Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331 19 Februarie 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
Woensdag GRATIS
‘Bottle man’ interviewed p3
Hoe rooier, hoe mooier
LEERLINGE van die Elizabeth Conradieskool (Elcon) was Vrydag op Valentynsdag in groot getalle in rooi getooi. Toe Desmond Prins sy kind daar in sy bloedrooi Kombi kom oplaai, was dit die ideale agtergrond vir ’n rooierige foto. Desmond het ingestem, selfs dat daar op die dak gesit mag word. Foto: Ruan Bruwer
Skole krap nog kop
Naamgenote = verwarring bl. 6
DIE Kimberley-interskolegeleentheid tussen die Hoërskole Diamantveld (DHS) en NoordKaap (HNK) gaan ongeag die omvang daarvan beslis vanjaar voort. Onsekerheid het bestaan of dit inderdaad in 2014 sou plaasvind nadat dit verlede jaar uit verskeie oorde met positiwiteit begroet is. ’n Wye reeks sportsoorte is betrek en kultuur het ook ’n sterk teenwoordigheid op die week se program gehad. Verlede jaar se interskolegeleentheid was ’n besonderse gebeurtenis waar twee skole in dieselfde dorp of stad ’n volle week met mekaar in mededinging
Kolwer toor met kolf bl. 9
Ruan Bruwer
is, aangesien dit tradisioneel slegs oor sowat drie dae in beperkte sportsoorte plaasvind. Boonop het wedstryde op die beste moontlike geriewe in Kimberley plaasgevind. Die hoop is verlede jaar uitgespreek dat dit weer in April moet plaasvind, aangesien alle sportsoorte dan betrek kan word. Vanjaar is die organiseerders egter deur FNB gepootjie wat die datum van die Classic Clash – waarvan die twee skole deel is – vir Saterdag 9 Augustus vasgestel het. Volgens Pieter van Niekerk, voorsitter van DHS se beheerliggaam wat ’n kernrol in die samesprekings van die week speel, is dit moeilik om in die
stadium te sê wat die omvang van die interskolegeleentheid sal wees. Hy sê egter die moontlikheid bestaan dat dit afgeskaal sal moet word. “Ek kan nie nou ’n klinkklare antwoord gee voordat ons nie met mekaar in gesprek was nie,” het die sakeman gesê. Diamantveld is vanjaar se aanbieder. Sy eweknie by die HNK, Frankel Engelbrecht, sê die betrokkenes kon nog nie vanjaar bymekaargekom het nie. “Ons hardloop ’n bietjie baie rond. Wat die HNK betref, sal dit beslis voortgaan. Ons moet ’n vergadering belê, seker in die volgende twee weke, om te bepaal watter van die aktiwiteite nie sal kan voortgaan nie, aangesien dit
nou in die winter gaan plaasvind. Maar die meeste goed behoort weer aangebied te word. “Dit het verlede jaar baie lekker in April gewerk, maar dit is ook moeilik, want dit is ’n bedrywige maand met soveel sportdae. Verlede jaar was ’n groot sukses – almal het dit geniet en wil hê dit moet voortgaan,” het Engelbrecht, ’n regsgeleerde, gesê. Annarike Pienaar, wat in 2013 hoofmeisie van die DHS was, het ná verlede jaar se toernooi gesê dit was vir die matrieks lekker om dit vroeg in die jaar te hou danksy beter weersomstandighede en omdat daar dan minder druk op matrieks is as in Augustus met ’n eksamen om die draai.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Pianis besoek Kby ’n BESOEK aan Kimberley is deel van die pianis Charl du Plessis se Tien Stoele-konsertreis. Hy sal elke klavier voor elke konsert reguleer en stem sodat dit in ’n beter toestand agtergelaat word as waarin hy dit aangetref het. Du Plessis sê sy doel met die toer is om mense opnuut van die waarde van dié kosbare musiekinstrument bewus te maak. Sy vertellings in die uitvoering sal enersyds oor
die instrument handel en andersyds oor sy programkeuse wat sy veelsydigheid, asook dié van die instrument, sal weerspieël. Hy het musiek van Rachmaninoff, Chopin en Bach/Busoni, asook jazz- en kontemporêre werke, vir die toer voorberei. Bespreek plek op 2 Maart om 16:00 by die William Humphreysgalery in Kimberley by 053-8311724. Die kaartjies kos R100.
ACVV toer na Oos-Kaap DIE Afrikaanse Christenvrouevereniging (ACVV) Kimberley bied van 11 tot 18 Oktober ’n toer na die Oos-Kaap aan. Daar sal oral in die provinsie gereis en bekende besigtigings-
plekke besoek word. Die toer kos R5 100 wat verblyf vir sewe nagte, vervoer, twee etes per dag en toegang insluit. Skakel 053-831-5815 of bel Ria van der Westhuizen by 082-377-8751.
See hypnotist in action Ruan Bruwer EVER been hypnotized by a real hypnotist? No other form of entertainment has quite the appeal of stage hypnotism and with over 20 years’ experience, Max Kaan delivers an evening’s entertainment that combines the sensational with human interest that is thought-provoking, funny and amazing at the same time. He will be performing at the Flamingo Casino this Saturday at
20:00. He first became active in hypnosis in 1979. Since he has hypnotised thousands of people from all walks of life from all over the world. He had his own TV show, Nowhereland, on SABC. A show with Max Kaan involves a lot of audience interaction and the intimacy of Bar 129 will ensure that, whether or not you participate, you will feel involved and be thoroughly entertained. He is a member of the South African Association of Hypnotists, so you will be in very safe and
THE hypnotist Max Kaan in Kimberley on Saturday. Thursday, 20 February: Ryan O’Connor, a PhD student at the University of Pretoria, will speak on Temperature Adaptations of the Rufous-cheeked Nightjar in an arid environment at a public meeting of the Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa) at 18:30. He has studied this group of birds in America and locally. It takes place at the Lady Oppenheimer Hall (use the back gate in Egerton Road). All welcome. Non-members of Wessa will be charged R10. Suzanne, 082-849-7655. Saterdag 1 Maart: Elizabeth Conradieskool (Elcon) bied om 10:00 in die skoolsaal ’n vroue-ontbyt met ’n modeontwerper van Bloemfontein, Elizmarie Heathcote (Elheathcote Designerwear) aan. Martha, 084-4004794. Saturday, 1 March: The winner of SA Idols 2013, Musa Sukwene, is performing for the first time in Kimberley at the Flamingo Casino’s
experienced hands. Tickets cost R120 each. ) The casino offers one Noordkaap reader two tickets to the show, plus one night’s accommodation at the Kimberley Road Lodge (including breakfast). To enter is easy. Simply email noordkaap@volksblad.com with the word “competition” in the subject line. Also provide a contact number. You can enter until Friday at 10:00. The casino will then phone the lucky winner with arrangements.
Photo: Supplied
Bar 129 at 22:00. Tickets are available from the Cash Desk at R50 each. Donderdag 6 Maart: Marinda Engelbrecht, ’n finalis van kykNET se reeks Kokkedoor, is die gas op die Hoërskool Diamantveld se vroue-oggend. Sy sal van haar ervarings vertel en ’n kosdemonstrasie doen. Dit begin om 10:00 in die Cerff-saal van die skool. Kaartjies kos R250 per persoon en is by die skool te kry. Bespreek plek by 053-833-1528 of 082-440-3303 of bemarking@diamantveld.co.za. Donderdag 6 Maart: Die gospelsanger Leon Goosen tree om 18:30 in die NG kerk Dutoitspan op. Geen
koste, net skenkings. Saturday, 8 March: Kimberley’s own Idols finalist of Season 7, Lefa Pike, will perform in Bar 129, Flamingo Casino, at 21:00. Entry is free. Saturday, 8 March: The Cansa Relay for Life will take place at the Big Hole parking area. It will run from 18:00 until 06:00 the following morning. Old and new teams can register at R500 and R300 for school teams. Spectator tickets for this closed event will be available at the Cansa office. Jeanne: 082-829-7000 or email jeanne.thirion@travelcounsellors.co.za. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos dit na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 faks of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
Opvoering huldeblyk aan komponis OCKIE VERMEULEN het die laaste paar jaar van die musiekkomponis Christa Steyn se lewe aan verskeie musiekprojekte gewerk. Nadat hy as orrelis op haar begrafnisdiens opgetree het, het die gedagte van ’n projek met Christa se musiek as basis stelselmatig by hom posgevat. Die eindresultaat is Obsession, ’n album waarop hy van haar bekendste, asook minder bekende, komposisies speel en ook
verwerk het. In sy verhoogproduksie getiteld Christa bespeel hy die klavier sowel as pyporrel en word gebruik gemaak van multimedia waarin onderhoude en insetsels van Steyn diepte en insig in haar musiek gee. Die opvoering word om 15:00 in die NG kerk Harmonie gehou. Kaartjies (R100 stuk) is by die Kansa-kantoor of Louwrika van Niekerk (083-746-8385 of carna@wol.co.za) verkrygbaar.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
3
Being a ‘bottle man’ is a hard life A STORY many a Kimberley journalist has tried to write – but was unable to do because of a language barrier – was that of the mysterious ‘bottle man’ often seen on Kimberley’s streets with his bicycle, collecting plastic bottles. Thanks to Lerato Sebe, an intern journalist, who was able to communicate with the ‘bottle man’ in his preferred language (a mixture of Xhosa and Zulu), Noordkaap is finally able to tell his story. His communication abilities in Afrikaans and English are very limited.
THE mysterious “bottle man”, Zablon Maseko, with the bottles he collects early mornings. Today Noordkaap exclusively tells his story. Photos: Ruan Bruwer
Lerato Sebe and Ruan Bruwer THE “mysterious bottle man” is called Zablon Maseko. He was born in Gauteng on 16 June 1948. He has been living in Kimberley for many years and was forced to move from his birth place due to “family issues”. He now lives alone in a shack on the road between Kimberley and Boshof, close to where the drive-in once was. Maseko is often seen early mornings and one cannot miss him – his trailer is generally a good 2 m high, stacked with bags full of plastic bottles. He collects them in rubbish bins before the waste truck arrives to pick up the rubbish. He collects the bottles from Monday to Thursday in different locations and delivers them to various companies that are willing to buy them from him. The buyers weigh the bottles and give him about R100 to R120, depending on the number of bottles. He also collects the bottles at the
local dairy, Hancor, when the company discards the plastic bottles. He first sold the bottles to a herb-beer manufacturer, but due to the company’s constant moving, he lost contact with them. This is basically how he makes a living. However, he says that he is willing to do any work. During an interview with Noordkaap, he stated that he is currently working in a garden for extra money. Maseko says he used to be the only “bottle collector”. Nowadays, he has plenty of competition. The trailer attached his bicycle – his only mode of transportation – is mostly too heavily packed to ride, so he has to push it. Maseko says he has twice been offered a new bicycle – the one he has now, is falling apart and is no longer reliable. Maseko has no family in Kimberley. He cannot visit his relatives because of financial constraints. He says he has no friends, but he sees acquaintances now and then while he is on his bicycle.
BECAUSE of the weight of the plastic bottles he collects, he has to push his bicycle and trailer. This is his only means of transport.
19 - 23 February 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
4390 per kg
Pork Chops
3150
e R o m e v sa R
Chakalaka Sausage
16
2for
each
R
R
R
20 per tray
Large Eggs 18’s
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W or we’ll BEAT it*
Lean Beef Mince
per kg
Fresh Drum and Thigh
2for
per kg
3790
per kg
Dairy Corporation Full Cream or Low Fat Milk 2l
4990
26
3990
per pack
Veg Hamper 4.5kg t $POUFOUT NBZ WBSZ
Black Grapes 500g
22
Pears Econo 1.5kg
here else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www
Prices apply to Game Kimberly store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Verbruikers wurg ’n MOEILIKE ekonomiese jaar lê vir verbruikers voor nadat die petrolprys weer gestyg en die rentekoers onverwags verhoog is. Verbruikers is in die benardste toestand in jare. Die koste van amper alle verbruiksgoedere, telekommunikasie uitgesluit, het die laaste paar jaar skerp gestyg. Soos die meeste verbruikers terdeë besef, het salarisse nie teen dieselfde koers toegeneem nie. Duurder skuld weens die rentekoersverhoging lei tot ’n afname in maandeliks besteebare inkomste. Veranderende ekonomiese omstandighede noodsaak leefstylveranderings. Besnoeiing word op weelde-artikels gedoen en oor die aankoop van Só maak die weer Donderdag Vrydag Saterdag Sondag
’n nuwe of selfs gebruikte motor word twee keer gedink. Uit dié perspektief gaan dit op die oog af sleg met verbruikers, maar wanneer ’n mens kyk na die wanhoop van diegene wat nie huislenings, aftreefondse of tersiêre opvoeding kan bekostig nie, tref die omvang van die ekonomiese krisis eers werklik. Die kloof tussen hulle – die armstes – en dié wat het, is baie groot. Die instelling van maatskaplike toelaes aan sowat 15 miljoen Suid-Afrikaners word dikwels gekritiseer, maar maak ’n groot verskil in dié Suid-Afrikaners se lewe. Dit is egter nie volhoubaar as die ekonomie nie sterker gaan groei nie.
Minimum 18 °C 17 °C 18 °C 18 °C
Maksimum 32 °C 33 °C 31 °C 32 °C
SKETS: Danie Cronjé
Egpaar wou nie, hulle het . . . Hannes Noëth “HET jy?”, of “wou jy?” Vier woordjies, twee kort vragies. Dít was sy lewensfilosofie. Ek kon nooit verstaan dat ’n mens so eenvoudig na alles kan kyk nie. Vir hom het dit gewerk. As ek oor een ding in my lewe spyt is, is dit dat ek hom in so ’n laat stadium in sy lewe ontmoet het. Hy was immers al 88 jaar oud. Maar die lewenservaring en die insig wat hy altyd gehad het, het my nog jonger en kleiner laat voel. As ons gepraat het oor iemand wat iets bereik het, sou hy stilweg opmerk: “Sien, hy het”. As ons oor
iemand sou praat wat drooggemaak het, dan sou hy antwoord: “Hy wou nie”. Só eenvoudig was dit vir hom: Jy het of jy het nie. Op ’n keer het hy my gevra of ek nou al agtergekom het die meeste mense wou hul lewe lank dinge doen, maar het dit meestal nie gedoen nie. Soms was hulle bang, soms wou hulle nie waag nie en soms was hulle sommer net te lui. Vir hom was dit duidelik: As jy gedoen het en dit was verkeerd of het nie gewerk nie,
dan kan jy immers steeds daarna terugkyk en sê: ‘Ek het probeer”. “Wees spyt oor wat jy gedoen het, sou hy sê, nie oor wat jy wou gedoen het nie.” Hy sou lag en sê: “Wou rym met tou, ek sou graag wou, wat maak ek nou?” Hy en die oorlede tannie het drie kinders gehad. Sy was ’n “het-mens”, sy het gedoen wat sy moes wanneer sy moes. Hy ook. ’n Jaar ná haar dood is hy langs haar begrawe. Die kinders het ’n klipsteen vir hul ouers opgerig. Vandag lê dié twee grafte langs mekaar met ’n grafskrif wat slegs lui: “Hier rus ons vader en moeder, hulle wou nie, hulle het”.
Tot weer siens Ruan Bruwer
NÁ vier jaar en vyf maande as Kimberliet is hierdie een die laaste Noordkaapuitgawe waarvoor ek pa gestaan het. Ek trek Maandag my Kimberley-wortels uit en gaan in Bloemfontein wortel skiet. Hierdie skrywe, in die eerste persoon, is ’n uitsondering op die reël, aangesien daar ander platforms is waarop die joernalis (in ’n rubriek) of koerant (in ’n hoofartikel) ’n mening kan lug. Die doel van hierdie skrywe is om van hierdie platform gebruik te maak om ’n boodskap aan die leser te gee omdat ek nooit almal met e-pos sou kon bereik nie. Om meer as 200 uitgawes van hierdie publikasies uit te gee, sou nooit moontlik gewees het as dit nie vir soveel mense was wat bereid was om ’n onderhoud toe te staan en my vertrou het om hul storie korrek en binne konteks oor te vertel nie. Afhanklik van lesers ’n Plaaslike koerant is so ongelooflik afhanklik van deelname, insette en bydraes van sy lesers. Anders as ander publikasies, wat nie soseer op plaaslike nuus fokus nie, is dit maklik om kopie in te samel wat van nasionale belang is. Noordkaap aan die ander kant is bitter baie afhanklik van mense wat die vrymoedigheid neem om jou van nuusgebeure en moontlike storiegeleenthede in kennis te stel, want al is jy hoe goed in jou gemeenskap ingegrawe, is dit onmoontlik om self van alles te weet. Ons ding boonop met twee dagblaaie mee wat sake soms effe bemoeilik. Dit sou nogal lekker gewees het as ons meer gereeld sulke oproepe en e-posse gekry het. Begryp nie apatiese houding nie Om een of ander duistere rede is Kimberley se inwoners baie apaties (dis my persoonlike ervaring wat baie mense hier my gelyk gee). Dis so jammer, aangesien die Diamantstad oor ongelooflike mense beskik. Ons het soveel keer lekker pryse in kompetisies weggegee, net om enkele inskrywings te ontvang. Soms nie eens een nie. Sommige sangers en produksiehuise het al teenoor my erken dis nie vir hulle geldelik die moeite werd om hier te kom optree nie, want hulle is nooit seker van
’n goeie bywoning nie. Pak stories met leser in gedagte aan Wat ook sieldodend was, was om op ’n Vrydagmiddag huis toe (Carters Glen) te ry en op pad daarheen te sien hoe die koerant by ’n hele paar wonings nog steeds in die hek of posbus sit soos wat dit twee dae vantevore afgelewer is. ’n Redakteur van enige publikasie sal altyd daarna streef om inhoud te verskaf wat tot jou, die leser, spreek. Jy gee ’n koerant vir niemand anders as jou adverteerders en lesers uit nie. Wanneer ek berigte aangepak het, het ek probeer dink of die lesers daarin sou belang stel. Hulle was altyd in my gedagtes. Baie dankbaar Maar dit alles in ag geneem, was dit steeds elke week aangenaam om die koerant met (hopelik) interessante en unieke berigte, sover moontlik plaaslik, te vul en om erkenning aan mense se prestasies, talente en vermoë te gee of net ’n gewone mens se gewone storie te vertel wat darem tot iemand sou gespreek het. Terloops, ons is mos so lief om na gewone mense te verwys. Hoe lyk ongewone mens dan nou eintlik? Ook net ’n dankbare woord aan die drie individue wat ek op die naam wil noem. Eerstens Hannatjie van der Merwe, ons voormalige redaksiehoof, wat so vrygewig was en my van my heel eerste dag tuis op kantoor laat voel het. Ook die Zimmermanns, Theuns en Anne-Marié, wat vir ’n wild vreemdeling hul huis oopgestel en ses maande lank verblyf gebied het. Ek sal hulle drie altyd dankbaar wees. Hoor jy? Aan jou, die leser, als van die beste, mag die Diamantstad nog lank skitter en mag daar altyd genoeg werksgeleethede en genoegsame munisipale dienste gelewer word, hoor jy. (Sinne wat eindig met “hoor jy” is so inheems aan NoordKapenaars en iets wat ek beslis sal mis om te hoor). ) Lecrecia Prins, André Botha en Charné Kemp sal vir tyd en wyl vir Noordkaap se redaksie verantwoordelik wees. Die e-pos adres vir Noordkaap bly dieselfde, noordkaap@volksblad.com.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
5
Gesinne se lewe draai om swem Ruan Bruwer DRIE uur voordat ’n swemgala begin, is hulle reeds daar en wanneer almal hulle ná ’n lang dag terug huis toe haas, is die Van Heerdens, Humans en Steyns steeds daar om op te ruim en weg te pak. Dít boonop alles sonder betaling en in hul vrye tyd. Wanneer ’n swemgala in Kimber-
DIE VAN HEERDENS
DIE Steyns is van links Deon, Donné, Devon en Desmé.
DIE STEYNS ÁL vier lede van die Steyn-gesin (Deon, Desmé, Donné en Devon) doen sy en haar deel en nog meer vir swem in die Noord-Kaap. Selfs die gesin se Yorkie, Alvin, het al as gelukbringer op ’n gala of twee opgetree. Dié hegte gesin het by swem betrokke geraak toe Devon (15) in sy gr. 1-jaar begin swem het. Ouers van swemmers word gevra om hulle as tydhouers beskikbaar te stel, want sonder tydhouers kan ’n gala nie plaasvind nie. Dit was Deon en Desmé se eerste betrokkenheid by die sport. Kort voor lank het die gogga vir Donné ook gebyt. Sy het soos die meeste swembeamptes begin deur tyd te hou, maar spits haar nou op swemslagbeoordeling toe. “Sodoende kan ek my broer help indien sy tegniek nie 100% wettig is nie, want ek moet gereeld die jongste reëls onder die knie hê,” sê Donné. Wanneer sy nie ’n swemslagbeoordelaar is nie, is sy die aankondiger. En by geleentheid tree sy as vermaaklikheidster op, aangesien sy ’n bedrewe sanger is. Sy het vroeër jare ook die snoepwinkel by die Karen Muir-swembad bedryf. Sy leer nou hoe om as afsetter op te tree; iets wat haar pa normaalweg hanteer. Asof dit nie genoeg betrokkenheid is nie, tree sy ook nog soms as spanbestuurder op.
Foto’s: Ruan Bruwer
“As ek leer om alles te doen, kan ek instaan as iemand nie beskikbaar is nie,” redeneer sy. As Deon, president van die Noord-Kaapse Federasie vir Watersport in die Noord-Kaap (Nocasa), ’n slag nie self op ’n gala werk nie, vervul hy die rol van ondersteuner en fotograaf. Desmé sê dit is vir haar moeilik om tyd te hou wanneer haar seun swem, want sy wil die hele tyd vir hom kyk terwyl sy veronderstel is om ’n spesifieke swemmer in die swembad dop te hou. Indien sy nie tyd hou nie, is sy vir die uitdeel en bewaring van medaljes verantwoordelik. Sy tree verder as spanbestuurder op wanneer die swemmers van die Flamingoswemklub elders gaan deelneem. Op groot galas het sy al in die gesamentlike operasionele sentrum gewerk. As Devon iewers in die land gaan swem (hy is een van die belowendste jong swemmers in die provinsie wat op vlak 3 deelneem), gaan die gesin sak en pak saam vir ondersteuning. Desmé sê hulle eet en slaap swem. “Ek twyfel of ons ons sal onttrek wanneer Devon die dag klaarmaak met swem. Iemand soos Riaan Bode, wie se seuns jare gelede reeds klaar met swem is, kom vra nog gereeld wanneer hy weer kan hand bysit.” Devon, wie se visier op die Olimpiese Spele van 2016 gerig is, wil met swemafrigting vir die jongelinge begin.
VAN links is die Humans, Deon, Leatitia, Ingrid en Jenny.
DIE HUMANS DEON en Ingrid se oudste twee dogters, Jenny en Melissa, het geswem en die potensiaal is op vierjarige ouderdom by die jongste sussie, Leatitia, raakgesien. Toe laasgenoemde aan galas begin deelneem het (in 2005), het Deon en sy vrou hulle as tydhouers beskikbaar gestel. Hy is sedert 2008 die rekordbeampte en behartig die kommunikasie tussen klubs en Swem Suid-Afrika (soos inskrywings vir nasionale galas wat hy hanteer). Ingrid beklee die titel van deelnemerbeampte en is verantwoordelik dat swemmers almal betyds en in die regte bane aanmeld. Melissa het na Kathu verhuis en Jenny swem nie meer nie, maar behartig die toegangsbeheer.
Deon sê hy onthou die beginjare wat weens beperkte geriewe sy uitdagings gehad het. “Soos voordat die kantoor gebou is, het ons onder ’n gazebo gesit en een keer het die rekenaardrukker weens die hitte gebreek. Ons het darem in 2008 ’n rekenaarstelsel gekry waarop die swemmers se tye geregistreer word.” Deon se vernaamste take is die opstel van die dag se program en die verwerking van die uitslae. Volgens Ingrid verg dit knap beplanning om die swemmery tussen Leatitia se besige sportprogram in te pas, aangesien sy bykans aan al wat ’n sportsoort is deelneem. “Dit was so spesiaal toe iemand op ’n dag vir ons sê dit is oulik om ons as gesin so saam te sien en hoe ons mekaar ondersteun.”
HIERDIE gesin – Laurence, Nadya en hul drie spruite – Johann (18), Carina (16) en Lauren (12) – se betrokkenheid het begin toe Johann as ’n hemipleeg gebore is en dokters swem aanbeveel het om sy verlamde kant van sy liggaam te oefen. Toe sy twee sussies ook begin swem het, het Pa en Ma as beamptes begin optree. Hulle het as tydhouers begin en kort voor lank by die administrasie betrokke geraak. Op ’n dag van ’n gala sal Nadya verseker dat die stophorlosies werk, koffie vir beamptes reël en ander takies verrig. Haar grootste verantwoordelikheid is egter in die rekordkantoor. Verder beklee sy die titel van sekretaresse van swem in die provinsie.
ley gehou word, kan jy maar jou geld daarop verwed: Dié drie gesinne sal teenwoordig wees. Swem is die drie gesinne baie verskuldig. Tussen hulle verrig hulle omtrent net mooi al die take en pligte wat met ’n swemgala gepaardgaan. Al drie gesinne erken eerlik: Hul naweke word rondom swembyeenkomste beplan. Laurence is sedert 2011 ’n Fina- (Internasionale Swemfederasie) geakkrediteerde skeidsregter en dien as tegniese beampte wat vir die opleiding van swemmers verantwoordelik is. Volgens hom is sy reëlboekie sy Bybel op swemgalas. Ousus Carina het tot verlede jaar nog self geswem en goed daarin gevaar, maar netbal – haar gunsteling-sport – het gebots met die swem en sy het die netbalbaan bo die swembad gekies, hoewel sy die swem baie mis. Sy is nou ’n tydhouer en swemslagbeoordelaar. Op ’n vraag hoekom sy daarby betrokke geraak het, het sy ’n eenvoudige antwoord: “Ek moet hier wees, die hele gesin is hier.” Hulle reis ook baie agter galas aan waarin veral Johann vinnig opgang as gestremde swemmer maak. “Dis oor die kinders dat ons ons tyd vir swem opoffer,” aldus Nadya.
DIE Van Heerden-gesin is van links, agter: Carina, Laurence en Nadya; in die water is Johann en Lauren.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Skool krap kop oor Tiaans Ruan Bruwer BY die Laerskool Newton is Tiaan Pretorius en Tiaan Pretorius albei in gr. 5. Vanjaar is hulle gelukkig nie in dieselfde klas nie, maar was wel voorheen op meer as een geleentheid. Hulle is sedert hul gr. O-jaar by Newton. Om die twee in die berig van mekaar te onderskei gaan ons na Wit Tiaan en Bruin Tiaan verwys met verwysing na die kleur van hul hare. Hulle speel albei rugby en krieket en sê soms word een van hulle se naam in ’n span uitgeroep, net om albei dan in die voorportaal op te daag om te vra watter Tiaan Pretorius nou eintlik daar moet wees. Hulle was selfs al albei in die hoof se kantoor toe net een van hulle uitgeroep is. Verlede jaar het dit een kwartaal gebeur dat hulle mekaar se skoolrapporte gekry het. Bruin Tiaan vertel: “Ek het geskrik oor my punte en is amper deur my ouers gehok, want my punte was laer as gewoonlik. My ma het snuf in die neus gekry toe sy sien my NW (natuurwetenskap) en SW (sosiale wetenskap) se punte het heelwat afgeneem.” Wit Tiaan glimlag breed. “Ja, en my punte was weer beter as gewoonlik.” Bruin Tiaan: “Ek was baie bly toe ons die fout agtergekom het.” Dit lyk of hulle empatie met hul onderwysers het.
‘Ek het geskrik oor my punte en is amper deur my ouers gehok, want my punte was laer as gewoonlik. My ma het snuf in die neus ge kry . . .’ Juffrou Bettie Venter het op ’n kol besluit Bruin Tiaan is langer en moet dus as Tiaan 2 bekend staan. Die ander Tiaan is dan Tiaan 1. Die volgende jaar het juffrou Liezel van Soelen egter besluit Bruin Tiaan verjaar eerste in die jaar en moet voortaan Tiaan 1 wees . . . Volgens die twee Tiaans het hulle later self nie meer geweet wie is wie nie. Mnr. Arno Boonzaier het hulle “Mooi Tiaan” en “Lelike Tiaan” gedoop. Om Lelike Tiaan te beskerm gaan ons liefs nie hier noem watter een van die twee dit is nie. Op ’n vraag of hulle hoop hulle beland in verskillende hoërskole, het hulle eers onder mekaar geklets om te hoor watter skole hulle oorweeg. Hulle het verlig gelyk toe hul keuses verskil.
“LOS my naam uit, dis myne.” “O, nee, ek was eerste Tiaan Pretorius.” Die twee Tiaan Pretoriusse, albei in gr. 5 aan die Laerskool Newton, swoeg voor die kamera om die eiendomsreg van hul naam. Links is Bruin Tiaan. Foto: Ruan Bruwer Die twee Tiaans is maats by die skool en hul vriende het besluit hulle sal vir een van die twee ’n bynaam moet gee om hulle van mekaar te onderskei. Toe word Bruin Tiaan, Tiaan Tee of net Tee. Ander Tiaan bly toe
net Tiaan. Hulle is dit eens – hulle “laaik” dit nie dat hulle mekaar se name het nie. Hul name is hul trots en hulle wil dit met niemand deel nie.
HOE gemaak as iemand in jou dorp of stad, wat boonop in dieselfde kringe as jy beweeg, dieselfde naam en van as jy het? Dit kan net baie pret oplewer en natuurlik baie verwarring veroorsaak. In Kimberley het Noordkaap drie sulke gevalle opgemerk en met die naamgenote gaan gesels om te hoor watter staaltjies hulle het om te vertel.
Wie is Martha van Zyl? Ruan Bruwer
CHRISTELLE GROENEWALD en Christelle Groenewald “baklei” oor Christelle Groenewald. Links is Christelle Plaas. Foto: Ruan Bruwer
Christelle’e verwar almal Ruan Bruwer en Christelle Plaas DIE Babelse verwarring tussen Christelle Groenewald en Christelle Groenewald het in 1990 al ontstaan toe hulle albei as twee jong swanger vroue in Barkly-Wes beland het. In dieselfde kerk, dieselfde VLU-tak en boonop in dieselfde vriendekring . . . Spoedig het hulle Christelle Plaas en Christelle Dorp geword, want dit was maklik en eintlik die enigste manier om hulle van mekaar te onderskei – die een se man het geboer en die ander se man was ’n mediese dokter in die dorp. Volgens die twee, wat vandag steeds goeie vriende is en boonop albei in wit geklee vir die onderhoud opgedaag het, het dit ’n ruk beter gewerk toe die een gesin na Kimberley verhuis het. Nie lank daarna nie, toe trek die ander Groenewalds ook hierheen. En nie sommer net na dieselfde stad nie; o nee, dieselfde straat. Toe begin die sirkus van voor af. Nogmaals in dieselfde kerk, in dieselfde vriendekring en hul kinders in dieselfde skool. Die snaaksste van alles is hulle het mekaar op die vreemdste plekke al raakgeloop – soos in Durban, Stellenbosch en op die Kaapstadse lughawe waar hulle agtermekaar in die ry gestaan het en dus net ná mekaar aangemeld het. Volgens
“Dit is dan nogal onge maklik om hulle in die rede te val en te sê ‘Skuus, ek vermoed jy soek die ander Christelle’. ”
hulle was ’n lugwaardin erg verward en het hul ID-dokumente mooi bekyk. Toe Christelle Dorp ’n ruk gelede ’n fietsongeluk gehad het, het die ander Christelle verskeie oproepe van simpatie ontvang. Of verbaasde kyke met die woorde “Is jy okay”, of meer nog “Nie geweet jy kan fietsry nie”, bedoelende die mense was verbaas hoe Christelle dan so vinnig herstel het. Volgens hulle gebeur dit gereeld dat iemand bel en sommer met ’n storie wegval. “Dit is dan nogal ongemaklik om hulle in die rede te val en te sê ‘Skuus, ek vermoed jy soek die ander Christelle’.” Selfs Christelle Dorp se man, dr. Pieter, het al vir die verkeerde een SMS’e gestuur. Deesdae raak tot hul e-posse deurmekaar. Een van die Christelle’e het navrae by ’n trou-onthaalgerief gedoen, maar nie ’n antwoord gekry nie. ’n Ruk later het die ander Christelle ’n e-pos van hulle gekry. Die twee het darem ’n vertroulikheidsklousule aangegaan – dit wat hulle van mekaar sien, bly net tussen hulle. Of soms verskuif hulle skinderstories na die ander een. Onlangs het ’n seun Christelle Plaas gebel om te vra waar sy ma die hoenderpastei vir die skoolgeselligheid moes aflewer. Christelle Plaas vertel: “Ek het dadelik geweet die oproep was vir die ander Christelle bedoel. Ek was oorgehaal om te sê ‘Sê vir jou ma ons het genoeg pastei, sy kan haar een maar los’. Maar ek is darem net te lief vir my maatjie (Christelle Dorp) om haar in so ’n dilemma te laat beland.” Die twee sê hulle wonder hoe mense deesdae tussen die twee onderskei (hulle het dieselfde haarkleur). Of mense dit doen deur na “Dik Christelle” of ‘Lelike Christelle” te verwys is boonop ook nie ’n moontlikheid nie, want nie een van die twee val in daardie afdeling nie.
MARTHA VAN ZYL en Martha van Zyl, albei openbare figure in Kimberley, het nog nie te veel verwarring veroorsaak nie, in elk geval nie waarvan hulle bewus is nie. Boonop vermoed hulle daar is nog iewers ’n Martha van Zyl in die omgewing. In dié berig, om verwarring te vermy, sal ons na hulle verwys as Martha Sanlam en Martha Elcon. Martha Sanlam is ’n finansiële adviseur by dié makelary, terwyl Martha Elcon ’n skoolhoof by die laerskoolafdeling van Elcon (Elizabeth Conradieskool) is. Volgens Martha Sanlam het sy al oproepe uit boerderygemeenskappe ontvang aangesien Martha Elcon se man ’n slaghuis gehad het en sy ’n lid van die VLU was. “Ek het selfs al by mense vir ’n afspraak opgedaag, dan kyk hulle my so en sê maar dis nie die regte Martha van Zyl nie,” vertel Martha Sanlam. En toevallig het hulle dieselfde vrou as sekretaresse/ontvangsdame. Madelein Grobler was eers Martha Elcon se ontvangsdame by haar gastehuis. Sy is nou die ander Martha se persoonlike assistent. Hulle het dit (dat Madelein nou vir die ander Martha werk) nie geweet nie totdat Martha Elcon verlede week vir Madelein by Martha Sanlam se kantoor gesien het toe sy vir die onderhoud vir dié berig opgedaag het.
Dit was dan juis by Martha Elcon se gastehuis en deur Madelein dat die twee Martha van Zyls mekaar die eerste keer ontmoet het. Martha Sanlam het twee jaar gelede ’n bespreking by Martha Elcon se gastehuis gaan maak het. Martha Elcon sê sy het tot toe nie van haar naamgenoot se bestaan geweet nie. Die ander Martha het wel geweet nog iemand het haar naam en van en is haar naamgenoot dankbaar. “Sy het al baie deure vir my oopgemaak. As ek bel en sê dis Martha van Zyl wat praat, het dit duidelik ’n indruk gemaak. “Martha Elcon het ’n goeie naam en reputasie.” Hul paaie het verlede jaar weer gekruis toe Martha Sanlam ’n borgskap aan Elcon gegee het waarby Martha Elcon betrokke was. Gelukkig vir die twee is hul kinders nie dieselfde ouderdomme nie, anders kon dit maklik verwarring veroorsaak het as hul kinders dieselfde tyd in dieselfde skool was. Hulle sê hulle het intussen vriende geword en loop mekaar gereeld raak en word veral gereeld na dieselfde geleenthede genooi. Volgens Martha Elcon het sy gedink dit is Martha Sanlam wie se naam op haar motor se registrasienommer verskyn. Martha Sanlam sê dit is nie haar motor nie, wat hulle laat vermoed nóg iemand in Kimberley deel hul naam en van . . .
HULLE gaan dalk net met mekaar moet baklei oor wie nou eintlik eerste reg op die naam Martha van Zyl het. Die vermoede bestaan daar is boonop nog ’n Martha van Zyl in Kimberley! Hier is Martha Sanlam (links) en Martha Elcon. Foto: Ruan Bruwer
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Foto’s stroom in DIE foto’s stroom in vir Noordkaap se fotokompetisie. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die
foto per e-pos na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. ’n Prys van ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall word aan die fotograaf geskenk.
DIE foto is in November verlede jaar teen sonsondergang tussen Hopetown en Orania geneem. Die donker wolke het baie belofte ingehou, maar nooit enige reën gebring nie.
Foto: Karen van Zyl
LINKS: Die 16 maande oue Lienke Mulke is reeds ’n ywerige boervroutjie en help hier aartappels in die vars rooigrond op die plaas Tambile by Plooysburg plant.
Foto: Marilize Mulke
TREINSPOOR ontspoor. Kamfersdam buite Kimberley se watervlak veroorsaak dat die treinspoor onder water is en hier geen trein kan ry nie.
Foto: Peter Odell
LINKS: Eier in ’n nes? Nee, die maan agter die boom se takke. Dit is vroeg in Januarie uit die Fouries se tuin geneem.
Foto: Natasha Fourie
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
DIE Smitte se storie verg nogal erg kophou. Jaco Smit is al jare lank ’n onderwyser aan die Hoërskool Diamantveld en sy vrou, Reinet, is al 34 jaar ’n leerkrag aan die Laerskool Eureka. Een van hul seuns, Mauritz, het ’n paar jaar gelede ses maande aan Diamantveld afgelos en gee heeltyds klas as dosent aan die Urban FET College. Mauritz was in albei sy ouers se klas. Sy aanstaande, Carmen Hattingh, is ’n onderwyser aan Diamantveld en die Smitte se skoondogter, Leslie, gee kuns aan die Laerskool Staats. Albei Carmen se ouers staan in dieselfde beroepsveld as sy. Verder was Jaco se oupa ’n onderwyser en later dosent in Oudtshoorn. Foto: Ruan Bruwer
BOON BOONZAIER, sy vrou, Suzette, en seun Arno, is almal aan die Laerskool Newton verbonde. Boon se oupa se broer en Suzette se oupa was albei skoolhoofde. Ook Suzette se ma en suster was onderwysers. Arno is ’n voormalige hoofseun van Newton. Foto: Ruan Bruwer
Onderwys is in die bloed Ruan Bruwer
BY die Laerskool Eureka gee Ronélle Vermeulen (gr. O) en haar dogter Chanél Uys (gr. 2) albei vir kleintjies les. Hul klasse is boonop in dieselfde gang. Ook by Eureka was die adjunkhoof, Gerhard van Rensburg, se ma, ouma en twee van sy ooms almal onderwysers. Verder was Thinus van Zyl se pa ’n skoolhoof op Hartswater. Foto: Ruan Bruwer
ONDERWYS en skoolhou is in die bloed – bitter min twyfel bestaan daaroor. Jy kan maar net na ’n paar skole in Kimberley kyk om te sien hoeveel gevalle daar is van ’n onderwyser wie se kind of ouer(s) ook in die onderwys was of is. Net dié waarvan Noordkaap bewus is, is amper reeds te veel om te noem. In twee gevalle is sowel Pa as Ma onderwysers en boonop een van hul spruite by dieselfde skool ’n leerkrag. Dit is so aan die Laerskool Newton waar die skoolhoof, Boon Boonzaier, se vrou, Suzette, by die voorskool lesgee. Hul seun Arno is ook ’n Newton-personeellid. Dit is dieselfde by die Hoërskool Adamantia waar die hoof, Jeremy Hendricks, se vrou, Rita, en dogter Marli Nieuwoudt onderwysers aan die skool is. By die Hoërskole Diamantveld en NoordKaap wemel dit ook van onderwysers wie se familielede onderwysers was of is. Diamantveld se hoof, Mareth Hugo, se
AL 50 jaar gee ’n Neethling klas in kamer 36 van Diamantveld. Toe Koot Neethling in 1996 as aardrykskunde-onderwyser afgetree het, het sy dogter Poppie Hattingh die volgende jaar in diselfde klas ingetrek. Albei haar ouers het vir haar skoolgehou. Benewens by haar pa by Diamantveld is sy ook deur haar ma, Phina, by die Laerskool Vooruitsig onderrig. Dan het Poppie boonop met ’n onderwyser, Laurrie Hattingh, getrou. Hy gee houtwerk aan die NJ Heynsskool. Foto: Ruan Bruwer
oom en pa was albei skoolhoof op Ganspan naby Jan Kempdorp. Ook haar ma het by dieselfde skool, die Laerskool Ganspan, onderrig gegee. Hugo se broer is ’n oudleerkrag van Diamantveld. By Noord-Kaap was Ilse Klassen se pa ’n skoolhoof, Jeanette Blomerus se dogter hou skool in Windhoek, Nerina van Zyl se ma was ’n musiekonderwyser en Anita de Klerk se ma was ’n onderwyser in Upington. Verder is Duane Bredenkamp se ouers albei skoolhoofde, Elanie du Plessis se pa was by Kimberley Junior ’n adjunkhoof en Marinda Burger se dogter is ’n juffrou in die Kaap. Dit is moeilik om presies te sê wat die rede is hoekom kinders so gereeld in hul ouers se voetspore volg en ook die onderwys betree, dít ondanks die doemprofete wat verkondig die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is in diep water. Boonzaier reken dit het te make met onderwysers se voorbeeld en positiwiteit jeens onderwys wat aan hul kinders afsmeer.
INA MATTHEE en haar seun Derick is albei onderwysers aan die Laerskool Newton. Foto: Ruan Bruwer
DALE ADAM se dogter Megan het soos haar pa haar in die onderwys begewe en as gr. 2-leerkrag aan Newton begin skoolhou. Sy is ’n oudleerling van die skool. Haar oupa was ’n skoolhoof op Olifantshoek en haar ma ’n onderwyser aan Kimberley Boys’ High en die Hoërskool William Pescod. Foto: Ruan Bruwer
DIE hele Bester-gesin van Kimberley se beroepe is, was en sal binnekort die van onderwyser wees. Pa Dirk was 22 jaar in die onderwys en later waarnemende skoolhoof aan die Laerskool Staats. Hy is nou ’n vakadviseur aan die onderwysdepartement. Sy oorlede vrou, Lizette, was 23 jaar aan die Hoërskool Diamantveld ’n wiskunde-onderwyser. Hul dogter, Elizma, is ’n voorskoolse onderwyser aan Staats, terwyl haar broer, Wilhelm, ’n onderwysstudent is met wiskunde as sy hoofvak, nes sy ma. Inlas: Lizette. Foto: Verskaf
EN asof daar nie reeds genoeg onderwysers in ’n familie of gesin is nie, trou onderwysers boonop nog met mekaar . . . Ses onderwyserpare bevind hulle vanjaar op Newton se personeel. Hulle is van links, voor: Lourens en Yolanda de Kock; tweede ry: Dirk en Esnah van der Mescht; derde ry: Desmond en Liezel van Soelen; vierde ry: Pedro en Tertia Enslin; vyfde ry: Boon en Suzette Boonzaier en sesde ry: Thinus en Sandra Carstens. Foto: Ruan Bruwer
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Hanro maak amok met kolf Ruan Bruwer
ASOF die krieketspelers van die HTS Kimberley nie reeds genoeg agter balle moes aanhardloop op pad grens toe nie, moes hulle boonop toekyk hoe ’n kolwer hulle na alle uithoeke van die veld slaan. Hanro van Biljon het verlede week in die klere van die Hoërskool Diamantveld se eerste span in ’n vriendskaplike T20-wedstryd ’n verwoestende beurt gespeel wat min van die spelers, toeskouers en skeidsregters op die geleentheid maklik sal vergeet. Vir Hanro was die woord vriendskap net dit – ’n woord van geen betekenis nie. Hy het losgetrek en 117 lopies (13x6 en 5x4) van net 52 balle gemoker. Dit het Diamantveld gehelp om 204 lopies in sy toegelate 20 beurte aan te teken. Die HTS is daarna goedkoop vir 76 uitgehaal. Dit is Hanro, ’n matriekleerling, se derde 100-tal van sy loopbaan en sy tweede hoogste. Dit is ’n goeie 30 lopies kort van sy hoogste telling – 147 onoorwonne lopies – vir die Laerskool Staats se o.13-span. Verlede jaar het die aanvangskolwer in ’n T20-wedstryd teen ’n gekombineerde span 108 lopies aangeteken. “Ek het aanvanklik rustig gekolf en net die swak balle gestraf. Toe ek by 50 kom, het ek besef ons het nog baie paaltjies in die bank en ons lopietempo was nie verskriklik hoog nie. Dit is toe dat ek besluit om dit (die lopietempo) te verhoog,” sê hy oor sy spesiale kolfbeurt. Daarna het hy amok gemaak. Hanro is in die 16de boulbeurt op die grens gevang toe hy probeer het om nog ’n ses te slaan. Hy sê dit was vir hom tot dusver die genotvolste kolfbeurt van sy krieketloopbaan, aangesien hy die meeste van sy lopies met grenshoue behaal het. Party van sy sesse het ver getrek en die teenstanders moes soms lank na die bal soek.
Gagiano se ster blink Ruan Bruwer
DIE sterrejagkompetisie van Villa Rosa verlede jaar in ’n landwye oudisieproses op soek na akteurstalent het ’n oud-Kimberliet as semi-finalis opgelewer. EDWIN GAGIANO Die 24-jarige Edwin Gagiano het egter nie soos die ander semi-finaliste ’n oudisie voor ’n groep kundiges afgelê nie. Die kompetisie het ’n geleentheid gebied aan diegene wat nie self vir ’n oudisie kon opdaag nie deur ’n aanlyn-oudisie te verfilm en in te stuur. Syne is as die beste aangewys. Sien die video op www.noordkaap.co.za onder die skakel “Videogalery”. Die eindronde vind van 7 tot 9 Maart plaas. Die prys is ’n rol vir drie maande in dié kykNET-sepie. Gagiono se vriend Chris Dos Santos, ’n bekende as televisie- en musiekvideo-regisseur, en sy akteursvriend Jonathan Pienaar het hand bygesit met die verfilming en spelleiding. Gagiano, wat in 2007 aan die Hoër Tegniese Skool (HTS) Kimberley gematrikuleer het, het Saterdag sy TV-buiging in Snakepark op SABC2 gemaak waarin hy ’n hoofrol vertolk. Dit word Saterdae om 10:30 uitgesaai. Hy sal ook op 1 Maart om 08:20 op SABC3 in PLAYnetwork te sien wees waarin ’n voorskou van die Amerikaanse rolprent Run or Die, waarin hy ’n rol vertolk, gewys word. Die akteursgogga het Gagiono op 14-jarige ouderdom gebyt en hy is op skool deur HTS vir sy akteursvernuf bekroon. Hoewel hy meestal in Engels werk, beskryf hy homself as trots Afrikaans. Benewens televisiewerk, rolprente en teater doen hy ook stemwerk en sang. Hy kom nog gereeld vir sy ouers, Albertus en Maryna Gagiano, in die Diamantstad kuier.
HANRO VAN BILJON, ’n eerstespan-krieketspeler van die Hoërskool Diamantveld, het verlede week in ’n vriendskaplike T20-wedstryd ’n verwoestende 117 lopies (13x6 en 5x4) van net 52 balle aangeteken. Foto: Ruan Bruwer Hy het egter gee gedenkwaardigheid ontvang om die dag mee te onthou nie, maar darem heelwat gelukwensings van onderwysers. Volgens Niel Marais, afrigter van die eerste span, was dit ’n spesiale kolfbeurt. “Hy is baie talentvol en het sy beurt goed gepace. “Ek was jammer vir die HTS se boulers. En hulle het nie te sleg geboul nie – op die dag was Hanro net op sy stukke,” sê Marais.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014 PERSOONLIKE DIENSTE
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP
SAKE
3075
LENINGS
GELEENTHEDE 1445
2415
CHOCOLATE MANUFACTURING/SWEET DISTRIBUTION/MEDICAL AID KITS Start your own bussiness. Succesful opportunities Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net
KONTANT VIR KARRE, BAKKIES, LORRIES, KOMBI'S, BUSSE, KARAVANE, TREKKERS. ALLE MODELLE 071 967 0285. WhatsApp. BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
VOERTUIE
KARAVANE TE KOOP/HUUR 3020
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
CARAVANS: 1999 SPRITE SENATA, twobed, R27 500. 1983 Jurgens 3, excellent, R23 500. 072 472 8686. MOTORS TE KOOP 3025
1999 GOLF: R20 000. 1995 BMW: R26 500. 1996 CAMRY: R38 500. Skakel: 072 472 8686.
ADM.COPY/PASTE DATA WORKERS NEEDED. For info SMS full name/address: 079 615 8070 or e-mail: hubdata555@gmail.com REGSKENNISGEWINGS & TENDERS
TENDERS 4080
TENDER DOCUMENT Kimberley HTS Kimberley present the following machines for sale on a tender basis. 1. Cebtre lathes 1 x Labor. M-1m bed 1 x Drumaskiner-1m bed 2 x Turnmaster-1m bed 2. Shaping machine 1 x SACIA (L/350.E) 2 x R.R.E 3. Universal horisontal milling machine 1 x Victoria 4. Cropper 1 x cropper 5. Guillotine 1 x (Victoria) 2 mm thick en 1.2 m wide 6. Mechanical profile cutter 7. Several bench vices Also available: items on tender can be viewed at Kimberley THS on Friday, 21 February 2014 from 08:00 t0 12:00 by HTS Kimberley. Closing date for submission of tenders is 26 February at 12:00. All items are subject to reserved prices. Removal of items must be effected ONE week after tender acceptance. Responsiblity and cost to remove rest on the person offering the tender. All items are sold as they stand. (Voetstoots). No tenders will be accepted after the closing date. The tender committee reserves itself the right not to accept any tender. The alotted tender will be made known to the tenderer within 7 days of the closing date. Tender documents will be available at the school. Contact numbers: School hours: 053 861 3917 After hours: 078 684 0417 Johan Smith
TENDERDOKUMENT HTS Kimberley bied die volgende gereedskap te koop op 'n tenderbasis 1. Metaal draaibanke 1 x Labor.M-1m bed 1 x Drumaskiner-1m bed 2 x Turnmaster- 1m bed 2. Sterkarm-skaafmasjiene 1 x SACIA(L/350.E) 2 x R.R.R.E 3. Universele Horisontale freesmasjien 1 x Vicroria 4. Knip- en ponsmasjien 1 x Koppel 5. Guillotine 1 x (Victoria) 2 mm dik en 1.2 m wyd 6. Meganiese profielsnyer 1 x Nibbler 7. Verskeie bankskroewe ook beskikbaar (bench vices). Masjiene kan op Vrydag 21 Februarie 2014 tussen 08:00 en 12:00 by HTS Kimberley besigtig word. Sluitingsdatum vir tenders is 26 Februarie om 12:00. Daar is reserwepryse op al die items. Verwydering van masjiene moet binne EEN week nadat tenders toegewys is, gedoen word. Alle masjiene word VOETSTOOTS verkoop. Geen tenders sal na die sperdatum oorweeg word nie. Die tenderkomitee behou die reg om die tender toe te ken al dan nie. Die tender wat aanvaar word, sal binne 7 dae na die sluitingsdatum aan die betrokke tenderaar bekend gemaak word. Koper is verantwoordelik vir die verwydering asook alle koste daaraan verbonde. Tenderdokument kan by die skool afgehaal word. Kontaknommers: Skoolure: 053 861 3917 Na ure: 078 684 0417 Johan Smith
SOEK, KOOP, VERKOOP
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
11
DHS troon uit op Top20-byeenkomste Sportredaksie DIE Hoërskool Diamantveld se atlete het onlangs op die Top20-atletiekbyeenkoms puik gepresteer en die byeenkoms ’n tweede jaar agtereenvolgens gewen. Diamonds het altesaam 38 medaljes verower, waarvan 20 goue, nege silwer- en nege bronsmedaljes is. Die naelloper Ruan Willemse het in die 100 m en 200 m goud verower en ook in laasgenoemde in 21.8 sekondes ’n byeenkomsrekord verbeter. Riaan de Klerk en Jean-Marie Vermeulen het ook albei twee goues gewen. De Klerk het in die 100 m-hekkies en 300 m-hekkies koning gekraai, terwyl Vermeulen in die 100 m en 200 m geseëvier het. Die langasems Adéle Vermeulen en Drian du Plessis het ook hul staal getoon. Vermeulen het in die 400 m en 800 m vir Diamonds twee goues gewen, terwyl Du Plessis in die 800 m en 1 500 m kookwater was. Die ander atlete wat goud verower het, is: Beatha Groenewald (1 500 m); Gerco Nortje (spiesgooi, byeenkomsrekord met 61.9 m); Marmerie Pienaar (400 m); Denecke Prinsloo (gewigstoot); Arno Cloete (800 m); Imke
van Rooyen (800 m); Christelle Roberts (hoogspring); Theo Senekal (hoogspring); Deirdré Botes (diskusgooi); Meisies-aflos (4x100 m). Atlete wat silwermedaljes ingeoes het: Rudolf Greyling (800 m); Imke van Rooyen (400 m); Anandie Venter (verspring); Ané Strydom (verspring); Surita van Heerden (hoogspring); Bethanie du Raan (diskusgooi); Helé Wansbury (300 m-hekkies en 100 m-hekkies); Janke Steenkamp (spiesgooi). Atlete wat bronsmedaljes verower het: Jody Schmidt (diskusgooi en gewigstoot); Beatha Groenewald (800 m); Jeanne Smith (hoogspring); Rudolf Greyling (400 m); Renier van Zyl (spiesgooi); Benno Meintjies (200 m); Ideon Grywenstein (400 m); Anandie Venter (verspring). ) Diamonds se atlete het op die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein se afgelope Top20-byeenkoms ook uitstekend gepresteer. Altesaam 33 skolespanne het aan die Bloemfonteinse byeenkoms deelgeneem met Grey-kollege, Hoërskool Hugenote, Meisieskool Bloemhof, La Rochelle, Paul Roosgimnasium, Meisieskool Oranje, Pretoria Boys’ High, Hoërskool Pretoria-Noord,
TWEE van die Hoërskool Diamantstad se uitblinkers op die Top20-atletiekbyeenkoms is Bethanie du Raan (beste o.17-meisiesatleet) en Gerco Nortje (verbeter byeenkomsrekord in spiesgooi vir seuns o.17).
NOG twee van Diamonds se skitteratlete is Riaan de Klerk (links, verbeter byeenkomsrekord in 300 m-hekkies vir seuns o.15) en Ruan Willemse (verbeter byeenkomsrekord in 200 m vir seuns o.17 en word as beste baan-atleet in die afdeling aangewys).
Louis Botha, Hoërskool Hugenote in Wellington en Hoër Jongenskool Paarl ’n paar van die groot name daar. Diamantveld se spanne het goed gepresteer en met ’n puntetotaal van 13 443 ’n algeheel vyfde plek behaal. Drie van Diamantveld se atlete tel onder
die topvyftig wat op die byeenkoms in aksie was. Ruan Willemse (200 m, seuns o.17), Janke Steenkamp (spiesgooi, meisies o.17) en Denecke Prinsloo (gewigstoot, meisies o.15) was onder die topvyftig. Diamonds het sewe medaljes verower, waar drie goud en vier silwer is.
Foto’s: Verskaf
Griekwas werk hard vir die Vodacombeker-reeks Gerdie Karstens DIE Griekwas sal nie in die groepfase van vanjaar se Vodacombeker-reeks teen die nuwe Keniaanse span, die Simba XV-tal, te staan kom nie. Die Keniane is deel van die kompetisie nadat die Argentynse Pampas, wat in 2011 as wenner gekroon is, hulle glo weens geldelike redes aan die plaaslike ontwikkelingsreeks onttrek het. Dit word verwag dat die Keniane, wat onlangs die dienste van die voormalige Blitsbok-breier Paul Treu bekom het, sterk teenstand in die reeks gaan bied, maar die Griekwas sal hulle nie in die groepfase teëkom nie. Sou die Poubloues en Keniane wel tot die uitkloprondes vorder, is daar ’n goeie kans dat hulle wel kan skouers skuur, aangesien
oorkruis-wedstryde dan gespeel word. Die Griekwas werk hard onder hul nuwe afrigter, Peter Engledow, en beskou die komende kompetisie as ’n goeie geleentheid om te vergoed vir hul relegasie uit die Curriebeker-reeks se Premierliga. “Ons gee nie om watter teenstanders ons kry nie. Ons doel is om die Vodacombekerreeks te wen en ons sal alles moontlik doen om dit te vermag,” het Engledow gesê. Die Keniane, wat deur Jerome Paarwater vir die reeks afgerig word, sal wel met die Vrystaat, Haaie en Westelike Provinsie se Vodacombeker-spanne koppe stamp en wat vermaaklike wedstryde behoort te wees. Die Simba XV-tal se eerste kragmeting in die kompetisie is teen die Oostelike Provinsie-Kings in Port Elizabeth.
Die bepalings vir die reeks (tuisspan eerste): 8 Maart: WP t. Boland; Vrystaat t. SWD; Grens t. Haaie XV-tal; Blou Bulle t. Griekwas; Valke t. Pumas; Luiperds t. Goue Leeus; Griffons t. Limpopo Blou Bulle; OP t. Simba XV-tal. 15 Maart: Boland t. Vrystaat; Haaie XV-tal t. WP; OP-Kings t. Grens; Goue Leeus t. Valke; Pumas t. Blou Bulle; Griekwas t. Griffons; Limpopo Blou Bulle t. Luiperds; Simba XV-tal t. SWD. 22 Maart: WP t. OP-Kings; Vrystaat t. Haaie XV-tal; SWD t. Boland; Blou Bulle t. Goue Leeus; Valke t. Luiperds; Griekwas t. Limpopo Blou Bulle; Griffons t. Pumas; Grens t. Simba XV-tal. 29 Maart: Haaie XV-tal t. SWD; OP-Kings t. Vrystaat; Grens t. WP; Valke t. Limpopo; Luiperds t. Blou Bulle; Goue Leeus
t. Griffons; Pumas t. Griekwas; Simba XV-tal t. Boland. 5 April: Vrystaat t. Grens; SWD t. OP-Kings; Boland t. Haaie XV-tal; Blou Bulle t. Valke; Griekwas t. Goue Leeus; Griffons t. Luiperds; Limpopo Blou Bulle t. Pumas; WP t. Simba XV-tal. 12 April: WP t. Vrystaat; OP-Kings t. Boland; Grens t. SWD; Pumas t. Luiperds; Griekwas t. Valke; Griffons t. Blou Bulle; Limpopo Blou Bulle t. Goue Leeus; Simba XV-tal t. Haaie. 26 April: SWD t. WP; Boland t. Grens; Haaie XV-tal t. OP-Kings; Blou Bulle t. Limpopo Blou Bulle; Valke t. Griffons; Luiperds t. Griekwas; Goue Leeus t. Pumas; Vrystaat t. Simba XV-tal. 3 Mei (kwarteindronde): Noord 1t. Suid 4; Suid 1 t. Noord 4; Noord 2 t. Suid 3; Suid 2 t. Noord 3. 10 Mei: Halfeindstryd 1; Halfeindstryd 2. 17 Mei: Eindstryd.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 FEBRUARIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Die Griekwa-senter Jonathan Francke kan ’n deurslaggewende rol in die Poubloues se oefenwedstryd teen die Oostelike Provinsie-Kings vertolk. Foto: Emile Hendricks
GW móét wen Gerdie Karstens
GRIEKWAS se kookwater-slot en kaptein die afgelope ruk, Jaco Nepgen, toer nie saam met die res van die Poubloues na die OosKaap nie. Dít omdat hy, wat die afgelope ruk hom as een van die NoordKapenaars se senior spelers gevestig het, harsingskudding opgedoen het tydens een van die voorseisoense losmakers, die een teen Sishen. Nepgen is een van ’n rits spelers wat nie saam op die bus geklim het nie. Benewens Nepgen herstel Janro van Niekerk (stut), RJ Liebenberg (flank) en PJ Vermeulen (senter) almal teer nou na beserings, terwyl die losskakel Rheon van Zyl, senter Thabang Molefe en stut Stephanus Preto- rius nog las van beserings het. Die skeutjie goeie nuus oor die Curriebeker-formaat beteken die Griekwas se toer na die Oos-Kaap
ter voorbereiding vir die Vodacombeker-reeks het in statuur gegroei. Die toer en reeks is nou die voorbereiding vir die belangrike enkelronde-wedstryde later vanjaar. Volgens die nuwe formaat is daar vanjaar agt spanne in die premierliga van die Curriebeker en dus net een plek vir hoopvolles soos die Griekwas, Luiperds en die Boland. Niks sal so goeie hupstoot vir daardie belangrike klompie weke wees soos ’n Vodacombeker-titel nie en daarom toer Griekwas die week met een doel voor oë: Klop die Oostelike Provinsie in sy agterplaas. “Die spelers is oorgehaal vir die toer. Ons vat niemand saam wat nie kan speel nie en los al ons beseerdes by die huis om te herstel,” het die Griekwas-breier, Peter Engeldow, gesê. Niks sal die Poubloues meer selfvertroue gee vir die Vodacombeker-reeks as ’n sege oor die OP-Kings nie. Juis daarom vat Engledow al sy swaargewigte saam in die hoop dat sy beste beskikbare span ’n kleim kan afsteek.
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook op Facebook by NoordkaapKoerant
“Ouens soos Jaco Nepgen (harsingskudding), Janro van Niekerk en RJ Liebenberg (albei rehabilitasie) toer nie saam nie, maar is steeds deel van ons planne,” het Engledow gesê. Die OP-kragmeting sal ook ’n goeie toets vir Griekwas se senterpaar van Wayne Stevens en Jonathan Francke wees. Albei is tans kookwater en het in verlede naweek se losmaker teen die Griffons uitgeblink. Die Griekwas-toergroep: Steph Roberts, Simon Westraadt, Martin Bezuidenhout, Ewald van der Westhuizen, Nicolaas Steyn, Luxolo Koza, Boela Serfontein, Hilton Lobberts, Burger Schoeman, Jonathan Adendorf, Marnus Schoeman, Carel Greeff, Leon Karemaker, Tian Meyer, Dustin Jinka, Francois Brummer, Ederies Arendse, Rocco Jansen, Wayne Stevens, Jonathan Francke, Danie Dames, Hilford Clarke, Jacquin Jansen, Nico Scheepers.