Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 7 Mei 2014
www.noordkaap.co.za
VERSKEIE bejaardes en mense wat nie vandag kan stem nie, het reeds Maandag en gister gestem en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gesê dit het goed verloop. Hier dra Peter Jansen (links), areabestuurder van wyk 23, en Llewellyn Aiken, adjunk voorsittende beampte, die stembriewe wat by die stemlokaal (die Laerskool Vooruitsig) opgelaai is. Ao. Reynard de Bruin vergesel hulle. Foto’s: Emile Hendricks
GRATIS
ROSE KLACKERS van Yonder het Maandag by die Skilpadsaal gaan stem. Klackers het aansoek gedoen om ’n spesiale stem omdat sy nie vandag sal kan stem nie.
Eerste kruisies getrek
Spesiale stemme reeds van Maandag af ingewin Lecrecia Prins BEJAARDE inwoners van die stad wat gister en Maandag hul kruisies vir die spesiale stemme getrek het, is vol hoop vir die nuwe politieke termyn, terwyl die res van die inwoners vandag gaan besluit in wie se mag hulle hul stemme laat. Breggie Harvey (81), ’n inwoner van die Minerva Gardens-aftreeoord, sê sy hoop om met haar stem ’n “korrupsievrye land” te verkies. “Toe ek jonk was, was stem baie belangrik. Nou sien ek nie regtig hoekom ek moet stem nie, want die goewerment doen net wat hy wil.”
Harvey voel dat onderwys belangrik is, maar wil weet hoekom skoolgeld so hoog is. “Ek dink daar moet meer belang gestel word in akademie as in sport, want sport kan jy net tot op ’n sekere ouderdom speel en as jy vroeg beseer word, moet jy uittree.” Francis van den Bergh (90), ook ’n inwoner van die Minerva Gardens-aftreeoord, sê dit is vir haar belangrik om te stem, want sy bly steeds deel van die land, ondanks haar ouderdom. “Ek wil graag regverdigheid vir ons bevolking hê. Ek wil kan stem soos ek voel en nie onderdruk word nie. Ek stem
vir goeie onderwys en vryheid van geloof. Dit is al wat ’n mens nodig het.” Joey Swarts (85), ook ’n inwoner van Minerva, sê sy stem sodat geregtigheid moet geskiet. “Elkeen van ons is geregtig op ons eie mening. Ek vertrou dat wie aan bewind kom, sake sal kom regmaak sodat daar nie ’n bakleiery en onaangenaamheid is nie en dat alles in liefde gedoen sal word.” Bonolo Modise, hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in die Noord-Kaap, sê hy is tevrede met die manier waarop die spesiale stemmery op die eerste dag verloop het.
Modise sê daar is geen klagtes by die OVK aangemeld nie en hy hoop dit sal vandag en môre ook die geval wees. Hy het ook gesê iemand wat om die spesiale stemme aansoek gedoen het, maar nie gaan stem het toe hulle moes nie, sal môre by ’n stemlokaal moet gaan stem. ) Volgens die OVK sal 27 882 kiesers in die Noord-Kaap spesiale stemme kan uitbring. Hiervan sal 22 641 mense tuis besoek word om te kan stem, terwyl 5 241 by stemlokale sal stem. Die stemlokaal met die grootste getal spesiale stemme is in Keimoes waar 454 kiesers toestemming gekry het om so te stem van wie 328 kiesers tuis besoek sal word.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Veggees maak Newton wenspan Charné Kemp DIT was veggees en fiksheid wat die Laerskool Newton se o.13-netbalspan die Wildeklawersuperskolekampioenspan gemaak het. Megan Adam, afrigter van dié wenspan, kan dae nadat haar span as die kampioen gekroon is, nog nie glo dit is waar nie. “Die meisies besef ook nie wat hulle werklik vermag het nie. Hulle is baie nederig. “Die wedstryd was nie net oor fisieke fiksheid nie, maar ook oor emosionele en geestelike krag. Ons was in die halfeindstryd en eindstryd by tye agter, maar ons het teruggeveg en eindelik gewen.” Adam, ’n gr. 2-onderwyser aan die skool, het eers vanjaar daar begin skoolhou en die span begin afrig. “Ons het netbalkampe gehou en hard geoefen. Ons het gewerk aan goeie sportmanskap en emosionele ingesteldheid. “Die ouers het my ook baie ondersteun. My mentor is Magda Myburgh van die Hoërskool Noord-Kaap.” Die span het vanjaar al nege wedstryde teen ander skole gewen. “Ons was enkele doele agter in die halfeindstryd teen die Laerskool Oranje-Noord van Upington. Die wedstryd het gelykop geëindig en die gemoedere het hoog geloop. Bykomende tyd is toegestaan om die wenner te beslis.” Dit is waar haar span se
kalmte onder groot druk, asook die fiksheid en spangees, deurslaggewend was. “Ons het deurgedruk en met 17-14 gewen. “In die eindstryd teen die Laerskool Sunridge van Port Elizabeth was my senuwees gedaan. Ons was ook by tye agter, maar het toe met 16-13 gewen.” Adam het in trane van blydskap uitgebars toe die eindfluitjie blaas. Die spelers het op en af gespring en bottels nie-alkoholiese vonkelwyn is oopgemaak. Haar span se doelwit aan die begin van die jaar was om minstens onder die topvier spanne te eindig. “Omdat ons skool die toernooi aangebied het, is ons genooi om te speel. Ons wou egter nie hê enigiemand moet dink ons is nie wenners uit eie reg nie. Toe oortref ons ons stoutste verwagtings en wen die toernooi. Dit is wonderlik.” Die span het op die eerste twee dae sy wedstryde teen die Laerskole Kathu, Rustenburg, Paarl-Gimnasium, President Swart en Phelham gewen. Die span speel in die volgende drie weke in die Frances Baard-liga teen die Laerskole Staats, Eureka en Andalusia en hoop om eindelik die liga te wen. As die span wen, sal hy teen ander streekwenners speel om die provinsiale kampioen te bepaal wat in ’n nasionale kompetisie sal deelneem.
DIE spelers en belanghebbendes van die wenspan is van links, voor: Franli Kriek, Charissa Swanepoel en Gerda de Jager; agter: Magda Myburgh (afrigter), Megan Adam (afrigter), Cindy de Jongh, Surune Fourie, Maritza Oost huizen, Danielle Swart, Esme Merrina, Ivyelna Viljoen en Boon Boonzaaier (skoolhoof). Foto: Paul Booysen
FRANLI KRIEK (aanvallende vleuel) gooi die bal na Charissa Swanepoel (hulpdoel) van die Laerskool Newton in die span se o.13wedstryd teen die Laerskool Kathu. Foto: Charné Kemp
Vet pryse ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: Publisiteitsen bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis. Sluit in ’n konsultasie met Z PR-span, CV, ontwerp van CD-omslag en besigheidskaartjies, ontwerp en skryf van profiel, skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Waarde is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.
DIE fikse Charissa Swanepoel (hulpdoel) van die Laerskool Newton in die o.13wedstryd teen die Laerskool Kathu op die Wildeklawersuperskoletoernooi. Foto: Charné Kemp
Spontaan span net vanjaar wyer HET jy besonderse talente? Wil jy groot pryse wen? Nou is jou kans. Kimberliete kan nou wys die stad skitter nie net met diamante en sangers nie, maar ook met vele ander talente. Die gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigeen wat ’n besondere talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees. ’n Deelnemer moet alles wat hy of sy vir die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die datum van die oudisie is 22 Mei in die Diamond Pavilion Shopping Mall se raadsaal. Registrasie sal om 14:00 begin en die oudisie om 15:00. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streekwenner aangewys word, moet jy vir die eindronde op Saterdag 19 Julie in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Saterdag 10 Mei Charné Kemp, senior Volksblad-joernalis, sal eksemplare van haar boek, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 10:30 by die Bargain Books-winkel in die Diamond Pavilion-inkopiesentrum in Kimberley teken. Kemp was een van die eerstes op die moordtoneel en het toegang tot plekke gehad waar baie ander skrywers en joernaliste nie toegelaat is nie. Charné Kemp gaan na die binnekamers van die Steenkamp-gesin om die volle omvang bloot te lê van die tragedie wat op die plaas Naauwhoek afgespeel het. Die boek kos R185. ) Die NG kerk Dutoitspan bied op 10 Mei van 09:00 tot 14:00 ’n dankfees op die terrein langs die Northern Cape Mall (langs Game) aan. Daar sal onder meer lekker sosaties, hamburgers, braaivleis en pannekoek te koop wees, asook baie te doen vir die kleinspan. Saterdag 24 Mei Die ATKV bied op Saterdag 24 Mei ’n tienertoneelwerksessie by die Hoërskool Adamantia in Kimberley aan. Die kursus sal van 08:30 tot 16:00 duur. Enigeen (leerlinge, onderwysers, ouers, toneelgeesdriftiges en enige belangstellendes) kan die kursus bywoon.
KFC
Die werksessie word deur David Brink, bekende regisseur, skrywer en akteur, aangebied. Onderwerpe wat behandel sal word, is spel, regie, tegniese aspekte, die keuse van ’n teks, ontwerp, dekor, grimering, klank en beligting, ensovoorts. Die koste is R200 per persoon en sluit ’n ligte middagete en kursusmateriaal in. Elke deelnemer sal ’n sertifikaat van deelname ná die kursus ontvang. Die sluitingsdatum vir registrasie is 17 Mei. Skakel Lizane Basson by 011-919-9078 of Sanet Lindeque by 076-997-7170 by Hoërskool Adamantia vir meer besonderhede en inskrywingsvorms. ) Die HTS Kimberley hou ’n Familiemarkdag op 10 Mei. Kom deel in die pret en vermaak van 08:30 tot 14:00 by HTS in Croninweg. Daar sal stalletjies wees wat’n wye verskeidenheid kos, kuns en handgemaakte ware verkoop. Daar sal ook vermaak vir die kleinspan wees. Vir meer inligting en om aansoek vir ’n stalletjie te doen, kontak HTS by 053861-3917, Tharina by 082-7835262 of Viki by 083-264-2398 of stuur ’n e-pos aan tharinavt@yahoo.com. Stalletjies kos R150. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting gerus aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, moet verskyn, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)
Tel
053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554
3
Wayne speel al van gr.1 af NOORDKAAP se Griekwa-profiel die week fokus op die kaptein van die span, Wayne Stevens, Stevens is in Bloemfontein gebore en was ’n leerling aan Grey-kollege. Sy rugbyloopbaan het al in gr. 1 begin. Van die vernaamste spanne waarin hy al gespeel het, is vir die Suid-Afrikaanse Studentespan en die Suid-Afrikaanse Barbariansspan. Sy held is Jonny Wilkinson. Stevens se droom is om Superrugby te speel en verder om oorsee te gaan speel. Hy sê hy speel vir die Griekwas rugby, omdat die Griekwas-span nog altyd ’n kompeterende span in die Curriebekerreeks was en hy hom teen die bestes in Suid-Afrika wou meet. Vir Stevens was die grootste aanpassing die weer. “Ek het in my lewe nog nooit hitte só ervaar nie.” Een van die snaakse voorvalle wat Stevens onthou, is toe hy op universiteit die skeidsregter gelak het en die skeidsregter toe die veld moes verlaat. ’n Hoogtepunt vir Stevens was
WAYNE STEVENS, kaptein van die Griekwas. om die eerste liga in die Curriebekerreeks twee keer te wen. Ná rugby wil Stevens ’n loopbaan in beleggings en finansies oorweeg
Save energy this way THE team at Droogfontein Solar Power have some easy energy saving tips for the bathroom. To start with there are two very real reasons to choose a quick shower over a bath: water is a scarce resource in South Africa; and hot water requires energy to be heated and maintained. Tips and tricks: ) A 5-minute shower uses less water than a full bath tub. ) Install a more efficient shower fixture that uses less water. ) If you can, shower during the warmer part of the day and use
cooler water. ) Shower in bursts. Get wet, turn off the water to lather, and then turn on the water to rinse. ) The pool pump: If you are lucky enough to have a swimming pool at home, it is time to reduce the length of time you run your pool pump. Between four and six hours a day is generally enough to keep your pool clean in summer and a mere two hours a day should be enough during winter. If, however, there is an unseasonal hot spell, remember to adjust the setting.
Foto: Emile Hendricks
– die rigting waarin hy gestudeer het. Hy is met Michelle, ’n onderwyser, getroud.
Leef groener MENSE wat groener wil leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en dit dan hier aflewer: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 afgelewer word. Skakel 053-8611849.
YUM Restaurant Customer Careline: 0860 100 222 www.kfc.co.za
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014 JONESSTRAAT (nou Phakamile Mabi jastraat) was die tuiste van sommige van Kimberley se voorste sakeonderne mings, en is steeds ‘n bedrywige straat. Die straat is oorspronklik genoem na William Thomas Jones, die eienaar van ‘n kroeg met die naam Old Cock op die Markplein. Jones het self ook as Old Cock bekend gestaan. Waarskynlik die bekendste winkel in die straat was John Orr’s, gestig in 1885 as ‘n materiaalwin kel deur John Orr, ’n Ier wat hom in Kim berley gevestig het. Orr se winkel was so suksesvol dat takke mettertyd ook in Kaapstad, Durban en Johannesburg ge open is. Die winkel was ook suksesvol genoeg dat Orr in 1903 een van Kimber ley se bekendste huise, Dunluce, kon koop. Hy het tot met sy dood in 1932 in die huis gewoon. Sy oudste dogter en skoonseun het daarna tot in 1975 in die huis gewoon. Foto: Africana-biblioteek
Dienslewering diskrimineer nie MALE sonder tal kom sulke oproepe: “Ek wil met die redakteur praat. Ek kan die rioolgemors nie meer hanteer nie.” Of die vullis wat nie verwyder is nie, die straatligte wat nie brand nie, die oproepe wat nie beantwoord word nie, noem maar op. Om nie eens te praat van die krane wat opdroog en die kragtoevoer wat ontkoppel is nie. Die meeste van die inbellers het een ding gemeen: radeloosheid, moedeloosheid. Hulle ervaar frustrasie en magteloosheid. Interessant is swak dienslewering is oor die algemeen nie diskriminerend nie: jou inkomste, bevolkingsgroep, adres of ouderdom speel nie ’n rol nie. Jy het niks in jou guns wat jou beskerm teen swak dienslewering nie. (Hoewel dit help as jy genoeg geld het om maar self die nodige dienste teen betaling deur iemand anders as die munisipaliteit te laat verrig.) So graag soos die koerant wil help, is die stortvloed klagtes wat ontvang word, net te groot. Wanneer dit egter werklik groot krisisse is, kan die koerant probeer ingryp – en
voorheen was daardie medianavraag net wat nodig was om die verantwoordelikes sover te kry om die probleem opgelos te kry. Wat die koerant kan doen, is om skriftelike navrae aan die munisipaliteit en ook die belanghebbende wyksraadslede te stuur. Ons kan dan op ons manier verder probeer vuurmaak om die probleem te help oplos. Ongelukkig kan die koerant nie meer doen nie. Die koerant kan nie 24 uur per dag die take van wyksraadslede probeer verrig nie. Die koerant is die waghond van die gemeenskap en sal alles moontlik doen om te help waar hy kan – natuurlik binne die beperkings wat hy het wat hulpbronne en tyd betref . Vir lesers se gerief, is hier opnuut die telefoonnommers waar diensleweringsprobleme aangemeld kan word. Die nommer vir die skakelbord van die Sol Plaatje-munisipaliteit is 053-830-6911. Vir elektrisiteitsklagtes skakel 053-830-6442, vir reinigingsdienste soos riolering 053-830-6851 en vullisverwydering 053-830-6842. En kry ook gerus die nommer van jou wyksraadslid in die hande en hou dit byderhand.
JOHN ORR was die burgemeester van Kim berley in 19091910 en 1918, en het ook op ander gebiede ’n leidende rol in die stad ge speel. Orr het teen die einde van die 1970’s sy plaaslike tak van die winkel toegemaak. Dit het die einde van ‘n era in die stad bete ken omdat die winkel se sierlike fasade plek moes maak vir ‘n moderne fasade vir die nu we winkel op die perseel. Die wit toring is dié van die Edworksgebou, die agterste to ring op die ou foto. Die voorste toring aan die regterkant op die ou foto is Gowie’s Cor ner, wat nou by die Groot Gat staan. Phaka mile Mabija, na wie die straat in 2011 her noem is, was ’n antiapartheidsaktivis en ’n lid van die Anglican Nomads Educational Group. Hy is op 27 Junie 1977 deur die poli sie in hegtenis geneem na ‘n klipgooivoor val in Galeshewe tydens ’n busboikot. Hy is op 7 Julie 1977 in aanhouding dood nadat hy in geheimsinnige omstandighede van die sesde vloer van die Transvaalwegpoli siekantoor geval het. Transvaalweg, wat by Jonesstraat aangesluit is, is ook na hom ge noem. Die ou foto is omstreeks 1914 ge neem. Foto: Emile Hendricks
Jonesstraat se storie
Alles met genoeg tyd moontlik Hannes Nöeth DIE matrone van die ouetehuis het skuins oorkant die kerk gebly. Sy was gelief onder die inwoners van die tehuis en bekend in die dorp. Sy het maklik ’n paar keer op ’n dag heen en weer tussen die twee blokke na haar werkplek geloop. So gelief sy onder die bejaardes was, so gelief was sy onder die dorpskinders. Ons plattelandse koshuiskinders het presies geweet wie bly waar in die dorp en Matrone was ’n geliefde vertoef-plek. Sy het altyd groen aanmaakkoeldrank gehad vir almal wat daar verbygeloop het. In daardie stadium was kerk nog belangriker as skool en sport. So, elke week op ’n bepaalde tyd het alles tot stilstand gekom vir geleenthede in
die verskillende kerke. Vir ons wat bevoorreg was om katkisasieklas oorkant Matrone se huis te kon hê het dit ’n ekstra glas koeldrank, ’n geselsie en ’n kuiertjie beteken. In haar tuin was sulke reuse-vetplante. Besoekers van wyd en syd het maklik ’n oomblik stilgehou om dit te aanskou. “Skoonma-se-stoel,” het sy ’n bepaalde soort uitgewys. Dit was reusagtig. Sommer ’n paar van hulle in ’n ry. So ’n groot, ronde vetplant met lekker skerp dorings oortrek. Elke keer as sy gesê het dit is skoonma-se-stoel het ons kinders gekruip soos ons lag. Dit was net
so snaaks; al die beelde in ons kop oor hoe ’n skoonma haar nou op die reuse-vetplant sal tuismaak. Haar tuin was ’n lushof van vetplante met reuse-kaktusse van alle soorte. Ek het onlangs weer by haar huis verbygery, net om te kyk of ek reg onthou. Was dit regtig so groot, of onthou ek dit net so groot? Maar dit was regtig so groot, daardie jare al en vandag is dit nog 20 jaar groter. Daardie reuse-ry skoonma-se-stoele het Matrone ver in jare oorleef. Ons wou by haar weet hoe sy daardie plante so groot gekry het. “Tyd, my kinders, tyd. Alles is met genoeg tyd moontlik.” Hulle was piepklein toe sy hulle geplant het vandag is hulle reusagtig. Alles is met genoeg tyd moontlik.
‘Iets van alles, asseblief . . .’ Karin Muller ’n VRIENDIN se suster, René, was ’n onderwyser op die platteland. Die tyd vir die jaarlikse skoolkermis het aangebreek en handgemaakte plakkate is die dorp deur aangebring. Skenkings is bymekaargemaak. Die kerk op die hoek se basaartafels is geleen. Selfs die tannies in die plaaslike ouetehuis is gevra om met hul bakvernuf by te dra. Die groot dag het aangebreek. Die koektafels het onder die verskeidenheid gebak gekreun. Sjokoladeballetjies, melktertjies, kolwyntjies, roompoffertjies, krimpvarkies – enige soetgebak waaraan jy kon dink en van kon droom – was op die tafels beskikbaar.
René was een van die vroue wat die koektafels beman het. Taai handjies het gekreukelde note uitgehou en opgewonde beduie watter lekkernye oorhandig moet word. Daar is gedruk, getrek en in rye gestaan. Tussen die woelinge deur het ’n gr. 1-meisietjie eindelik voor in die ry beland. Sy het haar natgeswete handjie oopgevou en ’n vyftig sent te voorskyn gebring. Sy was sprakeloos van opgewondenheid. René het vooroor geleun. “Pop, wat wil jy met die skamele vyftig sent koop?” het sy gevra en
geglimlag. Die meisie het op haar tone gestaan en die groot basaartafels van links na regs en van regs na links gefynkam. Om ’n keuse te maak was amper onmoontlik. Wat kies ’n mens tussen so ’n klomp lekkernye? Sy het gesluk, haar onderlip gebyt en van voor af die verskeidenheid sorgvuldig deurgekyk. René het besef die keuse is moeilik. Sy het ook besef die geduld van die skoolmaats begin opraak. Sy het weer probeer. “Pop, watter van die lekkernye kan ek vir jou gee vir die vyftig sent?” Toe die meisie eindelik haar oë van die groot versoeking kon losskeur, het sy René in die oë gekyk en opreg geantwoord: “Iets van alles, asseblief, Juffrou.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
’n Huldeblyk aan alle moeders Elsona Steyn IN Mei klop ons harte rooi, spesiaal vir ons ma’s en sommer vir vrouwees in die algemeen. Met Moedersdag om die draai, bring ek hulde aan al die ma’s onder ons. Om ’n ma te wees beteken jou hart loop buite jou lyf rond. ’n Ma se hart is ’n snaakse ding; dit wil altyd weet waar en hoe en wat betrekkende haar kinders. Waar is hulle en hoe gaan dit met hulle? Is hulle gelukkig? Want as hulle
gelukkig is, is sý gelukkig. Sy beplan warmhart-doendinge vir hulle, onthou-dinge wat hulle vir altyd met hulle kan saamdra. Ek bring ook hulde aan al die tweede ma’s van die kinders van ons wêreld. Dié wat as huiswerker na ander se kinders omsien en hulle soos hul eie grootmaak. Dié wat hulle voed, stories vertel en hulle medisyne gee as die koors rooi op hul wange uitslaan. Dié wat hulle sag aan die slaap sing as die vaak ’n kombers oor die kinderogies gooi en daarna die pad huis toe neem en tuis haar kinders gaan versorg en die rol van moeder, trooster, skoonmaker, kok, onderwyser en anker ook daar vervul. ’n Ma is die een mens wat jou aanvaar
Skryf jou in en word bederf EEN van die mooiste gedigte in Afrikaans is Antjie Krog, ’n kind van die Vrystaat, se Ma, ’n gedig wat spreek van ’n dogter se liefde vir en deernis teenoor haar ma. Noordkaap bied vandeesweek, met Moedersdag wat Sondag gevier word, aan lesers die geleentheid om ’n stukkie oor hul moeders te skryf. Dit kan in enige vorm en formaat wees, maar liefs nie langer as 400 woorde nie. Skryf dit, laai dit op die webblad en staan ’n kans om ’n naweekwegbreek vir vier mense in die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park te wen. Om jou bydrae te laai gaan na ons webblad, registreer jou as lesersjoernalis en volg die aanwysings. Die oorhoofse wenner, wat op
15 Mei aangewys word, wen ’n naweek in een van die 24 chalets in die Basotho Cultural Villageruskamp in die Golden GateHoogland- Nasionale Park. Die ruskamp, ontwerp op die patroon van ’n 18de-eeuse Basoeto-stat, is in die meer oostelike deel van die park waar heelwat wild voorkom. Dit sluit in eland- en sebra-troppe, rooihartebeeste, blesbokke, springbokke en swartwildebeeste, terwyl die voëllewe ook enige voëlkyker se hart warm laat klop. Vir meer inligting oor die Cultural Village, gaan na www.sanparks.co.za, of bel die nasionale park by 058-255-1000. Skryf jou gerus in, bring hulde aan jou ma en staan ’n kans om ’n lekker bederf saam met haar los te slaan.
soos wat jy is en jou ondanks alles altyd sal liefhê. Sy vou steeds saans die sagkombers styf agter hul rug in, al is hulle groot. Sy bid steeds dat hulle koersvas op die regte pad sal bly, gee hulle soggens as die dag breek vir haar Here en haar God. En tussendeur onthou sy baie dinge. Kleintyd-sêgoed, saamwees-tye . . . ’n Ma voed haar kinders na liggaam én na siel vir solank as sy leef. Van vroeg af seën sy hulle met kos. Sy staan voor die stoof en haar oë word stil terwyl sy die aartappels skil, die pot se deksel lig en die geure inadem. Sy spoor hulle aan, bederf hulle en bly onbaatsugtig as dit by hul
Só lui gedig SÓ lui die woorde van Antjie Krog se gedig:
Ma, ek skryf vir jou ’n gedig Sonder fênsie leestekens Sonder woorde wat rym Sonder bywoorde Net sommer ’n kaalvoet gedig – want jy maak my groot in jou krom klein handjies jy beitel my met jou swart oë en spits woorde jy draai jou leiklipkop jy lag en breek my tente op maar jy offer my elke aand vir jou Here God. jou moesie-oor is my enigste telefoon jou huis my enigste bybel jou naam my breekwater teen die lewe ek is so jammer mamma dat ek nie is wat ek graag vir jou wil wees nie.
DIE gr. Oklas van die Laerskool Staats het baie werk hierdie week met al die geknip, geplak en versierings wat hulle moet maak vir ’n spesiale Moedersdagkaartjie. René Kotze, klas onderwyser van die Blouklas, wys vir die kinders hoe hulle die blommetjies moet uitknip wat hulle op kaartjies gaan plak. Van links is Danika Liebenberg, Jadien Lemmetjies, Chin arha Bindeman, Mamello Motaung en Kotze. Foto: Lecrecia Prins
behoeftes kom. Daar kom lê ’n saligheid en ’n blywees en ’n diep dankie in die binnekamers van jou hart. Net omdat jy weet jy het die voorreg om ’n ma genoem te mag word. Hallo jy, fynere geslag. Hier is my Moedersdagwens vir jou. Mag jou jeans vandag perfek sit, jou hare vandag ekstra blink, sjokolade (net vir vandag) glad nie vet maak nie, mag jy vandag (en veral elke dag hierna) glad nie aan jou potensiaal twyfel nie, selfvertroue uitstraal en jou vrouwees geniet, want sien, om vrou te wees, om ma te wees, is so lekker.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
TIAN MEYER (left) and Wayne Stevens painted a flat in Galeshewe as part of a programme Meals on Wheels arranged for the team. The team also cooked a meal from scratch with Meals on Wheels. Photos: Supplied
Griquas give back
THE Griqua rugby players and management had a brilliant time working with Meals on Wheels and painting a flat in Galeshewe. The area director of Meals on Wheels arranged the projects for the team. The forwards worked in the kitchen and prepared a meal, they got involved in preparing the meal from the start and the players had a brilliant attitude. The backs went to Galeshewe and painted a flat in the community. “It was a great day for us all and we are very proud of the players and are grateful for being in a position to support Meals on Wheels,” said Nadia Louw, marketer of the union. Francois Brummer, the flyhalf, said it was really nice to be part of such an amazing project and to give back to the community. Jaco Nepgen, lock, said: “It was a great privileged to be part of this project. It opens a person’s eyes to how privileged we are.” Ryno Barnes, hooker, said: “With the community being loyal supporters at our
eat r g e t a r b e l e s! C u h t i Deals w 5for
44 years of
lid 07 Prices va
14
SAVINGS!
35
014 11 May 2
90
per pack
Granny Smith Apples 1.5kg
90
Rainbow IQF Chicken per pack Drums 1.5kg
ame nline at g talogue o ca is th w Vie
1590
per box
Naartjie Box 1,5kg
R
DUSTIN JINKA helping out in the kitchen, preparing food for Meals on Wheels. games, it is time that we as players start giving back to the community. I really enjoyed it.” Wayne Stevens, captain of the team, said it was a “humbling experience and great to see volunteers help out”.
1290 Sunfoil Sunflower Oil 750ml
.co.za
4890 Selati White Sugar 5kg
24
Assorted Chocolate Bars and Astros
5890 per kg
Stewing Beef 34
39
R
33
90
per tray
per pack
per kg
Veg Hamper 4,5kg
Ground Beef Mince Mix
Large Eggs 30’s
18
90 each
Clover Milk 2l t "TTPSUFE
op anyw here sh hy w e, lu va h uc m so h W it or we’ll BEAT it*
3990
6990 per kg
Lamb Stew
else?
Lowest Price Guaranteed PROBLEM! Exchange or Return - NO y shop anywhere else! wh UE, VAL CH MU With SO terms and conditions *See www.game.co.za for
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
7
A MARCH by the community as a whole was held on Thursday. People from Colville, De Beers, New Park and Galeshewe marched and prayed to show their concern about the situation in Kimberley regarding social ills. Foto: Supplied
Social ills addressed
A MASSIVE march by parents, children and the community as a whole was held on Thursday. People from Colville, De Beers, New Park and Galeshewe marched and prayed to show the concern for the situation in Kimberley regarding social ills. The Prophetic Generation 13 (PG13), is a Christian movement started in Kimberley to address several social ills such as substance abuse, broken families and Satanism. It comprises stakeholders such as the Kimberley community, SAPS Men for Change, SAPS Women’s Network, Nicro, Sanca, Famsa, Childline, Business Against Crime, Community Police Forums, Youth Against Crime,
Women Against Crime, NGO’s and schools. Lt. Sergio Kock, police spokesperson, says in Kimberley and Galeshewe children as young as ten years fall prey to glue sniffing, smoking dagga and Madrax and the use of okka pipes mixed with drugs. Kock said the movement handed over a memorandum to Councillor Daniël Lekoma (representing the Sol Plaatje Municipality) requesting a drug rehabilitation centre in Kimberley. “It is proposed that the contents of this memorandum be discussed with the relevant stakeholders such as the premier of the Northern Cape, MEC for Health and the Mayoral Committee.”
Spog met tweede plek ’n OUDKIMBERLIET Martin Beylefeld en sy vrou, Isabell, het die tweede plek behaal in die SuidAfrikaanse bruid van die jaarkompetisie wat op 26 April gehou is. Martin en Isabell is in November 2013 getroud. Martin was ’n leerling aan die Hoërskool NoordKaap. Die paartjie bly deesdae in Bloemfontein. Foto: Verskaf
PROMOTION
Runners Lab offers biomechanic services to all ANTON KEMP has been a registered medical orthotist and prosthetist since 1995. He started Anton Kemp Orthotists Inc. in 1996 in Bethlehem. He is very passionate about feet and running biomechanics. Runners Lab was opened in Bloemfontein in 2012 where he now specialises in foot orthotics, running
shoes, the prevention of sports injuries and sports analysis with the latest technology. They use high-end technology like RS footscans, Quintic Biomechanic Sports Analysis and high-speed cameras which record at 100 frames per second. He is also a tri-athlete and three-times Ironman South Africa finisher.
Prosthetics (artificial limbs) have always been a big passion and this service is provided to ensure that every amputee can have access to the quality of life and freedom they as human beings are entitled to have. With 20 years of experience in the profession and with the latest technology
at hand, amputees can now live the life they desire. The Kimberley branch is also now open to the public and patients to meet their specific needs and requirements for any of these services and devices alike. They offer the service to all patients, you do not have to be an athlete or active person.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Verkiesings se proses verloop só André Botha DIE provinsiale en nasionale verkiesings verskil van die munisipale verkiesings deurdat kiesers vandag net vir partye gaan stem en nie vir individuele kandidate nie. Kiesers sal vandag twee stembriewe ontvang. Een daarvan is vir die provinsiale wetgewer en die ander een is vir die Nasionale Vergadering in die parlement. Kiesers kan provinsiaal vir een party en nasionaal vir ’n ander party stem sou hulle wou. Nog ’n verskil tussen munisipale verkiesings en provinsiale en nasionale verkiesings is die plek waar kiesers mag stem. In munisipale verkiesings kan net in die stemlokaal gestem word waar die kieser geregistreer is. In provinsiale en nasionale verkiesings kan egter in enige stemlokaal gestem word. As jy dus in Kimberley geregistreer is, maar jou op stemdag in Upington bevind, kan jy steeds provinsiaal sowel as nasionaal stem. Bevind jy jou egter in Bloemfontein, sal jy net nasionaal kan stem, omdat jy nie in die Vrystaat geregistreer is nie. Om te kan stem moet kiesers hul identiteitsdokument saamneem. Daarsonder kan nie gestem word nie. Kiesers mag ook net een keer stem.
Kiesers kan provinsiaal vir een party en nasio naal vir ’n ander party stem sou hulle wou. Suid-Afrika gebruik ’n proporsionele kiesstelsel op nasionale en provinsiale vlak. Dit beteken die getal setels wat elke party wen, hang af van die getal stemme wat die party kry. ’n Formule word gebruik waarvolgens een setel vir ’n bepaalde getal stemme aan die onderskeie partye toegeken word. Nadat die setels volgens die formule toegeken is, bly ’n paar setels oor. Elke party het ook oorskotstemme (stemme behalwe die getal stemme per setel). Dié setels word dan toegeken op ’n grondslag van een setel vir die party met die grootste getal oorskotstemme, dan ’n setel vir die party met die tweede grootste getal oorskotstemme, en so voort totdat al die setels gevul is. Elke party het drie kandidatelyste: Een lys is vir die provinsiale wetgewer, een is ’n streeklys vir die Nasionale Vergadering en die derde lys is ’n nasionale lys vir die Nasionale Vergadering. As ’n party ses setels in die
wetgewer wen, word dit deur die eerste ses kandidate op sy wetgewerlys gevul. Die provinsiale stembriewe word hiervoor gebruik. Die Nasionale Vergadering se 400 lede word in twee groepe van 200 elk aangewys. Vir albei groepe word die nasionale stembriewe gebruik. Vir die een groep word die nasionale lys gebruik. Die aantal setels vir elke party word volgens sy getal stemme nasionaal bepaal, en die lede word volgens hul posisies op die onderskeie partylyste aangewys. Die ander 200 lede word aangewys volgens die stemme wat die partye in die onderskeie provinsies behaal het deur die nasionale stembriewe te tel. Elke party het ’n lys per provinsie en elke provinsie het ’n getal setels in die Nasionale Vergadering. Die Nasionale Raad van Provinsies is die ander deel van die parlement. Dit het die ou senaat vervang en sien spesifiek na die belange van die provinsies om. Kiesers stem nie regstreeks vir dié liggaam nie. Die samestelling daarvan word deur die samestelling van elke wetgewer bepaal. As ’n party dus ’n derde van die wetgewersetels in ’n provinsie gewen het, kry hy ook ’n derde van die provinsie se setels in die Nasionale Raad van Provinsies.
Los ander ou se braai Elsona Steyn “Hi, Baby, kan jy braaibroodjies maak?” Ons Suid-Afrikaners het voor die kansel belowe ons staan bymekaar – for braai and for wors. Waar ’n rokie trek, gaan ’n mens beslis ’n vleisbraaivuurtjie kry. Daar is sekere dinge wat tel as vuurmaak en ander wat tel as braai. Sommige manne glo ’n vuurtjie tel net as ’n vuur as jy ’n brandewyn met die aansteek in die hand gehad het, maar ons gaan nie vandag só streng wees nie. Vir iets om as ’n vuur te tel moet daar vlamme wees en sommer genoeg daarvan. Die paar vlammetjies wat jy uit houtskool en vuuraanstekers probeer optower, tel nie as vlamme nie. ’n Ordentlike vlam ontstaan net uit ordentlike hout en hieroor word baie gestry. Die Gautengers het geen erg aan die Kapenaars se rooikrans-, kameeldoringhout en wingerdstompies nie. Laasgenoemde is wel nie meer goed vir wynmaak nie, maar sy kole is warm en hou lank. Sommige manne sal kilometers ver ry en dan met ’n bakkievrag vol hout terugkeer, genoeg om ’n jaar te hou. Die manne wat op gas braai, word as sondaars en verneukers uitgekryt, want om te braai het jy kole nodig. Elke man het sy gunstelingbraaigereedskap wat vir hom werk. Party gebruik ’n braaitang (net ’n spesifieke een), ander draai weer die wors met die vingers om. En die braaier proe eerste (goue reël) en hy eet sommer so staanstaan van die blikbord (rooster) af. Een belangrike reël geld die gaste. Jy ráák nie aan die gasheer se
vuur nie, jy meng ook nie in met sy gebraai nie. Raak nie aan die vuur nie, sluit die volgende in: ) jy gooi nie nog hout op nie; ) jy gooi nie die hout se plastieksak op die vuur nie, veral nie met die vleis op die rooster nie; ) jy gooi ook nie jou sigaretas of die stompie in sy vuur nie; ) jy raak nie aan die rooster of die vleis daarop nie; en ) jy vertel ook nie vir hom hoe om te braai nie. So staan ek onlangs op ’n braai en sien hoe die ou die braaibroodjies, wat ek met sorg voorberei het, staan en verbrand, so ook Manlief se vleis wat hy halfgaar verkies. “Dink julle manne nie dit is tyd om die broodjies af te haal nie,” vra ek beleef. Niemand reageer nie. “Ek dink die vleis is ook byna reg,” sê ek met ’n dringendheid in my stem. Steeds is almal met stomheid geslaan. Desperaat gryp ek my man aan die skouer en trek hom eenkant. “Doen iets,” por ek hom aan. Skielik is dit asof die tot nou toe stokdowe man lewe kry. Hy skud sy kop met presiese beslistheid en met “ ’n mens meng nie in met ’n ander ou se braai nie” loop hy weg om vir hom nog ’n Klippies en Coke te gaan skink . . .
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
9
MOTORS
Volvo staan vir veiligheid TEEN dié tyd is dit algemene kennis dat Volvo en veiligheid vir sy insittendes soos vinkel en koljander is. Een van Volvo se talle “eerstes” was ’n kinderstoeltjie waarvan die vervaardiger reeds in 1964 ’n prototipe ontwikkel het. Die beginsel was dat kinders agtertoe moes kyk, met ander woorde in die teenoorgestelde rigting waarin die voertuig beweeg. In 1967 kon jy ’n Volvo Amazon koop waar die voorste sitplek kon omswaai (opsioneel) en dit ekstra opgestop is, sodat ’n kind daarin kon sit. Omdat die meeste ongelukke van voor af gebeur, is dit veiliger vir kinders (en volwassenes) om met hul rug na die impak toe te sit. Ongelukkig moet iemand die kar bestuur . . . Nietemin, later is los kinderstoeltjies ontwerp wat rugkant vorentoe was, maar die koms van lugsakke het dinge moeilik gemaak. Kinderstoeltjies is bo-op gewone sitplekke geplaas en die kind is in die stoeltjie vasgegespe. Die stoeltjie moes nou vas aan die struktuur van die voertuig wees en Isofix-hegpunte was die antwoord. Dit is bloot vaste hegpunte aan die voertuig self en aan die stoeltjie sodat die stoeltjie nie kan rondbeweeg nie. Vir kinders wat te groot was vir die tipiese kinderstoeltjie, moes ’n ander plan bedink word. Volvo het met veelvlaksitplekke vir groter kinders vorendag gekom. Dit behels dat die sitgedeelte hoër kon stel sodat kleiner kinders steeds gemaklik kon sit en van die bestaande veiligheidsgordels gebruik kon maak. Nou het Volvo weer ’n nuwe plan gesien om ons waardevolste vrag veilig te vervoer . . . die opblaas-kinderstoeltjie. Omdat tradisionele kinderstoeltjies groot, swaar en onprakties is om gereeld te verskuif is die opblaasstoel dalk net die antwoord. Die stoeltjie het sy eie ingeboude kompressor en jy kan dit selfs met jou selfoon met Bluetooth op- of afblaas. Die hele kontrepsie weeg omtrent 5 kg. Dit pas handig in sy eie drasak en neem net 40 sekondes om op of af te blaas. Dit is van ’n soort materiaal gemaak wat baie in bootvaart ingespan word en uiters stewig is. Dit sal nie maklik bars nie en het ook gespes om die kleinding behoorlik vas te gordel. Die stoeltjie sal steeds na agter kyk. Die konsep is nog in die ontwikkelingsfase.
Nuwe Outback op pad na SA ’n OOSTERLING wat baie gewild in die Weste is, is Subaru se Outback. Die nuwe weergawe van dié oorkruissportnuts lyk sommer aansienlik byderwetser as die huidige een. Hoekom oorkruis-sportnuts? Wel, die Outback is aanvanklik uit die Subaru Legacy-stasiewa ontwikkel. Waar die Legacy soos alle Scoobies reeds oor vierwieldryfkrag beskik het, was dit nie ’n ware sportnuts nie, maar eerder ’n veeldoeler. Met die Outback het dit meer as net ’n paar rubberskermstroke hier en daar gekry. Die grondvryhoogte het gestyg vergeleke met dié van die Legacy-stasiewa, behoorlike beskerming is onder die voertuig aangebring en daar is nou die X-Mode. ’n Mens wil byna sê die Outback se X-faktor lê in die X-Mode-stelsel. X-Mode het ’n jaar gelede die eerste keer in die Subaru Forester sy verskyning gemaak. Dit is ’n program wat die vierwieldryfstelsel in veldry-omstandighede aanpas om hindernisse maklik te bowe te kom. Dit neem greep, wieltol, die enjin se kraglewering en die ratkas (CVT) in ag om die beste vastrap te kry. Dit het ook op- en afdraandebeheer. Vir afdraandes kan jy selfs die spoed kies waarteen jy wil daal.
DIE Subaru Outback, ’n gewilde Oosterling in die Weste. Ons het darem ’n idee gehad hoe die Outback gaan lyk. Die Legacy (sedan) is vroeg vanjaar op die Chicago-motorskou gewys. Die voorligte, kantspieëls en sierrooster van die Legacy en Outback is identies. Daar is nie nuus oor enige nuwe kragbronne nie, maar die wa is in verskeie markte beskikbaar met die
Foto: Verskaf
gewone 2,5-liter, viersilinder, ’n 3,6 liter, sessilinder en die 2-liter-dieseloond. Binne is die kajuit nuut oorgedoen met ’n raakskerm waarvandaan ’n klompie funksies beheer word, kommunikasiestelsels wat tot jou SMS’e vir jou uitlees en dinge soos baanwissel- en blindekolgonsers. Die nuweling kan glo teen vroeg volgende jaar hierheen kom.
Ou Jazz net so klassiek soos ou jazz Johann van Tonder NOUDAT die ekonomie stram is, skaf meer mense eerder ’n gebruikte motor as ’n splinternuwe model aan. Wat mense dikwels bekommerd oor ’n gebruikte motor maak, is die onsekerheid oor sy gehalte en geskiedenis. Met ’n nuwe voertuig kry jy wel ’n waarborg en ’n instandhoudingsplan. Maar met ’n gebruiktemotorkopie “kry jy mos net die vorige eienaar se probleme”. Dit hoef egter nie die geval te wees nie. Vir die geduldige koper wat genoeg navorsing doen, is daar wel winskope. Ons leef in ’n aanlynwêreld; nog nooit was toegang tot inligting so maklik soos nou nie. Doen dus jou huiswerk en lees deeglik oor die voertuig op. Vandeesweek kyk ons na die immergewilde Honda Jazz. Doen ’n vinnige aanlynsoektog vir “betroubare voertuie” en ongeag die webwerf waarop jy beland, sal Honda in die topvyf wees – met ’n goeie kans dat sy
naam heel bo sal pryk. Die Honda Jazz spesifiek is geen uitsondering nie. Die Jazz behou sy waarde, maar hy bied ook iets wat min ander gebruikte voertuie het: gemoedsrus en goeie gehalte. Onthou ook Honda se naam pryk nie net bo-aan die lys vir betroubare voertuie nie, maar ook op die lys vir klantetevredenheid. Die kombinasie is belangrik, want nie net is dit onwaarskynlik dat jou Honda jou in die steek gaan laat nie, dit is ook duidelik indien iets verkeerd loop, sal jy doeltreffend en vinnig gehelp word. Honda se tweedegenerasie-Jazz word nou in Suid Afrika verkoop. Die eerste Jazz is in 2007 hier bekend gestel en het sommer van die staanspoor sy stempel afgedruk. So het sowel die 2008- as die 2011-model die JD Power-titel vir die betroubaarste voertuig in sy afdeling gekry. Terloops, JD Power meet die aantal probleme wat eienaars in die afgelope 12 maande gehad het. Die Jazz was destyds met ’n 1,3- en ’n 1,5-liter-enjin te kry. Veral die 1,5-litermodel
met sy 88 kW krag was gewild. Jy kon ook tussen ’n vyfgang-handratkas en ’n viergang- outomatiese ratkas kies. Die verbruik behoort minder as 8 liter te wees. Die eerstegeslag-Jazz het ook ’n vyfstergradering van die Euro NCAP-botstoetsinstansie gekry. Vandag is ’n derdegenerasie-Jazz in Japan en Amerika te kry. Dié weergawe sal binnekort sy weg na Suid-Afrika vind. Vir die gebruiktemotorkoper is die huidige Jazz steeds ’n aantreklike kopie. ’n 2011-Honda Jazz 1,5 kos sowat R150 000, wat, afhangend van die model, R80 000 tot R100 000 goedkoper as ’n nuwe model is. Daar is selfs die moontlikheid dat ’n mens die balans van die buks se motorplan (destyds vier jaar/80 000 km) pasella kan kry. En as die begroting knyp, kan die ander pryswenner, die 2008-Jazz, ook oorweeg word. Verwag om in die omgewing van R80 000 vir so ’n staatmaker te betaal.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Laaste kans om iemand te benoem
TE KOOP PERSOONLIKE DIENSTE
EIENDOMME 1655
LENINGS 1445
André Botha
ALLERLEI UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL/FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
CHEAPER THAN CHEAP: Furniture and rubbish removals. PJ: 078 965 9112. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. SAKE
WOONSTELLE TE KOOP 3255
NEW PARK: Furnished bachelor's flat with secure undercover parking to let, R3 200 p.m. Water included, plus deposit. Immediately available. Contact 082 301 7912. BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN CLERKS NEEDED FOR DATA LISTING WORK. SMS FULL NAME AND ADDRESS 0815370801 OR E-MAIL d.workforce7@gmail.com
EARN R800 in your first week guaranteed! Data hub needs some workers GELEENTHEDE to fill out forms with or 2415 without computer. Easy CHOCOLATE MAKING, step-by-step tutorials, SWEET DISTRIBUTION, own hours. SMS name, MEDICAL AID KITS. postal or e-mail address to Successful, profitable 073 374 8703 or databusinesses. hubb@yahoo.com Myer 012 547 5767. mberman@telkomsa.net
DIE tyd stap vinnig aan en die sluitingsdatum in die kompetisie om Volksblad en Kumba Iron Ore se Noord-Kapenaar van die Jaar en die Noord-Kaapse Instansie van die Jaar aan te wys kom al hoe nader. Mense het nog tot 9 Mei kans om kandidate te benoem. Dit is ’n gulde geleentheid om ’n individu of ’n instansie wat jy meen erkenning verdien te vereer. Dié prestige-kompetisie word vanjaar die vierde keer aangebied. Dit word in samewerking met GWK gehou. Om ’n individu of instansie vir die kompetisie te benoem, stuur ’n motivering (sowat 300 woorde) vir jou kandidaat per e-pos aan andre.botha@volksblad. com. Verstrek ook jou naam en telefoonnommer, asook die benoemde se naam en telefoonnommer. Die benoemde moet ’n Noord-Kapenaar of iemand met besonder sterk bande met die Noord-Kaap wees. Die benoemde word vir besondere diens aan die mense, die gemeenskap en/of die natuurlike omgewing van die Noord-Kaap vereer. Politici mag nie benoem word
Dit is ’n gulde geleentheid om ’n individu of ’n instan sie wat jy meen er kenning verdien te vereer.
nie en benoemings wat gaan oor die werk wat mense uit hoofde van ’n politieke amp verrig het, sal nie aanvaar word nie. Mense wat voorheen benoem is, mag weer benoem word. Niemand mag hom- of haarself benoem nie. Werknemers van die borge van die kompetisie mag nie benoem word nie. Die kriteria is: ) Interne impak: Die verskil wat die mens maak wat die belange en/of omstandighede van mense, of die natuurlike omgewing, in die Noord-Kaap betref. ) Persoonlike opoffering/prestasie: Die mate waartoe die mens sy of haar private tyd afstaan om die diens te lewer. Sou dit deel van die mens se werk wees, die mate waartoe die benoemde buitengewoon presteer of buitengewone kreatiwiteit en/of energie, talent en dryfkrag inspan om die uitsette te lewer waarvoor hy of sy benoem word. ) Eksterne impak: Die bydrae wat die benoemde lewer om die Noord-Kaap se aansien en/of beeld na buite die provinsie en selfs internasionaal te bou en te bevorder. Die volgende riglyne geld vir die kategorie Instansie van die Jaar: ) Enige verdienstelike NoordKaapse instansie wat nie ’n winsmotief het nie, mag benoem word. ) Instansies met ’n sterk politieke verbintenis mag nie benoem word nie. ) Die werk wat gedoen word, moet ’n positiewe impak op die mense of natuurlike omgewing van die provinsie hê.
Koerant praat nou aanlyn NOORDKAAP het ’n webblad vol interessante artikels, nuus, galerye met foto’s en sportnuus. As jy enige van die vorige uitgawes van die koerante misgeloop het, kan jy gerus dié webblad besoek om al die nuus te lees. Die koerant kan ook digitaal gelees word: aan die regterkant van die skerm,
rol ’n entjie af, kies die koerant wat jy wil lees en kliek op die swart blokkie. Die adres is www.noordkaap.co.za. Die koerant het ook ’n Facebook-blad wat inligting, soos dagboekgebeure en skakels na die webblad verskaf. Gaan na facebook.com/ NoordkaapKoerant.
www.noordkaap.co.za
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Griquas secures place Is jy goed in sport? IS jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool of gemeenskap wat goed in sport vaar? Werk jy hard by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium om jong mense aan te spoor om aan sport deel te neem? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die Maand-kompetisie het reeds in Februarie begin met Melissa Carney van die Hoërskool Noord-Kaap wat as wenner aangewys is. Die kompetisie is oop vir deelname vir enigeen tussen 6 en 18 jaar. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een benoemde as die SuperSport Let’s Play-sportster van die Maand vir Noordkaap gekies word. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebook-blad geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die Jaar aangewys. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke aansoeker se kontakbesonderhede bevat. Stuur dit na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za.
GRIQUAS have cemented a place in the semifinal in this year’s Vodacom Cup competition by beating the SWD Eagles 84-15 in the sides’ quarterfinal encounter at GWK Park in Kimberley on Saturday afternoon. Griquas will now travel to play the Pumas in Nelspruit in the hope of securing a home final in the following week. Against the Eagles, who surprised Western Province last weekend to claim their quarterfinal spot, Griquas attacked from the get-go and put together some useful phases before full-back Gouws Prinsloo kicked a penalty in the fifth minute to give the hosts the early lead. Prinsloo was again called into action shortly thereafter and kicked his second penalty of the afternoon to give Griquas an early lead of 6-0. SWD managed to put together some attacking phases of play, but a
try by Griquas scrum-half Tian Meyer after eighth man Leon Karemaker broke away against the run of play snubbed their momentum. Prinsloo converted a difficult kick from the sideline to stretch Griquas’ lead to 13 points. It opened up again for the hosts shortly thereafter with winger Rocco Jansen scoring Griquas’ second try of the afternoon after a quick tap from a penalty. Prinsloo again was on song with the conversion, opening up the deficit to 20 points. The latter was again called into action shortly thereafter to convert replacement eighth man Burger Schoeman’s try. The latter scored Griquas’ third try of the afternoon after he broke away from the breakdown. The Eagles finished the first stanza on a high after winger Hentzwill Pedro fell over in the corner. Aspeling missed with the conversion,
but kicked a penalty to make the halftime score 30-15 in Griquas’ favour. Griquas started the second half at pace, with centre Jonathan Francke and scrum-half Meyer both going over for converted tries within the space of five minutes. Thereafter lock Jonathan Adendorf also went over, with Prinsloo converting. SWD tried their best to keep the hosts from crossing the whitewash, but in the end the hosts scored at will. SCORERS: Griquas 84 (30): Tries: Tian Meyer (2), Rocco Jansen (2), Burger Schoeman, Jonathan Francke, Jonathan Adendorf, Danie Dames, Ewald van der Westhuizen (2), Ederies Arendse. Conversions: Gouws Prinsloo (10). Penalties: Gouws Prinsloo (3). SWD Eagles 15 (15): Tries: Shaun Raubenheimer, Hentzwill Pedro. Conversion: Karlo Aspeling; Penalty: Karlo Aspeling.
GRIQUAS flyhalf Francois Brummer tries to break through a gap in his side’s quarterfinal game of the Voda com Cup against the SWD Eagles. Brum mer was one of his side’s stalwarts against the visitors. Photo: Louis Botha
Span steeds onoorwonne Sportredaksie DIE o.16-span van die Hoërskool Diamantveld het daarin geslaag om die Wildeklawer-toernooi vir juniors onoorwonne af te sluit. Die gasheer, Diamantveld van Kimberley, sal met sy o.16-span se vertonings tevrede voel. Diamonds het die HTS Middelburg (18-10) en Maritzburg-kollege (27-10) in sy twee wedstryde in die toernooi geklop. Die span van die Diamantstad se eerste span (o.19) bestaan ook grootliks uit spelers wat nog o.17 is. Noord-Kaap se o.16-span het op die eerste dag teen OakdaleLandbou met 33-12 vasgeval, maar omdat daar oor sekere spelers se ouderdomme ’n geskil was, het die tweede wedstryd teen Boland-Landbou nie plaasgevind nie. In die o.15-afdeling het die Diamantstad se twee spanne, Diamantveld en Noord-Kaap, nie een oorwinning in dié ouderdomsgroep behaal nie. Diamantveld was teen die HTS Middelburg (22-5) en Maritzburgkollege (28-15) aan die verloorkant. Northerns het teen Monument (33-7) en Boland-Landbou (35-7) lelik in die stof gebyt. In die o.14-afdeling het Boland-Landbou oor die Wildeklawer XV (67-6) en Noord-Kaap (40-7) geseëvier. Northerns het hul ander kragmeting teen Oakdale-Landbou (29-3) ook verloor. Diamonds was in hul wedstryde teen HTS Middelburg (22-5) en Maritzburgkollege (22-17) ook aan die verloorkant.
PUBLIEKE KENNISGEWING
Aansoek vir proefvrystelling van geneties-verbeterde organismes Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston 2021, maak hiermee bekend dat ’n aansoek om magtiging gedoen gaan word om voort te gaan met afgebakende veldproefvrystellings met geneties-verbeterde mielies. Hierdie proewe is deel van ’n groter veldproefprogram om droogteverdraagsame mieliebasters vir sub-Sahara Afrika te ontwikkel en te evalueer. Die proewe sal ’n uitbreiding wees van veldproewe wat alreeds met hierdie basters in Suid-Afrika goedgekeur is. Die rekombinante DNA in hierdie mieliebasters is afkomstig van Bacillus subtilis, wat kodeer vir die vervaardiging van koueskok proteïen B, wat mielieplante in staat stel om meer verdraagsaam te wees teen abiotiese spanningstoestande. Die spesifieke merkergeen wat in die oorspronklike seleksies gebruik is, was die NPTII-merkergeen. Die transformasiemetode wat gebruik is, was Agrobacterium-gemedieerde transformasie van embrionale mielieselle. Die proefvrystellings sal in die Noord-Kaap (Hopetown-distrik) en Vrystaat (Orania-distrik) plaasvind. Die proewe sal ongeveer 6-10 ha in grootte beslaan. Die omgewing rondom die proefterreine kan bestaan uit groente, mielies, sojabone en natuurlike veld. Verdere inligting oor die aansoek kan by die Registrateur aangevra word. Alle belangstellende partye moet kommentaar of besware rig aan: Die Registrateur: Geneties Veranderde Organismes Posbus X973 Pretoria 0001. Faks (012) 319 6329 Alle kommentaar en besware moet binne 30 dae vanaf die publikasie van hierdie kennisgewing ontvang word.
Sukses lê in een oplossing
uppe marketing A10743/NK
Gerdie Karstens
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 7 MEI 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Northerns herstel Sportredaksie
DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap het op die afgelope Wildeklawer-toernooi goeie rugby gespeel, maar dit was net nie genoeg vir oorwinnings in hul twee kragmetings nie.
Northerns het nou wel teen die Landbouskool Oakdale (39-30) en die King Edward VII-skool (KES) (13-12) op die toernooi die knie gebuig, maar het die naweek gewys dat hulle die twee nederlae behoorlik afgeskud het. Northerns het Saterdag op GWK-park in Kimberley die Hoërskool Middel-
burg van Mpumalanga met 53-22 geklop. Die kragmeting was ’n voorwedstryd vir die Vodacombeker-kwarteindstryd tussen die Griekwas en Suidwestelike Distrikte. Northerns se agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Hy moes soos teen KES op die Wildeklawer-toernooi weer agter die skrum sak met die span se gereelde agtsteman Hannes Jacobs wat weens harsingskudding nie kon speel nie. Holtzhausen het vanjaar van agtsteman na binnesenter geskuif. Jacobs, die haker Geo Davel, flank Morné Steynmann en veelsydige agterspeler Daniello Huyster is almal weens harsingskudding op die kantlyn. Die span van Kimberley se twee slotte, Rikus Zwart en Bradley Leijdekkers, het hul goeie spel van Wildeklawer teen Middelburg voortgesit. Die
twee dwing hul fisieke teenwoordigheid by die afbreekpunte af, wat Saterdag vir Northerns die grondslag vir die sege gelê het. Agterlangs het die senter Siya Lawu en losskakel Lukas Oberholster hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Oberholster het in die plek van Robbie Petzer op losskakel uitgedraf nadat laasgenoemde na binnesenter moes skuif. Northerns se volgende wedstryd is teen Helpmekaar van Johannesburg. Puntemakers: Noord-Kaap 53 – Drieë: Gerhard Holtzhausen (2), Siya Lawu, Lukas Oberholster, Thomas Fortuin, Austen Jooste, Wilfred Bowers, Robbie Petzer. Doelskoppe: Petzer (5). Strafdoel: Petzer. Hoërskool Middelburg 22 – Drieë: Bennie Mashabane, Steven Pieterse, Fara Ngwenya, Chris Hanekom. Doelskop: Hanekom.
RIKUS ZWART, slot van NoordKaap, beur vorentoe in sy span se kragmeting teen die King Edward VIIskool op die tweede dag van die Wildeklawertoernooi. Nort herns het Saterdag die Hoërskool Middelburg met 53 22 geklop. Foto: Emile Hendricks
Kaarte, blaser kelder gasheer Sportredaksie DIE gasheer van vanjaar se Wildeklawerskoletoernooi, die Hoërskool Diamantveld van Kimberley, kon nie in een van sy wedstryde ’n oorwinning behaal nie. Die span van Nardus Bosman, kaptein en kantman, het duidelik in albei kragmetings van die toernooi teen onderskeidelik die HTS Middelburg en Maritzburg-kollege van Pietersmaritzburg met ’n positiewe gesindheid op die veld gedraf, maar kon dit nie in wen-vertonings omskep nie. Bosman is die seun van die voormalige Griekwa-losvoorspeler Dagga Bosman. Diamonds het sy eerste wedstryd met 25-0 teen die HTS Middelburg verloor. Die tuisspan sou die wedstryd teen die Rooi Bulle egter moeilik kon wen. Die Rooi Bulle van Middelburg speel hoeka Saterdag in die eindstryd van die Tuks-reeks teen EG Jansen in die LC de Villiers-stadion in Pretoria en is ’n gedugte teenstander. Dissipline het Diamantveld gekniehalter en die wedstryd is as ’n tweestryd beëindig deurdat die tuisspan twee geel- en twee rooikaarte ontvang het. Die senter JD Swanepoel het met die telling op 3-0 in die besoekers se guns die eerste besoeker aan die koelkas geword. Hy het later in die tweede helfte, ná sy tweede geelkaart (wat outomaties rooi beteken), die veld verlaat. Die slot JD Fourie is net voor rustyd met ’n rooikaart afgejaag. Die spanne het met die telling op 18-0 vir
Dissipline het Diamantveld ge kniehalter en die wedstryd is as ’n tweestryd beëindig deurdat die tuisspan twee geel en twee rooikaarte ontvang het.
JANCO CLOETE (met bal), flank van Dia mantveld, op een van sy sterk lopies op die Wildeklawertoernooi. Foto: Emile Hendricks die HTS Middelburg gaan rus. Die wenspan kon in die tweede helfte net ’n drie, deur sy senter Brandon Par-Bailey, wat deur die heelagter, Barend Smit, verdoel is, aanteken. Met die telling reeds op 25-0 is die wenspan se slot Driaan Bester ook koelkas toe gestuur. In die tweede wedstryd teen die Maritzburg-kollege het die skeidsregter, Renier Vermeulen, twee foute begaan. Terwyl strafskoppe aan Diamantveld toegeken moes word, het die foute op twee van die besoekers se drie drieë uitgeloop. Diamonds het teen die Maritzburg-kollege (21-9) deurgaans positiewe rugby gespeel en die bal hope lug gegee. Die span se Bosman, losskakel, Gerco Nortjé, senter JD Swanepoel en flank Janco Cloete kan tevrede met hul vertonings voel.