Noordkaap 20131211

Page 1

Tel (053) 831 2331

Die Diamantstad se koerant

Woensdag 11 Desember 2013

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Kamer dra sy naam

DIE Madiba­kamer in die Edgerton­gastehuis het al drie keer die geliefde Nelson Mandela in Kimberley gehuis­ ves. Ná sy eerste besoek is dit na hom genoem. Foto’s: Ruan Bruwer

Foto saam met Madiba ’n voorreg vir pastoor EEN van die gelukkige mense wat ’n foto saam met Nelson Man­ dela het, is past. Hansie Smit, tot verlede jaar ’n pastoor aan die AGS­Diamantstad­Tabernakel. “Hy (Mandela) was een Sondag in die omgewing en het vir die premier van daardie tyd, Manne Dipi­ co, gesê hy wil graag ’n diens hier bywoon,” het Smit verduidelik. Dit was met sy derde besoek aan Kimberley in 1998. Foto: Verskaf

’n KAMER in ’n gastehuis in Kimberley is sover vasgestel kon word al een in die Diamantstad wat die geliefde afgestorwe Nelson Mandela se naam dra. Die Madiba-kamer in die Edgerton-gastehuis in Belgravia het al drie keer die geliefde Mandela in Kimberley gehuisves – in Oktober 1996, September 1997 en Mei die volgende jaar. Die kamer waarin Madiba die eerste keer gebly het se naam was eers die Sacke-kamer. Volgens die vorige eienaar, Henry Sacke, het hy Mandela gevra of hy daardie kamer na hom kan noem en Madiba het sy toestemming gegee. “Madiba het gesê ‘met plesier’.” In die gasteboek, wat van groot waarde vir Sacke is, het Madiba geskryf dit was ’n plesier om daar te bly en om deur die eienaar van die gastehuis onthaal te word. Mandela was volgens Sacke so ingenome met die gastehuis dat hy die bouplanne aangevra het, aangesien hy dieselfde huis op Qunu wou bou.

BEN MAGUGWANA, ’n tuinwerker van die gastehuis, was al die kere dat Nelson Mandela in die gastehuis tuisgegaan het teenwoordig. Hy sê dit was “ ’n groot oomblik van blydskap” toe hy Mandela se blad geskud het. “Hy het uitgevra van watter kultuurgroep ek is. Dit was ’n donker oomblik toe ek hoor hy is oorle­ de,” het Ben gesê. Links: ’n Skildery van Madiba hang ook in die kamer.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Be comfortable in yourself IN a world where you can be anything, just be yourself. However, this is easier said than done. We live in a society where our behaviour is often shaped by the beliefs and actions of others. We allow ourselves to be limited by the limits of others. This phenomenon can perhaps be explained by one’s “looking-glass self”, a social psychological concept developed by Charles Horton Cooley, an American sociologist. The looking-glass self has three main components: We imagine how we must appear to others, we imagine and react to what we feel their judgement of that appearance must be and we develop ourselves through the judgement of others. The looking-glass self makes prisoners out of free people. We hide who we really are through fear of judgement. By doing so we are indirectly limiting ourselves to reach our full potential. You might wonder how getting a tattoo, dying your hair an odd colour or being openly homosexual (and proud) can help you reach your full potential, but it’s a question of freedom. If someone has the courage to live like this, it means he or

she is comfortable in his or her own skin and can live by his or her own limits and not according to the limits of others. Immediately that person can do things freely, express him- or herself and care less about the opinions of others. It’s a ripple effect. People who have made themselves free from the judgement of others and shattered their looking-glass self give off a positive energy and radiate self-confidence. It is easier to love yourself when the opinion of another is like water off a duck’s back, because that’s the moment you stop living your life the way others want you to and start doing what makes you happy. We need to stop living as if we are on trial. Life is not a court case and we are not being judged. Besides, those who judge you are unhappy with their own lives, or at least that’s what I believe. Why else would they concern themselves with yours? What other people think of you is none of your business. Shatter your looking-glass self and be the real you, because so many things in life are fake.

Province cleans up its act Ruan Bruwer en Zanri Kotzé

IN an effort to seriously act on the desperate situation Kimberley finds itself in regarding litter, the local government intervened. In many areas one could with reason wonder if the city has cleaning services at all. The municipality only collects the rubbish in black bags. The problem lies with the rubbish that is simply left next to the road or dumped just outside the city limits. Finally realising this, the local government launched the Clean and Green Project last week. Sylvia Lucas, premier of the Northern Cape, stated that environmental issues have gained much prominence over the last few years. This resulted in the provincial government committing itself to creating work opportunities within the environment sector of the Expanded Public Works Programme. “Every one of us has a role to play in sustaining our clean and green environment. “If we are responsible for our actions and show care and respect for those around

us, the Northern Cape will continue to thrive as a beautiful, clean and green province,” Lucas said. She said the government was committed to staying green and clean because it was as important as ever – in recent times the population has grown, more energy is consumed and more waste material is generated. This programme stretches further than merely cleaning the environment. About 930 people are appointed for this project of whom 359 are women. However, this is only a six-month project. According to Lucas, they are determined to change the face of the Northern Cape, and Kimberley in particular, from “a dusty town with mine heaps to a clean and green city that thrives”. Training of beneficiaries will take place in partnership with the National Department of Public Works. “I was pleased to learn that the Department of Roads and Public Works have partnered with the Sol Plaatje Municipality in terms of the collection of waste.” Waste will be separated into different waste endproducts and followed by disposal and recycling.

Goeie daad gryp aan Zanri Kotzé

Kennisgewing aan lede van die De Beers Equal Allocation Trust (EAT) Indien jy op 18 April 2006 ‘n aktiewe werknemer of pensioenaris van die De Beers Group of Companies se Suid-Afrikaanse ondernemings (De Beers Consolidated Mines Proprietary Limited, De Beers Group Services Proprietary Limited, De Beers Marine Proprietary Limited, The Diamond Development Company Proprietary Limited, De Beers Pension Fund en De Beers Benefit Society) was, sou die Trustees van die De Beers Equal Allocation Trust (EAT) vroeg November 2013 ‘n brief met ‘n aanbod om een derde (1/3) van jou aandele te koop na jou laaste bekende adres gestuur het. Indien jy NIE jou brief ontvang het nie, skakel asseblief dringend die EAT om jou korrekte woon- of werkadres te verskaf. Hou jou identiteitsnommer gereed en: • Skakel 0861367774 (tolvry) tussen 8vm en 5nm, Maandag tot Vrydag

EI 19139

• Besoek www.debeerseat. co.za en laai die Aanvaardingskennisgewing af, vul dit in en dien in. • Skryf ‘n brief aan die De Beers Equal Allocation Trust (EAT), Posbus 616, Kimberley, 8300 • Jy mag ook ‘n e-pos met jou volle naam, identiteitsnommer en huidige adres aan debeers.eat@debeersgroup.com stuur. As jou voltooide Aanvaardingskennisgewing nie teen 5nm op 31 Desember 2013 ontvang is nie sal dit aanvaar word dat jy gekies het om nie een derde van jou aandele te verkoop nie. Die EAT-aanbod sluit op 31 Desember 2013.

KAPTEIN SEELEY, oftewel Kimberleigh soos sy deesdae heet, het in ’n baie kort tydjie amper net so bekend soos die Groot Gat geword en vinnig diep in almal, hondeliefhebbers of nie, se harte gekruip. Mario van der Westhuizen, inspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV), sê dit is nie die eerste hond wat gered word nie. “Gewoonlik eis die eienaars dieselfde dag nog die dier op. Ek dink dit is omdat dit ’n dier is en mense het maar ’n passie vir diere,” verduidelik hy die internasionale opslae wat Kimberleigh gemaak het. Charon Streit, ’n sielkundige van Kimberley, meen dit is net menslik om vir diere om te gee. “Ek dink ook omstandighede in Suid-Afrika dra by tot die geweldige reaksie wat ontlok is. Dit was ’n goeie daad en mense is deur die gelukkige einde aangegryp. “Ons word so gebombardeer met aaklige nuus en ons hoor omtrent net onsmaaklike stories. Ons het so ’n groot behoefte aan positiewe nuus,” sê Streit. Die held is ao. John Seeley van die polisie se soek-en-opsporingseenheid wat deur ’n lewensgevaarlike reddingspoging die hond ná agt dae uit die Groot Gat gered het. Seeley meen egter hy het net sy werk gedoen. Volgens hom sal hy nooit terugstaan en kyk hoe enige lewende wese – mens of dier – verder seerkry nie. Albert Hensberg, bedryfsbestuurder van ER24 in die Noord-Kaap, sê hy en sy span sou dieselfde vir enige ander dier gedoen het. “Solank dit veilig vir ons is en ons die regte toerusting het, sal ons tot elke prys voortgaan. ER24 het nou saamgewerk om

DIE redding van Kimberleigh deur ao. John Seeley en hoe dit mense aangegryp het, het vol­ gens ’n plaaslike sielkundige moontlik daarmee te make dat Suid­Afrikaners na positiewe stories met ’n mooi einde smag. Foto: Emile Hendricks

Kimberleigh te red. Die gelukkige einde van die verhaal is Kimberley se beroemdste hond is by haar nuwe tuiste. “Die band wat daar in die Gat tussen ons gevorm het, is baie spesiaal en ek dink nie dit sal ooit gebreek word nie,” sê Seeley oor sy nuwe gesinslid. “Sy is soos my skaduwee en volg my oral. Dit is vir my moeilik om soggens werk toe te gaan, want sy sal tot drie of vier uur voor die hek vir my sit en wag.” Op Facebook het Elma Loots gemeen dit is die beste nuus nog dat Seeley Kimberleigh aangeneem het en Rina du Plooy Hartzer het geskryf die woef behoort aan die een wat haar lewe gered het.


NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Magic used to inspire Zanri Kotzé

Ligte vertel ’n sprokie DIE Kersliggietyd is weer hier met Jan Hofmeyrstraat 10 in Hadisonpark wat saans ’n groot aantal mense lok. Inwoners bewonder altyd dié huis met sy tienduisende liggies. Die glinster­ervaring kan elke dag van die week tussen 19:30 en 21:00 tot net ná Kersdag van naby in die erf aan­ skou word. Die erf se hek word om 21:00 gesluit, maar die liggies word eers om 21:30 afgeskakel. Gaan kyk ’n gerus na ’n videogreep van die huis met sy liggies op www.noordkaap.co.za. Foto: Verskaf

Engele het hom gedra DIT was asof die engele hom gedra het, het Eugene Jacobs, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wesse Krieketraad (GWKR), gesê nadat hy verlede week in ’n ongeluk naby Boshof beseer is. Hy het net ’n seer skouer, 16 steke aan sy regteroor en kopbeserings oorgehou en is dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan. Die ongeluk het sowat 30 km anderkant Boshof op pad Bloemfontein toe gebeur. Jacobs, wat op pad na ’n vriendin se gradeplegtigheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, sê twee vragmotors het langs die pad gestaan. Een van hulle het oor die pad begin draai.

EUGENE JACOBS Hy het besef hy gaan die vragmotor tref en het uitgeswaai. Die motor is deur ’n sloot en het sowat 15 m verder teen ’n boompie tot stilstand gekom.

MAGIC is as old as time itself, but it never ceases to fascinate. Since 2010 the Kimberley College of Magic has been educating young magicians to join the ranks of Houdini and David Copperfield. “We are building all the time,” says David Gore, the director of the College of Magic. Some of their students are already in their third year. Gore, originally from America, and his colleague train the students. At present there are approximately 50 students from 22 schools in the Kimberley area. The classes commence every Wednesday at the Teachers Centre. The students performed at the city library last week. The Kimberley College of Magic is a leg of the Cape Town College of Magic which has been up and running for 33 years. “We ran a pilot project in 2007 and Patrick Seboko, the head of the Department of Economic Development and Tourism in the Northern Cape at that stage, liked what he saw and wanted a mirror project of what we had in Cape Town,” explains Gore. “We do a lot more here than teach the children magic tricks. They are also taught important life skills such as confidence

and imagination.” The school is completely diverse as children of different cultural groups are represented. According to Gore, they want their students to become role models within their community as well as the inspiration to their peers. “We want to inspire these youngsters so that they can inspire others.” Tsepo Oliphant (17) is in his third year at the college and says he loves it with all his heart. “I want to be a professional magician. It’s not about money;

I want to change people’s lives.” Macdonald Tsepo (18), also a third-year student, received a form from his school to enrol at the college. “It is fun to learn new tricks. It is not just a hobby, but a career. Magic is my future.” Great Zeldini, as she wishes to be called, is 16 and in her third year. It took her only one day to learn the tricks she does. Gore sees the work they do with these children is something that can be used in the long run. “We create a sense of wealth generation and entrepreneurship. One can perform at parties and shows and generate your own income all while inspiring others,” he says.

MACDONALD TSEPO doing one of his tricks at a performance of the Kimberley College of Magic at the city library last week. Go to www.noordkaap.co.za to see one of his mind­blowing tricks. Photo: Ruan Bruwer

Gifts Galore! Take 25% off all K-Way tents! TORCH

BUTTE BRAAI TORCH TONGS | R220 Braai torch tongs with two LED’s that illuminate braai Polished stainless steel Removable light is activated by pressing the tongs against one’s body or any other surface

KID’S POP UP TENT | R275 Dimensions: 210 x 100 x 80cm Pitches in seconds Pop up refuge for the younger explorer

MEN’S SHIRTS | from R299

BLACKFIRE CLAMPLIGHT | R299

100% cotton Available in a range of colours and styles

Clamp light at any angle Clamp converts into a stand Two axis swivel head directs light to any position Battery life 26 hours, maximum output 7 hours

Normally R550

NOW R475

EVO GEAR BAGS | from R299 Durable ripstop fabric construction Padded shoulder straps for comfort Lockable YKK zips Available in Small (30L) R299, Medium (60L) R325, Large (100L) R375 and X-Large (130L) R399

3115BT BILTONG KNIFE | R399 Weight: 62.4g Stainless steel handle Steel type: 8CR13MOV Back locking mechanism

7592 E & OE

This Christmas, give the gift of choice SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za Free delivery on ALL online orders.

M24 TWO WAY RADIO SET | ON SPECIAL! Alert for incoming calls Channel scan for checking activity Autonomy: up to 12 hours Working temperature: from -2°C to 55°C

Gift Voucher Fans find out first.

Call 08600-34000 or visit www.capeunionmart.co.za. Stores nationwide. Products subject to availability. All our products are covered by our famous 5-Way Guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest exchange policy.

HERO 3+ ACTION CAMERA BLACK EDITION | R5999 Waterproof up to 40m 30% longer battery life 4 x faster Wi-Fi Quicker transfer and playback of photos and videos

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Ikon van versoening DIE dag wat Suid-Afrika verwag het, maar tog ondenkbaar was, het aangebreek. So groots soos Nelson Rohlihlahla Mandela se lewe was, so sag was sy heengaan Donderdag omstreeks 20:50 in Johannesburg. Suid-Afrika en Afrika het met die dood van Mandela (95), die geliefde Madiba, ’n groot staatsman verloor. Die beeswagter van Qunu was ’n wêreldwye bron van inspirasie. Toe hy in 1990 ná 27 jaar, sonder sigbare verbittering, uit die tronk stap, het hy die rol van die vader van moderne Suid-Afrika op sy skouers geneem. In sy termyn as staatshoof was hy Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag

die groot versoener wat die land se strydende groepe, minderheidsgroepe inkluis, probeer verenig het. Mandela was nie net ’n sagmoedige versoener nie. In die 1950’s het hy en ander jong ANC-lede in opstand gekom teen die “gematigde” ANCleierskap en was hy die eerste leier van Umkhonto we Sizwe. Hy het die ideaal van ’n demokratiese en vry samelewing gekoester waarin alle mense saam in harmonie en met gelyke geleenthede kan lewe. Dit is ’n ideaal waarvoor hy bereid was om te sterf. Mag sy ideaal vir Suid-Afrika bewaarheid word.

Minimum 13 °C 14 °C 15 °C 15 °C

Maksimum 29 °C 31 °C 33 °C 34 °C

SKETS: Danie Cronjé.

Leef voluit terwyl jy lewe Hannes Noëth

DAAR is die jaar so te sê in ’n japtrap verby. Sommer so. Ons bevind ons in die middel van Desember. Baie sien uit na ’n paar dae van rus, ontspanning en ’n verandering in roetine. Ander voel al die lekkerte van seewater oor hul lyf en seesand tussen die tone. Ander, soos hierdie pastoriegesin, verhuis. So, dit is net bokse waar jy kyk. In die studeerkamer, slaapkamer, woonkamer, eetkamer, noem maar op. Stuk-stuk word ons lewe in ’n boks gepak. Skielik wonder ons hoekom ons so baie gemors bymekaargemaak het. Tog, as ons moet weggooi, is dit so moeilik. Intussen het ’n heerlike reënbui die

wêreld ’n bietjie skoongewas en voel ’n mens sommer beter net omdat dit gereën het. Die skole is stil, maar die strate en winkels nie. Kyk ons terug op die jaar was dit ’n besige een vir almal in die Noord-Kaap – dit is hoe dit hoort. So moet ook die jaar wees wat voorlê. Anders is ons reeds dood. Terwyl ons leef, moet ons lewe. Dikwels is een van die grootste krisisse in ons eie lewe dat ons ophou lewe terwyl ons leef. Daarom is dit goed as ons lewe vol is, ons dagboeke nie leeg is

nie en ons hand iets vind om te doen. Vir almal wat gaan rus, rus goed, herwin kragte en begin uitsien na ’n nuwe jaar van werk en voluit lewe. Vir almal wat moet werk en wie se rustyd nie nou is nie, lekker werk en dankie dat julle dinge aan die gang hou sodat ander kan rus. In dié tyd sal baie mense noodsaaklike dienste moet verrig – dokters, nooddienste, personeel in hospitale en so meer – ons waardeer julle. Dankie vir daardie kosbare, nodige, diens. Die volgende Twyfelhoekie skryf ek uit Pretoria. Teen daardie tyd is die bokse, ja ook dié met die gemors, waarskynlik weer uitgepak en het ’n nuwe jaar begin. Wat jy ook al in die volgende paar weke doen: Onthou om te lewe terwyl jy leef.

Noëths groet Kimberley

HANNES NOËTH, geliefde leraar van die Gereformeerde kerk Kimberley, verhuis na Preto­ ria­Totiusdal waar hy die spesifieke opdrag ontvang het om by die ontwikkeling van Chris­ telike onderwys betrokke te raak. “Met ons aankoms hier vier jaar gelede was almal vir ons vreemd en onbekend, maar met ons vertrek laat ons die vreemdes as familie agter. Baie dankie aan diegene wat ons in hul lewe toegelaat het. Ons sou elkeen graag persoonlik wou groet, maar tyd ontbreek om dit te doen. Wees verseker van ons opregte dank. Jul liefde en omgee kan ons nie weeg nie. Ons omgewing is bekend vir sy diamante – die grootste diamante is egter sy mense. Ons los julle moeilik en sal baie verlang. Onthou ons; ons sal julle nie vergeet nie. Behou asseblief kontak en as jy ooit in Pretoria kom, kom drink ’n koppie koffie,” het Hannes gesê. Die Noëths is van links, voor: Marli, Esna en Hanri; agter: Hannes, Rina en Henning. Foto: Verskaf KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die Africana-biblioteek het afskeid geneem van regter Stevan Majiedt wat ná agt jaar as lid en voorsitter van die trustees uittree. Sy werksverpligtinge by die appèlhof in Bloemfontein laat hom nie meer baie tyd nie. ) Die Sol Plaatje-munisipaliteit is amptelik gewaarsku oor die swak bestuur van die Homevale-rioolaanleg wat waarskynlik die oorsaak is van die swak watergehalte en gevolglike voëlvrektes by Kamfersdam. Patrick Mabilo, LUR vir omgewingsake, het gesê sy departement het die Sol Plaatje-raad beveel om stukkende masjinerie te herstel om afvalwatergehalte te verbeter. Hy bestempel die vrektes as ’n tragiese situasie. ) ’n Oudprokureur en tot verlede week ANC-raadslid, is in die landdroshof op bedrogaanklagte van R400 000 vir vyf jaar tronk toe gestuur. Kobus Steyn, wat in 2008 as prokureur van die rol geskrap is en as ANC-raadslid bedank het, is agt jaar tronkstraf opgelê waarvan drie jaar vir vyf jaar

opgeskort is. ) Die beweerde verkragting van Marthella Steenkamp het sentraal gestaan tot die slotbetoë in die Griekwastad-moordverhoor. ’n Seun (17) word aangekla van verkragting, regsverydeling en die moorde op Marthella en haar ouers, Deon (44) en Christel (43), wat verlede jaar op Goeie Vrydag op hul plaas, Naauwhoek, in die distrik Griekwastad doodgeskiet is. Adv. Hannes Cloete het namens die staat aangevoer die minderjarige beskuldigde het die moorde gepleeg, omdat hy Marthella vroeër verkrag het. Uitspraak gaan môre in die verhoor gelewer word.


NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Get A Limited Edition Brentwood Umbrella With Your Next Purchase.

TBWA\HUNT\LASCARIS 211251

At selected stores while stocks last Visit www.skye-sa.co.za or call 087 940 4664 for more information.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013


NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Die lewe mag wel oor die reis gaan... ...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.

Kby in Kaapstad? IN die Kaapstadse middestad, net ’n klip­ gooi van die parlementsgebou en Kompan­ jiestuin, is daar ’n onverwagse stukkie Kim­ berley. Hier, op die hoek van Buitekant­ en Roelandstraat, staan die Kimberley­hotel. Dié gebou is in 1895 opgerig en staan steeds tussen die moderne geboue daar rondom. Besoekers staan glo in verwondering voor die teëlvloere, houtafwerkings en kroeg­ toonbank wat alles oorspronklik en nog in ’n goeie toestand is. Talle voornemende my­ ners is destyds hier gewerf om in Kimberley te werk. Hulle het dan al die pad per perdekar na Kimberley gereis. Volgens oor­ lewering het die einste mynmagnaat Bar­ ney Barnato gereeld hier aangedoen. Die hotel is dikwels volbespreek. Die kroeg is ’n gunsteling­kuierplek en is selfs op weeksaande druk besig. Daar is ook Bar­ ney’s Bistro wat ’n gewilde ontbyt bied.

Vir meer inligting kontak ons De Aar Tak Hoofstraat 64 De Aar Tel: (053) 631 3611

Keimoes Tak Kenhardtstraat 2 Keimoes Tel: (054) 461 1226

Vryburg Tak H/v Stella- & Kerkstraat Vryburg Tel: (053) 927 2671

Ons is hier vir jou

Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer.

Foto: Madré Marais

AVB NOORDKAAP 1

JHB 44703

LOWEST GUARANTEED FLAT CALL RATE

GOODIE BAG INCLUDES

ENERGIZER POWER PACK

YOUR SHARE OF

R2 MILLION ALL OUR CUSTOMERS ARE AUTOMATICALLY ENTERED. ONE R100 000 WINNER DRAWN EVERY WEEK.

Available at the following Cell C stores:

Nokia Lumia 520 Smartphone

R129

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

Samsung Galaxy S3 Mini Smartphone

R169

Samsung Galaxy S4 Smartphone

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTES

100

SMS/MMS

R389

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MB DATA

100

MINUTES

100

SMS/MMS

1GB

MB DATA

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING

FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.

FEATURES: Android 4.3 (Jelly Bean), 1Ghz Dual-Core Processor, 8GB Onboard memory, 4” super AMOLED Screen.

FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll.

New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444

CHANGE TO CELL C AND cellc.co.za CUSTOMERS ENTERED BY MAKING A CALL FOR 1 MINUTE A DAY FOR A WEEK. CAMPAIGN ENDS 31 JANUARY 2014. *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 December – 31 December 2013. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Noordkaap vat die pad

“HIER is niks om in en om Kimberley te doen nie,” word gereeld gesê. Noordkaap het besluit om vas te stel of dit werklik die geval is en het in die motor gespring en op die N8 (pad na Griekwastad) gery. Dit is die derde van ’n reeks van sewe dele waarin ons die sewe paaie wat uit Kimberley loop, gaan verken. Noordkaap gaan spesifiek na plekke langs die paaie soek waarvan ’n mens

’n uitstappie kan maak of waar reisigers sommer net kan stilhou. In elke geval draai ons by die 80 km-merk om. Volgende keer volg Noordkaap die R31 (pad na Barkly-Wes). As jy van interessante plekke op pad daarheen weet, laat weet gerus deur ’n e-pos of SMS te stuur. Stuur e-pos na noordkaap@volksblad.com of SMS na die nommer 45533. Begin die SMS met die letters “NK”.

4,9 KM: KIMBERLEY MICROLIGHT CLUB. Ligte vliegtuie vlieg gereeld Saterdagoggende en Sondagaande hier afhangende van of die weer saamspeel of nie. Volgens PJ Swart van die klub kan belangstellendes gerus kyk hoe dit gedoen word. Bel hom by 083­247­ 4676. 30,4 KM: KOLOBE ADVENTURES AFRICAN HUNT SAFARI beslaan 7 000 ha en is dus ’n ideale jagbestemming. Die plaas is boonop geleë waar die Karoo eindig en die Kalaha­ ri begin. Huweliksonthale, klein gesellighede en partytjies kan ook hier gehou word.

36,5 KM: KOSSAN­ PRIVATE WILDRESERVAAT. Met wildritte, staproetes in die bos (be­ gelei deur ’n gids indien so versoek) en volop geleentheid vir voëlkyk en bergfietsry is dit enige natuurliefhebber se ideale wegbreeknaweek.

31,4 KM: HALFKOP. Die klipkop Halfkop is besonders, aangesien dit die middelkoör­ dinate vir Suid­Afrika op die oos­wes­lyn is. 6,9 KM: 8 MYL ANIMAL FARM. Een van die ideale plekke vir ’n lekker gesinsuitstappie. Bene­ wens die meer as ’n dosyn ver­ skillende diere – onder meer ’n blouapie, dwergbokkies, po­ nies, eekhorings, meerkatte, ha­ sies, hamsters en ganse – is daar ook ’n teetuin, ’n springkasteel, vierwielfietse, ’n grasperk waar­ op piekniek gehou kan word en die diere wat gevoer kan word. Daar is ook ’n swembad om van die hitte te ontvlug. Dit is in De­ sember van Woensdae tot Sa­ terdae van 09:00 tot 17:00 en Sondae van 10:00 tot 16:00 oop en oor die res van die jaar net Vrydae tot Sondae.

49,1 KM: ROOIPOORT­NATUURRESERVAAT. Met die Vaalrivier wat naby geleë is, is van die moontlike aktiwiteite hier hengel, kanovaart, piekniek hou langs die rivier, wildritte en voëlkyk. Vlieghengel vir geelvis in die somer is ’n ander moontlikheid. Meer as 10 000 diere van meer as 20 spesies is al hier gesien. Dit is ook ’n gewilde jagplaas waarop Boesmantekeninge algemeen voorkom.


NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Keer dat kinders verdrink

ELKE somer verdrink heelwat kinders in die Noord-Kaap. Die Mediese Navorsingsraad sê verdrinking is die derde hoogste oorsaak van toevallige sterftes in kinders jonger as vyf jaar met voetgangerongelukke en ongelukke in hutvure as die twee gevalle met ’n hoër risiko. Die meeste verdrinkings en amperverdrinkings gebeur wanneer ’n kind in ’n swembad val of alleen in die bad gelaat word. Sowat 60% tot 90% van verdrinkings gebeur in swembaddens op woonerwe en dit is statistieke wat ouers nie kan ignoreer nie. Hoewel die meeste kinders in swembaddens verdrink, kan kinders nogtans in minder as een duim water verdrink. Hoewel die statistieke vir verdrinkingsterftes skokkend is, is die gevolge van amper-verdrinkings nog erger. Vir elke kind wat deur verdrinking sterf, ly vyf aan permanente breinskade weens amper-verdrinking. Alle kinderoppassers word aangemoedig om veral oplettend te wees wanneer kinders toegang het tot swembaddens, dammetjies of enige plekke waar water voorkom. In die geval van verdrinking doen die volgende: ) Voorkoming is verreweg beter as genesing – veral wanneer dit by verdrinking kom. Om verskeie lae veiligheidsnette om swembaddens, sowel as spa-baddens en ander watergebiede, te hê (soos ’n veiligheidsnet, ’n toe heining, ’n kinderoppasser en ’n wateroppervlak-alarm) kan tragiese ongelukke voorkom. ) Kry die slagoffer so gou moontlik uit die water, maar moet nie self ’n slagoffer word nie. Maak seker dit is veilig voordat jy in die water gaan. ) Hanteer die slagoffer met die uiterste sorg. Baie onderdompelingsgevalle word met nekbeserings verbind. Beperk dus beweging wat die nek en rug raak. ) Toets die asemhaling en pas kunsmatige asemhaling toe totdat hulp opdaag. ) Bel of laat iemand so gou moontlik bel om die hulp van ’n ambulansdiens te ontbied.

9

Húlle wen pryse DIE eerste drie wenners wat elk vier fliekkaartjies van Ster-Kinekor gewen het, is Chrisna Scheepers, Olene Botha en Aletta Granger. In die Sporttrivia-kompetisie is Schalk Conradie die wenner van die geskenkpak van R250 van SuperSport. Hy het die vraag (wat is die laagste totaal in ’n eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Indië) korrek beantwoord. Dit is 91 lopies.

DIE oefengroep van die Griekwas het vandeesweek in ligte luim verkeer en speel­speel Kersfees gehou voordat hulle met vakansie gaan en weer vroeg in Januarie byeenkom. Die unie en spelers het die publiek en ondersteuners bedank en ’n mooi Kersfees toege­ wens. Foto: Ruan Bruwer

Besluit bly van krag Gerdie Karstens

“ONS moet ons weer in die boonste groep terugspeel.” Só het ’n teleurgestelde Arni van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Griekwas, gesê nadat bevestig is dat die Poubloues en die OP-Kings nie in die premierliga van 2014 se Curriebeker-rugbyreeks sal speel nie. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het in ’n spesiale raadsvergadering in die Kaap die voorstel teruggetrek dat daar weer oor die huidige formaat van die Curriebeker gestem moet word. Saru het in ’n nuusverklaring bevestig dat daar nie weer gestem sal word oor of die huidige 6-8-verdeling na 8-6 moet verander nie. Dit sou die Griekwas en die OP-Kings se herinsluiting waarborg. Luidens die verklaring is daar ses rugbyunies wat aangedui het dat hulle nie ten gunste is van ’n gewysigde formaat nie en dat dit nutteloos sou wees om te stem omdat daar onmoontlik ’n meerderheidstemme van 75% – wat nodig is om die formaat te verander – verkry sou word.

Gaan nou alte lekker lees OLENE BOTHA was die gelukkige wenner van ’n stapel Afrikaanse boeke wat die laas­ te ruk in Noordkaap weggegee is. Die aantal inskrywings was maar erg teleurstellend wat die indruk wek dat ons lesers óf nie ge­ pla is om boeke te wen nie, óf nie graag lees nie. Ons sal in die nuwe jaar weer gerespek­ teerde skrywers se boeke in kompetisies weggee en kyk of die belangstelling dan enigsins beter is. Foto: Ruan Bruwer

Daar word betroubaar verneem dat dié ses unies dieselfde is wat vroeër vanjaar in Johannesburg met die eerste stemmery die Poubloues en Kings gekortwiek het. Die besluit beteken dat die Griekwas volgende jaar in die eerste liga van die Curriebeker gaan speel, terwyl die Pumas die sesde span in die premierliga gaan wees. Dit is ook slegte nuus vir die OP-Kings wat saam met die Griekwas gepromoveer sou word omdat hulle vanjaar se eerste liga in die tweede plek afgesluit het. Vrydag se indaba was die Griekwas se laaste hoop op ’n vrypas na 2014 se premierliga nadat hulle vroeër vanjaar in die promosie-relegasie-wedstryde deur die Pumas van dié eer ontneem is. Daar is gehoop dat al die betrokke partye oor die Griekwas se deelname konsensus sou bereik, maar Van Rooyen het bevestig dat die status quo gehandhaaf gaan word. “Ons is teleurgesteld, maar moet nou daarop fokus om die Vodacombeker-reeks en die eerste liga van die Curriebeker-reeks te wen,” het Van Rooyen gesê.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013 SHOWTIMES FRIDAY 6 DECEMBER - THURSDAY 12 DECEMBER

SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

NORTH CAPE MALL PRE-RELEASE SCREENING THE HOBBIT: THE DESOLATION OF SMAUG ¸˛Ç

NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES

Thu: 17:00, 20:30 BOOKINGS NOW OPEN

——————————————————————————————————

FREE BIRDS - 3D

¸˛Ç ∂

HOMEFRONT

¸˛Ç ∞

Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 Sun, Mon,Wed: 9:15, 11:45, 14:00, 16:45, 19:30 Tue: 9:15, 11:45, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 Thu: 9:15, 11:45, 14:00 ——————————————————————————————————

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

TE KOOP

Fri, Sat: 9:30, 12:00, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15 Sun: 9:30, 12:00, 14:15, 17:15, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:00, 14:15, 17:15, 19:45 Tue: 9:30, 12:00, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15 ——————————————————————————————————

VAKANSIE & REIS

MANDELA: LONG WALK TO FREEDOM ˛Ç Daily: 11:30, 14:30, 17:30, 20:30

——————————————————————————————————

ALLERLEI

LENINGS

GELEENTHEDE 1655

1445

LIONS CHRISTMAS CAKES: 1 kg, R70.00. Contact 084 642 0038 or collect at The Bakers Dream, cor. George and Waterworks Streets.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

2415

CHOCOLATES/SWEETS/BISCUITS/CHIPS/SWEET TOYS. Start a wholesale distribution business. Affordable! Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net

AKKOMMODASIE

ALLERLEI 1845

Fri, Sat: 9:45, 12:15, 14:45, 17:00, 20:00, 22:30 Sun: 9:45, 12:15, 14:45, 17:00, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 14:45, 17:00, 20:00 Tue: 9:45, 12:15, 14:45, 17:00, 20:00, 22:30

——————————————————————————————————

2635

HARTENBOS: NETJIESE AKKOMMODASIE. Heeljaar beskikbaar. Lae tariewe buite seisoen. Ook eiendom te koop. Skakel 083 236 1294 of 044 695 0682.

EIENDOMME

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

SCHUKS! YOUR COUNTRY NEEDS YOU ˛Ç

TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265

BELGRAVIA: Gemeubileerde tuinwoonstel. Toesluitmotorafdak. Enkelman, w en l ingesl, R1 800, dep. R1 000. 053 832 4902.

HUNGER GAMES: CATCHING FIRE

Daily: 11:15, 14:35, 17:40, 20:45

˛Ç

——————————————————————————————————

AS JY SING

˛Ç ƒ

Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:55 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:55

Wen só ’n fliekkaartjie FLIEKVLOOIE kan in die feestyd lekker in rolprentteaters uithang. Met die vergunning van Ster-Kinekor kan drie gelukkige lesers elke week met Noordkaap vier fliekkaartjies elk wen. Die fliekgids vir die rolprente wat in die Ster-Kinekor-rolprentteater in die North Cape-winkelsentrum vertoon word, word hiernaas geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat

MORE WAYS TO BOOK

Follow us

TicketLine

082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com

/sterkinekortheatres

APP

@sktheatres

Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek gerus Noordkaap se webtuiste, www.noordkaap.co.za, of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van die drie wenners van vier fliekkaartjies te wees gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien hoe om te maak om deel te neem. Let wel: Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe uitreiking nie.

Vertroue laag SOWAT 11% van jong Suid-Afrikaners vertrou die polisie ten volle. Altesaam 53% doen dit soms en 33% nooit. Dít is bevind in ’n peiling onder 3 991 Suid-Afrikaners tussen die ouderdom van 18 en 34 deur die navorsingsmaatskappy Pondering Panda op MXit gedoen. Die hoogste vertroue is onder respondente in Limpopo en die Oos-Kaap, met 17% elk. Vertroue is die laagste onder swart Suid-Afrikaners – net 11% vertrou die polisie. Onder wit mense is dit 15%. Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie, het gesê dit verbaas hom nie. “Ons weet polisievertroue is laag. Die redes loop wyd. Heel bo in die polisiebestuur is daar ’n krisis.” Burger het gesê korrupsie en misdaad in die polisie vier hoogty.

SOEK, KOOP, VERKOOP

Arysta LifeScience (Pty) Ltd, a multinational agricultural chemical company, has the following exciting vacancy in Douglas in the Northern Cape Province:

Coordinator: Depot Key role focuses include, among others, providing administrative and clerical services, handling all incoming calls, controlling incoming and outgoing stock as well as managing stock as per forecast, arranging logistics, and providing backup support for the Business Manager. Candidates should have a Matric Certificate/Computer diploma together with 1 year’s relevant experience, advanced computer literacy and good planning and organising skills. Attention to detail and proficiency in Afrikaans and English (both written and verbal) are also required. A market-related remuneration package will be on offer. Interested? Forward your application to e-mail: recruitsa@arysta.com by close of business on 18 December 2013.

www.arystalifescience.co.za Human Communications 105247

www.humanjobs.co.za


NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 DESEMBER 2013

Sport Die Diamantstad se koerant

Breier al 10 j. doenig Ruan Bruwer

RUAN VENTER sou moeilik geglo het hy sou tien jaar nadat hy sy tennisakademie gestig het soveel sukses as tennisbreier behaal. Saam met Venter by die Ruan Venter-tennisakademie help die afrigters Johannes Williams, Elzane Zara en Annette Venter meestal met die ontwikkeling van spelers, terwyl hy die meer gevorderde spelers afrig. Venter, wat op sy dag vir die Suid-Afrikaanse korrektiewe diensspan in aksie was, verdien sy brood en botter die afgelope tien jaar met tennis. Reis beslaan ’n groot deel van sy afrigting en hy reis meestal saam met sy spelers na toernooie. Benewens afrigting in Kimberley, reis Venter een keer ’n week na Vryburg en een keer elke drie weke na Upington waar hy talentvolle tennisspelers onder hande neem. Vir die Upington-reis gebruik hy die Vrydag en Saterdag optimaal en bestee hy 22 uur op die baan. Volgens hom is die hitte egter ’n

OP ’n onlangse tenniskliniek van die tennisbreier Ruan Venter kyk van links Maryke Bergh, Mariska Brits, Kaitlen Mann en Caylen Smit toe hoe hy Tiffy Beukes met haar tegniek help. Venter bied een keer ’n maand so ’n kliniek aan waarin hy spelers teen mekaar laat meeding en dan spelers in die wed­ stryde op hul foute wys en daaraan werk. Foto: Ruan Bruwer vulletjie teen wat hy al in Egipte ervaar het tydens een van sy vier internasionale werksessies waar hy skouers met internasionale tennisspelers geskuur het. Volgens hom is 2013 sy beste jaar as afrigter gemeet aan die aantal provinsiale spelers wat hy opgelewer het. Een van sy spelers, Elani Brand van Kakamas, is vanjaar vir die Suid-Afrikaanse o.12-span gekies.

DIE Kimberley­skeidsregtersvereniging het onlangs sy voor­ ste skeidsregters vereer. Die wenners is van links Nico Schmahl (fiksste skeidsregter), Francois de Bruin (beste skeidsregter), Reinie Nel (nuwe voorsitter van die vereni­ ging), Derick Zeelie (namens die Hoërskool Prieska vir die skool se uitsonderlike gesindheid en gedrag teenoor skeids­ regters in die Kimberley­streek), Kat Swanepoel (beste admi­ nistrateur), Abri Jordaan (namens die Prieska­rugbyklub vir die klub se uitsonderlike gesindheid en gedrag teenoor skeidsregters in die Kimberley­streek) en Kobus van den Berg (uittredende voorsitter). Afwesig: Johan Thomas (namens die Hoërskool Adamantia, beste BokSmart­bestuur) en Cor­ nell Titus (beste vordering). Foto: Ruan Bruwer

Span vaar goed DIE Griekwas se o.13krieketspan was teen druktyd gister een van net twee onoorwonne spanne in die nasionale toernooi vir o.13-spanne in Bloemfontein. Mason Zacharia 5/51 het die beste vertoning gelewer in die sege oor die Suid-Westelike Distrikte. In die oorwinning oor Noordelikes was dit weer Justin Potgieter met 6/29 wat die kollig gesteel het. Die kolwer JanWillem Duvenhage was deurgaans ’n staatmaker.

Sy het pas van oorsee teruggekeer waar sy puik gepresteer het. In die eerste internasionale toernooi het sy as 11-jarige sesde uit 64 spelers geëindig en op die tweede agtste, ook uit 64 spelers. Sy het op die eerste dag haar stem dik gemaak deur die gunstelingspeler te klop. Kenners het haar aanvalsvermoë en tegniek geprys. Venter sê hy is trots op die invloed wat hy op sy spelers het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.