Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 25 Junie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
En die lelike
Die mooie
DIE Sol Plaatjemunisipaliteit het ’n verfraaiingsprogram in die middestad begin om toeriste in die stad te verwelkom. Hier is van die plantpotte en klippies wat hulle op eilande in die stad aangebring het. Foto: Emile Hendricks
TERWYL die Sol Plaatjemunisipaliteit in die middestad besig is met sy verfraaiingspro gram, is inwoners van Lindene moeg vir hul maande lange gewag om munisipale wer kers sover te kry om hul omgewing skoon te maak. Foto: Verskaf
Bo blink, onder stink
Program goed, maar inwoners kla oor halwe herstelwerk Unique Jacobs DIE Sol Plaatje-munisipaliteit se verfraaiingsprogram in die middestad is daarop gemik om vir Kimberley ’n estetiese voorkoms te gee. Die program is vir die munisipaliteit ’n voorkeursaak omdat die stad se oop ruimtes met vullis bemors word en agteruitgaan. Elders in die stad is daar ook ’n inwoner van Lindene wat nie tevrede is met die feit dat die munisipaliteit nie sy eie gemors
skoon maak nie. Einde verlede jaar het ’n pyp oorkant Charl du Plessis se huis in Yvonnestraat gebars. Die munisipaliteit het die pyp reggemaak, maar het die rommel net so gelos, sê hy. Du Plessis het verwag dat die munisipaliteit die vuilgoed sou opruim, maar ses maande later is daar steeds niks aan die rommel gedoen nie. Du Plessis sê daar is ’n groot doringboom voor sy huis waar verbylopers rommel strooi. “Daar sit gereeld mense onder
hierdie boom en hulle laat oral blikkies, kartonhouers en ander gemors agter. Omdat die gras so lank is, word hierdie gebied ook as ’n toilet gebruik.” Op ’n geleentheid waar besonderhede van die nuwe verfraaiingsprogram bekend gemaak is, het David Molusi, die burgemeester, gesê dat daar reeds ’n verandering in die middestad is. “Aan die einde van die dag trek ’n skoon stad toeriste na Kimberley en dis ’n gebied
waarop ek trots is om in te bly.” Inwoners van Lindene het al verskeie kere die munisipaliteit in kennis gestel van hierdie probleem en elke keer beloof die munisipaliteit om iets daaromtrent te doen en dan daag niemand op nie. Sello Matsie, kommunikasiebestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het op aanvraag gesê dat die munisipaliteit die klagtes in ag neem en aandag daaraan sal gee. Hy het ook gesê dat die
munisipaliteit nie sy werk deur die media kan doen nie. “ Ons het ten minste iets goeds gedoen deur die gebarste pype reg te maak.” Du Plessis het gesê dat hy sy skoonheidsbesigheid van die huis af bestuur en hy is skaam om kliënte daarheen te neem weens die gemors wat hulle sal aanskou. “Daar is oral borde op wat sê hou Kimberley skoon. Is dit nou hoe die munisipaliteit Kimberley skoon hou?”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Inwoners briesend ná vergiftiging Lecrecia Prins INWONERS van Painstraat in Weseinde is woedend oor hul honde wat vergiftig is en booswigte wat dan by hul huise inbreek en steel. Kurt Passe se televisie, versterker, sy dogter se iPhone en die afstandbeheerders is gesteel. Sy vrou, Anita, se handsak met haar identiteitsdokument, kaarte en brille is ook gesteel. Passe sê die voorval moes tussen verlede Dinsdagaand en Woensdagoggend plaasgevind het. “Ek het wakker geword van ’n geluid, maar het nie gedink dit is by my huis nie, omdat dit so sag was.” Anita het teen 04:30 opgestaan en toe sy in die kombuis kom, het sy gesien dat die venster se diefwering oopgebreek is. Passe sê Anita het hom onmiddellik geroep. “Ek het eers gaan kyk of my honde oukei is. Toe ek sien daar is niks fout met hulle nie, het ek geweet iets is fout.” Volgens Passe is daar die afgelope 12 jaar wat hy in die huis woon nog nooit ingebreek nie. “Hulle (booswigte) moes presies geweet het hoe die uitleg van die kombuis na die sitkamer lyk. Die televisie is beslis by die venster uitgevat. Die ouens het met ’n doel gekom en net gevat wat hulle wou hê.” Sy ketel is ook uit die kombuis gesteel, maar R700 kontant wat langs die ketel gelê het, is nie gesteel nie. “Dis nie aangenaam om te weet iemand was in jou huis en het gesteel terwyl jy daar is nie.” Jason van der Ross, Passe se buurman, sê twee van sy honde is
KURT PASSE (middel) se honde is gif gegee toe daar by sy huis ingebreek is en van sy besittings gesteel is. Links van hom is Jason van der Ross, sy buurman wie se honde ook dieselfde aand vergiftig is, en regs is Joël (JJ) Cloete, Passe se buurman oor die straat, wie se hond ook vergiftig en dood is. Foto: Emile Hendricks gif gegee, maar hulle is nie dood nie. Van der Ross sê Passe het hom daardie oggend voor 07:00 gebel en van die voorval vertel. Toe hy by die huis kom, het hy gesien een van sy honde lê op die
stoep en die agterkant van sy lyf is verlam. “Dit maak ’n mens seer. Ons is lief vir diere. Ons hou nie net honde aan om ons te beskerm nie, hulle is deel van ons gesin.”
Laat die middag was Van der Ross se honde beter en het op die erf rondgeloop. Joël (JJ) Cloete, nóg ’n inwoner, se hond is ook vergiftig. Cloete sê hy is hartseer, want dit was hul
lieflinghond. “Hulle het nou ons alarm makers in die straat weggeneem.” Van Passe se bure verder af in die straat se honde is ook vergif en word behandel.
ATKV soek senior talent DIE ATKV hou vanjaar sy tweede nasionale talentkompetisie vir senior burgers. Al die land se senior burgers met bewese gehaltesang- en/of musiektalent word uitgenooi om aan die
kompetisie deel te neem. Anette Jonker van die Vrystaat is verlede jaar se wenner.
Daar is twee kategorieë waarvoor jy jou kan inskryf: ) Sing enige Afrikaanse liedjie met enige musiekinstrumentbegeleiding. ) Speel enige Afrikaanse nommer met enige musiekinstru-
mente. Vra jou kinders, kleinkinders, vriende, die kerk of die naaste Afrikaansmediumskool om jou te help om die liedjieen/of musiekinstrumentspel op ’n CD te kry of dit in MP3-formaat te e-pos. Jy kan jou vir een of albei kategorieë inskryf. Jy kan ook meer as een liedjie en meer as een musieknommer inskryf. Beoordelaars: Die span beoordelaars bestaan uit van die bekendste en suksesvolste Afrikaanse sangers en musikante wat self ook vandag al senior burgers is, naamlik Rouel Beukes, Lieb Bester, Mimi Coertse, Theo Erasmus, Sonja Herholdt, Lance James, Martin Lane, Trevor Nasser, Min Shaw, Gert van Tonder (Groep 2) en Ollie Viljoen. Inskrywingsvorm: Stuur ’n SMS na 082-925-1488 of ’n e-pos na iakotze@mweb.co.za om ’n inskrywingsvorm te kry. Sluitingsdatum: 30 Augustus Wenpryse: Die twee kategoriewenners wen Lapaboeke en twee dae se verblyf by ’n ATKVoord. Vir inligting bel Sakkie Kotze by 082925-1488. Om na die video van verlede jaar se wenner, Anette Jonker te kyk, gaan na www.noordkaap.co.za
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Ontmoet vir Dustin Jinka Unique Jacobs
HIERDIE week is die Griekwasskrumskakel Dustin Jinka Noordkaap se profielfokus. Dié 27-jarige is in Kaapstad gebore en het op laerskool begin rugby speel. Voordat hy hom by die Griekwas aangesluit het, het hy ook al vir spanne soos die Westelike Provinsie en die Blou Bulle gespeel. Hy het al in 19 Vodacombekerwedstryde en 12 Curriebekerwedstryde gespeel. Jinka se doel is om elke wedstryd ’n opwindende een te maak en die Griekwas se opwindende spelstyl is wat hom na die Diamantstad gelok het. Die hitte was vir hom ’n aanpassing en sy eerste paar sessies in November was nogal uitdagend. Cristiano Ronaldo is sy
rolmodel, want die sokkerster gee altyd 120% en is volgens Jinka die volmaakte atleet. Een snaaksheid was toe hy ’n doelskop van ’n hoek af gemis en die skopkegel uit frustrasie weggegooi het. Hy het toe nie besef dat die kegel reg teen een van die rugbyondersteuners vasgevlieg het en sy hele drankie op hom uitgemors het nie. Een van die Griekwa se hoogtepunte was sy Curriebekerdebuut teen die Luiperds. Iets wat nie so lekker was nie, was toe hy sy kakebeen gebreek het terwyl hy net voor Kersfees in Ierland gespeel het. Dié laagtepunt het hom steeds nie gekeer om sy Kersete te geniet nie. Jinka is tans besig om sy graad in die regte deur Unisa te voltooi en die speler is ook verloof.
Be stove-top smart DROOGFONTEIN SOLAR POWER produces power from the entire plant, which results in great energy production. The plant produces enough renewable energy to power more than 27 000 households with electrical power produced from the sun. Electric stoves are heavy users of electricity, so here are some things you could do to reduce your monthly electricity bill with smart stove usage:
) Make sure that the pots and pans you use have flat bottoms. This will improve the conductivity between the hot plate and the pot or pan. ) Match the size of the pots and pans with the plates. ) Keep the lids on to avoid wasting heat. ) Do not use more heat than you need to cook food. ) Use a kettle instead of a pot to boil water – it is more efficient. ) Use a pressure cooker.
DUSTIN JINKA (met die bal) speel skrumskakel vir die Griekwas.
Foto: Emile Hendricks
Leef groener HERWIN en leef groener. Herwinbare materiaal kan by die volgende plekke afgelewer word. ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan van Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels
en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir Landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
3
SATERDAG 5 Julie Die Nations For Jesus-sendingorganisasie bied om 07:30 vir 08:00 ’n ontbyt by die Hoffepark-saal by Birbeckstraat 30 aan. Toegang kos R60 per persoon en sluit ’n geskenk in. Besprekings moet voor 28 Junie gedoen word. Kontak Christa Vrey by 082-5201172 of Johan Vrey by 082-471-8121. Donderdag 24 Julie ) Die Volksblad-joernalis Charné Kemp is die gasspreker op ’n byeenkoms van die Volle Evangeliekerk Kimberley. Sy sal praat oor haar boek Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel. Die boek sal teen R150 te koop wees en Kemp sal ook boeke teken. Ondersteun ook die Christina Kiddie-kinderhuis deur ’n blikkie kos saam te bring. Toegang is R220 per persoon en sluit ’n driegangmaaltyd in. Dit begin om 18:30 vir 19:00 by die kerk op die hoek van Waterwerke- en Meyerstraat. Besprekings: 084-242-2220. Vrydag 1 Augustus Kansa bied om 18:30 vir 19:00 ’n skouspel by die Taberna Dei Diamantstad aan. Toegang vir volwassenes is R50 en vir skoolkinders R30. Rig navrae aan Adri Basson by 082-305-7878. Kaartjies is by Kansa-kantore en Dream Blinds en kunstenaars te koop. Die projek is ten bate van Kansa in Kimberley se Tough Living with Cancer-program. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Stuur inligting per e-pos na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Almal moet ons diamant poets DIT is goeie nuus dat die Sol Plaatje-munisipaliteit ’n verfraaiingsveldtog begin het. Die stad se voorkoms is reeds jare lank vir inwoners ’n groot bron van ontevredenheid. Die eerste keer in ’n lang tyd is daar tekens dat iets daadwerkliks gedoen word om Kimberley weer te laat blink. ’n Skoonmaakveldtog is reeds verlede jaar begin en word nou met die verfraaiingsveldtog opgevolg. Oral in die stad kan die produkte van die verfraaiingsveldtog reeds gesien word. Ongelukkig, soos wat Noordkaap vandag berig, verloop dié programme nie oral in die stad ewe voorspoedig nie. Verfraaiing help niks as vullis in die strate bly lê nie. En al is ’n mens dankbaar dat herstelwerk gedoen word, moet ’n
Hospitale trotseer verskeie rampe
gemors nie agtergelaat word nie Daar word egter dikwels hieroor die vinger net na die munisipaliteit gewys. Inwoners moet ook self verantwoordelikheid neem. As jy self maklik ’n papiertjie by die motorvenster uitgooi, jou koeldrankblikkie op die sypaadjie gooi of nie na die naaste vullisdrom wil stap nie, moet jy nie kla as die stad vuil is nie. Dit is ’n gedeelde verantwoordelikheid. Hopelik het die munisipaliteit met sy huidige programme ’n nuwe kultuur in die stad begin skep. Een waarin hy sy verantwoordelikheid nakom, maar ook een waarin die inwoners hul verantwoordelikheid nakom. Dan kan Kimberley ’n voorbeeld vir die land word en blink soos wat dit die Stad van Diamante betaam.
SAAM met die invloei van mense na die Dia mantveld het ook siektes gekom. Pasiënte is in ’n tenthospitaal naby die Bultfonteinmyn ver sorg. Dit is egter in 1871 deur ’n sterk wind ver woes. Die Diggers’ Central Hospital is daarna gebou. Die Kaapse regering het in 1874 langs die Diggers’ Central Hospital ’n hospitaalgebou van hout en yster in Dutoitspanweg opgerig. Dit is eers die Provinsiale Hospitaal genoem, maar het daarna die naam Carnarvonhospitaal ge kry. Die gebou is ten tyde van die bouproses ge deeltelik in ’n brand verwoes en dadelik herbou. Suster Henriëtta Stockdale het in 1879 matrone van dié hospitaal geword. Die eerste staatsregi strasie van verpleegsters in die wêreld was ’n gevolg van haar werk hier om professionele standaarde te stel. Die twee hospitale het in 1882 saamgesmelt en die Kimberleyhospitaal geword. In daardie tyd was dit die grootste hos pitaal in die Kaapkolonie. Teen 1883 het die hos pitaal 160 beddens en 50 personeellede gehad. Dié vinnige uitbreiding het die hospitaal egter bankrot gemaak, en die Kaapse regering moes ingryp. ’n Kapel is in 1887 gebou. Die kapel, wat Stockdale se naam dra, staan steeds en is ’n na sionale gedenkwaardigheid. Verskeie uitbrei dings het daarna gevolg. Die gebou is in 1912 in ’n aardbewing beskadig, en ’n nuwe gebou (boonste foto) is in 1915 voltooi. Dit is deur D.W. Greatbatch ontwerp, wat ook verskeie ander geboue in Kimberley ontwerp het. Die stad se groeiende mediese behoeftes het ’n nuwe hos pitaal vereis, wat langs en agter die bestaande gebou opgerig is (onderste foto). Dit is op 16 Augustus 1980 betrek, en die oorspronklike ge bou is in Maart 1982 gesloop om vir verdere uit breidings ruimte te skep. Die onderste foto wys die presiese toneel waar die oorspronklike ge bou gestaan het, met die nuwe gebou aan die regterkant. Op albei foto’s is die ou verpleeg stertehuis aan die linkerkant sigbaar. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Onderrig noodsaaklik Hannes Nöeth EK het hard met die pa dié dag geraas. Hy was baie kwaad vir my. Hy ken sy kinders. Hy is lief vir hulle. Hy kan doen wat hy wil. Ek weet hy kan. Ek weet hy is lief vir sy kinders, maar ek dink wat hy doen, is verkeerd. “Soveel mense, soveel menings,” was sy antwoord. Hy het sy kind uit die skool gehaal. Hy leef in ’n delwerygemeenskap. Hy kan vir sy mense sorg. “Jy was ’n paar maande terug nog op universiteit. Hoe kan jy nou vir my vertel wat ek met my kinders moet doen?” Ek kon dit in sy stem hoor, ek kon dit in sy oë sien. Pas bevestig in ’n eerste gemeente kies ’n mens no g jou gesprekke baie fyn en weet jy soms jy is reg, maar moet jy dit maar saggies en versigtig oordra. Ek het gou geleer ’n sagte antwoord keer die grimmigheid af. Ek moet saggies wees in hoe ek raas. Soms hard, soms sag. Daardie dag het ek hard geraas. Sy kind was 18 jaar oud in gr. 11. Pa het besluit hy kry ’n nuwe motor en hy haal hom uit die
h ’ s s a D Deal Dash BUY 2 FOR
AS ON N SEE
R
TV
125g
Limited to 6 per customer
R
Simba Lays
12 .99
R
2L
8 .00
R
each
TV
All Gold Tomato Sauce
62 .00
AS ON N SEE
TV
Ricoffy
7
.00
AS ON N SEE
TV
200ml
Dawn Hand & Body Lotion
R
R
40 .00
Free State: Bodi Café Heilbron (058 853 5800), Bus Stop (051 448 1036), CHH Knauff (051 541 0052), Clarens (058 256 1957), Colesburg (051 753 1468), Commando (057 352 9041), Douglas (053 298 2281), Fichardt Park (051 522 9515), Five Star Supermarket (058 303 1360), Flair (057 /SaveriteSupermarket 352 1733), Mini Rama Hartbeesfontein (018 431 0196), Hoopstad (053 444 1938), Kakamas (054 431 0889), Kimberley Pantry (053 832 2732), info@saverite.co.za Koffiefontein (053 205 0761), Manny’s Kroonheuwel (056 212 3372), Manny’s Welkom (057 396 5695), Pofadder Vleis (054 933 0062), Protea www.saverite.co.za Stores (061 088 7855), Riebeeckstad (057 388 1269), Super Spaar (051 522 1971), The Village Shop (054 335 4383), Yiangou Grocers (051 991 0106) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554)
10 .00 500g
2kg
Rama Spread for Bread Brick
Omo Washing Powder
Valid From 26 June to 6 July 2014. All prices inclusive of VAT.
16 .00 700ml
750g
Cadbury Slabs
R
R
Koo Baked Beans
80g
AS ON N SEE
7 .00 410g
Coca-Cola Only R
20 .00
3 Trolley Dashes up for grabs!
/YourSaverite
SILVER 90 sec
GOLD 2 min
BRONZE 1 min
Stand a chance to WIN! SMS “Dash” your name and your Saverite store to 41729. (eg: Dash, Vuyo, Springs)
SMS cost R1.00 Ts & Cs apply
SAV005
skool. Skool is sommer nonsens. Die plaas en delwery kan genoeg sekuriteit bied. Skool mors tyd en sy kind kan op die delwery help. Bring in elk geval meer in as geleerdheid. “Het jy geweet, Dominee, dat een diamant is meer as jou jaar se salaris?” En die blink motor as present is net om te wys, sodat die kind nie moet vergeet nie – geleerdheid is nie alles nie. Soms moet ’n mens slimmer wees. Dié pa het my verlede week gebel. Met my gepraat – oor sy seun. Ek weet mos die ekonomie het sleg gedraai en delfgrond raak min. Hulle het sy delwery en plase uitverkoop. Hy kon net nie meer hou nie. Hy bel eintlik om jammer te sê. Hy was verkeerd. Ek was reg. Hy moes sy kind matriek laat skryf het. Hy vra sal ek vir die mense sê hulle moet hulle kinders onderrig en laat onderrig.
Vind vrede in ’n vriend Karin Muller DIE mense wat weet, sê ons het vier hartkamers. Wat vriendskap betref, dink ek ons beskik oor meer. Een ding wat ek geleer het, is dat vriende daar is omdat hulle daar wíl wees, nie omdat hulle daar móét wees nie. Met familie is dit nie altyd die geval nie. Familielede wat ’n mens dus hanteer op ’n manier van “jy sou steeds vir my kosbaar gewees het al was ons nie familie nie”, is vir my ’n kleinood. Spreuke sê: “Daar kan ook ’n vriend wees wat nader is as ’n broer.” As hierdie persoon albei is, soveel beter. ’n Mens se lewe sou leeg gewees het sonder vriende, hetsy dit vriende-vriende of familie-vriende is. Hulle vul leemtes in jou bestaan waarvan jy voorheen nie eens bewus was nie. In die vriendskap het julle iets in gemeen: dalk so min soos ’n woord. ’n Syfer. ’n Dier. ’n Kind. ’n Humorsin. Soms is daar baie in gemeen. Dalk is die
vriendskap so nuut soos twee weke, dalk so oud soos ’n hele paar dekades. Vriende slyp jou tot die mens wat jy veronderstel is om te wees. Dit is mense wat jou regop hou, hetsy daagliks, weekliks, maandeliks of jaarliks. Ouderdom, geslag, ras en agtergrond word geneutraliseer in vriendskap. Die goue draadjie wat julle saamvleg, is een van die sterkste elemente ter wêreld. Dit is die warm gevoel wat in jou hartkamers kom nesskop wanneer jy met die persoon kontak gehad het. ’n Soort vrede wat ’n goeie vriendskap nalaat. Niks kan hierdie gevoel naboots nie; min dinge kan dit vervang. Daar is min dinge meer kosbaar as wanneer jy aan die persoon dink en oorspoel word met dankbaarheid dat hierdie persoon oor jou pad gekom het. Of die persoon ’n kort rukkie of ’n geruime tyd in jou lewe gaan wees, is nie op daardie oomblik ter sprake nie. Dankie aan vriende wat soveel lewens verryk.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Haar droom is om kinders te laat droom OM aan die hoof van ’n jeugsorgsentrum te staan is nie kinderspeletjies nie, hoewel Freda Meiring, bestuurder van Christina Kiddie-kinderhuis in Kimberley, dit so laat lyk. “Dit is my droomwerk,” vertel sy opreg. “Dit is nie altyd maklik nie, maar die Here stuur ongelooflike mense oor my pad om my hande te lig sodat ek die lewe hier vir ons kinders kan beter maak. Sonder mense se bydraes en mense wat dieselfde droom deel, kan ek niks doen nie. Dit is ’n legkaart wat uit baie stukkies bestaan.” Meiring is op 12 Junie 1952 in Port Elizabeth gebore en sy het in Fort
Beaufort gematrikuleer. Ná agt jaar in die onderwys het sy haar by die Jannie Roux-kinderhuis aangesluit. In Desember 1988 het sy by Christina Kiddie as bestuurder begin werk. Ná meer as 25 jaar is sy nog net so entoesiasties oor haar werk. Haar man het afgetree en werk saam met haar by Christina Kiddie. “Sonder hom en my twee dogters, Stef en Carla, sou ek nooit die werk kon doen nie. Hulle is my steunpilare. Ek geniet dit om die kinders te sien groei. Jy probeer so lank iets oordra en op ’n dag, wanneer jy dit die minste verwag, kom dit wat hulle geleer het skielik na vore. “Daar is gereeld oudinwoners wat skakel en vertel wat die jeugsorgsen-
trum vir hulle beteken het. Soms bel hulle net om iets in hul lewe met ons te deel. Dit is vir ons wonderlike terugvoering.” Maar soos met alles in die lewe is daar heelwat uitdagings, selfs dalk meer as op ander gebiede. Om die deure van die jeugsorgsentrum oop te hou is hulle afhanklik van skenkings en is deurentyd op soek na geld. Saam met die kern van hul werk, die versorging van die kinders, is dit ’n baie tydrowende proses. “Daar is ’n paar goed wat ek graag in die rigting van ons werk sou wou sien verander. Die belangrikste hiervan is dat ouers van die kinders in jeugsorgsentrums op ’n manier gedwing moet word om meer betrokke
te raak by hul kinders. Dit is ongelukkig so dat die meeste van die kinders nog hul ouers het. Hulle kan egter nie altyd by die ouers teruggeplaas word nie, maar hulle het steeds ’n sterk behoefte aan hul ouers.” Sy lag en skud haar kop as ek uitvra oor haar vrye tyd. “Daarvan het ek min. Ek het altyd ’n boek byderhand as ek die geleentheid kry om te lees. Ek speel graag Rummikub saam met my dogters en drink koffie saam met vriendinne.” Haar raad aan jong mense is iets wat ’n mens maklik wegredeneer. “Die lewe bestaan uit keuses. Dink goed oor elke keuse wat jy maak, want met elke keuse kom ’n verantwoordelikheid wat net jy kan nakom.”
SUPER SAVERS BREAKFAST
FREDA MEIRING, bestuurder van Christina Kiddie kinderhuis, bestuur die plek al jare lank. Foto: Karin Muller
R21.90
RA LEB TI
21
NG
2 EGGS, BACON STEAK, GRILLED TOMATO, SMALL CHIPS AND TOAST
CE
Karin Muller
YEARS
MAXI’S KIMBERLY 053 832 7111 TERMS AND CONDITIONS APPLY
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
7
JOU TROUDAG DIE nagmerrie vir ’n bruid is dat iets op haar troudag verkeerd sal loop. Hier is ’n ’n lysie van wat om wanneer te doen. Ses maande voor die troue: ) Besluit op ’n troudatum. ) Besluit op die soort onthaal. ) Bepaal jul begroting. ) Bespreek die onthaallokaal, die kerk, musiek en ’n fotograaf. ) Besluit hoe jou rok moet lyk en begin oplet na jou gewig. ) Stel jou gastelys op. Vier maande voor die troue: ) Soek ’n ontwerper. ) Begin soek vir skoene. ) Besluit oor jou gevolg. ) Besluit wie jou seremoniemeester moet wees en wie die heildronke en bedankings gaan doen. ) Bespreek jul predikant.
Beplan troue maand vir maand Drie maande voor die troue: ) Betaal uitstaande deposito’s. ) Finaliseer jul gastelys. ) Praat met die predikant en koster en maak seker van die reëlings wat in die kerk geld. ) Gesels met die mense wat jou musiek gaan maak. ) Besluit wie jou hare en grimering gaan doen en gaan vir ’n toetslopie. Vind uit wanneer die beste tyd is om byvoorbeeld jou hare te kleur of strepies in te sit. ) Laat druk jou uitnodigings. ) Besluit oor jou blomme en gesels met die bloemis wat dit gaan doen oor die ruikers en
blomme op jou tafels. ) Besluit op jou konfetti. ) Jou verloofde kan vir hom klere gaan uitsoek. ) Bespreek jou troumotor en vra iemand om dit te bestuur. Twee maande voor die troue: ) Pos jou uitnodigings. ) Stel jul huwelikskontrak op. ) Bespreek jou haarkapper en grimeerkunstenaar. ) Finaliseer jou spyskaart. ) Finaliseer jou blomme. ) Besluit oor die tafelplasings. ) Hou jou gaste se antwoordlys op datum. Bel dié wat nog nie geantwoord het nie en gee jou
voorlopige getal aan jou spyseniers. ) Gaan koop jul trouringe. Twee weke voor die troue: ) Gee jou presiese getal gaste aan die spysenier. ) Bepaal die dag se program. Jou seremoniemeester moet weet wat van hom of haar verwag. Een week voor die troue: ) Kry iemand wat jou rok vir die ontwerper kan teruggee ná die troue. ) Reël ook dat iemand alle gehuurde goed terugneem. ) Vra iemand om jul trougeskenke na jul huis te neem.
) Kry jou trourok, jou verloofde en jou gevolg se klere. ) Bevestig almal wat by die troue betrokke is. ) Hou ’n repetisie sodat almal weet wat van hulle verwag word. ) Koop geskenke vir jou gevolg. Een dag voor die troue: ) Ontspan en rus. ) Versorg jou naels en bederf jouself. ) Gaan slaap vroeg. Op jou spesiale dag: ) Slaap lekker laat. ) Eet ’n ligte ontbyt. ) Besoek jou haarkapper en skoonheidsalon. ) Trek jou rok versigtig aan sodat jou grimering nie smeer of jou hare dalk platdruk nie. Geniet elke oomblik!
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
SKOLENUUS LINKS: Dié spelers van die Laerskool Newton se o.13Anetbalspan het Griekwakleure verwerf. Van links is, voor: Franli Kriek en Surené Fourie; agter: Charissa Swane poel en Cindy de Jongh.
REGS: Dié spelers van die Laerskool Newton se o.13Arugbyspan het Grie kwakleure verwerf. Van links is, voor: Sello Maket lo, Romeo van Wyk en Ni co Pietersen; agter: Stiaan le Roux, Hein Burger, Ber nard van Staden en Duvan van der Merwe.
Verteenwoordig NK in nasionale toernooi
HIERDIE spelers van die Laerskool Newton se o.13Anetbalspan het die Wildeklawernet baltoernooi, asook die Kimberleystreekliga, gewen. Hulle is die provinsiale wenners en gaan die NoordKaap op die nasionale toernooi in Boksburg verteenwoordig. Van links is, voor: Franli Kriek en Daniélle Swart; middel: Gerda de Jager, Esme Merriman en Surené Fourie; agter: Charissa Swanepoel, Maritza Oosthuizen, Yvelna Viljoen en Cindy de Jong. Foto’s: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
9
SKOLENUUS/SCHOOLS NEWS
DIÉ leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld is in die provinsiale o.14hokkiespan ingesluit. Van links is Miné Buys, Kiara Wakeford, Bianca Weideman (reisende reserwe) en Heleen Tredoux (reisende reserwe). Foto’s: Verskaf
O
Mclaren Circus comes to town
VAN links is Adelaide Janse van Rensburg, Helene Snyders, Carli Groenewald (kaptein), Stephanie Potgieter (reisende reserwe) en Marizaan Janse van Rensburg van die Hoërskool Diamantveld wat in die provinsiale o.19hokkiespan inge sluit is.
LADIES AND GENTLEMEN, boys and girls, and children of all ages, come join a fine traditional circus show. This is the Mclaren Circus roll-call. The circus will be at the Flamingo Casino in Kimberley from 26 June to 2 July. Show times are at 15:00 and 19:00 daily. Duncan Mclaren, the circus manager, says that this is a show you can afford to watch but not afford to miss. Performances at the circus include Nikita from Australia on her single trapeze; To Yong with unicycle balancing direct from the Chinese State Circus; acrobatics from Kenya and Zimbabwe by the Velocity Boys; Karen from Cape Town on her rope act; a five-man Chinese poi act by China’s Troupe Fie Ling; the juggling skills of Australia’s Jansen Grant; a double silk act; human juggling by Chee and Chong; the wheel of death by Australia’s Jansen; fire and fire limbo acts; and our resident clowns little Alick and Mariska will have you in stitches with laughter. And don’t forget the amazing performing animals such as a mixed caged act with America’s Casey McCoy. The cage consists of rare white lions, African lionesses, Bengal tigers and a rare white Bengal tiger. Other animal acts include our perky poodles, Burmese pythons, Arabian camels, Chloe our African alligator, miniature horses and ponies. “The circus will present their biggest and strongest season ever,” says Mclaren. “We are the largest circus in Africa and have the biggest variety of performing animals in South Africa. It is affordable fun for the entire family.” Entrance for side raised seats costs R80, middle raised seats R100 and ringside seats R120. ) For bookings or further information, contact the ticket office on 082-747-5726 or email them at bookings@mclarencircus.co.za.
DIÉ leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld is in die provinsiale o.16hokkiespan ingesluit. Van links is Imke van Rooyen (kaptein), Johanic Kuit, Carmen Haasbroek en JeanMarie Jacobs (rei sende reserwe).
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
THE campaign was started in 2011 and the project team, with the help of NGOs, schools, government organisations and the community, has raised 21 961. Pep at the Diamond Pavilion Mall sells the blankets at R39,95. Over R880 000’s worth of blankets have been collected, which are distributed to the underprivileged, faith-based organisations, orphanages, the SPCA, the homeless and hospitals.
LEARNERS of the Diamantveld High School helped out at the Keep Me Warm, Keep Me Safe Blanket Drive as part of a school project. From the left are Marno Willemse, WO Micheal Frans and Nardus Bosman. Photo: Supplied
Drive sets challenge THE Keep Me Warm, Keep Me Safe Blanket Drive is one of the biggest charity drives campaigned in the Northern Cape. The Diamond Pavilion Mall, in partnership with the South African Police Service in Kimberley and Pep, envisages to collect 34 106 blankets, which, if converted into m2, is the approximate size of the Diamond Pavilion Mall. This project is truly a “from the community, to the community” project. These blankets are also distributed in disaster situations, such as the recent flood in Modderrivier. Blankets have been distributed as far as the Free State and Lesotho. The distributions run concurrent with safety campaigns where the blanket recipients are informed on how to keep them and their loved ones warm and safe during the winter months. The blanket drive team uses
sporting events to market their campaign and collection or drop-off points are set up at these events. Recently, a local school in Kimberley, the Christian Brothers College (CBC), donated 368 second-hand blankets. The Diamond Pavilion Mall started off the winter with a contribution of R25 000 towards the drive. The mall and CBC challenge all other schools, religious institutions, government departments and businesses in and around Kimberley to beat their contributions. The blankets are stored at a facility at the Diamond Pavilion Mall and anyone wishing to donate blankets can contact Amanda Barra, the Diamond Pavilion Mall marketing manager, on 053-832-9200. The project team extends their gratitude to all who have supported this worthy cause by making a difference in the community.
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
TM
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Projek wil jeugdiges motiveer Unique Jacobs DIE Noord-Kaapse LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling het eergister 40 jeugdiges van Roodepan in Kimberley gewerf om deel te wees van die regering se uitgebreide misdaadvoorkomingsprogram. “Suid-Afrika het reeds Jeugmaand bekend gestel, maar die regering wil sy poging om werkloosheid onder jeugdiges te verminder verder as net hierdie maand laat strek en voortdurend daaraan werk om jong mense se lewe te verbeter,” het Martha Bartlett, LUR, gesê. Volgens haar is die projek net een van die regering se pogings om werkloosheid uit te roei. “Met hierdie program sal die jeug kan help in die stryd teen misdaad, werkloosheid en die gebrek aan vaardighede, omdat hulle nie net hul gemeenskappe veilig sal hou nie, maar ook hul leierskapsvaardighede sal ontwikkel.” Jeugdiges wat gereeld hul tyd vir vrywillige werk opoffer, is vir die program gekies. Die 40 jeugdiges gaan saam met die gemeenskapspolisiëringsforum werk en sal toelae ontvang. Bartlett sê hierdie toelae is nie ’n salaris nie, omdat mense nie ’n bestaan uit toelae kan maak nie. Sy hoop egter dat dit as aansporing vir jong mense sal dien om harder te werk vir beter geleenthede. Anita Fourie is een van die jeugdiges wat aan hierdie jaar lange program gaan deelneem. Sy het ’n driejarige kind, wat dit moeilik vir haar maak om terug te gaan skool toe. Sy sê sy het die werk nodig en hoop dat hierdie program haar sal help om haar kind te onderhou, terwyl sy vir ’n beter werk soek. Bartlett het ook gevra dat die gemeenskap “die mans en vroue in blou” moet bystaan in hul poging om die strate misdaadvry te maak.
MARTHA BARTLETT, NoordKaapse LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, en haar departement het 40 jeugdiges van Roodepan in Kimberley gekies vir die uitgebreide misdaadvoorkomingsprogram van openbare werke. Op die bekendstelling was van links, voor: Caroline Montewedi (een van die jeugdiges), Bartlett, Edward Maqapi (jeugdige) en Phutuma Mguza (hoof van die ministerie); agter: Japie Thompson (voorsitter van Roodepan se gemeenskapspolisiëringsforum) en Vaughn Settley (lid van die burgemeesterskomitee). Foto: Emile Hendricks
Staan opsy, dit is weer rugbytyd Elsona Steyn ONS is weer in die alles-wordopsy-geskuif-want-dis-tyd-virrugbykyk-tyd. Rugby is die sport wat ons hart laat klop, ons bloed laat bruis, ons ore laat suis. Ons offer ons Saterdagmiddae vir dié genot op en ons hou ons gunstelinge met belangstelling dop. Skree jy vir die manne in die Blou Bul-span of is jy ’n Haai wat in die tenk rondhang? Is jy dalk ’n Griekwas-, ’n Leeu-, ’n WP- of ’n Cheetah-man? Maak nie saak vir wie jy skree, dit is belangrik dat jy jou beste gee. Ons hou van hak, skrum, drieë druk en pale toe aantree. Kook jou bloed ook as die ref kwaad stook met ’n geelkaart teen jou span? Wys dan maar jou blinkkant, man. Ons kan nie ’n vreeslike bohaai hieroor maak, want dit bly die ref se taak. Ten minste kan jy hom blameer as jou span nie goed presteer. My man het my nou die aand laat belowe dat, terwyl daar ’n wedstryd aan die gang is, ek by die volgende huisreëls sal hou: ) As ek net “mmm” hoor wanneer ek hom ’n vraag vra, beteken dit: “Gaan, my vrou, geniet dit, moenie my kar stamp nie, moenie te vinnig ry nie en moet asseblief nie meer as R100 uitgee nie. Sorg dat jy teen rustyd terug is met klam biltong (met
Maak die regte skuiwe SUNÉ MOSTER en Emilio Botes is twee van die Skaakmeestersakademie in Kimber ley se spelers wat aan die individuele skoleskaakkampioenskappe deelgeneem het. Suné het ’n silwermedalje vir o.11meisies ontvang en Emilio ’n goue medalje vir o.11seuns. Albei kwalifiseer vir die NoordKaapskolespan wat op 10 en 11 Julie aan die SuidAfrikaanse skoleskaakkampioenskapstoernooi in Bloemfontein gaan deel neem. Hier is hulle saam met hul afrigter, Pierre de Smidt. Foto: Verskaf
DIE NoordKaapse Rooivleisprodusente organisasie(NKRPO) het onlangs ’n konfe rensie oor die volhou baarheid van die rooi vleisbedryf in die NoordKaap aange bied. Max du Preez, be kende SuidAfrikaanse skrywer, was een die sprekers op die ge leentheid. Van links het Willem de Klerk, Ters Boshoff en Nick Theunissen (almal van die Vaalhartsgebied) die konferensie byge woon. Foto: Emile Hendricks
’n vetjie aan), 12 biere en genoeg hout vir vanaand se braai. ) Rustyd en tussen wedstryde is ingestel sodat ’n man ’n draai kan loop – moenie dan kom met onbenullige vrae soos “moet daar vlamme uit die kar se enjin kom,” of “weet jy dat daar water uit die plafon in ons kamer lek,” nie? Dié soort vrae word ná die wedstryd gevra en enige krisisse sal later in die week gehanteer word. ) Moenie tussen wedstryde deur tussen die rugbykenner en die TV beweeg nie en los al die opruim vir ná die tyd. Die leë bierbottels, asook die nartjieskille wat ongesiens op die mat by my voete beland het, pla jou, my vrou, meer as vir my. ) Daar word ook nie aan die TV se klank gekarring nie – ’n man moet kan hóór as daar ’n drie gedruk word, om van die doelskop nie eens te praat nie. As die skare raas, raas jy saam. Dit is ’n teken dat jy jou nie vir jou span skaam nie. Dit is dan dat jy op die Gerhard Viviers-manier saam “drop, place en score” – en dit als in die gemak van jou eie woonkamer. Hy het my ook by voorbaat bedank vir my samewerking terwyl die rugbyseisoen aan die gang is, gesê hy hou van my nuwe haarstyl, dat ek pragtig lyk in daai blommetjiesrok en nee, my ma kan nie nou kom kuier nie. Hy het ook belowe om my weer in Oktober raak te sien . . . Tot dan, is dit: Olé, olé, olé, oooolé!
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
MOTORS
Fiesta ratser met dié ratkas Jannie Hennop
’n gewone outo-kas. Jy word minder WIE het ooit gedink uitgevang met die die dag sal aanbreek ratkas as met ’n dat ’n mens opgegewone outo-kas en wonde kan raak oor as jy lus voel, wissel ’n groterige kar (wel, jy self met die kierie relatief) met ’n of jy los alles sodat eenliter-enjin met dit self gebeur. net drie silinders en Hoewel daar twee ’n outomatiese koppelaars is, is ratkas. daar geen koppelaarDIE wigvormige bakwerk. Die sig skuins na pedaal nie. Om dan te hoor agter van binne die Fiesta is nie so goed nie. mense sê, “sjoe, Die enjintjie toer Foto: Verskaf maar hy hol,” kan gemaklik tot by vir sommiges een te 6 000 r/min. Dit het veel wees. As Ford se EcoBoost-enjin ter ’n aangename klank en die reaksietyd van sprake is, moenie vrees nie, want dit is nie die ratkas is eersteklas. Geen traagheid nie, oordrewe nie. jy trap en jy is dadelik uit die blokke. Die enjin het darem ’n turbo en in die Ford reken die ratkas se rybevrediging handratmodel pomp hy 92 kW uit en in die gekoppel aan die EcoBoost-enjin se suinige geval van die outomatiese weergawe net verbruik en lewendige geaardheid, is net die 74 kW. In albei gevalle is die wringkrag – regte kombinasie. 170 Nm – dieselfde. Wat die Fiesta self betref, raak die outjie Ons praat ook van Ford se PowerShift-kas. effe lank in die tand. Die uitleg en instruDit is nie ’n tradisionele outomatiese ratkas mentasie voel nie so op peil nie. Tog is dit in nie, maar ’n gewone handratkas met twee die geval van die toetsmodel wat net met die koppelaars wat outomaties werk. Die slim topklas- Titanium-afwerking kom, baie goed blikbrein sorg dat die een koppelaar ratte 1, toegerus. Van buite lyk die Fiesta steeds 3 en 5 kies en die ander 2, 4 en 6. Dan wissel goed en die nuwe “Aston-neus” lyk skaflik, dit outomaties seepglad voordat jy “mes” kan maar die res van die kar se plooie begin sê en is dit asof die stelsel jou beter lees as tekens van die tye toon.
Werkesel nóg beter Motorredaksie NISSAN se klein “halftonbakkie”, die NP200, was bestem as ’n werkesel. Darem ’n gewilde werkesel, kan ’n mens byvoeg, want reeds meer as 63 000 van dié knape is al hier verkoop. Vir ’n sogenoemde halftonner wat eintlik 800 kg se vrag kan dra, was hy nooit as ’n net-vir-die-mooiheidbakkie bedoel nie. Nou het Nissan egter besluit om nog meer in dié behoefte te voorsien deur ’n beperkte getal (300) NP200 Loaded-weergawes van die bakkie bekend te stel. Nissan sê die waardetoevoeging vir die beperkte weergawe van die NP200 is R25 000, maar dat dié model teen R166 500 net sowat R18 000 duurder is as die 1,6i Pack waarop hy gegrond is. Lugsakke, kragstuur en lugversorging is standaard op die model. Die bakkie span ’n 1,6-liter-petrolenjin in wat 64 kW en 128 Nm lewer.
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
ALGEMENE KENNISGEWINGS
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
GEMEENSKAPSKENNISGEWINGS 1210
PLEASE TAKE NOTE that Charl de Hart intends to make an application to the Companies and Intellectual Property Commission for the restoration of DEMAR BOERDERY CC, REG NO: 1995/053121/23, previously deregistered. Any objection to the application must be lodged with the Companies and Intellectual Property Commission within 21 clear days from the date of this advertisement. PERSOONLIKE DIENSTE
EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR
TE KOOP
3250
BACHELOR FLAT: R2 400 p.m. Water and lights included. 084 800 8046. SNUFFELS 1630
VYEKONFYT. Tuisgemaak. 375 ml, R34 Skakel: 053 861 1041. Sel: 083 407 1183.
LENINGS 1445
ROYLDENE. Ruim eenmanwoonstel op erf. Veilige onderdakparkering. R3 300 p.m. Water en elektrisiteit ingesluit. Beskikbaar: 1 Julie 2014. Skakel 072 865 3442, tydens kantoorure. TUINWOONSTELLE TE HUUR
ALLERLEI
3265
TUINWOONSTEL VIR ENKELDAME in Kestellhof. Veilig, netjies met AANDAG ALLE BOERE: onderdakparkering, R2 800 Ek verkoop immergroen p.m. W en l ingesl. DepoRussiese gras en is op sito: R1 000. soek na skape, bokke en ou Skakel 083 763 3761. bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 BETREKKINGS www.russiangrass.co.za 1655
3600
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ADMINISTRATIEF 3605
SOEK, KOOP, VERKOOP
ROUX WELGEMOED & DU PLOOY Ons firma het 'n pos beskikbaar vir 'n kandidaatprokureur vir ons invorderings-/litigasieafdeling. Moet onmiddellik diens aanvaar. 'n LLB graad is nie 'n vereiste nie en ons is bereid om 'n 5- (vyf-)jaar-kontrak met die suksesvolle kandidaat te sluit. Stuur volledige CV na faks: 086 616 9514. E-pos: roweldu@kimberley.co.za BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
JK VAN BLERK In die boedel van wyle John Kamp van Blerk, identiteitsnommer: 300517 5013 081, van Acacia Aftreeoord B104, Kimberley. Meester se verwysing: 1515/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lĂŞ te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 27 Junie 2014. HPA VENTER Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verw: HV/jm/Van 910/0001 (Een en Twintig)
BETREKKINGS
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Craven Week action on its way Sports Editor
HIGHPERFORMANCE RHYTHMIC GYMNASTS of the Rhythmia Gymnastics Club in Kimberley were tested by the South African Gymnastics Federation. From the left are, front: Lucy Sebesho (HP3), Daynah Calvert (HP2) and Theane Willemse (HP2); back: Karlin van Tonder (prejunior Olympics), Carla Whitten (HP1), Keisha Samson (HP1) and RinkseMarie du Plooy (HP4). Photos: Supplied
Club’s gymnasts excel
SOME of the Rhythmia Gymnastics Club’s gymnasts with their medals and trophies achieved at the South African Gymnastics Fed eration team trophy event in Bloemfontein.
DURING April high-performance rhythmic gymnasts of the Rhythmia Gymnastics Club in Kimberley were tested by the South African Gymnastics Federation to determine their annual ranking in South Africa. No less than 46 gymnasts countrywide were identified as possible high-performance gymnasts, which included junior African champions and gymnasts representing South Africa at the Commonwealth Games to be held in Glasgow, Scotland, soon. Gymnasts of the club excelled and the results were as follows: In the category high performance (1) Keisha Samson ranked first for HP1 and 19th nationally, while Carla Whitten ranked second for HP1 and 33rd nationally. In the category high performance (2) Daynah Calvert ranked third for HP2 and 16th nationally, while Theane Willemse ranked fourth for HP2 and 20th nationally. In the category high performance (3) Lucy Sebesho ranked third for HP3 and 18th nationally, while in high performance (4) Rinkse-Marie du Plooy ranked second for HP4 and 13th nationally. Rhythmia’s pre-junior Olympic gymnast Karlin van Tonder ranked first for pre-junior and second in South Africa. Level 1 to 3 gymnasts of the Rhythmia Gymnastics Club recently also participated in the South African Gymnastics Federation team trophy event in Bloemfontein. These gymnasts did exceptionally well and brought home a total of eight trophies.
GRIQUAS’ two representative teams at this year’s Craven Week for High Schools will both play in opening games on the first two days of the prestigious rugby week for u.18s. In the opening game on the first day, the Griqualand West Country Districts will play their match against last year’s host, the Limpopo Blue Bulls. On the second day the Griqualand West side will take on Border Country Districts in what will be the first game of the second day. Western Province, the unofficial champions of last year’s Craven Week in Polokwane, will play the hosting Pumas in the main match of the first day of the 2014 edition of the tournament in Middelburg. HTS Middelburg will host this 51st edition of the tournament. South-Western Districts and KwaZulu-Natal will face each other in the main curtain-raiser for the main match on the opening day. The winners of these two matches will most likely play each other on the third day of the tournament. The Griffons play Border in their match on the first day. The team from the Northern
Free State has been the most successful team at the Coca-Cola Craven Week since 2011 in Kimberley. They have not lost a match since then, with their only blemish over the three years a 37-all draw against the Valke at last year’s tournament. The Lions and Free State will take each other on in the main match of day two. The Lions have played in the main match of the tournament for three years in a row now. The Blue Bulls and Eastern Province will meet in the curtain-raiser for this match. Western Province and Free State played each other in the main match of the Grant Khomo Week (for u.16 players) in 2012, so the two teams will be at the top again this year in Middelburg. Fixtures: Day 1: Limpopo Blue Bulls vs Griqualand-West Country Districts; Eastern Province Country Districts vs Zimbabwe; Griffons vs Border; South-Western Districts vs KwaZulu-Natal; opening ceremony; Western Province vs Pumas. Day 2: Griqualand-West vs Border Country Districts; Namibia vs Leopards; Valke vs Boland; Blue Bulls vs Eastern Province; Lions vs Free State.
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 25 JUNIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
GRIQUAS eighth man Burger Schoeman tries to fend off one of the Leopards de fenders in the side’s qualify ing game for the Currie Cup Saturday at GWK Park. Flanker Jaco Nepgen (right) is in the back round. Photo: Emile Hendricks
Griquas unbeaten Sports Editor THE Griquas remain the only unbeaten team in the Currie Cup Premier Division, after they survived a strong second-half fight back from the Leopards at GWK Park in Kimberley and secured a narrow 33-32 win. The Griquas failed to secure a bonus point, while the Leopards earned two bonus points for scoring four tries and losing within seven points. This means that the Kimberley side only boasts a two-point lead over the Potchefstroom team on the log table, with three matches remaining in the race for the last available spot in the Premier Division. The Griqua team started their clash against the Leopards with a bang in Kimberley and scored all three of their tries in the first-half. Nico Scheepers (right wing) kicked his first penalty in the sixth minute and crossed the tryline four minutes later and gave his team an 8-0 lead. Marnus Schoeman and Burger Schoeman (both loose forwards) pushed the team into an encouraging lead in the second quarter as they crashed over the tryline, while Scheepers kept the scoreboard ticking. Juan Language (flank) managed to score one try for the Leopards and a penalty was scored by Adriaan Engelbrecht (centre), which left them trailing 27-11 at the break. The Leopards managed to bounce back in the second
half and scored three tries and limited the Griquas to two penalties. Clearly this effort was not enough to secure a victory and the team had to settle for a disappointing 33-32 defeat.
The Griquas will travel to Welkom to take on the Griffons in what is sure to be another big challenge. The Northern Free State-based side is a difficult contender especially on their home field
and will be a tough team to beat. The scorers were as follows: Griquas – Tries: Burger Schoeman, Marnus Schoeman, Nico Scheepers. Conversions: Nico Scheepers (3). Penalties: Nico
Scheepers (4). Leopards – Tries: George Tossel, Juan Language, Luther Obi, Sylvian Mahuza. Conversions: Adriaan Engelbrecht (3). Penalties: Adriaan Engelbrecht (2).