Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 6 Augustus 2014
www.noordkaap.co.za
Gróót rugby lê voor
plek in volgende jaar se reeks, ongeag hoe hulle vanjaar vaar. Dit is Griekwas en die Pumas op wie die druk is om die uitspeelronde te vermy. Dit kan net gedoen word deur onder die eerste ses te eindig. Maar dit is dalk die wedstryd tussen die Hoërskool Diamantveld en die Hoërskool Noord-Kaap wat die grootste belangstelling gaan uitlok. Die wedstryd word Saterdag om 12:15 op Diamantveld se veld gespeel. Noord-Kaap was die afgelope paar jaar elke jaar aan die wenkant, en Diamantveld sal vasbeslote wees om vanjaar die bordjies te verhang. Dit is ’n wedstryd waarin albei spanne altyd hul bes doen en sal vir seker groot opwinding bring. Die wedstryd lok selfs nasionale belangstelling uit. Albei skole het al in die verlede nasionale ranglyste gehaal. ) Frikkie van Rensburg, voormalige sportskrywer van Volksblad en skrywer van Griekwas se eeufees-gedenkboek, het lekkerlees-artikels oor Griekwas vir Noordkaap geskryf. Lees gerus van bll. 5 tot 9.
Griekwas en 2 skole speel André Botha
’n GROOT rugbynaweek wag op Kimberliete met Griekwas wat hul eerste Curriebeker-wedstryd van die seisoen speel, en die een groot skolewedstryd waarop die stad al die hele seisoen wag. Griekwas speel Saterdag op GWK-park teen die Sharks en sal alles in die stryd werp om nie net te wen nie, maar ook ’n bonuspunt te kry om sodoende in ’n sterk posisie weg te spring. Verlede jaar het Griekwas verras toe hulle in hul eerste wedstryd van die reeks in Durban teen die Sharks gewen het. Ongelukkig het dinge daarna minder voorspoedig verloop. Maar dit is ’n nuwe seisoen en Griekwas sal
vasbeslote wees om vanjaar te midde van sterk mededinging beter te vaar. En
GRATIS
veral om te verhoed dat hulle weer volgende jaar aan die uitspeelronde
deelneem. Die vyf groot unies en die Kings is verseker van ’n
SATERDAG is die hoogtepunt van skolerugby in Kimberley wanneer die bulspanne van die Hoërskool NoordKaap en die Hoërskool Diamantveld mekaar in hul jaarlikse kragmeting pak. Hier is Gerhard Holtzhausen (links), kaptein van NoordKaap, en Nardus Bosman van Diamant veld. Foto: Emile Hendricks
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
) Nocci is hosting its Women’s Day gala dinner at the Horseshoe Inn on 8 August at 18:00 for 18:30. Stefan Ludik is the guest performer. The dress code is formal. Tickets cost R280. For bookings, contact the Nocci office on 053-831-1081. ) The St Cyprian’s Grammar School invites the public to attend their Women’s Day tea party on Saturday, 9 August. It will be held at the St Cyprian’s Church hall from 10:00 to 12:00. There will be a special appearance by the local comedian Mark Kotze (Mark my words), as well as a few treats for the
women. Tickets can be purchased at the St Cyprian’s Grammar School at 4 Park Road at R50 per person. For more information, contact the office on 053-831-5066. ) Optimystic Bikers Against Abuse MCC present their fourth annual Women’s Day Jol at Die Wilgers in Ritchie on Saturday, 9 August, and Sunday, 10 August. Costs are R80, including a cloth badge. Everyone should take their own tent to camp out. Funds raised are used to assist victims of domestic violence and child abuse. For further information, contact Celeste at celeste@optimystic.za.net or call her on 079-534-1641 or BBM 23BEA3C0. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
NELLIE VAN WYK by ’n deel van die skenkings vir die Gentlecaresentrum in Brits town wat deur inwoners van Kimberley gegee is. Van Wyk, eienaar van Salon Belgra ve in Kimberley, het die insameling begin nadat sy oor die sentrum in Volksblad gelees het. Foto: Emile Hendricks
Veldtog strek wyer André Botha DIE verhaal in Volksblad van Yvonne en Tommie Gentle se omgeesentrum in Britstown het ’n vrou van Kimberley só aangegryp dat sy ’n insamelingsveldtog vir die sentrum begin het. Nellie van Wyk, eienaar van die haarsalon Salon Belgrave, het die artikel oor die Gentlecare-sentrum in Volksblad gelamineer. As haar kliënte net mooi hul sit gekry het om hul hare te laat versorg stop sy die artikel in hul hand om te lees. Die Gentlecare-sentrum het in 2000 begin toe die Gentles ’n deel van hul kafee as sale ingerig het. Daar is nou 21 beddens en byna net soveel mense word daar versorg. “Die mense dra aan,” sê Van Wyk. Een vrou is apteek toe en het met ’n boks vol medisyne daar uitgestap om vir Van Wyk
te bring. Alles en nog wat word gebring, van komberse tot klere, nie-bederfbare kos, toiletware en selfs lekkergoed. Die salon se kliënte vertel vir hul vriende van die insameling en só word die woord versprei. Van Wyk gaan die goed wat reeds ingesamel is volgende week by die sentrum aflaai. Die insameling is egter nie verby nie. Volgens Van Wyk is daar ook ’n paar sakeondernemings wat bydraes wil lewer. Sy sê sy het die eerste keer oor RSG van die sentrum gehoor. Toe sy die artikel in Volksblad lees, het sy besluit sy wil help. Sy is dankbaar oor al die skenkings. “Maar dit gaan nie oor my nie, dit gaan oor die mense van Kimberley wat bydra.” ) Mense wat ook wil bydra, kan skenkings na die salon in Dutoitspanweg 184 bring.
Versorgers brand dikwels uit DIE liefdevolle, sagte hande van ’n versorger wat na ’n kankerlyer omsien, het dikwels nie ’n gesig nie. Daarom plaas Kansa die kollig in Kansa-sorgweek op die vrywilligers. ’n Versorger is enigiemand wat vrywillig versorging aan kankerpasiënte bied wat nie daarsonder kan klaarkom nie. “Ons meen versorgers se liefdevolle sorg en ondersteuning vir kankerlyers kan soms ongesiens verbygaan. Ons hoop regtig om dit te verander, want die welsyn van versorgers is net so belangrik soos dié van die oorwinnaars vir wie hulle omgee. Dié Kansa-sorgweek wil ons graag erkenning aan alle versorgers gee en hulle salueer,” sê Elize Joubert, Kansa se waarnemende uitvoerende hoof. Versorgers kom uit alle vlakke van die samelewing. Baie mense meen hulle doen wat enigiemand anders in dieselfde situasie sou gedoen het. Sommige versorgers kies nie om dit te doen nie; dit gebeur dikwels ongevraag wanneer iemand na aan hulle met kanker diagnoseer word. Joubert sê meer as 60% van die vrywilligers is toegewy aan hulpverlening saam
met Kansa-personeellede, asook die bevordering van gesondheid, terwyl baie van hulle ook met ander projekte help. Baie versorgers ervaar dikwels sielsmoegheid wanneer hulle hul selfsorg nalaat terwyl hulle op die versorging van iemand anders fokus – dit staan bekend as versorgeruitbranding. Uitbranding beskryf die eindresultaat van die stres in die lewe van ’n versorger en word gekenmerk deur emosionele uitputting, depersonalisering en lae persoonlike vervulling. ’n Prettige manier vir kankeroorwinnaars en hul versorgers om by Kansa betrokke te raak en om die erkenning te ontvang wat hulle verdien, is deur Kansa se nasionale Relay For Life-projek. Dit is ’n besonderse geleentheid wat oornag plaasvind waar spanne hulle vir kankerbewustheid inskryf en om geld in te samel om die siekte te beveg. Die geleentheid beklemtoon kankeroorwinning, is gedrewe deur vrywilligers en besit deur die gemeenskap. ) Besoek www.relayforlife.org.za en http://www.cansa.org.za/cansa-care-centrescontact-details vir meer inligting.
LOURENS VAN NIEKERK van die Hoërskool Diamantveld is die enigste leerling van die NoordKaap wat tot die derde ronde van die SuidAfrikaanse Wiskundestigting (SAMF) se kompetisie deurgedring het. Foto: Verskaf
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
3
Rits bekendes op Gariep-fees André Botha
Soek sentrum se logo en wen DIT is weer tyd vir Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-enwen-kompetisie. ’n Leser kan in dié kompetisie ’n geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall wen. Dit is ’n maklike kompetisie en baie pret. Elke tweede week sal ’n miniatuurlogo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap verskyn. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. Onthou, dit moet die een wees met die diamant in die middel. As jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsy waarop die logo verskyn se nommer na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. ’n Wenner word uit die inskrywings aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die gelukkige wenner van die geskenkbewys wees. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en ook in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
ELIZMA THERON
Foto’s: Verskaf
NICHOLIS LOUW
TIMOTHY MOLOI
IZAK DAVEL
Vanjaar se program sluit in van diskodans tot hip-hop en volkspele. Daar is Afrika-tromme en tromme en doedelsakke van die Kimberley-regiment. Dit is gratis. Die RSG-verhoog, ook gratis, kry ook elke
jaar groot aftrek by feesgangers. Kunstenaars wat vanjaar hier gaan optree, sluit in Elizma Theron, Ray Dylan, Dewald Wasserfall, Jason Bradley, Izak Davel en Willem Botha.
Wen kaartjies na Kuierfees-vertonings NEGE mense kan van vandag tot 20 Augustus elkeen ’n dubbelkaartjie na een van die vertonings op die Gariep Kuierfees wen. Al wat jy hoef te doen, is om ’n
SMS na 45533 te stuur. Begin die SMS met “NK Gariep”, gevolg deur jou naam en telefoonnommer. Drie wenners van ’n dubbelkaartjie elk sal
KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road) KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street) KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)
elke week aangewys word en in Noordkaap aangekondig word. Kaartjies kan by die kantoor van Volksblad of Noordkaap afgehaal word.
053 832 9607 053 831 2255 053 832 9554
SYNC 12537
COBUS DE KOCK, wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soekenwenkompetisie, ontvang sy ge skenkbewys van Simoné Crafford van die sentrum. Foto: Verskaf
DIE Castle-tent is elke jaar een van die gewilde kuierplekke op die Gariep Kuierfees en vanjaar is geen uitsondering nie. Teen net R50 per dag kan mense lekker kuier terwyl ’n rits bekende kunstenaars, soos Jak de Priester, Izak Davel en Andries Vermeulen hulle vermaak. Van 28 tot 30 Augustus begin die prettigheid in die tent al om 11:00. Jak de Priester begin op 28 Augustus. Ná hom kom kunstenaars soos Lisa Katzke, Len Muller, Kwaggabees, Denim, Charnay Dippenaar en die Friendly Drummers aan die beurt. Dit is veral teen die aand se kant dat dinge gaan kook met bekendes soos Pieter Koen, Elizma Theron, Ray Dylan en Nicholis Louw wat die aand op ’n hoogtepunt gaan afsluit. Op 29 Augustus kry Izak Davel die oggend dinge aan die gang, met Urnus Human, Jason Bradley, Neil Somers, Bongi, Zak Steyn en Oros in ’n Lang Glas wat sal seker maak feesgangers verloor nie stoom nie. Die Radio Kalahari-orkes en Die Heuwels Fantasties laat die tent die aand bewe. Andries Vermeulen is op 30 Augustus eerste aan die beurt. Stephan Visagie, Kinghero, Timothy Moloi, Dewald Wasserfall en Gerhard Steyn vat dinge dan skemertyd toe. DJ Ossewa, Theuns Jordaan en Bok van Blerk gaan Saterdagaand-jolyt bring. Die Pronkplek was eers as die Kultuurverhoog en toe die Reënboogverhoog bekend. Dit is ’n geleentheid vir plaaslike talentvolle kunstenaars om op ’n nasionale kunstefees die verhoog met gevestigde kunstenaars van oor die land heen te deel.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
Eens ’n vooraanstaande hotel DIE Queenshotel in Stockdale straat is nie net een van die oudste hotelle in Kimberley nie, maar was in sy fleur die mees vooraanstaande hotel in die destydse delwersdorp. Die ho tel is in die 1870’s geopen. ’n Nuwe gebou is in 1881 in ge bruik geneem, die jaar toe die foto geneem is. Oor die jare heen is die gebou heelwat uit gebrei sodat die oorspronklike fasade verdwyn het. Die eerste eienaar was Catherine Jardine, legendaries op die Diamant veld. Sy was gelief, onder meer vir die moederlike wyse waar op sy delwers versorg het wat dit nodig gehad het. Sondae kon enigeen in haar hotel gaan eet, of hy nou geld gehad het of nie. Sy het later skuldnotas van duisende ponde gehad, maar nooit geëis dat dit betaal moet word nie. Toe sy na Skot land teruggekeer het, het sy glo ’n stapel onbetaalde rekenings met haar saamgeneem en haar seun opdrag gegee om dit te verbrand. Maar diegene wat wel geld gehad het, moes ste wig opdok. Sir Charles Warren, toe die waarnemende admini strateur van die Kaapkolonie, het in 1879 een aand ’n ete vir Rhodes en vier ander hoogge plaastes in die Diamantveld aangebied. Hy het op besoek aan Kimberley in die hotel tuis gegaan. Die ete het hom £15 gekos. “Pryse hier is verskrik lik,” het hy opgemerk. Onder die belangrike mense wat die hotel besoek het, was lord Mil ner wat as hoë kommissaris van die kolonie ’n bal in die ho tel bygewoon het. Foto’s: Emile
Geriewe moet opgeknap word TALLE leerlinge van Kimberley het die afgelope skoolvakansie aan verskillende sporttoernooie oor die land heen deelgeneem. ’n Wisselende mate van sukses is behaal, maar nêrens het hulle hul nie laat geld nie. Die belangrikheid van sport in die opvoedingsproses van kinders moet nooit oorskat word nie, maar ook nooit onderskat word nie. Kinders leer dissipline, spanwerk, trots, deursettingsvermoë en ander vaardighede deur sportdeelname. Vaardighede wat waardevol is in alle fasette van die lewe, lank nadat die rugbybal of hokkiestok die laaste keer neergesit is. Een van die groot leemtes in die onderwys in Suid-Afrika is egter die ernstige tekort aan behoorlike sportgeriewe by agtergeblewe skole. Dit is ook in Kimberley te
sien waar van dié skole geen sportgeriewe het vir leerlinge om aan sportsoorte deel te neem nie. Beter sportgeriewe en die beskikbaarheid van afrigters kan sportdeelname aanmoedig. Deur aan die kinders iets gesond te gee om aan deel te neem kan misdaad bekamp word en selftrots kan ook bevorder word. ’n Groter gevoel van selfwaarde kan ’n positiewe invloed op ander fasette van die skool hê wat weer tot beter prestasies op akademiese, sowel as sportgebied, kan lei. Kwotas vir skolespanne word weer bespreek, maar daar moet besef word dat beter sportgeriewe by agtergeblewe skole die kans van leerlinge aan dié skole verbeter om op meriete provinsiale en nasionale spanne te haal. Dit is ware transformasie.
Hendricks en Africana-biblioteek
Om te kan gee is ’n voorreg Hannes Noëth STOEPGESELSIES is mos altyd lekker. Wanneer iemand so buite in die laatmiddag met jou sit en sommer net gesels. Nie spesifiek met ’n gedrewe agenda nie, ook nie met bybedoelings nie. Ag, sommer net lekker sit en gesels. Oom Niek het verlede Sondag by my op die stoep kom sit en ons het sommer net lekker gesels. Hy het ná kerk gebel en gesê hy sien my om 15:00. ’n Bietjie in my slaaptyd, maar vir ’n goeie kuier kan ’n mens die rus ’n bietjie aanskuif. Ek ken hom van geen kant af nie. Hy het sommer net gebel, hy het my radiopreek oor RSG gehoor en besluit hy wil by my kom kuier.
Ons het nie eens die huis ingestap nie, want dit is te ver vir sy ou moeë bene. Toe hy op die eerste stoel neerval, kon ons sommer so op die stoep ’n bietjie sit en kuier. ’n Lekker stoepgeselsie oor dit en dat, maar voordat hy vergeet, hy het dit reeds by die huis eenkant gesit. Uit sy agtersak haal hy R500. Sal jy dit asseblief vir ’n kind gee wat dit nodig het? Hy weet ek sal dit so gebruik dat dit ’n kind kan help. Hy is bang hy ry huis toe en besef hy het vergeet hy wou dit nog gee. Hy gee dit met dié woorde: Wanneer ek iets vir iemand gee,
raak ek sommer bly, Dominee. Sal jy dit vir ’n kind gee? Maak nie saak van wie dit kom nie, dit verander ’n kind se week. Dit is min, maar dit kom uit my opregte hart. Daarna gesels ons nog lank oor dit en dat, maar die woorde van sy gee bly deur my kop spoel – wanneer ek iets vir iemand gee, voel ek so lekker, Dominee. Wat ’n eenvoudige waarheid wat ’n mens so maklik vergeet: hoe wonderlik dit is om te gee van dit wat jy het. Erkenning is nie belangrik nie, die lekker lê in die voorreg om te kan gee, om ’n verskil te kan maak. Party mense kan geld gee, ander tyd, ander aandag en ander weer omgee. Wat kan jy vir iemand iets gee?
Verban die ‘te’ uit die lewe Karin Muller ONS Afrikaans-onderwyser het altyd gesê dat die woord “te” verkieslik net in drie gevalle vooraan ’n woord gebruik mag word: te voet, te perd en tevrede. Indien jy verdere ondersoek sou instel, is ek oortuig daarvan dat jy nog gevalle gaan raakloop waar dit sonder ’n negatiewe impak gebruik mag word. Dit maak nie regtig saak nie, want in haar eenvoudige verduideliking het sy die boodskap duidelik aan ons jongklomp oorgedra – daar moet balans in jou lewe wees. Enigiets met ’n “te” vooraan
beteken waarskynlik moeilikheid. Kyk jy na die wêreld om jou sien jy dat daar in die meeste gevalle ’n “te” vooraan is. Selfs iets wat op die oog af ’n positiewe betekenis behoort te hê se positiwiteit wankel so effens indien daar ’n “te” vooraan gevoeg word – te maer, te eerlik, te lief. In ’n wêreld wat streef na uiterstes is dit moeilik om balans op soveel gebiede te handhaaf. Amper te moeilik. As jy egter ’n oomblik stilstaan, eerlik selfondersoek instel en met ’n fyn kammetjie deur jou raamwerk vroetel, sou jy
waarskynlik moet erken dat jy ook ’n “te” in jou lewe het. Dalk ’n paar. Dit hoef nie ooglopend ’n negatiewe invloed op jou lewe of die mense om jou te hê nie, maar dit is dalk al wat nodig is om die balans op ander gebiede omver te gooi. Blaai so ’n bietjie deur jou lewe en kyk of jy kan werskaf om die balans te herstel. Dalk neem dit heelwat inspanning. Dalk min. Miskien het die tyd aangebreek om hierdie skamele woorde uit ons lewe te verban en om na die ware woorde van ’n wyse onderwyser terug te keer. Slegs in die volgende gevalle is “te” aanvaarbaar: te voet, te perd en tevrede.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
5
FOKUS OP GRIEKWAS
Griekwas het SA rugby help bou Frikkie van Rensburg SUID-AFRIKAANSE rugby is baie dank aan Griekwa-rugby verskuldig, veral in die beginjare van rugby in die land. Was dit nie vir die bydrae van die rugbymense van Kimberley en omgewing aan die einde van die 19de en die begin van die 20ste eeu nie, sou Suid-Afrikaanse rugby veel armer gewees het. Griekwaland-Wes was een van die hoofbou-aannemers van die Suid-Afrikaanse rugbyhuis. Trouens, die Griekwas was dié meesterbouer van dié huis. Hoewel sake die afgelope 40 tot 50 jaar nie altyd klopdisselboom met Griekwa-rugby gegaan het nie, is sy aandeel in die instandhouding van dié rugbyhuishouding steeds so kragtig soos in die heel vroeë jare van die spel in Suid-Afrika. In die Griekwa-rugbyverhaal is daar heelwat eerstes in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis. ) Die Kimberley-rugbyklub was op Vrydag 22 Julie 1881 die eerste “toerspan” wat ’n wedstryd verder as 160 km van sy tuiste gespeel het toe ’n kragmeting teen Bloemfontein in Bloemfontein gespeel is. ) Alfred Schlemmer (23) het op Saterdag 14 Augustus 1886 gesterf nadat hy ’n week tevore in ’n klubwedstryd tussen Beaconsfield en Pirates teen A.M. de Kock (Pirates) vasgehardloop het en van die veld gedra is. Schemmer is die eerste bekende sterfgeval nadat ’n speler in ’n rugbywedstryd beseer is in Suid-Afrikaanse rugby. ) Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad is in 1889 in die Craven-hotel in Kimberley gestig. ) Percy Ross-Frames (Griekwas) was die eerste voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad. ) Die Griekwas het op 31 Augustus 1889 in hul eerste interprovinsiale bekerwedstryd om die Raadsbeker van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad teen Transvaal gespeel en met 4-3 gewen. ) Die Westelike Provinsie het die eerste
’n FOTO van die legendariese Griekwarugbyspan van 1970 wat die Curriebeker gewen het deur NoordTransvaal met 119 in die eindstryd in die De Beersstadion in Kimberley te verslaan. Dié foto is in Mannetjies Roux, kaptein van die span, se rugbymuseum in Victo riaWes uitgestal. Foto: André Botha interprovinsiale rugbytoernooi om die Raadsbeker van 28 Augustus tot 7 September 1889 in Kimberley gewen. Die Griekwas, Transvaal en die Oostelike Provinsie het ook deelgeneem. ) Sir Donald Currie, eienaar van die Castle-redery, het in 1891 ’n goue beker, wat destyds teen £40 gewaardeer is, geskenk. Die beker sou gegee word aan die provinsiale span wat in 1891 die beste teen die Britse span van Bill Maclagan gevaar het. ) Op 20 Julie 1891 het die Griekwas verbete ingeklim om die Britte van Maclagan te klop, maar moes teen die einde met 0-3 besgee. Maclagan het voor die toerspan se vertrek uit Kaapstad per boot terug Engeland toe die beker aan die Griekwas gegee.
Die Griekwas het besluit om dié beker aan die Suid-Afrikaanse Rugbyraad te skenk. ) Die tweede rugbytoets in Suid-Afrika is op 29 Augustus 1891 in Kimberley beslis en die skeidsregter was Percy Ross-Frames. ) Die eerste Curriebeker-toernooi is van 12 tot 23 September 1892 in Kimberley gehou. Die WP het op 24 September 1892 met 5-2 teen die Griekwas gewen en die eerste houer van die Curriebeker geword. ) T.A. (Theo) Samuels van die Griekwas het op 22 Augustus 1896 in die tweede toets teen Johnny Hammond se Britse span in Johannesburg die eerste Suid-Afrikaanse rugbyspeler geword wat ’n drie in ’n toets gedruk het. ) Die Griekwas word die tweede houer van die Curriebeker deur die toernooi van 19 tot
26 Augustus in Kimberley te wen. ) Die Griekwas het op 3 Julie 1905 voorgestel dat die spelers op die Curriebeker-toernooi van 1906 nommers op hul rug moet dra om sake vir die nasionale keurders te vergemaklik wanneer hulle hul span vir die eerste toer na Brittanje moet kies. ) Die Griekwas het die Curriebeker ’n tweede keer gewen deur dié slag sy sewe wedstryde tussen 15 en 29 Julie 1911 in Kaapstad onoorwonne af te handel. Die Griekwas het in dié proses die WP met 12-0 geklop – die eerste nederlaag wat die WP in 46 Curriebeker-wedstryde sedert 1892 verloor het. ) Op 29 Augustus 1964 het die Griekwas die eerste houer van die nuwe Sport Pienaar-beker geword deur Oos-Transvaal in die eindstryd in Springs met 19-8 te klop. ) 26 September 1970 was die laaste keer dat die Griekwas die Curriebeker gewen het deur Noord-Transvaal in die eindstryd in die De Beers-stadion met 11-9 te klop. ) Op 20 Maart 1992 was Kimberley en Griekwaland-Wes wéér die plek waar die nuwe Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarvu) amptelik gestig is en Sarvu sy eerste jaarvergadering gehou het – 103 jaar nadat die ou Suid-Afrikaanse Rugbyraad in Kimberley gestig is. Die verskillende rugbybeheerliggame – wit, bruin en swart – is nou as eenheid in Sarvu gesnoer. ) Die Griekwas het in 1992 die eerste keer in sy 106 jaar se bestaan oorsee getoer. Die GWRU het die eerste Suid-Afrikaanse provinsiale span geword wat ná eenwording oorsee getoer het. Die span het vier wedstryde in Engeland en Wallis gespeel en het uit ’n kombinasie van die gereelde Griekwa-span én sy ontwikkelingspan bestaan. ) Op 30 Mei 1998 het die Griekwas die eerste houer van die Vodacombeker geword deur die Leeus in die eindstryd in Kimberley met 57-0 te klop, ’n beker wat die span op 16 Mei 2014 ’n rekord-vyfde keer gewen het deur die Leeus op GWK-park in Kimberley met 30-6 ore aan te sit.
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP GRIEKWAS
Rugby saam met diamante gekom Frikkie van Rensburg DIE geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad is onafskeidbaar met dié van die Griekwa-rugbyunie verbind, want was dit nie vir die diamantbedrywighede in Kimberley nie, sou die toestroming van goeie spelers hierheen nooit plaasgevind het nie en sou die unie wat gestig is nie so sterk gewees het dat hy ’n interstedelike kompetisie begin het wat regstreeks daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad hier gestig is nie. Die Griekwa-rugbyverhaal is net so romanties soos die ontdekking van diamante. Rugby en die ontwikkeling van die dorre Noordweste loop feitlik hand aan hand, maar ongelukkig het die meeste staaltjies oor hoe die spel in die deel van Suid-Afrika begin het, verlore geraak. Ons verhaal begin op 18 April 1860 – die dag waarop die broers De Beer, Johannes, Nicolaas en Arnoldus, die plaas Vooruitzigt vir £50 van die Vrystaatse regering gekoop het. In 1871 is die eerste diamante op die De Beers se plaas ontdek en die De Beers-myn het in Mei 1871 ontstaan. Waar Kimberley vandag geleë is, was op die oggend van 16 Julie 1871 net ’n koppie bedek met lae, doringagtige bosse en ’n paar bome. Maar voor sononder daardie dag het die rustigheid van dié omgewing vir ewig verdwyn. Toe die son daardie dag gesak het, was die bome afgekap en die bosse uitgetrek. En so ver soos die oog kon sien, het die kleimpenne gestaan. Die nuus van die ontdekking van diamante het soos ’n veldbrand versprei en in die volgende klompie weke het duisende delwers van oor die land heen en selfs van oorsee op die Colesberg-koppie toegesak. Byna oornag het ’n tentestad verrys met sowat 50 000 inwoners wat in die allerprimitiefste toestande geleef het. Die ongerief kon nie onbepaald voort-
APARTHEID het ook op rugbygebied skeiding gebring. Dit het veroorsaak dat verskillende bevolkingsgroepe verskillende Griekwaspanne gehad het wat in verskillende kompetisies gespeel het. In 1935 het die span van die GriekwalandWesKleurlingrugbyunie die Rho desbeker verower. Foto: Africana-biblioteek duur nie. Algaande het ’n behoefte na ontspanning ontstaan. Die manne was nie meer net tevrede om ná die swoeg en sweet van die dag die tyd saans in kroeë deur te bring nie. Die groot vermaak en ontspanning in daardie dae was die groot swemkompetisies wat in die rivier by die dorp gehou is. Maar dit is tussen Julie 1871 en Oktober 1873 dat ons storie, die verhaal van Griekwa-rugby, begin het. In die eerste georganiseerde rugbywedstryd – die rugby van daardie jare was ’n
mengsel van iets van rugby en Winchester in Engeland – het ’n span van Wes-einde op Saterdag 4 Oktober 1873 teen ’n “ligte spannetjie” van Grahamstad op ’n goed voorbereide veld ’n entjie agter die Wesleyaanse kapel, wes van die kamp, gespeel. Wes-einde se manne het in blou kleredrag op die veld gedraf en die uitdagers in rooi. Wes-einde het vier doele behaal en Grahamstad geen punte nie. Soos in enige beskaafde gemeenskap moes daar ook orde in die rugbysake van die Diamantveld kom. Dit het noodsaaklik
geword dat die ewige twiste oor beslissings op die veld en die reël van wedstryde deur een oorkoepelende liggaam beheer moes word. Nie ’n volle drie jaar nie het dus ná 30 Mei 1883 – toe die WP-rugbybond in die Masonic-hotel in Kaapstad gestig is – verloop voordat die Diamantvelders op 6 Februarie 1886 in die Central-hotel in Kimberley tot die stigting van hul rugbybond oorgegaan het. Verteenwoordigers van die volgende klubs het die stigtingsvergadering bygewoon: Newton, Dutoitspan, Wes-einde, Pirates en Kimberley. Woodthorp T. Graham was die eerste voorsitter en James Hill, wat op sy dag self ’n goeie sportman en rugbyspeler was, het die Groot Uitdaagbeker aan die GWRU geskenk. Dié beker is destyds in Engeland teen £75 van 60 soliede onse silwer gemaak. Griekwas het die afgelope 128 jaar ’n baie groot bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby gelewer en dit is eintlik ’n hartseerstorie dat die unie sedert 1970 – toe Griekwas die Curriebeker die derde en laaste keer verower het – dikwels in ’n stryd om behoud van sy Curriebeker-status gewikkel is. Dit is die storie van ’n eens magtige rugbyunie wat weens ekonomiese redes en die ontvolking van die platteland verval het tot ’n rugbyunie wat dikwels in ’n oorlewingstryd is. Terloops – die Griekwas was juis in die afgelope klompie weke in ’n reeks kwalifiserende wedstryde om Premier-status teen vyf ander rugby-unies gewikkel. Die Griekwas het die kompetisie onoorwonne voltooi en sal van 9 Augustus – wanneer hy op GWK-park in Kimberkley teen die Haaie, die huidige Curriebeker-kampioen, te staan kom – weer saam met die ander grotes in Suid-Afrikaanse rugby sake om die gesogte Curriebeker uitspook.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
7
FOKUS OP GRIEKWAS
GW laat talle rekords in slag bly Frikkie van Rensburg
SPANNE en spelers van die Griekwas spog met van die beste vertonings en rekords in Suid-Afrikaanse eersterangse rugby. Die Griekwas het die Curriebeker drie keer gewen en het op 16 Mei die Vodacombeker ’n rekord-vyfde keer gewen. Dit is veral blitsige vleuels soos Jacques Jonker en Bjorn Basson wat onder die rekords gewoel het. Jonker se sewe drieë op 4 Oktober 1996 in ’n Curriebekerstryd teen SWD en Basson se 21 Curriebekerdrieë in die 2010-seisoen is die Suid-Afrikaanse rekord. Die 210 drieë wat Griekwas in 1998 in eersterangse wedstryde gedruk het, is die Suid-Afrikaanse jaarrekord, terwyl die 108 Vodacombeker-drieë wat die span dieselfde jaar gedruk het ook die rekord in dié kompetisie is. Van die Griekwas se rekords: ) Individueel Meeste wedstryde: 161: André van Wyk (21ste meeste in SA); 137 – Tos Smith; 131 – Hedley Wessels; 126 – Steph Roberts; 121 – Hedley Wessels; 116 – Jearus Nicholas; 114 – Edrich Lubbe; 112 – Frikkie de Villiers; 111 – Boeta Wessels; 108 – Dawie Theron; 106 – Dave Prins; 106 – De Waal Venter; 104 – Deon Lotter; 101 – Tielman de Villiers. Meeste agtereenvolgende wedstryde: 97 – Peet Smith. Meeste wedstryde as kaptein: 66 – André van Wyk; 56 – Luther Bakkes; 55 – Daan Badenhorst. Meeste loopbaanpunte: 719 – Edrich Lubbe; 673 – Boeta Wessels; 649 – Kriek Erasmus; 528 – Conrad Barnard; 470 – Naas Olivier; 452 – Piet Visagie. Meeste punte in ’n seisoen: 361 – Gaffie du Toit (1998 – net ses SA rugbyspelers het meer punte in een seisoen aangeteken en sy 236 Vodacombekerpunte in dié seisoen is steeds die SA rekord); 284 – Naas Olivier (2009); 272 – Conrad Barnard (2007); 224 – Rudi Vogt (2011); 209 – Riaan van der Berg (1989); 205 – Franco Smith (1996). Meeste Curriebekerpunte in ’n seisoen: 173 – Naas Olivier (2010); 164 – Franco Smith; 154 – Conrad Smith; 151 – Naas Olivier. Meeste punte in ’n wedstryd: 42 – Naas Olivier (t Griffons – 2009 – sewende meeste in SA rugby en die tweede meeste in ’n Vodacombeker-wedstryd); 35 – Jacques Jonker (t Namibië – 1996); 35 – Gaffie du Toit (t OP – 1998); 33 – Piet Visagie (t Rhodesië – 1968). Meeste loopbaandrieë: 61 – Jearus Nicholas; 55 – Tielman
DIE Griekwaspan wat in 1899 die Curriebeker gewen het, die eerste van drie keer wat die Griekwas die beker in ’n amptelike kompetisie gewen het. Foto: Africana-biblioteek de Villiers; 55 – Dave Prins; 53 – Boeta Wessels; 47 – Bjorn Basson. Meeste Curriebeker-loopbaandrieë: 37 – Dave Prins; 33 – Bjorn Basson. Meeste drieë in ’n seisoen: 29 – Bjorn Basson (2010 – sy 34 drieë in alle eersterangse wedstryde dié seisoen is ná Pieter Hendriks van die Leeus se 35 drieë in 1992 die meeste in ’n SA rugbyseisoen); 24 – Robert Markram; 23 – Jearus Nicholas; 22 – Lourens Venter. Meeste Curriebe-
ker-drieë in ’n seisoen: 21 – Bjorn Basson (2010 – die SA rekord); 11 – Robert Markram; 10 – Jearus Nicholas; 10 – Barry Geel. Meeste drieë in ’n wedstryd: 7 – Jacques Jonker (t Namibië – 1996 – derde meeste in SA eersterangse rugby); 5 – Chris Oosthuizen (t Oos-VS – 1978); 5 – Dewald Pretorus (t Valke – 2009); 5 – Rocco Jansen (t LimpopoBlou Bulle – 2013); 5 – Marnus Schoeman (t Limpopo-Blou Bulle – 2013 – tweede meeste in ’n Vodacombeker-
wedstryd). Meeste Curriebeker-drieë in ’n wedstryd: 4 – Dave Prins (t OP – 1978); 4 – Jearus Nicholas (t Noordwes – 1998). ) Span Nasionale bekerwenners Curriebeker – 1899, 1911, 1970. Vodacombeker – 1998, 2005, 2007, 2009, 2014. Griekwas was die eerste houer van dié beker deur die Leeus op 30 Mei 1998 in Kimberley met 57-0 te wen. Sestien jaar later het die Griekwas dié beker ’n rekord
vyfde keer gewen deur die einste Leeus in die eindstryd op GWKpark in Kimberley met 30-6 te wen. Bankfinbeker – 1944, 1995. Meeste punte in ’n seisoen: 1428 (1998 – tweede meeste in SA); 978 (1996); 977 (1999); 850 (2003); 825 (2011); 820 (2009); 817 (2006); 814 (2010). Meeste Curriebeker-punte in ’n seisoen: 625 (2003 – negende meeste); 489 (1998); 477 (2010); 441 (1999); 440 (2014); 437 (1996). Meeste Vodacombeker-punte in ’n seisoen: 731 (1998). Meeste drieë in ’n seisoen: 210 (1998 – SA rekord – die 108 Vodacombeker-drieë wat die Griekwas in dié seisoen gedruk het, is die rekord); 145 (1999); 136 (1996); 118 (2003); 111 (2010); 106 (2011); 100 (2009). Meeste drieë in ’n wedstryd: 20 (t Limpopo-Blou Bulle – 2013); 18 (t SWD-federasie – 1978); 14 (t Griffons – 2002); 13 (t Grens – 1973 én 1998); 13 (t Griffons – 2009); 13 (t Grens – 2011). Meeste Curriebeker-drieë in ’n seisoen: 86 (2003 – sesde meeste ); 70 (1998); 67
(1979); 65 (1999); 60 (2010). Grootste oorwinning: 119 punte (klop Limpopo-Blou Bulle met 124-5 – 2013 – negende grootste in SA rugby, die derde grootste sege én die 124 punte is die derde meeste deur ’n span in ’n Vodacombekerwedstryd); 94 (klop SWD-federasie met 94-0 – 1978); 81 (klop
Oos-Transvaal/Valke met 90-9 – 1995); 75 (klop Grens met 84-9 – 2011); 73 (klop Grens met 87-14 – 1998); 73 (klop Boland met 80-7 – 2009); 72 (klop Griffons met 84-12 – 2002); 69 (klop Grens met 8314 – 1998); 69 (klop SWD met 84-15 – 2014); 68 (klop OP met 80-12 – 1998); 68 (klop NoordVrystaat/Griffons met 78-10 – 1996).
Grootste nederlaag: 72 punte (verloor teen WP met 3-75 – 1985); 71 (verloor teen Haaie met 7-78 – 2002); 66 (verloor teen Leeus met 7-73 – 1999): 65 (verloor teen Vrystaat met 10-75 – 1993); 63 (verloor teen NoordTransvaal met 9-72 – 1974); 59 (verloor teen Blou Bulle met 0-59 – 2005).
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP GRIEKWAS
GWK investeer in sy gemeenskappe ONS staan by ons span. Dít is die benadering wat GWK gevolg het toe die GWK-Griekwas onlangs amper hul plek in die Curriebekerrugbytoernooi kwyt was. As borg het GWK die span bly ondersteun en het saam met die span feesgevier toe hy die SWD-Arende oortuigend geklop en sodoende sy plek in die toernooi verseker het. GWK is reeds meer as vyf jaar die hoofborg van die GWK-Griekwas. Net soos GWK se wortels diep in die Noord-Kaap gegrawe is, is die Griekwas ook deel van die provinsie se erfenis. Dit is vir GWK belangrik dat die Griekwas as ’n NoordKaapse tradisie behoue moet bly en ondersteun moet word om verder te groei en meer sukses te behaal. Om in die gemeenskappe te belê is vir GWK se direksie en hoofbestuur ononderhandelbaar en ’n integrale deel van hoe hulle sake doen. Enige ontwikkeling en uitbreiding binne GWK word op hierdie fondament gebou omdat dit nie net belangrik is wat ’n besigheid doen nie, maar ook hóé hy dit doen en waarna hy streef. Die maatskappy besef sy verantwoordelikheid om projekte te ondersteun. GWK fokus daarop om opkomende produsente in Suid-Afrika as kommersiële landbouers te vestig en daardeur tot voedselsekerheid by te dra. Hy is ook in samewerking met vennote soos die Noord-Kaapse departement van landbou by opleiding van opkomende produsente betrokke. Nog ’n voorbeeld van GWK se investering in die gemeenskappe is Westra (’n filiaal van GWK) se koringmeule, pasta- en beskuitjiefabriek wat naby die Modderrivier opgerig word. Die meule en die fabriek sal ’n geldelike inspuiting vir die Modderrivier wees en verskeie werkgeleenthede skep. Mense wat belang stel in die vordering van dié projek kan op GWK se webtuiste by www.gwk.co.za inskakel.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
9
FOKUS OP GRIEKWAS DIE KACterrein (Kimberley Athletic Club) op die hoek van Quinnstraat en De Beersweg was baie jare die middelpunt van Griekwa rugby. Saterdag ná Sater dag het byna die hele ge meenskap van Kimberley vir ’n fees van skole en klub rugby hier saamgetrek. In daardie jare is alle skole wedstryde hier gespeel. In die vroegste jare het inter nasionale wedstryde hier plaasgevind. Nadat die sportveld in onbruik verval het en die paviljoen gesloop is, het die terrein een keer ’n jaar as staanplek vir die sir kus gedien. Dit is nou toege bou. Foto: Africana-biblioteek
SKOLERUGBY in GriekwalandWes dien as ’n sterk basis en plaaslike skole kan vir die bestes in die land kers vashou. Die Cravenweekspan van 1981 word as een van die beste spanne nog beskou en was onoorwonne op die Cravenweek wat daardie jaar in Worcester gehou is. Foto: Africana-biblioteek
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
PERSOONLIKE DIENSTE ALGEMENE & HUISDIENSTE LENINGS 1445
ALLERLEI 1845
FRIDGE/FREEZER REGAS AND REPAIRS. R380. 072 997 4024. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF 3605
ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste datawork. SMS full name and address to 081 886 0315 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com VERKOPE & BEMARKING
CONSOLIDATION: Loan online. Up to R23 000. Low credit score is ok. help@debtcon.co.za
KENNISGEWINGS
3760
AVON IS OFFERING an earnings opportunity in the Northern Cape. Start today! SMS your name and NK to 079 037 0087.
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
SOEK, KOOP, VERKOOP
EARN EXTRA MONEY by becoming a Justine consultant. Call Lientjie on 081 264 1186
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
Span mik na plek in topses Gerdie Karstens
DIE Griekwas het ’n lang pad vol struikelblokke kaalvoet geloop om weer tot die Premierliga van die Curriebekerreeks te vorder. Dit was ’n donker dag in Griekwa-rugby toe die Noord-Kapenaars verlede jaar deur die Pumas in die promosierelegasie-wedstryde uit die reeks geboender is. Wat gevolg het, was samesprekings in die raadsale van Suid-Afrikaanse rugby oor die moontlikheid om die formaat van die kompetisie tot agt spanne in die topliga en ses in die eerste liga terug te verander. Dit het maande se samesprekings en koppestamp geverg voordat toe op die kwalifiserenderonde-wedstryde besluit is om die agtste span in die reeks te bepaal. Intussen het staatmakers soos Willie le Roux (heelagter) en Lourens Adriaanse (stut) besluit om elders hul heil te gaan soek. Met die onsekerheid van Curriebekerdeelname kon niemand hulle vir dié loopbaanskuiwe verkwalik nie. In die kwalifiserende ronde was net een plek op die spel (die Oostelike ProvinsieKings het Superrugby prysgegee om hul plek te verseker) en die Griekwas was die gunsteling om aan die einde daarvan weer Curriebeker-status te kry. Die enigste teenstander wat gedreig het om die appelkar om te gooi was die Luiperds. En hulle het so byna opslae gemaak deur met ’n enkele punt agter die Poubloues te eindig in wat sou bepaal wie tot die toporde gepromoveer word. Die Griekwas het al hul teenstanders in die kwalifiseerders, insluitend die Luiperds, geklop om die kroon te span op ’n seisoen waarin die Vodacombeker-titel reeds agter die span van Kimberley se naam geskryf staan. Nou is die Poubloues weer deel van Suid-Afrika se roemrykste plaaslike rugbykompetisie, maar die uitdagings hou nie hier op nie. Hawies Fourie, die Griekwas se afrigter, het reeds beklemtoon die Poubloues gaan nie net tevrede wees daarmee dat hulle weer Curriebeker-rugby speel nie, maar dat hulle daarop uit is om in die kompetisie te presteer. “Ons wil goed in die kompetisie vaar, want dit help nie ons het al die werk gedoen om tot hier te vorder net om agteroor te gaan sit nie. “Die werklikheid is dat ons vanjaar onder die ses beste spanne wil klaarmaak. Dan weet ons dat ons vir 2015 se Curriebekerreeks ook veilig is,” het Fourie gesê. Die Noord-Kapenaars het intussen heelwat sterre wat verlede jaar in die reeks betrokke was aan ander unies en klubs in die buiteland afgestaan. Dit is nou maar eenmaal hoe beroepsrugby werk en ysters soos Ligtoring Landman (slot), Howard Mnisi (senter) en Nick Schonert (stut) het besluit om die hasepad te kies. Terselfdertyd het die Griekwas egter heelwat talentvolle spelers bekom en het hulle juis in die kwalifiseerders bewys hulle is vir die Curriebekerreeks gerat. Hilton Lobberts (slot/flank), Wayne Stevens (senter), Jonathan Francke (senter), Tian Meyer (skrumskakel) en Jacquin Jansen (heelagter) is maar ’n paar van die ysters wat saam met strydrosse soos Marnus Schoeman (flank), Burger Schoeman (flank/agtsteman), Carel Greeff (flank/agtsteman), Francois Brummer (losskakel), Gouws Prinsloo (heelagter), Jaco Nepgen (slot) en Steph Roberts (stut) die vuur gaan aanblaas. Die Griekwas begin Saterdag op GWKpark hier hul Curriebeker-aanslag teen die Haaie. Die week daarna reis hulle na Bloemfontein vir hul buurstryd teen die Vrystaatse span. Daar is diegene wat voorspel die Poubloues gaan sukkel, maar dié wat die inklimspel en uithouvermoë van die spelers en bestuur vanjaar opnuut ervaar het, weet die halfeindronde, en selfs die titel, is nie net lugkastele nie.
11
‘Ons wil goed in die kompetisie vaar, want dit help nie ons het al die werk gedoen om tot hier te vorder net om agteroor te gaan sit nie.’ – Hawies Fourie NIE lank gelede nie het die Griekwas aangekondig die Cheetahs se hulpafrigter, Hawies Fourie, gaan die Poubloues vir die Curriebekerreeks brei. Hy het die NoordKapenaars reeds deur ’n moeilike kwalifiserende ronde gekry en nou lê die groot uitdaging voor. Hier is Fourie met ’n Griekwatrui. Links is Hennie van der Merwe, president van die Griekwas, en regs die Poubloues se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen. Foto: Gerdie Karstens
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Word só vereer
KLUB GRIEKWAS, wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier, het dié mylpaal Saterdagaand gevier deur erelidmaatskap te gee aan Grie kwaspelers wat meer as 100 wedstryde vir die Poubloues gespeel het. Altesame 14 spelers is só vereer. Van links is Steph Roberts, Dirk Bester (ondervoorsitter), Bernard Gerber (voorsitter), Tos Smith en Edrich Lubbe. Foto: Emile Hendricks ALL four of the Northern Cape High School hockey teams played in the league finals this past weekend. The u.16B team lost against the team of the Di amantveld High School and ended second in the league. The u.16A team beat Kimberley Girls’ High in the semifinal, but lost the final against the Dia mantveld High School and also ended second. The u.19B team beat the Dia mantveld High School 10 and are the league winner. The u.19A team beat Kim berley Girls’ High’s B team by 40 in the semifinal and played against their A team in the final. The Nor thern Cape High School’s girls beat Kimberley Girls’ High 30 in the final. The u.19A team is once again the league winner. Here is Zeena Martin, captain of the Northern Cape High School’s u.19 A hockey team. Photo: Supplied
Aiming for the ball
Hou naam hoog
DIE Hoërskool NoordKaap (HNK) se o.17netbalspan het 14de op die SuidAfrikaanse sko lekampioenskappe geëindig wat op 1 en 2 Augustus gehou is. Die span het die Hoër Volk skool Potchefstroom met 1513 geklop. HNK het ook die Hoër Meisieskool Paarl met 139 en die Hoërskool Pietersburg met 1712 gewen, maar teen die Hoërskool Ben Vorster met 1013 verloor. HNK het ook met 1215 teen die Hoërskool Brackenfell en met 618 teen die Hoërskool Noordheuwel vasgeval. Van links is, voor: Leatitia Human, Carina van Heer den (kaptein) en Minke Helena; agter: Marijke Bergh, Marianka Dercksen, Marone de Bruin (afrigter), Mariska Dercksen en Yasmine Koopman. Afwesig: Sisipho Njenje DIÉ leerlinge van die Hoër skool NoordKaap (HNK) se o.15netbalspan het die na week aan die SuidAfri kaanse skolekampioen skappe deelgeneem en 19de geëindig. Die span het vyf uit ses wedstryde ver loor. Hy het 717 teen die Hoërskool Stellenberg, 617 teen die Hoërskool Rusten burg, 429 teen die Hoër skool Eldoraigne, 712 teen die Hoërskool Ben Vorster en 1113 teen die Hoërskool Frikkie Meyer verloor. Die span het wel die Hoërskool Hartswater met 159 ge klop. Van links is, voor: Ja nelia Poulton, Tiffany Coet zer, Jade Lemmetjies (kap tein) en Cara Sass; agter: Shouneez Clouts, Karien Opperman (afrigter), Hania Myburgh, Rachel van Dyk en Anja Etzebeth (spanbe stuurder). Foto’s: Verskaf