Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 6 November 2013 www.noordkaap.co.zaGRATIS
Dans dat die planke kreun Twee oud leerlinge in drama gedy bl. 5
DIE Laerskool Diamantveld het Donder dag en Vrydagaand ’n konsert getiteld Di amonds can dance gehou en het die jong span nie uitgehaal nie. Een van die moei likste danse, die tango, is netjies deur die gr. 2’s (foto) gedoen. Baie van die danse in die konsert is deur een van die skool se eie leerlinge, JanMartin Beukes, ge choreografeer. Die gr. 7leerling het self ook in twee nommers opgetree. Die skool vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. Foto: Ruan Bruwer
Jan Dop en Skuimkop op kroegtoer bl. 7
Speel vir SA op tennisbaan bl. 9
Voute veras nie Ruan Bruwer
DTI wil al meeer voorkoem of mense ni meer bhoorlik kan spel ni of hul hetnet ly geword, bluik dit as ’n mens deesda kyk hoe da op FB en in eposse gespel word. Die agteruitgang in veral tieners en jong volwassenes se spelvermoë word al lank in Suid-Afrika betreur. By verlede week se aanlynberig op Volksblad se Facebookblad oor die nuwe kinkel in die Griekwastadmoordsaak het mense se swak taalvermoë deurgeskemer in die kommentaar wat hulle gelewer het. Van die woorde wat verkeerd gespel is, is omverskooning pleks van om verskoning, vinger afdruke pleks van vingerafdrukke, klig pleks van klug en verassing pleks van verrassing. Ander voorbeelde is eweskielik, geld gierig, asgevol. Personeellede van ’n paar van Kimberley se laerskole met wie Noordkaap gepraat het, het erken hulle is ook bekommerd oor hul leerlinge se spelvermoë, maar hulle het
werk begin maak om dit op peil te kry. Resultaatgerigte onderrig (RGO) wat nou iets van die verlede is, word as die groot sondaar uitgesonder, sowel as kinders wat nie meer almal ywerig lees nie. Die Laerskool Staats het met ’n slim plan vorendag gekom om leerlinge aan te moedig om hul spelvermoë op te knap (lees berig op bl. 3) Volgens ’n gr. 1-onderwyser aan Staats, Marie Myburgh, is daar sonder twyfel ’n afname in die standaard wat kinders se spelling betref. Sy skryf dit toe aan die RGO wat in SuidAfrika toegepas is, sowel as ’n gebrek aan lees. Sy is 32 jaar in die onderwys. “In my tyd is jy volgens ’n stel reëls geleer om te spel. Jy moes die taalreëls toepas. Dit is asof dit nie meer by kinders ingedril word nie.” Myburgh sê onderwysers is ook soms ongeërg oor die korrekte spelling. Manie Verreynne, hoof van die Laerskool Eureka, erken spelling is
’n groot probleem by leerlinge aan die skool. “Kinders gee nie meer soveel aandag aan detail in spelling nie. Dit is veral sedert kinders deur SMS en Mxit begin kommunikeer het en ook nie meer aan lees blootgestel word nie.” Verreyne sê die RGO was beslis nadelig, maar dat daar met Caps weer soos vroeër jare meer aandag aan lees- en spelvaardighede gegee word. “By ons is daar twee periodes in ’n week waarin die leerlinge taalvaardighede deur ’n program, genaamd Lesers is leiers, opskerp.” Boon Boonzaier, hoof van die Laerskool Newton, sê by hulle word groot klem daarop gelê om leerlinge van jongs af die basiese taalreëls te leer. “As die reëls en klanke van gr. 1 af vasgelê is, behoort SMS en Mxit se invloede nie ’n probleem te wees nie.” Hy sê hulle het nie by Newton hierdie basiese aspekte in die vorige onderwysplan afgeskeep nie. “Dis soos wiskunde. Jy kan nie
somme maak as jy nie jou tafels ken nie. Net so belangrik is die taalreëls.” Hy gee Afrikaans vir gr. 7’s en sê hulle spel “netjies”.
WOORDE wat baie in omloop is en seer sekerlik deur enigeen reg gespel behoort te word – woorde soos Kimberley, Noord-Kaap, Curriebeker en Griekwas – is toe al die tyd wel nie so maklik nie. Kimberly, Noordkaap of Noord Kaap en Currybeker (in baie gevalle ook twee woorde) word gereeld as variasies van verkeerde spellings vir bogenoemde woorde gebruik. ’n Volwassene het onlangs in Noordkaap se teenwoordigheid nie geweet hoe om Griekwas te spel nie . . .
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Two in hot seats Ruan Bruwer FOR the first time on national television two of the Northern Cape’s top politicians were prominently asked to explain some of the sensitive topics they’ve been in the news for. Sylvia Lucas, the premier, and John Block, MEC for Finance, Economic Development and Tourism, were put on the spot by Peter Ndoro, presenter of Morning Live on SABC 2, during a live broadcast at the Kimberley Convention Centre yesterday morning. Ndoro asked Lucas how she had spent R53 000 on food in her first 10 weeks as premier. “We are allowed to use a credit card monthly and there is a certain limit to that card. We can use it in emergency situations when we are in areas where we must pay for our accommodation and food. Sometimes you go to a meeting and find that it goes on longer. You then need to do something to feed the people. I have never overspent on my credit card and have never abused it. The only conclusion that I can draw from this is that some people are trying to portray me as irresponsible and reckless. There is no way I can eat R53 000 in ten weeks,” she further stated. Block was asked why he was refusing to step down from his position as many individuals and parties had called for, while there are fraud allegations hanging over his head. Block said all the allegations of the alleged crimes he and Alvin Botes, MEC for Local Government, would have committed, were made before they were in office. “Let us deal with the issues so that the court can make a decision, because we believe we are innocent. We are confident that when this trial goes to court, a lot of those people that speculated will be surprized. Because when the truth emerges, it will not be the sensation that gets reported now.” Ndoro then asked him if he believed there was an agenda against him. “No, but there is malicious prosecution against me. Why would one man be prosecuted for ten years? And when you win your case in court, that victory again is a subject of investigation. That is malicious,” Block said.
DBV-hondjies kry hul dag
JOHANNES OOR was die trot se en duidelik ingenome nuwe eienaar van ’n fiets danksy die Hoërskool NoordKaap se In teraksieRotariërgroep. Oor, ’n werker op die plaas Liefdedal op die Douglaspad, is ook ’n prediker en moes gereeld groot bedrae geld betaal om motors te huur om by kerke en begrafnisse uit te kom. Die Ro tariërs het ’n pretdag aange bied waardeur hulle ’n paar fietse ingewin het. Spanne het hulle ingeskryf om die Sater dag van 08:00 tot 13:00 om ’n rugbyveld te ry. Elke span moes die heeltyd iemand op ’n fiets gehad het wat trap. Die wenspan het dan die ander spanne se fietse gekry. Die groep het plaaswerkers wat ver afstande per voet moet af lê, laat weet hulle moet om fietse aansoek doen deur ’n brief te skryf hoekom hulle graag ’n trapfiets as geskenk wil ontvang. Oor se brief het bindruk. Foto’s: Ruan Bruwer
’n SPUL Jack Russellbrakkies by die KimberleyDierebeskermings vereniging (DBV) was verlede Maandag oënskynlik tog te dankbaar vir ’n ekstra bakkie kos, maar eintlik meer stertswaaiend oor die besoekers en speelmaats wat hulle vir ’n rukkie gehad het. Leer linge van skole in en rondom BarklyWes wat lede van die Jannie Rouxkinderhuis se leierskapprojek is, het hondekos aan die DBV oorhandig. Hulle het vroeër motors gewas en met dié geld die kos gekoop. Van links is drie van die lede, Jabu Madisadife, Michael Gabie en Quinton Crouch. Gaan sien gerus die video by www.noordkaap.co.za van hoe die honde verbete met hul tande aan Michael se broek vasklou en hom nie alleen wil los nie. Dit is nogal snaaks. Foto: Ruan Bruwer VRYDAG 8 November: Maretha Champion se werk word om 16:00 by die Cygnature-restaurant op die Magersfontein Memorial-gholflandgoed uitgestal. Friday, 15 November: The Northern Cape Chamber of Commerce and Industry (Nocci) is holding a gala dinner in honour of the legendary Kimberley resident and former mayor, Lawrie Shuttleworth, who turns 99 years on 18 November. The event at the Kimberley Club starts at 18:30. Tickets are R190 per person or R1 900 per
Glimlag breed oor nuwe fiets JOHANNES OOR was so opgewonde, hy het nie op hom laat wag om sy nu we fiets op die proef te stel nie. Hy kán fietsry en het som mer ’n paar skerp draaie om die swembad gevat.
table. RSVP before 12 November to Sharon@nocci.co.za or phone 053-831-1081. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap, dit word gratis geplaas. As dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap voor Vrydag om 10:00 die vorige week bereik. Stuur die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 086-214-7986 of stuur ’n SMS na 45533. Die SMS moet met die letters NK begin.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Projek verbeter spelling Ruan Bruwer NADAT onderwysers in die senior fase aan die Laerskool Staats moedeloos by Sarie Myburgh, ’n kollega, gekla het oor die kinders in hul klasse se gebrekkige spelvermoë het die gedagte aan ’n spel-olimpiade by haar posgevat. “Ek het die nood raakgesien. Die reaksie hierop van almal was baie gunstig. Die kinders is per woord deur hul ouers geborg. Die woorde moes dan geleer word en voorverlede Woensdag het die hele skool speltoetse geskryf. “Hoe meer woorde reg gespel is, hoe meer geld het die kind ontvang wat dan aan die skool gegaan het. As aanmoediging was daar pryse vir leerlinge wie se uitslae die beste was en vir die klas wat die meeste geld kon insamel,” het Myburgh verduidelik. Gr. 1- tot gr. 3-leerlinge se woorde het uit hul moedertaal bestaan en van gr. 4 tot gr. 7 het die meeste van die woorde wat hulle moes leer uit hul taalkeuses bestaan. Die gr. 1’s moes byvoor-
beeld 30 woorde leer en gr. 6’s en gr. 7’s 70 woorde in hul eerste taal en 50 in hul addisionele taal. Ouers is gevra om met die merkery te help sodat hulle ook kon ervaar wat die stand van kinders se spelvermoë is. Myburgh meen onderwysers lê nie altyd genoeg klem op korrekte spelling nie. Marelize van Rooyen, ’n Staats-ouer, beaam dit. “My dogter in die hoërskool sal kom sê die onderwyser het gesê spelling is nie belangrik nie.” Kommunikasie deur tegnologie (wat baie gekenmerk word aan afkortings vir woorde) vertolk volgens Van Rooyen ’n ongelooflike groot rol. “Dit gaan alles oor klank. Omdat kinders nie meer lees nie, skryf hulle woorde soos hulle dit hoor en uitspreek. Jy sien dit in die antwoordstelle. “Ek sê jou, ek verstaan nie my tienerdogter se teksboodskappe nie. Dit moet ontsyfer word. Spelling is ’n houding-ding,” reken sy.
Van Rooyen, wat ’n dosent aan ’n universiteit was, sê studente se taal- en spelvermoë is iets om voor bang te word. Myburgh sê omdat albei ouers deesdae moet werk, kry hulle self nie meer tyd om te lees nie en sodoende ’n voorbeeld aan hul kinders te stel nie. Dit bekommer haar. Volgens die nasieners het woorde soos chaotiese, dictionary en modieuse gr. 6- en gr. 7-leerlinge laat kopkrap. Gr. 4’s en gr. 5’s het met woorde soos breakfast, because, gekomponeer en korrekte gesukkel. Gr. 2 en gr. 3’s het weer probleme met die woorde geheim, Northern, terug en question. ondervind.
’n PAAR van die gr. 2’s van die Laerskool Staats het gesukkel om woorde soos Kim berley en Northern Cape in dié skool se spel olimpiade te spel. Foto’s: Ruan Bruwer
Die lewe mag wel oor die reis gaan... ...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.
DIE woord chaotiese het gr. 7leerlinge behoorlik laat kopkrap en verskillende weergawes opgelewer.
KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word. Vir meer inligting kontak ons
BO en onder: Die gr. 3’s het gesukkel om die woord question te spel.
De Aar Tak Hoofstraat 64 De Aar Tel: (053) 631 3611
Keimoes Tak Kenhardtstraat 2 Keimoes Tel: (054) 461 1226
Vryburg Tak H/v Stella- & Kerkstraat Vryburg Tel: (053) 927 2671
Ons is hier vir jou
Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. AVB NOORDKAAP 1
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Is die doodstraf die antwoord? SUID-AFRIKA se benadering om misdadigers langer vonnisse op te lê kan nie behoorlik geëvalueer word nie, sê die Instituut vir Sekerheidstudie. Gevolglik is dit vir navorsers onmoontlik om te bepaal of die strafregstelsel oortreders wel afskrik. Die land se tronkbevolking het van 1995 tot 2012 afgeneem. Tog het die persentasie gevangenes wat langtermyn-tronkstraf uitdien tussen 1999 en 2010 toegeneem. Die gevoel dat swaar vonnisse misdadigers nie behoorlik afskrik nie, klink algaande meer op. So het ’n inwoner van Galeshewe se versoek aan die minister van justisie, Jeff Radebe, om die doodstraf Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag
weer in te stel groot ondersteuning gekry het toe hy onlangs hier was. “Bendelede word ná net drie jaar in die tronk vrygelaat. Hulle kom dan met ’n glimlag terug. Is die tronk nie veronderstel om sleg te wees nie? “Die bendelede maak hulle dan opnuut aan dieselfde misdade skuldig. Bring die doodstraf terug,” het sy onder groot toejuiging gesê. Radebe was nie hiervoor te vinde nie en het die doodsvonnis as ongrondwetlik beskryf. Die strafregstelsel sal maniere moet vind om oortreders aan ernstige misdade lank agter tralies te kry en ’n duidelik boodskap uit te stuur dat die straf geensins lekker gaan wees nie.
Minimum 13 °C 9 °C 12 °C
Maksimum 30 °C 31 °C 32 °C
SKETS: Danie Cronjé
Hy wou ’n laaste keer dankie sê Hannes Noëth DIT was ’n sagte, fyn klop aan die pastorie se voordeur. So sag dat ek gedink het dit is ’n vrou of kind wat klop. Later het ek besef dit is onsekerheid wat gemaak het dat die klop so sag was. Eintlik was dié onsekere klop aan die voordeur al ’n reuseskuif. Later sou hy my vertel hy het twee keer omgedraai. Twee keer teruggeklim in die motor. Twee keer teruggery huis toe. Dit is eers nou, die derde keer, dat hy hom so ver kon kry om te klop. Hy is jammer as hy pla. Hy het nie vir ’n afspraak gebel nie. Hy moes seker. Hy kan later terugkom as dit ongeleë is. Só het hy hom in my lewe ingeklop.
Hy het nie kom kuier nie, hy het kom praat. Hy soek hulp, maar aan die ander kant, hoe soek so ’n groot man van sy jare nou by iemand hulp? Hy is nie te trots om hulp te vra nie. Nee, hy dink net hy is nou onnodig lastig. Hy weet ek kan nie eintlik help nie, maar miskien, net miskien, as hy vir iemand sê, sal hy dalk beter voel. Sondes en swakhede het hy genoeg, maar hy het nie sag aan my deur geklop daaroor nie. Die rede hoekom hy geklop het, voel vir hom
nou so eenvoudig. Hy moes dit dalk maar gelaat het. Maak dit enigsins sin om oor iets te praat waaraan hy niks kan doen nie? Ook ek sal niks daaraan kan doen nie. “Wel, praat help altyd,” probeer ek hom nooi. ’n Mens het nie antwoorde vir alles nie, maar soms word iets beter as jy dit hardop sê. So sag soos hy geklop het, begin hy vertel van sy hart wat seer is. Oor ’n ma wat dood is. Al drie jaar. En oor hy, so ’n groot man, haar so baie mis. Hy verlang so na haar. Hy het haar dood verwerk. Hy weet sy moes sterwe. Hy wil net vanaand vir iemand sê hy mis sy ma so baie. Die graagste van alles sou hy net een keer nog wou sê: “Dankie, Ma, vir alles, ek is lief vir jou”.
GEBEURTENISSE op 6 November in die verlede: 1869 – Diamante word in Kimberley ontdek. Die Groot Gat, die grootste uitgrawing deur mensehande gegrawe ter wêreld, ontstaan. Ongeveer 23 miljoen ton materiaal is verwyder en die opbrengs was 2 722 kg diamante. 1928 – Die Amerikaner Jacob Schick verkry die patent vir die eerste elektriese skeermes. 1940 – Die Herenigde Nasionale Party, of Volksparty, word deur ondersteuners van dr. D.F. Malan en genl. J.B.M. Hertzog in Bloemfontein gestig. Hertzog-volgelinge wat nie in die nuwe party ingesluit is nie, het later die Afrikanerparty gestig. 1962 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies neem Resolusie 1761 aan wat Suid-Afrika se Apartheidsbeleid veroordeel. Ekonomiese sanksies word uitgevaardig. 1964 – John Harris, wat verantwoordelik was vir die bomontploffing op die Johan-
nesburgse stasie, word ter dood veroordeel. 1990 – Op die nasionale konferensie van kerke doen die NG Kerk ’n skuldbekentenis oor apartheid en verbind hom om mee te werk aan ’n Suid-Afrikaanse gemeenskap sonder diskriminasie. 1991 – Die eertydse Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika (Noksa) kondig Suid-Afrika se hertoelating tot die Olimpiese Spele aan. Geboortes op die dag: 1883 – Billy Millar, gewese Springbokkaptein (sterf in 1949). 1946 – Sally Field, Oscar-bekroonde Amerikaanse aktrise.
KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) ’n Lasbrief is in die hooggeregshof hier vir die inhegtenisneming van Christo Scholtz, die eerste beskuldigde in die Trifecta-verhoor, uitgereik. Die rede is Scholtz het nie saam met sy medebeskuldigdes (onder andere John Block, Yolanda Botha en Alvin Botes) vir hul hofverskyning opgedaag nie. Die lasbrief sal eers uitgevoer word sou hy versuim om op 3 Februarie 2014, wanneer die verhoor voortgaan, in die hof te verskyn. Scholtz is ’n direkteur van Trifecta. ) Polisielede het rubberkoeëls na betogers van Leratopark geskiet toe die inwoners langs die R31 na Barkly-Wes betoog het oor die name op ’n lys van begunstigdes wat huise moet kry. Sowat 491 huise is aan die begin van die maand in die eerste fase aan behoeftige gesinne oorhandig. Volgens Alfred Selloane, ’n gemeenskapslid, het daar mense ingetrek wat na bewering nie voorheen in Leratopark gebly het nie. ) Die departement van maatskaplike ontwikkeling het ’n skoon jaarverslag behaal en volgens Conrad Fortune, kommunikasiebestuurder van die departement, is dit ’n duidelike aanduiding die departement het sy doelwitte bereik met die begroting wat hy ontvang het. Fortune sê die departement het beduidende verbeterings getoon wat die besteding van geld binne die raamwerk van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies betref. ) Die Magersfontein-museum en die Clyde N. Terry- militêre museum van die Memorable Order of Tin Hats (Moths) in die stad is die
nuutste slagoffers van vermoedelik ’n sindikaat wat waardevolle erfenisskatte steel. Dit volg op die diefstal van ’n silwer-teestel en ’n sakhorlosie uit die Nasionale Museum in Bloemfontein en ses oorlogsmedaljes uit die McGregor-museum in Kimberley. ) Daar is steeds net één beskuldigde in die Griekwastad-moordsaak. Mashudu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die NVG is bewus van Cornelia de Wet (37), ’n AWB-lid, se bewerings dat sy deel was van ’n regse moordbende wat vir die moorde op die Steenkamp-gesin verantwoordelik was. De Wet, wat verhoorafwagtend is weens klagte van die besit van ammunisie en plofstof, het in ’n onderhoud aan die Diamond Field Advertiser (DFA) beweer sy en drie mans het die Steenkamps vermoor om rassehaat aan te wakker. ) ’n Jong man is op heter daad betrap toe hy na bewering ’n bakkie in Galeshewe gesteel het. Die polisielede het roetinepatrollies gedoen toe hulle ’n wit Ford Bantam-bakkie op die sypaadjie sien staan het. Hulle het langs die bakkie gestop om ondersoek in te stel toe hulle die 19-jarige verdagte gesien het wat in die bakkie probeer wegkruip het.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
5
Twee se paaie kruis op UV-kampus Ruan Bruwer ALBEI van hulle is oud-Kimberliete, albei was dramastudente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), albei spog met ’n graad aan ’n oorsese universiteit en albei is vandag gesiene dosente aan die UV se dramadepartement. Dít is die verhaal, in kort, van Thys Heydenrych en DeBeer Cloete. Heydenrych het in 1996 aan die Hoërskool Diamantveld gematrikuleer en DeBeer in 1999 aan die Hoërskool Noord-Kaap. Hulle het mekaar nie op skool geken nie, eers toe Thys ’n student in DeBeer se klas was. Heydenrych se ouers was gekant teen sy besluit om drama te gaan studeer en hy het hom tot musieklesse en opleiding in Kimberley gewend. Hy het musiek aan Kimberley Boys’ High, CBC en die Kimberley-akademie vir Musiek (Kam) gedoseer. Toe hy vir sy eie studie kon betaal, het hy dit gedoen en in 2003 drama aan die Kovsies gaan studeer. In sy tweede en derde jaar was DeBeer sy dosent. Heydenrych sê toe hy aan Boys’ High in musiek, kuns en kultuur en boonop rekeningkunde, bedryfsekonomie en tegniese tekeninge moes klasgee, het hy besluit: “Dit is nou genoeg, koebaai”. DeBeer het BA Mediastudies aan die Kovsies gestudeer, spesifiek om eendag TV-regie te doen. Hy het dramamodules gedoen en het dit so geniet dat hy sy honneursgraad in drama gedoen en in 2004 as dramadosent begin werk het. Sy ouers woon steeds in Kimberley en besit Butterfields wat brood verskaf. Heydenrych het egter nie meer ’n verbintenis met die Diamantstad nie, aangesien sy ouers verhuis het. Benewens klasgee, speel albei gereeld in produksies en doen ook baie regiewerk. Hulle is twee van ses heeltydse dosente aan die dramadepartement. “Dit is die groot voordeel van die departement: dat hulle ons toelaat om dit te doen en ons eintlik daarin ondersteun,” sê Heydenrych. DeBeer sê die departement is een van min waar die dosente omtrent al hul studente op die naam ken. Hulle speel gereeld saam met die studente in opvoerings. Hy sê daar is nie ekstra druk as hy op die verhoog en sy studente in die gehoor is nie. “Die gedagte oor wat hulle gaan dink (van jou spel) kom by jou op, ja, maar ek steur my nie aan hulle nie. Jy doen op die verhoog soos wat jy geleer is. Dit is eintlik ’n goeie ding, want nou kan jy spreekwoordelik practise what you preach. Die studente sien wat jy doen. Dit gee jou geloofwaardigheid as jy voor hulle in die klas staan. Jy leer tog ook deur dop te hou”, reken hulle.”
Laugh with Mark ENJOY entertainment of the laughing kind with Mark Kotzé in That is bullship at the Flamingo Casino tonight at 20:00. Mark is a Kimberley boy schooled at Homevale High who earns a living from being a motivational speaker, master of ceremonies, leadership coach, community developer and entrepreneur. And he has a sense of humour. What’s this got to do with comedy? you might ask. Earlier this year Mark went on a sea cruise, but he hated everything about the cruise. A few weeks after the cruise he was the MC at a function and mentioned a bit about his cruise experiences. Even though Mark’s cruise was something he hated, his audience loved hearing about it and laughed at it. That is bullship was born. Tickets cost R50 each at the Flamingo Casino cash desk.
Hulle het mekaar nie op skool geken nie, hulle het eers ontmoet toe Thys ’n student in DeBeer se klas was.
DEBEER CLOETE (links) en Thys Heydenrych, twee oudleerlinge van Kimberley wat deesdae dosente aan die dramadepartement van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is. Foto: Ruan Bruwer
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Sophia se skoonheid vergaan nie Carine Beylefeld ENIGEEN kan op 72-jarige ouderdom nog goed lyk, dit hang maar tot ’n groot mate af van die keuses wat jy maak, reken Sophia Horn, ’n voormalige naaswenner van Mej. Suid-Afrika. Behalwe vir tien jaar in Durban was sy haar hele lewe lank ’n Kimberliet. Sy het van haar herinneringe as skoonheidsmodel herroep toe sy haar plakboek met Noordkaap gedeel het. Sy spog met ’n reeks skoonheidstitels. Horn (toe nog Pieters) het reeds in 1956 koerantopskrifte gehaal toe sy op die jeugdige ouderdom van net 15 jaar aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie wou deelneem, maar te jonk was. Dit was die eerste jaar dat dit gehou is. Dié jong skoonheid het haar nie van stryk laat bring nie en het dieselfde jaar haar eerste skoonheidskompetisie op die Kimberley-skouterrein gewen met ’n diamant ter waarde van 130 pond as prys daarby. In 1959, toe sy wel oud genoeg vir Mej. Suid-Afrika was, was sy die eerste prinses. Daar het haar pad gekruis met Penny Coelen wat die finaliste se chaperone was. Coelen was die vorige jaar se wenner en het ook die kroon van Mej. Wêreld gedra. Hulle het twee jaar later weer in die koerant verskyn toe albei se eersteling in dieselfde maand gebore is. Horn vertel haar ma het haar aangemoedig om mannekynwerk (modelwerk) te doen en vele skoonheidskompetisies het gevolg. Die gewilde skoonheid het op voorblaaie van tydskrifte begin verskyn, sowel as in advertensies en was ’n gesogte model vir fotosessies en ’n gewilde keuse vir die tydskrif Kyk se fotoverhaal. “Die lekkerste vir my was toe ek in 1960 die Borgward-sedanmotor gewen het.
’n JONG Sophia Horn. Sy was ’n gewilde keuse vir voorblaaie van tydskrifte en het in advertensies verskyn. Foto: Verskaf
PENNY COELEN, voormalige Mej. SuidAfrika en Wêreld, en Sophia het albei in Desember 1961 geboorte aan hul eersteling gegee. Foto: Verskaf Ek het so baie pryse ontvang en my hele familie was trots op my. “Ek het nooit gedink ek sou enige van die kompetisies waaraan ek deelgeneem het, wen nie. Maar ek het moeg vir modelwerk geword en besluit om te trou en met ’n gesin te begin,” het sy gesê. Horn besoek nog gereeld die gimnasium en verrig haar huistake self. “My wenk aan skoonhede sal wees om net jouself te wees, vriendelik en goedgemanierd op te tree. Moet nooit met grimering aan gaan slaap nie.
“Wat my kwel is hedendaagse meisies wat nie omgee oor hul gewig nie en soms onversorg voorkom.” Horn vertel sy is dol op die somer en speel graag gholf saam met haar man, Peter (met wie sy 27 jaar getroud is), en hul kinders. Hulle het gesamentlik vyf kinders uit vorige huwelike. Een van die kinders is Douglas McGuigan, ’n professionele gholfspeler wat al ses reekse in die Sonskynreeks gewen het. Sy het ook vyf kleinkinders en een agterkleinkind.
NOU, vele jare later lyk sy steeds goed.
Foto: Carine Beylefeld
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
7
‘Cheers’ tot volgende keer in Cheers KIMBERLEY het byna ’n eeu lank die reputasie gehad dat hier twee keer meer kroeë as kerke en apteke in die stad was. Een van die redes vir die ongelooflik baie kroeë was omrede die delwers van destyds ’n plek gesoek het om hul sukses te gaan vier en die ongelukkige delwers om vertroosting te gaan soek. Skuimkop Pienaar en Jan Dop het besluit om die kroeë ’n bietjie te gaan besoek. Die kuierplek Cheers in Beaconsfield was die gepaste plek én naam om by te begin. Dit is ’n Woensdag 19:15, amper die einde van die maand. Dit lyk nie of Cheers oop is nie. Die Phoenixhotel net in die straat langsaan is dan reeds toe. Die paar motors langsaan geparkeer skep tog die indruk hulle is oop. Inderdaad. Glad nie vol nie, seker so 20 mense. Die eerste een met wie ons oogkontak maak, ken Jan Dop. Hy is ’n onderwyser aan ’n skool in die omgewing. Die vriendelike onderwyser wys ons sommer dadelik hoeveel ruimte daar eintlik in die kuierplek en agter in die erf is. Ons wil iets ligs drink. Jan Dop wil eers hoor watter siders hulle het. Sam, die kroegman “Can you speak English,” sê die swart kroegman ewe parmantig. Hy verstaan nie Afrikaans nie, hy kom van Zimbabwe af. Hy sê hy ken ná drie jaar die regulars en hul drinkgewoontes. Hulle kom hier en sê die gewone asseblief’, dan moet ek weet wat dit is.” Hy sê in die drie jaar dat hy hier is, was hier nog nie ’n barfight nie. Op die agtergrond speel musiek van Smokie. Ons gaan sit langs ’n man met moeë oë wat effe eenkant sit en krieket kyk. Hy praat met ’n effense Engelse aksent. Hy sê hy het met ’n Engelse vrou seks gehad wat sy vrou geword het. Hy is nie juis lus vir geselsies maak nie. Die onderwyser is wel, praat oor die stand van onderwys tot diefstal in Beaconsfield. Hy het sommer aangebied om vir ons drankies te betaal nog voordat ons kon geld uithaal. Nou klink Nicholis Louw se Hoe ver sal jy gaan op die CD-speler op. Die swart man en die Griek Ons skuif ’n paar sitplekke na links om nader aan ’n swart man en een wat lyk na ’n Griek
te sit. Dit lyk asof hulle stry. Nee, hoor ons toe ons varkoortjies gooi, hulle stry oor sokker. Later raak barman Sam in die sokkergesprek betrokke, maar die twee in die hoekie staan nou saam teen Sam wat vir die Engelse span Arsenal support. Jan vra die Griek of hy een is. Sy waarneming is in die kol. Dit lyk asof die twee se Black Label en Hansa quarts nie hul eerste van die aand is nie. Die Proteas het intussen nog ’n paaltjie geneem, maar niemand neem kennis nie, want dit lyk asof Pakistan op ’n drafstap gaan wen. Dit lyk asof die onderwyser op pad is, sy sak is om sy skouer gegooi. Die twee vroue Ons merk twee vroue op wat alleen langs die ingang sit. Die een het sommer haar skoene
C E M E N T ’ S
BUILDING
BETTER HOMES C H A L L E N G E
Calling all builders and DIY enthusiasts! PPC, in partnership with Calgro M3, is looking for teams of 2 to be on our new building reality TV show. You and your partner could win a brand new Toyota Hilux Turbo Diesel with 1 ton of cement and R250 000 cash! You must have experience in building and plastering to be a part of the PPC Building Better Homes Challenge. Your partner (wife, brother, sister, father, son, friend, etc.) is not required to have any building experience. Both you and your partner need to bring your South African ID books to the audition.
Entry Details: Who must come: Both you and your partner To find your nearest audition, SMS “PPC” and your province to 30PPC (30772) or go to www.ppc.co.za
Follow us on
Terms and conditions apply. Should your team be successful you will both need to be available to come for a second interview. You will both need to be able to travel between 20 January 2014 and early March 2014 for the TV production. Please note that the actual vehicle prize might differ from image depicted.
uitgeskop. Ons beweeg nader, nie heeltemal seker hoe om hulle te nader nie, want lyk nie asof hulle van mans hou nie. Jan begin maar met “is julle regulars?”. Hulle lyk redelik toeganklik vir ’n gesprek. Die onderwerpe raak egter nooit dieper as ’n vlak graf nie. Hulle beskryf Cheers as die Afrikaanse weergawe van die Half. “Hier is nie sulke stuckup Engelse nie.” Hulle erken hulle het vroeër jare in Danskraal en Springbok uitgehang, maar is nie meer lus vir “die dronk kinders wat oor k%@ wil baklei nie”. Nadat ’n paar kroeë bespreek is, slaan die gesprek oor na restaurante. Die onderwyser het intussen vir hom nog ’n bier bestel en hom by ons aangesluit. Sy sak is nie meer oor sy skou-
Foto: Skuimkop Pienaar
er nie. Nou speel Dave Mills en die onderwyser lyk ingenome met die keuse van die musiek. ‘Cheers’ Dit is 20:45. Ons word deur een van die vroue gevra of ons nie iets wil drink nie. Dit lyk asof hulle van ons geselskap hou. “Nee, dankie, ons moet gaan,” sê Jan Dop. “Cheers,” groet ons. Later laat weet Jan Dop die kuierplek het hom aan die TV-sitkom Cheers van destyds laat dink. En die man wat so alleen gesit het met die Engelse aksent het hom weer laat dink aan die woorde in Karen Zoid se liedjie As musiek begin speel: Seuntjies word manne en gaan sit dan in ’n kroeg en lyk moeg.
TJDR 55432
P P C
DIE kuierplek Cheers in Mainstraat, Beaconsfield.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Sy herwin vir sente Ruan Bruwer WAAR Luzaan Esterhuizen se maatjies moontlik Saterdag leeggelê het of lekker naweek gehou het, het sy haar eie stalletjie op ’n markdag op die Agt Myl Animal Farm beman, boonop met artikels wat sy self gemaak het. Dié 10-jarige meisie verdien sedert die begin van die jaar ekstra geld deur uiting aan haar kreatiwiteit te gee. Sy het vroeër vanjaar begin om self handgemaakte artikels te maak. Volgens haar ma, Susan, wou Luzaan vroeër vanjaar sommer buite hul woning op die sypaadjie haar ware uitstal en verkoop toe sy verneem het haar skool bied nie so ’n geleentheid aan nie. Die meeste van haar artikels is van herwinbare produkte gemaak. “Baie van die ware is van goed wat ons in die huis gehad het en herwin het om iets nuuts
daarmee te skep. Luzaan het hiervan (herwinning) op skool geleer en dit tuis toegepas. “Sy dink twee keer voordat sy iets weggooi,” sê Susan. Dit is danksy Susan dat die gogga Luzaan behoorlik gebyt het toe sy vir haar ’n boek, Stekie vir stekie, gekoop het. Dié boek het haar gehelp om haar eerste artikels, poppies of wolliepops soos sy na hul verwys, van oortollige stukkies wol te brei. Haar ma sê dit is lekker om te sien haar dogter het ook ’n kreatiewe begeerte. “Dit is maar hoe ek grootgeword het, by my ma se voete om te kyk hoe sy brei. “Om so saam aan iets te werk is pret en dit bou ’n band. “Kinders leer mos nie meer eintlik op skool van naald- en breiwerk nie. “Ek wou graag hê sy moet darem ’n knoop kan vaswerk en ’n soom kan insit,” het sy gesê.
LUZAAN ESTERHUIZEN (10) met van die ware wat sy gemaak het en Saterdag op ’n markdag verkoop het. Die spaarvarkie is van ’n Nesquikhouer gemaak, die boek merk van ’n roomysstokkie en die pop het sy gebrei. Foto: Ruan Bruwer
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
DIE Laerskool Eureka se OOV (oueronderwysersvereniging) is sedert die eerste Louis Joostegedenkwedloop elke jaar hierby betrokke en beman die laaste waterpunt op die roete. Hier maak vier van die OOVlede speelspeel reg om weg te spring. Van links is Ria Wepener, Heléne Buys, Marileen Ba denhorst en Tania Green. Foto: Verskaf
Wedloop gedenk lewe Ruan Bruwer
Sportredaksie REËL 11: Onkant en speelkant in algemene spel. Definisies: Met die aanvang van ’n wedstryd is alle spelers aan ’n kant. In die verloop van die wedstryd kan spelers hulle in ’n onkantposisie bevind. Die spelers kan dan gestraf word totdat hulle weer aan die speelkant is. In algemene spel is ’n speler onkant as hy voor ’n spanmaat met die bal is, of voor ’n spanmaat wat laaste die bal gespeel het. Onkant beteken ’n speler is tydelik buite spel. Sulke spelers kan gestraf word as hulle aan die spel deelneem. In algemene spel kan ’n speler aan die speelkant geplaas word deur die optrede van óf ’n spanmaat, óf ’n teenstander. ’n Onkantspeler kan egter nie aan die speelkant geplaas word nie indien hy met die spel inmeng, vorentoe beweeg na die bal toe of versuim om 10 m weg te beweeg van die plek waar die bal land. 11.5 Aan die speelkant geplaas ingevolge die 10 m-reël: (a) Die onkantspeler moet terugval tot agter die denkbeeldige 10 m-lyn anders kan die speler gestraf word. (b) Die onkantspeler kan nie deur enige optrede van die teenstanders aan die speelkant geplaas word nie. 11.6 Per ongeluk onkant: (a) Wanneer ’n onkantspeler nie kan voorkom dat die bal of ’n spanmaat wat die bal dra hom raak nie, is hy per ongeluk onkant. As die speler se span geen voordeel hieruit put nie, gaan die spel voort. Indien die speler se span wel daarby baat, word ’n skrum gevorm en gooi die teenstanders die bal in. (b) As ’n speler die bal aan ’n spanmaat voor hom oorhandig, is die ontvanger onkant. Tensy die ontvanger as opsetlik onkant beskou word (in welke geval ’n strafskop toegeken word), is die ontvanger per ongeluk onkant; ’n skrum word gevorm en die teenstanders gooi die bal in. 11.7 Onkant ná ’n
aanslaan: Indien ’n speler aanslaan en ’n spanmaat in ’n onkantposisie die bal speel, is die onkantspeler strafbaar indien die speel van die bal ’n teenstander verhinder het om voordeel te trek. ) Dié reëls word volgende keer verder bespreek.
SEWE jaar gelede het die prokureur en ywerige drawwer Louis Jooste die stryd teen kanker verloor. Jooste was die president van die Pirates-drafklub. Die Louis Jooste-gedenkwedloop word die afgelope paar jaar aangebied om sy lewe te gedenk. Personeel, ouers en leerlinge van die Laerskool Eureka span elke jaar saam om ’n sukses van die wedloop te help maak. Jooste se vrou, Elsabé, is ’n gr. 1-onderwyser aan die skool.
’n Groot gros van die personeel tree Saterdag as beamptes op, ander hanteer inskrywings en die res tree as tydhouers op. Die halfmarathon begin om 06:30 en inskrywings sal van 05:30 af by die Pirates-klub gedoen word. Die pretwedloop en 10 km-wedloop begin om 07:00. Inskryfgeld is R50 vir die halfmarathon, R40 vir die 10 km en R20 vir die pretwedloop. Drawwers word aangemoedig om in blou geklee saam te draf. Blou T-hemde sal op die oggend van die wedloop teen R80 verkoop word.
KIARA WAKEFORD received the good news last week that she has been selec ted for the national u.13 tennis team that will be touring to Malaysia later this month to participate in two international tour naments. The team consists of six girls and boys. Kiara is a gr. 7 learner of the Eureka Primary School and has been coached by Wilmi Delport since the age of five. Photo: Ruan Bruwer
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
EIENDOMME
TE KOOP
WERK
ALGEMENE & HUISDIENSTE ADMINISTRATIEF
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
LOSIES AANGEBIED ALLERLEI
3280 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
SAKE
GELEENTHEDE 2415
CHOCOLATES/SWEETS/BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution bussiness. Affordable cost. Myer 012 547 5467. mberman@telkomsa.net
VAKANSIE & REIS
PLAASVAKANSIES 2660
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682.
3605
ADMIN DATA WORKERS needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com
ALGEMEEN 3680
Apteekassistent benodig by Libra Apteek. Graad 12 is 'n vereiste. Vorige ondervinding sal as aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om 'n loopbaan in 'n apteek te volg, graag in professionele omgewing wil werk en bereid is om 'n langtermynverbintenis te vorm, handig asb. u volledig opgedateerde CV in by Longstraat 108, Towers Kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: 15 November 2013.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
JOHN PIETER TRUTER In die boedel van wyle John Pieter Truter, identiteitsnommer 370614 5004 080, van Milnerstraat 48, Kimberley. Meester se verwysing: 193/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lĂŞ by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, KIMBERLEY, vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 8 November 2013. HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Deb66/0001.
G E K L A S S I F I S E E R D
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Ryan McLaren an all-rounder KIMBERLEY-BORN Ryan McLaren is quickly establishing himself on the international scene and making a mark. On Friday he achieved his second-best bowling figures in oneday international cricket when he took 4/34 in 10 overs for the Proteas. In a losing battle he was also his team’s best batsman with 29 not out. The 30-year-old is the Proteas’ leading wicket-taker of the year with 34 scalps at an average of 23,11 and is third in the world. The all-rounder who spend his first couple of years in Kimberley before going to school in Bloemfontein, made a return to the ODI set-up against Eng -land last year following a two-year absence. He has been a reliable and consistent workhorse with both bat and ball since becoming a regular in the side. “On a personal note it’s always nice to contribute with bat and ball as a No.7,” McLaren said. “I feel I need to contribute with the bat as much as possible. As far as the bowling is concerned, collectively again we performed really well. We bowled well in partnerships as a unit and took wickets at crucial stages; we are pretty happy with the bowling performances. “I’m not close to being a finished article, there is still a lot of work for me personally which I can build on,” he said. – CSA
RYAN MCLAREN celebrates with his teammates after getting the impor tant wicket against the Pakistan captain, MisbahulHaq, in Friday’s second One Day International against Pakistan in Dubai. He took 4/34 in 10 overs and is now the third highest wickettaker in ODI cricket worldwide this year. Photo: AFP
Griekwaland-Wes weer getroef Ruan Bruwer JP TRIEGAARDT sal nog ’n rukkie moet wag om sy eerste sege in meerdaagse krieket as afrigter te smaak. Die GriekwalandWesse krieketspan is oor die naweek behoorlik afgeslag in sowel die driedagwedstryd as eendagwedstryd teen die Oostelike Provinsie in Kimberley. In die driedagreeks
lê die Griekwas nou aan die voet van die puntelys ná ’n derde agtereenvolgende nederlaag met ’n beurt. Die wedstryd was reeds voor die einde van die tweede dag iets van die verlede en die Griekwas kon in hul twee kolfbeurte gesamentlik nie meer as 68,5 beurte oorleef nie. Sake het heel belowend begin met Jandré Coetzee, Alan Kruger en Jan Fry-
linck wat elk drie paaltjies platgetrek het om die OP vir 250 lopies uit te haal. Maar die tuisspan het geen weerstand met die kolf gebied nie en is binne 90 minute vir ’n skamele 48 lopies uitgehaal. Die OP het die opvolgbeurt afgedwing en die Griekwas ’n tweede keer vir 190 uitgehaal om met ’n beurt en 12 lopies te wen. Net Gihahn Cloete kon tevrede met sy 53
lopies voel. Dinge het nie veel beter in die eendagwedstryd gegaan nie, toe die besoekers ook ’n maklike sege behaal het. Die OP is gevra om 231 lopies vir ’n oorwinning aan te teken wat hy verspotmaklik gedoen het met nog vier beurte oor en agt paaltjies staande. Cloete was weer die enigste speler om ’n 50-tal aan te teken. Die Griekwas het
nou twee weke om hul vertonings in oënskou te neem voordat hulle teen KwaZuluNatal-Binneland te staan kom.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 NOVEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Klomp nuwes in span Ruan Bruwer ONDANKS die onsekerheid wat steeds oor die Griekwas se deelname in volgende jaar se Premierliga van die Curriebeker heers, het dit nie ’n ooglopende groot impak op die gekontrakteerde spelers vir volgende jaar gehad nie. Die meeste van die spelers is behou en ’n hele spul nuwelinge, 16 uit die 37 om presies te wees, tel onder die groep van gekontrakteerde spelers wat die Griekwaland-Wesse Rugbyunie verlede week bekend gemaak het. Heelparty van hierdie spelers is nie baie bekend nie. Opvallend is die afwesigheid van die Griekwas se twee buitesenters wat vanjaar diens verrig het. JP Nel het uitgetree en Jean Stemmet gaan hom op afrigting toespits. Die twee nr. 13’s sluit Johnathan Francke van die Boland in wat reeds teen die Goue Leeus sy buiging gemaak het en indrukwekkend vertoon het. Die ander buitesenter is Wayne Stevens wat voorheen vir die OP-Kings en Vrystaat Curriebeker gespeel het. Hy was voorheen ook die kaptein van Shimlas en die Suid-Afrikaanse Barbarians. Ook op skrumskakel ontbreek die twee name wat vanjaar agter die oond skoongemaak het. Marnus Hugo het uitgetree en Jacques Coetzee het ’n werksgeleentheid oorsee aangegryp. Drie van die nuwe vier skrumskakels, Lucky Kebe van die Boland-Kavaliers, Ruan Snyman en Justin Dinka, albei van die Blou-Bulle, beskik oor Curriebeker-ervaring. Die skrumskakel Zane le Roux, wat verlede jaar matriek aan die Hoërskool Noord-Kaap geskryf het, is ook ’n kontrak aangebied. Die unie het waagmoed aan die dag gelê deur ’n klompie baie jong spelers te teken. Le Roux (19), die voorrye Luxolo Koza (19), Stephan Pretorius (22),
CORNELL HESS, lenige slot van die Blou Bulle, tel onder die nuwe gesigte by die Griekwas vir volgende jaar. Heelparty (16) nuwe spelers se name verskyn op die lys van gekontrakteerde spelers by die Griekwas vir 2014. Hess is ’n voormalige Jong Bokkie. Foto: Emile Hendricks Nico van Dyk (21), vleuel Hillford Clarke (19) en losskakel/heelagter Reohn van Zyl (22) is almal nog bloedjonk. Van die ander spelers wat nie weer pen op papier gesit het nie, is Dusty Noble, Brummer Badenhorst, Richard Lawson, Lourens Adriaanse, Wesley Wilkins, Nick Schonert, Willie le Roux en Du Randt Gerber. ) Griekwas se gekontrakteerde spelers vir 2014: Voorrye: Luxolo Koza, Steph Roberts, Janro van Niekerk, Stephanus Pretorius, Nico van Dyk, Ewald van der Westhuizen. Hakers: Ryno Barnes, Matt Dobson en Simon Westraadt. Slot-
Trots op skool se Protea-speler LAURENLEE CHRISTIANS (links op foto in aksie vir die Vrystaat, asook op die inlasfoto) is die nuutste Proteanetbalspeler wat die Hoërskool Diamantveld opgelewer het. Sy is vir die SuidAfrikaanse span gekies wat die naweek aan die Fast 5toernooi in NieuSeeland deelneem. Dit staan bekend as die T20weergawe van netbal. Die Proteas, wat laasjaar derde was, gaan teen die res van die topses lande – NieuSeeland, Australië, Engeland, Jamaika en Malawi – in die verkorte weergawe van die spel meeding. Christians, ’n vier dejaaronderwysstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), het in 2009 aan Diamantveld matriek geskryf. Sy het daardie jaar die sewende Diamantvelder geword wat vir die SuidAfrikaanse Skolespan gekies is. Mareth Hugo, skoolhoof van Diamantveld, is besonder trots op Christians se prestasie. “Ek het haar vier jaar afgerig. Die hoop is altyd daar dat die sterspelers ná skool nasiona le roem sal verwerf, maar daar is so baie faktore wat ’n invloed het. In LaurenLee se geval is harde werk, toewyding en verant woordelikheid beloon. Sy is ’n spanspeler by uitstek en het op skool as kaptein van ons eerste span haar spanmaats op ’n baie mooi manier gelei.” Christians is haar skool se sesde netbalProteaspele re en die derde een vir wie Hugo gebrei het. Foto: Reg Caldecott
te: Ligtoring Landman, Jaco Nepgen, Boela Serfontein en Cornell Hess. Losvoorspelers: Carel Greeff, Marnus Schoeman, Jonathan Adendorf, Hilton Lobberts, Leon Karemaker, RJ Liebenberg en Burger Schoeman. Skrumskakels: Dustin Jinka, Lucky Kebe, Zane le Roux en Ruan Snyman. Losskakels: Francois Brummer en Reohn van Zyl. Vleuels: Rocco Jansen, Hillford Clarke, Ederies Arendse en Danie Dames. Senters: Howard Mnisi, PJ Vermeulen, Johnathan Francke en Wayne Stevens. Heelagters: Nico Scheepers, Gouws Prinsloo en Jacquin Jansen.
Riders compete for R40 000 TOP South African national and local off-road, flat track and oval riders are gearing up for the Waterrite Racing Regen Energy Shaun Gunther Memorial Rally X event taking place at Dirt Trax on the N8 just outside Kimberley on Saturday. Riders from across South Af-
rica will be competing in the event for over R40 000 in prizes. Most of the top 30 riders of the 2013 South African National Off-Road Quad Championship have committed to the event. Racing starts at 08:00. Virtually the whole track is visible from spectating points. Gate fees are R30 per person.