Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 28 Mei 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Lollypop Kby se ster
Skitter op oudisie en dring na Spontaan-eindronde deur Unique Jacobs TALENTVOLLE Kimberliete het verlede week by die Diamond Pavilion Mall vir die oudisies van vanjaar se Spontaan-talentkompetisie opgedaag en gewys wat in hulle steek. Lollypop Chotetsi van Homelite in Kimberley is as streekwenner aangewys. Die 28-jarige Chotetsi sing al vandat sy ’n tiener is. Sy het eers lofpryssang gedoen en later aan Bar 129 by die Flamingo-casino se karaoke-aande deelgeneem en daar gewen. Sy open nog soms die karaoke-geleenthede by die casino. Verlede jaar, toe Spontaan nog net ’n sangkompetisie was, het sy beplan om deel te neem en het dit selfs in haar dagboek aangeteken. “Op een of ander manier het ek die oudisies gemis en toe ek weer die koerant oopmaak, was die wenner reeds aangekondig,” sê sy. Vanjaar het sy haar wel ingeskryf en ook na die eindronde deurgedring, al was sy so op haar senuwees. “Ek was baie senuweeagtig toe ek hier instap, maar die beoordelaars was wonderlik en het my baie gemaklik en kalm laat voel.” Nadat sy as streekwenner aangekondig is, het die beoordelaars haar gevra om weer te sing sodat die ander deelnemers ’n idee kan kry van hoekom sy gewen het. Steeds geskok, het sy gesing en in die middel van die liedjie gebieg dat sy nog senuweeagtig is. Van die ander deelnemers het geterg en gesê Chotetsi moet die Lollypop wat hulle by Bar 129 sien, uithaal. Chotetsi gaan Kimberley in Julie in die eindronde verteenwoordig. Dit is in die Blêrkas op die Vryfees op die Universiteit van die Vrystaat se hoof-kampus. Sy sê sy sal gereed wees vir Bloemfontein en dat sy haar goed sal voorberei vir haar optrede.
SPONTAANSTREEKWENNER Lolly pop Chotetsi (middel) saam met die beoordelaars Esther Ford (links) en Foto’s: Lecrecia Prins Lizelle Julie. PETRUS MOLLER het sy trekkla vier vir sy oudisie saamgebring.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
Kiek en wen
DAAR is nog tot 30 Mei kans om jou vir Noordkaap se fotokompetisie in te skryf. Dit is belangrik dat die foto nie kleiner as 500 KB is nie. Stuur ook ’n volledige onderskrif (wat beskryf wat op die foto gebeur, waar en wanneer jy die foto geneem het, wat die omstandighede daarvan is en wie daarop is). Indien dit ’n groepfoto is, meld wie almal op die foto is. Stuur die foto na noordkaap@volksblad.com. Aan die einde van elke maand kies Noordkaap ’n wenfoto. Die fotograaf van die weninskrywing ontvang ’n R350-geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley.
MARTIN COETZEE het dié aardvark in April vanjaar in die Mokala Nasionale Park buite Kimberley afge neem. Foto: Martin Coetzee
DIE as van Ian Kirkpatrick is in die gedenkmuur by Kimberley Boys' High geplaas. Van links is Des Schonegevel (vriend van Kirkpa trick),Peet Smith (oudGriekwalosvoorspeler), Tos Smith (oud Griekwaheelagter), Ronnie Baueser (erevisepresident van die Griekwas) en Richard Liddle (stiefseun van Kirkpatrick) het die ge leentheid bygewoon. Foto: Lecrecia Prins
Afrigter se as in Kby bewaar André Botha
MADELIEN BOTES het ‘n murasie op Wintershoek buite Kimberley afgeneem. Foto: Madelien Botes
ANDRÉ SMITH het dié foto verlede jaar in sy tuin in Carters Glen geneem. Hy het dit as werkstuk vir sy fotografiekursus afgeneem. In die foto weerkaats die sonsondergang agter ’n palmboom in ’n bril. Foto: André Smith
REGS: Thean du Plessis het die foto op 7 Mei net ná ’n skielike reënbui van 25 mm in Fraserburg, Noord Kaap, geneem. Dié lig is enige fotograaf se droom. Foto: Thean du Plessis
IAN KIRKPATRICK, die man wat die Griekwas in 1970 as afrigter tot ’n sege in die Curriebeker-eindstryd gelei het, het huis toe gekom. Twee jaar ná sy dood is sy as in die gedenkmuur by Kimberley Boys’ High, sy alma mater, deur sy stiefseun, Richard Liddle, geplaas. Dit was Kirkpatrick, wat in 2012 in Kaapstad op 82 jaar dood is, se wens dat sy as hier geplaas word. Verskeie bekende mense in Griekwa-rugby was teenwoordig. Des Schonegevel, wat vir die Griekwas en die Vrystaat krieket gespeel het, het gesê Kirkpatrick was ook ’n kranige
krieketspeler. Ronnie Bauser, gewese president van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie, het gesê Kirkpatrick het die eerste keer in 1950 vir die Griekwas gespeel. In 1951 het Bauser hom by Kirkpatrick in die span aangesluit. Kirkpatrick het 40 wedstryde vir die Griekwas gespeel voordat hy na Bloemfontein verhuis het. Hy het ook vir die Vrystaat gespeel en het in 12 toetse vir die Springbokke gespeel. In 1962 het hy na Kimberley teruggekeer waar hy die Griekwas afrig het. Onder hom het hulle drie keer die destydse Sport Pienaar-bekerreeks voor die 1970-Curriebekerreeks gewen.
NK-son word benut André Botha DIE wind het liggies aan die groot markiestent op Doornfontein gepluk net om mense daaraan te herinner dat die son nie die enigste bron van energie in die Noord-Kaap is nie. Dié geleentheid was die amptelike opening van Doornfontein Solar Power, die sonkragaanleg ’n stuk of 20 km buite Kimberley aan die N12 noorde toe. Die aanleg het al in Desember begin om elektrisiteit na Eskom se netwerk in te voer. Doornfontein se
suster-sonkragaanleg, De Aar Solar Park, is Woensdag amptelik geopen. Dit is van die eerste sonaanlegte in die Noord-Kaap met ritse meer wat nog kom. Verskeie windkragaanlegte gaan ook binnekort deel van die horison van die Noord-Kaapse vlaktes word. Sylvia Lucas, premier van die NoordKaap, het gesê deur die groen-ekonomiewaardeketting word werkgeleenthede geskep en armoede verlig. “Dit is die pad wat ons as ’n provinsie en ’n land volg en ons is dankbaar dat julle
(die ontwikkelaars) die tegnologie en finansiële hulpbronne vir beleggings in die sonenergie-projekte aan ons provinsie toegewys het.” ’n Aantal groenwerkgeleenthede is reeds deur dié projekte in die provinsie geskep en dra by tot die skoon energie wat in die nasionale kragnetwerk ingevoer word. Die Noord-Kaap het oorvloedige herwinbare energiebronne. Die provinsie is die beste geleë en strategies gereed vir ’n aantal son- en windkragaanlegte, het sy gesê. Mark Pickering, hoofbestuurder van Doornfontein, het gesê die vinnig groeiende energiesektor in die Noord-Kaap is gefokus op sonkrag en sal na verwagting “massiewe beleggings” trek. Die Doornfonteinprojek het nou met sy leeftyd van 20 jaar begin en daarmee saam het sy maatskaplikekonomiese ontwikkelingsprogram begin. Dit sal ’n positiewe impak hê op gemeenskappe in ’n radius van 50 km van die aanleg af. Die grootste deel van die programbegroting sal aan onderwys toegewys word. “Onderwys en opleiding is noodsaaklik om die potensiaal van die nuwe bedryf te ontsluit en om Suid-Afrika se oorvloedige sonkraghulpbron ten beste te benut.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014 SATERDAG 31 MEI Die NG kerk Harmonie in Monumenthoogte hou op 31 Mei basaar en Piet Smit tree die Saterdagaand daar op. Die doel van die optrede is om geld vir ’n eerstejaarsendeling van die Africa 4 Jesus Disciple School (A4J) in te samel. Toegang tot die geleentheid is gratis. Smit stel dan ook sy nuwe CD, Eerste liefde, bekend wat vol bemoedigende woorde en liefde vir God is. Hy lui hiermee ook die Pinksterweek in wat op Sondag 1 Junie begin. Smit tree die Sondagoggend in die erediens van die NG kerk Dutoitspan (in Beaconsfield) op. Almal word na die geleentheid genooi. ) Die NG kerk Kimberley (Newton) bied in aanloop tot die basaarfees op Saterdag 31 Mei van 12:00 af ’n potjiekoskompetisie aan. Die inskryfgeld is R50 per pot. Kom wys die inwoners van die Diamantstad wie die potjiekoskoning van Kimberley is. Daarmee saam vind ’n skattejag plaas. Die inskryfgeld hiervoor is R100 per voertuig met ’n span van vier mense. Dit is gegrond op die Amazing Race-konsep en die span moet leidrade (skatte) in Kimberley gaan soek. Dit begin om 13:00 by die kerk en dit eindig ook by die kerk. Die inskryfvorms is by die kerkkantoor beskikbaar of kan op die webwerf by www.ngkerkkimberley.co.za afgelaai word.
Burger ’n GW-bielie Unique Jacobs
Bel Retha Nagel of die kerkkantoor by 053-832-2511. Vrydag 6 Junie Die NG kerk Kimberley (Newton) bied ’n basaarfees en motorskou op Vrydag 6 Junie van 12:00 af en op Saterdag 7 Junie van 08:00 af op die kerkterrein op die hoek van Longstraat en Blackstraat in Kimberley aan. ’n Groot verskeidenheid smulgoed word te eet en te drink aangebied, asook hope vermaak vir die kinders met skyfskiet en springkastele en ’n musiekverhoog. Kom ondersteun die gemeente en kom kyk na al die veteraanen hitsmotors wat uitgestal gaan word. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
Save energy in the kitchen WHEN it comes to saving energy in your kitchen, even the choice of a fridge is important, says the team at Droogfontein Solar Power. ) Choose a refrigerator of a size based on the needs of your family. ) Keep in mind that a refrigerator uses energy most efficiently when it is full.
) However, do not overload your fridge; too many products in your fridge will lower the quality of the food. ) Get into the habit of removing and replacing several articles at once, you will reduce the loss of cold air by opening the fridge less.
BURGER SCHOEMAN, die Griekwas-losvoorspeler, was die afgelope tyd een van die Poubloues se staatmakers nadat hy weens ’n besering van die agtsteman, Leon Karemaker, ’n kans gekry het om te speel. Die 25-jarige speler, wat al voor skool rugby in hul agterplaas begin speel het, is die speler oor wie Noordkaap vandeesweek meer uitgevind het. Schoeman is van die Paarl en was ’n leerling aan die Hoër Landbouskool Boland. Voordat hy hom by die Griekwas aangesluit het, het hy ook vir die Westelike Provinsie se o.19en o.21-spanne gespeel. Die ongelooflike koue in die winter en die ontsettende hitte in die somer was vir hom die grootste aanpassing in Kimberley. Die oud-Bokkaptein Corné Krige is Schoeman se rolmodel vir sy kanniedood-houding. Hy wil altyd tot die beste van sy vermoë speel en dus was dit een van sy laagtepunte om in 2013 uit die Curriebekerreeks geskop
BURGER SCHOEMAN te word. Sy hoogtepunt op die veld is wanneer hy in elke wedstryd sy bes doen en die span daarby baatvind. Die Vodacombeker-eindstryd teen die
HERWIN en leef groener. Mense wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil begin leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en in te handig. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke,
plastiekbottels en papier kan Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia,
3for
per box
25
R
Banana Mini Box 1.5kg
Goue Leeus was só ’n wedstryd. Die Griekwas het oor die Leeus geseëvier en Schoeman se bydrae het aan hom die speler van die wedstryd-titel besorg.
Blackstraat, New Park. Vra vir landsdiens. Glasware, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae hierheen gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glasware, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
1990 Orange Pocket 6kg
BUY ALL FOR
5for
20
R
+
20
R
19
R
1 x Soup Pack and 2 x Knorr Regular Packet Soup
Avocado’s
30
Foto: Emile Hendricks
Herwin materiaal, leef groener
1790
R
3
each
Clover Milk 2l t "TTPSUFE
t "TTPSUFE
4990 per kg
Lean Beef Mince
4990 per kg
Stewing Beef 34
4890 per kg
Pork Pack
per kg
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
64
90
35
R
per pack
Rainbow 4 Drums + 4 Thighs 1.5kg
per kg
Lamb Stew
shop anyw y h w e, lu va ch u m o s h it W
here else?
or we’ll BEAT it* Lowest Price Guaranteed OBLEM! PR Exchange or Return - NO e! why shop anywhere els , UE VAL CH MU SO h Wit for terms and conditions
119
R
per pack
Great Value Frozen Chicken Drumsticks 5kg
Prices valid 28 MAY - 1 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kimberley store only.
*See www.game.co.za
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
GW kan nog nie gaan rus DIÉ naweek begin ’n reeks wedstryde wat vir die Griekwas eintlik nog belangriker as die Vodacombeker-eindstryd is. Dit is die reeks kwalifiserende wedstryde vir ’n plek in die Premierliga van die Curriebekerreeks. Dié kwalifiserende ronde is op die aandrang van die unies in die Eerste Liga. Dit was hul voorwaarde om daartoe in te stem dat die Premierliga weer na agt spanne uitgebrei word. Dit is verstaanbaar dat dié unies ’n kans wil kry om ook vir die Premierliga te kwalifiseer. Maar hulle kry wél die kans om te kwalifiseer – deur die Eerste Liga en dan promosie-relegasiewedstryde te wen. ’n Vraagteken moet dus geplaas
word oor die nut daarvan om hoegenaamd sulke wedstryde te laat speel. Die Kings, wat vanjaar nie eens die kwarteindronde van die Vodacombeker-reeks kon haal nie, het boonop ’n vrypas tot die Premierliga gekry. Hulle is vir twee jaar van ’n plek verseker ongeag hoe hulle vaar. Daaraan is egter nou niks te doen nie. Die Griekwas is gewis verreweg die gunsteling-span om die uitspeelronde te wen, veral ná die briljante wyse waarop hulle die Vodacombekereindstryd gewen het. Die eerste wedstryd in die reeks wedstryde die naweek is teen Grens se Bulldogs. Kimberley en die Noord-Kaap staan bankvas agter die span.
Ter nagedagtenis aan gestorwenes DIE Honoured Dead Memorial is gebou ter nagedagtenis aan die manne wat in die Beleg van Kimberley in die AngloBoereoorlog dood is. Die beleg was van 14 Oktober 1899 tot 15 Januarie 1900. Die monu ment was Cecil John Rhodes se idee en hy het dit reeds in 1899 kort ná die begin van die beleg voorge stel. Dit is deur sir Herbert Baker ontwerp wat later ook die Uniegebou in Pretoria en verskeie ander bekende SuidAfrikaanse geboue ontwerp het. Die ontwerp is op ’n Nereidtempel gegrond wat in die 1840’s in Xanthos in die huidige Turkye ontdek is. Dit is met sandsteenblokke, afkomstig van die Matopoheuwels in die huidige Zimbabwe, gebou. Rhodes het self nooit die voltooide monument ge sien nie. Dit is in 1904, twee jaar ná sy dood, voltooi. Die bronsplate aan die kante van die monument is deur John Lockwood Kipling, die pa van die Engelse skrywer en digter Rudyard Kipling, ontwerp. Laasgenoemde het ook die inskrywing aan die westekant opgestel. Die monument is op Memorial Hill gebou, destyds die hoogste punt in Kimberley. Aan die suidekant van die monument is die Long Cecilkanon, ontwerp deur George Frederick Labram na wie Labramstraat genoem is. Van die 57 soldate wat in die beleg dood is, is 27 se lyke in ’n kluis onder die monument geplaas voordat dit voltooi is. Die res is in die Gladstonebegraafplaas begrawe. Op die ou foto kan die Joodse sinagoge aan die regterkant op die agtergrond gesien word, met Kimberley Boys’ High se gebou aan die linkerkant. Op die nuwe foto is die Hoërskool Diamantveld se paviljoen aan die regterkant te sien. Sowel die monu ment as die kanon is op 7 Maart 1986 tot nasionale monumente verklaar. Foto’s: André Botha en Africana-biblioteek
Haarkapper sy sout werd Hannes Nöeth SOMS moet ’n mens nie ernstig wees nie. Só, lag die week net saam met my oor my gesukkel in Gauteng. Om te verhuis bring bepaalde uitdagings. Party dinge in so ’n verhuisingsproses is maklik, ander weer onbeskryflik moeilik, soos om jou adres te verander. By party plekke bel ’n mens sommer net en alles word telefonies verander – volgende maand daag jou brief by die regte plek op. Jy besef gou die administrasie in verskillende kantore is nie altyd ewe goed nie. Administratiewe werk en tyd wat eindeloos verspil word. Maar dit is nog niks nie. Die moeilikste tot dusver was om ’n haarkapper te vind. Kyk, jy moet ander dokters soek en ’n tandarts en nuwe banktakke en so kan ek aanhou, maar die uitdaging is om iemand te kry wat jou hare sny soos jy daaraan gewoond is. Kom ek vertel julle van my eerste drie pogings. Poging 1: Jammer, Meneer, jy het nie ’n afspraak nie. Ek het oor tien dae vir jou plek. Omstandighede gemeet besef ek teen
daardie tyd sal ek vir ’n rol in Groet die Grotman kwalifiseer. Ek wys dit van die hand. Mans sny nie hare op afspraak nie. Poging 2: Ja, hulle kan my dadelik help. Geen probleem nie. Ek wou net hare sny. Nou word ek gewas en ge-sjampoe en gevroetel en geknip-knip. Die haarsny sny my uit drie afsprake uit en die rekening laat my dit oorweeg om om finansiering aansoek te doen. Poging 3: Die outjie lyk vir my asof hy die ding gaan doen. Ek sit en hy trek weg. Eish! Hier sit ’n Vrystaatse boerseun en verduidelik vir ’n Algeriese barbier hoe sy baard gesny moet word. As ek sê stop, voel dit vir my hy hoor go, want dan knip hy nog drie duim korter en hou net aan en aan. Later besef ek ek is nou aan die man se genade uitgelewer. So, ná vyf maande in Gauteng, sal iemand asseblief vir oom Neels gaan sê ek mis hom?
Van moontlikheid tot werklikheid Karin Muller EEN van die hoërskole in die gemeenskap het ’n Latynse leuse – A Posse Ad Esse – wat “van moontlikheid tot werklikheid” beteken. Ek het onlangs besef die hedendaagse mens het ook ’n leuse: Van luuksheid tot noodsaaklikheid. ’n Ruk gelede het ons vir ’n sporttoernooi Welkom toe gery. Vir diegene wat Welkom die eerste keer sien – die geheim is om die regte dubbelpad en die regte sirkel te kry. Dit is moeiliker as wat ’n mens dink, want in ons huis is ’n GPS ’n luukse. Ná die derde dubbelpad en die vierde sirkel, met humeure wat opvlam, omdat die kajuitliggie van die motor nie voldoende lig op die gekreukelde padkaart werp nie, het ons begin wonder of ’n GPS nie dalk minder ’n luukse en meer ’n noodsaaklike geword het nie. Sondagoggend is alle geesdrif gedemp toe die pluimbalsaal in Thabong buite Welkom weens ’n kragonderbreking in duisternis gehul is. Almal het oor ’n plan B bespiegel.
Verkieslik moes plan B nuwe tegnologie insluit. Nadat verskeie uitweë oorweeg is, het ons koers na Hennenman se pluimbalsaal gekies. Ons het die nette opgeslaan en die toernooi voortgesit asof dit oorspronklik in Hennenman begin het. ’n Paar naweke later het ons ons vir nog ’n pluimbaltoernooi in Bloemfontein bevind. Sondagaand was die eindstryde in volle gang. En skielik: duisternis. Ek het dadelik gewonder na hoeveel omliggende dorpies 42 spanne geskuif sal kan word en of daar ’n mark vir glow-in-thedark-pluime en -rakette is. Op ’n eenmaal-in-’n-leeftyd-verkoping het Manlief die vorige dag ’n GPS gekoop. Nadat die elektroniese boksie ons ná die toernooi tot in die huis se oprit gebring het, het ek besef die skool se Latynse leuse laat selfs in die aanskaf van nuwe tegnologie waarheid steek. Ek het net geglimlag en gevra: “Van moontlikheid tot werklikheid, nè, Manlief?” Hy het fronsend na my gekyk terwyl ek gevoel het hoe my twee tieners agter in die motor vir mekaar glimlag.
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
5
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
Ons draai die horlosie terug 12 9
3 6
vir jou e-tollrekening REGISTREER
Ons het die afslag wat betrekking het op transaksies nadat die grasietydperk verstreke is, verleng vir fakture tussen 3 Des 2013 en 28 Feb 2014. As jy ‘n e-tollrekening registreer en die uitstaande balans voor 1 Julie 2014 skik, sal jy slegs die standaardtarief vir hierdie transaksies betaal.
Bel: 0800 SANRAL (726 725) Of e-pos: info@sa-etoll.co.za vir jou skikkingsbedrag. Die aanbod geld ook vir diegene wat reeds die alternatiewe tarief betaal het vir die tydperk 3 Des 2013 tot 28 Feb 2014. ‘n Aanvanklike betaling van R50 word benodig vir elke registrasie www.sanral.co.za info@sa-etoll.co.za 0800 SANRAL (726725) Bepalings en voorwardes geld.
SKIK
3260AFR
6
en
SPAAR
tot
66,67
%
op jou uitstaande
e-tollrekening
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
Kry medaljes vir skaak DIÉ skaakspelers het op die interprovinsia le toernooi wat op 10 en 11 Mei in Kimberley gehou is, medaljes ontvang. Van links is Mi chael Krügel (silwer, o.12), Emilio Botes (brons, o.12) en Dean Krügel (brons, o.18) saam met hul afrigter, Pierre de Smidt van die Skaakmeestersakademie in Kimberley. Foto: Verskaf
Foto: Ina Olivier
2 EGGS, BACON STEAK, GRILLED TOMATO, SMALL CHIPS AND TOAST
CE
R21.90
RA LEB TI
21
NG
SES redenaars van die Hoërskool Dia mantveld het op Sa terdag 17 Mei aan die halfeindronde van die ATKVrede naarskompetisie deelgeneem. Die NoordKaap se uit dunronde is by die Hoërskool Noord Kaap aangebied. Charl Smit (gr. 9) het die junior hoër skoolafdeling ge wen en dring dus as provinsiale wenner deur na die eindron de wat in Augustus by KleinKariba ge hou sal word. Dit is die derde agtereen volgende jaar dat Smit tot die nasio nale ronde deur dring. Van die ses (drie juniors en drie seniors) was Deon du Plessis, Clarissa Claasen (senior hoërskoolafdeling) en Alecia Brits (ju nior hoërskoolafde ling) van die topvyf in die provinsie. Hier is van links, voor: Clarissa Claasen (gr. 11), Alecia Brits (gr. 8) en Corni Coet zee (gr. 9); agter: De on du Plessis (gr. 12), Charl Smit (gr. 9) en Mari Brey tenbach (gr. 11).
SUPER SAVERS BREAKFAST
YEARS
MAXI’S KIMBERLY 053 832 7111 TERMS AND CONDITIONS APPLY
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
PROMOSIE
Kry gehaltemeubels hiér MET ’n klein begin het Lotters Pine sy eerste winkel in 1969 in die Pretoria-middestad geopen. Hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy het heelwat takke met die oog om nog takke in die nabye toekoms te open. Hul groot reeks gehalte-meubels kan gekleur of in verftegnieke met verskeie kleure afgewerk word. Hul doel is om uitstekende diens aan klante te lewer en die onderneming het ’n groot hoeveelheid voorraad vir spoedige aflewering. Die Kimberley-tak is nou oop om Kimber-
ley, sowel as die hele Noord-Kaap, te bedien. Vanaf die fabriek tot in jou huis teen die beste pryse. Kom kyk na hul verskeidenheid meubels – van die kombuis tot die slaapkamer, van die eetkamer tot die leefvertrek. Hul reeks kindermeubels is ’n moet om te sien. Kom ervaar die gasvryheid van die eienaars, Dries en Juliana Cilliers, by Lotters Pine Kimberley in Longstraat 100, Albertynshof, Kimberley. Besoek hulle vir al jou meubel-benodigdhede. Wat hulle nie het nie, is nie die moeite werd om te hê nie.
DIE personeellede van De Wet Carpets. Van links is Floors Daries, Leslie Viewe, Jac ques Malan, George Simons, Gladstone Tyuthulo en Lionell Mathe. Foto: Verskaf
Saak ’n staatmaker DANIE EN VERONICA DE WET het De Wet Carpets vir ongeveer 20 jaar besit en bestuur. Die besigheid was eers in Permweg naby die stadsaal geleë. Jacques Malan het die besigheid by Danie en Veronica gekoop en is al sedert 1 Oktober 2007 die eienaar. Malan het die besigheid tot in 2011 uit die ou gebou bedryf waarna hulle na Bobby’s Walk in Longstraat verskuif het.
Hulle is ses personeellede saam met Malan. Hulle doen volvloer- en los matte, houtvloere, blindings, muurpapier, kunsgras en ook die skoonmaak, herstel en omsoom van matte. Hulle werk oor die Noord-Kaap heen en ook in dele van Noordwes, onder meer Vryburg, Schweizer Reneke, De Aar, Kuruman, Kathu, Hartswater en Jan Kempdorp.
DRIES EN JULIANA CILLIERS voor hul winkel in Kimberley.
www.noordkaap.co.za
Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
9
Samel geld vir Hospice in TECARA WOODBRIDGE, ’n tweedejaarstudent in mens like bewegingskunde aan die Universiteit van die Vrystaat, het saam met haar familie R84 000 vir Hospice ingesa mel. Dié geldinsameling is deel van die joolgemeen skapsdiens se fonds. Van links is, voor: Marilyn Burrow (bestuurder van Hospice), Woodbridge en haar sussie Reagan; agter: Venessa Woodbridge (hul ma) en Bon ny Sonnenberg (hul ouma). Foto: Lecrecia Prins
PROMOSIE
Hier word kleur gepraat By wetgewer ingehuldig JUANITA BEUKES (links) is as adjunkspeaker van die Noord Kaapse wetgewer ingehuldig. Langs haar is Sylvia Lucas (pre mier) en Wentzel Katjara (’n !Khweprins). Foto’s: Emile Hendricks
LINKS: Sowat 30 wetgewerle de is verlede Woensdag inge huldig en Sylvia Lucas is weer as premier van die NoordKaap aangewys. Hier word Lucas deur regter Cecile Williams in gehuldig.
WEGGESTEEK in die besige Phakamile Mabija-straat is ’n klein verfwinkel. Dit is soos ’n goeie geheim, maar as jy die dag by die winkel instap, ontmoet jy die vriendelikste mense in die dorp. Dulux Paint Centre bestaan al sedert 2005 en is steeds op dieselfde perseel. Daar is Johan Venter, Mnr. Dulux, altyd met ’n glimlag, reg om jou te help met hoeveel verf jy gaan nodig hê vir daardie pienk muur wat jy verlede week gedink het hoogmode is, maar vandag besef het die grootste fout was. Langs hom sal jy sy rabbedoepersoonlike assistent, winkelbestuurder, ag, sommer als in een, aantref. ’n Bietjie van ’n maltrap, maar altyd reg om te help met ’n kleurskema of nuwe idees vir jou huis of kantoor. Verrassing bo verrassing: Sy is ’n vrou, maar kan ’n man ’n ding of twee oor verf leer.
Hier is ’n mengelmoes van idees, en nuwe gedagtes oor ’n ou, vaal muur word die gegons van die dag. Hier kom jy in vir raad en sommer ’n lekker geselsie. Hier word ’n kliënt ’n vriend. Hier praat ons oor nuwe kleuridees; hoe om ’n klein vertrek ruimte te gee; hoe om die pleister wat van die muur afval, reg te maak en nie miljoene rande te bestee nie. Hier kom jy in wanneer jy ’n babakamer vir jou klein pienkvoet verf, en ons groei saam met daardie pienkvoet na vreemde kleurskemas in sy kamer. Hier kom jy met jou nuwe huisplan en nuwe teëls en ons gee jou huis kleur en maak dit jou woning. Dit is ’n gedugte span waarvan almal al lank by dié klein verfwinkel werk. Hier, in die KimberleyNoord-hoekie weggesteek, sal jy goeie diens, merkwaardige produkte en ietsie ekstra ontdek.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
PROMOTION
Roman’s Kby thriving ROMAN’S PIZZA has brought the Kimberley community the convenience of a second branch, which is situated at the Caltex Complex on the N12. “Without our loyal customers, our business would not exist. Thank you to all of you for your continuous support,” says Kathrine Roux, owner and manager. Roman’s Pizza Kimberley has managed a placement of second runner-up for marketer of the year 2014 – a huge achievement and something all other franchisees strive for, which includes getting stuck in on a community basis and giving back: A trait Roman’s Pizza as a brand is exceptionally proud of.
Marketer of the year includes being brand orientated in terms of conducting local marketing and creating a strong presence within the direct community. It also includes putting profits back in the store which in turn can only increase service and operating procedures. Roux is not only committed to the brand, but also focuses on customer service and quality of product. More importantly, she runs her successful business with passion and pride. She is 100% involved in the operation of the store and by being hands-on, her customers can always put a face to a name.
TINIE LANGENHOVEN, die voorsitter van die basaarkomitee van Ritchie, het self ’n koek gebak wat vir meer as R7 600 opgeveil is. Foto: Verskaf
Man se bak plan laat die rande inrol Karin Muller HOE gemaak as daar nie genoeg grootkoeke is om op die basaar se koektafel te verkoop nie? Die gemeente van die NG kerk Modderrivier-Ritchie het voor hierdie dilemma te staan gekom. Nadat daar gewik en weeg is, hierdie kant toe en daardie kant toe gedink is, het Tinie Langenhoven, die voorsitter van die basaarkomitee, met ’n plan vorendag gekom. “Ek sal ’n groot tweelaag-koek bak en dit in die middel van die koektafel staan maak om tydens die basaar op te veil,” het hy voorgestel. “Ek sal meer geld insamel met hierdie een grootkoek as wat julle vrouelidmate met al die grootkoeke saam sal kan insamel,” het hy hulle uitgedaag. Sy vrou het haar aan die kant van die vrouelidmate geskaar en geweier om hom te help om sy belofte uit te voer. Die dag van die basaar het aangebreek. Langenhoven het douvoordag aan die werk gespring en geklits en geproe en gebak. Nadat ’n berg skottelgoed in die wasbak opgestapel het en die kombuistafel met leë eierdoppe en blikkies kondensmelk besaai was, was sy handewerk suksesvol afgehandel. Heerlike karamel het van die smaaklike tweelaag-koek wat spoggerig in die middel van die koektafel gestaan het, gedrup. Daarby was ’n naamkaartjie waarop
“Tinie se koek” geskryf was. Teen 12:00 het die veiling begin. Mense het nuuskierig, maar skepties, nader gestaan. Die aanvangsbod was R100. In die gees van geldinsameling is die een bod ná die ander ingesit. Eindelik het net ’n handjievol mense oorgebly wat geesdriftig bly bie het. Die vier bittereinders het die prys bly opjaag. Oë het gerek. Verbasing was oral op die gesigte te bespeur. Die tweelaag-koek het trots op die tafel gepronk – asof dit geweet het waaroor die opgewondenheid gaan. Die bieëry het baie langer aangehou as wat enigiemand sou kon voorspel. Eindelik is die bod op Albertus de Wet toegeslaan. Selfs al was dit ’n debuut-koekveiling, is ’n rekordprys van R7 600 behaal. De Wet vertel glimlaggend waarom hy, saam met drie ander mans, bereid was om hierdie bedrag vir een tweelaag-koek te betaal. “Om geld vir ’n gemeente in te samel is altyd ’n enorme uitdaging. Dit gaan vir ’n goeie doel en is ’n groot voorreg. Die drie ander mans het hul deel betaal en ek het met vrymoedigheid die koek met hulle gedeel. “Dit was heerlik om vir die skoner geslag te wys dat ons mans nie net kan bak nie, maar ook ’n buitengewone bydrae tot die basaar se koektafel kan lewer.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
11
Staan ’n bietjie stil Elsona Steyn
Mis(troos)tige prentjie ná reën KIMBERLIETE is verlede Woensdag met digte mis begroet wat tot ná 08:00 oor die stad gehang het. Dít het gekom nadat dit in die stad gereën het. Hier is die Honoured Dead Memorial skaars sigbaar in die mis. Foto: Emile Hendricks
PROMOSIE
STUDENTE van die NoordKaapse Stedelike Kollege vir Voortgesette Onderwys en Op leiding in Kimberley berei hulle vir die eksa men voor. Foto: Verskaf
Kollege toon steeds groei DIE Noord-Kaapse Stedelike Kollege vir Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO) sal voortaan bekend staan as die NoordKaapse Stedelike Kollege vir Tegniese en Beroepsonderwys en Opleiding. Die kollege het die afgelope paar jaar ongekende groei beleef en bars uit sy nate. Daar is twee kampusse in Kimberley: die Stads- en Moremogolo-kampus. Daar is reeds met die ontwikkeling van ’n derde kampus in Kimberley begin. Die studente kom van oor die land heen en selfs van buite die landsgrense. Die kollege is as ’n opleidingsdiensverskaffer by Umalusi geakkrediteer en is ook ISO 9001:2008 gesertifiseerd en het ’n NOSA-vierster-gradering. Die kollege het verskeie departemente: sake- en ingenieurstudie, asook ’n inligtingstegnologie- en vaardigheidsdepartement. Die beroepsgerigte matriek is baie gewild en leerlinge besef deesdae dat dit voordelig is om op skoolvlak reeds ’n vaardigheid aan te leer. Goed toegeruste werkswinkels bied aan studente die ontwikkeling-vaardighede wat hulle vir die toekoms bekwaam. Die besigheidsadministrasie-departement funksioneer ten volle met verskeie leerlingskapprojekte soos vroeë kleuterontwikkeling en ’n haarkappery. ’n Verdere aspek wat die kollege laat uitstyg, is die goed toegeruste studente-ondersteuningsentrums. Heeltydse, opgeleide personeel beman hierdie sentrums en verskaf moderne, holistiese ondersteuning aan studente. Die kollege is te alle tye daarop toegespits om studente met die beste opleiding en vaardighede vir hul toekoms toe te rus. Hierdie hoë standaarde is nie onderhandelbaar nie. Die kollege lewer nou al vir meer as ’n eeu ’n diens aan die Noord-Kaapse gemeenskap. As ’n mens oor die jare heen terugkyk, het dit net van krag tot krag gegaan en met so ’n geskiedenis sal die kollege daarna streef om altyd net beter te doen.
OP ’n drafstap gryp jy jou cappucino en croissant by die vrou agter die toonbank en op pad deur toe loer jy blitsig na die koerante op die winkelrak. Foto’s van die afgelope naweek se gebeure tref jou oog, asook die vetgedrukte woorde “Stormers klop Cheetahs”, “verkragting” en “stygende voedselpryse”. Jy gryp die koerant naaste aan die toonbank, stop die muntstuk in die kassier se hand en storm uit. Die koerant sal moet wag, miskien kry jy later ’n tydjie om gou daarna te loer. Ons lewe in ’n wêreld waar tyd ’n luukse geword het. Mense wil vinnig by die werk kom, vinnig kommunikeer en nog vinniger inligting kry. Almal is ongeduldig. By die supermark lyk klante vies omdat hulle by die betaalpunt moet wag. By die apteek staan mense sugtend en kyk hoe die assistent sonder haas hul pille aftel. By die dokter sit pasiënte op die punt van hul stoele terwyl hulle op hul horlosies kyk en kopskuddend deur ou tydskrifte blaai. Hoe meer haas, hoe minder spoed. Aan die einde van die vyfde maand van vanjaar staan ons vir ’n oomblik stil om uitasem die wysie wat ons onsself aan die begin van dié jaar voorgeneem het om te
volg, te fluit. Die melodie is haas vergete en die meeste van ons sing reeds ’n ander deuntjie. “Gelukkig is die jaar nog jonk,” maak ons onsself wys, gordel ons vas en haastig-haastig vat ons ’n nuwe pad. “Hou links, ek wil verbykom,” brom-brom ons mensmasjien. Waarheen jaag ons? Van wat probeer ons so desperaat wegkom? Waar dink ons is die plek waar alles is waarna ons soek? As ek om my kyk, sien ek hoeveel mense in hul gemoed verdwaal is; hoe baie na geloof, hoop en liefde soek. Die natuur het egter ’n manier om ons aan die stilword-tye in die lewe te herinner. Met die winter op hande, is dit asof die natuur ons gedagtes opnuut op die siklus van lewe – ’n siklus van groei en rus – wil fokus. Tog luister ons min na die stem van die natuur. Ons leef vinnig en raak min stil. Rus is ons nie beskore nie. Tyd kan nie opgegaar, herwin of gebêre word nie. Tyd kan nie aan- of afgeskakel word nie. Dit kan ook nie gekoop word nie. Tyd kan slegs benut of vermors word. Die mooi van die lewe glip by ons verby – daar is nie meer tyd vir naasteliefde nie, net tyd vir jaag om daagliks te doen wat onsself behaag. Ons sweet en ons swoeg, van vroeg tot doodmoeg.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
13
MOTORS
‘Een vir jou, een vir my . . .’
Patrol pure plaasjapie Dirk Jordaan AS die Nissan Patrol ’n mens was, was hy allermins ’n modebewuste stadsbewoner. Dan was hy ’n boer en plaasjapie. Sy nuutste weergawe volg egter tog die nuwe modegier: van enjins wat kleiner word, maar turbo-aanjaers kry om hul kraglewering te verhoog. Glo dit as jy wil, Nissan se staatmaker is al 60 jaar met ons – al is dit nou nie heeltyd in Suid-Afrika nie. Manne wat ruwe terrein met Patrols aanpak, sweer by dié fris knaap. Hy staan ook uit as trekvoertuig. Nie van jou gemiddelde Ventertjie nie, maar van vet woonwaens en groot sleepwaens vol skape. Die Patrol-bakkie is net met ’n dieselenjin beskikbaar; wat boonop vir 2014 van 4,2 liter tot 3 liter gekrimp het. Sy tussenverkoelde turbo en nuwe brandstofinspuiting lig die werkverrigting van 90 kW tot 110 kW en sy wringkrag van 282 Nm tot 371 Nm. En, soos dit deesdae maar werk, is sy brandstofverbruik aansienlik beter as sy voorganger s’n. Dit is nou maar die wonder van tegnologie. Dit is selfs lekker om onder sy enjinkap in te loer, want jy sien die turbo se verkoeler plat bo-op die enjin lê. Die interessantste aspek van die nuwe enjin is egter hoe hy daardie krag lewer. Dit is nooit nodig om die toere op te jaag nie, want die viersilinder-ZD30DDTi-enjin lewer sy beste krag teen taamlik lae omwentelings. Maar jy kan byna nie agterkom daar is ’n turbo onder daardie breë bors nie. Hy “skop” nie skielik iewers in of laat die enjin vinniger draai nie. Hy doen sy ding reg van die begin en oor die hele toerestrek. Die enjin voel presies soos ’n veel groter, normale dieseloond en glad nie of hy aangejaag is nie. Hy gaan sy werk presies soos sy voorganger doen. Waarskynlik net beter. En haak jy eers vyfde rat, sal hy teen veel vinniger as die snelweg-spoedgrens loop. Volgens die vervaardiger behoort hy ’n gemiddelde brandstofverbruik van sowat 10,9 liter/100 km te gee (9,2 km/liter), maar net as hy nie gelaai is nie en jy jou in toom hou. Dié syfer het die boere op die Nampo-oesdag by Bothaville wat by Nissan se stalletjie verbygestap het, erg beïndruk en ook dat die nuwe Patrol met “skoon” én “vuil” diesel volgemaak kan word en 1 050 kg op sy laaibak pas. Die bakkie het ’n tweede brandstoftenk as standaardtoerusting wat deur sy eie gat hervul word en sy eie meter op die paneelbord het. Jy skakel met ’n knop oor van die een tenk na die ander. Die gekombineerde inhoud is 175 liter – goeie nuus vir manne wat nie elke tweede dag wil inry dorp toe om te gaan volmaak nie. Nog standaardkenmerke sluit in sluitwerende remme, lugsakke aan albei kante, lugversorging, kragstuur, elektries beheerde ruite en ’n verstelbare stuurwiel. Dit klink luuks, maar die kajuit is steeds eenvoudig en funksioneel. Die Patrol het tradisionele 4x4-aandrywing – met ander woorde agterwiel-aandrywing en ’n tweede, kort ratkierie waarmee jy die voorwiele en sy donkierat aktiveer. Jy moet self nog uitklim en die wielnawe met die hand gaan sluit. En hy het ’n sluit-ewenaar agter gekry. Die agterwiele is effe wyer van mekaar geplant as voorheen, wat hom selfs beter in sand laat vastrap. Sy wiele het ook breër gegroei tot by 265-bande op 16 duim-vellings. Albei dié kenmerke verbeter sy ritgehalte. Die Patrol, wat kronkelvere voor het en bladvere agter, is op agterpaaie in die Vrystaat getoets. Op teer kan ’n mens voel sy vering is styf, soos dit ’n plaasbakkie en 4x4 betaam. Die ritgehalte is ferm maar gemaklik. Op sinkplaatpaaie word riffels uitgestryk en geen slaggat veroorsaak dat die vering deurstamp nie. Oom Koos hoef dus nie sy valstande uit te haal nie.
JY kan die bakkie optooi om nog verder en dieper die bosse in te vaar. Foto: Verskaf
BENEWENS die neus en lighulse agter sal hier en daar nog ’n klompie nuwighede hul opwagting in die komende model maak, sê Toyota. Foto: Verskaf
Yaris lyk nou ‘omgekrap’ TOYOTA het besluit om ons net so ’n voorsmakie te gee van wat hy met sy Yaris aanvang. Dié opgeknapte kleintjie in die Toyota-stal sal iewers in die tweede helfte van die jaar hierheen kom. Van buite wil die Japanse vervaardiger die stempel van sy nuwe ontwerptaal (hoe die rygoed lyk) op die Yaris afdruk sodat hy by sy twee groter stalmaats, die Auris en Corolla, pas. Die nuwe Yaris kry ook daardie skerp gesiggie van die ander twee wat hom meer gefokus laat lyk. Dit lyk trouens of die nuweling so ’n lekker hangsnor kry waar die huidige model ’n “vriendeliker” bakkies het met die chroomstrepie tussen die ligte wat hom ’n glimlag gee. Dit is duidelik Toyota wil die Yaris ’n kwaai voorkoms gee, een wat nie maklik misgekyk kan word nie.
Benewens die groot sierrooster, wat alles voorlangs oorheers, is daar ’n kleiner sierrooster bo die “snor” wat die twee lighulse verbind. Die dunner en platter hulse lyk baie soos dié van die Auris en die Corolla en die Toyota-kenteken is lekker opsigtelik in die middel geplaas. Toyota sê veranderings gaan ook aan die agterkant aangebring word en ’n paar toerusting- en veiligheidsaspekte sal onder die loep kom. Meer inligting daaroor sal later bekend gemaak word. Toyota sê die kragbronne bly onveranderd. Dit sluit die 1,0- en 1,3-liter-enjins in, asook dié van die hibriede model. ) Die Yaris se kleiner boetie, die nuwe Aygo (soortgelyk aan Peugeot se 107 en Citroën se C1), sal eers volgende jaar Suid-Afrika toe kom.
DIT lyk na ’n een-vir-my-een-vir-jou-storie wanneer ’n mens die uitslag van die Donaldson-veldrenkampioenskap dophou. Dit is weens ’n titaniese stryd tussen Ford en Toyota met hul Ranger- en Hiluxbakkies in klas T, die topklas van die kampioenskap. Die naweek in Malelane, Mpumalanga, het alles omtrent altyd vir die meeste van die Toyota-spanne reg geloop met ’n eerste en tweede plek en ’n Nissan Navara in die derde plek. In die eerste veldslag van die jaar het Toyota koning gekraai met ’n eerste en tweede plek op die podium en Ford op die onderste trap. In die tweede veldslag het Ford die bordjies verhang met ’n eerste en tweede plek en ’n private Toyota-span in die derde plek. Dit is hoeka die private span van Johan en Werner Horn (Hilux) wat die tweede keer ’n tweede plek behaal het. Die wenvlag die naweek is egter die verdedigende kampioene Anthony Taylor en Dennis Murphy s’n. Die oorblywende podiumplek is ná ’n bestendige ren deur die Atlas Copco-Nissan Navara-jaers, Johan van Staden en Mike Lawrenson, ingeneem. Die amptelike Ford-spanne het gesukkel om goeie wegspringplekke te behaal en die stowwerige paaie waarop stadiger verkeer moeilik verbygesteek word, het sy tol geëis. Toyota se Taylor en Murphy het die voorste plek vroeg in die eerste van die ren se twee rondes oor 175 km elk geërf. Hul spanmaats, Leeroy Poulter en Rob Howie, het uitgeval nadat die wielmoere van ’n voorwiel losgekom het. Die Atlas Copco-Ford Racing-jaers, Manfred Schröder en Japie Badenhorst, was voor die byeenkoms 15 punte voor Toyota se Taylor en Murphy. Die Ford-span het 12de weggespring en ’n sesde plek algeheel en vyfde plek in klas T gehaal wat die kampioenskap nou met albei spanne op 50 punte op ’n mespunt het. ) Die volgende byeenkoms op die Donaldson-veldtydrenkalender is van 27 tot 29 Junie die Toyota-Kalahari-Botswana-1000woestynren.
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
EIENDOMME
TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
TUINWOONSTEL: BELGRAVIA Vir enkelpersoon, kombuis, sit-/slaapkamer, koopkrag, R2 500 p.m. Skakel: 053 832 6378, na 17:00.
BETREKKINGS 3600
TE KOOP ADMINISTRATIEF 3605
ALLERLEI 1655
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL/FAX: 053 832 1951.
ADMIN. DATA CLERKS NEEDED.SMS FULL NAME/ADDRESS TO 0796158070 OR EMAIL hubdata555@gmail.com
SOEK, KOOP, VERKOOP
K E N N I S G E W I N G S
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
HNK speel veld aan die brand Sportredaksie
DIE Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley het die afgelope ruk verskeie welslae op die sportveld behaal. In onlangse netballiga-wedstryde teen die Hoërskool Hartswater het net die o.16A-netbalspan van Northerns (11-17) vasgeval, met die o.14A’s (13-11), o.15A’s (27-13), o.17A’s (38-5) en o.19A’s (37-16) wat aan die wenkant was. Vroeër het Northerns se netbalspanne ook in liga-wedstryde teen hul eweknieë van die Hoërskool Diamantveld te staan gekom. Die o.19A-span het met 26-23 geseëvier,
NORTHERNS se Zeena Martin in aksie.
Gertze missed Sports Editor GRIQUAS cricket legend Thomas (Tommy) Gertze has passed away at the age of 67. He was one of four Griqualand West cricketers to play in a representative match for a South African Coloured Cricket Association (SACCA) XI against the South African African Cricket Board (SAACB) in 1967. He also played in the inaugural South African Cricket Board of Control (SACBOC) u.23 tournament in 1969. As an all-rounder, he earned a reputation for his explosive batting, never using batting gloves. He was a medium-fast bowler, who generated a lively pace. A talented all-round sportsman he represented Griquas in the SA Rugby Union inter-provincial competition and played soccer for the Wanderers Club. He leaves behind his three daughters, Michelle, Carmen and Iris, and his sister, Beryl Moss.
met die o.17A’s wat met 14-9 teen Diamonds se o.19B-span koning gekraai het. Die oorblywende spanne, die o.16A’s (7-17), o.15A’s (15-20), o.14B’s (8-13) en o.14A’s (8-19), het almal vasgeval. Wat krieket betref, is verskeie van Northerns se spelers benoem vir ’n Galeshewe o.15- en o.19-span wat van 1 tot 5 Julie in Durban aan die Sunfoil-toernooi gaan deelneem. Precious Prophy, Pule Mokwena en JR Oss sal na Durban reis. Vyf van Noord-Kaap se o.17-spelers is ook in ’n oefengroep ingesluit ter voorbereiding vir ’n nasionale o.17-oefenkamp wat later vanjaar in Pretoria aangebied word. Roche Rossouw, Benjamin van Rensburg, Julian Barends, Tristan Traugott en Marco de Kock sal almal na die Jakarandastad reis. Op die hokkieveld het Northerns die afgelope ruk goed gepresteer. HNK se o.19A-meisiespan het onlangs teen hul eweknie van Girls’ High gespeel en hulle met 4-0 geklop. Vroeër het dieselfde span van Northerns in ’n liga-wedstryd teen Diamantveld ook met 4-0 koning gekraai. Op die rugbyveld het Northerns vir Hentie Cilliers met 40-12 ore aangesit, met Hannes Jacobs, Brandon de Melim, Morné Steynmann, Bradley Leijdekkers, Rikus Zwart en Robbie Petzer wat almal punte bygedra het. Die o.16-span het met 8-14 teen Henties verloor, met die o.19B’s wat met 27-5 aan die wenkant Foto: Verskaf was.
Skitter in proewe VERSKEIE rugby spelers van die Hoërskool Dia mantveld in Kim berley is ná proe we gekies om aan die komende Valkerugby week deel te neem. Van links is, voor: Arno Cloete en Wijan Smit; agter: Ja ques Ackerman, Jody Schmidt en Jan Willem van Niekerk. Foto: Ina Olivier
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 28 MEI 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
DIE Vrystaatse sen ter Niel Marais rek vir ’n drie in een van sy span se Voda combekerwedstry de vroeër vanjaar in Bloemfontein teen die SWDArende. Marais is een van drie nuwelinge wat hulle by Griekwas aangesluit het. Foto: Stef Krüger
Drie vir diepte ingespan Gerdie Karstens DIE Vrystaat se Vodacombeker-kaptein, Niel Marais, is een van drie nuwelinge wat hulle Maandag by Griekwas in Kimberley aanmeld. Die Poubloues se Curriebeker-afrigter, Hawies Fourie, het bevestig dat die Vrystaat-senter, sy spanmaat en skrumskakel Abrie Griesel en die Boland-agtsteman Conway Pretorius van begin volgende week hulle saam met die NoordKapenaars vir die komende ronde kwalifiserende wedstryde gaan slyp. Griekwas is pas ’n vyfde keer as Vodacombeker-kampioen gekroon en dit is te verstane dat die bestuurspan nie aan ’n suksesvolle groep wil torring nie. Gevolglik word die klem daarop geplaas om hul diepte aan te vul, eerder as om hoëprofiel-spelers bloot vanweë hul beskikbaarheid te bekom. “Ons benadering is dat ons min wil verander aan dit wat vir ons werk. “Ons vul dus ons diepte aan vir wat ’n rits taai kwalifiserende wedstryde gaan wees. “Niel, Abrie en Conway sal vir die volgende twee maande by ons kans kry, waarna ons weer hul betrokkenheid sal evalueer,” het Fourie gesê. Veral Marais se koms is verblydend.
Met Howard Mnisi wat nog geruime tyd by die Cheetahs betrokke kan wees, bly net Wayne Stevens, Jonathan Francke, PJ Vermeulen en Thabang Molefe in die senter-posisie oor.
“Niel het in die Vodacombeker-reeks vir die Vrystaat gewys dat hy ’n veelsydige speler is wat ook ’n goeie skopvoet het. “Hy kan feitlik enige plek in die agterlyn speel,” het Fourie
bygevoeg. Pretorius se koms is ook daarop gemik om diepte te verskaf, aangesien hy agter Carel Greeff, Burger Schoeman en Leon Karemaker in die ry staan wat agtsteman betref.