Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 9 Julie 2014
www.noordkaap.co.za
Hike takes its toll
GRATIS
Residents struggle to get by due to fuel price increases Unique Jacobs
MOTORISTS and consumers of petroleum products should prepare for extra costs after the prices of these products increased last week. The price of petrol went up by 31 cents per litre, diesel is up by 14 cents and the price of paraffin has increased by 31 cents per litre. The Department of Energy announced the price hike in June and cited changes in international factors as one of the reasons for the increase in prices. Many Kimberley residents were left fuming after these developments. Angela Janse van Rensburg is one such resident. The 35-year-old from Cassandra in Kimberley says that she does not think the government takes poor people into consideration. “This is a crisis. It is already difficult for my husband and I to fill up our bakkie’s tank. We only travel to and from work, but it is already expensive. I guess we’ll have to buy bicycles.” Monnapule Lebona (25) lives in Barkly West and has to travel to work in Kimberley every day. He says that the petrol increase is going to put strain on his monthly salary. “All of my money goes to petrol. This increase means that I have to cut back on a lot of other things in order to afford petrol.” Public transport commuters can breathe a little easier as there has been no mention of an increase in taxi fares yet. Joleen Rassau (21) from Greenpoint in Kimberley is very happy that taxi fares have not increased. “If the fare had to go up now, it would make a very big dent in my monthly budget. It is already expensive now.” Roodepan resident Latoya Sagrys is grateful that fares did
THE price of fuel and other petroleum products increased again last week adding more strain on consumers’ already tight budgets. Many Kimberley residents expressed their displeasure with these price hikes. Photo: Emile Hendricks not go up, because not everyone would be able to afford it if the fare prices increased. The 23-year-old does, however, feel bad for taxi drivers and
owners because the price hike affects them. A 45-year-old man from Roodepan in Kimberley, who prefers not to be named, says this
increase in prices means that he has less money to spend on food and other necessities, because he now has to spend more money on paraffin.
“We just can’t seem to win in this country. I’m already living in a cold shack and these price hikes aren’t making things easier on us poor people.”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Huise se verval krap inwoners om Charné Kemp INWONERS en liefhebbers van die Diamantstad se historiese geboue is hoogs ontsteld oor die versuim van die departement van gesondheid om die openlike vandalisme aan hul historiese kothuise in Memorialweg stop te sit. Dié ses huise is in 1892 in opdrag van Cecil John Rhodes gebou vir Weense orkeslede wat drie maande lank musiek op die beroemde Suid-Afrikaanse en internasionale uitstalling gemaak het. Twee van die ses Weense orkeshuise, wat tot nasionale gedenkwaardighede verklaar is, word as kantore gebruik. Die ander vier huise is die afgelope jaar beskadig en tot bouvalle verniel. By twee huise is die houtheinings weg, houtdeure en -vensters is uitgeruk, pleister is afgekap om elektriese bedrading uit te ruk, badkamer- en alle loodgieterpype is verwyder, vuur word in die huise gemaak en menslike ontlasting is in die vertrekke. In twee ander huise is oop vensters met komberse en matrasse toegemaak en plakkers het hier ingetrek. Ironies pryk die kentekens van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap (Sahra) langs die kentekens van ’n bekende sekuriteitsfirma. Dié huise, wat tot gedenkwaardighede verklaar is, is veronderstel om beveilig te wees. Die departement van gesondheid wat die huise besit, het teen gistermiddag nog nie kommentaar gelewer nie. Ratha Timothy, bestuurder van die Kimberleyse Historiese Genootskap, het namens Sahra kommentaar gelewer. “Dit is baie hartseer as ’n gemeenskap sy historiese geboue verloor. Die huise is heeltemal verwoes. Die sekuriteitsmaatskappy het wel gekeer dat die plakkers sommige artikels vat. Dit word by die departement geberg. Ek het eergister die georganiseerdemisdaad-eenheid gebel. Die eenheid moet ook teen misdaad by erfenisgeboue optree. Die polisie het die plakkers verwyder.” Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne vereis die aanstelling van inspekteurs wat wette streng toepas. Polisielede is gemagtig
DIE binnekant van die huise is met graffiti, uitgekapte toebehore en ontlasting ontsier. Alle deure en deurrame, vensterrame en loodgietertoebehore is uitgeruk. Foto: Emile Hendricks
om as inspekteurs op te tree. “Die geboue word kragtens die wet beskerm. Daar is veronderstel om na die geboue omgesien te word sodat die karakter en besondersheid behoue bly. Dit moet as bates bewaar word sodat dit nie laste vir die omgewing word nie.” Die verval van geboue kan Kimberley ontsier en maatskaplike welvaart en ekonomiese ontwikkeling strem wanneer beleggers hierdeur afgeskrik word. Daar is ook ’n verlies aan kulturele identiteit. Wanneer die Erfenishulpbron-agentskap sien geboue word verwaarloos sodat die grond ontwikkel kan word, en die geboue die potensiaal verloor om verder bewaar te word, kan dit ingryp. Die eienaars kan beveel word om die gebou in ’n redelike tydperk en tot die tevredenheid van die Erfenishulpbron-agentskap te herstel of op te knap. “As die eienaar dit nie doen nie, kan die Erfenishulpbron-agentskap dit self doen en die rekening aan die eienaar stuur. “Gordon Moncho, die uitvoerende hoof van die departement, het my verseker die departement is bewus van die probleem en bedink ’n plan om die eiendomme te
DIE Weense orkes wat op die Suid-Afrikaanse en internasionale uitstalling opgetree het. Foto: Verskaf
beskerm. Sekuriteitswagte sal aangestel word om verdere skade te beperk. Die geboue sal opgeknap word en as verblyf vir verpleegsters aangewend word.” Die Erfenishulpbron-agentskap het in Februarie vanjaar ’n vennootskap met die polisie in die provinsie gesluit om geboue teen misdaad en vandalisme te beskerm. ) Die Weense Orkeshuise, of Bandsmenhouses soos hulle algemeen bekend staan, is in 1892 vir die groot Suid-Afrikaanse en
internasionale uitstalling gebou wat in die Diamantstad gehou is. Die uitstalling was ’n grootskaalse bemarkingsveldtog vir Suid-Afrika. Dit was, volgens die Belgravia-staproetebrosjure, ’n maatskaplike sukses maar geldelike mislukking. Die orkeslede het die drie maande wat die uitstalling geduur het in die skakelhuise gewoon. Baie van die orkeslede het in Suid-Afrika agtergebly.
DIE Bandsmen-skakelhuise, wat deur Cecil John Rhodes in Kimberley vir die Suid-Afrikaanse en internasionale uitstalling in 1892 gebou is, was eens goed versorg en gesog. Foto: Verskaf
DIE huise is gewis nie meer die aantreklike kothuise wat dit jare tevore was nie. Plakkers het hier ingetrek en stroop die huise stelselmatig van alle boumateriaal. Die lamppaal wat op die foto bo te sien is, is afgesaag. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
DIE Griekwa-vleuel en heelagter Nico Scheepers.
Foto: Emile Hendricks
Nico het groot planne Unique Jacobs
NICO SCHEEPERS is vandeesweek Noordkaap se profielfokus. Die Griekwa-vleuel en heelagter is in Port Elizabeth gebore. Hy is 24 jaar oud en het aan die Hoërskool Nico Malan rugby begin speel. Scheepers se rolmodel is die Nieu-Seelandse rugbyspeler Dan Carter omdat sy spel baie konstant is en hy amper nooit ’n swak wedstryd speel nie. Voordat hy vir die Griekwas begin speel het, het hy al vir spanne soos die Shimlas en die Vrystaatse
Cheetahs gespeel. Hy het vir die Poubloues begin speel omdat hy hou van die soort rugby wat die Griekwas speel en ook vir die blootstelling wat hy by die span kry. Die hitte in Kimberley was vir hom ’n groot aanpassing. Scheepers wil graag eendag Superrugby speel, sowel as vir een van die Franse se 14 beste klubs. Daar het nog nie enige snaakse goed met die speler op die rugbyveld gebeur nie. Ná sy rugbyloopbaan wil dié Griekwa graag op sy familieplaas in die Oos-Kaap gaan boer.
Soek logo en wen bewys SOEK en wen. Dit is die nuwe kompetisie wat Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall van vandag af aanbied. Die kompetisie is maklik en pret. Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in die koerant verskyn. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. As jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsy waarop die logo verskyn se nommer na 45527.
Dit kos R1,50 om jou in te skryf. ’n Wenner word uit die inskrywings aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Daar is reeds in die uitgawe so ’n logo weggesteek. Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die gelukkige wenner van die geskenkbewys wees. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en ook in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
Tips on saving energy and power
Herwin, leef groen
HAVE you ever wondered why the Northern Cape is attracting more solar power projects than any other area in South Africa? The levels of solar radiation in the Northern Cape are of the best in the world. This week, Droogfontein Solar Power, the first solar plant to supply Eskom with power in the Kimberley area, produced enough renewable energy to power over 6 500 households with electrical power produced from the sun. Here are some tips to help you save on your electricity costs: ) Plug home electronics, such as TVs and DVD players, into power strips and turn the power strips off when the equipment is not in use. ) Lower the thermostat on your water heater. ) Use low-flow showerheads.
HERWIN en leef groener. Herwinbare materiaal kan by die volgende plekke afgelewer word: ) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek van Rose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels, blikke, plastiekbottels en papier kan van Maandae tot Donderdae van 10:00 tot 14:00 afgelewer word. Skakel 053-842-1100. ) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg, Hadisonpark. Bottels en papier kan Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 afgelewer word. Skakel 053-861-1849. ) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat, New Park, vra vir landsdiens. Glas, plastiekbottels, blikke en wit papier kan van Maandae tot Vrydae gebring word. ) El Toropark. Bring elke eerste en derde Saterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas, plastiekware en skoongewaste blikke na die park in McDougallstraat.
SATERDAG 5 Julie Die Nations For Jesus-sendinginstansie bied om 07:30 vir 08:00 ’n ontbyt in die Hoffepark-saal by Birbeckstraat 30 aan. Toegang kos R60 per persoon en sluit ’n geskenk in. Besprekings moet voor 28 Junie gedoen word. Kontak Christa Vrey by 082-520-1172 of Johan Vrey by 082-4718121. Donderdag 24 Julie ) Die Volksblad-joernalis Charné Kemp is die gasspreker op ’n byeenkoms van die Volle Evangeliekerk Kimberley. Sy sal praat oor haar boek Moord op Griekwastad – Die storie van die Steen-
kamp-treurspel. Die boek sal teen R150 te koop wees en Kemp sal ook boeke teken. Kom ondersteun ook die Christina Kiddie-kinderhuis deur ’n blikkie kos saam te bring. Toegang is R220 per persoon en sluit ’n driegangmaaltyd in. Dit begin om 18:30 vir 19:00 in die kerk op die hoek van Waterwerke- en Meyerstraat. Besprekings: 084-242-2220. Vrydag 1 Augustus Kansa bied om 18:30 vir 19:00 ’n skouspel in die Taberna Dei Diamantstad aan. Toegang vir volwassenes is R50 en vir skoolkinders R30. Rig navrae aan Adri Basson by 082-305-7878. Kaartjies is by Kansa-kantore en Dream Blinds en kunstenaars te koop. Die projek is ten bate van Kansa in Kimberley se Tough Living with Cancerprogram. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Inligting kan per e-pos na noordkaap@volksblad.com gestuur word, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Dien nou as koshuis NAZARETH HOUSE is in 1888 in Kimberley begin deur vyf susters van Nazareth House in Hammersmith, Londen, wat sy ontstaan in 1864 gehad het. Die vyf susters het ’n klompie jare ná die ontdekking van diamante na Kimberley gekom. ’n Halwe hektaar grond is deur die London and South African Exploration Company geskenk en ’n gebou met drie vertrekke is opgerig. Die altaar en ander benodigdhede vir die Heilige Mis in die kapel, die tweede vertrek wat voltooi is, is van Engeland gebring. Die eerste inwoners het op 1 November 1888 ingetrek – twee kinders en ’n bejaarde man en vrou. Daar was aanvanklik nie ’n kombuis nie en kos is oor ’n oop vuur gaargemaak. In 1892 het bouwerk aan die linkervleuel van die gebou begin toe die oorspronklike gebou te klein geraak het. Teen die einde van 1895 was daar reeds 130 inwoners. Bouwerk aan ’n nuwe kapel het in 1894 begin. Tydens die Beleg van Kimberley is ’n “ambulansvlag” bokant die gebou laat wapper om aanvalle te verhoed. Nogtans is die gemeenskapskamer deur skrapnel getref. Siekes en gewondes is in dié tyd hier verpleeg. Die kinderafdeling is in 1976 gesluit en net bejaardes is daarna in die tehuis versorg. In Desember 2001 het Nazareth House gesluit. Die gebou word nou deur die St. Patrick’s College (CBC) as ’n koshuis gebruik. Dit heet nou Edmund Rice House.
Sport kan knoeiery, skandes nie meer duld TE midde van al die opwinding oor die Wêreldbeker-sokkertoernooi was die afgelope week ’n week wat sportliefhebbers eintlik so gou moontlik sal wil vergeet. Dit het onder meer bekend geword dat Daryl Impey, SuidAfrika se fietsry-held in verlede jaar se Tour de France, positief vir die gebruik van ’n verbode middel getoets is. Dan word Kameroen se sokkerspan, wat ’n Wêreldbeker-toernooi van skandes beleef het, daarvan beskuldig hy was by wedstrydknoeiery betrokke. Boonop hang ’n wolk van korrupsie en grootskaalse omkopery steeds oor die verrassende toekenning van 2022 se Wêreldbeker-toernooi aan Katar. Asof dit nie erg genoeg is nie, is die Nieu-Seelandse krieketspeler Lou Vincent lewenslank geskors nadat hy skuld beken het op 18 oortredings van Engeland se teenkorrupsie-kode. Hy het ook bewerings rondgeslinger van wedstrydknoeiery in
verskeie lande, waaronder Suid-Afrika. Al dié gebeure bring die geloofwaardigheid van sport onder verdenking. Fietsry, krieket en sokker is juis drie sportsoorte wat nie nóg skandes oor opkikkers, korrupsie en wedstrydknoeiery kan bekostig nie. Selfs al word die beweerde oortreders soos Impey en Kameroen se “sewe vrot appels” onskuldig bevind, sal ’n stigma aan hulle en hul sportsoorte bly kleef. Sportfederasies sal strenger teen sulke oortreders moet optree. Tugstappe sal gedoen moet word wat voornemende oortreders so sal afskrik dat hy of sy nie langer dink aan die vals glans van opkikkers en die maklike miljoene van knoeiery nie. Veral die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) sal wakker moet skrik. Hy is gans te laks wat optrede teen korrupsie in eie geledere betref. ’n Gesloer met optrede teen oortreders en ligte strawwe bewys sport geen guns nie.
Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Vrede bring rustigheid Hannes Noëth OP die een of ander duister manier het sy weggeraak van haar groep. ’n Nuwe tuiste gevind. Tevrede gevestig. Later vergeet sy die rigting waarheen sy eintlik op pad was. Die lewe beweeg aan. In haar nuwe groep het sy ’n warm tuiste gevind. In die huis was reeds ’n pa en ’n ma, twee kinders, drie honde en twee katte, toe kom sy by. Sy het hulle aanvanklik nie vertrou nie. Vertroue vat mos ’n tyd om te bou. Dit was ’n lang en ’n moeisame proses. Maar die kinders wou haar daar hê. Die pa en ma wou haar ook daar hê. Die ou honde het nie eintlik omgegee nie, die katte was ’n groter uitdaging. Hulle moes haar eers gewoond raak. Stukkie-stukkie het sy in hulle almal se harte gekruip. Sy het ’n onmisbare deel van hul lewe geword. Hulle het haar sommer Vrede genoem. Gesê sy bring ’n rustigheid in hul huis. Kan Vrede so klein, so ’n groot verskil aan ’n huishouding maak? Vrede was ’n duif. Spierwit. Mooi. ’n Duif met karakter en houding.
Waarheen sy op pad was, sou niemand weet nie, sy het net eendag op die huis se dak gesit. En die volgende dag weer. Hulle het haar begin kos gee en sy het elke kort-kort teruggekom vir nog. Iewers het sy haar vluggroep verloor. Sy het by die huis aangesluit asof sy nooit aan ’n ander groep behoort het nie. Die ringetjie om haar voet kon hulle nie lees nie. Later het sy om die swembad begin loop. ’n Volgende tree die huis in gegee. Mak geword. Deel van hul huishouding. Met smaak sou hulle vertel: Vrede het hul huis ingekom. Vir die buitestander sou dit vreemd klink, die gesin het verstaan. Selfs as onvrede in die huis was, het hulle steeds vir Vrede. Haar naam het hulle saam op besluit – dalk was dit die simboliek van ’n wit duif, maar as hulle haar sien, het hulle aan vrede gedink. Ek het vandag ’n besondere voorreg gehad: Die seuntjie het ’n hand vol kos gebring. “Dominee, kan ek vandag vir Vrede voer?”
Daar is helde in almal se lewe Karin Muller ’n PAAR weke gelede is ek amper deur ’n man aangeval terwyl ek gaan stap het. Die voorval het baie naby aan die huis plaasgevind. ’n Verbyganger het besef wat aan die kom was, haar motor omgedraai, langs my kom stilhou en die hele situasie ontlont. Die man het tussen neus en ore verdwyn. As ’n mens dink aan iemand wat ’n lewe red, dink jy onwillekeurig aan ’n sekere soort beroep. Medici. Nooddienste soos die brandweer en polisie. Spesiale magte met spesiale opleiding. Menseredders op oorvol strande. Dalk dink jy aan mense van wie jy lank gelede op skool geleer het: Rachel de Beer of Wolraad Woltemade. Mense wat hul eie lewe gegee het sodat iemand anders hul lewe kon behou. Dit was mense met moed. Onselfsugtige en vasberade individue wat onbaatsugtig opgetree het. Kyk jy na koerantopskrifte, besef jy
daar is vandag nog helde in ons gejaagde, moderne lewe. Mense wat diere of ander mense red. Waagmoedig induik in onbekende water. Heldhaftig na ’n motorwrak toe hardloop omdat hulle eerste op die toneel is en moontlik kan help. Om fisiek ’n lewe te red is moeilik – anders sou dit seker meer gereeld gebeur het. Tydsberekening is belangrik. Omstandighede is uniek. Dit is ’n geval van sekondes of minute tussen lewe of dood. As albei partye oorleef, word dit waarskynlik as ’n wonderwerk beskou. Tog is daar daagliks ander soorte helde in almal van ons se lewe. Mense wat ander mense ’n kans gee. ’n Geleentheid aanbied. ’n Hand van vriendskap uitreik. Selfs net ’n klop op die skouer gee. Om weer hoop te gee wat oor ’n lang tyd weggekwyn het. In my geval, iemand wat twee minute van haar dag afgestaan het om moontlik ’n lewe te red – nie net fisiek nie, maar beslis emosioneel.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Gebruikte ware help bejaardes Unique Jacobs AS jy besittings in jou huis het wat stof vergader en waaraan jy nuwe lewe wil gee, kan jy die winkel vir gebruikte goedere van die tehuis ACVV-Ons Huis vir bejaardes help om dit nuwe waarde vir iemand anders te gee. Die winkel is by die tehuis in Beaconsfield. In dié kamertjie is mans- en vroueklere, skoene, breekgoed, en boeke netjies uitgepak. Mense skenk dikwels goedere wat hulle nie meer gebruik nie aan die tehuis. Dit gaan dan eers aan behoeftige inwoners en wat oorbly, word in die winkel vertoon. Enigeen kan iets in die winkel koop. Die goedkoopste goedere kos R5 en die duurste, wat winterbaadjies insluit, kan teen R80 gekoop word. Aletta Pilcher bring haar oggende as ’n administratiewe beampte by die tehuis deur en in die middae hou sy haar lyf winkelier. Die winkel is weekdae tussen 13:00 en 16:30 oop. “Die geld wat die winkel maak, word in die tehuis teruggeploeg om te help waar daar ’n behoefte is,” sê sy. Sy sê die goedere wat geskenk word, is van goeie gehalte en in ’n goeie toestand.
5
Skoolkoerant betree die web Lecrecia Prins DIE Hoërskool Adamantia spog met die eer om die eerste skool te wees waarvan die koerant op Noordkaap se webblad te kry is. Anza Holtzhausen, organiseerder van dié skoolkoerant, die Adelaar, sê toe die geleentheid oor hul pad gekom het, het hulle dit aangegryp. Sy sê die skool hoop om só meer ouers en oudleerlinge te bereik. “Daar is soveel meer blootstelling op die internet as net deur die harde kopie, veral vir oudleerlinge.” Sy sê leerlinge en onderwysers is opgewonde oor die digitale pad wat die Adelaar stap. “Onderwysers is baie positief en tevrede met die besluit – selfs ons Facebook-lesers geniet dit. Ons hoop die leerlinge gaan die koerant nou lees omdat dit ook digitaal beskikbaar is. “Ons redaksielede was net so opgewonde toe hulle hoor die Adelaar is nou digitaal beskikbaar. Hulle het gevra: ‘Wow, Juffrou, is ons regtig die eerste skoolkoerant in Kimberley wat nou ook digitaal uitkom’.” Holtzhausen sê sy dink die opgewondenheid van die redaksielede sal die manier hoe hulle vir die koerant skryf, beïnvloed.
SÓ lyk Adamantia se skoolkoerant op Noordkaap se webwerf. “Ek dink hulle sal ekstra doen om bo te wees. Ek dink ook hul aanslag sal verander.” ) Om jou skool se koerant ook op die webwerf te laat laai e-pos ’n PDF-formaat van jou koerant vir Candice Williams by candice.williams@media24.com en spesifiseer asseblief dat jou koerant op Noordkaap se webwerf geplaas moet word.
Skouspel help vegtertjies
ALETTA PILCHER, die administratiewe beampte van die ACVV-Ons Huis-tehuis vir bejaardes, beman die winkel waar gebruikte goedere verkoop word om ekstra geld te maak om in die tehuis se behoeftes te help voorsien. Foto: Lecrecia Prins
Sy vra ook dat die publiek enigiets wat hulle nie meer gebruik nie aan die tehuis skenk. Die
goedere kan by die tehuis afgelewer word of mense kan Pilcher by 053-842-1141 vir verdere inligting bel.
DIE Kansa-skouspel word elke jaar opgedra aan al die kinderpasiënte waarmee Kansa Kimberley werk. Die doel is om dit ’n aand te maak waarop dié vegtertjies vereer word vir dit wat hulle en hul gesinne beleef. Die idee is ook om die aand vir hulle lekker te maak sodat hulle van alle bekommernis vergeet en spesiaal voel. Volgens Adri Basson van Kansa is die eerste Kansa-skouspel in 2010 vir net een seuntjie gehou, maar dit het uitgebrei tot 18 kinders in 2014 wat by die Kansa Kimberley-sorgsentrum se kinderkankerprogram, TLC – Tough Living with Cancer, baat vind. “Die geld wat ingebring word, word in die streek teruggeploeg en vir ondersteuning aan kinderkankerpasiënte en hul gesinne aangewend. Dit word ook gebruik
vir ondersteuning aan kinders wie se ouers met kanker gediagnoseer is. “Die Kansa-skouspel word vir ons moontlik gemaak deur skenkers met baie groot harte teenoor wie ons baie dankbaar is, om ons mense van Yonder en ’n redelike aantal kinders van plaaslike kinderhuise te bring om die Kansa-skouspel by te woon.” Charisse Cloete, Marike Theron-Burger, Juanita Basson, Donne Steyn, Marius Pretorius, William Steenkamp, Rudie Vrey, Romeo Swartz, Ricardo Balance, Berry Matjan en die Noleen Andrews-dansskool sal weer ’n aand aanbied wat niemand gou sal vergeet nie. Die saal is elke jaar stampvol. Altesaam 1 200 mense kan die aand bywoon, maar daar is nog net 570 kaartjies beskikbaar. Rig navrae aan Adri Basson by 082-3057878.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
FOKUS OP FABRICIA
Gebied kom ’n lang pad FABRICIA, een van die eerste nywerheidsgebiede in Kimberley, het die afgelope paar jaar ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Die gebied is op die ou perderenbane aan die suidoostelike kant van Kimberley geleë en is die eerste nywerheidsgebied wat in die stad gevestig is. Beplanning vir die 20 persele is in November 1951 gedoen. Die vestiging van die nywerheidsgebied is in Januarie 1953 goedgekeur. Al die persele het spoorverbinding en die arbeid het van die nabygeleë Greenpoint-woonbuurt gekom. Die gebied is volgens stadsbeplanningsbeleid hier gevestig omdat die wind normaalweg in ’n noordwestelike rigting waai en dit het verseker dat al die besoedeling weg van die stad gewaai het. Daar is destyds ’n groot verskeidenheid ligte nywerhede hier gevestig. Al die verskillende brandstofdepots, groothandelaars en drank- en wynmaatskappye het van hierdie streek hul sake bedryf. In Fabricia was drie van die stad se grootste groothandelaars gevestig wat winkels in die omgewing bedien het. Al drie het oor die jare heen verdwyn en een van die geboue is in ’n kerk omgeskep. In 2003 is die provinsie se eerste farmaseutiese depot deur die regering in Fabricia geopen. Die Dr. Neo Arthur LeteleFarmaseutiese Depot – ’n mediese logistieke sentrum en farmaseutiese depot – verskaf medisyne aan die streek se hospitale. Die sentrum is gevestig in ’n gebou wat voorheen die onderneming Awerbuck en Brown gehuisves het. Die gebou is teen R1,4 miljoen vir dié doel aangekoop. Dit is opgeknap en in die luukse sentrum omgeskep.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Sport fights crime
FOKUS OP FABRICIA
THE South African Police Service’s Roodepan Sector Policing, in partnership with the Department of Sport, Arts and Culture, the Roodepan Community Policing Forum, the Roodepan Safety Volunteers, loveLife and the Lerato Park Community recently initiated a Sport Against Crime Awareness Day. On Saturday, 5 July, seven soccer teams, comprising teams for girls and boys from Roodepan and Platfontein, braved the cold weather by participating in a day of education, sport, music and fun. The event formed part of the police in
Roodepan’s school holiday programme, which included team building, as well as educational and fitness activities. The tournament kicked off with the match between the u.9 boys’ teams from Lerato Park. This was followed by the u.19 roundrobin knock-out tournament which saw the Roodepan Young Achievers walking away with the trophy. All the participants received certificates of participation, as well as warm soup and rolls which was sponsored by Roodepan and Galeshewe businessmen. The theme for the day was A child in sport is a child out of court.
FABRICIA is die tuiste van verskeie groot ondernemings soos Pennypinchers.
Foto’s: Emile Hendricks
CHILDREN from Roodepan and Platfontein braved the cold this weekend to participate in a day of education, music, sport and fun. The event formed part of the South African Police Service (SAPS) in Roodepan’s school holiday programme, which included team building, as well as educational and fitness activities. Photo: Supplied VIR boubehoeftes kan P. Fourie-konstruksie in Fabricia besoek word.
Enigiets hier te kry
www.noordkaap.co.za
Vir meer foto’s en nuus besoek die webwerf
BULPERD TRAILERS sien om na sekere vervoerbehoeftes.
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Die vere maak die voël Charné Kemp AS sy duiwe sierlike “sirkels teen die blou” gooi, raak ’n duiweboer kinderlik opgewonde. Net soos Krisjan Swart, die man in David Kramer se gelyknamige liedjie, “is hulle trots, harte bly, met silwerbekers in ’n ry”. Wintertyd is silwerbekertyd, tyd vir posduifwedvlugkompetisies. Dit is koeler, die voëls het reeds verveer en kampioene is geteel. ’n Kampioen so reg na ’n duiweboer se hart, een wat ’n duiweboer, soos Frikkie du Plessis, self geteel het. Du Plessis, wat aan die Kimberley Homing Society (KHS) behoort, se tuinwoonstel is agter sy dogter se huis in Hadisonpark. “Ek het so 200 duiwe, maar ek moet verminder. Die koste, jy weet,” vertel hy. Voordat hy afgetree het, was hy ’n passer by Transnet. Nou is hy heeltydse duiweboer met ’n paar silwerbekers en nasionale kleure. Hy deel raad en daad, net nie die presiese geheim van sy sukses nie. “Eerste, ’n goeie bloedlyn. Dan moet jy dieselfde roetine, soos kosgee, daagliks volg. Anders neuk jy met die voël se metabolisme. Jy moet oplet vir enige probleme of siektes en dit dadelik behandel. Ek bekyk die asemhaling, vere en spiere deeglik. ” Hy vryf saggies oor die duif in sy hand se kop. Dit is ’n mooi duif – gespikkeld, spierwit, duifgrys en vaal. Die geveerde is nie net ’n voël nie, dit is ’n geliefde. Du Plessis is puntenerig, al sê die ander duifmanne hy mors tyd. Wanneer hy sy duiwe voor ’n wedvlug laat mandjie (wanneer die duiwe nagegaan en op die vragmotor gelaai word om na die vryla-
tingsplek vervoer te word), word die pote met Dubbin-was gesmeer. Mis of modder op sy kampioene se pote mag nie hul vaart belemmer nie. Smôrens staan hy vroeg op om aandag en kos te gee. Sy spesiale mengsel is sonneblomsaad, mielies en ertjies, opgekikker met heuning en suurlemoensap. “ ’n Swaar duif gaan nie goed vlieg nie, tensy dit baie ver afstande is. En vlugte langer as 900 km word nie meer toegelaat nie.” Eindelik is die voël se uithouvermoë die deurslaggewende faktor. Du Plessis maak ’n spesiale asynbad aan vir sy duiwe ná lang wedvlugte. Die duiwe klim self in die metaalbaddens. Ná ’n strelende badsessie lê hulle die hele middag in die son en rus en van rylopers ontslae te raak. Die hokke word ook met asynwater uitgespuit vir sindelikheid. Die duiwe hou hom al sedert 1959 besig. Nadat hy as klein seuntjie duiwe huis toe gebring het, het sy pa ook begin deelneem. Die Diamantveld-posduifklub in Beaconsfield is in hul motorhuis gestig. Die derde klub in Kimberley, die Griekwaland-Wes-posduifklub, is in die stad. “Daardie jare het ons die duiwe by die huis gemandjie en per trein na ander plekke (selfs Bulawayo en Salisbury) gestuur. Die mandjie is aan die stasiemeester gerig (teen 20 sent) met ’n duidelike instruksie oor die vrylatingstyd.” Saterdae, op wedvlugdae, sit dié duiweboer in afwagting by die hokke en wag vir die eerste duif om sy sirkel te maak. Dit is dan wanneer Priscilla se nasate, die strippers of lokkers, hul slag moet wys. Priscilla was ’n
gewone duif wat Du Plessis jare gelede op die dak van ’n spoorweggebou hans grootgemaak het. Sy is gebruik om die wedvlugduiwe in die hok te lok sodat die elektroniese pootring die vlugtyd kan registreer. Sy kollegas het spottenderwys na die stripper as Priscilla verwys. Priscilla IV, ’n spierwit duif met ’n guitige bekkie en slanke lyfie, doen nou diens in sy hokke. Hoe weet ’n duiweboer of sy duif ’n hy of ’n sy is? “Ons boere wéét. Maar dit is ook só dat iemand al ’n mannetjie gekoop het wat later eiers gelê het . . .” ’n Span duiwe bestaan uit 28 duiwe, mannetjies en wyfies. Daar is twee afdelings – jaar oud of jonger en die ope afdeling vir ouer duiwe. Elke sekonde is belangrik op ’n wedvlugdag. Die afgelope Saterdag het Du Plessis se duif die landingsbord misgevlieg en hom 18 sekondes agter die wennerduif van JB Cornelius geplaas. Die KHS, gestig in 1898, is die derde oudste klub in die land. Saterdagaande kom die lede na die
KHS-klubsaal om te hoor wie die wenners is. Vanaand sit Pieter Stegman (wedvlugsekretaris) langs Louis Vermeulen (kampioen van die laaste vyf jaar) om die resultate te bereken. Sakkie Joubert het pas sy klok ingebring wat aan ’n rekenaar gekoppel word. Kobus Lambert voer papier in die drukkers in. Roelie Steinmann, klubvoorsitter, staan soos ’n owerste rond. Hy sal later die aankondiging doen oor wie se duiwe vandag die vinnigste van VictoriaWes gevlieg het. Duiwe se vaart word in meter per minuut bepaal. Die lede, van 18 tot 90, wag gespanne in die kroeg. Hier sít die manne. Die doelwit is dat jou duiwe oor die volgende maande die meeste voor moet vlieg en daarom die meeste punte bymekaar-
FRIKKIE DU PLESSIS met een van sy geliefde duiwe.
Foto: Emile Hendricks
maak. Daar is net 70 plekke. Die eerste duif in jou span wat eerste vir ’n wedvlugkategorie inklok, kry 70 punte, jou ander duiwe daarna elk een punt. Die tweede vinnigste duif van ’n ander eienaar kry 69 punte, en so aan. ’n Mededinger kan nie een naweek oorslaan en nie duiwe vlieg nie. Vrydagmiddae (Donderdae as die duiwe baie ver vlieg) bring die boer sy klok en duiwe na die klub waar dit ingestel en nagegaan en die voëls gemandjie word. Altesaam 25 duiwe pas in een mandjie, waarna dit geseël en in die spesiaal omgeboude vragmotor verpak word. Die seël sal by vrylating nagegaan en geknip word voordat al die mandjies gelyk oopgemaak word. Vermeulen sê mandjie-aande is ernstig omdat elke duif se metaalring en elektroniese pootring aangeteken moet word. Soms word mismonsters geneem om vir verbode middels te toets. Die laaste vlug vanjaar is in Oktober van Bellville in die Kaap, sowat 815 km van die Diamantstad. Die duiwe moet hul ingebore instink volg om van die noorde en die suide hul hok te vind. Hulle is van kleins af geleer die hok is die belangrikste plek vir hulle. Die berekening van die wenners verg konsentrasie en akkuraatheid. ’n Mens moenie nou ingewikkelde vrae vra nie. Die konsentrasie pêrel op die wedvlugbeamptes se voorkoppe. Hulle praat graag oor hul voëls. Hoe daar geteel, grootgemaak, teen borskaste gekoester, geoefen, gerus en met kampioene gepronk word. Tog is die atmosfeer meer gespanne as ontspanne. Wie se kampioen het vandag die vinnigste, sierlikste “sirkel teen die blou” gemaak?
Dienste ontwrig
Ons vier
Kimberley se Eerstes
1871:
Eerste ontginning van diamante by wat later die stad Kimberley sou word
1881:
1887:
1904:
1912:
Eerste vrou opgelei as vlieënier
1969:
Eerste vroulike regter: Haar Edele Regter Me Leonora van den Heever
1882:
Kimberley Royal-aandelebeurs in die land se eerste nywerheidsentrum
Eerste wetenskaplike identifikasie van diamantdraende rots – Kimberlite – vernoem na Kimberley
Eerste elektriese trem in Suid-Afrika
1873:
Nie altyd eerste nie! Kimberley was destyds die tweede grootste dorp in Suid-Afrika na Kaapstad
1913:
Suid-Afrika se eerste vliegskool geopen
1992:
Eerste stadsraad om alle groepsgebiede saam te voeg
Eerste stad in die Suidelike halfrond om elektriese straatbeligting te installeer
1896:
Suid-Afrika se eerste skool vir mynwese word gestig en lê die grondslag vir drie ander vooraanstaande Suid-Afrikaanse universiteite
1914:
Die Groot Gat sluit na 34 jaar en heropen as die eerste Suid-Afrikaanse mynerfenismuseum
2006:
De Beers Consolidated Mines word bemagtig met Ponahalo Holdings
1931:
Eerste lughawe om beligtingstoerusting te installeer, en eerste naglanding
2013:
Eerste vrouehoof van De Beers Sightholder Sales South Africa, gesetel in Kimberley: Mpumi Zikalala
2014:
De Beers word die eerste groot Suid-Afrikaanse mynmaatskappy om sy handelsonderneming te bemagtig. Ponahalo Holdings word De Beers Sightholder Sales South Africa se bemagtigingsvennoot.
E+I 19702
Ons diamanthandelsonderneming is ’n bemagtigde entiteit, gesetel in Kimberley. Dit skep ’n geskoolde werksmag en ekonomiese bedrywighede; sorteer en waardeer die meeste van Suid-Afrika se diamantproduksie; en verskaf diamante aan al ons Suid-Afrikaanse kliënte met fabrieke.
TREINDIENSTE suid van die stad is verlede week ontwrig ná ’n noodlottige ongeluk. Die ongeluk, waarin die vragmotorbestuurder omgekom het, het sowat 25 km suid van Kimberley langs die N12-roete gebeur. Die oorledene het vir Aqua Plant Hire gewerk. Die man het na bewering beheer verloor en van die pad af beweeg. Sy voertuig het toe die wal, grensdraad en ’n vloedwatersloot getref. Die vragmotor het teen die wal opbeweeg en op ’n boom geval. Die boom het die kajuit deurboor. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Albert Hensberg van ER24 sê die toneel was bykans onbegaanbaar. Die forensiese misdaadtoneelspan moes eers foto’s neem en die toneel ontleed. Transnet moes alle dienste tydelik staak en die oorhoofse elektriese kabels afskakel. “Die wrak het op sy sy gelê, wat dit baie onstabiel gemaak het. Die brandweer moes ’n insleepvragmotor kry om die wrak van oorkant die spoorlyn onder die oorhoofse kabels te stabiliseer.” Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die Modderrivier-polisie ondersoek ’n klag van strafbare manslag. “Die ongeluk het omstreeks 09:15 gebeur. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
9
Peugeot 3008 ’n ware nutsbuks Marnus Hattingh HOEWEL Peugeot se boontjiesak van ’n 3008 nou al ’n jaar of drie op Suid-Afrikaanse paaie is, het die Franse die bussie pas weer vir ’n vars voorkoms opgeknap. Ek het Peugeot vir die topmodel met die tweeliterturbodiesel onder die enjinkap gevra aangesien deesdae se diesels lekker lig op brandstof is. Voorkoms Kyk, laat ’n mens eerlik wees, die bonkige mopshond met sy ronde lyfie is nie heeltemal so sag op die oog nie. Die buks is op die 308 gegrond, maar net ronder en groter gemaak en vir ’n beter grondvryhoogte effe in sy sokkies gelig. Eindelik lyk hy soos ’n blaasoppie, ’n 308-buks wat met ’n strooitjie opgeblaas is. Maar wat, dis persoonlik. Dalk werk die voorkoms vir jou. Binneruim As ’n gesinsbussie waarmee jy sorgeloos ook op ’n grondpad kan ry, is daar duidelik heelwat tyd aan die binneruim se afwerking bestee. Die luikdeur vou in twee dele oop: Die groot klap wip op na bo en ’n lae flap
swaai na onder oop. Dit is redelik nuttig, maar omdat die 3008 ’n hoë grondvryhoogte het, is die laairuim steeds hoog. Die ruim is egter baie prakties. ’n Verdeler skei ’n boonste en onderste pakplek, en jy kan dit boonop op drie hoogtes posisioneer. In die luikdeur, asook by die kante en in die laaivloer, is verskeie bêreholtes (wat ook kan toeklap) waarin jy los artikels buite sig kan pak. Dit is baie nuttig. Die instrumente voor is netjies afgewerk en alles is maklik leesbaar. In die topmodelweergawe het die 3008 ’n elektroniese handrem, ’n opwipskerm waarop jou radioen satnav-funksies verskyn en ’n ruitinligtingskermpie net voor die stuurwiel. My sitposisie was nie gemaklik nie: Die pedale is te naby aan jou en jou sitposisie dus regop soos wanneer jy ’n vragmotor bestuur. In die topmodel kry jy ook ’n enorme sondak wat van voor tot agter strek. Vir die agterste insittendes is dit heerlik. Dit lyk deftig en maak die ruim baie lig. Enjin
KYK net hoe netjies is die binneafwerking. Die infoskerm kan gelukkig wegvou as dit jou pla. Foto’s: Quickpic
Die tweeliterdiesel is ’n lekker fris kragbron. Vroeg in elke rat is die krag reeds daar en hy raas ook nie te veel as jy vetgee of soggens in die koue aanskakel nie. Jy kan die enjin net met die sesgangoutomatiese ratkas bestel wat ’n gemiddelde skakelaksie bied. Daar is ’n sportmodus, maar dit hou net die motor langer in elke rat. My verbruik was 6,0 liter wat presies is wat Peugeot self op aanspraak maak. Rit As ’n buks wat hom daarop toespits om ’n sagte sportnuts ook te wees (jy kan dus ook op ’n grondpad met hom gaan ry) was ek eintlik teleurgesteld met sy vering. Slote in die pad maak ’n harde kadoef-geluid wanneer jy daardeur ry; dit klink amper asof die motor ’n klip tref. Ons het dit destyds ook met die Citroën DS5 ondervind. Die enjin is lekker lewendig en bied goeie krag en op ’n oop teerpad is hy heerlik om rustig mee te ry. As ’n praktiese buks is hy egter nommerpas. Daardie laairuim is groot (jy kan maklik ’n bergfiets agterin gooi) en daar is hope pakplekkies en posisies waarin jy die ruim kan verdeel om artikels in te pak.
DIE laairuim kan ’n bergfiets sluk, maar ons snap nie die nut van die verdeler nie. Slim wegsteekplekke is onder die vloer en in die deur te vind.
Polo slyp sy wenresep fyner Willem Fritz
KYK, nie almal is ewe bedrewe agter die kospotte nie. Soms het ’n mens ’n wenner beet en ander kere ’n brousel. Maar wat is die geheim van ’n wenresep? Die gehalte van die bestanddele? Die regte geurkombinasies en balans? Dalk iets van alles? Wanneer ’n mens ’n motor ontwerp, het ’n mens ook sekere goed in die regte kombinasie vir ’n wenresep nodig. Volkswagen (VW) het met sy Polo iewers langs die pad ’n wenresep ontdek wat kopers soos soetkoek verslind. Sedert sy plaaslike bekendstelling in 2010 bly die Polo die beste verkoper onder gesinsmotors, naas die Vivo wat net ’n beter prysopsie bied. Selfs die beste resep kan mettertyd stoom verloor – daarom het VW besluit om sy Polo-resep te hersien om dit meer skop te gee. Die Polo was nie foutloos nie. Sy grootste tekortkoming was sy enjins, omdat hulle feitlik onveranderd van die vorige generasie oorgedra is en effens kortasem was. VW het dié sakie met sy opgeknapte weergawe reggestel. Die ou normaalgeaspireerde 1,4 liter- (63 kW) en 1,6 liter- (77 kW) enjin is nou met die VW-groep se 1,2 literturbo’s vervang. Die nuwe turbo-oond kom in twee weergawes – ’n makker een en ’n warmgemaakte model. ’n Nuwe 1,4 liter-turbodiesel (ook met twee kragvlakke) sal later sy verskyning maak, terwyl die GTI volgende jaar kom. Wat ratkaste betref, sal jy die makker petrolmodel met ’n vyfgang-handratkas kan aanskaf, terwyl sy woelige neef ’n ses-gangratkas kry. Daar is ook die opsie om hom met ’n sewegang-DSG-soort ratkas toe te rus. Die nuwe enjins bied nie net meer skop nie, maar is ook ligter op brandstof – VW sê 20% suiniger. Wat voorkoms betref, is klein aanpassings aan die gesig gemaak. Chroomdetail by die sierrooster, asook ’n nuwe ontwerp vir die buffer met ’n laer luginlaat, gee aan die voorkant ’n meer “volwasse” en gesofistikeerde voorkoms. Agter moet jy mooi kyk om die verskille te sien. Die ligte se ontwerp is effens
aangepas, terwyl die nommerplaatgebied breër uitgesny en die misligte laer is. Binnelangs het VW duidelik meer tyd bestee. Die stuurwiel is nuut, terwyl die wysers daaragter dieper lê en ’n drie-dimensionele voorkoms het. Die ou, plat en grys radiogesiggie is vervang met ’n nuwe raakskerm-eenheid wat nogal aan die Golf se netjiese stelsel herinner. Dit bied kleurbeelde en kan ’n SD-kaart sowel as ’n USB-stokkie hanteer. Die radio kan ook deur middel van Bluetooth met jou slimfoon gesels. VW sê hy gaan later die radio verder opknap met die sogenaamde MirrorLink-funksie. Dié truuk maak dat jou slimfoon se gesigbeeld net so na die raakskerm oorgedra word met dieselfde funksionaliteit. Maar ook die algemene voorkoms is nou strate beter en veel deftiger danksy chroombelynings (by die skakelaars, luginlate en deure) en nuwe materiale. Wat veiligheid betref, het alle Polo’s voortaan ’n elektroniese stabiliteitstelsel en ’n vashoufunksie as jy teen ’n bultjie moet wegtrek. Die Polo kry ook die Golf se slim selfremfunksie wat in ’n botsing in werking tree om ’n kettingbotsing te minimaliseer – dit is nou as iemand van agter teen jou vasjaag om te keer dat jy die voertuig voor jou tref. Danksy die nuwe 1,2 liter-enjin is die Polo ’n heel ander gedierte op die pad. Selfs die bedeesde weergawe is heel vlugvoetig en sukkel nie om weg te kom nie. Daar is nie turbo-traagheid te bespeur nie en teen hoë toere is die enjin steeds stil. Turbo-enjins beteken goeie wringkrag en in dié opsig het die klein Polo nou heelwat baat gevind teenoor die ou, uitasem modelle. As jy wil verbysteek, het jy nie meer nodig om ’n rat of twee laer te haak nie. Jy gee net vet en die turbo doen sy ding. Die fris model voel lekker woelig en danksy spane agter die stuur kan jy soos Lewis en Vettel net tik-tik om van rat te verwissel. VW het met die opgeknapte Polo sy ou wenresep verbeter. Van die grootste tekortkominge van die vorige model het nou aandag gekry (’n driejaar-/45 000 km-diensplan is nou standaard) wat hom al hoër op die keuselysie laat staan. Die enigste kritiek is die agterbeenruimte is steeds skraps. Daar kon dalk ook nog
groter veranderinge aan die buitekant gemaak word om die nuweling duideliker te onderskei. Maar hoekom aan ’n wenresep torring?
Slotsom Daar was ’n paar lekker sterk punte aan die 3008 en ook ’n paar irritasies. Jy wil die fris, redelik suinige turbodiesel hê, maar hy is duur, en hy bied ’n klomp ekstras wat eintlik onnodig is. As ’n nutsbuks werk hy goed, maar persoonlik is hy vir my nie mooi nie. Daardie voorvering se gestamp deur slote (of so klink dit dan) pla ook. Dalk is die antwoord een van die goedkoper weergawes . . . en ry so min moontlik op slegte grondpaaie.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
CONSOLIDATION. Loan online. Up to R23 000. Low credit score ok. help@debtcon.co.za
ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter
ALLERLEI
TE KOOP
1845
ALLERLEI 1655
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
AANDAG
ALGEMENE & HUISDIENSTE
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE
BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF
TEGNIES 3770
3605
ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste work. SMS full name and address to 081 886 0315 or e-mail: d.workforce7@gmail.com EARN R800 IN YOUR FIRST WEEK GUARANTEED: Data hub needs some workers to fill out forms with or without computer. Easy step-by-step tutorials, own hours. SMS name, postal or e-mail address to 073 374 8703 or datahubb@yahoo.com ALGEMEEN 3680
WAAR IS AL DIE handvaardige dogters van skole soos NJ Heyns? Is u steeds werkloos? Skakel 061 472 2402.
SOEK, KOOP, VERKOOP
"A", leestekens soos "!"
ENGINE & GEARBOX BENODIG 'n gekwalifiseerde motortegnikus/ motorwerktuigkundige. Aansoekers moet in besit wees van 'n geldige rybewys. CV's kan ingehandig word by Engine & Gearbox, epos na: enginegearbox @telkomsa.net of faks na 086 218 5188.
BOEDELKENNISGEWINGS
BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE
4201
AC GROVÈ In die boedel van wyle Andries Christian Grovè, identiteitsnommer 390717 5068 082, en nagelate eggenote Jacoba Elizabeth Petronella Grovè, identiteitsnommer 421114 0061 085, van Haystonweg 16, New Park, Kimberley, Meester se verwysing 020187/2014. Alle persone met vorderinge teen die bovermelde boedel moet dit binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie hiervan by die betrokke eksekuteur in lewer. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur POSBUS 64 KIMBERLEY 8300 HV/jm/Gro88/0001. BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE
4205
JS VAN HEERDEN In die boedel van wyle Jacobus Schalk van Heerden, identiteitsnommer 220421 5037 082, en gade Sarah Johanna van Heerden, identiteitsnommer 340223 0004 082, van Huisnommer 9, Stillerwee Aftreeoord, Kimberley, Meester se verwysing 2869/2013. Die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof, KIMBERLEY, vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 11 JULIE 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur DUNCAN & ROTHMANGEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: HV/jm/Van947/0001.
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
11
Probeer loskom DIE Griekwas se B-span het verlede week ’n harde wedstryd teen die Pumas se B-span naelskraap met 26-25 gewen. Hier probeer Rudi van Rooyen met die bal in die hand van ’n paar Pumas wegbreek. Foto: Emile Hendricks
Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Mooi so, ou perd! KIMBERLEY is ook in die jaarlikse Fauresmith200-uithourit verteenwoordig wat verlede week die 41ste keer gehou is. Tanya Visser van Kimberley is hier ná die uithourit by haar perd, Shamani. Foto: Emile Hendricks
Luiperds kan dalk Griekwas pootjie André Botha DIT is nou ’n wedloop tussen die Griekwas en die Luiperds om te bepaal watter span die kwalifiserende ronde gaan wen om na die Premierliga van die Curriebeker-reeks deur te dring. Die Griekwas is nou ’n enkele punt voor die Luiperds met albei spanne wat nog twee wedstryde oor het. Dit beteken die Griekwas sal waarskynlik albei hul oorblywende wedstryde met ’n bonuspunt moet wen om te verseker dat hulle voor die Luiperds eindig. Die naweek kom die Valke Kimberley toe, en die week daarna reis die Griekwas na George om teen die SWD-Arende te speel. Dit is albei wedstryde wat die Griekwas met ’n bonuspunt kán wen, maar dit durf nie as ’n gegewe aanvaar word nie. Sowel die Valke as die SWD-Arende het nog in teorie ’n baie geringe kans om bo-aan te eindig, maar dan moet die Griekwas en die Luiperds albei hul laaste twee wedstryde verloor. Hoe onwaarskynlik dit ook al mag wees, kan dit nogtans vir die Valke en die SWDArende motivering wees. Daarby word die punte wat nou behaal word na die eerste liga oorgedra en tel dit as die eerste ronde van dié kompetisie. Albei spanne sal dus punte wil behaal om hul plek aan die begin van die tweede
Vir meer foto’s en nuus besoek Noordkaap op Facebook by Noordkaap Koerant
ronde van die eerste liga te verstewig. Die Luiperds het ’n ietwat makliker paadjie as die Griekwas. Hulle speel die naweek teen die Boland-Kavaliers in Wellington en die naweek daarna teen Grens in Potchefstroom. Grens is onderaan die punteleer en kon nog nie ’n wedstryd wen nie. Die kans dat hulle die Luiperds van ’n bonuspuntwen kan weerhou, is bitter skraal. En dit boonop in Potchefstroom. Die Griekwas sal dus op Boland staatmaak om die Luiperds dalk te troef of ten minste te keer dat hulle ’n bonuspunt behaal. Dit sal sake vir die Griekwas vergemaklik. Die prentjie is donker vir die Griekwas as hulle gelyk met die Luiperds sou eindig. Die Luiperds se punteverskil is in dié stadium groter as die Griekwas s’n, hulle het meer bonuspunte en ook meer drieë behaal. Boland, die Griffons en Grens is reeds uit die wedloop. Ongeag van wat in die oorblywende wedstryde gebeur, is hulle te ver agter om in te haal. Boland het net een wedstryd oor en die Griffons en Grens met twee wedstryde elk sal selfs met bonuspuntwenne nie genoeg hê om die Griekwas en die Luiperds verby te steek nie. Die puntestand is: Griekwas 18, Luiperds 17, SWD-Arende 15, Boland-Kavaliers 12, Valke 10, Griffons 8 en Grens 2.