Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 26 Februarie 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
GRATIS
Wat dink jy van die nuwe universiteit? Gesels
saam
op
Noordkaap se
Facebookblad.
VAN links is prof. Yunus Ballim, die tussentydse hoof van die Sol Plaatjeuniversiteit, Portia Mampie, die eerste student wat by die universiteit aansoek gedoen het, Sylvia Lucas, die premier, en Shannon Langson, die eerste student wat haar geregistreer het. Foto: Charné Kemp
Studente tref Kby Lecrecia Prins
GROOT opwinding heers onder eerstejaarstudente en dosente aan die Sol Plaatje-universiteit oor hul toekoms en universiteitsloopbaan. Die nuwe Noord-Kaapse universiteit het Maandag met die akademiese jaar begin. Prof. Yunus Ballim, tussentydse hoof van die universiteit, het Saterdag die studente verwelkom. Maandagoggend het die 110 geregistreerde studente hul klasroosters ontvang. Hulle kom van die Noord-Kaap, asook van ander provinsies.
Volgens Ballim is 50 van die studente van Kimberley, 50 van die res van die provinsie en tien studente van elders in die land. Daar is sewe lesinglokale in die hoofgebou (die NIHE-gebou) en laboratoriums in nog ’n gebou (die ou kunssentrum) in Scanlanstraat. Unisa se ou kantoor in Chapelstraat is in kantore omgeskep. Die universiteit bied ’n graad in onderwys aan waarvoor 50 studente hulle ingeskryf het. Daar is ook diplomakursusse in inligtingstegnologie en kleinhandelbestuur. Sowat 30 studente het hulle vir elk van dié kursusse
geregistreer. Portia Mampie, die eerste student wat by die universiteit aansoek gedoen het, sê sy het lank gewag om haar by die universiteit aan te sluit. Mampie studeer inligtingstegnologie. “Nog voordat die aansoekvorms beskikbaar gestel is, het ek gereeld gebel om te hoor wanneer ek dit kan kry. Ek het selfs die departement van hoër onderwys en opleiding gebel om te hoor wanneer ek die vorms kan kry. “Al wat ek gedink het, is ek moet by die universiteit inkom.” Mampie sê sy wou graag in
Kimberley studeer, omdat haar vriende en familie hier is. Om op ’n ander plek te studeer sou te veel van ’n aanpassing vir haar wees. Mampie sê sy het al van laerskool af geweet sy wil inligtingstegnologie studeer. “Ek is opgewonde daaroor om die nuwe programeringstaal aan te leer.” Sy het drie klasse per dag wat elk sowat twee uur lank is. Wanneer een onderwerp afgehandel is, rus hulle vyf minute. Van 14:00 af het hulle praktiese klasse. Simone Neethling, ’n onderwys-
dosent van Kaapstad, sê hoewel sy ver gekom het om hier te kom te doseer, is dit vir haar opwindend om hier te wees. “Die gemeenskap is baie oop en verwelkomend. Ek is nou al meer as ’n maand hier en het nog net goeie ondervindings gehad. “Dit is ’n groot aanpassing veral om nie my familie te sien nie. Ek het ook geweet dit gaan warm wees, want dit is wat almal gesê het, maar ek het nie gedink dit gaan so erg wees nie. Neethling sê sy gaan ook die teaters in Kaapstad baie mis.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
Vonkel op die tapyt TRADISIONELE DRAG, hedendaagse modes en skitterende juweliersware was alles te sien toe spesiale gaste op die rooi tapyt geloop het met die opening van die NoordKaapse wetgewer. Sylvia Lucas, premier, het die provinsiale rede op die geleentheid gelewer.
SHIWE SELAO, voormalige wetgewerlid.
SYLVIA LUCAS, NoordKaapse premier, en haar gevolg loop na die podium voordat sy haar toespraak lewer. Foto’s: Emile Hendricks
ALLEN GROOTBOOM (DAwetgewerlid) en sy vrou, Hilary Grootboom.
ALEXANDRA BEUKES (ANCwetgewerlid) en haar man, Eben Beukes.
BERYL (LINKS) EN JUANITA BEUKES.
Foto’s: Emile Hendricks
KENNY MMOIEMANG, speaker van die wet gewer, en Juanita Beukes, adjunkspeaker van die wetgewer. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
Valkenier tuis in NK Carine Beylefeld JULIUS KOEN (61) is die enigste valkenier in die Noord-Kaap en een van slegs ongeveer 125 in Suid-Afrika. ’n Gebore Johannesburger wat van kleins af ’n liefde vir voëls en kleiner wilde diertjies gehad het, het sy passie vir die natuur en diere later sy hele lewe geword. Ná matriek het Koen sy BSc-graad aan Tukkies voltooi en toe op Stellenbosch sy honneursgraad in natuurbewaring verwerf. Daarna het hy meer as 15 jaar by die ou departement van bosbou in George gewerk en toe onder meer navorsing oor die Knysna-olifante gedoen waar hy en die olifante in 1980 vir die TV-program 50/50 verfilm is. In 1985 het hy aan die Universiteit van Kaapstad (UK) sy meestersgraad in dierkunde oor die voëlgemeenskappe in die Knysnawoud voltooi. In die laat 1980’s is die navorsingsdeel van die departement van bosbou deur die Wetenskap- en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oorgeneem. Die bosbounavorsers is kort daarna in kennis gestel hulle moet Pretoria toe verhuis. Julius wou nie weer in ’n stad werk nie, en dit is toe dat hy ’n pos aan die departement van natuurbewaring in Kimberley gekry het. Hier het hy in 2012 ná 21 jaar afgetree.
JULIUS KOEN, een van net ’n handjie vol valkeniers in die land.
Foto: Carine Beylefeld
Lief vir die wêreld Ná die pragtige, groen woude van Knysna het Koen en sy vrou, Susan, op die droë en warm wêreld verlief geraak. Hul gunstelingvakansieplek is die
Kgalagadi-oorgrenspark. In die Noord-Kaap het hy baie betrokke by die wildbedryf en groot ontwikkelingsprojekte soos onder meer die Tswalu-woestynbedryf geraak. Danksy dié betrokkenheid het hy die Noord-Kaap deurkruis en duisende kilometers in die provinsie afgelê. Hy was ook twee jaar die president van die Suider-Afrikaanse Natuurbewaringsvereniging. Hy was ook die voorsitter van die Noord-Kaapse Roofvoëlforum, waarvan hy steeds ’n lid is. Sy eerste valk, ’n Afrika-sperwervalk, het hy 35 jaar gelede gekry. Passie en kennis nodig Om ’n valkenier te wees is ’n baie gespesialiseerde sportsoort met baie reëls en regulasies. Van die reëls is om ’n streng graderingsproses, goedgekeur deur die regering, te deurloop. Daar is nege klubs in Suid-Afrika. Hy is ’n lid van ’n klub in die Wes-Kaap, omdat daar nie een in die Noord-Kaap is nie. ’n Valkenier moet ’n liefde vir en kennis van valke hê, en dan mag valke slegs met ’n wettige permit van die departement van natuurbewaring aangehou word. “Om ’n valkenier te wees is nie soos om ’n geweer te gebruik om te gaan jag en dit dan daarna in jou kas te gaan bêre nie. Dit is ’n
24 uur-sportsoort. “Die valk moet in ’n goeie kondisie gehou word en moeite moet gedoen word met die valk se vleisdieet wat meestal uit diere met vere bestaan.” Interessant is ’n valk kan agt keer beter as ’n mens sien, die wyfie is groter as die mannetjie en swerfvalke kan selfs teen tot 350 km per uur duik om sy prooi te vang. Lok maklik terug Die band van vertroue wat tussen die valk en die valkenier is, is wat maak dat die valk nadat hy sy prooi gaan jag het na die eienaar sal terugkom. Indien hulle nie suksesvol gejag het nie, word hulle teruggelok met ’n stukkie rou vleis wat aan ’n lyn rondgeswaai word. Sommige valke het radioseiners aan. Die valkenier kan dan met ’n ontvangstoestel die valk se bewegings monitor as dit soek raak. Valkeniers moet ook ’n opgeleide patryshond hê om te help met die opspoor van prooi. Die valkenier moet ook seker maak sy valk dra ’n goeie en gemaklike leerkappie om hom rustig te hou. Koen vertel hy voer sy leerkappies van die Tseggiese Republiek in. Die eerste opgetekende jagtog met valke om mee te jag is al meer as 3 000 jaar gelede aangeteken.
‘Om ’n valkenier te wees is nie soos om ’n geweer te gebruik om te gaan jag en dit dan daarna in jou kas te gaan bêre nie.’ – Julius Koen
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
Kies nie maklik KARIN MULLER van
Kimberley gaan voortaan gereeld bydraes vir Noordkaap lewer. Vandag skryf sy oor ’n Valentynsgeskenk. NIE almal is ewe entoesiasties oor Valentynsdag nie. Diegene wat nie so entoesiasties daaroor is nie, het hul eie redes. Soms persoonlike redes. Die dag voor Valentynsdag staan ek in ’n skryfbehoeftewinkel om krammetjies te koop. Die res van die mense in die winkel koop iets vir hul Valentyne. Met die intrapslag in die winkel merk ek uit die hoek van my oog ’n man op wat met ’n enorme teddiebeer in sy hande staan. Hy lyk baie ongemaklik. Hy staar na die prys en sit dit dan versigtig op die rak terug. Hy tel ’n klein teddiebeertjie op en kyk na die prys. Dan sit hy dit ook op die rak terug. Teen daardie tyd verloor ek hom uit die oog – op pad na die afdeling met die krammetjies. Ná ’n lang gesoek kry ek eindelik die regte grootte krammetjies en gaan staan in die ry. Die man het oplaas op die reuse-teddiebeer besluit en staan ’n entjie voor my in die ry. Die kassiere glimlag breed toe sy die teddiebeer by die man vat. Hy betaal. Sy gee die teddiebeer vir hom en bêre die geld in die kasregister. Op sy beurt gee hy die teddiebeer vir haar terug. Hy lyk nog
ongemakliker as toe ek hom die eerste keer opgemerk het. “ ’n Sakkie, asseblief,” fluister hy. Sy glimlag weer. “Ons het ongelukkig nie so ’n groot sak nie, meneer,” verduidelik sy geduldig. Sy gee weer vir hom die teddiebeer. Die bloedrooi vlek van verleentheid wat op sy wange verskyn, kies koers – eers op na sy kroontjie en toe af in sy nek. “Ek gaan nié met die ding so in die winkelgange loop nie.” Die verleentheid het in ontsteltenis oorgeslaan. Hy gee die teddiebeer vasberade terug. Sy begin in die kaste agter haar rondsnuffel en haal die grootste sak uit waarop sy haar hande kan lê. Die reuse-teddiebeer se kop is te groot om in die sak te pas, dus forseer sy die dik bene en boepmagie in die sak in sover sy kan. Dan gee sy die sak vir die man terug. Hy sug diep. Die teddiebeer se amusante gesig en groot ore steek by die sak uit. Soms is dit soveel pret om die regte geskenk vir iemand te gaan koop, maar die oomblik wanneer jy dit vir die een gee, is dit amper asof dit vir die een, of dalk vir albei, ’n soort teleurstelling is. Soms is dit moeilik om vir iemand die regte geskenk uit te soek. ’n Frustrasie. ’n Beslommernis. Moeite. Maar die oomblik wanneer jy dit vir die mens gee, maak alles die moeite werd. Ek glo die reuse-teddiebeer is in die laasgenoemde geval ter sprake en dat die verleentheid en frustrasie van daardie oomblik met die gee daarvan vergete is.
‘Bottle man’ an inspiration DEAR EDITOR YOUR article in the Noordkaap of 19 February titled “Being a ‘bottle man’ is a hard life”, bears reference. I am truly inspired and motivated by the hard work of this gentleman. He works from early in the morning until late at night, performing an essential duty that most of us take for granted. I am however concerned for his safety on the road at night and have considered donating reflective stickers for his bicycle and bags to make him visible to motorists. I tried on numerous occasions to show my appreciation for the important job he does by just
speaking to him and sometimes helping where I can. Despite the language barrier, I was still inspired by his dedication and humbleness. In performing this duty, he does not only earn a living, but also contributes in reducing the carbon footprint by promoting the recycling of plastic. We as Kimberley residents could learn a valuable lesson from the example that this gentleman has set for us. Mr Zablon Maseko, I salute you. Thank you for doing what you do – it is much appreciated. May God bless you. Sincerely Anonymous (Name supplied)
Solar power now in use RESIDENTS and businesses in the Kimberley area received the first of Droogfontein Solar Power’s renewable electrical energy in December when the project started exporting power to the Eskom grid. The project is still under construction, and once completed, the solar farm will generate sufficient electricity to meet the needs of approximately 20 000 average
households. Considering that the average South African household consumes 4,4 MWh per year, or 84,4 KWh per week, Droogfontein Solar Power is currently supplying electricity, which is being produced from the sun, to Eskom that is equivalent to the electricity consumed by an average of about 5 500 homes.
Jaag die vrede na Hannes Noëth
TOG interessant hoe party mense daarop gedy om nie vrede te hê nie. Asof vrede hulle ongemaklik laat voel. Asof dit vir hulle energie skep om in konflik te wees en hulle dit doelbewus soek. Selfs in situasies wat glad nie ’n konfliksituasie behoort te wees nie, kry hulle dit reg om moeilikheid te veroorsaak. Vrede is iets wat in ’n mens is of nie is nie. As ’n mens vrede in jou hart het, kan jy selfs vrede hê in ’n konteks waar geen vrede is nie. As ’n mens nie vrede in jou hart het nie, sal daar, maak nie saak hoeveel vrede om jou is nie, nooit vrede in jou leefwêreld wees nie. ’n Volgende interessante saak is dat mense wat nie van vrede hou nie, die vermoë het om negatiewe groepies bymekaar te maak en bymekaar te trek. ’n Mens
kan dit eintlik skeurmakery en twissoekery noem. Ook daarin het die wêreld oor die eeue heen al ’n groot waarheid ontdek: Hy/sy wat werklik ’n saak het, sal dit met gemak en krag self kan verdedig. ’n Mens hoef nie as jy by die waarheid wil bly groepies bymekaar te maak nie. Die slegte is dat iemand wat nie vrede in hulself het nie, die vermoë het om baie ander, selfs honderde, se vrede te versteur. Miskien daarom dat ons geleer word dat ’n mens meer soos ’n kind moet wees: opreg, eerlik en afhanklik. Jy moetvan binne mooi wees , soos ’n klein kindjie. Maar kinders kan ook moeilik wees – ek hoor gereeld hoe ouers vertel van die opstandigheid van tweejariges as hulle tantrums gooi (deesdae noem die mense dit in moderne Afrikaans ’n vloermoer). Baie grootmense ontgroei daardie gewoonte nooit. As hulle nie hul sin kry nie, sal hulle aanhou en aanhou, al raak dit ander se vrede. Die grootste bedreiging vir vrede is eie koninkrykies wat ons wil bou ten koste van ander mense se vrede. Mag ons almal werk aan ’n vrede van binne, ’n vrede wat die verstand te bowe gaan.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014 MICHAEL MOSES is die enigste leerling wat die NoordKaap vanjaar in die Santamkalender kompetisie verteen woordig. Elke jaar word die beste kunswerke van die Kimberleykunssen trum hiervoor ingeskryf. Die ander leerlinge, Noa lin Johnson en Paul Hen ri, se werke is gekies om op die Sanlamwebwerf te plaas. Die kompetisie is in 1963 begin om ’n liefde vir kuns by kinders te vestig en ’n manier te skep waarop hulle hul self en hul idees kreatief kan uitdruk. Die kompe tisie word nasionaal aangebied. Die kuns werke word in ’n alma nak en op die webwerf vertoon. Foto: Verskaf
FIEYAAZ CADER van die Hoërskool Noord Kaap het van sy matriekvraestelle laat oor merk en het nou ook ses onderskeidings in die 2013eindeksamen verwerf. Foto: Verskaf
TSHOLOFELO NDLOVU of Kimberley Girls’ High recently received good news. She got an A aggregate in the 2013 matric exams af ter a remark. This brings the number of A aggregates for the school to 13. After a re mark Madelein Farrell achieved nine distinc tions. Photo: Supplied
SATERDAG 1 Maart: ) Die Elizabeth Conradie-skool (Elcon) bied om 10:00 ’n vroueontbyt met ’n mode-ontwerper van Bloemfontein, Elizmarie Heathcote (Elheathcote Designerwear), in die skoolsaal aan. Bel Martha by 084-400-4794. ) The winner of SA Idols 2013, Musa Sukwene, will perform in Kimberley for the first time at the Flamingo Casino’s Bar 129 at 22:00. Tickets are available from the cash desk at R50 each. Donderdag 6 Maart: ) Marinda Engelbrecht, ’n finalis van kykNET se reeks Kokkedoor, is die gas op die Hoërskool Diamantveld se vroue-oggend. Sy sal van haar ervarings vertel en ’n kosdemonstrasie doen. Dit begin om 10:00 in die Cerff-saal van die skool. Kaartjies kos R250
per persoon en is by die skool te kry. Bespreek plek by 053-833-1528 of 082-440-3303 of stuur ’n e-pos na bemarking@diamantveld.co.za. ) Die gospelsanger Leon Goosen tree om 18:30 in die NG kerk Dutoitspan op. Dit is gratis, maar skenkings is welkom. Saturday, 8 March: ) Kimberley’s own Idols finalist of Season 7, Lefa Pike, will perform in Bar 129 at the Flamingo Casino at 21:00. Entry is free. ) The Cansa Relay for Life will
take place in the Big Hole parking area. It will run from 18:00 until 06:00 the following morning. Old and new teams can register at R500 and R300 for school teams. Spectator tickets for this closed event will be available at the Cansa office. Call Jeanne on 082-829-7000 or send an email to jeanne. thirion@travelcounsellors.co.za. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
DIE foto’s stroom in vir Noordkaap se fotokompetisie. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir jou inskrywing per e-pos na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die weninskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall.
LINKS: Die foto is by ’n ou fabriek in Dou glas geneem. Dit is die vetste koring kriek wat Anita Kru ger nog gesien het. Sy meen hy is so vet van die hondekos wat hy by die fabriek vreet. Die foto is in Maart 2011 geneem .
Foto: Anita Kruger
REGS: Staschia, die geliefde labrador van Johanda Möller, is gek na grond boontjiebotter en sal lank met ’n “leë” bottel sit om elke laaste leksel by te kom. Die foto is in Kimberley by hul huis geneem. Foto: Johanda Möller
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
American exhibition in Kby THE Separate is not Equal exhibition will open at the McGregor Museum on 5 March at 18:00. The theme is The struggle
against segregated schooling in America. It was originally shown at the Smithsonian National Museum of American History.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
Rol moue op vir Kby
DIE parkeafdeling van die Sol Plaatjemunisipaliteit het met ’n projek begin om Kimberley ’n mooier plek te help maak. Die eerste fase het in Desember in Quinnstraat (foto) begin. Die eiland gee nou ’n heel nuwe blik aan motoriste wat Kimberley van die N8 af binnekom en die stadskern ver my deur in Quinstraat te ry. Volgens Massimo Mazzoncini, hoof van parke en tuine van die munisipaliteit, gaan dit by al die ingangsroetes na Kimberley aangebring word. Die re aksie van die publiek was volgens hom reeds baie positief.
OM olie op die vuur te gooi het die eienaar die takke oor kant die pad gaan gooi waarvoor ’n verdere boete hom of haar in die gesig staar.
JHB 45336
Foto’: Ruan Bruwer
OP die hoek van Morgenster en Heerengrachtstraat is ’n inheemse wilde olyfboom afgekap. “Hulle oortree ’n wet, want dit is ’n inheemse boom. Ons vra, dink twee keer voor dat jy bome afsaag. Dit moet ’n laaste uitweg wees. Die parke lewer daardie dienste – ons sal dit kom doen as dit regtig verwyder moet word,” het Massimo Mazzoncini, hoof van parke en tuine van die munisipaliteit, gesê. Bel die parkeafdeling by 0538306313.
LOWEST GUARANTEED FLAT CALL RATE
STAY CONNECTED WITH EVEN MORE DATA. Nokia Lumia 520 Smartphone
R129
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100 MINUTES
DATA
BOOST
100 SMS
FOR ONLY R20 GET
100 MB DATA
300MB
EXTRA DATA
Samsung Galaxy S4 mini Smartphone
R269
Samsung Galaxy S4 Smartphone
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100 MINUTES
100 SMS
400 MB DATA
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING FEATURES: 4.3” qHD Super AMOLED screen, S Translator, Story Album, Sound & Shot and Group Play.
R369
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100 MINUTES
DATA
BOOST
100 SMS
FOR ONLY R20 GET
100 MB DATA
A TOTAL
1GB DATA
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.
FEATURES: Dual Camera, Group Play, S Translator, Samsung Smart Pause/Scroll. Available in Black Mist or White Frost.
Available at the following Cell C stores:
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
CHANGE TO THE CELL C FAMILY TODAY. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 February – 28 February 2014. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
MOTORS Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.
DIE grootste verandering in die Polo is onder die enjinkap – in oorsese weergawes. Daar is onder meer ook nuwe wielontwerpe en ’n “platter” sierrooster.
VW Polo net al hoe beter Verslaggewer IN Suid-Afrika is hy die gewildste gesinsmotor, maar binnekort gaan die Polo sommer vir sy mededingers weghol. Dit is nou te oordeel aan die nuutste foto’s van die opgekikkerde weergawe wat op pad is. Iewers later vanjaar – Volkswagen is nog snoep met die inligting, maar moontlik teen Julie – gaan Volkswagen ’n nuwe weergawe van sy gawe Polo plaaslik bekend stel. Die Polo is reeds so ’n kenmerk van die land se voorstedelike paaie soos lamppale, maar die nuutste, subtiele veranderings laat hom net nog netjieser lyk. Die beste nuus is heelwat veranderings is binnelangs en onder die vel aangebring. Visueel het die Polo nou dieselfde neus gekry as wat sy nuutste stalmaats het. Die sierrooster is dun tussen die hoofligte, terwyl die buffer van kant tot kant strek. Onder die buffer is ’n tweede rooster met misligte weerskante op die punte. Kopers sal voortaan LED-lampe vir die hoofligte kan bestel. Die remligte is LED-eenhede, maar het nou ’n nuwe voorkoms. Onder die enjinkap klink dit asof plaaslike kopers helaas sal moet toekyk hoe ’n rits nuwe petrol- en turbodieselenjins hul buiging oorsee in die Polo maak. Die Polo – asook sy bestaande enjins – word plaaslik gebou vir die uitvoermark wat, volgens Volkswagen Suid-Afrika, beteken dié vereistes gaan nie hier aangebring word nie. Oorsee word die reeks deeglik oorgedoen. ) Die bestaande 1,4 liter-turbo
(petrol) word deur ’n nuwe 1,4 liter vervang, maar dié sal voortaan silinder-deaktivering hê soos ’n mens in groot Mercedes-Benze kry. Dit beteken as jy ligvoets op die snelweg ry, sal twee van die vier silinders vanself gedeaktiveer word sodat jy ’n raps minder brandstof gebruik. ) Die twee bestaande turbodiesels in Suid-Afrikaanse modelle, die 1,2 liter en 1,6 liter, kan deur ’n nuwe 1,4 liter-turbodiesel met drie silinders vervang word. Volkswagen sal hom ook met twee kragvlakke beskikbaar stel. Binnelangs is die instrumente glo opgeknap en die Polo kry nou ook die raaksensitiewe radioknoppies wat jy in die nuwe Golf sal aantref. Sodra jou hand naby die knoppie kom, verlig die skermpie bokant dit met al sy keuse-skakelaars reeds beskikbaar. Meganiese verbeterings sluit ook die Golf se selfrem-funksie in. Dit aktiveer sodra jy in ’n botsing betrokke is. Dit keer dat jou motor vorentoe gly en nog voertuie stamp as iemand van agter teen jou vasjaag. Volkswagen sê die Polo sal voortaan ook toegerus wees met funksies soos ’n wakkerblysensor, ’n selfstop-funksie wat teen stadige snelhede aktief is en op die uitkyk is vir voetgangers, asook volgafstandbeheer. Dit is opsioneel. ’n Lekkerte waarna ook uitgesien kan word, is die sportpakket wat jou ’n normale of ’n ferm, sportiewe rit kan bied deurdat die stelsel jou skokbrekerstelling aanpas.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
BETREKKINGS
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS
ALGEMENE & HUISDIENSTE
SAKE
ALLERLEI
GELEENTHEDE 2415
1845
1445
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
CHOCOLATE MANUFACTURING/SWEET DISTRIBUTION/MEDICAL AID KITS Start your own bussiness. Succesful opportunities. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net UITSTEKENDE NUWE AGENTSKAP TE KOOP: Baie goeie opbrengs. R290 000. Christo 076 395 9722.
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
EENMAN- ('BACHELOR') WOONSTEL: Water ingesl. Koopkrag. New Park. Parkering. R3 300 p.m. plus R3 000 deposito. BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
100% SUCCESS GUARANTEED. Complete forms and earn R800 per day! Just COPY and PASTE info. Everyone accepted! Part time/full time. Own hours, with or without PC. SMS name and address to 076 964 8911 for a full info brochure.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
SA SE BESTE 8-TON VALKANT VRAGMOTOR-AANBOD! 15.180FL teen slegs
R355 000
GRATIS 1 JAAR/60 000 km DIENSPLAN
Sukses op dreef
> 2 JAAR/ONBEPEKDE KM FABRIEKSWAARBORG > 24-UUR AA PADBYSTAND .. > ABS-REMME, LUGREELAAR
www.faw.co.za
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 FEBRUARIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
DIE OPKings se flank Claude Tshibidi word deur Griekwas se haker, Simon Westraadt, en agtsteman, Leon Karemaker, ingewag in hul kragmeting in die Nelson Mandelabaai stadion in Port Elizabeth. Griekwas het die wedstryd met 468 gewen. Foto: Deon Ferreira
“Ons is tevrede met hoe die toer verloop het, maar daar is nog heelwa t w e r k wa t v o o r l ê voordat die Vodacombeker-reeks begin.” – Peter Engledow
Griekwas sit Kings ore aan Gerdie Karstens GRIEKWAS se losvoorspelers kan ’n deurslaggewende rol in vanjaar se Vodacombeker-reeks vertolk. Dit het die Poubloues se lostrio weer bewys in hul voorseisoense vriendskaplike kragmeting verlede Vrydag teen die Oostelike Provinsie-Kings. Die wedstryd in die Nelson Mandelabaai-stadion was die laaste in Griekwas se toer na die Oos-Kaap en die flanke en agtsteman het behoorlik feesgevier. Carel Greeff, Burger Schoeman en Leon Karemaker het tussen hulle ses van hul span se sewe drieë gedruk. Die besoekers het maklik gewen met 46-8, nadat hulle teen rustyd met 22-8 voorgeloop het. Greeff het drie drieë gedruk en Schoeman twee, terwyl Karemaker een keer afgerond het. Die besoekers se laaste (en mooiste) drie is naby die wedstryd se einde deur die plaasvervanger-vleuel Rocco Jansen ná ’n mooi lopie gedruk. Griekwas se voorspelers het
die tuisspan in die eerste helfte van die wedstryd in alle afdelings van die spel ore aangesit. By die afbreekpunte het manne soos die oud-Springbok Hilton Lobberts die Kings se jonges by tye lekker geboelie. Nie al die Kings het dit met ’n skaam glimlaggie verduur nie. Die groot flank Claude Tshibidi het vuur met vuur beveg en is kort voor rustyd met ’n drie daarvoor beloon. Die Griekwas sal nog moet skaaf aan hul hanteerwerk, maar lyk wel na ’n span wat sy stem vorentoe kan dik maak. “Ons is tevrede met hoe die toer verloop het, maar daar is nog heelwat werk wat voorlê voordat die Vodacombeker-reeks begin,” het Griekwas se afrigter, Peter Engledow, gesê. ) Puntemakers: Griekwas 46 (22): Drieë: Carel Greeff (3), Leon Karemaker, Burger Schoeman (2), Rocco Jansen. Doelskoppe: Francois Brummer (3), Jacquin Jansen (1). Strafdoel: Brummer (1) OP-Kings 8 (8): Drie: Claude Tshibidi. Strafdoel: Ntabeni Dukisa (1).
Grey 1ste keer baas Hannes Nienaber DIE Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley het in die eindstryd van die Knights-streek se T20-kompetisie oor die laaste hekkie gestruikel deur teen Grey-kollege van Bloemfontein te verloor. Grey is die nuwe T20-kampioen nadat hy Northerns op sy tuisveld, Pirates, met nege paaltjies in die eindstryd van die reeks verslaan het. Grey sal nou die Knights later vanjaar in die nasionale toernooi verteenwoordig. Grey kon nog nooit in die streek die septer swaai nie, met Noord-Kaap wat in die eerste drie jaar die streek in die nasionale toernooi verteenwoordig het. Die St. Andrew-skool van Bloemfontein was die verdedigende kampioen van die Knights-streek. Northerns het op sy tuisveld eerste gekolf en is vir net 81 lopies uitgeboul. Grey se Barend de Klerk het met sy naatboulwerk van drie kolwers ontslae geraak vir 28 lopies in sy vier boulbeurte. Niel Durow (3/6) en Nico
Loubser (2/12) het ook uitmuntend geboul en die kolwers het gesukkel om lopies van hul boulwerk aan te teken. Grey het met die eerste aflewering van die 15de boulbeurt die wenlopies aangeteken. Reinhard Bezuidenhoudt (42*) en Raynard van Tonder (28*) het die span van Bloemfontein oor die wenstreep geneem. Grey is ook die eerste span wat sy plek in vanjaar se nasionale toernooi bespreek. Die span van Bloemfontein is vanjaar nog onoorwonne op die krieketveld. Die spelers word deur André Bester afgerig met Johan Volsteedt wat die span se tegniese raadgewer is. Loubser is die enigste speler in Grey se span wat vroeër vanjaar die Knights op die Cubs-week in Stellenbosch verteenwoordig het. Northerns het twee spelers in hul geledere gehad wat die Knights in dié toernooi verteenwoordig het. Hulle is Wazeed Alexander en Pule Mokwena. Northerns word deur Gustav Burger afgerig wat in 2005 die nasionale Colt-span ná die Khaya Majola-week aangevoer het.