Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 Woensdag 22 Januarie 2014 www.noordkaap.co.za
GRATIS
Geskenke van God Ruan Bruwer
TOE past. Flip Kühn Sondag in die Bikers’ Church die lidmate inlig iemand gaan ’n getuienis lewer, het hy moontlik nagelaat om hulle te waarsku om die sneesdoekies gereed te hou. Wessel en Annelize Joubert van Kathu se getuienis het baie harte aangeraak en perfek gepas by die dag se preektema – Hoop. Annelize (30) het vertel sy is 14 jaar gelede gediagnoseer met geneties oordraagbare siektes en die internis het gesê sy sal nooit kinders kan hê nie. “Min het ek toe geweet die Here sou ’n groot wonderwerk in ons lewe laat gebeur. Maar as ek toe geweet het wat in die toekoms lê, sou ek beslis nooit probeer het (om kinders te hê) nie,” het sy gesê. Die Jouberts is deur ’n hele paar groot teleurstellings in hul pogings om ’n kindjie te hê. Annelize, suster van die beroepsgholfspeler Jbé Kruger, het die eerste keer in 2009 ’n tuisswangerskaptoets gedoen. Die sonar het gewys daar is ’n hartkloppie, maar dit het ophou klop. Twee weke later was sy weer met JW swanger. “Op 22 weke het ek weer vir ’n sonar gegaan en met ’n skok het ons gehoor hy weeg net 100 g en groei nie soos hy moet nie. Vier weke later is hy oorlede. “Toe hulle hom uithaal, het hulle gesien die naelstring het ’n verdikking en hy kon nie in die baarmoeder gevoed word nie. “My gees was geknak en ek was baie hartseer,” het Annelize, ’n kleuterskoolonderwyser, vertel terwyl sy kort-kort die trane moes afvee en terwyl die kerkgangers ook swaar moes sluk. Sy het baie maande later ’n Bybelversie gekry wat baie berusting in hul lewe gebring het. Dit was Romeine 8:18: Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. In 2010 was sy weer swanger met Nienke, maar drie weke voor haar geboorte is sy ook dood. “Maande daarna het ek gevoel asof ek saam met haar gesterf het. “Ek het gewens die Here het my saam met haar gevat – ek het net nie kans gesien vir die ongelooflike seer en pyn nie. “Ons het oor haar gewonder, toe stuur die
Hok toe!
DIT word gesê ’n foto vertel ’n duisend woorde. ’n Paar van die woorde wat die foto moont lik oordra, is vrees, onsekerheid, hartseer, angs, kommer, gedagtes van “ek wil terug huis toe gaan” of “o, gaats, wat nou?”. ’n Mens kan maar net wonder wat verlede week in die gedagtes van die vier gr. 1’tjies op hul eerste skoologgend ronddraai. Die vier leerlinge van die Laerskool Eureka is van links Gabrielle Brook, Quré Roets, Ruanette Swart en Lisa marie Mathewson. Nog foto’s en ’n videogreep van die skool se gr. 1’s se eerste oggend is op www.noordkaap.co.za. Sien bll. 2 en 6 vir nog eersteskooldagfoto’s. Foto: Ruan Bruwer Here ’n wonderlike boodskap vir Wessel in ’n droom dat sy met lang, donker krulhare in ’n spierwit kantrokkie gelukkig is.” Die tragedie het die Jouberts nogmaals in 2011 getref toe hulle ’n tweeling voor geboorte verloor het. Hulle het besluit om nie weer te probeer nie en aanneming of ’n surrogaatma oorweeg, hoewel albei vooruitsigte nie goed was nie. In Suid-Afrika is die wagtydperk vir aanneming lank en net 10% van surrogaatskap werk die eerste keer. “Die Here het ’n wonderwerk vir my ge-
stuur. My vriendin Surita de Jager het aangebied om my kind te dra sonder dat ek haar gevra het.” Hul tweeling, WJ en Annabelle, is in Augustus verlede jaar gesond gebore en Sondag in die kerk gedoop. “Die Here het daardie dag – in die kamer waar Surita gelê het wat dieselfde kamer is waar ek my dogtertjie verloor het, gesê: ‘Ek het hier een weggevat, vandag gee ek vir jou twee terug in haar plek’. “Die dag toe hulle gebore is, het daardie seer wat ek jare gedra het, laat verdwyn.”
ANNELIZE EN WESSEL JOUBERT met WJ en Annabelle wat Sondag gedoop is. Annelize se ouers, Han nie en Ilse, is jare lank lid mate van dié kerk.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014
MET die skole was verlede week geopen het, het Benine Cronjé by ’n paar van Kimberley se bekendes gaan hoor hoe hulle hul eerste dag in die laer- en hoërskool onthou.
Onthou hul gr. 1-, gr. 8-jaar
RIKA STOCKENSTRÖM, kunsprojekteleier van die William Humphreyskunsgalery, was in 1984 ’n graadeentjie in die Laerskool Diamantveld. “Ek was baie ingenome met my nuwe uniform op my eerste dag.” Haar eerste dag op hoërskool (Hoër skool Adamantia in 1991) was haar romp hope loos te lank en sy het die middag die romp korter gemaak. “Ek was nie bang vir die doop nie en dit was darem ook nie erg nie.”
HELEN HUGO, skoolhoof van Kimberley Girls’ High, sê sy kon vertroue daaruit put dat haar ouer suster, wat twee jaar ouer was, naby genoeg was toe sy in 1956 by die destydse Belgravia Junior School begin het. “Ek onthou my ma het my skool toe gebring en ek was baie opgewonde. Toe ek hoërskool (Girls’ High) toe is, was dit ietwat makliker, want my suster was weer naby genoeg en baie van my laerskool vriende was na dieselfde hoërskool as ek.”
MARIËTTE NOORTMAN, ’n bibliotekaris aan die Kimberleystadsbiblioteek onthou haar eerste dag op skool as ’n opwindende dog effe skrikkerige erva ring. Sy was in 1986 in die Laerskool Vryburg se gr. 1klas. In gr. 8 is sy na die Hoërskool NoordKaap waar sy baie op haar senuwees was vir die ontgroe ning, maar volgens Noortman was haar vrees toe onnodig.
Só word dit gedoen Ruan Bruwer DIE woorde ontgroening en doop het oor die laaste dekade amper ’n vloekwoord in skole geword. Die klem word deesdae eerder op oriëntering gelê met gr. 8’s wat nie verneder en kleineer moet word sodat hul menswaardigheid aangetas word nie. Noordkaap het verlede week by Afrikaanse skole in Kimberley gaan hoor hoe dinge deesdae gedoen word.
MANDIE BURGER, kaptein van die Griekwaland Wesse netbalspan, het haar skoolloopbaan in 1993 aan die Laerskool Newton begin. “Al wat ek van my eerste dag onthou, is dat ons twee tweelinge (waarvan sy en haar tweelingbroer, Ean, een was) in die klas was en dat almal foto’s kom neem het daarvan.” Sy het sewe jaar later haar skoolloop baan aan die Hoërskool Diamantveld voortgesit. “Dit was senutergend en ek was bang, want ek het nie geweet wie van my vriendinne daar gaan wees nie. Ons moes heeltyd net af gekyk het, moes in die vierkant voor almal gedans het en ons bikini’s booor ons skoolklere aantrek en so rondloop het,” onthou sy hoe hulle gedoop is.
PAST. FLIP KÜHN van die Bikers’ Church was in 1965 in gr. 1 aan die Laerskool Vryburg. “Ek het van Bray (op die grens van Noordwes en Botswa na) gekom, ’n baie klein plekkie waar min mense was en ek een hegte vriend gehad het. Op my eerste skooldag was daar baie mense en ek was nie daaraan gewoond nie, daarom was dit vir my baie traumaties. Dit was nie lekker nie en ek het na my ma verlang. In gr. 8 is ek na die Hoërskool Vryburg. Die ontgroening was baie erg daardie jare en die matrieks het soos reuse gelyk. Hulle het min genade betoon.”
NOLEEN ANDREWS, ’n dansonderwyser aan die Noleen Andrews School of Dance, was bevoor reg deurdat haar tannie in gr. 1 haar juffrou was. Haar eerste skooldag was in 1978 aan die Laer skool Progress. “Ek was baie opgewonde oor my eerste dag van skool en was glad nie bang nie.” Sy was in 1986 in gr. 8 aan CBC en beskryf die dag as senutergend, aangesien dit die eerste jaar was dat meisies aan die skool toegelaat is. Sy was een van net 12 meisies in die graad.
Terug na die sottedae
Leerlinge vertel . . .
CECILÉ OLIVIER, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Diamantveld, onthou haar gr. 8-jaar om verskeie redes. “Ons mag die eerste drie maande nie ons beenhare geskeer het nie. Dit was erg. Ons moes ons hare in agt poniestertjies dra. Ons moes ook te alle tye afkyk grond toe wanneer ons met ’n gr. 12-leer-
BY die Hoërskool Noord-Kaap (HNK) het die matrikulant Bianca Faber van haar eerste dag op skool vertel. Dit was glo vrek erg. “Die hoërskool was ’n aanpassing. Nietemin, wanneer ek nou terugkyk, het ek dit eintlik geniet. Ek onthou die matrieks as streng. Gr. 8’s wat cheeky was, is vinnig vasgevat. Ek was dus stil. Ek onthou ek is wel oor die kole gehaal omdat ek gesukkel
ling gepraat het. Ons matriekgroep het wel respek by ons afgedwing. Hulle het ’n beleid onderteken dat hulle gr. 8’s alleen sal los en dat slegs die senior komiteelede ons mag ontgroen. Charlie Louw,’n gr. 8-maat, het gesê ons was nie regtig gedoop nie en op die sottekamp het ons die senior komiteelede beter leer ken.”
het om die skoollied se woorde te ken. Iets wat ek ook onthou, is dat ek op die verhoog moes staan en sê wie van die gr. 8-seuns vir my die aantreklikste is.” Jared Anderson, ’n HNK-sot, sê hy was bang vir die hoërskool en die matrieks, maar meer nie. Hy sê hy moes uit opdrag van gr. 12’s nog net “geplak” en “gebom” het. Om te plak is om teen ’n muur te staan en om te bom is om op die grond te val.
Matrikulante onthou BY die HTS Kimberley het die matrikulant Frans Koortzen sy eerste paar dae in gr. 8 weer onthou. “Ek was baie bang. Ek het niemand geken nie, nie een van my laerskoolvriende het hierheen gekom nie. Die matrieks was baie streng en het die skool se tradisies by ons ingedril. Ons is ook baie
rondgejaag,”sê Koortzen. Elke gr. 8-leerling het ’n tweeliterbottel vol sand gekry wat sy of haar baba is en wat hulle soos ’n regte baba moes behandel en oral saam moes neem. Die gr. 8-leerling Marko Groenewald sê hy moes teen die tweede dag se tweede pouse nog niks ongemakliks in opdrag van ’n matrikulant gedoen het nie.
Matrieks gesels oor gr.8-dag DIE Hoërskool Adamantia se matrikulant JJ Scherman sê hy het goeie herinnerings van sy eerste dag in gr. 8. “Ons is welkom laat voel en dit was lekker. Ons moes snaaks aangetrek het en ek moes een van die matriekmeisies vra om met my te trou. Ek kan nie onthou wat haar antwoord was nie. Hulle was ons nietemin goedgesind.”
Hy vertel hulle het teen Vrydag nog nie veel tyd gehad om saam met die gr. 8’s te bestee nie. Joanne van der Westhuizen, een van die kuikens, soos gr. 8’s by Adamantia genoem word, sê sy was ’n bietjie bang vir die nuwe skool, hoofsaaklik omdat sy nuut in Kimberley was. Sy het darem nie ’n vrees vir die matrieks gehad nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014
Wenmateriaal Ruan Bruwer
UIT 1 200 inskrywings is op ’n Kimberliet se matriekafskeidrok besluit as die wenner in die vrouetydskrif Sarie se Matriekafskeidrok van die Jaar-kompetisie. Dié eer het die langbeen, blonde Anchen Strauss te beurt geval en as prys verskyn twee blaaie se foto’s van haar matriekafskeidgeselligheid in die Februarie-uitgawe van dié vrouetydskrif wat nou op die rakke is. Strauss het die nuus dat sy gewen het verlede Vrydag van ’n oud-onderwyser wat op Kleinmond in die Wes-Kaap woon, gekry. Dié is op Sarie ingeteken en het die tydskrif ontvang nog voordat dit op die winkelrakke was. Strauss sê haar suster, Mareli, wat haar baie goed ken, het die rok op die internet raakgesien en nadat Anchen dit gesien het, wou sy net so ’n rok hê. Dit bestaan uit ’n noupassende minirok van geborduurde kantmateriaal met ’n krale-afwerking en ’n tweede deel (wat bo-oor pas), ’n romp van die sagste sy-chiffon. Sy het haar vertroue vir haar droomrok in Gerna de Beer gestel, wat in die verlede vir haar ’n rok gemaak het. Strauss beplan om vanjaar die rok op koshuisdinees te dra (sy gaan sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch studeer) en later kan sy dieselfde rok net as ’n kort rokkie dra. Volgens haar was daar nooit realistiese verwagtinge dat sy sou wen nie. Haar ma, Helmine, het haar ingeskryf.
‘Ek het baie van die kleur gehou sedert ek dit die eerste keer ge sien het. Die onderkant was wel ’n bietjie witter – toe het ons dit effe meer van ’n bruin kleur gegee.’ Haar metgesel na die Hoërskool Diamantveld se matriekafskeidgeselligheid, Deon van Zyl, verskyn ook drie keer in die tydskrif. “Hy was in sy noppies, maar shame, hy het verleë gesê dit gaan nie oor hom nie.” Sarie se modespan het gesê Strauss was slim met haar keuse aangesien die neutrale kleur haar stylvol en vroulik laat lyk. “Ek het baie van die kleur gehou sedert ek dit die eerste keer gesien het. Die onderkant was wel ’n bietjie witter – toe het ons dit effe meer van ’n bruin kleur gegee. “Ek wou nie lyk of ek na my troue toe gaan nie,” het Strauss baie gemaklik tydens ’n telefoniese onderhoud gesê, terwyl sy steeds by die see uitspan voordat sy haar vandeesweek op Stellenbosch moet aanmeld.
ANCHEN STRAUSS in haar matriekafskeidrok wat die wenrok in die tydskrif Sarie se matriekafskeid rokkompetisie is. Sy was verlede jaar ’n matriekleerling aan die Hoërskool Diamantveld. Sien nog foto’s van Anchen en haar rok op www.noordkaap.co.za. Foto: Louis Botha-fotografie
3
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014
Neem intrek in Oliverstraat DIE NoordKaapse premier, Sylvia Lucas, het haar intrek in die premierswoning in Oliver straat geneem nadat dit ’n wyle leeg gestaan het. Na aanleiding van die gewerskaf by die huis verlede week, wou dit lyk of sy pas hier begin woon het. Ook die polisie is daar opgemerk. Lucas kwalifiseer vir polisiebeskerming. Die vorige premier, Hazel Jenkins, wat tot einde verlede jaar hier gewoon het, het glo intussen terug na De Aar toe getrek. Jenkins het bykans ’n jaar gelede weens ’n breinaneurisme ineengestort en het nie voldoende herstel om haar werk te hervat nie. Regs op die foto het dit gelyk of tegnici verlede week sekuriteitskameras vervang. Foto: Ruan Bruwer
Skryf ’n fliekrubriek IS daar Kimberliete wat graag gaan fliek en agterna die behoefte het om die rolprent met iemand te bespreek? Wil jy nie dalk jou mening oor ’n rolprent met ons lesers deel nie? Ons is opsoek na iemand wat vir ons ’n fliekrubriek op ’n gereelde grondslag kan skryf. Ons sal vir jou en ’n maat van ’n fliekkaartjie voorsien, dan skryf jy vir ons ’n kort oorsig of resensie oor die rolprent van jou keuse by die Ster-Kinekor-rolprentteater in die North Cape-winkelsentrum. Dit moet in Afrikaans geskryf word. Indien jy reken dat jy die ideale kandidaat is, skryf vir ons ’n kort opsomming/resensie van nie langer as 200 woorde nie van ’n onlangse rolprent wat jy gekyk het. Stuur dit, sowel as ’n kontaknommer, teen nie later nie as môre om 14:00 na noordkaap@volksblad.com. Indien ons daarvan hou, sal ons jou bel. ) Fliekvlooie sal bly wees om te verneem ons gaan voort om weekliks drie gelukkige lesers elk met vier kaartjies met die vergunning van Ster-Kinekor te beloon. Die fliekgids word weekliks in Noordkaap geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat van Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek gerus Noordkaap se webtuiste, www.noordkaap.co.za, of
Stuur jou foto reg VROËER JARE was ’n kamera nie vir elke Jan Rap en sy maat beskore nie, maar met die vooruitgang van die tegnologie kan enigeen wat deesdae ’n selfoon besit, hom of haar ’n fotograaf noem. Deesdae het omtrent elke mens ’n kamera enige oomblik van die dag byderhand. Hierdie is ’n versoek aan Noord-Kapenaars om hul foto’s in Noordkaap se fotokompetisie met die koerant te deel. Die foto kan iets vreemds, buitengewoons, snaaks, interessants of sommer net mooi wees. Dit moet egter ’n plaaslike kiekie wees. Die gehalte van die foto is nie ’n voorvereiste nie. Dit is net van groot belang dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Ons kan nie kleiner foto’s as dit plaas nie (ons het die vorige week ’n paar inskrywings gekry wat almal kleiner as 100 KB was . . .) Stuur ook ’n volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar jy die foto geneem het, wat die agtergrond is en wie daarop is, indien dit ’n groepfoto is, sê wie almal op die foto is) saam met die foto. Indien jy daardie foto het wat jy nog altyd graag met soveel mense moontlik wou deel, e-pos dit na noordkaap@volkslad.com. Aan die einde van elke maand gaan Noordkaap ’n wenfoto kies wat ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall vir die fotograaf beteken.
SHOWTIMES FRIDAY 17 JANUARY - THURSDAY 23 JANUARY
SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED
NORTH CAPE MALL FROZEN - 3D
˛
ß
NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES
Fri, Sat: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 Sun: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Tue: 9:00, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00
——————————————————————————————————
JACK RYAN: SHADOW RECRUIT ¸˛
Fri, Sat: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00, 22:30 Sun: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00 Tue: 9:30, 12:00, 14:30, 17:30, 20:00, 22:30 ——————————————————————————————————
WOLF OF WALL STREET ˛ Daily: 9:05, 12:45, 17:00, 20:45
——————————————————————————————————
MANDELA: LONG WALK TO FREEDOM ˛ Daily: 11:15, 14:15, 17:30, 20:30
——————————————————————————————————
STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX ˛
¿
Fri, Sat: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45, 22:30 Sun: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45 Tue: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 19:45, 22:30 ——————————————————————————————————
SCHUKS! YOUR COUNTRY NEEDS YOU ˛
Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15, 22:45 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 18:00, 20:15, 22:45 MORE WAYS TO BOOK
Follow us
TicketLine
082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.
sterkinekor.com
/sterkinekortheatres
APP
@sktheatres
www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van die drie wenners van vier fliekkaartjies te wees gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien wat om te doen om deel te neem. Let wel: Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe rolprent se uitreiking nie.
9
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 22 JANUARIE 2014
Sport
Knights nog hoopvol Ruan Bruwer DIE Knights se hoop op ’n uitspeelplek in die plaaslike T20-reeks is nog lewend, maar hy sal nie vanaand ’n tuisnederlaag kan bekostig nie. Die Knights kom om 18:00 teen die Warriors op die Diamant-ovaal te staan – ’n veld waarop die tuisspan ’n vrot rekord het. Hy kon op sy tweede tuisveld nog net twee seges in tien T20-wedstryde behaal. Danksy ’n paar gunstige uitslae en ’n suksesvolle lopiejaagtog teen die Titans Sondag in Centurion is ’n plek onder die topdrie (om ’n uitspeelplek te verseker) ’n wesenlike moontlikheid al het die Knights nog net twee van sy ses wedstryde in die reeks gewen. In Centurion het die Sentrale Streekspan ’n terugslag beleef in sy soektog na 149 toe albei sy aanvangskolwers – twee van die voorste lopiemakers in die reeks Reeza Hendricks en Rilee Rossouw – vroeg uit is. Maar ’n puik 120-lopievennootskap tussen Dean Elgar en Pite van Biljon het die wa deur die drif getrek. Hendricks van die Griekwas is die reeks se voorste lopiemaker. Hy het vier 50-talle in sy ses kolfbeurte teen ’n gemiddelde van 67,50 bereik Met hom en Rossouw aan die voorpunt sal die Knights hoop op ’n stewige begin. Die kaptein Johann van der Wath sal hoop hy wen die loot en boul eerste, want in die vorige vier T20-wedstryde hier het die span wat tweede gekolf het elke keer koning gekraai. Die Oval sal vir die Warriors geen vreemde veld wees nie. Hulle het die vorige drie seisoene elke keer ’n T20-wedstryd hier gespeel. ) Die hekke open om 17:00.
REEZA HENDRICKS van die Knights, ’n Kimberliet, het in ses kolfbeur te 270 lopies in die T20reeks opgestapel – die meeste deur enige speler. Foto: Conrad Bornman Vir elke vangskoot in die skare is R1 000 van die borg op die spel. Drie gelukkiges sal tydens die twee kolfbeurte uit die skare gekies word wat hul vernuf onder ’n hoë
Griekwas fisiek gereed Ruan Bruwer DIE dae dat daar eers in die herfs vir die rugbyseisoen voorberei word en dat daar eers dan rugby begin speel word, is al ’n paar jaar iets van die verlede. Selfs skole het in Oktober al vir die volgende seisoen begin oefen. Met die hittegolf wat Kimberley steeds in ’n wurggreep het, is daar nie skielik afgeskaal wat die Griekwas se voorbereiding vir die jaar se rugby betref nie. Die spelers het weer op 7 Januarie saamgetrek nadat hulle drie weke af was. Volgens Kobus Calldo, die Griekwas se nuwe kondisioneringsafrigter, moes die spelers ’n program volg in die tyd dat hulle af was wat uit aërobiese en kragoefeninge bestaan het. Hulle is almal met die terugkeer getoets om te kyk of hul fiksheid op die verlangde vlak is. Die intensiteit van die oefeninge sou volgens hom eergister begin toeneem het. “Ons begin soggens vroeg, want jy wil die spelers nie te lank in die son hou nie. Jy wil hulle ook nie te negatief maak deur hulle in die hitte baie te laat rondhardloop nie. Die spelers wat aan die kus uitgespan het, het dit aanvanklik in die oefeninge gevoel (weens die dunner lugdruk in die binneland). “Ons is nog ver van waar ons moet wees wat fiksheid betref, maar daar is nog ses weke voordat ons gereed moet wees,” het Calldo gesê wat in 71 wedstryde vir die Cheetahs as voorry gespeel het. Die Poubloues se nuwe hoofbreier, Hawies Fourie, het verlede jaar met sy aanstelling gesê hy wil toesien dat die Griekwas se kondisionering meer in lyn met die Vrystaat kom. Die Griekwas het reeds Vrydag hul eerste wedstryd teen die Cheetahs agter die rug.
bal in die middel van die veld ten toon sal stel. As jy ’n bal laat val, is jy uit. Die een wat laaste staande bly, sal R2 000 in sy sak steek.
VIR meer sportnuus en foto’s besoek Noordkaap se webtuiste by www.noordkaap.co.za.
Die Diamantstad se koerant