Noordkaapnk 20140730

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 30 Julie 2014

www.noordkaap.co.za

Praat dié taal 100%

GRATIS

Wiskunde-woordeboek help om begrip vir vak te verbeter Lecrecia Prins en Unique Jacobs

WISKUNDE hoef nie meer Grieks vir leerlinge te wees nie met die nuwe My Maths Buddy-woordeboek wat aan skole versprei word om “dié taal” beter te verstaan. Petra Diamonds ondersteun die wiskunde-en-wetenskapprojek as deel van sy maatskaplike en arbeidsplan en het ’n vennootskap met die Wiskunde-sentrum van Suid-Afrika aangegaan om wiskundevaardighede in die hoërskole in gemeenskappe nader aan die myne te ontwikkel. Hierdie projek het ten doel om onderwysers, leerlinge en ouers toe te rus met leermateriaal en programme sodat ’n hoër bevoegdheid in wiskunde, wetenskap en tegnologie ontwikkel word. Die toetsprojek het Dinsdag plaasgevind en as dit positiewe resultate het, sal dit in die volgende jaar na ander skole uitgebrei word. Onderwys Afrika het laat in 2012 op die My Maths Buddywoordeboek afgekom en besef dat dit die potensiaal het om leerlinge te help om die peil van hul wiskunde te verbeter. Die Maths my Buddy: Een boek, een leerlingprojek is dus so ontwikkel. Die projek stel nie net die boek aan leerlinge en onderwysers bekend nie, maar bied ook werksessies aan wat die basiese begrip en toepassing van wiskunde omvattend bespreek. Sandra Keith, graadhoof vir wiskunde en wiskundige geletterdheid aan die Hoërskool Greenpoint, sê die werksessie was leersaam. “Ons het basies ’n metode gekry wat wiskunde realistieser maak, nie so abstrak nie.” Keith sê in die handboek is ’n duidelike uiteensetting van die terminologie in wiskunde en daar word ook met behulp van illustrasies verduidelik. “Dit maak dit beter vir die

PREVIN COETZEE en Chanel Goeieman van die Hoërskool Greenpoint is bly dat hulle nou wiskunde­woordeboeke gekry het om hul werk beter te kan verstaan. Foto: Lecrecia Prins kinders om te verstaan. Hulle sien nou wiskunde binne konteks en as iets wat hulle in hul alledaagse lewe kan gebruik. “Dit is ’n goeie projek en ’n goeie begin. Oor die algemeen is wiskunde ’n probleemgebied en wiskundige geletterdheid word dan afgedwing. Dié projek kan ’n

positiewer gesindheid teenoor wiskunde kweek.” Megan Pienaar, onderwyser in fisiese wetenskap en wiskundige geletterdheid aan die Hoërskool Greenpoint, sê ’n kind verstaan iets beter wanneer hy dit sien pleks van dat hy dit net hoor. Pienaar meen as leerlinge die

terminologie van fisiese wetenskap en wiskunde verstaan, hulle dit sal kan toepas. “Hierdie woordeboek is ’n makliker manier om die komplekse gedeeltes van fisiese wetenskap te verstaan. Wetenskap is lewe en die leerlinge gaan dit interessanter vind as hulle die ‘taal’ verstaan.”

John-William Olivier, ook ’n wiskunde-onderwyser aan Greenpoint, sê die woordeboek is dinamies in die sin dat dit wiskunde betekenisvoller maak vir die leerlinge aangesien dit ’n duideliker uiteensetting gee van wiskunde veral in terme van die geskiedenis daarvan.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Soek logo en wen COBUS DE KOCK is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wenkompetisie. Hy wen ’n geskenkbewys van R200. Hy kan die geskenkbewys by die kantoor in die sentrum gaan afhaal. Mense wat aan die kompetisie deelneem, moet seker maak dat hulle ook die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn) verskaf. ’n Paar deelnemers het ongelukkig vergeet om dit te doen en kon dus nie vir die trekking van die wenner oorweeg word nie. Onthou ook dit moet die logo wees waarin ’n klein diamantjie verskyn. Hou volgende week se uitgawe dop vir die volgende ronde van die kompetisie waarin jy ook ’n geskenkbewys van R200 kan wen deur net na die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo in die koerant te soek.

Sport sy groot liefde Karin Muller OM hou vir hou passievol oor iets te bly is nie iets waarin ons almal altyd slaag nie. Een van min mense wat kan spog dat hy dit wel reggekry het, is Don Lee, afgetrede krieketskeidsregter van Kimberley. Min mense is so entoesiasties oor sport en selfs op die rype ouderdom van 81 jaar volg hy steeds elke sporttoernooi op televisie. “Ek het dit geniet om enige sport te doen, net solank daar ’n bal by betrokke was,” vertel Don. “Krieket, hokkie en tennis was my groot liefdes.” Donald Lee is op 29 April 1933 in Vryburg gebore. Ná sy laerskooldae is hy na Boys’ High in Kimberley terwyl sy ouers steeds geboer het. “Ek het juis stad toe gegaan, omdat die geleenthede vir sport daar beter is,” sê Lee. “Al die sportsoorte was vir my lekker en ek het vroeg besef ek sou graag ’n sportberoep wou volg. In ’n stadium wou ek ’n elektrisiën word, maar dit het nooit gerealiseer nie. Ook maar goed,” sê hy en lag. Ná skool het Lee hom by De Beers aangesluit en in die X-straalafdeling begin werk. Nie net het hy vir Griekwaland-Wesse krieket en hokkie gespeel nie, hy het ook twee jaar vir die Vrystaatse krieketspan gespeel. Hy is selfs in 1956 na die Springbok-hok-

DON LEE is ’n afgetrede krieketskeidsregter. Dié 81­jarige is baie entoesiasties oor sport. Foto: Karin Muller

kieproewe genooi. Ná sy hokkieloopbaan het hy plaaslik meisies- en seunshokkie afgerig. Hy was 29 jaar president van die Griekwa-krieketskeidsregtervereniging. In 1975 is hy tot die Suid-Afrikaanse Paneel van Krieketskeidsregters verkies. “Dit was ’n baie groot voorreg. Daardie dae het ons nie internasionaal meegeding

formal. Tickets are R280. For bookings contact the Nocci office on 053-831-1081. ) The St Cyprian’s Grammar School invites the public to attend their Women’s Day Tea Party on Saturday, 9 August. It will be held at the St Cyprian’s Church hall from 10:00 to 12:00. There will be a special appearance by the local comedian Mark Kotze (Mark

) Nocci is hosting their Women’s Day Gala Dinner at the Horseshoe Inn on 8 August at 18:00 for 18:30. Stefan Ludik is the guest performer. The dress code is

My Words) as well as a few treats for the women. Tickets can be purchased at the St Cyprian’s Grammar School at 4 Park Road at R50 per person. For information contact the office on 053-831-5066. ) Optimystic Bikers Against Abuse MCC present their fourth Annual Women’s Day Jol at Die Wilgers in Ritchie from Saturday, 9 August, to

Sunday, 10 August. Costs are R80 including a cloth badge. Everyone should take their own tent to camp out. Funds raised are used to assist victims of domestic violence and child abuse. For further information, contact Celeste at celeste@optimystic.za.net or call her on 079-534-1641 or BBM 23BEA3C0.

28

22

90

90

the

nie, maar die wenprovinsie van die Curriebekerreeks het teen die res van Suid-Afrika gespeel. Dit was ’n groot belewenis om daar die skeidsregter te kon wees.” Lee skud sy kop wanneer hy vertel hoe tye verander het. “ ’n Driedagwedstryd het op ’n Vrydag, Saterdag en Maandag plaasgevind. Ons sou dit nie eens oorweeg het om op ’n Sondag te speel nie.” Dit is vir hom onmoontlik om uit te sonder of om self te speel of om skeidsregter te wees vir hom die lekkerste was. “Ek het albei ewe veel geniet,” sê hy. Nadat hy in 1992 sy uittrede as krieketskeidsregter aangekondig het, het hy gevoel dat hy eintlik nog moes aanbly. “My vrou, Eithne, het in daardie stadium borskanker opgedoen en ek wou haar graag ondersteun. Sy het my baie in my loopbaan bygestaan. Sy het nooit gekla nie – selfs nie eens toe ons kleintjie gebore is en ek eers ’n dag later opgedaag het omdat ek in Bloemfontein hokkie gespeel het nie.” Ná sy uittrede as krieketskeidsregter het hy 15 jaar by die Groot Gat se kaartjieskantoor gewerk. Dit was egter nie vir hom die einde van sy loopbaan as werkende man nie. Daarna het hy by ’n ouetehuis uitgehelp en sy loopbaan aan die Tegniese Hoërskool afgesluit waar hy los werkies gedoen het. “Ek het myself belowe ek sal aftree wanneer ek 80 jaar is en dit is wat ek gedoen het.”

R

each

NutriDay Yoghurt 1kg

Sunfoil Sunflower Oil 2l

Selati White Sugar 2.5kg

20

t "TTPSUFE

BUNDLE

DEAL

48

R

17

R

R

29

Veg Hamper 4.5kg

Large Orange Pocket

4for

25

+

per pack

per pack

90

+

R

20

37

21

All Gold Tomato Sauce 700ml, Mrs Ball’s Chutney 470g t "TTPSUFE and Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g

R

each

Clover Ultra Pasteurized Milk 2l

R

90

per pack

30 per kg

ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT

per kg

Pork Pack

Festive 8 Piece Braaipack

4990 per kg

Kameelhout Boerewors

3990

Potatoes 7kg

Low Pr ice G uarantee

3990

per kg

Ground Beef Mix

Prices valid 30 JULY - 3 AUGUST 2014 View this catalogue online at game.co.za

Prices apply to Game Kimberley store only.

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Langpad met Lizz André Botha ’n VROU se handsak is soos die lap of leer wat verpersoonlik wie sy is. Wie is jy? Dit is die vraag wat met humor, warmte, oorspronklikheid en ’n tikkie patos beantwoord gaan word in Langpad en Lipstieks met Lizz Meiring. Dit is deel van die Gariep Kunstefees op 28 Augustus by die Flamingo-casino. Dit gaan jou vermaak, verras en opnuut laat kyk na ons “verbysterende menslikheid en die dinge wat ons met ons saamsleep”, beloof die fees se organiseerders. “ ’n Vereiste vir jou toegang is dus jou tekkies vir die langpad, jou lipstiek vir selfvertroue en natuurlik jou handsak. Binne jou handsak pak jy iets obskuurs of unieks, iets vreemds of lagwekkends waarsonder jy nie kan klaarkom nie. “Ons wil dit sien en weet hoekom jy dit ronddra.” Lekker pryse is ook op die spel. Daarby wil die organiseerders ook vir minder bevoorregte meisies ’n iets vrouliks en lekkers insamel. “Jy kan besluit wat en ons maak ’n jong dame se hart bly met ’n geskenk uit jou

Ná rugby wil hy boer Unique Jacobs

LIZZ MEIRING handsak.” Padkos word bedien en daarmee saam ’n lekker kuier saam met Lizz Meiring. “Tekkies, lipstieks en handsakke sal nooit weer dieselfde wees nie . . . daarvan maak Lizz Meiring seker soos nét sy kan.” Drag is netjies informeel of sommer werkdrag. Die “vertrek” op dié reis is om 09:00 en sitplekke moet om 08:45 ingeneem word. Kaartjies kos R150 per persoon. Bel Bernice Sutton by 053-832-5014/7 om seker te maak dat jy die reis kan meemaak.

STEPHANUS PRETORIUS is Noordkaap se profielfokus vir die week. Die Griekwas-stut is in Nelspruit gebore. Hy is 23 jaar oud en het aan die Laerskool Jordania in Bethlehem begin rugby speel. Pretorius bewonder Carl Hayman, omdat hy ’n sterk skrumskakel is. Voordat hy vir die Griekwas begin speel het, het hy vir die Blou Bulle se o.19- en o.21-spanne gespeel. Hy speel vir die Poubloues, omdat dit ’n goeie unie is en om as ’n speler te verbeter. Die hitte in Kimberley was vir hom ’n groot aanpassing, maar hy sê die mense is baie vriendelik. Hy wil graag in die Curriebeker- en die Super-rugbyreeks speel. Een snaaksheid wat met hom gebeur het, was toe hy in ’n o.13-eindronde in ’n gat getrap en geval het. Dit het voor al die toeskouers gebeur, nog voordat die wedstryd begin het. Ná sy rugbyloopbaan wil die Griekwa graag boer.

STEPHANUS PRETORIUS, ’n Griekwas­ stut. Foto: Emile Hendricks

Fees ploeg terug in gemeenskap André Botha GEMEENSKAPSBETROKKENHEID is een van die kenmerke van die Gariep Kunstefees en vanjaar word die hand weer wyd oopgemaak om minderbevoorregtes te help. ’n Splinternuwe idee vanjaar is om honger mae tot lank ná die fees te stil. Hiervoor word ’n blikkieskosprojek saam met Stuttaford Van Lines begin. ’n Beroep word op feesgangers gedoen om elk ’n blikkie kos saam te bring fees toe en dit in die houers by die hekke op die feesterrein en by die teaters se ingange te plaas.

Die organiseerders hoop om sommer tonne blikkieskos ná die fees aan organisasies vir minderbevoorregtes te kan uitdeel. Die 1 000-Kidz-vir-die-Kunste-projek is ook vanjaar weer deel van die fees. Deur die projek, wat saam met die Protea Hotel Kimberley en OFM aangebied word, word 1 000 minder bevoorregte kinders die kans gebied om die fees te kan bywoon en hulle word ook met ’n kospakkie en ’n geskenkpakkie bederf. Dit is kinders wat andersins nooit die geleentheid sou gehad het om die fees by te woon nie.

PORKY BANGER SAVER

R24.90

1 EGG, PORK BANGER, GRILLED TOMATO, SMALL CHIPS AND TOAST MAXI’S KIMBERLEY 053 832 7111 TERMS & CONDITIONS APPLY

Carnival Funfairs maak ook seker dat die kinders kan deel in die pretpark se pret. A-Ticket-2-The-Show word saam met Total Kimberley en Bonjour onder leiding van Gerrit de Boer aangebied. Dit behels dat ’n groep minder bevoorregte kinders kaartjies na kindervertonings en ook ’n verrassingspakkie kry. ’n Groep bejaardes sal ook as deel van die projek ’n vertoning bywoon, met ’n lekker vleisbraaiery en kuier ná die tyd. Die Laerskool Eureka het sy skoolbus vir die vervoer van die bejaardes beskikbaar gestel.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Die Griekwas veg terug ná terugslag ’n GOEIE span laat hom nie onderkry nie. Die Griekwas is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Dié rugbyspan het ná verlede jaar se tydelike terugslag teruggeveg en weer die agtste gleuf in 2014 se Curriebeker-premierliga losgespeel. Die span het sy herinsluiting met ’n sege van 57-12 oor die SWD-Arende in die naweek se beslissende kwalifiserende wedstryd beklink. Dit volg op sy verowering van die Vodacombeker in 2014. Op die rugbyveld is die Vrystaat-Cheetahs en die Noord-Kaapse Griekwas gedugte teenstanders, maar in die Superrugbyreeks se sentrale Cheetah-span snoer hulle en die Noord-Vrystaatse Griffons hul kragte saam. Die kruisbestuiwing tussen spanne is noodsaaklik vir voortgesette rugbygehalte in

die streek. Die afwesigheid van die Griekwas in die Curriebekerreeks sou ook ’n slag vir Suid-Afrikaanse rugby gewees het. Die Poubloues is immers teen wil en dank ’n voedingsbron vir die “groot” rugbybonde. Willie le Roux en Lourens Adriaanse is die laaste van die lang lys onlangse Springbokke wat hul treë na groter rugbyroem in Poublouland met sy unieke Griekwa-rugbykultuur kom gee het. Met Hawies Fourie, Cheetahagterlyn-afrigter in Superrugby, aan die stuur kan die Griekwas hom weer deeglik in Curriebeker-rugby laat geld. Die uitdaging is om weer die uitspeelrondes te bereik. Peter Engledow, hulpafrigter, en Wayne Stevens, kaptein, het in die Vodacombeker-reeks gewys hulle kan saam met Fourie aan ’n wenspan werk.

Só het skool ontstaan

DIE stigtingsgeskiedenis van die huidige Laerskool Dutoitspan loop hand aan hand met die vestiging van die NG Kerk in die Diamantveld. Die eerste skool in die huidi­ ge Beaconsfield was ’n tentskool in dieself­ de tent waarin Sondae kerk gehou is. Klas­ se het in 1872 begin. Dit was op die plaas Dorstfontein wat later Du Toit se Pan ge­ word het. ’n Kommissie is benoem om die oprigting van ’n dagskool te ondersoek. Die amptelike opening van die skool was in 1883 en daar was 22 leerlinge. Die eerste permanente skoolgebou was op die hoek van Rose­ en Dyerplek, op die terrein waar die NG kerk Dutoitspan nou is. Dié gebou is in 1885 in gebruik geneem. Dit was egter duidelik dat die kerk nie die koste van die skool sou kon dra nie en in dieselfde jaar het die departement van onderwys die skool oorgeneem. Dit het toe die Beacons­ field Public School, met onderrig in Engels en Nederlands, geword. In April 1902 is die hoeksteen vir ’n nuwe gebou op die hoek van Sentraalweg en Herculesstraat (foto) gelê. Die leerlingtal het vinnig toegeneem en het ná 1940 tot 800 gestyg. In Januarie 1956 het die Herlear Primary School afge­ stig om die Engelse leerlinge te huisves. In 1957 het die skool se naam na die Laerskool Dutoitspan verander met net Afrikaans as onderrigtaal. Die leerlingtal het steeds toe­ geneem. In 1963 is die Laerskool Staatspre­ sident Swart (nou Laerskool Staats) in Klis­ serville begin om die druk te verlig. Twee skole het dus uit die Laerskool Dutoitspan ontstaan. Die bestaande gebou was egter steeds ontoereikend. In 1969 is begin met die bou van ’n nuwe skoolgebou. Dié ge­ bou, opgerig teen R480 000, is in 1972 inge­ wy. Dit was die eerste laerskool in Kimber­ ley met sy eie biblioteek. Foto: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Korrelkop se lewenslesse Hannes Nöeth HY was ’n regte ou korrelkop, ’n Waterberg-boer. Hy vertel hy word nie vertel nie. Hy sê hy word nie gesê nie. Maar hy weet van die lewe. Laat dit nou geen geheim wees nie, sy ervaring kan jy nie in boeke lees of op die internet soek nie. Net die lewe leer ’n mens so wys as wat hy was. Daarom kon jy maar luister as hy praat. Sy ervaring en sy kennis het gesag gedra. Ek het graag na hom geluiter. Sy kenmerkende Waterberg-Afrikaanse dialek was besonders. Uniek aan daardie wêreld en uniek aan hom as mens. Na aanleiding van ’n besondere gebeurtenis het hy een middag ’n baie eenvoudige wysheid gedeel: “ ’n Mens moet altyd onderskei tussen twee dinge – groeipyne en beginselfoute.” Groeipyne is goed en aanvaarbaar. Groeipyne is presies wat dit sê, pyn terwyl jy groei, maar deur die pyn groei jy ook. ’n Mens moenie bang wees om jou hele lewe deur te groei nie. Seer bring ook groei. Deur seer groei ’n mens. Maar beginselfoute – dit is ’n ander ding. So vertel ou oom

Korrelkop: beginselfoute laat ook groei, maar dit is onnodige groei. Dit is seer wat jy kon voorkom. Daarom sy stukkie raad: Groeipyne gaan daar altyd wees. Beginselfoute ook. Maar hoe minder beginselfoute jy maak, hoe makliker maak jy dit vir jouself. Daarom is dit die grootste en belangrikste ding wat ’n mens in alle omstandighede moet onthou. Hy dink lank voordat hy dit sê, asof hy dink. Asof hy huiwerig is om te praat. Asof sy luisteraars dit gering gaan skat, asof hulle gaan mors met sy ervaringspad wat hy al geloop het. Ek ken hom goed om te weet hier kom nie iets moeiliks nie, nie iets ingewikkelds nie, ’n eenvoudige sinnetjie wat jou lewe kan verander as jy daarna luister. En toe voorwaar, toe is dit so. Sy een sinnetjie is: Dink voor jy doen. Van die mense om hom sug amper. Is dit al? Hy antwoord hul ongeloof: Dit is die belangrikste reël van jou lewe: Dink voor jy doen. Toe is hy klaar gepraat. Genoeg gesê.

Vreemdes wat vriende word Karin Muller VAN tyd tot tyd kruis jou pad iemand anders s’n op presies die regte oomblik. Sonder dat dit voor die tyd so beplan is en sonder enige waarskuwing. Slegs deur ’n sameloop van omstandighede ontmoet julle mekaar op ’n unieke manier. Op ’n unieke oomblik. So ’n ontmoeting het ons verlede week op ’n plaas buite De Aar ervaar. Onverwags. Vreemd. Onseker. Wat oorspronklik 20 minute in werkverband met een persoon sou wees, het gelei tot ’n ontmoeting en samesyn van mense wat ’n halfuur vantevore nie van mekaar se bestaan bewus was nie. Ons word ná die gesprek vir middagete genooi en geen teëkanting word aanvaar nie. Ek staan stil in die reuse-oopplankombuis en gesinsvertrek rond en wil graag help met die dek van die tafel waarvoor daar reeds meer as genoeg hande is. Die geskarrel en oor-en-weer beduie na waar nog sopkommetjies en lepels gebêre is,

laat my ingedagte glimlag. Ek besef dat ek as buitestander-dog-betrokkene, vreemdeling-dog-vriend aan hierdie ruim tafel gaan aansit. Met ’n heerlike pot heilsame sop, port, tuisgebakte brode en blokkies ingevoerde sjokolade is daar ’n gevoel van samehorigheid aan tafel. Daar word geëet. Daar word gelag. Daar word beduie. Daar word staaltjies uit die lewe van unieke mense vertel. Dit voel amper soos ou vriende met wie jy ’n tyd lank nie gekommunikeer het nie. ’n Knus warmte wat in jou hart kom nesskop. ’n Ontspanne rustigheid. ’n Soort veiligheid. Wanneer ons uiteindelik die lang pad terug Kimberley toe moet aandurf, sou ons uitvind dat ons motor intussen ’n pap band opgedoen het. En wanneer ons nuutgevonde vriend fluks die motorband namens ons ruil, hoop ek heimlik ons pad kruis vorentoe weer – al is dit net om hulle weer te bedank vir hul besondere gasvryheid en ’n inspirerende dag.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Kansa bied skouspel aan VRYDAG om 18:30 vir 19:00 bied Kansa ’n skouspel in die Taberna Dei Diamantstad aan. Toegang vir volwassenes is R50 en R30 vir leerlinge. Vir meer

inligting bel Adri Basson by 082-305-7878. Kaartjies is by Kansa-kantore en Dream Blinds en kunstenaars te koop. Die projek is ten bate van Kansa.

Oggend net vir vroue gehou ACACIAPARK bied op 16 Augustus ’n vroueoggend met Manuel Escorcio as gaskunstenaar aan. Daar word ook ’n sjampanje-ontbyt bedien. Die drag vir die geleentheid is formeel. Kaartjies kos R120 per persoon en is by Acaciapark of die Annique-skoonheidsalon te koop. ’n Praatjie deur Corné Wiid van Annique word aangebied. Daar is ook geskenke en gelukstrekkings. Die geleentheid sal om 09:30 vir 10:00 begin.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014 Unique Jacobs “OUR aim is to improve Maths and Science at school and university level.” These are the hopes of three university students from Kimberley who prefer to use their time doing something positive. Moonga Sichimwi, Alvin Bezuidenhout and

Brainy trio help students Prinsloo Legoshe are all 20-year-old students studying Physics and Civil Engineering at the University of the Free State (UFS), University of Pretoria (UP) and Central

University of Technology (CUT) respectively. Almost a month ago they decided to start a tutoring business to help struggling matriculants and university students make sense of

Mathematics, Physics and Engineering subjects. In their free time these youngsters either participate in sports such as hockey, cricket and chess, or they spend their time reading and socializing. Interested students can contact them on 074-585-5145 or at moongajr@gmail.com.

THREE university students who use their time tutoring Mathematics, Phy­ sics and Enginee­ ring subjects. From the left are Alvino Bezuidenhout, Moonga Sichimwi and Prinsloo Logo­ she.

YOUR NO. 1 DESTINATION FOR ALL YOUR FAVOURITE NETWORKS

+ Router

Samsung Galaxy S4 Mini from only

R279 PMx24

Apple iPad Mini 16GB Wi-Fi + Huawei E5220 MiFi Router from only

R199 PMx24

OPTIONAL INSURANCE @ R95PM

INCLUDES 500MB DATA PM

You’ve got the tablet or the modem – now get the data (SIM ONLY). 500MB

1GB

2GB

R39*PMx24

R69*PMx24

*Also available on Top Up

*Also available on Top Up

R39PMx24

R69PMx24 R69PMx24

R99PMx24 R99PMx24

*Also available on Top Up

R39PMx24

+ 2GB Midnight DATA

Valid until 06 August 2014. Terms and conditions apply.

52664/MortimerHarvey/E

R99*PMx24

+ 3GB Midnight DATA

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

FOKUS OP LANDBOUWEG SONDRE­GAS is die enigste verskaffer van al Shell se smeermiddels in die Noord­Kaap. Van links is, voor: Groenewald Steyn (eienaar) en Adriaan Steyn; agter: Waldi Steyn en Dawie Boshoff (bestuurder). Foto: Lecrecia Prins

Verskeidenheid hier te kry SONDRE-GAS spog met die titel as die enigste verskaffer van Shell-smeermiddels in die Noord-Kaap. Sondre-gas het hom in 2009 in Landbouweg gevestig en verskaf al sedert 2001 Shell-smeermiddels en alle produkte wat

Lewer gehalte-diens KIMTHATCHERS lewer al 15 jaar ’n diens in die Noord­Kaap en Vrystaat. Danie Meijers is die bestuurder en eienaar. Kimthatchers vervaardig tuinornamente en sit ook gras­ dakke by lapas en lodges op. Hy is ook die grootste paaldepot in die Noord­Kaap. Kim­ thatchers sit ook grasdakke oor die land heen op. Hendry Boekhouer (links) is die be­ stuurder van die perseel in Landbouweg en Henk Boekhouer is sy assistent. Foto: Lecrecia Prins

Saak boer vooruit LIUGONG is in 1952 onder Javanti Trading gestig. Dié onderneming is sedert 2011 in Landbouweg, maar bestaan al sedert 2001. LiuGong verkoop nuwe grondverskuiwingstoerusting en -onderdele en versien dit. Hy verhandel ook gebruikte masjiene en versien masjiene van LiuGong-kliënte in die omgewing. LiuGong is die wêreld se grootste vervaardiger van wheel loaders en verkoop masjiene aan delwers in die omgewing. Sedert die begin van Mei het hy al meer as 25 masjiene verkoop. Die eienaars is Jacques van Tonder en Juaan Myburgh.

Shell bied. Klante kan ook gasbottels hier hervul en die onderneming verhuur vurkhysers en bied vervoerdienste aan. Daar is 12 werknemers van wie Groenewald Steyn die eienaar is en Dawie Boshoff die bestuurder.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

FOKUS OP LANDBOUWEG

ARCY DIESEL se depot in Landbouweg, Kimberley.

Foto: Verskaf

Diesel hiér te koop ARCY DIESEL in Landbouweg is ’n olie-depot en verkoop sedert 2001 ook diesel. Diesel (500 ppm en 50 ppm) word teen afslagpryse aan die publiek gebied. Hulle het ook gewone sleepwaens, bees-sleepwaens en wild-sleepwaens wat verhuur word. Die eienaars is Louw de Klerk en Larry

Schoeman. Op dieselfde perseel is ook Sizwe Strong, wat tralies vir bakkies, hekke en selfs jagstoele maak. Hul sake-ure is Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 19:00, Saterdae van 07:00 tot 17:00 en Sondae en openbare vakansiedae van 08:00 tot 13:00.

Your tiling needs sorted WHETHER you’re a first-time builder, a seasoned contractor, or just looking at renovating your home or building, Bricktile Magic’s specialist team can advise you on all aspects of your bricktile application project from architectural planning, building materials and quantity estimation. For architects, developers and interior designers the knowledgeable team can advise on

architectural designs that require the most absolute attention to detail. They provide a spot-on cost structure for your Bricktile Magic application project. They offer a complete bricktile matching service which allows you to select the right specification and appearance to coordinate with the building structure you have in mind. They are situated in Landbou Road, Kimberley.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

FOKUS OP LANDBOUWEG Gesels saam op Noordkaap se Facebookblad.

Transport tailored to your needs EAGLE TRANSPORT and self-storage was established in 1998 as a small furniture delivery service and has grown into a competitive furniture removal company in Landbou Avenue, Kimberley. In 2007 they added selfstorage facilities to their range of services. With all their local removals, regardless of size, a package will be tailored to

your specific needs. Specialised advice will be given to move the most cost-effective way without compromising the safe moving of your valuables. Although they are based in Kimberley, they do national removals, regardless of size. They are also able to expertly plan and organise an office removal with the least disruption to office time.

Lewende hawe hier opgeveil GWK-VEILINGS is ’n kommersiÍle veilingsbesigheid wat op die uitbreiding van die kopersmark vir lewendehaweprodusente fokus. Veilings word weekliks by GWK se veilinggeriewe aangebied. Elke Dinsdag om 10:00 vind die veiling van kleinvee plaas en om 12:00 word grootvee opgeveil. GWK is betrokke by vee-, stoetery- en wildveilings. Veeverkryging en die fasilitering van transaksies tussen produsente is ook deel van die dienste wat deur die maatskappy aangebied word. Deon Klopper is GWK-veilings se veilingbestuurder in Kimberley.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

11


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

13

OPEL se nuwe Corsa word in Oktober in Parys gewys. Hy kom vroeg volgende jaar na Suid­Afrika. ’n Nuwe eenliter­turbo sal deel van die modelreeks wees. Foto: Verskaf

Opel wys sy nuweling OPEL het die wêreld gewys hoe sy nuwe Corsa gaan lyk. Foto’s van die nuweling is bekend gemaak voor dié model se amptelike wêreldbekendstelling in Oktober op Parys se motorskou. Die vyfdegeslag-Corsa sal einde vanjaar in Europa beskikbaar wees, maar behoort eers vroeg volgende jaar na Suid-Afrika te kom. Sedert die eerste Corsa meer as twee dekades gelede die lig as gewilde stadsmotortjie gesien het, het hy stelselmatig groter geword. Wat die groter Corsa betref: Hy sal steeds as ’n vyfdeurvoertuig te kry wees. Die nuweling se neus strek skerp na onder, terwyl die voorruit lekker skuins agtertoe leun. Dit gee hom ’n vaartbelynde profiel. Die sierrooster is diep en breed en het ’n “glimlag”-voorkoms, amper soos die Mazdas van ’n paar jaar gelede. Opel het die nuwe Corsa op ’n nuwe onderstel gebou wat volgens hom stewiger as die bestaande model s’n is. Die groot nuus is die opknapping aan die enjinreeks wat Opel in die nuwe Corsa gaan bekend stel. Die bestaande 1,2- en 1,4-liter- enjins, wat normaal geaspireer is, sal weer oorsee ingespan word, maar Opel sê hy het intussen aan die enjins gewerk om hulle skoner te laat brand en beter verbruik te bied. ’n Bekende kragbron, die 1,4-liter-turbo (73 kW, 200 Nm), sal weer sy verskyning in die Corsa-reeks maak. Nog ’n nuutjie is die groep se 1,0-liter-

Ecotec, ’n driesilinder-enjin wat in die voetspore van Ford, Fiat, Volkswagen en Renault se soortgelyke enjins volg. Almal gebruik ’n turbo-aanjaer om met woema te help, maar oorsee sal ’n mens tussen ’n makker (66 kW) en ’n frisser (85 kW) weergawe kan kies. Wringkrag is in albei gevalle 170 Nm. Opel het nog nie die amptelike verbruiksyfers bekend gemaak nie, maar op papier vergelyk die enjin heel goed met dié van sy mededingers. Opel gaan ook weer sy 1,3-liter-turbodiesel in die Corsa inspan, maar sê dié enjin is opgeknap om ook suiniger verbruik en skoner uitlaatgasse te lewer. Vir ratskakeling sal een van twee nuwe stelsels gebruik word – ’n sesgang-handratkas of ’n sesgang- outomatiese ratkas. In nog ’n poging om jonger kopers te lok is die binneruim modern afgewerk. Op die paneel is ’n groot raakskerm waarop jy die satnav, lugversorging, radio en ritrekenaar kan beheer. Die stelsel sal koordloos met ’n slimfoon verbind kan word. Opel gaan verskeie apps bekend stel wat jy kan aflaai om ekstra inligting uit jou motor te haal. Wanneer jou foon gekoppel is, sal jy ook jou musieklêers en adresse met stem-opdragte kan beheer soos om ’n liedjie te speel of iemand te bel. Die Corsa sal voortaan ook ’n skakelaar hê wat jou stuuraksie gemakliker maak wanneer jy moet parkeer.


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Wat is in ’n naam? PERSOONLIKE DIENSTE

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

LENINGS 1445

ALGEMENE & HUISDIENSTE

EIENDOMME

TUINWOONSTELLE TE HUUR

ALLERLEI 1845

CONSOLIDATION: Loan online. Up to R23 000. Low credit score is ok. help@debtcon.co.za TE KOOP

ALLERLEI 1655

AANDAG ALLE BOERE: Ek verkoop immergroen Russiese gras en is op soek na skape, bokke en ou bakkies te koop vir kontant. 072 604 5219 www.russiangrass.co.za

3265

BELGRAVIA: Sit-/slaapkamer, kombuis, badkamer vir enkellopende. Ongemeubileerd. Koopkrag, R2 500 p.m. Skakel na 17:00. 053 832 6378.

Elsona Steyn Ons almal weet die vere maak nie die voël nie, maar aan ’n mens se naam word jy geken. Ek is gedoop Elsie Sophia Johanna, my noemnaam is Elsona, vir my kollegas is ek Steyntjie en vir my kinders is ek Buksie en my troetelnaam is Billy Boy. Byname is nie nuut in die Afrikaanse taalgebruik nie. Die gee van byname is ’n skeppende tradisie, veral op die platteland. Nou verwys ek nie na Scalla van Schalkwyk, Bossie Boshoff, Jorrie Jordaan of Wollie Wolmarans nie. ’n Tipiese bynaam sou wees Jan Bloubaadjie (hy was ’n verkeersbeampte) of Shoes van Rooyen (met verwysing na sy nr. 12-voete). In rugbykringe is byname volop. Jy sal nie sommer skoor soek met ’n Os du Randt, Vleis Visagie, Bees Roux of Ghriespomp van der Merwe nie, want hul name vertel jou die manne is groot én sterk. Arme Anna Susanna Hendriena Christina (alias Annatjie) moes op skool baie spot verduur en het sy, wanneer haar naam uitgeroep is, sommer hier by die Susanna al vorentoe getree. In ons familie is byname wat die lagspiere prikkel of die wenkbroue laat lig. Bontstok Minnaar se rooi hare en sproete het hom sy bynaam gegee. Daar is ook Boebsa (Heleen), Wikkie (oom Willie) en Kootjie (Kobus). Selfs diere word nie gespaar nie. ’n grootvoet-great dane af in ons straat heet Tekkies, die chows ’n bietjie verder af is Whiskey en Champagne en die foksterriër wat duidelik sy blaf ken, is Keffer. Onderwysers is ook sagte en gewilde teikens vir die gee van byname. Pinocchio was ons rekeningkunde-meneer. Hy het so oor sy neus gevryf asof hy ons met dié gebaar wou waarsku. Clutchkop Marais was my gunsteling, maar ek kon nooit verstaan waar hy aan sy bynaam gekom het nie, want met dié oulike onnie se kop het daar niks geskort nie. Peet Bal het die eerste rugbyspan afgerig – hy het sy bynaam gelate aanvaar en dikwels met homself gespot. Wat my soms dronkslaan, is die liefdes(by)naampies wat vir mekaar gegee word. Ek wil asseblief niemand se Parra, Gogga, Varkie of Pokkel wees nie. Noem my dan maar liewer Mevrou.

Waardeer dit wat jy het Karin Muller

SOOS ek by die voetoorgang wag, sien ek twee seuntjies wat naby die verkeerslig op die groot stormwaterpyp sit. Die oudste een is seker om en by sewe en die boetie twee of drie jaar jonger. Die ouboet het my volle aandag. Hy sit kruisbeen en hou ’n reghoekige kartondosie springmielies op sy skoot. Die springmielies wat mens net koop as jy ’n fliek gaan kyk. Met sy klein vingertjies grawe hy diep in die kartonhouer. Hy krap op die bodem rond. Dan draai hy die springmielieboksie effens skeef en beloer die inhoud wat nou skraps raak. Hy lek sy vingerpunt nat, druk dit weer in die houer en bring een stukkie gebreekte springmielie te voorskyn. Hy sit dit in sy mond en maak sy oë vir ’n oomblik toe. Sy gesigsuitdrukking vertel alles. Dit is asof dit die heel eerste warm, sagte, vars springmielie is wat hy eet. Hy maak sy oë oop en draai die boksie kloksgewys in die rondte. Met sy vinger volg hy die opskrifte op die karton. Al in die rondte. Dan draai hy dit anti-kloksgewys en volg weer noukeurig met sy wysvinger die letters terug tot by die beginpunt. Hy steek weer sy handjie tot onder en begin rondvroetel na nog ’n stukkie gebreekte springmielie. Sorgvuldig stoot hy die pitte in een hoek en kry die stukkie springmielie waarna hy op soek was. Hy sit dit versigtig in sy mond. My motor se neus kies koers huis se kant toe, terwyl ek oor die afgelope paar minute nadink. Oor die algemeen dink ek ons probeer hard om dankbaar te wees vir dit wat ons het. As jy die dag waardering kan hê vir die laaste gebreekte springmielies tussen die pitte, dán is jy ’n dankbare mens en dít is ons beslis nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

15


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 30 JULIE 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

OP die nasionale netbalkampioen­ skappe wat die va­ kansie plaasgevind het, is Jessica du Plessis (met bal) van die Hoërskool Noordkaap in die Suid­Afrikaanse o.17­span ingesluit. Die span toer in September na Por­ tugal. Foto: Verskaf

RIKUS ZWART (met bal) van die Hoërskool Noord­Kaap is in die groep van 55 Cravenweekspelers ingesluit wat aan die Suid­Afri­ kaanse skoleproefwedstryde deelgeneem het. Dié proewe is op 26 Julie in Kemptonpark gehou waarna ’n groep van 28 spelers aange­ wys sou word. Die finale span was teen druktyd nog nie bekend nie. Foto: Verskaf DIE Hoërskool Diamantveld se o.14­netbalspan het die derde plek op die Coca­Cola­toernooi in Potchefstroom behaal. Die tellings was soos volg: Klop Waterkloof 21­12, klop Potch Gim 15­13, klop Piet Potgieter 20­4, klop Nelspruit 16­8, ver­ loor teen Ben Vorster 12­14 en klop Rustenburg 14­11. Van links is, voor: Karla van Heer­ den, Beàtha Groenewald, Tha­ rien van der Walt en Monique van der Westhuizen; agter: Mari­Nel Roets, Janneke Pie­ naar, Beate Stemmet (afrig­ ter), Rochelle van Zijl, Dedré Botes, Micke Engelbrecht en Esmarie Posthumus.Foto: Verskaf DRIE van die Hoërskool Noord­Kaap se netbalspanne het as die nommereen­span in hul ouderdomsgroepe ge­ eindig en verteenwoordig die provinsie op die Suid­Afri­ kaanse skole­netbalkampi­ oenskappe wat Vrydag en Saterdag in Boksburg plaas­ gevind het. Die o.18­span is van links, voor: Ellen Kotze, Eliz­Mari Havenga, Jomari Myburgh (kaptein) en Cecilia Fiedler; agter: Elsje van der Merwe (afrigter), Janel Ma­ rais, Joy Morkel (onderkap­ tein), San­Mari de Jager, Jes­ sica du Plessis en Magda My­ burgh (afrigter). Afwesig is Benita Kruger (afrigter).

Verdien pluimpie DIE Suid­Afrikaanse o.19­pluimbaltoernooi het die vakansie in Bloemfontein plaasge­ vind. Die leerlinge wat deel van die Noord­ Kaapspan was, is van links, voor: Corni Coet­ zee, Juanique Botha, Chanel Williams en Carmen Haasbroek; agter: Pieter Brand, Pieter Hattingh (kap­ tein) en Anrich Ebing. Pieter Hattingh en Jua­ nique Botha het die ge­ mengde plaatdubbels gewen. Foto: Verskaf

ALTESAAM 11 o.15­rugbyspelers van die Hoër­ skool Diamantveld het in die vakansie vir die Kim­ berley­o.15­rugbyspan aan die Griekwa­streek­ toernooi deelgeneem. Die span het die toernooi gewen. In al drie wedstryde is Diamantveld­spe­ lers as speler van die wedstryd aangewys. Dag 1: Kimberley o.15 klop Kimberley­uitnodiging­ span 48­3; speler van die wedstryd: Charles Willi­ ams. Dag 2: halfeindstryd, Kimberley o.15 klop Pixley 55­0, speler van die wedstryd: Renier van Zyl. Dag 3: eindstryd, Kimberley o.15 klop Van Druten 43­0, man van die wedstryd: JJ van Zyl. Van links is Charles Williams, Renier van Zyl en JJ van Zyl


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.