Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 23 Julie 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Pleit vir veiliger pad
SOWAT 100 mense het Saterdag op die kruising van die N12 en die R31 net buite Kimberley byeengekom om daarop aan te dring dat die kruising beveilig word. Twee jong mense is verlede naweek dood en twee beseer toe hul motor hier teen 'n vragmotor gebots het. Talle ongelukke het al hier gebeur. Magda Vertue, wat die byeenkoms gereël het, sê versoekskrifte is ook opgestel. Foto: André Botha
Curriebeker wink weer Griekwas terug in Premierliga ná sege oor Arende André Botha AGT maande nadat Griekwa-ondersteuners in sak en as gesit het toe die Pumas die Poubloues uit die Premierliga van die Curriebeker-reeks geboender het, kan hulle weer juig. Die Griekwas het Saterdag die drieë ingeryg om die SWD-Arende met 57-12 kaf te draf en het reeds in die 30ste minuut van die eerste helfte die broodnodige bonuspuntdrie gedruk.
Ook maar goed, want die Luiperds wat die uitspeelwedstryde deur kort op die Griekwas se hakke gebly het, het in húl laaste wedstryd die Grens-Bulhonde met 103-15 verpletter. Het die Griekwas dus nie Saterdag ’n bonuspunt gekry nie, was die Eerste Liga hul voorland. Die Luiperds was reeds voor Saterdag se wedstryde voor die Griekwas met punteverskil, aantal drieë, verskil in aantal drieë én meer bonuspunte.
Het die twee spanne gelyk op die punteleer geëindig, sou die Luiperds dus na die Premierliga deurgedring het. “Verlig én opgewonde,” het die Griekwas se afrigter, Hawies Fourie, oor sy span se nuutgevonde Curriebeker-status aan Gerdie Karstens gesê. “Dit was ’n moeilike klompie maande. Ons het van die begin af geweet in watter bootjie ons ons bevind en sedert November 2013 gewerk met net één doel – en dit was om weer Curriebeker-rugby te speel. Dit het ons
in ’n hegte eenheid omskep en ’n soort kultuur gevestig wat net met tyd geskep word. Nou kan ons fokus op ons volgende doelwit en dit is om te presteer in dieselfde reeks as waarvoor ons nou gekwalifiseer het,” het Fourie gesê. “Ons het geweet ons moet net geduldig wees en dat ons punte sal kry indien ons bly druk toepas. “Ek het voorspel die Luiperds gaan Grens met ’n groot telling klop en gelukkig het ons kop gehou,” het Fourie gesê.
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad. www.noordkaap.co.za
Bouery vorder fluks André Botha WERK aan Westra, ’n filiaal van GWK, se nuwe koringmeule, asook ’n pasta-en-beskuitjiefabriek in Modderrivier, vorder fluks. Eddie Ueckermann, uitvoerende bestuurder van Westra, sê die pasta-en-beskuitjiefabriek se dak is pas opgesit. Die binnekant van die geboue is ook reeds gedeeltelik voltooi. Produksie sal in April 2015 begin. Die meule en die fabriek sal ’n geldelike inspuiting vir Modderrivier wees en verskeie werkgeleenthede in dié brandarm gebied skep. Ueckermann sê die vierde verdieping van die koringmeule is pas voltooi, asook die innamebuise en klaar-produksiebuise. Die massa-uitlaatbuise is ook gereed en produksie van koringmeel sal in Julie 2015 begin. Eugene Champion, bestuurder: produkte van Westra, sê dié aanleg het begin as ’n droom wat in 2010 posgevat het om waarde toe te voeg aan die produkte wat GWK se aandeelhouers verbou. “Ons wou ook ons voetspoor in voedselvervaardiging vergroot.” Hy sê verskeie alternatiewe is in die markondersoek oorweeg. “Die verbruik van koringprodukte toon jaar ná jaar ’n styging per kapita en daarom is besluit om in die mark te belê en koringmeel te vervaardig. Slegs 20% tot 25% van koringmeel word egter deur die eindverbruiker gebruik. “Daarom het ons moontlikhede ondersoek om verdere waarde aan die produkte toe te voeg. Weer het ons na stygende markte gekyk, terwyl ’n lang raklewe ook deel van die kriteria was. Pasta en beskuitjies het aan al die kriteria voldoen.”
SAVE THE BUCK
SALE Durable waterproof leather uppers Sticky rubber outer soles for better grip
Die projek is op ISO-standaarde gegrond wat voedselveiligheid, gehaltebeheer en werkveiligheid betref. ’n Groenbenadering word ook by die aanleg gevolg en ’n houerdam is gebou vir die opvang en hergebruik van stormwater, asook gesuiwerde rioolwater waarmee tuine besproei sal word. Energiebesparende beligting en motors vir kragopwekking is aangebring. “Ons betaal aanvanklik ’n premie daarop, maar met die oog op besparing op lang termyn is dit die moeite werd.”
50%OFF
Met die ontwerp van die geboue is die rigting in ag geneem sodat sonlig in die warm somer tot die minimum beperk word. Die dakke wat 1,5 ha beslaan, is wit geverf om verder ’n koel werkomgewing te skep, terwyl energie nie nodig is om die gebou te verkoel nie. Geraasbesoedeling is ook in ag geneem en knaldempers is op alle toerusting met bo-normale geraasvlakke aangebring. In die meulegebou word warm lug gesirkuleer wat veral in die winter voordelig sal wees.
GREAT VALUE DEAL Normally R1399
NOW R899
selected merchandise & apparel
Normally R1699
Normally R599
NOW R799
MEN’S REFLEX 2 WATERPROOF LEATHER SHOES
WESTRA, 'n filiaal van GWK, se koringmeule en pasta-en-beskuitjiefabriek sal albei volgende jaar oopmaak. Bouwerk daaraan is reeds ver gevorder. Heelwat werkgeleenthede word hierdeur geskep. Foto: Verskaf
Up to
Normally R1090
NOW R1199
NOW R399
MEN’S VALIANT OR WOMEN’S GUINEVERE FLEECE JACKETS Full zip fleece jacket – excellent insulator A DWR finish repels water
Normally R75
MEN’S DE SOTO 3-IN-1 JACKET
WOMEN’S XA PRO 3D ULTRA 2 SHOES Quick drying mesh uppers Moulded EVA midsoles and Ortholite sockliners for comfort * Special available on selected colours only
Normally R1399
Normally R450
NOW R25
3-in-1 jacket with a removable inner fleece jacket. An adjustable and removable hood provides warmth and protects the user’s head from the elements.
Waterproof
Windproof
Breathable
NOW R1199
NOW R350
Insulating
Normally R199
NOW R99
CYGNUS EMERGENCY LAMP Flashlight and lamp in one Waterproof design Floats on water
MEN’S OR WOMEN’S SHEEPSKIN SLIPPERS Insulating furpile inner Durable sheepskin uppers
VENTURE 70L BACKPACK Volume: 70L Weight: 1.2kg Hydration system compatible Rain cover included
Sale starts 25 July 2014. While stocks last! 8456 E & OE
2
SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders
Fans find out first.
Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Limited to 3 units per product per customer. Products subject to availability. Stores nationwide.
All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.
GYGES MULTITOOL Stainless steel construction 8 Tools in one
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
Soek en wen bewys NOG ’n leser kan vandeesweek ’n geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall in Noordkaap en die winkelsentrum se Soek-en-Wen-kompetisie wen. Dit is ’n maklike kompetisie en baie pret. Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap verskyn. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. Onthou, dit moet die een wees met die diamant in die middel. As jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsy waarop die logo verskyn se nommer na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf.
’n Wenner word uit die inskrywings aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die gelukkige wenner van die geskenkbewys wees. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en ook in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
FERNANDO KIVEDO is die wenner van die logo-kompetisie. By hom is Simone Crafford van die Diamond Pavilion Shopping Mall.
DIE polisie in Kimberley het Mandela-dag met ’n staptog van 3 km deur Kimberley se strate gevier. Die polisielede het vullis opgetel so ver hulle gestap het. Die Harry Oppenheimer-tuin is ook skoongemaak. Sowat 120 polisielede het aan die staptog, wat van die Kimberley-polisiekantoor tot by die Bishops-klub gestrek het, deelgeneem. Hier stap ’n groep in Dalhamweg. Foto: André Botha
Arendse speel vir spanmaats Unique Jacobs EDERIES ARENDSE is vandeesweek Noordkaap se profielfokus. Die 26-jarige Griekwa-vleuel is in die Kaap gebore en het al op skool rugby begin speel. Arendse het voorheen vir die Westelike Provinsie uitgedraf. Hy het besluit om vir die Griekwas te speel, omdat dit ’n geleentheid was om hom te toets en meer van homself te leer. Die grootse aanpassing, volgens hom, was die weer en die gebrek aan ontspanning buiten rugby. Arendse wil altyd sy bes doen, nie net vir homself nie, maar ook vir sy spanmaats. Die oud-Springbokkaptein Jean de Villiers is een van sy rolmodelle, omdat hy ’n besonderse persoonlikheid en leierskapstyl het. Een van sy hoogtepunte op die veld was toe sy span die Vodacombeker in 2012 gewen het. Sy laagtepunt is wanneer ’n besering hom van die veld af hou.
EDERIES ARENDSE, ’n Griekwa-vleuel.
Foto: Emile Hendricks
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
Brande eis hul tol op katedraal DIE Katolieke St. Mary-katedraal in Dutoitspanweg se begin kan teruggetrek word na vader Anatole Hidien van Frankryk, wat kort ná die ontdekking van diamante per ossewa uit Bloemfontein na die Diamantveld toe gekom het, die eerste priester op die delwerye. Hy het ’n groot tent opgeslaan om as kerkgebou te dien. Sy opvolger, vader Francois Le Behan, ook ’n Fransman, het in 1872 twee sinkkerke, een elk in Bultfontein (Beaconsfield) en New Rush (Kimberley), laat oprig. Die tweede St. Mary’s is in 1880 deur vader Hilaire Lenoir opgerig, vermoedelik langs die oorspronklike gebou. Dié kerkgebou kon 500 mense huisves. Die katedraal is in 1925 opgeknap. Dit is egter op Oujaarsaand 1938 in ’n brand verwoes. Slegs die swartgebrande mure, ’n deel van die superstruktuur en die toring het oorgebly. Bouwerk aan die derde (en huidige) St. Mary’s het in Junie 1940 begin. Aan die anderkant van die katedraal (foto bo) kan die bouval van die Kimberley-klub gesien word wat in 1895 afgebrand het, en daarna herbou is om te lyk soos wat dit vandag lyk. Die gebou aan die voorkant het blykbaar as sowel weeshuis as klooster in verskillende tydperke gedien en sedert 1879 die St. Mary’s Convent School gehuisves. Dié gebou is later deur ’n groter een van klip vervang. In 1933 is die skool na die gebou van die Belgrave-hotel in Atlasstraat verskuif. Die skoolgebou is daarna deur onder meer die departement van pos- en telekommunikasie gebruik, en ook die voorloper van die latere Noord-Kaaplandse Tegniese Kollege (nou Kollege vir Voortgesette Onderwys en Onderrig) gehuisves. Dit is later gesloop om vir die huidige Allenstraat plek te maak.
Weerstaan die eise van ons tyd DIE tydperk waarin ons leef, stel geweldig baie eise. Baie mense kry geldelik swaar en ’n vaste aanstelling het uiters skaars en kosbaar geword. Juis daarom is dit noodsaaklik om tyd aan beplanning te bestee. ’n Mens moet weer seker maak wat die belangrikste doelwitte in jou lewe is. En daarna moet jy seker maak dit wat die belangrikste is, kry die meeste van jou tyd en aandag. ’n Mens moet byvoorbeeld jou dag so beplan dat jy iewers ’n tydjie afknyp om net stil te word en jou “batterye” daagliks te herlaai. Probeer ook jou dag so inrig dat daar nooit ’n koorsagtige gejaag ontstaan nie. Maak dan ook seker jy
ruim daagliks tyd in vir die mense ná aan jou, wat hopelik onder die topdrie voorkeure in jou lewe is. Wees goed vir jouself. Maak seker jy doen gereeld iets wat opbouend en positief vir jou is. Wees goed vir die mense om jou. Probeer om gereeld iets goeds en moois vir hulle te doen, al is dit net om ’n sleurwerkie oor te neem. Kom gereeld in die buitelug en ervaar en waardeer die skoonheid van die omgewing. Probeer om jou gedagtes op positiewe dinge te rig – ’n mens word wat jy dink, en ’n mens se lewe neig in die rigting van waaraan jy die meeste dink. Baie sterkte vir die tweede helfte van die jaar. Mag dit met al die lesers net al hoe beter gaan.
Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Leef voluit, leef positief Hannes Nöeth
DIE afgelope skoolvakansie is Kimberley se mense intens deur die dood van geliefdes beproef – weens siekte, ouderdom en die ongelukke. Skielik word geliefdes weggeruk en dit raak gesinne en ’n gemeenskap. Almal weet dit is die weg van almal op aarde en almal weet die pad van die dood is ’n deel van die lewenspad wat gestap moet word, maar dit bly moeilik. ’n Mens is dankbaar vir die wete daar is lewe ná die dood, maar vir die gesinne wat agterbly, is dit ’n vreeslike seer. Ek dink vandag aan ’n begrafnis wat ek in Kimberley moes hou. In die diens kon ek die familie troos met die woorde: Nou leef hy. Hy wat ons begrawe het, was die allerbeste voorbeeld van hoe ’n mens moet leef en sterf. Hy was nie bang vir die dood nie, maar terwyl hy sterwend, swak en siek was, het jy hom nie moedeloos gekry nie. Dit maak nie saak hoe swak die liggaam was nie, hy het gelééf terwyl hy nog leef en gesê as hy sterf, sal hy dan éérs leef.
Daarom dat ek so troosryk vir die familie kon sê dat hy nou leef. Hy het geleef totdat hy gesterf het en toe lééf hy. Dit is wonderlik indien ’n mens so kan leef en so kan sterf. Soos ons almal wou hy nie doodgaan nie en daarom het hy elke oomblik gebruik, goed gebruik; nie om te kla of negatief te wees nie. Party mense sterf terwyl hulle lewe en ander lewe, al is hulle aan die sterf. Intussen dink ons saam aan hulle wat weens die dood seer het, en terwyl daar soveel met die seer om ons is, moet ’n mens elke oomblik van jou lewe gebruik om te leef. Moenie die gawe van lewe by jou laat verbygaan nie, moenie die lewe versuur met ’n alewige gekla en gemor en beswaardheid nie. Moenie daarop roem dat jy moeilik is om mee oor die weg te kom nie. Leef, leef voluit en leef positief.
Sintuie ’n tuig vir emosies Karin Muller MENSE is waarskynlik grotendeels uit twee dele saamgestel: emosies en sintuie. Dit hang seker af van jou persoonlike smaak en ondervinding, maar emosies is gewoonlik so uiteenlopend soos mense. Soms onvoorspelbaar, maar verseker beslis afwisseling in ’n skynbaar doodgewone lewe. Ons sintuie lyk ooglopend omtrent dieselfde, maar bring ook ’n besonderse aanslag in ons almal se lewe. Dit is nie noodwendig in die oomblik waarop jou sintuie aan die werk spring wat dit so kosbaar maak nie, maar die nadraai van die besonderse werk wat ons sintuie verrig. Selfs maande, jare of dekades daarna. Bewustelik sou jy moontlik al vergeet het van gebeure waaraan jou sintuie jou later herinner. In ander gevalle sou jy dit in daardie oomblik as onbelangrik beskou, maar jare later sal jou sintuie jou herinner dat dit
eintlik nie so onbelangrik was soos hoe jy dit oorspronklik ervaar het nie. Die vlugtige reuk van ’n gasbottel wat oopgemaak word, neem jou terug na woonwavakansies of kuiers op jou oupa se plaas. So ook ’n kers wat aangesteek word. Die breukdeel van ’n sekonde totdat die reuk van swael jou neus bereik, laat jou deeglik bewus word van herinneringe uit jou kinderdae. Die reuk van kaneel neem jou terug na reënerige pannekoekdae of jou ouma se pypkaneelkluitjies op wintersaande. Indien ’n spesifieke geluid jou ore bereik, word jy dadelik teruggesleep na goeie tye wat diep in jou geheue weggebêre was. ’n Liedjie waarna jy op ’n tyd baie geluister het, die geluid van ’n trein wat die stasie verlaat, die kenmerkende geskree van ’n hadida of die rustige gekoer van tortelduiwe. Sintuie help jou om ’n vol lewe te lei. Dit is ook ’n manier waarop jy die brug na herinneringe uit vergete se dae oorsteek.
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
Waardige wenners LOLLYPOP CHOTETSI, Noordkaap se finalis in die 2014-Spontaan-talentkompetisie, het Kimberley se naam Saterdag op die Blêrkasverhoog hoog gehou. Sy het gewilde liedjies gesing. Foto’s: Tharine Hurter
DIE wenners van die Spontaan-talentkompetisie saam met van die borge Saterdag net nadat hulle aangewys is. Van links is Ludwig Streso, derde plek en Ons Stad se finalis, Lynne Landman van Z PR Communication and Public Relations Consultants, Puleng Tsotetsi, tweede plek en Vista se finalis, Hendrik Prinsloo van SpecSavers, Damaris Godoy, wenner van Spontaan 2014 en finalis van Vrystaat, Pieter Bruwer van PCB Productions en Chenelle Joubert van ExecuSpecs.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
MOTORS
Q3 kry ook RS Ferdi de Vos TWEE dekades gelede het Audi die motorwêreld verras met ’n skokkend vinnige, Porschegetoorde stasiewa – die RS2 Avant. Dié blitswa het gelei tot quattro GmbH, die Audiekwivalent van BMW se M- en Mercedes se AMGafdeling. En nou het quattro GmbH nog ’n ongewone RS-ryding in sy reeks bekend gestel – ’n rooiwarm sportnutsvoertuig geskoei op daardie melkbaard-veldryer, die Q3. Hoort dié opgewarmde Q3 (R696 500, sonder opsies) in Audi se RS-familie of is dit eintlik net ’n slim bemarkingstruuk? Wel, gegewe die wêreldwye vraag na vinniger sportnutsvoertuie, asook Audi se soeke na nuwe marknisse, het dié model moontlik bestaansreg. Tog kan dit wees dat Audi ook nog ’n platform vir sy briljante turbo-vyfsilinderenjin (die TT RS s’n) gesoek het. In die RS Q3 lewer die 2,5 liter-20-klepenjin 228 kW en 420 Nm, genoeg, volgens Audi, om hom in net 5,2 sekondes tot 100 km/h voort te stu. Gee hom gas, en sy vyfsilinder-meul se klankbaan herinner sterk aan dié van die oorspronklike quattro-karre . . . Ai, dit is hemels. Tog voel dit half onvanpas in ’n sportnutsvoertuig, selfs met onberispelike padmaniere, danksy RS-vering en vet tekkies. Sy sewegang-Stronic-ratkas is net soms ’n aks te stadig en in kronkels werk dit beter in handratmodus. Is die spesiale Q3 die RS-kenteken waardig? Myns insiens nie. Goed, met veranderde markbehoeftes sal daar diegene wees wat die andersheid van dié half sinlose woelwa en die RSkenteken sal waardeer. Tog, met byna R40 000 vir onmisbare 20-duimskoeisel bygevoeg (vir ’n prys van digby R750 000) teenoor net duskant R800 000 vir ’n S Q5 met standaard-20duimers, is daar nog sin in ’n RS Q3? Veral as die groter dieselgedrewe S die kleiner RS se agterent in ’n reguit lyn gaan skop?
China bou werkesel Jannie Hennop ’N MENS moet versigtig wees indien jy neerhalend na Chinese bakkies verwys. Hulle is lankal nie meer almal “só” nie. Daarmee word bedoel goedkoop weergawes van ougenerasie-bakkies van bestaande Japanse bakkiebouers. Foton is een van die Chinese bakkiebouers wat hard probeer om met die beste saam te gesels en kry dit in ’n mate reg. Eers het Foton ons verras met die Tunland-dubbelkajuit wat nie skaam tussen ander nuwerwetse bakkies hoef te staan nie. Ná die 4x4-Tunland het ’n 4x2-weergawe gevolg en toe ’n enkelkajuit wat Off-Road heet en in 4x4 en 4x2 beskikbaar is. Nou het nog ’n Tunland-enkelkajuit hier aangeland. Waar die luukse Off-Road-enkelkajuit ook vir rofry gebou is, is die nuweling, wat On-Road heet, net ’n werkesel. Met die koms van dié werkperd het Foton ’n goeie reeks opgebou wat die aandag van verskeie soorte kopers behoort te trek. Die Tunland On-Road is net soos die ander Tunland-bakkies met ’n Cummins-dieselenjin van 2,8 liter toegerus. Trouens, dit is die eerste
DIE Foton Tunland On-Road, ’n ware werkesel. bakkie in die afdeling wat deur ’n enjin van die beroemde Amerikaanse enjinbouer aangedryf word. Die nuwe Tunland-bakkie, wat vir strawwe werk gemaak is, kos R199 950, ’n baie mededingende prys. Die nuwe werkperd is geensins ’n afgeskeepte, goedkoop bakkie nie. Hy spog met ’n ruim, aantreklike kajuit soortgelyk aan die van passasiersmotors en toerusting soos lugversorging, elektries beheerde ruite, ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding, ’n lugsak vir die bestuurder, hoogteverstelbare sitplekgordels, snelheidsgevoelige deurslotte,
Foto: Verskaf
afstandbeheerde sentrale sluiting en hoogteverstelbare hoofligte. Die bakkie met sy versterkte laaibak het ’n vragvermoë van 4 m³ en ’n loonvrag van 1 105 kg. Voor word ’n onafhanklike veerstelsel met dubbele mikke ingespan, terwyl bladvere agter gebruik word. Die Tunland se grondvryhoogte is 160 mm. Die Cummins ISF 2,8-turbodiesel in die Tunland On-Road ontwikkel 96 kW en 280 Nm se wringkrag. Foton reken die bakkie se dieselverbruik kan 8 liter/100 km wees. Die brandstoftenk hou 75 liter brandstof.
Ontvang groot bydrae Wat is jou mening? Gesels
saam op Noordkaap se Facebook-blad.
DIE eerste motortydren in jare is onlangs in Kimberley gehou. Billy Law, wat vroeër jare baie lank sulke byeenkomste gereël het, het weer sy slag hiermee gewys. Paul Jordaan, een van die organiseerders, sê die byeenkoms was ’n groot sukses. Een van die uitvloeisels daarvan was dat Oranje Toyota as sy bydrae ’n tjek van R3 000 aan die Kimberley-hospice gegee het. Hier oorhandig Japie Zaayman, verkoopbestuurder van Oranje Toyota, die tjek aan die bestuurder van die Kimberley-hospice, Marilyn Burrow. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
7
Hou fees met ’n lag én ’n traan Unique Jacobs VANJAAR is die Gariep Kunstefees Geskool in die kunste. Dié kunstefees wat van 28 tot 31 Augustus by die laerskole Newton en Eureka plaasvind, beloof om propvol vermaak te wees met ’n verskeidenheid toneelen musiekproduksies. Feesgangers wat lekker wil lag, kan op 28 Augustus om 15:00 na Chris Vorster (Ryno van 7de Laan) se Affairs vir domkoppe in die Eureka-teater gaan kyk waar hy klasgee oor alles wat mans nie moet weet nie. Vorster speel die rol van sewe karakters wat skreeusnaakse weergawes van onder andere Steve Hofmeyr, Marius Weyers, Kurt Darren en Nico Panagio insluit. Indien jy nooit na raad luister nie, moet jy na dié raad gaan luister. Indien jy nooit jou les leer nie, moet jy jou les hiér leer.
Dowwe Dolla leer ook vanjaar baie lesse met dié dat so baie mense deesdae betaal om haar te sien en sy nou haar belastingopgawe die eerste keer in haar lewe moet indien. In Dowwe Dolla betaal belasting is die proses so ingewikkeld en senutergend dat Dolla besluit het om die hulp van kenners op die gebied, soos Kenny Kunene, Arthur Brown en Kotie se konsultant, Rashid van die Vlakte, in te roep. Sy leer wanneer die beste tyd is om deur restaurante en ryk mense se vullisblikke te snuffel op soek na kontantstrokies wat ’n mens kan eis en ook hoe om die eekhorings in jou tuin afhanklikes te maak. Dit is op 29 Augustus om 18:00 in die Newton-teater. Vir die ernstiger feesgangers is daar die dramaproduksies. Die akteur Waldemar Schultz vertolk op 30 Augustus om 20:00 altesaam 27 rolle in die toneelstuk Stander in
die Eureka-teater. Die produksie vertel die verhaal van Stander wat aan die einde van sy loopbaan van 17 jaar in die polisie die reëls en norme begin uitdaag en banke beroof. Tussen die skop, skiet en snorre kry kykers ’n blik van ’n verwarde man met littekens. Oskar en die pienk tannie handel oor ’n tienjarige kanker-leier, Oskar. Sandra Prinsloo speel op 28 Augustus om 21:00 in die Newton-teater die rol van Oskar, Ouma Rosa (’n bejaarde vrou wat elke dag die kinderhospitaal besoek) en ’n paar ander karaktertjies in die kindersaal. Die fees sluit af met ’n gratis Gospel-koebaai op Sondag 30 Augustus. Alan Ladd, Tiro, Burgerd en Zita, en Gerhard Steyn sal ’n gospel-boodskap en musiek op die RSG verhoog aanbied. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
DOWWE DOLLA is vanjaar op die Gariep Kunstefees te sien in Dowwe Dolla betaal belasting. Foto: Annelize Langeveldt
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
DIE sanger Jannie du Toit tree op 1 Augustus in die William Humphreys-kunsgalery in ’n vertoning ten bate van die Helen Bishopnasorgsentrum vir kinders met gestremdhede op. Die vertoning, Doep is nie dood nie, het
Jannie du Toit tree in Kimberley op vroeër vanjaar sy debuut op die KKNK in Oudtshoorn gemaak. Dit is ’n kombinasie van musiek en teks
oor die filosofie en werk van die digter en sanger Koos du Plessis. Vir Du Toit was dit ’n lewenslange droom
om ’n vertoning oor Du Plessis se werk te doen. Hy word deur die tjellis Susan Mouton en die pianis Connie Rall in die vertoning ondersteun. Kaartjies kos R80. Skakel 011-452-2774 vir inligting en om kaartjies te koop.
Besoek www.noordkaap.co.za vir meer nuus, foto’s en video’s of om aanlyn deur vorige uitgawes van die koerant te blaai.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
9
Roofvoëls moontlik ál minder Charné Kemp
DIE eerste aasvoëlnesopname in 13 jaar wat in en om die stad gedoen is, toon ’n afname in aasvoël- en roofvoëlbedrywighede. Die redes hiervoor sal moontlik later bekend word. Beryl Wilson, die dierkundige by die McGregor-museum, en André Botha, die programbestuurder by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (EWT) se roofvoëlprogram, het saam met Peter Hohne, ’n vrywilliger by die Bateleurs Flying for the Environment-organisasie, in sy helikopter gevlieg om die opname te doen. Volgens Wilson is die laaste opname in 2001 gedoen toe 240 neste met 650 voëls getel is. Sy glo nie hulle het vanjaar 200 neste gewaar nie. Aasvoëls is ’n bedreigde spesie wat deur verskeie oorsake soos vergiftiging, verdrinking en weens tradisionele gebruike doodgemaak word. “Ons het ses kolonies in die provinsie ondersoek. Daar is minder aktiwiteit sigbaar as wat in die 2001-studie gesien is. Ons sal egter die inligting volledig moet verwerk om tot enige gevolgtrekking te kom. Dit is wel insiggewend.” Die span het verlede Saterdag oor die Mokala- Nasionale Park en aangrensende plase gevlieg. Omdat hulle laag vlieg, is die nodige toestemming vooraf verkry. Hulle was versigtig om nie die voëls of ander wild te versteur nie. Die span het die dag daarna oor die Dronfield-reservaat ’n opname gedoen. Terwyl Hohne op ’n voorafbepaalde roete (dieselfde as in 2001) gevlieg het, het Botha en Wilson foto’s geneem. Botha het ook die neste en voëls getel en Wilson het voortdurend aantekeninge gemaak. “Benewens minder aktiwiteite op aasvoëlneste, het ons minder aktiewe roofvoëlneste gesien. “Ons het een visarend-, twee breëkop-
DIÉ witrugaasvoël is in die Dronfield-reservaat afgeneem. Die eerste aasvoëlnesopname in 13 jaar is die afgelope naweek in en om die stad gedoen. REGS: Die span wat ’n aasvoëlnesopname in die provinsie gedoen het, is van links Peter Hohne (vlieënier), Beryl Wilson (dierkundige by die McGregor-museum) en André Botha (programbestuurder by die Trust vir Bedreigde Natuurlewe se roofvoëlprogram). Foto regs: Charné Kemp; bo: André Botha arend-, een roofarend- en een swartborslagarendnes gesien. Daar was kuikens en eiers in sommige neste. “Dit is baie minder roofvoëls as wat ek al in ander meer ongeskonde dele van Suid-Afrika gesien het,” sê Botha.
Die span het witrugaasvoël-, maar geen swartaasvoëlneste nie gewaar. Botha meen daar kan verskeie oorsake wees dat minder aktiewe neste gesien is. “Daar was beslis ’n brand wat ’n aantal groot bome vernietig het. Die wind kon
ook van die neste vernietig het. “Dalk het die aasvoëls neste in ander bome gebou waarvan ons nie bewus is nie.” Al die inligting sal met ander SuidAfrikaanse inligting saamgestel word.
RUAN WATTS van die Laerskool Eureka staan reg om die bal tussen die pale deur te klits. Regs is Gouws Prinsloo, Griekwarugbyspeler.
BRENT STRYDOM van die Laerskool Eureka ken net een pad en dit is vorentoe.
Geesdrif op veld groot André Botha DIT was drop, place en score op die Hoërskool Diamantveld se rugbyveld toe rugbyspelertjies, sommige skaars ’n baksteen hoog, die fyner rugbyvaardighede van Griekwa-sterre soos Gouws Prinsloo en Francois Brümmer geleer het. Die geesdrif was gróót. “Ek wed jou as ek nou ’n size four gehad het, het ek hom oorgeskop,” het een vir sy maats gesê. Hy het juis van die doelpale op die B-veld af gekom waar Prinsloo die drie topskoppers in elke groepie vir oulaas kans gegee het om pale toe te mik om die beste een te kry. “Julle is mos die cream of the crop,” het hy hulle aangemoedig. En hulle hét geskop. Soms windskeef met die bal wat dóér trek. Maar meer dikwels het die bal oor die dwarslat getrek, al was dit net-net, soms net so ’n haarbreedte verby. Of onderdeur. Hotklou, boonop, twee van hulle. “Weird,” het Prinsloo gesê. Heelwat talent onder die seuns, het hy gemeen.
“Kop af, lyf reguit,” het Ian van Niekerk van die Hoërskool Douglas gesê wat hy geleer het. Op die A-veld was ’n miniatuur-hindernisbaan. Bal onder die arm het hulle dit vlugvoetig aangedurf onder luide toejuiging van hul maters én ’n paar ma’s en pa’s. Jean Stemmet, self ’n oud-Griekwarugbyspeler en nou die afrigter van die Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan, was ook byderhand om raad te gee. Hy was een van die organiseerders van dié Gemsbok Kidz-rugby-en-netbalkliniek vir laerskole. Dit is vir spelers van o.6 tot o.13. Hy sê 130 rugbyspelers en 120 netbalspelers het aan die klinieke deelgeneem wat tot Vrydag gehou is. Saterdag het die seuns die geleentheid gekry om op GWK-park, die tuiste van die Griekwa-rugbyspan, te speel en hul nuwe vaardighede te wys. Dalk die eerste proesel van gróót rugby vir ’n hele paar wat dalk net oor ’n klompie jare in ’n Griekwa-trui, of selfs ’n Springbok-trui, kan uitdraf.
HENCO LOURENS van die Laerskool Newton maak gereed om die bal tussen die pale deur te klits op die Gemsbok Kidz-rugbykliniek vir laerskole. Foto’s: Emile Hendricks
GOUWS PRINSLOO, bobaasskopper van die Griekwas, kyk toe terwyl Jaden Peters van die Laerskool Pescodia sy skopvernuf wys.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014 LENINGS 1445
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
SAKE
TE KOOP 3201
ALGEMENE & HUISDIENSTE
GELEENTHEDE 2415
SKOONMAAKDIENSTE
CONSOLIDATION: Loan online. Up to R23 000. Low credit score is ok. help@debtcon.co.za
1805
GRIQUA CARPET CLEANERS. For super clean carpets, sofas, mattresses and cars. We come to you. Ronelle: 074 751 3292
TE KOOP
ALLERLEI 1655
AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
Successful, profitable business opportunities: Sweet distribution Chocolate manufacturing Medical aid kits. Myer: 012 547 5767 of: mberman@telkomsa.net myerberman10@gmail.com EIENDOMME
WOONSTELLE TE HUUR 3250
OOPPLANWOONSTEL te huur. Water ingesluit, koopkrag, R3 300 p.m. Skakel 053 861 3769.
40-HA-PLASIE: R1, 2 m. 2 sterk boorgate, rivierfront. Geboue: Woonhuis, groot werkstoor en drankwinkel met dranklisensie. Algemene handelaar ongelooflike potensiaal. 40 km buite Kimberley. Skakel Amanda by 082 412 4218
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
11
Benoem nou sportiewe jong mense IS jy sportief of weet jy van iemand in jou skool wat goed in sport is? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand-kompetisie het in Februarie begin. Dit is oop vir enigeen tussen 6 en 18 jaar. Jy kan jouself benoem of jy kan deur ’n vriend, onderwyser of jou afrigter benoem word. ’n Familievriend of iemand wat weet hoe goed jy in sport is, kan jou ook benoem. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, sal een inskrywing as die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Noordkaap gekies word Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak. Teen die einde van die jaar word ’n
algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie spesifieke maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand-wenners sal van Februarie tot November gekies word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke persoon se kontakbesonderhede bevat. Stuur benoemings na supersport@zpr.co.za of stuur ’n faks na 086-5524922. Vir meer inligting bel Lynne Landman of Juanré Viviers by 051-522-9574.
LEVEL 1 to 3 rhythmic gymnasts representing several rhythmic gymnastic clubs will be representing the Northern Cape at the regional championships in Johannesburg. Seen with the gymnasts are two of the coach’s helpers, as well as Mr Van Wyk, who kindly sponsored the gymnasts’ new gym bags. Photo: Supplied
GW dalk sonder ster Gerdie Karstens GRIEKWAS sal op 9 Augustus teen die Haaie in sy eerste Curriebeker-wedstryd waarskynlik sonder sy losskakel, Francois Brummer, moet klaarkom. Brummer, wat Saterdag ’n deurslaggewende rol in die Poubloues se sege van 57-12 oor die SWD-Arende vertolk het, het in dié Curriebeker-kwalifiseerder sy vinger gebreek. Danksy die bonuspunt-sege in George is die Griekwas terug in die Premierliga van die Curriebeker-reeks, maar die kans is goed dat Brummer oor drie weke in Kimberley sake van langs die kantlyn sal dophou. “Francois het vroeg in die wedstryd sy vinger gebreek,” het Hawies Fourie, die Griekwas se afrigter, gesê. “Ons het gevra of hy kan aanhou speel tot rustyd, maar hy het geweier om die veld te
verlaat en het selfs in die tweede helfte uitgedraf nadat ons die vinger verbind het. Hy (Brummer) is werklik taai en sal hom nie langs die veld laat hou as dit nie regtig nodig is nie. Ons sal dus sien hoe hy die volgende paar weke herstel.” Dié breier is verlig dat sy span weer Curriebeker-status bekom het, maar meen hy wil nie net in die Premierliga meeding nie. “Ons wil in die Curriebeker-reeks presteer en nie net daar wees om die groep vol te maak nie. Puntemakers: Griekwas 57 (31): Drieë: Ryno Barnes (2), Carel Greeff (2), Jonathan Francke, Maks van Dyk, Marnus Schoeman, Ederies Arendse, Tian Meyer. Doelskoppe: Francois Brummer (2), Nico Scheepers (4). SWD-Arende 12 (0): Drieë: Hentzwill Pedro, Christo du Plessis. Doelskop: Elric van Vuuren.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 23 JULIE 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Skitter vir Griekwas GERCO NORTJÉ, losskakel van die Griekwa-Cravenweek-span, het teen Grens-Platteland byna die Cravenweek-rekord geëwenaar. Hy het 36 punte in dié wedstryd behaal, net twee minder as die rekord van 38 wat André Esterhuizen in 2011 behaal het. Foto’s: Deaan Vivier
ROBBIE PETZER was een van die uitblinkers in die Griekwas se Cravenweek-span. Sy spel was in veral die wedstryd teen die Boland puik. Hy was een van die Poubloues se beste spelers in die toernooi.
GW een van bestes Hannes Nienaber HOPELIK kan die Griekwas se o.18-rugbyspan in die nabye toekoms op die sukses van die span van 2014 voortbou. Die Poubloues was tot op die laaste dag van die 51ste Cravenweek vir hoërskole op die HTS Middelburg se hoofveld nog onoorwonne. Die span het op die laaste dag teen die Grens met 2655 vasgehaak. Dié nederlaag het hom weerhou om die eerste keer sedert 1998 die toernooi onoorwonne af te sluit. Griekwas hoort egter onder die voorste spanne op die Cravenweek en die span van 2014 het die eerste tree terug in die regte rigting vir die unie gegee. Op die eerste dag het die span GrensPlatteland met 96-0 vermorsel. Dit is die naasgrootste sege in die geskiedenis van die Cravenweek en die span van die Noord-Kaap se grootste sedert die ontstaan van die toernooi in 1964. Die Griekwa-losskakel, Gerco Nortjé, het met sy 36 punte in die wedstryd amper die Cravenweek-rekord geëwenaar. Dit word deur André Esterhuizen gehou wat in 2011 in Kimberley 38 punte teen die Grens-Platteland aangeteken het. Die Griekwas het in sy tweede wedstryd die Boland met 38-27 verslaan. Die span se losskakel, Robbie Petzer, was uitstekend in
die kragmeting en was waarskynlik die Poubloues se beste speler op die toernooi. Ander spelers wat breëbors oor hul vertonings mag rondloop, is Nortjé, die slot Rikus Swarts, skrumskakel Brandon de Melim, senter Gerhard Holtzhausen en vleuel JP Abrahams.