Noordkaapnk 20140423

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 23 April 2014

www.noordkaap.co.za

www.noordkaap.mobi

GRATIS

Topspanne trek saam Toernooi ’n inspuiting vir Diamandstad

DIE Wildeklawer-superskoletoernooi wat Maandag in Kimberley begin, sal weer ’n skouspel van rugby en netbal oplewer en ’n toonvenster van Suid-Afrika se talent in die twee sportsoorte op skoolvlak wees. Boonop is dit ’n groot ekonomiese inspuiting vir Kimberley. Altesaam 112 skolespanne sal in aksie wees. Altesaam 20 van Suid-Afrika se voorste rugbyskole sal deelneem. Dié toernooi keer terug na die Hoërskool Diamantveld in Kimberley nadat dit verlede jaar deur die Maritzburg-kollege in Pietermaritzburg aangebied is. Diamantveld was al twee keer die gasheer vir die toernooi. Paarl-Gimnasium het dit in 2009 en die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria in 2010 aangebied. Benewens deur die eerste spanne sal daar, soos vorige jare, op die rugbyveld ook op o.14-, o.15- en o.16-vlak meegeding word. Vanjaar word die toernooi nog omvattender met rugby- en netbalwedstryde vir laerskole. Die Laerskool Newton sal een van tien deelnemende rugbyspanne wees. Agt ander o.13-ontwikkelingspanne kom uit die Noord-Kaap en die spanne gaan demografies verteenwoordigend wees. Met 24 van die 112 spanne komende van die Noord-Kaap (wat 21,4% van die toernooi vorm), kry die provinsie se leerlinge beslis ook die geleentheid om op die grootse toernooi hul stempel af te druk. Altesaam 2 558 spelers, afrigters en ander ampsdraers, ’n verdere 336 beamptes, sowel as die spelers se ouers en ondersteuners van 112 spanne, gaan na verwagting die toernooi bywoon, met na raming sowat 5 000 besoekers wat verwag word. Dit kan ’n ekonomiese inspuiting van tot R40 miljoen vir die stad inhou. Sedert die eerste toernooi het vier spelers wat daaraan deelgeneem het – Johan Goosen (Grey-kollege), Jaco Taute (Monument), Steven Kitshoff (Paul Roos-

Wys werke van NK­kunstenaars DIE William Humpfreys­kunsgalery in Kimberley het Woensdagaand ’n uitstalling van Noord­Kaapse kunstenaars gehou. Moham­ med Patel (links) is die kunstenaar van die skildery Leaves. Die skildery beeld die seisoen herfs uit. Nokuzola Radebe en Themba Kahla gesels met Patel oor sy skildery. Radebe en Kahla hou albei van die skildery, veral die kontras van kleur, omdat dit nie helder kleure is nie. Foto: Lecrecia Prins Gimnasium) en Frans Malherbe (Hoër Jongenskool Paarl) – hul Springbokkleure verower terwyl 19 spelers al Super- en Curriebekerrugby gespeel het. Die toernooi is geskoei op krag teen krag

en is die enigste in sy soort in die land waar al die voorste spanne op dieselfde toernooi in aksie is. SuperSport se ranglys word in berekening gebring om die spanne vir die

toernooi te bepaal. Die Hoërskole Diamantveld en NoordKaap is die twee Noord-Kaapse rugbyspanne wat gekeur is, met eersgenoemde wat een van die 12 o.19-netbalspanne uitmaak.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Gou spring met benoeming André Botha

Aangewys as toppresteerders op gradeplegtigheid DIE Qualitas Career Academy (voorheen die Damelin­kollege) het onlangs sy gradeplegtigheid in Kimberley gehou. Hier is die toppresteerders. Van links is, voor: Michelle Weideman, toppresteerder in ’n diplomakursus in finansiële rekeningkunde (NQF 5), Stephanie Wu, toppresteerder in ’n internasionale rekenaarbestuurslisensie (ICDL), Taina Roets, toppresteerder in ’n heeltydse kwalifikasie: internasionale rekenaartegnikus, en Nel­Maré de Vries, die akademiese bestuurder van Qualitas; agter: Louis de Vries, die eienaar van Qualitas, Elsje Louw, toppresteerder in junior rekeningkunde (NQF 3), en Marisa Deysel, toppresteerder in Pastel. Foto: Verskaf

DIE tyd stap vinnig aan en die sluitingsdatum in die kompetisie om die Noord-Kapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys kom al hoe nader. Mense het nog tot 9 Mei kans om kandidate te benoem. Die kompetisie word deur Volksblad en Kumba Iron Ore aangebied. Dit is ’n gulde geleentheid om ’n individu of ’n instansie wat jy meen erkenning verdien te vereer. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word in samewerking met GWK gehou. Om ’n individu of instansie vir die kompetisie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Verstrek ook asseblief jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n NoordKapenaar of iemand met besonder sterk bande met die NoordKaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense, die gemeenskap en/of die natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge van die kompetisie mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat die belange en/of omstandighede van mense, of die natuurlike omgewing, in die Noord-Kaap betref. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer.

Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waartoe die benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor hy of sy benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs interna-sionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. ) Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. ) Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

SATERDAG 26 April Die Outdoor Full-body Workout Aerobics-span bied ’n gesondheid-en-welstandpretdraf aan. Dié pretdraf is in ’n 10 km-roete en 20 kmroete verdeel. Dit begin by Pop Inn (Guptas) in Galeshewe. Die registrasie sal jou R30 kos en is tot 22 April oop. Rig navrae oor die dag aan Promise Kampi by 079-551-9992 of Gordon Masaile by 076-844-8358. Saterdag 10 Mei Charné Kemp, senior Volksblad-joernalis, sal eksemplare van haar boek, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamptreurspel, op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 10:30 in die Bargain Books-winkel in die Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley teken. Kemp was een van die eerste mense op die moordtoneel en het toegang gehad waar baie ander skrywers en joernaliste nie kon gaan nie. Kemp besoek die binnekamer van die Steenkamp-gesin om die volle omvang van die tragedie bloot te lê wat hom op die plaas Naauwhoek afgespeel het. Die boek kos R185. ) Die NG kerk Dutoitspan bied op 10 Mei van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal onder meer sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek te koop wees, en baie te doen vir die kleinspan. Saterdag 24 Mei Die ATKV bied op Saterdag 24 Mei ’n tienertoneelwerksessie by die Hoërskool Adamantia in Kimberley aan. Dié kursus sal van

3

Slot droom van Curriebeker 08:30 tot 16:00 duur. Enigeen (leerlinge, onderwysers, ouers, toneelgeesdriftiges en belangstellendes) kan die kursus bywoon. Die werksessie word deur David Brink, bekende regisseur, skrywer en akteur, aangebied. Onderwerpe wat behandel sal word, handel onder meer oor spel, regie, tegniese aspekte, die keuse van ’n teks, ontwerp, dekor, grimering, klank en beligting. Dit kos R200 per persoon wat ’n ligte middagete en kursusmateriaal insluit. Elke deelnemer sal ná die kursus ’n sertifikaat van deelname ontvang. Die sluitingsdatum vir registrasie is 17 Mei. Bel Lizane Basson by 011-919-9078 of Sanet Lindeque by 076-997-7170 by die Hoërskool Adamantia vir meer besonderhede en die inskryfvorms. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting gerus aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.

JACO NEPGEN, ’n Griekwaslot, is die rugbyspeler oor wie Noordkaap die week meer uitgevind het. Nepgen is in Queenstown gebore en was aan die Hoërskool Hangklip. Toe hy skaars sewe jaar oud was, het hy bulletjierugby begin speel. Die vernaamste spanne waarvoor hy al gespeel het, is vir Grens in die Cravenweek, Suid-Afrikaanse studentespan en vir die Westelike Provinsie se o.19- en o.21-spanne. Kieran Read, ’n nommeragtspeler van die All Blacks, is Nepgen se held. Een van Nepgen se drome is om in die Curriebeker-eindstryd te speel en dit te help wen. Vir hom is die Griekwas ’n besonderse unie, omdat die span hard terugslaan om bo uit te kom.

Een van sy grootste aanpassings is Kimberley se gholfbaan in die winter. Op ’n versoek dat hy een van die vreemdhede wat hy al op die veld ervaar het, vertel, het Nepgen gesê hy mag nie al die grappies oorvertel nie. ’n Hoogtepunt in sy lewe was om die Sharks in Durban te klop. Hy sê elke keer wanneer hulle verloor, is dit nie vir hom lekker nie. Nepgen se droom ná rugby is om sy eie sportsentrum vir toppresteerders vir skole-sportsterre op te rig. “Dit is nou behalwe dat ek soos ’n ou man opstaan,” skerts hy. Hy sê hy het ’n meisie en haar naam is Sané Andersen.

JACO NEPGEN, Griekwa­slot, tydens ’n rugby­oefening.

Tips to save power DROOGFONTEIN SOLAR POWER is now complete and producing enough clean renewable energy to provide more than 19 000 households with electrical power produced from the sun. Here are a few quick and easy tips to help you save electricity in the kitchen: ) Skip the drying cycle on the dishwasher – rather dry your dishes yourself or let them air-dry. ) Fill the dishwasher 100% – half-loads waste electricity and water. ) Use a shorter wash cycle on your dishwasher and washing machine whenever possible.

Foto: Emile Hendricks

Herwin, leef groener HERWIN en leef groener. Mense wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en op ’n sentrale plek in te gee. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Lewer bottels, blikke, plastiekbottels en papier van Maandae tot Donderdae (10:00 – 14:00) hier af. Skakel 053-842-1100.

) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Laai bottels en papier van Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier af. Skakel 053-861-1849. ) Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Bring glas, plastiekbottels, blikke en wit papier van Maandae tot Vrydae hierheen. ) El Toropark, McDougallstraat. Bring elke eerste en derde Saterdag (09:00 – 11:00) papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Skoletoernooi weer hier gehou DIT is met groot trots dat Kimberley volgende week die derde keer die gasheerstad vir die Wildeklawer-SuperSkole-toernooi is. Topskole van oor die land heen wat in rugby en netbal deelneem, gaan nie net vir inwoners en besoekers ’n sportfees bied nie, maar dit is boonop vir die stad ’n groot ekonomiese inspuiting. Kimberley se sentrale ligging, die Hoërskool Diamantveld se professionele aanbieding van die toernooi en uitstekende geriewe, maak Kimberley ’n gewilde keuse as gasheerstad. Daarom sal dit in 2015 weer in die Diamantstad gehou word. Vir Kimberley beteken die toernooi, benewens die onmiddellike ekonomiese voordele, ook groot publisiteit.

TV-kykers tuis sal na regstreekse uitsendings van die rugbywedstryde kan kyk en daarna ook na heruitsendings. Dit is publisiteit wat miljoene rande werd is. Dit is daarom ’n gulde geleentheid wat aangegryp moet word. Vir solank as wat die toernooi suksesvol in Kimberley aangebied word, sal Kimberley ’n gewilde tuiste vir die toernooi bly. Daarom moet elkeen wat ’n bydrae tot die sukses daarvan kan lewer, dit doen. Al is dit net deur ondersteuning te gee. Ons verwelkom al die deelnemende spanne, elke speler, elke beampte en elke ondersteuner van elke span in Kimberley. Geniet die toernooi saam met ons!

Die Kimberley­regiment is een van net twee regi­ mente van die Britse Ryk wat sy eie stad verdedig het. Op 1 Julie 1913 het die regiment deel van die burgermag van die Unie­weermag geword as die Sewende Infanterie (Kimberley­regiment). In die Eerste Wêreldoorlog het die regiment in Duits­ Suidwes­Afrika geveg. Dit het ook die Eerste Re­ giment van die Eerste Suid­Afrikaanse Infanterie­ brigade voorsien wat in Frankryk geveg het. Wn. Manne Faulds (later kaptein) was die enigste Suid­Afrikaner wat ‘n Victoria Cross vir sy deelna­ me aan die Slag van Delvillebos ontvang het. In die Tweede Wêreldoorlog het die Regiment in Ita­ lië geveg. Die regiment het ook aan die Suid­Afri­ kaanse Grensoorlog deelgeneem. Sedert 1994 is dit as vredesmag in die Soedan en die DRK ont­ plooi. Die simbole en tradisies van sy samestel­ lende dele word vandag steeds gehandhaaf, met ‘n duidelike Skotse invloed. Die regiment was in 1963 die eerste in die land wat tweetalig geword het. In 1977 was dit ook die eerste regiment wat aansoek gedoen het om alle rasse toe te laat. Die aansoek is egter nie goedgekeur nie.

DIE Kimberley­regiment se geskiedenis strek terug tot die delwersdae in die 1870’s. Die regering het vrywilligerkorpse op die been gebring om reg en or­ de te handhaaf. Dit het ingesluit die Kimberley Light Horse en die Du Toitspan Hussars, albei in 1876 ge­ stig. In 1877 het hulle saamgesmelt om die Diamond Field Horse (DFH) te vorm. Vrywilligers van die DFH het onder meer in 1877 aan die Negende Grensoor­ log deelgeneem. In 1887 is die Victorian Rifles of Kimberley gestig en die Kimberley Scots in 1890. Die twee groepe en die Diamond Fields Artillery het in 1890 saamgesmelt om die Kimberley Rifles te vorm. In 1899 het die Kimberley Rifles en die DFH saamge­ smelt en die Kimberley Regiment geword. In die An­ glo­Boereoorlog het die Kimberley­regiment ‘n groot rol gespeel om Kimberley met die beleg van die stad teen die aanslag van die Boere te beskerm.

Regiment speel groot rol in stad, land se geskiedenis

Foto’s: Emile Hendricks en Africana­biblioteek

Waar hoort jy? Karin Muller ALMAL van ons wil voel ons hoort iewers. Is deel van iets. Selfs diegene wat luidkeels aankondig dat hulle in vrede gelaat wil word, niks met ander mense te doen wil hê nie en heeltemal gelukkig is op hul eie, het waarskynlik iewers in hul binneste tog ’n verlange om iewers te hoort. ’n Paar maande gelede het ons by ’n karateklub aangesluit. Daar is heelwat dinge wat ek sou uitvind. Ek is ouer as wat ek onthou. Stram. Onfiks. Met baie min koördinasie. Die prentjie wat ’n mens soms in jou kop het, is nie altyd so maklik prakties uitvoerbaar nie. Dit verg baie oefening. Tyd. Deursettingsvermoë. Selfs frustrasie. Tog weet jy, wanneer jy jou buiging by die deur maak en die saal betree, jy is deel van iets. Of jy meer as die res sukkel en of jy dit toe-oë kan doen, maak nie ’n groot verskil nie. Sensei raas as jy droogmaak. Hy moedig

aan wanneer jy sukkel. Hy gee ’n pluimpie waar dit toekom. Niemand word uitgesonder nie. Soos dit hoort. Of dit ’n sportklub of ’n kerk of ’n skool of ’n ander soort organisasie is – almal wil voel dat hulle dieselfde belangstelling of doelwit deel met ’n aantal ander mense. Dieselfde uitgangspunt. Dieselfde liefde. Dieselfde toewyding. Iewers waar jy wil voel dat mense gaan opmerk as jy dit nie bywoon nie. Dat jy in jou afwesigheid selfs ’n bietjie gemis gaan word. As jy voel jy het nie ’n instansie waaraan jy behoort nie, wil ek jou uitdaag: soek een. Word deel van iets wat groter is as jyself. En as jy ná jou groot soektog voel dat daar niks is wat jy kry of in belangstel nie? Jy is uniek. Jy het baie gawes. Jy het baie om te gee. Waarom begin jý nie iets waar ander mense kan voel hulle behoort nie?

Die waarheid slaan hard Hannes Nöeth

EK noem haar sommer Tannie. Die ander detail oor wie sy was en waar sy gewoon het, is nie belangrik nie. Sy was Tannie. Tannie het nie baie aardse besittings gehad nie. Tannie het in haar lewe seer gehad . Haar seer veroorsaak deur mense wat haar lewe met leuens vernietig het. Ek is vandag nog verstom oor die min bitterheid wat sy daaroor gehad het. Sy het alle rede tot groot bitterheid gehad. In ons gesprek daaroor het sy ’n vuisgrote klip in haar hand gehou. “Die waarheid is soos ’n klip. Dit is hard, maar altyd daar. Nie sandsteen wat wegskuur nie, nie klipformasies wat stukkie-stukkie wegbrokkel nie. Waarheid is soos ysterklip. Dit is hard, maar altyd daar.” Daarmee het sy natuurlik ook aangedui dat as jy aan die ander kant van die waarheid staan: As jy jou staanplek kies by die leuen, moet jy onthou gaan die waarheid op jou neerkom soos ’n klip. Haar mond trek so effe skeef as sy glimlag, my in die oë kyk, lekker lag, dan sê: “As jy in die leuen lewe, gaan die waarheid jou slaan soos ’n klip. Hard

slaan.” Sy beklemtoon die hard. Daarom haar advies. So mooi. “Waarheid is ook soos ’n blom, as jy daarby bly, dan bring dit altyd mooi.” Daar is min dinge wat ons lewe so omkeer soos dié tye waarin iemand oor jou as persoon leuens versprei en jy magteloos is daarteen. Daardie magtelose gevoel maak ons desperaat en gedaan. ’n Skinderstorie kan ’n mens heeltemal verlam laat. Die uitwerking van mense wat net ligtelik praat sonder om mooi na te dink se uitwerking vernietig werklik gesinne, skole, kerke, gemeenskappe. Maar daar is ook ’n groot troos aan – die waarheid is altyd groter as die leuen. Iemand kan jou kwaadwillig verdag maak. Iemand kan jou te na kom. Iemand kan in jou binneste indring met stories en opmerkings wat sny en skeur aan jou hart, maar die waarheid kom altyd weer deur. Inderdaad, Tannie, waarheid is hard soos ’n klip, mooi soos ’n blom.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Wildeklawer-superskoletoernooi

HNK lewer van die bestes in SA DIE Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan tel al ’n paar jaar lank onder die topspanne in die land en vanjaar behoort nie anders te wees nie. Dit is ook die span se doelwit om vanjaar weer onder die 20 topspanne in die land te wees. Noord-Kaap kraai reeds die afgelope ses jaar koning in die plaaslike Classic Clashesrugbyderby en het die afgelope vyf jaar die Kovsie-liga vir skole in die Noord-Kaap en Vrystaat gewen. Verskeie oudspelers speel vir provinsiale spanne of het in die verlede vir provinsiale spanne gespeel. Ronnie Cooke het vir die Suid-Afrikaanse o.21-skolespan uitgedraf en speel nou vir die EP Kings. Riaan Swanepoel, nou in Brive, Frankryk, het vir die Sharks gespeel. Pikkie Nortje, Jaco Buys en Kobus du Plessis verteenwoordig die Luiperds in die Vodacombeker-reeks, terwyl PJ Vermeulen, Lux Koza, Hillford Clarke en Zane le Roux vir die Griekwas in die reeks speel. Vermeulen het die WP en Boland voorheen in die Curriebeker-reeks verteenwoordig. Cooke, Vermeulen en Jacques de Kock het in een jaar vir onderskeidelik die Suid-Afrikaanse o.21-span, o.19-span en die akademie-span gespeel. Al drie is senters. Clarke is in die Suid-Afrikaanse o.20proefspan ingesluit, terwyl Gerhard Holtzhausen in die finale groep is waaruit die Suid-Afrikaanse sewes-span gekies sal word. Die span spog vanjaar reeds met goeie oorwinnings oor die Hoër Landbouskool Marlow en die Hoërskool Upington, met ’n gelykop-uitslag teen die gedugte Hoër Jongenskool Paarl wat self nie te versmaai is nie. Die skool blink ook op die netbalbaan uit. In 2013 het 14 van die skool se spelers provinsiale kleure verwerf en in 2012 is 12 spelers vir provinsiale spanne gekies. Die o.19A-span, sowel as die o.16A-span, het die provinsie in die Skole-Uitdaagbeker as die nommereen-spanne van die provinsie verteenwoordig. Die eerste span was 13de op die lys van 20 topskole in die land en die o.16A-span was 15de op die lys vir die 20 beste skole in dié ouderdomsgroep. Die span het vanjaar reeds goed vertoon

HILLFORD CLARKE is een van die Hoërskool Noord­Kaap se spogprodukte op die rugby­ veld. Hy is vanjaar ingesluit in die Suid­Afri­ kaanse o.20­proefspan en speel ook vir die Griekwas in die Vodacombeker­reeks. Hier is hy in aksie in verlede jaar se Kovsieskild­ eindstryd teen HTS Louis Botha in Bloem­ fontein. Noord­Kaap het die wedstryd met 17­15 gewen om die vyfde agtereenvolgen­ de jaar as die kampioen in die sentrale streek gekroon te word. Foto: Marnus Prinsloo en 19 van sy 22 wedstryde tot dusver gewen. Altesaam 651 doele is reeds aangeteken en 438 punte is afgestaan. In die Hoërskool Waterkloof van Pretoria se netbaltoernooi het die span 11 uit 11 wedstryde gewen.

Leerlingtal groei DIE Hoërskool Noord-Kaap se geskiedenis dateer van 1943 toe die Tegniese Kollege Noord-Kaapland gestig is. Van 1976 tot 1986 het die skool as die Hoër Handelskool bekend gestaan. Veranderings aan die vakkeuses het meegebring dat die Handelskool die Hoërskool Noord-Kaap geword het. Leerlingtalle het sedert 1987 aansienlik toegeneem. Waar daar in 1987 net 403 leerlinge was, is die leerlingtal nou 948.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

2014

HNK HNK

ONOORWONNE IN DIE WATERKLOOF NETBALTOERNOOI GEDURENDE MAARTVAKANSIE! • Provinsiale Verteenwoordigers 2012: 12 spelers 2013: 14 spelers • HNK Netbal wen in 2012 die FNB Classic Clashes vir die 1ste keer in 10 jaar. • HNK se o/19A en o/16A verteenwoordig die Noordkaap Provinsie by die SA Skole Uitdaagbeker, as die provinsie se Nr 1 spanne. o/19A eindig 13de in top 20 en die o/16A eindig 15e in top 20. • Simone Sell is in 2008 in die SA Skole o/17-span ingesluit. • HNK se o/19A-span wen hierdie jaar reeds 19 van die 22 wedstryde gespeel.

Verteenwoordigers: nasionale en provinsiale spanne GW VODACOMSPAN: PJ Vermeulen (het ook vir WP en Boland Curriebekerspanne gespeel), Lux Koza, Hillford Clarke en Zane le Roux LUIPERDS VODACOMSPELERS: Pikkie Nortje, Jaco Buys en Kobus du Plessis. Jaco Buys het ook vir die PUK se Varsitybekerspan gespeel. Ronnie Cooke het SA o/21 gespeel en speel tans vir die EP Kings. Riaan Swanepoel is in Brive en het vir die Sharks gespeel. Ronnie Cooke, PJ Vermeulen en Jacques de Kock het in een jaar onderskeidelik vir die SA o/21, o/19 en akademiese span gespeel. Al drie was senters. Hillford Clarke is in die SA o/20 proefspan ingesluit. Gerhard Holtzhausen is in die finale groep waaruit die SA skole 7's-span gekies sal word.

TROTS

RUGBY 2013/2014

TROTS GROEN TROTS GROEN

NETBAL

7

2013 Seisoen: Wen Hentie Cilliers 24-10 Verloor teen Marlow 10-12 Wen Welkom Gimnasium 38-0 Wen Florida High 38-15 Wen Framesby 46-21 Wen Klerksdorp 38-15 Wen Jeppe High 24-16 Gelykop 24-24 teen Maritzburg College Verloor teen Monument 3-21 Wen DHS 27-19 Verloor teen EG Jansen 12-36 Verloor teen Boland Landbou 17-20 Wen Waterkloof 32-27 Wen Daniel Pienaar 40-24 Verloor teen Outeniqua 23-36 Wen Voortrekker 38-23 (Kovsie semi-finaal) Wen Louis Botha 17-15 (Kovsie finaal) 2014 Seisoen: Wen Marlow 27-10 Wen Upington 43-6 Gelykop teen Paarl Boys High 19 elk Verloor teen Wynberg Boys High 17-21 Verloor teen Tygerberg H/Skool 10-25

PRESTASIES • Onoorwonne in die FNB Classic Clashes sedert 2008 vir 6 jaar agtereenvolgend. • Onoorwonne in die Kovsie-liga van die Sentrale Streek sedert 2009 vir 5 jaar agtereenvolgend. • 'n gemiddeld van 40 provinsiale spelers per jaar.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Wildeklawer Super Schools Tournament

Glenwood on winning spree OVER the last century Glenwood has produced over 150 international sportsmen, including six rugby Springboks, nearly 50 Natal Sharks players and five South African Schools caps. The game is alive and well with the school being able to field 30 rugby teams wherever the need arises. Since 1950, Glenwood has had a superior winning record against every KwaZulu-Natal school other than Maritzburg College. The school is currently enjoying one of its most successful periods in its history. In 2008 Glenwood was chosen to represent South Africa at the prestigious Sanix World Youth Championships in Japan. Glenwood won this tournament, beating the champions of England, New Zealand and France along the way.

JACO COETZEE, number eight of Glen­ wood, on his way to score a try against Mi­ chaelhouse. Photo: Andries Erasmus

Selborne starts season off well SELBORNE COLLEGE’S first rugby team had a steady start to the 2014 season and expectations for the rest of the season are, as always, to be as competitive as possible and to play a good and open brand of rugby. The aim is also for the players to learn from their mistakes and to minimise these as the season progresses. The team is still unbeaten in the current season.

Victories were over Stirling (85-0), Framesby (33-29), King Edward School (20-11), Pearson (55-10) and Queen’s College (58-11). That gives the school a total of 251 points for and only 61 against. Old Selbornians who have represented South Africa in rugby are Bernard Duffy, Innes Froneman, André de Wet, Ray Carlson, Keith Andrews, Mark Andrews, André Vos and Brent Russell.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Wildeklawer-superskoletoernooi

Grey lewer weer topspel(ers)

DIE toneel wat Grey­kollege se opponente vrees. ’n Grey­speler op pad doellyn toe.

GREY-KOLLEGE word nie verniet beskou as een van die toprugbyskole in die land nie. Die eerste span spog vanjaar reeds met vier uit vier skitterende oorwinnings, en dit lyk asof hy moeilik gekeer gaan word om as nommer een in die land aangewys te word. Die spanne wat Grey tot dusver vanjaar kafgedraf het, is die Hoërskool Klerksdorp (87-0), Hentie Cilliers (60-14), Potchefstroom-Gimnasium (53-0) en Menlopark (68-15). Die skool het reeds 87 spelers in die Suid-Afrikaanse Skolespan opgelewer en Grey-spelers vorm jaar na jaar die kern van die Vrystaatse Cravenweekspan.

Good start for Grey GREY HIGH SCHOOL in Port Elizabeth boasts a dozen Springbok representatives, including Luke Watson and current players Siya Kolisi and JJ Engelbrecht. Kolisi matriculated at the school in 2009, while Engelbrecht did so in 2007. Michael Catt won a World Cup winners’ medal when he played for

the victorious England team in the World Cup tournament in 2003. Watson, currently the captain of the EP Kings, has played for three Super Rugby franchises: the Sharks, the Stormers and the Kings. JJ Engelbrecht, Kurt Coleman, Tim Whitehead and Michael van Vuuren are some of the Old Greys who have gained provinci-

al representation in recent times. Several Old Greys are also currently playing in the Vodacom Cup series. The first team got off to an excellent start in the current season, winning against Marlow Agricultural School (26-7), Kearsney (23-7), Nico Malan (71-8), Michaelhouse (10-7) and Paul Roos Gimnasium (27-26).

PROMOTION

Roman’s clinches national prize ROMAN’S PIZZA KIMBERLEY has managed a placement as second runner-up for marketer of the year 2014 which is a huge achievement and something all franchisees strive for on a continuous basis as this award includes getting stuck in on a community basis and giving back – a trait Roman’s Pizza as a brand is exceptionally proud of. Marketer of the year includes being brand orientated in terms of conducting local marketing and creating a strong presence within the direct community. It also includes putting profit back in the

store which in turn can only increase service and operating procedures. Kathrine Roux (franchisee) is not only committed to the brand, but also focuses on customer service and the quality of the product. More importantly, Roux runs her successful business with passion and pride. “Without our loyal customers, our business would not exist. Thank you to all of you for your continuous support” says, Roux. As a brand, Roman’s believes that franchisees like Roux can only assist with the continuous growth and success of the brand.

Altesame 42 spelers het Suid-Afrika, en selfs Amerika, Engeland en Portugal, verteenwoordig. Onder die bekendstes is Frans Steyn, Adriaan Strauss, Flip van der Merwe en Jannie en Bismarck du Plessis. Onlangse Springbokke is Heinrich Brüssow, Jan Serfontein, Piet van Zyl, Coenie Oosthuizen en Deon Stegman. Van 1981 tot 2011 het die skool se eerste span 13 onoorwonne seisoene gehad. Grey-kollege is die skool met die meeste verteenwoordigers in die Super 15-reeks in 2013. Alex Jonker en Mike Andrade is lede van die Suid-Afrikaanse o.18-sewespan.

Drostdy ruggraat van Boland-rugby DIE Hoër Tegniese Skool Drostdy het jaarliks tussen 18 en 20 rugbyspanne wat in sowel die Boland as die WP-skoleligas meeding. Drostdy vorm vir baie jare reeds die ruggraat van die Boland-spanne wat aan die onderskeie provinsiale rugbyweke deelneem. Sedert 1964 het die skool al 148 Cravenweek-spelers vir die Boland opgelewer. In vanjaar se Boland-elitegroepe is sewe o.16-spelers, terwyl 16 o.18-spelers ingesluit is. Die belangrikste jaarlikse kragmetings is teen Oakdale-landbouskool en WorcesterGimnasium. Dat die skool se rugby ook op junior vlak kerngesond is, het geblyk toe dié spanne in ’n toernooi by die Hoërskool Linden in Johannesburg uitstekend teen van Gauteng se voorste rugbyskole gevaar het. Die eerste span spog vanjaar reeds onder meer met ’n goeie oorwinning oor ’n Argentynse toerspan (28-20).

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Wildeklawer-superskoletoernooi

Affies lei in netbal DIE Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se netbalspan is verlede jaar aangewys as die Suid-Afrikaanse o.18-kampioen, die vyfde keer dat die skool dié prestasie behaal het. Hierbenewens het die span ook ’n rekord van 56 onoorwonne wedstryde in een seisoen behaal. Dit was van die vele prestasies wat die skool op die netbalbaan behaal het. Die span was die kampioen op die gesogte George-skolenetbaltoernooi.

Op die Wildeklawer-toernooi in Pietermaritzburg is afgereken met die beste netbalskole in die land en die tweede keer in vier jaar is die span as die Wildeklawer-kampioen gekroon. Dié span is eindelik ook as die Tshwane- en Gauteng-kampioen aangewys. Affies is die nommereen-netbalskool in die Jubilee-liga en spog met sewe spanne wat ligawenners was.

Vier spanne was naaswenners. Vyf spanne het derde en twee spanne het vierde in die Stadsbekerliga geëindig. Nie minder nie as 11 Affie-spelers het in 2013 Gauteng-netbalkleure verwerf. Die skool het die afgelope 13 jaar agt Suid-Afrikaanse o.21-spelers opgelewer en twee Protea-spelers. Vanes-Mari du Toit en Lisa Wiese is in die Protea-groep vir 2013-’14 ingesluit.

DIE Laerskool Paarl­Gimnasium het in die eerste kwartaal ’n uitgebreide wintersporttoer na Gauteng onderneem. Die spanne het teen die Laerskole Menlopark, Garsfontein en Mo­ numentpark deelgeneem. Hier is Gimnasium se o.13A­rugby­ span in aksie. Die Laerskool Paarl­Gimnasium is ‘n tradisiery­ ke skool wat reeds 156 jaar oud is. Foto: Verskaf

Skool een van top2 DIE Hoër Meisieskool Paarl se eerste netbalspan het verlede jaar ’n algeheel tweede plek in die land behaal, en onder meer oorwinnings oor spanne soos die Hoërskool Stellenberg, Paarl-Gimnasium, Waterkloof, Garsfontein en die Hoër Meisieskool Oranje behaal. Die span het in 2013 altesaam 65 uit 69 wedstryde gewen, ’n prestasie wat moeilik deur ander skole nagedoen kan word. En dit lyk asof vanjaar se seisoen net so blink gaan wees. Die span het reeds 20 wedstry-

de agter die blad en het behoorlik sy stem dik gemaak deur 19 daarvan te wen. Dit sluit in ’n opspraakwekkende oorwinning oor die altyd gedugte span van die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein. Die skool lewer jaarliks gemiddeld 15 spelers vir die onderskeie verteenwoordigende Wes-Kaapse netbalspanne en het gewoonlik verteenwoordigers in feitlik elke ouderdomsgroep. Drie spelers is al in nasionale spanne ingesluit. In die hoërskool is 454 leerlinge.

Maritzburg one of the famous FROM a rugby perspective, 2013 was probably the busiest year in the Maritzburg College’s history. The school, one of the country’s most famous, hosted its 150th sports festival, the Skonk Festival, the Wildeklawer Festival and a 7’s festival. On top of this, the u.15A’s went to the Affies Festival. The year provided rugby for approximately 405 boys playing in 9 open, 6 u.16, 6 u.15 and 6 u.14 teams. The school’s teams played 307

games across the ages in 2013. Of these, 187 were won, 104 were lost and 13 ended in draws. This gave the school a win ratio of 62,5%. Comparing this to the two previous years, in 2012 255 matches were played, 136 were won, 106 were lost and 13 drawn. This provided for a winning ratio of 53,3%. And in 2011, 275 games were played, with 151 won, 7 drawn seven and 117 lost, giving a win percentage ratio of 54,9%.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Kundige gaande oor skatte Charné Kemp

DIÉ linne­ en klerekas is ouer as Kimberley en is waarskynlik per ossewa of trein uit die Kolonie laat kom. Tizzie Mangiagalli, ’n mu­ seumkundige, bewonder dié kas in die William Humphreys­kunsga­ lery. Foto’s: Emile Hendricks

DEKORATIEWE Franse laaikaste is gewoonlik met ’n marmerblad en metaalhandvatsels, ­pote en ­hoekstukke afgerond. Hier bekyk Tizzie Mangiagalli dié laaikas in die William Humphreys­kunsgale­ ry.

GEEN poleermasjien of wondermiddel kan die satynagtige patinaglans van mense se hande wat oor eeue heen oor houtmeubels gestreel het, ooit naboots nie. Daarom is dit so jammer dat mense in die 1950’s en 1960’s ou meubels en erfstukke opgekoop, afgeskuur en vernis het in ’n poging om dit “mooier” te maak. “Daardie patina is vir ewig weg. Die meubelstuk sal nooit weer só gloei en só syglad voel nie,” sê Tizzie Mangiagalli, afgetrede kurator en museumkundige van Robertson. Hy was die afgelope week in Kimberley in die William Humphreys-kunsgalery waar hy ’n kursus in die versorging en behoud van ou meubelstukke aangebied het. Hy bied die kursus vir kurators en private versamelaars weer in Oktober vanjaar met die hulp van die Africana-biblioteek aan. Mangiagalli was ook beïndruk met die toestand van die meubels wat in hy in die Africana-biblioteek en Kimberley-klub aanskou het. “Die stoele, tafels en boekrakke in die biblioteek is pragtig. Daar is werklik ’n ambience. Die meubels is baie waardevol en ryk aan geskiedenis. Die biblioteek- en museumpersoneel en die klub-eienaars besef hulle bewaar die meubels nie net vir hulself nie, maar ook vir die nageslag.” Die besonderse skilderye en meubelstukke in die William Humphreys-galery was die eiendom van William Humphreys, ’n sakeman, politikus en kunsliefhebber. Humphreys, ook ’n skaapboer, was die tweede mens wat die vryheid van die stad ontvang het vir sy grootse bydrae tot die stad en die provinsie. “Hier is twee linne- en klerekaste, gemaak uit inheemse hout wat van die laat 18de eeu dateer. Dié ou-Kaapse kaste is ouer as Kimberley en is in stukke per ossewa of dalk per trein hierheen gebring. Die vakmanskap is van die beste ter wêreld. Die vergulde handvatsels en sleutelgate is ook handgemaak. Die metaalsmid het sy stempel daarop afgedruk wat die datum vasstel en dit uiters waardevol maak.” Tog is dit die sentiment en geskiedenis van elke stuk wat die meubels besonders en onvervangbaar maak. “Dit is ’n kuns om oudhede in die korrekte omstandighede te bewaar. Kimberley is ’n droë gebied wat baie eise aan die hout stel.” Hy wys na ’n kraak in ’n hoekkas en na ’n gekrimpte paneel in een van die deure van ’n ander kas. “Jy kan dit nie regmaak of panele vervang nie, jy moet dit beheer. Jy moet die hele kas met roulynolie en duursame terpentyn behandel en daarna met natuurlike waks verseël. Die agterkante is gewoonlik van goedkoper hout gemaak wat saamtrek en die kas laat krimp. Dit plaas stres op die voorkant. ’n Mens moet die krake en verskuiwings voortdurend moniteer sodat jy die omstandighede kan aanpas om die skade te verminder. “Meubels moenie onder ligte, veral dié wat UV-strale het, staan nie. Dit moet ook nooit in die son of in ’n trek naby ’n deur of venster staan nie. Koeler plekke in die huis is beter. Besoedeling is ook nadelig. Jy moet die toestande stabiliseer.” Die kursus in Oktober word aangebied vir enigeen wat ’n private versameling het of spesiale meubelstukke moet versorg. Bel Kokkie Duminy soggens by die Africana-biblioteek by 053-830-6247.

DIE meubels en skilderye in die William Humphreys­versameling in die William Humphreys­kunsgalery is asemrowend, sê Tizzie Mangiagalli wat antieke meubelstuk­ ke versorg en bewaar.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

MOTORS

Spogmotor vir Y-generasie Jannie Hennop ’n KAR vir generasie Y, seg Nissan oor sy nuwe Juke GT. Nou maar hoekom vir dié generasie, mag jy vra. Voordat ons by die GT kom, net vinnig iets oor dié generasie waarvan ons danksy ons geboortedatum deel is. Y is vir mense wat tussen 1974 en 1994 gebore is. Baie van hulle het al ’n loopbaan, het saam met tegnologie grootgeword en is glo volgens een webwerf betrokke by besluitneming wanneer ’n nuwe ryding aangeskaf moet word. Glo geen waarheid daarin dat generasie Y vir “yuppie” staan nie. Net vir interessantheid, generasie X is tussen 1966 en 1976 gebore; generasie Z tussen 1995 en 2012; en die bekende baby boomers is tussen 1946 en 1964 gebore. Die res van ons is maar generasie O vir oorleef. Maar terug by Nissan se generasie GT. Altesaam 50 Juke GT’s is plaaslik beskikbaar gestel en is ’n Nissan Suid-Afrika-gedagte. GT is ’n aanduiding van iets wat sportiewer is en die beperkte weergawe het ’n paar eienskappe wat dié karaktertrek beklemtoon. Hy is op die 1,6 DIG-T Tekna-model geskoei wat daardie lekker 1,6 liter-turbopetroloondjie het met kraguitsette van 140 kW en 240 Nm.

Daar is net ’n paar strepe – ’n breë en ’n smalle – oor die bakwerk van voor tot agter. Die kantspieëls is ook in die vinnigry-strepe se kleur, naamlik wit, en daar is ’n wit omlyning van die tradisionele silwerkleurige strook aan die bokant van die deure. Die GT het nuwe skoene in die vorm van ingevoerde 17”-vellings met ’n V-motief in swart en daar is ook ’n GT-kenteken op die wa om hom van ander Jukes te onderskei. Terloops, die GT-afwerking se strepe is ook in swart te kry. Waar die gewone Tekna met leersitplekke jou R295 800 uit die sak sal jaag, kos die gestreepte model ’n raps meer, R298 200. Die Juke met sy vreemde lyfie is een van Nissan se suksesverhale met goeie verkoopsyfers plaaslik, sowel as oorsee. Hy is ’n sogenaamde oorkruiswa of stadskryger of melkbaard-sportnuts of sommer net iets heel anders. Daar is selfs ’n model met krag na al vier wiele, ’n Juke Nismo (Nissan Motorsport) en ’n Juke R is van die vreemde modelle wat die lig gesien het. Op die onlangse Geneefse Motorskou is ’n opgeknapte weergawe van die Juke gewys wat in wese nog dieselfde lyk en voor die einde van die jaar hier sal wees. As jy anders wil wees én dit wys, is dié een vir jou.

Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.

13


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

ALGEMENE & HUISDIENSTE

BOEDELKENNISGEWINGS

ALLERLEI

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

1845

LENINGS 1445

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. BETREKKINGS 3600

ALGEMEEN 3680

TE KOOP

ALLERLEI 1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

Apteekassistent benodig: Libra Apteek. Graad 12 is ‘n vereiste. Vorige ondervinding sal as ‘n aanbeveling dien. Bereid om Saterdae te werk. Indien u ernstig is om ‘n loopbaan in ‘n apteek te volg, graag in ‘n professionele omgewing wil werk en bereid is om ‘n langtermynverbintenis te vorm, handig asb. u volledige, opgedateerde CV in by Longstraat 108, Towers-kompleks, Kimberley. Sluitingsdatum: Maandag 28 April 2014.

4205

KIM CORP 650 (PTY) LIMITED h/a KATZ ROOFS (IN LIKWIDASIE) In die aangeleentheid van: Kim Corp 650 (Pty) Limited h/a Katz Roofs (in likwidasie), boedelnommer: K12/2013. Ingevolge Artikels 339,366,375(5)(b) en 402 van die Maatskappyewet van 1973 en Artikel 66 van die wet op Beslote Korporasies, Wet 69 van 1984, word hiermee kennis gegee dat enigiets aan die beslote korporasie veskuldig is, die skulde onmiddellik by genoemde Kurator moet betaal. 'n Byeenkoms van skuldeisers van bogemelde boedel sal gehou word op Woensdag 28 Mei 2014 om 10:00 by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley vir die vorderings teen die Beslote Korporasie vir die ontvangs van die verslae van die likwidateur uit te reik betreffende die verkoop of opvordering van gedeeltes van die boedel of bates van die Beslote Korporasie of betreffende aangeleenthede rakende die beheer daarvan. MA TAU Likwidateur DUNCAN & ROTHMAN Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39-43 Kimberley 8301 Verwysing: HV/jm/Vik1/0003 WP NEL In die boedel van wyle Wilhelmina Petronella Nel, identiteitsnommer: 410617 0046 081 en nagelate eggenoot: Casparus Johannes Nel, identiteitsnommer: 390314 5034 080 van Stormberglaan 11, Kimberley. Meester se verwysing: 842/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 25 April 2014. HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39-43 Kimberley 8301 Verw.HV/jm/Nel87/0001

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

SOEK, KOOP, VERKOOP

Vereer vir getroue skenking

DIE Kimberley­tak van die Suid­Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het onlangs sy medaljegeleentheid gehou waar gereelde bloedskenkers vereer is. Marie Antoinette Laufs het haar medalje ontvang vir 200 eenhede bloed geskenk en Bertus Etzebeth het ’n medalje ontvang vir 225 eenhede bloed geskenk. Foto: Verskaf

Bestuur risiko’s VERBRUIKERS steier onder die druk van prysverhogings en sal streng volgens ’n begroting moet bestee en voorsorg moet tref om hul finansiële risiko’s te dek, sê Karin Muller, hoof van Sanlam se Groeimarkoplossing, na aanleiding van die bekendstelling van die jongste Verbruikersprysindeks-syfers in Maart. Hoewel inflasie effens gestyg het van 5,8% in Januarie tot 5,9% in Februarie (net binne die Suid-Afrikaanse Reserwebank se teiken van maksimum 6%) is die meeste verbruikers se ervaring anders, met inagneming van hul eie begroting en hoe hulle hul inkomste bestee. Almal ervaar egter die werklikheid van prysverhogings, sê Muller. “Afgesien daarvan dat verbruikers nog die rentekoersverhoging van 50 basispunte wat in Februarie aangekondig is probeer absorbeer, moet ons ook ons begrotings bestuur om ’n maandelikse styging van 1,1% in verbruikersinflasie te akkommodeer – met kospryse, brandstof en gesondheidsversekering wat die grootste oorsake van die opwaartse druk is.” Muller sê die VPI toon dat voedselinflasie en nie-alkoholiese drank net twee maande terug van 3,5% tot 5,4% gestyg het. Brood en graanprodukte het maand tot maand met gemiddeld 1,8% gestyg, supermieliemeel met 4,0% en witbrood met 2,6% op dieselfde grondslag. Die brandstofprys het in Februarie met 39 c/F gestyg en ’n maandelikse styging van 2,9% in die brandstofindeks veroorsaak. Dit bring jaarlikse brandstofinflasie op 14,0% te staan vir die afgelope jaar – hoofsaaklik weens die styging van 20,4% in die olieprys en die rand se verswakking met 23,7% oor die tydperk. Muller sê gesondheidsversekering, wat in Februarie elke jaar nagevors word, dra ’n gewig van 7,9% in die verbruiker se mandjie en het met gemiddeld 8,3% gestyg. Sy sê die taai ekonomiese toestande verg dissipline met persoonlike finansiële bestuur om te verseker dat gesinne nie aan onnodige risiko blootgestel word nie. “In die soeke na ’n balans om die boeke te laat klop kom ons voor keuses te staan. Jy moet bewaar wat jy het en jou behoeftes bestuur.” Muller sê gesinne is van ’n broodwinner afhanklik vir oorlewing en dit is noodsaaklik dat mense hul verpligtinge teenoor hul gesin voorop stel deur lewens- en ongeskiktheidsdekking aan te gaan. “Dit is nie maklik om kop bo water te hou nie en makliker om die ontasbare voordele op te offer. Die risiko’s vir die gesin kan egter verpletterend wees sou ’n broodwinner sonder lewensdekking sterf of arbeidsongeskik raak.”

DIÉ skildery is deur Marelize van Dalen geskilder. Dit was een van die stukke op die Noord­Kaap­kunsuitstalling van die William Hum­ phreys­kunsgalery. Van Dalen het twintigsent­muntstukke gebruik om aan die skilderye meer diepte te gee. Foto’s: Lecrecia Prins

Stal kuns ten toon

WERNER FISMER is een van die kunstenaars wie se werk op die Noord­Kaap­kunsuitstalling in die William Humphreys­kunsgalery vertoon is. Fismer skilder digitaal, omdat die kleure dan helderder is as wanneer op ’n gewone doek geskilder word. Op die uitstalling is van links Marelise Schoultz, Fismer en Susan Visagie. Agter hang van Fismer se skilderye.


NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

15

Knights versterk spanne Sportredaksie VERTEENWOORDIGERS van die Knights se sentrale streekkrieketspan sal vandeesweek vir twee klubs op die nasionale klubkampioenskapsbyeenkoms in Pretoria in aksie wees. Die Kovsies van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en West End van Kimberley sal albei deur ervare spelers versterk word. Die Kovsies sal met ’n betreklik jong krieketspan speel. Afgesien van ’n paar staatmakers wat nie oorweeg kan word nie, word die byeenkoms midde ’n toetsweek van die UV gehou wat die span ook geknou het. Die Knights-bouler Corné Dry se onttrekking was sekerlik die grootste terugslag vir die Kovsies. Dry, wat hom op 19 Mei by die Suid-Afrikaanse Akademiegroep moet aansluit, kon weens ’n sybesering nie vir die jaarlikse byeenkoms wat môre begin, oorweeg word nie.

Provinsiale spelers soos die kolwer Lenert van Wyk (mangeloperasie en klubkrieket in die buiteland) en Vasili Orros (klubkrieket in die buiteland) kon ook nie oorweeg word nie. Johan van Dyk, wat verlede week in Kimberley vir die SA Colts gespeel het, kan weens die toetsweek nie gekies word nie. Die kolwer Andries Gous sal hom ook om dieselfde rede later by die span aansluit. Die Kovsiespan het die Crusaders in 2010 se eindstryd geklop, terwyl hy ook in 1999 die nasionale klubkampioen was. Die Kovsies is saam met die Crusaders (KZN), Nelson MandelaMetropolitaanse Universiteit (Oostelike Provinsie), Pukke (Noordwes), Universiteit van Johannesburg (UJ, Gauteng) en West End (Griekwas) in ’n afdeling. Dié afdeling se wenner sal volgende Maandag in die eind-

stryd op SuperSportpark speel. Die Kovsies het gister hul aanslag teen die NMMU begin, terwyl West End die UJ gepak het. West End het twee Knights-kolwers, Gihahn Cloete en Gerhardt Abrahams, in sy geledere. Xander Pitchers, aanvangskolwer van Namibië en oudleerling van die Hoërskool Noord-Kaap, speel ook vandeesweek vir West End. Prysgeld van altesaam R80 000 is op die spel wat R50 000 vir die wenspan insluit. Die topkolwer en -bouler sal elk met R5 000 wegstap.

Die sentrale streek se twee spanne: West End: Gustav Burger, Jonathan Malan (k), Xander Pitchers, Jan Frylink, Gihahn Cloete, Gerhardt Abrahams, Gerrit Myburgh, Conrad Prinsloo, Ruben Visagie, Les Baartman, Marco de Kock, Roche Rossouw en Jean Dippenaar. Kovsies: PJ Jansen, Ian Finlay, Andries Gous, Curtis Salley, Lues du Plooy, Leonard Killeen, Keagan Rafferty, Flippie Cronjé, MJ Bruwer, Si­ ne Ntshona, Driaan Bruwer, Janko Dreyer en Eduard Venter.

TENNISSPELERS van oor die sentrale streek heen, vanwie verskeie aan die Ruan Venter­tennisakade­ mie (RVTD) verbonde is, het aan ’n skoletoernooi in die Tuine in Kimberley deelgeneem. Spelers van skole soos die Hoërskool Noord­Kaap, Kathu, Fi­ chardtpark (Bloemfontein) en De Aar het hul staal ge­ toon. Altesaam 64 spelers was op die toernooi, wat op 11 en 12 April in die Dia­ mantstad aangebied is, in aksie. Foto: Verskaf

Benoemings van sportiewes ingewag IS jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool wat goed in sport vaar? Werk jy hard by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium om jong mense aan te spoor om aan sport deel te neem? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand-kompetisie het reeds in Februarie begin met Melissa Carney van die Hoërskool Noord-Kaap wat as

wenner aangewys is. Die kompetisie is oop vir deelname vir enigeen tussen ses en 18 jaar. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een benoemde as die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Noordkaap gekies word. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebook-blad geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noord-

kaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke aansoeker se kontakbesonderhede bevat. Stuur dit na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za.

DIE Laerskool Staats se eerste rugbyspan het verlede Woensdag sy eerstespanpette ontvang. Die span het ook Woensdag sy eerste wedstryd in die A­liga gespeel. Die Griekwa­rugbyspelers Leon Ka­ remaker en Janro van Niekerk het die geleentheid bygewoon. Van links is, voor: Erlank Barnard (onderkaptein) en Niel Swartz (kap­ tein); agter: Janro van Niekerk, Werner Herbst, Staats se sporthoof, en Leon Karemaker. Foto: Lecrecia Prins


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 23 APRIL 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

THE South African junior tennis stars Lloyd Harris (Western Province) and Theresa van Zyl (photo, Northern Cape) were chosen for an u.18 ITF/GSDF touring team that will compete in a series of junior tournaments from 25 April to 25 May. The team is part of the ITF Development Programme which is financed by the ITF and the Grand Slam Development Fund (GSDF). Photo: Reg Caldecot

Chosen for team

Groepstryde kritiek Gerdie Karstens NÓG die Griekwas, nóg die Vrystaat is seker van ’n tuiswedstryd in die kwarteindronde van die Vodacombeker-rugbyreeks. Hoewel albei onder die beste vier spanne in onderskeidelik die Noordelike en Suidelike afdeling van die reeks tel, en van ’n plek in die kwarteindronde seker is, moet hulle vandeesweek in die laaste ronde groepstryde alles doen om tuisstatus vir die daaropvolgende uitspeelronde te bekom. Die Poubloues (tweede, 22 punte) se kanse op ’n kwarteindstryd tuis lyk beter as die Vrystaat s’n. Die Pumas, wat met 27 punte eerste in die Noordelike afdeling is, is die enigste wat weet hulle gaan ’n kwarteindstryd op tuisbodem aanbied. Selfs al sluk die span ’n wind teen die Goue Leeus (vierde, 19 punte) sal hy nie verbygesteek word nie. Die teendeel is waar vir die Griekwas. As die Poubloues in hul wegwedstryd teen die Luiperds vyf punte insamel, sal GWK-park vir een van die kwarteindstryde die gasheer wees. Maar dit móét volpunte wees om dit te waarborg, aangesien die Blou Bulle (derde, 21

punte) waarskynlik vyf punte in hul laaste groepwedstryd teen Limpopo gaan aanteken. As die Griekwas net vier punte teen die Luiperds vermag, is hulle in tamatiestraat, want dit sal hulle met die Bulle op 26 punte gelyk plaas. Laasgenoemde se beter punteverskil danksy ’n moontlike weghol-oorwinning oor Limpopo sal die Poubloues beslis na die kwarteindstryd laat reis. ’n Nederlaag teen die Luiperds sal fataal vir kwarteindstrydaspirasies tuis wees. Die Vrystaat se prentjie lyk ook nie te rooskleurig nie. Die Haaie-vyftiental (eerste, 27 punte) sal waarskynlik volpunte teen die Oostelike Provinsie-Kings insamel en sal nie uit die eerste plek geboender kan word nie. Die Vrystaters kan in hul tuiswedstryd teen die Kenia-vyftiental vyf punte insamel, wat hulle op 26 punte sal plaas. Dít terwyl die uitslag van die SWDArende (21 punte) en die Westelike Provinsie (23 punte) se kragmeting nog ’n stok in hul wiel kan steek. ) Nie een van die sentrale streek se spelers staan die kans om vanjaar se kompetisie as voorste puntemaker of

HNK bo in talle sportsoorte DIE eerste netbalspan van die Hoërskool Noord-Kaap het onlangs aan die Hoërskool Waterkloof se jaarlikse toernooi in Pretoria deelgeneem en onoorwonne na die Diamantstad teruggekeer. Die span het op die eerste dag vir Lichtenburg (31-11), Prestige-kollege (39-12), Oosterland (43-17) en Wilgerivier (32-14) geklop. Op die tweede dag is Dr. Malan (36-12), Florida (30-29), Tygerberg (33-26), Marais Viljoen (18-17) en Waterkloof (19-16) verslaan. Die HNK se eerste tennistoernooi is ook in die Tuine in die Diamantstad aangebied. Daar is in vier afdelings – senior seuns, junior seuns, senior meisies en junior meisies – meegeding, met al vier van die HNK se onderskeie spanne wat hul afdelings gewen het. Die HNK se spelers het ook 15 van die 16 individuele pryse gewen. Die HNK se skuts het aan die tweede liga-skietkompetisie in Kimberley deelgeneem en goed gepresteer. In die o.16-afdeling het Reyhan Olivier ’n goue medalje in die 10 m-staan- en goud in die drieposisie-skiet verower. Hy het ook ’n algeheel eerste plek in die ouderdomsgroep behaal.

voorste driedrukker af te sluit nie. Die Pumas-losskakel, JC Roos, is met 83 punte die voorste puntemaker. Die Vrystaters Riaan Smit (losskakel, 41 punte) en senter Niel Marais (41 punte) is die naaste aanspraakmakers uit die sentrale streek, terwyl Gouws Prinsloo (Griekwas, 38 punte) die voorste puntemaker vir die Poubloues is nadat hy hom midde die reeks van die Shimlas in Kimberley aangesluit het. Die WP se Devon Williams (nege) is die beste driedrukker in die reeks. Die Griekwas-losvoorspeler, Carel Greeff (vyf), het ook uitgeblink met sy spanmaat Ederies Arendse (vleuel), Vrystaat-senter Nico Lee en Griffons-agtsteman, Nicky Steyn, wat vier keer gedruk het. ) In vanjaar se Vodacombeker-reeks speel die eerste twee spanne in elk van die afdelings tuis in die kwarteindronde.

Puntestand: Noordelike afdeling: 1. Pumas 27; 2. Griekwas 22; 3. Blou Bulle 21; 4. Goue Leeus 19; 5. Lui­ perds 18; 6. Valke 8; 7. Griffons 7; en 8. Limpopo Blou Bulle 0. Suidelike af­ deling: 1. Haaie­vyftiental 27; 2. WP 23; 3. SWD­Arende 21; 4. Vrystaat 21; 5. OP­Kings 11; 6. Kenia­vyftiental 7; 7. Boland 6; en 8. Grens 5.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.