Noordkaapnk 20140702

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 2 Julie 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Gariepfees vier 15 jaar Program propvol musiek, drama, kuns en meer Charné Kemp DIE Gariep-Kunstefees wat vanjaar van 28 tot 31 Augustus sy 15de bestaansjaar vier, is nou geskool in die kunste. Met dié slagspreuk sal die fees ook die laaste keer in die Oppenheimertuin plaasvind voordat dit plek maak vir bouwerk aan die nuwe Sol Plaatje-universiteit. Volgens Theuns Zimmermann, uitvoerende bestuurder, is volgende jaar se terrein nog nie vasgestel nie. “Ons ondersoek nuwe moontlikhede wat ’n permanente tuiste vir die Gariep Kunstefees sal wees.” Volgens die feesdireksie bied die program weer topvermaak aan. Van die kunstenaars wat optree, is Pieter Koen, ADAM, Ricus Nel, Mwah, 4Werke (Nicholis Louw, Elizma Theron, Ray Dylan en moniQue), Die Heuwels Fantasties, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, BlackByrd, Jay, Juba, DJ Ossewa en Elvis se Seun. Denim en Michael Lowman tree vanjaar die eerste keer op. Ou gunstelinge soos die Radio Kalahari-Orkes is ook terug. Die bittereinders kan weer van Donderdag tot Saterdag van 00:00 tot 02:00 ’n after party by Hoffepark hou. Toegang van 22:00 af is R30 per persoon. Daar is musiekproduksies soos Stokoud en Splinternuut met David Kramer, Finding Emo met Emo Adams, Beste van Ses Snare en Jak de Priester sing Kramer, Krog en Kerkorrel. Daar is te kies en te keur tussen komedies en dramas soos Boesman, my Seun met die veteraanakteur Louis van Niekerk. Elize Cawood en Wilson Dunster speel in die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? Oskar en die pienk tannie met Sandra Prinsloo het landwyd opslae gemaak. Waldemar Schultz speel Stander in Stander, die berugte bankrower van die 1970’s. Dowwe Dolla betaal belasting terwyl Chris Vorster raad gee in Affairs vir domkoppe. Hotel Vleispaleis sal jou dalk laat bloos, skater of skelm laat giggel. Dowwe Dolla speel ook in die kinderstuk Liewe Heksie en die rolskaatse. Lollos en Lettie kom menseland toe ná die vorige uitverkoopte vertoning op die Gariep-Kunstefees. David Kramer, Theuns Jordaan en Louis van Niekerk ontvang vanjaar ’n Diamantstad-Sterreweg-eerbewys vir hul bydrae tot die bevordering van die kunste.

Bied die beste op bruidskou DIE Diamond Pa­ vilion Mall in Kimberley het die naweek sy jaar­ likse bruidskou gehou. Alles van troufoto’s tot ta­ fels wat swierig gedek is en koeke met fleur was te sien. Hier is die fotograaf Louis Botha by een van die troufoto’s wat hy geneem het. Sien nog foto’s op bl. 7. Foto: Charné Kemp

Die Laerskool Eureka en die Laerskool Newton se skoolsale word vanjaar as teaters gebruik. Vroue kan die Clover-Dames-doe met Lizz Meiring in haar produksie Langpad en Lipstieks op 28 Augustus om 09:00 by die Flamingo-casino bywoon. Daar is twee gratis musiekverhoë. Die een is die RSG-verhoog met onder andere 3 Tons of Fun, Dewald Wasserfall, Johan C. Venter en Timothy Moloi. RSG sal op Vrydag 29 Augustus om 20:00 en Saterdag 30 Augustus van 21:00 af regstreeks van die fees af uitsaai. Die kunstenaars ten tyde van hierdie uitsendings is Ramaine Barreiro-Lloyd en Paul Amas. Pronkplek is die nuwe naam vir die voormalige Kultuurverhoog en Reënboogverhoog. Plaaslike kunstenaars gaan saam met gewilde sterre soos The Rockets en Bongi optree.

Ná die hoofvertonings op Vrydag- en Saterdagaand sal DJ Bizzy B dié verhoog verder laat dreun. Die fees bied vanjaar ’n verlengde program by die Mayibuye-sentrum in Galeshewe aan. Die kunste word gratis aan dié gemeenskappe gebied. Tiro, Sibanye en Naz Holland gaan sing terwyl die kinders kan uitsien na Dennis die Nar en Kanoeksie en Kadoeksie. Die Gospel-Koebaai is op die RSG-verhoog op Sondag 31 Augustus om 10:30. Pastoor ZD Büchling sal ’n boodskap bring. Alan Ladd, Tiro, Gerhard Steyn en Burgerd en Zita sal gospel sing. Toegang is gratis. Daar is ook weer ’n kuns-en-kosmark vir heerlike happies en drankies en interessante produkte om te koop. Daar is ook gesinsvermaak by die pretpark, waar daar ’n nuwe wipwa gaan wees. Die pretpark

skuif na agter die hooggeregshof. Daar is ook kunsuitstallings in die William Humphreys-kunsmuseum (Whag) waar die personeellede van die Pallette-teekamer tee en koek sal aanbied. Die feesprogramboek, wat reeds beskikbaar is, bevat volledige inligting, ook oor jeug- en gemeenskapsprojekte. Toegang- en teaterkaartjies kan reeds by alle Computicket Money Market-toonbanke binne Shoprite en Checkers, www.computicket.com of telefonies by 0861-915-8000 gekoop word. Die fees se kaartjiekantoor in Kimberley open op 1 Augustus binne die Garden Court-hotel in Kimberley in Du Toitspanweg se klein konferensielokaal. ) Vir meer inligting en die volledige program, besoek die fees se webwerf by www.gariep­ fees.co.za of skakel die feeskantoor by 053­832­5014/7.

Winkelier trek dief vas ná rooftog Charné Kemp

’n WINKELIER (34) wat die naweek van sy geld en ’n selfoon beroof is, het eiehandig een van die twee vermeende diewe aangekeer. Die voorval het Saterdag omstreeks 12:30 in Madeliefiestraat in Square Hillpark plaasgevind. Lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê hulle soek nog na die ander verdagte. “Twee mans wat klapmusse gedra het, het die winkel ingekom. Hulle het die eienaar met ’n geweer gedreig en sy geld geëis.” Een van die vermeende diewe het die eienaar se selfoon gegryp. Die ander een het oor die toonbank gespring en ’n onbekende bedrag geld gevat. Die mans is daarna uit die winkel en het die veld in gevlug.

“Die eienaar het die twee mans in sy eie voertuig agtervolg. Hy het gesien hoe hulle in hul voertuig, ’n Ford Leisure-bakkie, klim en wegry.” Mdhluli sê hulle is nog nie seker hoe nie, maar die eienaar het die mans se wegryplan ontwrig en hulle het uit die voertuig gespring. “Die eienaar het een man gevang, terwyl die ander een gevlug het.” Lede van die polisie is ontbied en het die verdagte is in hegtenis geneem. Die 28-jarige man is vermoedelik ’n buitelander. Genl.maj. Jean Abrahams het haar lede vir hul vinnige optrede bedank. Sy hoop dit sal ’n einde aan rooftogte by besighede in die gebied bring. As enigiemand inligting oor die ander verdagte het, kan hulle ao. Patrick Dibebe by 082-302-0407 bel. ) In ’n onverwante voorval het die

polisie die naweek op dagga van R450 000 afgekom toe ’n verdagte voertuig Vrydagaand in Boshofweg voorgekeer is. Mdhluli sê die polisie het op ’n wenk gereageer. “ ’n Man (30) in ’n wit Toyota Tazz is voorgekeer en die polisie het op swart sakke vol dagga afgekom. Die sakke het sowat 87 kg geweeg. Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.” Mense met inligting kan Crime Stop by 10111 bel.

DIE polisie in Kimberley het op dag­ ga van R450 000 afgekom. Die poli­ sielede wat flink op ’n wenk gerea­ geer het, is van links konst. Tshek­ ogatso Elias, konst. Neil Jacobs, sers. Moshe Seboco, sers. Joseph Mahokoamotse, sers. Edward Bam en sers. Benny Basibalala. Foto: Verskaf


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 PAKES DIKGETSI, Cope­wetgewerlid en nasionale voor­ sitter van dié party, Mmabatho Mokau­ se en Aubrey Baart­ man, albei wetge­ werlede van die Ekonomiese Vry­ heidsvegters (EVV), is hier op pad na die saal van die Mittah Seperepere­konfe­ rensiesentrum om na premier Sylvia Lucas se provinsiale rede te gaan luister.

Hospitaal gaan nou voltooi word

Foto’s: Emile Hendricks

Woon provinsiale rede by

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­ Kaap, tydens haar provinsiale rede. Lucas het die provinsiale rede op die 59ste herden­ king van die Vryheidsmanifes gelewer. SYLVIA LUCAS, die Noord­Kaapse pre­ mier, het verlede week haar provinsi­ ale rede gelewer. Le­ de van die diploma­ tieke korps was teenwoordig. Van links is Elise Auino (konsul­generaal van Namibië), Sugie Harijadi (konsul­ge­ neraal van Indone­ sië) en dr. Swati Kul­ karni (konsul­gene­ raal van Indië).

om deur vorige uitgawes van die koerant te blaai.

DIE omstrede psigiatriese hospitaal in Kimberley gaan eindelik voltooi word nadat bouwerk in 2009 gestaak is en verlede jaar hervat is, het die premier, Sylvia Lucas, beloof. ’n Rits probleme met vorige kontrakteurs en ernstige brouwerk met die bouery, wat meegebring het dat van die mure afgebreek moes word, het veroorsaak dat die aanvanklike koste van R440 miljoen tot digby R1 miljard opgeskiet het. Die bouwerk is gestaak nadat die departement en die ontwikkelaars, Vistapark-ontwikkelaars en Jo-Arch-beleggings, haaks was omdat spertye gereeld oorskry is. Andrew Scholtz, Bloemfonteinse sakeman en eienaar van Vistapark-ontwikkelaars, het boonop die Noord-Kaapse regering vir sowat R53 miljoen gedagvaar vir betalings wat volgens

hom nog aan hom verskuldig is. ’n Nuwe kontrakteur is aangestel wat verlede jaar aan die werk gespring het om die gebou te voltooi. Lede van die nasionale raad van provinsies se komitee oor finansies is in Januarie 2012 op besoek aan die hospitaal ingelig dat die vertragings met die bouwerk veroorsaak dat ’n bykomende R650 miljoen bo en behalwe die begrote R440 miljoen bestee sal moet word. Deon Theys, toe waarnemende hoof van die gesondheidsdepartement, het konstruksiefoute aan die lede uitgewys, soos vloere wat kraak en dakke wat insak. Van die komiteelede het voorgestel dat die hele gebou oorgebou moet word. Bouwerk aan die nuwe kampus van die Sol Plaatjeuniversiteit gaan op 1 September 2014 begin, het Lucas aangekondig.

Gaan na

André Botha

www.noordkaap.co.za

2


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

DIE Gariep Kunste­ fees het vandees­ week vanjaar se fees, met die tema Geskool in die Kun­ ste, bekend gestel. Van links is, voor: Hanlie Krös, bemar­ kingsbestuurder, Da­ vid Molusi, uitvoe­ rende burgemeester van die Sol Plaatje­ munisipaliteit, en Bernice Sutton, ar­ tistieke bestuurder; agter: Theuns Zim­ mermann, uitvoe­ rende bestuurder, en Marius Nagel, direk­ sievoorsitter van die Gariep Kunstefees. Foto: Lecrecia Prins

Stel kunstefees vir 2014 bekend DIE Kimberley­kinderkoor het op Sondag 8 Junie aan die ATKV­kinderkoor­kompetisie deelgeneem. Hulle het ’n goue medalje met ’n 87%­gemiddeld verower. Die koor het ook deurgedring na die eindronde wat op 7 September in Kaapstad aangebied word. Hulle het verlede jaar ’n nuwe dirigent gekry en staan ook nou hier in hulle nuwe koorklere. Links voor is Matthew van Wyk, hul begeleier, en regs voor is Margie Spaumer (met serp), die ATKV­beoordelaar, en Estelle Vorster, die dirigent. Foto: Pieter Botha

Hou kinders besig MET die skole wat toe is en die koue weer kan kinders nogal verveeld raak by die huis. Die Kimberley- en Greenpoint-biblioteke bied vakansieprogramme aan vir kinders tussen 5 en 13 jaar. Programme by die Kimberley-biblioteek begin om 10:00 en by die Greenpoint-biblioteek om 09:30. Alle aktiwiteite is gratis.

twis ) Dinsdag 8 Julie – Handewerk (In samewerking met Hou Kimberley Skoon) ) Woensdag 9 Julie – DVD ) Donderdag 10 Julie – Handewerk (In samewerking met Hou Kimberley Skoon) ) Vrydag 11 Julie – DVD Greenpoint-biblioteek ) Maandag 7 Julie – Handewerk (In samewerking met Hou Kimberley Skoon) ) Dinsdag 8 Julie – Verf ) Woensdag 9 Julie – Handewerk (In samewerking met Hou Kimberley Skoon) ) Donderdag 10 Julie – Handewerk (Fotorame) ) Vrydag 11 Julie – Legkaarte

Kimberley-biblioteek ) Woensdag 2 Julie – DVD ) Donderdag 3 Julie – Handewerk (In samewerking met Hou Kimberley Skoon) ) Vrydag 4 Julie – Nar-en-towerkuns-uitstalling ) Maandag 7 Julie – Storietyd met ’n

13

R

each

R

29 per kg

Festive Fresh Wholebird

5890 per kg

Mageu Number 1 2l t "TTPSUFE

9

DIE Gariep Kunstefees, wat vanjaar van 28 tot 31 Augustus sy 15de jaar vier, is nou Geskool in die kunste. Die fees sal die laaste keer in die Oppenheimertuin plaasvind voordat dit vir bouwerk aan die nuwe Sol Plaatje­universiteit plek maak. Die bekendstelling van vanjaar se fees is vandeesweek by die Laerskool Newton gehou. Hier is Nick Efstathiou (links), OFM se bestuurder en Theuns Zimmermann, die uitvoerende bestuur­ der van die fees. Foto: Charné Kemp

Belle Smooth Yoghurt 90 Vita 6 x 100g each

t "TTPSUFE

90

R

each

per kg

33

Large Eggs 30’s

per tray

D’lite Medium Fat Spread Tub 1kg

3990

Stewing Beef Cubed

17

OP die bekendstelling van die Gariep Kunstefees is Bernice Sutton (links), die artistieke bestuurder, en Hanlie Krös, die bemarkingsbestuurder. Foto: Charné Kemp

6990

Pork Pack

per kg

Lamb Pack

139

R

per pack

BUNDLE

DEAL

22

R

R

13 per pack

ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT

per pack

R Soup Pack

29

Potatoes 7kg

2for

Oranges Bag 1kg, Lemons 1kg and Naartjies 1kg

Low Pr ice G uarantee

15

R Avocado’s 1kg

Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg

R

25

Prices valid 02 - 06 JULY 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kimberley store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Griekwas se veglus beïndruk DIE Griekwas is halfpad deur die kwalifiserende ronde vir ’n plek in die Curriebeker-kompetisie se Premierliga. Die span is met ’n enkele punt voor die Luiperds, maar dit is nietemin ’n voorsprong. Ná verlede jaar se terugslag is dit veral die wyse waarop die Griekwas vanjaar onder afrigter Peter Engledow en kaptein Wayne Stevens in die Vodacombekerreeks teruggeveg het, wat rugbyliefhebbers beïndruk. As ’n hegte eenheid het die span deurlopend bestendig gespeel en toenemend die fynproewer-spel gelewer waarmee hulle die Leeus in die eindstryd kis gespeel het. Die spelers se motivering, deursettingsvermoë en geesdrif was opsigtelik. Dit spreek ook boekdele dat die span sy prestasie sonder enige

“groot” name kon vermag. Hou Francois Brummer, Gouws Prinsloo, Burger Schoeman, Marnus Schoeman en andere dop. ’n “Veteraan” soos Hilton Lobberts het ook weer soos van ouds gespeel. Om nie eens te praat van spelers soos Ligtoring Landman, Maks van Dyk, Ryno Barnes en Howard Mnisi in die Cheetahs se Superrugby-groep wat nog hul terugkeer Kimberley toe moet maak nie. Só hou die Griekwas hul naam gestand as ’n span wat geleenthede bied vir spelers wat honger daarvoor is – en dit aangryp. Hierop moet nou voortgebou word in die drie oorblywende wedstryde in die kwalifiseringsreeks. En daardie tweede helfte teen die Luiperds moet liefs vergeet word . . .

Ná baie jare steeds pragtig

KIMBERLEY BOYS’ HIGH is op 12 April 1887 begin toe die Kimberley Public Undenominational Schools vir seuns en meisies gestig is. Wil­ liam Norrie was die hoof van die seunsafdeling in ’n gebou in De Beersweg. Die twee afdelings het in April 1888 na ’n permanente ter­ rein in Laynon Terrace verskuif. In 1913 is ’n nuwe skoolgebou vir die seuns oorkant die Honoured Dead Memorial op die hoek van Dalham­ en Memorialweg opgerig. Dit is deur William Timlin ontwerp. Die terrein is deur De Beers geskenk. Die skool het in Januarie 1914 die nuwe gebou betrek (die foto hier­ naas dateer vermoedelik uit 1914). Junior en senior seuns was tot in 1970 deel van die skool, toe die Kimberley Boys’ Junior School ge­ stig is. Dié skool het in 1977 met die Belgravia Junior School for Girls saamgesmelt om die Kimber­ ley Junior School te vorm. Die skool het voor die stigting van die Hoërskool Diamantveld ook Afri­ kaanse klasse gehad. Dié klasse is egter gestaak nadat Diamantveld geopen het. Die ou koshuis van die Kimberley Teachers’ College is voor 1935 as klaskamers gebruik, maar is ontruim met Diamantveld se stigting toe laasgenoemde die gebou oorgeneem het. Uitbrei­ dings oor die jare heen was die Francis Oats Hostel (1921), die swembad (1952) en die Memorial­ biblioteek (1957). Die gebou is op 16 Februarie 1990 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Foto: Africana-biblioteek en Emile Hendricks

Vergenoegdheid deel ook Hannes Nöeth MY onlangse betrokkenheid by skole in Rustenburg het my net weer laat besef hoe maklik ons ons bestaan en daaglikse versorging as vanselfsprekend aanvaar. Wat ’n enorme impak op ’n mens se lewe as die inkomste skielik opdroog. Dit is veral sleg dat baie mense roekeloos met hul werk omgaan en daardeur letterlik duisende mense onskuldig in moeilike omstandighede plaas. Verhale van pyn en swaarkry is volop. Rustenburg is maar net ’n voorbeeld van hoe swaarkry nie van kleur, taal of kultuur afhanklik is nie. Honger is in enige taal honger en swaar is swaar, maak nie saak wie en wat jy is nie. Hoe maklik gebeur dit nie dat ons begin met lysies van wat ons alles nodig het nie. Ons moet eerder begin by dit wat ons het. As ons altyd wil begin met dit wat ons kortkom, sal ons nooit vergenoeg kan wees nie. As ons egter begin by dit wat ons het, word ons maklik tot skaamte gedwing. Die fokus val dikwels te veel op wat ons nie het nie in plaas van wat ons het. ’n Goeie vraag vir vandag is nie wat jy

kortkom nie, maar wat jy nie kort nie. Die volgende vraag is: Is jy tevrede met wat jy het? Daar is nogal ’n groot verskil tussen dit wat ons nodig het (of wat ons dink ons nodig het) en dit waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Ons behoeftes verskil. Ons lysies van wat ons benodig, verskil, maar daar is ’n belangrike ooreenkoms wat daar altyd moet wees – of jy min het en of jy baie het: Wees dankbaar en tevrede. ’n Belangrike woord is die woord vergenoegdheid. Ons weet mos ’n stukkie droë brood met vrede daarby is beter as ’n vetgemaakte os met ’n getwis. Die volgende belangrike vraag wat ons moet kan antwoord, is of jy ook kan uitdeel. Soos ons van die swaarkry van Rustenburg hoor, so hoor ons ook die mooi verhale van deel en omgee vir mekaar, van oop hande en baie liefde. Drie gewigtige lewensvrae: Wat het jy? Is jy tevrede? Kan jy ook uitdeel?

Begrafnisse laat mens dink Karin Muller VAN tyd tot tyd woon ’n mens ’n begrafnis by van iemand wat ’n mens nog nooit ontmoet het nie of nie goed geken het nie. Vir sommige mense kan dit klink na ’n vreemde ding om te doen, maar dit word gewoonlik gedoen ter ondersteuning van vriende of familie wat na was aan die een wat begrawe word. Oorspronklik het ek geredeneer dat ek nie te hartseer sou wees tydens die roudiens van iemand wat ek nie geken het nie. Ek was verkeerd. Eers toe die trane vrylik oor my wange rol en ek uit my hart huil, het ek besef dat daar verskillende redes kan wees waarom mense op begrafnisse huil. As dit iemand na aan jou is, huil jy oor die leemte wat die mens gaan agterlaat. Jy huil dalk oor onopgeloste woelinge wat jy vroeër wou hanteer, maar waarvoor die

regte oomblik nooit aangebreek het nie. Jy huil oor dit wat jy nog saam met die mens wou doen, wat nou nie kan realiseer nie. As dit iemand is wat jy glad nie of nie so goed geken het nie, is die hartseer effens anders, maar ewe opreg. Jy huil uit empatie met die mense wat na aan hierdie mens was en die aanpassings wat vir hulle wag. Jy huil oor die mense wat jy al begrawe het en dié wie jy moontlik nog gaan begrawe. Dalk huil jy oor die seerkry in die wêreld. Jy huil oor onregverdigheid. Oor liefdeloosheid. Oor onmin. Al die negatiewe emosies van vrees, hartseer en woede versamel in jou binneste en stort in trane oor jou wange. Nie omdat jy nie glo nie. Nie omdat jy nooit gaan herstel nie. Net omdat jy van voor af besef hoe kosbaar elke oomblik van die lewe is en hoe maklik ’n mens dit vergeet.


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Vee voor jou eie deur voordat jy vinger wys SUSAN KEYTER, Kimberley:

THE Wildlife Society of Kimberley Girls’ High did not hesitate to jump in and help clean up Samaria Road. From the left are Pontsho Ngakaditsile, Sefaro Makepa, Keneilwe Masire, Malesitsi Leokaoke, Lisa Philander and Reese James. Photo: Supplied

Girls give their time to clean THE Wildlife Society of Kimberley Girls’ High participated in a clean-up session in Samaria Road where rubbish is dumped on a regular basis. According to Debbie Smith of the Kimberley Equestrian Centre, citizens are dumping their rubbish on the road and it has become a sore eye for overseas tourists that visit the De Beers Dronfield Game Farm and Da Gama Game Lodge. It can also be very dangerous should the cattle, game and horses of the surrounding

Kunsgalery kosbaar Karin Muller DIE William Humphreys-kunsgalery (Whag) in Cullinansingel, Kimberley, is ’n dikwels onderskatte kosbare kleinood. Stap jy deur die reuse-ingangsportaal, besef jy dat jy ’n wêreld van onskatbare waarde betree. Die kunsgalery is nie net bekend daarvoor dat hy aan Suid-Afrikaanse kunstenaars se werke voorkeur gee ANN PRETORIUS, nie, maar van dié die direkteur van die kunswerke word aan William Hum­ internasionale phreys­kunsgalery. uitstallings geleen. Foto: Karin Muller “Die tentoonstelling van die kunswerke is ’n klein deel van die werk wat ons hier doen,” sê Ann Pretorius, die direkteur van die Whag. “Ons neem van die kunswerke na landelike gebiede om vir mense daar ’n smakie te gee van wat in die galery uitgestal word. Dit is vir hulle ’n gulde geleentheid om die kunswerke van naderby te sien – iets wat hulle andersins nie sou kon doen nie. Nadat ons met hulle oor die kunswerke gesels het, leer ons hulle om self iets kreatiefs te maak.” Die galery versamel kunswerke vir die nasionale erfenis en word ook as een van die beste in die land beskou. Dit is die enigste kunsgalery in Suid-Afrika met sy eie uitgebreide fliekteaterprojek. In die Whagfliekteater word kunsflieks, musiekflieks en flieks oor kunstenaars vertoon wat nie by kommersiële teaters vertoon word nie. Daar word selfs gereeld konserte aangebied. “Ons bied kreatiewe klasse vir vroue en kinders aan en ons help voorskoolse kinders met ontwikkeling rakende vorms, kleur en tekstuur. Kreatiwiteit stel jou in staat om in ’n gebalanseerde mens te ontwikkel, jy hoef nie noodwendig ’n Picasso te word nie,” sê sy laggend. Benewens die kreatiewe projekte wat hulle onder vrouegevangenes aanbied, help hulle onderwysers wat in hul vakgebied wil verbeter. “Ongelukkig word daar vandag onderwysers in poste ingedruk wat nie noodwendig ’n goeie grondslag in kuns het nie. As hulle om hulp aanklop, bemagtig ons hulle om ’n sukses te maak. Ons help ook leerlinge met projekte en hou plaaslike kunskompetisies.” Pretorius is baie trots op die personeel wat saam met haar werk. “Dit is onregverdig om ’n foto van my alleen te neem, want al my kollegas is baie entoesiasties oor die werk wat ons hier doen. Hier is 18 werknemers by die William Humphreys-kunsgalery wat altesaam 140 jaar se ondervinding in die bedryf het.” As jy tyd saam met vriende wil deurbring, voldoen die galery ook aan dié behoefte. The Palette is die koffiewinkel wat kos bied aan dié wat die geriewe van die kunsgalery huur en is ook Saterdae van 10:00 tot 14:00 oop.

fields swallow the rubbish. The society didn’t hesitate to help clean the road. “For young women to give up their weekend, to help us clean up this road is much appreciated. “The road is now a pleasure to drive through. Cameras have been sponsored so that we can monitor the road, which will be put up shortly. Until then, we hope the people who litter stay far away from our clean road.”

NA aanleiding van u plasing “Bo blink en onder stink” in die Noordkaapkoerant van 25 Junie die volgende: Ek as inwoner van Lindene, Kimberley, bedank die Sol Plaatje-munisipaliteit hartlik vir al die moeite en werk wat nou in Kimberley gedoen word. Die verfraaiing is pragtig en ons waardeer dit baie. Ek hoor wat mnr. Du Plessis oor die gemors in Lindene sê, maar wil ook net sê ons as inwoners moet ook maar na ons eie gewoontes kyk. Daar is Lindene-inwoners wat oop stukke veld hul stortingsterrein maak – daar word van palmtakke, ou blare en selfs hondemis in inkopiesakke daar gegooi. Die oop stuk grond tussen Rhodeslaan en die supermark word vir tuinvullis gebruik. En dit maak nie saak hoe daar met die tuinwerkers daaroor gepraat word nie, dit gaan net aan. Ek dink ons moet maar almal skrifte-

Briewe like waarskuwings kry, ons is almal opgevoede volwassenes en ons wat onskuldig is, sal verstaan waaroor dit gaan en hopelik sal die skuldiges iets daaraan doen. Is dit regtig vir ons soveel moeite om die sypaadjies om ons huise skoon en netjies te hou? Dit is tog vir onsself wat ons dit doen. Sit jou tuinvullis in swart sakke en die skoonmakers laai dit Maandae met liefde vir jou op. Al ongerief is om die sakke ’n paar dae tot die volgende Maandag in jou motorhuis of tuin te hou. Nogtans is daar van ons wat baie dankbaar teenoor die Sol Plaatje-munisipaliteit is vir die moeite wat hy nou in Kimberley doen. Dit het effe lank geneem, maar ons kan sien hy het nou erns met dié saak.

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Focus on Diamond Pavilion

Mall bigger, better THE Diamond Pavilion Shopping Mall, solely owned by the JSE listed Resilient Property Income Fund, will soon see more retail together with an additional third parking level. The mall, currently anchored by Checkers, Woolworths, Fruit & Veg: Food Lover’s Market and Edgars, also houses an array of national retailers, such as Truworths, Foschini and the Mr Price Group. The new premises will be constructed at Entrance 3 adjacent to Coricraft and Trappers. Deals have been concluded with Pick n Pay Clothing and African Bank with two others to follow. The extension will increase the size of the mall by 900 m² bringing it to

approximately 35 000 m² comprising a total retail component of 96 stores. An additional customer parking level will also be created offering additional free parking. Benita Valkenborgh, the general manager of the Diamond Pavilion Shopping Mall, confirmed that as in the past, centre management would ensure the smooth implementation and minimum disruption to the day to day activities of tenants and customers. The construction will be done behind clearly demarcated cordoned-off areas. The practical completion of the entire project is expected to be the end of November. ) Follow updates and progress on Facebook www.facebook.com/DiamondPavilion.

THE Diamond Pavilion Shopping Mall in Kimberley will soon be bigger and better with more retail space and an additional third parking level. Photo: Supplied


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Fokus op Diamond Pavilion

Idees vir troudag

DIE Diamond Pavilion Mall se jaarlikse Bruidskou die afgelope na­ week het groot belangstelling gelok. Hier is koekstilis Annette Wall se pragtige koeke vir troues en kinderpartytjies.

LAAT jou gaste spesiaal voel op jou troudag. Hier wys die Langberg­gasteplaas se uit­ stalling op die Diamond Pavilion Mall se Bruidskou hoe dit gedoen kan word.

SHIRLEY THERON het op die Diamond Pavilion Mall se Bruidskou gewys hoe blomme tafels op ’n huweliksont­ haal mooi kan laat lyk. Foto’s: Charné Kemp

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Hard work pays off Boipelo Mere “IT was totally unexpected. When my name was called during the award ceremony, I realised that I was the winner of the award in the category,” said George Pillay of the Media24 Kimberley office. Pillay was named the best local news sales representative of the year during Media24’s Legends News Awards that was held in Cape Town recently. He had exceeded his sales goal by 25% for the year.

He said he could not describe how tough the competition had been this year and added that he had worked hard as usual. Pillay won the same award for the best sales representative of the year in 2012. “That was my best year, but this time I had to work harder as the economy has not been up to standard,” he said. The Legends competition recognises and rewards outstanding achievements of personnel in various editorial and advertising categories within Media24.

To take part in Mozart Cultural Festival GEORGE PILLAY won a Legends award.

THE Prestige Choir of Kimberley Girls’ High left for Austria on 24 June to take part in the Mozart Cultural Festival and competition in Salzburg. The choir had to prepare 21 songs for the festival. They will be performing in the Aula at the University of Salzburg, the Salzburg Cathedral and the Mirabell Gardens.


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

9

Toyota blink uit in NK ORANJE TOYOTA is die pasaangeër in die Noord-Kaap, met meer as 50 voertuie wat elke week verkoop word. Dit is geen wonder nie dat die onderneming die tophandelaarskap binne die Toyota-groep in die Noord-Kaap is. Japie Zaaiman (verkoopsbestuurder) en Annemie Loots (verkoopspersoon) is albei Toyota Knights, ’n titel wat aan die elite-personeel gegee word, met ander woorde, die uitgesoekte verkoopspersoneel in die land wat as waardevolle bates vir hul handelaarskap en Toyota Suid-Afrika beskou word. Hulle maak nie net ’n bydrae tot die lewensvatbaarheid deur middel van wins tot hul handelaarskappe nie, maar hulle bevorder ook die beeld van die verkoopspersoon en skep inspirerende vlakke vir ander verkoopspersoneel. Hul verantwoordelikhede (nou en in die toekoms) is om ’n voorbeeld van gebalanseerde, professionele mense in hul werksomgewing, gemeenskap, maatskaplike en omgewingsbedrywighede te skep. Hulle maak ook bydraes tot die winsgewendheid van die handelaar deur hul produkkennis en uitstaande diens aan hul klante en verkoopskollegas te wys. Oranje Toyota het ook pas twee eerbewyse gewen. Dit is die Diamond Arrow Award 2014 vir motorvoertuighandelaars vir motors, ligtehandelsvoertuie en sportnutsvoertuie, asook die Diamond Arrow Award 2014 vir kommersiëlevoertuig-handelaars.

Harley klink soos Mirage Motorredaksie MET die gedreun van ’n Mirage wat laag oor jou kop duik, of die suidoos se gesuis om die vensters, wil Harley-Davidson sy eerste tree in die era van elektriese motorfietse gee. Fris Frik en die ander manne by die plaaslike Harley chapter (of dan klub, soos ons in Afrikaans sal sê) verstik seker in hul ysterbaarde as hulle hoor waarmee die motormaatskappy nou besig is. Maar Harley sê sy LiveWire-projek is nie net ’n selfrugkrappery vir die 21ste eeu nie. Dit is die toekoms van die motorbedryf en hy wil graag relevant wees wanneer die mark vir elektriese motorfietse binnekort ontplof. Waar ’n mens sou dink dat Harley met ’n agterstand sou begin as dit kom by elektriese fietse, wat immers doodstil is terwyl ’n Harley juis bekend is om sy luide, skoffelende potato-potato-enjins, is die groep heel innoverend hieroor. Die elektriese fiets, waarmee hy die res van die jaar oor die hele Amerika wil toer om dit vir kommentaar aan ’n teikengroep klante bekend te stel, het ’n unieke klank. Anders as die diep gedreun van die tradisionele V2-silinders het die elektriese fiets ’n hoë gegil wat klink soos ’n vegvliegtuig wat verbyswiep, of soos siniese kommentators sal sê, dit klink soos Knight Rider se Kitt. Hoe jy ook al daarna kyk, die klank is net een aspek van die pakket. Harleys het ook hul kenmerkende voorkoms en dit het die vervaardiger in Milwaukee ook slim tot sy voordeel benut. Die fiets lyk soos ’n nuwe café racer, wat nou so in die mode is. Dink aan Harley se retro-sportster Forty Eight en jy het ’n goeie idee. Daar is spieëltjies onder die handvatsels, ’n gesonke saal, ’n lang en smal petroltenk, vet bande soos ’n egte Harley en minimalistiese modderskerms voor en agter. Selfs die enkele, oop hooflig is rond soos ’n 1950’s-model s’n. Maar dié LED-meneer skyn deur ’n vertikale gleuf in die lens wat snags soos ’n katoog se pupil lyk. Dit is nie werklik so vreemd dat Harley met so ’n projek vorendag kom nie. ’n Paar jaar gelede het sy impetus om te vernuwe reeds posgevat toe hy sy projek Rushmore begin het – moderne waterverkoelde enjins om sy tradisionele lugverkoelde eenhede stelselmatig te vervang. Ook het hy pas in Europa sy nuwe intreevlak-fietse, die Street 500 en 750, bekend gestel. Hulle is veral gemik op die Indiese, Chinese en Suidoos-Asiatiese markte en is volgende jaar in Suid-Afrika te kry. Harley het nog geen verrigtingsyfers vir die elektriese fiets bekend gemaak nie. Maar alleenlik op grond van die voorkoms en die vreemde gil-klank hou ons reeds van hul gedagterigting.

TANYA FELDMAN, verkoopspersoneel­ lid. Foto: Verskaf

JULIETTE DASOU­ SA FERREIRA, ver­ koopspersoneellid.

Foto: Verskaf

ORANJE TOYOTA se verkoopspersoneel. Van links is Johan Hamman, Marita van Tonder (F&I), Trevor Harrison, Annemie Roos (Knight), Wayne Openshaw, Raymond Mocumi en Japie Zaayman (verkoopsbestuur en Knight). Foto: Verskaf


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014 PERSOONLIKE DIENSTE

LENINGS 1445

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. SAKE

GELEENTHEDE 2415

ROUX WELGEMOED & DU PLOOY. Ons firma het 'n pos beskikbaar vir 'n kandidaat-prokureur vir ons invorderings/litigasieafdeling. Moet onmiddellik diens aanvaar. 'n LL.Bgraad is nie 'n vereiste nie en ons is bereid om 'n 5(vyf) jaar-kontrak met die suksesvolle kandidaat te sluit. Stuur volledige CV na faks: 086 616 9514. E- pos: roweldu@kimberley.co.za

BOEDELKENNISGEWINGS

TL SMITH In die boedel van wyle Trevor Lawrence Smith, identiteitsnommer 480310 5039 088, van Merrimanstraat 36A, De Beers, Kimberley. Meester se verwysing: 020344/2014. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (DERTIG) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke Eksekuteur inlewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekutrise POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 Verw: HV/jm/Lod9/0001

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

SUCCESSFUL, PROFITABLE EXCITING opportunities: Sweet distribution GESOEK Chocolate manufacturing 3601 Medical Aid kits. Myer 021 547 5767, HUISHULP/SKOONMAmberman@telkomsa.net myerberman10@gmail.com KER soek werk in Kimberley. Skakel 073 079 4338. EIENDOMME

CONSOLIDATION. Loan online. Up to R23 000. Low credit score ok. help@debtcon.co.za

WOONSTELLE TE HUUR 3250

BACHELOR FLAT: R2 400 p.m. Water and lights included. 084 800 8046.

TE KOOP

ALLERLEI 1655

AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za

MANSPERSOON: *Water ingesluit. *Koopkrag *R2 800 p.m. Plus dep. Tel: 083 619 7669. BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

ADMIN. CLERKS NEEDED for copy/paste work. SMS full name/address to 074 927 5124 or e-mail: d.workforce7@gmail.com

GEKLASSIFISEERD

4201

4205

HJ SCHEEPERS. In die boedel van wyle Hendrik Johannes Scheepers. Identiteitsnommer: 311102 5039 084. Van: Acacia Aftree - Oord Jacobsonlaan, Kimberley. Meester se verwysing: 20021/2014. Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter ter insae le te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof KIMBERLEY vir n periode van 21 (Een en Twintig) dae vanaf 4 Julie 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: SCH178/0001

B E T R E K K I N G S


NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

11

Luiperds se byt trek min bloed Hannes Nienaber AS die Noordvaal-Bondedag enigsins as ’n rigtingwyser beskou kan word, sal die o.18-rugbyspan van Griekwaland-Wes vanjaar ’n veel hegter eenheid as die afgelope tyd op die Cravenweek-rugbytoernooi wees. Die Poubloues het Saterdag hier in die DP de Villiers-stadion die Luiperds met 34-7 kafgedraf. Griekwas kom op die tweede dag van die 51ste Cravenweek vir hoërskole van 14 tot 19 Julie in Middelburg (Mpumalanga) teen die melkkoeie van die toernooi, Grens-platteland, te staan.

’n Gedugter Griekwa-span kan dalk vanjaar meer eer uit die stryd tree ná afloop van hul drie wedstryde op vanjaar se toernooi. Teen die Luiperds het die span nie in die eerste tien minute oortuig nie en het dit gelyk asof die geploeter van die afgelope paar jaar maar vanjaar sal voortgaan. Die Luiperds het vroeg met 7-0 voorgeloop nadat sy agtsteman, Edmund Rheeder, oorgeval het. Die span van die Noord-Kaap se skrumskakel, Brandon de Melim, het met ’n paar breekslae om die losskrums sy span op die voorvoet begin kry en toe hy vir sy span se eerste drie oorduik, was dit welverdiend.

Sy vonk het die vuur verskaf wat die Poubloues nodig gehad het. Die voorspelers het ook skielik die oorhand begin kry en die slot Rikus Zwart het in die lynstane en in die los uitgetroon. Die heelagter, Keaton Gordon, het sy span se tweede drie gedruk nadat hy die bal net buite sy span se doelgebied onderskep het. Die gereelde heelagter, Wilfred Bowers, was op die vleuel soos gewoonlik gevaarlik op die aanval. Hy het ’n hele paar keer verdedigers na die lug laat gryp met sy vaart en vinnige voetwerk. Die feit dat die losskakel, Robbie Petzer, sy skopskoene aangehad het, het ook

gehelp. Petzer het takties goed geskop en sy stelskopwerk het die telbord aan die rol gehou. Die wenspan se versoolde binnesenter, Gerhard Holtzhausen, verdien ook ’n klop op die skouer vir sy vertoning. Hy was verlede jaar dié span se agtsteman op die Cravenweek in Polokwane. Griekwas 34 (20): Drieë: Brandon de Melim, Keaton Gordon, Wilfred Bowers, George Sieberhagen. Doelskoppe: Robbie Petzer (4). Strafdoele: Petzer (2). Luiperds 7 (7): Drieë: Edmund Rheeder. Doelskop: Markus Coetzer.

SYNC /12414

KFC Famous Bowls Home cooking without the cooking

Available for a limited time only

KFC

KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)

Tel

053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554

YUM Restaurant Customer Careline: 0860 100 222 www.kfc.co.za


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 2 JULIE 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Griekwas dryf Griffons tot raserny Johann de Jager DIE Griekwas se lynstaandrywe waarmee hul flank Carel Greeff ’n driekuns aan drieë behaal het, was Saterdag hier een te veel vir die Griffons. Anders as die weghol-veldbrand net buite die Noordwes-stadion wat later bedaar het, was die Poubloues onstuitbaar wanneer hulle aan’t drywe gegaan het. Dit het hulle vier drieë besorg in die spanne se wedstryd ter kwalifisering vir die Premierliga van die Curriebeker-reeks. Hulle het eindelik sewe drieë gedruk om met 43-24 op koers vir kwalifisering te bly. Die besoekers het reeds in die eerste helfte, met ’n derde drie van ’n lynstaan af, hul bonuspunt aan drieë behaal en rustyd met 24-7 voorgeloop. “Die drywe is een van ons sterk punte – dis iets wat vir ons baie goed gewerk het,” het Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, gesê. Griekwas het, ná hul welslae in die verlede teen die Perses, nie twee keer gedink nie. “Dit werk teen die Griffons, maar dit is ook oor die jare deel van Griekwas se manier van speel. Sedert Dawie Theron daar afgerig het, is Griekwas bekend vir drywe en die ouens het daardie tradisie voortgesit. Ons sal beslis nie daarvan afwyk nie, maak nie saak teen wie ons speel nie.” Fourie was net so in sy noppies met hul lynstaanwerk self. Eric Herbert, die hulpafrigter van die Griffons, het gesê die gemors met hul lynstane het telkens momentum beduiwel. Daar het nie veel vir Griekwas in die middelveld gebeur nie. Dit had straks iets te make gehad met die teenwoordigheid van die Griffons se makro-senter Japie Nel, wat ’n slag ’n teenstander opgefrommel het.

Fourie erken hul agterlyn was as eenheid nie goed nie en het daarop gewys dat ander spelers speelkans gegee is. Die heelagter Jacquin Jansen het lus vir hardloop gelyk, terwyl Tian Meyer ’n groot verskil gemaak het toe hy as plaasvervanger-skrumskakel opgestuur is. Greeff was die beste speler op die veld. Jonathan Adendorf (slot) sou hom goeie

CAREL GREEFF in aksie. Hy was Saterdag een van die sterre in Grie­ kwas se oorwinning van 43­24 oor die Griffons, en het drie drieë gedruk. Griekwas het met dié sege nog ’n tree nader daaraan ge­ kom om na die Premierliga van die Curriebeker­reeks terug te keer. Foto: Louis Botha

Duik en druk GWK en Griekwaland­Wes se GW­streek­ rugbytoernooi word tot vandag op GWK­ park aangebied. Spanne van die verskillen­ de streke in die Noord­Kaap neem in die o.15­ en o.17­ouderdomsgroep aan die toer­ nooi deel. Justin Erasmus van die Hoërskool Homevale en lid van die Kimberley­streek se o.17­span duik hier oor vir ’n drie in die wed­ stryd teen Namakwaland.

mededinging gegee het as hy nie as voorsorg weens ’n liesbesering afgehaal is nie. Die Griffon-stut PW Botha is met die afskop beseer, terwyl die flank Frans Sisita ook in die eerste helfte beseer is. Joubert Engelbrecht (senter) en die plaasvervanger-skrumskakel Boela Abrahams was op hul stukke, terwyl Elandré Huggett (haker) gewoel het in die los.

OLAF KRUGER van die Hoërskool Diamant­ veld en die Kimberley­streek se o.17­span behaal een van sy span se drieë in die wed­ stryd teen Namakwaland. Foto’s: Emile Hendricks

BRADLEY THAYNSMA van die Hoërskool Diamantveld en lid van die Kimberley­o.17­streek­ span in aksie in die span se kragmeting teen Namakwaland. Die wedstryd is Maandag as deel van GWK en Griekwaland­Wes se GWK­streektoernooi gespeel.

Puntemakers: Griekwas 43 (24): Drieë: Carel Greeff (3), Jonathan Andendorf, Ederies Arendse, Francois Brummer, Howard Mnisi. Doelskoppe: Nico Scheepers (2), Brummer (2). Griffons 24 (7): Drieë: Norman Nelson, Tertius Maarman, Japie Nel, Danie van der Merwe. Doelskoppe: Colin Herbert, Pieter Steyn de Wet.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.