Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 19 Maart 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
GRATIS
Groot planne vir tuin Lecrecia Prins DIE Queens Park-tuin gaan moontlik nuwe lewe kry indien raadslede van die Sol Plaatje-munisipaliteit die planne van die Gariep Kunstefees goedkeur om ’n heeltydse kuns-en-kultuursentrum te skep en die kunstefees daarheen te verskuif. Intussen gaan die fees vanjaar weer in die Oppenheimer-tuin, waar dit die afgelope 14 jaar gehou is, plaasvind. Theuns Zimmermann, besturende direkteur van die fees, het verlede week ’n voorlegging aan die gemeenskapdienste-komitee van die munisipaliteit gedoen. Sy voorstel is om Queens Park in Aristotleweg in ’n heeltydse teetuin met restaurante, speelparke, uitstallings en opvoerings te omskep. Dit sal ook jaarliks die feesterrein vir die Gariep Kunstefees word. Zimermann sê hy wil Queens Park ’n kuns-en-kultuur-sentrum vir die stad maak, iets om toeriste te lok. Die plan is om ook opelugkonserte hier te hou. Kunstenaars word genooi om kunswerke op die terrein te maak en te verkoop. Hulle gaan ook geleer word hoe om ’n onderneming te bestuur, sê Zimmermann. “Ons sal die terrein namens die munisipaliteit, wat steeds die eienaarskap behou, bestuur. Dit sal ook vir klein konferensies, troues en partytjies verhuur kan word. ’n Kinderspeelpark met ’n groot skaakbord gaan opgerig word. Alle strukture is tydelik. “Die grootste vereistes is ’n heining, elektriese kabel en ’n permanente kombuis en toilette. Die restaurante, koffiewinkels en ander aanbiedings sal in tydelike tente wees. Toegang tot die speelpark is gratis.” Die ontwikkeling sal ook van maatskaplike probleme soos dwelmmisbruik en prostitusie in Queens Park ontslae raak. Zimmermann meen die ontwikkeling sal R4,5 miljoen kos en hy hoop om private beleggers en
DIE Queens Parktuin kan moontlik in ’n permanente kunsenkultuursentrum omskep word as die raadslede van die Sol Plaatjemunisipaliteit die planne van die Gariep Kunstefees goedkeur. Foto: Emile Hendricks regeringstoelaes te kan aanwend. “Ons het al met die bure gepraat en die geraasvlakke gaan beheer word. Ons het ook met die polisie gepraat en hy sal bly wees as dwelmmisbruik en prostitusie in die omgewing kan afneem.”
Hoewel die adres van die Gariep Kunstefees nie vanjaar verander nie, kan feesgangers steeds ’n paar veranderings in die uitleg van die terrein by die Oppenheimer-tuin verwag. Daar gaan byvoorbeeld net een groot kunstenaarstent wees en
nie meer twee soos voorheen nie. Die Reënboogverhoog skuif na ’n groter gebied en daar sal ’n skommeling in sommige van die kleiner aanbiedings se plekke op die terrein wees. Die RSG-verhoog staan wel steeds stewig op sy ou
plek. Die teaters verskuif vanjaar na die Laerskole Eureka en Newton en die after party sal op Hoffepark gehou word om gehoor te gee aan feesgangers se versoek om te kan dans.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Hoeksteen van die Charné Kemp HENNIE ERASMUS lag met ’n traan. “Kameeldoringhout is ’n fantastiese brandhout, omdat dit so lank hou. My vriende praat van ’n vyfdophout . . . Die vuur hou vyf doppe voordat die kole vir die braaiery gereed is. Kameeldoringhout word vir goeie vriende gebruik; kennisse kry net een- of tweedopbrandhout.” Dit is dié digte hout wat dit as brandhout gesog maak wat tot die kameeldoringboom se ondergang lei. Mense kap dit sonder permitte af. Dit is teen die wet. Erasmus is bekend daarvoor dat hy drie uur oor sy geliefde boomsoort kan praat. Dit is een van die hoeksteenspesies in die Kalahari. ’n Hoeksteenspesie is ’n plant wat, relatief teenoor sy verspreiding, ’n ongewoon groot invloed op die omgewing het. “Aasvoëls hou juis van kameeldoringbome om hul neste in te maak, omdat dit hoog van die grond is en ’n plat kroon het. Versamel- en koringvoëls kan hul grasneste in die boom met sy growwe bas en dik stam anker. Kewers boor in die dorings om hul eiers te lê. Bokke vreet die blare en ander diere skuil in die digte takke.” Die dorings steek diep. Erasmus sê jy moenie sommer onder die bome parkeer nie, self nie met dik, duur bande nie. Kameelperde (vanwaar die boom se naam kom) vreet graag die boom se donkergroen blare; van bo tot onder. Tensy die boom verlep en blousuur vrystel wat giftig vir diere is. Dit is ’n beskermingsmeganisme van die boom. “Kameeldorings kom soms in groepe op. Eindelik sal net een oorleef soos die krone groter groei. Almal wil hul koppe in die lug kry en groei al skuinser. Die een aan die kant se kop raak te swaar en hy val om.” Erasmus het in 1985 in diens van die departement van natuurbewaring Kimberley toe gekom. Die Noord-Kaap het toe nog nie sy eie reservate gehad nie en hy en sy kollegas het met wildboere gewerk om wild te tel, te vang, te verskuif en wildplase te beplan. Toe kom die provinsiale reservate – Rolfontein, Doringkloof, Witsand en Molopo. Witsand was sy eie
Kalahari
HENNIE ERASMUS wys na die skade wat die kameeldoringboom gekry het nadat dit deur weerlig getref is. Die boom het middeldeur gebars en die bas is ook afgeslaan. Heel bo: Die kameeldoringbome in die Dronfieldnatuurreservaat se bas is deur yster varke afgevreet. Die bome sal waarskynlik vrek. Inlas: Die kameeldoringboom se peule kan tot 20% proteïen bevat en is daarom baie voedsaam vir diere. Foto’s: Emile Hendricks projek en hy het as Witsand Erasmus bekend geraak. In 1998 is hy weg by natuurbewaring. Die geld is so besnoei dat hy heeltyd op kantoor gesit het. “Ek kon my nie meer uitleef nie. Ek is ’n man van die veld. Toe word ek ’n boskok. In die die eerste jaar het ek op 45 geleenthede of op viertrektoere kos gemaak. Op die kole en in potte.” Erasmus is ook ’n beroepsjagter, toergids en omgewingskonsultant. Laasge-
noemde is die winsgewendste, eersgenoemde die lekkerste. Hy doen baie studies vir myne en nuwe sonplase. “Ek het my liefde vir die natuur deur jag ontwikkel sedert ek ’n kettie kon vashou. Ek het nie op die plaas grootgeword nie, maar daar was tien plase tussen my ooms en tannies om skoolvakansies op deur te bring.” Die verloopte Oos-Kapenaar het sy heil in die skadu van die Noord-Kaapse kameeldorings gevind.
Drie nou in poste DIE nuwe voorsitter van die Noord-Kaapse verbruikershof, die griffier van die hof en die verbruikersbeskermer is onlangs deur regter-president Frans Kgomo in hul poste ingehuldig. Hulle is prof. Niek Grobler (voorsitter), Alecia Pietersen-Hendricks (griffier) en adv. Prins Olivier (verbruikersbeskermer en hoof van die Verbruikersbeskermingsowerheid van die Noord-Kaap). Die Noord-Kaapse Verbruikersbeskermingswet is in 2012 aanvaar. Die kantoor van die verbruikersbeskermer is in MacDougallstraat 31, Kimberley.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
3
Uitstallers welkom Charné Kemp AS jy ’n entrepreneur met ’n besonderse talent vir kosmaak of kuns is en op die Gariep Kunstefees wil uitstal, sal die Gariep Kunstefees se organiseerders van jou wil hoor. Die slagspreuk vir die 15de Gariep Kunstefees is Geskool in die Kunste. Die fees van 28 tot 31 Augustus sal die eerste op die nuwe terrein, die sportterrein van die Hoërskool Noord-Kaap, wees. Aansoeke vir die pretpark, kos- en kunsmark het reeds geopen. Kunsmarkaansoeke word gekeur soos dit ontvang word. Die kosmarkaansoeke sluit op 30 April. Volgens Anne-Marié Zimmermann, bestuurder van markte en uitstallings, sien sy altyd daarna uit om entrepreneurs se nuwe idees en produkte te sien.
SIMON WESTRAADT, Griekwahaker.
Foto: Emile Hendricks
Spelers soos familie Lecrecia Prins NOORDKAAP het ’n paar vrae aan Simon Westraadt, Griekwa-haker, gevra om uit te vind waar hy vandaan kom en wat hy in sy rugbyloopbaan wil bereik. Dít is deel van ’n reeks artikels waarin Noordkaap meer oor die Griekwa-spelers vertel. Westraadt is in 1986 in Port Elizabeth gebore. Hy was ’n leerling aan die Hoërskool Grey en dit is waar sy rugbyloopbaan begin het. Hy is deur die WP op die Cravenweek gekontrakteer om rugby te speel. Westraadt het al in die EP Kings-Cravenweek, Suid-Afrikaanse Skole-, SuidAfrikaanse o.19-, WP-o.19-, -o.21-span, Vodacombeker- en Curriebekerrugby gespeel. Vir die Griekwas het hy in die Vodacombeker- en die Curriebekerreekse uitgedraf. Westraadt sê sy rolmodel is Keith Wood, “omdat hy alles in ’n rugbywedstryd gee en ongeag enige besering
Solar energy lights up NC DROOGFONTEIN SOLAR POWER has completed its commissioning process, this means that each year, the equivalent of 20 000 average homes will soon be powered by renewable energy. This week it produced enough renewable energy to power 5 000 households with electrical power produced from the sun. Although residents now have access to solar power it is still necessary to reduce power consumption. ) About 85% of the energy used to machine wash clothes goes to heating the water, so use cold water. ) Install a geyser controller, it checks the current during the programmed time period.
aanhou speel”. Westraadt wil nog Superrugby speel en sy loopbaan in Europa afsluit. Op die vraag hoekom hy vir die Griekwas speel, het hy geantwoord: “Dit is ’n unie vol tradisie en almal is na aan mekaar soos broers en speel vir mekaar.” Een van die grootste aanpassings in Kimberley was die weer. Westraadt sê die grootte van die stad was ook ’n aanpassing en almal weet van almal se doen en late. Die snaaksste voorval wat nog met hom op die veld gebeur het, was toe hy ’n bal op die halflyn onderskep het en ’n drie op die vyfmeterlyn gedruk het. Dié drie het natuurlik nie getel nie. Sy eerste Curriebekerwedstryd vir die WP was ’n hoogtepunt in sy lewe. ’n Laagtepunt was om die eindstryd van die Vodacombekerreeks in 2012 in die 85ste minuut op GWK-park te verloor. Ná rugby beplan Westraadt om sy pa se versekeringsmaatskappy oor te neem. Hy is nog nie getroud nie, maar het ’n meisie.
“Feesgangers kan uitsien na ’n fees vol veranderings, maar met een doelwit: om die kunste in al sy vorme te bevorder.” Die organiseerders wil ’n oorspronklike kos- en kunsmark skep wat kreatiewe produkte en smaaklike kos van gehalte bied. Hoe vinniger jy aansoek doen, hoe goedkoper sal dit wees. Die tarief, soos op die aansoekvorm, eindig op 30 Junie waarna die prys verhoog. Aansoekvorms vir die pretpark is reeds beskikbaar en kan nog tot 30 Mei ingedien word. Alle aansoekvorms is op die webwerf www.gariepfees.co.za beskikbaar. Die volledige feesprogram word op 16 Julie vanjaar bekend gemaak. Besoek die fees se webwerf by www.gariepfees.co.za of bel die feeskantoor by 053-8325014/7. Die fees kan ook op Facebook en Twitter vir die jongste nuus gevolg word.
SA SE BESTE 8-TON VALKANT VRAGMOTOR-AANBOD! 15.180FL teen slegs
R355 000
GRATIS 1 JAAR/60 000 km DIENSPLAN
Herwin en leef groen HERWIN materiaal en leef groener. Plekke vir aflewering is onder meer: ) NG kerk Dutoitspan, hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels en papier. Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00. Skakel 053-842-1100. ) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier. Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00. Skakel 053-861-1849. ) Adamantia, vra vir landsdiens. Glas, plastiekbottels, blik en wit papier. Maandae tot Vrydae.
Sukses op dreef
> 2 JAAR/ONBEPEKDE KM FABRIEKSWAARBORG > 24-UUR AA PADBYSTAND .. > ABS-REMME, LUGREELAAR
www.faw.co.za
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Moenie swyg deur nie te stem OOR skaars ses weke gaan Suid-Afrikaners stembus toe om te besluit wie die land, en die provinsie, die volgende vyf jaar moet regeer. ’n Gewigtige besluit, want dit gaan bepaal hoe die land oor vyf jaar gaan lyk. In die Noord-Kaap word ’n hewige stryd verwag. Die eerste keer sedert 1994 is ’n regeringsverandering moontlik. Só ’n situasie is gesond, want ’n regering wat weet hy is nie seker van ’n verkiesingsege nie, is gewoonlik ’n beter regering as een wat verkiesings as ’n formaliteit beskou. Te veel mense verkies egter om stemdag, wat ’n vakansiedag is, eerder te gebruik om vleis te braai, piekniek te hou of sommer net tuis te ontspan.Terwyl hulle kla oor alles wat in die land verkeerd is. Maar as jy besluit om nie te
stem nie, verbeur jy ook jou reg om te kla. Deur op stemdag tuis te bly, gee jy die boodskap jy dink alles is piekfyn in die land, die regering kan maar net voortgaan. Die standpunt een stem gaan nie ’n verskil maak nie, geld ook nie. As elke mens só dink, is dit baie stemme wat verlore gaan. In die Noord-Kaap kan ’n hand vol stemme ’n groot verskil maak, omdat die stryd in die stadium baie gelykop lyk. Of jy dus die regerende party ondersteun, en of jy die opposisie ondersteun, jou stem kan die verskil maak. Dit word gesê ’n land, of ’n provinsie, kry die regering wat hy verdien. Elkeen moet dus besluit watter regering die land en die Noord-Kaap verdien. En as jy nie gestem het nie, moet jy aanvaar die regering wat jy het, is die een wat jy verdien.
DIE bekende Kimberleyklub is in 1881 deur Cecil John Rhodes en ander belangrike men se in die diamantbedryf gestig. ’n Besoeker het op ’n keer opgemerk daar is “meer mil joenêrs per vierkante voet” in die klub as op enige ander plek in die wêreld. Talle geskied kundige besluite is in die klub geneem, be sluite wat nie net Kimberley geraak het nie, maar ook Suidelike en SentraalAfrika, asook die internasionale diamantbedryf. Die oorspronklike gebou (op die foto) het op 1 November 1886 afgebrand. Net twee kant mure het oorgebly. Die tweede gebou het in Oktober 1895 afgebrand. Op die agtergrond is die St. Mary’skatedraal wat oorspronklik in 1872 opgerig is. Dit was toe ’n sinkplaat gebou, maar is in 1880 met ’n baksteenge bou vervang. Dit het egter in 1938 afge brand. Net die hoofingang en toring het oor gebly. Die gebou is dadelik herbou en in 1941 in gebruik geneem. Foto: Africana-biblioteek DIE derde klubgebou (links) is in 1896 opgerig. Die planne is deur Greatbach opgetrek wat ook Dunluce in Lodgestraat ontwerp het, asook die geboue van Kimberley Girls’ High. Heelwat van die meubels wat steeds in gebruik is, is van Londen gebring. Die klub was altyd net ’n mansklub, maar vroueaande is af en toe ge hou. Eers in 1937 is ’n anneks vir vroue aange bou (nou die Rhodeskamer). Die vrouesitka mer van nou was eers die biljartkamer. Dit is in 1962 in gebruik geneem. Vroue is toe die eer ste keer toegelaat om van Dutoitspanweg die gebou in te gaan in plaas daarvan om die agter deur te gebruik, maar is steeds nie toegelaat om by die hoofingang in te gaan nie. Dié voor reg het hulle eers in 1980 gekry. Die gebou is in 2004 danksy ’n lening van De Beers geres toureer. Agter is die St. Mary’skatedraal. Foto: Emile Hendricks
Om te gee altyd lekkerder Hannes Nöeth ’n GESKENK van waarde. Sou ’n mens dié rolletjie saamgebind in ’n rekkie op die oog af beskou, sou dit nou nie juis as ’n uitsonderlike geskenk uitstaan nie. Tog, ná soveel jare, is die saamgebundelde rolletjie vir my een van my kosbare herinnerings as ’n geskenk wat met moeite en baie liefde gekom het. Pas begin in die bediening kom ek met ’n kennismaak-besoek by lidmate. Nog voor koffietyd oorhandig sy aan my my spesiale geskenk: ’n rolletjie saamgebind in ’n rekkie en ’n rooi strik daarom – “sodat ek nie hoef te sukkel nie”. ’n Kaart van die dorp, die strate en elke adres, van die plase in die distrik en al die besonderhede wat ek nodig mag hê. Natuurlik was dit nog voordat die GPS algemeen in elke huis was. Vir my het daardie spesiale moeite van haar
baie ure en sukkel gespaar. Baie geld het die geskenk haar nie gekos nie – wel baie moeite. Sy moes dit by die munisipaliteit aanvra. Sy moes daarvoor wag. En weer vra. Daardie moeite het vir my so baie beteken. In die ses jaar op Wolmaransstad was daardie kaart altyd in my voertuig. Vandag ken ek daardie distrik en elke straatnaam so goed. Om te gee is beter as om te ontvang. Die ou beginsel is sekerlik vandag nog net so waar soos oor al die eeue heen. Dit bring vreugde in ’n mens se hart as jy iemand anders spesiaal laat voel omdat jy gee, veral as jy iets gee sonder om iets terug te ontvang. Die meeste van ons vind dit egter moeilik – ons gee met die oog daarop om te ontvang. Die grootste geskenk is dikwels nie dit waarvoor ek baie betaal het nie, maar daardie iets wat spesiaal uitgesoek is, met liefde voorberei is, met moeite bymekaargebring is.
Inspirasie vir ’n leeftyd Karin Muller DAAR is twee soorte “idols”. Die een is veraf. Onrealisties. Die ander een plat op die aarde. Realisties. Vir sommige mense is dit ’n ma, ’n suster, ’n juffrou. Vir ander mense iemand wat jou belangstellings of talent deel. ’n Digter, skrywer, musikant of beeldhouer. ’n Inspirasie. ’n Voorbeeld. Dit is mense met wie ons jare al ’n pad stap – gewoonlik sonder hul medewete. Ek stap al van hoërskool af só ’n pad met Maretha Maartens. Een Vrydag, meer as 20 jaar nadat ek met die pad begin het, kry ek die geleentheid om haar te ontmoet. Julle moet een ding verstaan: Die geleenthede wat oor my pad kom, is yl gesaai en blitsig – soos ’n meerkat wat oor ’n warm Kalahari-pad hardloop. So besluit ek om die geleentheid met albei hande aan te gryp. Op pad Bloemfontein toe is my gedagtes relatief leeg. My oë val op die vier groen en geel John Deere-trekkers wat fluks op die lande werskaf. Ek verstom my aan die vrugbare grond van die Vrystaat. Nadat ons die verkeerde afrit gevolg het, bereik ons ná ’n gesukkel ons bestemming. Die res van my gesin gaan drink koeldrank in ’n nabygeleë winkelsentrum en ek voel skielik verlore toe ek vir hulle waai terwyl
die motor om die draai verdwyn. My bene dra my bewerig die somerskemerte in. In my een hand klem ek ’n koevert vas. Daarin is die raamwerk van ’n projek van my en ek wil graag haar mening vra. My oë sukkel om aan die omgewing gewoond te raak wat nou vinnig in duisternis gehul word. ’n Figuur maak sy verskyning en nooi my nader. Dit is haar man. Dierbaar, stemmig. Die voordeur swaai oop. Sy groet my vriendelik met die hand en nooi my in. Sy is net soos ek haar voorgestel het uit rubrieke en artikels in die media. Vroulik. Liefdevol. Rustig. Met dié dat ons verdwaal het, het my uurafspraak ’n afspraak van 20 minute geword. Ek babbel aanhoudend en val haar telkens in die rede. Sy wag geduldig. Die woorde borrel hard-op uit my . . . deels van afwagting, deels van senuwees, deels van opwinding. My projek bruis oor my lippe, deel sy wese met die vreemdeling voor my. Die tyd is in ’n oogwink verby en ons moet groet. By die stoeptrap draai ek om en steek my hand na haar uit. Sy neem dit sag in hare. ’n Warmte kom skop luilekker nes in my hart. Dit is ongelooflik hoe iemand in ’n paar minute jou inspirasie kan gee wat voel of dit ’n leeftyd gaan hou.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Beurtkrag net soos nodig toegepas GEEN kommer oor beurtkrag heers in die Noord-Kaap nie en dit sal net toegepas word indien nodig, sê Hugh McGibbon, bestuurder van Eskom in die Noord-Kaap. McGibbon sê die kragtoestand bly kritiek en is onderhewig aan enige verandering –
veral in die winter. Hy het gesê sou die vraag na elektrisiteit steeds verhoog nadat noodreserwe-elektrisiteit gebruik is, mag Eskom ’n noodtoestand afkondig om ’n algehele ineenstorting van die stelsel te voorkom.
KANKEROORLEWENDES het Saterdag pret op Kansa se Relay for Lifeprojek gehad. Van links is Kamohelo Sephiphi, Jayden du Plessis, Frances Klopper, Lané Marais en Boitumelo Molale wat almal as kankeroorlewendes om die baan gestap het.
Foto’s: Lecrecia Prins
Kimberliete stap saam teen kanker Lecrecia Prins AS daar een ding is waarmee Kimberliete goed is, is dit om vir ’n goeie doel saam te staan. Jonk en oud het saam aan Kansa se geldinsamelingsprojek – Relay for Life – deelgeneem om pasiënte wat aan kanker dood is, dié wat steeds daarmee saamleef en dié wat dit oorkom het te vereer. Die geleentheid, wat op 1 Maart gehou is, word jaarliks oor die wêreld heen aangebied en vanjaar was dit Kimberley se vyfde keer. Die doel van die Relay for Life is om soveel mense moontlik te kry om aan ’n heelnag-staptog deel te neem. Die geld wat ingesamel word, gaan aan die sorg van pasiënte, die vroeë opsporing van kanker en gesondheidsopleiding oor hoe om kanker te voorkom. Dit word ook gebruik om Kansa se infrastruktuur te verbeter. Leerlinge van verskeie laer- en hoërskole het aan dié geleentheid deelgeneem en die kanker-oorlewendes met dans en musiek vermaak. Ander leerlinge het ook van die geleentheid gebruik gemaak om bloed te skenk. ) Die jaarlikse Shavathon van Kansa het ook vroeër die dag op 1 Maart in die Diamond Pavillion Mall en Rhodes-
KANSA het sy Relay for Lifeprojek op 1 Maart gehou. Kankeroorlewendes, hul versorgers en familielede stap hier saam en het aan ’n heelnagstaptog deelge neem. dene Pick n Pay plaasgevind. Die geleentheid is goed deur die inwoners van Kimberley ondersteun en jonk en oud het deelgeneem deur hul hare te laat spuitverf of te skeer ter ondersteuning van hulle wat in ’n stryd teen kanker gewikkel is. Verskeie sakeondernemings het ook deelgeneem en ’n feestelike atmosfeer het geheers. By die Sol Plaatje-munisipaliteit het selfs ’n hondjie aan die pret deelgeneem.
Kabel eis man ’n MAN is Woensdag doodgeskok toe hy na bewering koperkabels by ’n substasie in Leratopark wou steel. Volgens Sello Matsie, kommunikasiebestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, is die man se lyk met ’n rooi slot in sy hand gevind. Hierdie slot word gebruik om die deure van die substasie te sluit. Munisipale amptenare het die man se lyk gevind toe hulle ondersoek oor ’n kragonderbreking by dié substasie ingestel het. Matsie sê ’n luggat aan die agterkant van die gebou was gedeeltelik gebreek terwyl verskeie elektriese kabels rondgelê het. Volgens lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, is die man se identiteit onbekend. Die man het handskoene aangehad, ’n swart T-hemp, blou Nike-tekkies en ’n blou oorpak. Die die skade is meer as R200 000.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Die lewe mag wel oor die reis gaan...
IN die werkwinkel is, voor: Lydia Marman wat opleiding gee; van links, agter: Ma rianna Moolman, programbestuurder van die departe ment, Boniswa Kan guwe, gestremd heidkoördineerder van die departe ment, Susan Ma troos, hoof maat skaplike werker van die nasionale raad, Therina Wentzel, nasionale direkteur van die nasionale raad, en Gert Klop per, kommunikasie bestuurder van Pe tradiamante Suide like Afrika.
...maar dit gaan ook oor hoe jy klaar maak. Met bykans 100 jaar ondervinding in begrafnisversekering en begrafnisdiens, verseker AVBOB dat daar goed na jou en jou geliefdes omgesien sal word.
KRY TOT R4000 KORTING OP ‘N BEGRAFNIS
Foto: Emile Hendricks
Werkwinkel weer oop
Alle lewens wat deur ‘n AVBOB-polis verseker is kwalifiseer vir gratis vervoer van die oorledene in Suid-Afrika en tot R4000 korting op ‘n begrafnis op voorwaarde dat die begrafnis deur AVBOB Begrafnisdiens uitgevoer word.
DIE Vereniging vir Persone met Gestremdhede se werkwinkel sal binnekort weer volstoom aan die gang wees nadat dit sowat ’n jaar gelede weens ’n gebrek aan geld moes sluit. ’n Vennootskap tussen die Nasionale Raad vir Mense met Fisieke Gestremdhede, die departement van maatskaplike ontwikkeling en Petra-diamante, het dit moontlik gemaak om die werkwinkel te heropen. Sowat 20 mense met gestremdhede wat in die werkwinkel gewerk het, het dié werk en die gepaardgaande inkomste verloor toe die werkwinkel ’n jaar gelede moes toemaak. Therina Wentzel, nasionale direkteur van die nasionale raad, sê die departement van maatskaplike ontwikkeling wou eers ’n private vennoot hê voordat die departement met ’n subsidie sou kon help. Petra-diamante, wat in geheel R700 000 vir die jaar beskikbaar gestel het, het dié leemte nou gevul, wat beteken die departement is nou weer betrokke.
Vir meer inligting kontak ons De Aar Tak Hoofstraat 64 De Aar Tel: (053) 631 3611
Keimoes Tak Kenhardtstraat 2 Keimoes Tel: (054) 461 1226
Vryburg Tak H/v Stella- & Kerkstraat Vryburg Tel: (053) 927 2671
Ons is hier vir jou
Terme en voorwaardes geld. Onderlinge Versekeringsgenootskap AVBOB is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. AVB NOORDKAAP 1
19 - 23 March 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
15
2990
90
15 each
Dairybelle Real 100% Juice 1.5l
Egte Braaiwors
4490 per kg
Lean Burgers 4’s
Black Grapes Box 1.5kg
! S G N I V SA R
per kg
per box
5for
23
R
per pack
Clover Cheddar or Gouda Cheese 240g
4290
20
per kg
R
t "TTPSUFE
Pork Chops 34
Avocado’s
6990
2for R
25
per kg
5490
Lamb Braai Ribs
per kg
Stew Beef 34 Tray
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W or we’ll BEAT it*
here else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Goeie sorg hier gewaarborg Carine Beylefeld CONNIE SCHOEMAN (41), oftewel Mammie soos die kinders haar noem, bedryf al 16 jaar die Shelanti-dagsorgsentrum vir gestremde en normale kinders in Rosestraat in Beaconsfield. Van kleins af het Connie al honde en hoenders “gedokter” en diere versorg. Sy vertel sy het jare gelede as verpleegster in die kindersaal van die Kimberley-hospitaal gewerk en daar met gestremde kinders te doen gekry. Met baie ondervinding en ’n passie vir die kinders het sy in geloof haar werk bedank en die Here vertrou met die Shelantidagsorgsentrum. Dié naam beteken The very best I wish for myself, I wish to you. In daardie tyd wou sy graag na haar eie kinders omsien en het ook die behoefte van ’n dagsorgsentrum vir gestremdes raakgesien. Sy wou graag net ses gestremde kinders onder haar sorg gehad het, maar daar was slegs een inskrywing (Tommy Diedericks) wat sy ses maande versorg het. Sy vertel dit het maar broekskeur gegaan en toe sy haar laaste werkloosheidsversekeringsgeld getrek het, het die Shelantidagsorgsentrum ál meer kinders bygekry. Vandag spog sy met 14 kinders van wie sommige erg gestremd is. Daar is ook normale kinders in
Shelanti. Connie vertel elke kind is besonders en as Christelike dagmoeder moet jy ’n passie vir dié kinders hê. Connie maak self vir hulle kos, want sommige kinders eet spesiale kos en ander net fyn kos. Sy voer die kinders self en gee vir hulle medisyne. Dit gebeur soms dat sy van die gestremdes moet optel en het ’n paar keer vir Michael Immelman (16), wat 68 kg weeg, in en uit sy rolstoel getel. Dit het twee jaar geduur om Michael te leer om ’n lepel vas te hou en self te eet. Van die kinders dra doeke wat sy gereeld moet omruil. Soms sit haar man, Peet, en hul twee kinders, Petrus en Zandelee, hand by. Fisio- en arbeidsterapeute bied hul diens weekliks gratis by die Shelanti-dagsorgsentrum aan. Connie help ouers wat nie die geld vir die Shelanti-dagsorggerief kan betaal nie deur aan hulle ’n verlaagde bedrag te laat betaal. Sy salf en bid ook vir die kinders, en hulle bid ook vir haar. Sy sê sy bid elke dag dat die Here haar gesond moet hou om haar werk te kan doen. Want as Connie nie daar is nie, kan die kinders nie verstaan nie en sê hulle soek vir Mammie. Wat Connie se hart bly maak, is die ouers van die gestremde kinders ondersteun haar en waardeer haar vir wat sy doen. Sy vertel dokters het gesê Alicia,
HIER is voor in die rolstoel Michaela Mohammed (9); van links, agter: Renaldo (hulle noem hom Nancy) de Santos (36), Donsie Agenbag (33), Connie Schoeman (eienaar van die Shelantidagsorgsentrum) en Dawid (Tollie) Esterhuizen (28).
CONNIE SCHOEMAN met Michael Immelman (16) wat die eerste keer sy verjaardagkoek met ‘n le pel kon eet. Dit het twee jaar ge duur om Michael self te leer eet. Foto’s: Carine Beyleveld
nou twee jaar oud, sal nooit kan kruip nie, en vandag kruip sy wanneer sy nie in haar rolstoel sit nie. “Geld kan nie koop wat ek hier sien nie,” sê sy. Die slegste vir Connie was toe twee van die gestremde kinders gesterf het en dit drie dae uitmekaar. So tussendeur die dagsorg hou Connie daarvan om vir ’n ekstra inkomste borduurwerk te doen, sy lees graag, luister na Christelike musiek en kyk graag na Christelike DVD’s. Daarby het Connie ook vier hoenders, sewe honde, een kat, ’n tarantula, vyf voëls en ’n house dragon lizard op hul erf. Belangstellendes kan Connie bel by 053-842-1238 of 072-272-2241.
Van kleins af het Connie al honde en hoenders “gedokter” en diere versorg. Sy vertel sy het jare ge l e d e a s ve r pleegster in die kindersaal van die Kimberley hospitaal ge we rk e n d a a r met gestremde kinders te doen gekry.
STEFAN VAN HEERDEN met een van sy “kliënte”.
Foto: Carine Beyleveld
Hondesorg só kinderspeletjies Carine Beyleveld STEFAN VAN HEERDEN (44) en sy vrou, Liza, het sewe jaar gelede op die blink gedagte gekom om SSSL Dial-a-Dogfood te begin. Stefan werk al 22 jaar met honde en het al van kleins af ’n besonderse liefde vir honde. In die stadium het hulle twee boerboele en sewe yorkies. Stefan verkoop nie net hondekos en dip honde nie, maar rig ook honde af en leer eienaars hoe om hul honde te hanteer. ’n Bejaarde oom wat hy ken, het eendag vir hom gevra of hy nie sy hond vir hom wil kom dip nie, aangesien hy ’n suikersiektelyer is. Terwyl Stefan na die oom se huis gery het, het die oom se vrou gevra of hy nie sommer ook by die slaghuis vleis en ander kruideniersware by die supermark kan oplaai nie. Dit was vir Stefan geensins moeite nie en terwyl hy nog die kruideniersware in sy motor gelaai het, het hy twee mans gesien wat sukkel om ’n sak hondekos in ’n taxi te laai. Net daar het hy die plan gekry om nie net ’n mobiele hondedipwaentjie te kry nie, maar ook om te adverteer om hondekos te verkoop en dit geriefliker vir mense te maak en dit sommer by hul huis af te laai. Die oulike naam van SSSL Dial-a-Dogfood was die hele Van Heerden-gesin se idee. Dit
staan vir Stefan, sy seun, Stefan, sy dogter, Suné, en Liza, sy vrou. “Om ’n hond te hê is soos om ’n polis te hê: As jy na jou hond kyk, kyk jou hond na jou.” Soms voordat Stefan die dipwaentjie wil leegmaak, neem hy die waentjie na die DBV sodat hulle die honde daarin kan dip. Hy het al baie honde-eienaars gehelp met afrigting en sê die belangrikste is die hond moet eers gehoorsaamheid en dan aggressie geleer word. En al wat jy nodig het, is ’n leiband en om die hond te prys. Die grootste fout wat mense soms maak, is om op die hond te skreeu en die hond te slaan. Dit veroorsaak net gedragsprobleme by die hond. En om ’n gesonde hond te hê, sê Stefan, is om die hond net een maal per dag goeie, gebalanseerde hondekos te gee, die hoeveelheid hang van die hond se gewig af. “Moet ook nooit bene, tafelkos, knoffel, uie of sjokolade vir jou hond gee nie.” Honde moet ook liefs nie met ’n ketting aan ’n boom vasgemaak word nie en indien wel, moet die ketting lank genoeg wees sodat die hond kan rondbeweeg. Daar moet ook ’n boom wees wat die nodige koelte kan verskaf. Stefan kan by 071-351-8956 of info@sssldailadogfood.co.za gekontak word, of besoek www.sssldailadogfood.co.za.
GW onthaal gesinne DIE Griekwas bied môre ’n gesinsdag saam met GWK en Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, op GWK-park in Kimberley aan. Gesinne word genooi om van 17:00 af met hul tente en woonwaens op te ruk en lekker saam te kuier voordat die Griekwas die Limpopo- Blou Bulle Vrydag om 16:00 in ’n Vodacombekerwedstryd pak. Die Griekwa-spelers sal met die besoekers gesels en hulle sal die kans kry om hul gunsteling-spelers se handtekeninge te kry. Die spelers en bestuur sal vir die seuns ’n
afrigtingskliniek hou en ’n raakrugby-kompetisie word ook beplan. Tente kan op die B-veld opgeslaan word en ’n spesiale plek sal vir woonwaens uitgemerk wees. Vure en pap en sous sal voorsien word. Besoekers kan hul eie vleis en drinkgoed bring. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Wagte sal aan diens wees. Kaartjies kos R50 en sluit ’n toegangskaartjie na die wedstryd die volgende dag in. Kontak Nadia Louw by 053-832-8773 vir meer inligting of om kaartjies te koop.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
PROMOSIE: TOP CARPETS KIMBERLEY
LETITIA SNYMAN (links) van Top Carpets en Patricia van Eeden van Xpanda.
Foto: Emile Hendricks
Top Carpets en Xpanda nou onder een dak TOP CARPETS KIMBERLEY spog met ’n splinternuwe vertoonlokaal. John-Ed Honiball van Xpanda is die nuwe eienaar van Top Carpets Kimberley en die twee name is nou onder dieselfde dak. Volgens hom het hy hierdie baie standvastige, gedissiplineerde en suksesvolle onderneming oorgeneem en beplan hy om op die standaard voort te bou. Die gerief van Xpanda en Top Carpets op dieselfde perseel bied nou net soveel meer aan die publiek. Honiball en sy personeellede beskou dit as ’n baie groot uitdaging om die publiek te dien en van Top Carpets Kimberley ’n nog groter sukses te maak. “Ons spog met personeellede met baie jare se ondervinding in vloerbedekking en die aanbring daarvan wat saam met Top Carpets uitgebrei het,” sê hy. “Verder is die kombinering van Xpanda en Top Carpets ongetwyfeld ’n wenresep, aangesien ons soveel meer aan die behoefte van die publiek kan voldoen. “Geen werksopdrag is vir ons te groot of te klein nie en die publiek kan na ’n wye verskeidenheid produkte van gehalte uitsien.” Produkte wat hulle verkoop, sluit in volvloermatte, nywerheidsmatte, vinielplanke, gelamineerde houtvloere, kunsgras, blinders (groot verskeidenheid), trellisdeure, diefwering, veiligheidshekke, roller shutters (nywerheid), hout- en staalmotorhuisdeure. “Die Xpanda- en Top Carpets-personeel sien uit daarna om u in ons nuwe vertoonlokaal te ontvang.”
GERRIT GAGIANO van Top Carpets.
Foto: Emile Hendricks
TOP CARPETS se bestuurder, Johan Deetlefs.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
LENINGS
ALLERLEI
VOERTUIE GESOEK OM TE KOOP 3075
1845
1445
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
KONTANT VIR motors, bakkies, ens. Alle modelle. 071 967 0285. WhatsApp.
SAKE
ADMINISTRATIEF 3605
WOONSTELLE TE HUUR 3250
1871
3600
EIENDOMME
BOME BROODBOME te koop. Skakel 083 284 6192.
BETREKKINGS
TE HUUR: 1-slk-woonstel. Klisserville. Toesluitafdak. Nuutopgeknap. Naby skole. R2 600 deposito betaalbaar. Koopkrag. Tel. 083 270 4871 /072 500 4276. Onmiddellik beskikbaar.
ADMIN COPY/PASTE/DATA CLERKS NEEDED: FOR INFO SMS NAME/ADDRESS TO: 084 904 6873 or e-mail: d.workforce7@gmail.com
VERKOPE & BEMARKING 3760
GELEENTHEDE
TE HUUR: KLISSERVILLE. 1-slk-woonstel, veilig, stil, netjies vanaf 1 CHOCOLATE MANUApril 2014. R3 200 per FACTURING, SWEET DISTRIBUTION, maand deposito. R3 200 vooraf betaalbaar. Geen MEDICAL AID KITS: troeteldiere. 1 voertuig. Sales successful, profitaSkakel 053 832 1474. ble business. Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net TE HUUR
VEGETABLE SEED MARKETING AGENT WANTED Commission only based agent position Requirements - Existing income -Mature, 40 years plus - Own transport & Cellphone -Proffesional knowledge of 3205 vegetable seed industry VOERTUIE -Previous/current agriculKLISSERVILLE tural experience(proffesioNuutgerestoureerde een- nal)Interested,send a slaapkamerwoonstel in erf. short introductory email MOTORS TE KOOP R2 600 per maand. Kooplisting previous agricultu3025 krag (water ingesluit). ral experience to info@shaOnmiddelik beskikbaar. lomagriculture.com 1998 COLT, R28 500. 2000 Fiesta, R25 000. 1988 Skakel 08:00 - 14:00. Conquest R19 500. 071 967 072 865 3442. 0285. 2415
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VOLKSBLAD en Kumba Iron Ore bied vanjaar weer die kompetisie aan om die NoordKape naar van die Jaar en die NoordKaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Hier is Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ysterertssakeeen heid in SuidAfrika. Foto: Verskaf
NK-presteerders weer vereer André Botha
DIE soektog na Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en NoordKaapse Instansie van die Jaar is weer in volle gang. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. “Kumba is onlosmaaklik deel van die Noord-Kaap, nie net omdat ons twee grootste myne hier is nie, maar omdat die meeste van ons personeellede boorlinge van die Noord-Kaap is. Die Noord-Kaap se mense is ons familie en vriende en daarom lê die welstand van die streek ons na aan die hart,” sê Norman Mbazima, uitvoerende hoof van Kumba Iron Ore, Anglo American se ystererts-sake-eenheid in Suid-Afrika. “Ons is trots op wat ons mede-Noord-Kapenaars doen om hul onderskeie gemeenskappe op te hef. “Daarom is dit vir ons belangrik om in samewerking met Volksblad erkenning te gee aan individue en instansies wat baanbrekerswerk doen om ’n beter toekoms vir almal in die provinsie te skep. “Ons sien daarna uit om weer ’n groot ‘oes’ van inskrywings te ontvang en opnuut aangespoor te word deur die voorbeeld van diens wat die uitsonderlike individue en instansies stel.” Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep, sê dit is vir Volksblad ’n voorreg om deur die projek erkenning aan die mense van die Noord-Kaap te gee. “Ons bring hulde aan individue wat presteerders is, maar ook aan gemeenskapswerkers wat deur hul omgee ’n verskil aan die maatskaplike welsyn van die provinsie maak. “Deur die Noord-Kapenaar van die Jaar salueer ons die uitblinkers en die omgeemense wat dié provinsie se hart warm laat klop.” Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Gee ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besondere sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word.
DIE kompetisie waarin die NoordKapenaar van die Jaar en die NoordKaapse Instansie van die Jaar aangewys word, word vanjaar weer in samewerking met GWK aangebied. Hier is Pieter Bekker (links, hoofbestuurder: primêre produksie) en Neil de Klerk, uitvoe rende bestuurder: korporatiewe bemarking. Foto: Emile Hendricks
Niemand mag hom-/haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: Interne impak: Die verskil wat die persoon maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die persoon sy of haar private tyd opoffer om die diens te lewer. Sou dit deel van die persoon se werk wees, die mate waartoe die persoon buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die persoon benoem word. Eksterne impak: Die bydrae wat die persoon lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
HNK ’n krag in sport Sportredaksie DIE Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley is een van die Noord-Kaap se groot kragte op die sportveld. In die onlangse Noord-Kaap-skoleskietliga het Reyhan Olivier ’n silwermedalje in die drieposisie-skiet (lê, staan en kniel) en ’n goue medalje in die 10 m-staanafdeling verwerf. Hy het ook ’n tweede plek algeheel in die o.16-sporterklas behaal. Jed Bartie het ’n bronsmedalje in die 10 m-staanafdeling verwerf. Atletiek Wat atletiek betref, het die HNK ook goed op die onlangse Frances Baard-byeenkoms in die Diamantstad gevaar. Nicole le Roux (bronsmedalje, verspring meisies o.15), Su-Marie Coetzee (goud, verspring en 200 m meisies o.19), Leatitia Human (silwer in 800 m en brons in die 400 m meisies o.17), Charlize Zara (silwer, 3 000 m, meisies o.17), Nigelene Daly (brons, 100 m meisies o.15), Jeanne-Ami Steenkamp (goud, 1 500 m meisies o.15), Mervin Ntsiko (goud, driesprong seuns o.15) en Fouzia van Heerden (silwer, 1 500 m, meisies o.19) het medaljes gewen. Su-Mari en Leatitia was ook op die Noord-Kaap-atletiekbyeenkoms in aksie waar hulle onderskeidelik silwer in die verspring en silwer in die 800 m verower het. Leatitia het ook ’n bronsmedalje in die 400 m verwerf. Wat tweekamp betref, is drie van die HNK se atlete, Melissa Carney, Leatitia en Jeanne-Ami, in die Griekwaland-Wesse tweekampspan ingesluit. Die span gaan die provinsie op 4 en 5 April in Potchefstroom op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms verteenwoordig.
LEATITIA HUMAN, kranige atleet van die HNK, op die atletiekbaan in aksie. Foto: Verskaf
Netbal Northerns se netbalspelers het ook die afgelope ruk goed gepresteer. Onlangse uitslae: Die o.19A-span klop Hopetown 40-7 en
Uitslae: Diamantveld-sportdag Sportredaksie DIE Hoërskool Diamantveld in Kimberley het die afgelope naweek weer ’n baie suksesvolle sportdag aangebied. Spanne van die Diamonds, die Hoërskole Landboudal, Noord-Kaap, Upington, Duineveld, Kimberley Boys’ High, Douglas, Homevale, N.J. Heyns, Adamantia, Helpmekaar en Koffiefontein was op die dag in aksie. Rugby-uitslae: o.19’s: Diamantveld 27 Landboudal 6; Noord-Kaap 43 Upington 6; Helpmekaar 50 Duineveld 10; NoordKaap B 21 Duineveld B 7; Diamantveld C 24 Kimberley Boys’ High 5; Douglas 15 Duineveld C 27; Homevale 10 Duineveld D 17; Hopetown 41 NJ Heyns 12; Adamantia 10 Koffiefontein 5. o.16’s: Diamantveld 21 Landboudal 0; Diamantveld B 37 Kimberley Boys’ High 0; Duineveld 20 Noord-Kaap 63; Duineveld B 21 Adamantia 19; Upington 60 Homevale 0. o.15’s: Diamantveld 43 Landboudal 0; NoordKaap 15 Duineveld 5; Diamantveld B 25 Douglas 31; HTS Kimberley 0 Duineveld B 25. o.14’s: Diamantveld 18 Duineveld 22; Noord-Kaap 19 Upington 19; Homevale 10 Duineveld B 7; Diamantveld B 0 Douglas 38. Netbal (slegs o.19A-spanne): Eunice 19 Affies B 10; Landboudal 13 Affies B 12; Noord-Kaap 11 Affies 24; Diamantveld 24 Eunice 27; Duineveld 12 Affies 41; Upington
13 Noord-Kaap 25; Landboudal 13 Jim Fouché 27; Landboudal 21 Duineveld 30; Diamantveld 25 Jim Fouché 17; Upington 9 Affies 54; Noord-Kaap 29 Oranje 19; Duineveld 36 Oranje 26; Diamantveld 11 Affies 49; Upington 12 Landbou-
dal 26; Noord-Kaap 21 Jim Fouché 24; Diamantveld 7 Oranje 5. Hokkie: Meisies (net o.19A-spanne): Diamantveld 1 Affies 1; Diamantveld 0 Oranje 9; Noord-Kaap 0 Oranje 6; Noord-Kaap 2 Jim Fouché 0; Upington 0 Jim Fouché 3; Eunice
8 Affies 1; Eunice 6 Duineveld 0; Landboudal 1 Affies 1. Seuns (net o.19Aspanne): HTS Kimberley 6 Duineveld 0; Kimberley Boys’ High 7 Upington 1; Diamantveld 0 Jim Fouché 5; Noord-Kaap 2 Jim Fouché 2.
Landboudal 29-21; die o.17A-span verloor teen Landboudal; o.19B klop Hopetown se o.19B-span 32-14; o.16A klop Landboudal 22-9 en Hopetown 27-12; o.15A klop Hopetown 35-2 en Landboudal 23-5; o.14A klop Landboudal 23-10 en Landboudal o.16C 34-2; o.14B verloor teen Landboudal o.16C 4-9 en Landboudal o.14A 10-20. Hokkie Wat hokkie betref, het die HNK se o.19A-seunspan onlangs die binnenshuise eindstryd teen die HTS Kimberley gewen. Drie minute voor die einde was die Northerns nog met 3-7 agter, maar teen die einde was dit 7 elk met ’n uitskietstryd waarin die HNK eindelik as wenner gekroon is. Die o.19C-span het Homevale 1-0 geklop en is na die A-afdeling gepromoveer. Op die Fichardtpark-sportdag in Bloemfontein het die HNK se o.19A- en o.16Aseunspanne onderskeidelik 4-0 met Fichies en 2-0 met Hudsonpark afgereken. Wat die meisiespanne betref, het HNK se o.16B-span met 0-4 teen Sentraal se o.16Aspan verloor; HNK o.16A het 0-0 gelykop teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad gespeel en die o.19A-span het Fichardtpark met 4-0 geklop. Ander uitslae: Rugby: HNK o.19C 44 Hopetown o.19A 7; HNK o.15A 53 Landboudal o.15A 0; HNK o.14A 63 Landboudal o.15A 3; Landboudal o.15B 28 HNK o.15B 24; HNK o.14A 12 Marlow o.14A 10; HNK o.15A 10 Marlow o.15A 5; HNK o.15B 27 Marlow o.15B 12; HNK o.16A 27 Marlow o.16A 18; HNK tweedes 17 Marlow tweedes 17; HNK eerstes 27 Marlow eerstes 16. Tennis Fichardtpark-sportdag: senior seunspan (A-span) eindig eerste en senior seunspan (B-span) eindig tweede. Senior meisiespan (A-span) eindig sewende en senior meisiespan (B-span) eindig vyfde.
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 19 MAART 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Victory bitter-sweet Sports Editor
Gesels saam met ander Noordkaap-lesers op Facebook by Noordkaap koerant
THE Griquas could manage only two tries in their Vodacom Cup outing against the Griffons to record their second victory in this year’s competition. The Peacock Blues beat the visitors 20-12 at GWK Park in Kimberley on Saturday afternoon. Beating the Limpopo Blue Bulls comfortably last weekend in Bultfontein, the Griffons looked to carry that momentum to their game against the Griquas. The hosts started building some good momentum of their own, and the full back, Jacquin Jansen, levelled the scores in the 14th minute, kicking a good penalty after missing an easier attempt earlier. The Griffons put together some impressive phases of play, only to see their momentum disrupted by passes going astray and the wrong decision making at times. They put the Griquas under good pressure, but it was the hosts who took the points when they came their way and Jansen kicked another penalty shortly before halftime to give his side a lead of three points at the break. Both the Griquas and the Griffons started the second half well, but it was the hosts who scored the first try of the game when winger Rocco Jansen jotted down. Jansen converted to give the Griquas a cushion of ten points. The Griffons reduced the deficit to a converted try via another penalty by Strydom. The latter converted after the visitors had put together some good attacking phases of play, only to see it stopped by the Griquas’ ill discipline. Strydom kicked a couple of penalties to bring the deficit down to eight points for the Griffons in the last couple of minutes, but the Griquas defence held fast and the hosts went home empty handed. Afterwards the Griquas coach, Peter Engledow, lamented his side’s poor performance against the Griffons. “We are happy with the victory, but we are very disappointed in the way it was achieved. We have some hard work ahead of us,” Engledow said.
GRIQUAS FLANKER MARNUS SCHOEMAN (with ball) tries to break through the Griffons defence in the side’s Vodacom Cup encounter Saturday in Kimberley. Photo: Bernard Gerber
Griquas vs Griffons Scorers: Griquas 20 (6): Tries: Rocco Jansen, Marnus Schoeman. Conversions: Jacquin Jansen (2). Penalties: Jacquin Jansen (2). Griffons 12 (3): Penalties: Louis Strydom (4).