Noordkaap 20131030

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 30 Oktober 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Opgelei vir spesiale taak ’n Wonderwerk op twee bene

bl. 2

PETRA DIAMONDS het verlede week buite die stad een van sy taktiesevuurwapen­opleidingsoefeninge gehad wat deur Legio Specialized Tactical Solutions aangebied is. Die span is vir die vervoer van diamante van die myne af verantwoordelik. ’n Toename in aanvalle op diamanthandelaars is vanjaar in die provinsie ervaar en dié manne wil verseker hulle is voortdurend bedag en op hul tone. Foto: Louis Botha­fotografie

Flights increase Lerato Sebe

LOCAL residents will be glad to know that Kimberley will be gaining extra flight services from SA Express and Airlink during November. SA Express announced an extra afternoon flight to and from Cape Town, starting 1 November. Shortly after their competitors, Airlink, also launched their extra flight service between Kimberley and Johannesburg as from 18 November. There will be two new flights a day to and from Cape Town on Mondays to Fridays with SA Express and two new flights a day to and from Johannesburg on Airlink. Previously SA

Express only offered one returnflight in the evening to Cape Town. “We’ve been asking for a long time for extra flights, especially for business purposes, and we are very grateful,” said Sharon Steyn, CEO of the Northern Cape Chamber of Commerce and Industry (Nocci). According to Steyn, SA Express’s response was due to a high demand for flights to Cape Town and that led to the decision to introduce an extra flight during the afternoon. “It also reduces costs in accommodation for those that want to travel within a day between the two places without having to stay over and travel back the next day.” Airlink, which has been flying to

Cape Town only, will be flying to Johannesburg and to Richards Bay via Johannesburg from Kimberley. Karin Murray, manager of marketing and sales at Airlink, said the services are in response to popular demand. “The flights will be at ideal times in order to satisfy the requirements of same-day returning travellers in both directions. “Airlink’s new services will be offered at most attractive pricing and will enable customers to earn voyager miles,” she said. Sharron Lewis, CEO of the Northern Cape Tourism Authority, expressed her joy at having the extra flights. “This will increase access to the

destinations and encourage more tourists and travellers to our province. “We are constantly in discussions with different partners to have cheaper flights.” Steyn said it would be nice if flights could be arranged to places like Upington, Springbok and Carnarvon. Lewis added that there was a need for access to other destinations, especially Durban and Port Elizabeth. “Currently, travelling to these destinations is expensive due to re-routing. “Direct flights will definitely encourage more visitors to the province.”

Vergroot Premierliga ­ Markgraaff

bl. 8

Slaan 44 in net een boulbeurt

bl. 12


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

GEORGE DOS SANTOS wys ’n foto wat van hom geneem is toe hy sy derde (van vyf) Comrades­ultramarathons gehardloop het. Hy hou ook een van sy medaljes vas wat hy daar verower het. Dos Santos, wat Vrydag sy 54ste lewensjaar gevier het, het wonderbaar­ lik van ’n ernstige motorfietsongeluk herstel. Foto: Ruan Bruwer

George se herstel merkwaardig Ruan Bruwer

HY onthou die datum nog goed – 13 Mei 1985. Dit was ’n Maandag kort voor 14:00. Hy was ná sy middagete op pad terug werk toe. Hy onthou hy het nogal

vinnig in Longstraat gery, teen ’n spoed van sowat 120 km/h toe ’n motor voor hom indraai. Wat hy daarna onthou, is hoe hy sewe weke later uit ’n koma wakker word en aan die regterkant van sy liggaam verlam is. Verlede Vrydag het George dos Santos sy 54ste verjaardag gevier. Baie mense reken hy is ’n wonderwerk op twee bene. Sy herstel was merkwaardig, tot so ’n mate dat hy vyf moordende Comrades-ultramarathons voltooi het en steeds elke dag draf en met sy twee honde gaan stap. In 1985 was hy ’n sersant by die Korrektiewe Dienste in Kimberley. Hy kan niks van die ongeluk – waarin sy motorfiets afgeskryf is – onthou nie. Hy het dit maar slegs ’n maand lank besit. Hy is ná die tyd vertel sy kop het die motor getref, sy liggaam het bo-oor die voertuig gevlieg en sy linkerbeen is in die proses gebreek. Hy was

bewusteloos en het bloeding op die brein opgedoen. Dokters het volgens hom nie veel hoop gehad nie. Dos Santos is in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein se neuro-chirurgiese saal behandel waar hy ná 50 dae weer bygekom het. Hy was toe net mooi die helfte van die mens van voor die ongeluk – 43 kg teenoor die 88 kg wat hy voor die ongeluk geweeg het. Hy is op 6 Julie ontslaan. Dos Santos vertel sy oorlede pa moes hom versorg aangesien hy ten volle afhanklik was. Hy het vir terapieklasse gegaan en stadigaan weer self begin loop totdat hy die gevoel in sy regterkant herwin het. Hy is ook kort voor lank terug werk toe. George wou weer begin klubrugby speel, maar is afgeraai, wat hom op draf laat besluit het. “Die dokters het gesê ek moet aktief bly om my bloed- en stresvlak in toom te hou. Nou kan ek nie

sonder oefening klaarkom nie.” Hy het vyf Comrades-marathons gehardloop. In 1999 is hy medies ongeskik verklaar. Hy bieg hy was nog effe hardkoppig ná die ongeluk en het sy motorfiets self herstel en kort voor lank weer daarop gery, maar is weer omgery (die keer nie te ernstig nie). Dít het hom finaal laat besluit om die motorfiets te verkoop (tot sy ma se verligting). Hy sê motorfietsryers moet nie te gemaklik op hul ysterperde raak en teen ’n hoë spoed jaag nie. “Motoriste besef nie altyd hoe vinnig motorfietse aangery kom nie en dit lei tot vele ongelukke.” Dos Santos deel gereeld sy lewensverhaal. “Ek doen hospitaalbediening en getuig van my lewe. Kyk dis ’n wonderwerk, maar dis nie deur my toedoen nie. “God lê ons pad uit en Hy het besluit dis nog nie my tyd nie.”

Say no to drugs Ruan Bruwer WITH drugs being an ongoing problem in the Roodepan area, it was an ideal place to launch a drug awareness programme. The gr. 8 learners at the Lucretia Intermediate School were taught about the dangers of drug abuse. The South African Police Service’s Business in Crime Unit was present to show the learners the different kinds of drugs used in the area. They also did a presentation on the effects of drugs on one’s body. Shayne Williams, a former

drug user in Roodepan, gave a motivational speech and shared his experience with drugs and how it affected his life. ER24 did a demonstration on how to help a person who has overdosed on drugs. Shanaaz Paulsen, a fourth-year social work student at the University of the Free State (UFS), initiated this project as part of her community work practical with the Department of Social Development. This project is said to continue into the learners’ syllabus next year as part of Life Orientation.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

3

Senter Stemmet nou Diamantveld-breier Ruan Bruwer OFSKOON hy nie oor baie ervaring as afrigter beskik nie, het die Hoërskool Diamantveld genoeg vertroue in Jean Stemmet se vermoë en het hom as nuwe hoofafrigter aangestel. Stemmet, wat vanjaar nog vir die Griekwas op buitesenter uitgedraf het, het net toe die provinsiale span se seisoen klaar is, met sy werk by die skool begin. Hy volg MJ Smith op wat onlangs verhuis het. Sommige mense meen Smith het nie aan die verwagtings voldoen nie. Die eerste span het nogal ’n teleurstellende seisoen agter die rug. Die skool het met Stemmet se aanstelling ’n professionele era betree. Dit is ’n heeltydse aanstelling en Stemmet fokus nou net op die spel van al die Diamantveld-rugbyspelers. “Ek sal vir al die spanne en spelers verantwoordelik wees. Dit sal soos die taak van ’n direkteur van rugby wees (’n afrigter

wat aan hoof van die voorste span staan, maar ook vir die voedingstelsel verantwoordelik is). “Ek het nie weer ’n kontrak met die Griekwas gesluit nie, maar gaan nie my tokse ophang nie,” het hy gesê. Volgens Stemmet het wyle Basjan Reinhardt, wat tot einde verlede jaar Diamantveld se bedryfsbestuurder was wat tot met sy afsterwe passievol oor die skool was, hom genader. “Hy het my geïdentifiseer vir dié pos. Ons kom ’n lang pad. Ek was hoofseun van Paarl-Gimnasium toe hy die skoolhoof daar was. Hy was my mentor.” Die 27-jarige Stemmet, wat provinsiale rugby vir die WP, Boland en die Haaie ook gespeel het, sê die afrigting-gogga het hom gebyt toe hy hier by die Poubloues kom speel het. Hy het by die Gemsbok Kidz begin waarby hy sy Griekwasspanmaats betrek het om hom met die afrigting van die jong rugbyspelers te help. Hy sal in sy eie tyd daarmee voortgaan. “As ek ’n seun uit ’n laer span

kan help ontwikkel tot ’n volgende vlak, dan het ek waarlik iets beteken.” Stemmet sê wen is belangrik, maar nie alles nie. Hy wil eerder ’n mededingende kultuur skep, strukture ontwikkel en klem op die speler en individu lê. Stemmet het nie gras onder sy voete laat groei nie en het reeds ’n span spesialiste op verskeie gebiede wat die span sal bystaan. Bok Markram, ook ’n oudGriekwaspeler, sal as voorspeler-afrigter help. Stemmet sê hy wil graag hê wedstryde tussen buurskole moet in ’n gesonde gees gespeel word en wil help om oudleerlinge van die skool by sportdae te betrek. Vir hom tel Alan Zondagh (oudbreier van die WP), Christoff Lötter (oud-Griekwaspeler en die breier van Paarl-Gimnasium) en Chean Roux (voormalige Maties-afrigter en nou tegniese raadgewer van die Springbokke) as mentors op wie se kennis hy as breier sal kan staatmaak.

’n NUWE uitdaging. Jean Stemmet is pas as die nuwe hoofafrigter van die Hoërskool Diamantveld aangewys. Foto: Ruan Bruwer

JHB 44037

LOWEST GUARANTEED FLAT

CALL RATE

INCLUDES

LE AB EV L I L A BE DE UN

YOUR SHARE OF

R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.

R57 PM

INCLUDES EXTRA

300MB DATA PM

FREE

SMARTCASE WORTH R399

BlackBerry® Curve™ 9360 Smartphone

WAS R179

R159

Huawei Ascend P6 Smartphone

PM x24

50

50

SMS/MMS

R219

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

ON STRAIGHT UP 50 TOPUP* MINUTES

Available at the following Cell C stores:

WORLD’S THINNEST PHONE

BLACKBERRY® INTERNET SERVICE VALUED AT

50

MB DATA

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

LG Optimus G Pro Smartphone

R369

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

FEATURES: Lightweight with 3.2” HVGA+ display, BlackBerry®7.1 OS, 5MP camera with flash and video recording.

FEATURES: 4.7” HD In Cell LCD, Jelly Bean 4.2 Operating System, 6.18mm Sleek metallic body, 5MP Front camera with Auto Face enhancement, 8MP Rear-facing camera with 4cm macro view.

FEATURES: 5.5” dazzling full HD display, 1GHz QuadCore, 13MP Dual recording/Dual camera picture-in-picture technology.

New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

CHANGE TO THE CELL C FAMILY TO ENTER. cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN RUNS FROM 1 OCTOBER TO 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 October – 31 October 2013. All prices are inclusive of VAT.Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Troef status welstand?

VOLGENS navorsing deur ’n raadgewende maatskappy wat in verbruikersgewoontes spesialiseer, bestee huishoudings vier keer meer geld aan alkohol en tabak as aan mediese uitgawes. Daarvolgens word ook meer geld aan DStv-intekening as aan aftree-annuïteite bestee. Dit is ook so dat die meeste Suid-Afrikaners eerder ’n motor sal koop as om ’n huis te besit. Dit kan daaraan toegeskryf word dat dit deesdae moeilik is om ’n huislening te kry, maar het ook met status te doen. Baie mense leen geld vir noodsaaklikhede soos kos en So maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag

onderwys. Baie ander mense staan weer voor die keuse om óf brandarm te bly, óf om skuld aan te gaan. Hoe armer mense is, hoe groter is die deel van hul inkomste wat aan klere bestee word – meer as wat hulle aan onderwys en gesondheid saam bestee – is verder bevind. Dit is jammer. Dit is asof mense net vir vandag voorsiening maak en nie vir die dag van môre voorsorg tref nie nie. Wat is die nut daarvan om ’n duur motor of klere aan te skaf, maar jou kinders ly honger of kan nie skool toe gaan nie, omdat Pa of Ma meer besorg oor hul status is?

Minimum 9 °C 6 °C 7 °C

Maksimum 21 °C 21 °C 22 °C

SKETS: Danie Cronjé

Om soos ’n kind te lag Hannes Noëth EK staan derde van voor in die ry om my daaglikse brood te koop en wag vir die kassier. Voor in die ry is ’n pa en ma met twee jong spruite wat hul daaglikse brood betaal. Hulle hou eintlik die ry so ’n bietjie op. Maar dit pla niemand nie. Terwyl Pa en Ma hul brood betaal, begin die kleinsus en ousus vir mekaar gesigte trek. Hulle lag so vir mekaar dat hulle vergeet hulle is eintlik in die winkel en dat daar mense agter in die ry is. Hulle skater van die lag. In Afrikaans sê ons so mooi hulle lag uit hul mae. Wel, daardie twee lag uit hul mae. Hulle lag só vir mekaar se verspotte gesigsuitdrukkings dat Ma en Pa begin saamlag.

En die kassier. Ook die sakpakker. Ook die kassier langsaan. Ook ons ander mense in die ry. Hoe mooi is die spontane lag van ’n kind. Ek het nie ’n idee hoe almal daar se dag verloop nie, ek weet glad nie wat in almal van hulle se lewe aangaan nie, maar daar in die winkel, daar deel ons die lag van twee kinders wat so vrolik is. Natuurlik is hulle ’n bietjie verleë toe hulle sien hoe ons almal vir hulle kyk. Net ’n oomblik. Toe gaan hulle weer voort. ’n Paar sekondes toe lê hulle weer soos hulle lag. En ons lag saam. Nie vir die gesigte wat hul-

GEBEURTENISSE op 30 Oktober in die verlede: 1854 – Goud word in die Soutpansberg ontdek. 1928 – Die eksperimentele uitsaai van stil-foto’s oor televisie in Brittanje begin. 1949 – Ben Schoeman verklaar in Johannesburg die Nasionale Party sal met sy beleid van apartheid voortgaan “ongeag die ekonomiese probleme’’. 1994 – Welkom word deur ’n aardbewing van 5,1 op die Richterskaal geruk. 1996 – Twee lewenslange vonnisse en 212 jaar gevangenisstraf word aan die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock opgelê nadat hy op 89 aanklagte skuldig bevind is. 2002 – Agt bomme ontplof op en naby Soweto se treinstelsel en een bom ontplof by ’n Boeddhistiese tempel in Bronkhorstspruit. Dié aanval deur die verregse Boeremag eis een lewe. Geboortes op die dag: 1878 – Paul Roos, Springbokkaptein wat vir die naam Springbokke verantKIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Sowat 887 inwoners van Diamond Park gaan binnekort elektrisiteitstoevoer tot hul huise kry. Nadat die inwoners van dié plakkersgemeenskap bykans twee dekades vir dienste gesoebat het, is die buurt verlede jaar deur stadsbeplanners opgemeet en uitgelê. ) ’n Munisipale ontwikkelingsbeampte wat aangestel is, “waarskynlik omdat iemand van hom hou”, moet uit sy pos verwyder word, het Alvin Botes, LUR vir samewerkende regering, gesê. Hy het die provinsiale byeenkoms van die Vereniging van Plaaslike Owerhede (Salga) toegespreek. ) Die Noord-Kaapse regering se “rapporte” lyk tot dusver baie swak, sê Pakes Dikgetsi, Noord-Kaapse wetgewerlid. Dikgetsi sê dit is die tyd van die jaar wanneer die uitvoerende raad aan die wetgewer moet verduidelik wat hulle met die publiek se geld gedoen het. “Sedert 2009 het ons in dié provinsie gesien dat daar rigtinglose administrasie is wat onder die onbekwame, korrupte en lui politici rondval.” ) ’n Polisiebeampte, konst. Kabelo Setlohlo, is skuldig bevind op aanklagte van bedrog nadat hy geld aanvaar het om ’n dossier te laat verdwyn. Setlohlo het Marthinus Bredenkamp op 28 Februarie 2007 in Kimberley in hegtenis geneem, omdat Bredenkamp vermoedelik by die onwettige handel van ongeslypte diamante

Die Diamantstad se koerant

Tel. 053 831 2331 Faks 053 831 2330

Posbus 1583 Kimberley 8300

le trek nie, maar vir die lag van ’n kind. Maak dit saak dat ek ’n bietjie langer in die ry moes staan? Maak dit saak dat ons almal ’n bietjie opgehou is? Glad nie. Die lag van ’n kind is net die wonderlikste, aansteeklikste medisyne vir enige kwaal. Hoe jammer as grootmense die lag van ’n kind laat verdwyn. As ons ons kinders kan leer om hul lag te behou het ons ’n samelewing gewen. Elke kind wat van sy of haar lag ontneem word, word armer. Daardie twee kinders se skaterlag in die winkel het soveel mense opgebeur. Ek het ’n brood gaan koop, maar met die lag van ’n kind in my hart huis toe gegaan. Ek hoop jy kan vandag ’n kind hoor lag.

woordelik was (sterf in 1948). 1935 – Gary Player, Suid-Afrikaanse gholfspeler. 1956 – Nick Mallet, gewese Springbokrugbyspeler en -afrigter. 1958 – Brümilda van Rensburg, Suid-Afrikaanse aktrise. 1960 – Diego Maradona, Argentinië se grootste sokkerlegende. 1962– Courtney Walsh, gewese Wes-Indiese snelbouler en eerste bouler om 500 toetspaaltjies te neem. 1980 – Robbie Wessels, Suid-Afrikaanse akteur en sanger. 1982 – Wian du Preez, Springbokstut.

betrokke was. Daar is ooreengekom dat Bredenkamp R50 000 moet betaal en dan nie toegesluit sal word nie. ) ’n Man wat daarvan aangekla is dat hy diamante van R1,2 miljoen uit die Diamond Trading Centre (DTC) in die Harry Oppenheimerhuis gesteel het, is in die hooggeregshof skuldig bevind. Michael van Rensburg is daarvan aangekla dat hy 525 ongeslypte diamante van sowat R1,2 miljoen tussen 3 en 12 Mei 2010 gesteel het. Hy is skuldig bevind aan diefstal van 525 ongeslypte diamante en die besit van 525 ongeslypte diamante. Van Rensburg is op borgtog van R5 000 vrygelaat. ) Bridget Oppenheimer se dood beteken vir die stad die einde van ’n era van 111 jaar – die tydperk waarin die Oppenheimers met die stad verbind is van waar sir Ernest Oppenheimer dié familie se eindelik enorme sakeryk begin en uitgebou het. Bridget Oppenheimer was nog tot haar dood regstreeks met Kimberley verbind.

Redakteur Ruan Bruwer Verkoopsbestuurder Johan Rossouw


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

5

That’s the way to do it

AUTOMARK/NK/30/10/13/ZANE

BONANG VOSS of the Slip ’n Slide Pre­School was amongst the hundreds of kids (boys and girls between the ages of 3 and 13) who participated in the KFC Mini­Cricket Festival at the Diamond Oval on Friday. He got some assistance from Prudence Rosier, mother of the Knights player Diego Rosier. The aim of the day was to encourage more kids to get active with an emphasis on hand­eye coordinati­ on, ball­catching skills and the basics of the game of cricket. Photo: Supplied

Oranje Toyota Kimberley

Sales Team: SYDNEY McPHERSON TIAAN VAN VUUREN JOHAN REYNDERS MARIËTTE CLOETE SUZETTE GALLOWAY

89 Memorial Road Kimberley Tel: 053 836 4700

-

083 533 7215 084 214 9645 082 686 6873 079 523 5717 079 362 7788

IN HOUSE FINANCE BY ALL MAJOR BANKS: TOYOTA FINANCIAL SERVICES, ABSA, MFC AND STANNIC

R359 900 R269 900 R319 900 R109 900 R109 900 R99 900 2011 Toyota Fortuner 3.0 D4D 4x4, White, Milage: 58 000 Km

2011 BMW 320D A/T, Grey. Milage: 68 000 km

2011 Toyota Hilux 3.0 D4D 2010 Toyota Yaris T3 D/C 4x4, White A/C Sedan, Blue Milage: 85 000 km Milage: 99 000 km

2013 Chev Spark 1.2 Ls 5dr, Red Milage: 7 500 km

2011 Hyundai I10 1.25 GLS, Silver Milage: 18 000 km

R279 900 2009 Toyota Fortuner 3.0 D4D A/T, Gold Milage: 95 000 km

R239 900 R339 900 R299 900 R389 900 R339 900 R109 900 R99 900 2009 M/Benz C180K BE A/T, Silver Milage: 131 000 km

2012 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C, Red Milage: 37 000 Km

2009 Toyota Fortuner 3.0 D4D 4x4, White Milage: 95 000 km

2013 Toyota Fortuner 3.0 D4D A/T, White Milage: 22 000 km

2012 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C Heritage Edition, Silver Milage: 54 000 km

2009 Chev Aveo 1.6 LS 5-DR, Silver Milage: 49 000 km

2010 Mazda 2 1.3 Active, Green Milage: 78 000 km

DEMOS

2013 TOYOTA HILUX 2.7 VVTi D/C

Sales Manager: Jacques Cloete Cell: 083 966 0006 Fax: 086 680 8661 E-mail: jcloete@um.co.za

DEMO SPECIAL

WHITE

16 000 KM

R309 900

2013 TOYOTA HILUX 2.5S RX 4X4 D/C WHITE

20 000 KM

R329 900

2012 TOYOTA ETIOS 1.5 XS H/B

SILVER

25 000 KM

R115 900

2012 TOYOTA YARIS 1.3 XS 5-DR

SILVER

28 000 KM

R149 900

2012 TOYOTA YARIS 1.3 XI 5-DR

BLUE

18 000 KM

R149 900

2012 TOYOTA YARIS 1.3 XS 3-DR

RED

25 000 KM

R149 900

2013 TOYOTA YARIS 1.3 XI 3-DR

WHITE

12 000 KM

R139 900

2013 TOYOTA YARIS 1.3 XI 3-DR

WHITE

6 000 KM

R139 900


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Kby population to increase Lerabo Sebe THE population numbers are expected to increase immensely in Kimberley next year with the official opening of the university in January. This is according to Deon Kleinsmith of Stats South Africa. He spoke at a symposium held in Kimberley last week. He compared the upcoming university to that of the Rhodes University in Grahamstown saying that the Sol Plaatje University shares almost the same amount of expected numbers to migrate into the city due to the existence of the university. “The university will have primary demographic impacts on the po-

‘This will create direct and indirect employ­ ment for the Northern Cape and also increase the property market.’ – Deon Kleinsmith of Stats South Africa pulation increase, age specifics and the inward migration of the city,” Kleinsmith said. The city is said to have many people coming to either study or work in Kimberley. “The secondary impacts that will be faced in the city would be the disturbance in the safety and se-

curity of the environment as well as difficulty in identifying local residents.” He also indicated the effect the university will have on the economy of the city. Students will be spending their money on accommodation rentals, transportation, books, retail, enter-

tainment and recreational and maintenance. “This will create direct and indirect employment for the Northern Cape and also increase the property market.” Kleinsmith assures that these factors will have a positive impact on the city. Prof. Yunus Ballim, interim head of the National Institution for Higher Education (NIHE), added that the decision to have the university in Kimberley was also due to the city’s cultural diversity. The Sol Plaatje University will enroll 150 students in 2014, with students registering for either a Bachelor degree in Education, I.T. and Economics.

Stats says INTERESTING statistics from the Census in 2011 in the Northern Cape: According to Stats SA, the population of the Northern Cape is estimated at 1 162 900 people in 301 405 households. Of those 49% are male and 51% female. The age ratios are 30,1% for the ages 0 to 14 years, 64,2% for the ages 15 to 64 years and 65 years and older comprises 5,7% of the province’s residents. In 2010 there were 1 768 TB-related deaths. During the second quarter of 2013, the unemployment rate was 29%. In 2013 45,8% of households had access to piped water, 85,4% to electricity and 60,1% to sanitation.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

VIR Brunie Botha, ’n Kansa­gemeenskapsmobiliseerder in die Kim­ berley­kantoor, sal dit vroeg volgende jaar 20 jaar wees sedert sy haar stryd teen borskanker begin het wat sy oorwin het. Sy is een van min kankeroorwinnaars wat nou vir die instansie werk. Foto: Carine Beylefeld

Brunie veg nou saam met ander Carine Beylefeld HAAR naam beteken heel gepas battle made in Engels, want Brunhilde, oftewel Brunie, Botha ken van veg. Sy is immers een van diegene wat borskanker oorkom het. Botha, ’n gemeenskapsmobiliseerder in die Kimberley-kantoor van Kansa, het vandeesmaand in Borskankerbewustheidsmaand weer haar regstreekse ervaring ingespan om soveel moontlik vroue te help om voorkomend op te tree. “Ek kon net nie daaraan dink dat my kinders, Jacques (Tros) en Brunhilde, in daardie stadium onderskeidelik tien en agt jaar oud, sonder ’n mamma sou moes grootword nie,” roep sy haar herinneringe op toe sy destyds die skoknuus gekry het sy het kanker. Tydens ’n vakansie in 1994 het Brunie gevoel daar is ’n knop op haar bors. Terug in Kimberley het sy dadelik die dokter gaan spreek, waarna dit verwyder is. Twee weke later met haar opvolgondersoek het die dokter aan haar gesê daar is kanker in die weefsels opgespoor.

“Dit was asof die mat onder jou uitgeruk word. Eers het ek ’n mastektomie ondergaan en daarna gereeld na Bloemfontein vir chemoterapie en bestraling gereis. “Met die ondersteuning van my man en familie kon ek deurdruk en met die Here se krag vasbyt, hoewel dit ’n baie emosionele en uitputtende tyd was,” het sy vertel. In haar krisistyd destyds het sy besluit om by Kansa betrokke te raak en het tien jaar as vrywilliger gewerk, waarna sy in 2004 heeltyds by Kansa aangestel is. Volgens haar het sy ’n baie besige program om kankerpasiënte te besoek en te ondersteun, vrywilligers op te lei en inligting oor hoe om kanker vroegtydig op te spoor te versprei. Omdat Brunie self ’n kankeroorwinnaar is, wil sy ander mense wat deur die siekte geraak word, bystaan, omdat sy weet wat dit aan families doen om te aanskou hoe die siekte die slagoffers aftakel. Die opwindendste vir haar is om geld in te samel, aangesien hulle geen geldelike steun van die staat kry nie.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Markgraaff oor rugbystelsel-foute DIE voormalige af­ rigter en president van die Griekwas, André Markgraaff, was die geleent­ heidspreker op die Hoërskool Diamant­ veld se manneaand. Hy het vier spelers raakgeloop wat in die era toe hy hier af­ gerig het vir die Pou­ bloues gespeel het. Van links is Bok Markram, Dagga Bosman, Mark­ graaff, Edrick Lubbe en Kobus du Plooy. Foto: Ruan Bruwer

Ruan Bruwer DIE lot van die Griekwaland-Wesse Rugbyunie op kort termyn gaan van ’n raadsbesluit vroeg in Desember afhang. Daar gaan opnuut besin word oor die onlangse besluit deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) om die huidige Curriebeker-formaat – ses spanne in die premierliga en agt in die eerste liga – net so vir die 2014-seisoen te hou. Die saak is glo ’n belangrike agendapunt op Saru se raadsvergadering. Volgens inligting het enkele van die kleiner rugbyunies intussen besluit hulle is wel te vinde vir die voorstel om die premierliga na agt spanne te vergroot. Dit kom nadat die Griekwas in Vrydagaand se promosie-relegasiewedstryd lelik uit die bus geval het en deur ’n meer aangevuurde Pumasspan verslaan is. As die status quo egter op die vergadering gehandhaaf word, sal die Poubloues die eerste keer in die professionele era in die eerste liga speel. Volgens André Markgraaff, ’n voormalige president en afrigter van die Griekwas, moet die premierliga na agt spanne vergroot word soos dit was voordat dit vir 2012 en 2013 se reekse na ses spanne verminder is. “Ek kan net nie verstaan hoe ons in November is en party mense stry nog of dit ses of agt spanne (in die premierliga) moet wees nie. “Dit sal ’n hartseerdag wees as hulle (die Griekwas) gerelegeer word. Daar is fout met die stelsel as die Griekwas moet uitval, want hulle speel sedert 1996 elke jaar in die premierliga van die Curriebekerreeks en het nog nooit swakker as sesde geëindig nie. “Die Curriebeker moet na agt spanne uitgebrei word. Frankryk het ’n top14-reeks en Nieu-Seeland en Engeland het albei 12 spanne in hul reekse, maar ons wil so min moontlik spanne hê. “Vergroot die stelsel, maak die ouers sterker, gee meer geld aan die unies,” was sy pleidooi. Markgraaff het daarop gewys dat tot 250 Suid-Afrikaners op die oomblik oorsee speel, aangesien hier nie genoeg geleenthede en spanne is nie. “Suid-Afrikaanse rugby se inkomste was verlede jaar R732 miljoen, maar slegs 94 miljoen het by die unies uitgekom deur aan elke unie R6 miljoen te gee. Die uitsaairegte-ooreenkoms met Rupert Murdoch het destyds bepaal die geld moet net na die spelers se sakke gaan. Die soustrein raak net al hoe groter en die uitgawes deur administrateurs al hoe duurder. Meer geld moet eerder aan die unies gaan.” Hy is ’n voorstander dat die OP-Kings in die premierliga moet speel. “Hulle moes al lank gelede in die Curriebekerreeks ingebring word. Dit het niks met politiek te doen nie. Dit is ’n logiese besluit en ’n ongelooflike geleentheid om rugby uit te brei (om hulle in die premierliga te laat speel en dus dié liga te vergroot).” Markgraaff het gesê rugbybase sal uit die boks moet begin dink. Hy het na die Vodacombekerreeks verwys wat min toeskouers lok. “Iets moet met rugby gebeur. Wat gaan jy doen: Gaan jy ’n kragspel inbring of ’n verkorte weergawe van 20 minute aan ’n kant speel? Dinge gaan anders gedoen moet word om die jong outjies hier hou.”

Lesers sê op FB GRIEKWAS-ONDERSTEUNERS het op Facebook hul misnoeë te kenne gegee met die Griekwas se Curriebeker-seisoen waarin hulle net 2 uit 12 wedstryde gewen het en na die eerste liga gerelegeer is ná ’n nederlaag van 15-33 teen die Pumas Vrydagaand. Morné Johnson het geskryf die Curriebekerreeks sonder die Griekwas is soos “brandy sonder Coke”. Volgens Calvin Westcott kan hy nie in woorde beskryf hoe teleurgesteld hy is nie: “Ek is nie ’n draadsitter nie en almal weet hoe lief ek die Griekwas het. Ek sal net graag wil weet wat die week van 24 September gebeur het. Pote het bedank (op ’n vakansiedag nogal) en die Griekwas gaan die Saterdag op die veld met lyftaal wat boekdele spreek en speel seker hul swakste game in 20 jaar. “Om volgende jaar ’n span in die eerste liga te ondersteun is ondenkbaar.” Willie van der Ryst het geskryf hy hou duimvas vir die rugbyraad se vergadering vroeg in Desember.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

9

David kom vermaak Kby DIE gewilde Afrikaanse sanger David Fourie tree die Vrydag om 19:30 by die Flamingo-casino op. Kaartjies kos R80. Elke kaartjiehouer sal ook sy nuutste CD, ’n Stukkie Hemel wat die treffer Die Stem bevat, ontvang. Een konsertganger sal ook die kans staan om ’n geskenkpak te wen bestaande uit al vier David se albums geteken deur hom. Jy moet ’n SMS na 45527 stuur. Begin die SMS met die sleutelwoord David gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld: David Jan Alleman. Jy kan soveel keer SMS as wat jy wil. ’n SMS kos R1,50. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 15:00. Jy moet teenwoordig wees om jou prys op te eis. Indien nie sal ’n volgende naam getrek word.

DAVID FOURIE is Vrydagaand in Kimberley.

Saterdag 2 November: ’n Tradisionele basaar word op die oop terrein oorkant Game in Memorial-

weg gehou. Lekkernye soos sosaties, jaffels, pannekoeke, poeding, lekkergoed, naaldwerkstukke, koeke en ander sal verkoop word. Vir kinders sal daar nie ’n tekort aan pret wees nie. Die inkomste sal aan die behoeftige Belgrave Lodge gaan. Saterdag 2 November: Die Laerskool Eureka bied ’n gholfdag by die Kimberley-gholfklub aan. Besighede kan op verskillende maniere as borge optree. Bel vir Herman Posthumus by 071603-7757 vir meer inligting. Vrydag 8 November: ’n Uitstalling van Maretha Champion se werk word om 16:00 by The Cygnature-restaurant op die Magersfontein Memorial-gholflandgoed gehou. Friday, 15 November: The Northern Cape Chamber of Commerce and Industry (Nocci) is holding a gala dinner in honour of the legendary Kimberley resident and former mayor, Lawrie Shuttleworth, who turns 99 years on 18 November. The event at the Kimberley Club starts at 18:30. Tickets are R190 per person or R1 900 per table. RSVP before 12 November to Sharon@nocci.co.za or per phone on 053-831-1081. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap, ons plaas dit gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit ons voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. Jy kan die inligting e-pos na noordkaap@volksblad.com, dit faks na 086214-7986 of per SMS stuur na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.

BMW 3 Series 316i

www.bmw.co.za/ 316i

ACCELERATE YOUR DRIVING EXPERIENCE. Experience the true driving pleasure of the BMW 316i sooner than you think. The smooth 8-speed automatic transmission delivers all the performance of the powerful four-cylinder BMW TwinPower Turbo engine, effortlessly. Step into a world of exhilaration and efficiency today. For more information go to www.bmw.co.za/316i or contact your BMW dealership.

DRIVE A NEW BMW 316i AUTOMATIC FROM ONLY R4 999 PER MONTH WITH NO DEPOSIT. 5.8 l/100 km 100 kW

IRELAND/DAVENPORT 73946

BMW 316i Automatic Monthly payment

R4 999

No. of installments

59

Total cost to customer (Excl. all fees)

R442 515

Interest rate

5.60%

Customer deposit

R0

Balloon payment (40%)

R147 574

This offer is available through BMW Financial Services South Africa (Pty) Ltd, an authorised financial services and registered credit provider NCRCP2341. Valid until 30 November 2013, subject to availability. 59 installments and a balloon payment linked to the prime rate of 8.5% at a total cost of R442 515. Excludes initiation fee and monthly service fee. Rate may vary if price differs from example shown in the table. Terms and conditions apply. BMW 3 Series with optional Sport Line shown.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

GELUKWENSING ADMIN DATA WORKERS needed. For info sms name/address to 074 9275124or email to d.jobbuzz05@gmail.com APTEEKASSISTENT BENODIG by Libra Apteek. Graad 12 is 'n vereiste. Vorige ondervinding sal as aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om 'n loopbaan in 'n apteek te volg, graag in 'n professionele omgewing wil werk en bereid is om n langtermynverbintenis te vorm, handig asb u volledige en opgedateerde CV in by Longstraat 108, Towers Kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: 15 November 2013.

DE BEERS TRUST (B7932). In die boedel van wyle

PIETER JOHANNES VERMEULEN, gebore 18 Januarie 1947, identiteitsnommer:

470118 5031 084 van

Jooste Eiland, Perseel 719, Upington, boedelnr:

2237/2013.

Datum van afsterwe:

17 Julie 2013.

Krediteure en debiteure in bogenoemde boedel word hiermee versoek om hul vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondervermelde adres binne 30 dae vanaf 30 Oktober

2013.

DIE SLAAPKAMERSTEL is van swarthout en sowat 40 jaar oud. Dit is in 'n goeie toestand. Die stel bestaan uit 'n kopstuk, 2 bedkassies, spieëlkas en 'n stoel by die spieëlkas. Skakel asb. vir mnr. Parsons. 071 233 7800.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAKS 053 832 1951

HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682

Naam en adres van eksekuteur of gemagtige agent: JACQUI DU PLOOY. De Beers Trust P/a DE BEER & CLAASSEN NJ VAN DER MERWESINGEL 15, SASOLBURG 1947. Tel. 016 976 0800 Faks 016 976 0816 Verw: B7932

1996 HI-LUX 2.4D, tralies, R39 500. 1996 Landrover Discovery: R39 500. 071 967 0285.

A-Z DIENSGIDS

KARRE, BAKKIES, LORRIES en karavane gesoek. R20 000 - R40 000 kontant. 071 967 0285. 072 472 8686.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE payout (lump sum only)

CHOCOLATES/SWEETS/ BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution bussiness. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net.

Cash same day

086 1101 388 083 6700 788

V E I L I N G S


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Toring ’n groot rugbykarakter Ruan Bruwer DIT is moeilik om te glo die lenige Ligtoring Landman is nou eers 27 jaar oud. Hy speel sedert 2008 senior provinsiale rugby en sy yl hare wek maklik die indruk dat hy veel meer somers agter die rug het. Rynard, soos hy gebore is, is een van die spel se groot karakters en ’n groot gunsteling onder sy medespelers en ondersteuners. Hy is ná skool na die Puk-kampus waar hy tot halfpad deur 2011 sy rugby vir die Pukke en Luiperds gespeel het. Hy het in 2011 ook Curriebekerrugby vir die Boland gespeel voordat hy later daardie jaar ’n tweede skuif, dié keer na Kimberley, gemaak het. Hy het sy toetrede tot Superrugby in 2009 vir die Leeus gemaak. Waar het jy grootgeword en waar was jy op hoërskool? Ek het op Despatch grootgeword en aan die Hoërskool Despatch gematrikuleer. Kan jy jou heel eerste drie onthou? Nee, dit is te lank gelede. Wie was jou rugbyheld toe jy ’n tjokkertjie was? Geen rugbyspeler nie. Hansie Cronjé was my held. Wat was jou grootste rugby-oomblik of -prestasie? Om vir die Royal-vyftiental teen die Britse en Ierse Leeus te speel, sowel as om Superrugby te speel. En jou grootste teleurstelling? Om verlede jaar diep in beseringstyd van die Vodacombeker-eindstryd te verloor. Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rugbyspeler te wees? Harde werk, passie en dissipline. Wanneer het jy jouself die eerste keer op televisie gesien speel? In 2004 toe ek vir die Oostelike Provinsie op die Cravenweek rugby gespeel het.

LIGTORING, Toring, Lampies, Lights of Lightning Landman beskik oor vele by­ name. Hy is een van die spel se groot ka­ rakters. Wat is die lekkerste en slegste ding daarvan om vir die Griekwas te speel en hier te woon? Die lekkerste is dat ons graag braai en die spangees. Die slegste is die veld en die koue. Halfway House of Springbok Pub? Halfway House. Wat is die een groot voordeel daarvan om ’n professionele rugbyspeler te wees? Om betaal te word vir iets wat jy geniet om te doen.

Wat is die snaaksste ding wat al met jou of ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het? ’n Glipsie (nommer twee) gehad met ’n afskopsessie . . .

Het jy enige byname en hoe spreek jou spanmaats jou aan? Ligtoring, Toring, Lampies, Lights en Lightning.

Watter vraag vra mense buite Kimberley jou die meeste wanneer jy sê jy speel vir die Griekwas? “Is Oom Bushy nog daar?”

Kan jy jou eerste geel of rooi kaart onthou? Ja, dit was in 2007 toe ek vir die Pukke in ’n klubwedstryd gespeel het.

Weet jy dit? INTERESSANTE statistieke ná die naweek se Curriebekereindstryd: ) Dit was die Westelike Provinsie se eerste nederlaag op Nuweland sedert die eerste Curriebekereindstryd in 1939 toe hy teen Transvaal verloor het. ) Die blaser Jonathan Kaplan het sy sesde eindstryd gehanteer, een minder as die rekord wat deur André Watson gehou word. Kaplan het sy rekord ná 161 Curriebekerwedstryde vermeerder. ) Dit was die 8ste keer sedert 2000 dat die Haaie die eindstryd gehaal het, teenoor die Blou Bulle (7), Cheetahs (5), WP (5) en die Goue Leeus (3). ) Net Burger Geldenhuys, Naas Botha (albei 11) en Louis Moolman (9) het al in meer eindstryde as Jannie du Plessis (8) gespeel.

Building a world-class diamond group Kimberley Underground Mines JV

Kimberley Underground Mines JV is situated in the town of Kimberley in the Northern Cape. The Mine consists of 3 conventional slushier drift block cave mines.

2014 Scholarships Kimberley Underground Mine is offering Scholarships to selected learners in Grade 10, Grade 11 and Grade 12. The Scholarship includes partial sponsorship for school fees, textbooks, uniform, stationery and sporting/cultural activities up to a specified allocated amount. Who can apply? Scholars who: • Reside in the local community and attend a local school • Have attained an average mark of 70% in previous exams, with at least 60% in Mathematics and Science • Have the consent of their parents to participate in the scheme • Display a good balance between academic performance and sport/cultural performance • Are recommended by their school principal • Are South African citizens Applications must be made in writing on the official application form with the following supporting documents: • Copy of ID or birth certificate • Copy of most recent results • Parents’ income statement/affidavit of unemployment. Please note: • Incomplete forms, false information and late applications will not be considered • A limited number of scholarships are available. The Company’s decision is final and no correspondence will be entered into regarding decisions taken. Application forms can be obtained from the HR Helpdesk, Joint Shaft and Wesselton. Please send your résumé, the official application form and supporting documents to kum-recruitment2@petradiamonds.com or fax: 086 528 1527 before 8 November 2013. Kimberley Underground Mines JV is an equal opportunity employer and reserves the right to appoint. Preference will be given to suitable candidates from the designated groups in line with the Company’s Employment Equity Policy and Plan. If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard your application as unsuccessful. http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies www.humanjobs.co.za

Human Communications 103842

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Wian kolf dat dit klap Ruan Bruwer WIAN VAN NIEKERK bou ’n reputasie as ’n kolwer na wie geen bouler wil boul nie. Die kans dat hy hul boulsyfers met sy kolf gaan bederf, is redelik goed, soos ’n draaibalbouler van Queenstown voorverlede naweek uitgevind het. Die draaibalbouler van die Queens-kollege het die volle mag van Van Niekerk se Newberykrieketkolf gevoel. Die 15-jarige Van Niekerk het in die kleure van die Hoërskool Noord-Kaap se o.15A-span verwoesting gesaai deur 127 onoorwonne lopies in ’n T20-wedstryd te moker. Maar die getal lopies was amper ’n bysaak, aangesien die groter mylpaal die 44 lopies daarvan was wat hy in ’n enkele boulbeurt geslaan het. Die boulbeurt het vier foutballe ingesluit (almal vir oortrap) wat vier ekstra lopies beteken het en dié aflewerings moes oorgeboul word. Die eerste bal van die boulbeurt het ’n enkellopie opgelewer waarna Van Niekerk die res van die boulbeurt die slag gebied het. Hy het ses sesse en twee viere vir sy 44 lopies gemoker. Die beurt het 49 lopies opgelewer. En dit was nie dat die bouler swak met die bal was nie. Hy het immers in sy vorige boulbeurt net twee lopies afgestaan én twee paaltjies geneem. Van Niekerk, wat op nommer vier in die tiende boulbeurt ingestap het, het sy vennootskap met Bernu Engelbrecht heeltemal oorheers deur die meeste van die lopies aan te teken. Noord-Kaap het 205/4 aangeteken en Queenskollege vir 79 lopies uitgehaal. Van Niekerk erken die veld was aan die klein kant en dat van die sesse dalk op ’n ander veld

WIAN VAN NIEKERK in aksie vir sy skool se eerste krieketspan verlede week. Hy het voor­ verlede naweek 44 lopies in ’n enkele boulbeurt gemoker. Hy reken heelwat van die cherries op sy nuwe kolf het ontstaan in Queenstown waar hy die boulers van die Queens­kollege verinneweer het. Foto: Ruan Bruwer nie oor die grens sou gevlieg het nie. Volgens sy afrigter, Duane Bredenkamp, was dit nie alles net sloegwerk nie en was die meeste van sy houespel in daardie boulbeurt goeie kriekethoue. Van Niekerk is in die begin van die jaar vir sy skool se eerste span in die blitsweergawe in-

gespan, hoofsaaklik vanweë sy vermoë om die bal ver te slaan. Groot kolfbeurte is nie heeltemal ’n nuutjie vir hom nie. Hy het vir sy vorige skool, die Hoërskool Kalahari, verlede jaar 205 lopies geslaan en vir sy nuwe skool ook ’n beurt van 147 aangeteken.

Tennis speel is in sy gene Ruan Bruwer DIE 12-jarige Rudolf Lubbe van Kimberley het einde verlede maand ’n puik prestasie op die tennisbaan behaal toe hy die Key Health- nasionale kampioenskap vir juniors in Bloemfontein gewen het. Dit maak hom Oktober se Let’s Play-sportster van die maand. Dié gr. 6-leerling aan die Laerskool Eureka se titel het bygedra dat hy onder die topses in sy ouderdomsgroep ná die verskeie landwye Key Health-kampioenskappe gekeur is. Al daardie kampioenskappe dra tot jou ranglysplek by wat deurlopende goeie spel dus ’n vereiste maak. Ofskoon hy in heelwat van die ander toernooie goed gevaar het, was die een in Bloemfontein verreweg sy beste poging. Sy top-ses ranglysplek het aan hom ’n uitnodiging na die Meesterstoernooi in Potchefstroom besorg. Die voorste ses spelers in SuidAfrika plus twee promotorskeuses op o.12- en o.14-vlak kwalifiseer vir die toernooi. Die wenner in albei ouderdomsgroepe speel dan teen hul eweknieë van ander lande. Hy het vierde geëindig. Rudolf, seun van die gewese Springboksenter Edrich Lubbe, was verlede jaar al die voorste speler in die o.12- en o.13-groep van die Noord-Kaap, hoewel hy toe nog in die o.11groep was. Tennis is beslis in die Lubbe-gesin se are. Rudolf se ma, Miemie, rig hom af en sy ouer suster, Anja, is vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.15-tennisspan gekies. ) Die Let’s Play-sportster van die maand wen ’n geskenkpak van Let’s Play. Volgende maand sal ’n algehele wenner uit die maandelikse wenners gekies word.

RUDOLF LUBBE, Oktober se Let’s Play­sportster van die maand. Hy tel onder die voorste ses tennisspelers in sy ouderdomsgroep (o.12) in die land. Foto: Ruan Bruwer IN the September holidays level 4 to 10 and high­ performance rhythmic gymnasts of the Rhythmia Gymnastics Club, Kimberley, participated in the South African National Championships in Durban. Between the club’s 16 gymnasts they won 28 med­ als and 3 are South African champions – Daynah Calvert, Ntokhozo Matebula and Laezi­Rae Rob­ ertson. The gymnasts (who all finished in the top 10) are from the left, front: Nicole Starr, Chereeze Pienaar, Lecheye Brown, Lucy Sebesho, Nthokoso Matebula, Daynah Calvert, Rinske­Mari du Plooy and Kaylee Pegram; back: Lebone Sebolai, Laezi­ Rae Robertson, Mandisa Mpotsang, Karlin van Tonder, Niztarchia Starr, Millicent Mangate, Gim­ mel Isaks and Michaela Olivier. Photo: Supplied


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.