Tel (053) 831 2331 Woensdag 4 Desember 2013 www.noordkaap.co.za
GRATIS
DIT is nie aldag dat jy ’n fotosessie met ’n babatjie van net vier dae oud het nie. Klein Ava is die kleinding van Riaan en Jessica Loots. Sy is onlangs deur Nérette Botha van Zoomink afgeneem. Die Lootse, wat hier grootgeword het, woon dees dae in China, maar was in die land toe geboorte aan Ava ge skenk is. Riaan se ma woon in Kimberley. Foto: Nérette Botha, Zoomink
Phoenix op kroegtoer ervaar bl. 3
Terrein krap om Ruan Bruwer KORT nadat die nuwe feesterrein van die Gariep Kunstefees bekend gemaak is, het inwoners reeds hul ontevredenheid met die keuse te kenne gegee. Die feeskantoor het Vrydag aangekondig die fees gaan volgende jaar (van 28 tot 31 Augustus) op die sportterrein van die Hoërskool NoordKaap aangebied word. Die feesterrein moes geskuif word weens ’n gedeelte van die nuwe universiteit wat op die Oppenheimer-tuine, die huidige terrein, gesetel sal wees. Inwoners van die enkele wonings in Haystonweg oorkant die skool het te kenne gegee hulle is nie ingenome met veral die bykomende voertuie en bedrywighede in die omgewing nie. Die moontlik harde musiek maak ’n
ander inwoner ongemaklik. Volgens Theuns Zimmermann, die fees se uitvoerende bestuurder, was daar enkele moontlikhede, maar is eindelik op die sportterrein van die Hoërskool Noord-Kaap as die geskikste terrein besluit. Hy het dit beklemtoon dit is net ’n tydelike oplossing en dat steeds na ’n beter volhoubare en blywende terrein gesoek sal word. Hy voorsien nie ’n probleem met parkeerplekke nie en noem die oop gebied wat die Hoërskool Noord-Kaap en die HTS Kimberley van mekaar skei en wat van Jacobus Smit- tot Meyerstraat loop, sal as voldoende parkeerruimte dien. “Ek moet die skool bedank wat baie gunstig vir die aanbieding van die fees op sy terrein is. Ons is vol vertroue die fees sal wel tot sy reg kom en ’n aangename ervaring vir fees-
gangers bied. “Die terrein is veral geskik wat voldoende parkeerplek en ’n groot genoeg gebied vir die pretpark betref.” Zimmermann sê ofskoon daar genoeg grasperk is, is die gebrek aan bome wel ’n effense probleem. Bokkie Smith, ’n inwoner van Haystonweg, is glad nie tevrede met die aankondiging oor die nuwe feesterrein nie. “Hulle kon regtig maar eers vooraf met ons gekonsulteer het. Ek sukkel reeds soggens met motors wat voor my opritte parkeer wanneer die kinders by die skool afgelaai word. “Ek moes my sypaadjie verander om iets hieraan te doen. Wat sal gebeur as 20 000 meer mense nou hier toesak?” wou sy weet. Feesgangers sal die pad, Haystonweg, wat uit Meyer- en Jacobus Smitstraat loop, as in- en uitgang gebruik.
Zimmermann erken gesprek is nie met inwoners van die omgewing gevoer nie. “Met watter inwoners moet jy praat, want daar is baie woonbuurte rondom die feesterrein? Die gedagte is nie dat die fees ’n negatiewe impak op die skool moet hê of verkeersprobleme moet veroorsaak nie. “Ons vra die publiek om ’n jaar of twee verdraagsaam te wees. Die fees is belangrik vir Kimberley.” Die organiseerders kyk daarna om een groot tent vir musikale optredes te gebruik in plaas van die gebruiklike twee (die Castle- en Garieptent). Die RSG- en Reënboogverhoë is steeds deel van die beplanning en waarskynlik op ’n groter skaal. Die plan is van die skole in die omgewing – HTS, Noord-Kaap en die Laerskool Newton – se skoolsale sal vir opvoerings ingespan word.
Vida help geskiedenis bewaar bl. 9
Eureka dra krieketkroon weer bl. 12
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Woensdag 4 Desember: ’n Biddag vir broodnodige reën in die Noord-Kaap word om 19:00 in die Laerskool Newton se saal gehou. Bel past. Johan Vrey by 082-471-8121. Thursday, 5 December: The Kimberley College of Magic takes some amazing and thrilling magical entertainment to the Kimberley Library at 10:00. Leaders Edwin Tsiolo and Tebogo Keswa are honing their skills and aspiring magicians in their third year are ready to entertain and amuse with coins, cards, ropes, silk handkerchiefs and incredible sponge balls. They will share their juggling skills and magical mysteries – with secretly appearing and vanishing floating and multiplying objects of delight. The show is free of charge. Vrydag 6 en Saterdag 7 Desember: ’n Kunsuitstalling deur Lidi Gelderblom en studente met uiteenlopende onderwerpe, asook in verskillende mediums, word Vrydag van 11:00 af en Saterdag heeldag in die Diamond Pavilion Shopping Mall op die tweede vlak gehou. ) Indien jy ’n gebeurtenis in Kimberley aanbied, stuur gerus die inligting aan Noordkaap. Dit word gratis in die koerant geplaas. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. Jy kan die inligting na noordkaap@volksblad.com e-pos, dit na 086-2147986 faks of per SMS na 45533 stuur. Die SMS moet met “NK” begin.
Let’s put down the race card Letters: PO Box 1583, Kimberley 8300 ERIC RINUS KOK, Kimberley:
THE rescue attempt that had everyone on the edge of their seats in front of their computers as they followed the process on the social networks. Photo: Emile Hendricks
SOUTH AFRICA is a country obsessed with race; so much so that its citizens will jump at any and every opportunity to make their fellow citizens feel inferior. We can turn any argument into a full-blown race war. However, when the story of the brown mixed-bred dog who fell into Kimberley’s Big Hole emerged, I was actually amazed to log into a social media site and read comments about the whole event. For the first time there were no racial slurs thrown about, no trolls on the forefront, fanning out the flames of racial divide. No one mentioned anything about whether the owner of the dog was white or
black and who should be blamed for what happened. It was as if everyone who commented was drunk on rainbow-berry juice. Black and white people were agreeing unanimously and pleading that the dog be saved. When I looked at the footage of the rescue on the news, the onlookers were of every single race of South Africa. Some rejoiced, while others shed a few tears of relief as “Kaptein” was finally rescued. It took a little stray dog from Kimberley to prove to ourselves that we as South Africans can look past our ignorance and accomplish our goals as one united force. We saved the dog, but it also saved us, because even just for two days we were all South Africans and not a colour. Let us stand together, stop the blame game, put down the race cards and start to work on our problems. We did it for “Kaptein”, now let’s do it for our children.
Gee dié Kerstyd die geskenk van lewe VAKANSIETYD is om die draai – ’n tyd wat aan feesviering, inkopies en vakansiepret gekenmerk word. Terwyl die meeste mense die geskenk van lewe beleef, is daar ander mense wat deur siektes in die gesig gestaar word. Dit verhoed hulle om dié tydperk met geliefdes te geniet. “Duisende mense maak daagliks op bloedoortappings staat. Dit sluit in vroue wat bloed tydens bevalling verloor of die slagoffers van ongelukke. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) moet elke dag
3 000 eenhede bloed insamel om aan die bloed-behoefte van pasiënte in Suid-Afrika te voldoen. Statistieke wys minder as 1% van die bevolking skenk daagliks bloed wat die gevaar laat bestaan dat hospitale gedurende vakansies ’n bloedtekort mag ondervind,” sê Vanessa Raju, kommunikasiebestuurder van die SANBD. “Terwyl Desember ’n wonderlike tyd is om te ontspan is dit ook ’n tyd om een van die grootste geskenke te gee – die vloeistof (bloed) wat elke hart laat klop, ongeag ras, geslag of
ouderdom.” Raju versoek almal wat kan om die vakansie tyd te maak om mensereddende bloed te skenk. “Terwyl jy tyd met jou familie bestee, dink ook ’n oomblik aan diegene wat dit misloop as daar nie genoeg bloed beskikbaar is nie. Dit duur slegs 30 minute van jou tyd om bloed te skenk en dit kos nie ’n sent nie. Gee die beste geskenk die Kersfees – die geskenk van lewe,” het sy gesê. Skakel die SANBD in Kimberley by 053-833-1651.
Family wanted A SOCIAL WORKER from Cape Town is trying to locate relatives of Marie Bobojie (32) who died at the Brooklyn Chest Hospital in Cape Town where she was a patient. Her last known address was in Ottery, Cape Town. She was originally from Douglas. Anyone who knew her is asked to phone Veronica van Wyk, a social worker, on 021-508-7484/70. This is an attempt to trace her family and inform them of her passing. The hospital has no address, contact number or names of them.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
DIE Phoenixhotel in Beaconsfield lok deesdae nie juis meer baie mense na sy kroeg nie. In die week sluit die deur reeds voor sons ondergang. Foto: Skuimkop Pienaar
Net ’n paar siele, dan maak hy toe Skuimkop Pienaar en Jan Dop KIMBERLEY het byna ’n eeu lank die reputasie gehad hier was twee keer meer kroeë as kerke en apteke in die stad. Een van die redes vir die ongelooflik baie kroeë was omdat die delwers van destyds ’n plek gesoek het om hul sukses te gaan vier en die ongelukkige delwers om vertroosting te gaan vind. Dié keer is ons terug in Beaconsfield by die Phoenix-hotel. Ná twee vorige mislukte pogings om die Phoenix se kroegdeure voor sonsondergang oop te kry het ons maar vroeg daar aangedoen om nie weer voor dooimansdeur te staan nie. Dit ’n rapsie ná 17:00 op ’n Donderdag. Binne is dit net die kroegman en twee mans wat soos boere lyk – kan maklik ’n pa en seun wees. Hulle het nie lank genoeg gebly vir ons om ’n geselsie aan te knoop nie. Die kroegman knik instemmend toe Jan vra of dit maar altyd so stil in die stokou kroeg is. Net Vrydag- en Saterdagaande is hier lewe, die res van die week is dit maar gevrek. Net die regulars kom hierheen, aldus die kroegman wat ons Coke en Red Bull aangee. Hy is slim, gee kleingeld bestaande uit ’n paar tweerandstukke – so asof hy geweet het ons sou ’n paar van hulle benodig vir die potspeltafel wat agter die kroeg staan. Haarstyle Aan die mure is ou foto’s van klubspanne waarvan die meeste klubs lankal nie meer in Kimberley bestaan nie. Die kroeg laat ’n mens baie aan vervloë dae dink. Die groot speakers bo die kroeg gee jou ’n aanduiding hier is al groot partytjies gehou. Ook aan die mure is twee geraamde foto’s van die Protea-krieketspan wat ná die wêreldbekertoernooie in 1992 en 1996 geneem is. Dit is interessant om Jacques Kallis se middelpaadjie op die foto van 1996 op te merk – dit was natuurlik die jare toe die middelpaadjie hoogmode was, hoewel daardie era ’n kortstondige een was. Ek en Jan praat ’n ruk oor haarstyle wat gekom en gegaan het. Praat nie juis nie Ná twee nederlae op die potspeltafel gee
Jan moed op. Ons sien intussen het twee mans by die kroeg gaan sit wat na regulars lyk. Ons bestel al twee ’n Hunters en gaan sit naby die twee mans. ’n Derde een kom ook ingestap. Hulle praat nie ’n woord met mekaar nie. En dit is nie dat al hul aandag op byvoorbeeld hul selfone gevestig is nie. Nee, hulle lyk net nie lus vir gesels nie. Wil net hul dop in stilte drink. Die een man het nog nie eens klaar gedrink nie toe loop hy, met die glas en al . . . Ons begin maar met die oom die naaste aan ons gesels. Hy sê hy kom die afgelope drie jaar redelik gereeld hier. Maar volgens hom het die voete die laaste tyd aansienlik afgeneem. Hy kan nie verklaar wat die rede daarvoor kan wees nie. Maar hy lyk redelik afgehaal terwyl hy dit vertel. Dit is nou net ons drie in die kroeg. Die kroegman staan en praat buite met ’n kennis of vriend. Net een drankie Dankie tog vir die televisie wat op ’n sportkanaal is. Want andersins het besoekers aan die kroeg seker met hul hare gesit en speel. Want vir gesels lyk niemand hier lus nie. Dit wil voorkom asof almal hier net een drankie drink en dan waai. Soos die man wat ook daar aangesit het terwyl ons ons derde potspelwedstryd gespeel het. Hy praat Engels. Maar net toe ons dink ons kan ’n bietjie klets, groet hy. Nou is dit weer net ons drie oor. Die oom, wat te kenne gegee het hy werk in ’n myn by Hothazel sit steeds daar. Hy kyk so af en toe na die TV-skerm, maar lyk nie baie geïnteresseerd nie. Dit blyk ’n heel besige straathoek te wees waarby die hotel geleë is. Baie mense loop daar verby sonder om ooit vas te steek of na binne te loer. Op pad huis toe staan ons eers ’n ruk buite en gesels. Dit is 19:15 en die oom kom uitgestap. Nog voordat hy in sy bakkie vertrek, sien ons die venters van die kroeg word toegemaak. Die deur volg oomblikke later. Ons wonder of, soos met die haarstyle, dit ook maar net ’n era is waartydens die kroeg ’n bietjie swaar trek. Want dit lyk immers of die Phoenix al die toets van tyd deurstaan het.
ROMMELHOPE in El Toropark en die mees te van Kimberley se woongebiede is gerui me tyd al ’n probleem. Etta van der Walt, ’n inwoner, het onlangs besluit om iets hier aan doen. Só werk Piet Riet (foto) sedert September Maandae in die omgewing om alle afval in vullissak ke te gooi en die sakke dan op die straathoe ke te los vir die munisi pale vragmotor om dit Dinsdae te verwyder. Van der Walt is passie vol oor die woonge bied en het selfs die stuk oop grond op die hoek van McDougall straat en Queenweg skoongemaak. Foto: Ruan Bruwer
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Eksamenvraag laat tonge klap DIE departement van basiese onderwys sit met soveel verleentheid oor die omstrede vraag in die matrieks se dramavraestel dat geen verduideliking – hoe opreg ook al bedoel – dit sal kan verwyder nie. Dramaleerlinge het verlede Maandag ’n verpligte vraag oor ’n uittreksel uit die toneelstuk Tshepang gekry wat deur die wrede verkragting van die nege maande oue baba Tshepang op Upington geïnspireer is. Die leerlinge moes beskryf hoe hulle die akteur ’n verkragtingsdaad sal laat uitvoer met ’n besemstok en brood om die wreedheid daarvan te beklemtoon. Dié vraag het ouers, leerlinge en drama-onderwysers eweneens die harnas in gejaag en die strydbyle teen die departement laat opneem. Die departeSó maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
ment het teruggekap deur te sê verkragting is ’n werklikheid in Suid-Afrika waaraan jong mense daagliks blootgestel word. Die departement is reg wanneer hy sê verkragting is iets wat matriekleerlinge waarskynlik al in klasverband behandel het of elders aan blootgestel is. Hy mis egter die punt. Niemand ontken verkragting is iets waarvan jong mense bewus moet wees nie. Die manier waarop die departement die onderwerp benader het, grens egter aan onverantwoordelik. Opvoeders moet omsigtig te werk gaan wanneer hulle die onderwerp met jong mense behandel.
Minimum 14 °C 14 °C 18 °C 18 °C
Maksimum 33 °C 34 °C 35 °C 38 °C
SKETS: Danie Cronjé
Bid saam met boere vir reën Hannes Noëth INTERESSANT hoe vreemde dinge soms gelyktydig gebeur. Op dieselfde oomblik dat ek ’n foto per SMS van ’n boer ontvang wat wys hoe droog dit is, loop ek om die park voor my huis. Die kontras is ironies erg. As dit nie so hartseer sou wees nie, sou dit snaaks kon gewees het. Die foto getuig van wanhoop, moedeloosheid en magteloosheid. ’n Foto wat getuig van geen reën oor maande en seisoene heen nie en honger diere. Die park voor my huis is oorstroom met water. Vier dae aaneen loop die sproeiers. Ek kry nie ’n
plek om dit toe te maak nie. Die munisipaliteit antwoord nie en toe hy antwoord, het niemand juis lus geklink om te help nie. Daar is blykbaar oor twee weke ’n belangrike herdenkingsgeleentheid in die park. Daarom dat die park so baie aandag kry – gras word gesny en die sproeiers loop gereeld. Die hartseerste is die sproeiers is aan vergeet. Nie ’n dag nie, nie twee dae nie, al vier dae. Terwyl die kosbare water uitstroom, is ons
GEBEURTENISSE op 4 Desember in die verlede: 1791 – Die oudste Sondagblad in die wêreld, The Observer in Brittanje, verskyn die eerste keer. 1900 – Emily Hobhouse kom in Suid-Afrika aan om in die Anglo-Boereoorlog noodlenigingswerk onder Boerevroue en kinders te verrig. 1966 – Britse en Rhodesiese leiers kom byeen om die geskil oor Rhodesië se eensydige onafhanklikheidsverklaring te probeer oplos. 1976 – Minstens 20 mense sterf in swart faksiegevegte in Kaapstad. 1981– Ciskei word ’n onafhanklike tuisland. 1991 – Die Suid-Afrikaanse skrywer Nadine Gordimer, wat in Swede is om die Nobelprys vir letterkunde te ontvang, vra dat ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika volgehou word. 2001 – Marike de Klerk, gewese vrou van oud-pres. F.W. de Klerk, word vermoor in haar woonstel in Table View, KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Motoriste in die Noord-Kaap, asook besoekers aan die provinsie, sal moet ligloop. Mac Jack, LUR vir vervoer, het op die bekendstelling van die program gesê onskuldige bestuurders, passasiers en voetgangers word die slagoffers van ander mense se roekelose manier van bestuur en ongeduld op die pad. Hy het die R31 (tussen Kimberley en Barkly-Wes) en die N12 (tussen Warrenton en Hopetown) as berugte doodspaaie beskryf. Die verskillende wetstoepassingseenhede sal sterk op dié paaie fokus. ) Die gemeenskap in Galeshewe huil oor die wreedaardige verkragtings en moorde van vroue. ’n Ses weke oue baba en ’n bejaarde vrou (87) is ook in Galeshewe verkrag. Die vrou is ook vermoor. Al twee slagoffers is na bewering aangerand deur mense wat hulle geken het. Die beskuldigde het op aanklagte van verkragting en poging tot moord op ’n polisieman (in ’n onverwante voorval) verskyn. Hy sal weer op 12 Desember in die hof wees. Die man het glo ’n BCom-graad. ) Alle skoolhandboeke vir die nuwe skooljaar in die Noord-Kaap is reeds afgelewer. Só sê Lehuma Ntuane, kommunikasiehoof van die onderwysdepartement. Die aflewering van die handboeke is in die tweede week van November afgehandel. Die departement van basiese onderwys het besluit alle provinsies moet die aflewering
magteloos om ’n verandering te bring. Daardie onthou het ná vier dae gekom. En terwyl ek ’n getuie van die vermorsing is, treur ons in ons hart saam met die boere. Daar is nie ’n plan B nie. Reën is dringend nodig. Selfs ons in die stede wat dink ons is minder afhanklik daarvan besef water is ’n mees basiese behoefte. Daarom dat ons sorgsaam daarmee moet omgaan. Nie lukraak kan mors en krane oop vergeet nie. Wat ’n voorreg om water te mag hê en sterkte aan boere wat wag op reën. Ons bid saam met julle. En aan almal: Laat ons nie met die water aan ons toevertrou is, mors nie.
Kaapstad, aangetref. 2007 – Die voormalige Pakistanse premier Benazir Bhutto en 20 ander mense sterf in ’n sluipmoord-aanval in Rawalpindi. Sy was besig met ’n verkiesingsveldtog. 2008 – Louis Stofberg, die enigste mens wat as lid van die Herstigte Nasionale Party (HNP) ’n parlementsetel kon wen, sterf op 81 jaar. Geboortes op die dag: 1936 – Ena Murray, Afrikaanse skrywer. 1949 – Jeff Bridges, Amerikaanse akteur. 1967 – Marc Lottering, komediant.
van handboeke teen die einde van Oktober afhandel. ) Die kop van die omstrede burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, Agnes Ntlangula, het eerste gerol toe die ANC die sweep oor die munisipaliteit geklap het. “Ruk jou reg” was die duidelike boodskap aan die munisipaliteit én sy politieke ampsdraers. Dié aankondiging kom nadat die stad die afgelope jaar telkens lang wateronderbrekings ervaar het. Rommel in die strate het toenemend ’n verleentheid en ergernis vir inwoners geword. Ntlangula word vervang deur Dave Molusi, ANC-hoofsweep in die wetgewer en ’n voormalige LUR vir gesondheid, asook vir paaie en openbare werke. ) John Block, LUR vir finansies, ekonomiese sake en toerisme, se aansoek om verlof tot appèl teen die beslaglegging op sy Trifecta-aandele en ’n gastehuis op Upington is in die hooggeregshof afgewys. Regter B.M. Pakati het bevind die beslagleggingseenheid het bewys die 25 Trifecta-aandele en die verbeterings aan die gastehuis is uit korrupte handelinge betaal.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Onskuld uitgebeeld Ruan Bruwer IS WEER SAGIE is die tweede roman in die drieluik wat Jan van Tonder beoog oor die jong man Sagie en sy lewe van onskuld en half verstaan. Dit hervat Sagie se verhaal vier jaar nadat hul bure, die De Wets, met hul dogter Ansie uit die distrik Ladismith in die Klein-Karoo vertrek het. Sagie boer steeds saam met sy pa, Barend, maar wanneer hy ook al ’n tydjie kan afstaan, bou Sagie aan Ansie se huis: Hy glo Ansie sal terugkeer sodra rook uit die skoorsteen trek . . . Is weer Sagie is ’n aangrypende, deerniswekkende leeservaring oor Sagie se groei na volwassewording. Die trefkrag van die verhaal lê in die fyn en onderbeklemtoonde uitbeelding van emosies in die wêreld van eenvoud en onskuld. Soos die eerste roman oor Sagie is die een weer ’n diep menslike verhaal wat baie lesers sal raak. Kategorie: Fiksie. Formaat: Sagteband, 191 bladsye. Uitgewer: Human & Rousseau. Onlangse publikasies: Roepman, Stargazer en Is Sagie. Oor die skrywer: Jan van Tonder (59) het in Durban grootgeword. Hy het ’n universiteitsgraad in sielkunde en kriminologie en beskik oor ’n skipperslisensie. Hy het in 1979 in die tronk begin skryf toe hy in die Point-gevangenis in Durban as bewaarder begin werk het. Die verhaal is gepubliseer en as Huisgenoot se kortverhaal van die maand aangewys. Naas tronkbewaarder was hy ook al kaartjieondersoeker, stoker, restaurantbestuurder, opleidingsbeampte, joernalis, skilder en skrywer.
Sy roman Roepman is wyd deur resensente geloof, was op verskeie kortlyste vir pryse en is ook in Nederlands vertaal. Die rolprent daarvan is in 2011 uitgereik.
!
Om ’n kans te staan om die en vyf ander Afrikaanse boeke te wen gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies”.
Nocasa hou inligtingsessie DIE Noord-Kaapse Federasie vir Watersport in die Noord-Kaap (Nocasa) en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport bied môre om 18:00 ’n inligtingses-
sie rakende aanvullings en wat in aanmerking geneem moet word, by die Karen Muir-swembad aan. Navrae: Deon Steyn by 083-281-4043.
PAYING OFF YOUR LOAN OVER A SHORTER PERIOD OF TIME SAVES YOU MONEY No matter what anyone tells you, the longer you take to pay back a loan the more it costs you. At Old Mutual we don’t make paying off your loan longer than it should. Instead, our plans are designed to assist you in getting out of debt sooner rather than later. Let us help you find a loan that suits your needs. Because if you borrow responsibly, there is such a thing as good debt. VISIT ONE OF OUR BRANCHES COUNTRYWIDE, CALL US ON 0860000886 OR SMS YOUR NAME TO 41575 AND WE WILL CALL YOU www.omfinance.co.za
Terms and Conditions apply. NCRCP35
Old Mutual Finance is a Licensed Financial Services and Registered Credit Provider
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
FOKUS OP CALVINIA
Dorp bied ontvlugting IN Suid-Afrika se grootste provinsie, die Noord-Kaap, omtrent halfpad tussen Kaapstad en Upington in die Karoo, lê die klein dorpie Calvinia in die hart van die HantamKaroo gesetel. Die dorp lê in ’n kom gevorm deur twee bakens, die Hantamberg en dan Rebunie wat van ver af sigbaar is en uit elke rigting ’n ander vorm aanneem. Die dorp het baie interessanthede om te verken soos die prettige museum, staproetes in die Akkerendam-natuurreservaat net buite die dorp, wonderlike oornagplekkies soos die Calvinia-hotel en kleurryke karakters wat die strate bewandel. Die heiligdom van stilte genaamd Calvinia is ’n dorp waarop die mense nog plat op die aarde is, waarop jy ’n vreemdeling kan voorkeer en vra vir die kortste pad na jou bestemming, of sommer net om te gesels oor alledaagse dinge. Hier kan jy jouself toelaat om in die verlede terug te tree terwyl jy steeds alle moderne geriewe tot jou beskikking het. Op Calvinia kan jy wegkom van die oorlaaide vakansieoorde en jou kragte opbou omring van die rustigheid van die omgewing. Jy mag dalk soos ’n verlore seun opdaag, maar word gou soos ’n ou ingesetene verwelkom. Calvinia is ’n dorp vasgevang tussen die hede en die verlede waar dinosourusse 250 miljoen jaar gelede rondgeloop het en ’n erfenis van ’n besonderse fauna en flora en interessante geologiese verskynsels nagelaat het. Die lewe op die skilderagtige dorp voel of dit stadiger beweeg as elders sodat jy meer tyd vir die goeie dinge in die lewe kan hê. Hier, naby die grootste posbus in die wêreld, speel jy woestyngholf terwyl llamas toekyk. In die plaaslike museum maak jy kennis met ’n wollerige skaap met ’n vag van 38 cm wat voorheen drie jaar alleen in die veld oorleef het. Die Hantam is vleiswêreld waar die jaarlikse Hantam-vleisfees al van 1990 af elke laaste naweek van Augustus met oorgawe gevier word. Hier word gesmul aan skaap-
DIE reusagtige posbus op Calvinia. vleisgeregte voorberei uit elke deeltjie van geurige Hantam-lammers. Die enigste hotel op die dorp, die Calviniahotel, vroeër bekend as die Hantam-hotel en nog vroeër as die Royal-hotel, is heeltemal gerestoureer en die beroemde dansparty wat in 1926 vir die Earl of Athlone hier gehou is, word nou gereeld vir langarm-entoesiaste herhaal. Die hotel spog ook met ’n swembad op die boonste balkon, 25 en suite-kamers met DStv en gratis Wi-fi, konferensiegeriewe vir meer as 80 mense en ’n biertuin. Gaste kan ook van die restaurant en kroeg met veilige parkeerplek vir gemoedsrus gebruik maak. Vanjaar het die Tankwa-lodge, wat verbind is aan die Calvinia-lodge, ook sy vir die publiek oopgemaak. Rig navrae oor die Calvinia-hotel aan 027-341-1512 of e-pos book@calviniahotel.co.za.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
JHB 44703
LOWEST GUARANTEED FLAT CALL RATE
GOODIE BAG INCLUDES
ENERGIZER POWER PACK
YOUR SHARE OF
R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.
Available at the following Cell C stores:
Nokia Lumia 520 Smartphone
R129
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
100
MB DATA
Samsung Galaxy S3 Mini Smartphone
R169
Samsung Galaxy S4 Smartphone
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MINUTES
100
SMS/MMS
R389
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100
MB DATA
100
MINUTES
100
SMS/MMS
1GB
MB DATA
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.
FEATURES: Android 4.3 (Jelly Bean), 1Ghz Dual-Core Processor, 8GB Onboard memory, 4” super AMOLED Screen.
FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
CHANGE TO CELL C AND cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN ENDS 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 December – 31 December 2013. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Kimberleigh by nuwe tuiste Ruan Bruwer DIE verhaal van Kaptein Seeley, oftewel Kimberleigh, het toe ’n gelukkige einde. Die hond is ná langer as ’n week uit die Groot Gat gered, is nou weer perdfris en gelukkig by haar nuwe eienaar. Volgens Mario van der Westhuizen, inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV), het hy Vrydag Seeley se
huis geïnspekteer en dit geskik gevind. Seeley het die hond daarna gaan afhaal. Van der Westhuizen sê hy het nie weer iets van Seeley gehoor nie, dus vertrou hy die hond is gesond. ’n Skikking is Vrydag tussen die DBV en past. Chris Baadjies se regspanne bereik. Daar is ooreengekom Baadjies skenk Kimberleigh aan die DBV en sy word vir aanneming beskikbaar gestel.
Vermaak in Kby DIE RSGomroeper Ian Wes sels voer Vrydag sy solover toning, Ek’s anoniem!, in die William Humphreyskuns galery op. In die komedie bekyk Wessels alledaagse situasies waarin enigeen sal wens hy of sy kon liewer anoniem gewees het. Dit begin om 19:00. Kaartjies is teen R100 by Computicket of by 0837468385 be skikbaar.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Vida werk verlede by Carine Beylefeld KIMBERLEY is alombekend vir sy interessante geskiedenis wat goed opgeteken is en behoue gebly het. Sonder sy geskiedenis sou Kimberley nie so interessant gewees het nie. Een van daardie mense wat dit in stand help hou en voortdurend nuwe geskiedenis navors en aanteken, is Vida Allen, hoof van die geskiedkundige afdeling van die McGregormuseum. Allen (56) werk bykans 30 jaar hier en het al baie lof verdien vir die werk wat sy so passievol doen. “Ek het van jongs af in geskiedenis belang gestel en het baie gelees. Wanneer ek ’n monument gesien het, wou ek altyd meer daaroor geweet het,” vertel sy. Sy het op Griekwastad grootgeword waar haar pa, ds. Pieter Botha, ’n predikant was. Ná sy dood het hulle na Kimberley verhuis en sy het haar skoolloopbaan aan die Diamantveld Hoërskool voltooi. Sy het dus ekstra plesier beleef om te help met die navorsing vir ’n boek wat die skool met sy 75-jarige bestaansviering onlangs uitgereik het. Sy het biblioteekkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer. In 1978 het sy na die Diamantstad teruggekeer om in die Afrikana-biblioteek te werk. Sy sê een van haar take is om die museum se argief oor die die geskiedenis van die Noord-Kaap, Griekwaland-Wes en Kimberley bygewerk te hou. Sy en haar sewe kollegas is ook verantwoordelik vir die permanente uitstallings in die provinsie. Met die jare se navorsing het sy twee boeke uitgereik: Early Kimberley – A photographic souvenir en Malay Camp: A forgotten suburb. Sy was die mede-outeur van Green Point – A forgotten suburb en The struggle for liberation and freedom in the Northern Cape 1850-1994. Laasgenoemde boek word binnekort uitgereik. Behalwe vir lees, swem sy graag en besoek gereeld die gimnasium. Naweke kuier sy lekker saam met
9
SHOWTIMES FRIDAY 29 NOVEMBER - THURSDAY 5 DECEMBER
SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED
NORTH CAPE MALL MANDELA: LONG WALK TO FREEDOM ¸ ˛Ç
NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES
Daily: 11:00, 14:00, 17:15, 20:30
——————————————————————————————————
SCHUKS!YOUR COUNTRY NEEDSYOU ¸ ˛Ç
Fri, Sat: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:00 Sun: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45 Tue: 9:45, 12:00, 14:45, 17:30, 19:45, 22:00 ——————————————————————————————————
HUNGER GAMES: CATCHING FIRE
˛Ç
Daily: 9:00, 11:15, 14:30, 17:45, 20:45 Fri, Sat,Tue: 22:45 ——————————————————————————————————
JUSTIN AND THE KNIGHTS OF VALOUR ˛Ç ∂
Fri, Sat: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:15 Sun: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30 Tue: 9:15, 11:30, 14:15, 16:45, 19:30, 22:15 ——————————————————————————————————
THOR: THE DARK WORLD
˛Ç
AS JY SING
˛Ç ƒ
Fri, Sat,Tue: 12:15, 15:00, 17:30, 20:00, 22:30 Sun, Mon,Wed,Thu: 12:15, 15:00, 17:30, 20:00 —————————————————————————————————— Daily: 9:30, 12:30, 15:15, 17:45, 20:15 MORE WAYS TO BOOK
Follow us
TicketLine
082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.
sterkinekor.com
/sterkinekortheatres
APP
@sktheatres
Wen só fliekkaartjies
VIDA ALLEN, hoof van die geskiedkundige afdeling van die McGregormuse um, by ’n kennisgewingbord in die museum wat in die vorige bedeling oral in die land te sien was. Foto: Carine Beylefeld vriende en is by Beaconsfield se Metodistekerk betrokke waar sy die Nagmaalkelner is. Vida sê sy wil oor agt jaar aftree en dan graag by die
One thing we have right IT was 02:00 and West 47th Street was still buzzing. The man behind the Sorbetti hotdog stand was busy as a bee and the Indian man behind the Newsstand counter had his hands full with demanding customers. My friend was babbling about the off-Broadway comedy production we had just seen, but I had my eyes fixed on the steps of the small chapel to my right. There, down and out with life, sat a woman with her head between her knees, sobbing as if her heart was breaking. I stopped to see if any of the bypassing New Yorkers would bother to aid to her or ask her what was wrong. However, none of them even as much as cast a glance her way. Only then I realised I was a long way from home. The individualistic, driven, actionoriented Americans taught me a lot. I learnt to talk about pressing issues. South Africans have this “sweep-everything-under-the-rug mentality” which, let’s face it, is not getting us anywhere. I learnt to appreciate service delivery. One thing to know about the Americans is that anything slower than fast is unacceptable. I learnt the importance of pride. The moment we start taking pride in our nation, we will be motivated to solve pressing issues. Lastly, and perhaps most importantly, I learnt the importance of humanity which most Americans lack. I think back to that poor woman out on the curb in New York and in many aspects, life. If she had been sitting like that on our streets someone would undoubtedly have sympathy with her. That is what we as South Africans have right. And we must fight to keep it that way. ) Zanri finished her first year of Media Studies at the University of the Free State (UFS). She matriculated in Kimberley in 2012. She was granted an opportunity to travel to America as part of an exchange programme the UFS offered to first-year students.
see gaan woon. Sy en haar man van 30 jaar, Ramon, het twee seuns, Aronsard en Gareth.
FLIEKFLOOIE sal bly wees om te verneem drie gelukkige lesers kan elke week met Noordkaap vier kaartjies elk met die vergunning van Ster-Kinekor wen. Die fliekgids vir die rolprente wat in die Ster-Kinekor-rolprentteater in die North Cape-winkelsentrum vertoon word, word ook voortaan weekliks in Noordkaap geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat van Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur,
wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek gerus Noordkaap se webtuiste, www.noordkaap.co.za, of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van die drie wenners van vier fliekkaartjies te wees gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien hoe om te maak om deel te neem. Let wel: Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe uitreiking nie.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
PERSOONLIKE DIENSTE
BOEDELKENNISGEWINGS
LOSIES AANGEBIED 3280
LENINGS 1445
VERBLYF VIR SKOOLGAANDE KINDERS: AP Kerk-lidmate. Laerskoolkinders wat in Kimberley moet skoolgaan in 2014. Veilige verblyf teen R150 per dag. Vervoer kan ook gereël word. Bekende ouerpaar. Skakel: 053 861 2343 ná 17:00.
BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
EARN R800 IN YOUR FIRST WEEK, GUARANTEED. Data Hub needs some workers to fill out forms (with or without a computer). Easy step-by-step tutorials. Own hours. SMS name, postal or e-mail address to 073 374 8703 or datahubb@yahoo.com APPLICANTS NEEDED FOR DATA, copy/paste work in 2014. For info SMS name and address to 071 548 6944.
LANDBOU 3610
JUNIOR SALES CONSULTANT: Kimberley, R10 000 plus car plus comm. Min 2 yrs' agricultural industry sales experience essential. E- mail CV: tracy@deckergroup.co.za
ALGEMEEN 3680
Organiseerder en afleweraar benodig vir koerante en tydskrifte in Lime Acres. Skakel Grandston Morgan 051 404 7939.
KLEINHANDEL
TE KOOP
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
KENNISGEWING: BOEDEL VAN WYLE HENDRIK STEPHANUS HENNING. LIKWIDASIE- EN DISTRIBUSIEREKENING. In die boedel van wyle HENDRIK STEPHANUS HENNING, identiteitsnommer: 340907 5042 085 en nagelate eggenoot ELIZABETH SUSANNA HENNING, identiteitsnommer: 320407 0031 088 van Reg de Villiersstraat 37, Kimberley. Meester se verwysing: 3778/2011. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 6 Desember 2013. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur. DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Hen17/0005 KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDELS In die boedel van wyle JACOBUS SCHALK VAN HEERDEN, identiteitsnommer 220421 5037 082 en nagelate eggenoot SARAH JOHANNA VAN HEERDEN, identiteitsnommer 340223 0004 082, van Huis 9, Stillerweë Aftreeoord, Kimberley. Meester se verwysing 2869/2013. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Van947/0001.
E IC
IC
L
1660
YORKIES TE KOOP: KLEIN TIPE. Kan KUSA-registreer. Skakel 082 819 0767.
PO
TROETELDIERE
A FRI
AN
1655
LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg, R70.00. Contact 084 642 0038 or collect at The Bakers Dream, cor. George and Waterworks Streets.
TH
C
ALLERLEI
S OU
3740
ASSISTANT STORE MANAGER. Kimberley, R10 000 + benefits. Min 3 yrs fashion retail store exp and some management exp. is ess. E-mail CV: tracy@deckergroup.co.za
E S E RV
SOUTH AFRICAN POLICE SERVICE
ERRATUM
Police Trainees: Basic Police Development Learning Programme Please be advised that the closing date for applications has been extended to 6 December 2013. Enquiries can be directed to PO Syfers/PO Raaf at (053) 839-3724 We apologise for any inconvenience caused.
G E K L A S S I F I S E E R D
BO: Vier leerlinge van die Hoër Tegnie se Skool Kimberley is met erekleure (wit baadjies) vereer vir die hoogste presta sie in die skool gele wer. Van links is Pa balelo Otsheleng (wenner van Toyo ta Tegniese Oplei dingsprogram), Thuli Molebalwa (Springbokkleure in Landsdiens en pro vinsiale leier), Mo hamed Rosenberg (provinsiale hokkie van gr. 8 tot gr. 11, asook vir senior pro vinsiale hokkie) en Tsepo Ntuli (krieket, Griekwas o.19 span). Foto’s: Ruan Bruwer
Gereed om skool te lei DIE skool se hoofleiers vir 2014 is van links, voor: Andrea van Heer den en Selby Lucas (voorsitters); agter: Rethabile Thebe en Zaylor Koortzen (ondervoorsitters). DIE sportuitblinkers van die Laerskool Staats was van links Shani van Rooyen (sportmeisie van die jaar), Erlank Barnard (sportseun van die jaar), Rinskemarie du Plooy (derde plek nasionaal in ritmiese gimnastiek op hoëprestasievlak 3) en Tristen Pinetown (eerbe wys vir die hoogste pres tasie in sport vir haar 9de plek in naellope op die nasionale atletiekkam pioenskap vir laerskole).
Human Communications 104979
SAKE
GELEENTHEDE 2415
CHOCOLATES/SWEETS/BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution business. Affordable! Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net
VOERTUIE
BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010
2001 HILUX, R59 500. 2001 Ranger, R45 000. 1993 Nissan 1400, many extras, R27 000. 071 967 0285.
MOTORS TE KOOP 3025
2006 PEUGOT 1107: R59 500. 1997 Mercedes, R32 500. 1998 Uno, R21 500. 071 967 0285.
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
CASH FOR CARS and bakkies. R20 000- R40 000. Sms/whats App 071 967 0285.
EIENDOMME
AKKOMMODASIE OM TE DEEL 3210
BAIE NETJIESE verblyf vir UV- en SUT-studente in huislike omgewing in Universitas, Bfn. Skakel 082 411 4759.
DIE nuwe hoofleiers van die Laerskool Staats is van links, voor: Tyler Anthony en Jan Harm Duvenhage (ondervoorsitters); agter: WillMarie Langeveld en Erlank Bar nard (voorsitters). DRIE van die skool se leerlinge het in die afgelope jaar hul nasionale kleure in sport verwerf. Hulle is van links DJ Mey er (kaalvoetski), Ga vin Swartz en Niel Swartz (albei kara te).
OP die Laerskool Staats se prysuitdeling het Jodi Botha die eerbewys vir die hoogste prestasie in ’n kultuuraktiwiteit ontvang toe sy 94% in die halfeindronde van die ATKVre denaarskompetisie behaal het. Nico du Plooy is die skool se duxleerling.
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
11
Speel vir Griekwas krieket DIE Griekwas in die o.19span wat van 16 tot 20 Desember op die Khaya Majo laweek in Durban gaan speel, is van links, voor: Wazeed Alexander, Maghiel Brits, GM Bruwer (kaptein), Rikus Swart, Pule Mokwe na en Aiden Broo ker; agter: Peter John Goeieman, Ainsley Bok, Tshepo Ntuli, Patrick Kruger, Franco Swart, Aus ton Williams en Johannes van Zyl. Foto’s: Ruan Bruwer
DIE spelers wat die Griekwas se o.19krieketmeisiespan van 4 tot 8 Desember in Kaapstad verteenwoordig, is van links, voor: Natalie Darries, Cladia Velskoen, Lulu Smith, Genevieve Swartz (kaptein), Zarelle van Wyk en Noluthando Laven; agter: Amogelang Mohale, Elouise Fredericks, Kerrin Klaaste, Dionne Visser, Naledi Lojane, Ellen Kotzé en Letitia Human.
DIE Griekwas in die o.17 krieketspan wat van 6 tot 10 Desember in die Paarl en op Stellenbosch gaan deelneem, is van links, voor: Triston Traugott, Roche Rossouw, Ruben Visagie (kaptein), Marco de Kock, Andries Swart en Leon Lubbe; agter: Hannes Jacobs, Nealan van Heerden, Motheo Manake, André Share, Richard Ntumka, Matthew Rohlandt en Sabata Molethi.
DIE spelers wat van 13 tot 17 Desember vir die Griekwas se o.15 krieketspan in Johannesburg gaan speel, is van links, voor: Wiaan van Niekerk, Simon Muller (kaptein), Craig Pinetown, Bernu Engelbrecht, Matthew Wessels en Benjamin van Rensburg; agter: Themba Maupa, Kathlego Lukas, Rikus Pretorius, Johan van der Ryst, Mario Zacharia en Shaquille Cloete. Afwesig: Precious Proffie.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013
Sport Die Diamantstad se koerant
Nocasa-gala die naweek gehou
DIE Noord-Kaapse Federasie vir Watersport in die NoordKaap (Nocasa) se jaarlikse snelswemgala word Vrydag en Saterdag by die Karin Muirswembad aangebied. Nagenoeg 400 swemmers van die Noordwes, Noord-Vrystaat, Vrystaat, Noord-Kaap en Namibië gaan oor die twee dae
Slaags in reeks
DIE Laerskool Eureka se o.13Akrieketspan het verlede week sy titel as kampioen van die T20McDonaldsStaatsaandreeks ver dedig toe hy die Laerskool Newton in die eindstryd verslaan het. Eureka, wat het die reeks onoorwonne afgesluit het, het met 63 lopies koning gekraai. Newton het wel met sy Bspan in die kom petisie gespeel. Tiaan du Plessis was Eureka se groot staatmaker met die kolf en het presies die helfte (51) van sy span se totaal (102/5 in 20 beurte) aangeteken. PieterGys de Kock het die beste onder Newton se boulers gevaar. Sy boulsyfers was 2/11 in 4 beurte. Newton is in 12 boulbeurte vir 31 uitgehaal met Hanco von Abo wat met 4/11 in 4 beurte geskitter het. Henrie Swiegers (foto) het een of twee netjiese dryfhoue gespeel, maar is goed koop (vir vyf lopies) uitgehaal. Foto’s: Ruan Bruwer NÁ die reeks is ’n speler, bouler en kolwer van die reeks aange wys. Hulle is Erlank Barnard (middel, Laerskool Staats), Ferdi van Soelen (regs) en Brett Moses (links, al twee van die Laerskool Newton). Erlank het 235 lopies aangeteken en 9 paaltjies geoes. Ferdi het 10 paaltjies (teen ’n gemiddelde van 8,8) laat kantel. Moses se 204 lopies het teen ’n gemiddelde van 29,1 gekom.
Sporttrivia: Antwoord en wen DIE Proteas en Indië sê mekaar môre die stryd in die eerste van drie eendagwedstryde aan. In vandeesweek se sporttrivia kyk ons na rekords tussen die twee lande in internasionale eendagkrieket: ) Sedert die twee lande die eerste keer in 1991 kragte gemeet het, is 67 wedstryde beslis waarvan Suid-Afrika 40 gewen het teenoor Indië se 25. Twee wedstryde was onbeslis. ) Die grootste totaal is in 2010 deur Indië aangeteken – 401/3. Dit was die wedstryd waarin Sachin Tendulkar die eerste speler nog geword het om ’n 200-tal in ’n eendagwedstryd te moker. Die Proteas se meeste lopies in ’n kolfbeurt teen Indië – 365/2 – is drie dae later in Ahmedabad behaal.
) Indië se laagste totaal is 91 waarvoor hy in 2006 in Durban uitgehaal is. ) Die grootste sege (met lopies) is in dieselfde wedstryd waarin die Proteas met 157 lopies geseëvier het. Suid-Afrika het twee keer (in 2000 en 2005) met 10 paaltjies gewen. ) Tendulkar se 2001 lopies is verreweg die meeste tussen die twee lande. ) Shaun Pollock met 48 het weer die meeste paaltjies laat kantel. ) Die beste boulsyfers is in 1999 deur Sunil Joshi behaal toe hy 5/6 in 10 boulbeurte platgetrek het. ) Die hoogste vennootskap om enige paaltjie was in 2000 die 235 lopies tussen Gary Kirsten en Herschelle Gibbs.
Beantwoord die volgende vraag korrek en jy staan ’n goeie kans om met die geskenkpak van R250 van SuperSport weg te stap: Wat is die laagste totaal in ’n eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië? Dit is maklik om vir die prys in aanmerking te kom. Stuur net ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die sleutelwoord “Trivia”, gevolg deur jou naam, van en antwoord. Byvoorbeeld: Trivia, Jan Alleman, 200. Jy kan jou tot Maandag om 10:00 inskryf. Jy kan jou soveel keer inskryf soos jy wil. Elke SMS kos R1,50.
hul slag in die water kom wys. Na verwagting sal die Kimberleyse swem-ster Charl Bouwer ook in aksie wees. John Seeley en sy hond, Kimberleigh, sal as eregaste teenwoodig wees. Die aksie sal op al twee dae om 09:00 begin.