Noordkaapnk 20140305

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 5 Maart 2014

www.noordkaap.co.za

www.noordkaap.mobi

Samwu ruk op

GRATIS

Lecrecia Prins

Bou werk aan Hospitaal is op dreef bl. 2 Nuwe era vir koerant hier bl. 4

New Griqua captain leads by example p 12

’n VERSOEK van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) dat munisipale kontrakwerkers heeltyds aangestel word, kan nie finaal goedgekeur word nie, omdat die Sol Plaatje-munisipaliteit eers moet vasstel wat die gevolge daarvan gaan wees. Lede van Samwu het ’n optog in die stad se strate gehou en ’n griefskrif aan die munisipaliteit oorhandig waarin hulle ’n verslag eis oor die aanstelling van kontrakwerkers, sowel as die dood van vyf munisipale werkers in November 2012 by die Homevale-rioolaanleg. Die departement van samewerkende regering het Vrydag ’n verslag aan Samwu oorhandig oor die ondersoek na die aanstelling van die kontrakwerkers. Sello Matsie, kommunikasiehoof van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit moet eers die bevindings en aanbevelings van die verslag bestudeer voordat hy kan besluit. Matsie sê die munisipaliteit het ’n verslag aan die raad voorgelê oor die dood van die vyf werkers by die Homevale-rioolaanleg. “Die verslag wat deur Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, ingedien is, was om die raad oor die voorval in te lig. ’n Indiepte-ondersoek is deur die departement van arbeid gedoen.” Kebalepile Khula, provinsiale woordvoerder van dié departement, sê die ondersoek is verlede jaar voltooi en die bevindings is na die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gestuur. Khula sê die inhoud van die verslag is nie aan die publiek bekend gemaak nie. Samwu-lede het rommel voor die munisipaliteit se ingang gestrooi toe hulle daarheen opgeruk het om antwoorde te eis. Die griefskrif is deur David Molusi, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje-munisipaliteit, ontvang. Molusi het gesê hulle (die munisipaliteit) gaan ’n vergadering met al die belanghebbendes belê om die sake te bespreek en die verhouding te herstel. Hy het gesê dit moet vasgestel word hoeveel poste benodig word sodat mense aangestel kan word. “Ons kan nie jaar in en jaar uit kontrakwerkers hê nie. “Ons gaan met die vakbonde vergader en die uitdagings wat ons in die gesig staar, bespreek.”

MUNISIPALE kontrakwerkers het ’n optog gehou oor heeltydse aanstellings, maar die Sol Plaatje­ munisipaliteit sê hy moet eers na die gevolge kyk voordat ’n besluit geneem gaan word.

Foto’s: Emile Hendricks

MUNISIPALE WERKERS is ontevrede omdat kontrakwerkers nog nie heeltyds aangestel is nie. Hier strooi van hulle rommel voor die Sol Plaatje­munisipaliteit se ingang.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Bouwerk aan hospitaal op dreef Charné Kemp DIE nuwe Mediclinic Gariep in El Toro Park sal ’n ultramoderne hospitaal wees wat die nuutste mediese, rekenaar- en omgewingsvriendelike tegnologie gaan inspan. Die hospitaal maak op 8 Desember vanjaar oop om Noord-Kapenaars gesond te dokter. Die Mediclinic Gariep, wat 146 beddens het, sal die vyfde grootste Mediclinic (uit 52 hospitale) in die land wees. Die hospitaal begin vorm aanneem, met die meeste steen- en pleisterwerk wat voltooi is en die eerste lae verf wat geverf word. Stephan Deetlefs, bestuurder, sê hulle het vyf nuwe teaters met die nuutste tegnologie ingerig. Daar is ’n noodgevalle-eenheid, intensiewesorg-eenheid en ’n hoësorgeenheid. Sowat 14 spesialiste sal ook spreekkamers hê. Slegs die ginekologie-, pediatrie- en oor-, neus- en keelafdeling en oogkliniek bly in die Mediclinic Kimberley-gebou in die stad agter. Die nuwe hospitaal op die hoek van MacDougall- en Petrusstraat spog met tegnologie waarmee dokters byvoorbeeld bloeduitslae of X-straalplate elektronies uit enige saal op rekenaars kan oproep. Die tegniese spanne kan ook onmiddellik per SMS in kennis gestel word oor moontlike brandgevare of foutiewe masjiene. Rekenaar- en elektriese kabels word afsonderlik gehou om stoornis te verhoed. Daar is oral inspeksiehokke om pypnetwerke te inspekteer. Kringtelevisie word in alle gange en openbare gebiede aangebring. Volgens die ambagsman Gert Lamprecht sal die hospitaal nooit kragonderbrekings hê nie. “Daar is Eskom-krag, batterye vir ononderbroke kragtoevoer, sonkragpanele en kragopwekkers. Alle ligte werk met LEDgloeilampe.” Sonwaterverhittingspanele sal water vir badkamers verhit. Mure en dakke is geïnsuleer om hitte en koue beter te reguleer. ’n Spesiale struktuur sal die opgaartenks

BOUWERK aan die nuwe Mediclinic Gariep vorder fluks. van bykans 160 000 liter water dra. Daar is vier afsonderlike sale vir mans en vroue. Die grootste kamers bevat net vier beddens, en daar is 17 private kamers. Die hospitaal het ’n WiFi-netwerk, en pasiënte sal platskerm-TV-stelle bokant hul beddens hê. Alle teaters en sale is op die grondvlak om maklike toegang tussen sale, teaters en ondersoekkamers te vergemaklik. Die sale sal hul eie temas – Noord-Kaapse landskappe en diere, mynbou, San-kultuur en kleurskemas – hê. Die indrukwekkende ingangsportaal het ook ’n koffiekroeg, sitkamer en apteek naas die ontvangsgebied. Die kombuis sal afsonderlike voorbereidingsgebiede vir verskillende soorte kos en vleis hê. Nog ’n nuutjie is die puree-gietvorms wat vir verswakte pasiënte gebruik word. Die puree word gekleur en in kosgietvorms gegiet wat soos die ware Jakob lyk. Dit kan enigiets van wortels, broccoli of selfs vleis wees.

Foto’s: Emile Hendricks

GERT LAMPRECHT en Denise Coetzee inspekteer die bouwerk aan die nuwe Mediclinic Gariep.

DIE ingangsportaal van die nuwe Mediclinic Gariep van die eerste vlak afgeneem.

DIE badkamers van die pasiëntkamers is gerieflik ingerig.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Gesellig byeen

Duiwe is sy lewe Lecrecia Prins “AS dit nie vir die duiwe was nie, was ek seker al dood.” Só beskryf oom William (Scotch) Paterson (90) sy liefde vir sy wedvlugduiwe. Oom Scotch neem sedert 1935, toe hy 11 jaar oud was, aan duiwewedvlugte deel. Al die jong seuns in sy buurt (Weseinde) het duiwe gevlieg en hy het ook belang gestel. Hy het hom by die Kimberley Homing Society aangesluit. Vandag is hy steeds ’n aktiewe lid van dié klub. Oom Scotch sê hy vlieg duiwe, omdat dit vir hom terapeuties is. “Wanneer jy oud word, hou die duiwe jou kop reg. Daar is baie dinge wat jy moet onthou en dit hou jou fiks. Jy moet jou duiwe kan vang en in die hok sit. “My vrou het altyd gespot ek is liewer vir my duiwe as vir haar. Wanneer ’n duif nie liefde in sy hok ervaar nie, kom hy nie terug nie. Wanneer ek in die hok stap, roep ek hulle en binne ’n paar minute is almal in die hok.” Roelie Steynmann, voorsitter van die Kimberley Homing Society, sê dit is merkwaardig om oom Scotch nog so aktief te sien. “Hy is die enigste mens in die wêreld wat op so ’n hoë ouderdom nog duiwe vlieg. Scotch lewe vir sy duiwe. Sy duiwe gee hom ’n rede om soggens op te staan. Die laaste tien jaar gaan dit nie meer oor prestasie vir hom nie, maar oor deelname. Oom Scotch teel self sy duiwe. Die duiwe wat hy teel, is gesog. Die mense wat al sy duiwe gekoop het, het al baie pryse gewen.” Oom Scotch sê die geheim van wenduiwe is om net met die beste duiwe en bloedlyne te teel. Oom Scotch was al meer as 11 keer die klubkampioen van die Kimberley Homing Society. Dit is onseker hoeveel pryse hy al gewen het, omdat die rekords nie beskikbaar is nie.

DIE Griekwas het Woensdagaand die bekendstelling van die Voda­ com­bekerreeks en prysuitdeling gehou. Van links is Leana Coetzee (senior bemarkingsbeampte: GWK), Zane le Roux, Janro van Nie­ kerk, Johann Klopper (finansiële direkteur: GWK) en Hillford Clarke. Foto’s: Emile Hendricks

VAN links is Steph Roberts, Tos Smith (erelid), Burger Schoeman en PJ Vermeulen.

FOOTWEAR

OOM SCOTCH PATERSON wat sedert 1935 wedvlugduiwe vlieg.

Foto: Lecrecia Prins

Up to

GREAT VALUE DEALS!

FRENZY 50% OFF! Normally R275

Normally R299

NOW R150

Normally R1199

NOW R599

Normally R999

NOW R199

NOW R799

MEN’S ARROYO SANDALS Carbon rubber outer sole Washable waterproof leather

WOMEN’S CARSEY SANDALS Rubber outsoles for better grip Versatile removable heel straps

WOMEN’S CLEO 2 SANDALS Pivoting strap that can be worn behind heels Lightweight Croslite material soles for comfort

Normally R1399

Normally R1399

NOW R799

NOW R799

Normally R1099

MEN’S EMERGE SHOES

NOW R699

Rubber outsoles for better traction Nylon mesh linings for breathability

Normally R1499

NOW R999

MEN’S REFLEX 2 WP SHOES Sticky rubber outer soles Waterproof EVA midsoles Breathable mesh lining

MEN’S PHASER INFERNO SHOES Vibram® trek rubber outsoles for better traction Polyester mesh linings for breathability

MEN’S REACTOR LEATHER SHOES Air cushion midsoles for comfort Moulded external heel and toe corner for protection

MEN’S CHAMELEON 2 LEATHER SHOES Vibram® outsoles for better traction and grip Air cushion midsoles for comfort

7894 E & OE

Offers valid from 28 February to 16 March 2014 SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders. Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.

Fans find out first.

All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Als gaan verby Karin Muller DIE volgende paar weke gaan die meeste van ons se roetine stadigaan verander. Jy gaan die motor se sonklappie afslaan wanneer jy vroeg werk toe ry. Jy gaan die motor se ligte aanskakel. Jy gaan selfs besef dat jy nie meer so gereeld soos gewoonlik die lugversorger gebruik nie. Nie noodwendig in daardie volgorde nie, maar jy gaan weet: Die seisoen verander. Die winter is op pad. Dalk nie binne die volgende paar dae nie, maar dit is ’n feit: Die somer staan einde se kant toe. Waatlemoen en spanspek raak skaars. Die grasperk hoef dalk binnekort net elke tweede week gesny te word. Eersdaags word die lugversorgers op warm gestel. Kaggelhout gaan in die plek van braaihout gekoop word. Die plantjies wat jy nie vroegtydig met rypdoek toegemaak het nie, gaan doodryp. Dit gaan voel asof die temperatuur ’n onbeperkte tyd nie weer gaan styg nie. Maar iewers in jou – tussen jou serp en handskoene en warm koringsakkie – sal jy weet: Die koue gaan nie altyd aanhou nie. In ’n wêreld van onsekerhede is dit een van die min sekerhede wat ons het. Of die nuus van die komende seisoen jou opgewonde of benoud maak, dit is nie regtig nou ter sprake nie. Of die seisoen so warm of so koud gaan wees soos wat dit veronderstel is om te wees, is ook nie nou van belang nie. Die een seisoen is verby. Die volgende een is op pad. Daarvan kan ons seker wees. Ons wonder gewoonlik wat die toekoms vir ons, veral vir ons kinders, inhou.

Ons wonder wat met die ekonomie gaan gebeur. Ons wonder selfs of ons die volgende dag elektrisiteit of water gaan hê. Ons wonder dalk wat ons rugbyspan se wedstryd Saterdag gaan oplewer. Onsekerhede oor jou werk en jou gesin laat jou soms, of gereeld, in die nag rondrol. Miskien is dit die oorsaak van ’n paar nuwe plooie wat jy nie wou gehad het nie. Ek het in ’n rypvrye gebied grootgeword. Dit was ’n groot skok vir my gestel toe ek eers in my twintigerjare met ryp re doen gekry het. Die winter is nie my gunsteling-seisoen nie. My man spot altyd en sê die Afrikaanse vertaling van my naam in ’n Indiaanse gemeenskap sou “Kombersie in die Somer” gewees het. Daar is altyd ’n kombers byderhand vir die skraal moontlikheid dat ek miskien gaan koud kry. As die koms van die winter vir jou goeie nuus is, is dit moontlik dat die koms van die somer vir jou slegte nuus is. As die koms van die winter jou ineen laat krimp, soos vir my, is daar tog goeie nuus: Op ’n vreemde manier skop ’n soort warmte nes in jou hart om te weet dit is een van die min dinge waarvan jy seker kan wees. En in ’n wêreld van onsekerheid is ’n mens dankbaar vir elke sekerheid wat oor jou pad kom.

Nuwe era vir koerant ELKE nou en dan is dit nodig om ’n nuwe blaadjie om te slaan, iets nuuts te probeer doen. En daardie tyd het nou vir Noordkaap aangebreek. Die eerste veranderings sal jy reeds vandeesweek sien in die koerant wat jy nou in jou hande vashou. Noordkaap wil Kimberley se koerant wees, ’n koerant vir Kimberliete wat reflekteer hoe Kimberliete leef, speel en werk. Ons ken Kimberliete as vriendelike mense, betrokke, bedrywig, talentvol, agtermekaar mense. En dit moet in die koerant wys. Daarvoor gaan ons jou hulp nodig kry. Laat weet ons as jy iets interessants doen, as

jy weet van iemand wat iets interessants doen, iemand wat gepresteer het. Uiteraard sal ons alles sif wat ons ontvang. Ruimte laat nie toe dat ons alles kan plaas nie. Maar laat weet ons eerder van iets wat dalk nie die koerant haal nie, as om stil te bly oor iets wat wel die koerant sou gehaal het. Die volgende paar maande is die koerant onder die leiding van die waarnemende redakteur, Lecrecia Prins, bygestaan deur André Botha en Charné Kemp, Volksblad-joernaliste – al drie getoë Kimberliete met ’n passie vir die stad. Vat ons hande en maak Noordkaap jou koerant.

DIE Hoërskool Diamantveld is in 1935 gestig, maar sy hoofgebou dateer uit 1916. Dit het aanvanklik die Kimberley Teachers’ Training College gehuisves. Nadat die kollege toege­ maak het, is ’n Engelse laerskool (Belgravia) in die gehou gehuisves. Met die stigting van Diamantveld het die skool aanvanklik die ou koshuisgebou van die kollege oorkant die straat as skoolgebou, sowel as koshuis, gebruik. In 1940 het Belgravia na ‘n nuwe gebou op die hoek van Memorialweg en Dutoitspanweg verhuis, en Diamantveld het die hoofge­ bou betrek. Die foto is omstreeks 1919 geneem, vermoedelik met die amptelike opening van die kollege. Foto: Africana Biblioteek

NAMATE die skool se leerlingtal toegeneem het, is die skoolgebou aansienlik uitgebrei met twee vleuels weerskante van die hoofgebou en ’n vleuel wat agter die hoofgebou in ’n sirkel uitstrek. Die doringveld voor die hoofgebou is omskep in ‘n tuin, parkeerplekke en sportvelde. ’n Groter skoolsaal en sportsentrum het ook daartoe bygedra dat die skool­ gebou se aansig verander het. Foto: Emile Hendricks

Moet nooit ophou huppel Hannes Noëth AS ek aan daardie dae terugdink, dink ek aan hoe sy gehuppel het. Vandag is sy ’n volwasse vrou met ’n huisgesin, ’n beroep en ’n leefwêreld. In daardie stadium was sy ’n meisietjie van so sewe, dalk agt jaar. Dat haar ouers oorlede is en sy in die kinderhuis moes grootword, het haar nie teruggehou nie. Vandag sal sy vir jou sê haar lewenspad met al sy draaie en swaaie was vir haar goed. Die lag op haar fyn gesiggie was anders as die gewone – dit was innemend en opreg. Die rede hoekom ek vandag weer aan haar dink, is omdat ek met iemand gesels het met wie dit nie goed gaan nie. Ek het vir haar gevra wat vir haar die ergste is. Sy het lank gedink – waarskynlik al die struikelblokke in haar lewe oordink. Haar antwoord het my aan die huppel-kind laat terugdink. Dit was ontstellend: Die ergste van alles is dat sy haar lag heeltemal verloor

het. Sy kry nie meer gelag nie. In haar hart is haar lag weg. Haar woorde was: “My hart huppel nie meer nie”. Tussen haar maatjies sou die huppel-kind altyd huppel. Ek onthou hoe sy eendag op ’n kamp vir skoolkinders gevra het of ons ’n huppelkompetisie mag hou. Ek glimlag nou nog as ek dink aan ’n seun van daardie ouderdom wat haar toegesnou het: “Kan jy nie ordentlik loop nie? Moet jy altyd loop en spring-spring?”. As jy vir haar sou vra hoekom sy so huppel, sou sy net lag en sê, want dit is lekker, dit maak my lag, ek hou daarvan, of iets soortgelyks. Wanneer verloor ’n mens jou huppel? Wanneer gaan jou lag weg? Daar kan seker baie redes wees en daar kan seker dinge wees wat swaar op ’n mens druk, maar tog is dit belangrik dat ons lag nie wegraak nie, dat ons huppel nie verdwyn nie. Mag jou innerlike vandag huppel. Moenie dat iemand of iets jou lag van jou wegvat nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

BO: Die wenner van die fotokompetisie vir Februarie is Peter Odell. Die Kamfersdam se watervlak veroorsaak dat die goederevrag­ spoorlyn van Postmasburg gereeld onder water is. Foto: Peter Odell

LINKS: Andrew Peters het dié foto van ’n skoenlapper op 14 Januarie verlede jaar na­ by Delportshoop op die oewer van die Vaal­ rivier geneem. Dit was laatmiddag en hy het sy Nokia N73 gebruik. Foto: Andrew Peters

ANDREW PETERS het dié foto van ’n naaldekoker op 14 Januarie verlede jaar naby Delportshoop op die oewer van die Vaalrivier ge­ neem. Dit was laatmiddag en hy het sy Nokia N73 gebruik. Foto: Andrew Peters

Kiek en wen DIE foto’s stroom in vir Noordkaap se fotokompetisie. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir jou inskrywing na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die weninskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall.

DONDERDAG 6 Maart: ) Marinda Engelbrecht, ’n finalis van kykNET se reeks Kokkedoor, is die gas op die Hoërskool Diamantveld se vroue-oggend. Sy sal van haar ervarings vertel en ’n kosdemonstrasie doen. Dit begin om 10:00 in die Cerff-saal van die skool. Kaartjies is teen R250 by die skool te kry. Bespreek plek deur 053-833-1528 of 082-440-3303 te skakel of stuur ’n e-pos na bemarking@diamantveld.co.za. ) Die gospelsanger Leon Goosen tree om 18:30 in die NG kerk Dutoitspan op. Dit is gratis, maar skenkings is welkom. Saturday, 8 March: ) Kimberley’s Idols finalist of Season 7, Lefa Pike, performs in Bar 129 at the Flamingo Casino at 21:00. Entry is free. ) The Cansa Relay for Life will take place in the Big Hole parking area. It will run from 18:00 until 06:00 the

following morning. Old and new teams can register at R500 and R300 for school teams. Spectator tickets for this closed event is available at the Cansa office. Call Jeanne on 082-829-7000 or send an email to jeanne. thirion@travelcounsellors.co.za. Vrydag 14 Maart: ) Met ’n Hart vol drome stel Donne Steyn en Alberto ’n konsert bekend wat as ’n Juanita du Plessis en Theuns Jordaan huldeblyk dien. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en kinders jonger as 12 jar kry gratis toegang. Dit is om 18:30 in die TrinityMethodiste-kerk in Chapelstraat. Bel Aubrey Morris by 082-786-1579 of Barry Myburgh by 082-783-5595. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Sinkhuis sy tuiste en sy trots Carine Beylefeld DAVID MOELA (49) woon al jare in ’n sinkhuis. In Kimberley, sedert 1980, en voorheen op Ulco en toe Taung. Dit is ook in Kimberley waar hy sy vrou, Cecilia, ontmoet het en in 1994 met haar getroud is. Hulle het eers in Tambo Square oorkant die Weseinde-begraafplaas gewoon en was later van die grondbesetters wat sinkhuise oorkant Tambo Square gebou het. Hy het vinnig gespring toe die munisipaliteit dié huise begin afbreek het en syne self afgebreek. Daardeur het hy verseker dat sy sinkplate ongeskonde gebly het. Die huis waarin hy en Cecilia nou woon, het hy en ’n vriend in so drie tot vier dae opgerig. Dit het hom R2 400 gekos. Vier ronde pale word benodig, met tien sinkplate vir die dak en sowat ses per sykant. Hy gebruik drie- tot vierduim-spykers en hy maak seker dat die spykers goed vasgekap is. Daar word ook deeglik vir gaatjies in die sinkplate gekyk, wat dan geseël moet word. So ’n huis met nuwe sinkplate kan tot R4 000 kos. Hy sê elke inwoner kies sy eie staanplek vir sy huis, maar hy kyk altyd dat die grond waar hy sy sinkhuis gaan bou, nie afdraand lê nie en die plek redelik hoog geleë is, sodat wanneer dit reën, daar nie baie modder is nie en dat water nie deur sy huis kan vloei nie. Die stowwerige winde en ondraaglike hitte van 40 °C pla hom en sy gesin glad nie. Hy sê as

DAVID MOELA en sy twee seuns, Phenyo (9) en Botlhale (10), hard aan die werk om ’n sinkhuis te bou. Foto’s: Carine Beyleveld dit dalk vir hulle warm word, sal hulle buite sit. Water word van Tambo Square aangedra en hulle het geen elektrisiteit nie, dus gebruik hulle saans kerse om lig te maak. Die eenvertrek-sinkhuis word met ’n gordyn verdeel waar die een deel dan as slaapkamer

dien en die ander as kombuis en sitkamer gebruik word. Soggens en saans word uit ’n skottel gewas. Daar word tot laataand om die vuur gekuier waar hulle dan stywepap met melk en vleis eet. Suiker word net gebruik om in die tee te gooi.

DAVID MOELA en sy twee seuns, Phenyo en Botlhale, voor hul sinkhuis. Hy sê dit is baie veilig om so tussen die mense te bly en almal help en deel met mekaar. Vir ekstra geld bou hy sinkhuise vir ander. Hy doen ook los werkies soos die installering van besproeiingstelsels, verf- en loodgieterwerk.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

7

Egpaar moedig herwinning aan Charné Kemp

DIE waentjie waarin herwinbare huishoudelike produkte geplaas word. Dit staan elke eer­ ste en derde Saterdag van die maand van 09:00 tot 11:00 by die park in El Toropark.

DIE vullisblikke by Izak en Lillidi Gelderblom se kombuisdeur is duidelik gemerk vir die soort herwinbare produkte wat daarin geplaas moet word. Foto’s: Verskaf

IZAK GELDERBLOM wens dat Kimberliete huishoudelike afval meer ernstig herwin omdat dit noodsaaklik is om die aarde vir die mens se nageslag te bewaar. Hy en sy vrou sit twee Saterdae van elke maand in El Toropark se park om mense se herwinbare afval te ontvang en dit aan sakemanne te gee wat herwinning doen. “Daar is net 16 huishoudings hier wat herwin. Ons probeer reeds twee jaar om alle huisgesinne in die buurt aan te moedig om te herwin. “Ons wykskomitee het die projek in April 2012 bekend gestel. Ons doen herwinning op elke eerste en derde Saterdag van die maand in die park in McDougallstraat. Ons is van 09:00 tot 11:00 daar en maak seker mense gooi nie rommel in die waentjies nie.” Gawie Viljoen van Waste Warriors trek sy waentjie by die park waarin inwoners hul herwinbare rommel gooi. Gelderblom en sy vrou, Lillidi, gee mense ook raad oor herwinning en besparing. Daar word hoofsaaklik papier en plastiek herwin, maar skoongewaste blikke word ook aanvaar. Die glas word eenkant gehou en vir Sandy’s Glass vir herwinning gegee. Die geld wat Gelderblom van Viljoen vir die rommel kry, word gebruik om die buurt netjies te hou. “My oogmerke van die begin was om mense

te kry om groen te dink en daarom te herwin. Ek wou ook geld kry om die omgewing skoon te maak en te hou.” Mense bly maar traag om te herwin. Tog sit hy en Lillidi gereeld in die park op hul opvoustoele en lees boeke. Dit is ook lekker om met mense te gesels. Herwinning hoef nie lelik of aardig te wees nie. “Ons het vullisdromme by ons kombuisdeur gesit met die name van die soort materiaal wat daarin gegooi moet word. Dit is al ’n gewoonte om leë hondekosblikke in die laaste skottelgoedwater te was. Dieselfde met leë plastiekhouers of -bottels. Dit is dan skoon en gee geen reuke af nie. Skille en organiese afval gaan komposhoop toe.” Die Gelderbloms se weeklikse afvalsakke is baie klein, omdat blikke en bottels reeds herwin is. Die sakke stink ook nie so erg nie. Hy sê die munisipaliteit spaar geld en werkers het minder werk. Afvalmaatskappye maak geld uit herwinning en die aarde kan effe asemhaal. Jy kan ook herwin by: ) NG kerk Dutoitspan, hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels en papier. Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00. Telefoon: 053-842-1100. ) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier. Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00. Telefoon 053-861-1849.

YOUR COMMUNITY. YOUR STORIES.

Advertorial brought to you by KFC

KFC CUSTOMERS BRING HOPE TO HUNGRY CHILDREN IN SOUTH AFRICA

record, exceeding all our hopes and our target of R16 million!

Last year, KFC customers opened their hearts and their wallets even wider than before and gave with big spirits to help those less fortunate than themselves.

This year we are hoping to raise R28 million to help us feed 60 000 children each month, and really make a difference to these children’s lives. Our aim is to help even more children grow, learn and thrive as a result of the nutritious meals they receive.

This generosity meant that with your help in 2013, we at KFC were able to raise the huge amount of R26 million in our stores to help underprivileged children via the KFC Add Hope Initiative. This is a

It’s you, our KFC customers who deserve the biggest thank you for your generosity. Our customers understand what a big difference adding R2 in store can make to the lives of these children.

Adding hope is a precious gift. Let’s do it all over again, together in 2014. For more information please visit our website www.addhope.co.za

Do you know a ‘So Good’ Hero in your community? Your story could be published and you could win great prizes. Send your stories and pictures to SoGoodNews@yum.com by the 15th of each month. Remember to include your full name, location and contact details.

KFC

KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

Open 24 h urs Tel

053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554

YUM Restaurant Customer Careline: 0860 100 222 www.kfc.co.za

SYNC /12210

Visit www.kfc.co.za/legal for Terms and Conditions.

World hunger day.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

MOTORS

Merc se S-koepee begeerlike wiele Verslaggewer

CHEVROLET se Sonic RS.

Foto: Verskaf

Die Sonic RS sal die sak pas Willem Fritz AS jy tot onlangs ’n jong petrolkop met ’n jeukerige regtervoet was wat ’n prettige en sportiewe ryding vir minder as R250 000 gesoek het, was jou keuses taamlik beperk. Tot dusver was daar eintlik net een alternatief: Suzuki se Swift Sport. Daar is egter nou ’n nuwe speler op die veld . . . Sê hallo aan Chevrolet se Sonic RS wat pas bekend gestel is. Die Sonic RS is die eerste “warm” Chevy in die B-segment en in sy “borskas” klop Chevrolet se globale Ecotec- turbo-aangejaagde 1,4 liter-petrolenjin wat 103 kW en 200 Nm uitpomp. Die ontwerp-elemente buite is subtiel, maar doeltreffend. Voor is ’n herontwerpte buffer met reghoekige misligte met chroomdetail. Binne word die sportiewe tema voortgesit met sportsitplekke oorgetrek in ’n leer-suède-kombinasie met RS-letters daarop geborduur. Rooi stiksels op die sitplekke en

Wiele rol weer DIT voel asof daar skaars ’n blaaskans was voordat ’n mens jou vir die nuwe baanrenseisoen moet regskuif. Die nasionale baanrenreeks word vanjaar weer oor agt rondes beslis met die eerste renne wat op Saterdag 22 Februarie op Zwartkops, net buite Pretoria, gehou is. Effense slegte nuus vir die baanren-sirkus is die verlies van die tweewielers, die Superfietse en die kleiner SuperSport-jaers. Die motorfietsmanne het besluit om vanjaar hul eie reeks te hou. Dit beteken hulle gaan nie meer op dieselfde dag as die motors op die baan gesien word nie. Dit is egter nie noodwendig sleg vir motorsport in die land nie, want die tweewielers gaan nou in meer klasse met mekaar meeding. Maar terug na die motors. Nuus is nog maar skraps, maar dit word gesê Audi gaan vanjaar weer ’n sterk aanslag op die titel maak. Vier jaers, onder wie drie nuwes, gaan vanjaar agter die stuur van ’n S4 Quattro inskuif. Die kampioen, Michael Stephen, sal die viertal lei wanneer hy sy visier op ’n vierde titel in klas A van die produksiemotors rig. Saam met hom is die Subaru-jaer Hennie Groenewald wat hope talent het. Dit is slegte nuus vir Subaru, want Groenewald het in ’n klein span gereeld op die podium verskyn. Maar Subaru se slegte nuus is Audi se wins. Die ander jaers in Audi’s is Simon Moss en Gennaro Bonafede. Ons weet nog nie wat BMW se planne is nie, en wie vir Subaru in die plek van Groenewald gaan jaag nie. Ons krap ook kop oor wat die toekoms van die produksiemotors se klas A-deelnemers is. Daar was verlede jaar te min spanne en motors wat deelgeneem het. Ons hoop die veld kan vanjaar groter wees.

’n stuurwiel oorgetrek met leer is verdere kenmerke van dié model. Die stuurwiel vertoon netjies met sy moderne ontwerp, plat bodem en RS-letters. Die toereteller is effens aangepas en spog ook met die RS-benaming. Die sentrale konsole het ’n blinkswart afwerking wat ’n gehalte-gevoel skep en aluminium pedale en RS-voetmatjies rond die prentjie af. Die ervaring agter die stuur kan met een woord beskryf word – prettig. Die stuur pas met sy dikte en grootte gerieflik in die hand, is lekker sensitief en bied genoegsame terugvoering oor wat die voorwiele aanvang. Die sesgangratkas skakel sekuur oor met kort gange waarvan die spasiëring reg is sodat ’n mens nie in entoesiastiese bestuurstoestande die verkeerde rat kies nie. Die Sonic RS is teen R225 300 baie mededingend geprys. Dit bied ’n welkome alternatief vir kopers wat ’n bekostigbare, sportiewe ryding soek waar die pretfaktor dieper as net die oppervlak strek.

LANK, slank en sommer baie mooi. Dít is hoe ’n mens Mercedes-Benz se nuwe S-koepee, die weeldewa wat mettertyd die CL-reeks gaan vervang, kan beskryf. Die nuwe S-koepee sal sy formele debuut op die Genève-skou hê. Die koepee sal die S-klas se sportiewe broer wees en oor al die nuwe tegnologie beskik wat die S-klas so indrukwekkend maak. Een van dié tegno-truuks in die wêreld van weeldewaens is Mercedes se sogenaamde “Magic Body Control”, ’n stelsel waar kameras die padoppervlak ’n entjie vooruit bestudeer en betyds die vering aanpas. Is die pad hobbelrig, sal hy jou na Comfort oorskakel. Lyk dinge mooi gelyk soos op ’n snelweg, sit hy hom in ’n fermer verstelling. Die koepee sal ook die S-klas se “Intelligent Drive”-funksies hê wat maar net ’n sambreelnaam is vir ’n rits nuttige truuks wat die lewe agter die stuur makliker maak. Dit sluit nou dinge in soos ’n selfremfunksie as die blikbrein dink jy gaan teen die ou voor jou bots, en ’n volgafstandbeheerstelsel. Daar is ook ’n nagsigkamera wat met infrarooi werk en ’n swartwitbeeld op ’n skerm voor jou vertoon. Die kamera kan verder as die hoofligte sien, maar verblind nie die aankomende bestuurder nie. Die stelsel lees ook padtekens soos spoed- en gevaartekens en wys dit op die skermpie. Iets wat die bure nogal twee keer na jou S-koepee sal laat kyk, is dat daar 47 Swarovski-kristalle in elke hooflig is. Die kristalle laat glo die rytjie LED-lampies wat deur die dag skyn, asook die flikkerligte, ekstra helder blink . . . Wat sy voorkoms betref, het die koepee ’n lang, plat en vloeiende profiel. Voor is die sierrooster met die tradisionele enkele dwars spar en ’n groot driepuntster getooi, terwyl twee skerp kepe by die deure ’n horisontale en opwaartse aksentlyn vorm. Agter het die koepee dieselfde “hangstert” wat voortaan deel van elke Merc-sedan en -koepee gaan vorm. Die

MERCEDES se nuwe S­koepee.

Foto’s: Verskaf

DIE weelderige binnekant van Mercedes­ Benz se S­koepee. nuwe S- en CLA-klas, sowel as die nuwe C-klas wat binnekort kom, het almal hierdie hangstert-voorkoms. Binnelangs is dit pure S-klas met dieselfde paneel- en instrumentuitleg. Die sitplekke het ook, soos in die S-sedan, uitgebreide masseerfunksies terwyl ’n Burmeister-klankstelsel tot die res van jou ontspanning bydra. Aanvanklik sal die S-koepee net met ’n 4,7 liter-V8-enjin met twee turbo’s te kry wees wat 340 kW en 700 Nm se wringkrag bied. Meer inligting sal binnekort bekend gemaak word. Trek solank die spaarvarkie nader.


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

9

Skool lig hulle in op eie Facebook-blad Lecrecia Prins

PHILIP JOHN BADENHORST en Stephanie Potgieter is op ’n glansgeleentheid van die Hoërskool Diamantveld as Mnr. Diamantveld en Mej. Diamantveld aangewys. Foto: Christelle Groenewald

Spog met uitslae ná hernasiening van vraestelle

WILHELM STASSEN van die Hoërskool Dia­ mantveld het sewe onderskeidings in die 2013­matriekeindeksamen behaal, maar dit was aanvanklik nie so deur die onderwysde­ partement aangeteken nie.

MICHELLE DU PLESSIS spog nou met sewe onder­ skeidings in die 2013­eindeksamen nadat sy ’n matriek­ vraestel laat herna­ sien het. Foto’s: Verskaf

STEPHAN VAN DER WESTHUIZEN het een van sy vraestel­ le laat hernasien en ’n A­gemiddeld­sim­ bool verwerf.

MET sosiale netwerke wat deesdae ’n vinnige manier van kommunikasie is, het die Hoërskool Diamantveld besluit om op dieselfde manier met sy leerlinge en hul ouers te kommunikeer. Die skool het verlede week sy nuwe Facebook-blad bekend gestel. Die leerlinge het positief daarop gereageer. Die skool het voorheen verskeie Facebook-blaaie gehad wat deur oudleerlinge geadministreer is. Dié een gaan egter intern bestuur word. Ina Olivier, die bemarkingsbeampte van die skool, sê die doel van die blad is om meer interaksie van ouers en leerlinge te kry. “Leerlinge kan self foto’s oplaai van sportbyeenkomste wat hulle bygewoon het. “Dit is ook ’n manier om die papierverbruik van die skool te verminder.

VAN links is Mikayla Slinger, Bianca Bronk­ horst en Lezaan Hughes van die Hoërskool Diamantveld wat wys hoe opgewonde hul­ le oor die skool se nuwe Facebook­blad is. Foto: Lecrecia Prins

Diamantveld wil papierloos word. “Ons stuur reeds SMS-boodskappe. Tegnologie gaan vooruit en jy moet altyd een tree voor bly. “Ons is nie die enigste skool met ’n Facebook-blad nie, maar die manier waarop dit bestuur word, maak ’n verskil.” Volgens Mareth Hugo, skoolhoof, het die skool besef sosiale media is ’n kragtige kommunikasiemiddel. Die hoop is die skool se handelsmerk kan op ’n positiewe manier uitgebrei word. “Die Diamantveld-handelsmerk is op gevestigde waardes gebou. “Ek glo dit is die sleutel tot die hart en die siel van die kinders. “Ons hoop ons kan deur die sosiale media ons waardes aan die wêreld ten toon stel.” Lezaan Hughes, ’n gr. 10-leerling aan die skool, sê die blad is ’n goeie gedagte, want hulle sukkel soms om inligting oor sportuitslae te kry. Mikayla Slinger, ook in gr. 10, sê die nuwe blad is awesome en dit laat hulle belangrik voel om deel van die blad te wees.” Die 500ste en 1 000ste besoeker wat dié Facebook-blad gaan like, kan elk ’n geskenk van Nashua Mobile wen.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

TE KOOP

MOTORS TE KOOP

ALLERLEI

2006 CORSA: R39 500. 1995 Corolla: R29 500. 1997 Hyundai: R16 500 Skakel: 072 472 8686.

3025

LENINGS 1445

1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

SLEEPWAENS 3040

SAKE

GELEENTHEDE 2415

CHOCOLATE MANUFACTURING/SWEET DISTRIBUTION/MEDICAL AID KITS Start your own bussiness. Succesful opportunities. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net VOERTUIE

BAKKIES/4X2’s TE KOOP/HUUR 3010

2002 KZTE: R79 500. 2006 Ranger, d/kaj: R49 500. 1995 Courier: R34 500. Skakel 072 472 8686.

CATTLE TRAILER: R14 500. Cooler trailer, R43 000. Fiat 650 tractor, R27 000. 072 472 8686. VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075

KONTANT VIR KARRE, bakkies, lorries, kombi's, busse, karavane, trekkers. Alle modelle. Skakel: 071 967 0285 WhatsApp.

WOONSTELLE TE HUUR 3250

EENMAN- ('BACHELOR') WOONSTEL: Water ingesl. Koopkrag. New Park. Parkering. R3 300 p.m. plus R3 000 deposito. 072 079 2797. BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

ADMIN COPY/PASTE/DATA CLERKS NEEDED: FOR INFO SMS NAME/ADDRESS TO: 084 904 6873 or e-mail: d.workforce7@gmail.com


NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Ster vir Februarie

DIE Griekwas­bou­ ler Alan Kruger wat al vir die Knights­ franchise krieket ge­ speel het, kan een van sy span se staat­ makers wees in die provinsiale driedag­ kompetisie wat mô­ re in Kimberley be­ gin. Foto: Verskaf

Big challenge ahead THE Sishen Rugby Club will this year again represent the Northern Cape in the annual Community Cup competition that starts this weekend. Sishen, who lost all their games in the group stage of last year’s competition, will this year again face a tough couple of challenges before the knockout stages. Their first game this weekend is an away fixture against Rustenburg Impala who boasts of players like the former Griquas fly-half Naas Olivier. Thereafter they travel to Cape Town to take on the strong club side Hamiltons at Green Point before playing host to Shumba Ferros and Wesbank in Kathu in the latter part of March and early April. The complete club fixtures for March are as follows: 8 March: College Rovers (KZN) vs Welkom (Griffons); Despatch (EP) vs Spring Rose (EP); Shumba Ferros (Pumas) vs Wesbank (Boland); Mossel Bay Barbarians (SWD) vs Bridgton (SWD); Roodepoort (Lions) vs Bloemfontein Crusaders (FS); Roses United (Boland) vs Brakpan (Valke); Rustenburg Impala (Leopards) vs Sishen (Griquas); Noordelikes (Limpopo) vs Kaufela Boksburg (Valke).

15 March: Spring Rose (EP) vs Kempston Old Selbornians (Border); Shumba Ferros (Pumas) vs Rustenburg Impala (Leopards); Bridgton (SWD) vs Despatch (EP); Welkom (Griffons) vs Roodepoort (Lions); Bloemfontein Crusaders (FS) vs Eagle Towing Rovers (Griffons); Kaufela Boksburg (Valke) vs Roses United (Boland); Centurion (Blue Bulls) vs Noordelikes (Limpopo); Hamiltons (WP) vs Sishen (Griquas); Brakpan (Valke) vs Kaufela Boksburg (Valke); Kempston Old Selbornians (Border) vs Bridgton (SWD); Despatch (EP) vs Mossel Bay Barbarians (SWD); Bloemfontein Crusaders (FS) vs Jonsson College Rovers (KZN); Roses United (Boland) vs Centurion (Blue Bulls); Sishen (Griquas) vs Shumba Ferros (Pumas); Wesbank (Boland) vs Hamiltons (WP); Rovers (Griffons) vs Roodepoort (Lions); Mossel Bay Barbarians (SWD) vs Kempston Old Selbornians (Border); Bridgton (SWD) vs Spring Rose (EP); Roodepoort (Lions) vs Jonsson College Rovers (KZN); Kaufela Boksburg (Valke) vs Centurion (Blue Bulls); Wesbank (Boland) vs Rustenburg Impala (Leopards); Hamiltons (WP) vs Shumba Ferros (Pumas); Rovers (Griffons) vs Welkom (Griffons); Brakpan (Valke) vs Noordelikes (Limpopo).

DIE 14-jarige Melissa Carney van die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley is SuperSport Let’s Play en Noordkaap se sportster vir Februarie. Melissa, wie se broer Deon nog verlede seisoen vir die Curriebekerreeks by die Griekwas betrokke was, is ’n kranige swemmer en tweekamp-atleet. Sy het in die afgelope Midmarmyl, wat as een van die grootste opewaterswem-byeenkomste in die wêreld beskou word, haar in die afdeling vir vroue 14 tot 30 jaar deeglik van haar MELISSA CARNEY taak gekwyt en in dié afdeling algeheel 41ste klaargemaak. Wat die prestasie so besonders maak, is dat daar bykans 2 000 inskrywings in die vroue-afdeling was. Melissa is ook kookwater wanneer dit by die swembad kom en sy het op die interprovinsiale swembyeenkoms, wat einde Januarie in Kimberley gehou is, twee goue medaljes en twee silwermedaljes ontvang. Sy swem by die Flamingo Aquatics-klub en word deur Gerhard Naus afgerig. ) Is jy sportief? Of weet jy van iemand in jou skool wat goed in sport is? Werk jy hard by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium om jong mense aan te spoor om aan sport deel te neem? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. SuperSport het die behoefte by jong mense geïdentifiseer om erkenning te gee aan diegene wat betrokke is by sport, goed daarin vaar of ander jong mense aanspoor om aan sport deel te neem. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand-kompetisie het pas begin en is oop vir enigeen tussen

6 en 18 jaar oud. Jy kan jouself benoem of jy kan deur ’n vriend, onderwyser of selfs jou afrigter benoem word. ’n Familievriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport is, kan jou ook benoem. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een gekies word as die SuperSport Let’s Playsportster van die maand vir NoordKaap. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebookblad Foto: Verskaf geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys. Daar is geen twyfel nie elke skool in die Diamantstad het talentvolle sportmanne en -vroue. Stuur jou benoeming vandag. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie spesifieke maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand-wenners sal van Februarie tot November gekies word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke persoon se kontakbesonderhede bevat. Stuur benoemings na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers by 051-522-9574.

MAURICE MOLLER of the Northern Cape High School was selected for the Northern Cape provincial cycling team that participated in the National Road and Time Trial Champion­ ships which were held in Durban from 4 to 9 February. Photo: Supplied

Diamantveld behaal klinkende sege Hannes Nienaber DIE Hoërskool Diamantveld van Kimberley se eerste rugbyspan het die afgelope naweek ’n klinkende sege van 20-11 oor Duineveld in Upington behaal. Die span van die Diamantstad se losskakel, Gerco Nortjé, was die besoekers se held op die dag en het altesaam tien punte tot sy span se wentotaal bygedra. Hy het sy skopskoen aangehad en was met twee doelskoppe, ’n

11

strafdoel en ’n skepdoel in die kol. Vir Duineveld het die flank Erik Jordaan, heelagter, Ruan Matthews, en stut Stefan Hanekom goeie vertonings gelewer. ) Die houvas wat die Hoërskool Noord-Kaap op die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein op die rugbyveld gehad het, is verby. Tralies het die houvas wat Noord-Kaap sedert 2010 op hom gehad het, Saterdag op Brandfort se jaarlikse sportdag

verbreek. Die Tralies was met 20-12 in die wedstryd baas. Dié oorwinning sal ook die span se selfvertroue help nadat hy Maandag teen Landboudal van Jacobsdal met 19-26 aan die verloorkant was. Die kragmeting het laat begin weens vervoerprobleme wat die span van die Diamantstad ondervind het. Die span se bus het weens gebarste bande twee keer tot stilstand gekom.

Die kragmeting is ook tot ’n eerste helfte van 24 minute en ’n tweede helfte van 17 minute verkort. Vir die Tralies het sy stut Lafras Bekker goed vertoon. Hy het die bal goed gedra, terwyl hy en Doctor Booysen van Northerns mekaar in die skrums opgekeil het. ) Hennenman het met sy vleuel Mzwake Xalisa aan die voorpunt die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 27-14 geklop. Mzwake het twee drieë gedruk, met

twee doelskoppe geslaag en ook ’n strafskop deur die pale gejaag. ) Louis Botha het in Jacobsdal sy seisoen met ’n klinkende sege van 32-8 oor Landboudal afgeskop. Die span se losskakel, Ewan Adams, het ’n driekuns aan drieë behaal en ook ’n persoonlike bydrae van 22 punte gelewer. Vir die wenspan het sy stut Joseph Dweba en flank Victor Maruping saam met Adams uitgeblink.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 5 MAART 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

GRIQUAS ap­ pointed Wayne Stevens as their new captain for the Vodacom Cup competition that starts this coming weekend. Photo: Emile Hendricks

Lead by example

Captain shares simple recipe Gerdie Karstens LEAD by example. That is the motto of Wayne Stevens, the Griquas’ newly appointed captain for the coming Vodacom Cup competition. Stevens has a rich history with regards to captaincy and has many notches on his belt when it comes to leadership. He excelled at school level, captaining Grey College in rugby and cricket in the same year in 2005. He also captained the Shimlas in the City Cup club competition in 2008 and in the ever popular Varsity Cup competition in 2010. He was also at the helm when the Free State u.21 side were crowned champions of the national competition by beating the Sharks u.21 side in Pretoria in 2009. Probably his most notable captaincy was as leader of the South African Barbarian side that played an English touring side in Kimberley in 2012. “I remember staying over in the Horseshoe Hotel in 2012 thinking that I would never again play rugby in Kimberley. “But then again, I never thought that I would move to the Eastern Cape and I ended up staying there for four years,” Stevens, who joined the Griquas from the Eastern Province Kings, said. He is one of the newly contracted players that has been signed by the Griquas for the Vodacom Cup competition. He already proved his worth on the recent tour to the Eastern Cape, where the

Griquas played warm-up games against Hopetown and the Eastern Province. Even though he has lead many a side in his rugby career, 25-year-old Stevens is still humbled by every experience and says he has a simple yet effective recipe for success as a captain. “Lead by example if you want to earn the respect of the players surrounding you. That is what a good captain does. “I’m not one for talking much, but I rather lead by example through my game on the field. It is just how I was raised.” As captain of Griquas he definitely isn’t planning to re-invent the wheel. “For me it is important to keep track of the traditions that are the Griquas’ and not change any of that. That is why I’ll look to senior players like Steph Roberts, Leon Karemaker and Jaco Nepgen to help me with the leadership,” Stevens added. The tour to the Eastern Cape had Stevens a little nostalgic as he played many rugby games for the Eastern Province in the Nelson Mandela Bay Stadium in Port Elizabeth. “The return was bitter sweet. I spent four years in Port Elizabeth and I get nostalgic whenever I am there. “But now my focus is on Griquas and I want to give my utmost best on the field. “I also dream of playing Super Rugby one day and if I want to realize that dream, I have to contribute positively on the right levels,” Stevens said.

Volg ons op ons Facebook by NoordaapKoerant


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.