Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 18 Junie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Studente goed vir Kby André Botha DIE koms van die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley se voordele begin reeds in die stad wys. ’n Inspuiting van R40 miljoen in die vorm van ’n moderne kantoor-enwoonstelkompleks op die randjie van die middestad is een van die eerste voorbeelde hiervan. Bouwerk aan ’n kitskosrestaurant in dié kompleks, waarmee die universiteitskampus en die middestad aan mekaar gekoppel word, het reeds begin. Die eerste fase van Talama Square, soos wat die kompleks genoem sal word, sal na verwagting teen 1 Maart 2015 afgehandel wees. Die kompleks word op die hoek van Lennox- en Chapelstraat tot teenaan Tiffany-singel gebou waar tot nou toe ’n betreklik onooglike parkeerterrein was. Smouse het hier handel gedryf. Luidens die voorlegging aan die Sol Plaatje-raad oor die ontwikkeling is die parkeerterrein tot dusver onderbenut. Die kompleks sal die omgewing esteties verbeter en kommersiële bedrywighede stimuleer. Die terrein is oorkant die Kimpark-winkelsentrum en agter Harry Oppenheimer House. Die kampus sal uit die kompleks toeganklik wees, met studente wat skaars tien minute weg van lesinglokale en administratiewe kantore sal wees. ’n Woordvoerder van Telama Square Developments sê die woonstelkompleks sal voorsien in die vinnig groeiende vraag na studenteverblyf in die stad. In die eerste fase sal 132 studente gehuisves kan word. “Dit is ’n private ontwikkeling wat spesifiek vir die behoeftes van die groeiende studentebevolking opgerig word en is die eerste stap om ’n sentrale kampusdistrik binne die middestad te skep.” In die tweede fase sal vir kantore en verblyf voorsiening gemaak word. Die woonstelle bestaan elk uit ’n slaapkamer, badkamer en
’n KUNSTENAARSVOORSTELLING van die buiteaansig van die woonstelgeboue in die nuwe Talama Squareontwikkeling in Kimberley.
Foto: Verskaf
kombuis. ’n Ontspanningsentrum vorm ook deel van die kompleks en ’n MacDonalds-restaurant word op die rand van die ontwikkeling opgerig. Toegang tot die restaurant sal uit Chapelstraat wees en toegang
tot die woonstelle en kantore sal van Tiffany-singel wees. Die ontwikkeling van die kampus word só gedoen dat dit met die stad geïntegreer word en die kompleks sluit dus hierby aan. ’n Skerp jaarlikse toename in studentegetalle word verwag
namate die universiteit nuwe kursusse byvoeg. Van die groot ontwikkelinge wat in die volgende paar jaar sal gebeur, is die oprigting van koshuisgeriewe, lesing- en administratiewe geboue, asook die verbetering van bestaande
sportinfrastruktuur in die stad vir gedeelde gebruik deur die universiteit en die betrokke instansies wat dit nou gebruik. Dit sluit die Karen Muir-swembad, die O’Grady-sportterrein van die Hoërskool Diamantveld en Hoffepark in.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
Jonges help dief vastrek Lecrecia Prins
STEVEN JONKERS (links), departementshoof van vervoer, veilig heid en skakeling, het saam met Jakob Madau, Clinton Senwedi en Itumeleng Kwaeng ’n man gevang toe hy ’n jong vrou se handsak en selfoon gegryp het. Regs staan genl. Peter Shivuri, hoof van mis daadvoorkoming in die NoordKaap. Foto: Emile Hendricks
DIE hoof van die departement van vervoer, veiligheid en skakeling, Steven Jonkers, het saam met drie jong mans ’n misdadiger vasgetrek toe hy ’n vrou beroof het. Jakob Madau vertel dat hy Dinsdagmiddag gesien het hoe ’n jong vrou, wat uit ’n taxi in Greenstraat in Weseinde geklim het, beroof is. ’n Man het haar agtervolg. Madau het vir ’n vriend gesê die man gaan die vrou beroof omdat hy in ’n vervalle gebou vir haar geloer en weggekruip het. “Die man het vinnig agter die vrou geloop. Ek het begin hardloop om hom in te haal. Hy het haar handsak gegryp en wou weghardloop, maar ek het op hom gespring.” Madau het die vrou se handsak en selfoon teruggegee en die verdagte het weggehardloop in die rigting van die plakkershuise oorkant die Weseinde-begraafplaas. Volgens Steven Jonkers het hy in hierdie stadium verbygery en gesien wat gebeur het. Hy het die verdagte in sy motor agternagesit en vir twee ander mans geskree om die verdagte te vang. Itumeleng Kwaeng en Clinton Senwedi het die verdagte gevang. Kwaeng het aangedring dat die polisie gekontak moet word. “Dié man kon die vrou verkrag het en ons moet die gereg sy gang laat gaan. Die gemeenskap het gedreig dat hulle hom iets sou aandoen as hy vrygelaat word.” As beloning vir die burgerlike inhegtenisneming het Jonkers vir Madau, Kwaeng en Senwedi werk by die departement se misdaadvoorkomingsprogram vir uitgebreide openbare werke aangebied. Die mans is baie ingenome hiermee. “Hy gee ons die geleentheid om rigting in ons lewe te kry en om onsself aan ons gemeenskap te bewys en ons is baie dankbaar daarvoor.”
Dwayne Botma, slot en agtsteman van die Hoërskool Dia mantveld se eerste rugbyspan, is gekies vir die SuidAfrikaan se o.19rugbyligaspan wat aan die Statebondkampioen skap in Glasgow, Skotland, gaan deelneem. Foto: Emile Hendricks
Kby-seun na Skotland André Botha KIMBERLEY. – Terwyl honderde Suid-Afrikaanse skoolseuns gereed maak vir die verskillende rugbyweke wat in Julie gehou word, is ’n Kimberleyse skoolseun Skotland toe om aan ’n ander soort rugbytoernooi deel te neem. Dwayne Botma, ’n matriekseun van die Hoërskool Diamantveld en lid van die skool se eerste rugbyspan, is gekies vir die Suid-Afrikaanse o.19-rugbyliga-span. Dié span speel op 27 en 28 Junie in Glasgow in die Statebondrugbyliga-kampioenskap. Rugbyliga (rugby league) is familie van rugby-unie (rugby union), of dan kortweg rugby, maar ’n sportsoort op sy eie. En Botma presteer in albei. Hy
is ook vir Griekwas se o.18-akademiespan gekies. Botma het verlede jaar onder die aandag van die rugbyliga-keurders gekom toe hy vir Tukkies se rugbyliga-klub gespeel het. Hy vertel dit was ’n “fratsongeluk” dat hy by die span betrokke geraak het. Sy ma het saam met die span se afrigter gewerk. Hy het in gr. 10 ’n rugbyligakliniek bygewoon en verlede jaar vir Tukkies se eerste span gespeel. Hy sê rugbyliga word teen ’n veel vinniger tempo as gewone rugby gespeel. Wedstryde duur 80 minute, maar spelers word voortdurend gewissel. Fiksheid is noodsaaklik, maar danksy die afrigting wat hy nou by Diamantveld kry, is dit nie vir hom ’n probleem nie.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
3
Kby omhels nuwe rol KIMBERLEY, soos die res van die land, is vasgevang in ’n ekonomiese gekneltheid. Daarom is die nuus van ’n nuwe woonstel- en kantoorkompleks in die middestad soos ’n vars briesie van belofte. Dit is ’n regstreekse uitvloeisel van die universiteit en ’n voorbeeld van die ekonomiese voordele wat die universiteit aan die stad gaan bied. Die terrein waarop die kompleks opgerig word, is al baie jare vir inwoners ’n onooglikheid. Oor die jare heen
heen dikwels ekonomiese hoogtes beleef, maar ook ekonomiese laagtepunte. ’n Eienskap van die stad is dat hy hom telkens “herontdek”. Eers was dit ’n myndorp. Toe ’n dienstestad. Toe word dit die amptelike hoofstad van die Noord-Kaap. Telkens het dié klemverskuiwings nuwe groei gebring. Nou word Kimberley ’n universiteitstad. En, soos wat die nuwe kompleks toon, beteken dit nuwe groei. Kimberley se toekoms lyk blink.
is verskeie pogings aangewend om die terrein nuttig aan te wend – as parkeerplek en ook as plek vir smouse om handel te dryf. Dit was egter nie suksesvol nie. Nou word hier iets gevestig wat nuwe lewe in daardie deel van die middestad gaan blaas en boonop die gebied esteties gaan verbeter. Kimberley het oor die jare
As die nood druk, maak ’n man ’n plan Hannes Nöeth JEUGDAG herinner my altyd aan die keer toe ek die dieretuin met ’n groepie jeugdiges besoek het. Die uitdagings wat so ’n dag bied, is eindeloos. Jy moet die groep bymekaar hou, jy moet keer dat hulle nie wegraak nie en jy moet toesien dat daar in al hul behoeftes voorsien word. So ’n dieretuinbesoek is ’n hoogtepunt – die groep word maklik besig gehou, daar is genoeg om te sien en totdat die jonges honger, dors en moeg word, is dit redelik maklik. Die oomblik wanneer hongerte en dors intree, kan jy maar weet jou geduld gaan ver bo die gemiddeld beproef word. Jy moet ’n rusplek en ’n eetplek soek – nou. Geskik sodat dié wat
’n Mamma kom sê die meisietjies sal dit maak, by hulle lyk dit beter. Sy dink ons moet die seuntjies dalk maar na die meisietjies ’n beurt gee. Ek en sy probeer nog plan maak en reël om hierdie plan van ons in werking stel toe kom die seuntjies daar aangehardloop – lekker breë glimlagge op die gesig. “Moenie bekommer nie, Oom, ons manne is reg.” Regte planmakers. Ek het nog gewonder hoe gaan ek organiseer en hoe gaan ek hierdie onbruikbare kleedkamer oortref, maar die manne het ’n plan gemaak. Hulle kon seker die verbasing op my gesig sien, want een verduidelik toe vinnig. Oom worry te veel, manne maak ’n plan. Hier is baie bome. Planmakers is nou maar eenmaal planmakers, nè!
vinniger eet as ander nie in die een of ander hok begin speel of wegdwaal van die groep nie. Geskik sodat kos wat op die grond val, afgestof en verder geëet kan word. Ook natuurlik geskik sodat hulle nie te diep in mekaar se kosblikke kan loer nie, want dan begin die groot uitruil. Die grootste uitdaging, weens deesdae se gebrekkige instandhouding, is egter geskikte kleedkamers vir so ’n groep. Dié spesifieke dag het ek sommer met die intrapslag in die badkamer besef die gerief is nie aan te beveel nie. Ek lei die seuntjies toe plas-plas daar uit. Sê nee, ons sal ’n plan B moet soek.
Sedert 1897 tuiste van skoolterrein DIE eerste Christian Brothers’ College in SuidAfrika is in 1897 in Kimberley gestig en het op 8 September van daardie jaar amptelik geopen. Die ontdekking van diamante het groot getalle Engelssprekendes, onder wie heelwat Katolieke, na die streek gelok en die behoefte aan ’n Katolieke seunskool is gou gevoel. Die foto bo wys die oorspronklike gebou met uitbreidings aan die linkerkant van die gebou wat in 1901 aangebring is. Die gebou is in 1905 herontwerp en herbou. Die skoolkapel is in 1933 aangebou en in dieselfde jaar is die kloktoring aangebring ter ere aan oudleerlinge wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het. ’n Katolieke meisieskool het reeds jare voor CBC geopen. In 1879 het lede van die Sisters of the Holy Family die St. Mary’s Convent School begin. Die skool was aanvanklik in ’n gebou langs die St. Marykatedraal in Dutoitspanweg. In 1933 is die skool na die gebou van die Belgravehotel in Atlasstraat verskuif. Dié skool het in 1970 gesluit en die gebou huisves nou die McGregormuseum. CBC Kimberley is in die 1990’s na St. Patrickkollege herdoop nadat die skool die eerste keer meisies inge neem het. Nazareth House, voorheen ’n tehuis vir bejaardes van die Katolieke Kerk, is in 2001 gekoop en is nou ’n skoolkoshuis genaamd Edmund Rice House. Hoewel dit ’n Katolieke skool is, word leerlinge van alle kerkverbande toegelaat. Foto: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
10
R
per pack
2990 White Star Super Maize 5kg
17
Danone Yojelly 6 x 100ml or Nutriday Smooth Yoghurt 6 x 100g
Cheddar 90 Clover or Gouda
per pack
Cheese 200g
t "TTPSUFE
7
R
5for
2for R
3
60
20
R
25
each
Knorr Regular Packet Soup
t "TTPSUFE
5
2190
90 each
Kellogg’s Corn Flakes Porridge 750g
Baked Beans 410g
3990
Mushrooms 250g
5990
per kg
R
18
Orange Pocket 6kg
R
per pack
6490
Golden Delicious Apples 1.5kg
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
Beef Goulash
6990
per kg
per kg
Stewing Beef
Low Pr ice G uarantee
per kg
Ground Beef Mince Mix
15
Blossom Lite Medium Fat Spread 500g
Oxtail
Prices valid 18 - 22 JUNE 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
We’re turning back the clock 12 9
3 6
on your e-toll account We extended the post-grace period discount for invoices between 3 Dec 2013 and 28 Feb 2014. If you register an e-toll account and settle the outstanding balance before 1 July 2014, you pay only the standard tariff for these transactions per vehicle.
Call: 0800 SANRAL (726 725) or email: info@sa-etoll.co.za For your settlement amount. Offer also applies to those who have paid the alternate rate for invoices dated 3 Dec 2013 to 28 Feb 2014.
An initial payment of R50 is required for every registration, that is credited to your account.
www.sanral.co.za info@sa-etoll.co.za 0800 SANRAL (726725) Terms and conditions apply
SIGN UP
SETTLE UP and
SAVE
up to
66,67
%
on your outstanding
e-toll account
3260
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
Matrieks op pad na Kaap vir dansgraad Unique Jacobs TWEE matrikulante van Kimberley het teen 70 ander dansers van oor Suid-Afrika heen en selfs Brasilië meegeding om ’n plek in die Universiteit van Kaapstad se gesogte dansgraad in 2015. Terina van Schalkwyk is van die Hoërskool Adamantia en Terry-Lee Sullivan van Kimberley Girls’ High. Om vir dié graad aansoek te doen moet studente ’n oudisie aflê en slaag. Die oudisie vir die balletafdeling behels praktiese danse vir ballet en kontemporêre danse. Dansers mag geen voorbereiding doen nie en kan slegs die kennis en ervaring gebruik wat hulle oor jare heen opgedoen het. Terina dans al sedert sy vier jaar oud is en dié 18-jarige sê sy is baie opgewonde oor volgende jaar, maar dat sy haar ouers baie gaan mis omdat sy so geheg aan hulle is. Terry-Lee (17), wat ook ’n karatekampioen is, dans al van sesjarige ouderdom af. “My ouers ondersteun my in alles wat ek doen, maar verstaan dat ballet eerste kom.” Haar pa, Terry Sullivan, is ’n sensei by die De Beers-JKA-karateklub. Vir Terry-Lee was die oudisie senutergend en Terina sê die kompetisie was straf. “Die beoordelaars het gekyk na ons deursettingsvermoë, hoe ons reageer op kritiek en of ons vinnig kan dink,” sê Terina. Al twee dansers oefen gewoonlik by hul dansonderwyser, Christine Compton. Terry-Lee sê dat Compton ’n uitstekende
TERINA VAN SCHALKWYK, ’n leerling aan die Hoërskool Adamantia, het ’n suksesvol le oudisie vir die BMusiek (dans) graad aan die Universiteit van Kaapstad afgelê. Sy be gin volgende jaar met dié vierjaargraad. Foto: Unique Jacobs
TERRYLEE SULLIVAN, ’n balletdanser en karatekampioen, gaan in 2015 met ’n dans graad by die Universiteit van Kaapstad be gin. TerryLee is ’n matriekleerling aan die Kimberley Girls’ High. Foto: Lecrecia Prins
onderwyser is en dat sy hulle altyd aanmoedig om hul bes te doen. “Sy is my dansmamma en ek is baie lief
vir haar,” sê Terina. Die twee stem saam dat hulle gedissiplineerd moet wees om ’n balans tussen
skool, dans en ander aktiwiteite te handhaaf. Hulle gaan in kampuskoshuise woon en albei sien uit na die Kaapse see.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014 André Botha
’N STUDIE is begin om die behoeftes van 104 gesinne wat deel van die Droogfonteingemeenskapseiendomsvereniging uitmaak te bepaal. ’n Span plaaslike werklose mense is
Studie bepaal behoeftes opgelei om dié studie uit te voer. Die Droogfontein-gemeenskapseiendomsvereniging is een van die vennote in die
Droogfontein-sonaanleg buite Kimberley. Marion Green-Thompson, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder van Droogfontein
Solar Power, sê die mense wat opgelei is om die studie uit te voer, is gekies uit die Kimberley-gebied binne ’n straal van 50 km van die aanleg. Die studie behels dat die behoeftes van die 104 gesinne bepaal sal word. ’n Register van voorkeure sal dan opgestel word.
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
Boetes verg nóú jou aandag OM ’n briefie met ’n foto van jou ryding in die pos te kry is genoeg om enigeen in sy pap te laat stik. Dit beteken jy het iewers te vinnig gery en sal nou moet uithaal en wys. Met die nuwe Aarto-stelsel (Aarto is die instelling wat verkeersoortredings reguleer) waar jy ’n kruisie teen jou rybewys kan kry en met te veel kruisies dit selfs verbeur, moet jy boetes liefs nie ignoreer nie. Dit kan jou ook duur te staan kom as jy ’n nuwe voertuig wil registreer, jou meubels kan verkoop word en jy kan selfs in die tjoekie beland. Om dié redes het die versekeraar Budget besluit om ’n stelsel te bied wat sal monitor of jy ’n boete iewers gekry het – net ingeval jy vergeet het om aandag aan die boete te gee of dit nie
Fokus op Oranje Toyota KOM bespreek jou volgende voertuigaankoop met die vriendelike verkoopspan by Oranje Toyota Kimberley. Finansiering by die bank van jou keuse is op die perseel deur die finansierings- en versekeringskonsultante beskikbaar. Waarborgen diensplanne vir jou Toyota kan by die VAP-konsultant gereël word.
ontvang het nie. Met die Aarto-stelsel word ’n boete-aanslag met geregistreerde pos aan jou gestuur en kry jy 50% afslag as jy die boete binne 32 dae betaal. Indien jy dit nie betaal nie, sal jy nog ’n geregistreerde posstuk kry wat jou nog 30 dae gee om te be-
taal. Dié keer kry jy nie afslag nie en betaal jy ’n ekstra R60 vir die hoflikheidsbrief wat jou aan jouskuld herinner. As jy steeds nie betaal nie word ’n bevel teen jou verkry wat jou verhinder om jou rybewys te hernu, ’n nuwe voertuig te registreer en basies alle
transaksies op die eNatis-lisensiëringstelsel sal stop. Jy sal weer ’n hoflikheidsbrief kry wat jou nog R60 sal kos om jou van die nuutste stappe teen jou in kennis te stel. As jy steeds nie aandag daaraan skenk nie, is dit hofstories.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALLERLEI 1655
LENINGS 1445
TE KOOP
BOEDELKENNISGEWINGS
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen BOEDELS: Russiese gras en is op KREDITEURE EN soek na skape, bokke en ou DEBITEURE bakkies te koop vir kon4201 tant. 072 604 5219 JK VAN BLERK www.russiangrass.co.za In die boedel van wyle John Kamp van Blerk, ALGEMENE & identiteitsnommer: HUISDIENSTE 300517 5013 081, van Acacia Aftreeoord B104, Kimberley. Meester se verwysing: ALLERLEI 1515/2013. 1845 Alle persone met vorderinge teen die PLAFONISOLERING: bovermelde boedel moet THERMGUARD LITE dit binne 30 (DERTIG) dae NK. vanaf datum van Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwo- publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur tasies. inlewer. 082 388 0307 of 053 832 HPA VENTER 9194. Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN POSBUS 64 BETREKKINGS KIMBERLEY 3600 8300 Verw: HV/jm/Van 910/0001 ADMINISTRATIEF 3605
ROUX WELGEMOED & DU TOIT. Ons firma het 'n pos beskikbaar vir 'n kandidaatprokureur vir ons invorderings-/litigasieafdeling. Moet onmiddellik diens aanvaar. 'n LLB graad is nie 'n vereiste nie en ons is bereid om 'n 5- (vyf-)jaar-kontrak met die suksesvolle kandidaat te sluit. Stuur volledige CV na faks: 086 616 9514. E-pos: roweldu@kimberley.co.za
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
Ezandri ’n ware sportster DIE 17-jarige Ezandri Vermeulen, ’n gr. 12leerling aan die Hoërskool Daniëlskuil, is Noordkaap en SuperSport se Let’s PlaySportster van die Maand. Ezandri is vir die o.21-Siyanda-netbalspan gekies wat aan die Suid-Afrikaanse toernooi in Durban gaan deelneem. Sy was verlede jaar ook deel van dié span. Sy is ook ’n kranige rugbyspeler wat in 2012 en 2013 na die Springbok-oefenkamp vir vroue genooi is en sy het in 2013 die Griekwas se sewesspan in die nasionale toernooi verteenwoordig. Sy was ook al ’n lid van die o.16-Griekwas-meisiespan, asook die senior vroue-span, en het in 2010 haar skool op die nasionale skolebyeenkoms in spiesgooi verteenwoordig. ) Is jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool of gemeenskap wat in sport presteer? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-
kompetisie hoor graag van jou. Dit is oop vir enigeen tussen 6 en 18 jaar. Benoemings moet insluit:
naam, ouderdom en ’n paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies. Inskrywings moet die aansoeker se
kontakbesonderhede bevat. Stuur dit na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 18 JUNIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Griekwas Gouws weens besering kwyt Gerdie Karstens
DIE Griekwasheelagter Gouws Prinsloo sal die kragmeting teen die Luiperds in Kimberley weens ’n kniebesering misloop. Foto: Christiaan Kotze
Klinieke ideaal vir kinders André Botha DIE Gemsbok Kidzrugby-en-netbal-afrigtingsklinieke vir laerskole word vanjaar die vierde keer in Kimberley aangebied. Die rugbykliniek is van 15 tot 19 Julie elke dag van 09:00 tot 12:00 op die Hoërskool Diamantveld se terrein. Griekwa-rugbyspelers Gouws Prinsloo en Francois Brummer sal onder meer met skopvaardighede help. Seuns van o.6 tot o.13 is welkom. Dit kos R500 en sluit ’n rugbytrui en pryse in. Die netbalkliniek vir meisies van o.6 tot o.13 is van 16 tot 18 Julie by Hoffepark. Lede van die Kimberley-Diamonds-netbalspan bied dit aan. Dit kos R350 en sluit ’n netbalhempie en pryse in. Rig rugbynavrae en -besprekings per SMS (naam, van en ouderdom) aan Jean Stemmet by 082-559-9024. Vir netbalbesprekings stuur ’n SMS (naam, van, ouderdom) aan Beate Stemmet by 083-257-5234.
DIE Griekwas sal Saterdag in hul Curriebekerkwalifiseerder teen die Luiperds sonder die skopmasjien en heelagter Gouws Prinsloo oor die weg moet kom. Die 23-jarige Prinsloo, wat met veral sy skopwerk pale toe in die Poubloues se suksesvolle Vodacombeker-reeks vroeër vanjaar ’n deurslaggewende bydrae gelewer het, het Saterdag in die Griekwas se sege van 21-3 oor die Boland-Kavaliers in Wellington sy mediale ligamente aan sy regterknie beseer. Die Boland het twee weke gelede teen die Griffons vasgeval en daar is verwag dat die Poubloues redelik maklik met die Wynboere sou afreken, maar die toestande was nie bevorderlik vir hardlooprugby nie. “Die veld was baie modderig, maar nie so erg soos ons verwag het nie. Dit het ook nie te hard gereën nie, maar die veld het laat in die tweede helfte effe van ’n pappery geword,” het Prinsloo gesê.
“Die gras was ook baie lank wat skopwerk pale toe bemoeilik het. ’n Mens het onder die skopkegel deurgeskop omdat hy baie hoër as gewoonlik op die gras gestaan het,” het Prinsloo, wat ’n drie en twee strafdoele tot sy span se puntetotaal bygedra het, gesê. Die Griekwas het van begin tot einde met hul voorspelers ingeklim en die gevolg was ’n half eentonige wedstryd. Die Griekwas het nie ’n bonuspunt teen Boland ingesamel nie, wat beteken dat die Luiperds met een punt bo-aan die puntelys is. Puntemakers: Griekwas 21 (8): Drieë: Gouws Prinsloo, Hilton Lobberts, Howard Mnisi. Strafdoele: Prinsloo (2). Boland 3 (0): Strafdoel: Eric Zana.
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook op Facebook by NoordkaapKoerant ‘Die veld was baie modderig, maar nie so erg soos ons verwag het nie. Dit het ook nie te hard gereën nie, maar die veld het laat in die tweede helfte effe van ’n pappery geword.’ – Gouws Prinsloo