Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 21 Mei 2014
www.noordkaap.co.za
Griekwas bo! André Botha
EN nou vir die Curriebeker. Die Griekwas het Vrydagaand bo alle twyfel bewys dat hulle in die Curriebeker-reeks hoort ná die sprankelsege wat hulle in die Vodacombeker-eindstryd behaal het. Met hul oorwinning van 30-6 oor die Leeus het hulle die Vodacombeker ’n vyfde keer verower. Ná die groot teleurstelling verlede jaar toe die Poubloues hul Curriebeker-status verloor het, was dié oorwinning ’n groot troos, die oorwinning oor die Pumas in die halfeindstryd soete wraak en albei seges aansporing om hul plek in die Premierliga terug te kry. Sonder die Griekwas is die Curriebeker-reeks net nie dieselfde nie. Dat die span vanjaar sy ondersteuners bankvas agter hom het, was ook Vrydagaand duidelik. Een van die grootste skares in jare het die koue getrotseer om hul span te ondersteun en dit het beslis tot die sege bygedra. Een van die TV-kommentators het hieroor opgemerk dat, as die skare eers agter die Griekwas staan, dit ’n lang pad huis toe vir die ander span is. Wayne Stevens, die Griekwakaptein, het ook die ondersteuners ná die wedstryd bedank. Die Kimberley-skare was nog altyd een van die Griekwas se “geheime wapens” en as Vrydagaand ’n aanduiding is van hoe die span die res van die seisoen ondersteun gaan word, kan dit net goed gaan. Vir die ouer garde sou Vrydagaand se oorwinning sekerlik ook herinneringe teruggebring het aan daardie dag in 1970 toe die Griekwas teen alle verwagtinge in die Curriebeker-eindstryd met 11-9 teen die destydse Noord-Transvaal gewen het. Tos en Peet Smith, lede van daardie span, was Vrydagaand op GWK-park. Uit Kaapstad het die legendariese Mannetjies Roux ná die wedstryd ook sy gelukwensing oorgedra.
PETER ENGLEGOW, afrigter van die Griekwas se Vodacombekerspan, sy afrigtingspan en sy spelers se vreug de het geen perke geken nadat die Griekwas Vrydagaand die Vodacombeker die vyfde keer verower het nie. Hier omhels hy Burger Schoeman, haker, wat as speler van die wedstryd aangewys is. Foto: Emile Hendricks Nou lê die volgende bult voor – die reeks kwalifiserende wedstryde om weer in die Premierliga te kan speel. Hoe onsinnig dit ook al is dat
spanne soos Grens, die Griffons en die SWD-Arende (wat 84-15 teen die Griekwas in die kwarteindronde verloor het) eers geklop sal moet word voordat die Griekwas
hul regmatige plek in die reeks sal kan inneem, moet dit gebeur. Maar dit lyk na ’n platterige bult – min dinge gaan die Griekwas nou stuit.
GRATIS
Haal uit en wys DIE tyd vir die Spontaanuitdunronde het aangebreek. Jy moet 16 jaar of ouer wees om deel te neem. Die kompetisie vind môre plaas. Vir meer inligting lees die berig op bl. 2. Die beoordelaars is Lizelle Julie en Esther Ford. Julie is ’n senior dansspesialis aan die departement van sport, kuns en kultuur. Sy het van 1998 tot 2000 ’n diplomakursus in dans aan die Universiteit van Kaapstad gedoen. In 2003 was sy ’n professionele danser in die La Rosa-dansteater in Kaapstad en in 2005 was sy ’n dansonderwyser aan twee laerskole. Ford was aan die Hoër Meisieskool Worcester verbonde. Sy het aan die private konservatorium in Pretoria gestudeer. Ford was 31 jaar die vakhoof van musiek aan die Hoërskool Diamantveld, koorleier van die skoolkoor en prestige-koor van Diamantveld en 25 jaar die koorleier van die Kimberley-stadskoor. Sy het ’n oorkonde vir haar bydrae tot kultuur en koorsang (Rapportryerskorps) ontvang, asook die Suid-Afrikaanse Onderwysunie- (Kaapland) eerbewys vir besonderse prestasie op kultuurgebied. Ford het ook ’n medalje van Noord-Kaap-kuns-enkultuur vir musiek ontvang. Sy is nou afgetree en is by vier kore in Kimberley betrokke.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
Skoonheid beloon Lecrecia Prins MET die eerste probeerslag het modelle van Frost Models in Kimberley die Noord-Kaap se naam hoog gehou toe hulle in ’n skoonheidskompetisie stof in die ander deelnemers se oë geskop het. Johan Fourie (15), Delarese Amsterdam (16) en Leandri van Wyk (14) het die eerste keer aan die Mr Junior SA Teen en Miss Junior SA Teen deelgeneem en is elkeen as wenner in hul onderskeie kategorieë gekroon. Johan, ’n leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is as wenner algeheel van die Mr Junior SA Teen-titel gekroon. Johan, wat opreg opgewonde oor sy prestasie is, sê dit is ’n groot eer vir hom. “Ek het baie gestres. Die aand van die kroning was ek onder groot druk. Van binne het dit gevoel ek gaan dood, maar van buite het ek net geglimlag. Ek kon nou nie smile and wave nie, so toe smile ek net.” Vir Johan is dit belangrik om dieselfde mens te bly, maak nie saak watter hoogtes jy bereik nie. Hy sê hy was nog altyd bekend by die skool, so die prestasie gaan hom nie gewilder maak nie. Delarese is van die Hoërskool William Pescod en sê sy het weer baie aandag by die skool gekry toe almal van haar prestasie gehoor het. Sy is as wenner algeheel van die Miss Junior Teen SA-titel in die Noord-Kaap gekroon en dus verteenwoordig sy die provinsie. Delarese sê om aan haar eerste skoonheidskompetisie deel te neem was die beste ondervinding. “Ek het baie daarvan gehou en dit was ’n wonderlike ervaring. As ek kan, wil ek aan elke skoonheidskompetisie deelneem.”
VAN links is Leandri van Wyk, Johan Fourie en Delarese Amsterdam van Frost Models in Kimberley titelhouers in die Mr en Miss Junior Teen SA is. Foto: Lecrecia Prins Haar droom is om ’n supermodel te word. Leandri, ook ’n leerling aan die Hoërskool Diamantveld, is as wenner algeheel van die Miss Petite Teen SA-titel aangewys. Dit is ook die eerste keer dat sy aan ’n skoonheidskompetisie deelgeneem het. Sy sê sy is baie opgewonde daaroor en het nie gedink sy gaan wen nie. “Dit was ’n baie spesiale oomblik. “Ek het nooit gedink ek gaan aan ’n skoonheidskompetisie deelneem en dit wen nie.” Sy het sowat twee weke elke dag minstens ’n uur in haar rok geoefen om seker te maak sy val nie daaroor nie, sê sy. “Ek het ook geoefen hoe om my hare te doen net vir in geval die grimeerkunstenaars dit nie reg doen nie.”
Pryse lyk só DIE volgende pryse is in die Spontaankompetisie op die spel. ) SpecSavers: pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteits- en bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PR-span, ’n professionele CV, die ontwerp van ’n CD-omslag en besigheidskaartjies, die ontwerp en skryf van ’n professionele profiel, die skep van ’n Facebook-profiel en vyf nuusverklarings. Die algehele waarde van die prys is R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner kry elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotografiesessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500.
Leandri is passievol oor hoogmode-modelwerk in skoonheidskompetisies waar alles nie so perfek hoef te wees nie. Dié drie leerlinge het hul prestasie te danke aan Jean-Marie van den Heever van Frost Models wat hulle afgerig het. Van den Heever leer die modelle tafel-etiket, grimeerkuns, hoe om te poseer (op ’n loopplank en vir verskillende fotosessies), hoe om op ’n loopplank te loop en ook meer oor selfvertroue. Van den Heever sê as sy die modelle een ding kan leer, is dit selfvertroue en finesse. Sy is baie trots op haar modelle en die modelskool wat die eerste keer aan ’n skoonheidskompetisie deelgeneem het en sommer titelhouers opgelewer het.
Spontaan-oudisies môre hier HET jy besonderse talente? Wil jy groot pryse wen? Nou is jou kans. Kimberliete kan nou wys dat die stad nie net met diamante en sangsterre skitter nie, maar ook met vele ander talente. Die gewilde Spontaan-kompetisie is van vanjaar af nie meer net ’n sangkompetisie nie, maar ’n algemene talentkompetisie. Enigeen wat ’n besonderse talent het, kan dus deelneem. Jy moet net 16 jaar of ouer wees.
’n Deelnemer moet alles wat hy of sy vir die optrede nodig het, self verskaf. Om jou in te skryf sal jou nie ’n enkele sent kos nie. Dit is gratis. Die oudisies is op 22 Mei in die Diamond Pavilion Mall se raadsaal. Registrasie sal om 14:00 begin en die oudisies om 15:00. Die beoordelaars behou die reg voor om nie ’n streekwenner te kies as daar nie ’n geskikte kandidaat is nie. Indien jy as streek-
wenner aangewys word, moet jy op Saterdag 19 Julie vir die eindronde in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein wees. As jy nie van Bloemfontein is nie, moet jy jou eie vervoer en verblyf reël.
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
Saterdag 24 Mei Die ATKV bied op Saterdag 24 Mei ’n tienertoneelwerksessie by die Hoërskool Adamantia in Kimberley aan. Die kursus sal van 08:30 tot 16:00 duur. Enigeen (leerlinge, onderwysers, ouers, toneelgeesdriftiges en enige belangstellendes) kan die geleentheid bywoon. Die werksessie word deur David Brink, regisseur, skrywer en akteur, aangebied. Onderwerpe wat behandel sal word, is spel, regie, tegniese aspekte, die keuse van ’n teks, ontwerp, dekor, grimering, klank en beligting, ensovoorts. Dit kos R200 per persoon en sluit ’n ligte middagete en kursusmateriaal in. Elke deelnemer sal ’n sertifikaat van deelname ná die kursus ontvang. Die sluitingsdatum vir registrasie is 17 Mei. Skakel Lizane Basson by 011-919-9078 of Sanet Lindeque by 076-997-7170 by die Hoërskool Adamantia vir meer besonderhede en inskryfvorms. Saterdag 31 Mei Die NG kerk Harmonie in Monumenthoogte hou basaar op 31 Mei en Piet Smit tree die Saterdagaand daar op. Die doel van die optrede is om geld vir ’n eerstejaarsendeling van A4J (Africa 4 Jesus Disciple School) in te samel. Toegang na die geleentheid is gratis. Smit stel dan ook sy nuwe CD, Eerste liefde, bekend wat vol bemoedigende woorde en liefde vir God is. Hy lei hiermee ook die Pinksterweek in (wat op Sondagoggend 1 Junie begin). Smit tree die Sondagoggend in die erediens
van die NG Dutoitspan (in Beaconsfield) op. Almal word hartlik na hierdie geleentheid uitnooi. ) Die NG gemeente Kimberley (Newton) bied in aanloop tot die basaarfees ’n potjiekoskompetisie op Saterdag 31 Mei van 12:00 af aan. Die inskrywingsgeld is R50 per pot. Kom wys die inwoners van die Diamantstad wie die potjiekoskoning in Kimberley is. Daarmee saam vind ’n skattejag plaas. Die inskrywingsgeld hiervoor is R100 per voertuig met ’n span van vier mense. Dit is gegrond op die Amazing Race-konsep waar die span leidrade (skatte) in Kimberley moet gaan soek. Dit begin om 13:00 by die kerk en dit eindig ook by die kerk. Die inskryfvorms is by die kerkkantoor beskikbaar of kan op die webwerf afgelaai word by www.ngkerkkimberley.co.za. Skakel Retha Nagel of die kerkkantoor by 053-832-2511. Vrydag 6 Junie Die NG gemeente Kimberley (Newton) bied ’n basaarfees en motorskou op Vrydag 6 Junie van 12:00 en op Saterdag 7 Junie van 08:00 af op die kerkterrein op die hoek van Longstraat en Blackstraat in Kimberley aan. ’n Groot verskeidenheid smulgoed word te ete en te drinke aangebied, asook hope vermaak vir die kinders met skyfskiet en springkastele, asook ’n musiekverhoog. Kom ondersteun die gemeente en kom kyk na al die veteraan- en straat-hitsmotors wat uitgestal gaan word. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
3
Bring artikels vir herwinning
EWALD VAN DER WESTHUIZEN, Griekwastut. Foto: Emile Hendricks
Oog op Bokke OM eendag die Groen en Goud te dra is een van Griekwas-stut Ewald van der Westhuizen se doelwitte. Hierdie week is dié 23-jarige, wat in Ladysmith gebore is, is Noordkaap se profielfokus. Die oudleerling van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het ook aan die Universiteit van Johannesburg rugby gespeel. Hy het al vir die Noord-Vrystaatse Griffons in die Cravenweek gespeel, sowel as vir die Goue Leeus se o.19- en o.21-span-
ne. Hy kyk op na Owen Franks, wat vir die Crusaders van Nieu-Seeland speel, omdat hul speelstyl byna dieselfde is. Hy het vir die Griekwas begin speel, want dit is ’n goeie geleentheid en sy grootste aanpassing in Kimberley was die warm weer. Een van die snaaksste dinge wat al met hom op die rugbyveld gebeur het, was toe hy die bal agter die doellyn aangeslaan het. ’n Oorstootdrie teen die Blou Bulle is een van sy hoogtepunte.
HERWIN en leef groener. Herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan van Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir Landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
Tips for saving THE team at Droogfontein Solar Power has shared some more information on using lighting effectively and economically in your home. The key is to remember to turn lights off whenever possible, because they use electricity while they burn. Here are more tips: ) Use lamp shades that direct light both upwards and down, instead of confining lighting to one part of the room. ) Preferably do not to install several lights such as lamps or lighting fixtures on a single switch. ) Dimming switches allow you to regulate the light level and reduce electricity consumption to some extent.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
Toon groei oor jare heen
Koester jou gesinslewe GESONDE, gelukkige gesinne vorm die ruggraat van enige gesonde gemeenskap – een rede hiervoor is die belangrike rol wat ’n sterk, ondersteunende gesin in die vorming van mense se persoonlikheid speel. Die bekende Amerikaanse sosioloog Meyer Francis Nimkoff het dit só gestel: Die wetenskap het twee feite vasgestel wat betekenisvol is vir menslike welsyn: eerstens, dat die fondament van die menslike persoonlikheid in die vroeë kinderjare gelê word; en tweedens dat die hoofingenieur in hierdie hele bouprogram die gesin is. Dikwels is die rede waarom gesinne wankel, daarin gesetel dat ’n ouer steeds met onverwerkte trauma en kwessies uit sy of haar
kinderjare worstel. Hierdie letsels uit die verlede kan so ’n invloed in ’n gesin hê dat die kinders wat die wêreld ingestuur word eindelik só erg beskadig is dat die bose kringloop net in hul volwasse lewe voortgesit word. Daarom is dit so noodsaaklik dat ouers wat weet dat daar onopgeloste sake uit hul verlede is, dringend hulp kry om die saak aan te pak – jy is dit aan jou eggenoot en jou kinders verskuldig. Gesinsmaand is ’n goeie geleentheid om dalk net weer die rolle en optredes in die gesin opnuut te bekyk en te bedink – en om seker te maak dat liefde en respek altyd die deurslag gee.
DIE posdiens in Kimberley het maar sukkel sukkel begin met die eerste poskantore in die gebied in Dutoitspan (Beaconsfield) en Klipdrift (BarklyWes). Pos vir die Kaap be stem is aanvanklik deur die Pnielposkan toor in die Vrystaat gehanteer. Die delwers van Klipdrift moes ’n boot huur om hul pos by Pniel te gaan haal, iets waarmee hulle glad nie tevrede was nie. In Maart 1872 is poskantore in Dutoitspan en New Rush (Kimberley) geopen. Die poskantoor in Kim berley was in ’n klein tweevertrekgeboutjie in Mainstraat. Personeellede het in bloedige hitte (sonder oortydbetaling) tot 15 uur per dag gewerk. In 1882 is ’n nuwe poskantoor gebou (eerste foto) aan die suidoostelike kant van die Markplein teen £6 000 opgerig. Dit is van blou De Beersklip, bakstene en sement gebou. Dit het die eerste keer die luukse van toesluitposbusse gebied, en is in ’n koerant as ’n “ornament vir die dorp” be skryf. Die gebou is in 1889 vergroot en het ’n dubbelverdiepinggebou geword. Die toonbank is van 30 voet tot 70 voet ver groot. ’n Posafleweringsdiens is die eerste keer ingestel vir mense wat nie posbusse gehad het nie. Dié poskantoor het egter te klein vir die groeiende stad geword en ’n nu we gebou is op dieselfde perseel opgerig. Dit het £33 000 gekos en is in 1929 geopen (onderste foto). Dit is tot in 1987 gebruik toe dit gesloop is om plek vir ’n nuwe poskan toorgebou van 12 verdiepings te maak. Kim berley se posdiens word dus reeds 132 jaar lank van dieselfde perseel af gelewer met die drie geboue op die perseel oor die jare heen simbolies van die stad se groei. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Mei is basaartyd Karin Mulller MEI is Moedersdagmaand. Mei is ook eksamenmaand. As jy met die Ontvanger van Inkomste werk, is Mei ook ’n maand met ekstra sperdatums. Maar Mei is ook, om een of ander rede, basaarmaand. Dalk omdat dit tradisie is. Dalk omdat dit een van die min maande op die almanak is wat homself tot ’n basaar leen. Die rede maak nie regtig saak nie, want gedurende Mei kan jy letterlik elke Saterdag iewers ’n draai op ’n basaar gaan maak. Of jy uitry na die NG kerk ModderrivierRitchie se basaar waar jy soveel groente koop dat hulle dit met ’n kruiwa na jou motor toe stoot en jy heerlike roosterkoeke eet, en of op die basaars in Kimberley jou met pannekoek, lewerkoekies en tuisgebakte malvapoeding volprop – daar is min dinge so lekker soos om op ’n basaar rond te drentel. Veral as jy middagete daar eet en sommer aandete koop en saamneem huis toe.
Die kinders word besig gehou met springkastele en gesigverf. Daar is tradisioneel die tombolatafel, skyfskiet en soms selfs ’n veteraanmotor-uitstalling. Daar is babakompetisies en skoonheidskompetisies. Daar is selfs sterkmankompetisies. Alles om geld in te samel vir ’n goeie doel. Om ’n basaar te laat slaag, het jy baie hande nodig. Hande om tente op te slaan en vleisbraaivure aan te steek. Hande om te maak. Hande om dit wat gemaak is te verkoop. Hande om gesiggies te verf en teikens vir die skyfskiet om te ruil. En hierdie hande wat saamwerk, bring meer as net geld in. Dit bring ook ’n soort kameraadskap mee. Daar word hard gewerk. Daar word gekuier. Daar word gelag. Selfs al werk die hande voor die basaar en nie noodwendig tydens die basaar nie. Mei is ’n kenmerkende maand. Maar die beste van alles? Mei is, om een of ander rede, basaarmaand.
Hanteer woede reg Hannes Nöeth
AS jy kwaad word, moenie sondig nie. Dit is die goeie, oue, goue reël in konfliksituasies. Maklik is dit nie. Met hierdie een reël kan jy baie ver kom. Moenie dink jy gaan dit sommer net regkry nie. Jy sal dit moet aanleer, inoefen en toepas. Die meeste van ons word baie maklik en vinnig kwaad. Dit opsigself is nie die krisis nie. Die krisis is wanneer jy sondig as jy kwaad word. Nogal ’n interessante vraag: Hoe word jy kwaad? Deur kwaad te word kan jy skade doen, maar jy kan ook ’n situasie heeltemal ontlont deur reg kwaad te word. “Probeer jy ’n bietjie” – hierdie vier woorde hoor ek ’n klein dogtertjie haar ma toesnou. Probeer jy ’n bietjie om so kwaad soos ek te wees en dan mooi te praat en te doen. Maar ’n mens moet dit probeer. Jy kan nie maak net soos jy wil en agterna altyd antwoord, jammer ek was kwaad nie. Jammer het ook ’n punt. Selfs as ons kwaad is, moet ons ons woorde tel en gedagtes beheer. Kwaad word is nie ’n verskoning vir sê wat jy wil nie.
Kwaad word is nie ’n verskoning vir maak wat jy wil nie. Kwaad word is nie ’n verskoning vir ongeskik wees nie. Kwaad word is nie om te maak wat jy wil nie. Jy moet altyd by die basiese regte dinge bly. Nogal interessant hoe verskillende reaksies ook bepaal hoe goed of sleg jy ’n situasie hanteer. As iemand jou met ’n klip gooi, is die logiese, maklike en mees vanselfsprekende reaksie om die klip terug te gooi. ’n Groter klip, harder en akkurater. Dit is egter net die groot mens wat dit kan regkry om die klip waarmee jy gegooi is, neer te sit en ’n ander oplossing te soek. Konflikvermyding is natuurlik ook nie reg nie. Al wat jy nou doen, is jy skep konflik met jouself. Daarom is die basiese reël waarom dit in enige konflik gaan: Waarom is ek kwaad? Hoe gaan ek dit sonder sonde hanteer?
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
5
NG Welsyn nou amptelik Caritas Unique Jacobs en Lecrecia Prins NG WELSYN het verlede Vrydag ’n skemerkelkparty gehou om sy nuwe naam bekend te stel. Die naam is na die Caritasgemeenskapsfokus verander, omdat die instansie in ’n proses van herstrukturering van sy dienste vir gemeenskapsontwikkeling is. Die instansie wil probeer om ’n inspirerender benadering in sy dienslewering aan gemeenskapsentiteite te gebruik met moontlikhede van groei, ontwikkeling en onafhanklikheid. Ds. FD Hugo, uitvoerende hoof van Caritas, sê die projek het oor die jare heen ontwikkel in ’n instansie wat hom op inrigtingsorg en statutêre werk toelê. “Waarop behoort ’n maatskaplike instansie in ’n land vol armoede, gesinsverbrokkeling, drankmisbruik, geweld teen vroue en kinders, gesinsmoorde, werkloosheid en ’n tekort aan geskoolde arbeid te fokus? Ons sit aan die suidpunt van Afrika, ver van internasionale markte, en moet in ’n land met beperkte bronne met goed ontwikkelde ekonomieë kompeteer. “Deur ons te subsidieer, lewer die staat maatskaplike dienste. Met dié benadering fokus ’n mens maklik op die individu en vergeet hy of sy leef in ’n gemeenskap en
BRIEWE
Staan saam, wen saam ANNETJIE DIPPENAAR, Kimberley: DIE verkiesing is verby. Alles het klopdisselboom in my verkiesingslokaal verloop. Trouens, daar was nie eens tyd om in die ry te wag nie – ek is aan die een kant in en aan die ander kant uit. My simpatie aan al die gewilliges wat nou teen die lamppale moet opklim om al die plakkate af te haal. Ek wonder hoe lank van die plakkate daar gaan bly. Ons sal maar moet sien watter party die flinkste daarmee is. Ek onthou ’n paar van die slagspreuke. “Jy verdien ’n billike deel” en “Daar is weer hoop”, “Dit is jou land ook” en “SA verdien beter”. Dit klink amper soos ’n storielyn van 7de Laan. Maar is dit die werklikheid? Sal die beloftes waar word? Net die tyd sal leer. Kom ons hoop maar vir die beste. En ek weet elke stem geld. Aan almal wat nie vanjaar gestem het nie, dit is ’n skande. Trek jul sokkies asseblief volgende keer op. Kom ons staan saam. Dan kan ons saam wen.
die gemeenskap is gewoonlik ook siek.” Caritas het in die formulering van ’n visie probeer om albei te omarm: om na die genesing van mense in hul gemeenskap te streef. “Ons glo ons het deur die ontwikkeling van kinders die beste kans om volhoubare verandering in gemeenskappe teweeg te bring. Soos ons voorgangers die Kestell-kinderhuis in 1890 tot stand gebring het vir arm kinders wat geen heenkome gehad het nie, is ons in 2014 oortuig vroeë-kinderontwikkeling sal die beste bydrae in die opbou van ’n gesonde gemeenskap lewer.” “Een van die stremmende faktore in die onderwysstelsel in Suid-Afrika is die klein kind is weens onderstimulering van die brein nie op sewe jaar skoolgereed nie.” Hugo sê dít is wat Caritas oortuig het om kleuterontwikkeling in sy fokus op die hele gemeenskap sy invalshoek te maak en kinders tussen drie en vyf jaar in vroeëontwikkelingsentrums te ontwikkel sodat hulle skoolgereed is. “By Caritas fokus ons op die klein kind, want die ontwikkeling van kinders bied die haalbaarste kans op volhoubare verandering in gemeenskappe. “Pres. Nelson Mandela het gesê: ‘Elkeen van ons het ’n rol te speel in die skep van ’n beter wêreld vir ons kinders’.”
NG WELSYN het sy nuwe naam bekend gestel. Dit staan nou as Caritas bekend. Hier is Judith de Villiers (programbestuurder: gemeenskapsontwikkeling van die Caritasge meenskapsfokus), ds. Keydy O'Callaghan (NG kerk Postmasburg) en Elsie Botha (bestuur der: Caritasgemeenskapsfokus in Kimberley). Foto: Lecrecia Prins
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
FOKUS OP DIE WILDBEDRYF
DIÉ goue gemsbokke is op die UnyatiWintershoekwildvei ling aangebied.
HIERDIE koningsblouwildebeeste is ook op die UnyatiWin tershoekwildveiling aangebied. Foto’s: Emile Hendricks
JAMBA (regs voor), ’n gesogte buffelbul, is op 10 Mei teen R26 miljoen op die UnyatiWintershoekveiling verkoop.
Reuse-veiling gehou Charné Kemp DIE eerste wildveiling van die vennootskap van Unyati en Wintershoek was die grootste nog in Suid-Afrika met meer as 400 wildkopers wat hulle geregistreer het. Boonop is ’n omset van meer as R150 miljoen tussen net twee verkopers behaal. Jaco Troskie van Unyati het R26 miljoen vir Jamba, sy jong buffelbul, behaal. Die koper, wat per telefoon gebie het, is onbekend. Wiaan van der Linde en Hennie Gous van Wintershoekwild was net so ingenome met pryse wat hul swartwitpense, bastergemsbokke, goue gemsbokke, goue blouwildebeeste en koningsblouwildebeeste behaal het. Volksblad se Ons gee om-fonds het op die veiling baat gevind toe ’n swartwitpens vir R140 000
opgeveil en dié geld aan die fonds geskenk is. Die NG kerk Warrenton-Windsorton het ook geld ontvang vir ’n swartwitpens en ’n tanzanietsteen wat opgeveil is. ’n Beursfonds vir agtergeblewe studente in wildbewaring is ook verstewig. Die hoogste bedrag nog wat vir ’n buffelbul betaal is, is R40 miljoen wat verlede jaar deur die sakeman Johann Rupert op die Thabo Tholo-veiling in Thabazimbi betaal is. Die diere is op ’n stil-, sowel as gewone veiling, opgeveil. Dit was die eerste keer dat bieërs vier uur – van 10:00 tot 14:00 – ’n geskrewe bod op ’n stilveiling kon plaas. Die eerste wild sal die volgende vyf dae aan hul nuwe eienaars oor Suid-Afrika heen afgelewer word. Die veiling is deur die bekende afslaer Brandon Leer en die Vleissentraal-Bosveld-maatskappy aangebied.
Wat jagters moet weet WAT jy alles in gedagte moet hou as jy gaan jag: ) Presies wat word by die dagtarief ingesluit? Byvoorbeeld etes, jaggidse, algemene arbeid, voertuie en slag- en koelkasgeriewe. ) Wat kos dit om die vleis op die plaas te laat bewerk? ) Wat behels die verblyf? Is beddegoed, eetgerei, vuurmaakhout en die dienste van ’n skoonmaker ingesluit? ) Is daar Eskom-krag of word ’n ander kragbron gebruik? ) Het die plaas vrystelling? Indien nie, watter permitte en jaglisensies moet bekom word? Het die boer magtiging om ’n vervoerpermit vir wildevarkvleis uit te reik? ) Wat word bedoel met trofeewild? Word die jagtersvereniging se algemene minimum standaarde toegepas of het die boer sy eie reëls? Is bykomende trofeeslagpryse betaalbaar? ) Moet die trofeeprys betaal word indien die jagter ’n trofee wil maak van ’n bok wat nie die minimum vereistes haal nie? ) Bevestig die pryse van wild skriftelik. Dit klink miskien effens vreemd, maar daar het al soveel probleme hieroor ontstaan. Word daar spesiale afslag aan lede van jagtersverenigings gegee? ) Wat is die minimum toelaatbare kaliber per spesie? ) Is daar instelgeriewe vir vuurwapens beskikbaar? ) Moet ’n deposito betaal word en is dit terugbetaalbaar indien die jagtog voor ’n sekere datum gekanselleer word? ) Wat van noodgevalle waar ernstige siekte of dood in die gesin ’n jagtog kelder? ) Wat is die grootte van die grond en mag daar op die hele plaas gejag word? ) Is daar enige spesifieke reëls waarvan die jaggeselskap vooraf moet kennis neem? ) Indien moontlik, vra verwysings. Baie wildboere het deesdae ’n webwerf. Besoek die webwerf en raak vertroud met alle aspekte van die jagplaas.
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
7
Biblioteek se lig skyn helder André Botha
DIE Kimberley en Beaconsfield (toe nog ’n aparte dorp) van 1889 was ’n tipiese delwersdorp met net soveel kroeë as kerke. In Beaconsfield moes die polisie soms regstaan om toe te sien dat raadsvergaderings ordelik verloop. Tussen die wanorde wat soms geheers het, was daar egter ook orde en ’n behoefte aan die beter dinge in die lewe. Soos ’n biblioteek. Dié behoefte is vervul toe die Beaconsfieldbiblioteek vandag presies 125 jaar gelede die eerste keer sy deure geopen het. Dit is met ’n geselligheid in die biblioteek gevier. Die biblioteek het in ’n gedeelte van die gebou van die London and South African Exploration Company, toe een van die groot diamantmaatskappye in die streek, begin. Die maatskappy bestaan lankal nie meer nie, maar die biblioteek gaan voort – en beslaan nou die hele gebou. Manda Hough, bibliotekaris, sê die biblioteek word steeds goed deur die gemeenskap benut, al het die internet- en tegnologiebehoeftes verander. Sy sê vroeër jare is die biblioteek meer vir ontspanning gebruik. Die rol het egter verander, met inligting en selfs boeke wat op die internet gekry kan word. Die biblioteek maak ook hiervoor voorsiening, met twee rekenaars met internet-toegang. Heelwat kinders kom steeds biblioteek toe om werkstukke te voltooi. Daar is ook daagliks 10 tot 20 mense wat koerante kom lees. ’n Sterk fokus is kinders en uitreikprogramme word met skole gedoen. Programme
‘Mense sê biblioteke gaan verdwyn. Na my mening sal dit ’n groot leemte laat.’ – Manda Hough, bibliote karis
SHEELA PILLAY (links), biblioteekassistent, en Manda Hough, bibliotekaris, in die Bea consfieldbiblioteek. Foto: Emile Hendricks word ook by die biblioteek aangebied. Ouers kom steeds om boeke uit te neem. “Mense sê biblioteke gaan verdwyn. Na my mening sal dit ’n groot leemte laat.” Sheela Pillay, biblioteek-assistent, vertel sy kon as kind weens die apartheidswette nie die biblioteek gebruik nie. Haar ouers het in Beaconsfield gewoon
DIE gebou van die London and South African Explorati on Company waarin die Beaconsfieldbiblioteek vandag gehuisves word. Foto: Africana-biblioteek
waar haar pa, Govender Naidoo, die bekende Wellington Fruiterers begin het. In 1970 moes hy ná baie jare die onderneming weens apartheid verkoop. Sy is in 1980 weg uit Kimberley toe sy in Durban gaan woon het. Eers met haar terugkeer kon sy die eerste keer die biblioteek gebruik en werk nou daar.
DIE Beaconsfieldbiblioteek soos dit vandag lyk. Die gebou, opgerig in 1881, is in 1990 tot nasionale gedenk waardigheid verklaar. Foto: Emile Hendricks
“Hier kom kinders van alle agtergronde. As hulle hierheen kom, is almal een.” Shirley James, hoof van die Africana-biblioteek en bibliotekaris in Beaconsfield van 1984 tot 1987, sê sy het as jong bibliotekaris besef hoe gretig kinders is om hulle by die biblioteek aan te sluit en boeke uit te neem. “Vir die kinders was die biblioteek ’n veilige plek om na toe te gaan, veral in skoolvakansies wanneer hulle vakansieprogramme kon meemaak.” Sy vertel hoe sy op ’n keer deur ’n jong man in ’n winkel voorgekeer is. Hy wou weet of sy in die 1980’s in die Beaconsfield-biblioteek gewerk het omdat hy toe as laerskoolseun boeke daar uitgeneem het. Hy het haar vertel hoe die biblioteek vir hom ontvlugting van sy moeilike huislike omstandighede was en hoe ’n positiewe invloed die boeke en aktiwiteite op hom gehad het. “Dit het my laat besef die passie vir my werk het positiewe gevolge. “Bibliotekarisse moet nooit die belangrike rol onderskat wat hulle in soveel mense se lewe speel nie en dat kinders opgevoed word deur ons boeke en dat tyd om te ontspan belangrik is.”
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
Egpaar al 72 j. saam Unique Jacobs
DIE Hugenotekollege het verlede Dinsdag ’n leersentrum in Kimberley geopen. Studente kan van Julie hier sertifikaatkursusse in onder meer maatskaplike dienste volg. Van links is, voor: Nadia von Wielligh (programkoördineerder: maatskaplike dienste), Hilda Taljaard (NoordKaapse Premiersonderwystrust) en Mareth Hugo (hoof van die Hoërskool Dia mantveld); agter: ds. Mossie Mostert (sinode: NoordKaapland) en ds. FD Hugo (uitvoeren de hoof: Caritasgemeenskapsfokus). Foto: Lecrecia Prins
Breinaalde klik steeds Unique Jacobs IN 1986 het die Christel Armstrong-breigilde die eerste keer gebreide kledingstukke versprei. Dit was toé nog as die Kimberley-breigilde bekend. Met net ses vrywilligers het hulle 55 stukke gebrei. Christel het haar in 1989 by die projek aangesluit en sy het ’n belangrike rol in die gemeenskap se ontwikkeling vertolk. Ná haar dood het komiteelede besluit om die instansie na haar te noem. Die instansie vind baie baat by individue en instansies wat skenkings aan hulle doen. Vandag het hulle reeds meer as 24 000 van die gebreide artikels aan instansies
soos kinderhuise, hospitale en ouetehuise, sowel as verskeie gemeenskappe in die Noord-Kaap, versprei. Die 80 vrywilligers wat nou deel hiervan is, maak selfs sweetpakke, broeke en baadjies wat hulle teen winskooppryse verkoop. Dorothy-Anne Howitson, die groep se koördineerder, vra ook van die gemeenskap om deel van hul herwinningsprojek te wees. Hulle sal baie dankbaar wees as almal plastiekbottels, blikkies, kartonbokse, wit papier en ou koerante na die parkeerruimte langs Telkom in Lennoxstraat kan bring. Die geld wat hulle hieruit maak, word gebruik om die wol te koop waarmee die vroue brei. Klere word jaarliks in die eerste week van Mei versprei.
“EER jou vader en moeder en jou dae sal verleng word.” Dít is wat Maria Lansberg (92) sê die geheim vir ’n lang, gelukkige huwelik is. Op 4 Mei het sy en haar man, Abdurham (94), hul 72ste huweliksherdenking gevier. Maria sê hulle is baie gelowige mense en kom goed met mekaar oor die weg. “Ons het nooit gestry nie en het altyd bymekaargestaan.” Op die vraag of haar man enigiets besonders oor die jare heen gedoen het, antwoord sy: “Nee wat, ons het nie baie spesiale dinge gedoen nie. Ons gaan net baie kerk toe.” Farida Lansberg, hul jongste dogter, sê sy is baie geseënd dat haar ouers nog leef. Sy sien om na haar ouers wanneer sy nie werk nie en voel geëerd om dit te kan doen. Die paartjie, wat al 57 jaar in dieselfde huis in Floors, Kimberley, woon, leef ’n vry lewe en kom en gaan soos hulle wil. Abdurham ry nog elke dag op sy fiets. Dit is een van sy gunsteling-dinge om te doen. Sy vrou is lief daarvoor om broodkrummels en water vir die voëls uit te sit. Sy is ook erg oor haar kerk. Farida sê dit is ’n familiepoging om haar ouers te versorg en hulle gesond te
ABDURHAM EN MARIA LANSBERG het hul 72ste huweliksherdenking gevier. Foto: Verskaf
hou. Sy is een van ses kinders, maar een van hulle het agt jaar gelede gesterf. Die getrou- des spog met 17 kleinkinders, 28 agterkleinkinders en vier agter-agterkleinkinders.
DIE karatekas van die De BeersJKAkaratesentrum in Kimberley is gekies om die Griekwa landWesse JKAkaratevereniging op die SuidAfrikaanse JKA junior, jeug en senior kara tekampioenskapsbyeenkoms in Johannesburg te verteenwoordig. Die byeenkoms vind op 23 en 24 Mei plaas. Van links is, voor: Jared Fillis, Mickael du Toit, Joshua Booysen, Jordan Fillis, Pontle Lenkoe, Cassidy Kenny, Ronaldo Meldrum en Deowin Anthony, middel: Shan non Wong Fatt, Leville Gough, Giovanni Pascoal, Sechaba Lenkoe, Darian Booysen, Alexan der Mostert, Jessica Wong Fatt en Aidan de Beer; agter: Cayle Damons (afrigter), Stanton Fillis (afrigter) en Nicky Human. Foto: Lecrecia Prins
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
MOTORS DIE oorspronklike Studebakerwa het selfs in die AngloBoereoorlog ’n rol vertolk.
Foto: Verskaf
Agter die kap van die byl Hans Heese VOLKSWAGEN van Suid-Afrika (VW SA) en die Anglo-Boereoorlog. ’n Belaglike gedagte? Nee, daar ís ’n verband. Ronnie Kruger, voormalige skakelbeampte van VW SA, het die geskiedenis van die maatskappy in ’n reeks van drie aflewerings vir die tydskrif VIA geskryf. Met reg het hy die ontstaan van VW SA in South Bend, Indiana, in Amerika gaan haal waar die Amerikaanse maatskappy Studebaker sy hoofkwartier gehad het. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Studebaker besluit om ’n monteeraanleg vir sy motors en vragmotors in Suid-Afrika te vestig. Só het ’n plaaslike maatskappy, South African Motor Assemblers and Distributors (Samad), tot stand gekom. In 1948 het die eerste Studebakers die monteerbaan in die fabriek in Uitenhage verlaat. In 1950 het die “Studebaker-fabriek” ook Britse Austins begin monteer. Baron Klaus von Oertzen, plaaslike hoof van DKW/Auto Union-aktiwiteite in SuidAfrika vóór die oorlog, het met Samad en Volkswagen in Duitsland onderhandel om Volkswagens in Uitenhage te monteer. Talle probleme om invoerpermitte vir Duitse produkte te bekom het opgeduik, omdat die Duitsers nie Suid-Afrikaanse wyn wou invoer nie. Ná onderhandelings tussen die onderskeie regerings het die “Volkswagens vir wyn”-ooreenkoms tot stand gekom en kon die eerste Uitenhage-gemonteerde Kewer die fabriek in 1951 verlaat. Eers in 1966 was die Oos-Kaapse monteeraanleg onder die regstreekse beheer van Volkswagen in Duitsland. Maar waar kom die Anglo-Boereoorlog ter sprake? Die Studebaker-broers van South Bend in Indiana het in 1852 drie ossewaens gebou; uitsonderlike waens, want die gehalte van hul produkte was van so ’n aard dat die verkope elke jaar gestyg het. Die trek van Amerika se ooste na die weste het momentum gekry en dit was waar die Studebakers naam gemaak het. Die westward ho was ’n Studebaker-ding. Amerikaanse Uniesoldate het in die Amerikaanse burgeroorlog (1862-1865) Studebakers verkies om die soldate van voorrade te voorsien. In 1898 het die Amerikaanse regering groot getalle waens aangekoop vir gebruik in die Amerikaans-Spaanse oorlog. Belangrik vir Suid-Afrikaners: Volgens die Britse motortydskrif The Motor van 3 September 1952 het die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (18991902) die Britse regering genoop om Studebaker-waens vir sy veldtog teen die Boere-republieke in Suid-Afrika te kry. ’n Switsers-Amerikaanse sendeling Héli Chatelain het in 1904 die alleenreg van South Bend verkry om waens na Angola in te voer. Hier het die Studebakers meegeding met ossewaens wat in die Paarl deur die maatskappy De Ville gebou is. Stertjie: In 1952, met sy 100-jaar-viering, was Studebaker die vierde grootste motorvervaardiger ter wêreld. Die eens roemryke Amerikaanse maatskappy het in die 1960’s geldelik in die knyp beland en die South Bend-aanleg is in Desember 1963 gesluit. Produksie het na Hamilton in Kanada verskuif. In 1965 is aangekondig Studebakers gaan nie meer in Uitenhage gebou word nie en op 16 Maart 1966 het die laaste motor die Hamilton-aanleg verlaat.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
VOERTUIE
TE KOOP
ALGEMEEN 3680
ROMMELVERKOPING
MOTORS TE KOOP 1636
GARAGE SALE: 24 MAY. 11 MILNER STREET. Cell: 082 453 9759 FOR MORE INFO. ALL MUST GO. ANTIQUES INCLUDED
3025
TE KOOP: HYUNDAI Sonata 2.4 GLS, 2011, 147 000 km, R150 000. Skakel 082 452 4457. BETREKKINGS
ALLERLEI
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL/FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
LENINGS 1445
ALLERLEI 1845
CHEAPER THAN CHEAP: Furniture and rubbish removals. PJ: 078 965 9112. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
Media24 is dringend op soek na organiseerders/afleweraars in Kathu. Skakel Granston 051 404 7939 of 073 878 0136.
3600
1655
KUNSKLASSE: Olieverf-, akriel- en lapverfklasse. Skakel: 053 833 1338.
ELEKTRISIËN BENODIG Tydelike kontrak. Salaris gebaseer op ondervinding en kwalifikasies. Skakel Winston: 072 604 9580.
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN CLERKS NEEDED FOR DATA LISTING WORK. SMS FULL NAME AND ADDRESS 0815370801 OR E-MAIL d.workforce7@gmail.com FINANSIEEL 3675
Korttermynversekeringsadviseur gesoek vir Nationale Mpy. Matriek, RE1 en NQF4, 60 krediete. Skakel: 072 117 7192. Finansiële Beplanner gesoek vir Nationale Mpy. Matriek, RE1 en NQF5, 60 krediete. Skakel: 072 117 7192.
BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
JH DU TOIT In die boedel van wyle Johannes Hendrik du Toit, identiteitsnommer: 391211 5020 086 en nagelate eggenoot Gesie Hendrika Christina du Toit, identiteitsnommer: 420509 0073 082 van die plaas Tasmania, distrik Griekwastad, Meester se verwysing: 718/2011. Die eerste en finale likwidasieen distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY en die Landdroskantoor GRIEKWASTAD vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 23 Mei 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur Duncan & Rothman Gebou Chapelstraat 39-43 Kimberley 8301.
G E K L A S S I F I S E E R D
DIE foto het Carien Viljoen in Kimberley geneem. Dit lyk asof die twee glasogies lekker sit en gesels.
Nog tyd vir foto’s
DAAR is nog kans tot 30 Mei om jou vir Noordkaap se fotokompetisie in te skryf. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur ook ’n volledige byskrif (wat beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto vir die inskry-
wing na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die weninskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley.
CHARLES KONING het dié blom vroeër die maand afgeneem.
DIE foto is op ’n plaas in die distrik Hopetown geneem. Die spinne koppe span hul web van die een bos na ’n ander een. Die foto is van onder ’n web geneem wat booor die pad gespan is. Louis Ver meulen sê hy het onder die web stilgehou om dit af te neem.
SAMANTHA JOUBERT het dié sonsondergang in April net buite Kimberley afgeneem.
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 21 MEI 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
It was the Griquas’ first Vodacom Cup title since 20 09 and they also avenged their home defeat in the final seconds of the 2012 final against the West ern Province. A HAPPY changing room. The Griquas play ers celebrate after they had beaten the Golden Lions by 306 in the final of the Vo dacom Cup series on Friday. It is the Peacock Blues’ fifth title win since the inception of the competition in 1998. Photo: Emile Hendricks
Proud as peacocks Sports Editor
THE Griquas dethroned the defending champions to clinch the Vodacom Cup for the fifth time when they beat the Golden Lions by 30-6 in the final at GWK Park in Kimberley on Friday. These teams are now the kings of Vodacom Cup rugby, both with five titles out of the 17 on offer since the inception of the competition in 1998. It was the Griquas’ first Vodacom Cup title since 2009 and they also avenged their home defeat in the final seconds of the 2012 final against the Western Province. They won their other Vodacom Cup titles in 1998 when they beat the Golden Lions in the final, as well as in 2005 and 2007. The home team dominated proceedings for the final 60 minutes of the final and scored three unanswered tries in the process. The Griquas’ platform was laid upfront where their pack proved too much to handle for the 2013 champions, while their loose forwards also stole a lot of the visitors’ possession at the breakdowns. The hosts’ defence was also superb. The Golden Lions started the game well. Willie du Plessis (fly half) kicked a penalty goal and a drop goal in the first 20 minutes, but also missed two penalties. In the same time, Griquas fly half Francois Brummer dropped a goal for the home team to see them trail by 3-6 after the first quarter. That sparked the hosts into action and they simply started hanging onto the ball more effectively. Gouws Prinsloo (fullback) succeeded with two penalty goals before Brummer
scored the first try of the match. Prinsloo’s conversion meant the Griquas were firmly in control at half-time, leading by 16-6. The team from the Northern Cape started the second half with attacking intent and strong defence,
keeping the pressure firmly on the visitors who managed to hold on for the first 20 minutes of the second half, but simply could not sustain it. The Griquas scored two more converted tries in the final 20 minutes of the second
half by replacement winger Danie Dames and flanker Marnus Schoeman. At the same time, the Golden Lions didn’t bother the scorers, which increased the pressure even more as the Griquas held out to raise the Vodacom Cup.
Scorers: Griquas – tries: Fran cois Brummer, Marnus Schoeman, Danie Dames. Conversions: Gouws Prin sloo (3). Penalty goals: Prinsloo (2). Drop goal: Brummer. Golden Lions – Penalty goal: Willie du Plessis. Drop goal: Du Plessis.