Noordkaapnk 20140430

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 30 April 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

HOEWEL die twee Kimberley­skole in die Wildeklawer­superskoletoernooi se eerste rugbyspanne albei Maandag aan die ver­ loorkant was, het albei met uitstekende ver­ tonings respek verdien. Hier bars Nico Roets van Diamantveld weg met die bal in sy span se wedstryd teen die HTS Middel­ burg. Diamantveld speel vandag teen Ma­ ritzburg College en Noord­Kaap speel teen die King Edward VII­skool. Foto: Emile Hendricks

Toernooi hupstoot vir Kby DIE Wildeklawer-superskoletoernooi loop vandag hier ten einde, maar nog heelwat aksie sal op die rugbyvelde en netbalbane te sien wees. Die toernooi het Maandag in ideale weersomstandighede begin nadat die openingsplegtigheid Sondag gehou is en Kimberley pluk reeds die vrugte van die toernooi. Faisel Alysen, hoof van die Noord-Kaapse departement van

sport, kuns en kultuur, sê die stad se ekonomie vind by die toernooi baat danksy die duisende besoekers. Die toernooi is ook goed vir die jeug wat die geleentheid kry om op die positiewe geleentheid bymekaar te kom. Louis de Kock, eienaar van die Wildeklawer-maatskappy wat gehelp het om die toernooi te begin en dit steeds borg, sê uitmuntende sportmanskap word deur die

toernooi beloon. “Ons wil graag hê ontluikende en begaafde sportmanne en -vroue moet hul talent ten toon stel. Terselfdertyd wil ons jonger, ontluikende spelers help om nou tot die hoogste vlak te ontwikkel. “Daarom het ons vanjaar ’n junior liga geskep. Sportmanne kan nie in hul laaste jaar op skool skielik ontwikkel nie. Hier ontwikkel die kinders deur spel.”

Mareth Hugo, hoof van die Hoërskool Diamantveld, die gasheerskool, sê dit is vir die skool ’n voorreg om die ander skole te ontvang. “Ek is trots op die reëlingskomitee en dankbaar teenoor ons ouergemeenskap vir sy ondersteuning en hulp. “Dit bied die geleentheid vir interaksie met mense van oor die land heen.

“Ons in die Noord-Kaap is honger vir kompetisie. Die afstande en ontvolking van die platteland is ’n probleem. Spanne moet ver ry om te kan meeding.” Die toernooi verseker ook dat die skool “gesien” word, sê Hugo. Altesaam 2 558 spelers, afrigters en ander ampsdraers, ’n verdere 336 beamptes, sowel as die spelers se ouers en ondersteuners van 112 spanne, woon die toernooi by.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Vroue nie vir Skattebol Carine Beylefeld SKATTEBOL, ’n wit kaal-oogkaketoe, is sinoniem met die Pro Plants-kwekery en mense kom van heinde en ver om vir Skattebol te kom hallo sê. Hy sit heeldag op sy hok by die ingang van die voël-afdeling en groet verbygangers met “hallo, Skattebol” en laat koppe draai met sy “hallo, hallo”. Verder hou hy hom besig met sy houtblokkies wat aan ’n toutjie hang en die ander speelgoed in sy hok. Vroue moet versigtig by sy hok verbystap, want hy het glad nie ’n voorliefde vir vroue nie en het al ’n paar vroue gebyt of ’n klap met sy vlerk gegee. Mans skeel hom min, maak nie saak hoe groot, lank of oud hulle is nie en hy skuur graag sy kop teen hul hand of arm. Dawie Meades, eienaar van die kwekery, het Skattebol sowat 14 jaar gelede met naam en al by ’n padstalletjie by die Hartbeespoortdam gekoop. Penny Schoeman, wat ook al 14 jaar in dié kwekery werk, is die een vrou wat die naaste aan Skattebol kan kom wanneer sy vir hom liedjies op haar selfoon speel

SKATTEBOL, die kaal­oogkaketoe, sit hier by Penny Schoeman, die een vrou wat hy kan verduur. Schoeman van Pro Plants is die enigste vrou wat naby aan Skattebol, die kaketoe, mag kom. Skatte­ bol dans graag op maat van die musiek van Lady Gaga en die Klipwerf­boereorkes, maar hou glad nie van vroue nie. Hier staan Schoeman by Skattebol se hok. Foto’s: Carine Beylefeld en hy dan tog te lekker daarop dans. Sy gunsteling-liedjies, vertel Schoeman, is die van Lady Gaga en die Klipwerf-boereorkes. Sy het ’n video gemaak van Skattebol waar hy op sy stukke

was en al sy dansbewegings wat hy kan doen, uitgehaal het. Wanneer die kwekery soggens oopmaak, is Skattebol die een wat die hardste geraas maak. Hy het ook al die ander voëls geleer om saam geluide te maak wanneer die

SKATTEBOL, die kaal­oogkaketoe wat ’n kwekery in die stad opwindend maak. Skat­ tebol hou van musiek, maar nie juis veel van vroue nie.

kwekery aan die einde van die werkdag sluit. Schoeman sê Skattebol eet die gewone kos wat voëls eet, maar af en toe word hy met ’n stukkie hoender bederf. Volgens Ivy Müller, Meades se

dogter, het die gewese eienaar van Skattebol vier jaar gelede toevalling by die kwekery opgedaag en Skattebol daar raakgesien. Hy wou hom weer terugkoop, maar Pro Plants-kwekery sou nie Pro Plants sonder Skattebol gewees het nie.

Benoemings ingewag André Botha VERSKEIE presteerders in die Noord-Kaap is reeds benoem om as Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar of Instansie van die Jaar aangewys te word. Mense het nog tot 9 Mei kans om kandidate te benoem. Dit is ’n gulde geleentheid om ’n individu of ’n instansie te vereer. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word ook in samewerking met GWK gehou. Om ’n individu of instansie vir die kompetisie te benoem stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad.com. Gee ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk

bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense, die gemeenskap en/of die natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word, maar niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge van die kompetisie mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat die belange en/of omstandighede van mense, of die natuurlike omgewing, in die NoordKaap betref. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die

mens se werk wees, die mate waartoe hy/sy buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor hy of sy benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die NoordKaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs internasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld die kategorie Instansie van die Jaar: Enige verdienstelike Noord-Kaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.

Oudisies in Mei gehou HET jy besondere talente? Wil jy groot pryse wen? Nou is jou kans. Die gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkom-

petisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigeen wat ’n besonderse talent het, kan dus hieraan deelneem. Deelnemers moet

net 16 jaar of ouer wees. ’n Deelnemer moet alles wat hy of sy vir die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf is gratis. Die datum van die oudisies is op 22 Mei in die Diamond Pavilion Shopping Mall se raadsaal. Registrasie sal om 14:00 begin en die oudisies om 15:00. Die pryse wat vanjaar op die spel is, sal binnekort aangekondig word. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie vanjaar ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as ’n streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in die Blêrkastent op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein beskikbaar wees. Jy moet jou eie vervoer daarheen en verblyf reël.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Be smart and save DROOGFONTEIN SOLAR POWER is now complete and producing enough clean renewable energy to power more than 19 000 households with electrical power produced from the sun. Here are a few quick and easy tips to help you save electricity in the kitchen: ) skip the drying cycle on the dishwasher – rather dry your dishes yourself or let them air-dry; ) fill the dishwasher 100% – half-loads waste electricity and water; and ) use a shorter wash cycle on your dishwasher and washing machine whenever possible.

Saterdag 10 Mei Charné Kemp, senior Volksbladjoernalis, sal eksemplare van haar boek, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 10:30 in Bargain Books in die Diamond Pavilion Shopping Mall teken. Kemp was een van die eerste mense op die moordtoneel en het toegang gehad waar baie ander joernaliste nie kon gaan nie. Kemp besoek die binnekamer van die Steenkamp-gesin om die volle omvang van die tragedie

bloot te lê wat hom op die plaas Naauwhoek afgespeel het. Die boek kos R185. ) Die NG kerk Dutoitspan bied op 10 Mei van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal onder meer sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek te koop wees, en ook baie vir die kleinspan om te doen. Saterdag 24 Mei Die ATKV bied op Saterdag 24 Mei ’n tienertoneelwerksessie by die Hoërskool Adamantia in Kimberley aan. Dié kursus sal van 08:30 tot 16:00 duur. Enigeen (leerlinge, onderwysers, ouers, toneelgeesdriftiges en belangstellendes) kan die kursus bywoon. Die werksessie word deur David Brink, bekende regisseur, skrywer en akteur, aangebied. Onderwerpe wat behandel sal word, handel

onder meer oor spel, regie, tegniese aspekte, die keuse van ’n teks, ontwerp, dekor, grimering, klank en beligting. Dit kos R200 per persoon en sluit ’n ligte middagete en kursusmateriaal in. Elke deelnemer sal ná die kursus ’n sertifikaat van deelname ontvang. Die sluitingsdatum vir registrasie is 17 Mei. Bel Lizane Basson by 011-9199078 of Sanet Lindeque by 076-9977170 vir meer besonderhede en die inskryfvorms. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.

Net die hitte vang Greeff DIE Griekwas-losvoorspeler Carel Greeff is die volgende speler met wie Noordkaap gesels in ons reeks waarin ons meer oor ons rugbyspelers uitvind. Greeff (23) is in Klerksdorp gebore en was ’n leerling aan die Hoërskool Schoonspruit. Sy senior rugbyloopbaan het by die Haaie-akademie begin. Hy het vroeër vir die Luiperds in die Cravenweek gespeel, asook vir die Haaie se o.19-span, Leeus se o.21’s en vir Wits in die Varsity-bekertoernooi. Greeff sê Pierre Spies is sy rolmodel omdat hy iemand is wat op en van die rugbyveld volgens sy Christelike beginsels leef. Greeff streef daarna om nog Superrugby te speel. Hy speel vir die Griekwas

rugby omdat hy van hul spelstyl hou. Die manier waarop die span speel, pas by sy spelstyl, sê Greeff. Een van die grootste aanpassings wat hy in die provinsie ervaar het, is die weer. “Dis baie warm hier,” sê hy. Een van die snaaksighede wat hy op die veld beleef het, is die keer toe hy ’n drie gaan druk het met net een rugbystewel aan. ’n Trotse oomblik in sy loopbaan was toe hy in die 81ste minuut van sy debuutwedstryd die wendrie teen die Haaie gedruk het. Ná rugby wil hy ’n loopbaan in finansiële bestuur bou. Greeff het ’n meisie, Lizelle Serfontein, wat medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

DIE Griekwas­losvoorspeler Carel Greeff (links) in aksie in ’n wed­ stryd teen die Valke. Foto: Emile Hendricks

3

Herwin en leef groener MENSE wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en op ’n sentrale plek in te handig. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Lewer bottels, blikke, plastiekbottels en papier van Maandae tot Donderdae (10:00 tot 14:00) hier af. Skakel 053-842-1100. ) NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Laai bottels en papier van Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier af. Skakel 053-861-1849. ) Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Bring glas, plastiekbottels, blikke en wit papier van Maandae tot Vrydae hierheen. ) El Toropark, McDougallstraat. Bring elke eerste en derde Saterdag (09:00 tot 11:00) papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park.

ELSONA STEYN, nog een van Noordkaap se lesersjoernaliste, is op 19 Julie 1963 gebore en het in Upington grootgeword en skool­ gegaan. Steyn is met Fanus Steyn getroud en hulle het twee kinders, Stefan (’n ingenieurstudent) en Anel (’n somatoloog en haarkap­ per). Steyn is die persoonlike as­ sistent vir die ouditeur­generaal van die Noord­Kaap en woon die afgelope 22 jaar in Kimberley.

Om oud te word beteken nie jy ís oud nie Elsona Steyn TOE ek 16 was, het ek gedink my ma is stokoud. Nou kyk ek op 50 na myself in die spieël en voel perdfris, maar ek is seker ’n kraai het gisteraand oor my gesig geloop en fyn spoortjies agtergelaat. Hoekom is dit so dramaties en soms selfs traumaties om ouer te word? Daar is iets aan die skoonheid van die jeug wat ons almal wil behou. Swaartekrag is ’n vrou se grootste vyand. Daar is die selluliet wat geen pil of room meer kan wegtoor nie. Die Koningin van Ewige Jeug het haar troepe se tassies gepak en laat my met die gebakte pere – of is dit geplooide pere? Daar is die vlekke van ure se kuier in die Upington-son en die

eerste grys haar wat jy met kleur uit ’n boksie probeer wegtoor, maar wat keer op keer sy onwelkome verskyning maak. Trappeklim laat jou kort-asem en om net ver te kyk maak jou moeg. Jy soek die Huisgenoot net om dit dae later saam met die kaas in die yskas te vind. Jy en die apteker noem mekaar op die voornaam en die oogarts tel onder van jou beste vriende. Jy vergeet dikwels waar jy jou bril gebêre het en vind dit dan op jou kop. Die gym-kontrak lyk goed en jy sluit aan net vir die gratis handdoek wat op die spel is. My eerste oefensessie was maklik . . . net om later uit te vind dit is omdat ek alles verkeerd gedoen het. Die vroulike instrukteur wat

betaal word om my die fynere kunsies van trek en stoot, spring en klim te leer het in haar beleefde korporaal-stem beveel: “Tummy tight, and in, and out, in and out.” Ek het my asem, baie sweet en ’n gedeelte van my trots verloor, maar ek het oorleef. Mense bewonder nou jou persoonlikheid en kyk verby die figuurfoute wat jy nie meer kan verbloem nie. Oudword het gelukkig ook sy voordele. Almal loop dieselfde pad. Jy word rustiger, wyser, vergewe makliker en kyk met ’n goed-geoefende oog na die lewe. Die helfte van jou kruideniersware dui aan “ekstra vesel”; jy spaar op drank, want jy het vanself die-dag-daarna-gevoel. Jou kinders studeer of werk al

en jy sien uit na die dag dat jy op die titel van ouma kan aanspraak maak. Op 50 het daar so ’n bevryding oor my gekom – ek voel gemaklik met my lyf en my omstandighede. Oudword beteken nie noodwendig oudwees nie. Op 50 verdien ek: ) goeie koffie; ) tweelaagtoiletpapier; ) DStv; ) goeie leerskoene; ) duur parfuum; en ) rooifluweelkoek vir ontbyt (die instrukteur by die gym word betaal om my te help om van die kilojoules ontslae te raak); ) ’n ekstra paar rand in die bank om op myself te bestee; ) ’n wegbreek-naweek saam met my man sonder om skuldig te voel omdat die kinders moet

tuisbly; en ) skaapvel-pantoffels waarin ek my wintersvoete kan troetel. Op 50 is ek egter te oud vir: ) ’n besoek van die ooievaar; ) onderklere waarvan die rek probeer wegkom (omdat dit my deur die vet en die maer jare moes dra); ) bloese in kleure wat in die 80’s hoogmode was; ) die tekkies waarin ek in my matriekjaar netbal gespeel het, veral met die paar dienlike kerkkouse in dieselfde kleur; en ) Die Leeuloop (maar nie te oud vir die Kalfiewals nie). Op 50 het daar so ’n bevryding oor my gekom, ek voel gemaklik met my lyf en my omstandighede. Oudword beteken nie noodwendig oudwees nie. Dalk moet ek ’n Grysword-gids vir Mans skryf.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014 DUTOITSPANWEG is een van Kimber­ ley se bekendste strate. Dit strek van Beaconsfield tot by die Groot Gat. Die straat huisves talle van Kimberley se bekende geskiedkundige geboue soos die Kimberley­klub. Regs op die foto is die Africana­biblioteek, oor­ spronklik die stadsbiblioteek. Die ge­ bou is op 23 Julie 1887 amptelik ge­ open en het tot in 1984 die stadsbi­ blioteek gehuisves. Nadat die stadsbiblioteek na ’n nuwe gebou verskuif het, het die Africana­biblio­ teek in 1986 die gebou betrek. Vandag huisves die biblioteek ’n enorme ver­ sameling waardevolle boeke, manu­ skripte, foto’s en ander dokumente oor Kimberley, die Diamantveld en die Noord­Kaap.

Jou stem is jou hand op die toekoms VANDAG oor ’n week breek stemdag aan, die dag waarop die stemgeregtigde inwoners van die land ’n keuse kan uitoefen om te bepaal wie die land die volgende jare gaan regeer. ’n Mens kan sinies wees en redeneer dat die regerende party in elk geval met ’n groot meerderheid gaan wen, dus wat maak my stem saak? Die waarheid is dat dit, soos Hillary Clinton, bekende Amerikaanse politikus, gesê het ’n kosbare reg is om jou stem te kan uitbring. Elke kruisie wat getrek word, speel ’n rol. Niks is tog uit klip gekap nie, en ook die aanspraak in sommige kringe dat die huidige regering tot met die wederkoms sal regeer, sal mettertyd verkeerd bewys word. Daarom is die komende verkiesing so belangrik. Die regerende alliansie se posisie lyk skielik nie meer so onaantasbaar soos wat altyd vermoed (of gevrees) is nie. Onder die huidige president het die land by die punt gekom waar die president sy eie party met sy bedenklike leierskap soveel skade

aangedoen het dat ’n wegbreekparty ’n aansienlike klomp stemme sal kan wegrokkel. In opposisiegeledere is ook woelinge en die amptelike opposisie het self rede tot kommer dat hy self steun van sy meer konserwatiewe ondersteuners gaan verloor. En dalk kan van die byna vergete regse partye weer in ’n sterker posisie staan. Dit is alles bespiegeling, maar eindelik kan elke stem tel om te help formuleer aan die sterk boodskappe wat die politieke partye in die land nodig het om te hoor. Stem met jou kop en met jou hart. Stem en laat die politici daardeur hoor hoe jy voel. Almal wat soos jy voel en stem, skreeu saam ’n boodskap uit wat gehoor moet word. Joseph de Maistre, ’n Franse filosoof en diplomaat, het kort ná die Franse revolusie gesê elke land kry die regering wat hy verdien. Die minste wat jy kan doen, is om jou kosbare stem uit te bring. Dit is jou kans om ’n invloed, hoe gering ook al, op die toekoms van die land uit te oefen.

DIE versameling word beskou as een van die beste Africana­versamelings ter wêreld. Die gebou is opgerig met sken­ kings van die publiek en het £5 533 ge­ kos. Bykomende ruimte vir boeke het gou nodig geword. Die gebou is in 1899 vergroot. In 1901 is twee erwe agter die gebou, in Woodleystraat, gekoop. Die huise op die erwe is die volgende paar jaar verhuur, ’n nuttige bron van inkom­ ste vir die biblioteek. Die huise is in 1909 gesloop sodat die biblioteekgebou ver­ der vergroot kon word. Die puin van die huise is noukeurig deursoek voordat dit verwyder is. ’n Wyse besluit, want ’n he­ le aantal diamante is in die puin gekry – ’n aansienlike finansiële hupstoot vir die biblioteek. Op die ou foto kan Go­ wie’s Corner (met die toring) gesien word. Die gebou het die algemene han­ delaar Gowie Brothers and Co gehuis­ ves. Die gebou staan nou by die Groot Gat. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Een van beste ter wêreld

Humor kan maak of breek Hannes Nöeth

LAG en die wêreld lag saam. Huil en jy huil alleen – so lui die ou gesegde. Humor is nou maar een van die beste maniere om ’n slegte dag beter te maak, ’n krisissituasie te ontlont en ’n aanknopingspunt te wees. Lag kom ook sommer op enige plek onder enige omstandighede. Ek herinner my ’n geleentheid waar ek op ’n begrafnis was waar die gat net te klein was om die kis in te laat sak. In ’n verleë oomblik vir die begrafnisondernemer het een van die dogters spontaan opgemerk: “Ja, my pa het hom nie sommer laat onderkry nie.” Net daar is die hele situasie ontlont. So maklik, so mooi. Dink maar hoeveel verkiesinggrappies jy al in aanloop tot die verkiesing gehoor het, en gaan dink ’n bietjie hoe ons Suid-Afrikaners die gewoonte het om in die vreemdste omstandighede met ’n grap of ’n sêding vorendag te kom. Saamlag is gewoon net lekker. Dit verander nie die krisis nie, dit los nie ’n moeilikheid op nie, maar dit laat dinge net

beter lyk. ’n Grappie op sy tyd is vir almal net goed. Daar is natuurlik ook iets soos ’n onvanpaste grappie. ’n Sêding of ’n opmerking wat nie op sy tyd kom nie. Om egter saam met ’n ander te lag, te geniet en te beleef is ’n wonderlike voorreg, maar die oomblik as jy begin om iemand uit te lag is dit onvanpas. Snaaks is net snaaks as dit vir almal snaaks is. Humor is een van daardie dinge waarmee ons geskape is om ander tot seën te wees en die voorreg om humor te kan beleef is onsself tot seën. Daarom, in hierdie week, ongeag die omstandighede – lag ’n slag. Lag saam met ’n ander en laat ’n ander lag. Deel die vreugde van lewe en lag daaroor. Die slim mense beweer lag is baie goed vir jou menswees, vir jou hart en jou gemoed. Omstandighede is dalk nie altyd snaaks nie, maar lag ’n slag. Vandag. Nou.

Gemene deler is oral Karin Muller ALMAL van ons wat al iets met wiskunde te doen gehad het, het ’n idee wat ’n gemene deler is. Dit is ’n getal wat in ander getalle gedeel kan word. ’n Getal wat ’n aantal getalle in gemeen het. Mense verskil hemelsbreed. Ons is almal unieke wesens. Tog het jy en jou vriende of kollegas of baas iewers iets in gemeen. Ongeag jul verskillende beroepe of belangstellings deel julle iets wat die vriendskap aan die gang hou of julle kollegas laat bly. Soms ontmoet jy iemand, maar julle het niks in gemeen nie. Daar is nie ’n gemene deler nie. Alles verskil. Jul lewensuitkyk. Jul belangstellings. Jul waardes. Om die waarheid te sê: Dié mens is dalk daartoe in staat om jou so verkeerd op te vryf dat die negatiewe, wat diep binne-in jou weggebêre is, te voorskyn kom. En oor en oor word daar bevestig dat julle niks in gemeen het nie.

Dan breek die tyd aan dat jy weer jou rybewys moet hernu en jy bevind jouself by die verkeersdepartement. Die rye is lank. Die vorms onverstaanbaar. Die stelsel is stadig. En terwyl jy voetjie vir voetjie vorentoe skuifel in die lang ry, raak jy bewus van die gemene deler. Ongeduld. Moedeloosheid. Frustrasie wat jou laat voel asof jy met jou naels die verf van die mure kan afkrap. Byna dieselfde gebeur wanneer Fluffy onverwags raakgery of siek word. Jy jaag veearts toe en sit vol afwagting in die vol wagkamer. Saam met die ander bekommerde eienaars wat hul siek of gewonde troeteldiere besorg vashou. En die gemene deler maak sy verskyning. Bekommernis. Hartseer. Selfverwyt. Iets wat die meeste mense in die wagkamer in gemeen het. Dan besef jy: Julle deel tog iets – selfs die mens met wie jy gewoonlik niks in gemeen het nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Boek oor Griekwastad-moorde uit Elretha Britz OP Goeie Vrydag 2012 is die lewe in Griekwastad tot stilstand geruk toe drie lede van die Steenkamp-gesin uitgewis is. Een gesinslid was oor. Vir Charné Kemp, Volksblad-joernalis in Kimberley, was dié tragiese dag die begin van ’n nuwe hoofstuk. Dit was stof vir ’n boek, en sy wou nog altyd ’n boek skryf. “Ek was op die regte tyd op die regte plek,” sê Kemp wat die laaste hoofstuk van die boek, Moord op Griekwastad – die storie van die Steenkamp-treurspel, dié week vir Tafelberg-uitgewers gestuur het. Dié boek sal vandeesmaand verskyn. Kemp sê sy was net soos die res

van die land onmiddellik deur die tragedie aangegryp. Sy glo die rede waarom dié saak meer aandag as ander plaasmoorde getrek het, is omdat die treurspel ’n gewone gesin getref het op ’n dag wat vir baie mense die heiligste dag van die jaar is en in ’n provinsie waar plaasmoorde nie gereeld voorkom nie. Ook die raaisel rondom Deon, Christel en Marthella Steenkamp se dood het mense geboei. Kemp sê sy het die verhaal chronologies laat ontvou. Sy het elke dag se gebeure beskryf, onder meer die hofargumente, en dit dan stuk vir stuk vir redigering na Tafelberg gestuur. Buiten dié verloop het sy ’n hoofstuk gewy aan

navorsing wat sy oor misdaad in Suid-Afrika gedoen het. Kemp sê sy het met baie mense gesels – die familielede en vriende van die vermoordes en polisie. Sy was ook onlangs weer op die plaas om seker te maak van die feite. Die meeste foto’s in die boek het Kemp ook self geneem; ander is voorsien. Die wet verbied Kemp om met die beskuldigde te praat, maar sy het wel met sy voogouers gesels. Kemp het al op hoërskool in Florida aan die Wes-Rand geweet sy wil skryf. Ná ’n BA-kommunikasiegraad aan Kovsies was sy ’n joernalis aan die destydse Transvaler, Beeld, Rooi Rose en M-Net. Daarna is sy en haar wederhelf,

Attie Kemp, Londen toe waar hulle van 1999 tot 2009 gewoon het. Die Kemps het teruggekom huis toe omdat sy te veel na haar “mense” verlang het. Haar man het ’n praktyk in Kimberley begin en sy kon haar koerantloopbaan hervat. Kemp sê sy het die boek afgesluit toe regter Frans Kgomo uitspraak gelewer het. ) Die media sal moontlik aansoek moet doen om die identiteit van die seun bekend te maak wanneer hy in Augustus 18 jaar oud word. ) Charné Kemp sal op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 10:30 eksemplare van die boek in Bargain Books in die Diamond Pavilion Shopping Mall teken. Die boek kos R185.

CHARNÉ KEMP se boek ver­ tel die storie van die Steen­ kamp­treurspel.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

DIE foto is op 14 April 2014 van'n waterval by Gong Gong (naby Barkly­Wes) geneem. Foto’s: Charles Koning

DIE ou sluise by Barkly­Wes is toe, maar is so geroes dat hulle nie meer die water kan keer nie. Die foto is op 17 April vanjaar geneem.

DIE foto is tydens ’n ligte reënbui in Kimberley geneem.

Stuur foto’s in DIE foto’s stroom steeds in vir Noordkaap se fotokompetisie. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur gerus jou plaaslike foto’s. Dit kan iets wees wat vreemd, buitengewoon, snaaks, interessant of sommer net mooi is. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat byvoorbeeld beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer die foto geneem is, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien die inskrywing ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir jou inskrywing na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van

die weninskrywing ontvang dan ’n R350geskenkbewys van

die Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley.

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

9

MOTORS

Model laat die koppe draai Johann van Tonder DAAR is ’n nuwe model in die Mercedes-Benz-stal wat sedert sy bekendstelling laat verlede jaar die koppe behoorlik laat draai. Tuinroete-motors het twee van die modelle onder hande gehad: die petrol-aangedrewe CLA200 en die CLA220-diesel. Die Mercedes CLA is ’n nuwe intreevlak-vierdeursedan, maar nie ’n reeks wat die C-klas sal bedreig nie. Waar die C-klas die 3-reeks BMW en Audi A4 die stryd aansê, kompeteer die CLA-reeks eerder met die Audi A3-sedan. Die groot besprekingspunt is die stilering. Is dit ’n sedan? Is dit ’n koepee? Hy is laag en breed met vloeiende koepee-lyne; tog is daar vier deure. Amper soos ’n kleiner weergawe van die mooi CLS-reeks. Die beste beskrywing is egter ’n sedan-weergawe van die A-klas waarop hy geskoei is. Ewenwel, met dié motor het Mercedes-Benz ’n vars en kreatiewe rigting ingeslaan en gewys hy is bereid om risiko’s te neem en ’n paar wenkbroue te laat lig. Die CLA laat werklik die koppe draai. Met so ’n mooi ontwerp is dit moeilik om te glo vorm het funksie nie voorafgegaan nie – elke hoekie en elke lyn is met ’n rede daar. Die hele reeks is verbasend ekonomies en dit word deels deur die CLA se beste-in-klas-sleursyfer van

DIE standaard­CLA 200 se vering is meer vergewensgesind en die ekstra grondvryhoogte maak van hom die praktieser elkedag­motor. Foto: Verskaf net 0.22 moontlik gemaak. So ’n lae syfer bring ’n besparing van 0,4 F/100 km mee wat andersins slegs met ’n gewigbesparing van 35 kg moontlik sou gewees het. Ons toetsmodelle was die petrolaangedrewe CLA200 met ’n sesspoed-handrat en die CLA220-oliebrander, aangedryf deur MercedesBenz se sewespoed-outokas. Die CLA220 is toegerus met die opsionele AMG-sportpakket wat insluit sportiewer bakwerk en AMG-allooie, asook AMG-sportvering. Die diesel was dus die vinniger en sportiewer model van die twee, maar die CLA200 in rooi het nie veel vir sy vinnige stalmaat teruggestaan nie. Dit is moeilik om die twee modelle te vergelyk, die AMG-kurwes val darem sag op die oog, maar die standaard-CLA200 se vering was meer vergewensgesind wanneer die pad ongelyk was en ons het selfs die akkurate ratgooie van die

handrat bo die outokas verkies. Ook die ekstra grondvryhoogte, veral onder die neus, het die CLA200 die praktieser elkedag-motor van die twee gemaak. Die CLA-modelreeks is beskikbaar in vier modelle, almal met ’n viersilinder-turbo-oond wat petrol en diesel insluit. Aan die dieselkant is die CLA220 CDI met ’n 2 143 cc-enjin wat 125 kW en 350 Nm wringkrag lewer. Dit is die ekonomiesste model met ’n verbruiksyfer van so laag soos 4,5 F/100 km. Daar is twee petroloonde in drie modelle. Die 180- en 200-model word aangedryf deur ’n 1 595 cc-enjin met die 200-model (115 kW en 250 Nm) wat haastiger as die 180-model (90 kW en 200 Nm) is. Laastens is daar die monster-CLA45 AMG met 265 kW en 450 Nm. Die intreevlak-CLA180 se prys is van R348 700 af en die vlagskip-CLA45 AMG kos R674 400.

DIE oopdak­Mustang van 1965.

Foto: Newspress

Vurige ros vier 50 jaar FORD se fris teerpadvreter, die Mustang, is vanjaar 50 jaar oud. Hier is wat jy van dié ikoniese ’Stang moet weet.

bekostigbaar was en waarmee ’n man in die week werk toe kon ry en oor ’n naweek die eendsterte met hul ghrieshare kon dice.

Wanneer is hy bekend gestel? Lee Iacocca, die latere grootbaas van Chrysler, het in die vroeë jare 60 altesaam 18 maande aan sy projek vir ’n omgekrapte koepee gewerk. Dit was in dié tyd dat Ford se grootbaas, Henry Ford II, Iacocca glo gedreig het dat hy sy werk sou verloor as sy vuurwa nie suksesvol op die verkoopvloer is nie. Sy Mustang is op 17 April 1964 op die New York-skou bekend gestel en binne twee jaar is ’n miljoen daarvan verkoop.

Oukei, maar hoe fris is “fris”? Die eerste ’Stangs het ’n 3,3 F-V6 gehad wat ’n gawe (wel, vir destyds dan) 89 kW gelewer het. Vandag is dit natuurlik vergelykbaar met ’n VW Polo se veertienhonderd. Maar toe kon jy ook ’n 4,7 F-V8 aanskaf, die 289 cubic inch, soos die Yanks dit genoem het. Dié perd het 147 kW deur die agterwiele laat huppel. ’n Warmer Mustang is nog later gebied wat 167 kW uitgestoot het en toe Ford se witjasse vrye teuels kry, het hulle 202 kW losgetoor.

En in Suid-Afrika? Reeds die volgende jaar, tydens die Suid-Afrikaanse Grand Prix in Oos-Londen, maar hy was nog in die linkerstuur-formaat. Renjaers het dieselfde jaar al met Mustangs aan plaaslike baanrenne deelgeneem en in 1966 en 1967 die nasionale sedantitel verower. Waarom was hy besonders? Die Mustang het ’n nuwe era van die sogenaamde Amerikaanse pony cars, of spiertiermotors, ingelui. Dit was ’n bekostigbare, groot motor met sitplek vir ’n gesin van vyf, maar danksy sy koepee-bakwerk en fris enjin was hy steeds sportief genoeg om jong mans se bloed te laat bruis. Dit was die eerste spiertierryding wat vir die middelklas

Hoe’t hy gery? Die manne wat weet, sê heel gemaklik in die dorp. Maar dit was wanneer jy die lepel diep intrap dat die perde begin dans het. Saam met jou senuwees. Vastrapbeheer, ABS-remme en ’n stabiliteitstelsel was destyds alles goeters soos ’n saal en toom vir ’n Apache. Die cool-faktor – vandag Goed, daardie swart vinieldak mag dalk ’n frons ontlok, maar ’n V8 se gebrul ontlok altyd respek. Die moderne Mustang – met ’n regterstuur – sal volgende jaar sy opwagting in Suid-Afrika maak. Kry jou stal solank gereed.

AUDI se A3, wat pas as die wêreldmotor van die jaar aangewys is. Hy is stilisties dalk nie almal se waterbed nie, maar volgens die wet van gemiddeldes is hy koning. Foto: Motorpress

Audi A3 wêreld se wielekoning Motorredaksie IN wat as ’n kopknik aan praktiese realisme beskou kan word, is Audi se nuwe A3-reeks pas in New York as 2014 se wêreldmotor van die jaar aangewys. Die A3 het in die eindronde teen BMW se 4-reeks en die nuwe Mazda3 (binnekort in Suid-Afrika) te staan gekom. Altesaam 69 joernaliste van 22 lande het aan die stemming deelgeneem. ’n Aanvanklike lys van potensiële kandidate is opgestel (uit motors wat in die afgelope kalenderjaar op minstens twee kontinente bekend gestel is). Die kandidate is toe na 12 finaliste verminder. Die joernaliste het daarna hul stemme uitgebring, waarna ’n kortlys van drie mededingers saamgestel is. Hierna is weer vir die eindelike wenner gestem. Die organiseerders het in ’n verklaring bekend gemaak Audi het die joernaliste wêreldwyd die meeste met sy voorkoms en afwerking binne beïndruk. Dit is bekend wat in Westerse lande as mooi beskou word, word dikwels maar as so-so in Asiatiese lande beskou en andersom. Die A3 se minimalistiese instrumentpaneel wat met tegnologie gelaai is, sy goeie

en gemaklike ritgehalte en die bougehalte van die voertuig in sy geheel is nog aspekte wat wyd aanklank gevind het. Ook die fris enjins met hul suinige verbruik en vier bakwerkvariante (luikrug, oopdak, stasiewa en sedan) se volgehoue gehalte het hoë punte behaal. ) Dit is nie die eerste keer nie dat die Volkswagen-groep in die wêreldwye beoordeling in dié kompetisie sukses behaal nie. In 2004 was die eerste wenner die Audi A6, terwyl die Golf twee keer (in 2009 en verlede jaar) die kroon ontvang het. Die Golf en nuutste Audi’s word dikwels vir hul vaal voorkoms gekritiseer, wat nie so uitbundig soos talle van hul mededingers s’n is nie. Tog is dit dalk juis Volkswagen se wenresep – dat die Golf en A3 so ’n middeweg kan handhaaf tussen wat mooi vir die Weste én die Ooste is. ) Die vorige wenners is die BMW 3-reeks (2006), Lexus LS460 (’07), Mazda2 (’08), VW Polo (’10), Nissan Leaf (’11) en VW Up! (’12).


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Riding encouraged PERSOONLIKE DIENSTE

BETREKKINGS

BOEDELKENNISGEWINGS

3600

LENINGS

ADMINISTRATIEF 1445

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS HOFBEVELE/ SEKWESTRASIES/ LIKWIDASIES

4005

TOLMAY BUTCHERY BK

ALLERLEI 1655

In die aangeleentheid van Tolmay Butchery BK, in likwidasie, boedelnommer K14/2014. Ingevolge Artikels 339, 366, 375 (5)(b) TROETELDIERE en 402 van die Maatskap1660 pywet van 1973 en Artikel 66 van die Wet op Beslote ROTTWEILER-HONDTJIES te koop, R2 000 elk. Korporasies, Wet 69 van 1984, word hiermee kennis Edward 082 778 1098, gegee dat die persoon Barkly-Wes. hieronder vermeld as likwidateur aangestel is, en ALGEMENE & dat persone wat enigiets HUISDIENSTE aan die beslote korporasie veskuldig is, die skulde onmiddellik by genoemde ALLERLEI kurator moet betaal. 'n Byeenkoms van skuldeis1845 ers van bogemelde boedel CHEAPER THAN sal gehou word op WoensCHEAP: Furniture and dag 4 Junie 2014 om 10:00 rubbish removals. by die kantore van die PJ: 078 965 9112. Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, vir die PLAFONISOLERING: bewys van vorderings teen THERMGUARD LITE die beslote korporasie vir NK. die ontvangs van die verKoel in somer, warm in slae van die likwidateur winter. oor die sake en toestand SABS. Gratis kwotasies. van die beslote korporasie 082 388 0307 of en om opdragte aan die lik053 832 9194. widateur uit te reik betreffende die verkoop of opvordering van gedeeltes EIENDOMME van die boedel of bates van die beslote korporasie of betreffende aangeBESIGHEID leenthede rakende die TE KOOP beheer daarvan. 3212 HPA VENTER BESIGHEID TE KOOP IN DUNCAN & ROTHMAN Duncan & Rothman-gebou WARRENTON: AlleenChapelstraat 39-43 mandaat op verskeie Kimberley gebiede. Prys: R480 000 8301 sluit toerusting en voorVerwysing: raad in. Skakel 072 492 HV/jm/Tol7/0001. 3519. UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

4201

3605

New copy and paste system: Earn R800 p.d. by submitting forms, income GUARANTEED! With or without a PC. Own hours! SMS/e-mail name and address for full info brochure to 0762381992 / melany35.dutoit@mobileemail.vodafonesa.co.za

TE KOOP

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

HJ SCHEEPERS In die boedel van wyle Hendrik Johannes Scheepers, identiteitsnommer: 311102 5039 084, van Acacia Aftree-Oord,Kimberley, Meester se verwysing: 20021/2014. Alle persone met vorderings teen die bovermelde boedel moet binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur Posbus 64 Kimberley 8300 Verw:HV/jm/Sch178/0001 SH REYNEKE In die boedel van wyle Susanna Hendrika Reyneke, identiteitsnommer: 250903 0028 086, van Langstraat 43, Kimberley, Meester se verwysing: 2810/2013. Alle persone met vorderings teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekutrise Posbus 64 Kimberley 8300 Verw:HV/jm/Loo9/0002

THE Kimberley Equestrian Centre hosted the second South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) qualifer for the Frances Baard Region. Sanesa promotes equestrian sport within the South African schools’ community with the aim of developing the sport at schools level. Each province in South Africa has Sanesa representation. Every province holds up to four qualifying competitions in the first seven months of the year and then the top eight riders with the most accumulated points in each discipline go forward to represent their province at the annual Sanesa national championships in October. Nine schools from in and around the Kimberley area were represented in the show. These included Riet River Primary, Newton Primary, the Greenpoint High School, the Diamantveld High School, Kimberley Girls’ High, the Northern Cape High School, the St Patrick’s College, Eureka Primary and Hopetown Primary. It is not essential for anyone to actually own their own horse or pony to participate in a Sanesa show, therefore many of the riders competing in the show were from the Kimberley Equestrian Centre’s Riding School. The next Sanesa qualifier will be held at the Kimberley Equestrian Centre on 24 and 25 May, combined with the Free State and Northern Cape Dressage Challenge.

IN the performance riding class (nine years and younger) Helen Naude (left) of Newton Primary received third place, Carmen du Toit (middle) of the Eureka Primary School second place and Saki­ nah Tawana of the St. Patrick's College first place. All of them ride the Kimberley Equestrian Centres’ Riding School pony Shalom. Photos: Supplied

RIGHT: Kayleigh Birch received first place in the show jumping 50 cm class on her pony, Socks. BELOW: Trish Martins of Greenpoint Pri­ mary received a first place in the off lead proficiency riding (nine years and youn­ ger) on the Kimberley Equestrian Centre’s Riding School pony Local.

GEREGTELIKE VEILING 4501

In die Landdroshof vir die Herbet-distrik, gehou by Douglas, saaknommer 343/13, in die saak tussen Saamspan Verspreiders, eksekusieskuldeieser, en RA Jansen, eksekusieskuldenaar. Kennisgewing van geregtelike verkoping van roerende eiendom ten uitvoerlegging van 'n vonnis van die Landdros, HERBET, gedateer 5 September 2013 sal ondervermelde goedere om 10:00 op 16 Mei 2014 per openbare veiling by Landdroskantoor, Rhodestraat, deur die Balju vir die Landdroshof, Douglas, aan die hoogste bieër vir kontant verkoop word, naamlik: 1x TAP KAR (SLATTERY) 7-TON. Geteken by Douglas op die 8ste dag van April 2014. HB VAN HEERDEN, EISER SE PROKUREURS, HERMAN VAN HEERDEN ING., SOUTHEYSTRAAT 26A, DOUGLAS 8730. E-pos:hbvh@telkomsa.net Tel: 053 298 1828/9 Docex: F:/lexsql Verw: Lêernr:SA0145.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE

Water system brings hope A LOCAL Kimberley community consisting of 30 families who live 15 km from Droogfontein Solar Power are receiving purified drinking water for the first time. Comprising mostly farm workers, this community has to date been getting their drinking water untreated from the Vaal River, leaving the families vulnerable to a number of diseases. “Currently, these people are consuming water drawn directly from the river and are running the risk of becoming ill. “The purified water will greatly reduce the risk of sickness and increase the wellbeing of the local community,” says Mark Pickering, general manager of Droogfontein Solar Power. The families that will benefit, form part of the Droogfontein Community Property Association, and the landowners of the solar project. “The Droogfontein Community Property Association executive committee decided on the two locations for the water purification plants ensuring that there is access to water, an electrical supply and that it is in close proximity to a group of families who is in desper-

THABO MODUPE, chairman of the Droogfontein Community Property As­ sociation, next to the tanks. Photo: Supplied ate need of clean drinking water,” says Pickering. “We are pleased that these families can finally have access to clean and safe drinking water after living at risk for so long,” says Thabo Modupe, chairperson of the Droogfontein Community Property Association. “This is money well spent, as the purification plant will make a difference in these families’ lives

for generations to come.” The water purification plants, which cost around R400 000, are containerised purification units complete with pumps, filters, valves and controls to purify the water directly from an existing water supply so that it is safe for drinking. The plants also consist of one 10 000 F tank for unpurified water and one 10 000 F tank for purified water.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

11

Taai stryd wag op HNK en DHS DIE Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap kom vandag op die laaste dag van die Wildeklawer-toernooi teen twee sterk teenstanders te staan. Diamonds, die gasheer vir die toernooi, het Maandag op die eerste dag met 0-25 teen die HTS Middelburg vasgeval. Northerns het op die eerste dag goed in hul wedstryd teen die Landbouskool Oakdale teruggeveg, maar eindelik met 30-39 die onderspit gedelf. Diamonds speel vandag in die hoofwedstryd teen Maritzburg-kollege, terwyl Northerns teen die King Edward VII-skool te staan kom. Hier is foto’s van die eerste dag se aksie. Lees volgende week in Noordkaap volledig hoe albei die plaaslike spanne gevaar het. Die foto’s is deur Emile Hendricks geneem.

DIE Hoërskool Noord­Kaap se vyfslot, Rikus Zwart (met bal), word deur die Landbouskool Oakdale se vleuel DC Gilliomee gestuit in die spanne se wedstryd op die eerste dag van die Wildeklawer­toernooi in Kimberley.

DAMIAN VAN DEN BERG, stut van Noord­Kaap, word deur die Oakdale­flank Bertie de Bod beetgekry in die spanne se skermutseling op die eerste dag van die Wildeklawer­toer­ nooi in die Diamantstad.

DIE Northerns­losskakel, Robbie Petzer, op die aanval in sy span se tweestryd teen Oakdale. Northerns het moedig teruggeveg, maar eindelik met 30­39 teen die besoekers vasgeval.

DIAMONDS se kaptein en flank, Nardus Bosman, op een van sy stormlopies teen die HTS Middelburg.

GERCO NORTJE, losskakel van Diamantveld, laat die bal loop in sy span se nederlaag van 0­25 teen die HTS Middelburg op die eerste dag van die Wildeklawer­toernooi in die Dia­ mantstad.

DIAMANTVELD se senter JD Swanepoel (met bal) word vasgevat deur die HTS Middelburg se haker, JP Mans, in die twee spanne se kragmeting op die eerste dag van die Wildeklawer­ toernooi in Kimberley.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 APRIL 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

GRIQUAS stalwart Gouws Prinsloo (with ball) in action in his side’s promotion and relegation match against the Pumas last year, played a vital role in helping the Griquas secure a home quarter final in the Vodacom Cup competition against the Leopards. Photo: Emile Hendricks

Battle at home Sports Editor GRIQUAS fullback Gouws Prinsloo kicked three conversions and scored a try as the Peacock Blues earned a 32-8 (half time 20-3) bonus-point victory over the Leopards XV in the sides’ Vodacom Cup North Section clash in Klerksdorp on Saturday to earn a home quarterfinal in the competition. Griquas needed to win with a bonus point to move above the Blue Bulls, and they secured their home quarterfinal – which will be played against the SWD Eagles on Saturday – with just four minutes remaining on the clock, thanks to a try by replacement loose forward Burger Schoeman. It was a well-constructed victory by the visitors as they scored two converted tries, a penalty and a drop-goal to end the first half with a 17-point lead. Prinsloo opened up the scoring through a penalty in the fifth minute and then extended their lead with their first try through winger Ederies Arendse, who went over on the right-hand side of the field. Prinsloo converted to give the Griquas a ten-point lead after 15 minutes.

Tuks champs again Sports Editor WEST END BOWLER Jan Frylinck and Kovsies batsman Janko Dreyer both received accolades at the end of the national cricket club championships on Monday in Pretoria. Frylinck was honoured as the best bowler of the tournament, while Dreyer received the award for the best batsman for his performances during the week. Even though West End could not manage a single victory during the tournament, Frylinck was the pick of the bowlers, bagging an impressive 16 wickets in five group matches. Dreyer managed 331 runs in five innings at a batting average of 66.2 per innings, the best figures of the week. Both also received a cash prize of R5 000. ) Tuks beat the Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) Madibaz PE by a comfortable 94 runs in the final to win the Momentum National Club Championships at SuperSport Park on Monday. This is their third successive club championship title win and it comes with a R50 000 cash prize for the second year running. The winners also receive kit worth R10 000 to donate to an underprivileged club of their choice.

The home-side opened their account in the 22nd minute with a penalty of their own through Gerhard Nortier, which would be their only points of the first half. But the visitors had to work hard for their next points before eighth man Leon Karemaker rumbled his way over in the 32nd minute. Prinsloo extended the lead with the conversion before left-wing, Rocco Jansen, put over a drop-goal shortly before half-time. The Griquas fullback began the second half brilliantly by going over in the corner shortly after the restart, but was unable to convert his own try which gave the visitors a 22-point lead. The hosts had to wait until the 55th minute before adding to their score when the replacement flanker, Jaco Buys, scored for the Leopards. Nortier missed the conversion as the hosts reduced the deficit to 17 points. The all-important bonus-point fourth try came just four minutes before the final whistle when Schoeman darted through a gap and scored. The signs of jubilation were apparent as the visitors knew that they had secured a home quarterfinal against the SWD Eagles.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.