Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 26 Maart 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
GRATIS
Sterk aan ná messteke Aanvaller na Weseinde- Psigiatriese Hospitaal verwys Charné Kemp
MARETHA MINEUR in haar hospitaalbed. Sy is baie gelukkig dat die inbreker se mes haar slagaar met millimeters gemis het.
Foto: Emile Hendricks
DIE Mineurgesin moes inderhaas een van hul grensmure hoër laat bou en ’n elektriese heining installeer ná twee misdaadvoorvalle in twee weke. Foto: Charné Kemp
DIE vermeende inbreker is op video vasge vang. Sy lang mes is op die foto sigbaar.
Foto: Emile Hendricks
JOHANNES MYBURGH (25) in die hof.
Foto: Charné Kemp
DIE man wat van die mesaanval op Maretha Mineur (56), vrou van die bekende internis dr. Bob Mineur, en diefstal in hul huis in Belgravia verdink word, is na die Weseinde- Psigiatriese Hospitaal verwys. Johannes Myburgh (25) het reeds twee keer met ’n kaalgeskeerde kop in die landdroshof verskyn. Sy linkeroog was met sy eerste verskyning geswel en hy het stip na die mense in die hof gestaar. Hy het skynbaar dieselfde klere gedra as die dag van die aanval toe hy deur veiligheidskameras op video vasgelê is. Mineur is verlede week uit die hospitaal ontslaan en is nou met vakansie. Sy is voorverlede Sondagoggend voor haar kombuisdeur aangeval nadat sy van die winkels teruggekeer het. Mineur het ná die derde messteek, waarin haar hoofslagaar met millimeters misgesteek is, met een hand na die hospitaal bestuur en met die ander hand die bloeding probeer keer. “Hy het so hard gesteek dat die lem gebuig het. Die inbreker het sy mes verloor, my handsak gegryp en weggehardloop,” het sy vertel. Iemand het ’n week voor die aanval ook toegang tot die Mineurs se huis verkry en verskeie elektroniese artikels, asook klerasie, gesteel. Tydens die ondersoek het die polisie verskeie vermoedelik gesteelde artikels gekry. Lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê daar is ’n iPad, iPhone en ’n skootrekenaar by die verdagte gevind. Die polisie het tydens sy ondersoek ook nog ’n klein rekenaar, ’n iPad, juwele, ornamente en sowat 100 musiek-CD’s gevind. Dit behoort alles na bewering aan die Mineur-gesin. Die waarde van die goedere beloop R42 000. Nolunta Lateta, staatsaanklaer, het in die hof gevra dat die saak uitgestel word. Myburgh moet vir sielkundige waarneming gestuur word. Hy word van diefstal en poging tot moord aangekla. Ise Khumalo van Regshulp Suid-Afrika, wat Myburgh verteenwoordig, het dit bevestig. Daar is nog nie sekerheid of hy aansoek om borgtog gaan doen nie. Die polisie het Myburgh verlede week in die middestad aangekeer nadat ’n interne ondersoek na polisienalatigheid gelas is. Die vorige ondersoekbeampte is met ’n senior polisielid vervang nadat die Mineur-egpaar oor swak diens van die polisie gekla het. Die egpaar het reeds begin om sekuriteit by hul huis verder op te skerp. Die man het vermoedelik oor ’n lae tuinmuur gespring. Dr. Mineur het gesê hy gaan die muur hoër laat bou en die elektriese heinings verleng. Hulle bly al 25 jaar in die huis.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Sjef (86) nog nie koud Carine Beylefeld MET jare se ondervinding in die hotelbedryf is George Lehman welbekend in Kimberley en Suid-Afrika. En op 86 jaar kan hy steeds tien borde in een hand vashou en dra. Hy het sy werk geleef en tot 16 uur per dag op sy voete bestee. En het hy self “model” gespeel vir die Barbers-winkels om uitrustings in die ou Rhodesië te vertoon. Sy loopbaan van glans en baie harde werk het in 1947 begin. Lehman, die middelste van drie kinders, het op ’n plaas grootgeword. Nadat sy pa dood is, moes hy van st. 8 (gr. 10) af sy familie geldelik help. Nadat hy ’n advertensie vir poste in die voedselafdeling van die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS & H) in Kroonstad gesien het, het hy aansoek gedoen om ’n kursus van drie jaar af te lê. Daarna het hy in die Enslinpark-spoorwegstasie in Johannesburg se restaurant begin werk waar hy besef het dít is wat hy graag wil doen. Hy het in die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) as hoofsjef begin werk. ’n Buitelandse vlug het tot tien dae geduur met verskeie landings voordat die eindbestemming bereik is. In daardie dae moes die etes op die vliegtuig voorberei en warm gehou word. Ná ’n paar jaar het Lehman in die Hotel Avalon in Kaapstad as voedeldiensbestuurder en bestuurder begin werk. Hier was hy onder meer vir diplomatieke gesellighede verantwoordelik. Hiervoor moes hy alles beplan: van die spyskaart, geregte en resepte tot die opleiding van kelners. Vir 100 mense is tien kelners gebruik met ’n wit servet oor hul regterarm en hul oë net op hom gerig. Wanneer hy iets doen, moes hul op daardie oomblik dieselfde doen.
“Ek is nog nie moeg vir werk nie en help graag waar ek kan.” – George Lehman
MET jare se ondervinding in die hotelwese is George Lehman welbekend in Kimberley en SuidAfrika. En op 86 jaar kan hy steeds tien borde in een hand vashou en dra. Hier sit hy met ‘n album vol foto’s van die werk wat hy oor die jare gedoen het. Foto: Carine Bey-
leveld
Lehman het toe as sjef en om die personeel op te lei in die Alphen-hotel begin werk. Hier het hy die eerste keer met die Meikles-familie te doen gekry. Dié familie het die Meikles-hotel in Salisbury (nou Harare) besit. Hulle het hom genooi om vir hulle te gaan werk en in 1969 is hy Salisbury toe. Hy het verskeie hotels vir die familie geopen. In 1972 is hy twee jaar na die Hotel Cornell en die Hotel Fairmont –Nob
Hill in San Fransisco om opleiding te kry. In 1973 het Lehman die voorsitter van die destydse Rhodesië se hotelvereniging geword. In 1980 het hy heelwat met die politiek in die land te doen gekry deurdat verskeie staatshoofde en diplomate betrokke by die onderhandelings oor die oorgang na ’n meerderheidsregering in die hotel tuisgegaan het. In 1982 het hy na Suid-Afrika teruggekeer waar die hotelmagnaat Sol Kerzner hom gevra het om in verskeie hotels van Sun International te werk. Dit is hoe hy in Kimberley beland het toe hy by die destydse Kimberley-hotel, nou Garden Court, aangestel is. In die 1990’s het hy die Kimberley-klub bestuur. Hy bestempel die Rhodes-kamer in dié klub as die beste restaurant in Kimberley. In 2012 en 2013 het hy die restaurant Annabel’s bestuur en verlede jaar het hy vir Larry Schoeman by die Horsehoe-motel gewerk waar hy die personeel opgelei het en gesellighede help organiseer het. Op 86 jaar pla sy rug hom effens, maar verder is hy perdfris en gesond. Hy speel soms gholf, kyk graag na sport of televisie en geniet dit om daagliks koerant te lees en met vriende te kuier. “En”, sê hy, “ek is nog nie moeg vir werk nie en help graag waar ek kan.” Met honderde foto’s, albums, koerantknipsels, wonderlike herinnerings en ’n vol lewe agter die rug beoog George om ’n boek oor sy lewe te skryf.
NK-span nie na byeenkoms Lecrecia Prins OUERS, leerlinge, onderwysers en skoolhoofde is kwaad en teleurgesteld omdat leerlinge van laerskole in Kimberley nie die afgelope naweek aan die nasionale laerskole-atletiekbyeenkoms in die Paarl kon deelneem nie. Dié atletiekbyeenkoms het van 20 tot 22 Maart plaasgevind. Die leerlinge sou verlede Woensdagaand per bus van Kimberley vertrek het. Teen Woensdagoggend het alles nog volgens plan verloop. Die skole is Woensdagmiddag in kennis gestel die Noord-Kaap-span is van die byeenkoms onttrek omdat daar nie verblyf vir die leerlinge in die Paarl gekry kon word nie. Leerlinge wat wel aan die byeenkoms deelgeneem het, moes op hul eie koste gaan en ook in hul skoolsportdrag deelneem. Hulle is nie van provinsiale sportdrag voorsien nie. Daar was 80 leerlinge van die provinsie wat moes deelneem, maar net 17 leerlinge het deelgeneem. Volgens Sydney Stander, woordvoerder van die onderwysdepartement, is die departement van sport, kuns en kultuur verantwoordelik vir die logistiek van provinsiale en nasionale geleenthede. Stander sê die departement van sport, kuns en kultuur kon nie verblyf vir die kinders kry nie en die departement van onderwys het onmiddellik die skole in die distrikte in kennis gestel. Morapedi Sekhaone, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, het navrae na die onderwysdepartement verwys. ) Wat is jou mening hieroor? Lewer kommentaar op ons Facebook-blad by NoordkaapKoerant.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014 VRYDAG 4 April ) Nocci bied ’n gholfdag by die Kimberley-gholfklub aan. Donderdag 10
April Die NG kerk Dutoitspan bied ’n kuieraand aan. Jana du Plessis, Finesse se Inspirasievrou van 2013, Mev. Bloemfontein en die Cansa International Hero of Hope, sal as spreker optree. Dit begin om 18:30 vir 19:00 by die Hoërskool Adamantia. Kaartjies is tussen 10:00 en 14:00 by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel 053-842-1100 of bel Louise Hattingh by 082-697-8869 om besprekings te doen. Kaartjies kos R130 per persoon. Saterdag 12 April Die Bikers’ Church bied om 18:00 vir 18:30 ’n Clint en Co-aand in die kerk aan. Bywoning kos R80 vir volwassenes en R30 vir leerlinge. Bel Nela by 082-788-5561 om kaartjies te bespreek. Saterdag 10 Mei Die NG kerk Dutoitspan bied van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal lekker sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek en baie te doen vir die kleinspan wees.
Herwinbare ware hier ingedien HERWIN en leef groener. Herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
Schoeman droom groot Lecrecia Prins MARNUS SCHOEMAN, ’n Griekwa-flank, is vandeesweek die rugbyspeler oor wie Noordkaap berig. Dít is deel van ’n reeks artikels waarin die koerant die spelers aan Kimberliete bekend stel. Schoeman is in 1989 in Edenvale, Gauteng, gebore. Hy het aan die Laerskool Van Riebeeckpark en die Hoërskool Waterkloof skoolgegaan. Ná skool is Schoeman deur die Blou Bulle gekontrakteer. Hy het in 2006 en 2007 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan uitgedraf. In 2009 het hy vir Suid-Afrika se o.20-span in die Wêreldbekertoernooi gespeel. Van 2007 tot 2011 het hy vir die Blou Bulle gespeel, waarna hy hom by die Griekwas aangesluit het. Schoeman sê sy rolmodel in rugby is Richie McCaw, omdat hy “jare al die beste flank is en altyd op die hoogste vlak goed speel”. Schoeman se droom is om eendag ’n Springbok te word. Die rede waarom hy vir die Griekwas speel, is vir die “oop manier van rugby speel en omdat jy jou sonder perke op die veld kan uitleef”. Hy sê benewens hengel en gholf speel is daar nie veel in Kimberley te doen nie. Die hoogtepunt van sy loopbaan is toe hy in 2012 as speler van die wedstryd in ’n Curriebeker-wedstryd teen die Leeus op El- lispark aangewys is. Ná rugby beplan Schoeman om saam met sy pa ’n onderneming te bedryf. Sy meisie is Riana Oosthuizen. MARNUS SCHOEMAN (regs) oefen saam met Martin Bezuidenhout.
Foto: Emile Hendricks
Join in the largest voluntary action for enviroment ON Saturday, 29 March, at 20:30 millions of people across the world are switching off lights for one hour. This is to celebrate their commitment to
the planet. Last year during Earth Hour 6 950 cities and towns across 152 countries participated, and it cemented itself as the largest
voluntary action for the environment. The Earth Hour organisation challenges everyone to pledge to switch off the lights on this day from 20:30 to 21:30.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Kring voltooi as fees na park trek DIT is goeie nuus dat die Gariep Kunstefees weer vanjaar in die Oppenheimer-tuin gehou gaan word en dat ’n moontlike nuwe tuiste vir die fees vir volgende jaar gekry is. Dié fees het oor die jare heen een van die groot hoogtepunte op Kimberley se sosiale kalender geword. Dit dien ook as ’n groot ekonomiese inspuiting. Die Oppenheimer-tuin was in vele opsigte die ideale terrein: sentraal geleë, ander geriewe digby en in ’n aantreklike omgewing. Maar vooruitgang kan nie gekeer word nie en die universiteit is vooruitgang. Die ontruiming van die tuin
deur die feesbestuur is dus die prys wat vir dié noodsaaklike vooruitgang betaal moet word. Hoewel Queenspark op die oog af dalk nie heeltemal so ideaal vir die fees is soos die Oppenheimer-tuin nie, is dit ’n uitstekende tweede keuse. En op ’n manier word die kring voltooi. Die park, oorspronklik die Kimberley Public Gardens, bestaan al sedert 1874. In 1892 is ’n internasionale uitstalling in die park gehou in ’n gebou spesiaal vir dié doel opgerig. Die uitstalling was ’n mislukking en die gebou is toe gesloop. Maar die park het behoue gebly, en nou gaan dit dalk weer die tuiste van ’n fees word.
DIE Joodse gemeenskap het van die staanspoor ’n groot rol in Kimberley gespeel. Die GriekwalandWesse Hebreeuse gemeente is in 1871 ge stig, dieselfde jaar as waarin Kim berley amptelik tot stand gekom het. Dit is die derde oudste bestaan de Joodse gemeente in die land naas die in Kaapstad en Port Elizabeth. Die eerste sinagoge, van sink gebou, is in 1876 opgerig. Die huidige sina goge is in 1901 opgerig en in Julie 1902 in gebruik geneem. Daar is on der meer ’n gedenkplaat met die na me van 127 Joodse soldate wat in die AngloBoereoorlog dood is. Foto: Africana Biblioteek
Bydrae tot Kby enorm HOEWEL die getalle in die Joodse gemeenskap baie afgeneem het, is die gemeente steeds aktief. Die sinagoge is in die Bisantynse styl gebou. Die oktagonale gebou het koperkoepels wat sterk aan die Oosterse argitektuur in Istanboel herinner. Die ark van gepoleerde marmer binne word deur vyf Bi santynse koepelstrukture soort gelyk aan dié buite die gebou ge kroon. Dit word as een van die bes te voorbeelde van sinagoge argitektuur in die wêreld en een van die mooiste sinagoges in die land beskou. Foto: Emile Hendricks
Tyd met spruite spesiaal Hannes Noëth PA-EN-SEUNTYD is altyd kosbaar. Soms kom dit net op vreemde tye en plekke voor. Ek skryf dié Twyfelhoekie-rubriek terwyl ek en Seun so ’n bietjie tyd saam bestee. Nou wel nie op die gholfbaan nie – dit sou lekker gewees het – maar nee, nie nou nie. Ook nie saam by ’n rugbywedstryd nie – vandag is daar nie rugby nie. Ons bring ’n bietjie tyd saam deur terwyl ons patrolliediens doen. Ons verhuising na Gauteng het genoodsaak dat ons deel van ’n buurtwag word. Wanneer dit jou beurt is, is die slaap maar min en kom jy jou verantwoordelikheid as landsburger na. ’n Mens kan opsien daarteen of die vreugde daarin raaksien om ’n paar uur saam in ’n voertuig deur te bring. Teen 10 km/h kan ’n mens heerlik kuier. Dit help nie jy kyk kort-kort op die horlosie nie – om haastig te raak gaan niemand help nie. Jou beurt is jou beurt. Groen lig op die dak, radio in die hand,
maar intussen kan Pa en Seun oor alles en nog wat gesels. Kosbare tyd saam. Hoe wonderlik die voorreg om met jou kinders te kan gesels. Dit gaan so maklik by ons verby en ons koester dit nie genoeg nie. Inteendeel, ons verwaarloos dié oomblikke. ’n Mens kan deur jou kinders se grootwordjare die toekoms jaag en die voorreg om saam met hulle te wees misloop. Dit is ironies hoe baie tyd ons aan ander goed bestee, maar hoe min ons tyd saam met ons kinders deurbring. Die geslag ná ons is anders. Hulle leef in ’n wêreld van tegnologie en knoppies, maar hul behoeftes het nie verander nie. ’n Mens bly ’n mens – die behoefte om te gesels en te kuier met hulle vir wie jy lief is, sal altyd dieselfde bly.
Tyd hier ’n tree agter Karin Muller
WANNEER jy die pad verby die Star of the West vat, bring dit jou by Abraham’s Shoe Repairs. Dit is eers wanneer jy dié gebou betree dat jy besef jy bevind jou in ’n besonderse tydgleuf. Tientalle pare skoene, netjies in bruinpapier toegedraai, begroet jou op die groot rak agter die houttoonbank. Jy kan die sorg en trots aanvoel waarmee die pare skoene herstel is. Met elke paar stukkende skoene wat ingehandig word, word jou naam en ’n nommer op ’n stukkie karton geskryf en sorgvuldig met ’n toutjie aan die skoene vasgebind. Ná die herstelproses word dit behendig met die hand skoongemaak en blinkgevryf en netjies in bruinpapier toegedraai en by die ander skoene gebêre, gereed om afgehaal te word. Ek verluister my aan die vriendelike winkelassistent se suiwer Afrikaans en wens ek kon ’n rukkie langer in die winkel talm om die nostalgie in te adem. Die ervaring is dieselfde wanneer ’n mens vir Pam by die Groot Gat gaan kuier. Sy restoureer boeke. Toe ek ’n paar maande gelede by haar ingeloer het, het sy trots haar volgende projek vir my gewys.
Sy het na ’n tafel gestap, ’n verflenterde boek opgetel en gefluister: “Dié resepteboek is meer as 100 jaar oud.” My woorde het opgedroog terwyl ek sonder sukses na die regte woorde gesoek het om my verbasing gestalte te gee. Ek het my ore gespits, want ek was seker as jy mooi luister jy die perdepote op die keistene sou hoor. Wanneer ’n mens terug in die harwar van die gewone winkels, by die werk en huis is, wonder jy hoe dit gebeur het dat die plekke, waarvan ons dorp heelwat het, ongeag modernisering en tegnologie ’n tree agter die res van die samelewing gebly het. Amper asof hulle viervoet vasgeskop het en gehou het by dit wat dekades gewerk het. Hopelik sal die houttoonbank in Abraham’s nooit ’n elektroniese kasregister op hom voel nie en die bruinpapier nooit deur plastieksakkies vervang word nie. Soms wens ek alles het so ’n tree of wat agter die res van die moderne wêreld gebly. Waar die pas effens stadiger is as waaraan ons gewoond is. Die werklikheid laat my egter besef dit is onmoontlik. As die tegnologie dus te veel raak en die pas te vinnig, kry ek iewers in ’n kas ’n paar stukkende skoene en kies koers na ’n wêreld van lank, lank gelede.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
3 Bedrooms from R975 000 FOR ANY ENQUIRIES CONTACT: 082 787 5813
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Inskrywing nou nodig Charné Kemp PLEK in die nou reeds bekende Mokala MTB Classic in die Mokala- Nasionale Park is gesog en fietsryers sal hulle vinnig moet inskryf om ’n plek te verseker. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) vind die natuur- en pretrit vanjaar op 21 en 22 Junie plaas. Beperkte verblyfplek is beskikbaar. Volgens Dudley van Rensburg van die Ereveldwagters is die risiko- en omgewingsbestuursplanne goed deurgewerk en in plek. “Inskrywings open op 17 Maart en sluit op 23 Mei. Fietsryers moet hulle egter so vinnig moontlik inskryf om teleurstelling te voorkom. Deelnemers en hul gesinne kan oornag solank hulle vinnig plek bespreek.” Hoewel die park vir die byeenkoms volbespreek is, is dagbesoekers welkom.
Inligting hieroor kan by die Mokala-inligtings- en besprekingskantoor gekry word. “Daar is geen voorkeur-inskrywings nie. Laatslapers se name sal op ’n waglys geplaas word sou kansellasies plaasvind. Individue en korporatiewe spanne kan hulle inskryf,” sê Van Rensburg. Dit is net ’n natuur- en pretrit. Eerste en tweede pryse word vir aanmoediging gegee, maar geen punte wat op provinsiale of nasionale vlak erken word, word toegeken nie. Elke fietsryer of span neem ook self sy of hul eie tye. Alle winste word teruggeploeg in die instandhouding en ontwikkeling van Mokala. Die bedreigdespesiesprogram waarvoor Mokala bekend is, word ondersteun. Rig navrae aan Corlia van Tonder by 082-898-3805 of wcvantonder@vodamail.co.za of Dudley van Rensburg by 083-301-8390 of dudleyfvr@gmail.com om jou in te skryf.
The International
Funeral Society & Undertakers 2010/088 394/23
Aanvaar alle begrafnis polisse Billike pryse Begrafnisse, verassing, grafstene, repatriasie, balsem, rekonstruksie. Ons ondernemers word geken as die beste in die land. Wye Verskydenheid TIFS Polisse Polishouers van ander instansies Welkom. Wat doen ons vir die familie? * Verwydering van oorskot * Registrasie van die dood en verkryging van doodsertifikaat * Verkryging van alle relevante dokumente indien ‘n verassing moet plaasvind * Bespreking van graf * Tref alle reëlings * Reël vars kranse en / of ruikers * Druk begrafnisprogramme * Indien tente en stoele benodig – reël met die ondernemer * Tref vlugreëlings indien nodig * Voer begrafnis uit.
Takke in Noordkaap: Kimberley Ritchie Barkly Wes Warrenton
Tel. 053 831 3716 Nood: 074 957 0409
ONDER NUWE BESTUUR ANNIE SMIT
Poetse vir dié dag APRIL-GEKKEDAG is om die draai (volgende Dinsdag). Hoe gaan jy met jou vriende, familielede en kollegas gekskeer? Hier is ’n maar idees van wat jy kan doen: ) Vervang die room van ’n Oreo-beskuitjie met tandepasta. ) As jou melk in ’n kartonboks is, gooi voedeselkleursel daarin. ) Neem verskeie uitrustings werk toe en verander jou klere elke uur. Maak dan asof niks verkeerd is nie.
SKOLENUUS
Verteenwoordig skool
OP die afgelope NoordKaapse atletiekkampioenskapsbyeenkoms is dié atlete van die Hoërskool Diamantveld gekies om van 26 tot 29 Maart aan die SuidAfrikaanse hoërskole kampioenskapsbyeenkoms in Polokwane deel te neem. Van links is, voor: Beatha Groene wald, Adel Vermeulen en JeanMarie Vermeulen; middel: Denecke Prinsloo, Imke van Rooyen, Marmarie Pienaar, Helé Wansbury en Janke Steenkamp; agter: Drean du Plessis, Ruan Willemse, Wilmo Vermeulen, Gerco Nortje, Theo Senekal en Riaan de Klerk. Foto’s: Ina Olivier
DIÉ atlete van die Hoërskool Diamantveld is gekies om van 3 tot 5 April aan Atletiek Suid Afrika (ASA) se atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Stellenboch deel te neem. Van links is, voor: JeanMarie Vermeulen, Janke Steenkamp en Denecke Prinsloo; middel: Riaan de Klerk en Ruan Willemse; agter: Theo Senekal, Gerco Nortje en Wilmo Vermeulen.
SAPS hosts service THE SAPS Annual Prayer Day Service will take place on 26 March. All provinces will host the same event at the same time on this day. The theme for 2014 is Moving forward in 2014 as one team by Seeking God’s face through praise and worship. Focus will be centred around praise and worship and seeking God’s face to move forward into this “new” year 2014 united together as one team. Crime, especially violent crime, puts tremendous pressure on the police. These challenges are not only directed to police officers at grass root levels but also to the top management. The venues for prayer service of the Kimberley, Galeshewe and Hartswater Cluster will be held in the Trinity Methodist Church in Kimberley from 10:00 until 13:00.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
DIÉ flaminke is in Julie verlede jaar op die Kamfersdam deur Marcel Liebenberg afgeneem.
Stuur foto’s en wen
Vir meer nuus en foto’s besoek Noordkaap se webwerf by www.noordkaap.co.za
DIE foto’s stroom in vir Noordkaap se gewilde fotokompetisie. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto. Dit kan ’n foto wees wat iets vreemds, buitengewoons, snaaks of interessants wys of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif saam met die foto. Die byskrif moet beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is. Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir jou inskrywing na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die wen- inskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall.
FINANSIERING Trekkers, Stropers, Landboutoerusting, Ÿ Spilpunte, Ÿ Trokke, Ÿ Sleepwaens, ens. Ÿ Ÿ Ÿ
Skakel: Dirk Nel vir vinnige en doeltre ende diens 30 jaar vorige ondervinding NCR-geakkrediteer: Standard Bank, Absa, MFC Wesbank en Nedbank
Sel. 071 783 3898
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Benoem nou jou instansie AS jy weet van iemand wat baie doen om van die Noord-Kaap ’n beter plek te maak om in te woon, of ’n instansie wat uitnemende werk doen, is dit nou jou kans om hulle die erkenning te laat kry wat hulle toekom. Die soektog na Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en Noord-Kaapse Instansie van die Jaar is weer aan die gang. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Om ’n individu of instansie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besonderse diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself
nie benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense of die natuurlike omgewing in die Noord-Kaap. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waartoe die mens buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor die mens benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die mens lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. ) Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. ) Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
MySchool MyVillage MyPlanet EVERY SWIPE COUNTS
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
FOKUS OP AUTOMARK
Handelaar verower gesogte titel AUTOMARK KIMBERLEY spog met een van die gesogste eerbewyse in die motorbedryf. Dit is as die Nasionale Handelaar van die Jaar 2013 aangewys. Sowat 200 Toyota-handelaars in Suid-Afrika het aan die kompetisie deelgeneem. Dit is die eerste keer nog dat Automark Kimberley dié nasionale eerbewys wen. Die Automark-span sê dit is hul motivering om voort te bou op “die goeie werk wat ons reeds doen”. Om in aanmerking vir die eerbewys te kom word die verkoopsdoelwitte van al die konsultante geëvalueer. Die handelaar word ook aan kliëntetevredenheid gemeet en moet ’n persentasie van 95% en meer behaal. In 2012, onder leiding van Jacques Cloete (bestuurder), het die onderneming ook die Groothandelaar van die Jaar-titel gewen. Cloete het hom in Februarie 2012 by die onderneming aangesluit en met sy deeglike kennis en goeie menseverhoudings het hy “groot verandering” by Automark Kimberley teweeggebring. Hy is bevorder na ’n groter tak in Bloemfontein: van ’n groothandelaar ná ’n megahandelaar. Die onderneming spog ook met die enigste Automark Knight-verkoopskonsultant in Kimberley, Sydney McPherson. ’n Knight-verteenwoordiger is deel van ’n groep elite-verkoopskonsultante wat ’n waardevolle aanwins vir die ondernemings is. Automark Kimberley streef daarna om sy verbintenis tot die publiek na te kom, goeie raad aan die publiek te bied en gehalte- tegniese kundigheid te lewer. “Ons waardeer kliënte se insette en streef daarna om ons verhouding met hulle te versterk,” sê die span.
SYDNEY MCPHERSON, Automark se Knightverkoopskonsultant.
Foto: Karabo Ditlhoiso
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
DIE Diamond Pavilion Mall het met sy Keep me warm, Keep me safe kombersveldtog begin. Kenne de Kock (links) en Joy de Kock (tweede van links) van Kelrnvervoer het ook geskenkbewyse van die sentrum vir die kinders van die Jannie Rouxkinderhuis gekoop. Joy oorhandig die geskenkbewyse aan Christelle du Plooy van die kinderhuis. Langs haar staan FD Hugo, bestuurder van die NG Kerk se welsynsdienste. Foto: Amanda Barra
FOKUS OP DEKOR 2000
Eienaars sê dankie DEKOR 2000 het nuwe eienaars. Van 1 Julie af is Tinus en Jacques Deyzel die eienaars van dié verf-, hardeware- en dekor-sakeonderneming in Kimberley. Hulle is in Longstraat 108 in die OK Towers-kompleks oorkant die hoë Telkomtoring geleë wat ’n bekende baken in Kimberley is. Hier bied hulle aan klante ingeligte raad en professionele diens gerugsteun deur Prominent Paints SA en ander bekende gehalte-handelsname. Hulle skroom ook nie om klante wat verf-, vog- en enige ander probleme ondervind, met tegniese ontledings en raad behulpsaam te wees nie. Verder kan klante ook hul verfrollers en kwaste, terpentyn, skuurpapier, verdunner, kraakvullers, maskeerband en soveel meer ander verwante materiaal hier kom koop. Ook is hier ’n hele kleurreeks van gehalte-kannetjiespuitverf beskikbaar. Wat die dekorgedeelte betref, is daar ’n wye keuse van kroonlyste, plakkers, muurkuns en ’n reeks van
ou tot moderne muurpapier. Alles is gemik op die opwindende nuwe modegiere wat die toon in die mark aangee – ’n moet vir elke huis. Die onderneming wil ook baie dankie sê aan al sy kontrakteurs en alle oudklante wat hom so goed aanvaar het. Hul ondersteuning is kosbaar. Aan al die nuwe mense wat inloer en hul ondersteuning bied, baie welkom. Hulle sien uit om vir alle gewaardeerde klante van hulp en diens te wees. Verder sien hulle uit om saam met almal ’n tevrede en kleurige sakepad te stap. Vir meer inligting gaan kyk op hul webtuiste, www.dekor2000kby.co.za, of na die wikivillage-Dekor 2000-blad of gaan “like” die onderneming op Dekor 2000 se Facebook-blad. Vir meer inligting oor die aankoop of huur van projektors of klankstelsels bel Jacques by 079-517-0591. Hulle beskik ook oor ’n kompressor, kragopwekker en hoëdruk-waterspuittoestel wat op afspraak te huur is.
LENARD FOUCHÉ, vloerbestuurder van Dekor 2000, en Man netjie Tshipi, ’n algemene werker. Foto: Cesilia Victor
11
Kby-vervoersaak ondersteun kombers-veldtog Lecrecia Prins DIE Diamond Pavilion Shopping Mall het sy Keep me warm, Keep me safe kombersveldtog begin en baie kinderharte verbly. Die doelwit van die veldtog is om 34 106 komberse in te samel. Dit is een kombers vir elke vierkante meter van die mall. Die Diamond Pavilion Shopping Mall in samewerking met Pep Diamond Pavilion, die SAPD en Noordkaap bied die veldtog aan. Kelrn-vervoer het die kombers-veldtog ondersteun deur vir 80 kinders van die Jannie Roux-kinderhuis elkeen ’n duvet, laken en kussing te koop. Hulle daag ander instansies uit om hul bydrae van 80 duvets te verbeter. Hulle meen die winter is om die draai en daar is groot behoeftes in die gemeenskap. Om die dag spesialer te maak het Kelrn ook vir al die kinders ’n Diamond Pavilion Shopping Mall-geskenkbewys gekoop waarmee hulle na hartelus klere kon koop. Die kinders is ook almal met ’n heerlike ete in die Wimpy-restaurant bederf. Kelrn beoog om dit ’n jaarlikse geleentheid te maak.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
MOTORS
DIE Mazda 2 se opvolger, Mazda Hazumi, wat op die Geneefse Motorskou gewys is.Foto:
Verskaf
Hazumi verras
JHB 45641
DIT is gepas dat die Mazda 2 se opvolger op die Geneefse Motorskou gewys is. Dit is immers hier waar die derde geslag van Mazda se kleinding in 2007 sy eerste verskyning gemaak het. Nou, ses jaar later, het Mazda verras met sy Hazumi-konsep wat wys hoe die volgende Mazda 2 min of meer gaan lyk. Die produksieweergawe behoort teen die einde van die jaar op een van die groot motorskoue te sien te wees. Die huidige Mazda 2 en Ford Fiesta deel ’n platform, maar nie enjins nie. Mazda en Ford se weë het ook intussen geskei. Daar word egter druk bespiegel oor watter platform die nuwe Mazda 2 sal inspan. Die twee vervaardigers werk nog in ’n mate saam, maar daar word ook gepraat van ’n aangepaste platform van die Mazda CX5 wat in die nuwe kalant gebruik kan word. Maar terug by die Hazumi-konsep en hoe dit lyk. Die voorkoms van die nuweling trek baie op dié van die huidige Mazda 2. Die oorhange is kort, die wigvormontwerp onmiskenbaar Mazda en die lighulse voor en
agter se verhouding tot die bakwerk lyk net reg. Die kantspieëls en twee uitlaatpype in die middel agter sal in alle waarskynlikheid nie die produksiemodel haal nie. Dit gaan darem nie net oor ’n nuwe bakwerk nie, want daar is groot enjinnuus, sê Mazda. Dié vervaardiger is deesdae op die oorlogspad om sy petrolenjins so doeltreffend moontlik te kry en noem die proses SkyActiv. Die benadering en tegnologie wat in SkyActiv verwoord en ingespan word, sal ook na die dieselkant toe uitgebrei word. ’n Vyftienhonderd-oliebrander wat beslis in die nuwe Mazda 2 te kry sal wees, was een van die spogperde van die Japanse vervaardiger op die skou. Mazda beloof dié enjin en sy nuwe 2,2 F-dieseloond sal klasleiers wees wanneer dit by verrigting, egalige versnelling en lae uitlaatgasse kom. In die stadium span Mazda 1,3 F- en 1,5 F-petrolenjins in – in die Fiestas word weer 1,4 F- en 1,6 F-enjins gebruik.
LOWEST GUARANTEED FLAT CALL RATE
THIS IS THE WORLD OF UNBEATABLE DEALS. Nokia Lumia 520 Smartphone
R129
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100 MINUTES
DATA
BOOST
100
100
FOR ONLY
400MB
SMS
MB DATA
MORE EXTRA R20 PM GET DATA PM
R369
PM x24
ON STRAIGHT UP 100*
100 MINUTES
100 SMS
100 MB DATA
A TOTAL DATA FOR ONLY PM MORE
BOOST
R20 GET
1GB DATA
R389
PM x24
ON STRAIGHT UP 100* 100
100 MINUTES
DATA
BOOST
100 SMS
FOR ONLY
100 MB DATA
400MB
MORE EXTRA R30 PM GET DATA PM
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
99c 99 c PER MIN. ON PER SECOND BILLING
FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.
FEATURES: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free Voice Guided Navigation.
FEATURES: Sony G Lens, 20MP Exmor RS for mobile sensor, 4.3” TRILUMINOUS display for mobile with X-Reality for mobile, Waterproof and dust resistant. TM
Available in Black Mist or White Frost.
Available at the following Cell C stores:
New Park 084 828 0319 • Northern Cape Mall 084 828 0353 • Maxcell-Kimberley 074 809 2444
CHANGE TO THE CELL C FAMILY TODAY. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid from 1 March – 31 March 2014. All prices are inclusive of VAT. Terms and Conditions apply. Once-off SIM & connection fee of R114 applies to contracts only. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store. E&OE.
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Stil enjins het krag Hendrik Verwoerd DIE openingsren in Melbourne, Australië, sal onthou word vir die sagter geraas van die nuwe, kleiner V6-enjins (en hul batterykrag).
In dié nuwe groen-era vir Formule Een het Mercedes gewys hy weet hoe om in volle vaart weg te spring. Sy jaer Nico Rosberg het van meet af aan gelei en gemaklik gewen. Die Red Bull-jaer Daniel Ricciardo was tweede en Kevin Magnussen van McLaren derde.
13
Adverteerdersnuus
Leer meer oor bande SUPA QUICK in Kimber ley het verlede Woens dagaand ’n bemagti gingsaand gehou waar op hulle vroue basiese vaardighede van bande geleer het. Hulle het ge leer hoe om motors se bande om te ruil en ook hoe om bande in stand te hou. Jacque Ramukhuba is een van die vroue wat dié vaardighede aange leer het. Foto: George Pillay
Toyota neem die voortou TOYOTA het die eerste veldslag in vanjaar se veldrenoorlog met twee van die drie podiumplekke in die topklas gewen. Die Castrol-Toyota Hilux-renspan het ’n dubbele oorwinning in die klas vir produksievoertuie in die RFS 450, die openingsronde van die Donaldson-kampioenskap, in Harrismith behaal. Die verdedigende Suid-Afrikaanse kampioene Anthony Taylor en Dennis Murphy in hul Hilux het die hoofren en die voorren, wat die wegspringvolgorde bepaal, gewen. Taylor en Murphy is tien minute voor hul spanmaats, Leeroy Poulter en Rob Howie, oor die wenstreep. Die laaste podiumplek is deur Manfred Schroder en Japie Badenhorst in ’n fabrieksingeskrewe AtlasCopco-Ford Ranger ingeneem. ’n Droomvertoning het die plaaslike private jaers Kobus van Tonder en sy skoonseun Freddie Kriel in die vierde plek in die voormalige Ford Ranger-fabrieksinskrywing – nou in die kleure van Uni Freight – laat eindig. Die voorste vyf is afgerond deur Johan van Staden en Mike Lawrenson in die Atlas-Copco-Nissan Navara se debuutren. Die jong jaers Jason Venter en Vince van Allemann (4x4 Mega World-Toyota Hilux) het die topses in hul eerste ren in die T-klas afgerond. Die voorste ses was almal T-klasvoertuie ná die besluit om die SP-klas in twee afdelings te deel. Die Ruwacon Racing-jaers Peter Ruthven en Hansie Rheeder, wat in ’n Toyota Hilux was, was eerste in die S-klas en het die wenstreep in die algeheel sewende plek oorgesteek. Piet Kotze en Salomon Victor was tweede in nog ’n Toyota Hilux, gevolg deur Louw de Bruin en Riaan Greyling.
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
EIENDOMME
BOEDELKENNISGEWINGS
LENINGS
ALLERLEI
BESIGHEID TE KOOP
INSOLVENTE BOEDELS
1445
1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
4215
3212
BESIGHEID TE KOOP: Besigheid bestaan reeds amper 40 jaar. Alleenmandaat in verskeie afdelings. Navrae kontak 072 492 3519.
JJ TRUTER
In die insolvente boedel van Joshua Johannes Truter, meestersverwysing: K12/2012. Ingevolge artikel 108(2) van die insolvensiewet, wet no. 24 WOONSTELLE van 1936, soos gewysig, TE HUUR word hierby kennis gegee 3250 dat die eerste en finale likSAKE 2-SLAAPKAMERwidasie- en distribusieWOONSTEL TE HUUR. rekening in bogemelde CARTERS GLEN. R5 000 boedel ter insae sal lĂŞ vir p.m. Parkering vir 1 Motor. 14 (veertien) dae vanaf 28 GELEENTHEDE Skakel Charmaine 082 564 Maart 2014 by die kan2415 2422. tore van die Meester van CHOCOLATE MANUdie Hooggeregshof te KimTUINWOONSTELLE FACTURING, berley en die LanddroskanTE HUUR tore te Hartswater. SWEET DISTRIBUTION, 3265 HPA Venter MEDICAL AID KITS: Duncan & Rothman Sales successful, profita- BELGRAVIA: TUINWOOSNTEL. Geskik vir Duncan & Rothman Gebou ble business. enkellopende. Koopkrag. Chapelstraat 39- 43 Myer 012 547 5767. Huur R2 500 p.m. Skakel Kimberley mberman@telkomsa.net 053 832 6378 na 17:00. 8300 HV/jm/>Tru13/0001<
T E N D E R S SOEK, KOOP, VERKOOP
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
15
Spog met nuwe truie DIT is hoe die nuwe truie van die Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan lyk. Nardus Bosman (middel, kaptein van die eerste rug byspan) het hier een van die truie aan. Saam met hom is Jac Steyn (links, tegniese direkteur van Nashua) en Ashley Kilian (direkteur van Nashua). Foto: Ina Olivier
HNK blink uit in bad Sportredaksie VIER swemmers van die Hoërskool NoordKaap in Kimberley het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse vlak 2-swemgala in Sasolburg deelgeneem en goed gepresteer. Melissa Carney, wat verlede maand as Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand aangewys is, het haar deeglik van haar taak gekwyt. Carney het in Sasolburg drie goue medaljes, een silwermedalje en twee bronsmedaljes losgeswem. Nog een van Northerns se swemmers, Chante Robinson, het ’n silwermedalje verower, terwyl Jakon Changfoot en Martin Wiid die eindrondes gehaal het. Die HNK het onlangs aan die Portervillesportdag deelgeneem en goed op die netbalbaan vertoon. Die o.19A-netbalspan het wel met 25-31 teen Paarl Girls’ High verloor, maar Porterville (22-20) en Dirkie Uys (29-27) geklop. Die o.16A-span het teen Schoonspruit (15-8) en Porterville (18-13) geseëvier voordat hy teen Paarl Girls’ High verloor het. Northerns se o.14A-span het teen Porterville met 25-5 oorwinning gesmaak, maar teen Dirkie Uys (10-22) en Paarl Girls’ High (11-19) vasgeval. Northerns se eerste hokkiespan het sy eweknie van Paarl Girls’ High getroef.
Benoem gerus sportsterre IS jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool wat goed in sport vaar? Werk jy hard by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium om jong mense aan te spoor om aan sport deel te neem? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. SuperSport het die behoefte by jong mense raakgesien om erkenning te gee aan diegene wat betrokke by sport is, goed daarin vaar of ander jong mense aanspoor om aan sport deel te neem. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand-kompetisie het reeds in Februarie begin met Melissa Carney van die Hoërskool Noord-Kaap wat as wenner aangewys is. Die kompetisie is oop vir deelname vir enigeen tussen ses en 18 jaar. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een benoemde as die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Noordkaap gekies word. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebook-blad geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke persoon se kontakbesonderhede bevat. Stuur dit na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za.
NORTHERN CAPE HIGH received new rugby jerseys for their first team from their sponsors Kynoch, McDonalds and the Ambassador Lodge at a function at the lodge on Monday evening. Photo: Dave Alexander
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 26 MAART 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
BLOND HOOKER Si mon Westraadt bursts over the try li ne for his try against the Limpopo Blue Bulls. Flanker Carel Greeff is the other recognisable Gri quas player. Photo: Dave Alexander
Team unbeaten Gerdie Karstens GRIQUAS are still unbeaten in this year’s Vodacom Cup competition after beating the Limpopo Blue Bulls 68-13 in their Vodacom Cup encounter at GWK Park in Kimberley on Friday afternoon. The Polokwane-based side looked good on the attack early on, but their structures on the defence were left wanting early on and Griquas scored via winger Hilford Clarke, who scored a hat-trick of tries in the first 40 minutes as the visitors lacked grunt in their tackling. After missing an earlier attempt, Limpopo flyhalf Andy Huysamen kicked a successful penalty in the 16th minute to put his side on the board. It was their inability on defence that was evident and Griquas scored their third try of the afternoon via centre Thabang Molefe. Dustin Jinka converted. Huysamen kicked another penalty to reduce the deficit, but Griquas answered by scoring the bonus point try in the 30th minute via scrumhalf Ntando Kebe. From there the hosts scored another converted try, with winger Clarke getting
his hat-trick of tries under the posts to make the halftime score 33-6 in favour of the hosts. Griquas opened up the game in the second half and it paid off with replacement flyhalf Gouws Prinsloo and hooker Simon Westraadt scoring in succession with Jinka converting on both accounts. Credit must go to Limpopo, who never gave up in a game where they were clearly outclassed. After the hammering they got last season, losing almost every game with more than 100 points, they looked much better as an
amateur side. They finally had something to cheer about when scrumhalf Niyass Johnson, their best player on the day, picked up a ball from the back of the scrum and ran 60 metres for his try under the uprights. Huysamen converted to give his side well-deserved points. Griquas, however, answered in kind when replacement lock Jaco Nepgen scored after a good break by his captain and eighth man, Burger Schoeman. Jinka converted and the visitors’ happiness was short lived. The last couple of
minutes Griquas scored again via replacement Carel Greeff and Jinka again got work for his kicking boot. Nepgen scored his second try of the afternoon shortly thereafter. SCORERS: Griquas 68 (33): Tries: Hilford Clarke 3, Thabang Molefe, Ntando Kebe, Gouws Prinsloo, Simon Westraadt, Jaco Nepgen (2), Carel Greeff. Conversions: Dustin Jinka (7), Gouws Prinsloo. Limpopo Blue Bulls 13 (6): Try: Niyass Johnson. Conversion: Andy Huysamen. Penalties: Andy Huysamen (2).