Eerste sportster gekroon bl. 3
DIE hond wat intussen nog as Kaptein Seeley bekend staan. Indien John Keeley haar kan aan neem, sal sy voortaan Kimberleigh heet. Foto: Emile Hendricks
DIE HTS Kimberley se skoolhoof, Johann Steyn, oorhandig gisteroggend ’n erekleurebaadjie aan ao. John Seeley, ’n oudleerling van die skool, vir sy suksesvolle reddingspoging van ’n hond wat lank in die Groot Gat vasgekeer was. Die skool het ook gisteroggend 105 kg se honde kos aan die Dierebeskermingsvereniging geskenk. Foto: Ruan Bruwer
Skool vereer held
Ontvang erekleure van alma mater Ruan Bruwer DIE lofsange vir ao. John Seeley se reddingspoging vier dae gelede hou steeds nie op nie. Die jongste verering was gisteroggend deur Seeley se alma mater, die Hoër Tegniese Skool Kimberley, waar hy in 1989 gematrikuleer het. Seeley het die skool se hoogste eerbewys vir uitnemende diens in die vorm van ’n wit erekleurebaadjie ontvang. Seeley was een van drie oudleerlinge aan HTS wat by die reddingspoging van die teefhond betrokke was. Die hond het moontlik langer as ’n week in die Groot Gat oorleef. Steyn het in ’n kort seremonie gesê die skool loop oor van trots. “Ek het vir John gevra of hy bang was en hy het geantwoord: ‘Ja,
meneer ek was bang’.” Seeley sal nou twee wit baadjies in sy hangkas hê. Hy is van sy gr. 8- tot gr. 12-jaar jaarliks met erekleure beloon vir sy prestasies as gimnas. “Ek was geskok toe hulle (die skool) my bel en sê hulle wil my ook vereer. Hierdie is ’n baie groot eer vir my.” Hy het nog ’n noue band met sy alma mater deurdat hy by hul landsdiens betrokke is. Seeley is nie seker wat omtrent die reddingspoging mense so aangegryp het nie. “Dis seker maar oordat ’n hond die mens se beste vriend is. Die passie wat mense vir diere het, is ongelooflik.” Volgens hom het hy Saterdag omstreeks 15:00 toe hulle by die Groot Gat vertrek, oproepe begin
kry wat hom laat besef het sy heldedaad het mense aangegryp en aan die praat gehad. Hy hoop om die hond aan te neem en het reeds ’n naam vir haar. Nee, dis nie Kaptein Seeley nie. “Ek sal haar Kimberleigh noem. Daardie hond het die wil gehad om te bly lewe en het hard daarvoor baklei.” Hy sê dit is nie ’n groot verskil tussen reddingspogings waar mense of diere betrokke is nie. “Diere is soms kalm wat die poging vergemaklik. Mense aan die ander kant kan weer maklik paniekbevange raak. “Die proses hoe die poging aangepak word, bly dieselfde.” Hy erken nietemin dit was ’n moeiliker poging as waarmee hy gewoonlik te make kry in sy dag-tot-dag-taak in die K9-soek-en-
redspan van die polisie in Kimberley. “Daar was baie aandag en verwagting of dit suksesvol gaan wees. Ek het geen radioverbintenis met die res van my reddingspan gehad nie. “Ek moes sowat 400 m tot by die hond swem. Die gat is heelwat groter as wat dit van daar bo af lyk. Die water was boonop koud en die toerusting swaar.” Volgens hom is geduld die wagwoord. “Ek moes so 40 minute lank die hond se vertroue probeer wen. Toe ek eers aan haar gevat het, was die poging half gewonne.” ) Teen druktyd gister was daar nog nie uitsluitsel oor wie die regmatige eienaar van die hond is nie. ’n Pastoor van Kimberley het aanspraak gemaak dat hy die eienaar is.
Ses boeke soek baas bl. 8
Crossfit ook nou in Kby bl. 12
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
Wat sê jy hieroor? Lug jou mening op Noordkaap se Facebookblad.
Facebook MELANIE BOUCHER GROENEWALD wrote on Facebook: “If I had to choose between a live performance of whoever or watching Junior Masterchef Australia on telly, the live performance wouldn’t win! How about organising a weekend with these artists? Kimberley is dead on weekends.”
Swak bywoning tipies van Kby Ruan Bruwer GEBREKKIGE en swak bywoning van opvoerings deur Kimberliete laat ’n bitter smaak in die mond. Boonop het ’n gevoel by akteurs, sangers, kunstenaars en vermaaklikheidsterre ontstaan dit is net nie geldelik die moeite werd om Kimberley aan te doen nie. In baie gevalle is die kunstenaar van kaartjieverkope afhanklik. Swak bywoning lei tot ’n minimum inkomste of selfs ’n verlies. Die bywoningsyfer van die Afrikaanse sangers David Fourie en Kurt Darren se onlangse optrede in die Flamingo-casino was teleurstellend. Darren het selfs opgemerk hy gaan Kimberley eerder ’n ruk oorslaan. Selfs vervaardigers is versigtig om produksies en opvoerings hierheen te bring. Nie net weens vorige ervarings van swak bywoning nie, maar ook omdat Kimberley se gehore al naam gemaak het as een waarin jy nooit van ’n bogemiddelde bywoningsyfer verseker is nie. Noordkaap het dié gebrekkige belangstelling in optredes en sportbyeenkomste en -wedstryde self ervaar deur swak inskrywings vir kompetisies waarin kaartjies gratis weggegee word. Selfs teenoor kompetisies waarin lekker pryse gewen kan word, is daar dikwels ’n trae houding. Noordkaap het by ’n paar organiseerders in die stad gaan hoor hoe hulle die bywoning ervaar. Lameez Sulliman, bemarkingsbestuurder van die Flamingo-casino, sê sy sal die algemene bywoning as gemiddeld (goed) beskryf. Op ’n vraag wat sy dink ’n rede vir gebrekkige bywoning is, het sy geantwoord: “Mense stel net nie belang nie”. Volgens haar moet slimmer met bemarking omgegaan word en ekstras gebied word vir iemand om ’n kaartjie te koop. Theuns Zimmermann, uitvoe-
rende bestuurder van die Gariep Kunstefees, sê sy ervaring is bywoning is “uiters swak”. Zimmermann reken die publiek van Kimberley en die Noord-Kaap het oor die algemeen ’n swak sin vir ondersteuning en bywoning. “Die TV-aanbod is enorm vir vermaak van watter aard ook al en dit het beslis ’n negatiewe invloed op bywoningsyfers. Die huidige negatiewe ekonomiese omstandighede het ook ’n invloed op verbruikers se bestedingsvermoë. “Organiseerders moet besef verbruikers het ’n wye keuse van vermaak en hull ding dus ook daarteen mee.” Zimmermann sê beter bemarking van vertonings en nuusdekking sal tot beter bywoning bydra. “Organiseerders moet egter die moeite doen om te bepaal waarvan hul mark hou en nie hou nie en daarvolgens handel. “Kimberley het nie genoeg mense om weekliks volhoubaar kunstenaarsoptredes aan te bied en te ondersteun nie. Die tyd van aanbieding is ook kritiek belangrik.” Louwrika van Niekerk het ook geantwoord“swak” toe sy gevra is om die bywoning te beskryf van optredes wat sy reël. “Belangstelling het afgeneem. Moontlik weens die ekonomie, maar ek dink Kimberley se mark is vreemd en baie beperk. “Die groot ding is ons het nie ’n heeltydse teater nie en mense kry nooit die ware teatergangergevoel nie.” Marian van der Westhuizen ervaar die bywoning ook as swak en sê dit is weens geldelike redes. Sy stel voor almal wat optredes in Kimberley reël, moet byeenkom en probeer verhoed dat hulle nie dieselfde kunstenaar bespreek nie. “Kimberley kan nie bekostig om Nataniël én Steve Hofmeyr albei in dieselfde maand hier te hê nie.”
Bywoning swak SHARON STEYN wat heelwat kunstenaars oor die jare heen as koördineerder van die gasvroue op die Gariep Kunstefees ontmoet het, het verlede week haar ontevredenheid te kenne gegee oor swakkerige bywoning vanKurt Darren se optrede in Kimberley. “Kimberley, moet nooit weer kla as daar niks is om saans te doen nie. Dis regtig ’n verleentheid dat die casino goeie kunstenaars hierheen bring, maar daar is geen ondersteuning nie. Ons moenie kla as hierdie mense nooit weer wil terugkom vir optredes nie. Waar is die ondersteuning?” wou sy weet. Bjorn Ischner het voorgestel optredes moet eerder net oor naweke gehou word. Shirley Mason het gereageer en gesê Kimberliete is te laid back.
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
3
Wen só kaartjies FLIEKFLOOIE sal bly wees om te verneem drie gelukkiges kan elke week met Noordkaap vier kaartjies elk wen, met vergunning van Ster-Kinekor. Die fliekgids vir die rolprente wat op die kringloop in die Ster-Kinekor rolprentteater in die North Cape-winkelsentrum is, verskyn ook voortaan weekliks in Noordkaap. Ongelukkig word die weeklikste gids, wat van Vrydae tot Donderdae loop, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien, gaan besoek gerus ons webtuiste, www.noordkaap.co.za of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van die drie wenners van vier fliekkaartjies te wees, gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien hoe om te maak om deel te neem. Let wel die kaartjies is nie geldig vir die eerste week van ’n nuwe uitreiking nie.
SHOWS,
NORTH CAPE MALL PRE-RELEASE SCREENING MANDELA: LONG WALK TO FREEDOM ¸˛Ç Sat: 14:00, 17:15, 20:30 Sun: 14:00, 17:15 Thu: 11:15, 14:20, 17:25, 20:30 BOOKINGS NOW OPEN
——————————————————————————————————
THOR: THE DARK WORLD - 3D
˛Ç
HUNGER GAMES: CATCHING FIRE
¸˛Ç
Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00, 22:30 Sun: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00 Tue: 9:15, 11:45, 14:30, 17:00, 20:00, 22:30 ——————————————————————————————————
Daily: 11:00, 14:00, 17:15, 20:30
——————————————————————————————————
JUSTIN AND THE KNIGHTS OF VALOUR ¸˛Ç ∂ Fri, Sat: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:00 Sun: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30 Tue: 9:00, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:00
——————————————————————————————————
AS JY SING
˛Ç ƒ
KHUMBA
˛Ç ∂
Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45 —————————————————————————————————— Fri,Tue: 9:30, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:15 Mon,Wed: 9:30, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45 Sat, Sun: 9:30
——————————————————————————————————
BATTLE OF THE YEAR: DREAM TEAM ˛Ç
Fri, Sat: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15, 22:50 Sun: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15 Tue: 9:45, 12:15, 15:15, 17:45, 20:15, 22:50 MORE WAYS TO BOOK
Follow us
TicketLine
082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.
sterkinekor.com
/sterkinekortheatres
APP
@sktheatres
AMORÉ SERFONTEIN doen Vrydag ’n onderhoud oor haar verering as die Let’s Playsportster van die Jaar. Hou Noordkaap dop vir wanneer dit uitgesaai sal word. Sien nog foto’s en videogrepe op www.noord kaap.co.za. Foto: Ruan Bruwer
Amoré dra sportkroon Ruan Bruwer
DIE skoner geslag het Vrydag stof in hul manlike eweknieë se oë geskop deur die eerste drie plekke in die Let’s Play-sportster van die Jaar-kompetisie op te raap. Die atleet Amoré Serfontein is op die geleentheid as die eerste Let’s Play-sportster van die Jaar gekroon. Die kompetisie is vanjaar in samewerking met Noordkaap aangebied. Agt junior sportlui (tussen die ouderdomme van 6 en 18 jaar), wat ’n uitsonderlike prestasie in ’n betrokke maand deur die loop van die jaar gelewer het, is deur die publikasie as ’n finalis gekies. Serfontein, wat vandag haar
18de verjaardag vier, het die eerbewys ontvang danksy hope durf en uithouvermoë wat sy vroeër vanjaar ten toon gestel het om as die voorste o.19-meisieverspringatleet in Suid-Afrika gekroon te word. Daarmee het sy ’n trofee en geskenkbewys ontvang. Jenny Preece (muurbal) was die naaswenner en Lulu Smith (boks) was derde. Serfontein het op die Suid-Afrikaanse junior atletiekkampioenskapsbyeenkoms ook die silwermedalje in die 100 m-aflos vir meisies verower tesame met ’n vierde plek in die 200 m en vyfde in die 100 m. Puik prestasies al mag sy eintlik nie deelgeneem het nie. ’n
Dokter het haar sterk afgeraai om haar voete op ’n atletiekbaan te sit en haar ma het haar ook belet om aan die byeenkoms in Oos-Londen deel te neem. Serfontein het ’n maagvirus opgedoen en griep onder lede gehad. Die dokter het haar ’n siekbrief gegee om in te handig om haar onttrekking te rugsteun. Sy het egter nie na dié twee geluister nie en van onttrek wou hierdie veelsydige sportmeisie (sy was ook kaptein van die Hoërskool Noord-Kaap se hokkiespan en lid van die provinsiale o.18-hokkiespan) niks weet nie. ’n Insetsel van Vrydag se gebeurtenis sal later op die Let’s Play-program op SuperSport uitgesaai word.
FIETSRY is só lekker. Die 17jarige Michael Staff en ’n vriend is verlede week in Cemeterystraat in KimberleyNoord op sy trapfiets opgemerk. Hy sê die woorde agterop sy Themp som op hoe lekker dit is om sorgvry op sy fiets rond te ry noudat hy eindelik klaar is met skool. Hy is pas klaar met die eindeksamen en skoolbanke van die NJ Heynsskool. Foto: Ruan Bruwer
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
’n Kind verdien net die beste DIE nuutste verslag van Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor die getal opgetekende geboortes in 2012 en oor Suid-Afrika se jong kinders, hul gesinslewe en huislike omgewing skets ’n negatiewe prentjie. In 2012 is 1 168 403 babas in die land gebore. Van hulle is 140 208 (12%) by ma’s tussen van 15 en 19 jaar oud verwek. Vroue in die ouderdomsgroep 20 tot 24 jaar het verreweg die hoogste bevallingsyfer (312 639 babas) gehad. Van die babas wat in 2012 gebore is, het net 36% by albei ouers gewoon. Altesaam 79% van jong kinders bly by hul ma en 38% by hul pa.
Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag
Luidens die verslag was die ma’s wat saam met hul biologiese kinders gewoon het, jonk en meestal nooit getroud nie. Hulle is ook nie ekonomies onafhanklik nie. Dat 74% (864 618) van die kinders sonder ’n pa of ma grootword, is allermins ideaal. Ma’s wat so jonk geboorte skenk, is boonop in baie gevalle nog nie in staat om self ’n inkomste te verdien nie. Hoe gaan hulle voldoende vir die kind kan sorg? Verdien ’n kind om in armoede groot te word? Nee.
Minimum 14 °C 14 °C 14 °C
Maksimum 33 °C 34 °C 33 °C
SKETS: Danie Cronjé.
Te veel of te min alte onnodig Hannes Noëth AS daar nou een ding is wat my lankmoedigheid beproef, is dit as iemand 20 km/h voor my ry . . . Ek weet ek moet geduldig wees en daardie lankmoedigheid so ver rek as wat ek kan, maar, ai, dit beproef my. In Kimberley ry mense dikwels hierdie spoed. Iemand sal voor jou indraai en het jou waarskynlik nie gesien nie en dan begin die groot beproewing. Blok ná blok sal dit so uitwerk dat jy nie kan verbysteek nie, nie kan afdraai nie, maar net geduldig moet bly volg. Natuurlik is te vinnig verkeerd en gevaarlik, maar vandag wonder ek of te stadig ook verkeerd is. Dit laat my
dink aan ’n dokter wat in ’n stadium ’n baie sterk saak uitgemaak het dat pasiënte wat te vroeg vir afsprake kom dit net so moeilik maak soos dié wat te laat kom. Só vertel hy, skep dit soms ’n probleem as mense gouer gehelp wil word terwyl hulle eintlik eers oor ’n uur of twee daar moet wees. Hy reken om ’n uur vroeg op te daag is net so ongeskik soos om ’n uur laat op te daag. Dit laat my toe dink aan die ou spreekwoord op die plaas waar baie gou vir jou vertel is dat al wanneer te goed is, is te voet en te perd. In dié
GEBEURTENISSE op 27 November in die verlede: 1893 – Nieu-Seeland se inwoners gaan na die stembus en die eerste keer ter wêreld mag vroue ook stem. 1895 – In Parys onderteken Alfred Nobel sy laaste testament. Dié testament laat onder meer toe dat sy landgoed gebruik word om die Nobelpryse te begin. 1961 – Die Sowjetunie stel ’n onmiddellike verbod op kerntoetse sonder internasionale beheer voor. 1987 – Die 27-jarige Suid-Afrikaner Odile Harrington word in Harare tot 25 jaar tronkstraf gevonnis omdat sy in Zimbabwe op die ANC gespioeneer het. 1996 – Suid-Afrika verbreek sy diplomatieke bande met die Republiek van China (Taiwan) ten gunste van Rooi China. 2005 – Die Grabouwer Karin Kortjé wen die derde Suid-Afrikaanse Idolssangkompetisie. 2005 – Die eerste gedeeltelike gesigoor-
KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die hoof van die departement van vervoer, veiligheid en skakeling is maande nadat hy van onder meer bedrog en die oortreding van die Wet op Openbare Finansies aangekla is, steeds in sy pos. Steven Jonkers het in Mei vanjaar op aanklagte van bedrog en korrupsie van R24 miljoen in die hof verskyn. Hy staan ook tereg op drie aanklagte ingevolge die Wet op Openbare Finansies. Alternatiewelik staan hy tereg op drie aanklagte ingevolge die Nasionale Wet op Landelike Vervoer en bykomend twee aanklagte van korrupsie. Sy rol is om te verseker die departement behou ’n verskaffingen voorsieningstelsel wat billik, redelik, deursigtig, mededingend en koste-doeltreffend is. ) Van die 552 skole in die Noord-Kaap is daar 414 skole wat van skoolgeld kwytgeskeld is en meer as R170 miljoen word hiervoor begroot. Volgens Lehuma Ntuane, kommunikasiehoof van die onderwysdepartement, betaal 179 000 van die 261 845 geregistreerde leerlinge nie skoolgeld nie. Ntuane
stadium is dit by ons te droog en in die Kaap te nat. ’n Mens kan net nie wen nie. Oor die “te” in die natuur kan ons nie veel doen nie, maar ons kan werk aan ’n paar “te’s” in ons eie lewe. So aan die einde van die jaar is dit miskien goed dat ons nou so ’n bietjie sif en kyk of ons nie meer balans kan probeer handhaaf nie. Dalk sien ons die nood om ons te min raak, dalk eet ons te veel of te min. Dalk werk ons te hard of rus te veel, dalk word ons te vinnig kwaad. Ek weet nie, gaan soek maar die “te” in jou lewe en probeer balans kry. Intussen het ek ’n hele Twyfelhoekie uitgedink terwyl ek teen 20 km/h agter iemand aankruie . . .
planting word in Frankryk voltooi. Geboortes op die dag: 1701 – Anders Celsius, Sweedse ontwerper van die Celsius-skaal (sterf in 1744). 1798 – Andries Pretorius, Voortrekkerleier (sterf in 1853). 1929 – Winkie Direko, voormalige premier van die Vrystaat (sterf in 2012). 1940 – Bruce Lee, Chinees-Amerikaanse akteur (sterf in 1973). 1942 – Jimi Hendrix, Amerikaanse kitaarspeler en sanger (sterf in 1970). 1968 – Michael Vartan, Frans-Amerikaanse akteur.
sê die meeste van hierdie skole wat nie skoolgeld betaal nie, is in die Frances Baard- en die John Taolo Gaetsewe-distrik geleë. ) Duisende inwoners van die Diamantstad sal vanjaar sonkrag kan gebruik om hul Kersetes gaar te maak wanneer die Doornfontein-sonkragaanleg buite die stad teen middel Desember genoeg elektrisiteit vir meer as 6 000 huishoudings sal verskaf. Die ingebruiknemingproses van die aanleg sowat 15 km buite die stad het begin. ) ’n Kombinasie van geduld en ’n raps geluk het ’n amateur-natuurlewefotograaf die geleentheid gegee om in beeld vas te lê hoe twee jagluiperds ’n springbok vastrek. Aanvanklike teleurstelling toe hy gedink het hy het so ’n geleentheid misgeloop, het spoedig in opwinding verander toe dié toneel hom skielik voor hom afgespeel het. André Marais, ’n oud-Kimberliet wat nou in Pretoria woon, het die spogfoto’s in die Kgalagadi-oorgrenspark geneem. ) Die Steenkamp-moorde is gepleeg om glo Marthella Steenkamp (14) se verkragting te verdoesel, omdat dít die minderjarige beskuldigde se lewe sou vernietig as haar ouers daarvan moes uitvind. Só het adv. Hannes Cloete aangevoer in die verhoor waar ’n 17-jarige seun aangekla word van verkragting, regsverydeling en moorde. Die verhoor hervat vandag met die staat en verdediging se slotbetoë.
Family Box Meal
13490
Tel
KFC Tel 011 453 9888 832 9607 KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) 011 452053 7139 053 831 2255 KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) 4902 832 9554 KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)011 974053
Share the
love
YUM Restaurant Support Centre Bryanston: 010 001 7100 www.kfc.co.za
SYNC /12045
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
TJDR 55432
P P C
C E M E N T ’ S
BUILDING
BETTER HOMES C H A L L E N G E
Calling all builders and DIY enthusiasts! PPC, in partnership with Calgro M3, is looking for teams of 2 to be on our new building reality TV show. You and your partner could win a brand new Toyota Hilux Turbo Diesel with 1 ton of cement and R250 000 cash! You must have experience in building and plastering to be a part of the PPC Building Better Homes Challenge. Your partner (wife, brother, sister, father, son, friend, etc.) is not required to have any building experience. Both you and your partner need to bring your South African ID books to the audition.
Entry Details: Who must come: Both you and your partner To find your nearest audition, SMS “PPC” and your province to 30PPC (30772) or go to www.ppc.co.za
Follow us on
JHB 44452
Terms and conditions apply. Should your team be successful you will both need to be available to come for a second interview. You will both need to be able to travel between 20 January 2014 and early March 2014 for the TV production. Please note that the actual vehicle prize might differ from image depicted.
LOWEST GUARANTEED FLAT
CALL RATE
INCLUDES
1GB DATA PM
YOUR SHARE OF
R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.
Available at the following Cell C stores:
Nokia Lumia 520 Smartphone
R139
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
Samsung Galaxy S4 Smartphone
LG G2 Smartphone
R349
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MB DATA
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
R389
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
1GB
MB DATA
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.
FEATURES: Stunning 5.2” Full HD IPS display, 13MP OIS camera with multi-point focus, Blazing fast 2.30GHz Quad Core CPU.
FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
CHANGE TO CELL C AND cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN RUNS FROM 1 OCTOBERTO 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 November – 30 November 2013. All prices are inclusive of VAT.Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
Vier 65 goue jare DIE egpaar Gert en Hetty van Vuuren het verlede week 65 jaar se getroude lewe gevier. Hulle is op 20 Novem ber 1948 in Mafikeng getroud. Albei het van jaar hul 88ste verjaar dag gevier. Die egpaar woon die afgelope 45 jaar al in die Diamantstad, en steeds in hul eie wo ning. Foto: Verskaf
Vrydag 29 November: Die ACVV Ons Huis bied Wondernag op Bethlehem, die Kersverhaal met dialoog en musiek, aan. Dit begin om 10:00. Gratis. Saturday, 30 November: The Battle at Magersfontein Mountain Bike Race takes place at the Magersfontein Memorial Golf Estate. Registration is from 06:00 to 07:00 and the starting time is 07:30. The closing date for pre-entries is 28 November. A total of R10 000 in prize-money is up for grabs. The entry fees are R150 for the 85 km, R80 for the 40 km and R50 for the 10 km river circuit fun ride. Contact Ane on 083-284-8313 or via e-mail: cygnature@mmge.co.za. Woensdag 4 Desember: ’n Biddag vir broodnodige reën in die Noord-Kaap word in die skoolsaal van die Laerskool
Newton gehou. Dit begin om 19:00. Bel past. Johan Vrey by 082-471-8121. Thursday, 5 December: The Kimberley College of Magic takes some amazing thrilling magical entertainment to the Kimberley Library. Leaders Edwin Tsiolo and Tebogo Keswa are honing their skills and aspirant magicians in their third year are ready to entertain and amuse with coins, cards, ropes, silk handkerchiefs and incredible sponge balls. They will share their juggling skills and magical mysteries – with secretly appearing and vanishing floating and multiplying objects of delight. The show, free of charge, starts at 10:00. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap. Dit word gratis geplaas. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. Jy kan die inligting na noordkaap@volksblad.com e-pos, dit na 086-2147986 faks of per SMS na 45533 stuur. SMS moet begin met NK.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
Bosman op sy beste in dié boek vervat Ruan Bruwer DIE beste verhale en humor van Herman Charles Bosman is nou in die gelyknamige boek beskikbaar, soos vertaal deur die digter Johann de Lange. Die eerste deel van hierdie versameling is Craig MacKenzie se keur uit die stories van moontlik die grootste SuidAfrikaanse skrywer in Engels in die eerste helfte van die 20ste eeu. Bosman gebruik die beroemde oom Schalk Lourens en verskeie ander vindingryke en vermaaklike storievertellers as mondstukke. Die tweede deel bevat die beste van Bosman se humoristiese skrywerk, gekeur deur Stephen Gray. Kategorie: Humor, versamelings en algemeen. Formaat: Sagteband, 320 bladsye. Uitgewer: Human & Rousseau. Onlangse publikasies: Best of Bosman, Seed-Time and Harvest and Other Stories en Verborge skatte. Oor die skrywer: Herman Charles Bosman bly een van Suid-Afrika se beroemdste storievertellers. Hy het die wêreld op ’n unieke manier gesien en ’n intense opwinding deur sy stories oorgedra. Sy werk is lank reeds as deel van die klassieke kanon van Suid-Afrikaanse letterkunde erken. Sy werk bly steeds relevant – Duitse en Amerikaanse uitgawes van Mafikeng Road and other stories het onlangs
verskyn. Bosman het in Engels en Afrikaans grootgeword. Hy het sy loopbaan as onderwyser by ’n Afrikaanse skool in die Groot Marico-distrik begin. Baie van sy stories het hul ontstaan hier gehad. Hy is in 1930 op parool vrygelaat nadat hy die helfte van sy tienjaar-vonnis (vir die moord op sy stiefbroer) uitgedien het. Hierna het hy sy eie uitgewery begin en as joernalis gewerk. Hy is in 1951 op 46-jarige ouderdom dood. ) Om ’n kans te staan om hierdie plus vyf ander Afrikaanse boeke te wen, gaan na www.noordkaap.co.za en volg die aanwysings.
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
Slegs die beste!
Eureka is trots op sy presteerders
visie
In Laerskool Eureka sal ek . . . 'n Christen wees in Afrikaans onderrig word elke geleentheid gebruik myself en ander respekteer my voorberei vir die toekoms 'n balans handhaaf verantwoordelik optree
Marozé v/d Berg Provinsiale Kleure: Redenaars
Mininke Smith SA Dogters o/10 Skaak: No 1
Rudolf Lubbe Kiara Wakeford Tennis no 5 in SA SA Dogters tennis-span seuns o/12 Maleisië
Hoofleiers 2014
Trofee-wenners in Grondslagfase
Troefee-wenners akademie, veelsydigheid en kultuur
Trofee-wenners in Seniorfase
Tel: 053 8612855 • Faks: 053 8613849 • E-pos: eureka@absamail.co.za • www.laerskooleureka.co.za
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
PERSOONLIKE DIENSTE
Lig die sleutel tot foto’s
VAKANSIE & REIS
PLAASVAKANSIES
LENINGS 1445
2660
HARTENBOS: Netjiese akkommodasie. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682.
EIENDOMME
LOSIES AANGEBIED 3280
Exciting Career Opportunity Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tonnes of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Environmental Officer (Ref. EO 115810) The incumbent will be responsible to implement specified components for the Environmental Management System, cost-effective measures and compliance with legal, and interested and affected parties requirements in order to ensure effective Environmental Management. Minimum requirements: • Matric, degree or Diploma in the field of Natural Sciences or Engineering • Registered as a Professional Natural Scientist or Engineer • A minimum of 3-5 years’ relevant experience in the mining industry • Strong computer skills • A thorough understanding of applicable legislation • Ability to work independently • Ability to communicate across all levels and disciplines • Ability to maintain quality results • Systematic approach • Commitment to Health and Safety, Environmental and Quality requirements. Responsibilities: • Enforce compliance with legislation and procedures • Set up mechanisms to monitor environment impact e.g. water, electricity and pollutants • Liaise with stakeholders e.g. Municipalities, Eskom, etc. • Conduct incident investigation • Waste management and pollutants • Soil rehabilitation • Keep impact register updated • Recommend alternative strategies to reduce environmental impact • Liaise with Department of Mineral and Resources. Key performance indicators: • Development and implementing an Environmental land and soil management plan • Compile and monitor a biodiversity plan. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
TE KOOP
ALLERLEI 1655
LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg, R70.00. Contact 084 642 0038 or collect at The Bakers Dream, cor. George and Waterworks Streets.
3600
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ADMINISTRATIEF 3605
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
SAKE
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS "A", leestekens soos "!"
GELEENTHEDE CHOCOLATES/SWEETS/BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution business. Affordable! Myer 012 547 5467. mberman@telkomsa.net
Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 13 December 2013. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful.
APPLICANTS NEEDED FOR DATA, copy/paste work in 2014. For info SMS name and address to 071 548 6944.
Die gebruik van die letter
2415
How to apply:
BETREKKINGS
DIE woord fotografie kom van twee Griekse woorde: lig en skryf. Alles in fotografie gaan oor lig, lig en nogmaals lig. Dit word deur die foto en onderskrif beklemtoon. Dit sal jou loon as jy die verskillende elemente en gebruike van ’n kamera verstaan. ’n Kamera bestaan uit drie basiese elemente: ’n opening wat lig inlaat, ’n meganisme waarmee jy die tydsduur van die lig wat ingelaat word, kan beheer en ’n film of sensor waarop die lig val wat dan die beeld vasvang. Vir elke foto verskil die aantal elemente. Jy moet dus die regte kombinasie hiervan kies om ’n foto te neem. Hou die volgende in gedagte wanneer jy foto’s neem: ) Watter storie wil jy met jou foto vertel? ) Hoe helder of donker wil jy die foto hê? ) Wat is jou belangrikste en minder belangrike fokuspunte in die foto (die agtergrond of voorgrond)? ) Wat is die kamera se afstand van die onderwerp? Elke DSLR-kamera gee vir die fotograaf die keuse om op die outoverstelling af te sit en dus so die kamera self te laat besluit oor die verskillende beligting sodat ’n foto nie oor- of onderbelig is nie. Ons verwys na “mik en druk”. Daar is ook semi-outomatiese keuses waar die fotograaf een element self beheer en die kamera dan berekende besluite oor die res van die verstellings (settings) maak sodat die foto nie oor- of onderbelig sal wees nie. Om ’n suksesvolle fotograaf te wees moet jy al die gebruike van jou kamera ken en kan toepas saam met die tegnieke wat elke styl en kuns van fotografie definieer. Die handbeheerkeuse (manual) is waar die fotograaf alle verstellings self beheer en self moet seker maak ’n foto is korrek belig. Die P-gebruik op jou kamera gee jou ’n bietjie meer beheer as die outomatiese verstelling. Dit is vir iemand wat niks van hul kamera weet nie. As jy ’n goeie fotograaf wil wees, moet jy liefs nie met die stelling peuter nie. Die P staan nie vir professioneel nie. Die S-gebruik is waar jy die sluiterspoed van die kamera kan stel. Met die verstelling kan jy enigiets afneem – van aksie- tot stadige foto’s soos van byvoorbeeld watervalle.
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 115810
’n ALGEMENE fout sluip in wanneer ’n ka mera se flits nie sterk genoeg is nie. Wat dan gebeur as jy mense voor en agter op ’n foto het, is dat die flits net die voorste mense be lig. Dié foto is ’n goeie voorbeeld hiervan. Die mense op die voorgrond is mooi duide lik, maar nie die mense agter nie. In die spe sifieke geval moes die fotograaf nader ge staan het, want van die flits se lig het die voorgrond (dooie ruimte) onnodig belig. Die mense moes ook almal veel nader aan me kaar gesit het, aangesien die flits net nie sterk genoeg was om die mense in die ag terste ry te bereik nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
55
90 per kg
18
25
R Lean Beef Mince
R
each
each
Clover Full Cream Or Low Fat Fresh Milk 2l
Prices valid from 27 November - 1 December 2013
BUNDLE
DEAL
60
R
47
90 per kg
Kameelhout Boerewors
Potatoes 7kg And Onions Pocket 7kg
29
R
56
90 per kg
12
Beef Texan Steak
each
50 each
Coke, Tab, Coke Zero or Coke Light 2l
30
R
each
Chocolate Or Vanilla Cake
790
per pack
Hotdog Rolls 6’s or Hamburger Buns 6’s
Watermelon
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 27 NOVEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Loot kan uitslag bepaal Ruan Bruwer DIE span wat vanaand die loot in die eindstryd van die T20 McDonalds-Staatsaandreeks wen, behoort dit sterk te oorweeg om eerste te kolf. Die Laerskole Eureka en Newton sê mekaar om 18:00 op eersgenoemde se veld die stryd aan. In 15 van die 19 wedstryde wat beslis is (3 het uitgereën en in 1 het ’n span die punte prysgegee), het die span wat eerste gekolf het, geseëvier. Die eindstryd was veronderstel om verlede Vrydag beslis te word, maar die reën het die laaste sê gehad. Wedstryde is oor sewe weke beslis waarin sewe laerskole (Kimberley-Junior, die gekombineerde span Noordelikes en die Laerskole Eureka, Herlear, Jacobsdal, Newton en Staats) se o.13-spanne mekaar aangedurf het. Eureka is nog onoorwonne nadat hy al ses sy groepwedstryde gewen het en in sy halfeindstryd met Noordelikes klaargespeel het.
Newton het in sy halfeindstryd gemaklik met Staats afgereken toe laasgenoemde net 44 lopies in ’n jaagtog van 104 vir ’n sege kon aanteken. In die ooreenstemmende wedstryd in die groepfase tussen Eureka en Newton het eersgenoemde met 19 lopies gewen. Eureka het toe 136 lopies in sy 20 beurte opgestapel en Newton tot 117 lopies beperk. Interessant is dat albei spanne ’n speler onder die drie toplopiemakers en topboulers het. Brett Moses (Newton) het 204 lopies in 6 wedstryde aangeteken met Liam Bruwer van Eureka 179 lopies in 7 wedstryde. Enrico Lubbe van Eureka se 19 paaltjies is verreweg die meeste. Dit is ’n indrukwekkende boulgemiddeld van 3,8. Newton se Ferdi van Soelen se 9 paaltjies teen ’n gemiddeld van 7,7 is ewe indrukwekkende syfers. Hy het net 2,9 lopies per boulbeurt afgestaan.
Receives award SENSEI TERRY SULLI VAN of the De Beers JKA Karate Centre was given a special award at the re cent 50th anniversary ce lebrations of the South African JKA Karate Asso ciation. It was for the re cognition of 50 years of loyal service to the asso ciation. Sullivan has been involved with karate for 52 years, having started with karate in Durban back in 1961.
AFTER the SAJKA Central Regional Gasshuku in Welkom, first and second dan black belt grading were held with a couple of karatekas of the De Beers and Tendo JKA Karate Centres achieving success. They are from the left, front: Nicky Human and Chad Mpisi (both promoted to first dan black belt); back: Cayle Damons (promoted to second dan black belt), Sensei Anton de Beer and Rizane Hunter (first dan black belt).
Sport groei vinnig Ruan Bruwer
CROSSFIT se gewildheid neem toe en dit is ’n snelgroeiende sportsoort. Sedert Crossfit in Mei in Kimberley geopen het, was dit net ’n kwessie van tyd voor die eerste Crossfit-byeenkoms aangebied sou word. Dít het Saterdag by The Boma net buite Kimberley op die N8 plaasgevind. Deelnemers van verskillende ouderdomme en geslagte het in 14 spanne teen mekaar gewedywer in wat bekend gestaan het as die Crossfit-derby. Volgens die koördineer, Steven Graaff, het die gebeurtenis uit ’n verskeidenheid uitdagings bestaan sodat dit so inklusief moontlik is. Die oudste deelnemende man was 59 en oudste vrou 63 jaar oud. Niemand het vooraf geweet wat die uitdagings gaan wees nie. “Dit maak dit interessant as niemand weet wat kom nie, want anders kan deelnemers voor die tyd net vir daardie spesifieke uitdaging voorberei. Ons wil almal ’n gelyke kans bied, want dit moet jou algehele fiksheid toets. Die uitdagings het bestaan uit ’n kombinasie van liggaamsoefeninge, gewigte en kardio. Ons glo ons volgende byeenkoms sal aansienlik groter wees,” het hy gesê. Benewens die beste mans- en vrouespan was daar ’n beste gemengde span. “Ons het gedink om dit spesifiek in
DIE naaswenners in die vroueafdeling, die Bomb Squad, doen hul finale uitdaging – gewigte optel. Van links is die spanlede Lizet du Plessis, Liezel du Toit, Nadine van Wyk en Anli Conradie. Foto: Ruan Bruwer spanverband aan te bied, want dit moet ’n familie-ding wees.” Graaff sê tydens die oefeninge in die week word die oefenprogram voortdurend aangepas sodat ’n mens se liggaam nie ’n oefening gewoond raak nie, maar dit voortdurend as
’n uitdaging beskou. Oefeninge vind soggens tussen 05:00 en 08:00 en smiddae van 16:00 tot 18:30 by die Kestell-kinderhuis plaas. Instrukteurs is byderhand om oefeninge te demonstreer.