Noordkaapnk 20140312

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 12 Maart 2014

www.noordkaap.co.za

www.noordkaap.mobi

GRATIS

Leerlinge word prooi Rowers wag kinders in wat ná skool huis toe stap Charné Kemp ’n PLAASLIKE sekuriteitsfirma waarsku leerlinge en hul ouers dat daar ’n vlaag aanvalle op skoolkinders in die Hadisonpark- en New Park-buurte is waarin leerlinge van selfone beroof word. Twee mans is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle ’n leerling van die Hoërskool Noord-Kaap se selfoon probeer steel het. Die seun is ook in die voorval aangerand. Lt. Andrea Cloete, polisiewoordvoerder, sê hulle het Donderdag twee mans (19 en 20) in hegtenis geneem. “Die bewering is dat die twee mans ’n seun wat op pad huis toe was, aangeval het. Hulle het sy selfoon gegryp, maar hy het dit weer by hulle afgeneem. “Die slagoffer het dadelik huis toe gehardloop en sy ouers van die voorval ingelig. Hulle het Mapogo-sekuriteitsdienste ontbied. Die vinnige optrede van die ouers en Mapogo het vrugte afgewerp. “Die mans is gevind en in hegtenis geneem. “Die slagoffer het die twee mans geïdentifiseer. Die verdagtes het Maandag op aanklagte van diefstal in die hof verskyn.” Cloete kon teen druktyd nie die volledige name van die verdagtes verskaf nie. Die seun, wat anoniem wil bly, sê sy selfoon was in sy broeksak. “Ek het saam met my vriende geloop. Die mans het van voor af gekom en die selfoon uit my sak probeer gryp. My broek is geskeur toe ek teruggeveg het. “Die mans het my geskop. My

vriende was skoonveld. “Twee leerlinge van die Hoër Tegniese Skool het my toe te hulp gesnel en die mans verjaag.” Matt Mattheus, Mapogo se operasionele bestuurder, sê hy weet van ’n paar aanvalle in die omgewing die afgelope maand. “Ons wagte het dadelik na die toneel gery en die verdagtes aan hul klere herken, soos wat die slagoffer beskryf het. Hulle het dadelik gehardloop toe hulle ons manne sien. “Die een verdagte het op ’n dak geklouter en anderkant afgespring, waar ons hom ingewag het. Hy het as’t ware in die wagte se arms gespring. “Ons het lank vir die polisie gewag en het later ’n polisievoertuig gesien. Ons het hulle nader geroep. “Die lede het ontken dat hulle in kennis gestel is. Ons hoop dat die noodhulplyn (10111) werklik werk. Dit was vreemd dat die polisiemanne nie per radio van die voorval ingelig is nie. “Dit lyk asof die veld tussen die Hoërskool Noord-Kaap en die Hoër Tegniese Skool ’n wegkruipplek vir diewe is. Hulle slaan toe sodra die skole uitkom. “Ons is ook bewus van voorvalle naby die Hoërskool Adamantia. “Dit kom voor asof diewe weet die kinders is weerlose teikens, veral as hulle alleen loop. “Ons vra dat kinders in groepe loop en heeltyd op die uitkyk vir verdagte persone is. “Anders moet ouers met ander ouers reël dat die leerlinge opgelaai word,” sê Mattheus.

Wat dink jy van die voorvalle? Was jy of jou kind ’n slagoffer? Lewer kommentaar op Noordkaap se Facebookblad by Noordkaap Koerant

KINDERS wat ná skool alleen huis toe loop, kan ’n teiken vir selfoondiewe wees. Inlas: Die twee vermeende diewe pas nadat hulle aangekeer is.

Foto: Emile Hendricks


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Stigting help nuwe ma’s Lecrecia Prins DIE stigting vir alkoholverwante navorsing (Farr) het met ’n spesiale opvoedingsprogram probeer keer dat moeders wat aan die program deelgeneem het se babas met fetale alkoholsindroom (Fas) gebore word. Met dié program, Gesonde Moeder, Gesonde Baba, word swanger vroue oor die gevare van Fas opgevoed. In die program word swanger vroue volgens hul drank- en rook-inname gekategoriseer. Die vroue het hul babas verlede week by die Phutanang-kliniek vir ’n mediese ondersoek geneem en die uitslae was bevredigend. Volgens Lian-Marie Drotsky, gebiedsbestuurder van Farr in De Aar, word die vroue

voordat hulle 20 weke swanger is, gewerf om aan dié ondersteuningsprogram deel te neem. Hulle leer hoe om gesond te leef en nie tydens swangerskap te rook of te drink nie. Die vroue kry ondersteuning totdat hul babas gebore word. In Kimberley is Nono Senwedi (projekbestuurder), Dinono Ngcofo en Beaurane Pienaar (gemeenskapswerkers) verantwoordelik vir die opvoeding van die ma’s. In die program word beeldmateriaal van wat alkohol aan die babas doen, gewys. Die ma’s kry ook gereelde berading en word oor die verskillende ontwikkelingsfases van hul babas tydens swangerskap opgevoed. Drotsky sê wanneer die babas ongeveer nege maande oud is, word hulle geweeg en na hul hart en longe geluister om te kyk of hulle gesond is.

Prof. Denis Viljoen, voorsitter van Farr en ook ’n genetikus en pediater, doen die ondersoek van die babas. Hy vergelyk hul groei met dié van babas wat nie aan Fas lei nie om te verseker hulle is gesond. Wanneer probleme voorkom, word die babas na die regte mens verwys. “Daar is geen twyfel nie die projek bring gesonde babas in die gemeenskap in. Dit het ’n blywende invloed op die gemeenskap. Jy het nou ’n kind wat skool toe kan gaan en nie Fas het nie,” sê Viljoen. Farr is deur die departement van maatskaplike ontwikkeling genader om die program in Phutanang in Galeshewe en in Roodepan te begin. In die twee gemeenskappe het 100 vroue elk aan die program deelgeneem. Ipeleng Segomelo, ’n ma van Phutanang, sê sy het baie deur die program geleer en sê sy is bly sy het die program gevolg en voel goed dat haar baba gesond is. Die program is al in sy tweede jaar. Dit word in 2015 beëindig. Farr lei nou personeellede van die klinieke en die departement van maatskaplike ontwikkeling op oor hoe om die program verder te bestuur

LIAN-MARIE DROTSKY, gebiedsbestuurder van Farr in De Aar, praat met een van die ma’s wat in die program was.

PROF. DENIS VILJOEN, voorsitter van Farr en ook ’n genetikus en pediater, ondersoek een van die babas wie se ma in die program was. Foto’s: Emile Hendricks


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

3

Tips to save electricity EVER wondered why the Northern Cape is attracting more solar power projects than any other area in South Africa? The levels of solar radiation in the Northern Cape are of the best in the world. This week, Droogfontein Solar Power, the first solar plant to supply Eskom with power in the Kimberley area, produced enough renewable energy to power over 6 500 households with electrical power

produced from the sun. Here are some tips to help you save on your electricity costs: ) Plug home electronics, such as TVs and DVD players, into power strips; turn the power strips off when the equipment is not in use. ) Lower the thermostat on your water heater ) Use low-flow showerheads for additional energy savings.

Spaar water in en om die huis MARTIN BEZUIDENHOUT, Griekwa-rugbyspeler.

Foto: Emile Hendricks

Stut gebruik talent Lecrecia Prins

ALMAL in die stad weet wie die Griekwarugbyspelers is, in watter posisies hulle speel en skreeu vir hulle van die paviljoen af tydens wedstryde, maar min mense weet waar hierdie spelers vandaan kom en wat hulle vir hul toekoms beplan. Noordkaap het ’n paar vrae aan die spelers gevra om hulle aan die Kimberliete bekend te stel. Hierdie week begin ons met die haker, Martin Bezuidenhout. Bezuidenhout is in 1989 in Klerksdorp gebore en het sy skoolloopbaan aan die Laerskool Orkney begin. Daarna is hy na die Hoërskool Klerksdorp. Sy rugbyloopbaan het op skool begin toe hy in die Cravenweek begin speel het. Bezuidenhout het vir die o.13-, o.16- en o.18-spanne in die Cravenweek gespeel. Hy het ook vir die SA Akademie se o.18-span gespeel. Daarna het hy Super 15-rugby vir die Lions en die Stromers gespeel. Hy het ook vir die Lions in die Curriebeker gespeel.

Sy rolmodel is John Smit omdat hy goeie leierseienskappe het. Bezuidenhout beskryf Smit as ’n goeie mens, op en van die rugbyveld. Bezuidenhout se droom is om vir die Springbokke uit te draf en die beste in sy posisie te wees. “Ek wil my talente van God gebruik.” Bezuidenhout sê hy speel vir die Griekwas rugby omdat hulle soos familie hier voel en hulle kan enige span op enige dag klop. Een van die uitdagings in die Noord-Kaap was die weer, veral met oefentyd. Een snaaksheid wat Bezuidenhout onthou, is toe hulle sy broek tot op sy knieë in ’n losgemaal tydens ’n Super 15-wedstryd teen die Chiefs afgetrek het. Die hoogtepunt van sy rugbyloopbaan was sy eerste drie in Superrugby in sy debuut in 2011. Die laagtepunt is om ’n wedstryd te verloor. Ná rugby beplan hy om saam met sy pa by hul gesinsonderneming te werk. Bezuidenhout sê hy “het die wonderlikste meisie ooit”, Kirstey Callmeyer.

WENKE om water in en om die huis te bespaar sluit in: ) Neem korter stortbaddens en gebruik minder water as wanneer jy bad. ) Vee eerder jou patio en stoep skoon as om water te gebruik om dit skoon te spuit. ) Herstel lekkende pype en krane en meld lekkende pype by die munisipaliteit aan. ) Gebruik ’n prop in die wasbak, eerder as om die kraan te laat loop.

Met ’n Hart vol drome stel Donne Steyn en Alberto ’n konsert op 14 Maart bekend wat as ’n Juanita du Plessis en Theuns Jordaanhuldeblyk dien. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en

HERWIN materiaal en lewe groener. Plekke vir aflewering is onder meer: ) NG kerk Dutoitspan, hoek van Roseen Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels en papier. Maandae tot Donderdae van

CAMPING 40%OFF SPECIALS selected outdoor gear Normally R1199

10:00 tot 14:00. Bel 053-842-1100. ) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier. Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00. Bel 053-861-1849.

GREAT VALUE DEAL!

Normally R1699

NOW R799

NOW R999

kinders jonger as 12 jaar kry gratis toegang. Dit is om 18:30 in die Trinity-Metodistekerk in Chapelstraat. Bel Aubrey Morris by 082-783-5595 of Barry Myburgh by 082-783-5595. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-8314791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.

Lewer herwinbare materiaal hier af

Up to

Normally R1599

) Insuleer warmwaterpype aan die buite en binnekant van die huis sodat jou warm water langer warm bly. ) Bring waterbesparende toestelle op jou krane, toilette, stortkoppe en sproeiers aan. ) Bring ’n watermeter aan en gaan jou waterverbruik na. ) Bring ’n waterverwarmer op jou krane aan wat die water onmiddellik verhit.

NOW R999

Normally R1999

NOW R1299 HORIZON 6 PERSON TENT VISTA 4 PERSON TENT 1500mm

PANORAMA 3 PERSON TENT 1500mm

8.4kg

Light and sturdy fibreglass tent poles Skylight panel in the roof

W35 AC/DC 35L COOLER Can be used as a chest cooler or fridge Cools 18°C below ambient temperature

5.8kg

Mosquito netting keeps bugs out Waterproof fly and groundsheet

Normally R599

Normally R499

Lightweight aluminium frame Folds away for easy storage

MERU 25L BACKPACK

ADVANCE 65L BACKPACK

Volume: 25L Weight: 1.2kg Hydration system compatible

Volume: 65L Weight: 2.4kg Waterproof rain cover

7855 E & OE

Offers valid from 28 February to 16 March 2014 SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders. Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.

Fans find out first.

All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

5.8kg

NOW R599

NOW R999

54QT COOLER COMBO DIRECTOR’S CHAIR

1500mm

Normally R999

Normally R1599

NOW R399

NOW R299

This spacious six person tent is perfect for your next family camping adventure. A waterproof flysheet and mozzie netting keep occupants dry,and bug-free.

Rust proof Leak resistant drain


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Nood is groter as wat ons dikwels besef Elke mens loop sy eie, besonderse pad Karen Muller

Hannes Nöeth OP 12-jarige leeftyd het hy reeds ’n salaris vir sy werk as “kerkhulp” by die kerk gekry. Op 14-jarige ouderdom het hy in Parys begin studeer en opleiding in die Godgeleerdheid (teologie) ontvang. In sy 18de lewensjaar het hy met regstudie begin. Nog skaars 23 jaar toe het hy sy eerste boek gepubliseer het. Op 26 jaar skryf hy sy bekendste boek wat 450 jaar nou al herdruk word, in feitlik elke taal in die wêreld. Die boek se titel is Institusie of Onderwysing in die Christelike Godsdiens. Relatief jonk, op 55 jaar, het hy gesterf. Tog, wanneer ’n mens oor hom lees, hoor ’n mens oor en oor en sien ’n mens dit duidelik raak: Sy lewenspad het ’n verskil gemaak. Sy naam was Johannes Calvyn. Baie mense het hom hoog geag, ander mense het hom verag, maar hy het ’n verskil gemaak. Elke mens se lewe is ’n pad. Wanneer ons terugdink oor ons eie lewenspad sien ons baie dinge raak. Daar is die dinge waaroor jy bly is en met vreugde terugdink, daar is baie dinge waaroor jy spyt is en wens jy

het dit anders gedoen, daar is geleenthede wat jy verby laat gaan het en geleenthede wat jy maar eerder verby moes laat gaan het. Daar was leeroomblikke en daar is oomblikke waarin jy berusting moes vind. Maar wat ons deel, wat ons paaie gelyk maak, is elkeen het ’n besondere pad. Daar is nie een mens wie se lewenspad meer besonders is as die van ’n ander nie. Elkeen leef in ’n bepaalde tyd met ’n bepaalde opdrag in bepaalde omstandighede om ’n bepaalde verskil te maak. Soms glo ’n mens dat ons ’n bepaalde lewensdoel het. Dit gaan egter verder en dieper. Ons het ’n lewensroeping. Dit is nie net ’n saak wat afgehandel moet word en dan is dit verby nie. Nee, ons het ’n lewensroeping waarin ons leef, groei, ervaar, vreugdes beleef en swaarkry dra. Lewensroeping is om te besef met jou word ’n pad geloop. Op daardie pad gaan jy uitgedaag word, beproef word en geseën word, maar bo alles gedra word. Sterkte met jou roeping om te leef.

DIE nood is groot. Die eerste Saterdag in Maart het twee bekende instansies in Kimberley elkeen ’n geldinsamelingsprojek begin. Hierdie twee se aanslae het heeltemal van mekaar verskil. Die eerste geldinsameling was in die oggend. ’n Heerlike ontbyt en asemrowende modeparade het heelwat bederf teen ’n baie billike prys gebied. Die atmosfeer was gevul met rustigheid en waardering. Die tweede geldinsameling was in die aand. Daar is gedans en geskree. Daar is gelag en gehuil. Daar is prettig om ’n baan gestap in die gees van die geldinsameling. Die atmosfeer was gevul met verlange, maar terselfdertyd hoop.

Hoewel hierdie twee aanslae letterlik soos dag en nag verskil, is die doel dieselfde. En hierdie doel is nie net so ooglopend soos geld in hul bankrekening nie. Hierdie doel is om hoop te gee vir mense wat dit baie nodig het. Om moed te gee vir diegene wat dit verloor het. Om te troos waar dit nodig is. Die nood is groot. Fisiek en emosioneel. Omdat jy self gesond is, vergeet jy van die ongelooflike stryd wat jou medemens met baie vasberadenheid moet voer. En ’n mens vergeet maklik van die mense wat hierdie pad saam met hulle stap. Die direkte toeskouers van hierdie mense se lewenstryd. Soveel mense het begin Maart van vooraf beleef dat daar ’n skatkis goeie dinge in mense steek. In ’n

mindere of meerdere mate is geld en tyd skaars en kosbaar. Dit is juis hierdie twee fasette wat by geldinsamelingsprojekte broodnodig is. As die tyd-bydrae wat gevra word, nie onredelik is nie en die geldelike bedrae wat gevra word, nie onbillik is nie, is daar letterlik honderde mense wat ’n projek sal ondersteun. Nie omdat hulle verplig voel nie, maar uit liefde en omgee in hul hart. Vir die instansies wat gedurende die jaar nog geldinsamelingsprojekte gaan begin – baie sterkte met die beplanning en uitvoering daarvan. Vir die mense van die Noord-Kaap wat hierdie instansies gaan ondersteun – dankie dat julle jul hart en beursies oopmaak vir ’n nood wat groter is as wat ons in ons alledaagse lewe besef.

Voorbeelde is die ou poskantoorgebou wat plek moes maak vir ’n moderne toringgebou, Beaconsfield se stadsaal wat gesloop is met ’n vulstasie nou op die terrein, die ou tronk en polisiekantoor in Beaconsfield, en so byna ook die stadsaal as

die inwoners nie wal gegooi het nie. Daarby is van die geskiedkundige geboue nie in ’n goeie toestand nie. Vooruitgang is dikwels die rede wat gegee word vir die sloping van dié geboue. Maar elke gebou wat platgeslaan word, is ’n stukkie geskiedenis wat verdwyn. Daarom moet elkeen help om te verhoed dat Kimberley nóg van sy geskiedkundige skatte verloor.

Ou geboue is Kby se skatte

DIE fotoreeks waarmee Noordkaap verlede week begin het – waarin geskiedkundige geboue uitgebeeld word soos wat dit toentertyd gelyk het en hoe dit nou lyk – is ’n poging om Kimberley se ryk geskiedenis te belig. Die stad het ’n waardevolle skat aan geskiedkundige geboue waarvan talle uit die 19de eeu dateer, maar helaas is talle geboue nie meer daar nie.

DIE foto van Kimberley se sierlike stadsaal is omstreeks 1900 geneem. Let op die tremspore wat voor die gebou verbyloop, asook die perdekarre. Reg langs die stadsaal aan die regterkant kan die markgebou gesien word. Die gebou is in die neoklassieke styl gebou teen die (destydse) astronomiese bedrag van £26 000. Dit is op 20 September 1899 amptelik geopen. Die burgemeester het in sy toespraak gesê hy beskou die gebou as ’n teken van die toenemende stabiliteit van die dorp, ’n werklike teken van sy vooruitgang en algemene vordering. Die gebou is byna in 1971 afgebreek, maar dié planne is deur inwoners in ’n referendum gestuit. Dit is nou ’n nasionale gedenkwaardigheid en mag dus nie afgebreek word nie. Foto: Africana-biblioteek

AAN die linkerkant kan die toring van die ou landdrosgebou gesien word en agter troon die huidige landdroshofgebou uit. Aan die regterkant kan die toringgebou van die huidige poskantoorgebou, wat ook staatsdiens- en provinsiale departemente huisves, gesien word. Die markgebou regs staan steeds, maar is in klein winkels omskep. ’n Stukkie van sy groen dak is net agter die stadsaal sigbaar. Foto: Emile Hendricks


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

5

Mond water vir skaapkop Charné Kemp ’n SKAAPKOP loop lekker saam met klein aartappels en samp (stampmielies) met sous so dik dat dit met ’n vurk geëet moet word. Aan die woord is Kloes Smith van Petrusburg. Petrusburg? In die Vrystaat? “Ja, die rit na Kimberley is elke een van die 80 km werd om aan skaapkop te smul,” sê hy laggend. Die vet blink om sy mond. Sy glasie rooi wyn is byderhand. Die Groot Gat-skaapkopgilde se manne het verlede week weer lekker aan gebakte skaapkoppe in die Gwarra Gwarra-restaurant gesmul. ’n Rare en delikate gereg. Smith eet die bord so leeg en die kop so kaal dat sy honde hom net een vuil kyk gee wanneer hy saans tuiskom. Andersins kook hy elke naweek allerhande vleisgeregte, en

veral afval, vir almal wat lus is om saam op sy plaas te kuier. “Afval is baie beter vleis as polonie. Minstens weet ons wat ons eet,” sê die bekende tandarts Johan Scholtz. Hy eet eers die tong, dan die sappige wange en dan die oë, met ’n titseltjie sout. Die harsings is ’n bietjie te veel en ryk. Hy glo aan ’n soetdingetjie en eet brood en konfyt saam met sy gereg. Gert Fouché was aanvanklik skrikkerig vir skaapkoppe, maar sy goeie vriend Tat Scholtz het hom eendag saamgebring en oortuig dit is ’n besonderse, heerlike gereg. Gert Gagiano, die voorsitter van die gilde, sê hulle het 35 lede. “Ons eet elke tweede Donderdag van die maand saam. Dit is twee keer afval en een

keer skaapkoppe. Ek het die gilde in 2008 gestig om jong mense te leer afval eet sodat die tradisie nie uitsterf nie.” Vroue eet nie saam nie. “Dit is maar net so. Ons mans hou daarvan om saam afval te eet. Ons is vol fiemies oor wie dit vir ons gaarmaak.” Hy vertrou Marie Dreyer wat die kookwerk oor twee dae vir die gilde doen. “Ek sit graag lekker groente en poeding voor. Die manne gaan ’n aartappelgereg, soetpampoen, stampmielies en brood en konfyt kry. Die poeding is ’n koue koejawelpoeding,” sê sy. Die manne lek hul lippe smaaklik af wanneer Dreyer die laaste borde voor hulle wegvat, en hulle vryf behaaglik oor hul mae. Tot volgende maand . . .

SHAUN DOBSON soen sy skaapkop. Daar is vir hom niks so lekker soos gebakte skaapkop nie.

JOHAN LOUBSER (links) en Tat Scholtz het nie tyd om te praat nie. Hulle fokus op die uithalergereg voor hulle.

KLOES SMITH se honde gee hom vuil kyke omdat hy die bene kaal eet en niks vir hulle oorlos nie.

MARIE DREYER spoel die keel en neusholtes skoon.


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

SANBS saves lives

THE key purpose of the South African National Blood Service (SANBS) is to save patients’ lives by providing safe, sufficient and good quality blood products and medical services related to blood transfusion in an equitable and cost effective manner. The SANBS is tasked with collecting, transporting, testing and storing blood required for patients

Office building renamed

It is important to note that the SANBS does not sell blood to patients but provides a service that ensures that all government and private hospitals meet their daily blood needs. Citizens are encouraged to donate blood to help save the lives of patients in need of blood transfusions. Every unit of blood is vital and a unit of blood can save up to three people’s lives.

daily. For this reason, the SANBS has a fee for service and this is billed depending on the blood product that is required by the patient together with all other operating costs.

THE office building of Pauline Williams, MEC for Sport, Arts and Culture, will now become known as the Brian Hermanus House, named after the former MEC who served in the same department between 1999 and 2000. He died together with his private secretary, Mervyn Erlank, in a car accident while driving to Calvinia on 26 July 2000. According to a statement from the department, Hermanus was born in the Floors township in Kimberley on 31 August 1955. Hermanus was a founding member of the United Democratic Front UDF) and the National Union of Mineworkers, (NUM). He joined the ANC after its unbanning where he served as the branch executive committee member and spokesperson of the Colville/Floors branch. He acted in various executive positions, including deputy chairperson and acting chairperson for the Kimberley region.

12 - 16 March 2014

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

5490 per kg

! S G N I V SA

per kg

Beef Mince Mix

6990

20

R

per kg

per tray

Lamb Stew

Large Eggs 18’s

each

7

per pack

t Assorted

39

90

Bananas 750g

per kg

or we’ll BEAT it*

Tray

2for

25

R

5for R

20

Avocado’s

shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W

Beef Chuck 34

Chakalaka Sausage

Royal Gala Apples 1,5kg

90

Rainbow Simply Chicken Viennas 500g

per kg

per pack

Dairy Corporation Full Cream or Low Fat Milk 2l

each

4790

1690

1650 2390

3990

Beef Texan Steak

3for

24

R

Pineapples

here else?

Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www

Prices apply to Game Kimberley store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

7

Griekwas hou gesinsdag

BRANDAN SHARP het die foto van ’n naaldekoker op 13 Januarie geneem. Dit was vir hom ’n groot belewenis om ’n naaldekoker met sy vlerke so mooi uitgesprei te kon afneem. Foto: Brandan Sharp

beskikbaar wees. Wagte sal aan diens wees om die kampeerders se veiligheid en die veiligheid van hul motors te verseker. Kaartjies kos R50 en sluit ’n toegangskaartjie na die wedstryd die volgende dag in. Kaartjies is reeds van Maandag (10 Maart) beskikbaar. Kontak Nadia Louw by 053-832-8773 vir meer inligting of om kaartjies te koop.

SUN CITY CYCLE TOUR-LEDE het R50 000 met ’n fietstoer ingesamel wat gelykop tussen die Dierebeskermingsvereniging en die St. Vincent de Paul-instansie in Kimberley verdeel is. Die Flamingo-casino het bygedra en R125 000 aan verskeie ander instansies geskenk. Hier nader die fietsryers die casino op hul fietse. Foto: Lecrecia Prins

3179 Warrenton_300x196

DIE Griekwas bied op 20 Maart ’n gesinsdag saam met GWK en Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, op GWK-park in Kimberley aan. Gesinne word genooi om van 17:00 af met hul tente en woonwaens op te ruk en lekker saam te kuier voordat die Griekwas op 21 Maart om 16:00 die Limpopo- Blou Bulle in die Vodacombekerwedstryd pak. Die Griekwa-spelers sal met die besoekers gesels en daar sal ook handtekeninge aan bewonderaars verskaf word. Die spelers en bestuur sal vir die seuns ’n afrigtingskliniek aanbied en ’n raakrugby-kompetisie sal ook plaasvind. Tente kan op die B-veld opgeslaan word en ’n spesiale plek sal vir woonwaens uitgemerk wees. Vure vir vleis braai en pap en sous sal voorsien word. Besoekers kan hul eie vleis en drinkgoed bring. ’n Kontantkroeg sal

KAREN VAN ZYL het die foto net voor sonsondergang tussen Petrusburg en Koffiefontein geneem. Die wolke het mooi belofte van reën ingehou en ’n mooi prentjie met die hoogspanningskraglyn op die voorgrond gevorm. Foto: Karen Van Zyl

THE NEW WARRENTON BRIDGE on the N18

Bridging the gap between places, people and skills

DIE sonneblom rank verby Annatjie Kriel se huis se dak. Sy het die foto in Februarie geneem. Foto: Annatjie Kriel

The Warrenton Bridge story

Job creation and transfer of skills

Improvements to the bridge

• Warrenton is an agricultural town that plays an important role in the economy of the region. • It also serves as the junction between the N12, which leads from Gauteng to Kimberley and thereafter the Western Cape and the N18, which leads from Warrenton to Mafikeng and thereafter the RSA-Botswana border. • For this reason the area has been earmarked as a national priority for the development of infrastructure.

• SANRAL leveraged the project to benefit the communities from the area by creating opportunities for employment and skills development for them. • Around 50% of the R12 million that was spent on employment on the project, was spent on locals. • More than R10 million’s worth of work was given to SMME’s for crucial services that formed part of the project.

• The old bridge proved to be too low as it was often under water during high river flows. It also had a single lane that provided for one-way traffic only. • SANRAL conducted a series of environmental and social impact studies and re-engineered the bridge to address these issues. • The end result is an overhauled bridge that is high enough from the river bed to allow safe crossing for cyclists, pedestrians and motorists and that has two lanes for improved traffic flow.

“We can only hope for more of these types of substantial projects through which to engage our communities – it has offered great experience.” Ms Manopole, Mayor of the Magareng Municipality.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Eers kom die boere, toe dorp

Attractions galore HARTSWATER has several attractions for tourists. They include: ) The burial site of the Tswana chief Galeshewe near Hartswater. ) The Hartswater Wine Cellar where one can enjoy wine tasting and buy local wines bottled under the Overvaal and Elements labels. ) The heritage site on the border of the Northern Cape and North West – home to the Buxton Quarry where Raymond Dart discovered the million-year-old skull of the Taung child. ) The Vaalharts Irrigation Scheme. Covering 36 950 ha, the scheme, which is one of the largest irrigation schemes in the world, is managed by Vaalharts Water, watering 1 250 farms of some 25 ha each in the lush valley.

DIE vrouegedenkkerkie in Hartswater.

Foto: Lientjie Mentz

DIE geskiedenis van Hartswater is verweef met dié van die dorp Phokwane wat aanvanklik daar gevestig is. Die destydse koloniale regering in die Kaap het die grond, wat aan Kgosi Galeshewe en sy Tlhapingstam behoort het, gekonfiskeer ná sy aandeel in die opstand

van 1896-’97. Die Groot Depressie het saamgeval met ’n ernstige droogte in Suid-Afrika en die skema is in 1933 deur werklose wittes gebou. In 1938 het 80 boere daar begin boer en teen 1939 het ’n behoefte aan ’n dorp ontstaan en die departement van wa-

tersake het ’n dorpie vir die werkers uitgelê. Tydelike geboue soos kerke, skole en ’n hospitaal is opgerig. Die dorp het vinnig gegroei en in 1963 was daar 5 000 inwoners. Die vroue-gedenkkerkie op Hartswater bring hulde aan al die moeders wat modderwater uit die kanale aangedra het vir huishoudelike gebruik en vir hoe hulle hul mans in die depressie van die 1930’s ondersteun het. Die Hoërskool Hartswater het verlede jaar sy 60ste verjaardag gevier. Dié skool presteer goed in akademie, sport en kultuur. Hy bied elke jaar die Prestige-top20-atletiekbyeenkoms aan waaraan meer as 30 skole deelneem. Verlede jaar het die skool twee matriekleerlinge in die top20 van die provinsie gehad. Die beste rekeningkunde-leerling in die provinsie het ook van die skool gekom. Die skool het 430 leerlinge.


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Dorp eers verdeel JAN KEMPDORP is op die plaas Andalusië uitgelê en het daardie naam geërf. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit die ligging van ’n konsentrasiekamp waar Duitse mans aangehou is wat deur die owerhede as potensieel gevaarlik beskou is. Die eerste setlaars het in 1938 erwe hier gekoop, en die dorp is in 1953 geproklameer en na genl. Jan Kemp, ’n voormalige minister van lande, genoem. Munisipale status is in 1967 verkry. Oorspronklik het die grens tussen die Kaapprovinsie en Transvaal deur die dorp geloop. Dit was die enigste dorp in Suid-Afrika wat in twee provinsies geleë was. Dit het tot verwarring oor die administrasie gelei totdat die parlement in 1964 besluit het dat die dorp deel van die Kaapprovinsie gaan wees. Die Vaalhartsvallei (wat Hartswater en Jan Kempdorp insluit) is onder meer bekend vir sy vervaardiging van pekanneute, grondboontjies en olywe. Die dorp het twee hoërskole, die Hoërskool Vaalharts en die Hoër Landbouskool van die Noord-Kaapland.

DIE is ’n ou stoomlokomotief in Jan Kempdorp se hoofstraat. Reg langs die lokomotief loop Grensstraat, wat die grens was tussen die ou Kaapprovinsie en Transvaal, en van 1994 tot 2006 ook die grens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Die dorp is in 2006 in sy geheel by die Noord-Kaap ingelyf. Foto: André Botha

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE TE KOOP

LENINGS

ALLERLEI 1445

1845

MEUBELS 1635

Sitkamerbank: 3-sitplek. Kwaliteitmateriaal, R500. 2 olieverwarmers, R300 en R200. 079 472 6157.

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

ALLERLEI 1655

SAKE

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

GELEENTHEDE 2415

CHOCOLATE MANUFACTURING/SWEET DISTRIBUTION/MEDICAL AID KITS Start your own bussiness. Succesful opportunities. Profitable. Work from home. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

ADMIN COPY/PASTE/DATA CLERKS NEEDED: FOR INFO SMS NAME/ADDRESS TO: 084 904 6873 or e-mail: d.workforce7@gmail.com

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!"

SOEK, KOOP, VERKOOP

of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Kia wys elektriese Soul EV KIA se Soul EV – ’n suiwer elektriese voertuig – word ook op die Geneefse Skou, wat 6 Maart tot Sondag gehou word, gewys. Dit is Kia se eerste elektriese voertuig en behoort teen die tweede helfte van die jaar produksiegereed te wees. Die Soul EV span ’n 27 kWh-litium-battery in wat krag aan ’n elektriese motor gee wat sowat 81 kW en 275 Nm se wringkrag sal bied. Die battery is sterk genoeg om die motor wat die aandrywing doen, van krag te voorsien vir ’n reikafstand van 200 km. Die Soul EV span ’n aangepaste platform van die nuwe, tweedegenerasie-Soul in en sal ’n wêreld-eerste soos ’n lugversorger hê wat net op die bestuurder kan fokus sou hy alleen in die voertuig wees. Dit is maar een van talle maniere hoe energie in die elektriese wa bespaar word om die battery so lank as moontlik gelaai te hou. En, seg Kia, vir gemoedsrus is daar ook ’n waarborg van sewe jaar of 150 000 km soos met ander Kias. ) Kia sal weer sy GT4 Stinger-konsepmodel wys wat hy vroeër in Detroit vertoon het. Die knaap dui ’n nuwe stileer-rigting vir die vervaardiger aan en sal oor die groep se

KIA se ten volle elektriese Soul wat voor die einde van die jaar in Europa op die pad sal wees. Foto: Verskaf nuwe tweeliter-turbo-enjin beskik wat 150 kW bied, gekoppel aan ’n nuwe handratkas met ses gange. Die tweesitplekker sal agterwielaandrywing hê en kan dalk in die toekoms teen soortgelyke rygoed soos die Toyota 86 en Subaru BRZ boks.

Nuwe ratkas vir Swift, Alto Motorredaksie SUZUKI gaan sy Swift- en Alto-modelle met ’n nuwe gerobotiseerde handratkas voorsien. Dit is nou wel ’n lomp en formele woord vir wat ’n makliker manier van ratskakeling moet wees, maar in beginsel beskryf dit presies hoe die stelsel werk. Suzuki se redenasie met dié nuwe ratkas is dat dit ’n moeitevrye skakeling bied soos ’n outomatiese ratkas, maar dat jy steeds die gevoel van selfskakeling met die rathefboom het. Gerobotiseerde handratkaste is al ’n hele ruk met ons, maar word baie min gebruik. Die norm is maar om óf ’n gewone handrat óf ’n gewone outomatiese ratkas of dan een van die nuwer stelsels soos ’n

palwissel- (CVT) en ’n dubbelkoppelaar-ratkas in te span. In wese het die gerobotiseerde ratkas steeds die gewone ratte van ’n handrat, maar daar is nie ’n ratkierie en ’n koppelaarpedaal nie. As jy van rat wil verwissel, druk jy ’n hefboom op (as jy ’n laer rat wil hê, trek jy die hefboom af). Sover is dit net soos die nuwerwetse dubbelkoppelaar-’kaste wat spane agter die stuur het. Die verskil is dat die gerobotiseerde ratkas steeds ’n gewone koppelaar het, maar wat nou deur die blikbrein (en nie jou voet op ’n pedaal nie) geaktiveer word. Die oorskakel-aksie is dus langer en moeisamer as met ’n gewone outomatiese ratkas, want ’n koppelaar skei steeds die ratte van mekaar.

Derdepartyversekering nodig Motorredaksie SUID-AFRIKA se groot versekeringsgroepe wil derdepartyversekering weer verpligtend vir alle voertuig-eienaars maak. Dié versekering was van 1942 verpligtend in die land, maar is in 1997 deur die Padongelukfonds vervang. Waar voertuigeienaars met die ou stelsel vir die premies verantwoordelik was, word die Padongelukfonds deur ’n heffing op die brandstofprys aan die gang gehou. Die dilemma met die nuwe stelsel, sê versekeraars, is dat dit slagoffers van ongelukke net geldelik help indien iemand in ’n motorongeluk beseer is of gesterf het. Skade aan voertuie en die herstel daarvan ná die tyd word nie deur die fonds gedek nie. Omdat sowat 70% van die voertuie op Suid-Afrikaanse paaie nie verseker is nie, moet ’n klein groep versekerdes ’n groot groep se herstelkoste help dra. Luidens ’n verklaring van die SuidAfrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA), die beheerliggaam van versekeraars, word tans meer eise vir herstelkoste ingedien as vir gesteelde voertuie. Die SAIA hoop dat deur dit weer verpligtend te maak dat alle voertuie oor derde-

partyversekering moet beskik, die kostegrondslag beter versprei kan word. Premies sal dan laer wees omdat meer geld ingesamel sal word. Die liggaam sê dit behoort nie te moei-

lik te wees om dié wetgewing weer in te stel nie. In Brittanje is byvoorbeeld verlede jaar ’n wet aanvaar wat dit onwettig maak om ’n onversekerde voertuig te besit.

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Griquas fight until end Sports Editor GRIQUAS held their nerve to edge out the Blue Bulls 26-24 (halftime 17-13) following a frenetic ending to their Vodacom Cup North Section match at the Loftus Versfeld B Field in Pretoria on Saturday. Fullback Jacquin Jansen kicked two penalties in the last seven minutes with the winning kick coming in the last minute of the match to secure the win. Griquas had held the lead until the 55th minute when a penalty from Bulls flyhalf Louis Fouché put the hosts into a 21-20 lead. The lead then changed hands three times in the last six minutes before Jansen settled the contest in the visitors’ favour with his second successful penalty kick. Griquas regained the lead with six minutes left in the match through a Jansen penalty. However, the hosts

dug deep and they once again took a one-point lead with just four minutes left to play, thanks to a successful penalty from Fouché to set up the nail-biting finish. The Griquas had made a fast start to the match when right wing Ederies Arendse dotted down for a converted try in the fourth minute. The visitors stretched their lead to 14 points after ten minutes when scrumhalf Tian Meyer scored a try before adding the conversion himself. However, the Blue Bulls finally opened their account in the 22nd minute thanks to a penalty try with Griquas tighthead prop Ewald van der Westhuizen earning himself a yellow card for a professional foul in the process. Fouché kicked the resulting conversion before slotting a 34thminute penalty as the Griquas reached

GRIQUAS FLYHALF FRANCOIS BRUMMER tackles Travis Ismael in the two sides’ Vodacom Cup game in Pretoria. The visitors beat the hosts 26-24. Photo: Photo24

the break holding a four-point lead. The visitors opened the second half scoring, five minutes after the restart, thanks to a drop goal from flyhalf Francois Brummer. Bulls outside centre William SmallSmith then scythed through the Griquas’ defence for an un-

converted try in the 51st minute before Fouché’s penalty put the Bulls in the lead for the first time. Scorers Griquas: Tries: Ederies Arendse and Tian Meyer. Conversions: Nico Scheepers and Mey-

Harriers hou Saterdag 44ste Diamant-marathon

Vir nog foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en op Facebook by Noordkaap koerant

DIE Kimberley Harriers bied op Saterdag 15 Maart die 44ste Diamantmarathon in Kimberley aan. Die wedloop begin om 06:00 by die GWK-Lobora-sentrum in Memoriamweg. Drawwers, stappers en rolstoelatlete kan hieraan deelneem. Benewens die marathon (42,2 km) sal ’n halfmarathon (21,1 km) en 10 km-wedloop aangebied word. Verder sal ’n 5 km-pretdraf op die dag plaasvind. Inskrywings vir die onderskeie nommers kan op Vrydag 14 Maart van 17:00 tot 19:00 gedoen word. Daar sal ook Saterdag om 05:00

ingeskryf kan word. Die inskryfgeld is R80 vir die marathon. Diegene wat aan die halfmarathon wil deelneem, moet R60 betaal. Die inskryfgeld vir die 10 km-wedloop is R40. Dit sal R5 kos om aan die 5 km-wedloop deel te neem. Al die deelnemers, behalwe diegene wat vir die 5 km-wedloop aantree en wat die onderskeie wedlope voltooi, sal medaljes ontvang. Rig navrae aan 083-443-8198 of stuur e-pos aan Ria Janse van Vuuren by riajvv@hotmail.com.

er. Penalties: Francois Brummer and Jacquin Jansen (2). Drop goal: Brummer. Blue Bulls: Tries: Penalty try, William SmallSmith. Conversions: Louis Fouché; Penalties: Fouché (3).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.