Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 11 Junie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Lus vir ’n koppie tee?
KANSA het verlede week sy Cuppa vir Kansaprojek be kend gestel. Dié pro jek samel geld in om ondersteuning te bied aan kinders, tieners en gesinne wat deur kanker ge raak word. Hierdie vrywilligers nooi al mal uit om betrokke te raak. Van links is Magda Vertue, Bo niswa Mohitlhi (CRC), Adri Labu schagne (Gem Events), Minienke du Preez (Niqma Carriers), Anneke Kruger (gasspreker), Therona Potgieter en Debbie Swane poel (CRC). Foto: Emile Hendricks
Kby-fotograaf in hof Lecrecia Prins
VERLEDE week was Kinderbeskermingsweek en terwyl regeringsorganisasies en polisiebeamptes bewusmakingsveldtogte hou om die publiek oor die regte van kinders in te lig het ’n 23-jarige fotograaf van Kimberley in die landdroshof op aanklagte van onder meer verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie verskyn. Die man, wie se identiteit volgens wet nog nie bekend gemaak mag word nie omdat hy nog nie gepleit het nie, staan
tereg op 43 aanklagte onder die Kinderbeskermingswet, asook die Wet op Rolprente en Publikasies. Al die oortredings tot dusver is teen kinders gepleeg, die meeste seuns, van so jonk as drie jaar oud. Hy het na bewering die kinders met fotosessies na sy ateljee gelok. Tydens hierdie fotosessies is die ouers van die kinders nie in die ateljee toegelaat nie, sodat hulle kan ontspan. Die beskuldigde het dan na bewering naakfoto’s van die kinders geneem en in sommige gevalle die kinders seksueel aangerand.
Volgens Mashudu Malabi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is daar ander gevalle waar die beskuldigde na bewering kinders verkrag en seksueel aangerand het wat saam met familielede by sy huis kom kuier het. Die beskuldigde het nie aansoek om borgtog gedoen nie en die verhoor is tot 11 Julie uitgestel. Die doel van Kinderbeskermingsweek is om die veiligheid, welstand en beskerming van kinders te bevorder. Die polisie het in samewerking met die Kimberley-gemeenskaps-
polisiëringsforum, gesondheidsdepartement en ander belanghebbendes met kinders in Colville oor dwelmmisbruik, kindermishandeling, tienerswangerskap en MIV en vigs gepraat. Kinders is ingelig oor hul regte en die verantwoordelikhede wat hiermee gepaardgaan. Ouers is ook ingelig oor kinderverwaarlosing, fetale alkoholsindroom (FAS) en is herinner aan hul taak op hande om kinders op te voed. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het op sy beurt na tavernes gegaan om dit te deursoek vir ouers wat daar
alkohol gebruik terwyl hul kinders saam met hulle is. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Welsyntoelaes (Sassa) het ook saam met die departement gegaan om te kyk wie van dié mense in tavernes maatskaplike toelaes ontvang. Indien daar van hulle was, sou hulle nie meer dié toelaes ontvang nie. Volgens Conrad Fortune, woordvoerder van die departement, is daar geen probleme ondervind by die plekke wat hulle besoek het nie, en dus het die departement nie nodig gehad om stappe te doen nie.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Be safe with fires Unique Jacobs
MANGALISO MATIKA (links), speaker, maak sy planne vir die Sol Plaatjemunisi paliteit bekend. Regs is Vusi Vanto, perso neelhoof. Foto: Emile Hendricks
Matika het groot planne Unique Jacobs DIE eerste standbeeld vir oudpresident Nelson Mandela in die Noord-Kaap én ’n nuwe voorkoms vir die raadsaal van die Sol Plaatje-munisipaliteit “wat aan apartheid herinner”, is van die planne wat die speaker van die munisipaliteit, Mangaliso Matika, vir die streek het. Matika het gister dié planne op ’n nuuskonferensie onthul, maar kon nie sê wat dit sou kos nie. Dit is nog net ’n raamwerk, en ’n begroting sal nog uitgewerk moet word. Volgens hom is dit “ná 20 jaar van demokrasie hartseer om in die raadsaal van die munisipaliteit te stap en te sien hoe dit in 20 jaar steeds nie verander het nie”. Die beplanningskomitee moet nog die moontlikheid van ’n Mandela-standbeeld bespreek. Die aanstelling van ’n regsadviseur en ’n navorser is ook van sy planne. Dit is om ondersteuning aan wykskomitees te bied en te verseker dat hulle binne die raamwerk van die wetgewer werk. Om Jeugmaand te vier wil die munisipaliteit ook die jeugafdelings in die burgemeesterskantoor en die een in die speaker se kantoor saamsmelt om een gedugte jeugeenheid te vorm. Twee jeugafdelings beteken dat daar ’n duplisering van programme en sodoende ’n mors van hulpbronne is, sê Matika. Die eenheid sal sy eie begroting kry. Matika verwag van hierdie eenheid om die raad leiding te gee oor sake wat die jeug raak, asook om die jeug met ontwikkelingsprogramme en aktiwiteite by te staan.
THICK smoke fills the air as residents of Kimberley try to fight the cold. Nearly every street corner has a fire. This comes after very cold weather conditions for the next few weeks have been predicted for the province. For those who live in shacks or who have no electricity, this is a particularly difficult time as their homes are freezing. Embola fires and gas stoves are their only source of heat. Sally Koopman (54) is a resident of one of the flats in the Roodepan area in Kimberley. Previously, she has been without electricity for more than 13 years. She cooks on a gas stove and lights candles every night. “I used a gas stove, but I always made sure that it was switched off. I was very alert when I used it.” Koopman’s electricity has since been switched on but every now and then when she is running low on electricity she uses the gas stove. “When you use a gas or paraffin stove always make sure that there is no smell of gas or paraffin,” she says. “Once, after I took medication that made me really drowsy, I cooked meat on the gas stove. I must have fallen asleep, but my neighbours could smell something wasn’t right and came knocking on my door.” Not everyone is as fortunate to have such observant neighbours. After a family was found burnt to death in their house, Emergency Services manager Riaan Janse van Vuuren decided that he needs to make people aware of the dangers of fires, stoves and heaters. He warns that no one should attempt any inside fires and that heaters should always be used in a well-ventilated area. Clothing items should never be hung in front of or close to heaters as they could easily catch fire. The Sol Plaatje Emergency Services gives the following tips for Kimberley residents to keep safe during the winter: ) Do not take embola fires into the shack as it will cause carbon monoxide poisoning
Residents of Mahala Park in Roodepan keeping warm next to a fire. The Sol Plaatje Emergency Services ask residents of Kimberley to keep fires outside and follow the tips provided to keep safe this winter. Photo: Unique Jacobs which can lead to death. ) Embola fires must be kept in a well-ventilated area. ) Do not use homemade paraffin lamps. ) Do not leave paraffin or gas stoves and lamps or burning candles unattended. ) If you leave the house, put out the candle, lamp or stove and take the kids with you. ) If electricity is used, never overload the supply source as wiring may overheat and cause a fire. ) Never store flammable liquids inside. ) Do not leave heaters unattended. ) If gas heaters are in use, use it in a well-ventilated area. ) Electric blankets should be checked on a regular basis by an electrician. ) Do not allow small kids to play with matches and lighters. ) Do not use flammable liquids to start fires for barbeque purposes or for fires inside the house.
Sally Koopman(54) from Roode pan in Kimberley uses her gas sto ve ocassionally when she runs low on electricity. Photo: Unique Jacobs
GW-karateklub slaan uitklophou DIE GriekwalandWesse Japanse Karatever eniging (JKA) spog vanjaar met 24 medaljes wat hulle op die kampioenskapbyeenkoms gewen het. Die De Beerskarateklub in Kim berley het 13 van hierdie medaljes gewen. Van links is, voor: Bontle Sechaba (brons medalje vir kumite), Curtly Felix (silwerme dalje vir kumite) en Casiddy Kenny (brons medalje vir kata en silwermedalje vir kumi te); middel: Leville Gough (bronsmedalje vir kumite), Sechaba Lenkoe (bronsmedalje vir kata en kumite) en Shannon Wong Fatt (bronsmedalje vir kata en silwermedalje vir kumite); agter: sensei Anton de Beer (in strukteur), Shirvan Maclean (bronsmedalje vir kata en kumite), sensei Cayle Damons (silwermedalje vir kumite) en Kobus du Plessis (bronsmedalje vir kata en kumite). Foto: Lecrecia Prins
www.noordkaap.co.za
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 VRYDAG 13 Junie ) Sanctuary Ministries bied van Vrydag 13 Junie tot Maandag 16 Junie ’n jeugkonferensie aan. Die jeug van Kimberley word op hierdie manier genooi om deel te wees van verskeie sportaktiwiteite en jeugkerkdienste. Die Vrydag omstreeks 18:30 is daar ’n kerkdiens by die ontspanningsentrum oorkant Hulanapark. Die Saterdag van 10:00 af is daar sportaktiwiteite by die Boitumelo- Spesiale Skool en teen 17:00 ’n jeugdiens by die ontspanningsentrum. Sondag om 10:00 is daar weer ’n kerkdiens by die ontspanningsentrum. Op Maandag 16 Junie om 08:00 gaan daar ’n staptog van die Ipeleng-vierrigtingstop tot by die sirkel in Hulanapark wees. Saterdag 14 Junie ) Dillon Lerm tree om 18:00 in die Hoërskool NJ Heyns se saal op. Kom geniet die optrede van die gewilde sanger van Emma’s Song. Bring die hele gesin vir goeie musiek, topvermaak en samesyn. Dit kos R100 om in te gaan en sop en biltong sal bedien word. Donderdag 24 Julie ) Die Volksblad-joernalis Charné Kemp is die gasspreker op ’n byeenkoms van die Volle Evangeliekerk Kimberley. Sy sal praat
Herwin en leef groener: MENSE wat hul lewenstyl wil aanpas en groener wil begin leef, kan begin deur materiaal vir herwinning bymekaar te maak en in te handig. Die herwinbare materiaal kan hier afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels,
Rocco tuis in NK ROCCO JANSEN, Griekwa-vleuel, is op 21 Julie 1986 in Queenstown in die Oos-Kaap gebore. Jansen is vandeesweek Noordkaap se profielfokus. Hy was ’n leerling aan Queen’s College (junior) en Queen’s College (senior). Sy rugbyloopbaan het begin toe hy aan die Noordwes-Universiteit gestudeer het. Hy het vir die Opkomende Springbokke en die Cheetahs Superrugby gespeel. Sy rolmodel is Rico Gear, want hy is ’n spelbreker. Sy rugbydroom is om op die hoogste vlak rugby te kan speel. Die goeie kombinasie van hardlooprugby is waarom Jansen vir die Griekwas rugby speel. Een van die grootste aanpassings van die Noord-Kaap was vir hierdie Oos-Kapenaar die weer. Een van die snaaksighede wat hy al op die rugbyveld beleef het, was toe hy oor sy eie voete geval het. Wat vir Jansen altyd ’n hoogtepunt van ’n wedstryd is, is wanneer hy ’n drie druk. Wanneer hy weens beserings
oor haar boek Moord op Griekwastad. Die boek sal teen R150 te koop wees, en sy sal ook boeke teken. Ondersteun ook die Christina Kiddie-kinderhuis deur ’n blikkie kos vir sy koskas saam te bring. Toegang is R220 per persoon en ’n driegangmaaltyd is ingesluit. Dit begin om 18:30 vir 19:00 by die kerk op die hoek van Waterwerke- en Meyerstraat. Vir besprekings skakel 084-2422220. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. Stuur inligting per e-pos na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”. blikke, plastiekbottels en papier kan Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 hier afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 hier afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park. Vra vir
ROCCO JANSEN, Griekwavleuel. nie kan speel nie, is dit vir hom ’n laagtepunt. Jansen het nog nie besluit wat hy gaan doen as hy eendag
Foto: Emile Hendricks
klaar rugby gespeel het nie. Op die vraag of hy ’n meisie het, het Jansen geantwoord: “Ek het ’n mooi meisie.”
Monitor your energy use
Landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat. Gaan na www.treevolution.co.za vir ’n interessante pamflet oor herwinning.
HAVE you ever looked around your living room or kitchen and wondered how much energy all your electronic devices are consuming? Energy monitors tell you just that – and perhaps with winter on its way it may be a good time to find out, says the team at Droogfontein Solar Power. Energy monitors are small devices that help you discover
how much energy you’re actually using in your home or at work. They show you how much money your energy consumption is costing you and will tell you how much money you’re saving once you begin to change the way you’re using energy. It is important to note that energy monitors are not a substitute for your existing energy meter, just a complement to it.
3390
2for
per tray
20
Large Eggs 30’s
R
Mushrooms 250g
R
20 per pack
39
990
per pack
90 per kg
Chakalaka Sausage
54
Naartjies Bag 1kg
Enterprise Smoked or Red Viennas 500g
3for
20
R
19
R
90 per kg
Blossom Lite Medium Fat Spread 1kg
Pork Chops
5390 per kg
Beef Chuck and Brisket Pack
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to maite products. We check 1000’s of our fav r you on prices always get the lowest - NO PROBLEM! RN remember, EXCHANGE OR RETU elsewhere,terms item cheaper *See and conditions www.game.co.za for If you’ve found any PRICE! AT TH AT BE l wil we
1590
per pack
Soup Pack
1490
per pack
Enterprise French or Garlic Polony 500g
Prices valid 11 - 15 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Van ossewaens tot kerkgebou
Ons leef by mekaar verby DIE afgelope tyd se berigte oor die “Huis van gruwels” in Springs het skokgolwe deur die land gestuur. ’n Sakeman (36) van die Oos-Rand is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou en vyf kinders jare lank in hul huis aangehou en gemartel het. In ’n land met ’n hoë misdaadsyfer is dit nie vreemd dat huise met hoë mure en diefwering beveilig word om boosdoeners uit te hou nie. Dit bring egter dikwels mee dat ons nie meer ons bure ken nie. In dié geval het die hoë mure weerlose kinders jare lank in ’n nagmerrielewe van ondenkbare trauma gevange gehou – weg van ’n samelewing wat eintlik in ’n groot mate onbetrokke geraak het. Die onbeskryflike pyn, verwaar-
losing en verwerping waaraan die kinders blootgestel is, raak ’n mens se hart. Die gesin behoort ’n veilige hawe te wees; ’n plek van liefde en onvoorwaardelike aanvaarding. Die omvang van die kinders se fisieke en sielkundige letsels is onmeetbaar; om nie te praat van die agterstand waarmee hulle hul toekoms tegemoetgaan nie. Die baie vrae oor die gebeure sal in die volgende dae en weke beantwoord word namate die storie ontvou. Baie sal nooit beantwoord word nie. Een vraag waarop ons egter ’n antwoord moet kry, is: Hoe kan ons voorkom dat so iets gebeur? Want dit is onrusbarend om te dink dat daar meer sulke gevalle kan wees waarvan niemand weet nie.
DIE eerste “kerkgebou” van die NG Kerk op die Diamantveld het bestaan uit ossewaens wat saamgetrek is en ’n seil wat oor die oop ruimte tussenin gespan is. Dié “kerkgebou” in Dutoits pan (Beaconsfield) kon 400 mense huisves. Die Kaapse sinode van die NG Kerk het reeds in 1870 besluit dat voorsiening vir gereelde kerkdienste op die Diamantveld gemaak moet word. ’n Kom missie is aangewys om ondersoek in te stel. In 1871 was daar tussen 1 000 en 1 500 lidmate van die NG Kerk op die Diamantveld. Die “ossewa kerk” is toe begin om vir dié lidmate voorsiening te maak. Dienste was onder leiding van ds. G.W. Stegmann, wat vir drie maande na die Diamant veld gesekondeer is. Dit was die voorloper van die huidige NG kerk Dutoitspan, die oudste kerk in Kimberley, net enkele maande ouer as die NG kerk Newton (Kimberleymoedergemeente). Die NG kerk Dutoitspan se eerste sinkkerkgebou is in Desember 1881 ingewy. Dit het tot 1940 as kerk gebou gedien en daarna as saal totdat dit in om streeks 1962 gesloop is. ’n Tentkerk is intussen ook in New Rush (Kimberley) begin, die voorloper van die NG kerk Newton (foto’s). Op 17 Augustus 1872 is die eerste kerkgebou in New Rush, bekend as die Sinkkerk, opgerig. Die eerste predikant was ds. J.W. Louw, wat in 1874 deur ds. B.B. Keet op gevolg is. Sy opvolger was ds. J.D. Kestell, wat diep spore in Kimberley sou laat. In sy tyd is Tom Claridge gehuur om ’n kerkgebou te ontwerp, maar Claridge het spore gemaak met £400 van die gemeente. Kestell het toe self ’n kerkgebou in die Romaanse styl ontwerp. In Februarie 1885 het hy die hoeksteen gelê en ’n jaar later is die kerkgebou teen £5 513 voltooi. Kestell se opvol ger, ds. D.J. de Vaal, het die kerk se orrel, wat steeds gebruik word, aangeskaf. In 1903 is die kerk van elektrisiteit voorsien en in 1907 is ’n kerk saal opgerig. Die kerkgebou is op 5 November 1976 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Foto: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Sê dankie, hou op sug Hannes Nöeth HET jy al gesien party mense lewe sug-sug so? Dit is hier ’n sug en daar ’n sug. Alles is iets om oor te sug. Die skouers hang, die kop hang, die gemoed hang. Nee wat, ons is nie gebou om so te sug-sug nie. Daar is darem heelwat meer son as skaduwee, heelwat meer vrolike as olike dinge. Maar jy ken mos die mensdom. As dit winter is, word gekla tot die somer, as dit somer is, word gekla tot die winter. Ons kan sug oor dit wat was, dit wat is en dit wat voorlê. Interessant dat ’n mens oor elke ding waaroor jy sug ook dankbaar kan wees. Kom ek vertel julle van ou tante Ellie. Sy was nie ’n tannie nie, ook nie ’n mevrou nie en sy het jou gou gesê: “Ek is tante Ellie.” So het jy haar aangespreek en so was ons lief vir haar. Sonder fieterjasies. Vergeet tierlantyntjies. Dit werk nie vir haar nie. Sy knie self haar deeg en bak self haar brood. Sy krap haar eie afval. Sy maak haar eie wors. Dit is wie sy is.
Maar, het sy graag vertel, die oomblik as sy sug om iets te doen doen sy dit nie weer nie. Vir haar is dit eenvoudig: As ek vee, sê ek dankie dat ek nog kan vee. As ek afval krap, sê ek dankie dat ek nog kan afval krap, as ek stryk, sê ek dankie dat ek nog kan stryk. As ek moet sug, los ek eerder alles. Totdat sy siek geword het. Toe was sy nog dankbaar dat sy kon lees, dankbaar dat iemand haar kon versorg, dankbaar dat sy nog gevoer kon word, dankbaar dat daar mense is wat kos voorberei. Sy kon dit nie meer self doen nie. Ek het haar hoor sê: “Ek sug nou dankbaar dat daar iemand vir my is. Ek sug nie moedeloos nie. Ek wil tog nie die hemel sug-sug ingaan nie. Dan wil ek dankbaar sing.”
Jy help deur net te luister Karin Muller ’n PAAR maande gelede het Alida Herbst, professor aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, ’n kursus Hoe kan ek troos? aangebied. Meer spesifiek hoe om ’n persoon te troos wat iemand aan die dood afgestaan het of iemand te troos wat aan ’n ongeneeslike siekte ly. Daar is soveel dinge van die kursus wat uitgestaan het. Tydens deelname aan een van die gesprekke het ds. Wiets Roets gesê: “Ons almal bid vir ’n wonderwerk wanneer daar ’n krisis is. In die meeste gevalle is die wonderwerk juis dat God ons deur daardie krisistyd dra.” Ons almal wonder wat om vir iemand te sê wat deur geweldige trauma is. Die waarheid is, daar bestaan nie iets soos die regte ding “sê” nie, daar bestaan wel iets soos die regte ding “doen” – hande vryf, skottelgoed was, kos aandra, kinders rondry, kruideniersware gaan koop. Herbst het ons geleer dat jou eie trauma
waaraan jy blootgestel is, nooit kleiner word nie. Jou wêreld rondom hierdie trauma word egter groter deurdat jy nuwe belangstellings kry, nuwe mense ontmoet, kinders of kleinkinders ryker word of ’n nuwe loopbaan volg. Een van die hoogtepunte was hoe ’n “hus met lang ore” lyk. Die dierbaarste, wollerigste, haasagtige speelding wat jy net wil vashou en vertroetel. Die hus het vreeslike lang, breë ore om baie goed te luister. Hy het nie oë nie, want hy luister met sy hartjie. Die hus het nie ’n mond nie, daarom kan hy nie oorvertel wat jy hom vertel het nie. Hierdie husse word al hoe meer in beradingsessies met kinders gebruik en verskeie hospitale gee dit vir kinders wat behandeling moet ontvang. As jy, soos ek, een van die mense is wat eerder wegbly omdat jy nie weet wat om vir die getraumatiseerde persoon te sê nie – hoef jy net op te daag en iets te doen – al is dit net om te sit en luister.
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Ons draai die horlosie terug 12 9
3 6
vir jou e-tollrekening Ons het die afslag wat betrekking het op transaksies nadat die grasietydperk verstreke is, verleng vir fakture tussen 3 Des 2013 en 28 Feb 2014. As jy ‘n e-tollrekening registreer en die uitstaande balans voor 1 Julie 2014 skik, sal jy slegs die standaardtarief vir hierdie transaksies betaal.
Bel: 0800 SANRAL (726 725) Of e-pos: info@sa-etoll.co.za vir jou skikkingsbedrag. Die aanbod geld ook vir diegene wat reeds die alternatiewe tarief betaal het vir die tydperk 3 Des 2013 tot 28 Feb 2014. ‘n Aanvanklike betaling van R50 word benodig vir elke registrasie www.sanral.co.za info@sa-etoll.co.za 0800 SANRAL (726725) Bepalings en voorwardes geld.
SKIK
3260AFR
REGISTREER en
SPAAR
tot
66,67
%
op jou uitstaande
e-tollrekening
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Maak elke dag Vadersdag Annatjie Dippenaar MET Vadersdag op hande dink ek so baie terug aan my eie pa wat lankal nie meer hier is nie. Tog is hy elke dag in my gedagtes en sal altyd wees. Ek aard so reg na my pa. Hy was altyd daar vir my en het alles altyd reggekry. Enigiets kon breek, en daar was altyd ’n plan vir regmaak: baie geduld. Ek onthou my pa se hande. Groot, vol plooitjies en bruin gebrand. Ja, ek onthou ook dieself-
de hande wat my ’n keer hard pak slae gegee het. Dit was toe my oom kom kuier het en ek te lekker met die vetkryt op sy muur geteken het. Dit was die enigste pak slae wat ek onthou. Sy wens was dat ek en my sussie vir onderwyser moes gaan leer. En ons was nog nooit spyt daaroor nie. As hy my in Wellington by die kollege moes kom haal, was hy nie een enkele dag laat nie. As ons uitgekom het, was hy altyd daar. My pa was baie slim en selde verkeerd. Tog, as hy verkeerd was, het hy maklik gesê hy is jammer. So, laat ons dít by hom leer, dit
maak die lewe die moeite werd. Wat ’n wonderlike pa was hy nie. Ja, ’n goeie ouderdom gehad, maar wysheid kom beslis met grysheid. Julle moet almal jul pa’s waardeer en lief vir hulle wees. Hulle is soms kwaai, maar dit is omdat hulle omgee. Julle sal dit ervaar as julle self kinders het. So, kinders, bederf jul pa’s dié Sondag en luister na hulle. Al moet ek dit self erken, hulle is amper altyd reg. Gee asseblief vir jou pa ’n stywe druk en baie soene. En vir dié wat nie meer ’n pa het nie, ons het herinneringe en dalk is daar iemand ander soos ’n oupa of oom wie jy kan bederf. Mag elke dag ’n Vadersdag wees.
Bederf Pa hiermee BEDERF jou pa met ’n warm dubbelsjokolade-drankie op Vadersdag: (die resep maak 750 ml). ) 250 ml room ) 250 ml melk ) sade van 1 vanieljepeul ) 2 stukke heel kaneel ) 100 g donkersjokolade ) 100 g witsjokolade ) 15 ml Frangelico, opsioneel Metode: Bring room, melk, vanieljesade en kaneel tot kookpunt. Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt en glad. Laat vyf minute prut. Gooi deur ’n sif en geur met Frangelico of ’n likeur van jou keuse. Sit warm voor. ) Resep deur Herman Lensing. ) Bron: www.sarie.com
Fokus op Sauer Arms SAUER ARMS, voorheen Sauers Gun Shop, is sedert 1 April vanjaar onder nuwe eienaarskap en bestuur. Wilna Viljoen en Susan van den Berg is hier werksaam en is die besigheid se beste verkoopspersoneel. Sauer Arms hou alle jaggewere en -ammunisie aan. Een van die uitdagings is om altyd die regte toerusting aan klante te verskaf en Sauer Arms verskaf alles wat met jag en jagtaktiek te doen het. Hy voer ook ammunisie van onder meer Italië en Amerika in. Sauer Arms se doelwit is om voortdurend goeie diens en die regte voorraad aan sy klante te verskaf.
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Bederf Pa hiermee ’n BOEK is altyd ’n blink idee as geskenk, ook vir Vadersdag. Hier is twee boeke wat gerus oorweeg kan word. Louise Viljoen, die Stellenbosse literator, sê die volgende oor Klimtol: Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens vir ’n wye spektrum van menslike ervaring oopgestel word. Daar word ook erkenning aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong gegee. Desmond Painter, ook van die Universiteit van Stellenbosch, skryf dat Klimtol in opstand kom teen die historiese “erfskuld” van die kapitalisme en toenemend die wese van wie
ons is. “In dié opsig is Klimtol die klinkendste, hartstogtelikste proses teen die slopende kenmerk van werk wat ek nog in Afrikaans gelees het.” Max du Preez se A Rumour of Spring word bestempel as ’n uitstekende gids oor waar Suid-Afrika hom ná 20 jaar van demokrasie bevind. Du Preez is ’n skrywer en joernalis en word allerweë as een van die voorste politieke kommentators in die land beskou. Sy boek pak die vrae aan wat Suid-Afrikaners baie vra: Hoe gaan dit regtig met ons land? Of jy met hom saamstem of nie, hy bied altyd genoeg om oor na te dink en te herkou.
7
Geskenk vir mans OM ’n man te wees is nie maklik nie. Met God se hulp en ’n man se eie wil is dit moontlik. Laat 15 skrywers soos Riekert Botha, Andries Enslin en Jan de Wet jou inspireer om ’n man te wees: om ’n man van jou woord te wees; om jou vrou as geskenk te koester; om ’n pa duisend te wees; om ’n opregte vriend te wees en om jou werk met integriteit te doen. Gee vir elke man hierdie Vadersdag die boek Om ’n MAN te wees. Jy kan die boek in grootmaat teen afslag vir jou kerk, selgroep en manne-aksie by www.voelgoedwinkel.co.za bestel.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014 EXPRESS your love for your father with some healthy food.
Idees om Pa te bederf BEDERF jou pa (of man) dié Sondag met die beste Vadersdag nog. Hier is ’n paar wenke oor hoe om Vadersdag spesiaal te maak: ) Bring vir Pa ontbyt in die bed saam met die Sondagkoerant. ) Oorhandig sommer saam met die ontbyt vir hom ’n kaartjie en ’n geskenk. ) Die groot geheim van ’n Vadersdagontbyt is dit moet bestaan uit kos waarvan hy hou. ) Wees gehoorsaam en neem jou voor om nie vir Pa te ontstel nie.
) Was en poleer sy motor. ) Hou ’n Vadersdagbraai of -piekniek en laat hom net agteroor sit en die dag geniet. ) Berei sy gunsteling-geregte spesiaal soos hy daarvan hou. ) Bied aan om die skottelgoed te was. ) Laat hom ’n middagslapie geniet. ) Pa’s waardeer gewoonlik enigiets van biltong, warm wolsokkies vir die winter, boeke en musiek of praktiese, standaardVadersdaggeskenke soos ’n das of sokkies vir werk.
Pa’s deur die oë van ’n kind DEUR die oë van ’n kind – wat is ’n pa? ) Pa’s hou baie van teevee kyk op Saterdag; ) Pa’s wil slaap op Sondae; ) Pa’s maak braaivlys vir kos en is sterk en sê hille is die baas; ) Pa’s het visstokke, grawe en baie anner goet in die graatsh en hille vee nie uit en stof af nie; ) Pa’s lees as hille kamer verlaat; ) Pa’s hou van tannies wat nie gelt het vir kleere nie en wat net kostjums dra; ) Pa’s gee hart pak as ma so sê; ) Pa’s gaan op vikansie en vat ma’s en kinners altyt saam; ) Hille krap hille gesigte skoon want dit wort vol hare as hule slaap; ) Pa’s werk altyt as kinners iets wil doen,
en het baie werk vir kinners; ) Ma’s het ook baie werk vir pa’s; ) Pa’s is kwaai maar hille is bang vir ma’s. . Bron: www.kleuters.co.za.
Get Dad healthy FATHER’S DAY is a day honouring fathers worldwide. This day is celebrated as an expression of love and a tribute to fathers. They partake in parenting their children, in all spheres of their development, physically, mentally and emotionally, due to the ever-changing scenario of our family system. Helping your dad to lose weight this Father’s Day could be the greatest gift you will ever give him. As 15 June is on our doorstep, with jokes around your dad’s boep, his risk of weight-related diseases escalates. As the father of young children, you have the authority to instill habits that will follow them into adulthood. Leading an active and balanced lifestyle is one of the most important tools that you can equip your children with. Most children spend less time exercising and more time in front of the TV, computer or video game console and today’s busy families have fewer free moments to prepare home-cooked meals. With fast foods to electronics, quick and easy is the reality for many families. Hindering children from becoming obese means adapting the way your family eats and exercises, and how you spend quality time together. Ensuring your kids lead
healthy lifestyles begins with parents who lead by example. According to the World Health Organisation (WHO), being overweight or obese can have a critical impact on health including cardiovascular disease, type 2 diabetes, musculoskeletal disorders and some cancers. While this might be a concern, the reassuring news is that obesity or extra weight is preventable. So, forget a pair of socks or another tie, afford your dad the opportunity to take control of his health if you are concerned that he may be overweight or obese. It is simple to work out if your father is at risk – simply calculate his Body Mass Index (BMI). This is done by multiplying his height (in meters) by itself, and then dividing his weight by the answer. If his BMI is over 30 then he is obese, and if it lies between 25 and 30, then he is clinically classified as being overweight. This Father’s Day, allow your dad a chance to learn about healthy food choices, eat nutritional meals and lose weight. If this is the case then a balanced lifestyle programme will enable your dad to lose the weight and keep the weight at bay.
To special dads Special Dad – Tinity Pratt My dad is very special, he’s not just a dad but a friend; for he knows where there is a difference, when one should start and the other end. He’s my dad when I need real guidance, but if I need a pal for a while, he’s right there in each situation, not with just concern, but a smile. Kids need someone like that, to help them draw that line, between what is right and wrong. Sometimes the difference is hard to define. So I’d like to thank Dad for being there, for helping me all the way. And to all the dads who stand by their kids, God bless you this Father’s Day. ) The silent honour in a Father’s goodness – Joseph D. Jensen This world has seen many fathers who have performed many great and noble things. Strengthened a nation, silenced fears, relieved suffering and changed the course of history. Yet the most great and noble father I have known lives within the walls of my own home. He performs no extraordinary tasks, no miraculous feats; he just does what is right because it is right. He needs no adulation, no praise or glory of men. He just goes about doing good because that is how it makes him feel. But there are those that see his goodness. They are his children. Indeed, they may not always see but they know that this silent honour is what they will pass on to their children. They know that true greatness needs no praise. It is found in the day-to-day living of unwearied goodness they have seen their father give. Such goodness is truly a remarkable thing; far greater than any glory found in the annals of history. For one day the child will say: “He is my father,” and know it is an honour. ) Source: Family Friend Poems: http://www.familyfriendpoems.com/poem/ the-silent-honor-in-a-fathers-goodness#ixzz33nrMqIza.
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
9
MOTORS DIE kleiner dieselenjin in die nuwe Corollareeks toon sy staal sonder probleme en wys dat die groter tweeliterdiesel in die vorige reeks eintlik oorbodig was. Foto: Verskaf
Corolla ’n wenner MET die koms van enige nuwe generasie van ’n model is die verwagtinge altyd groot; meer nog as dit ’n hoofspeler in die mark is soos Toyota se Corolla, wat ’n paar maande gelede bekend gestel is. Die Corolla is een van die topverkopers in Suid-Afrika en is omtrent net so algemeen soos slaggate op ons paaie. Ons het ’n ruk gelede die 1,6 liter-Prestige-model op die proef gestel en dit het ons beïndruk. Onlangs kon ons ook agter die stuur van die 1,4D-4D-Prestige inskuif. Jannie Hennop (JH) en Willem Fritz (WF) het uitgevind hoe die model opweeg. ) Is hy darem iets vir die oog? JH: Jip, hy val nie sleg op die oog nie, maar is nie ’n koppedraaier nie. Dié klas rygoed moet ’n wye klompie smake dien en daarom word ’n goue middeweg gevolg wat voorkoms betref. Tog dink ek sy Koreaanse mededingers is mooier. Ek hou van die binnekant, maar Toyota kon gerus ’n plan gemaak het met die ou digitale horlosietjie. WF: Albei modelle wat ons tot dusver getoets het, het die Prestige-afwerkingsvlak, wat beteken dat hulle visueel binne en buite eintlik maar identies is. Die nuwe model is beslis sag op die oog en al is dit seker net ’n kwessie van tyd voordat ons paaie oorstroom word deur die nuwe model, het hy darem ’n groter teenwoordigheid en visuele impak as die vorige een, wat hom ’n bietjie laat uitstaan. Die kajuit skep ’n veel groter gevoel van luuksheid en gerief as voorheen met genoeg ruimte om jou bene te strek. Die afwerking en gehalte lyk oor die algemeen goed en die instrumentpaneel se skoon uitleg is heel funksioneel. Die regaf-ontwerp sal egter nie in almal se smaak val nie en die aparte digitale horlosie middel links lyk of dit eerder in ’n Hilux hoort. ) Wat van sy hart, die enjin? JH: Hier is die eintlike juweel. Die 1400-dieseloondjie het meer as genoeg oemf en daarby gaan hy suinig om met die duur voggies. Die ander model wat ons ’n tydjie gelede getoets het se 1600-petrolenjin was soms maar ’n frustrasie soos die meeste 1600’s. ’n Mens kan nie glo dat 66 kW so goed voel nie! WF: Die 1,6 liter-petrol-enjin is oorgedra van die vorige model en sy verrigting is maar so-so. Die 1,4-diesel is ’n nuwe eenheid. Die opvallendste is hoe verfynd en sag die enjin se werking is. Jy kan beswaarlik glo dit is ’n diesel. Dis net as jy buite reg langs die enjin staan terwyl hy luier dat jy die sagte, gedempte kletter van ’n diesel hoor. ) Maar wat beteken dit op die pad? JH: Die kar ry lekker, goeie balans tussen ferm en ’n goeie ritgehalte. Saam met die dieselenjin wat nie ’n oomblik huiwer nie, sorg dit vir ’n lekker ry-ervaring. Ek kan nie dink dat ’n mens die ou tweeliter-diesel, al was hy kragtiger, enigsins gaan mis nie. Dis nie ’n verrigtingswa nie, maar die 1400 is opgewasse vir sy taak. Hy trek goed, die ratwisseling is in die kol en die stuurgevoel is beter as dié van die Koreane, maar nie Ford-akkuraat nie. WF: Turbo ofte nie, ’n mens het nie besonder hoë verwagtings van die enjin nie, maar danksy ’n relatief ligte bakwerk verbaas hy met sy werkverrigting. Hy gaan nie noodwendig jou asem wegslaan nie en die toergrens is redelik nou, maar soos jy die enjin leer ken en
bepaal binne watter toergrense hy op sy gelukkigste is, is hy regtig ’n plesier op die pad. Daar is gelukkig ook geen turbo-traagheid nie. Die sesgang-handratkas se oorgooie is lekker sekuur, al is van die gange dalk ’n bietjie naby aan mekaar. Gekombineer met ’n aangename rit, bevredigende stuur en ligte pedaal-werking is die bestuurs-ervaring heel aangenaam. Die gemiddelde brandstofverbruik van 5,9 liter/100 km sal jou ook laat glimlag. ) So, wat sê ons nou eintlik? JH en WF: Die 1,4D-4D-Corolla beïndruk werklik met sy verfyndheid en goeie werkverrigting. Hy ry boonop lekker en lyk ook netjies, terwyl sy kajuit al die nodige luukshede het met veel meer van ’n premium-gevoel as voorheen. In hierdie marksegment is suiwer werkverrigting nie altyd die grootste oorweging nie, eerder gerief en ’n lae brandstofverbruik. In hierdie opsigte voldoen dié model aan al die verwagtings. In die huidige Corolla-reeks is dié model beslis die een om te hê. Die 1400 behoort met sy prys en markposisionering ook heelwat beter te vaar as sy tweeliter-voorganger. . 4 uit 5.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
GEKLASSIFISEERD
PERSOONLIK 1460
PERSOONLIKE DIENSTE
MAGDALENA HUIS IS DRINGEND op soek na David Zeekoei, laas woonagtig in Kimberleyarea, in verband met dringende familiesake. Skakel S. Drijfhout by 021 948 3637.
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
LENINGS 1445
LENINGS
BOEDELKENNISGEWINGS
TE KOOP
TUINWOONSTELLE TE HUUR
ALGEMENE & HUISDIENSTE
3265
1445
ALLERLEI
ALLERLEI 1655
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. EIENDOMME
TUINWOONSTEL VIR ENKELDAME in Kestellhof. Veilig, netjies, met onderdakparkering. R2 800 p.m. (w en l ingesl.) R1 000 dep. Beskikbaar vanaf 1 Julie 2014. 083 763 3761 BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN. DATA CLERKS NEEDED.SMS FULL NAME/ADDRESS TO 0796158070 OR EMAIL hubdata555@gmail.com
AM SCHOEMAN Kennisgewing aan krediteure in bestorwe boedels. In die boedel van wyle, Anne-Marie Schoeman, identiteitsnommer: 700424 0140 082, van Louwstraat 33, Hillcrest, Kimberley. Meester se verwysing: 20190/2014. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Sch135/0002
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
M VAN AS SMITH. In die boedel van wyle Matthys Van As Smith, identiteitsnommer: 350831 5011 089 en nagelate eggenoot: Dorothea Johanna Smith, identiteitsnommer: 540403 0103 088 van Queensweg 35, Kimberley. Meester se verwysing: 2442/2012. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 13 Junie 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekutrise DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 -43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: HV/jm/SMI152/0001
SH REYNEKE In die boedel van wyle Susanna Hendrika Reyneke, identiteitsnommer: 250903 0028 086, van Longstraat 43, Kimberley. Meester se verwysing: 2810/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 13 JUNIE 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekutrise DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Loo9/0002
Murray & Roberts, an equal opportunity company and one of the leaders in underground mining contracting in southern and South Africa, are seeking suitably qualified and experienced candidates to fill the following vacancies: • Administration Manager
• General Engineering Supervisor • Mine Overseer
• Site Administrator
• Artisans
• General Manager
• Mine Planner
• Site Engineer
• Banksman
• HR Assistant
• Miner
• Site Secretary
• Beltsman
• HR Coordinator
• Project Manager
• Stagehands/Onsetter
• Contracts Administrator
• HR Officer ER
• QA/Document Control
• Storeman
• Contracts Engineer
• HR Officer Manning
• Quality Controller
• Surveyor Grade 3
• Contracts Manager
• Human Resources Manager
• Risk Coordinator
• Timberman
• Control Room Miner
• Jumbo Fitter
• Risk Officer
• Training Officer
• Data Capture Clerk
• Magazine Master
• Senior Master Sinker
• Warehouse Administrator
• Electrical Foreman
• Management Accountant
• Senior Project Manager
• Winder Electrician
• Engineering Planner
• Master Artisan
• Senior Site Administrator • Winder Fitter
• Equipper
• Mechanical Foreman
• Shift Supervisor
• Foreman Mining
• Mine Manager
• Sinker
• Winding Engine Driver
OPERATORS • Agi Car Operator
• Grader Operator
• Operator LHD
• Drill Rig Operators
• Manitou Drivers
• Operator Pecker
• Forklift/Mobilift Driver
• Manitou Operators
• Operator UV
• Shot Crete Operator
The company will provide remuneration and benefits relevant and appropriate to the position. Preference will be given to Historically Disadvantaged South African (HDSA) candidates. Applications are only open to South African citizens/permanent residents. Only applications from candidates who meet the minimum requirement will be considered. Correspondence will only be entered into with candidates who have been shortlisted. To view a detailed description of the vacancy and to apply, please visit our careers website at http://www.murrob.external.erecruit.co.za or fax: 086 675 2798. Closing date: 30 June 2014 Human Communications 109824 - Revised
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 11 JUNIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
GRIQUAS hooker Martin Bezuidenhout (with ball) tries to avoid a defender in his side’s qualifying encounter against Border on Friday in Kimberley. Prop Steph Roberts is at hand to assist. Photo: Emile Hendricks/Photo24
Bulldogs bitten Gerdie Karstens GRIQUAS have started the qualifying round of games for Currie Cup contention with a comprehensive victory of 52-5 over the Border Bulldogs in Kimberley on Friday. The Peacock Blues are regarded as the favourite of all the participating sides to take the remaining spot in the Premier Division of this year’s Currie Cup and proved their intent with a dominating victory over the East London-based side. Griquas started at a high pace, scoring as early as the second minute when hooker Martin Bezuidenhout burst over from a Griquas lineout. Fullback Gouws Prinsloo converted to put the men from Kimberley ahead by seven points. It wasn’t long before the hosts scored again, this time via centre Jonathan Francke, with Prinsloo again converting to stretch the lead to 14 points. At the end of the first quarter Griquas scored their third try with eighth man Burger Schoeman jotting down for a converted try. Border tried to attack with what little possession they got, but good defence – that was a trademark of Griquas’
success in the Vodacom Cup – kept the visitors at bay. Shortly before half-time Griquas scored their fourth; flanker Marnus Schoeman rounding off the rolling maul that has become such an effective weapon for the Peacock Blues. Prinsloo’s conversion made the half-time score 28-0. Border started much better in the second half, but good defence from Griquas again botched any momentum. Griquas went into defensive mode and started defending their lead, rather than attack to increase it. They finally got the scoreboard rolling again thanks to Bezuidenhout scoring his second try after a cross kick by flyhalf Francois Brummer. Flanker Marnus Schoeman scored his second try, with Prinsloo converting. Thereafter flanker Jaco Nepgen also scored before Border fullback Coyi Banda, who impressed for the visitors, scored Border’s only try of the game. Scorers: Griquas 52 (28): Tries: Martin Bezuidenhout (2), Jonathan Francke, Burger Schoeman, Marnus Schoeman (2), Jaco Nepgen, Carel Greeff. Conversions: Gouws Prinsloo (6). Border Bulldogs 5 (0): Try: Coyi Banda.