Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 29 Januarie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kovsie help Kby-hospice Ruan Bruwer
GEEN geldinsamelingspoging is ooit te klein nie. Selfs iets soos ’n koekverkoping kan maklik gering geskat word, maar dit het tot die R113 000 bygedra wat vir liefdadigheid bymekaargemaak is. Dit is hoeveel Técara Woodbridge se geldinsamelingsprojek vir Kovsies se jool opgelewer het. Dié oud-Kimberliet is ’n joolkoningin-finalis. Sy is ’n tweedejaarstudent in menslike bewegingswetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Altesaam R84 750 (75% van die totaal) gaan aan die St Teresahospice in Kimberley – Woodbridge se keuse van begunstigde organisasie. “Ek het op Hospice besluit aangesien daar soveel mense is wat sukkel om vir familielede te sorg as hulle terminaal siek is. Hospice is nie ’n regeringsorganisasie nie en kan dus nie op geldelike hulp van die staat staatmaak nie.” Volgens haar het sy van kleins af gereeld saam met haar pa na die hospice gegaan om ondersteuning aan pasiënte te betoon en dit het haar geraak. Haar ouma Magda is boonop ’n suster daar. “Ek het gesien hoe die mense daar weens siekte swaarkry. Dit het beslis ’n rol in my keuse van my begunstigde vir die geldinsamelingsprojek gespeel.” Met die hulp van haar gesin en vriende het hulle gereeld oor naweke verkope in winkelsentrums gehou, ’n diamond rush aangebied en selfs op GWK-veilings voertuie se vensters gewas. “Dit het baie Saterdae geneem
HEINRICH VAN DEVENTER van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) met die likkewaan wat verlede week in ’n woonstel in Beaconsfield gevang is. Inlas: Die likkewaan was duidelik nie baie tevrede dat hy ’n wyle in ’n klein hok moes deurbring nie en het met aggressiewe optrede sy mis noeë te kenne gegee. Foto’s: Ruan Bruwer
Buurt in rep en roer DIE hele Woodbridgegesin het verlede jaar hand bygesit met kol wyntjieverkope om geld vir haar joolprojek in te samel. Van links is Técara, Herbert (haar pa), Venessa (haar ma) en Reagan (haar sussie). Foto: Verskaf om die geld in te samel. Ons moes baie hard werk en leer hoe om verwerping te hanteer.” Sy erken dit was moeilik om vir mense geld te vra, maar haar dryfveer was dat sy iets sou kon teruggee. Die kroningsbal vind op 14 Februarie plaas waar die finaliste ook sal hoor wie die meeste geld ingesamel het. Woodbridge, wat in 2012 aan Kimberley Girls’ High gematrikuleer het, was verlede jaar die beste eerstejaarstudent met kollektelyste (wat die meeste geld in Januarie se geldinsame-
lingspoging vir jool ingesamel het). Marilyn Burrow, die bestuurder van die Kimberley-hospice, sê dit is die eerste keer dat ’n individu geld vir hulle ingesamel het. “Dis ’n wonderlike poging deur haar en ons weet sy het hard gewerk. Ons is dankbaar en ingenome dat sy ons gekies het.” ) SMS-stemme tel gedeeltelik om die joolkoningin te bepaal. Om vir Woodbridge te stem (tot 11 Februarie) SMS jool8 na 34877 teen R2 per SMS.
Ruan Bruwer ’n LIKKEWAAN, iets wat ’n mens net in die veld of dieretuin verwag, het verlede week sy opwagting in Beaconsfield gemaak. ’n Inwoner van dié woonbuurt het Woensdag ’n likkewaan in hul erf gewaar en die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekontak wat egter onsuksesvol was om dit op te spoor. Vrydagoggend is die likkewaan weer gesien, dié keer nie ver van daar nie in een van die Eugeniewoonstelblok se woonstelle. Moontlik onwetend van die gevaar wat ’n likkewaan inhou, is dit gevang en in komberse toegedraai totdat die DBV opgedaag het. Heinrich van Deventer, bestuurder van die hondehokke en voertuie by die Kimberleyse DBV, het die likkewaan in ’n hok binne die
voertuig gesit, maar kort voor lank besef dit het ontsnap en onder die voertuig se sitplek ingeklim. Hy gee toe dit was ’n vreesaanjaende rit tot by die DBV nadat hy dít besef het. Volgens Mario van der Westhuizen, inspekteur van die DBV, is likkewane redelik algemeen in hierdie geweste en hy moes al heelwat van hulle vang. “Een ding van ’n likkewaan is dat hy nie maklik los as hy eers gebyt het nie,” het hy gesê. Sy naels hou ook ’n groot gevaar in en sy kragtige stert kan ’n mens baie seer maak. Met behulp van personeel toegerus met ’n vangnet, dik handskoene en komberse is die likkewaan met moeite onder die sitplek uitgehaal en kort daarna in die Rooifontein-natuurreservaat vrygelaat.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Dit is net verstom mend hoe min mense weekliks inskryf . . . Wie sal nou nie drie vriende wil saam vat om verniet te gaan fliek nie?
SHOWTIMES FRIDAY 24 JANUARY - THURSDAY 30 JANUARY
SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTARY TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED
NORTH CAPE MALL FROZEN - 3D
˛
ß
NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES
Fri, Sat: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15 Sun: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45 Tue: 9:15, 11:45, 14:15, 17:15, 19:45, 22:15
——————————————————————————————————
FAAN SE TREIN
¸˛
Fri, Sat: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 Sun: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00 Tue: 9:30, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 ——————————————————————————————————
JACK RYAN: SHADOW RECRUIT ˛ Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45
——————————————————————————————————
WOLF OF WALL STREET ˛ Daily: 9:00, 12:45, 17:00, 20:45
——————————————————————————————————
STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX
˛
¿
Fri, Sat: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30, 22:50 Sun: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30 Mon,Wed,Thu: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30 Tue: 9:45, 12:00, 14:30, 18:00, 20:30, 22:50 ——————————————————————————————————
SCHUKS! YOUR COUNTRY NEEDS YOU ˛
Fri, Sat: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 Sun: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Mon,Wed,Thu: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30 Tue: 9:15, 11:30, 14:00, 16:45, 19:30, 22:00 MORE WAYS TO BOOK
Follow us
TicketLine
082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.
sterkinekor.com
/sterkinekortheatres
APP
@sktheatres
Fliekkaartjies weer weggegee
Kry Kby reg vir verkiesing DIE verkiesing kom vinnig nader en dit word onder Kimberliete se aandag gebring met Cope, die amptelike opposisie in die Noord Kaap, wat die eerste party was om sy plakkate aan lamppale aan te bring. Die ANC en DA het albei Saterdag hul swaargewigte hier gehad om onderskeidelik hul verkiesingsveldtog en premierskandi daat in die provinsie bekend te stel. Foto: Ruan Bruwer
NOORDKAAP gee steeds aan drie lesers die geleentheid om met die vergunning van Ster-Kinekor elk met vier fliekkaartjies beloon te word. Dit is net verstommend hoe min mense weekliks daarvoor op die web gaan inskryf. So asof lesers van hierdie publikasie nie eintlik fliekgangers is nie. Wie sal nou nie drie vriende wil saamvat om verniet te gaan fliek nie? In alle geval, die fliekgids word weekliks in Noordkaap geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat inligting vir vertonings van Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n
Pure onkunde? ÓF die SAUK is nie baie lief vir die NoordKaapse premier, Sylvia Lucas, nie, óf die werk nemers hier weet nie heelte mal hoe om haar naam te spel of hoe sy lyk nie. Hoe ook al, op verlede week se Afrikaan se televisienuusbulletin is haar naam op die skerm ver toon terwyl dit eintlik kapt. Allan Roebuck, eienaar van Phakalane Airways wat verle de week nuwe vlugte van Kimberley na Upington, Springbok, De Aar, Kuruman, Sishen, Calvinia en Lanseria aangekondig het, was wat gepraat het. Minder as ses maande gelede is die premier se naam as Slyvia gespel (fo to hiernaas) op dieselfde ka naal (SABC2) se program Morning Live. Maar dit is nie net die SAUK wat skuldig is nie. Die Sondagkoerant City Press en radiostasie Ofm het voorheen haar van verkeerdelik as Lukas ge skryf.
Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek www.noordkaap.co.za of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van drie wenners van vier fliekkaartjies te wees besoek www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien wat om te doen om deel te neem. Let wel: Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe rolprent se uitreiking nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
3
Koot al 46 j. deel van byeenkoms Ruan Bruwer
EVIN HOWELL van Pretoria het in Desember by sy oupa en oupa kom kuier en vir Kersfees ’n speelding gekry wat borrels blaas. Hiermee het hy bos gegaan langs ouma se swembad en was in ’n wêreld van sy eie. Foto: Karin Howell DIE eerste foto’s het begin arriveer in Noordkaap se fotokompetisie. Dankie aan dié wat die foto’s ingestuur het en ook dat hulle die foto’s die verlangde grootte gemaak het en die byskrif volledig was. Noordkaap plaas vandag ons eerste foto. Stuur gerus vir ons jou plaaslike foto. Dit kan iets vreemds, buitengewoons, snaaks, interessants of sommer net mooi
wees. Onthou, die gehalte van die foto is nie ’n voorvereiste nie. Dit is net van groot belang dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto
geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is; indien dit ’n groepfoto is, meld aan wie almal op die foto is) met die foto. Stuur die foto per e-pos na noordkaap@volksblad.com. Elke maandeinde kies ons ’n wenfoto met ’n prys wat ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall vir die fotograaf beteken.
IN sy spierwit safaripak het Koot Neethling, die aankondiger van die Hoërskool Diamantveld se kleure-atletiekbyeenkoms sedert 1967, die stem van die geleentheid geword. Verlede Woensdag en Donderdag het Neethling (73) oudergewoonte weer agter die mikrofoon ingeskuif om by die skool se byeenkoms as aankondiger op te tree. Hy het in 1964 by Diamantveld begin skoolhou. “Man, die onderwyser wat dit (aankondigings) altyd gedoen het, is in 1966 weg en ek is toe die volgende jaar gevra om die rol oor te neem. ’n Kollega het vir my gesê ek het ’n lekker stem. Dis genade dat die stem tot nou so mooi gehou het,” vertel hy. Neethling het sedert 1967 net ’n enkele kleurebyeenkoms, in 2012, weens griep misgeloop. Hy sê solank sy gesondheid hou, sal hy aanhou met hierdie taak. Die byeenkoms het volgens hom nog elke jaar sedert 1967 plaasgevind, al moes hulle soms ’n volgende dag terugkom om ’n nommer of twee af te handel. Verlede Woensdag is die byeenkoms deur reën in die wiele gery en moes dit die volgende dag gehou word.
KOOT NEETHLING, soos wat duisende leerlinge hom oor bykans 50 jaar sal onthou, is weer agter die mikrofoon as aankondiger op die kleureatletiekbyeekoms van die Hoër skool Diamantveld. Foto: Ruan Bruwer Volgens hom word dieselfde nommers as destyds vandag nog op atletiekbyeenkomste aangebied. Hy is van mening die standaard het gestyg met atlete wat verder kan gooi en spring en vinniger kan hardloop. “Ek is nie ’n kenner nie, maar ek kon sien die afstande en tye wat nou behaal word, is beter as destyds. Veral met spiesgooi het beter tegnieke ’n rol daarin gespeel.” Hy het nie net op Diamantveld se kleurebyeenkoms as aankondiger
opgetree nie, maar was vir lank ’n instelling op die Kimberley-skolebyeenkoms en provinsiale byeenkomste. “Dit was vroeër jare standaard om in ’n wit t-hemp hierdie werk te verrig. Ek het toe vir my ’n wit safaripak gekoop en so kom ek elke jaar hierheen. “Die kinders en liefde vir atletiek is wat my jaarliks hierheen teruglok.” Hy reken die sing-songs se ou tradisionele liedjies het plek gemaak vir moderne musiek en daar skort niks met die gees nie.
29 January - 02 February 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
29
3990
90
per kg
per kg
Egte Braaiwors
4990
e R o m e sav
29
per kg
R
Watermelon
Save 9.88
55
R
per bundle
20 per box
White Grapes Box 1.5kg
1790 each
Clover Full Cream Or Low Fat Fresh Milk 2l
includes Onions 3kg, #VUUFSOVU LH BOE Potatoes 3kg
129
R
Lean Beef Mince
R
each
Pork Pack
per pack
3190
Frozen Chicken Leg Quarters 5kg
3290
per tray
each
Large Eggs 30’s
Country Fresh Ice Cream 2l t "TTPSUFE
1790
Yellow Cling
per pack Peaches 500g
R
19
Blossom Lite Medium Fat Spread Tub 1kg
anyw here e op h s y h w e, lu va ch u m o s W it h or we’ll BEAT it*
lse?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh , UE With SO MUCH VAL terms and conditions *See www.game.co.za for
Prices apply to Game Kimberly store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Ras nié die motief EEN van die onderwerpe in Suid-Afrika wat party mense baie vinnig laat regop sit, is dié van plaasmoorde. Sekere dele van die bevolking is oortuig spesifiek boere op plase (veral wit mense) is teikens en dat baie van die moorde deur wraakgedagtes gemotiveer word. Interessante statistieke is Sondag in Rapport gepubliseer waarvolgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) aandui 81% van moorde in die land word in swart huishoudings gepleeg. Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is 16 259 mense in 2013 vermoor. In SSA se opnames is bevind daar is jaarliks 16 000 huishoudings waarin ’n moord gepleeg word. Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
Sowat 13 000 van die slagoffers is swart. Die opvatting – dat die wit rasgroep ’n groter teiken as ander groepe is – is deur Frans Cronjé, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-aangeleenthede, verwerp. Die SAPD se moordsyfers wat tussen rasse onderskei, word sedert 2009 nie meer bekend gemaak nie. Dít kan iemand onraad laat vermoed. Boere, van watter ras ook al, is net ’n makliker teiken en sou tog enige booswig se eerste teiken wees, ongeag die ras van die boer(e). Dit is moeilik om te glo aanvallers kies hul slagoffers op grond van velkleur nie.
Minimum 17 °C 18 °C 18 °C 18 °C
Maksimum 31 °C 32 °C 32 °C 32 °C
SKETS: Danie Cronjé
Ken jouself tot jou eie sproete Hannes Noëth DIT is ’n ernstige versoek wat sy in die kantoor kom rig. Ons moet die saak van haar nou mooi aanhoor en mooi luister. Sy is wel ses jaar oud, maar sy weet wat sy weet en sy hou nou nie daarvan dat haar ma dink sy jok nie. Ook haar ouma dink sy jok. Haar pa lag vir haar, maar ek moet haar nou mooi uitluister. Sy soek salf vir haar neus. Goeie salf. Een van haar sproete is weg. Dit was gister nog daar en vanoggend is dit weg. Haar ma sê dit was sommer ’n vuil kol. Pa antwoord iets oor haar verbeelding. Maar ek
moet haar glo. Haar sproet is weg. “Oom, dit was gister nog daar.” Nou soek sy salf. Vir haar neus, want haar sproet is weg. Ek probeer die gesprek rek en vra of daar ’n rofie was. Sy staan egter vas. Haar sproet is weg. Sy soek salf om te keer dat die ander ook wegraak. Ek kyk na die sproetneus voor my. Hoe kan sy dink op daardie sproetneusie kort nog ’n sproet? Maar sy weet. Dit is haar
GEBEURTENISSE op 29 Januarie in die geskiedenis: 1934 – Oos-Londen se Afrikaanse gemeenskap kry sy eie hoërskool, die Hoërskool Grens. 1940 – Onder leiding van dr. D.F. Malan en genl. J.B.M. Hertzog word die stigting van die Herenigde Nasionale Party of Volksparty aangekondig. 1959 – Die Disney-rolprent Sleeping Beauty word die eerste keer uitgereik. 1990 – Buitelandse nuusspanne kom in afwagting op die moontlike vrylating van die ANC-leier, Nelson Mandela, in Suid-Afrika aan. 1996 – Jamie Uys, Suid-Afrikaanse rolprentmaker, sterf in die ouderdom van 75 jaar. 2011 – Fanus Rautenbach, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en skrywer, sterf op 83 jaar. Geboortes op die dag: 1840 – Anton Tsjechof, Russiese skrywer wie se tekste steeds in lande soos Suid-Afrika opgevoer word (sterf KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Agnes Ntlangula is wel op ’n onseremoniële wyse deur die ANC uit haar pos as burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit gehaal, maar het darem ’n troosprys gekry toe sy deur haar opvolger, David Molusi, as lid van sy burgemeesterskomitee aangestel is. Sy kry die portefeulje van veiligheid en sekuriteit. ) ’n Boekhouer van ’n bekende skool in Kimberley het verbaas gestaan toe sy ’n e-tolrekening oopgemaak het wat aan die skool gestuur is. Dit was eintlik vir ’n maatskappy in Noordwes bestem, maar die korrespondensie-adres is dié van die skool. “Gaan die een wie se rekening dit is ooit weet hy skuld die geld? Hoe gaan die e-tol-mense ooit die geld verhaal as mense soos ek, wat verkeerdelik rekenings kry, dit weggooi?” wou die boekhouer, wat nie haar naam genoem wil hê nie, weet. ) Die pad tussen Kimberley, Upington en Springbok het nou heelwat korter geword danksy die eerste intra-provinsiale lugdiens wat in samewerking met die NoordKaapse regering bekend gestel is. Dit behoort groot ekonomiese en maatskaplike voordele vir die provinsie in te hou. Die hoop is Phakalane Airways sal ’n vinnige, betroubare en veilige lugdiens aan Noord-Kapenaars verskaf. ) Samewerking tussen Cope en kleiner opposisiepartye in die nuwe Kollektief vir Demokrasie (KD) kan meebring dat Cope ’n setel aan een van dié partye toeken.
neus en haar sproete. “As julle my ken soos ek myself ken, sal julle weet my sproet is weg.” Dit lyk asof sy gaan begin huil. Sy wil nie hê haar sproet moet weg wees nie, want dit is haar sproet. Ek kon haar nie help om die sproet te kry nie. Die probleem is: Hoe kry ’n mens nou ’n sproet wat weg is? Jy kan nie. Jy moet haar maar glo en ’n oplossing soek sodat die ander nie ook wegraak nie. Wat wonderlik is, is sy ken haarself. Sy weet wie sy is. Sy ken tot haar sproete. In haar kinderwêreld weet sy as hulle weg is. Besproet of nie besproet nie, ek hoop jy ken jouself.
in 1904). 1945 – Jannie Barnard, Springbok-losskakel bekend as Twinkle Toes vanweë sy vernietigende breekslae (sterf in 1985). 1945 – Tom Selleck, Amerikaanse TVen rolprent-akteur bekend vir sy rol in Magnum PI. 1954 – Oprah Winfrey, Amerikaanse televisie-aanbieder, aktrise en vervaardiger. 1979 – Mfuneko Ngam – voormalige Protea wat in sy tyd as een van die vinnigste boulers in die land gereken is. 1984 – Natalie du Toit, vorige SuidAfrikaanse Olimpiese swemmer.
Naas Cope is die Vryheidsfront Plus, die ACDP en die UCDP deel van die KD. Volgens Fred Wyngaard, Noord-Kaapse Cope-leier, het kleiner partye in 2009 se verkiesing te min stemme getrek om ’n setel te wen. Hul gesamentlike stemme kan egter ’n ekstra opposisiesetel beteken. ) Daar was nie ’n oomblik twyfel oor wie ’n vasgekeerde hondjie uit ’n vloedwaterpyp in McDougalweg kan red nie. Ná ao. John Seeley se onlangse dramatiese redding van Kimberleigh, die hond wat in die Groot Gat geval het, was hy eerste in die eienaar se gedagtes. Getrou aan sy aard het Seeley, wat nog met vakansie was, dadelik ingestem, al was dit reeds 23:00. Die hondjie, wat later Lucky gedoop is, het in ’n oop afvoergat, sowat 2,5 m diep, geval. ) Anthony Kruger het sy kop ontkennend geskud toe hy aan roof met verswarende omstandighede en menseroof skuldig bevind is. Kruger is in Januarie verlede jaar ná ’n rooftog in die North Cape Mall deur polisielede in Carringtonweg aangekeer. Hy word vandag gevonnis.
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Een, twee, drie
DIE Hoërskool Ada mantia het vanjaar sy eerste drieling in die skool se bestaan van 44 jaar. Aby Gail, Ricardo en Ro byn Greybe sit almal in dieselfde gr. 8klas. Die onder wysers gaan sukkel om tussen die twee sussies, wat iden ties is, te onderskei. Van links is AbyGail (die oudste van die drie), Ricardo (so wat vier minute jon ger) en Robyn (so wat ses minute jon ger as ousus). Foto’s: Ruan Bruwer
TOM EN CHARLE NE, die derde en vierde lede van die Sindengesin, is vanjaar in gr. 8. Hulle is boonop ’n twee ling. Hul oudste sus ter, Tanya, was verle de jaar Adamantia se hoofmeisie en een van die skool se voorste akademie se presteerders.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
NUWE GROEP GESTIG: Alzheimers Noord-Kaap se ondersteuningsgroep word op Donderdag 4 Februarie om
17:30 in die Acaciapark-aftreeoord gestig. Rig navrae aan die Alzheimerskantoor by 053-831-5815.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Wen met woorde HET jy ’n slag met woorde? Of is kreatiwiteit een van jou eienskappe?
Die Diamond Pavilion Shopping Mall soek ’n slagspreuk vir
Valentynsdag. Dié slagspreuk sal op die sentrum se plakkate gebruik word. Verlede jaar se plakkaat het byvoorbeeld die woorde “Bursting with love” bevat. Die woorde was saam met ’n foto van ’n “ballon van liefde” wat bars. Hoe korter die slagspreuk, hoe beter. Dit kan enige treffende woordspeling oor die liefde wees. Die slagspreuk kan in Afrikaans of Engels wees. Vir die wen-inskrywing is daar ’n R300-geskenkbewys van die sentrum. Stuur jou slagspreuk-voorstel voor 5 Februarie per e-pos na noordkaap@volksblad.com. ) Van die voorstelle tot dusver ontvang (wat almal oorweeg word), is: “my hartvlam”, “let your love flutter the heart of that special person”, “liefde kraai koning” en “borrel oor van liefde”.
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Juffrou het Brandende passie Ruan Bruwer ’n SKOOL wat vanjaar weer lof ingeoes het vir sy vlekkelose slaagsyfer, ondanks die leerlinge se gestremdhede, is die Elizabeth Conradie-skool (Elcon). Elcon se matriekklas van 2013 het ’n vierde jaar agtereenvolgens ’n 100%-slaagsyfer gehandhaaf. Een onderwyser-terapeut, wat vroeër in hierdie matrieks se skoolloopbaan ’n bydrae tot hul fisieke ontwikkeling gespeel het, is die fisioterapeut Elsabé Brand. Dit is vanjaar haar 17de jaar en laaste jaar by Elcon – sy tree die einde van die jaar af. Soos Elcon se 14 terapeute na slegs 1 verminder het, het die druk op Brand se skouers aansienlik toegeneem. Volgens haar speel ’n fisieke gestremdheid ’n rol in ’n kind se akademiese prestasie. “Alles begin by emosionele ontwikkeling. ’n Kind wat weens ’n gestremdheid nie van jongs af kon speel en aktief wees nie, het ’n agterstand. “Hoe beter emosioneel aangepas, hoe hoër kan die brein funksioneer. En natuurlik is daar die fisieke uitdagings soos ’n kind wat sukkel met balans, koördinasie en iets so eenvoudig soos om ’n pen vas te hou,” het sy verduidelik. Die geheim is volgens Brand om die kind altyd in die optimum posisie, soos in ’n staanraam, in die klas of voor die boeke te hê. Brand sê die leerlingtal in die skool het oor die jare heen verander van meer fisiek gestremd na meer leergestremd – sy reken sowat 80% van die skool se leerlinge is deesdae leergestremd. Sy gee net tot gr. 8 vir
VRAAG VAN DIE WEEK: Het jy al iets opgetel en dit vir jouself gehou? Gaan stem by www.noordkaap.co.za (soek meningspeiling regs op die voorblad onder ons jongste uitgawe) of lewer kommentaar op ons Facebookblad. Verlede week se vraag: Hoe is jy in gr. 8 ontgroen? – Dit was nogal erg, ek is soms erg verneder: 0% – Ag, nee, dis net pret en maak jou nie dood nie: 50% – Deesdae se ontgroening is kinderspeletjies: 50% Facebook-kommentaar: My sotte-tannie het vir my gesê ek moet ’n manlike en vroulike blaar gaan pluk, toe pluk ek ’n dun en ’n dik blaar. Ons moes ook soos boemelaars na die sokkiejol toe aangetrek het. – Sandra de Klerk
ELSABÉ BRAND, die Elizabeth Conradieskool se fisiotera peut, help Nomtandazo Dibane, ’n gr. 8leerling wat met bros bene sukkel, uit haar staanraam. Foto: Ruan Bruwer leerlinge fisioterapeutiese oefeninge. Sy sê sy werk met leerlinge met ’n groot verskeidenheid gestremdhede in hierdie periodes. Brand is dankbaar vir twee skoonmakers wat ’n hand hiermee bysit. “Ek kan nie meer self kinders uit ’n rolstoel ophelp nie, my rug wil nie meer nie.” Daar is volgens haar altyd hoop om, ondanks ’n fisieke gestremdheid, steeds matriek te slaag en ’n sukses te wees. Sy vertel van ’n kind wat breinskade gehad het en onwillekeurig liggaamsbewe-
gings gehad het. “Ons moes hom in die klas met enigiets byderhand vasbind. Hy het tot gr. 8 terapie ontvang. Danksy baie deursettingsvermoë, beter balans en koördinasie het hy verbeter en kon hy matriek slaag. “Daar is nog sulke groot wonders,” aldus Brand. “Met terapie is daar altyd hoop, al kan jy as fisioterapeut net help dat die persoon se toestand nie verder versleg nie. “Maar mense moet ook hulself wil help.”
Só skryf jy dit IN die volksmond word gereeld gesê ’n geleentheid skop af. Maar kan dit werklik afskop? Nee, net ’n sokker- of rugbywedstryd skop af. Ons skryf eerder dit neem ’n aanvang of sommer net dit begin.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014 PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
SOEK, KOOP, VERKOOP
wen wen wen
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
11
VIER mense kan elk vyf kaartjies na Sondag se T20-wedstryd tussen die Knights en Titans op die Diamant-ovaal wen. Die aksie begin om 14:30 en die hekke open om 13:00. Om in aanmerking te kom is maklik. Gaan na www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Hier sal jy sien hoe om te maak om deel te neem. Jy kan jou tot Vrydag om 13:00 inskryf waarna die wenners gekontak sal word.
Houe trek wyd en syd Ruan Bruwer
KRIEKET word nou wel nie in dieselfde asem as sportsoorte soos rugby, perdry, gimnastiek en boks genoem wat beserings en gevaar betref nie. Krieket is immers ’n “gentleman’s game”. En ofskoon daar op die Diamantovaal in Kimberley nog nie enige ongevalle deur ’n krieketbal veroorsaak is nie, het veral die wit bal (wat in eendag- en T20-wedstryde gebruik word) al duidelik sy stempel op ander maniere afgedruk – in die vorm van stukkende ruite. Die Diamant-ovaal is uniek in Suid-Afrika omdat dit die enigste krieketstadion in die land in ’n woonbuurt is waar franchise- en internasionale krieketwedstryde aangebied word met wonings net ’n klipgooi van die stadion af. Die veld is volgens Ben Neethling, stadionbestuurder, in 1976 deur De Beers as deel van verskeie ontspanningsgeriewe opgerig. Die huise was toe reeds gebou en is meestal deur personeel van De Beers bewoon. Die veld is nie een van die grootstes in die land nie. Volgens Neethling is die reguitgrens suid 69 m van die kolfkampie, noord 73 m, wes is dit 65 m en oos 67 m. Een van die grenshoue wat vroeër vandeesmaand krieketkykers aan die praat gehad en monde laat oophang het, was David Miller (Dolphins) se sierlike ses hier teen die Knights wat hy van Ryan McLaren se boulwerk halfpad Johannesburg toe gemoker het. Die arme McLaren was ook die bouler toe een van die wêreld se mees berugte kolwers, Shahid Afridi van Pakistan, hom verlede jaar vir ’n ses van 158 m op die Wanderers in Johannesburg geslaan het. Miller se massiewe ses het oor die kommentaarhokkie aan die noordekant (wat die hoogste punt in die stadion is) geseil en die bal moes noodgedwonge vervang word
‘Daar moet gemid d e l d s o e l ke v y f d e wedstryd ’n bal ver vang word wat uit die stadion geslaan is en nie weer sy weg te rugvind nie.’ – Ben Neethling, sta dionbestuurder
HIER kan gesien word hoe naby die wonings in Lardner Burkestraat in Cassandra aan die Diamantovaal is.
Kolwers looi balle na ‘bure’ Ruan Bruwer DIE mediasentrum aan die suide kant van die Diamantovaal in lyn met die kolfstrook het al ’n paar maal onder ’n harde krieketbal wat in sy rigting getrek het, deurge loop, soos hierdie stukkende ruit vertel. Foto’s: Ruan Bruwer aangesien dit nie weer te voorskyn gekom het nie. Neethling sê ’n nuwe wit Kookaburra-bal wat in wedstryde gebruik word, kos minstens R1 000 stuk. “Daar moet gemiddeld so elke vyfde wedstryd ’n bal vervang word wat uit die stadion geslaan is en nie weer sy weg terugvind nie. “Mense hou daarvan om dit as ’n aandenking te hou. Soms gebeur dit dat werkers ’n bal na ’n paar dae iewers in ’n sloot of gat vind nadat dit in ’n vorige wedstryd weggeslaan is. “Die wedstryd moet aangaan, so die vierde skeidsregter wil nie te lank wag vir die bal om gevind te word nie,” sê Neethling. Reusagtige sesse deur Loots Bosman, terloops die eerste Suid-Afrikaanse speler om ’n 100-tal in T20-krieket te moker, Pakistan se Inzamam-ul-Haq en Afridi is drie groot grenshoue op die ovaal wat Neethling bybly. Miller s’n is egter die grootste wat hy nog daar gesien het. Volgens hom en Brian Kidson, vorige direkteur van operasionele bedrywighede van die Griekwaland-Wesse Krieketraad, is daar nog nooit aan ’n motor skade aangerig deur ’n krieketbal wat hard en ver geslaan is nie. Neethling is verbaas dat ’n bal nog nooit iemand teen die kop getref het nie. Matthew Cader, ’n seuntjie wat twee jaar gelede in die skare deur ’n ses van Graeme Smith op die wang getref is, is die enigste geval waarvan Kidson-hulle bewus is. Die seuntjie het kort daarna ’n getekende krieketkolf en -hemp van Smith ontvang. ) Gaan na www.noordkaap.co.za vir ’n videogreep van Afridi se reusagtige hou verlede jaar.
MET huise wat net agter die noordekant van die Diamantovaal in Cassandra geleë is, is dit ’n gegewe dat daar krieketballe in hierdie erwe gaan beland. Die afstand tussen die sypaadjies voor die huise in Lardner Burkestraat en die grens is niks meer as 20 m nie. Noordkaap het by die huise in
ETTIENNE PRETORIUS met ’n krieketbal wat verlede jaar in sy erf geland het van ’n groot ses wat deur die Griekwas se Griffin Nieuwoudt gemoker is. Die huis is reg oorkant die kolfblad van die Diamantovaal in Cassandra. Foto’s: Ruan Bruwer
hierdie straat gaan aanklop om te verneem of ’n krieketbal al ooit skade aan hul huise veroorsaak het en of hulle al ’n verlore bal of twee in hul erwe opgespoor het. In die Du Plooys se woning skuins oorkant die stadion het Janine du Plooy van ’n keer vertel toe haar kamervenster deur ’n krieketbal gebreek is. “Ek kan nie presies onthou watter jaar dit was nie, seker in die vroeë 2000’s toe Suid-Afrika het hier gespeel het (die Proteas was van 2000 tot 2002 jaarliks hier in ’n eendagwedstryd betrokke). “Ons het die wedstryd by die stadion gekyk en net my ma was tuis. Ek onthou die een ses wat in ons huis se rigting getrek het, maar ek het nie gedink dit sou so ver trek om by ons huis uit te kom nie. “My ma het my pa vreesbevange op sy selfoon gebel om te sê iemand het pas ’n kamervenster uitgeslaan. Sy het gedink dit is ’n inbreker. “Toe sy by die kamer kom, het sy gesien die inbreker was toe ’n wit krieketbal wat op die vloer gelê het,” vertel sy. Sy het die bal vir haar broer gegee wat dit as ’n groot geskenk beskou het. Nog ’n gelukkige wat ’n krieketbal ryker geword het, was
DIÉ krieketbal gaan in Etienne Pretorius se toekomstige lapa uitgestal word. Ettienne Pretorius, wat reg oorkant die kommentaarhokkie, wat in lyn met die kolfblad is, woon. Hy het op 6 Oktober verlede jaar die Sondagoggend van die kerk teruggekom en ’n potjie voor in sy tuin gemaak. “Die volgende oomblik het ek ’n bal in ons rigting sien kom. Dit het net kort van my in die erf geval. Ek het die bal gegryp en gehou. Die veldopsigter het daarna kom soek en gevra of ek iets gesien het. Ek het enige kennis van ’n vlieënde krieketbal ontken. “Shame, hy het seker vir ’n halfuur na daardie bal gesoek en op en af in die straat op soek daarna gery,” het Pretorius met ’n glimlag gesê. Die Griekwas se Griffin Nieuwoudt was vir daardie monster-ses verantwoordelik in ’n wedstryd teen die Westelike Provinsie wat eersgenoemde span gewen het. Voor Pretorius het Eugene Nel tot verlede jaar die tyd sowat 20 jaar in die huis gewoon. Volgens Nel het hy baie balle, wittes en rooies, deur die jare in die tuin en in die erf “gescore”. Die laaste van daardie balle was in 2012 toe Sri-Lanka hier teen die Proteas in ’n eendagwedstryd gespeel het.
Sesse op spyskaart in T20-stryd Ruan Bruwer MET van die beste kolwers Sondag op die Diamant-ovaal in aksie sal toeskouers wakker moet wees, want heelwat sesse behoort in hul rigting geslaan te word. ’n Derde T20-wedstryd in die Ram Slam-T20-reeks word dan hier aangebied (die meeste wedstryde wat in die franchise-era aan die veld toegeken is) met die Titans wat hierheen reis. Die Titans, veelvuldige wenners
van die reeks, beskik oor van die grootste mokeraars in die reeks. ’n Naam soos Albie Morkel sal die meeste boulers in ’n koue sweet laat uitslaan. Daar is ook spelers soos Farhaan Behardien, Roelof van der Merwe, Henry Davids en David Wiese (wat almal vir die Proteas in T20internasionale wedstryde gespeel het) wat enige dag ’n bouler se syfers kan beïnvloed. Vyf spelers hou die gesamentlike rekord vir die meeste sesse (vier
van hulle) in ’n kolfbeurt vir hul franchise-span in ’n T20-wedstryd. Van hulle is Davids wat vier sesse in sy onoorwonne kolfbeurt van 93 lopies in 2007 vir die Cobras teen die Knights oor die grens gelug het. Die Knights se Rileen Rossouw het dit ook verlede jaar teen die Lions vermag. Die meeste gesamentlike sesse in ’n wedstryd, naamlik 14, is verlede jaar op die veld geslaan. Die Knights was vir ses van hulle verantwoordelik en die Lions ses.
DAVID MILLER van die Dolphins se massiewe ses het maklik oor die kommentaarhokkie aan die noordekant van die veld, wat die hoogste punt in die stadion is, geseil.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 29 JANUARIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Golfers show skills
THE Northern Cape golf players gave an excellent account of themselves in the age group divisions of the Northern Cape Junior Open played over the weekend. Over 90 players from the Northern Cape and the Free State teed up at the Kimberley Golf Club on Saturday and Sunday to play over 54 holes. This annual stroke play event is divided into the u.11, u.13, u.15, u.17 and u.19 age groups. The top seed, Bloemfontein’s Attie van Wyk, ended with a closing round 74, a blistering final nine played in just 33 strokes to put him six clear on 222 and earned him the 2014 champion title. The Kimberley Golf Club’s Keanan Aysen was joint third on 229. Aysen and Hermus Venter ended second and third respectively in the u.19 division. Leon van Jaarsveld was first in the u.15 division. Remon Rabie and Nico Pietersen grabbed the first two spots in the u.13 division. Boele Delport, Dian Fourie and Jean Pierre Fourie took the top three spots in the u.11 division. ) This week the KGC hosts the Annabell’s betterball Stableford on Wednesday, the Rossbotes Challenge on Thursday and a probable Flamingo Casino Niner outside of the scheduled on Friday.
THE 14yearold Joshua Edwards of the Northern Cape High School tees off at the first hole at the Northern Cape Junior Open played at the Kimberley Golf Club over the weekend. Photo: Ruan Bruwer
Oplewing te gering Ruan Bruwer HOEWEL die Griekwas-Diamante se spelpeil die naweek ’n geringe oplewing getoon het, het hul teleurstellende seisoen met twee nederlae tuis teen Gauteng voortgeduur. In die meerdagwedstryd was daar ’n verbetering in die Kimberliete se kolfvertoning en sou hulle gereken het ’n teiken van 331 lopies om op die laaste dag vir ’n oorwinning te jaag sou ’n te hoë teiken vir die besoekers gewees het. Die Gautengers het egter ’n rapsie meer as 70 beurte benodig om die verlangde lopies met nog ses paaltjies staande aan te teken. Hulle het teen 4.4 lopies per beurt gekolf om maar net die tweede keer die seisoen aan die wenkant te eindig. Ligpunte was daar in die eerste kolfbeurte van die bloedjong Diego Rosier met 68, Patrick Kruger se 43 en Gihahn Cloete se 44 lopies en ’n verdere 35 lopies deur Kruger in die tweede beurt. In die T20-reeks wat Sondag albei spanne se eerste wedstryd was, het die Griekwas streepsuiker gekry deur 41 lopies kort van Gauteng se totaal van 181 te val. Sake het belowend begin in die jaagtog danksy ’n openingsvennootskap van 79 lopies deur Cloete (35) en Gerhardt Abrahams (47). Op 124/3 met nog 58 lopies benodig van 30 balle was ’n sege nog ’n wesenlike moontlikheid, maar ’n reuse-ineenstorting het meegebring dat die laaste sewe paaltjies vir net 16 lopies gekantel het. Die Diamante speel aanstaande naweek tuis teen Namibië.