen by 083-633-6446. Donderdag 17 tot Saterdag 19 Oktober: Die Hoërskool Diamantveld bied die Wintershoek-wild-tennistoernooi aan waarin 16 spanne (8 seun- en 8 meisiespanne) van skole uit die Noordwes, Noord-Kaap en Vrystaat deelneem. Wedstryde word op die Park-, Tuineen Hoffeparkklub se bane beslis. Spel begin om 08:00 tot omstreeks 18:00. Vrydagmiddag is die halfeindstryde en
eindstryde word Saterdagoggend gespeel. Saterdag 19 Oktober: Die Vodacom Kimberley Road Runners bied ’n wedloop oor 21,1 km, 10 km en 5 km ter nagedagtenis aan Mark van Niekerk by Bishop’s Old Boys Club aan. Dit begin om 06:00 en inskryfgeld is R50 vir 21,1 km, R30 vir 10 km en R10 vir 5 km. Almal wat die twee langer afstande voltooi, sal ’n medalje ontvang. Bel vir Gerhard Krüger by 082-499-5990 of Gerrit Schoeman by 082-453-7175. Saturday, 19 October, to Saturday, 26 October: The annual Barney Barnato Golf Tournament, an individual Stableford tournament, takes place at the Kimberley Golf Club. Entry requirements include affiliation to the South African Golf Association, a handicap limit of 24 for women and 18 for men and a minimum age of 16 years. Proof of handicap is required. The competition fee is R170. Phone Ronnie Engelbrecht on 053-841-0127 or 082-552-6355. Tuesday, 22 October: The William Humphreys Art Gallery (WHAG) in collaboration with Bloodhound supersonic car is opening the Speed competition exhibition at the gallery at 18:00. Tuesday, 22 October, to Thursday, 24 October: Museums in Kimberley will jointly host the 77th annual conference of the South African Museum Association at the Horseshoe Inn. The conference celebrates the richness of the historical heritage as well as
the inventiveness and vitality that have characterised the museum sector’s action in recent years. Phone David Morris on 053-839-2706. Saterdag 26 Oktober: ’n Oggendteeparty met die sanger en geleentheidspreker Sonja Herholdt word om 09:00 by Yonder aangebied. Dit word beskryf as ’n musiekmotiveringsprogram. Kaartjies kos R180 per persoon. Bel Kim van Vuuren by 053-841-0537. Saturday, 26 October: Cansa’s Pink Walk (over 5 km and 2,5 km) starts at 08:00 and finishes at Bishop’s Old Boys Club. Pink T-shirts and wraps are available at Cansa’s office. Tickets: R40 adults and R20 children. Phone Brunie Botha at 053-831-2968. Saterdag 2 November: Ná die sukses van verlede jaar se gholfdag maak die Laerskool Eureka weer so by die Kimberley-gholfklub. Besighede kan op verskillende maniere as borge optree. Bel vir Herman Posthumus by 071-6037757 vir navrae. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap, ons plaas dit gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit ons voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. Jy kan die inligting e-pos na noordkaap@volksblad.com, dit faks na 086-214-7986 of per SMS stuur na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.
MARION HOLM
Skryf spanne vir toernooi in
DIE Hoërskool Noord-Kaap se sportkantoor bied weer op 15 en 16 November sy ses-aan-’n-kant-toernooi, bekend as die Springbok Pub Six-a-side Tournament, aan. Sakeondernemings en instansies skryf spanne in wat in die sosiale toernooi teen mekaar op die krieketveld meeding. ’n Nuutjie vanjaar is Fast Five, ’n netbalwedstryd, wat ook die vroue betrek, wat uit vyf spelers in ’n span bestaan. In albei sportsoorte kan gemengde spanne ingeskryf word. Die krie-
ket- en netbalwedstryde word by die Laerskool Newton aangebied met eersgenoemde sportsoort wat tot donker onder spreiligte gespeel word. Die Vrydagaand word ’n spitbraai vir die spelers en hul gades gehou en die Saterdag ’n potjiekoskompetisie. ’n Biertent met sangers is vanjaar ’n verdere nuutjie. Bel Gustav Burger (076-703-7223) of Magda Myburgh (082-809-4366) vir inskrywing. Dit sluit op 21 Oktober.
Vat hande met skool
STEFAN BOOYSEN van Flooring Lab se gesigsuitdrukking sê hoe wel die wedstryde in ’n ontspanne atmosfeer geskied, spelers beslis hul bes doen. Die foto is met verlede jaar se sesaan’nkant toernooi geneem. Foto: Verskaf
SESTIEN skole in die land uit bevoorregte gemeenskappe pak se dert verlede jaar elkeen ’n opbouende projek aan saam met en tot voordeel van ’n skool uit ’n minder bevoorregte gemeenskap. Die doel van die ATKVHandevatprojek is om ’n kultuur van mede menslikheid in skole te vestig sodat ’n gees van samehorigheid, hoop en positiwiteit in gemeenskappe en die breër SuidAfrika kan heers. Die Hoërskool Diamantveld het verlede jaar die Laerskool Dutoitspan omarm en vanjaar weer so gemaak. Die projek is deur die hoërskool se senior komitee bestuur. Hulle het in ’n kort tyd perk toiletware, skryfbehoeftes, sporttoerusting en niebederfbare kos ingesamel en dit voorverlede week aan die laerskool oorhan dig. Dit gaan spesifiek aan die preprimêre skool se leerlinge. Vier van die preprimêre skool se leerlinge is hier by die hoofleiers van Diamantveld wat almal by die projek betrokke was. Van links is, voor: Annarike Pienaar, Emihle Ngobo, Suzette Saul, Anchen Strauss, Nkosinathi Tollie en Ruan Maritz; agter: Rikus van Wyk en Brookley Oliphant. Foto’s: Ruan Bruwer
VERLEDE jaar het die Hoërskool Diamantveld die speelgeriewe van die Laerskool Dutoitspan se kleuterskool weer aantreklik help maak om in te speel. Die geriewe het vervalle geraak. Diamantveld het hoofsaaklik die geriewe (daar is speelplekke gebou in die vorm van onder meer ’n kerk, hospitaal, tronk, petrolstasie en ’n huis) oorgeverf. Volgens Dutoitspan se personeel speel die kinders nou graag weer daar. Daar word selfs weer kerk gehou (sien ’n video greep daarvan op ons webtuiste).
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
3
Haar dansery gesog Dra die kroon
Ruan Bruwer
NAGENOEG 550 mense het verlede Saterdagaand Kansa se Matrieknooi bygewoon waar Karien van Zyl (eerste prinses, Hoërskool Diamantveld), ElZaán van Wyk (ma trieknooi, Hoërskool NoordKaap) en Michelle du Plessis (tweede prinses, Hoërskool Diamantveld) as wenners gekroon is. Foto: Sandri Photography DIE Hoërskool Ada mantia het die na week sy Mej. Addie gekroon. Die finalis te moes elk ’n ge meenskapsprojek aanpak. Mej. Addie is nie ’n skoonheids kompetisie nie. Elke finalis is aan ’n on derhoud onderwerp en is verder op haar projek, persoonlik heid en algemene indruk beoordeel. Van links is Wilsca Smith (eerste prin ses), Simone Stoltz (Mej. Addie) en Teri na van Schalkwyk (tweede prinses). Foto: Zoomink Creative Studio
PROMOtiOn
DIE 15-jarige Natasha Shepherd het in een jaar reeds meer matriekafskeide bygewoon as wat die meeste mense in hul lewe meemaak. Stepherd is die afgelope twee maande na drie verskillende matriekafskeide genooi – een elk in Kimberley, op Daniëlskuil en op Koffiefontein. En dit is nie dat sy so wyd vry nie. Die seuns is moontlik eerder bewus van haar dansvermoëns op die dansbaan. Natasha is die dogter van ’n Portugese ma en Suid-Afrikaanse pa. Laasgenoemde verwys na haar as ’n “Boeregees”. Die gr. 9-leerling aan die Hoërskool Adamantia is deur ’n mede-Addie, James Campbell, na die skool se geselligheid gevra. Eers sou sy gaan, toe nie en enkele dae voor die groot aand het sy verneem sy gaan wel sy metgesel wees. Die rok, wat haar ouers R2 500 uit die sak gejaag het, was darem nie ’n probleem nie, aangesien dit eintlik vir die Daniëlskuilgeleentheid drie weke later laat maak is. Sy was Nathan Wimmer se metgesel na die Hoërskool Daniëlskuil se geleentheid en aan Berrin Grewar, die hoofseun van die Hoërskool Koffiefontein, sê sy. Volgens haar was sy die meeste vir haar skool se aand gespanne, maar ook om Grewar se metgesel te wees, “aangesien hy aansienlik langer as ek is en ons die dansbaan moes open en dit in ’n vreemde rok”. “Die aand op Daniëlskuil het iemand in die skare my rok gesien en gevra of sy dit kan leen vir haar matriekafskeid in Johannesburg. “Ek het dit toe uitgeleen en ’n ander een vir Koffiefontein geleen, want ek wou nie eintlik op al die foto’s in dieselfde rok wees nie.” Volgens haar het sy teen die derde afskeid begin afskaal wat moeite met voorkoms betref. Haar ma sê sy bid niemand vra Natasha volgende jaar na ’n matriekafskeid nie, want Natasha sê sy soek volgende jaar ’n
NATASHA SHEPHERD in haar rok waarin sy twee van haar drie matriekafskeide byge woon het. En nie een daarvan was eens haar eie matriekafskeid nie, want sy is nou eers in gr. 9. Foto: Jacobs Photography nuwe rok . . . En die lekkerste aand van die drie? “My skool s’n, want ek kon lekker saam met my vriendinne dans.” Sy het vanjaar met hip-hopdanslesse begin. Sy is ook gevra om haar as pom-pondanser beskikbaar te stel wat met die Griekwas se tuiswedstryde opgetree het. Sy is ná die eerste week sommer as leier aangewys.
fOOtweaR fRenZy Men’S dOwnfORce SandalS Canvas webbing uppers Rubber outsoles Available in green and khaki
normally R225
nOw R150
Men’S Reflex 2 Mid leatHeR wP BOOtS Watterproof rubber outsoles and moulded EVA midsoles Abrasion-resistant nubuck leather uppers Mesh linings offer breathability
normally R1199
nOw R999
wOMen’S GyPSuM Mid BOOtS Waterproof nubuck and mesh uppers Non-marking rubber outsoles Breathable textile linings
normally R1499
nOw R999
uP tO
50% Off selected footwear
See more incredible offers in-store & online! SHOP Online at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on orders over R250!
Men’S yORktOwn SHOeS Rubber outsoles and waxy rich leather uppers Combination micro-fibre/suede linings Micro-fibre removable Ortholite sockliners
normally R1199
nOw R999
Men’S SenSe MantRa SHOeS
Men’S xa PRO 3d ultRa 2 SHOeS
Sensifit system provides a precise and secure fit Low-cut profile for freedom of movement Profeel film provides protection from the trail
Moulded EVA midsoles and Ortholite sockliners Sensifit asymmetrical lacing for secure, customised fit Quick drying mesh uppers and 3D advanced chassis
normally R1499
nOw R1199
Receive R600 wORtH Of caPe uniOn MaRt vOucHeRS wHen yOu OPen an accOunt tOday! OffeRS valid fROM 18 OctOBeR 2013. wHile StOckS laSt. Fans find out first Call us on 08600-34000. Stores nationwide. Products subject to availability. All our products are covered by our famous 5-WayGuarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.
normally R1499
nOw R1199
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
SA moet meer positief wees
SUID-AFRIKANERS is onnodig pessimisties oor die land, het Trevor Ndlazi, die bestuurder van die Reputation Institute Suid-Afrika onlangs gesê. Luidens die instituut se jongste navorsing is daar ’n reuse-gaping tussen inwoners se persepsie oor die land en hoe buitelanders Suid-Afrika beskou. Ndlazi het gesê Suid-Afrikaners kan daarby baat vind om soos die res van die wêreld ’n meer positiewe uitkyk op Suid-Afrika aan te neem. Pres. Jacob Zuma het onlangs teen die media uitgevaar vir sy “negatiewe beriggewing” en gesê die media behoort meer positiewe nuus te rapporteer.
SO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
Positiewe nuus kry nie soveel media-dekking soos byvoorbeeld korrupsie nie, want dit is minder opspraakwekkend. Jy kan nie die media voorskryf watter nuus om te rapporteer en watter nie. Die SAUK kom al lank onder skoot vir sy eensydige beriggewing en ignorering van die staat se blapse. So het die jongste verwikkelinge met die Gupta-sage nooit die Afrikaanse nuus op die SAUK gehaal nie. As daar minder negatiwiteit was om oor te berig, sou daar sekerlik meer oor positiewe stories gerapporteer word. Maar om dit wat verkeerd is opsy te skuif om eerder die positiewe te verkondig, deug nie.
MINIMUM 13°C 13°C 10°C
MAKSIMUM 33°C 34°C 30°C
SKETS: Danie Cronjé
Elkeen rou op sy eie manier Hannes Noëth BEGRAFNISSE is nooit lekker nie. Sommige is makliker as ander. Tog interessant hoe mense in rou verskil oor hoe die troosdiens ingerig moet word. Ek is altyd van mening hoe eenvoudiger en makliker, hoe beter is dit vir die familie. Deur die eeue heen het verskillende mense, verskillende groepe en verskillende kulture elkeen ’n eie, unieke manier of wyse bewerkstellig van hoe so ’n byeenkoms gehou moet word. Soos met huwelike het ook begrafnisse dus ’n eie identiteit. Ek kan wel met oortuiging sê dat ek op begrafnisse (of dan familiebyeenkomste ná ’n dood) baie geleer het oor mense, hul gewoontes, hul liefde, hul venyn, hul maskers wat hulle dra en hul eerlikheid as hulle voor
die dood staan. Maar dit is nie waaroor ek vandag wil skryf nie. Die mens is maar nietig en gering in sy bestaan. Ek wil vertel van ’n jong seun met so ’n samekoms van die familie. Treffend hoe min woorde ’n mens soms so diep kan raak. Ná die gewone verrigtinge, sommer daar by die graf, die kis klaar in die grond, vra hy of die familie sal omgee as hy ook iets sê. Toe begin hy, sonder hakkel, sonder nadink, asof hy dit vooraf geoefen het. Asof iemand dit vir hom geskryf het. Asof hy geen ongemaklikheid het voor almal wat hier voor hom is nie. Hy praat net uit sy hart.
GEBEURTENISSE op 16 Oktober in die geskiedenis: 1836 – Die Slag by Vegkop tussen die Voortrekkers en die Matabele vind plaas. 1923 – Walt en Roy Disney stig die Walt Disney Company. 1984 – Aartsbiskop Desmond Tutu, hoof van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, ontvang die Nobelprys vir Vrede. 1988 – Ná samesprekings met dr. Danie Craven en lede van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie stem die ANC in om sy invloed te laat geld om Suid-Afrikaanse rugby weer tot internasionale geledere toe te laat. 1990 – Die Konserwatiewe Party dreig om TV-lisensies te boikot en op te hou belasting betaal om die regering te dwing om ’n verdere wit verkiesing te hou. 1996 – In die stad Guatemala, in die Republiek van Guatemala, sterf 84 mense en word meer as 180 beseer toe 47 000 toeskouers hulle in ’n sokkerstadion met slegs 36 000 sitplekke probeer inwurm.
KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Twee nuwe studies oor die stad se verkeersvloei gaan gekombineer en moontlike planne bekend gemaak word om die stad se druk verkeer te verlig. Die komitee vir vervoer, paaie en vloedwater van die Sol Plaatje-munisipaliteit het gehoor amptenare oorweeg oplossings vir die stad se verkeersprobleme en wat die invloed van die sluiting van Bultfonteinweg vyf jaar gelede was. )“My kind het hulpeloos in ’n algemene saal gelê. Hulle het hom net daar gelos dat hy suffer,” het Elisheva Rossouw gesê oor die behandeling wat haar seun, Andries Loots (24), gekry het nadat hy na bewering uit die intensiewesorgeenheid van die Kimberley-hospitaal na die algemene saal oorgeplaas en daarna dood is. Loots was in ’n motorongeluk betrokke waarin hy breinskade opgedoen het en ’n week in ’n koma was. ) ’n Man (25) is in hegtenis geneem nadat hy en nog drie booswigte ’n winkeleienaar met ’n speelgoedvuurwapen beroof het. Een van die verdagtes het na bewering oor die toonbank gespring en die vuurwapen teen sy kop gedruk. Hulle het ’n onbekende bedrag geld geneem en weggehardloop, maar die winkeleienaar het hulle agternagesit en een van die verdagtes platgetrek. ) Geen gevalle van onderwysers wat deur leerlinge gedreig of aangerand word, is nog in die Noord-Kaap aangemeld nie. Kol. Priscilla Nai-
Die Diamantstad se koerant
Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
En daar by die graf lewer hy ’n troosdiens soos ek nog nooit kon doen nie en preek hy sonder voorbereiding en sonder huiwering. Sy inhoud: “Daar het ons nou my pa in die grond laat saak. Hy was nooit in sy lewe ’n ryk man nie. Hy was nooit ’n baie slim man nie. Tog was daar niemand so ryk soos hy nie en was daar niemand so slim soos hy nie. Hy was ryk want hy het nooit meer nodig gehad as wat hy gehad het nie, hy was slim omdat hy nie nagejaag het wat niks beteken nie. “Die wêreld sal hom nie onthou nie, hy was nie ryk nie en hy was nie slim nie. Tog was hy ryk. Tog was hy slim. Ons pa was ’n man vir vergenoegdheid.”
2006 – Suid-Afrika word saam met België, Indonesië en Italië vir ’n tydperk van twee jaar tot die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad verkies. Geboortes op die dag: 1854 – Oscar Wilde, Anglo-Ierse skrywer (sterf in 1900). 1920 – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur (sterf in 1968). 1975 – Jacques Kallis, bekende veelsydige Suid-Afrikaanse krieketspeler.
du, die provinsiale polisiewoordvoerder, sê daar is wel voorvalle in die Noord-Kaap waar leerlinge onder mekaar by gevegte betrokke raak. Daar was onlangs ’n voorval by ’n skool in Roodepan waar een leerling deur ’n ander met ’n skêr gesteek is. ) Die Noord-Kaap het dringend geestesgesondheidsgeriewe nodig wat behoorlik werk. Die gesondheidsdepartement bejeën geestesgesondheid egter steeds nie ernstig nie, sê Karen de Kock, DA-woordvoerder oor gesondheid. Meer as R1 miljard is reeds aan die nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley bestee, maar inwoners van die provinsie word steeds grootliks van geestesgesondheidsdienste ontneem. ) Vier verdagtes is in hegtenis geneem en twee is steeds soek nadat hulle na bewering in ’n selfoonwinkel in die New Park-winkelsentrum ingebreek het. Die selfone was in die vertoonkas. Die diewe het deur die voordeur ingebreek.
Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Kiek ’n eerste plek los
Avoid these
pitfAlls during retirement How to stay financially comfortable at Retirement
KIMBERLY GIRLS’ HIGH’S Suewllyn Zimmerman (second in gr. 10), Sameeha Mookrey (fouth in gr. 9), Maria Nanabhai (first in gr. 10), Nambitha Mbane (fourth in gr. 9) and See meen Wookey (second in gr. 9) were all provincial winners in the provincial Amesa (Asso ciation for Mathematics Education in South Africa) Olympiad. Absent: Madelein Farrell (third in gr. 12). Photos: Supplied YESHARA PACKIRIS AMY also of Kimberley Girls’ High, received a golden award in the In novation and Techno logy category at the Es kom National Expo for Young Scientists. Ye shara created a form of organic plastic (a bio plastic) that can be used instead of normal petroleum plastic. She tested the strength and predictability of bio plastic versus normal plastic and found that a Tapiocabased plastic sample was the most efficient. She then ma de plastic bags to show that organic plastic can be userfriendly.
many articles have been written about being financially prepared for retirement but very few articles talk about what you need to do to stay financially comfortable. It is more difficult to deal with financial challenges when you are retired than when you are young. So take these steps now to stay financially secure and look out for the following risks:
Wilfred Moyo, Investment & Economic Strategist at Metropolitan
Inflation risk is a reality and happens when your pension doesn’t keep up with inflation, e.g. in 2005 R20 could buy you three bags of rice, but now it’ll only buy you one bag.
this leads us to the longevity risk – living long and possibly running out of income. the savings we have when we retire may not be enough to support us in our golden years, especially with medical technology that lets us live longer. another risk that gets overlooked is consumption risk – consuming more than what your financial plan can support. Schedule an annual review of your investments and stay in touch with your financial affairs.
THE best provincial performers in the second round of the South African Mathematics Olympiad (Samo) were announced last week. The olympiad is the big gest in South Africa with more than 81 000 learners from schools across the country that participated in the first round. There were 11 139 learners from 786 schools that participated na tionally in the second round. Last year Lourens van Niekerk, again a provincial winner in 2013, was the top junior Maths learner in the country. The junior winners are from left, front: Herli Wilken (Douglas High), Henning Noëth (Diamantveld High) and Kyle Groenewald (Northern Ca pe High); back: Lourens van Nie kerk, Deon du Plessis (both Dia mantveld) and Devan Desai (Northern Cape). Photo: Ruan Bruwer
then there’s investment risk – the risk of making the wrong investment decisions. there isn’t much time to fix any wrong investment choices after you’ve retired so get a qualified financial adviser to help you. Your financial partner before and at retirement We can help with one of the biggest financial decisions that will impact the rest of your life. Contact the Kimberley branch on (053) 833 1571/2 or visit us at 7 George Street, Kimberley. You can also contact the Upington branch on (054) 332 4604.
LIFE ANNUITIES
|
C A P I TA L P R E S E R VAT I O N P L A N S
| LIVING ANNUITIES
metropolitan, a division of mmI Group Limited, an authorised financial services provider.
ba/met/11089/15b
ESTVAN VERMEULEN, ’n matriekleerling aan die Hoërskool NoordKaap en ’n ywerige fotograaf, se spogfoto het hom R1 000 in die sak gebring. Hy was die gesamentlike wenner van ’n nasionale toerisme skolefotokompetisie. Die foto moes ’n spesiale oomblik vasvang en mense na daardie SuidAfrikaanse toeris tebesienswaardighede lok. Die wenfoto (hierbo) het hy aan die kus van Jeffreysbaai geneem. Dit is sy pa en broer op die voorgrond. Foto: Ruan Bruwer
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Griekwas slaan slag met breier Ruan Bruwer
On top in hip-hop HIPHOP DANCE SOUTH AFRICA hosted the firstever hiphop provincial competiti on in Kimberley last Saturday. The compe tition was open to all and saw over 100 dancers putting forward the best hiphop the Northern Cape has to offer. In the all styles battle Everton van der Westhuizen of the Performing Arts Fund (PAF) walked away with the spoils. The PAF is a commu nity performing arts centre situated in Bea consfield. Visit www.noordkaap.co.za for a video clip. Photo: Ruan Bruwer
Privaatheid moenie spraakvryheid kelder Hendrik Coetzee DIE hooggeregshof het ’n belangrike joernalistieke beginsel herbevestig wat deur baie mense misverstaan word. Regter Eberhard Bertelsmann het in die Noord-Gautengse hooggeregshof ’n uitspraak gegee oor die grense van mense se reg op privaatheid – veral glansmense wat die media aanwend om hulself te bevorder. Die gewese Springbok-skrumskakel Joost van der Westhuizen het die publikasie van ’n boek oor hom en sy vrou, Amor Vittone, probeer keer. Bertelsmann het die aansoek verwerp, onder meer omdat Van der Westhuizen-hulle die afgelope tien jaar die kollig en die media aktief
gebruik het om selfs hul intieme en private lewe met die publiek te deel. Van der Westhuizen het nie ontken dat alles in die boek die waarheid is nie. Selfs dit in die boek wat hy aangevoer het lasterlik is, is deel van ’n tyd in sy lewe wat hy in sy biografie (dus in die openbaar) bevestig het, is waar. Die beginsel is hoe meer openbaar jy jou lewe maak, hoe minder is jou verwagting om jou op jou reg op privaatheid te beroep. Dan is die kans gering dat jy ’n ander belangrike grondwetlike reg, dié van spraakvryheid, kan onderdruk, omdat iets oor jou vir jou ongemaklik is. ) Hendrik Coetzee is die ombudsman van Die Burger.
Die lewe mag wel oor die reis gaan... ...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.
KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word. Vir meer inligting kontak ons De Aar Tak Hoofstraat 64 De Aar Tel: (053) 631 3611
Keimoes Tak Kenhardtstraat 2 Keimoes Tel: (054) 461 1226
Vryburg Tak H/v Stella- & Kerkstraat Vryburg Tel: (053) 927 2671
ONDANKS ’n minder suksesvolle seisoen vir die Griekwas-rugbyspan het die unie steeds daarin geslaag om ’n gehalte-breier te lok om by Pote Human oor te neem. Hawies Fourie, wat soos Human oor Superrugby ervaring beskik en al ’n Curriebeker as hulpbreier verower het, is verlede week as Human se opvolger aangestel. Human word volgende jaar Tukkies se hoofafrigter. Fourie is vir die volgende drie jaar aangestel. Hy sal steeds as hulpafrigter van die Cheetahs in die Superrugbyreeks diens verrig, ’n rol wat hy al sedert 2008 vertolk en baie lof voor kry vanweë die Cheetahs se aanvallende benadering in sowel die Superrugby- en Curriebekerreeks. “Ons het ’n groot slag geslaan met die aanstelling en is baie tevrede. Ek dink dis ’n nuwe era vir Griekwas-rugby,” het Arni van Rooyen, die uitvoerende hoof van die unie, gesê. Fourie sal tydens die Vodacombeker steeds gereeld ’n oog in Kimberley kom gooi, maar die afrigtingstaak in sy afwesigheid sal op die Suid-Afrikaans gebore Peter Engledow se skouers val. Engledow, wat met die Engelse Rugbyunie as ’n ontwikkelingsafrigter gewerk het, is tans die direkteur van rugby by ’n private skool in Engeland. Fourie sê hul paaie het die eerste keer in 2008 op ’n afrigtingskursus in Nieu-Seeland gekruis
en sedertdien het hulle mekaar gereeld weer gesien en kontak behou. Pieter Bergh sal die vaardigheidsafrigter word en die agterlyn afrig tydens die Vodacombekerreeks. Kobus Calldo, wat 71 wedstryde vir die Cheetahs as voorry gespeel het, sal die kondisioneringsafrigter word en ook hand bysit met die skrums en lynstane. Volgens Fourie wil hy sien dat die Griekwas se kondisionering meer in lyn met die Vrystaat kom. “Dit sal ’n groot verskil vir Superrugby maak. Dis moeilik vir ’n Griekwa-speler om in Bloem te kom en sy kondisionering vir twee, drie maande te verander en dan by die Griekwas dit weer anders te doen.” Fourie wil hê daar moet op 12 November vir volgende jaar begin voorberei word. Van Rooyen sê hulle het uit die staanspoor hul visier op Fourie gehad, maar steeds die pos geadverteer ingeval hy nie betrek kon word nie. “Hawies dink ’n bietjie anders en is kreatief. Hy gaan maklik kan aanpas. Nie elke goeie afrigter gaan dit hier maak nie. “Ek weet waarvoor hy staan en wat sy etiek is. Hawies kan vir die Griekwas in die volgende drie jaar na ’n volgende vlak neem,” het hy gesê. Hennie van der Merwe, president van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie, sê die unie lok top-breiers vanweë die rugby wat hulle speel. “Die meeste van die groot unies het respek vir ons. Ons dwing respek by afrigters af.”
Fourie se droom waar Ruan Bruwer AGT jaar gelede het Gysie Pienaar, oud-Bok en ’n voormalige hulpafrigter van die Springbokke, Hawies Fourie om die breierskap van die Griekwas geklop. Fourie, wat in daardie stadium slegs enkele jare se ervaring as hoofafrigter van die Boland-Kavaliers gehad het, moes eers sy skoolgeld betaal. Dit het hy in die volgende agt jaar gedoen en is nou daarvoor beloon. Die Griekwas moes destyds Kobus van der Merwe se pos vul toe hy skielik ’n aanbod van die Westelike Provinsie as hulpafrigter aanvaar het. Fourie is wel vir ’n onderhoud genooi, maar het nie die pos gekry nie, hoofsaaklik weens ’n gebrek aan ervaring op provinsiale vlak. Heel ironies het Van der Merwe net enkele maande later, toe Fourie nog by die Boland was, hom as sy hulpafrigter by die Stormers betrek. Fourie is in 2007 na die Vrystaat om Naka Drotské se hulpbreier te word en saam het hulle daardie jaar die Curriebeker gewen. Die 45-jarige Fourie het ná sy speeldae (hy het in die vroeë 1990’s vir die Boland as losskakel uitgedraf) sy stempel as afrigter van die klubspan Ceres afgedruk wat daardie jare een van die gedugste nie-universiteitklubspanne in die land was. “Die lewe het maar ’n manier om sy gang te gaan. Maar dit is lekker dat daardie ideaal van agt jaar gelede nou waar geword het,” het Fourie verlede week met die aankondiging gesê. Die Vrystaatse Rugbyunie het duidelik Fourie se deugde hoog aangeslaan. Hy het einde verlede jaar pligte bygekry toe hy bykomend as die Vrystaatse Rugbyunie se hoof van rugbysake aangestel is. Buiten dat hy ’n Vrystaat-hulpafrigter was, was hy ook vir ander take, wat onder meer junior rugby, kommunikasie en skakelwerk, media en administrasie insluit, verantwoordelik. “Toe Arni my gebel en gevra het of ek nog belang stel (in die pos) toe dit bekend geword het dat hulle promosie-relegasie moet speel, het ek nooit getwyfel nie, al skuif hulle af (eerste liga toe). Dit is maar hoe ek is.
HAWIES FOURIE gaan die wit en oranje van die Vrystaat vir die poublou van die Griekwas verruil. Foto: Ruan Bruwer “Sou hulle afskuif, sal dit my grootste doelwit word om weer bo uit te kom.” Die nuwe hoofafrigter van die Poubloues sê hy hoop om met sy aanstelling die Cheetahs ’n nog sterker krag in die Superrugbyreeks te maak. “Ek meen albei unies het mekaar nodig. Ek glo nie die Vrystaat kan alleen in Superrugby goed doen nie. Jy het baie diepte nodig, dit is ’n taai kompetisie en daar speel elke jaar tussen sewe en 12 spelers van hier Superrugby. “Ek weet die Cheetahs het die Griekwas nodig. Vir die Griekwas is dit weer goed as hul spelers Superrugby speel. Dit maak die span sterker en lok spelers hierheen,” het hy gesê.
Raai amper reg
Ons is hier vir jou
Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. AVB NOORDKAAP 1
LINDA LOUBSER het so byna die eerste persoon geword om ’n eindtelling in ons rugbyraai-kompetisie reg te voorspel. Linda het ’n telling van 36-28 vir die Leeus voorspel, slegs een punt uit. Die eindtelling verlede Saterdag tussen die Griekwas en Goue Leeus was 35-28 in die Leeus se guns. Kowie du Toit, wat vantevore hier ’n wenner was, was ook nie te ver uit met een van sy voorspellings nie. Hy het ’n telling van 36-30 vir die Leeus voorspel wat hom so byna weer ’n prys besorg het. Hiermee wen Linda daardie R350-eetbewys van die Harvest Charcoal Grill-restaurant by
die casino. Dankie vir almal wat deelgeneem het. Ons maak hopenlik volgende jaar weer so. Noordkaap, in samewerking met die Flamingo-casino, bied hierdie kompetisie aan.
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
DIE Magersfonteingholflandgoed by Modderrivier gaan binnekort verder uitbrei met die ontwikkeling van nog huise op die netjiese landgoed. GWK Properties het die alleenmandaat be kom om dit te bemark en dit verlede Saterdag op ’n pretdag bekendgestel. Doreen McLaren, ’n agent van GWK Properties, sal hoofsaaklik as agent optree. Foto: Ruan Bruwer
Awarded for helping Ruan Bruwer MARIE DU TOIT, a stalwart Cansa volunteer, was richly rewarded for her ongoing servic, being named as one of five national winners of the Mariëtte Loots Merit Award. This award is given to an individual in acknowledgement, with gratitude and admiration of the highest honour, of their enduring commitment and outstanding achievement, by positively promoting the quality of life of all cancer sufferers. Du Toit (72) joined Cansa in 2003 as a volunteer, but over time she went on training courses and was asked to visit patients. “Since then she has been one of our most passionate and dedicated patient volunteers. She visits very ill patients on a weekly basis and phones patients that are in remission every fortnight. Currently she supports more or less 40 patients per month, which is an extraordinary feat,” said Dr Eileen Snyders, regional manager of Cansa Kimberley/Karoo in her motivation as she nominated Du Toit for the award. “She walks beyond the extra mile by taking them for doctor’s appointments, doing their shopping, looks after their pets when on holiday and often provides them with meals. “The wife of one of her patients who is wheelchair bound was diag-nosed with breast cancer. When she was hospitalized, Marie even went to stay at their house to take care of him, since there was no one else to assist them,” Snyders sang her praises. In addition to this, Du Toit is also a member of the Cansa regional committee, an administration volunteer at the Cansa Kimberley office and the finance chair of the Relay for Life and she assists with fundraising events such as Jail and Bail, Relay for Life and Pink Breast Walk.
MARIE DU TOIT, Cansa volunteer, with the national award she recently received for the fantastic work she has done the last ten ye ars. At the back is Dr Eileen Snyders, regio nal manager of Cansa Kimberley/Karoo who nominated Du Toit for the award. Photo: Supplied
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Verkoping by skool DIE NJ Heyns-skool hou op 23 en 24 Oktober ’n uitstalling en verkoping in die skoolsaal. Produkte van die sweis-, houtwerk- en plaatmetaalwerkswinkel sal te koop wees. Die uitstalling en verkoping sal van 08:30 tot 13:00 duur.
OP die Hoërskool NoordKaap (bekend vir sy goeie sportver tonings) se sportdi nee is Amoré Serfon tein en Frankel Engel brecht as die sport meisie en seun van die jaar aangewys. Serfontein is vereer vir haar goue en sil wermedalje op van jaar se SuidAfrikaan se atletiekkampioen skapsbyeenkoms. Sy was ook ’n lid van haar skool en provin sie se o.18Ahokkie span. Engelbrecht was vroeër vanjaar op die kortlys vir die Protearuiterspan, maar is in die Suid Afrikaanse ontwikke lingspan ingesluit. Hy het vanjaar ’n derde plek vir juniors in perdry in SuidAfrika behaal. Hy het ook ’n algeheel negende plek (uit 427 ruiters) op Fauresmith se be kende uithouvermoë rit behaal. Foto’s: Verskaf GM BRUWER was die veelsy digste sportseun deurdat hy pro vinsiale krieket en rugby gespeel het. Leatitia Hu man was die tweede jaar ná mekaar as die skool se veelsy digse sportmei sie gekroon. Sy het provinsiale kleure in vyf sportsoorte – tweekamp, krie ket, netbal, land loop en swem – behaal.
Shines in the saddle THE 18yearold Kimberlite ClariSjeri de Meillon, who has been hor seriding since the age of ten, is the top dressage rider in the Nor thern Cape and the top junior schools dressage rider in the country. She started competing seriously in her gr. 8 year when she was chosen to represent the Northern Cape at the South African Natio nal Equestrian Schools Association Finals where she got a seventh place at preliminary level. Since then she has experimented in disci plines such as dressage, equitation, showjumping and showing and achieved provincial colours each year. At this year’s Northern Cape Dressage Championships she won the trophy for best novice rider and best advanced rider, as well as the prize for the rider with the best classical seat. De Meillon now has the opportunity to go to Italy to ride under the guidance of their national instructor. Photo: Supplied
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Meer oor Tendulkar DIE kolfmaestro en wêreldlegende Sachin Tendulkar het verlede week aangekondig sy 200ste toets teen die Wes-Indiese Eilande volgende maand sal ook sy laaste wees. Hy het reeds sy uittrede uit kits- en blitskrieket aangekondig. In vandeesweek se sporttrivia kyk ons na ’n paar van sy rekords wat bitter moeilik, indien ooit, uit die rekordboeke gevee gaan word. Hy het dit immers oor 24 jaar van internasionale krieket opgestel. ) Tendulkar het in 2010 die eerste speler nog geword wat ’n 200-tal in internasionale eendagkrieket aangeteken het. ) Sy 15 837 lopies in 327 toetse is 2 459 meer as Australië se Ricky Ponting in die tweede plek. ) Sy 51 toetshonderdtalle is 7 meer as Jacques Kallis – in die tweede plek. ) Sy 67 vyftigtalle in toetse is ook ’n wêreldrekord. ) In eendagkrieket staan Tendulkar se rekord uit met 18 426 lopies in 463 wedstryde – 4 722 meer as Ponting in die tweede plek. ) Sy 49 honderdtalle is 19 meer as Ponting s’n. ) Die rekord vir die
meeste agtereenvolgende internasionale eendagwedstryde van 185 (tussen 1990 en 1998) behoort ook aan hom. ) Tendulkar is 62 keer as speler van die wedstryd aangewys – ook ’n rekord.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
BRIDGING CASH while waiting for
2 MODERNE WELLAhaardroërs. Muureenhede. 053 842 1533.
MEUBELS TE KOOP: Antieke klavier, R6 000. Driedeurhangkas, R3 000. Tweedeurhangkas, R2 000 Soliede rooshout- lessenaar (Groot 3 m x 1,5 m), R6 000 Skakel: 082 769 7222.
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
2007 COROLLA 140i, R79 500. 1999 Corsa 130i, R29 500. Enquiries 072 472 8686.
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day MOTORS, BAKKIES of trokke gesoek. R20 000R40 000 kontant. 071 967 0285.072 472 8686.
SWEETS/CHOCOLATES/ CHIPS/BISCUITS/ DRINKS DISTRIBUTION Start your own business. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
086 1101 388 083 6700 788
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Rocco skep geleenthede Ruan Bruwer ROCCO JANSEN, vleuel/heelagter van die Griekwas, is nie ’n speler wat ’n geringe geleentheid gegun moet word nie. Hy gryp sulke kanse met albei hande aan, soos teenstanders al telkens uitgevind het. Sy drie Saterdag teen die Leeus is ’n voorbeeld van hoe hy iets uit niks kan skep. Jansen het twee jaar ná skool rugby in Potchefstroom gespeel voordat hy drie seisoene by die Blou Bulle deurgebring het. Hy is sedert die 2010-seisoen by die Griekwas en het vanjaar in die Vodacombekerreeks sy 50ste wedstryd vir die Poubloues gespeel. Hy het al 28 keer in die Vodacom- en Curriebekerreeks vir die span gaan druk.
Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Die voormalige vleuel van die All Blacks, Rico Gear. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om die Vodacombeker in 2008 (saam met die Blou Bulle) te wen en om Curriebeker- en Superrugby te speel. En jou grootste teleurstelling? Om nie na wense op die speelveld te vertoon nie. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Harde werk en deursettingsvermoë. Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien speel? In 2004 toe ek vir my skool se eerste span gespeel het.
Kimberley?”, “Raak dit warm?” of “Is die veld hard?” Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die innoverende rugby wat ons speel, is die lekkerste. Die slegste is Kimberley wat baie warm word. Halfway House of Springbok Pub? Halfway House. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Om te doen waarvoor jy lief is. Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Rock of Rocks.
Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Ek het op Queenstown grootgeword en aan die Queens-kollege gematrikuleer.
Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? ’n Keer toe ek oor my eie voete geval het.
Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Ja, dit was in 2004 toe ek vir Grens se sewes-skolespan gespeel het.
Kan jy jou heel eerste drie onthou? Nee.
Watter vraag vra mense buite Kimberley jou die meeste as jy sê jy speel vir die Griekwas? “Hoe is
Het jy enige bygelowe of rituele voor wedstryde? Ek luister altyd na musiek.
Sportredaksie REËL 11: Onkant en speelkant in algemene spel. Definisies: Met die aanvang van ’n wedstryd is alle spelers aan ’n kant. In die verloop van die wedstryd kan spelers hulle in ’n onkantposisie bevind. Hierdie spelers is dan strafbaar totdat hulle weer aan die speelkant is. In algemene spel is ’n speler onkant as hy voor ’n spanmaat met die bal is, of voor ’n spanmaat wat laas-
te die bal gespeel het. Onkant beteken dat ’n speler tydelik buite spel is. Sulke spelers kan gestraf word as hulle aan die spel deelneem. In algemene spel kan ’n speler aan die speelkant geplaas word deur die optrede van hetsy ’n spanmaat of ’n teenstander. ’n Onkantspeler kan egter nie aan die speelkant geplaas word nie indien hy met die spel inmeng, of vorentoe beweeg na die bal toe, of
versuim om 10 m weg te beweeg van die plek waar die bal land. 11.4 Onkant volgens die tienmeter-reël: (a) Wanneer ’n spanmaat van ’n onkantspeler vorentoe geskop het, word veronderstel die onkantspeler neem deel aan die spel as hy voor ’n denkbeeldige lyn is wat oor die
ROCCO JANSEN, die giftige vleuel/heelagter van die Griekwas.
veld strek en binne 10 m van die teenstander is wat wag om die bal te speel, of die plek waar die bal grond vat of mag grond vat. Die onkantspeler moet onmiddellik terugval tot agter die denkbeeldige tienmeter-lyn. Terwyl die speler wegbeweeg, mag ’n teenstander nie gehinder word nie. (b) Terwyl die onkantspeler wegbeweeg, kan geen optrede van die teenstanders die onkantspeler aan die speelkant plaas nie. Voordat die onkantspeler die volle tien meter beweeg het, kan die speler egter aan
die speelkant geplaas word deur ’n speelkantspanmaat wat tot voor die speler hardloop. (c) ’n Speler wat onkant is volgens die tienmeter-reël en op ’n teenstander afstorm wat wag om die bal te vang, moet onmiddellik gestraf word. (d) Indien ’n speler wat onkant is volgens die tienmeter-reël die bal speel nadat dit deur die teenstander misgevang is, is steeds onkant. ) Dié reël word volgende week verder bespreek.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 OKTOBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Knights sal veld moet wen Verloorspanne raak maklik agter Ruan Bruwer DIE Knights-krieketspan sal vinnig moet leer om wedstryde binne sy bereik te beklink, want ’n span kan nie in die Momentum-eendagreeks agter raak nie. Vir groot dele van Saterdag se wedstryd op die Diamant-ovaal teen die Warriors (die Knights het met 11 lopies verloor) het dit gelyk asof daar net een wenner kan wees. Die Knights, wat 243 lopies vir ’n oorwinning gejaag het, het in die eerste nege boulbeurte flink gekolf en 60 lopies aangeteken, maar drie paaltjies verloor. Die aantal balle beskikbaar sou nooit ’n probleem gewees het nie, eerder of die Knights al hul paaltjies sou kon behou. Op 229/7, met nog 14 lopies kort van ’n sege (van 36 balle) en met Quinton Friend (35) en Werner Coetsee (16) goed ingegrawe voor die penne, het die Proteas-snelbouler Wayne Parnell binne vier balle van albei ontslae geraak om met 6/51 te eindig – sy beste syfers nog in sy eendagloopbaan. Dit sou altyd moeilik gewees het vir die stertkantkolwers Malusi Siboto en Tumi Masekela om by die wentotaal uit te kom. Rilee Rossouw (38, 38 b, 6 x 4), Pite van Biljon (67, 85 b, 8 x 4, 1 x 6) en Ryan McLaren (22, 43 b, 2 x 4) was die ander Knights-kolwers wat noemenswaardige tellings behaal het. Die tuisspan het vroeër met die vertrek van Van Biljon van 168/4 tot 176/7 ineengestort. Die Warriors se veldwerk was uitstekend en Simon Harmer en Christiaan Jonker het twee puik vangkanse benut. Dié twee het ook met die kolf vir die besoekers uitgeblink. Harmer het ’n onoorwonne 42 lopies tot die Warriors se 242/8 in hul toegelate 50 beurte bygedra, terwyl Jonker 44 lopies van 39 balle gemoker het voordat hy van die boulwerk van Coetsee deur McLaren uitgevang is. Die Oos-Kapenaars se groot kolfheld was Colin Ingram wat eindelik vir 79
REEZA HENDRICKS van die Knights, ’n oudKimberliet, voor die penne. Hy kon net 16 lopies met die kolf bydra. Foto: Louis Botha lopies deur Gihahn Cloete van Nicky Bojé se boulwerk uitgevang is. ) Die Knights is Vrydag, weer in Kimberley, teen die Dolfyne in aksie. Dit begin om 15:00. Vyf lesers kan elk vier kaartjies na die wedstryd wen. Stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord Kaartjies gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: Kaartjies. Jan Alleman.
Jy kan tot Vrydag om 10:00 ’n SMS stuur. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50. Die vyf wenners sal Vrydag net ná 10:00 per SMS in kennis gestel word. Hulle kan hul kaartjies van 14:00 af (wanneer die hekke open) by hek een in Dickensonstraat afhaal. Daar sal ’n lys met die vyf wenners se name wees.
INVITATION TO BID
Bid No: NC/SOC/019/2013 Rendering of Garden Services in the Frances Baard District for a period of 36 months
Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 16 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bids close at (postal address): Department Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Closing date: 15 November 2013 at 11:00 Required by: Department Social Development, Northern Cape Provincial Government Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9203/9174, fax: (053) 871-2441 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender – (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted by the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 80/20 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R100.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points out of 20, a valid, originally certified copy of bidders’ B-BBEE status level verification certificate must be submitted by the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Office of the Premier: www//northern-cape.gov.za on Friday, 29 November 2013.
Northern Cape Provincial Government
AIDS HELPLINE 0800-012-322
Human Communications 103374