Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 9 April 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
GRATIS
Verblyfnood verlig Nuwe ontwikkelings kan in tekort voorsien Lecrecia Prins
MET die nuwe eiendomsontwikkelings in Kimberley kan dit hopelik binnekort verligting in die tekort aan verblyf in die stad bring. Een van die nuwe ontwikkelings is by die ou inry op die Douglas-pad digby Heuwelsig. Die meenthuiskompleks wat deur Afri-Devo-konstruksie-en-eiendomsontwikkeling gebou word, gaan 327 eenhede bevat. Die eenhede is twee- en drieslaapkamermeenthuise van drie verdiepings elk. Altesaam 207 tweeslaapkamermeenthuise gaan gebou word en 120 drieslaapkamermeenthuise. Volgens Kobus van der Walt van Aïda-eiendomme is die eiendomsnood in Kimberley groot, omdat dit die hoofstad van die Noord-Kaap is en omdat die staatsdepartemente hier geleë is. Een van die ander redes vir die tekort is die rentekoers het ’n laagtepunt bereik en min eiendom is in die mark beskikbaar. “Met die rentekoers wat weer aan die styg is, kan meer eiendom beskikbaar gestel word wat die mark versterk. “Die verhuringsmark is baie aktief en die rede hiervoor is bekostigbaarheid, asook kliënte wat nie vir lenings kwalifiseer nie,” sê Van der Walt. Met die moratorium op die bou van huise wat gelig is, is ontwikkeling weer goed op dreef. “Sowat 44 huise word nou slegs vir die verhuringsmark in Lindene gebou. “In Cassandra word 40 huise gebou en daar is ook die ontwikkeling by die ou inry wat die mark weer gaan bevorder. “Die nuwe universiteit gaan Kimberley se eiendomsmark ’n verdere hupstoot gee met lektore en studente wat verblyf moet
Die verhuringsmark is baie aktief. Die rede hiervoor is bekostig baarheid en kliënte wat nie vir lenings kwalifiseer nie.’ – Kobus van der Walt van Aïdaeiendom me
’n LUGFOTO van die nuwe ontwikkeling by die ou inry op die Douglaspad. kry.” Huis- en verhuringspryse in Kimberley is hoog – Van der Walt sê hy dink dit is weens die tekort aan eiendom. Hy sê groter stede soos Bloemfontein het ’n verskeidenheid eiendomme beskikbaar en
daarom is die pryse dalk laer. Adri Collen van Remax-eiendomme sê ’n groot behoefte aan behuising vir mense op intreevlak word ondervind. Collen sê die moratorium wat sowat drie jaar gelede op die bou van nuwe huise gehef is, het ’n
Foto: Verskaf
tekort meegebring. “In die bykans drie jaar is geen nuwe huise gebou nie. Met die opheffing van die moratorium moes nou weer na nuwe ontwikkelaars gesoek word. Beleggers en ontwikkelaars wil die versekering hê hier is
elektrisiteit en sanitasie vir enige nuwe ontwikkeling beskikbaar. Die geriewe moet ook aan die standaarde voldoen. “Bykans geen goeie huise in die prysklas R500 000 tot R1 miljoen is in Kimberley beskikbaar nie. “Dit maak dit dus vir die eerste koper baie moeilik om eiendom te koop, aangesien sy maandelikse huispaaiement nie meer as ’n derde van sy bruto inkomste mag wees nie.” Collen sê twee- en drieslaapkamerhuise goedkoper as R1 miljoen is baie skaars en dit is waar die grootste behoefte bestaan. Omdat die vraag die aanbod oorskry, het ’n geweldige groei in die verhuringsmark ontstaan. “Kontrakteurs van buite die stad word dan dikwels gedwing om buitensporig hoë huurbedrae vir behuising vir hul werkers te betaal. “Die bou van ’n nuwe hospitaal en universiteit het ook onrealistiese verwagtings by voornemende verkopers geskep.” Collen sê Remax-eiendomme glo die eiendomsmark kan weer skitter met die groot aantal beleggers wat nou belangstelling toon.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Twee van Kby finaliste Lecrecia Prins
MET ’n liefde vir skoonheidskompetisies en ’n passie om mense te help is twee boorlinge van Kimberley nader aan hul droom om mense se selfvertroue op te bou en hulle met kennis te bemagtig. Lizzy Staffa (24) en Elbie Rudansky (27) is albei finaliste in die Mev. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie. Staffa was ’n leerling aan die Hoërskool St. Boniface in Galeshewe. Sy het van kleins af aan skoonheidskompetisies deelgeneem. Haar eerste prestasie was toe sy as Mej. Reneilwe (die laerskool waaraan sy was) gekroon is. Staffa, wat steeds in Galeshewe bly, het ook onlangs aan die Model Cup-skoonheidskompetisie deelgeneem en goue medaljes in al die kategorieë ontvang. Staffa sê sy het haar vir Mev. Suid-Afrika ingeskryf; nie net omdat dit ’n droom was om aan ’n nasionale skoonheidskompetisie deel te neem nie, maar ook omdat sy lief is om mense te help. “Om aan Mev. Suid-Afrika deel te neem gaan nie net oor skoonheid nie, maar om ’n verskil in mense se lewe te maak. Toe ek lees waaroor Mev. Suid-Afrika gaan, wou ek dadelik deelneem en my liefde vir mense het my meer aangespoor om my in te skryf.” Rudansky was aan die Hoërskool Diamantveld en pronk al van vier jaar op skoonheidsverhoë. In haar matriekjaar is sy as Mej. Diamantveld gekroon. Rudansky, wat nou in SomersetWes bly, sê dit was nog altyd haar droom om aan skoonheidskompetisies deel te neem. “Ons is vier dogters en my pa het van jongs af selfvertroue by ons opgebou. Toe ek my dogtertjie kry, het ek besef drome kan nie net drome bly nie; ek moet dit ’n werklikheid maak.” Rudansky is ’n skoonheidsterapeut wat vroue van innerlike skoonheid leer. ’n Deel van die finaliste se take is om ’n liefdadigheidsinstansie te steun. Hulle moet help
Trein vir 12 uur gestrand Charné Kemp
LIZZY STAFFA (links) en Elbie Rudansky, albei boorlinge van Kimberley, is twee van die finaliste in die Mev. SuidAfrikaskoonheidskompetisie. Foto’s: Verskaf en geld vir Kansa insamel. Staffa woon gemeenskapsprojekte van Kansa by, asook gesondheidspraatjies. Rudansky het ’n mobiele spa en ry na kankerpasiënte se huise om hulle mooi te maak en op te beur. Sy lê klem op die belangrikheid van velsorg. Christel Groenewald en Mareth Hugo het ’n impak op Rudansky se lewe gehad. “Christel Groenewald het ’n impak op my lewe gehad deur my bewus te maak van liefdadigheid en passie ten opsigte van Kansa. Mareth Hugo was my taalafrigter van st. 6 (gr. 8) af. Sy
het my dissipline in netbal geleer en om in myself te glo.” As een van die twee vroue die kompetisie wen, het hulle groot planne vir hul gemeenskappe. Staffa wil graag op die jeug fokus en die uitdagings wat hulle in die gesig staar soos tienerswangerskap, drank- en dwelmmisbruik en werkloosheid. “Ek wil hulle met geleenthede help, hulle bemagtig sodat hulle besef wat hul drome is en hulle help om dit te bereik.” Sy wil ook ondersteuningsgroepe vir jong, getroude vroue stig om hulle te ondersteun. “Ek wil jong, getroude vroue aanmoedig
om te besef om jonk en getroud te wees is nie ’n slegte ding nie.” Rudansky beplan weer om ’n groot mooimaak-marathon te hou omdat sy vroue goed wil laat voel en basiese wenke oor selfvertroue met hulle deel. “Ek wil praatjies en werksessies hou om vroue te motiveer om gelukkig te wees. Ek wil ook die jeug hierby betrek.” Die volgende uitdunronde vir Mev. Suid-Afrika word op 12 April gehou. Om vir Staffa te stem SMS “Lizzy Staffa” na 35959. Om vir Rudansky te stem SMS “Elbie Rudansky” na 35959.
DIE ontsporing van ’n vragtrein naby Christiana het in ’n nagmerrie vir passasiers ontaard toe húl trein ure lank vertraag en hulle gestrand sonder inligting, kos, water en toiletgeriewe gelaat is. Passasiers, wat verlede week meer as 12 uur op die Kimberleystasie gestrand was, is eers gistermiddag laat per trein en bus weggeneem. Alle passasierstreine wat normaalweg deur Kimberley loop, word nou via Bloemfontein herlei totdat die spoorlyn herstel is. Die Shosoloza Meyl-trein het verlede Donderdag om 03:00 in Kimberley aangekom. Die trein het daar tot stilstand gekom en die passasiers is in die duister gelaat. Eers teen 11:00 het ’n gerug die ronde gedoen dat daar ’n ontsporing verder op die lyn was. “Niemand van Transnet of Prasa (Suid-Afrikaanse spooragentskap) het ooit amptelik vir ons gesê wat gebeur het nie. Ons was heeltyd onseker oor hoekom ons stilstaan en wanneer ons weer gaan vertrek,” sê Nicky Leefon van Kimberley. Weens die vertraging moes sy ’n werkonderhoud in Johannesburg kanselleer. Die trein se toilette het oorgeloop en ’n hewige stank veroorsaak. Die stasie se toilette was volgens een van die passasiers net so morsig. Ma’s moes hul babas se doeke in die wagkamers omruil. Hoewel passasiers ontbyt gehad het, was daar nie middagete of koeldranke nie. Passasiers het vir mekaar geld gegee om kos te koop. Nana Zemani, woordvoerder van Prasa, het verskoning gemaak en gesê sy is eers laat oor die situasie ingelig. “Dit is onaanvaarbaar dat daar nie water en skoon toiletgeriewe was nie. Ek sal moet delf om te hoor wat verkeerd geloop het.” Mike Asefowitz, Transnet-woordvoerder, het die ontsporing bevestig. “ ’n Trein van Postmasburg met ystererts op pad na Newcastle het by Kromelmboog naby Christiana ontspoor. Ons weet nie hoe lank die opruiming en herstelwerk sal neem nie. Daar was geen beserings nie.”
Besoek ook webblad NOORDKAAP het ’n webblad vol interessante artikels, nuus, galerye met foto’s en sportnuus. As jy enige van die vorige uitgawes van die koerante misgeloop het, kan jy gerus dié webblad besoek om al die nuus te lees. Die koerant kan ook digitaal gelees
word: aan die regterkant van die skerm, rol ’n entjie af, kies die koerant wat jy wil lees en kliek op die swart blokkie. Die adres is www.noordkaap.co.za. Die koerant het ook ’n Facebook-blad wat inligting, soos dagboekgebeure en skakels na die webblad, verskaf. Gaan na facebook.com/NoordkaapKoerant.
Spontaan in Kby HET jy ’n spesiale talent? Die Volksbladgroep se gewilde jaarlikse sangkompetisie, Spontaan, trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Kimberliete kan nou wys die stad skitter nie net met diamante en sangers nie, maar ook met mense met vele ander talente. Die gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigiemand wat ’n besonderse talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. Deelnemers moet alles wat hulle vir die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die datum en plek van die oudisies en die pryse wat vanjaar op die spel is, sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014 DONDERDAG 10 APRIL Die NG kerk Dutoitspan bied ’n kuieraand aan. Jana du Plessis, Finesse se Inspirasievrou van 2013, Mev. Bloemfontein en die Cansa International Hero of Hope, sal as spreker optree. Dit begin om 18:30 vir 19:00 by die Hoërskool Adamantia. Kaartjies is tussen 10:00 en 14:00 by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel 053-842-1100 of bel Louise Hattingh by 082-697-8869 om plek te bespreek. Kaartjies kos R130 per persoon. Saterdag 12 April Die Bikers’ Church bied om 18:00 vir 18:30 ’n Clint en Co-aand in die kerk aan. Dit kos R80 vir volwassenes en R30 vir leerlinge. Bel Nela by 082-788-5561 om kaartjies vir bywoning te bespreek. Vrydag 18 April Die Reflect 24/7-jeugbediening hou ’n jeugnaweek waarna hy jong mense uitnooi om hul prettige en geesopheffende manier om godsdiens oor te dra te ervaar. Daar gaan sang, danse en poësie uitgebeeld word. Daar gaan ook ’n spesiale gasspreker wees om die jeug te vertel hoe om ’n lewe vry
Molefe hier om te bly Lecrecia Prins
van drank- en dwelmmisbruik te leef. Dit word van 18 tot 20 April om 18:00 by die William Pescodskool aangebied. Toegang is gratis. Saterdag 10 Mei Die NG kerk Dutoitspan bied van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal lekker sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek en baie te doen vir die kleinspan wees. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
Help by dié plekke herwin HERWIN en leef groener. Mense wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en in te handig. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig,
Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
THABANG MOLEFE, Griekwasenter.
Save electricity on stove usage DROOGFONTEIN SOLAR POWER produces power from the entire plant, which resulted in great energy production this week. The plant produces enough renewable energy to power more than 27 000 households with electrical power produced from the sun.
19995
21995
MEN’S ARGYLE JERSEY
15995
169
Electric stoves are heavy users of electricity, so here are some things you could do to reduce your monthly electricity bill with smart stove usage: ) Make sure that the pots and pans you use have flat bottoms. This will improve the conductivity between the hot plate and the pot
LADIES’ DOUBLE-BREASTED LONG CARDIGAN
GLAM JERSEY
LADIES’ SKINNY JEANS
Foto: Emile Hendricks
THABANG MOLEFE, Griekwa-senter, is hierdie week die speler oor wie Noordkaap berig. Dít is deel van ’n reeks waar die koerant meer oor die Griekwa-rugbyspelers vertel. Molefe is in Taung gebore en het aan Kimberley Boys’ High skoolgegaan. Hier het hy ook sy rugbyloopbaan begin. Hy het in die Cravenweek vir Griekwas o.13 en o.18 gespeel en ook in die Suid-Afrikaanse o.21-span, die Blou Bulle en die Leeus. Molefe se rolmodel is Tana Umanga, omdat hy “een van die beste spelers is wat ek nog sien speel het”. Hy streef daarna om alles te doen om die beste in sy loopbaan te bereik. Molefe sê hy speel vir die Griekwas omdat die span nog altyd sy tuiste was en dit is waar sy loopbaan begin het. Sy speler van die wedstryd-benoeming in die o.21-Wêreldbeker-eindronde was een van sy hoogtepunte. Die snaakste ding wat hy op die veld ervaar het, was toe ’n speler hom aan sy geslagsdeel getrek het. “Ek wou hom slaan, maar ek het te veel pyn gehad.” Ná rugby beplan Molefe om in ’n sakerigting te gaan of om te boer. Van sy gunsteling-aanhalings is: “As God vir ons is, wie kan teen ons wees?” en “In ’n geveg is die een wie bereid is om te sterf die een wat die geveg wen”.
or pan. ) Match the size of the pots and pans with the plates. ) Keep the lids on to avoid wasting heat. ) Do not use more heat than you need to cook food. ) Use a kettle instead of a pot to boil water – it is more efficient.
MEN’S PADDED JACKET
MEN’S CHECKED SHIRT
16995
399
95
95
MEN’S SLIM-LEG JEANS
8416 fire tree design e&oe
SAVE
R30
LADIES’ SKINNY JEANS
169
MEN’S LOW-RISE STRAIGHT LEG JEANS
95
Promotion valid from 10 APRIL 2014. Available in selected stores. *while stocks last CLIENT CARE • 0861 888 899 GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378 KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • Sanlam Centre, Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown • Woolley Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville • Home Centre, Springfield • The Crescent, Umhlanga (Shoes Only) GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia • Greenstone Shopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank • Atterbury Value Mall, Pretoria • Fourways View Mall, Fourways • Centurion Mall, Pretoria • Festival Mall, Kempton Park • Key West Shopping Centre, Krugersdorp MPUMALANGA: Riverside Mall, Government Boulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond Pavillion Mall, Kimberley
229
95
www.hub.co.za
22995
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Dié selfsug is onbedagsaam VERLEDE week was daar ’n insident by ’n groot winkelsentrum in Kimberley toe iemand op die parkeerplek gereserveer vir gestremdes geparkeer het. Dit sien ’n mens veels te dikwels. En laat ons dit sommer prontuit sê: As jy op ’n parkeerplek parkeer wat vir gestremdes bedoel is, is jy selfsugtig en onbedagsaam. Die redenasie dat “ek net vinnig daar gestop het”, is nie aanvaarbaar nie. Dit kan juis in daardie kort tydjie wees dat ’n gestremde daar moet parkeer. Gestremdes ervaar dikwels probleme om met gemak rond te beweeg. Dit is nie net beperk tot die beskikbaarheid van parkeerplekke nie. Daar is nog kantoorgeboue waar nie behoorlik voorsiening gemaak word vir gestremdes nie. Dit is nie oral ewe maklik om die straat oor te steek nie.
Selfs winkels en restaurante is nie altyd maklik toeganklik nie, en in die geval van restaurante word dikwels nie voorsiening gemaak vir ruimte vir gestremdes in rolstoele om te sit nie. Daar is deesdae ’n baie groter bewustheid onder mense oor probleme wat gestremdes ervaar, en die meeste mense neem dit in ag. Maar soos die motoris in die winkelsentrum gewys het, is daar ook baie mense wat eenvoudig nie gestremdes in ag neem nie en hul eie gerief voorop stel. Dit gebeur sekerlik dat mense net nie daaraan dink nie, maar as daar ’n groot kennisgewingbord is wat duidelik aandui dat ’n parkeerplek vir gestremdes gereserveer is, is daar géén verskoning nie. Al wat dit verg, is ’n bietjie bedagsaamheid.
DIE Alexander McGregorgedenkmu seum in Chapelstraat is doelmatig as museum gebou en was die voorloper van die huidige McGregormuseum wat uit verskeie geboue en persele bestaan. Dié museum is in 1907 gestig. Alexander McGregor was een van die diamantpio niers en Kimberley se burgemeester in 1886, en die museum is deur sy vrou, Margaret, aan die stad geskenk. Maria Wilman was die eerste kurator, ’n pos wat sy 40 jaar lank beklee het. Onder haar leiding is dit uitgebou tot een van die voorste museums in die land. Die baksteengebou is deur die Britse argitek Fergus Carstairs Rogers ontwerp en is ti pies van die Britse styl van die meeste openbare geboue van die Victoriaanse en Eduardiaanse era. Hy het ook die stad saal ontwerp. Foto: Africana-biblioteek DIE gebou is nou deel van die McGregor museum, ’n navorsingsinstelling met ge boue en persele versprei oor die Noord Kaap. Die hoofgebou van dié museum is die ou sanatorium in Atlasstraat waar Cecil John Rhodes ’n tyd lank tuisgegaan het. Die ou Convent School was later hier. Benewens die oorspronklike gebou in Chapelstraat en die gebou in Atlas straat, is die DugganCroningalery, Dun luce en Rudd House, die lugvaartmu seum, die Magersfonteinslagveldmu seum, die Wonderwerkgrot naby Kuru man en die Wildebeestrotskunsmuse um buite Kimberley deel van die huidige museum. Dit huisves belangrike versa melings en argiefmateriaal, en voer on derwys en uitreikingsfunksies uit vir die gemeenskap in Kimberley en wyer in die NoordKaap. Foto: Emile Hendricks
Skaam hom vir sy ouers Hannes Nöeth EK ken dié jong man baie goed. Van jongs af. Hy was sewe jaar by my in die gemeente en deur sy studie heen het dit gereeld gebeur dat ons saam op kampe was of ons paaie het met kerkgeleenthede gekruis. Hy is ’n bondel integriteit en soos die ou mense daarna sou verwys – hy is nou troumateriaal as jy ’n dogter het. Gemanierd, ordentlik en op sy plek. Daarom was dit nie vir my vreemd toe hy my voorkeer en om verskoning vra nie. Nie dat ek dit enigsins verwag het of gedink het dat dit nodig was nie. Maar hy het dit nodig geag. Hy het gereken as hy my nie om verskoning vra nie, dan sou dit hom altyd pla. Sy ouers het verkeerd opgetree. Hy het kom verskoning vra vir die gedrag van sy ouers. Vir my was dit erg. Hoe vreeslik moet dit nie wees as ’n kind om verskoning moet vra vir die gedrag van sy ouers nie? Dit gebeur baie dat ouers verskoning vra vir die gedrag van hul kinders. Jammer, ek sal met my kind gesels. Ek is jammer, hy/sy word nog groot. Of ek is jammer, ek het hulle anders geleer.
Hoe verskriklik as ’n kind vir jou moet sê ek is jammer, ek weet nie hoekom my ouers so optree nie. Wanneer ouers vir kinders skaam kry, is dit anders. Wanneer kinders hulle vir hul ouers of grootouers moet skaam, is dit vreeslik! ’n Kind se ouerhuis moet sy/haar trots wees, dit moenie hulle tot skaamte wees nie. ’n Kind moenie by jou kom en verskoning vra vir die gedrag van sy ouers nie. Hierdie man se ouers het my nie skade aangedoen nie, hulle het my nie persoonlik te na gekom nie – hul openbare gedrag was so dat hy hom daarvoor geskaam het. Daarom sy verskoning. “Ek weet nie hoekom hulle dit doen nie, maar ek vra namens hulle verskoning. Ek skaam my, dominee, maar hulle bly my ouers.” Die seer in sy oë het my nie verbygegaan nie.
Augrabies beroof jou van asem, woorde Karin Muller AFRIKAANS is ’n uitsonderlike, besonderse taal. Jy mag van my verskil, maar volgens my is dit ’n voorreg om dit te kan praat. Dit is ’n taal met ’n beskrywende woordeskat wat jy in min ander tale sal teëkom. Tóg is daar soms iets wat jy sukkel om selfs in Afrikaans te beskryf. Soos die Augrabies-waterval wanneer die Oranjerivier se sluise oop is. Dit is eers wanneer jy op die hoë uitkykpunte staan dat jy besef die regte woorde skiet hier en daar te kort. Jy kan sê dit is asemrowend. Of onbeskryflik mooi. Of ongelooflik. Maar om erkenning te gee aan die natuurskoon moet jy eintlik geen woorde gebruik nie. Jy moet dit voel. Tot in die fynste weefseltjie van jou menswees. ’n Mens moet ervaar hoe die reënbogies aan en af bokant die bruisende water rondspeel. Jy moet die sproei voel wat liggies op jou gesig neersif en die reuk van die watermassa inasem. Selfs die akkedisse en dassies beloer die
besoekers nuuskierig. Ander provinsies het moontlik dinge wat die Noord-Kaap nie het nie. Ons het beslis die langste en reguitste paaie. En die platste vlaktes – wat vir jou voel asof jy die volgende oggend se dagbreek gaan sien as jy aanhou staar. En tientalle neste van versamelvoëls op die telefoonpale. In die Keimoes- en Kakamas-omgewing begroet kokerbome jou, asook lewegewende water wat rustig sy pad die kanale deur vind. Met die tuiskoms in Kimberley is daar nie ’n onbeskryflike waterval of versamelneste nie. Ook nie kanale waardeur enige water sy pad vind nie. Maar die bekendheid van jou omgewing vou jou toe soos ’n snoesige donskombers en bring sy eie rustigheid in jou gemoed. Amper soos die bruisende water van die Augrabies-waterval.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Tarantulas lewe hier soos Charné Kemp MARK ERASMUS wil beslis nie iets verveligs doen soos posseëls versamel nie. Hy wil eerder na lewende wesens, iets wat eet en beweeg, iets soos spinnekoppe, omsien. Harige tarantulas. Met lang pote en groot oë. Hy het sowat 84 van hulle, van klein tot groot. Hy slaap ook saam met hulle (asook twee iguanas – bearded dragons) in een kamer in klam en gemaklike spinnekop-temperature van 25°C tot 28°C. Taruntulas leef natuurlik in warm, klam toestande en Erasmus moet die omstandighede in sy kamer met warm ligte en gereelde watersproei naboots. “ ’n Mens moet vir spinnekoppe omgee en hulle deeglik versorg. Jy moet bereid wees om tyd en geld te bestee.” Die spinnekoppe moet weekliks gevoer word. Dit neem sowat twee uur om elke agtpotige met spesiale wurms, krieke en kokkerotte te voer. Die spinnekop byt die prooi en die gif verlam die prooi. Die prooi word dan uitgesuig, en soms word die eksoskelet ook verorber. Hy moet elke twee weke kos koop en per koerier na sy huis in Weseinde laat kom. Erasmus het van baba- tot volwasse spinnekoppe. Die grootste een is sy geliefde Harriet wat reeds 14 jaar oud is. Sy kan dalk 30 jaar oud word. Hy het haar al sedert sy klein was. “Harriet is baie rustig en sal ure aaneen op my skouer sit. Ek kan haar na die winkelsentrum saamneem, of selfs op reis. Oral waar ek en sy gaan, word ek deur mense met hul vrae oorval. Ek antwoord graag.” Die spesiale grond waarin die spinnekoppe in houers aangehou word, moet ook gereeld skoongemaak word om van bakterieë ontslae te raak. Hy steriliseer dit in die mikrogolfoond. Hy hou sowat 28 tarantulaspesies, waaronder die Mexikaanse rooiknieg, die Mexikaanse rooilyf en die Chileaanse roos aan. Die grootste verskille is in die kleur, bou en
konings
‘ ’n Mens moet vir spinnekoppe om gee en hulle deeglik versorg. Jy moet bereid wees om tyd en geld te bestee.’ – Mark Erasmus geaardheid. Sommige is aggressiewer as ander. Tarantulas, kan, afhangende van die skaarsheid, enigiets van R10 tot R3 500 kos. Hy is een van 122 Kimberliete wat aan die Noord-Kaapse Facebook-spinnekopklub behoort. Erasmus se verloofde, Stephanie Muller, is ook lief vir die spinnekoppe. Hy moes net van sy slange ontslae raak toe hy na Kimberley getrek het om nader aan haar te wees. “Ek is nou ná 49 jaar terug in my geboortedorp,” sê die werktuigkundige. Dit is nie lekker wanneer die spinnekoppe hom byt nie. “Dit
gebeur gelukkig min. Dit brand veel erger as ’n bysteek.” Hy koop klein spinnekoppe, maak dit groot en verkoop dit weer. ’n Spinnekop neem tot twee en ’n halfjaar om volwasse te raak. Vir hom gaan dit nie oor geldmaak nie, maar vir die plesier daarvan. Hy sê dit is ’n kuns om spinnekoppe te teel. “Die mannetjie kan net ’n uur by die wyfie geplaas word sodat hulle kan paar. Jy moet hulle heeltyd dophou en vinnig spring om hom van haar te skei. Hy moet uitgehaal word voordat sy hom doodmaak.” Hiervoor het hy nog nie kans gesien nie.
DIE klein spinnekop sal oor 36 maande ’n uitgegroeide tarantula wees.
HEEL bo: Mark Erasmus en sy geliefde Harriet, ’n tarantula wat 14 jaar oud is; bo: Erasmus en sy twee iguanas – bearded dragons – wat saam met hom en die spinnekoppe bly. Foto’s: Charné Kemp
MARK ERASMUS is gek na sy 84 tarantulas wat saam met hom in sy kamer slaap.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Skryf foto in, wen bewys DIE foto’s stroom in vir Noordkaap se fotokompetisie. Stuur jou besonderse foto aan die koerant. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir die inskrywing na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die weninskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley.
DANIE ROSSOUW het dié foto van die koning van die oerwoud by ’n watergat in die Addo Nasionale Park geneem. Dit was met sy besoek aan die park in Maart vanjaar. Foto: Danie Rossouw
DIE wenner van die fotokompetisie van Maart is Andrew Peters. Peters het dié foto van ’n naaldekoker op 14 Januarie verlede jaar naby Delportshoop, aan die oewer van die Vaalrivier, geneem. Foto: Andrew Peters
DIÉ sonsondergang oor die see, met branders wat teen die rotse breek, is deur Danie Rossouw by Kaap St. Francis in sy vakansie in Maart vanjaar op film vasgelê. Foto: Danie Rossouw
CECILE VAN WYK het die hottentotsgot by haar huis afgeneem. Sy weet nie waar hy vandaan gekom het nie en of hy vir haar kat gevlug het nie. Foto: Cecile van Wyk
DIÉ kokerboom is op die Kokerboomroete tussen Keimoes en Kaka mas afgeneem. Foto: Karen van Zyl
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Oues gratis behandel Lecrecia Prins
SiMON ANDREAS (links), Melvin le Fleur en Llewellyn Gazar (voor) van Disabead wat juwele van krale maak. Hulle is verlede week deur ver keersbeamptes van hul perseel verwyder. Foto: Emile Hendricks
Smouse kry opdraand Lecrecia Prins INWONERS van die stad wat smous om ’n bestaan te maak is ontevrede omdat verkeersbeamptes hulle van hul staanplek af verwyder, selfs nadat hulle hul permit getoon het. Melvin le Fleur sê hy kry die afgelope drie jaar ’n permit van die munisipaliteit wat hom toelaat om in Chapelstraat te smous. Le Fleur en sy twee vennote, Llewellyn Gazar en Simon Andreas, bedryf Disabead. Hulle maak juwele van krale. Le Fleur vertel die verkeersbeamptes het sowat twee maande gelede hul permit gevat en nie weer teruggegee nie. “Sowat drie weke gelede het die verkeersbeamptes hier opgedaag en die voorraad bymekaargegooi en weggevat. Hulle het my ’n boete opgelê en ek het dit dieselfde dag nog betaal. Ek het eers twee weke later my toerusting en krale teruggekry. “Net hier om die draai staan
uitlanders en hulle word nooit van die sypaadjies weggejaag nie.” Le Fleur sê sy permit sou in Augustus vanjaar verval het. Die verkeersbeamptes het hom verlede Dinsdag ’n boete van R500 opgelê, maar hy het geweier om dit te betaal. “Wanneer dit die einde van die maand is, kom vat die verkeersbeamptes ons produkte weg. Hoe verwag hulle moet ek die boete betaal as hulle my inkomste van my af wegneem?” Le Fleur sê volgens die verkeersbeamptes mag hulle nie staan waar hulle nou staan nie, omdat daar ’n sekere hoeveelheid ruimte vir voetgangers moet wees. Volgens Sello Matsie, kommunikasiehoof van die Sol Plaatje-munisipaliteit, mag verkeersbeamptes beslag lê op smouse se produkte indien hulle nie ’n permit het nie. As die smouse op die regte plek staan en ’n geldige permit het, mag hulle nie verwyder word nie. Le Fleur is intussen na ’n ander perseel in die middestad verskuif.
INWONERS van die Galeshewedagsorgsentrum vir bejaardes (Gaasca) was baie dankbaar toe die Kimberley- en KimberleySuid-Rotaryklub gratis gesondheidsdienste aan die gemeenskap gelewer het. Verskeie vertakkings van die gesondheidsdiens het van verlede Woensdag tot Vrydag dienste soos tandheelkunde, optometrie en berading verskaf. Die bejaardes se bloeddruk en suikervlakke is ook getoets. Burgerlike gemeenskappe, groot ondernemings en die regering bied saam die diens aan om gesinsgesondheid te bevorder en siektes te voorkom deur gratis gesondheidsdienste aan minder bevoorregte gemeenskappe te lewer. Die inwoners het ’n inligtingsessie bygewoon waarop hulle meer oor MIV en vigs geleer het. Trevor Moleme, ’n berader van Life Line, sê dit is belangrik om bejaardes op te voed en oor MIV en vigs in te lig. Moleme sê hulle moedig ook die ou mense aan om self vir MIV- en vigstoetse te gaan. “Op die manier is hulle ’n voorbeeld vir die jong mense.” Lettie de Wee (65), ’n inwoner by Gaasca, sê die gesondheidsdienste wat na die dagsorgsentrum gebring word, is goed. De Wee sê die inligting oor MIV en vigs was vir haar insiggewend. “Ek verstaan nou baie beter hoe ’n mens MIV kan kry en die maniere hoe dit voorkom kan word. Ek hoor dit altyd oor die radio, maar het nooit verstaan nie en vandag kon ek vrae vra
ELIZABETH NGQELE (70) se mond word deur dr. Aasif Ahmed onder soek om te kyk of haar tande gesond is. Dít was in die Galeshewe dagsorgsentrum vir bejaardes (Gaasca) waar die Kimberley en Kim berleySuidRotaryklub gratis gesondheidsdienste aan die gemeen skap gelewer het. Foto’s: Emile Hendricks waar ek nie verstaan nie. “Ons oumas is mos lief daarvoor om ’n kind te soen waar hy of sy seergekry het en dit kan gevaarlik wees as jy nie jou MIV-status ken nie. Met dié inligting kan ek my kleinkinders daarvan vertel.” Marie Botman (72), ook ’n inwoner van Gaasca, het die eerste keer in haar lewe haar oë laat toets. Sy kan net lees as iets in groot letters gedruk is, sê sy. Botman sê om ’n bril te kry sal wonderlik wees. “Om ’n bril te kry is die beste ding wat met my kan gebeur. Die gesondheidsafdeling moet gewaardeer word vir wat hy doen.”
MARIE BOTMAN (72) meet haar lengte en gewig as deel van die Kimberley en KimberleySuidRo taryklub se gratis gesondheids dienste. NadiaMarie Booysen, ’n dieetkundige, kyk hoe lank Bot man is.
09 - 13 April 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
Includes S
per kg
BUNDLE
! S G N I V A
23 2for
Rainbow Simply Chicken Polony 1kg
R
t "TTPSUFE
23
each
1890 each
Nutriday Yoghurt 1kg
t "TTPSUFE
Beef Brisket
25
per kg
Lamb Stew
Mushrooms 250g
5490 per kg
Pork Loin Chops
1290
per pack
22
90
per pack
Potato 3kg
or we’ll BEAT it*
per kg
6890
t "TTPSUFE
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W
4990
R
each
Rainbow Simply Chicken Burgers or Steaklets 400g
Beef Mince Mix
DEAL
2790
90
3990
8490
per kg
T-Bone & Club Steak
here else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Raad moet sê oor huurgeld Lecrecia Prins VRAE het in die raad ontstaan oor die omstandighede waaronder die speaker van die Sol Plaatje-munisipaliteit sy woonstel huur en of sy beweerde agterstallige huurgeld betaal is. Willem Doman, DA-raadslid, het ’n mosie in die raadsvergadering ingedien. Doman het gevra die munisipaliteit moet ’n dissiplinêre komitee aanstel, met die uitvoerende burgemeester as voorsitter, om ondersoek in te stel of Mangaliso Matika die gedragskode oortree het deurdat hy meer as drie maande se huurgeld skuld vir die munisipale woonstel waarin hy bly. Doman het aan die raad gevra of al voorheen of op die oomblik enige raadslid is wat op ’n waglys is om ’n HOP-huis te ontvang. Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, het geantwoord so ver sy kennis strek, is daar geen raadslid wat nou of voorheen op ’n waglys vir ’n huis is of was nie. Doman het ook gevra wat Matika se maandelikse huur was. Akharwaray se antwoord was dat Matika tydelik van Februarie 2013 tot April 2013 in die woonstel gebly het. Dít was ’n tydelike reëling. Die maandelikse huur was R1 600. Doman het gevra hoeveel Matika betaal het en Akharwaray het gesê R1 600 word aan Matika geskuld wat hy terug mag eis. Doman het gesê hy het geen duidelikheid om die vrae wat hy gevra het nie.
KOOT MSAUWLA en dr. David Morris van die McGregormuseum lig die geraamte uit die graf.
Foto’s: Emile Hendricks
Grafte ’n ‘kultuurskat’ Charné Kemp
DIE raaisel oor die presiese ligging van ’n gedeelte van die Bultfontein-begraafplaas is moontlik opgelos met die ontdekking van geraamtes in Diamond Park sowat twee weke gelede. Die ontdekking is gedoen te midde van die ontwikkeling van die eertydse plakkerskamp in ’n volwaardige dorpsgebied. Werk aan rioolslote is intussen deur die argeologiese opgrawing vertraag. Argeoloë skat die beendere is meer as 100 jaar oud en die eerste grafte is reeds in 1876 vir mynwerkers gegrawe. Die grafte aan die onderkant van Diamond
BO: Hier kan die verskil in die grondprofiel gesien word. Dit is waar meer as ’n eeu gelede ’n graf gegrawe en die grond versteur is.
REGS: Die geraamtes word baie versigtig uit die grafte gelig omdat dit so broos is. Van links is Tharina van Tonder en Craig Richards (albei studente in forensiese argeologie) en Koot Msauwla van die McGre gormuseum.
Park, langs Greenpoint, is nie ver van die omliggende diamantmyne nie. Kontrakteurs wat slote vir rioolafvoerpype gegrawe het, het die ontdekking gedoen. Die Sol Plaatje-munisipaliteit het dr. David Morris, argeoloog van die McGregor-museum, dadelik ontbied. “Die aangeleentheid oor waar die begraafplaas is en sy bestaan word telkens in historiese dokumente genoem en is juis twee maande gelede weer deur argeoloë geopper. Ek is baie opgewonde hieroor. Ons het al 18 grafte met oorskot gekry en daar is nog baie as ek die tekens reg lees. Ons grootste uitdaging is om die grense van die begraafplaas te bepaal.” Hoewel niemand weet waar die dele van
die Bultfontein-begraafplaas presies lê nie, is grafte ’n paar jaar gelede onder die Greenpoint-stadion ontdek. Die nuwe grafte is redelik vlak, naby aan mekaar en loop diagonaal met die erwe van die woongebied. Morris en sy span het gister nog grafte in ’n nuwe rioolsloot ontdek. Morris kan aan die muur van die sloot sien of die grondprofiel versteur is en só bepaal daar is moontlik ’n graf. “Dit is ’n kulturele skat. Die artikels soos materiaal, armbande en krale wat saam met die geraamtes begrawe is, vertel ons soveel van die leefwyse.” Coen Nienaber, ’n forensiese argeoloog aan die Universiteit van Pretoria (UP), en drie studente, dokumenteer ook die grafte en inhoud. Die geraamtes sal in die McGregor-museum bestudeer word. Gistermiddag is twee geraamtes weggeneem. Die skedels het in teenoorgestelde rigtings gelê. Nienaber het ysteren koperarmbande, asook materiaal wat soos ferweel en linne lyk, gevind. “Ons kan soveel van die mense se demografie, leefstyl, gesondheid en werkstres leer. Die grafte dateer van voor die Anglo-Boereoorlog. Dit was onnatuurlike maatskaplike toestande, ’n kookpot, vir so baie mense om só na aan mekaar te leef. “Dit lyk meestal soos mynwerkers wat hier begrawe is. Hier kan natuurlik mense van alle nasionaliteite wees, omdat die ontdekking van diamante mense van oor die wêreld heen gelok het.” Die munisipaliteit sal binnekort ’n openbare vergadering met inwoners hou om verslag te doen oor hoe die projek (aanbring van elektrisiteit, sanitasie en watertoevoer) deur die opgrawing vertraag word en wat met die grafte gedoen sal word.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
9
MOTORS
Trailblazer kry meer byt teen Fortuner GENERAL MOTORS het pas sy Chevrolet Trailblazer opgeknap om nog moontlike kopers van die Toyota Fortuner weg te rokkel. In dié segment vir voertuie wat basies ’n toegeboude bakkie is, swaai die Fortuner die septer met verkope van tussen 800 en 1 000 eenhede per maand. Chev se Trailblazer is tweede met verkope van tussen 100 en 400 eenhede, gevolg deur die Ford Everest en Mitsubishi Pajero Sport wat tussen 75 en 150 eenhede per maand van die hand sit. Die Trailblazer-opknapping gaan grootliks
Hou motor ‘gesond’ Motorredaksie KLEIN, maar gereelde ondersoekwerk na die toestand van jou motor kan jou op die lange duur baie geld spaar, sê kenners in die motorbedryf. Dit is veral deesdae van belang, omdat die rand erg verswak het teen die geldeenhede van lande waarvandaan ons ingevoerde motors ontvang, en omdat die rentekoers onlangs verhoog is. Dit maak paaiemente op geleende geld duurder. Hoër pryse van ingevoerde motors word ál sigbaarder namate die invoerders hul randverliese moet beskerm. Verskeie vervaardigers het dus die laaste tyd hul pryse opgestoot. Om ’n nuwe motor te bekostig raak al hoe moeiliker weens die tweesnydende swaard van duurder nuwe motors en die hoër rentekoers. Maar jy kan op jou bestaande ryding ’n paar truuks toepas wat kan help om hom ’n jaar of drie langer op die pad te laat loop – totdat jy weer genoeg geld vir ’n nuwe voertuig het. Eerstens is dit belangrik om jou voertuig gereeld te versien. Doen dit streng volgens die handleiding waar ’n aantal kilometers gespesifiseer word, of bring hom elke jaar na die handelaar om versien te word. Klein foute kan sodoende vroeg raakgesien word voordat dit in ’n duur saak word. ) Tussendeur kan jy self gereeld die motor se vloeistowwe nagaan. Kyk gereeld na sy olievlak, die remvloeistof, asook die ratkas-olie. Sit ’n koerant of ’n stuk karton onder jou motor en kyk of hy nie olie lek nie. ) Onthou om jou oliefilter te vervang wanneer jy nuwe olie insit. ) Laastens kan jy jou bande gereeld nagaan. Die korrekte banddruk sal jou minder geld op brandstof laat uitgee, terwyl dit die loopvlak egalig laat afloop. Daarby kan jy jou bande elke ses tot 12 maande oorkruis omruil, net om doodseker te maak die slytasie is egalig.
oor krag en plesier – onder die enjinkap en aan die binnekant. Die kraglewering van die twee dieselenjins is verhoog deur fyner programmering van die blikbrein wat terselfdertyd die dieselverbruik verlaag. Die 2,5 liter-oond het nou 120 kW (110 kW) en die wringkrag klim van 350 Nm tot by 380 Nm. Die gemiddelde verbruik daal met sowat 0,25 liter per 100 km. Die ander dieselbielie in die reeks, die 2,8-model, pomp ’n stewige 144 kW (132 kW) uit en wringkrag klim met 30 Nm tot by 500 Nm. Die gemiddelde verbruik sak met amper 1,0 liter.
Die 3,6 liter-V6-petrol (176 kW en 329 Nm), die enigste petrolenjin in die reeks, bly onveranderd. Die binneruim is nou ’n groter plesier, seg GM, want al die modelle kry die nuwe MyLink-vermaakstelsel. Dit het ’n groot 7 duim-raakskerm en integreer ’n hele klompie funksies. Danksy koordlose skakeling met Bluetooth kan die eenheid dien as ’n musiekspeler (wanneer jy jou slimfoon of USB-stokkie daaraan koppel), ’n radio, ’n videospeler of selfs as foto-album as jy jou kiekies daarop aflaai. Buiten inligting soos verbruik en reikafstand word die battery se kraglewering,
jou spoedperk (om te keer dat jy nie ’n gekose snelheid oorskry nie), olietemperatuur, ure wat die enjin al geloop het en olieleeftyd weergegee. Twee nuwe “ekonomie”-metertjies is aangebring – een wat wys hoe diep jy die pedaal plant en die ander wat jou verbruik van die laaste 50 km weergee. Dit is om bestuurders van hul rygewoontes bewus te maak. Al die LTZ-modelle kry nog twee kantlugsakke en ’n trukamera by. Die reeks se binneruim is nou in donkergrys afgewerk wat praktieser as die ligte roomkleur is.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
BETREKKINGS SAKE
3600
ADMINISTRATIEF LENINGS 1445
GELEENTHEDE 2415
INDEPENDENT AGENT DISTRIBUTORS: Sell chocolates, sweets, biscuits, etc. R1 750 includes joining fee [once off], delivery, stock. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net
3325
1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
REGSKENNISGEWINGS & TENDERS
4010
MEENTHUISE TE HUUR
ALLERLEI
ADM.SURVEY/DATA: Listing clerks needed. For info SMS name/address to 074 927 5124 or email:d.worforce7@gmail.co .za
ALGEMENE KENNISGEWINGS
EIENDOMME
TE KOOP
3605
MEENTHUIS TE HUUR. RHODESDENE. Netjies twee-slaapkamermeenthuis. Lugversorgers, ingeboude-kaste, volvloermatte, oopplansitkamer/kombuis en enkelbadkamer. Snoesige stoep met braai, enkelmotorhuis, enkel veilige motorafdak met elektriese hek. Geleë in 'n baie veilige kompleks. Nie-rokers alleenlik welkom. Geen troeteldiere. Beskikbaar vanaf 01/06/2014. Lang huurtermyn verkieslik. R6 000 per maand, water en ligte uitgesluit. Deposit betaalbaar Skakel 053 833 1436. Benine-Roux Welgemoed & Du Plooy Prokureurs.
ONDERVERDELING: Erf 1471 HOPETOWN (Maria Magdalena Coetzee) Neem asseblief kennis dat aansoek kragtens die Noord-Kaapse Beplaning en Ontwikkelingswet 7 van 1998 ontvang is vir die onderverdeling van bogemelde eiendom. Die volledige aansoek lê ter insae by die kantore van Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit, Kerkstraat, Hopetown. Besware,indien enige, teen voorgestelde onderverdeling moet binne 21 dae vanaf datum van publikasie hiervan skriftelik ingedien word by die ondergemelde: Munisipale Bestuurder Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit, Kerkstraat (Privaatsak x3), Hopetown 8720.
NORTHERN CAPE DEPARTMENT OF ENVIRONMENT AND NATURE CONSERVATION
Application Form for Authorisation
in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No 107 of 1998), as amended, and the Environmental Impact Assessment Regulations, 2010. It is hereby notified that the current application forms for Environmental Authorisations have been amended. New application forms are available at the Department and will be used as from 1 April 2014. Fees have been prescribed for the consideration and processing of applications for Environmental Authorisations and Amendments under sections 24(5)(c)(i), (24(5)(j) and 44(1)(a) and (b) of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No 107 of 1998), and as per Government Gazette No 37383, Notice 141 and Notice 142 . The fee structure is as follows:
Application forms must be accompanied by proof of payment when submitted to the Department. : ABSA : 4078447781 : 630302
Reference to be used by applicants: Environmental Authorisations : EIA/25/19 Waste Management Licences : EIA/03/2014
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS "A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
Queries may be directed to: Department of Environment and Nature Conservation Private Bag X6102 Kimberley 8300 SASKO Building Tel. (053) 807-7430 Fax: (053) 831-3530
Slaan aan die brand
Environmental Authorisation: Ms T Leburu, tel. (053) 807-7464 or e-mail: tmakaudi@ncpg.gov.za Ms L Pienaar, tel. (053) 807-7462 or e-mail: LeonaPienaar@ncpg.gov.za Waste Management: Ms G Letimela, tel. (053) 807-7446 or e-mail: gletimela@ncpg.gov.za www.humanjobs.co.za
DIE belangstelling is groot in die kompetisie om Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en NoordKaapse Instansie van die Jaar aan te wys. Die eerste inskrywings is reeds ontvang. Dit is die gulde geleentheid om iemand of ’n instansie te laat vereer. Dit word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK aangebied. Benoem ’n individu of instansie só: Stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense of natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat betref die belange en/of omstandighede van mense, of die natuurlike omgewing, in die Noord-Kaap. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die benoemde sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die benoemde se werk wees, die mate waartoe die benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor hy of sy benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs nasionaal te bou en te bevorder. Die riglyne vir benoeming in die kategorie Instansie van die Jaar is: . Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. . Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. . Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing hê.
Die gebruik van die letter
Basic Assessment : R 2 000.00 Full EIA : R10 000.00
Bank Details: Bank Account Number Branch Code
Vereer NK se mense
Human Communications 108071
’n MAN is ongedeerd nadat sy motor in Aris totleweg aan die brand geslaan en die ban de ontplof het. Kotie Venter, ’n tuindienste eienaar, sê die motorbestuurder was voor haar in die pad toe die motor skielik stilge hou het. Sy het omgedraai om ’n ander pad te volg toe sy plofgeluide hoor. Die bestuur der het net betyds uit die motor geklim. Hy is nie beseer nie. Die Sol Plaatjebrandweer is ontbied en die verkeer was ’n wyle ont wrig. Volgens Riaan Jansen van Vuuren van die Sol Plaatjebrandweer is die motor heel temal verwoes. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
11
Knights 2de in meerdagreeks Sportredaksie
GERHARD HOLTZHAUSEN (met bal), agtsteman van die Northerns, was een van sy span se staatmakers op die Tony Stoopstoernooi wat die vakansie plaasgevind het. Foto: Emile Hendricks
Diamonds skitter Hannes Nienaber DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld het sy toer na Riversdal onoorwonne afgesluit toe hy in sy laaste wedstryd van die jaarlikse Oakdale-Landbou-rugbyweek die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem met 20-17 die loef afgesteek het. Diamonds het die Hoërskool Strand (15-5) en Augsburg-Landbou (14-0) in sy ander twee wedstryde op die toer verslaan. Dié skole is die alma mater van die voormalige Springbok-losskakels Earl Rose (Strand) en Gaffie du Toit (Augsburg-Landbou). Die span van die Diamantstad se losskakel, Gerco Nortjé, het vyf strafdoele teen die Trekkers deur die pale gejaag, terwyl JP Abrahams sy span se enigste drie aangeteken het. Vir die Trekkers het sy haker, Christo van Zyl, en voorryman Helgard van Heerden agter die doellyn gaan kuier. Diamantveld was vanjaar nog net een keer teen Louis Botha (13-15) aan die verloorkant. Hy kon die wedstryd maklik gewen het indien Nortjé se korrel op die dag meer sekuur was. Diamonds is weer die gasheer van vanjaar se Wildeklawertoernooi en kom in sy twee wedstryde teen die gedugte Maritzburg-kollege en HTS Middelburg te staan. Noord-Kaap het ’n minder suksesvolle toer op die veld beleef. Die span was op die jaarlikse Tony Stoops-toernooi op die Hoërskool Tygerberg se velde in aksie. Die span het wel ’n merkwaardige gelykop-uitslag van 19
elk teen die Hoër Jongenskool Paarl in sy eerste kragmeting op die toer afgedwing. Dit was ’n wedstryd wat hy ewe maklik kon gewen het indien hy besluit het om pale toe te korrel en nie die kantlyn op te soek nie. Boishaai verteenwoordig Suid-Afrika later vanjaar op die Sanix- Internasionale Toernooi in Japan. Northerns se nederlaag teen Wynberg Boys’ High (17-21), wat self vanjaar ’n bulspan het, het dalk te veel uit die span van Kimberley geneem voor sy laaste kragmeting teen Tygerberg. Noord-Kaap het in die laaste wedstryd voor die gasheer met 10-25 die knie gebuig. Die Hoërskool Upington het self ’n goeie toernooi net buite Riversdal op Oakdale-Landbou se week beleef. Uppies se slot Kobus Wiese is die enigste speler van die Noord-Kaap wat in die span vir die week gekies is. Uppies is ook as die span aangewys wat die aanskoulikste rugby gespeel het. De Aar het ook die toernooi onoorwonne afgesluit nadat hy Aliwal-Noord met 16-0 in sy laaste kragmeting uitgestof het. Die Hoërskool Noord-Kaap se eerste netbalspan het as die enigste onoorwonne span van die Waterkloof-toernooi in Pretoria teruggekeer. Die o.19A-span het Lichtenburg (31-11), Prestige College (39-13), Oosterland (43-16), Wilgerivier (32-14), Tygerberg (33-26), Florida (30-29), Waterkloof (26-16), DF Malan (36-12), Marais Viljoen (18-17), Akasia (39-14) en Wessel Marais (41-15) geklop.
Puntemakers:
Diamantveld 20 (9): Drie: JP Abrahams. Strafdoele: Gerco Nortjé (5). Voortrekker 17 (10): Drieë: Christo van Zyl, Helgard van Heerden. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (2). Strafdoel: Tokkie van Zyl. Diamantveld 14 (6): Drie: JD Swanepoel. Strafdoele: Gerco Nortjé (3). Augsburg-Landbou 0. Hoërskool Upington 19 (13): Drie: Dian Dry. Doelskop: Benna Nieuwoudt. Strafdoele: Nieuwoudt (3). Skepdoel: Gert Ruping. Durbanville 10 (3): Drie: Riaan Koeg. Doelskop: Darren Ruiters. Strafdoel: Ruiters. De Aar 23 (18): Drieë: Cladio Sequira (2), Sheldon Papa. Doelskop: Didi Fourie. Strafdoele: Wickus Strauss (2). Hermanus 10 (0): Drieë: Jaco Abel, Jade Cornelius. HTS Ligbron 10 (10): Drieë: Bernardus Harring, Johan Lloyd. Hoërskool Upington 5 (0): Drie: Sheldon Losper. De Aar 16 (3): Drie: Stefan Botha. Doelskop: Didi Fourie. Strafdoele: Fourie (3). AliwalNoord 0. Wynberg Boys’ High 21: Drieë: Evan Frylinck (2), Karl Martin. Doelskoppe: Martin (3). Noord-Kaap 17: Drieë: Gerhard Holtzhausen (2), Hannes Jacobs. Doelskop: Wilfred Bouwer. Tygerberg 25: Drieë: Robin Kuys, Shane Farmer, Sherwin Eyman. Doelskoppe: Wynand MacLachlan (2). Strafdoele: MacLachlan (2). Noord-Kaap 10: Drieë: Danielo Huyster, Robbie Petzer.
DIE Knights-krieketspan van die sentrale streek het die plaaslike meerdag-krieketreeks in die tweede plek afgesluit. Die Knights het Sondag op Chevroletpark in Bloemfontein hul algeheel tweede plek behou deur ’n onbesliste uitslag teen die Dolphins af te dwing. Die Knights het Sondag op 436/9 in hul eerste beurt gaan voortkolf voordat hulle vir 446 uitgehaal is toe Kyle Abbott vir Corné Dry (69) laat terugstap het. Dit het die Dolphins met ’n voorsprong van 118 lopies gelaat met Divan van Wyk (73) en Cody Chetty (63*) wat daarop voortgebou het. Die besoekers het hul tweede beurt op 200/4 verklaar nadat hulle vroeër hul eerste beurt op 564/7 gesluit het en die Knights ’n telling van 319 vir die sege gelaat. Daryn Dupavillon het goedkoop van Reeza Hendricks en Rilee Rossouw ontslae geraak, maar Gihahn Cloete (69) en Dean Elgar (33*) het op 12/2 vasgeskop en ’n vennootskap van 104 lopies aangeteken voordat die kapteins met 28 boulbeurte oor blad geskud het. Die Dolphins het 8,26 punte verdien, maar dit was nie genoeg om verby die Knights te skuif nie.
JOHAN VAN DER WATH was een van die Knights se staatmakers in die meerdaagse krieketreeks. Foto: Yunus Mohammed
) Die Cape Cobras is die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen van die reeks gekroon nadat hulle die Lions Sondag met ’n beurt en 165 lopies in hul kragmeting geklop het. Die oorwinning het die Cobras se puntetotaal op 137,88 vir vanjaar se reeks te staan gebring en sodoende hul tweede titel agtereenvolgens vasgemessel. Honderdtalle deur Justin Ontong (119) en Dane Vilas (149) het die grondslag vir die Cobras se oorwinning gelê en die besoekers gehelp om 544 lopies in hul kolfbeurt aan te teken. Ontong se beurt het kalmte help bring nadat die Cobras vroeg op 62/3 gewankel het. Sy vennootskap van 128 lopies saam met Yaseen Vallie (51) was die begin van ’n lopiefees waarop Vilas en die stertkantkolwer Dane Piedt (92) later voortgebou het. Laasgenoemde twee het 155 lopies om die agtste paaltjie aangeteken om die tuisspan op die agtervoet te plaas. Die Lions se toporde het hul beurt goed begin danksy vyftigtalle deur Rassie van der Dussen (74) en Temba Bavuma (51), maar Piedt het met sy draaiboulwerk die kolforde se ondergang ingelui. Hy het Bavuma en Conway in een beurt laat terugstap en so die Lions tot 201 help beperk. In die tuisspan se opvolgbeurt het dit nog slegter gegaan met net Van der Dussen (55) wat werklik teenstand gebied het. Piedt het boulsyfers van 5/51 in die opvolgbeurt by sy 2/46 in die eerste gevoeg en is agterna as speler van die wedstryd aangewys. ) David Wiese het die eerste keer in sy eersterangse loopbaan tien paaltjies in ’n meerdaagse wedstryd laat kantel om die Titans tot ’n sege met 87 lopies oor die Warriors op SuperSportpark in Centurion te help. Die Titans was vooraf in die laaste plek in die kompetisie, maar hul sege het hulle bo die Lions laat inskuif en laasgenoemde met houtlepelstatus gelaat. ’n Onbesliste uitslag het gewink, maar Wiese het deur die kolforde gekerf nadat Cobus Pienaar en Shaun van Berg vroeg die sagmaakwerk gedoen het. Die uiteinde was boulsyfers van 10/111 in die kragmeting vir Wiese. Die sege het die Titans 17.48 punte besorg, wat hulle tot die vierde plek laat opskuif het. Die Warriors het 5.68 punte verdien, wat hulle bo die Lions in die vyfde plek gehou het.
Kimberliet ryg plekke in swem in Sportredaksie
JOHAN VAN HEERDEN
Foto: Verskaf
JOHAN VAN HEERDEN, ’n gestremde swemmer van Kimberley, het onlangs op die nasionale swemkampioenskapsbyeenkoms vir fisiek gestremde swemmers behoorlik sy slag gewys. Die kampioenskapsbyeenkoms is in die Coetzenburgswembad in Stellenbosch aangebied. Johan het nie minder nie as agt goue medaljes in die onderskeie nommers en klassifikasies gewen en in
vier daarvan nasionale rekords verbeter. Hy het in die 50 mvryslag ’n Suid-Afrikaanse rekord vir swemmers 15 tot 18 jaar in die S10-klas verbeter. Hy het ook in die 200 m-borsslag (klas SB9), 50 m-rugslag (klas S10) en 50 m-vlinderslag (klas S10) goud losgeswem en daarmee saam onderskeie nasionale rekords verbeter. Voorts het hy ook in die 100 m-vryslag, 50 m-borsslag en 200 m-wisselslag goud verower.
Selected to represent SA THREE powerlifters from the Northern Cape were selected to re present South Africa at the International Paralympic Committee (IPC) World Powerlifting Championships in Dubai from 3 to 12 April. From the left are Ricardo Fitzpatrick, Johannes Matthysen, Jan Flemming (coach) and Chantel Stierman. Photo: Supplied
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 APRIL 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Griquas’ hope kept alive Gerdie Karstens GRIQUAS kept their hopes of a home semi-final in the Vodacom Cup competition alive by beating the Golden Lions 33-18 in Kimberley on Saturday. The home side started well and looked to make amends for their loss against the Pumas in Nelspruit last week with centre Jonathan Francke almost scoring in the second minute. Breaking through the Lions’ defence, he stretched out to ground the ball, but lost it forward in the process. From the resulting scrum, Griquas applied good pressure and were awarded a penalty which fullback Gouws Prinsloo slotted with ease. He was again called into service to convert a good try by lock Jaco Nepgen who burst over from a line-out. The Lions got on the scoreboard thanks to a penalty by their flyhalf, Willie du Plessis, after Griquas were penalised at the breakdown. The hosts were on fire, though, and good pressure resulted in their second try via eighthman Carel Greeff who ran 40 metres to score. Prinsloo slotted the conversion. The Lions had some good periods of play and progressed into the Griquas’ half, but the hosts held them at bay. The visitors finally got some reward when Du Plessis kicked a second penalty to reduce the deficit to 11 points. Griquas led 24-6 at the break after wing Ederies Arendse scored their third try, which Prinsloo converted. The Lions reduced the deficit early in the second half when they were awarded a penalty try, after Griquas’ hooker Martin Bezuidenhout had earlier been yellow-carded. The Lions tried to maul from the penalty, but the hosts infringed and the penalty try was given. Griquas replied with a penalty via Prinsloo to make the score 27-13 in favour of the hosts. Prinsloo stretched the lead to 12 points with a penalty kick, but the Lions kept on attacking and putting Griquas under pressure. Prinsloo, however, had the last say, kicking another penalty to seal the Lions’ fate.
Noordkaap Koerant.
Is jy al deel van Noordkaap se Facebook-familie? Gesels saam by
SCORERS: Griquas 33 (24): Tries: Jaco Nepgen, Carel Greeff, Ederies Arendse. Conversions: Gouws Prinsloo (3). Penalties: Gouws Prinsloo (4). Golden Lions 18 (6): Tries: Penalty try, Stephan de Witt. Conversions: Willie du Plessis. Penalties: Willie du Plessis (2).
THE Griquas flanker Marnus Schoeman (with ball) gets tackled by die Lions defenders in his side’s Vodacom Cup match on Saturday. The other recognisable Griquas players are Jonathan Adendorf (left) and Martin Bezuidenhout (right). Photo: Dirk Jacobs/PIX24 Media