Noordkaapnk 20140212

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 12 Februarie 2014

www.noordkaap.co.za

www.noordkaap.mobi

Kyk, ’n skoon park Gemeenskap versorg en geniet dit saam Ruan Bruwer

Skud saam gewig af bl. 3

Belgrave Walk ’n belewenis bl. 8

Fiksheid en verdediging skort bl. 12

’n GROEN en skoon park is ’n seldsame gesig in Kimberley waar die meeste parke heeltemal vervalle geraak het en glad nie meer in stand gehou word nie. Boonop sal dit geen kind lok om daarin te speel nie. ’n Park wat darem die laaste twee en ’n half jaar ’n oplewing het en nou met lowergroen gras spog, is die een in Beaconsfield op die hoek van Hulley-, Kearns- en Herculesstraat. Dit is hoofsaaklik te danke aan ’n inwoner oorkant die straat wat sy dienste gratis beskikbaar gestel het om as die nie-amptelike opsigter te dien. Chris de Kock sien toe dat die gras genoeg en gereeld water kry en is nie bang om mense vas te vat wat dit durf waag om in die park te mors nie. Volgens hom was dit eens ’n onaanvaarbare gesig, veral in Augustus wanneer die wind stofwolke waai. Dít nadat die munisipaliteit ’n tydelike werker onttrek het en die gras nie meer natgelei is nie. De Kock het sedertdien briefies in die omliggende huise se posbusse geplaas waarin gevra word om nie hul vullis of vullissakke daar te gaan strooi nie. “Ons het goeie samewerking gekry. As ek sien mense vorm ’n groepie hier, gaan vra ek hulle om asseblief nie rommel te strooi nie. Ons het ’n drom hier geplaas. Ek vra hulle om dit te gebruik.” De Kock sit Woensdae daardie vullissakke uit vir die munisipaliteit om te verwyder. Hy het ’n briefie daar aan ’n substasie geplak om mense te vra om nie te mors nie. De Kock wil nie geprys word vir wat hy doen nie. “Almal werk saam; dit is nie net deur my toedoen nie. Ek word nie betaal nie. Al wat ons kry, is ’n dankie van Wendy (Peine, koördineerder van Hou Kimberley Skoon) en Massimo (Mazzoncini, hoof van parke en tuine van die munisipaliteit). Wanneer die gras te lank raak, bel ek die munisipaliteit om dit te kom sny. Hy reageer darem op my oproepe. Ek sit self die sproeiers aan.” Volgens hom speel kinders tot laat bedags sokker en is mense lief om onder ’n koelteboom in die park te sit. “Die een meisie kom oefen haar spiesgooi hier. In die 20 jaar dat ons hier woon, is die park in die beste toestand waarin dit nog was. Ek dink die mense is trots daarop.”

DANKSY die nie­amptelike opsigter van die park op die hoek van Hulley­, Kearns­ en Herculesstraat in Bea­ consfield is dit nou ’n stuk groen gras waarop enige kind kan baljaar. Chris de Kock (foto) sien toe dat die gras genoeg en gereeld water kry en is nie bang om mense vas te vat wat dit durf waag om in die park te mors nie. Hy word nie ’n sent hiervoor betaal nie en dit is ook nie asof hy bedags net op sy stoep sit en koffie drink nie. Hy het ’n heeltydse werk. Voordat hy betrokke geraak het, was die stuk grond net ’n stuk droë grond en groen gras was ’n uitsonderlike gesig. Regs: Chris de Kock het self die vullisdrom daar opge­ rig met ’n vriendelike versoek daarop om die park­ skoon te hou. Foto’s: Ruan Bruwer

GRATIS


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Noordkaap-stylgids ONS skryf daar is nie geld (in plaas van fondse) vir die projek nie. Die projek word dan gefinansier (nie befonds nie). Geld word gestort of inbetaal in ’n fonds wat met ’n spesifieke doel gestig is, soos ’n Kersfonds.

DIE foto’s stroom nou in vir Noordkaap se fotokompetisie. Diegene wat die foto’s ingestuur het, word bedank, asook dat hul foto’s die verlangde grootte was en dat die byskrifte volledig was. Vir diegene wat twyfel, ’n foto van 58 KB se fotogehalte is te swak om in die koerant geplaas te word. Hoewel die gehalte van die foto nie ’n voorvereiste is nie, is dit belangrik dat dit nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto. Dit kan iets wees wat vreemd,

buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto per e-pos na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto met as prys ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall vir die fotograaf.

DIE karkas van ’n onbekende wilde dier is einde verlede jaar op ’n grondpad tussen Douglas en Schmidtsdrift aangetref. Dit lyk of die dier se poot in die doringdraad vasgesit het. Dit kon moontlik tot sy dood gelei het. Foto: CJ van Rensburg

GENEEM op Jeugdag verlede jaar by die Kumba Skate Plaza tydens die Boogaloos Skateboarding for Hope­toer wat hier aangedoen het. Op die voorgrond is Wandile Msomi, ’n professionele skaat­ plankryer van Soweto. Die foto is vroegoggend geneem toe die son nog hoog was, die swart en wit het die foto besonders laat uitstaan en die aksie van ’n skaatsplankryer perfek vasgevang, aldus die fo­ tograaf. Foto: Talitha Kühn

DIE Kimberley­Diamond Cup­skaatsplankkampioenskapsbyeen­ koms kan moontlik een van die jongste deelnemers hê as die twee­ jarige Jesse James McAlpine sy sin kry. Die foto is geneem op ’n fotosessie van die Smiley Kids Kimberley. Foto: Laél Photography

DIÉ foto is in Roodepan geneem. Die fotograaf het dié nag met sy kamera se funksies gespeel en was van plan om ’n foto van die ligte in die Phutanang­gebied in Galeshewe (op die agtergrond) te neem toe hy ook ’n verbygaande motor se ligte vasgevang het.

DIT is min dat ’n mens ’n wolk so naby aan moederaarde sien. Dit is in Hadisonpark (regs is die Hadisonpark­sentrum) op ’n somers­ aand ná ’n donderstorm geneem.

Foto: Carl Blake Jardine

Foto: Heather Reddan


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Pak dieet met mening Carine Beylefeld MET die aanmoediging van Jamiela Cader en Amiena Darries, die vooruitsig van ’n plat magie en om op Valentynsdag op jou beste te lyk het ’n groep van 18 mense besluit om in die twee weke se aanloop tot Vrydag se Valentynsdag gewig te verloor. Cader en Darries sou aanvanklik die eetplan oor 14 dae alleen aangepak het, maar belangstellendes het daarvan te hore gekom en besluit om hulle by die twee vroue aan te sluit. Die vroue se wil en lus vir uitdagings het waarskynlik ander aangesteek, want kort voor lank was dit 18 mense onder wie vier getroude pare is. Benewens die gewig wat verloor kan word, is dit ’n geleentheid om ’n goeie eetpatroon te vestig en die liggaam te ontgif. Darries, wat eens met haar gesondheid gesukkel het, het ’n produk van Maleisië af ingevoer wat as ’n aanvulling dien en wat die hongerpyne help stil. As aanmoediging deel die groep hul foto’s op ’n Whatsapp-groep. Sommige mense neem ’n foto van hulself op die skaal en wys wat hul tot dusver verloor het. Ander wil dit vir Valentynsdag ’n geheim hou. Cader ry ook na die deelnemers toe om hulle te gaan meet en weeg en moed in te praat, terwyl Darries daagliks die groep bemoedig en raadgee wanneer die hongerpyne knaag. Volgens Darries gaan dit nie net daaroor om gewig te verloor nie, maar om

die liggaam, siel en verstand skoon te kry. Een van die deelnemers vertel sy het al bykans alle wenke en diëte sonder sukses gevolg, maar is opgewonde oor die een. Die twee weke lange program behels die inname van 3 l water per dag en ’n eetprogram wat van dag tot dag verskil. Ontbyt is belangrik en bestaan uit onder meer swart, bitter koffie en brood met ’n bietjie margarien of grondboontjiebotter op. Vir middagete is dit proteïene en groen groentes. Aandete wissel dit van beeshaas en groen slaai tot vrugteslaai en jogurt. Op die Whatsappgroep word gekla van maag- en hongerkrampe, monde wat droog is en dat dit voel asof daar gevas word. Ander geniet dit weer en sê hulle kan nie wag vir Valentynsdag dat hulle iets lekkers kan eet nie. Die getroude paartjies moedig mekaar aan, maar sou een dit durf om iets skelm te eet wat nie deel van die eetplan is nie, word daardie een se “sonde” op Whatsapp aan die groot klok gehang. Sommiges beplan om 10 kg te verloor en ander sal met 5 kg tevrede wees. Vir die laaste dag van die dieet gaan almal opgetof in rooi klere vir Valentynsdag bymekaarkom en die dag behoorlik vier met iets lekkers te ete.

Ontbyt is belangrik en be­ staan uit onder meer swart, bitter koffie en brood met ’n bietjie mar­ garien of grondboontjie­ botter op, vir middagete is dit proteïene en groen groentes en vir aandete wissel dit van beeshaas en groen slaai tot vrugteslaai en jogurt.

JAMIELA CADER ry selfs na die deelnemers om hulle te gaan meet en weeg en moed in te praat. Sy neem self ook aan die streng eetplan oor 14 dae deel. Sommige van die deelnemers aan die uitdaging hoop om tot 10 kg af te skud. Foto: Carine Beylefeld

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Hofsaak knou ANC-beeld

VIR die ANC in die Noord-Kaap kon die Trifecta-hofsaak waarin van sy leierpolitici kort voor die 2014-verkiesing in die beskuldigdebank staan, nie op ’n slegter tyd gekom het nie. Die aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery teen hulle tas die party se geloofwaardigheid aan in ’n provinsie waar die ANC se vastrapplek toenemend onseker raak. Dat John Block nie net die Noord-Kaapse partyleier is nie, maar ook as LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling die provinsiale geldkas beheer, wek des te meer geldige vrae by die publiek wie se belange ampsdraers soos hy Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag

moet dien. So ook is Alvin Botes as LUR vir plaaslike regering en Yolanda Botha, ANC-LP, betaalde ampsdraers. Die verweer dat enigeen onskuldig is totdat hy in die hof skuldig bevind is, is wel regsgeldig, maar in dié geval nie ’n verweer waaragter die ANC kan skuil nie. In ’n ware demokrasie is dit bykans ondenkbaar dat ’n openbare ampsdraer, veral in ’n kritieke pos, sy werk voortsit as daar selfs net die skyn van aandadigheid oor sy kop hang; wat nog te sê teen betaling. Wat die publiek sal wil sien, is dat die openbare verantwoordelikheid bó kaderbelang gestel word.

Minimum 18 °C 17 °C 16 °C 15 °C

Maksimum 31 °C 28 °C 27 °C 28 °C

SKETS: Danie Cronjé

Doelbewus het sy keuse gemaak Hannes Noëth MET my eerste besoek aan hulle as gesin het ek my heeltemal misgis. Ek het gedink dit lyk maar altyd so. Dit was met die tweede en derde besoek daar dat ek besef het my eerste indruk was verkeerd. Soms tref jy die huis netjies aan, ander kere nie. Daardie dag was die huis in ’n warboel. ’n Bietjie deurmekaarder as deurmekaar. Maar dit was nie haar geaardheid nie. Soms maak sy daai keuse. Sy het sommer self verskoning gevra vir haar huis wat in ’n warboel is. Sy sal netnou skoonmaak, die oggend was nog net te dol. Sy onthou hoe sy voor haar ma met

die stoflap in die hand grootgeword het. Sy is nooit afgesien vir skool nie. Sy moes self gereedmaak. Die skoonmaak van die huis moes net klaar. Sy onthou hoe haar ma se woorde deur hulle almal sny, heeltyd: “Ek het klaar hier opgeruim. Kyk waar julle trap. Kyk waar julle jul goed neersit. Maak só, moenie dat, oppas daar.” Sy het toe al besluit sy sal nooit so wees nie. Natuurlik is sy lief vir haar ma en sy verstaan dat huiswerk

GEBEURTENISSE op 12 Februarie in die geskiedenis: 1880 – Die Porter-Rhodes-diamant van 150 karaat, wat sowat R60 000 werd is, word in Kimberley ontdek. 1880 – Ermelo word gestig. 1964 – Die legendariese Australiese krieketomroeper en voormalige Aussie-kaptein Richie Benaud speel sy laaste toets in Sydney teen Suid-Afrika. Hy het as kaptein nooit ’n toetsreeks verloor nie. 1990 – Nelson Mandela ontmoet die wêreldmedia in die woning van aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad en sê hy begryp wit mense se vrees vir oorheersing. 1993 – Die regering en die ANC reik ’n voorstel uit vir magsdeling en die vestiging van ’n tussentydse regering van nasionale eenheid ná die verkiesing van ’n algemene vergadering. 2000 – Charles Schulz, skepper van die strokiesprent Peanuts, sterf aan KIMBERLEY-NUUSFLITSE van die afgelope week: ) Die nuwe Sol Plaatje-universiteit in Kimberley sukkel nie om akademiese personeellede te kry nie – mense wil hierheen kom. Dít is volgens prof. Yunus Ballim, tussentydse hoof van die universiteit. Nege akademiese personeellede, asook twee senior administratiewe personeellede, nog vier administratiewe personeelbestuurders en ’n verblyfbestuurder is reeds aangestel. ) Mediese spesialiste in staatshospitale mag net agt uur per week private werk doen en slegs as hulle elke jaar toestemming daarvoor kry. Dit moet in hul vrye tyd gedoen word, sê Lulu Mxekezo, woordvoerder van die gesondheidsdepartement. Die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement volg die bepalings van die beleid oor betalende werk buite die openbare sektor. ) Die regering kan nie self werkgeleenthede skep nie, maar moet ’n omgewing skep waarin die private sektor werkgeleenthede kan skep. Dít is volgens dr. Wilmot James, federale DA-voorsitter. Hy het sakelui hier toegespreek. “Die skep van werk is die grootste uitdaging in die land. Werk bring waardigheid en gee ’n inkomste en stabiliteit.” ) ’n Amerikaanse polisie-agent wat hom as ’n 15-jarige seun voorgedoen het, het die Suid-Afrikaanse polisie op die spoor

baie werk is, maar sy dink dit is ’n keuse oor wat voorkeur moet kry. Sy het doelbewus die patroon van haar ma verbreek. Maar ek moet mooi verstaan: Sy lewe nie vuil nie; sy het net haar keuse gemaak. Sy groet eers haar man met ’n soen, pak haar kinders se kos met ’n glimlag, sien hulle af by die deur. Maak seker dat hulle met ’n glimlag uit die huis gaan. As almal weg is en alles rustig is, gaan staan sy voor die wasbak, vat die stoflap, begin die vloere vee. Maar dan sug sy nie, sy doen dit maklik, want haar man is gelukkig werk toe, haar kinders se oë het geblink. Sy kan nie wag dat hulle tuis kom nie. Al mors hulle haar huis vuil.

dikdermkanker. Dit was die dag waarop sy laaste oorspronklike tekening verskyn het. 2003 – Bewerings van dronkenskap en kru taalgebruik word teen die ontslape adv. Percy Sonn, toe president van die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika (VKSA), gemaak. Hy het hom glo by ’n Wêreldbeker-krieketwedstryd in die Paarl wangedra en het glo tussen losies rondgeslinger. Geboortes op die dag: 1809 – Charles Darwin, Britse wetenskaplike (sterf in 1882). 1925 – Cecil Moss, die naasoudste Springbok-rugbyspeler.

geplaas van ’n man van Kimberley wat in hegtenis geneem is weens die besit en verspreiding van kinderpornografie en die seksuele aanranding van kinders. Roelof du Toit (37), ’n private musiekonderwyser, is aangekeer nadat hy en die “15-jarige seun” glo per e-pos gekorrespondeer het. ) Hendrik Weilbach, hoof van die Laerskool Ikageng buite Douglas, is verlede week oorlede terwyl hy in die Mediclinic Kimberley vir ’n voetoperasie was. Die 59-jarige Weilbach, wat sowat twee dekades hoof van die skool was, is ná ’n dubbele hartaanval dood. Hy het in Kimberley gewoon en elke dag die 80 km skool toe en terug gery. ) ’n Lokomotief van die Blou Trein het Saterdagoggend, onderweg in ’n suidelike rigting uit die stad, vlamgevat en uitgebrand. Sandile Simelane, woordvoerder van Transnet Freight Rail, sê daar is niemand beseer nie en ’n ander lokomotief is gebruik.


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Tyd min vir Kersfonds-skenking DIE tyd raak min om ’n bydrae tot die Volksblad-Kersfonds te lewer. Die huidige insamelingspoging sluit op 31 Maart. Die Kersfonds gee aan mense in die Noord-Kaap en Vrystaat die kans om ’n liefdadigheidsinstansie te ondersteun. Die geld word ook geskenk aan instansies in die dorp of stad van waar die skenking kom. Dit word vir basiese behoeftes soos kos en klere gebruik en nie vir luukses, herstelwerk of rekenings nie. Die Kersfonds is ingevolge artikel 18(a) van die Belastingwet geregistreer. Skenkers kan ’n artikel 18(a)-kwitansie aanvra sodat die skenking van inkomste-

Die Kersfonds gee aan mense in die Noord­Kaap en Vrystaat die kans om ’n liefdadigheidsinstansie te ondersteun. belasting afgetrek kan word. Geld kan by Volksblad-Kersfonds, Nedbank-tjekrekening 102 891 9980, takkode 117 134, inbetaal word. Stuur ’n faks as bewys van direkte inbetaling aan Marie McLaren by 051-448-3771. Tjeks kan uitgemaak word aan Volks-

blad-Kersfonds en gepos word na Posbus 12552, Brandhof 9324. Verskaf ook jou naam en adres. Kontant kan ook by enige van Volksblad se kantore in Bloemfontein, Kimberley, Welkom, Kroonstad, Bethlehem, Kuruman of Upington inbetaal word. Om R20 vir die Kersfonds te skenk

stuur ’n SMS na 49219. Begin die SMS met die woord “Kersfonds”, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy vandaan kom. Ondernemings en instansies wat R5 000 en meer aan die Kersfonds wil skenk, kan Madelein Venter by madelein.venter@ volksblad.com kontak.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Wen kaartjies MET die vergunning van Ster-Kinekor kan drie lesers elk vier fliekkaartjies wen. Die fliekgids word hiermee geplaas. Ongelukkig word die weeklikse gids, wat inligting vir vertonings van Vrydae tot Donderdae insluit, eers op ’n Woensdag deur Ster-Kinekor uitgestuur, wat dus te laat vir publikasie is. Om die fliekgids tot die volgende Woensdag te sien besoek www.noordkaap.co.za of www.sterkinekor.com. Om ’n kans te staan om een van drie wenners te wees besoek www.noordkaap.co.za en soek die skakel “Kompetisies” bo-aan die blad. Daar sal jy verduidelik word hoe om jou in te skryf. Die kaartjies geld nie die eerste week van ’n nuwe rolprent se uitreiking nie. Verlede week se wenners is Gerhard Senekal, Anja Basson en Santie Greenland.

SHOWTIMES FRIDAY 7 FEBRUARY - THURSDAY 13 FEBRUARY

SHOWS, PRICES AND TIMES SUBJECT TO CHANGE. NEW RELEASE - NO COMPLIMENTAR TICKETS (*) FOR ONE WEEK FROM DATE OF RELEASE UNLESS OTHERWISE STATED

NORTH CAPE MALL VALENTINE’S PRE-RELEASE SCREENING PAD NA JOU HART ¸ ˛ Thu: 19:45

——————————————————————————————————

WINTER’S TALE

¸˛

NOW SHOWING AT STER-KINEKOR THEATRES

Thu: 20:00 BOOKINGS NOW OPEN

——————————————————————————————————

CLOUDY WITH A CHANCE OF MEATBALLS 2 - 3D ˛ ß Fri, Sat: 9:20, 11:30, 14:00, 16:45, 19:45, 22:00 Sun: 11:30, 14:00, 16:45, 19:45 Mon,Wed,Thu: 9:20, 11:30, 14:00, 16:45, 19:45 Tue: 9:20, 11:30, 14:00, 16:45, 19:45, 22:00

VRAAG van die week:

——————————————————————————————————

THE BEST MAN HOLIDAY ¸˛

¡

Is jy geregistreer om op 7 Mei te stem? Gaan sê jou sê hieroor by www.noordkaap.co.za (soek “meningspeiling” regs op die voorblad onder die jongste uitgawe) of lewer kommentaar op die Facebookblad.

Fri, Sat: 9:00, 11:45, 14:30, 17:15, 20:00, 22:40 Sun: 9:00, 11:45, 14:30, 17:15, 20:00 Mon,Wed,Thu: 9:00, 11:45, 14:30, 17:15, 20:00 Tue: 9:00, 11:45, 14:30, 17:15, 20:00, 22:40

——————————————————————————————————

FAAN SE TREIN

˛

Fri, Sat: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45 Sun: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Mon,Wed,Thu: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15 Tue: 10:00, 12:30, 15:00, 17:45, 20:15, 22:45

——————————————————————————————————

JACK RYAN: SHADOW RECRUIT ˛ Fri, Sat: 9:30, 12:00, 15:15, 18:00, 20:30, 22:50 Sun: 9:30, 12:00, 15:15, 18:00, 20:30 Mon,Wed,Thu: 9:30, 12:00, 15:15, 18:00, 20:30 Tue: 9:30, 12:00, 15:15, 18:00, 20:30, 22:50

——————————————————————————————————

FROZEN

˛

Fri, Sat: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 Sun,Mon,Wed: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00 Tue: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30, 20:00, 22:30 Thu: 9:45, 12:15, 14:45, 17:30

ß

——————————————————————————————————

SCHUKS! YOUR COUNTRY NEEDS YOU ˛

Fri, Sat: 9:10, 11:30, 14:15, 17:00, 19:30, 22:15 Sun, Mon,Wed: 9:10, 11:30, 14:15, 17:00, 19:30 Tue: 9:10, 11:30, 14:15, 17:00, 19:30, 22:15 Thu: 9:10, 11:30, 14:15, 17:00 MORE WAYS TO BOOK

Follow us

TicketLine

082 16789 Standard rates apply. Free minutes do not apply.

sterkinekor.com

/sterkinekortheatres

APP

@sktheatres

DIE finale verkiesingsregistrasienaweek in Kimberley het die naweek seepglad verloop en Bonolo Modise, provinsiale verkiesingsbeampte, voorspel ’n hoë persentasie stemgereg­ tigdes in die Noord­Kaap sal op 7 Mei hul kruisie kan gaan trek. Voor die naweek se registra­ sie was 80,6% van stemgeregtigdes (die derde hoogste in die land) in die Noord­Kaap reeds op die kiesersrol. By Kimberley Junior (foto), wat as een van die besigste registrasie­ punte beskou is, was dit Saterdagoggend redelik stil. ’n Handjievol DA­amptenare was daar om hand by te sit en buite die toegangshek na die skool was ’n ANC­amptenaar. Foto: Ruan Bruwer

Die lewe mag wel oor die reis gaan... ...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.

KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word. Vir meer inligting kontak ons De Aar Tak Hoofstraat 64 De Aar Tel: (053) 631 3611

Keimoes Tak Kenhardtstraat 2 Keimoes Tel: (054) 461 1226

Vryburg Tak H/v Stella- & Kerkstraat Vryburg Tel: (053) 927 2671

Ons is hier vir jou

Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. AVB NOORDKAAP 1

Verlede week se vraag: Is jy tevrede met die gehalte van die kraanwater in jou huis? ) Ja, ek het vertroue in die gehalte daarvan: 75% ) Nee, ek drink slegs gebottelde water: 25% ) Dis net water, die gehalte traak my nie: 0%

Wen met slagspreuk

Facebook-kommentaar: My water is nou skoon nadat ek ’n filter aangebring het. Maar die kraanwater is ’n bietjie af. Daar is molekules in die water wat lyk soos specs of alien existence. – Nick Peace Damons

HEAVENLY KISSES, Delene Brand se voor­ stel vir die Diamond Pavilion Shopping Mall se soektog vir ’n slagspreuk vir Valentyns­ dag, is as die wenner aangewys. Hiermee wen sy ’n R300­geskenkbewys. Die bewoor­ ding is op die winkelsentrum se plakkaat (foto) gebruik.


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Presteer as studente aan Bybelskool DIE beste studente vir 2013 aan die Logos­sentrum se Bybelskool is van links Stephen Groenewaldt, Stella Visicale, past. Rina van Wyk (dekaan: City of Hope­kerk, Logos­sen­ trum), SW Schoombie en ds. André Venter (senior pastoor: City of Hope). Christopher van Ster was die beste Bybelskoolstudent in die Tswelelopele­gevangenis. Registrasie om die Bybelskool in 2013 by te woon het geopen. Foto: Verskaf

Steeds vermis DIÉ uitgegroeide keeshond, Se­ rabi, is sedert Oujaarsaand soek. Volgens die eienaars, Ras en Tina Victor, is hulle raadop en het hul­ le die koerant as ’n laaste poging genader. “Meer as 8 000 adver­ tensies en plakkate is versprei en ons het geen positiewe leidrade ontvang nie ondanks ’n beloning van R1 000,” sê Tina. Hulle ver­ moed Serabi het op Oujaarsaand tussen 21:00 en 23:00 uit hul erf gekom. “Ons het dadelik begin soek. Daar was wel een of twee leidrade – ons het elke liewe een opgevolg – maar helaas.” Die hond is gesteriliseer en daar kan dus nie met haar geteel word nie. Bel Ras by 082­495­4726 met eni­ ge inligting. Foto: Verskaf

12 - 16 February 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

2990

2990 per kg

4990

Fresh Chicken Braaipack

per kg

e R o m e v sa 21

per kg

Stewing Beef

Egte Braaiwors

3990 per kg

R

Beef Mince Mix

1390

Rainbow Chicken Family Polony 1kg

1750

per pack

per pack

Red Globe Grapes 500g

2190 each

Onions 3kg

2for

Selati White Sugar 2.5kg

R

1390 each

Ace Super Maize Meal 2.5kg

13

2for R

24

Bananas 750g

shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W or we’ll BEAT it*

2for

29

R

Red Plums 500g

here else?

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www

Prices apply to Game Kimberly store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Volg ’n slag dié pad Carine Beylefeld DIE Belgrave Walk is een van daardie aktiwiteite wat gereeld in brosjures oor Kimberley geadverteer word, maar wat waarskynlik al deur min deur Kimberliete self gedoen is. Lize Burger, ’n kunstenaar wat daarvan hou om nuwe dinge te ontdek, het onlangs die eerste keer die geskiedkundige roete gestap. Sy erken sy woon al etlike jare hier, maar het tot onlangs nog nie van die staproete gehoor nie. Sy het toe dadelik werk daarvan gemaak. Gewapen met ’n brosjure en waterbottel in die hand het sy die roete oor 3,5 km in ongeveer twee uur voltooi. Die roete het 38 besoekpunte in Belgravia en die brosjure is deur die McGregor-museum se Vida Allen saamgestel.

Die Belgrave Walk het sy ontstaan in September 1978 gehad. In 1994 is merkers as bakens op lamppale aangebring. Die roete begin by die McGregor-museum en eindig by die Alex Hall- Botaniese Tuin met bekende plekke soos onder meer die Halfway House, Kimberley Girls’ High, St. Patrick’s-kollege, Karen Muir-swembad, Dunluce-huis, Queenspark en Butlers Restaurant (waar die mynmagnaat Harry Oppenheimer gebore is) as deel van die roete.

VOLGENS die kunstenaar Lize Burger, wat die Belgrave Walk onlangs gestap het, was die elegante Dunluce­huis vir haar die hoog­ tepunt. Dit is in die 1800’s gebou en sedert 1990 ’n nasionale monument. ’n Kersmark word die laaste paar jaar hier gehou. Foto: Carine Beylefeld


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

MOTORS

Weeldebussie op pad MERCEDES se nuwe weeldebussie, die V-klas, word binnekort bekend gestel. Dit is die opvolger van die bestaande Vito/Viano en die minibus het sitplek vir agt mense. Skuifdeure is weerskante aangebring.

SO lyk die elfdegenerasie­Toyota Corolla wat nou in die mark is.

Nuutste Corolla hier Heléne Cilliers SEDERT 1966 word twee Corollas per minuut wêreldwyd aan klante gelewer. In Desember het Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) sy miljoenste motor sedert 1975 afgelewer. Dinsdag het TSAM die begin van sy massaproduksie van die elfdegenerasie-Toyota Corolla – wat die naweek by handelaars beskikbaar sal wees – gevier. Dit is voorafgegaan deur ’n hele paar jaar se beplanning en voorbereiding en meer as R1 miljard se investering in die vervaardigingsvermoë van die Prospecton-aanleg in Durban, volgens dr. Johan van Zyl, president en die uitvoerende hoof van TSAM. Die R1 miljard-belegging is die tweede in die huidige fase van kapitaaluitbreiding wat in 2012 begin het met ’n R363 miljoen-verspreidingsentrum vir nuwe onderdele in Gauteng. Voor dit is ’n R8 miljard-beleggingsprogram in 2008 voltooi wat die vervaardigingsvermoë laat toeneem het met tot 220 000 eenhede. Van Zyl het gesê dit is moeilik om te glo slegs twee Corolla-geslagte tevore was Suid-Afrika die vervaardigingsaanleg se enigste mark. Vandag is Corolla ’n goeie voorbeeld van nuwe tegnologie en word baie voertuie vervaardig vir sowel die plaaslike as die uitvoermark. Toyota se sukses en die transformasie van die motorbedryf van plaaslike vervaardiging en montering tot ’n wêreldwye fokus is danksy die regering se suksesvolle motorbedryf-ontwikkelingsplan (APDP) om grootskaalse plaaslike vervaardiging en uitvoer aan te moedig, luidens ’n verklaring van Toyota. Van Zyl het gesê ongeag die huidige ekonomiese verlangsaming en die valutadruk glo Toyota die plaaslike vervaardiging

Datsun herleef NISSAN lyk slaggereed om sy ou Datsun-naam in die Ooste – en binnekort ook in SuidAfrika – te laat herleef, want sy eerste buksies kan binnekort reeds van die produksielyn in Indië rol. Dié Japanse groep se nuwe fabriek in Chennai, Indië, is die aangewese plek waar die nuwe Datsun Go en Go+ gebou gaan word. Daarby is die Indiese bekendstelling aan die plaaslike media glo vir 28 Februarie aangeteken. Nissan Suid-Afrika skud solank sy vere reg om die intreevlak-buksies in September na die land te kan bring. Nogal heelwat opgewondenheid heers oor die koms van die nuwe Datsuns. Die Nissan-groep het in 1981 die Datsun-naam nek omgedraai deur al sy produkte wêreldwyd net as Nissan te bemark.

VAN links is Colin Adcock, besturende di­ rekteur van die destydse Toyota Suid­Afri­ ka, dr. Albert Wessels, voorsitter, Bert Wes­ sels en Ralph Broadley, besturende direk­ teur in 1986, toe die 50 000ste plaaslik vervaardigde Corolla uit die fabriek gekom het. van Corolla sal ’n goeie langtermynbelegging wees. Daar is steeds uitdagings, soos die sewe weke lange ontwrigting in die laaste kwartaal van 2013 wat Toyota se reputasie as ’n betroubare en stabiele verskaffer geskaad het. “Ons sal hard moet werk om ’n wedersyds voordelige oplossing met ons arbeidsvennote te vind om vervaardiging vir die plaaslike en uitvoermark te stabiliseer,” het Van Zyl gesê. Toyota se woordvoerder, Leo Kok, het gesê die hele reeks Corollas word hier vervaardig en na 25 Afrika-lande uitgevoer. Kok het gesê die aantal nuwe poste wat geskep is met die oorskakeling van die tiendegenerasie-Corolla na die elfdegenerasie-Corolla is relatief klein. Die indiensnemingsvlakke is beskerm en geen werker is afgelê nie.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

GELEENTHEDE

LENINGS

2415 1445

SWEETS DISTRIBUTION OPPORTUNITIES Start your own bussiness. Affordable cost. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

ADM.COPY/PASTE DATA WORKERS NEEDED. For info SMS full name/address: 079 615 8070 or e-mail: hubdata555@gmail.com

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

BETREKKINGS


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

11

GW vol moed ná seges Gerdie Karstens TWEE goeie oorwinnings in die plaaslike driedag- en T20-kompetisies sal die Griekwaland-Wesse krieketspan genoeg selfvertroue vir sy reis vandeesweek na Potchefstroom gee. Die Noord-Kapenaars, onder die breierskap van JP Triegaardt, kom van môre af teen die span van Noordwes te staan en sal probeer om hul vertonings van die afgelope naweek teen Namibië te herhaal. Die Griekwas het die driedagwedstryd met nege paaltjies gewen, grootliks danksy uithaler-boulwerk deur Jan Frylinck, Corbyn Dolley en Werner Coetzee. Frylinck het in die eerste beurt 3/53 behaal, terwyl Coetzee (2/67) en Dolley (3/38) self kookwater was. Hulle het Namibië in sy eerste kolfbeurt tot 307 lopies beperk met Raymond van Schoor (98) en Christi Viljoen (75) wat die meeste skade met die kolf aangerig het.

Die Griekwas het in hul eerste beurt 381 lopies gemoker met Gerhardt Abrahams (66), Aubrey Swanepoel (68) en Giovanni Jospeh (69) wat vir die tuisspan ingeklim het. Bernard Scholtz (4/85) was die beste bouler vir die besoekers. Coetzee het in die tweede beurt 4/24 laat kantel, terwyl Dolley self 4/27 ingeoes het om Namibië tot 118 lopies te beperk. Die Griekwas het in hul tweede beurt 45/1 aangeteken om met nege paaltjies koning te kraai. In Sondag se T20-wedstryd het Swanepoel ’n onoorwonne 65 lopies gemoker om die Griekwas tot ’n totaal van 174/4 in hul toegelate 20 boulbeurte te help. Swanepoel het twee viere en vier sesse in sy kolfbeurt gemoker nadat Patrick Kruger (34) en Gihahn Cloete (36) ’n goeie grondslag gelê het. Coetzee het 2/23 laat kantel, terwyl Dolley (2/27), Frylinck (2/27) en Jandré Coetzee (2/19) die tuisspan tot ’n sege geboul het.

Gaan balle in Pretoria moker AUBREY SWANEPOEL

VIER tennisspelers van die Hoërskool Noord­Kaap in Kimberley is ingesluit in die Suid­Afrikaanse Hoërskole­tennisspan wat van 28 Maart tot 1 April in Pretoria gaan deelneem. Rianca Boshoff (foto), Jessica du Plessis, Andrie Venter en Lukas Oberholster sal almal in die Jakarandastad hul slag wys. Foto: Verskaf


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 FEBRUARIE 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook Facebook by NoordkaapKoerant

DIE Griekwas­flank Marnus Schoeman het Vrydag in die Poubloues se oefenwedstryd teen die Griffons gewys dat hy vanjaar weer ’n yster vir die Noord­Kapenaars gaan wees. Foto: Emile Hendricks

Griekwas sal nog moet slyp Gerdie Karstens VERDEDIGING en fiksheid. Dit is twee fasette van hul spel waaraan Griekwas nog heelwat gaan skaaf voordat hulle in Maart in hul eerste Vodacombeker-wedstryd teen die Blou Bulle in Pretoria op die veld draf. Die Poubloues het verlede Vrydag hier in ’n oefenwedstryd teen die Griffons gewys dat hulle oorgenoeg aanvalswapens het, maar dat hul lakwerk en fiksheid nog skerper moet wees as hulle vanjaar hul stempel in die kompetisie wil afdruk. Die Poubloues het wel ’n duidelike waarskuwing aan al die Vodacombekerrugbyspanne gestuur deur die Griffons 69-7 op GWK-park af te ransel. Griekwas se hoofafrigter vir die reeks, Peter Engledow, het agterna sy tevredenheid met sy span se aanvalstaktiek uitgespreek, maar ook erken dat daar nog skaafwerk voorlê voor hul vertrek op hul voorseisoense toer na die Oos-Kaap hierdie naweek. “Op die dag was dit ’n goeie vertoning, met Tian Meyer (skrumskakel) en Francois Brummer (losskakel) wat sake baie goed gedikteer het. “Ons is in die geheel tevrede, hoewel ons beslis nog na ons verdediging en fiksheid gaan kyk,” het Engledow gesê. Die breier het sy swaargewigte vir dié stryd ingespan juis om te sien hoe sy sterkste beskikbare span vir die reeks daar

gaan uitsien. Die resultaat was 11 drieë waarvan die ysters Carel Greeff (agtsteman) en flank Marnus Schoeman onderskeidelik drie en twee gedruk het. “Ons het van al ons vaste fasette af goeie balbesit gekry. Dit het ’n goeie grondslag vir ons dryfmale en agterlynaanvalle gelê,” het Engledow gesê. Dit was rustyd reeds duidelik dat dit ’n lang middag vir die Griffons sou raak toe Griekwas met 31-0 gaan water drink het. Die tuisspan het in die tweede helfte die voet van die versneller gehaal, maar teen die einde weer tot verhaal gekom. “Ons het vir so 20 minute in die tweede helfte ’n bietjie staties geraak, maar in die laaste kwart die spel ’n bietjie meer oopgemaak en dit het dividende gelewer.” Daar was heelwat vreugde oor die Griekwas-senter Wayne Stevens se twee drieë, maar die Poubloues wag nog op nuus oor hul slot Hilton Lobberts. Hy het weer dieselfde skouer teen die Griffons beseer en ’n skandering hierdie week sal aandui presies hoe ernstig sy besering is. Puntemakers: Griekwas 69 (31): Drieë: Ederies Arendse, Wayne Stevens (2), Leon Karemaker, Marnus Schoeman (2), Carel Greeff (3), Hilford Clarke, Danie Dames. Doelskoppe: Francois Brummer (3), Jacquin Jansen (4). Griffons 7 (0): Drie: Nicky Steyn. Doelskop: Louis Strydom.

‘Ons is in die geheel tevrede, hoewel ons beslis nog na ons verde­ diging en fiksheid gaan kyk,” – Peter Engledow


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.