Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 16 April 2014
www.noordkaap.co.za
www.noordkaap.mobi
GRATIS
Ontmoet skoonheid
ROLENE STRAUSS, die nuwe Mej. SA, het Donderdagaand gaste in die Flamingo Casino in Kimberley ontmoet. Sy het foto’s saam met die gaste laat neem en skoonheidswenke met hulle gedeel. Van links is sr. Marie Bernarde, voorligter aan die Wiskundeenwetenskapleierskapakademie (MSLA), Strauss, Martie Venter, koördineerder van die MSLA, en Anne Maclean, besturende direkteur van die MSLA. Foto: Lecrecia Prins
Subsidieprogram begin Lecrecia Prins DIE Sol Plaatje-munisipaliteit is die eerste munisipaliteit in die provinsie om die geldelik gekoppelde subsidieprogram in werking te stel. Die program is in 2013 in sy staatsrede deur pres. Jacob Zuma bekend gestel. Dit is daarop gemik om mense met ’n inkomste van tussen R3 501 en R15 000 te subsidieer,
diegene wie se salaris te veel is om vir ’n HOP-huis te kwalifiseer, maar te min is om ’n huislening by ’n bank of finansiële instansie te kry. Die program help begunstigdes aan wie ’n huislening toegestaan is, om dit af te betaal, om ’n nuwe of bestaande huis te koop, óf ’n leë erf te koop wat aan ’n behuisingsprojek gekoppel is. Die doel van die program is om die maandelikse terugbetaling
van die huislening te verminder om sodoende die lening bekostigbaar oor die leningstydperk te maak. Die subsidie is nie net aan die bou van nuwe huise gekoppel nie, maar is ook van toepassing op die koop van bestaande huise of erwe. David Molusi, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatjemunisipaliteit, het gister die eerste gebied bekend gestel
waarin die program in werking gestel gaan word. Dit gaan in Leratopark begin, maar sluit nie potensiële begunstigdes in wat verkies om aansoek te doen vir ’n huis in ’n ander woonbuurt nie. Die program is op vraag eerder as verskaffing gegrond. Huise sal vir aansoekers wat kwalifiseer vir die subsidie gebou word wanneer die lening en subsidie goedgekeur is.
Mense wat baie by die projek gaan baatvind, is diegene wat in myndorpe bly. Die ekonomiese ontwikkeling in dié gebiede het tot ’n groot tekort aan behuising vir werkers gelei. Aansoekers of belangstellendes kan Gratitude Booysen van die departement van samewerkende regering by 053-830-9532 bel of Thembisa Mbomvu van die Sol Plaatje-munisipaliteit by 053-8306296.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Tashnicka (12) laat die wiele ‘spin’ SY is net 12 jaar oud en het ’n liefde vir sport – iets wat nie altyd hoog op ’n meisie se voorkeurlys is nie. Dít is wat Tashnicka Hassen van die Laerskool Diamantveld anders maak. Sy hou daarvan om motors te spin – ’n sportsoort waarin toertjies met motors gedoen word en die motors in die rondte draai totdat die agterbande bars. Tashnicka is baie trots daarop dat sy deel is van ’n sportsoort waaraan oorwegend mans deelneem. Haar pa, Imo, is ’n bekende in spin-kringe en sy het verlede jaar Paasnaweek hiermee begin. Tashnicka spin al sedert sy een jaar oud was saam met haar pa en sê dit is hoe sy in dié sportsoort begin belang stel het. “Ek sit altyd saam met my pa in die motor wanneer hy op geleenthede spin. Hy is my mentor.” Tashnicka sê sy het gewonder hoe dit voel om self te spin. “Ek het verlede jaar op ’n gewone samekoms op Monstermob begin spin. Ek het sowat twee jaar gelede ’n 14-jarige seun gesien wat spin en het gedink as hy dit kan doen, kan ek ook.
“Ek was aanvanklik senuweeagtig. My eerste les wat ek by my pa gekry het, was die dag toe ek die eerste keer voor ’n gehoor moes spin. My pa het my op die parkeerterrein van Monstermob ’n crash course in spinning gegee. “Hy was die hele tyd by en het vir my gesê wat ek moet doen. Die senuwees het deurgaans geknaag. Ek het vlinders in my maag gehad. “Ek het dit nou al meer gedoen en dit is nogal cool. Die gehoor wat my aanmoedig, motiveer my om daarmee aan te hou. “Ek hoop om eendag aan kompetisies deel te neem en vir kompetisies oor die land heen te reis.” Haar vriende weet almal watter sportsoort sy beoefen en een van hulle wil selfs ook leer hoe om dit te doen. Tashnicka is al na spin-geleenthede in Gauteng en Kuruman genooi en gaan ook vanjaar op Monstermob spin. Michelle Hassen, Tashnicka se ma, sê sy is die tomboy van die gesin en daarom was sy nie verbaas toe Tashnicka sê sy wil begin spin nie. Michelle sê aanvanklik was sy skepties oor die idee, maar omdat Tashnicka so ’n sterk wil het, kon
Vir meer nuus en foto’s www.noordkaap.co.za
Lecrecia Prins
TASHNICKA HASSEN (12) het ’n liefde vir sport wat die adrenalien deur haar are laat pomp. sy haar nie keer nie. “Tashnicka het altyd vir my gesê meisies kan goed doen wat seuns doen. “Toe sy in gr. O was en van die skool af gekom het, het sy altyd saam met haar pa en oom onder die motors ingekruip om dit reg te maak. Hulle is motorwerktuigkundiges.
“Ek het nog altyd my kinders aangemoedig om dit te doen waarvoor hulle ’n passie het en Tashnicka hou van spin.” Michelle sê Tashnicka werk ook baie hard in die skool. Sy is die beste leerling in haar klas en tweede in haar skool. Sy sê Tashnicka weet sy moet haar huiswerk doen voordat sy
Foto: Emile Hendricks
enigiets anders doen. “Ek kan haar nie keer om te spin nie, omdat dit in haar bloed is. Ek is baie trots op haar. Sy doen iets konstruktiefs. “Sy hou haar nie met dwelms en ander verkeerde goed op nie. Ek ondersteun haar eerder in wat sy wil doen as dat sy dit in elk geval agter my rug gaan doen.”
Mej. SA kuier in NK ROLENE STRAUSS, die nuutgekroonde Mej. SuidAfrika, het gaste in die Flamin gocasino mense met haar skoonheid betower toe sy vir ’n fotosessie hier was. Strauss het spesiaal saam met die gaste foto’s geneem en skoonheidswenke ge deel met dié wat gevra het. Van links is George Truter, Jenny Truter, Strauss en Heather Whitten. Foto: Lecrecia Prins
Diamonds skitter nog Lecrecia Prins TWEE oudnetbalspelers van die Hoërskool Diamantveld (DHS) skitter steeds op die netbalbaan, nou as afrigters van die Universiteit van Stellenbosch (US) se netbalspanne. Christine Behan (née Markgraaff) het vir die Suid-Afrikaanse span en Henriëtte Vorster provinsiaal netbal gespeel. Behan het ná skool sportwetenskap aan die US gestudeer. Sy het haar meestersgraad in dié rigting verwerf en is die netbalafrigter van Maties se eerste en tweede netbalspan. Behan sê dit was nie altyd haar droom om ’n netbalafrigter te word nie, maar toe die geleentheid hom voordoen, het dit ’n passie vir haar geword. Sy sê sy kan haar nie ’n lewe daarsonder indink nie. “Vandat ek kan onthou, het ek netbal gespeel, al as 7-jarige meisie aan die Laerskool Staats.” Behan rig nou al vier jaar netbal af en het self van 2001 tot 2005 vir die Maties gespeel. Sy bly die afgelope 14 jaar in Stellenbosch. Haar ma en tannie het provinsiaal netbal gespeel en haar tannie het ook vir die Suid-Afrikaanse span gespeel. Behan se pa is die oudSpringbokafrigter André Markgraaff. Hy was ook ’n Springbok en is ’n oudleerling van die DHS. Van der Vyver (née Vorster) het ook sportwetenskap aan die US gestudeer. Sedert die begin van die jaar is sy die netbalafrigter van die Maties se derde en vierde netbalspan. “Dit was altyd my droom om netbal af te rig. Ek speel al van gr. 1 af netbal. My ma het
provinsiaal netbal gespeel en was ’n Griekwa-afrigter. Ek is een van ses dogters. Ons het almal vir die Griekwa-netbalspan gespeel. Een van my susters, Letetia Schutte, het vir die Springbokspan gespeel en ’n ander suster, Surita Brink, het in die Suid-Afrikaanse top-25 gespeel.” Van der Vyver het ’n kniebesering opgedoen wat haar netballoopbaan beëindig het. Sy was kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-netbalspan. Haar pa is Deneys Vorster, gevierde agtsteman van die 1970-Griekwarugbyspan wat die Curriebeker-kampioen was. Van der Vyver is al die afgelope vier jaar die netbalafrigter van die Laerskool Stellenberg in Durbanville. Sy het haar eie netbal-akademie waar sy laerskoolleerlinge afrig en sy is ’n Suid-Afrikaanse skeidsregter vir wedstryde in die Wes-Kaap. Mareth Hugo, skoolhoof van die DHS en Behan en Vorster se oudafrigter, vertel hoe sy hulle onthou. “Hulle het van jongs af buitengewone potensiaal getoon. Albei het sedert hul gr. 8-jaar vir die skool se eerste span, o.19A- en vir die Griekwas se o.19A-span gespeel. “Hulle het besonderse talent en temperament getoon en ek het geweet hulle sou dit ver bring. Dit was ’n voorreg om met sulke talentvolle, toegewyde spelers te werk. Dit is vir my as afrigter ’n besonderse geskenk as my oudspelers my werk voortsit.” Hul foto’s hang in die netbalklubhuis. Omdat Behan Proteakleure het, hang haar baadjie in die klubhuis en haar foto is in die voorportaal van die skoolsaal.
CHRISTINE BEHAN (née Markgraaff), ’n oudleerling en netbaluitblinker van die Hoërskool Diamantveld, is nou die netbalaf rigter van die Maties se eerste en tweede netbalspan. Foto’s: Verskaf
HENRIËTTE VAN DER VYVER (née Vorster), ook ’n oudleerling en netbaluitblinker van die Hoërskool Diamantveld, rig nou die Ma ties se derde en vierde netbalspan af.
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Vrydag 18 April
Saterdag 10 Mei
DIE jeugbediening Reflect 24/7 hou ’n jeugnaweek waarna hulle jong mense uitnooi om hulle prettige, geesopheffende manier om godsdiens oor te dra te ervaar. Daar gaan sang, danse en poësie uitgebeeld word. Daar gaan ook ’n spesiale gasspreker wees om die jeug te vertel hoe om ’n lewe vry van drank- en dwelmmisbruik te leef. Dit word van 18 tot 20 April om 18:00 by die William Pescod-skool aangebied. Die geleentheid is gratis.
Saterdag 26 April
WILLEM SERFONTEIN, Griekwaslot.
Die Outdoor Fullbody Workout aerobics-span bied ’n gesondheiden-welstandpretdraf aan.
Lecrecia Prins WILLEM SERFONTEIN, die Griekwa-slot, is vandeesweek die fokus van Noordkaap se reeks oor Griekwa-rugbyspelers. Serfontein is in Port Elizabeth gebore en was ’n leerling aan die Hoërskool Framesby. Hy het op ses jaar rugby begin speel, maar selfs voor dit saam met sy pa in die tuin rugby gespeel. Serfontein het in 2006 in die Cravenweek gespeel. In 2007 het hy vir die Blou Bulle se o.19-span gespeel, in 2008 vir die o.21-span en in 2009 in die Vodacombeker vir dié span. Hy het van 2010 tot 2013 vir die Pumas gespeel en in 2012 vir die SA Barbarians. Sy rolmodel is Richie McCaw omdat McCaw goeie leierseienskappe toon, goed speel en omdat hy ’n ambassadeur vir
Die NG kerk Dutoitspan bied van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal onder meer lekker sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek te koop wees, asook baie te doen vir die kleinspan.
Die pretdraf is in ’n 10 km-roete en 20 km-roete verdeel. Dit begin by Pop Inn (Guptas) in Galeshewe. Registrasie sal jou R30 kos en is tot 22 April oop. Vir meer inligting oor die dag, bel Promise Kampi by 079-5519992 of Gordon Masaile by 076-8448358.
Foto: Emile Hendricks
Kleintyd al op veld
Lewer herwinbare materiaal hier af
rugby is. “Ek dink die Griekwas is ’n goeie grondslag vir ’n loopbaan in Superrugby by die Cheetahsfranchise.” Serfontein sê hy pas maklik in die provinsie aan. Die natuurskoon, jag en boerdery is sy grootste tydverdrywe en geleenthede hiervoor “is volop in die Noord-Kaap”. ’n Hoogtepunt in sy loopbaan was toe hy in 2013 die eerste liga by die Pumas gewen het en ook die geleentheid gehad het om saam met die Cheetahs se Superruby-groep te oefen. Een van die laagtepunte was beserings, politiek en onregverdigheid in rugby. As hy klaar rugby gespeel het, gaan Serfontein sy familieboerdery by Cradock voortsit en ook mense as professionele jagter vergesel. Hy is verloof aan Carla Hugo en hulle trou op 6 Desember.
HERWIN en leef groener. Mense wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil begin leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en op ’n sentrale punt in te gee. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan van Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100 vir enige navrae. ) Die NG kerk Vooruitsig,
Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan van Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849 vir navrae. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting gerus aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
All systems go at Droogfontein IT is all systems go at Droogfontein Solar Power. “We have reached a significant milestone at Droogfontein Solar Power with our commercial operation date, which means the plant has satisfied all Eskom requirements for operation, including grid code compliance,” said Mark Pickering, general manager at Droogfontein Solar Power. This week the project produced enough clean renewable energy to power more than 17 000 households with electrical power, produced from the sun. Consider these tips to save on your electricity costs and help the environment: ) LED light bulbs are the new way to save on lighting costs. They last between 10 to 40 times longer than compact fluorescents and use 75% less energy than incandescent bulbs. ) Being in the Northern Cape means that the sun shines throughout the year – so if it is sunny outside, hang your laundry to dry and switch off the tumble-dryer. ) Use a pressure cooker to conserve energy when cooking foods that take a long time to cook like stews and steamed puddings.
16 - 20 April 2014
We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za
990
4990
per pack
S
per kg
Avocado’s Bag 1kg
! S G N I V A
1790
per pack
18
90 each
Kameelhout Boerewors
6490
Fruit Salad 500g
per kg
19
D’lite Medium Fat Spread Tub 1kg
90
Texan Steak
per pack
Greek Salad Tub 200g
9
Parmalat Smooth 80 Yoghurt 6x 100g per pack t "TTPSUFE
38
90 per
pack Goldi IQF Chicken Mixed Portions 2kg
3for
25
Bulk Lamb Chops
R
12
R
or we’ll BEAT it*
7890 per kg
2for
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W
9790 per kg
Beef Rump Steak
here else?
Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit and conditions terms for a e.co.z .gam *See www
3
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Kiesers moeg vir beloftes IN Diamond Park, ’n informele nedersetting in Kimberley, staan rye en rye netjiese huise. Groot en klein, talle daarvan met mooi tuine. Maar al die huise is van sink, deur die inwoners self gebou. ’n Toonbeeld van gemeenskapstrots, mense wat vooruit wil gaan. Daar is egter nie elektrisiteit nie, en water moet aangedra word. As dit reën, is alles onder water. Werk vir die inwoners is daar nie. ’n Klipgooi ver is die ou Beaconsfield-stasie, eens ’n groot werkverskaffer vir die mense in die omgewing. Maar, ironies genoeg, huisves dit nou ’n sopkombuis. Die groeiende moedeloosheid op grondvlak is oral sigbaar.
Selfs mense wat sê hulle gaan op 7 Mei stem, sê hulle dink nie enigiets gaan in elk geval verander nie. Dit is die grootste gevaar vir Suid-Afrika se demokrasie – dat kiesers nie net vertroue in politieke partye verloor nie, maar ook in die politieke stelsel. Vir ’n mens wat steeds werkloos is, beteken syfers oor hoeveel ander mense werk gekry het nie veel nie. Dit onderstreep eerder sy eie haglike situasie. Die boodskap op die grond is duidelik. Kiesers wil nie meer beloftes hoor nie, hulle wil nie meer verwagtinge koester nie. Hulle wil nou hê waarvoor hulle al 20 jaar wag.
DIE restaurant op die stasie is vir baie jare as een van die toprestau rante in Kimberley beskou, en was gewild onder passasiers, sowel as inwoners. Die gedeelte waar die restaurant en die stasieposkan toor was, huisves nou ’n spoor wegmuseum. Die museum is in 1994 geopen. Sedert die 1990’s het treinverkeer by die stasie afge neem, hoofsaaklik weens die in korting van passasiersdienste. Passasierstreine doen egter steeds verskeie kere per week die stasie aan en bied passasierver voer na Kaapstad, Johannesburg, Durban en Bloemfontein. Die Sho zolosa Meyl, Rovos Rail en die Blou Trein gebruik die stasie. Ro vos Rail, sowel as die Blou Trein, vertoef lank genoeg sodat passa siers ’n begeleide toer deur die stad kan onderneem.
Kimberley se treine doen hier aan
WERK het in 1872 begin om Kim berley per spoorlyn met die stede op die destydse Kaapkolonie se kuslyn te verbind. Dit is onder die bestuur van die Kaapse Regering spoorweë gedoen. Die spoorlyn tussen Kimberley en Kaapstad is in 1885 voltooi. Daardeur is die vervoer van vrag tussen Kimberley en Kaapstad aansienlik versnel, en kon mense ook vinniger tussen die twee plekke reis. Dit het ook bete ken goedkoper graan en ander produkte het in Kimberley beskik baar geword, tot nadeel van plaas like (en veral swart) verskaffers van vars produkte en brandhout. Mettertyd is Kimberley ook per spoor met Port Elizabeth, Johan nesburg, Durban en Bloemfontein verbind. Die stasiegebou is in 1886 voltooi en op 7 Augustus 1886 ge open. Dit is van steen en gegote yster gebou.
Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Dra inhoud reg oor Hannes Nöeth ALLES wat ’n mens in jou lewe doen, het twee baie belangrike elemente: wat jy doen (inhoud) en hoe jy dit doen (vorm). Dikwels gebeur dit dat iemand presies reg is (inhoud), maar dit so verkeerd oordra (vorm) dat die hele saak verlore gaan. Wat ’n mens wil oordra, moet jy ook kán oordra. Partykeer het iemand die wonderlikste pakkie waarin hy of sy inhoud dra, maar dan is die inhoud so betekenisloos en so leeg dat dit eintlik niemand enigsins help nie. Ander kere het iemand die wonderlikste inhoud en die waarste waarheid, maar hoe dit oorgedra word, doen die saak baie meer kwaad as goed. Daarom is dit goed as ons almal weer ’n slag leer om te kyk na wat ons doen en hoe ons dit doen. ’n Mens kan byvoorbeeld waarheid dien of jy kan waarheid pleeg. Jy kan so reg wees, maar dit so verkeerd oordra dat jy eintlik verkeerd is. ’n Mens kan met dit wat reg is mense nader trek deur dit op die regte manier oor te dra, of jy kan mense wegstoot deur dit op die verkeerde manier oor te dra.
Eintlik is dit logies: Al het jy die waarheid en al is jy reg, gebruik die hoe van elke saak om mense nader te trek en te beïnvloed eerder as om hulle te verloor omdat jou hoe nie reg is nie. So maklik gebeur dit met ouers en hul kinders. Ouers leer hul kinders die wonderlikste goed, maar hoe hulle dit oordra, maak dat dit nie geloofwaardig is nie. Inhoud en vorm staan nooit teenoor mekaar nie. Wát ek wil sê, moet ook gehoor kan word in hoé ek dit sê. Wát jy doen, moet oorgedra word deur hoé jy ’n ding doen. Van ons moet baie hard werk aan wat ons oordra, ons inhoud is soms maar leeg, min en verkeerd. Ander van ons moet hard werk aan hoe ons iets oordra. Sterkte met die wat en die hoe van alles wat jy doen. Die waarde om wat jy wil oordra (inhoud) op die regte manier oor te dra (vorm) is onberekenbaar.
Dankie nie net ’n woordjie Karin Muller MET Jacques Kallis se uittrede uit toetskrieket het ek na ’n Engelse kommentator geluister wat iets gesê het wat my altyd sal bybly. Hy het oor die woord great gepraat. Daar word gereeld gesê dit is ’n great wedstryd of ’n great kolfbeurt. Dit word in so ’n mate gebruik dat dit amper voel asof dit sy waarde verloor. Die woord dankie lei vir my amper tot dieselfde dilemma as wat die kommentator met die woord great gehad het. Dit word so algemeen gebruik dat dit byna afgewater klink. In ’n mens se daaglikse bestaan probeer jy gereeld dankie sê – en ek glo almal van ons bedoel dit opreg. Dit is eers wanneer jy jou in ’n situasie bevind waar jy ekstra dankie wil sê dat jy begin wonder of die boodskap reg verstaan gaan word. Wanneer jy ’n opregte waardering diep uit jou wese delf, afstof en blinkvryf . . . en
steeds met een klein, eenvoudige woord eindig: “Dankie”. Tog steek daar baie waardering in “dankie vir jou hulp” of “dankie dat jy my kind opgelaai het” of “dankie dat jy soveel waarde tot my lewe toevoeg”. Soms wens ek jy kan met ’n besonderse soort instrument iemand hier diep in jou hartkamers laat inloer om te sien hoe opregte waardering lyk. Dat jy die mens ’n oomblik skrams met sy vingerpunte aan die warmte van waardering kan laat raak om ’n idee te kry van hoe dankbaar jy in werklikheid is. Tog moet jy glo die mens wat die boodskap hoor – hetsy deur middel van tegnologie of persoonlik – die besonderse betekenis daarvan sal verstaan. Dat hy of sy sonder twyfel sal voel ’n oorvloed positiewe energie spoel oor hom of haar met die aanhoor van die alledaagse woordjie – net omdat jy dit besonders bedoel.
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Web ook ’n argief NOORDKAAP het ’n webblad met artikels, nuus, fotogalerye en sportnuus. As jy vorige uitgawes misgeloop het, kan jy gerus dié webblad besoek om al die nuus te lees. Gaan na www.noordkaap.co.za.
THARIEN VAN DER WALT van die Hoërskool Diamantveld het van 20 tot 23 Maart aan die SuidAfrikaanse vlak 2swemkampioen skapsbyeenkoms in Sasolburg deelge neem. Tharien het ’n silwermedalje in die 100 mvryslag en ’n bronsmedalje in die 50 mvryslag ontvang. Foto: Ina Olivier
OP die SuidAfrikaanse skolekampioenskapsbyeenkoms wat van 26 tot 28 Maart in Polok wane gehou is, was vyf atlete van die Hoërskool Diamantveld onder die topagtatlete. Ruan Willemse het twee bronsmedaljes in die 100 m en die 400 maflos verower. JeanMa rie Vermeulen was vierde in die 100 m en 200 m vir o.17meisies, hoewel sy nou eers o.16 is. Theo Senekal was vyfde in die hoogspring vir o.17seuns, Denecke Prinsloo was vyfde in die hamergooi vir o.15meisies, Drean du Plessis was agtste in die 1500 m vir o.15seuns en Imke van Rooyen was elfde in die 800 m vir o.17meisies. Van links is, voor: Denecke Prinsloo, JeanMarie Vermeulen, Imke van Rooyen en Drean du Plessis; agter: Theo Senekal en Ruan Willemse. Foto: Ina Olivier
Presteer vir NK met raket
JUANIQUE BOTHA van die Hoërskool Dia mantveld het op die SuidAfrikaanse pluim balkampioenskapsbyeenkoms ’n nasiona le gradering (nommer vyf) ontvang. Sy is ook in die SuidAfrikaanse oefengroep vir o.15spelers ingesluit. Foto: Ina Olivier
KIARA WAKEFORD van die Hoërskool Dia mantveld het die afgelope vakansie as deel van die NoordKaapse o.15span aan die in terprovinsiale tennistoernooi in Pretoria deelgeneem. Kiara het teen verskeie provin sies se nommereengekeurdes gespeel. Sy het haar goed van haar taak gekwyt en slegs een wedstryd in die enkelspel, teen die nommereengekeurde speler in die land, verloor. Spelers teen wie sy te staan gekom het, was van Noordwes, die Vrystaat, Gau tengNoord, GautengSentraal en Zimbab we. Kiara het ook van 3 tot 6 April aan die nasionale toernooi in Bloemfontein deelge neem. Sy het goed gevaar deur in die o.14 afdeling tiende uit 53 meisies te eindig. Daar is 15 van dié 53 spelers wat onder die top25 spelers in die land is. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
7
Geen gunste vir oortreders Charné Kemp DIPUO PETERS, minister van vervoer, het op die bekendstelling van die nasionale padveiligheidsveldtog hooggeplaastes teenwoordig gevra om nie hul vriende uit die moeilikheid te help sou hulle Paasnaweek dronk agter die stuurwiel betrap word nie. Die hooggeplaastes was meestal LUR’e, burgemeesters, departementshoofde, verkeerslui en polisielede van ander provinsies wat die geleentheid bygewoon het. Peters het eers ’n tyd lank verkiesingspraatjies gemaak en die ANC se lof besing voordat sy haar planne beskryf het om Suid-Afrikaners die Paasnaweek veilig te hou.
“Ek bedank by voorbaat die gesinne van padveiligheidsbeamptes, polisiemanne en ander belanghebbendes wat die Paasnaweek diens sal doen. Hulle gaan baie opoffer om te verseker dat ons veilig by ons bestemmings uitkom. “Paasfees is ’n heilige tyd. Ons kan nie ons lewe op die spel plaas nie. Niemand mag doodgaan nie. Ek het daarom ook kerkgemeenskappe genader om die boodskap oor padveiligheid te versprei. Hoekom gaan so baie Suid-Afrikaners op die paaie dood?” Motoriste en voetgangers gaan streng vir drank- en dwelmmisbruik gemonitor word. Dronkbestuur sal nie geduld word nie. “Beamptes sal oorlaaide voertuie
van die pad trek. Bestuurders met ongelisensieerde voertuie sal beboet word. So ook bestuurders sonder rybewyse. Ons gaan nie sag wees met oortreders nie. Mense moet veilig by hul bestemmings aankom. Bestuurders mag nie ander mense se lewe in gevaar stel nie. “LUR’e en ander hooggeplaastes mag nie oproepe van vriende in die middel van die nag beantwoord om hulle uit verkeerspenaries te help nie. Ons sal almal met selfrespek en waardigheid optree en geen oortreders help nie. Oortreders moet verantwoordelikheid vir hul dade aanvaar.” Haar departement weet van die onderhoudsprobleme en slaggate op paaie en gee aandag daaraan.
VERKEERSBEAMPTES deursoek motoriste se voertuie op die be kendstelling van die nasionale padveiligheidsveldtog om toe te sien dat dit padwaardig is. Foto: Charné Kemp
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
MOTORS
Dakar slaan nuwe roete in Pieter Oosthuizen DIE Dakar-horlosie sal volgende jaar teruggedraai word in wat die organiseerders bestempel as ’n weergawe wat enig in sy soort gaan wees. Dít is danksy ’n nuwe sirkelroete van Buenos Aires en die terugkeer van ’n Peugeot-span propvol sterre. Die grootste verrassing is die skuif van die
Dié Jeeps ‘spesiaal’ JY het seker al die rits oranje en lemmetjiegroen Jeeps op die paaie gesien, maar nou is daar nog ’n troppie wilde kleure uit die Jeep-stal op pad. Jeep is ’n vervaardiger wat hou van sy spesiale uitgawes en met sy kompakte Wrangler (die tweedeurmodel) en dié se vierdeurbroer, die Wrangler Unlimited, is dit ’n perd wat hard gery word. Die twee Jeeps het pas ’n nuwe “beperkteuitgawe”-reeks ryker geword. Jeep noem die nuwe modelle die Polar Edition en ons moet sê, die knape lyk heel spoggerig. Soos met vorige uitgawes is die Polar Edition ook net ’n kosmetiese pakkie wat vir die Jeeps aangetrek is. Daar is geen veranderings aan die 3,6 liter-V6-petroloond aangebring nie. Eerstens is die Polar Edition in net drie kleure te kry: ’n diepblou (Hydro Blue, in Jeep-taal), ’n melkwit (Bright White) en ’n masjiengrys wat Jeep “Billet” noem. Saam met die netjiese kleur is daar ook ’n tekening van ’n bergreeks op jou enjinkap. Ondertoe raak dinge gelukkig ernstiger. Jou wiele is yslike 18-duimers en die vellings is tussen die speekholtes pikswart geverf wat ’n gawe kontras tussen die speke vorm. Getinte ruite rond die buitevoorkoms af. Binnelangs kry jy die gewone opdienbord wat met so ’n pakket saamgaan. Dit sluit in die vloermatjies wat ’n bergmotief het, silwerkleurige stiksel op die swart leersitplekke, silwerkleurige panele by die deure en instrumente en die luginlate wat ’n wit omboorsel het. Wat toerusting betref, het die Polar Edition verhitte sitplekke voor en ’n satnav-funksie as standaardartikels. Pryse: Wrangler Polar Edition 3,6 V6 – R482 990; Wrangler Unlimited Polar Edition 3,6 V6 – R522 990.
vyfmalige motorfietskampioen, Cyril Despres, na vier wiele om saam met Carlos Sainz die sewende Suid-Amerikaanse Dakar aan te pak. Almal het verwag die Dakar-koning, Stéphane Peterhansel, en die koning van die wêreldtydrenkampioenskap (WRC), Sébastien Loeb, sal outomatiese keuses wees. Volgens Bruno Famin, direkteur van Peugeot Sport, het hulle steeds bruikbare data van destyds.
Is jy al deel van Noordkaap se Facebook-familie? Gesels saam op Noordkaap se blad.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALLERLEI 1845
LENINGS 1445
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
BETREKKINGS
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
Apteekassistent benodig: Libra Apteek. Graad 12 is ‘n vereiste. Vorige ondervinding sal as ‘n aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om ‘n loopbaan in ‘n apteek te volg, graag in ‘n professionele omgewing wil werk en bereid is om ‘n langtermynverbintenis te vorm, handig asb. u volledige, opgedateerde CV in by Longstraat 108, Towers-kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: Maandag 28 April 2014.
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Johan swem barshou Rugbyuitslae Gerdie Karstens DIE gestremde swemmer Johan van Heerden is Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster vir Maart. Johan (18) is ’n gr. 12-leerling aan die Elizabeth Conradie-skool in Kimberley. Hy word deur die Vrystaatse Sportwetenskap-instituut (FSSSI) met oefenprogramme, eetplanne en evaluasies ondersteun. Hy neem hoofsaaklik aan gewone galas deel omdat daar net ’n paar geleenthede per seisoen is wat deur die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) aangebied word. Johan het onlangs aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir gestremdes in Stellenbosch deelgeneem en agt goue medaljes verwerf en vyf nasionale rekords opgestel. Sy uitslae is na die IPK gestuur vir insluiting op die databasis en vir oorweging vir die wêreldranglys. Hy het pas teruggekeer van die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe in Durban (’n IPK-gala). Daar het hy as senior in multi-gestremdheidsverband (alle klasse van S1 tot S13) deelgeneem. Drie van Suid-Afrika se Paralimpiese swemmers was saam met hom in aksie, naamlik Charl Bouwer, Kevin Paul en Hendri Herbst. Op die eerste dag het hy ’n vierde plek in die 100 m-rugslag in ’n persoonlike beste tyd van 1:15.82 behaal en daarna ’n tweede plek in die 100 m-borsslag in 1:15.99 (seisoen beste tyd). Op die derde dag het hy ’n sesde plek in die 100 m-vryslag van 1:02.17 behaal (persoonlike beste tyd), waarna hy ’n derde plek in die 50 m-rugslag van 33.03 (persoonlike beste tyd) aangeteken het. Op die vyfde dag het hy ’n sesde plek in die 50 m-vryslag met 27.47 (persoonlike beste tyd) behaal. Hy het ook ’n tweede plek in die 50 m-borsslag in ’n tyd van 33.64
JOHAN VAN HEERDEN Foto: Verskaf agter sy naam geskryf. Op die laaste dag het Johan ’n eerste plek in die 200 m-wisselslag in ’n persoonlike beste tyd van 2:36.39 losgeswem. Hy het dus een goue medalje, twee silwermedaljes en een bronsmedalje verower en ses Suid-Afrikaanse rekords in die ouderdomsgroep 15 tot 18 jaar opgestel in die klasse S10, SB9 en SM10. Hy is as die beste manspresteerder in die multi-gestremdheidsklasse S1 tot S13 aangewys waarvoor hy ’n kontantprys ontvang het. ) Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. SuperSport het die behoefte by jong mense geïdentifiseer om erkenning te gee aan diegene wat betrokke is by sport, goed daarin
vaar of ander jong mense aanspoor om aan sport deel te neem. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die Maand-kompetisie het pas begin en is oop vir enigeen tussen 6 en 18 jaar oud. Jy kan jouself benoem of jy kan deur ’n vriend, onderwyser of selfs jou afrigter benoem word. ’n Familievriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport is, kan jou ook benoem. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een as die SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand vir Noordkaap gekies word. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebookblad geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die Jaar aangewys. Daar is geen twyfel nie elke skool in die Diamantstad het talentvolle sportmanne en -vroue. Stuur jou benoeming vandag. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie spesifieke maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Die SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand-wenners sal van Februarie tot November gekies word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke persoon se kontakbesonderhede bevat. Stuur benoemings na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za. Rig navrae aan Lynne Landman of Juanré Viviers by 051-522-9574.
van skole só Sportredaksie
DIE Hoërskool Landboudal van Jacobsdal het die naweek die eerste rugbyspan van Duineveld met 33-12 die onderspit laat delf. Dit was die span van Lanties se eerste wedstryd onder sy nuwe breier, Schalk van der Merwe. Hy het die leisels by Cassie Carstens oorgeneem. Die Hoërskool De Aar het die Hoërskool Hartswater met 41-14 geklop. Die span van De Aar maak sy stem dik en kan ’n rol in die Kovsiestreek-kompetisie speel indien die span sy spelpeil behou. Die Hoërskool Diamantveld het na Pretoria gereis en sy rieme met 10-36 teen Menlopark styfgeloop. Diamonds was rustyd met die telling op 3-26 reeds met die rug teen die muur. Die span het egter in die tweede helfte beter vertoon en die flank Janco Cloete het sy span se enigste drie aangeteken. Die span moes weens die onluste in Bloemhof ’n alternatiewe roete volg om die bepaling na te kom. ) Die Hoërskool Bothaville se eerste rugbyspan gaan nie
maklik in vanjaar se Sandveld-liga gestuit word nie. Die span het sy aanslag op die liga se titel met ’n sege van 59-3 oor Hennenman begin. Die span se haker, Rikus Alkema, was sonder twyfel die beste speler van die dag. Die twee manne wat langs hom in die skrum gesak het, die tweelingbroers Donovan en Armand van Wyk, het self uitstaande spel gelewer. Die flank WJ van Staden kan vandag ook breëbors oor sy vertoning rondstap. Agterlangs het die senter, Derek Beeslaar, weer met sy rotsvaste verdediging beïndruk. Wessel Maree het met 19-15 oor Riebeeckstad koning gekraai. Puntemakers: Menlopark 36 (26) – Drieë: Armand Buys (2), Ruan de Beer, Juanré van der Walt, Justin Meintjies. Doelskoppe: Marco Dönges (4). Strafdoel: Andile Loubser. Diamantveld 10 (3) – Drie: Janco Cloete. Doelskop: Gerco Nortje. Strafdoel: Nortje. Hartswater 14 – Drieë: Jean du Plessis, Franco Holtzhausen. Doelskoppe: Altus van Zyl (2). De Aar 41.
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook op Facebook by Noordkaap Koerant
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 APRIL 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Griquas show Valke no mercy Gerdie Karstens
ALVIRO PETERSEN (left) and Alan Kruger.
Photo: Supplied
Awards for cricketers Sports Editor GRIQUALAND WEST CRICKET has announced Alan Kruger as Griquas’ senior cricket player of the year at its annual prizegiving held at the Horseshoe Inn ealier this month. Kruger received the award most notably for his undefeated 221 runs against NorthWest in Potchefstroom on 13 February. He batted for 413 minutes, faced 265 balls and hit 35 fours from his innings. Kruger’s team mate Jandré Coetzee was honoured as bowler of the year for his 245.2 overs, of which 52 were maidens. He only conceded 728 runs and took 36 wickets. Aubrey Swanepoel was awarded as batsman of the year, while Gerhardt Abrahams was honoured as most improved cricketer of the year. The players’ player of the year is Corbyn Dolley. With regards to the women’s awards, Susan Benade was honoured as the player of the year. As captain she played an important role in motivating the team and she led exceptionally. Except for her batting performance, Susan also ended third in the Women’s Provincial League for most economical bowlers. She bowled 61 overs for 139 runs at an average of 2.27 runs to the over during the provincial season. The fielder of the year is Natalie Daries, while Benade was also honoured as batsman of the year. Robin Brooker was honoured as bowler of the year. Other awards presented: ) Griquas u.13 player of the year: Bobby Duvenhage (Upington). ) Griquas u.15 player of the year: Simon Muller (Northern Cape High). ) Griquas u.17 player of the year: Matthew Rohlandt (Northern Cape High). ) Griquas u.17 rural player of the year: AD van Zyl (Northern Cape High). ) Griquas u.19 girls player of the year: Amogelang Mohale (Emang Mmogo High).
) Griquas u.19 player of the year: GM Bruwer (Northern Cape High). ) Senior rural cricketer of the year: Noël Jansen. Club cricket awards (winners): ) T20 reserve league: West End. ) T20 first league: Diamond Pioneers. ) T20 promotion league: Douglas. ) T20 premier league: Olympian Wanderers. ) Reserve league: Defence. ) First league: Yorkshire. ) Promotional league: Burma Lads. ) Premier league: West End. ) Neatest team on the field: Diamond Pioneers. ) Club scorer of the year: Zeenat Toffar. ) Provincial scorer of the year: Darouise Gordon. ) Scorers’ scorer of the year: Patricia Janse van Rensburg. ) Scorer of the year: Angelo Hopley. ) Umpires’ umpire of the year: Kenneth Balepile. ) Most improved umpire of the year: Peter Hauman. ) Umpire of the year: Ryan Hendricks. ) Long service award: Abe Williams. Special awards: ) Intellectually impaired cricketer of the year: Lebogang Phatsiwe. ) Griqua staff member of the year: Booi Seekoei. ) Griqua star of the year: Corbyn Dolley. ) The Tyrese award: Jackson Prins.
GRIQUAS barely raised a sweat in beating the Valke 64-34 in their Vodacom Cup encounter at GWK Park in Kimberley on Friday afternoon. The result means that the Peacock Blues have moved into second place on the log in the Northern Section, pending Saturday’s encounter between the Pumas and Leopards XV. The Valke started with a bang, showing that their first-half performance against the Golden Lions a couple of weeks ago was no fluke. The visitors scored the first try of the game with prop Peet Vorster going over as early as the third minute with flyhalf Wayne Gardner converting. That resulted in the hosts waking from their winter sleep and the result was a helter skelter stanza of play that began with winger Ederies Arendse and included Carel Greeff’s hat-trick and the bonus point for four or more tries. Scrumhalf Tian Meyer and winger Rocco Jansen also scored in the first 40 minutes to give the hosts a comfortable lead of 38-10 at the break. The Valke again started the better of the two sides in the second half with winger Sandile Ngcobo going over in the 47th minute for his first try of the afternoon. Again that sparked the hosts into
action with locks Jonathan Adendorf and Ligtoring Landman both crossing the white wash in the space of four minutes. The Valke held their heads high and continued to attack with the possession they obtained, with Ngcobo scoring his second five-pointer of the afternoon after some inventive play by the visitors. For 15 minutes thereafter Griquas took their foot off the accelerator and the Valke started looking dangerous, although never threatening the hosts’ lead. They did, however, deliver some enthusiastic play that resulted in tries for lock Shane Kirkwood and replacement Anrich Richter. Griquas finished on a high though, with replacement scrumhalf Dustin Jinka and winger Arendse again going over to give the hosts a convincing victory. Scorers: Griquas 64 (38): Tries: Carel Greeff (3), Tian Meyer, Rocco Jansen, Jonathan Adendorf, Ligtoring Landman, Dustin Jinka, Ederies Arendse (2). Conversions: Francois Brummer, Gouws Prinsoo (3), Jacquin Jansen (3). Valke 34 (10): Tries: Sandile Ngcobo (2), Peet Vorster, Shane Kirkwood, Anrich Richter. Conversions: Wayne Gardner, Angus Cleophas (2). Penalty: Angus Cleophas.