Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 23 Oktober 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Beloof trou in dieselfde rok bl. 7
GEORGE DOS SANTOS wat elke dag twee keer met sy twee honde gaan stap, sê hy word telkens deur mense voorgekeer wat hulle verkyk aan veral Mickey, ’n dwergkees. Mickey het onlangs ’n maat jie, Milo, ook ’n dwergkees, gekry. Hulle het volgens hul eienaar vinnig maats geword en slaap selfs al saam. Dos Santos sê sy honde is nie te koop nie, vir diegene wat hom in die toekoms weer gaan vra, want hy kry baie versoeke, veral vir Mickey, wat enige mens se hart vinnig steel. Foto: Ruan Bruwer
NC ready for exams Lerato Sebe
WITH only a couple of days left before the start of the gr. 12 final examinations, matrics across the province will not be seen randomly hanging out in the streets for the next couple of weeks. The Northern Cape Department of Education declared its readiness last week and is eager to reach an 80% pass rate – something that was last achieved in 2004. The National Senior Certificate examinations start this Monday with the English First Additional Language paper. According to the HOD of the Northern Cape Department of Education,
Tshepo Pharasi, more than 12 600 candidates in the province will write the examinations. He mentioned that the number of registered candidates has increased with 3 000. According to Pharasi one of the reasons for the increase is the number of teenage pregnancies in the previous year. “The learners that could not write their exams last year have come back this year to finish their matric,” he said. “Immense preparations from the matriculants, the teachers and the department should lead to the desired target of an 80% pass rate.” Pharasi believes that it will be a big improvement from the results obtai-
ned last year which was a 74,3% success rate. “We are confident that with the level of support from the department to the learners, we’ll be able to reach our target.” The department is also aiming at improving figures in learners who will be eligible to enrol for Bachelors degrees at universities as well as increasing the number of learners who will pass Mathematics and Physical Science. “It is important that we produce learners who will enrol at our new Sol Plaatje University next year,” said Pharasi. He encourages the learners to pursue a career in Engineering and As-
tronomy at the new Northern Cape University to be able to have an opportunity to work at the province’s SKA solar plant. “We hope most of the learners that will enroll at the Sol Plaatje University will be from the Northern Cape. You can conclude that this university is going to be built for you. “We as government say that we will provide quality education for our learners. It is only through your success that we can guarantee that the next generation will succeed,” was Pharasi’s message to the matrics. Monday, 28 October, is the start of the National Senior Certificate exams. The exams will end on 29 November.
Kby Girls’ High farewell p 9
Basjan laat diep spore bl. 11
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
DIE NJ Heynsskool hou vandag en môreoggend ’n uitstalling en verko ping in die skoolsaal. Produkte van die sweis, houtwerk en plaatme taalwerkswinkel sal te koop wees. Die uitstalling en verkoping sal van 08:30 tot 13:00 duur. Van die artikels op die uitstalling is staalstoele, braaiers, roosters, boekrakke, kersstaanders, spieëlrame, ornamente en CDrakke. Dit is deur gr. 8, gr. 9 en gr. 10leerlinge van die skool gemaak. Foto: Ruan Bruwer
DIE berugte Shadows Pub & Grill in Hadisonpark.
Stilte heers eindelik Ruan Bruwer
NEIL DE KLERK, executive manager: corporate marketing at GWK, was elected as president of the Northern Cape Chamber of Com merce and Industry (Nocci) last week. He held the position as vice president since the election of the executive committee in Februa ry. This comes after Monwabisi Vika, Nocci’s president, was mur dered last month. Jaime Goncalves of KEW Foundries is the new first vicepresident. Hugh McGibbon of Eskom is the second vice president and Mkhulu Mkwanazi of Nedbank is treasurer, they both retain their positions.
Foto: Ruan Bruwer
INWONERS rondom die Hadisonpark-sentrum het ná ’n uitgerekte saak die goeie nuus ontvang dat harde musiek hulle nie weer van hul nagrus sal ontneem nie. ’n Ooreenkoms is bereik nadat die aangeleentheid oor harde musiek by die Shadows Pub & Grill in die Hadisonpark-sentrum vier en ’n half jaar lank gesloer het en tot vele frustrasies gelei het. Inwoners van Hadisonpark het benewens die musiek ook beswaar gemaak oor die gedrag van besoekers aan dié klub en dat die lisensie-aansoek vir ’n restaurant is. Een van die beswaarmakers wat nie gaan lê het nie, Frank Dippenaar, wou toesien dat die lisensie hersien word, omdat dit volgens hom nie aan die voorwaardes voldoen het nie. Die saak het selfs in ’n verhoor van die NoordKaapse Drankraad beland waarna dit keer op keer uitgestel is. “As ek nog een keer Kurt Darren
se Kaptein moet hoor, hang ek myself op,” het Dippenaar, ’n oudstadsraadslid en -onderwyser, destyds gesê. Dit was so erg dat hy destyds enkelbedmatrasse voor sy kamer se vensters gesit het om die geraas te tem. Hy het aangevoer die dranklisensie vir Shadows Pub & Grill spesifiseer dit is ’n restaurant, maar word soos ’n taverne bedryf. In Mei 2010 het die Noord-Kaapse Drankraad uitspraak gelewer dat Shadows Pub & Grill voortaan as ’n restaurant bedryf moet word en nié as ’n nagklub nie en dat daar slegs agtergrondmusiek gespeel mag word. Hansie Galloway, eienaar van die klub, het toe beswaar teen die uitspraak gemaak. ’n Verhoor was vir 26 September vanjaar onder voorsitterskap van adv. Herholdt Robinson geskeduleer, maar dit het nooit plaasgevind nie. ’n Ooreenkoms is intussen tussen die partye se regsverteenwoordigers onderteken wat deur die Drankraad onderskryf is.
Dit behels: ) James Galloway (die lisensiehouer van dié restaurant) moet toesien die onderneming word as ’n restaurant bedryf. ) Net 20% van die vloerruimte mag vir dans gebruik word. ) Daar mag net sagte agtergrondmusiek gespeel word; harde musiek word verbied. ) Galloway moet toesien dat gaste die restaurant verlaat sonder om die inwoners te steur of keer dat hulle dit in ’n beskonke toestand verlaat. ) Twee veiligheidswagte moet aangestel word om na die eiendom van die restaurant en omliggende wonings om te sien. ) Indien dit bewys kan word daar word nie aan die voorwaardes voldoen nie, sal die verkoop van drank na 10:00 tot 22:00 ingeperk word. “Die Drankraad het dit duidelik uitgestippel: ’n Restaurant is nie ’n taverne nie en moet nie soos een bestuur word nie,” het Dippenaar verlede week gesê.
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
3
Dié gr. 12’s groet skool én ouers Ruan Bruwer VIR ses personeellede van die Hoërskool Diamantveld was daar Vrydag ’n ekstra tikkie hartseer op die laaste skooldag vir die skool se gr. 12-leerlinge voordat die eindeksamen Maandag begin. Dié ses onderwysers moes ook van hul eie kinders afskeid neem. Die leerkragte Ivonne de Villiers se seun Johan, Hendrik Kirsten se dogter Jana, Susan van der Westhuizen se seun Stefan, Yolanda Bothma se dogter Sheryl, Leon Victor se dogter Nicola en die bemarker Ina Olivier se dogter Chantelle was vanjaar in matriek. Chantelle sê dit was lekker om haar ma naby te hê wanneer sy haar nodig gehad het. “Snoepiegeld was ook ’n groot voordeel. Die nadeel aan die ander kant was dat ek nie sommer vir haar iets kon wegsteek nie. Sy het maklik dinge oor my uitgevind.” Volgens Jana was die grootste voordeel daarvan om haar pa altyd naby te hê dat hy kon help met die tref van enige reëlings waar nodig. “Die nadeel was ek kon nooit by die huis bly nie, selfs al was daar niemand anders by die skool nie (want hy sou geweet het).” Sy het in haar gr. 8-jaar by haar pa sosiale wetenskappe-onderrig gekry. “Ek kon by die huis ook vra as ek iets nie verstaan het nie, maar in die klas was hy altyd strenger met my as met die res.” Volgens Nicola het haar pa haar punte voor haar te sien gekry. “As ek hom dan sien, het sy liggaamshouding alles verklap – of my punte goed of sleg was. Dit was nogal senutergend. “Ek het maar sy vak (ekonomie) vermy en dus nie by hom klas gehad nie.” Stefan het sy hele hoërskoolloopbaan deur Duits-onderrig by sy ma gehad. “Die voordeel was dat sy my met die vak kon help. Die nadeel was ek kon nie bank nie.” Sheryl sê sy het die voordeel gehad dat sy altyd by haar ma kon opvang oor enige skoolnuus of -aankondiging wat sy dalk gemis het. “Ek het nie altyd deeglik geluister nie. Ek kon ook nie juis vir haar jok oor iets oor die skool nie, sy het geweet van my doen en late.”
SES personeellede van die Hoërskool Diamantveld se kinders was vanjaar in matriek aan dié skool. Die matrieks het Vrydag hul laaste skooldag gehad. Hulle sal nou nog enkele kere skool toe gaan, maar net om eksamen te skyf. Die sestal saam met hul spruite is van links Ivonne De Villiers en haar seun Johan, Hendrik Kirsten en sy dogter Jana, Susan van der Westhuizen en haar seun Stefan, Ina Olivier en haar dogter Chantelle, Yolanda Bothma en haar dogter Sheryl en Leon Victor en sy dogter Nicola. Foto’s: Ruan Bruwer REGS: Ná die afhandeling van sekere tradi sies wat gepaardgaan met die matrieks se laaste skooldag by die Hoërskool Diamant veld is die groep gr. 12’s deur die res van die skool gegroet wat ’n erewag vir hulle ge vorm het. Sy het twee jaar Afrikaans-onderrig by haar ma gehad en sê dit was heel aanvaarbaar. “Sy het my net soos enige ander kind in die klas behandel.” Johan sê die lekkerste vir hom met sy ma op die personeel was geld vir die snoepie. “Maar ek kon weer niks stouts doen nie, dan het sy daarvan geweet.” Hy het van gr. 10 tot gr. 12 in twee vakke (wiskunde en skeinat) by sy ma klas gehad. “Die voordeel daarvan was dat ek ’n ekstraklas-juffrou by die huis gehad het.”
JHB 44037
LOWEST GUARANTEED FLAT
CALL RATE
INCLUDES
LE AB EV L I L A BE DE UN
YOUR SHARE OF
R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.
R57 PM
INCLUDES EXTRA
300MB DATA PM
FREE
SMARTCASE WORTH R399
BlackBerry® Curve™ 9360 Smartphone
WAS R179
R159
Huawei Ascend P6 Smartphone
PM x24
50
50
SMS/MMS
R219
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
ON STRAIGHT UP 50 TOPUP* MINUTES
Available at the following Cell C stores:
WORLD’S THINNEST PHONE
BLACKBERRY® INTERNET SERVICE VALUED AT
50
MB DATA
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
LG Optimus G Pro Smartphone
R369
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
FEATURES: Lightweight with 3.2” HVGA+ display, BlackBerry®7.1 OS, 5MP camera with flash and video recording.
FEATURES: 4.7” HD In Cell LCD, Jelly Bean 4.2 Operating System, 6.18mm Sleek metallic body, 5MP Front camera with Auto Face enhancement, 8MP Rear-facing camera with 4cm macro view.
FEATURES: 5.5” dazzling full HD display, 1GHz QuadCore, 13MP Dual recording/Dual camera picture-in-picture technology.
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
CHANGE TO THE CELL C FAMILY TO ENTER. cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN RUNS FROM 1 OCTOBER TO 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 October – 31 October 2013. All prices are inclusive of VAT.Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Partye moet hulle skaam VERTROU Suid-Afrikaanse politici om soos honger aasvoëls op ’n familie toe te sak wat ná die dood van twee geliefde kleuters broos en uitsigloos gelaat is. Die land rou sedert verlede week saam met die Mali-familie van Diepsloot in Gauteng nadat die lykies van die niggies Yonalisa (2) en Zandile (3) in ’n buitetoilet in dié gebied gevind is. Terwyl die familie besig was om hul pyn te verwerk en reëlings vir die dubbele begrafnis te tref het politieke aasvoëls op hulle toegesak. Terwyl die twee kleuters se ma’s ontroosbaar in hul plakkersSO MAAK DIE WEER DONDERDAG VRYDAG SATERDAG
hut gehuil het, het verteenwoordigers van Agang en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) die hut se drumpel deurgetrap en albei partye het buite die hut T-hemde aan inwoners uitgedeel. Daar is niks verkeerd met ondersteuning aan families wat deur so ’n groot tragedie getref is nie. Hul T-hemp-truuk buite die familie se hut het egter alle twyfel agter die doel uit die weg geruim. Die leiers van Agang en die EVV behoort hulle te skaam oor hul lede se gedrag by die Mali-familie se huis en hoe dit vir goedkoop politieke gewin uitgebuit is.
MINIMUM 11 °C 12 °C 9 °C
MAKSIMUM 28 °C 26 °C 28 °C
SKETS: Danie Cronjé.
Gebed vir ’n pasgebore baba Hannes Noëth IN dieselfde week waarin twee bejaardes op Barkly-Oos vermoor word en twee kleuters in Diepsloot wreedaardig van hul lewe ontneem word, staan ek by ’n pa en ’n ma met die pragtigste klein jongeling – in pienk getooi van kop tot toon. Slapend en nog onbewus van alles wat in hierdie wêreld gebeur. Sy is pas ’n dag gelede gebore, haar magie is vol, winde is uit, doek is droog. Sy kan slaap en wag totdat dit weer drinktyd is. Só gesels ek en dié babatjie se pa en ma oor hul drome vir haar. Wat hulle graag sal wil doen om te verseker dat sy ’n kans in die lewe kry. Hoe hulle haar met hul eie lewe sal wil beskerm. Watter hoop in hulle leef vir haar
pad vorentoe? Ons gesels oor die twee ou mense wat vermoor is. Hul dogter is ’n bekende dokter op Barkly-Oos. Hoeveel babatjies het sy in die lewe gebring, hoe baie se lewe het sy binne die beperking van die menslike vermoëns gered? Maar teen die wrede moord op haar ouers kon sy niks doen nie. Ons gesels oor die twee kleuters. Hul lewensvoorreg is van hulle ontneem, hul ouers se drome was waarskynlik net so groot en so mooi. Hul drome sal nou nooit kan realiseer nie. Dit moenie so wees nie.
GEBEURTENISSE op 23 Oktober in die verlede: 1838 – Die Natalse Voortrekkerstad Pietermaritzburg word gestig. 1911 – In die Turks-Italiaanse Oorlog word vliegtuie die eerste keer in ’n militêre situasie gebruik toe ’n Italiaanse vlieënier oor Libië vlieg om Turkse linies waar te neem. 1925 – Groot steun word verkry vir ’n voorstel op die kongres van die Nasionale Party in Bloemfontein dat die Bybel in Afrikaans vertaal word. 1958 – Die strokie Die Smurfs verskyn die eerste maal in die Belgiese tydskrif Spirou. 1983 – Selfmoord-terroriste jaag met ’n
KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Daar was goeie nuus by die Dronfieldnatuurreservaat buite die stad toe ’n span roofvoëlkenners 14 meer witrugaasvoëlkuikens as verlede jaar gering het. Die goeie nuus kom te midde van kommer dat getalle kan daal ná die vergifting van aasvoëls vroeër vanjaar in die Zambezi-strook in Namibië. ) Chaos het uitgebreek toe werknemers van die Sol Plaatje-munisipaliteit die plakkershuise in Galeshewe tussen Weseinde en Thambo Square afgebreek het. Die munisipaliteit het ’n interdik aan die gemeenskap oorhandig wat hy in Mei 2009 gekry het. Dié interdik verbied mense om strukture op sekere dele van munisipale grond op te rig. ) Die doodstraf is ongrondwetlik en tensy die Grondwet gewysig word, sal dié straf nie teruggebring word nie, het Jeff Radebe gesê. Die minister van justisie en grondwet-
Die Diamantstad se koerant
Tel. Faks
053 831 2331 053 831 2330
Posbus 1583 Kimberley 8300
Die lewe is ’n voorreg. Die mens moet die geleentheid gegee word om te kan lewe, om drome te laat waar word. En solank ons die voorreg het van lewe, moet ons nie oorleef nie, ons moet passievol leef. Oor al hierdie dinge gesels ons by die klein sussie in haar hospitaalbedjie. Ek, haar ouers en sy self weet nie wat in haar lewe op haar wag nie, hoe haar lewe sal verloop nie of watter voorspoed en teëspoed daar sal wees nie, maar ons weet sy lewe vandag en dit is ’n voorreg. En ek bid saam met haar ouers: Dankie vir die voorreg van haar lewe vandag. En ons bid dat hul drome vir haar mag waar word en dat sy die geleentheid van lewe gegun sal word. Die lewe is immers ’n voorreg.
vragmotor vol plofstof deur die hekke van die hoofkwartier van die Amerikaanse vlootsoldate in Beiroet en 241 Amerikaners sterf. 1984 – Sowat 7 000 soldate en polisiemanne trek ’n kordon om drie swart woonbuurte suid van Johannesburg om onlusteleiers vas te trek. 1996 – Regter Ismail Mohammed, SuidAfrika se eerste gekleurde SC, word aangestel om hoofregter Michael Corbett in 1997 op te volg. 2001 – Die eerste Apple-iPod word bekend gestel. 2008 – Suid-Afrika se teenkorrupsie-eenheid, die Skerpioene, word in ’n sitting van die Nasionale Vergadering formeel ontbind. Geboortes op die dag: 1946 – Graça Machel, vrou van Nelson Mandela. 1952 – Antjie Krog, Suid-Afrikaanse digter en skrywer. 1976 – Ryan R. Reynolds, Kanadese akteur wat in 2010 deur die tydskrif People as die aantreklikste man lewend aangewys is. like ontwikkeling wat Galeshewe besoek het as deel van sy departement se veldtog om na mense op grondvlak uit te reik het ’n plaaslike inwoner, Shereen Mhandu, geantwoord toe sy die herinstelling van die doodsvonnis versoek het. ) Daar is min verrassings onder die benoemdes vir die ANC se onderskeie kandidatelyste. Opvallend afwesig op die lys benoemdes vir die wetgewer is Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, wie se naam steeds gereeld as moontlike premierskandidaat opduik. ) Enige projekte wat deur John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, begin word, moet deeglik in die soeklig geplaas word. Vir solank as wat onsekerheid bestaan oor Block se betrokkenheid by korrupsie kan hy nie vertrou word nie, het Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier, gesê nadat ’n nuwe anti-korrupsiestelsel deur Block bekendgestel is. ) Die gebruik van “digitale handtekeninge” in die vorm van vingerafdrukke, asook slimkaarte waarmee identiteitsdiefstal verhoed sal word, is deel van ’n nuwe stelsel om korrupsie en bedrog in die Noord-Kaapse regering ’n doodskoot te gee. Die stelsel, die Biometric Access Control System (BACS), is hier bekendgestel. Die Noord-Kaap is die tweede provinsie in die land wat dié stelsel gebruik. Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Going to dazzle patrons’ taste buds THE Protea Hotel Kimberley launched its brandnew à la carte menu last week. The compi ling of a menu is one of the most important functions of a chef and there are a number of factors that must be taken into consideration before any menu is written, said head chef, Christèl Louw. “The aim of our menu is to place emphasis on the originality, boldness and freshness of our selected items. We’ve also placed emphasis on our region while com piling our new menu,” she said. From the left are three of the waiters, Boipelo Matlhoko, Emmanual Modisaotsile and Prudence Sinyeni. In front is Christèl Louw. Photo: Ruan Bruwer
GOOD NEWS FROM THE COMMUNITY
Advertorial brought to you by KFC
KFC Mini-Cricket Launches The KFC Mini-Cricket Kids VS Proteas Tour The launch of the KFC Mini-Cricket Kids vs Proteas Tour took place at Montecasino, Fourways. An assembled team of KFC MiniCricket kids took on a Proteas side, marking the start of a cricket season that will see kids in seven KFC Mini-Cricket teams from seven regions squaring up against their heroes. Games will either take place at parks, shopping centres or schools with the aim of attracting as many supporters as possible. The seven winners will be selected through a USSD competition mechanism where entrants dial*120*7535# to enter. A lucky draw will be held for each region after the competition closes where the lucky winners, and their KFC Mini-Cricket team, will then play a game against the Proteas.
The KFC Mini-Cricket Kids vs Proteas Tour is just another way that kids will get a chance to get active. Together with other opportunities in the KFC T20 International Series and Ram Slam T20 Challenge this summer, KFC Mini-Cricket kids will also be encouraged to get their friends to get active. The KFC Mini-Cricket Kids vs Proteas Tour fixtures are as follows: -
9 October 2013: Proteas vs a school from Bloemfontein 5 November 2013: Proteas vs a school from Cape Town 19 November 2013: Proteas vs a school from Johannesburg 1 December 2013: Proteas vs a school from East London 13 January 2014: Proteas vs a school from Pretoria 5 February 2014: Proteas vs a school from Durban 7 March 2014: Proteas vs a school from Port Elizabeth
The Proteas in the dugout waiting for their turn to bat.
“In keeping with our focus in getting more kids active, we believe there is no better way to achieve this than by getting the Proteas to play kids and their teams, and encourage activity and fun on the pitch” said Lizanne Bartlett, Marketing Director KFC South Africa This once in a lifetime tour will make for unique and exciting contests. Not only will the kids in the winning schools get to enjoy the day, the public in the region will be encouraged to attend and support too, providing them with exclusive photo and autograph opportunities with their local heroes.
KFC Mini-Cricket kids waiting for their turn to play against the Proteas.
With over 100 000 kids getting active in the KFC Mini-Cricket programme throughout South Africa, the Proteas are in for a stern test. The on-field rivalries may be unlikely ones, but the passion and enthusiasm will be at an all time high as the stars of tomorrow get to play against the stars of today for the ultimate cricketing bragging rights.
AB de Villiers and Player of the Match Jemma Searle at the after match awards ceremony at the KFC Mini-Cricket Kids vs Proteas Tour launch at Montecasino. There will be 7 more games in the major centres around South Africa.
KFC Mini-Cricket Kids and the Proteas having their photos taken before the match started.
Hungry? KFC
Tel
Tel 011 453 9888 832 9607 KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) 011 452053 7139 831 2255 KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) 011 974053 4902 053 832 9554 KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)
YUM Restaurant Support Centre Bryanston: 010 001 7100 www.kfc.co.za
SYNC /11996
“After playing against the kids last year, before we left for Australia, and getting bowled out on the 2nd ball, I know these matches won’t exactly be light-hearted exhibitions. But I’m looking forward to getting active with the kids, their passion for the game is always very inspiring” said AB de Villiers.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
What is multiple sclerosis? MULTIPLE SCLEROSIS (MS), also known as disseminated sclerosis, is an inflammatory disease in which the insulating covers of nerve cells in the brain and spinal cord are damaged. This damage
disrupts the ability of parts of the nervous system to communicate, resulting in a wide range of signs and symptoms, including physical, mental and psychiatric problems. – Source: Wikipedia
Living with MS Lerato Sebe PALESA MAHLATSI, a Kimberley resident, still maintains a smile on her face regardless of her circumstances. She was diagnosed with multiple sclerosis (MS) in 2008 while she was a customer service consultant at Absa Bank in Pretoria. MS is a disease that involves an immune system attack against the central nervous system (brain, spinal cord and optic nerves). Vitamins didn’t help Mahlatsi (30) says that she started feeling a bit numb on the right-hand side of her body, which caused her to limp when walking. Then she started losing balance and becoming dizzy while walking. She went to see a doctor, who gave her some vitamins to take, but that did not help. After a year, she went to another doctor and this time she was given tablets that helped her ease her dizziness. She felt better for a while until six months thereafter when the treatment was finished. “The dizziness became worse and I was walking like a drunken person,” she said. Condition cost her her job In 2010 she got a new job in Pretoria and her new colleagues showed concern in the way she was walking. One day she lost control of her legs and fell at work. That’s when she went to see a neurologist who told her she’s got MS. “When I told my human resource manager, my contract was immediately terminated. I was unemployed and was forced to come back home to Kimberley.” Confined to bed Her condition deteriorated until she had to use a wheelchair to move around. After losing control of her limbs, she could not sit up in the wheelchair anymore and has been bedbound since
JUST getting up is too much to ask for Palesa Mahlatsi who is totally depen dent on help. Luckily for her a family friend, Queen McKenzie, comes to help every day for a large part of the day. Also giving a hand is Simon Seete lo, a friend. Photo: Ruan Bruwer then. “This disease doesn’t have a cure. I can’t control my limbs. My speech has deteriorated too due to the condition and I find it difficult to speak. I drink magnesium tablets that help to reduce the shaking.” Mahlatsi says because she does not have a medical aid, her mother had to spend a lot of money to buy her medication. Her mother being the sole provider in the house has been her support system from the beginning. Son keeps her going She lights up when she speaks about her son, saying that he often feeds her, helps her drink water and even scratches her when she’s itching. “I thank God for my family. My eight-year-old son is the reason why I
don’t give up. He is very patient with me and understands what I’m going through. He accepted my condition although he sometimes raises concerns of losing me.” Every week, the Galeshewe Day Hospital home-based caregivers visit her to give her physiotherapy and also to feed and bathe her. “I’ve been to many churches seeking prayers and asking God to heal me. I am tired of where my life is at right now. My friends don’t call me and they don’t visit at all. “My son and my family are the only people that keep me going.” Most of her friends have turned their back on her. “I am still hopeful that just as this condition started, so it will end. I will become better.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
RENSCHÉ BOTJES het in dieselfde trourok as 60 jaar gelede opgedaag. Foto: Carine Beylefeld
Botjesse beloof weer ná 60 j. trou Carine Beylefeld OM 60 jaar se getroude lewe te vier het ’n egpaar van Kimberley gereken dit moet op ’n spesiale manier gevier word. Hulle het soos 60 jaar gelede voor vriende en familielede hul troubelofte hernu. Die bruid het boonop in dieselfde rok as die eerste troudag, 3 Oktober 1953, opgedaag. Die 81-jarige Henry Botjes (ook bekend as Sony) en sy vrou, Rensché (85), se paaie het die eerste keer in 1952 gekruis toe sy ook by die poskantoor begin werk het. Die paartjie is destyds in die NG kerk Dutoitspan getroud. Uit die huwelik is vier kinders – Judy, Cecil, Burtie en Dana – gebore wat sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders opgelewer het. En dit was die kinders se idee om vir die 60ste huweliksherdenking iets besonders te doen. Gaste, waaronder Letta Windvogel (69) wat al 31 jaar vir die Botjes-egpaar werk, kon hul oë nie glo toe Rensché met haar trourok van 60 jaar gelede saam met Henry by die ingang van die AGS kerk Royldene staan nie. Past. John Masuret het die plegtigheid gelei en die twee seuns, Cecil en Burtie, het die ringe gebring wat hul ouers weer vir mekaar aangesteek het. ’n Middagete met tuisgemaakte geregte (waarmee Rensché hand bygesit het) het daarna gevolg. Dit is afgesluit met vrugteslaai en roomys met aarbeie met ’n sjokolade-fonteintjie wat Judy al die pad van Port Elizabeth af gebring het. Rensché sê die huweliksresep is om mekaar te waardeer, te respekteer en om aan mekaar ruimte te te gee.
‘Die huweliksresep is om mekaar te waardeer, te respekteer en om aan mekaar ruimte te te gee.’ – Rensché Botjes
SESTIG jaar se liefde ongeblus. Henry Botjes en sy vrou, Rensché, het op 3 Oktober opnuut trou aan mekaar beloof. Foto: Carine Beylefeld
7
DIE egpaar Botjes se groot dag – 3 Oktober 1953.
Foto: Verskaf
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
MET vergunning van die GriekwalandWesse Rugbyunie, in samewerking met Noordkaap, het vier van die toeskouers op Vrydagaand se promosierelegasiewedstryd teen die Pu mas met ’n prys huiswaarts gekeer. Twee pienk Griekwatruie en twee rugbyballe wat deur die span geteken is, is weggegee. Deelnemers moes ’n SMS na die kompetisielyn stuur en die wenners se name is rustyd getrek. Van links is die gelukkiges, Duiweltjie Badenhorst, Collien Victor, Ryno Griesel (wenner van kompetisie van Volksblad), Renault Blaauw en Shahida Petersen. Foto: Ruan Bruwer REAKSIE spreek boekdele. Spelers en bestuurslede se reaksie was dié van blydskap, maar ook verligting enkele oomblikke nadat Gouws Prinsloo se doelskop tussen die pale deur gejaag is en dit aan die Grie kwas ’n 219sege in Vrydag se belangri ke promosierelega siewedstryd be sorg het. Van links is Arni van Rooyen (uitvoerende hoof), Lourens Adriaanse (stut), Steph Ro berts (stut), Willem Willem (spandok ter), Jaco Nepgen (slot) en Marnus Hu go (skrumskakel). Sien ’n videogreep op www.noord kaap.co.za. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
9
KIMBERLEY GIRLS’ HIGH held their matric farewell on Saturday at Hoffepark and one must compliment them on a well-organised event. We photographed a couple of nicely-dressed couples.
KUSCHKE LUCAS and her partner, Max Jacobs.
LAUREN VISAGIE and her partner, Charl Adams.
FARZAAN MOHAMMED and her partner, Branferd Lange veldt.
NINA SEAWARD and her partner, Tshiamo Mashilo.
CLARESE DE MEILLON and her partner, Phillip Jacobs.
LETACHME VAN GRAAF and her partner, Dillon Everson.
BRITTANY WHYTE and her partner, Senna de Abreu.
MADELEIN FARRELL and her partner, M.S. Calitz.
KATIE KLEMP and her partner, Ahren Posthumus.
Photos: Ruan Bruwer
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
BETREKKINGS
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Matrieks stal uit
BASJAN REINHARDT in 2010 in sy kantoor toe hy nog die bedryfsbe stuurder van die Hoërskool Diamant veld was. Hy is Saterdag skielik op 65 jaar aan ’n hartaanval oorlede. Foto: Ruan Bruwer
Skielike sterfte tref diep Ruan Bruwer BASJAN REINHARDT, ’n uiters gewilde en gerespekteerde oudleerkrag, se heengaan sal duidelik ’n leemte laat, blyk dit uit die groot aantal huldeblyke wat sedert sy skielike afsterwe gelewer is. Reinhardt is Saterdagoggend aan ’n hartaanval dood. Dit was die dag ná sy 65ste verjaardag. Reinhardt, orals gelief waar hy in sy loopbaan as onderwyser skoolgehou het, was van 2010 tot einde verlede jaar die Hoërskool Diamantveld (DHS) se bedryfsbestuurder. Hy was vroeër (1972 tot 1978) ook ’n rekeningkunde-onderwyser aan dieselfde skool. Hy het – ná ’n kortstondige uittrede in 2009 – einde verlede jaar na Tergniet in die Suid-Kaap verhuis om af te tree. Hy was egter steeds die toernooi-direkteur en stigterslid van die grootste skolesport-toernooi in Suid-Afrika, die Wildeklawer-Superskole. Cassie Carstens, die toernooi se hoofbestuurder, sê as dit nie vir Reinhardt se dryfkrag en deursettingsvermoë was nie, sou die toernooi nooit ontstaan het nie. “Hy was die dryfkrag agter die Wildeklawer-Superskole. Dit was sy passie en sy vlagskip. Ek gaan hom vreeslik mis met die reël, koördinering en operasionele hantering van die toernooi. “ ’n Mens mis eers iemand as hy nie meer daar is nie, dan besef jy wat hy werd was. Ek gaan my mentor, ’n vriend en ’n man duisend baie mis.” Volgens Carstens was Reinhardt die spreekwoordelike mens-mens. “Hy het ’n teenwoordigheid soos min gehad en sy gewig ingegooi waar ook al benodig.” Volgens Mareth Hugo, die DHS se hoof, was Reinhardt ’n gerespekteerde onderwysman wat op vele terreine ’n bydrae gelewer het. “Selfs ná sy aftrede was hy nog aktief by onderwysliggame betrokke. Sy ondervinding en kennis sal beslis gemis word. “Diamantveld betreur sy afsterwe en sal hom onthou as ’n man met statuur; altyd netjies en professioneel, ’n goeie spreker en iemand wat die daad by die woord gevoeg het,” het sy gesê. Iemand wat die vorige sowat drie jaar ook nou saam met hom gewerk het, is die DHS se bemarker, Ina Olivier. Sy sê hy was ’n diep gelowige mens met ’n passie vir die lewe, mense en veral sy familie. “Ek sal hom onthou as ’n ware gentleman. Altyd opreg in sy take, doelgerig en nederig.” In ’n onderhoud toe hy pas aan die DHS in 2010 begin het, het Reinhardt gesê die skool het visie en waagmoed met sy aanstelling aan die dag gelê. “Niemand moet deur my aanstelling bedreig en geïntimideer voel nie. “Ek is hier om my pligte uit te voer en het nie enige aspirasies, soos om dalk weer skoolhoof te word, nie,” het hy toe gesê.
DIE Kimberleykuns sentrum se gr. 12 leerlinge se kuns werke is verlede week in die William Humphreyskuns galery bekend ge stel. Die tema van vanjaar se uitstal lingsprojek was 25. Die uitstalling duur tot 7 November en bevat ’n paar beson derse werke. Een van die kunste naars, Joanmarie Klopper, se teken kuns, ’n moeilike vorm, is volgens die kenners goed ge doen.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
DIE Hoërskool Dia mantveld se meisie span het koning ge kraai onder die agt meisiespanne wat aan die Winters hoekwildtennis toernooi deelge neem het. Onder hulle was die sterk span van die Hoër Meisieskool Oranje wat tweede was. By die seuns was die Hoërskool Noord Kaap die wenner. Spanne het uit vyf spelers bestaan, ju niors en seniors ge meng. Een van Dia mantveld se uitblin kers was Ané Badenhorst (foto) wat die meeste van haar wedstryde ge wen het.
Hugo laat spel praatwerk doen Ruan Bruwer
Foto: Louis Botha
Aandag: Werkgewers! Interim Rekonsiliasie sperdatum 31 Oktober. Moenie wag nie. Dien dadelik in. www.sars.gov.za
10011765JB/A
AS daar ’n kompetisie moet wees vir spelers wat die meeste op die rugbyveld praat, moet Marnus Hugo baie naby aan die wenner wees. Skeidsregters moes in die verlede gereeld selfs die kaptein aanspreek en vra om minder kommentaar te lewer. Maar hy doen ook die praatwerk met sy spel en het hom vanjaar as die voorste skrumskakel in die Griekwa-span gevestig. Die 27-jarige buksie het ’n jaar ná skool rugby in Durban gespeel, maar het ’n jaar later weer na die Boland teruggekeer om sy senior buiging vir die Boland-Kavaliers te maak. Hy het vier seisoene vir die span gespeel voordat hy in 2010 na Kimberley gekom het. Hy het intussen meer as 50 wedstryde op sy kerfstok in die Poubloutrui. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? In die Paarl waar ek in PaarlGimnasium was (sy spanmaat by die Griekwas, Jean Stemmet, was ook sy spanmaat op skool). Kan jy jou heel eerste drie onthou? Nee. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? James Small, voormalige Springbok-vleuel. Wat was jou grootste rugbyoomblik of -prestasie? My Superrugby-buiging vir die Cheetahs in 2010. En jou grootste teleurstelling? As ek nie gekies word nie. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Harde werk en ’n skerp kop. Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien speel? Toe ek in 1999 Cravenweek gespeel het, hoeka in Kimberley.
DIE skrumskakel van die Griekwas, Marnus Hugo, het nog nie in sy loop baan ’n geel of rooi kaart ontvang nie. Watter vraag vra mense buite Kimberley jou meestal as jy sê jy speel vir die Griekwas? Hoe kry julle dit reg om so goed te vaar in die Curriebekerreeks? Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is 30 vriende wat saam rugby speel. Die slegte is dat jy ver van alles af is en die reis is nie maklik nie. Halfway House of Springbok Pub? Die Half met ’n live band.
Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Jy kan elke Woensdag gholf speel. Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Marrie. Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Ek het nog nie een gekry nie (touch wood). Het jy enige bygelowe of rituele voor wedstryde? Ek sit op dieselfde plek in die kleedkamer.
REËL 11: Onkant en speelkant in algemene spel. Definisies: Met die aanvang van ’n wedstryd is alle spelers aan ’n kant. In die verloop van die wedstryd kan spelers hulle in ’n onkant-posisie bevind. Hierdie spelers is dan strafbaar totdat hulle weer aan die speelkant is. In algemene spel is ’n speler onkant as hy voor ’n spanmaat met die bal is, of voor ’n spanmaat wat laaste die bal gespeel het. Onkant beteken dat ’n speler tydelik buite spel is. Sulke spelers kan gestraf word as hulle aan die spel deelneem. In algemene spel kan ’n speler aan die speelkant geplaas word deur die optrede van hetsy ’n spanmaat of ’n teenstander. ’n Onkantspeler kan egter nie aan die speelkant geplaas word nie indien hy met die spel inmeng, of vorentoe beweeg na die bal toe, of versuim om 10 m weg te beweeg van die plek waar die bal land. 11.4 Onkant volgens die tienmeter-reël: (f) Die 10 m-reël is nie van toepassing as ’n speler die bal skop en ’n teenstander storm die skop af en die bal word deur ’n spanmaat van die skopper, wat voor die denkbeeldige 10 m-lyn is wat oor die veld strek, gespeel nie. Die teenstander het nie “gewag om die bal te speel nie” en die spanmaat van die skopper is dus aan die speelkant. Die 10 m-reël is van toepassing indien die bal ’n teenstander raak of deur hom gespeel word, maar die bal nie afgestorm word nie. Indien ’n speler vir onkant in algemene spel gestraf word, het die teenstanders die keuse van hetsy ’n strafskop op die plek van oortreding, of ’n skrum op die plek waar die oortreders laas die bal gespeel het. (g) Indien meer as een speler onkant is en vorentoe beweeg nadat ’n spanmaat vorentoe geskop het, is die plek van oortreding die posisie van die onkantspeler wat die naaste is aan ’n teenstander wat wag vir die bal, of wat die naaste is aan waar die bal grond vat. ) Dié reël word volgende keer verder bespreek.
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Cricket for kids held
Sportredaksie DIE 53ste eindstryd van die Curriebeker word die naweek beslis. In vandeesweek se Sporttrivia deel ons interessante statistieke van die eindstryd van die wêreld se oudste provinsiale rugbykompetisie: ) Die eerste Curriebeker-eindstryd is in 1939 gespeel met die ou Transvaal wat oor die Westelike Provinsie geseëvier het. Fanie Louw, kaptein van Transvaal, se broer, Boy, was die skeidsregter. ) Eers van 1968 af is daar elke jaar ’n eindstryd beslis. ) Die Blou Bulle het die meeste verskynings in eindstryde gemaak, naamlik 31. ) Die vyf groot unies het bykans almal al teen mekaar in ’n eindstryd te staan gekom, die enigste uitsondering is die Vrystaat teen die Haaie. ) Die twee spanne wat in die meeste Curriebeker-eindstryde teen mekaar slaags was, was die Blou Bulle teen die Westelike Provinsie – 11 keer. ) Nog net agt spanne het al in ’n eindstryd gespeel, waaronder die Griekwas (een keer, 1970). ) Die grootste loesing in ’n eindstryd was die een in 1980 toe die WP op Loftus Versfeld met 9-39 slae gekry het. ) Die meeste punte in ’n eindstryd was die 89 wat in 1994 in Bloemfontein aangeteken is. Die Leeus het met 56-33 geseëvier. ) Loftus in Pretoria (17) het die meeste eindstryde gehuisves. ) Die meeste punte in ’n eindstryd deur ’n individu is 26 punte deur die Bul Derick Hougaard in 2002. ) André Watson met sewe is die skeidsregter wat die meeste eindstryde gehanteer het. ) Burger Geldenhuys en Naas Botha (Bulle, 11 elk) het in die meeste eindstryde gespeel. ) Theuns Stofberg hou ’n baie unieke rekord wat nie maklik nagedoen sal word nie. Hy het die Goue Beker in die gewaad van drie verskillende spanne omhoog gehou – 1976 vir die Vrystaat, 1979 en 1980 vir die WP en 1982 en 1983 vir die Bulle. ) Nog so ’n unieke rekord is een wat deur Naka Drotské gehou word. Hy het die beker as ’n kaptein (2005), spanbestuurder (2006) en afrigter (2007) gewen, elke keer vir die Vrystaat.
THE Griqualand-West Cricket Board will be hosting a KFC Mini-Cricket Festival on Friday at 17:30 at the Diamond Oval. The aim of the day is to encourage more kids to get active. Emphasis will be placed on hand-eye coordination, ballcatching skills and the basics of the game. The kids attending the festival will also get the chance to audition to become KFC Mini-Cricket ambassadors.
13
Dié mense wen . . . DIE vyf wenners wat elk vier kaartjies na Vrydag se wedstryd in die Diamant-ovaal tussen die Knights en die Dolfyne gewen het, was Bosman Muller, HB Muller, Beulah Botha, Sandra Muller en Johan Gerber.
BMW 3 Series 316i
www.bmw.co.za/ 316i
ACCELERATE YOUR DRIVING EXPERIENCE. Experience the true driving pleasure of the BMW 316i sooner than you think. The smooth 8-speed automatic transmission delivers all the performance of the powerful four-cylinder BMW TwinPower Turbo engine, effortlessly. Step into a world of exhilaration and efficiency today. For more information go to www.bmw.co.za/316i or contact your BMW dealership.
DRIVE A NEW BMW 316i AUTOMATIC FROM ONLY R4 999 PER MONTH WITH NO DEPOSIT. 5.8 l/100 km 100 kW
IRELAND/DAVENPORT 73946
BMW 316i Automatic Monthly payment
R4 999
No. of installments
59
Total cost to customer (Excl. all fees)
R442 515
Interest rate
5.60%
Customer deposit
R0
Balloon payment (40%)
R147 574
This offer is available through BMW Financial Services South Africa (Pty) Ltd, an authorised financial services and registered credit provider NCRCP2341. Valid until 30 November 2013, subject to availability. 59 installments and a balloon payment linked to the prime rate of 8.5% at a total cost of R442 515. Excludes initiation fee and monthly service fee. Rate may vary if price differs from example shown in the table. Terms and conditions apply. BMW 3 Series with optional Sport Line shown.
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Time affecTs your
reTiremenT
JETTA 4 160i: R49 500. 1990 Hardbody 3.0: R22 500. Enquiries: 072 472 8686
planning
When it comes to setting retirement goals, you need to consider the time period you have to build up a nest egg.
KARRE, BAKKIES, LORRIES en karavane gesoek. R20 000 - R40 000 kontant. 071 967 0285. 072 472 8686.
Start early, start small If you are in your early 20’s, you can start by putting away small premiums into a retirement savings plan. Over time, your savings will build up into a meaningful amount. If you save regularly and invest in the appropriate investment portfolios, you will be in a strong position to reach your retirement goals.
CHOCOLATES/SWEETS/ BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution bussiness. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.
Ons is op soek na n organiseerder en afleweraar vir die volgende woongebiede in Kimberley: *Floors Township *Homevale *Homestead *Colville *Roodepan *Square Hill Park *Ashburn *Galeshewe *Pescodia *Gemdene *Ceecil Sussman *Moghul Park
Julie Ellis 051 404 7942.
OWNER DRIVERS: Do you own a bakkie or truck and need work? gavin@transportjunction.co.za
BRIDGING CASH
Manage your investment plan over time
Wilfred Moyo, Investment & Economic Strategist at Metropolitan
think of your investment according to how far you have to go until retirement. If you have a long time before you retire, you can invest in growth securities, such as equities and property, which have the potential for higher returns.
When you are close to retirement, your investment time period shortens and it is advisable to reduce your exposure to volatile assets. You would not want to expose your savings to possible negative returns closer to retirement. However, it is important that your savings is not invested in an overly conservative manner either. Metropolitan understands your retirement needs metropolitan’s Futurechoice retirement plan offers a range of portfolio choices to meet your retirement needs throughout your life. contact the Kimberley branch on (053) 833 1571/2 or visit us at 7 George Street, Kimberley. You can also contact the Upington branch on (054) 332 4604. Metropolitan has been rated second for customer service in the long-term insurance category in the Ask Afrika Orange Index Survey 2013.
while waiting for
PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)
Cash same day
086 1101 388 083 6700 788
LIFE ANNUITIES
|
C A P I TA L P R E S E R VAT I O N P L A N S
| LIVING ANNUITIES
metropolitan, a division of mmI Group Limited, an authorised financial services provider.
ba/met/11089/15c
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951
Tuesday, 22 October, to Thursday, 24 October: Museums in Kimberley will jointly host the 77th annual conference of the South African Museum Association at the Horseshoe Inn. The conference celebrates the richness of the historical heritage as well as the inventiveness and vitality that have characterised the museum sector’s action in recent years. Phone David Morris on 053-839-2706. Saterdag 26 Oktober: ’n Oggendteeparty met die sanger en geleentheidspreker Sonja Herholdt word om 09:00 by Yonder aangebied. Dit word as ’n musiekmotiveringsprogram beskryf. Kaartjies is R180 per persoon. Bel Kim van Vuuren by 053-8410537. Saturday, 26 October: Cansa’s Pink Walk (over 5 km and 2,5 km) starts at 08:00 and finishes at Bishop’s Old Boys Club. Pink T-shirts and wraps are available at Cansa’s office. Tickets: R40 adults and R20 children. Phone Brunie Botha on 053831-2968. Saterdag 26 Oktober: Die Diamond City Drifters-motorfietsklub hou ’n campcrawlrun wanneer ses kroeë in die stad besoek gaan word. Inskywingsgeld is R130 en dit begin om 09:00 by Hoffepark. Inskryfgeld sluit ’n kenteken, aandete en Sondagontbyt in. Rig navrae aan Jackie by 076-9293780. Vrydag 1 November: David Fourie tree om 19:30 by die Flamingo-casino op. Kaartjies kos R80. Elke kaartjiehouer sal ook ’n CD van hom ontvang. Saterdag 2 November: Die Laerskool Eureka bied ’n gholfdag by die Kimberley-gholfklub aan. Besighede kan op verskillende maniere as borge optree. Bel vir Herman Posthumus by 071-6037757 vir meer inligting. Vrydag 8 November: ’n Uitstalling van Maretha Champion se werk word vanaf 16:00 by The Cygnature-restaurant op die Magersfontein Memorialgholflandgoed gehou. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap, wat dit gratis sal plaas. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit ons voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. ) Jy kan die inligting na: noordkaap@volksblad.com e-pos, of dit faks na 086-2147986 of per SMS stuur na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 OKTOBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
STAATMAKER. Die heelagter van die Griekwas, Gouws Prinsloo, soek in Vrydagaand se promosierelegasiewed stryd op GWKpark ondersteuning. Hy was in die kol met sy doelskop vir ’n oorwinning van groot belang. Foto: Emile Hendricks
Foute nie ’n keuse Ruan Bruwer OM soveel foute in ’n wedstryd te begaan, maar steeds te seëvier sê iets van die span se karakter. Só meen die Griekwa-heelagter, Gouws Prinsloo. Hy was een van die span se helde in die sege oor die Pumas. Die Poubloues het met 21-19 geseëvier danksy Prinsloo se doelskop aan die einde van die wedstryd. Hy het ook vroeër die plaasvervanger-flank Carel Greeff se drie van die hoekie oorgeklits. “Ek het al ’n paar keer in my loopbaan ’n wenskop behaal, maar dié een was die belangrikste van my loopbaan. Baie van die spelers se toekoms was op die spel.” Hy sê dit was ’n gevoel van blydskap én verligting toe die skop oor is, aangesien dit (die oorwinning) vir lank in die wedstryd nie na ’n moontlikheid gelyk het nie. “Ons het dit vir onsself moeilik gemaak en was ons eie grootste vy-
and. Ons was nie geduldig genoeg nie en wou die bal te vinnig wyd speel, pleks om eers meer direk te speel en gate in hul verdediging te bewerkstellig.” Die 23-jarige Prinsloo reken sy span verdien lof vir sy verdediging. “Die Pumas het baie drieë in die eerste liga gedruk en baie punte opgestapel. Maar teen ons kon hulle net een keer druk en dit was van ’n fout van ons in ons doelgebied (die oud-Griekwa Wilmaure Louw moes net op die bal duik vir die drie) gemaak het. “Ons moet Vrydag daardie foute probeer uitskakel en meer direk speel,” het hy oor Vrydagaand se tweede promosie-relegasie-wedstryd op Nelspruit gesê. Pieter Bergh, spanbestuurder, het Maandagmiddag bevestig die slot Jaco Nepgen is heel moontlik nie beskikbaar vir die span se laaste wedstryd van die jaar nie. Hy het sy knie beseer en is halfpad deur die tweede helfte vervang.