Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 16 Julie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kby-sakelui trek swaar Nokki glo daar is hoop André Botha DINGE is donker vir sakemense in Kimberley, maar sy sien nog lig, sê Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki). “Indien ons almal saamstaan, kan ons Kimberley terugkry.” Dit is Nokki se doelwit om Kimberley weer ’n sake-spilpunt te maak soos wat die stad was, maar nie meer is nie. Hoewel die ekonomie in die stad in die stadium baie swak is, is daar tog ook heelwat aan die positiewe kant. Hier is heelwat ontwikkeling aan die gang. Voorbeelde is die universiteit (waarvan bouwerk aan die sentrale kampus op 1 September gaan begin), die nuwe hospitale, meenthuise wat verrys, GWK se uitbreidings, die Diamond Pavilion Shopping Mall wat uitbrei en die Protea-hotel digby die rand van die Groot Gat wat vergroot word. Die munisipaliteit moet ook erkenning kry vir positiewe dinge wat gedoen word. Die opknappingsprojek wat begin is en waarvan die eerste positiewe resultate reeds gesien word, is een voorbeeld. Daar word ook skoongemaak, sypaadjies kry aandag en paaie word reggemaak. Maar sakeondernemings kry swaar. Regeringsinstansies moet ’n deel van die skuld hiervoor kry. Aankope word dikwels nie plaaslik gedoen nie, en plaaslike diensverskaffers word nie gebruik nie. Hul verweer is die nodige vaardighede is nie in die stad beskikbaar nie. “Dit is hier, hulle moet net ’n bietjie soek.”. Sy noem as voorbeeld groot mynmaatskappye in die provinsie soos Kumba Iron Ore. Dié maatskappye kyk eers in hul onmiddellike omgewing na moontlike verskaffers. As daar
nie verskaffers is wat in hul behoeftes kan voorsien nie, word wyer in die provinsie gekyk. En eers dán word na buite die provinsie gekyk. ’n Ander verweer van regeringsinstansies is dat plaaslike ondernemings te duur is. Dit gebeur dat plaaslike ondernemings hul pryse verdubbel sodra hulle hoor van ’n moontlike tender. “Nou kom ondernemings van Pretoria af, vat ons geld en gaan terug. En as daar probleme is, moet plaaslike ondernemings help en soms regmaak wat in die eerste plek nie reg gedoen is nie.” Staats- en provinsiale departemente wat nie rekeninge tydig betaal nie, is nog ’n probleem. Rekeninge loop soms op tot 120 dae. Ondernemings kan dit nie bekostig om so lank vir betaling te wag nie. En dan is daar die koste van elektrisiteit en water wat nog erger sedert die onlangse verhogings is. Kimberley se elektrisiteit is die duurste in die land. “Sakelui kan dit nie meer bekostig nie. Wat word van die uitstaande skuld aan die munisipaliteit? Gaan dit afgeskryf word? Ons subsidieer die mense wat nie betaal nie.” ’n Opname onder 70 ondernemings in die stad het getoon hulle betaal gesamentlik R56 miljoen per jaar aan belasting en tariewe. “Mense wil nie Kimberley toe kom nie, want alles is te duur.” Die sluiting van die Bultfonteinweg, wat nou al sewe jaar duur, maak ook ondernemings dood. Vragmotorbestuurders wil nie meer Kimberley toe kom nie, want daar is nie ryplek nie. Nou ry hulle Bloemfontein toe, en sakelui in Kimberley moet self sien om die voorraad hier te kry. ) Nog ’n berig op bl. 2.
Skep bewustheid op twee wiele ZELDA LA GRANGE, oudpres. Nelson Mandela se regterhand en skrywer van die boek Goeiemôre, Mnr. Mandela, was Saterdag saam met verskeie ander bekendes in Kimberley as deel van die Bikers for Mandela veldtog. La Grange het saam met onder andere Johrné van Huyssteen, DJ Fresh, Saint Seseli, Angie Khuma lo, Anele Ndoda en Clint Cunningham deur Kimberley gery as deel van ’n bewusmakingsveldtog vir Mande ladag, wat Vrydag gehou word. Foto: Emile Hendricks
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
iPads bevorder dienslewering Unique Jacobs DIE Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley beoog om R800 000 per jaar te bespaar deur weg te doen met die gebruik van papier. Die speaker van die munisipaliteit, Mangaliso Matika, het verlede week aangekondig dat 62 wyksraadslede elkeen ’n iPad sal ontvang as deel van dié besparing. Matika sê om harde kopie te gebruik kos die munisipaliteit R200 000 per maand en om dié tegnologiese toestel te implementeer sal die munisipaliteit R1,6 miljoen per jaar kos. Rosy Ludick, Cope-raadslid, sê dit is ’n historiese oomblik vir die munisipaliteit. “Hierdie iPads sal wykslede toerus om meer doeltreffend te werk. Dit sal ook verseker dat ons ingelig is voor vergaderings.” Zweli Mpampi, ANC-hoofsweep, sê die party verwelkom hierdie bekendstelling. “Nie net bespaar die munisipaliteit baie
geld nie, maar met hierdie program bevorder dit ook die kultuur van leer.” Die raadslede van die verskeie partye stem saam dat die geld wat bespaar word vir die opheffing van die gemeenskap en die verbetering van dienslewering gebruik sal word. “Ons skep nie ’n gaping tussen die munisipaliteit en die gemeenskappe nie. Die gemeenskap sal hierby baat vind, want dit sal dienslewering nader aan die gemeenskap bring,” sê Matika. Ludick sê die toestelle is die eiendom van die munisipaliteit en raadslede se gebruik daarvan sal gemonitor word. Wykslede sal vir die volgende drie maande opleiding ontvang oor hoe om die toestelle te gebruik en die opleiding sal die munisipaliteit niks kos nie omdat dit intern deur die munisipaliteit se IT-afdeling gedoen sal word. Elke raadslid sal ook elke maand R300 as toelae ontvang.
KIMBERLEY se trem op sy spoor in die Groot Gatmuseum. Die munisipaliteit is nou ver bied om die trem te gebruik totdat aan sekere veiligheidsvereistes voldoen word.
Foto: Emile Hendricks
Munisipaliteit belet om trem te gebruik André Botha KIMBERLEY se gewilde trem is in sy spore gestuit nadat die spoor-veiligheidsregulator (SVR) die verdere gebruik daarvan belet het totdat ’n veiligheidsbestuurstelsel in werking gestel is. ’n Boete staar die munisipaliteit in die gesig sou hy die opdrag verontagsaam. Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die munisipaliteit wag nou op die verslag van die SVR sodat die aangeleenthede gehanteer kan word en die trem weer aan die gang gekry kan word. Die trem, wat op ’n roete tussen die stadsaal en die Groot Gat-museum ry, is een van Kimberley se gewildste toeriste-attraksies en kry groot aftrek onder toeriste. Dit sal ’n negatiewe impak op toerisme in die
stad hê. Die SVR, wat deel van die departement van vervoer is, sê in ’n verklaring die verbod het Maandag in werking getree. Die afwesigheid van ’n veiligheidsbestuurstelsel maak die bedryf van die trem ’n risiko. Die stelsel word as ’n vereiste gestel deur die veiligheidspermit wat aan die munisipaliteit uitgereik is. Sodra die munisipaliteit aantoon die stelsel is in werking sal die SVR Kimberley besoek om te bepaal of die verbod opgehef kan word. As die munisipaliteit nie aan die verbod voldoen nie, sal hy ’n boete opgelê word. Matsie sê van die SVR se kwellings is die afwesigheid van ’n tremverwante veiligheidsbeleid, geen verfrissingsopleiding vir drywers nie en geen toetse vir die misbruik van alkohol of dwelms nie.
Kaartjies vlieg vir vrouedag STEFAN LUDIK, sanger en een van die sterre van die gewilde sepie Binnelanders, is die gaskunstenaar op die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) se Vrouedag-geselligheid. Die vroue gaan behoorlik bederf word, beloof Sharon Steyn, uitvoerende hoof van Nokki.
DIE Sol Plaatjemunisipaliteit het aangekondig dat hy wegdoen met die gebruik van papier en na ’n tegnologiese era beweeg. Hier handig Mangaliso Matika (regs), speaker van die munisipaliteit, ’n iPad aan ANChoofsweep, Zweli Mpampi (links). Altesame 62 raadslede gaan iPads ontvang. Foto: biopelo mere
Die geselligheid word op 8 Augustus in die Horse-shoe Inn gehou. Steyn sê tafels vir die aand verkoop vinnig en mense wat die geselligheid wil bywoon en nog nie kaartjies gekoop het nie, moet opskud. Die kleredrag is formeel. Bel 053-831-1081 om plek te bespreek.
Vir meer foto’s en nuus gaan na www.noordkaap.co.za
Nokki werk aan 4 projekte vir Kby André Botha DIE Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) werk aan vier groot moontlike projekte wat ’n inspuiting vir die stad se ekonomie kan wees. Besonderhede oor die projekte kan nie nou bekend gemaak
word nie, maar as dit slaag, gaan dit geld na die stad bring en werkgeleenthede skep, sê Sharon Steyn, die uitvoerende hoof van Nokki. Nokki probeer ook konferensies na Kimberley toe bring. Plaaslike ondernemings wat deel van nasionale maatskap-
pye is, word gevra om hiermee te help. Die nodige geriewe is hier. Die Mittah Seperepere-konferensiesentrum is beskikbaar en hier is genoeg gastehuise. Toerisme is ook gewild in Kimberley. Die stad is nie ’n vakansie-bestemming nie, maar bied heelwat aan toeriste.
Daar word nou na die moontlikheid van ’n toerisme-indaba in die stad, asook ’n handelekspo, gekyk. Nog ’n projek van Nokki is die aanwys van die sakepersoon van die jaar, asook die sakeonderneming van die jaar. Die wenners word in November aangekondig. Steyn sê Nokki se strukture gaan versterk word deurdat met sakekamers in ander dorpe saamgewerk gaan word, sodat dié dorpe ook tot voordeel van die provinsie en dus Kimberley as hoofstad gehelp kan word. Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Industrie (Sakki), waarvan Nokki deel is, se nasionale kongres gaan in 2015 in Kimberley aangebied word, wat ook heelwat mense na die stad gaan laat kom. Daar word ook met die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) en lugdienste soos SA Express en Airlink oor vlugte na Kimberley gepraat. Die getal vlugte is ontoereikend en kaart-
SHARON STEYN, die uitvoerende hoof van die NoordKaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), sê as almal saamstaan, kan Kimberley weer die sakespilpunt word wat dit was. Daar is lig in die donker en Nok ki werk aan verskeie moontlikhede om die stad op koers te kry. Foto: Emile Hendricks jiepryse is duur. Die regering, sowel provinsiaal as nasionaal, wil hê dat die sakesektor uit een mond moet praat. “Die regering is bereid om te luister. Die burgemeester se deur staan vir ons oop. Sakemense moet met
Nokki praat sodat ons met die regering kan praat.” Sakemense moet egter ook hul kant bring. Die gehalte van dienslewering is nie altyd wat dit moet wees nie en dit moet verbeter word, meen Steyn.
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
Lollypop reg vir Spontaan Unique Jacobs
Lesego (haar regte naam) se alter ego. SPONTAAN finalis Sy roep Lollypop op Lollypop Chotetsi wanneer sy haar (28) van Homelite in innerlike diva na Kimberley is hard vore wil bring. aan die werk om vir “Wanneer ek sing, die groot eindronde sê my vriende altyd in Bloemfontein hier kom Lollypop voor te berei. die diva. Wanneer Chotetsi sê sy is ek Lesego is, kom verskriklik senuwee- LOLLYPOP CHOTET my sagter kant uit.” agtig, maar ook baie Natuurlik wil SI het haar lied met opgewonde. soveel passie gesing haar hele familie “Ek is so op my dat sy die beoorde haar in Bloemfonsenuwees dat ek die laars oortuig het sy tein ondersteun, ander finaliste op maar sy vat net moet wen. Foto: Lecrecia Prins Google gaan soek haar suster saam en het om ’n idee van gaan ander familiedie kompetisie te kry. Dit gaan lede in die Rosestad ontmoet. strawwe kompetisie wees en ek Chotetsi het ’n groot onderis reg daarvoor.” steuningstelsel. Een van haar Chotetsi sê dit is die eerste vriende help haar ook met haar keer dat sy nege liedjies moes voorbereiding en gee haar baie voorberei. opbouende kritiek. Gevra waar die naam LollyChotetsi gaan Kimberley op 19 pop vandaan kom, sê sy dit is Julie in die eindronde verteenomtrent ’n storie. woordig. Kimberliete wat haar “Ek was deel van ’n dramagraag wil ondersteun, kan na groep op hoërskool en een haar optrede in die Blêrkas op karakter wat ek moes speel se die Vryfees op die Universiteit naam was Lollypop. Sy was ’n van die Vrystaat se hoofkampus baie spontane mens wat sou sê tussen 12:00 en 14:00 gaan kyk. net wat sy wil, wanneer sy wil. Chotetsi gaan Vrydag al na Die naam het van daar af by Bloemfontein om genoeg rus en my gebly.” voorbereiding te kry voor die Soos sang-legende Beyoncé se groot dag. Noordkaap wens vir Sasha Fierce, is “Lollypop” Lollypop al die beste toe.
Pryse op die spel DIE volgende pryse kan in Spontaan losgeslaan word: ) SpecSavers: Pryse van R3 000. ) ExecuSpecs: Pryse van R5 800. ) Z PR Communication and Public Relations Consultants: ’n Publisiteit-en-bemarkingpakket van R5 000 vir elke finalis, insluitend ’n konsultasie met die Z PRspan, professionele CV, ontwerp van CD-omslag, visitekaartjies, professionele profiel, Facebookprofiel en vyf nuusverklarings. Waarde: R40 000. ) Atlantis-gastehuis: Verblyf van R4 100. Die wenner, naaswenner en derdeplekwenner wen elkeen twee nagte se verblyf vir twee mense, ontbyt ingesluit. ) PCB Productions: ’n Fotosessie vir die wenner, naaswenner en derdeplekwenner van R4 500. ) DV Village Music: Drie mikrofone van R4 500. ) Agter die Mic: Sal ses maande die wenner se besprekings behartig. Franzel (Ghoemabenoemde) sal vir die tydperk die wenner se mentor wees – R9 000. ) Music Inc: Gee koopbewyse: Wenner: R1 000, tweede plek: R800 en derde plek: R500.
Eerste wenner ontvang geskenkbewys DIE eerste wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie is Fernando Kivedo. Hy wen
’n geskenkbewys van R200. Hou volgende week se uitgawe dop vir die volgende ronde van die kompetisie waarin jy ook ’n
geskenkbewys van R200 kan wen deur net na die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo in die koerant te soek.
11
90
the
Great Value Cooking Oil 750ml
1690
BUNDLE
DEAL
per pack
Golden Delicious Apples 1.5kg
50
R
4490 each
BUNDLE
1790 each
Parmalat Yoghurt 1kg t Assorted
R
8 each
Mageu Number 1 1l t "TTPSUFE
All Gold Tomato Sauce 350ml and Crosse & Blackwell Mayonnaise 375g
DEAL
+
20
R
31
10
R
10
Oranges Bag 1kg
per kg
per kg
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
Beef Chuck
72
90 per kg
Oxtail
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
R
5490
R
Low Pr ice G uarantee
2for
2for
6990 per kg
Lamb Stew
Prices valid 16 - 20 JULY 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
Sakemense moet ook hul kant bring DIE land is in ’n ekonomiese resessie vasgevang en Kimberley word net soveel hierdeur geraak. Maar, soos Sharon Steyn, uitvoerende hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki), uitwys, daar is vorentoe lig in die donkerte. Nokki het self baie planne, maar dit is nodig dat sakelui in die stad ook hul deel tot hul eie heil moet bydra. Daar is verskeie faktore wat dinge vir sakemense moeilik maak. Maar daar is ook pluspunte en dit moet benut word. Kimberley het al voorheen deur dieptes gegaan. Maar die stad het die vermoë om homself te herskep. Dink maar aan hoe die stad van ’n mynstad tot ’n sake- en dienstestad getransformeer is om
die provinsie te bedien. En 20 jaar gelede was daar weer ’n transformasie toe Kimberley amptelik die hoofstad van die Noord-Kaap geword het. Dit kan weer gedoen word. Die volgende transformasieprikkel kan die universiteit wees. Oor ’n paar jaar gaan hier na verwagting 5 000 studente wees, studente wat andersins elders heen sou gegaan het. Dit skep ’n hele nuwe mark vir plaaslike sakelui. Maar daar kan nie net gewag word vir goed om te gebeur nie. Sakemense moet mekaar ondersteun. En Kimberley se inwoners moet ons plaaslike ondernemings ondersteun. Soos Steyn dit stel: “Plaaslik moet plaaslik ondersteun”.
Verander oor jare heen
DIE ou landdroshofgebou in Knightstraat het meer as 70 jaar, tot 1968, die hooggeregshof en landdroskantore en verskeie regerings kantore gehuisves. Dit is in 1990 tot nasiona le gedenkwaardigheid verklaar. Die gedenk waardigheidswapen, wat aan een van die mure van die kloktoring aangebring is, is later verwyder. Gevangenes het destyds byna al die werk vir die oprigting van dié gebou, wat in 1884 betrek is, verrig. Alle hout en yster werk, meubels en sierwerk is by die departe ment van openbare werke in Kimberley ge doen. Net die regters se stoele is van Enge land ingevoer. Van die blou ysterklip wat vir dele van die gebou gebruik is, is uit ’n rantjie naby die Du Toitspanmyn gekry. Weens struktuurprobleme is die gebou in 1886 ge deeltelik afgebreek en herbou. In 1888 en 1889 is die bekende horlosietoring in die mid del van die gebou opgerig. Met die voltooiing van die toring is ’n lae baksteenmuur met drie hekke aan die voorkant van die gebou opge rig. Die een hek was vir die hoofingang onder die toring en die ander twee hekke was die ingange na die residentlanddroshof en die spesiale hof aan weerskante van die toring. In 1959 is die gebou verbreek vir die aanbring van ’n tweede hofsaal, ’n kantoor vir ’n twee de regter en om beter huisvesting vir die bi blioteek te hê. Later was die plaaslike afde ling van die hooggeregshof, die landdrosho we en die streekhof in dié gebou. Vroeër was die aktekantoor, die kantoor van die ontvan ger van inkomste en die kantoor van die as sistentweesheer ook in die gebou. Die ge bou het daarna in onbruik geraak nadat die stad ‘n nuwe hooggeregshof naby die bur gersentrum en ’n landdroshof naby die pos kantoor gekry het. Dit word nou deur die de partement van openbare werke as kantoor gebruik. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Weer die koue uit jou hart Hannes Nöeth DAAR raak die land toe yskoud. Die bibberweer sny deur murg en been. Koerante dui die koudste plekke aan. Dit is winter. Dit moet koud wees, maar so koud het die meeste van ons lanklaas gekry. Pype is toegevries, waterbakke van diere is een blok ys, lammertjies wat die verkeerde tyd van die jaar aankom, verkluim summier. Ons almal weet die lente is om die draai. Dan sal die koue vergete wees – die son sal skerper skyn, die bome sal bot, bloeisels sal orals te sien wees en vaal in groen en blommekleure verander. Tot dan moet ons deur die winter stoei. Wanneer dit so erg koud is, dan word ons voor die warmte in ons lewe gebring. Warmte wat die koue draaglik maak en die bibber hanteerbaar. Daar is die letterlike warmte van ’n kombers, ’n huis, ’n pot sop, ’n vuurtjie, ’n ekstra baadjie. Daar is ook die figuurlike warmte van knus saam as familie en vriende wat sit en kuier, onderlinge liefde, die vreugde van lag en die wete van iewers behoort.
Party mense het nie daardie letterlike warmte nie. Hulle gaan die koue sonder ’n kombers of ’n tuiste tegemoet, maar hulle is warm van hart. Ander mense het weer genoeg komberse, baie verhitting, genoeg kos, maar ’n koue huis en ’n koue hart. Vreemd, nê? ’n Mens moenie toelaat dat die winter in jou hart kom nie. Die koue van die winter mag hom nie knus kom tuismaak in jou binnekant nie. Winter wat in die hart inkom, maak dinge moeilik. Jou hart moet altyd vol lente wees, selfs in die winter. Maak nie saak hoe koud die winter is nie. Ons almal gee graag ’n kombers aan diegene wat nie het nie en ons sal graag ’n bord kos gee aan die wat honger is, maar het jy jou in die koue winter al gevra of jy ook warmte bring waar jy gaan en beweeg? Koue verdring nooit ’n warm glimlag, ’n hart vol liefde en ’n sagte antwoord nie.
Behoeftige kinders vra min Karin Muller EEN Saterdagoggend per maand, soos die Christina Kiddie-kinderhuis in Kimberley se program dit toelaat, kies Elna, Hester en Lizaan koers na die kinderhuis vir ’n gemeenskapsprojek. Om so ’n projek te laat gedy het die organiseerders en helpers in der waarheid baie min dinge nodig: ’n bietjie kreatiwiteit en ’n sterk wil. ’n Wil om dit te doen. ’n Wil om betrokke te wees. ’n Wil om ’n verskil te maak. Om die kinders in die jeugsorgsentrum tevrede te stel het ’n mens net twee plastieksakkies nodig. In die een plastieksakkie moet iets wees om te doen. In die ander plastieksakkie moet iets lekkers wees om te eet en te drink. Dit maak nie regtig saak wat in die sakkies is nie – solank jy betyds opdaag soos jy gereël het, is die kinders tevrede. Daar word probeer om ’n projek aan te bied wat die kinders leer om iets te maak wat hulle vorentoe in hul lewe weer kan
gebruik. Sommige van die projekte word met krale of lapverf gemaak, ander met karton of klippe. Party van die projekte is sommer net vir die pret – soos boeresport of bordspeletjies. Soms spring ’n barmhartige Samaritaan in en help met ’n spesiale projek. Die besoeke beteken amper meer vir die besoekers as vir die kinders. Wat gemaak word en waarvoor dit gebruik word, is nie so belangrik soos die manier waarop dit gedoen word nie. Met baie liefde word aan elke kind aandag gegee. Hulle word aangemoedig en hulp word verleen. Hulle word geprys. Nou en dan word selfs liggies met hulle geraas. Van tyd tot tyd kom en gaan die kinders in die jeugsorgsentrum in ’n mindere of meerdere mate. Die hande wat help, verander ook met die verloop van tyd, maar die kern van die projek bly dieselfde: kinders wat spesiale liefde en aandag benodig en mense wat bereid is om dit te gee.
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
5
Fokus op Fabricia
Sakereus in stad het as viswinkel begin André Botha FABRICIA was die tuiste van een van Kimberley se bekendste sakeondernemings wat die stad bykans nege dekades lank bedien het. Dit is Awerbuck, Brown and Co. (Pty) Ltd, ’n algemene groothandelaar, wat in 2002 gesluit het nadat dit in 1907 as ’n viswinkel begin het. Die aanvanklike viswinkel het mettertyd uitgebrei en ook kruideniersware begin verkoop. Teen die 1930’s het dit ’n groothandelwinkel geword. Die winkel was aanvanklik in die middestad, maar dit het later na Fabricia verskuif. Die onderneming is deur Raphael Awerbuck en Harry Brown begin. Albei van hulle was van Litaue, maar het in Kimberley ontmoet. Brown was op pad Kaapstad toe om werk te gaan soek toe hy Awerbuck per toeval op die Kimberleyspoorwegstasie ontmoet het. Awerbuck het voorgestel hulle snoer kragte saam en begin ’n winkel wat vars vis verkoop. Die vennootskap is in 1932 ontbind en deur ’n maatskappy, Awerbuck, Brown and Company (Pty) Ltd, vervang. ’n Perseel is by Transvaalweg 4 (nou
Mense het hier gekuier André Botha IN die omgewing waar Fabricia nou is, was eens ’n gewilde saamkomplek vir Kimberliete danksy die perderenbaan. Perdewedrenne was vroeër jare ’n gewilde tydverdryf in Kimberley. Benewens die perderenbaan waar Fabricia ongeveer nou is, was daar in ’n stadium ook ’n perderenbaan in die huidige Monumenthoogte. Ook in Kenilworth, aan die ander kant van die stad, was in ’n stadium ’n perderenbaan. Dit is onduidelik uit ou dokumente of die baan in die huidige Monumenthoogte die een in Fabricia vervang het, of andersom. Die skouterrein was in dieselfde omgewing. Dokumente toon dat die perderenbaan eers aan die een kant van die pad na Alexanderfontein (die huidige lughawe-pad) gebou is en later na die ander kant van die pad geskuif is toe die behoefte ’n groter baan en terrein vereis het. Maar perdewedrenne was nie die enigste sportsoort wat in dié omgewing beoefen is nie. Al was die ander een heeltemal informeel. Oudinwoners vertel in die 1950’s was daar ’n groot sementblad in die toe nog onontwikkelde gedeelte van die huidige Fabricia. Dit was vermoedelik die fondament van ’n fabriek wat toe nooit gebou is nie. Maar dié blad het vinnig ’n doel gekry. Dit het gewild onder kinders as ’n skaatsbaan geword.
Phakamile Mabijastraat) vir £800 gekoop. In 1960 is ’n massa-pakhuis in Fabricia opgerig. Die voorste gedeelte van die maatskappy se gebou in Transvaalweg moes in 1971 afgebreek word nadat die munisipaliteit besluit het om die straat te verbreed. Dit is toe besluit om die pakhuis in Fabricia te vergroot sodat die hele DIE twee stigters van Awerbuck, Brown and Company (Pty) Ltd, onderneming daar Raphael Awerbuck (links) en Harry Brown. Foto’s: Africana-biblioteek gehuisves kon word. Nasate van die oorspronklike vennote het oor die jare in 1975 in sy kantoor oorlede. heen ook by die onderneming betrokke Harold Brown, wat ná die Tweede geraak. Wêreldoorlog betrokke geraak het, het in Frank Awerbuck, Raphael se seun, en 1990 na Amerika verhuis. Benjamin Brown, Harry se seun, het in die Die laaste lid van die twee families wat 1920’s in die onderneming begin werk. by die onderneming betrokke was, was Ivor Frank het in 1973 afgetree en Benjamin is Brown.
'n ADVERTENSIE vir Awerbuck, Brown and Company (Pty) Ltd wat in 2000 in Noordkaap verskyn het.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
A night for laughs and thrills THE Rotary Club of Kimberley South will be hosting a dinner theatre, Murdered to death, in an effort to raise funds. The dinner theatre will be based on the gripping spoof “whodunit” by Peter Gordhon. This hilarious spoof, with a cast of characters guaranteed to delight you, is set at the Manor House of Mildred Bagshot where nothing is quite what it seems. Shots are fired, guests begin to disappear and tensions mount. But will the murderer be unmasked before everyone else has met their doom, or will audiences die laughing first? The dinner theatre takes place on Friday, 1 August, and Saturday, 2 Augus,t at the Adamantia High School. Tickets for the show are R200 and include a three-course dinner. Tickets are on sale now. To book your seat you can contact either Denise Coetzee on 076-351-0065 or Jeanne Thirion on 082-829-7000.
Matrieks hou reünie DIE Hoërskool Landboudal in Jacobsdal se 1984-matriekklas gaan reünie hou. Dié weersiens ná 30 jaar word vir die naweek van 25 tot 27 Julie beplan en word by die skool gehou. Daar gaan die hele naweek gekuier word en Saterdag word ’n groot sportdag gehou. Koshuisverblyf is beskikbaar. Alle oudklasmaat, kontak Chappies by 082-789-1213 of stuur e-pos na swjac@telkomsa.net.
Koorsang bly haar lewe Karin Muller AS jy effens afgerem deur die lewe voel, gaan jy ’n hele nuwe deuntjie sing as jou pad Esther Ford, oudonderwyser en koorafrigter van Kimberley, s’n gekruis het. “Ek het grootgeword met musiek, my hele familie is baie musikaal. Wanneer ons die lang pad aangedurf het, het ons die hele pad gesing. Met aandgodsdiens is halleluja-liedere gesing – elkeen in sy eie stem. Te pragtig,” vertel Ford opgewonde. Esther Magdalena Ford (gebore Loubser) is op 23 Oktober 1943 in Beaufort-Wes gebore. Nadat sy die eerste deel van haar lewe in Kimberley deurgebring het en aan die Laerskool Diamantveld skoolgegaan het, is sy Worcester toe tot matriek. Daarna het haar lewenspad haar teruggeneem na Kimberley waar sy meer as 30 jaar aan die Hoërskool Diamantveld verbonde was. “In daardie stadium was daar vier musiekonderwysers van wie ek een was. Ek was die vakhoof van musiek, het die kore afgerig, musiek as eksamenvak aangebied en het klavier- en blokfluit-onderrig gegee. “Dit was juis die Diamantveld-koorfeeste waarop die stralende matrieks op die laaste aand van die koorfees nie wou ophou sing nie wat ’n groot hoogtepunt in my loopbaan was,” vertel sy. “Dan was daar ook die ongelooflike toere met die Kimberley-stadskoor en streekkoor en die ATKV-eindronde in Kaapstad wat ek vir altyd as kosbare herinneringe sal koester.” Terwyl sy buitemuurs tale gestudeer het, het sy altesaam vyf kore afgerig – twee skoolkore, die Kimberley-stadskoor en streekkoor, asook die kerkkoor. “Dit was ’n vreeslike groot uitdaging,” bieg sy. “Ek het daardie jare ongeveer vier uur per nag geslaap.” Eindelik was sy 25 jaar aan die Kimberley-stadskoor verbonde. Ondanks haar aftrede hou sy haar steeds besig met dit wat haar na aan die hart lê. “Ek help Yonder met sy koor – dit is
“Ek het grootge word met musiek, my hele familie is baie musikaal. Wanneer ons die lang pad aangedurf het, het ons die hele p a d g e s i n g .” – Esther Ford
ESTHER FORD het diep spore aan Kimberley se musiekfront getrap. Foto: Karin Muller heerlik. “Dan begelei ek ook nog Stillerweë se koor (daar is van my ou stadskoorlede in die koor) en Adamantia se skoolkoor. Eersdaags begin ek ook met ons kerkkoor.” Ford is bekommerd oor waarheen musiek in skole en die land oor die algemeen op pad is. Die klasmusiek in laerskole was ’n groot voedingsaar vir die hoërskole, maar het
weggeval. “Daar is gewoonlik ’n handjie vol leerlinge wat aan ’n verskeidenheid bedrywighede deelneem. As hulle dan moet kies, omdat die bedrywighede oorvleuel, bly koorsang ongelukkig gewoonlik in die slag. “Beplan vooruit sodat jy seker maak jy het altyd iets om na uit te sien. Leef ten volle en snuffel uitdagings uit sodat jy jou volle potensiaal kan bereik.” Ford hou haar besig met lees, brei en kosmaak. Haar nuutste tydverdryf is die navorsing van die genealogie. “Ek het nou al agt van my oorgrootouers se families tot by die stamvader nagevors. Dit is fassinerend.” Met die afsluiting van haar loopbaan op haar laaste Diamantveld-koorfees ’n paar jaar gelede het koorlede haar soos volg opgesom: “Sy raas en vergewe in dieselfde sin. Daar bestaan nie vir haar iets soos wit en swart nie – behalwe swart bladmusiek op wit papier.” En dit, in ’n neutedop, is Esther Ford.
Fokus op Fabricia
'n LUGFOTO uit die 1930's, toe daar nog net veld was waar die grootste gedeelte van die huidige Fabricia nou is. Die sirkel om die Honoured Dead Memorial is ongeveer in die middel van die foto. Die pad na Alexanderfontein (huidige lughawepad) loop skuins na die linkerhoek van die foto uit die sirkel. Fabricia is nou links van dié pad, en die huidige Monumenthoogte is in later jare regs van die pad ontwikkel. Kimberley Boys' High se gebou is regs onder die sirkel op die foto te sien en die Hoërskool Diamantveld se gebou (toe nog die tuiste van die Onderwyskollege) aan die linkerkant. Memorialweg loop na die lin kerkantse hoek van die foto toe met die Joodse sinagoge sigbaar. Voor, aan die onderkant van die foto, kan die ou hospitaalgebou gesien word. Foto: Africana-biblioteek
PERDEWEDRENNE was 'n gewilde tydverdryf in die ou Kimberley van baie jare gelede. Hierdie is vermoedelik die hoofpaviljoen van die perdewedrenbaan wat in die huidige Fabri cia was. Foto: Africana-biblioteek
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
Twee se dood in ongeluk skok Charné Kemp DIE Hoërskool Diamantveld is in rou gedompel nadat een van sy leerlinge, asook ’n oudleerling, die naweek in ’n botsing naby die Kalahari Lodge dood is. Nog twee oudleerlinge is in die ongeluk beseer. Chara van Zyl (18) en Hendré Gouws (19) is Vrydagaand dood toe die Ford Focus waarin hulle passasiers was, by die kruising van die R31 en N12 buite die stad teen ’n vragmotor gebots het. Die oorledenes het agter in die motor gesit. Gouws is op die toneel dood en Van Zyl (wat in matriek was) het in die hospitaal beswyk. Henco Boshoff (20), wat bestuur het, het gebreekte ribbe en ’n sny aan sy kop opgedoen. Sy broer, Duart (24), is volgens ’n familievriendin wat anoniem wil bly in ’n kunsmatige koma en het verskeie gebreekte bene en ribbe, inwendige bloeding en
drukking op die brein. Gouws en die Boshoff-broers is almal oud-Diamantveld-leerlinge. Nico Gouws, Hendré se pa, sê sy seun was ’n natuurmens en ’n kranige boogskutter. Die gesin bly op ’n plaas langs die Douglaspad. Hendré word ook deur sy broer, Johan, en suster Kira, asook sy stiefma, Ilse, oorleef. Sy gedenkdiens is môre om 11:00 in die NG kerk Harmonie. Cornel van Zyl, Chara se pa, sê sy dogter was ’n sprankelende kind wat haar Christenskap voluit uitgeleef het. Sy word ook deur haar ma, Corrie Burger, en broers, Alexander en Freddie van Zyl, oorleef. Haar stiefpa, Frans Burger, sê haar ma is uiters geskok. Lt. Andrea Cloete, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Werner Vermaak van ER24 sê die ongeluk het omstreeks 22:30 gebeur. Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
Exciting Career Opportunities Kuruman United Manganese of Kalahari (Pty) Ltd (UMK), a leading empowerment company intent on sustainable mining and socio-economic development, seeks specialists to join its fast growing manganese mine. UMK has been awarded a Mining Right over 15 000 ha of land to the north of a dynamic Kuruman. Why not become part of the team that plans to mine an output of between 1,5 million and 2 million tons of manganese each year? With a life of mine in excess of 30 years, this well-poised company will be able to unlock your talents.
Process Plant Control Room Operator (Technical and Operational) (Ref. PPCRO 119158) Patterson Grade C Lower based on previous experience The Process Plant Control Room operator is a shift role responsible for the effective operational control and monitoring of the Process Plant through the control room control and management systems and to coordinate the general Mine situation as may be required. Responsibilities: • Mine operation within required parameters • Steady control of production circuit • React appropriately to abnormal activities and notify relevant Senior Officials and/or Operators by radio/telephone • Direct the activities of personnel on the mine to correct defects by allocating relevant tasks • Assist Engineering personnel to maintain equipment in Control Room area • Take charge during breakdowns and emergencies and notify standby personnel • Maintain and operate relevant fire/evacuation alarm system • Control entire process through utilisation of relevant control systems like SCADA • Ensure that the activities in the Control Room area match the requirements of the whole mine • Maintain steady volume control of the circuit by monitoring it within entire mine parameters • Call in expertise where needed • Ensure correct procedures are followed during start up and shut down of relevant circuits and equipment • Identify and communicate possible hazards and risks to responsible and affected personnel • Promote safety awareness in allocation of all tasks over radio/telephone • Compile accurate shift report at the end of each shift • Generate report and trends for management on request • Log any incidents, instructions and important changes made in the plant and record breakdowns should they occur • Changing tasks and machine settings on the shift to minimise the effect of unexpected problems • Stopping the operation if the working conditions are unsafe and pose hazardous environment • Enter job requests into the “KARABO” maintenance system. Minimum requirements: • Matric or equivalent education • Artisan trade qualification • Minimum of 5 years’ experience as an Artisan in the mining industry • Computer literacy and role specific computer skills • Report writing and communication skills • Systematic approach • High degree of numeracy. Key attributes (amongst others): • Ability to function within a team environment • Ability to work under pressure and be independent • System knowledge and application of relevant policies and procedures • Planning and organising skills • Interpersonal skills • SHE knowledge • Administration skills • Self-starter • Attention to detail • Results driven • Statutory knowledge of relevant legislation.
Stacker/Reclaimer Operator
(Ref. S/RO 119158)
The Stacker/Reclaimer Operator is required to operate and monitor the equipment and machinery performance and initiate appropriate maintenance. The role holder will also be required to carry out the stacking and/or reclaiming of the material as per the stacking schedule and requirements of the plant. Responsibilities: • Follow the directive of the official in charge for the activities in the shift • Look after the effective reclaiming/feeding operation of Stacker Reclaimer and related equipment • Ensure proper running of the equipment and, if any abnormalities are found, inform the official in charge and attend to the abnormalities • Maintain equipment checklist and give feedback for the activities carried out in the shift • Look after the housekeeping of the machine and the surrounding area • Carry out any other jobs as assigned by the official in charge • Give suggestions for the better operations of the Stacker Reclaimer sections of the Process Plant. Minimum requirements: • A Grade 12/Matric Certificate or equivalent qualification • A minimum of two years’ experience in the operation of Stackers and Portal Reclaimers • Understanding and application of lock-out procedures • Troubleshooting capabilities • Ability to communicate effectively • Dedication and team work • Results orientated • Willingness to work shifts • Ability to work under pressure • Computer literacy. Please note that the reference MUST be quoted on your application. Please note the following: • Successful candidates will be required to provide a valid medical certificate and may be required to undergo certain medical assessments • Psychometric and other assessments may be used as part of the selection process • Verification of all credentials may be done • Must be in possession of a valid driver’s licence.
How to apply: Interested applicants can forward an abridged CV to: recruitment@umk.co.za or fax: 086 236 1188. The onus is on you to ensure that the reference number is reflected on your application. Closing date: 1 August 2014. If you have not been contacted within 30 days after the closing date, kindly deem your application as unsuccessful. PREFERENCE WILL BE GIVEN TO EMPLOYMENT EQUITY CANDIDATES IN LINE WITH THE COMPANY’S EMPLOYMENT EQUITY PLAN. Only candidates who meet the stated requirements will be considered. APPLICATIONS RECEIVED AFTER THE CLOSING DATE WILL NOT BE CONSIDERED. www.ayandambanga.co.za 119158
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
Ná aftrede sit sy steeds nie stil Karin Muller AL glo sommige mense hul beroep was vir hulle ’n roeping hunker hulle nie noodwendig daarna wanneer hulle afgetree het nie. “Een van die dinge wat ek geleer het, was om vinnig aan te pas. Noudat ek ná meer as 50 jaar in die onderwys ses maande afgetree is, is dit vir my heerlik, juis omdat ek vinnig aanpas,” verduidelik Marlein du Toit, oudonderwyser van Kimberley. “Van kleins af het ek skool-skool met my maats gespeel en as hulle nie beskikbaar was nie, het my poppe ingestaan. Ons was bevoorreg om uitsonderlike onderwysers te hê, maar ons naaldwerk-onderwyser in die hoërskool het my die meeste gemotiveer om die onderwysloopbaan te kies. “’Behalwe vir die enorme hoeveelheid nasienwerk het ek van alles van my beroep baie gehou.” Du Toit (gebore Krynauw) is op 11 Februarie 1938 in Beaufort-Wes gebore. Daarna het haar lewe ’n draai gemaak deur Mosselbaai na Caledon waar sy gematriku-
leer het. In 1956 het haar ouers na Kimberley verhuis. Nadat sy haar studie in 1958 in die Paarl voltooi het, het sy haar by die destydse Laerskool H.F. Verwoerd as onderwyser aangesluit. In 1975 is sy na die Laerskool Eureka nadat sy ’n tyd lank by die Laerskool Diamantveld skoolgehou het. Dit was juis aan die Laerskool Eureka waar sy eindelik 44 jaar later sou aftree. Sy glo sterk aan vernuwing, maar slegs wanneer dit ten goede is. Daarom sou sy graag ’n paar dinge in die huidige onderwysstelsel wou sien verander. “Daar is te veel jong mense wat akademies presteer, maar dan word hulle nie tot ’n sekere studierigting toegelaat nie. Dan word ander leerlinge wat ’n swakker akademiese prestasie behaal het, wel tot daardie studierigting toegelaat. “Dit is tyd dat die patetiese slaagsyfers in die bek geruk word.” Daar is geen sprake van ’n ledige dag onder haar dak nie. Sy hou haarself aan die gang met naaldwerk, borduurwerk, breiwerk en lees.
“As ek eendag alles gedoen het wat ek wil, sal ek dalk die borduurwerk wat ek doen, as Kersgeskenke weggee,” skerts sy. “Ek kry elke dag iets om myself mee besig te hou – ek is immers nog gesond en het nog die krag om dit te doen. “Jy kan enigiets vir my gee om te doen – moet my net nie vra om ’n blokkiesraaisel in te vul nie,” antwoord sy. Diegene wat by haar skool gehad het, sal weet wat om te verwag wanneer sy gevra sal word om raad aan vandag se jong mense te gee. Sy is immers ’n sprekende voorbeeld van haar eie goeie raad. “Moet nooit jou standaarde verlaag nie. Mik altyd hoër, bly positief en moenie bang wees nie. “Die wonderlikste gevoel in die lewe is dat ek weet my kinders is gelukkig. Ek het ’n seun in Welkom en ’n dogter in Kimberley. Die familiebande tussen hulle is baie sterk. “In vandag se moderne era is dit raar dat mense gelukkig getroud is, maar hulle is beslis albei. “Dit stem ’n ouer se gemoed baie rustig en ek is baie dankbaar daarvoor.”
Lewenslessies só vermaaklik oorgedra Elsona Steyn
AFRIFORUM is grotendeels tevrede met die bestuur en toestand van die stortingster rein in Kimberley. Al wat haper, is dat die heining gereeld gesteel word. Foto: Verskaf
Terrein nou heelwat beter ’n JAAR nadat AfriForum die Sol Plaatje-munisipaliteit wou hof toe vat oor die haglike omstandighede by die stortingsterrein, is die burgerregte-organisasie nou meer tevrede. Stefan Pieterse en sy AfriForum-kollegas het die afgelope twee weke verskeie stortingsterreine in die provinsie besoek. Pieterse is AfriForum se provinsiale koördineerder in die Noord-Kaap. “Ons het die Sol Plaatje-terrein op 23 Junie as deel van ons nasionale projek, #skoonSA, geoudit.” Sedert die hofaansoek wat AfriForum in 2013 teen die Sol Plaatje-munisipaliteit aanhangig gemaak het, word daar baie aandag aan die stortingsterrein
gegee. Daar is groot veranderings sigbaar. “Een van die grootste uitdagings bly egter die omheining van die stortingsterrein omdat die heining elke keer gesteel word.” AfriForum het ook met die munisipaliteit vergader om toekomstige probleme saam sonder duur en uitgerekte regsprosesse aan te pak. “AfriForum wil graag sy dank teenoor die Sol Plaatje-munisipaliteit uitspreek vir sy werk by die stortingsterrein. “ ’n Mens kom altyd verder deur saam te werk en AfriForum sal graag in die toekoms met die munisipaliteit wil saamwerk om sulke probleme op te los,” sê Pieterse.
MARLEIN DU TOIT, ’n oudonderwyser wat haar deesdae met naaldwerk, borduurwerk en breiwerk doenig is. Foto: Karin Muller
HET jou ma jou dalk al ooit vertel dat jy horings gaan kry as jy op jou rug lê en eet of wurms gaan kry van kaalvoet loop? Blykbaar is dit ook onwaar dat ’n kuiken deur sy ma verwerp sal word nadat ’n mens hom gehanteer het. ’n Mens kry ook nie vratjies van paddas, verkoue van koue weer en breinvliesontsteking van met nat hare slaap nie. As my ma met pakkies van die dorp af kom, sou ek kleintyd ewe opgewonde vra wat daarin is. Summier is vir my vertel: “Dis husse met lang ore.” Ek wou so graag sien hoe ’n hus lyk, maar dit was my nooit beskore nie. Ons kon nie laataand koffie drink nie, want dan sou ons vlooie in ons maag kry. As daar wortels in jou bord geskep is, is jy aangemoedig om alles te eet, want dan sou jy beter sien. Ek weet nie so mooi van daardie storie nie, want ek dra al van kleintyd af bril. “Pampoen gee jou krulhare,” het my dié groente laat vermy, want ek kon nie bekostig dat my hare nog meer krul as die boskaas wat ek toe al nie kon beheer nie. Wat van al die stories oor die tandemuis wat ’n kind se gewisselde tande kom haal het? Dié outjie was my gunsteling-karaktertjie. Ons het baie planne uitgedink om hom (of was dit dalk ‘n haar?) te probeer fnuik, maar altyd sonder sukses. Ons het selfs die hond se tand getrek en dit in die skoen gesit, jy kon die tandemuis ook nie eens met ’n mieliepit om die bos lei nie. Ek wonder natuurlik steeds of dit werklik ’n wolhaarstorie is dat vlermuise in mense
A TO Z GUIDE
se hare verstrengel raak. Vir my klink dit alte moontlik. Ons is ook gewaarsku om nie waatlemoenpitte in te sluk nie, want dan sou die ranke by jou ore uitgegroei het. Dalk moes hulle ons eerder leer om nie ’n boontjiepit in jou neus op te druk nie. As jy die huis uitgevee het, moes dit verkieslik voor sononder gedoen word, anders het jy jou geluk saam met die vuilgoed by die deur uitgevee. As jy ’n vadoek, ’n mes of ’n vurk laat val het, was dit ’n teken dat julle kuiermense gaan kry. Wanneer dit gereën het terwyl die son geskyn het, het ons gesê: “Jakkals trou met wolf se vrou”. Toe ons groter geword het, het ons altyd ’n stukkie troukoek onder ons kussings gesit, want dan sou ons kwansuis droom oor die man met wie ons sou trou. Sou jy op ’n tafel sit, is oujongnooi-skap jou voorland. Kougom-insluk was ook taboe, want dit sou jou derms knoop. Hoe dikwels moes my ma nie die kougom uit ons kuiwe lossny nie, want ons moes dit êrens bêre. ’n Klomp wolhaarstories is gebruik, grotendeels om kinders mee af te skrik en te vermaak. Baie van dié vertelsels het ’n didaktiese, lerende funksie. Dit word so ingekleur dat dit die aandag en verbeelding trek en ’n bepaalde lewensles of morele beginsel in die geheue op ’n veel doeltreffender wyse inbrand as wat ’n redenasie, lesing of ’n preek dit sou doen. Maar nou wat is wolhaar en waar kan ’n mens dit kry? Ek sou dink dat dit die mens is wat verbeeldingryk leef van die wonder van “goue lint, my storie begint” tot “fluitfluit my storie is uit”.
‘Ek sou dink dat die mens sy verbeeldingryk leef van die wonder van “goue lint, my storie begint” tot “fluitfluit my storie is uit”. ’
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
MOTORS
www.noordkaap.co.za FORD werk hard om ’n nuwe in treevlakbuks vir derdewêreld markte te ontwerp. Voorlopig staan hy as die Figokonsepmo del bekend, omdat die Figo naam reeds in Indië, Suidoos Asië en SuidAfrika bekend is. Dié knaap met die Fiestasier rooster het ’n goeie grondvry hoogte, heelwat ruimte tussen die wiele en wielboë en ’n een voudige voorkoms. Dit help om die vervaardigingskoste laag te hou. Foto: QuickPic
Verkope se wiele kort olie Marnus Hattingh DIE derde maand ná mekaar het die verkope van gesinsmotors in Junie ankers gegooi toe die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) nogmaals pap verkope bekend gemaak het. Volgens die motorbedryf se sambreelliggaam het die verkope verlede maand op 35 355 eenhede te staan gekom. Dit is net meer as 2% swakker as in Junie verlede jaar. Hoewel dié syfer klein klink, is dit die voortgesette daling in motorverkope wat die bedryf bekommerd het. Halfpad deur die jaar en daar is reeds die afgelope ses maande 7% minder motors verkoop as in dié tyd verlede jaar. Dit is ’n tendens wat in April begin het en oënskynlik net wil voortgaan. Volgens die finansieringsgroep WesBank lyk die prentjie vorentoe ook nie te sesderat nie. Inflasie is reeds net-net meer as die Reserwebank se boonste teikenband van 6%. Boonop het die bank reeds begin met ’n nuwe opwaartse kurwe van hoër rentekoerse, wat motor koop op skuld duurder maak. Een van die groot aanvuurders agter die skerms vir ’n rits negatiewe nuus is die swak rand. Die afgelope drie jaar het die geldeenheid met ’n enorme 40% geval. Dit maak ingevoerde produkte onmiddellik duurder, waaronder brandstof. Dus, selfs al word iets plaaslik vervaardig, soos voedsel, word die verspreiding daarvan negatief geraak, omdat die brandstofprys die hoogte inskiet. Hoër algemene pryse lei dikwels tot eise vir hoër arbeidslone wat, indien dit nie toegegee word nie, met grootskaalse stakings en die verlies aan produksie gepaardgaan. Die onlangse platinumstaking wat oor vyf maande gestrek het, is ’n goeie voorbeeld van waar hoër lewenskoste as een van die redes vir hoër lone voorgehou is. Die swakker uitvoer raak die land se betalingsbalans, wat die rand verder laat verswak. ’n Swakker rand verhoog lewenskoste wat inflasie opwaarts druk. Om dit te rem moet die Reserwebank geleende geld met hoër rentekoerse duurder maak. Dit is die knyptang waarin ook die plaaslike motorbedryf hom nou bevind. Motors raak duurder weens ’n swakker rand, terwyl duurder geleende geld verdere druk op maandelikse premies plaas. ’n Swakker rand maak ingevoerde ruolie duurder, wat brandstofpryse opdruk. Vir die motoris wat moet pendel, raak dit dus ’n knyptangsituasie. Vervaardigers probeer alternatiewe vind deur derdewêreldmark-motors hiernatoe te bring. Soms word vorige reekse nie uitgefaseer nie, maar met ’n nuwe naam as ’n goedkoper weergawe langs die nuwe model geposisioneer (die Toyota Quest langs die Corolla, byvoorbeeld). Die geheim is egter die rand se sterkte. Voorheen is gehoop ’n swakker rand sal uitvoer stimuleer en dus so ’n sterker ekonomie, hoër produksie en meer buitelandse valuta oplewer. Dit is egter nie die geval nie. ’n Mens vermoed ’n groot deel van die skuld vir die randverswakking moet aan die owerheid toegedeel word. Ongelukkig lyk dit asof dinge nie gou gaan verander nie, want vir elke hik wat die ekonomie gee, word al hoe meer staatsingryping voorgestel. Dit maak die land se groot handelsvennote juis senuagtiger. Met ’n paar klein verstellings kan die negatiewe siklus wel omgekeer en vervaardiging – en verkope – aan die brand geskop word.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
BETREKKINGS
TE KOOP
3600
ALGEMEEN ADMINISTRATIEF
ALLERLEI
LENINGS 1445
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste work. SMS full name and address to 081 886 0315 or e-mail to: d.workforce7@gmail.com
AANDAG
ALLE ADVERTEERDERS
ALGEMENE & HUISDIENSTE
Die gebruik van die letter
"A", leestekens soos "!"
ALLERLEI 1845
CONSOLIDATION: Loan online. Up to R23 000. Low credit score is ok. help@debtcon.co.za
SOEK, KOOP, VERKOOP
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
3680
3605
1655
of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.
COLLECTIONS COMPANY LOOKING for agents to work independently from home in Kimberley. Telephonic collections and visiting customers will be expected. Experience in collections will be an advantage. Must have own PC (Fully PC literate), telephone, internet and own transport with valid driver's license. Remuneration commission based. Send CV to: newapp@mweb.co.za If you have receive no response in 10 days, please consider your application unsuccessful.
SMALLS NOTICE
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
11
Veiligheid hul doelwit Charné Kemp
ERICKA EN HOENER DU TOIT was van die motorfietsryers wat aan CC Riders se uit stappie deelgeneem het om motoriste op motorfietse op die pad bedag te maak.
PAST. FLIM KUHN (links) en Melvyn Tiger by hul motorfietse toe sowat 50 motorfiets ryers van agt motorfietsklubs saamgespan het om motoriste op motorfietse op die pad bedag te maak.
WEES bedagsaam teenoor motorfietsryers, vermaan dié banier.
Foto’s: Emile Hendricks
Perde begeester hom Christelle Groenewald
kampioenskappe geëindig. Hy is op vier geleentheKIMBERLEY is bekend de as lid van die Vrystaatdaarvoor dat sy diamante Noord-Kaapspan gekies en diep weggesteek is. Só ’n was drie keer kaptein van weggesteekte diamant is die dié span. Kimberley Equestrian Op 16 jaar het Talbot Centre (KEC) sowat 4 km saam met bekendes soos op die Samaria-pad uit. Mickey Louw en Gonda Daar is nog groter diamanBeatrix die eerste keer te te vinde soos Ricky aan die Rothmans-derby Talbot. deelgeneem. Die pragtige KEC, Hy onthou hoe moeilik waarby Talbot oor die jare die baan van een kilomeheen ’n groot rol gespeel ter was en dat hy en sy het, het in 1960 tot stand perd 1, m hoog gespring gekom. Sedertdien het dit het. uitgebrei tot ’n boomryke, Talbot het as lid van die groen klub met ’n klubhuis, Suid-Afrikaanse instrukspringbaan, dresseerbane teurspan gekwalifiseer en en ’n beoordelaarskamer is ook as provinsiale wat ’n oorsig oor die hele baanbouer aangestel. klub bied. Vandag, 54 jaar later, is Daar is in die stadium 49 hy steeds landwyd bekend perde in die stalle waarvan en ’n geliefde in die ’n hele paar aan die klub sportsoort. RICKY TALBOT is steeds aktief behoort en waarmee lesse Hy is ook as afrigter by die klub betrokke. aan lede van die publiek betrokke. Foto: Christelle Groenewald gegee word. Hy gee nou honderdDie perdeklub is ’n voud terug aan die gesinsvriendelike plek. Die kinders deur sy kennis, ruiters moet geduld, ondervinding en liefde vertroue in hul eie, sowel vir die sportsoort, sowel as hul perde se vermoëns, as die plesier wat hy dapperheid en moed vir die daaruit put, met hulle te sportsoort hê. deel. Hiermee tesame is dit Die KEC bied jaarliks pret en goeie, gesonde vyf tot ses skoue aan. oefening. Ruiters van die hele Die stalle is nog dieselfde Noord-Kaap en Vrystaat pragtige historiese stalle as kom neem hieraan deel. wat De Beers as hospitaalDie opkomende stalle gebruik het en waar Diamond-skou is een van perde en muile destyds die grootste skoue. Dit is geteel en opgelei is om die eerste keer in 2011 koekepanne in die myne te aangebied en word elke 'n JONG Ricky Talbot by van die jaar groter. Vandag is dit trek. Dit is toe deur De trofeë wat hy gewen het. Beers vir die doel van die ’n vierdagskou met meer Foto: Verskaf perdeklub beskikbaar as R200 000 se pryse. gestel. Die pryse sluit diamanTalbot is sedert die begin van die klub te, geld en produkte in. Daar is sowat 140 hier betrokke. Sy ouers was stigterslede en perde van oor die land heen wat hieraan hy het as 11-jarige seun hier begin perdry. gaan deelneem. Ruiters kom van so ver soos Sy eerste perd was Thunder waarna een van Johannesburg, Kaapstad en Durban. die klub se groot skoue genoem is (die Die Diamond-skou word op 17 en 18 Julie Thunder-bekerskou). by die KEC aangebied. Mense word genooi ’n Lang en roemryke verbintenis met die om na perdespring uit die boonste rakke te sportsoort het gevolg. Talbot en Thunder het kom kyk. Die toegang is gratis en daar sal in 1964 tweede in die junior Suid-Afrikaanse eetgoed te koop wees.
SOWAT 50 motorfietsryers van agt motorfietsklubs het saamgespan om motoriste op padveiligheid en die teenwoordigheid van motorfietse op die pad bedag te maak. Die uitstappie is deur een van die land se oudste motorfietsklubs, die CC Riders van Kimberley, georganiseer. Die motorfietsryers het die afgelope naweek op bedrywige kruisings in die stad pamflette met wenke oor padveiligheid en verkeersreëls uitgedeel. Melvyn Tiger is die president van die CC Riders. Hy sê dit is skrikwekkend hoe min motoriste ag op motorfiets- en fietsryers slaan. Hulle het ook die motorfietswrak van Alcinon Cloete op ’n sleepwa na die kruisings saamgebring om mense te wys hoe kwesbaar motorfietsryers is. Ian Botha is twee jaar gelede deur ’n onbekende motoris doodgery. Die ryers van die CC Riders (ook van die Bloemfontein-tak), Elite Rebels, Optymistic, Tiffy Riders, CMA, DCD, Impact Riders en Christian Bike Riders het gister by die kruising waar Botha doodgery is ’n minuut van stilte gehandhaaf. Twee maande ná Botha se noodlottige ongeluk is Alcinon Cloete ernstig beseer. Volgens Tiger was dit weer ’n motoris wat ’n stopteken verontagsaam het. Cloete se been is geamputeer en sy pa, Reggie Botha, sê hy is nie meer dieselfde mens nie. Die motoris is ongedeerd. Tiger sê al hoe meer mense en selfs leerlinge ry motorfiets, omdat dit ekonomieser is. “Dit hou die gevaar in van meer noodlottige ongelukke, veral waarin jong mense betrokke is. Ons het verlede jaar ons eerste byeenkoms gehou om ander padgebruikers oor die gevare van swak padgedrag te waarsku. Vanjaar het ons ander motorfietsklubs genooi om dit saam met ons te doen.” Die wenke op die pamflet sluit in dat motoriste altyd in hul tru- en kantspieëltjies moet kyk, bedag daarop moet wees dat motorfietse klein is, maar vinnig beweeg, en verkeersreëls en ander padge-
bruikers moet respekteer. Flip Kuhn, provinsiale leier van die Christian Motorcyclist Association (CMA), senior pastoor van die Bikers’ Church en voorsitter van die Bikers Association Noord-Kaap, sê die meeste ongelukke gebeur wanneer ’n motoris wat regs draai, voor ’n motorfiets inry. “Motoriste kan nie die motorfietsryer goed sien nie en besef nie dit beweeg net so vinnig soos ’n motor nie. Motoriste onderskat die spoed van motorfietse. “’Ek bied bestuursklasse vir motorfietsryers aan. Ek leer hulle om verdedigend te bestuur. “’Die motorfietsryer moet enigiets – van diere, voetgangers, fietsryers, motors en vragmotors – te wagte wees. Jy moet dink hulle gaan iets verkeerds doen en daarop voorbereid wees.”
NATURALLY DIFFERENT
We make a difference because our people do. SENIoR GEoLoGIST - ExpLoRATIoN MRM, KUMbA IRoN oRE, KoLoMELA MINE, NoRThERN CApE band 6 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth-largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will ensure and increase the Life of Mine, manage the availability of resources and equipment to ensure efficient operation of the section and optimise human resources in a way that maximum output is delivered by the section as a whole. In addition, you will manage the department’s expenditure within the approved budget, ensure a safe and healthy work environment and keep environmental impact within statutory requirements. To apply for this 24-month full-time contract position, you need a BSc Hons Geology and 6 years’ operational experience in a similar environment. Computer literacy in MS Office and specialised software and a Code B driver’s licence are essential. You will be required to pass a medical fitness certificate in order to be considered for this position and will be subjected to physical testing when going for the medical fitness certificate. Ref: K710003 Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/ careers before 25 July 2014 and following the links to tools/vacancies/job search, entering the above reference number/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.
www.humanjobs.co.za
Human Communications 110633
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 16 JULIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Dit is buig óf bars André Botha
NIKS minder nie as ’n oorwining met ’n bonuspunt. Dit is wat die Griekwas hierdie Saterdag in George teen die SWD-Arende sal moet vermag om te verseker dat hy na die Premierliga van die Curriebeker-reeks deurdring. Ná Saterdag se voorlaaste ronde in die kwalifiserende reeks is die Griekwas steeds met een punt voor die Luiperds. Die Poubloues se bonuspunt-sege van 40-25 oor die Valke het hul voorsprong verseker, maar die Luiperds het met ’n wegholsege oor die Boland-Kavaliers óók ’n bonuspunt behaal om te verhoed dat die Griekwas hul voorsprong vergroot. Die Luiperds se oorblywende wedstryd is teen Grens wat nog nie ’n enkele oorwinning in die reeks kon behaal nie. ’n Bonuspuntwen is dus vir die Luiperds feitlik ’n uitgemaakte saak. Gebeur die ergste en die Griekwas verloor teen die Arende, is dit die Luiperds wat in die Premierliga gaan speel. Maar selfs al wen die Griekwas, maar kry nie ’n bonuspunt nie, is die Eerste Liga steeds hul voorland. Die Luiperds is gerieflik voor op punteverskil, getal drieë en bonuspunte. Eindig die twee spanne dus met dieselfde getal punte, is dit die Luiperds wat deurgaan. Daarom móét die Griekwas sy wedstryd teen die Arende met ’n bonuspunt wen. Die Griekwas het intussen duur betaal vir die vyf punte wat hy Saterdag hier in sy kwalifiserende stryd vir Premierliga-status in die Curriebeker-rugbyreeks teen die Valke ingesamel het, berig Gerdie Karstens. Die Poubloues se heelagter, Jacquin Jansen, het sy mediale knieligamente beseer. Hy sal waarskynlik nie Saterdag teen die SWD-Arende speel nie. Jansen, wat die laaste vesting in die plek van die beseerde Gouws Prinsloo beman, se afwesigheid is ’n gevoelige slag vir die Griekwas. Gelukkig kan die Poubloues op iemand soos Nico Scheepers se knoppie druk. “Die Valke was vir ons soos ’n halfeindstryd. En die Arende is ons eindstryd,” sê Hawies Fourie, die Griekwas se afrigter. Die Griekwas het wel volpunte teen die Valke ingesamel danksy ses drieë, maar het in die tweede helfte ’n insinking beleef wat die span se spel die afgelope tyd kenmerk. “Ons het agterna weer hard gepraat. Op die oomblik is daar ’n neiging dat ons in die tweede helfte gaan lê. Dit is kommerwekkend, want in die Curriebeker-reeks sal dit beslis lol. Ons het dus ’n groot uitdaging
MARNUS SCHOEMAN was Saterdag een van die Griekwas se staatmakers in die sege van 4025 oor die Valke. Schoeman het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Foto’s: Emile Hendricks
TIAN MEYER druk een van sy twee drieë in die Griekwas se kragmeting Saterdag teen die Valke. Die Griekwas het met 4025 ge wen om sodoende sy voorsprong in die kwalifiserende ronde vir die Premierliga van die Curriebekerreeks te behou. wat voorlê,” het Hawies Fourie, die afrigter van die Griekwas, gesê. “Ons moet ons koppe laag hou en deeglik voorberei, want die Arende gaan geen piekniek in George wees nie. “Ek sê weer: Ons kragmeting teen hulle is ons eindstryd.” Die Griekwas se Martin Bezuidenhout (haker) en Jonathan Adendorf (slot) kan ná beserings terugkeer en die span versterk. Puntemakers: Griekwas 40 (21): Drieë: Marnus Schoeman (2), Boela Serfontein, Burger Schoeman, Tian Meyer (2). Doelskoppe: Francois Brummer (5). Valke 25 (6): Drieë: Riaan Arends, Juan Kotzé, Andrew van Wyk. Doelskoppe: Kotzé (2). Strafdoel: Kotzé. Skepdoel: Kotzé.
Cravenweek dié uitdaging MET die Cravenweek vir o.18-spanne wat vandeesweek plaasvind, is die hoop dat die Griekwas beter sal vaar as wat sy Akademie-span en o.16-span verlede week gevaar het. Die Griekwas het daarby die afgelope twee jaar nie te waffers op die Cravenweek vertoon nie en sal vanjaar heelwat beter wil presteer. Die span het sy week met ’n wedstryd teen Grens-Platteland, tradisioneel een van die swakste spanne in die toernooi, begin. Die uitslag van die wedstryd was teen druktyd nog nie bekend nie. Die Griekwas se Akademie-span het ná sy nederlaag teen Griffons-Platteland van sy aansien teen KwaZulu-Natal se plattelandse span herwin met ’n oorwinning van 29-12. Die Poubloues het op die laaste dag met 23-44 teen die Blou Valke verloor. Die Blou Valke het die toernooi met dié sege onoorwonne afgesluit. Griekwa-Platteland het twee goeie seges in die toernooi behaal. Hy het Grens-Platteland op die eerste dag met 33-0 verslaan en die week met ’n sege van 41-27 oor die Suid-Afrikaanse LSOB-span (vir leerlinge
met spesiale onderwysbehoeftes) afgesluit. Hy het egter op die tweede dag teen die Bolandse XV-tal (0-16) tweede gekom. Die Griekwas sal die Grant Khomo-toernooi vir o.16’s liewer wil vergeet. Die span kon slegs die melkkoeie van SA Rugby se nasionale toernooie, Grens-Platteland, klop. Die span het op die laaste dag met 41-0 met die span van Grens afgereken. Die Poubloues het teen Zimbabwe (13-15) en ook die Limpopo Blou Bulle (14-23) verloor.