Noordkaap 20131120

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 20 November 2013 www.noordkaap.co.za

GRATIS

Kry kinders veilig oor pad bl. 2

Skuimkop na ou kroeg bl. 3 JAKARANDASTAD? Dit kon netsowel gewees het, maar hierdie straat met sy talle jakarandabome word nie in Pretoria nie, maar hier in Kimberley aangetref – in Roperstraat (Kimberley­Noord) om presies te wees. Benewens Bishopstraat met sy baie jakarandabome is Roperstraat die persste in die Diamantstad met ’n rits jakarandabome weerskante daarvan. Foto: André Botha

Kby goes solar Ruan Bruwer

Sportsterre vereer bl. 12

ALTHOUGH a lot has been written and said about the power of solar energy, the concept is now becoming a reality. Residents and businesses in the Kimberley area will be the first to receive energy from Droogfontein Solar Power, located on the Droogfontein Farm (15 km outside Kimberley). The

project is the first solar plant in the country to supply Eskom with power in Kimberley and its surroundings. This means next month over 6 500 households will soon be able to cook through solar power. Kevin Foster, project manager of Droogfontein Solar Power, says: “Not only are we on track, but we expect to be fully operational prior to the planned commercial operation date in April next year.”

The export of power to the Eskom grid will begin during the commissioning process, which is scheduled to start this week. The process will be closely monitored by Eskom. Once it begins, a small amount of electricity will be exported to the grid to check the equipment’s reliability. “It’s great to think that during this period, the power that is exported to

the Eskom grid will be consumed by Eskom customers in the Kimberley area. If the process runs smoothly, the power from the inverter area will continue to flow to the Eskom grid and by mid-December over 14 MW of peak power will be supplied to Eskom.” The process will also provide employees with the opportunity to gain knowledge and skills related to a renewable energy power plant.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

VIR baie jare al word twee vroue in uniform in Dalham- en Conradstraat aangetref. Dikwels tot jou frustrasie (veral as jy laat is vir werk). Hulle wys vir jou ferm met hul wit handskoene jy moet stop sodat skoolkinders die pad kan oorsteek. Noordkaap het met dié twee, Katharina Riekert (bekend as Kiewiet) en Rina Neethling (bekend as Lollipop Lady) kennis gemaak en gepraat oor die belangrike rol wat hulle vervul. RINA NEETHLING, oftewel die Lollipop La­ dy, is al ’n instelling in Dalhamweg waar sy al 23 jaar toesien dat leerlinge van die Kim­ berley Boys’ High die straat veilig oorsteek.

SOGGENS van 07:00 tot 07:30 en smiddae van 13:15 tot 13:45 neem Katharina “Kiewiet” Riekert beheer van verkeer op die hoek van Conrad­ en Halkettweg, soms al dansende. Foto’s: Carine

Lollipop trots

Dié Kiewiet maak roepe

Beylefeld

Foto’s: Ruan Bruwer

Carine Beylefeld

Ruan Bruwer RINA NEETHLING sal net die tuig as seiner neerlê om meer tyd saam met haar man deur te bring wanneer hy aftree, nie omdat sy nie meer haar werk geniet nie. Neethling (56) is al ’n instelling in Dalhamweg waar sy al 23 jaar suksesvol toesien dat leerlinge van Boys’ High die besige straat veilig oorsteek. Baie leerlinge maak van dié voetoorgang gebruik aangesien die skoolgebou en skoolkoshuis deur die straat geskei word. Sommige skole gebruik skoolpatrollies om hierdie funksie te vervul. Die patrollies het oor die jare aansienlik verminder. Neethling het haar bynaam (Lollipop Lady) by leerlinge gekry wat gesê het sy lyk soos ’n “lollipop lady” in haar uniform. Sy het die bynaam behou en sê daar is heelwat leerlinge wat nie eens weet wat haar regte naam is nie. Mense is al so gewoond aan haar teenwoordigheid dat daar navrae oor haar gedoen is toe sy drie jaar gelede weens ’n knievervanging ’n rukkie afwesig was. Skoologgende tussen 07:00 en 07:30 en middae van 13:50 tot 14:10 sal jy haar op haar pos aantref. Met eksamens kry sy ’n rooster om te sien hoe laat die verskillende grade se leerlinge uitkom. Dis dan volgens haar makliker omdat hulle drupsgewys oor die pad gehelp moet word.

Sy sê die pad raak soggens so besig dat verkeer soms van die verkeerslig (hoek van Dalhamweg, Bishops- en Lyndhurststraat) tot by die sirkel ophoop. “Kyk, mense kan lekker ongeduldig raak. As ek nie hier aan diens is nie, sal hulle sommer vir die kind wat van die voetoorgang gebruik maak, toeter blaas om te sê hy moet uit die pad uit kom. As ek voertuie soggens stop, is daar soms motoriste wat my sal aangluur of sê hulle is haastig, hulle moet by die werk kom.” Neethling sê daar was ’n paar noue ontkomings, maar sy en die leerlinge is almal in die 23 jaar ongeskonde. Erkenning is vir haar baie lekker. “Die skool gee elke jaar vir my ’n geskenk en ek het al ’n ouer gekry wat dankie kom sê het dat ek vir 12 jaar sy seun veilig oor die pad help kry het. “Vriende het toe ek destyds hiermee begin het, gesê dit is ’n minderwaardige werk. Hier het al baie motorwagte kom vra waar hulle om my werk kan aansoek doen. “Hulle sal maar moet wag, hulle gaan nie nou al my plek vat nie.”

KATHARINA RIEKERT, oftewel Kiewiet soos almal haar ken, kan nie maklik soggens en smiddae misgekyk word waar sy op die hoek van Conrad- en Halkettweg toesien dat leerlinge van die Laerskool Newton veilig oor die pad loop nie. Met haar gemaklike skoene, glimbaadjie, oranje pet en wit handskoene neem sy haar plek van 07:00 tot 07:30 en weer van 13:15 tot 13:45 ferm in die middel van die straat in. Dan maak sy die roepe. Volgens Riekert (48) is sy bekend as ’n seiner en doen sy puntdiens. Sy het haar bynaam by haar pa gekry (“hy het gesê ek wou nooit stadig loop nie, eerder soos ’n kiewietvoël hardloop”). ’n Vriendin het haar sowat 30 jaar gelede genader om te hoor of sy in hierdie werk sou belang stel. “Dit het so gevaarlik gelyk, maar die tye het my ideaal gepas, want ’n agt-tot-vyfwerk het my nog nooit aangestaan nie.” Sy het eers op die hoek van Schreiner- en Queensweg diens verrig en nadat die verkeersbeampte haar geëvalueer en geskik gevind het, is daar geen keer aan haar nie. Sy sê sy was nog nie ’n dag spyt oor haar besluit nie. Sy doen haar werk letterlik met ’n lied in die hart en sing graag Christelike liedjies al dansende in die pad. Sy spog dat daar nog nie ’n enkele motorongeluk in haar tyd was nie. Dit is vir haar die lekkerste om in die reën te werk.

Dan doen sy dit sommer kaalvoet. Sy is só passievol oor haar werk dat sy in skoolvakansies skoon ongemaklik voel om by die huis te wees. Toe haar motor ses jaar gelede gesteel is, het sy werk toe geloop en was sy betyds op haar pos. Volgens haar kry sy elke jaar ’n verjaardagkaartjie van Newton en word sy soms met lekkernye, boeke en verrassings van die ouers, kinders en onderwysers bederf. “Dis tog jammer dat ek ongeduldige en ongeskikte mense kry wat vir jou iets skreeu of beledig. Ek wou aanvanklik net hierdie tydelike werk gedoen het totdat my kinders uit die skool is. Nou sal ek maar aanhou totdat my kleinkinders, wat almal hier woon, klaar met skool is,” het sy gesê.


NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

3

Star of the West skyn nie elke aand Skuimkop Pienaar en Jan Dop KIMBERLEY het byna ’n eeu lank die reputasie gehad dat hier twee keer meer kroeë as kerke en apteke in die stad was. Een van die redes vir die ongelooflik baie kroeë was omdat die delwers van destyds ’n plek gesoek het om hul sukses te gaan vier en die ongelukkige delwers om vertroosting te gaan vind. Dié keer is die legendariese ou kroeg, die Star of the West, aan die beurt. Dit is glo die oudste kroeg in die land. Dit is ’n Saterdag so 19:30 se kant en ons doen die stokou uithangplek op die hoek van Barklyen North Circularstraat aan. Dit lyk maar stil te oordeel na die min voertuie wat voor die kroeg geparkeer staan. By die kroegtoonbank sit niemand nie. By die potspeltafel is meer lewe – hier speel drie jongerige mans en ’n vrou met ’n vaal rok. Dit lyk lekker. Die ander tafel is beskikbaar en ons besluit om ’n paar tweerandjies in te gooi. Intussen het ’n blonde langbeenvrou haar by die ander vier oorkant ons aangesluit. Sy het duidelik die jong man wat by die kroeg (by die ingang) sit, se oog gevang. Ook maar net manlik. Tussen die vyf is daar ’n bruin man. Hy lyk baie gemaklik tussen die klomp wat soos ’n spul vriende lyk. Hy is egter baie stil. Jan Dop reken later dit is omdat hy moontlik gerook is. Rol self ’n sigaret Ons drink albei nog aan ons eerste Hunters Gold. Jan kom nader gestap asof hy kamma fyn aan ’n hou beplan om ’n bal te sink. Dit is eerder om vir my daarop te wys die meisie met die rok agter my rol vir haarself ’n zol. Sy het kort vantevore een van die mans op die baan ore aangesit. Nou wil sy dit blykbaar met ’n rookdingetjie vier. Nog vriende het nou te voorskyn gekom. Nie almal ken mekaar nie, want een die het geantwoord hy kom van Kakamas toe ’n ander een hom uitgevra het. Die gesprekke vind in Engels plaas. Nadat Jan die derde potjie gewen het, besluit

ons om by die kroeg aan te sit. Daar is steeds net die bar lady en bar man, wie se hare lyk of dit ’n brander op sy kop maak. Ons probeer geselsies aanknoop, maar ons onderwerpe lok nie veel reaksie uit nie. Ons hoor wel Vrydag- en Maandagaande is die besiger aande. Ons word ’n heel drinkbare gratis shooter aangebied. Dink aan ou dae Aan die mure is ou foto’s. Ek en Jan bespiegel hoe dit donkiejare gelede moes gewees en gelyk het in dié kroeg wat sedert 1870 in gebruik is. En hoe dit moes gevoel het om ’n hele dag hard te werk (diamante te delf) net om met leë hande huiswaarts te keur. Hier het sekerlik baie delwers hulle met drank probeer troos. Die Groot Gat is net ’n klipgooi van hier. Die musiek is ietwat steurend (te hard). Ons begin dink aan huis toe gaan; nie juis ’n opwindende aand in die Star of the West nie. Maar ons besef ons gaan nie genoeg hê om die ruimte vol te skryf nie. Dus bestel ons maar ’n tweede ronde en keer na die potspeltafel terug. Kombuisteeparty bring lewe ’n Stuk of ses vroue maak hul opwagting. Een van hulle het ’n kroon op die kop – dit is duidelik haar kombuisteeparty. Almal lyk jonger as 40 jaar, behalwe die een tannie wat seker die ma moet wees – sy staan ’n bietjie uit. Die vrou wat op trou staan, het groot ambisie om baie geld vir die troue te probeer bedel – sy het sommer ’n emmer waarin mense geld kan gooi. Sy gaan nog baie kroeë moet besoek én baie mooi vra as sy hoop om daardie emmer vol te kry. Jay en Lianie May se Toe stop my hart wat oor die klankstelsel bulder, vind duidelik byval by die partytjiegangers. Die vrou wat op trou staan, sing die woorde Ek het ver geloop vir jou, ek het lief geword vir jou so asof sy die woorde vir haar aanstaande geskryf het. Dié groepie het lewe na die klub gebring. Ons gaan sit ’n rukkie by die kroeg om die storie dop te hou. Dié teeparty lyk egter nie na ons “koppie tee” nie. Dit is nou 22:00 en tyd om spore te maak.

DIE kuierplek Star of the West in West End.

Foto: Skuimkop Pienaar


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Kby bevind hom in ’n gemors DIT is nou nodig dat die inwoners van Kimberley hul traak-my-nie-agtige houding oor rommelstrooi verander om te verseker dat die Diamantstad skitter. Dit kan nie so aangaan nie. Die munisipaliteit en verskeie instansies soos Hou Kimberley Skoon probeer nou al lank om die stad skoon te hou, maar vergeefs. Dit het bes moontlik met opvoeding te maak. As kinders sien Pa gooi rommel by die motorvenster uit, kan dié mos reken hulle mag ook. Daar kan nie genoeg klem gelê word op die probleem nie. Dit is nie toevallig dat algaande meer stemme opklink oor watter swak indruk die Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag

stad by besoekers wat Kimberley van die Johannesburg-pad binnekom, laat nie. ’n Veldtog kan net suksesvol bedryf word indien elke individu ’n verantwoordelikheidsin kweek sodat elkeen sy deel tot ’n skoner omgewing bydra. Noord-Kapenaars moet aangemoedig word om nie net hul eie persele skoon te hou nie, maar ook hul omgewing en oop ruimtes. Gemeenskapsbetrokkenheid moet verkry word en die plaaslike bestuur se aksies moet deurlopend gemonitor word. Miskien moet die skoonmaak van Kimberley uitgekontrakteer word, sodat resultate bereik kan word.

Minimum 12 °C 13 °C 15 °C

Maksimum 30 °C 33 °C 33 °C

SKETS: Danie Cronjé.

November ’n dankie-sê-maand Hannes Noëth IEMAND kanselleer hierdie week ’n afspraak. Hy laat weet: “Jammer, dominee, ek slinger.” Klink vreemd. Maar hy verduidelik gou: “Ek slinger van een ding na ’n ander. November is nie snaaks nie!”. Kyk, hierdie tyd van die jaar is geen grap nie. Ons slinger almal van die een afskeidsgeleentheid na die ander; ons maak seker alles is deeglik afgesluit, net om dit oor ’n maand of wat, minder amptelik dan, alles weer te begin. So, by die meeste van ons gaan dit op ’n gedruis soos ons besig is om alles van die jaar af te sluit. Tog is al hierdie kuier en afsluit en saamwees belangrik, want daardeur kyk ons almal terug na ’n

jaar wat verbygesnel het. In al hierdie afsluiting en saametery en saamkuiery, gebeur daar wel ’n belangrike ding. Deur dit alles erken ons dat ons eintlik maar gebind is aan tyd. Tyd beheer ons. Nog belangriker, deur al hierdie saamwees erken ons dat ons afhanklik is van mekaar. Niemand van ons hou daarvan, dit is ook nie juis moontlik nie, om op ons eie voort te gaan nie. Eintlik treffend om daaraan te dink, ná so baie dinge wat in ’n jaar gebeur het, ná soveel drome wat bewaarheid is en soveel teleurstellings waarvoor nooit beplan is nie, kan ons teenoor mekaar erken dat ons eintlik in die

GEBEURTENISSE op 20 November in die verlede: 1907 – Die eerste algemene verkiesing ingevolge die nuwe Grondwet in SuidAfrika eindig met 30 setels vir die Oranje-Unieparty, vier vir die Konstitusionele Party en vier vir onafhanklikes. 1945 – Die verhoor van 24 Nazi’s wat op aanklagte van moord en ander oorlogsmisdade teregstaan, begin in Neurenberg, Duitsland. 1947 – Prinses Elizabeth, die Britse troonopvolger, en Philip Mountbatten trou in die Westminster Abbey, Londen. 1998 – ’n Hof in die Taliban-beheerde Afganistan verklaar die vermeende terroris Osama bin Laden tot “sondelose man” met verwysing na die bombardering van die Amerikaanse ambassades in Kenia en Tanzanië vroeër die jaar. 2003 – Die popsanger Michael Jackson gee hom aan die polisie in Santa Barbara, Kalifornië, oor en word formeel van kindermolestering aangekla. 2007 – Ian Smith, Rhodesiese eerste minister, sterf in die ouderdom van 88 KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die matriekeksamen het tot dusver sonder probleme in die Noord-Kaap verloop, sê Sydney Stander, woordvoerder van die onderwysdepartement. Die departement mik vanjaar na ’n slaagsyfer van 80% in die provinsie, wat die beste slaagsyfer sedert 2004 sal wees as dit behaal word. Stander sê die departement is trots daarop dat die eksamen die afgelope paar jaar sonder probleme verloop het. ) Die provinsiale tesourie se versuim om bykomende geld vir rampbestuur in die provinsiale aansuiweringsbegroting beskikbaar te stel, toon waar die regering se voorkeure is, sê Andrew Louw, Noord-Kaapse DA-leier. Die aansuiweringsbegroting is in die wetgewer ter tafel gelê. In die begroting word voorsiening gemaak vir net sowat R302 miljoen vir die departement van landbou. ) Een van die twee mans wat beseer is toe ’n brandstoftenk by Bulperd Trailers ontplof het, sê hulle is gelukkig dat hulle geen ernstige beserings opgedoen het nie. Kallie du Preez, bestuurder van Bulperd Trailers, sê hy en sy vriend André Geldhuyzen het ’n dieseltenk gesweis en vergeet om die prop af te draai. Die tenk het te warm geraak en oopgeskiet. ) Die gemeenskap van Boikhutsong in Galeshewe was geskok toe dit bekend geword het dat ’n 17-jarige seun vermoor is. Die verdagte is 16 jaar oud. Die seun is twee keer met ’n mes in die bors en een keer in die gesig gesteek.

tyd wat ons gegun word op mekaar aangewese is. ’n Wonderlike gedagte: Ons het mense rondom ons nodig. Al hierdie geslinger-slinger van November om oral uit te kom is eintlik ’n dankie-sê-besig-wees. Dankie vir nog ’n jaar, waar ons in gejaagdheid mense om ons gehad het, op mekaar kon staatmaak, op mekaar se skouers kon leun. Later in Desember sal ons saam feesvier. In Januarie sal ons mekaar ’n besige jaar toewens. Maar, nou, nou in November, sê ons vir mekaar dankie dat jy daar was. Dankie dat jy die jaar met my gedeel het. Dankie dat ek in my beperkte omgewing jou naby my kon hê. Wat ’n voorreg om in die tyd wat ons gegun word, terug te kan kyk saam met hulle wat rondom jou is.

jaar. Geboortes op die dag: 1917 – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfkampioen (sterf in 1987). 1923 – Nadine Gordimer, Suid-Afrikaanse skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 1991. 1954 – André Roothman, Suid-Afrikaanse akteur. 1970 – Mark Bayly, Suid-Afrikaanse TV-aanbieder. 1978 – Neil de Kock, voormalige Springbok-skrumskakel.

) ’n Lewende Kimberley-legende se naam gaan by ’n rolbalklub in die stad verewig word deurdat die klubhuis na hom genoem word. Lawrie Shuttleworth, wat Maandag 99 jaar oud geword het, word deur die Kimberley Town-rolbalklub vereer vir ’n halwe eeu se aktiewe betrokkenheid by dié klub en sy bydrae tot rolbal in die stad. Shuttleworth, ’n voormalige burgemeester en oom van die IT-miljardêr Mark Shuttleworth, het op verskeie gebiede in die stad diep spore gelaat. ) Die laaste rolprent is op die ou filmprojektor in die North Cape-winkelsentrum in Kimberley vertoon voordat die ses rolprentteaters van Ster-Kinekor voortaan digitaal rolprente gaan vertoon. Volgens die operateur, Jody Kennedy, gaan sy werk nou aansienlik vergemaklik word met die nuwe digitale rolprente, want voorheen het dit aansienlik meer hande-arbeid geverg. Die teater was die heel laaste een van SterKinekor in die land wat nog die 35 mm-film gebruik het.


NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Wen op dié manier ) Om ’n kans te staan om hierdie plus vyf ander Afrikaanse boeke te wen, gaan na www.noordkaap.co.za. Registreer jou met jou e-pos-adres: 1. Besoek noordkaap.co.za. 2. Regs van die Noordkaap-logo, kliek op “Meld aan”. 3. Onderaan die blad, kliek op “Registreer”. 4. Vul jou besonderhede in en kliek op “Stuur”. 5. Noordkaap sal vir jou ’n e-pos stuur na die e-posadres wat jy in stap 4 verskaf het om jou besonderhede te bevestig. 6. Maak die e-pos van Noordkaap oop en kliek op “Kliek hier” om registrasie te voltooi. (As jy nie ’n e-pos ontvang nie, maak seker dit lê nie in jou gemorspos-lêer nie, of kontak Nico Gous by nico.gous@volksblad.com.) 7. Gaan terug na jou webblaaier. 8. Kliek op “Registreer nou” om die proses te voltooi. Registreer jou op Facebook: 1. Meld jou aan op Facebook. 2. Besoek noordkaap.co.za. 3. Regs van die Noordkaap-logo, kliek “Meld aan”. 4. Bo-aan die blad kliek op “Teken in met Facebook”. Die skakel vat jou na

Facebook. 5. Kliek op “OK” wanneer Facebook jou toestemming versoek om die registrasieproses te voltooi. Skryf jou só in: 1. Teken in met jou nuutgeregistreerde e-posadres en wagwoord. Meld jou aan by noordkaap.co.za. 3. Kliek op “Kompetisies” bo-aan die webblad. 4. Vind die kompetisie waarvoor jy jou wil inskryf en kliek op “Sien meer”. 5. Beantwoord die kompetisievraag. 6. Kliek op “Skryf in/ Neem deel.

Mense van ons land deur Snyman se oë Ruan Bruwer ONDER die radar: Stories uit ons land is die gewilde skrywer Dana Snyman se nuutste boek op die boekrak. In die bundel vertel hy die stories van ons land se mense – die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef. Dit is eg, warm en gevul met deernis, soos lesers Snyman se werk leer ken het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersins ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ’n mens. Boonop is dit dikwels skreeusnaaks. Kategorie: Reisliteratuur, nie-fiksie.

C E M E N T ’ S

BUILDING

BETTER HOMES C H A L L E N G E

Calling all builders and DIY enthusiasts! PPC, in partnership with Calgro M3, is looking for teams of 2 to be on our new building reality TV show. You and your partner could win a brand new Toyota Hilux Turbo Diesel with 1 ton of cement and R250 000 cash! You must have experience in building and plastering to be a part of the PPC Building Better Homes Challenge. Your partner (wife, brother, sister, father, son, friend, etc.) is not required to have any building experience. Both you and your partner need to bring your South African ID books to the audition.

Entry Details: Who must come: Both you and your partner To find your nearest audition, SMS “PPC” and your province to 30PPC (30772) or go to www.ppc.co.za

Follow us on

Terms and conditions apply. Should your team be successful you will both need to be available to come for a second interview. You will both need to be able to travel between 20 January 2014 and early March 2014 for the TV production. Please note that the actual vehicle prize might differ from image depicted.

Formaat: Sagteband, 208 bladsy. Uitgewer: Tafelberg. Onlangse publikasies: Op die agterpaaie, The long way home, Hiervandaan, On the back roads en Op die toneel. Oor die skrywer: Snyman (51) het ná skool as veiligheidswag in Pretoria gewerk. Hy was weermag toe, het in ’n boekwinkel gewerk, het fliekkaartjies by ’n bioskoop verkoop en selfs as skakelbordoperateur gewerk. Daarna het hy joernalistiek aan die destydse Pretoria-Technikon gestudeer. Hy het as misdaadverslaggewer by Beeld be-

gin werk en later by Huisgenoot as artikelskrywer. In 2004 het hy hom by die buitelewetydskrif Wegbreek (later Weg) as reis- en rubriekskrywer aangesluit. Hy is bevorder tot reisredakteur by Weg. Deesdae skryf hy heeltyds onder meer vryskut-artikels en -rubrieke.

TJDR 55432

P P C

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Presteer in nasionale kompetisie

DIE drie groot pryswenners op die Hoër­ skool Noord­Kaap se prysuitdeling was 2013 se voorsitters, Monique Bredenkamp (regs) en Jiten Vallabh (links ), en Sisca Juli­ us (gr. 11, afwesig toe die foto geneem is). Monique het die Voortrekkerkultuurpen­ ning ontvang wat toegeken word aan ’n leerling wat leiding op kultuurgebied ge­ neem het. Sy het ook die Rotariër­wisseltro­ fee vir die veelsydigste gr. 12­leerling ont­ vang. Jiten is as dux­leerling aangewys vir sy gemiddeld van 92% wat hy in die vorige drie eksamens behaal het. Sisca het die Ad­ nitor­trofee ontvang vir die persoon/groep wat die naam van die skool op ’n onderskei­ dende wyse uitgedra het. Sy was die nasio­ nale wenner in die prosa­afdeling van die Suid­Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Poort­skryfkompetisie. Foto’s: Ruan Bruwer

DIE hoofleiers vir 2014 is van links Rianca Boshoff (voorsitter), Be­ van Swart (ondervoorsitter), Sisca Julius (ondervoorsitter) en Kur­ tis Mpisi (voorsitter). Hiermee stap Sisca in die voetspore van haar ouer suster, Lynthia, wat in 2011 ook die skool se ondervoorsitter was. Sover vasgestel kon word, is dit die eerste keer in die skool se geskiedenis dat hierdie eer twee susters te beurt val.

THE Kimberley Girls’ High School produced the winning team in the category of extreme sports in a provincial tourism competition. The team consists of from the left Courtney Henley, Megan Lockhart, Nadine Ontong and Rebekah van Zyl.

THE new representative council of learners is from the left Yeshara Packirisamy (deputy chairperson), Chanté Bisschoff (secretary) and Casey Preece (chairperson).

TEMPO, die Hoërskool Noord­Kaap se skoolkoe­ rant, het ’n negende plek in Media24 se nasionale skolekoerantkompetisie verower. Van die redak­ sielede is van links Monique Bredenkamp, Marli Vermeulen (redakteur), Kurtis Mpisi en Michelle Kenny.

MADELEIN FAR­ RELL is the dux me­ dallist of the school.

AT the prize­giving event of Kim­ berley Girls’ High, Bronwyn Brown was the recipient of the Kopke Cup for sporting excellence and the Furphy Cup for the best all­round sports girl.

THE Achievement Trophy was shared between Jenny Preece (left) and Yeshara Packirisamy. Preece is the number­one ranked u.14 squash play­ er in the country. Packirisamy was the senior category winner in the Innovation and Technology Category of the Eskom National Expo for Young Scientists. She also received the award for academic excellence for achieving the highest aggregate in the school.

DIE uitblinkers op sportgebied was Kagisho Lang (links), wat die beker vir beste prestasie op sportgebied verower het. Hy is onder meer vir die nasionale LSEN­sokkerspan gekies. Nathan Edward (middel) is sy skool se sportseun van die jaar en Anuschka Johnson die sportmeisie van die jaar.

OP die NJ Heynsskool se prysuitdeling is El­ lené Serfontein met die trofee vir beste prestasie gelewer oor die jaar heen vereer. Jason Clarke het die eerbewys vir sy presta­ sies op sport­, akademiese en tegniese ge­ bied en vir goeie leierskap ontvang.

FARZAANA MOHAMMED recei­ ved the Jones Cup for all­round commitment and achievement in culture, sport and academics.

DIE NJ Heynsskool se nuwe voorsitters is Bronwyn Japhta en Letlhogonolo Moreki.


NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013 ) Saturday, 30 November: The Battle at Magersfontein Mountain Bike Race takes place at the Magersfontein Memorial Golf Estate. Registration is from 06:00 to 07:00 and the starting time is 07:30. The closing date for pre-entries is 28 November. A total of R10 000 in prize-money is up for grabs. The entry fees are R150 for the 85 km, R80 for the 40 km and R50 for the 10 km river circuit fun ride. Contact Ane on 083-284-8313 or via e-mail: cygnature@mmge.co.za. ) Woensdag 4 Desember: ’n Biddag vir broodnodige reën in die Noord-Kaap word in die skoolsaal van die Laerskool Newton gehou. Dit begin om 19:00. Bel ps. Johan Vrey by 082471-8121. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap. Dit word gratis geplaas. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. Jy kan die inligting na noordkaap@volksblad.com e-pos, dit na 086-214-7986 faks of per SMS na 45533 stuur. Die SMS moet met die letters NK begin.

JHB 44452

) WEDNESDAY, 20 November: Jaco Powell, local photographer and tour operator, will share his magnificent photographs and experiences of the annual wildebeest migration in the Masai Mara in Kenya, bordering on the Serengeti National Park. Powell will be at the Lady Oppenheimer Hall (use the back gate in Egerton Road) at 18:30. Non-members of the Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) will be charged R10. Call Suzanne on 082-849-7655. ) Saterdag 23 November: Jannie Moolman tree om 19:00 in die NG kerk Harmonie op. Kaartjies is R30 per volwassene en R10 per kind. Skakel 053-832-7722. ) Sondag 24 November: Die NG kerk Dutoitspan hou om 18:30 ’n Kerssangdiens. Dit beloof volgens die organiseerders om ’n onvergeetlike aand te wees. Plaaslike soliste, pianiste, violiste en fluitspelers sal optree. ) Vrydag 29 November: Die ACVV Ons Huis bied Wondernag in Bethlehem, die Kersverhaal met dialoog en musiek, aan. Dit begin om 10:00. Dit is gratis vir die publiek.

LOWEST GUARANTEED FLAT

CALL RATE

INCLUDES

1GB DATA PM

YOUR SHARE OF

R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.

Available at the following Cell C stores:

Nokia Lumia 520 Smartphone

R139

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

Samsung Galaxy S4 Smartphone

LG G2 Smartphone

R349

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MB DATA

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

R389

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

1GB

MB DATA

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.

FEATURES: Stunning 5.2” Full HD IPS display, 13MP OIS camera with multi-point focus, Blazing fast 2.30GHz Quad Core CPU.

FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

CHANGE TO CELL C AND cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN RUNS FROM 1 OCTOBERTO 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 November – 30 November 2013. All prices are inclusive of VAT.Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Providing eye care ST JOHN KIMBER­ LEY offers an additi­ onal service, apart from first aid. An eye clinic opened last week at its new offi­ ces in Schmidtsdrif Road 23B. Patients can have a free visu­ al screening, have their eyes tested, choose frames and have spectacles ma­ de from R85. Geral­ dine Janse van Rensburg was appo­ inted at the optome­ trist. Here she is tes­ ting the first patient at the clinic. Phone 053­838­2519 for ap­ pointments. Photo: Ruan Bruwer

PICKING OUT PERFORMANCE

We make a point of recognising success.

SECTION ENGINEER, PLATINUM, MOGALAKWENA MINE, LIMPOPO Band 6 As the world’s leading primary producer of platinum group metals, we produce 40% of the world’s newly mined platinum. Our mining, smelting and refining operations are based in South Africa, while we’re developing Unki Platinum Mine in Zimbabwe and actively exploring in Brazil. We have exploration partners in Canada, Russia and China, and a number of joint ventures with several historically disadvantaged South African consortia as part of our commitment to the transformation of the mining industry. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this 2.13.1/2.13.3.1 or 2.14.1/2.13/12 or 2.13.3.2 appointment in terms of the MHS Act, you will be responsible for providing operational service to the Engineering Manager, with a 1-year planning horizon. Duties will include ensuring effective and safe movement of men, ore, material and contractor management of service providers and the associated maintenance and construction linked to the Operational Area of Responsibility. To be considered, you need an Engineering-related degree (BSc Engineering/ diploma), a Government Certificate of Competency and 5 years’ post-Engineering qualification experience. Basic computer literacy, proficiency in English and a valid Code 08 driver’s licence are essential, as is a Certificate of Fitness. Experience in the management of contractors and in setting up and maintaining maintenance systems, is further required. Ref: 707472 Strengthen your career at Anglo Platinum Ltd. Visit www.angloplatinum.com and click on “Careers”, then on “Employment Opportunities”, and then search for the relevant reference number by 29 November 2013. Appointments will be made in line with Employment Equity considerations.

www.humanjobs.co.za

Human Communications 104587

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013 PERSOONLIKE DIENSTE

GELEENTHEDE

TE KOOP

EIENDOMME

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

LOSIES AANGEBIED

ALGEMENE KENNISGEWINGS

2415

LENINGS

ALLERLEI 1445

1655

LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg, R70.00. Contact 084 642 0038 or collect at The Bakers Dream, cor. George and Waterworks Streets.

GESOEK OM TE KOOP 1675

CARS AND BAKKIES wanted for cash. R20 000 - R40 000. 071 967 0285. Sms or WhatsApp.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

CHOCOLATES/SWEETS/BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution business. Affordable! Myer 012 547 5467. mberman@telkomsa.net

VAKANSIE & REIS

AKKOMMODASIE 2635

UPPER CLASS ACCOMMODATION IN BLOEMFONTEIN for single persons or shared rooms. 10 min walk from UFS and situated on bus route. Domestic available 5 days per week at R1 700 - R2 700 per room. Please call Natalie at 083 501 9064 or Darren at 076 261 3765.

ALLERLEI 1845

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

Are you a dynamic, self-starter, ambitious and career driven mining professional? Are you interested in joining a world-class blasting technology leader in the industry? Do you have an intimate knowledge and understanding of the open-pit, quarry and underground mining markets? Then this might be the opportunity for you. Various positions exist in the Open-pit & Massive division of our Southern Africa Business.

SAKE

EXPLOSIVES ENGINEERS

Provide a key link and explosives engineering expertise to help improve the effectiveness of customer operations. Must have NHD or BSc Mining Engineering or a relevant mining and/or explosives qualification. Must have minimum 5 years’ experience in mining and blasting, either in opencast or underground operations.

SITE MANAGER/CONTRACTS MANAGER

Provide a direct link with customer management, for the effective management of customer service contracts, correct product selection and adequate maintenance of the site fleet and all company assets including people, plant and equipment. The position also carries legal responsibility. Must have a technical qualification (NHD or Degree) preferably in Mining Engineering. Five years’ production mining experience (opencast and/ or underground).

FIELD SERVICE SUPERINTENDENTS

Manage AEL Mining Services bulk explosives business at mine site(s) in addition to the management of the operation of all associated plant equipment and assets. This includes the raw materials, people, plant and equipment. The position also carries legal responsibility. Must have Matric, Magazine Master Certificate, Surface Blasting Certificate is essential. Valid Code 14 (EC) driver’s licence, mechanical aptitude.

MMU OPERATORS/EXPLOSIVES TRUCK OPERATORS

Manage and operate all aspects of a mobile manufacturing unit (MMU/explosive trucks) in order to meet the customer requirements with the standards and procedures as defined by the Company. Must have Matric, valid Code 14/EC driver’s licence preferably with PrDP.

ARTISANS/ENGINEERING SUPERVISOR

Diesel Mechanics/Millwrights/Fitters: Provide a maintenance service on MMU’s and equipment, execute scheduled and routine maintenance on trucks and LDV’s, machinery and equipment. Must have Matric, 3-5 years’ mechanical experience preferably within a mining or manufacturing environment. Experience working on hydraulics and pneumatics preferably on MAN, Volvo and Iveco trucks.

EXPLOSIVES/BLASTING LEARNERSHIPS

Grade 12 or equivalent qualification with Mathematics and Science. Under the age of 25 years. Ability to work within a mining/explosives/blasting environment (pre-employment medicals will be done).

Evolve

Go to www.aelminingservices.com/careers to apply or email your CV to vacancycs@aelms.com or fax to 011 605 0196. Closing date: 6 December 2013

An application will not in itself entitle the applicant to an interview. If you do not receive any feedback on your application in 4 weeks from the closing date, please consider your application unsuccessful. Appointments will be made in line with the requirements of our Employment Equity plan.

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 2002 CORSA 140i, execellent, R33 500. 1996 NISSAN 1400, extras, R28 500. 071 967 0285.

MOTORS TE KOOP

TE HUUR

RESTORATION OF CLOSE CORPORATION. EXTRA COVER TRADING CC. Registration no: 2005/034109/23. Registered Office: 864 Mosegedi Street, Pampierstad, 8566. Be pleased to take notice that Findlay & Niemeyer Inc, Pretoria being a representative of the Standard Bank of SA Limited, which is a Creditor of the above close corporation, intends to make application to the Companies and Intellectual Property Commission (CIPC) for the re-instatement of EXTRA COVER TRADING CC. Be pleased to take note further that any objection to the application must be lodged with CIPC within twenty one (21) days of the date of publication hereof at Campus Block Block F, 77 Meintjies Street, Sunnyside, Pretoria or P.O. BOX 429, Pretoria 0001. FINDLAY & NIEMEYER INC, P.O. Box 801, Pretoria 0001. Ref. MR M COETZEE/mbooysen/A3087.

AANDAG

3010

BLASTERS/BLASTING FOREMAN

Manage the deployment of all explosives and ensuring the successful use of these explosives and accessories in rock blasting at customer sites. The Blasting foreman will provide technical expertise and blasting services to customers as a value-add. These positions carry legal responsibility. Must have Matric, valid Blasting Certificate plus at least 2 years’ surface mining and blasting experience. Valid driver’s licence. (Magazine Masters’ Certificate and mechanical aptitude would be an added advantage). Blasting Foreman should ideally have a Mine Overseer Certificate.

VOERTUIE

4010

3280

2401

3025

WOONTEL TE HUUR - NEW PARK. 1 slaapkamer, badkamer, sitkamer, kombuis. Motorafdak, alarm en water ingesl. Koopkragmeter apart. Vir een persoon vanaf 1 Des. Geen diere, jammer. R3 000 p.m. huur. Deposito R3 000. Skakel Alet: 072 375 7880.

1998 UNO 1.4, 4-DOOR: R19 500. 1995 MERCEDES C180: R25 500. 071 967 0285.

2001 CAMRY 200i: A/t. R39 500. 1997 MERC C220 Ellegance: R39 500. 071 967 0285.

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Chess sisters chosen for team THE Northern Cape chess players that will represent various age group teams at the South African Junior Chess Championship in Durban next month are: u.20: Johannes Slabber, Daniel Manaka, Ir faan Kana, Tevin May, Brandon du Preez and Gomolemo Seitlham. u.18: Vinesh Chetty, Tokgamo Tilotsane, Cayle Damons, Oreokame Maribe, Ditebogo Modutle, Thuto Hlakudi, Bernize van der Walt, Christopher Storey and Krugel Luke. u.16: Heinrich Smit, Morné Stroebel, Gustav Schonborn, Willemien Bester, Jaques de Kock, Lizo Sikwati, Jason Springbok, Mason Adams, Petrus Venter and Me-Jeanne Joubert. u.14: Justin Feris, Lourens van Heerden, Mohau Maqubu, Olebogeng Tsikwe, Thuso Cuaka, Moremane Oratile, Amy Storey, Obakeng Makgale, Cogan van der Merwe and Egorogile Gowne. u.12: Marelize van der Walt, Ditrich Osmers, Nicole Moller, Damian April, Driaan Hanekom, Michael Krugel, Chase Shaw, Emilio Botes, Zoë Milford and Suraydha Dada. u.10: Christopher Holroyd, Hanro Hauptfleisch, Ralph von Moller, Jason Wiese, Dirk Kidson, Donrique Joseph, Maasdorp Anellu, Abigail Basson, Barco Scheffer and Shaun Nicholas. u.8: Savannah Ahjum, Kristen Ahjum, Bernard Sliep, Harry Sliep, Danika Meyer, Kiara Odileleite, Heinz Hauptfleisch, Hendrik Olivier, Hanro Blom, Lourens Scheffer en Jordan Ahjum.

11

FOR the three Ahjum sisters from Kimberley chess is something they are very familiar with. The three all got chosen for the u.8 Northern Cape chess teams that will head to Durban next month for the South African Junior Chess Championship. From the left are Kristen (4 years old), Savannah (6) and Jordan (7).

FIVE players from this province made the national side. Mininke Smith, Anell Maas­ dorp, Donrique Joseph (all u.8), Zoë Milford (u.10) and Bernize van der Walt (u.12, her third year in a row) took part in their South African colours at the African Youth Chess Championship last month. Mininke and Bernize will also travel to Dubai next month with the South African team to participate at the World Youth Chess Championship. From the left are Zoë, Bernize and Mininke. Absent: Anell and Donrique. Photos: Ruan Bruwer

DERTIEN swemmers van Kimberley het hul provinsiale kleure in swem verwerf toe hulle aan ’n interprovinsiale swemgala op Sasolburg deelgeneem het. Noord­Vrystaat, Noord­ wes en Noord­KwaZulu­Natal was die ander deelnemende provinsies. Op die gala het Calla Greyling (een goue medalje), Tharien van der Walt (twee silwermedaljes), Devon Steyn, Ettienne Erasmus en Kelsey Bester (almal een bronsmedalje) die beste van die Noord­Kaap­ se swemmers gevaar. Die 13 swemmers is van links, voor: Mellissa Carney, Chante Robin­ son, Liam Doherty, Nicholas Jansen, Tharien van der Walt, Carina Brand en Kelsey Bester; agter: Martin Wiid, Jakon Changfoot, Ettienne Erasmus, Devon Steyn, Calla Greyling en Jeandre Engelbrecht. Foto: Ruan Bruwer


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 20 NOVEMBER 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Wie is vanjaar se sportster? Ruan Bruwer DIE agt finaliste wat as die Let’s Play-sportster van die Maand aangewys is, wat vanjaar in samewerking met Noordkaap aangebied is, kom Vrydag teen mekaar te staan wanneer ’n algehele wenner gekroon word. SuperSport se kameras sal ook teenwoordig wees. Die finaliste en hul prestasies in die sportsoort wat hulle ’n finalis gemaak het, is: ) CP Klijnhans (gr. 7, Laerskool Newton). Sy krieketkolf was in Februarie net so warm soos die weer daardie maand van die jaar. Hy het in daardie stadium ’n kolfgemiddeld van 54 gehandhaaf. Hy het toe sy tweede honderdtal behaal toe hy 107 lopies teen die Laerskool West End aangeteken het. Op sy skool se onlangse sportprysuitdeling het hy weggestap as sportseun van die jaar en mees veelsydige sportpersoon. ) Amoré Serfontein (gr. 12, Hoërskool Noord-Kaap). Sy het ’n goue en silwermedalje op die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms behaal. Amoré is die voorste o.19-meisieverspringatleet in Suid-Afrika vir 2013. Sy het ook ’n silwermedalje saam met haar spanmaats in die 100 m-aflos vir meisies o.19 verower. Amoré was ook vierde in die 200 m en vyfde in die 100 m. Verder was sy haar skool se sportmeisie van die jaar. ) Lulu Smith (gr. 12, Hoërskool Adamantia) het op die nasionale bokskampioenskapsbyeenkoms haar teenstander (verlede jaar se elite-kampioen met ’n goue gradering en ses jaar ouer) in die o.64 kg-afdeling op punte geklop om die eerste NoordKaapse bokser sedert 2009 te word om ’n goue medalje te verower. Smith het al sewe haar boksgevegte tot dusver vanjaar gewen. ) Rudolf Greyling (17, Hoërskool Diamantveld) het die NoordKaapse o.18-seunshokkiespan verteenwoordig. Vanjaar was dit die vyfde keer dat hy vir ’n provinsiale hokkiespan gekies is.

Vroeër in dié jaar is hy ná ’n hokkietoernooi in Bloemfontein (waar hy vir sy skolespan kaptein is) vir ’n All Stars-span gekies wat in ’n vertoonwedstryd teen Kovsies se eerste manspan gespeel het. ) Jenny Preece (gr. 8, Kimberley Girls’ High) is die voorste o.14-muurbalspeler in die land. Dit het sy vermag deur al haar wedstryde op die interprovinsiale toernooi (IPT) te wen. Sy was die enigste speler van die provinsie om ’n plattelandse span op die toernooi te verteenwoordig. Sy het ook as wenner op die Bloemfontein-ope en die Suid-Afrikaanse geslote skolekampioenskap uit die stryd getree. ) Luke Mason (gr. 12, Hoërskool Noord-Kaap) was ’n yster vir sy skool se eerste rugbyspan. Hy was deurlopend in die jaar, maar veral in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole), ’n staatmaker op binnesenter. Hy het volgens sy breier, Henk Brand, nooit ’n wedstryd misgeloop nie en het in elke wedstryd sy lyf op die spel geplaas. Hy was boonop die een speler wat eenvoudig nie vervang kon word nie, sou hy beseer word. ) Justin Potgieter (gr. 7, Laerskool Newton) het nege paaltjies platgetrek en in twee kolfbeurte 148 in die Vermeulens Newtonkriekettoernooi gemoker. Dit het aan hom sy 57ste paaltjie vir die jaar besorg en hom die o.13-speler van die toernooi gemaak. Hy het net die tweede Newtonspeler geword om 50 paaltjies in ’n kalenderjaar in te oes. In die wedstryd teen PaarlGimnasium het hy 4/7 in 7 beurte behaal en 75 lopies met die kolf bygedra. ) Rudolf Lubbe (gr. 4, Laerskool Eureka) het die Key HealthNasionale Tenniskampioenskap vir juniors in Bloemfontein gewen. Dié titel het bygedra dat hy onder die topses in sy ouderdomsgroep ná die verskeie landwye Key Health-kampioenskappe gekeur is. Sy topses-ranglysplek het aan hom ’n uitnodiging na die Meesterstoernooi in Potchefstroom besorg. Daar het hy vierde geëindig.

AMORÉ SERFONTEIN behoort een van die gunstelinge te wees om as die algehele wenner gekroon te word. Sy het ’n goue en silwermedalje op die Suid­Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms behaal. Foto: Ruan Bruwer


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.