Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 13 Augustus 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Baas in Classic ná 7 j. se probeer DIE vreugdevure het Saterdag hoog gebrand by die Hoërskool Di amantveld nadat die skool se eer ste rugbyspan die span van die Hoërskool NoordKaap met 2412 in die twee skole se jaarlikse FNB Classic Clash verslaan het. Hier is die span ná sy oor winning. Dit is die eerste keer sedert 2007 dat Diamantveld die kragmeting wen. Berig en nog foto’s is op bl. 11. Foto: Emile Hendricks
Messteke reën toe hy kla Lecrecia Prins
’n INWONER van Hadisonpark is Saterdagaand reg voor sy huis aangerand en agt keer met ’n mes gesteek. Dit het gebeur nadat hy lawaaimakers voor sy erf oorkant die Shadows Pub & Grill verjaag het. Dodds Pringle, ’n kontrakteur van die myne in die provinsie, het saam met sy gesin rekenaarspeletjies gespeel toe hy omstreeks 22:30 ’n lawaai buite sy huis gehoor het. Pringle sê hy het uitgegaan en
gesien hoe die vermeende aanvallers teen die muur skop en aan die duiwelsvurkheining pluk. “Ek het vir hulle gaan sê om van my sypaadjie af weg te gaan voordat ek die polisie bel. Hulle het op my begin skree en ’n vrou uit die groep het my aan my hemp gegryp. Sy het aan my geruk en gepluk en ons het op die grond geval. “Daarna het almal nader gekom en my oorval. Dit het net gevoel asof hulle my skop en slaan. Ek het nie besef hulle steek my met
’n mes nie.” Pringle sê een van die mans het opgestaan en dit is hoe hy van hulle af weggekom het. “Ek het opgestaan en in die huis gevlug. Ek het aan my rug gevat waar dit seer was, toe sien ek die bloed aan my hand. My vrou het vir my ’n handdoek gebring en ons dokter gebel.” Pringle se vrou, Leigh-Ann, het hom na die hospitaal gebring omdat hy baie gebloei het en hulle was bang die ambulans neem te lank. Hulle het ’n buurvrou gevra
om die motor van die vermeende aanvallers (wat voor Pringle se huis gestaan het) se registrasienommer af te skryf om vir die polisie te gee. Hy is drie keer in die skouer by sy nek gesteek, drie keer in sy rug, een keer in sy been en een keer op sy kop. Sy lewer is raakgesteek en een van sy ribbes is afgesteek. Hy sukkel nog om normaal asem te haal. “Ek gaan ook ’n persoonlike eis teen hulle indien. Hulle het my nie gesteek omdat hulle met my
wou speel nie, dit was om my dood te maak.” Volgens lt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, ondersoek die polisie ’n klag van poging tot moord. Kock sê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Gerugte doen die ronde dat ’n bakleiery herhaaldelik buite die kuierplek voorkom, maar Kock sê daar was nie onlangs klagte van die publiek oor die soort voorvalle by die Shadows Pub & Grill nie.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
Biltong sy baas Lecrecia Prins
Hou uitstalling DIE McGregormuseum in Kimberley het verlede Maandagaand die eeufeesuitstal ling oor die Eerste Wêreldoorlog geopen. Op 4 Augustus 1914 het Brittanje oorlog teen Duitsland verklaar. Die uitstalling han del oor die oorsprong van die oorlog en SuidAfrika se betrokkenheid in die oorlog, maar met die klem op die NoordKaap. Su net Swanepoel, militêre geskiedkundige by die McGregormuseum, staan hier met ’n handgranaat en gasmasker wat in die oor log gebruik is. Foto: Emile Hendricks
SLUK dit met bier af, was die raad van diegene wat gister toegekyk het hoe André van Zijl probeer het om ’n volle kilogram biltong in twee minute te verorber. Maar die doelwit het ná 10 minute verander toe dit duidelik word dié hoop lekkerte gaan nie in twee minute verdwyn nie – groot bottel water langs hom ten spyt. Maar ook dié doelwit was eindelik nie haalbaar nie. Sommige toeskouers het gereken hy is mal, ander het hulp met die etery aangebied en enkeles het gemeen Van Zijl kort ’n rugbywedstryd voor hom. Dan verdwyn biltong maklik. Vir Van Zijl was dit egter nie so maklik nie. “My oë was groter as my maag. Die biltong is baie meer solied as wat ek verwag het. Om 150 stukkies soesji te eet – ’n vorige rekordpoging – was makliker as om die biltong te eet. Die kouery het my ondergekry – ek het nie besef ek moet so baie kou nie.” Terwyl Van Zijl geswoeg en gesweet het om met die hopie biltong voor hom klaar te speel het hy ’n halwe liter water gedrink. “Wanneer ek my wêreldrekords aandurf, gebruik ek gewoonlik baie vloeistof, maar vandag het ek meer water as gewoonlik gedrink. Toe ek meer as die helfte van die biltong geëet het, kon ek voel ek word naar.” Van Zijl sê hoewel hy nie die biltong kon opeet nie, het hy nie sy lus vir biltong verloor nie. “My maag het gesê as jy nog biltong in my stop, gaan ek jou terugkry.” Hy het eindelik net so ’n bietjie meer as die helfte van die biltong in 35 minute geëet. Van Zijl leef al meer as 30 jaar met MIV en sê vir elke jaar van sy lewe wil hy ’n wêreldrekord daarstel. Hy sê dit is sodat hy, wanneer hy motiveringspraatjies hou, vir mense kan sê hulle moet ’n doel soek om voor te leef.
ANDRÉ VAN ZIJL, hou er van verskeie wêreld rekords, het moeilik ge kou aan biltong in sy nuutste poging om ’n wêreldrekord op te stel. Hy het probeer om 1 kg biltong op te eet. Die twee stukke biltong weeg saam 1 kg en Van Zijl kon net een van die stukke (gekerf) opeet. Foto’s: Emile hendricks
“MY oë was groter as my maag,” sê André van Zijl. Hy het probeer om 1 kg biltong op te eet. Van Zijl leef al meer as 30 jaar met MIV en sê vir elke jaar van sy lewe wil hy ’n wêreldrekord daarstel.
Rotskuns in 3D hier André Botha WETENSKAPLIKES van oor die wêreld heen sal binnekort rotsgravures digby Kimberley digitaal kan bestudeer sonder om hierheen te moet reis. Dié besonderse projek, die eerste in sy soort in die wêreld, behels dat tussen 100 en 200 foto’s van elke gravure gemaak moet word. Dit dien as basis om 3D-modelle te maak. Dié modelle word dan bestudeer. Hierdeur word die gravures die eerste keer digitaal beskikbaar sodat dit wêreldwyd vir navorsing en opvoedkundige doeleindes gebruik kan word sonder dat noodwendig na die Noord-Kaap gereis hoef te word. Die gravures is ook besonder broos en word dus beter bewaar. Die rotsgravures in die Noord-Kaap word ook nou wyer bekend gestel. Die projek, wat saam met die McGregormuseum in Kimberley onderneem word, is onder leiding van prof. Silvia Tomášková van die Universiteit van Noord-Carolina. Die navorsing word in die koppies by die Wildebeeskuil-rotskunssentrum buite Kimberley gedoen waar heelwat gravures te sien is. Volgens Tomášková is sommige van die gravures net soggens duidelik sigbaar en ander net in die middag, afhangend van waar die son sit. Dit is moontlik dat dit doelbewus só gedoen is. Hierdeur kan bepaal word watter toerus-
PROF. SILVIA TOMÁšKOVÁ van die Uni versiteit van NoordCaroli na wys een van die talle rotsgravures, in dié geval van ’n olifant, in die koppies by die Wilde beestkuil rotskunssen trum net buite Kimberley. Foto: Lecrecia Prins
ting en materiaal in verskillende fases gebruik is om die gravures te maak en hoe tegnieke oor die eeue heen verander het. Dit kan byvoorbeeld bepaal word wanneer metaal die eerste keer gebruik is om die gravures te maak. Die meeste van die gravures is oor honderde jare gemaak met iemand wat daarmee begin het en ander wat oor die eeue heen detail bygevoeg het. Tomášková sê by Nooitgedacht buite Kimberley is byvoorbeeld ’n gravure wat aanvanklik net uit ’n sirkel bestaan het. ’n Latere kunstenaar het ’n leeu se lyf bygevoeg. “Dit was as ’t ware ’n leerling-onderwyser-situasie waar latere kunstenaars op die oorspronklike gravures verbeter het.” Dié tegniek maak dit die eerste keer moontlik om die gravures in detail te bestudeer. Van die gravures is minstens 2 000 jaar oud en waarskynlik ouer. Die 3D-modelle maak dit moontlik om die gravures uit verskillende hoeke te bestudeer. Dr. David Morris, argeoloog van die McGregor-museum, sê dit is pionierswerk wat gedoen word. Dié soort navorsing is tot dusver hoofsaaklik met skilderye gedoen en rotsgravures het tot nou toe maar min aandag gekry. Dit hou groot implikasies in vir die interpretasie van die gravures, omdat die hele beeld bestudeer kan word.
Hip-hopping on a plane LOCAL hiphop dancers from the Per forming Arts Fund Studio in Kimber ley will represent hiphop dance in South Africa at the HipHop Interna tional World Championship in Las Ve gas in America from 5 August. These youngsters form part of the South Af rican number one gold medalist group, Mega Crew/Basic Black. They are, front: Keenan Henderson; from left, back: Iman Holmes, Shakeel Ri chards, Tuelo Galeboe, Nadia Roux and Kaylyn Feit. Photo: Supplied
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
Haai oe, dis Heksie André Botha LIEWE HEKSIE vier vanjaar haar eerste verjaardag op die Gariep Kunstefees. Jy sal dink sy moet darem heelwat ouer as een jaar oud wees, maar sy het ’n bietjie vergeet van verjaardae en begin dus weer voor af. Sy kom fees toe met haar geskenke, ’n biki-kini en rolskaatse, alles om Blommeland kleuriger te maak. Soos altyd is die grillerige Geelheks die vlieg in die salf wat haar verjaardagviering probeer bederf. Daarom vra Levinia mooi: “Asseblief, klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al dié stoute karnallies kan verwilder.” Liewe Heksie is so deel van die Suid-Afrikaanse kultuur soos braaivleis en pap. Verna Vels se immergroen verhale word met gehoordeelname en aksie verlewendig. Margit Meyer-Rödenbeck (ook bekend as Dowwe Dolla) is Heksie en Deon van Zyl is Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans. Op die Vryfees in Bloemfontein was dié vertoning ’n groot treffer. “Kinderteater is vir my ’n baie belangrike werk. Dit stel kinders
MARGIT MEYERRÖDENBECK as Liewe Heksie. bloot aan teater en bou ’n gehoor. Kindergehore is so waarderend en nog sonder voorbehoud. Dit beteken nie hulle is ‘maklik’ nie. Allermins. Hulle reageer spontaan instinktief, maar jy moet hulle kan boei en vermaak, anders sit hulle jou gou ore aan,” het Meyer-Rödenbeck gesê. Sy sê Liewe Heksie is eintlik familieteater. “Volwassenes geniet
Storie tref steeds
NEGE mense kan van vandag tot 20 Augustus elkeen ’n dubbelkaartjie na een van die vertonings op die Gariep Kuierfees wen. Al wat jy hoef te doen, is om ’n SMS na 45533 te stuur. Begin die SMS met “NK Gariep”, gevolg deur jou naam en telefoonnommer. Drie wenners van ’n dubbelkaartjie elk sal elke week aangewys word en in Noordkaap aangekondig word. Die eerste drie wenners is Marlet du Preez, Deon Jacobs en Brenda van Aswegen. Kaartjies kan op 27 Augustus by die kantoor van Volksblad en Noordkaap afgehaal word.
die vertoning soms meer as die kinders. Nie net vir die storie nie, maar ook oor die kinders se reaksies. Vels se Liewe Heksie-karakter is ’n ikon en oud en jonk stroom na teaters om haar te kom ontmoet en herontmoet.” Liewe Heksie se petaljes is op 30 Augustus om 11:00 in die Newtonteater (Laerskool Newton) te sien. Toegang is R70.
Emo gaan jou laat lê van die lag André Botha STEVE HOFMEYR, Sonja Herholdt, Bles Bridges, Elvis Presley en Michael Jackson gaan nie saam met Emo Adams op die verhoog wees nie. Maar jy gaan dink hulle is wanneer jy op 30 Augustus om 19:00 in die Newton-teater na Adams in sy splinternuwe produksie, Finding Emo, gaan kyk.
Adams doen saam met sy groep Take Note Kimberley as deel van hul landwye toer aan. Finding Emo word beskryf as die vertoning van die jaar en daar is beslis iets vir elkeen. “Jy gaan lag en huil en dan weer lag,” beskryf Adams self die stuk. Hy vertel sy storie oor sy reis van gangster na glorie en hoe hy homself deur musiek gevind het.
DIT is tien jaar sedert Deon Opperman se verhoogdrama Boesman, my Seun te sien was, maar dit bly treffend en relevant. Dié stuk, met die veteraanverhoog-akteur Louis van Niekerk en die bekroonde verhoogakteur Wessel Pretorius, is op 28 en 29 Augustus om 14:00 in die Eurekateater op die planke. Boesman, my Seun is al as ’n katarsis vir teatergehore beskryf. Of soos Ilse van Hemert dit opgesom het: “Dit is net Deon Opperman wat volwasse mans so kan laat huil.” ’n Seun keer ná ’n lang afwesigheid na sy ouerhuis terug. Wat volg, is ’n blootlegging van die verhouding tussen Afrikaner-pa, -ma en -seun. Die besonderse produksie is ook die wenner van die Hertzogprys vir drama. Die teks ondersoek die komplekse verhouding tussen ’n pa en sy seun. Eg aan Opperman se
skryfstyl word geen doekies omgedraai nie, taboes word in die drama prontuit gepak en word ’n mondstuk vir die psige, frustrasie en pyn van ’n verlore geslag.
RENETTE BEYLEFELD is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. Sy wen ’n geskenkbewys van R200 en kan dit by die sentrum se kantoor afhaal. Lesers wat aan die kompetisie deelneem, moet seker maak hulle verskaf die kompetisieantwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van. ’n Paar deelnemers het vergeet om dit te doen en kon dus nie vir die
BUNDLE
BUNDLE
15
70
trekking in aanmerking geneem word nie. Onthou ook dit moet die logo wees waarin ’n klein diamant verskyn en nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe dop vir die volgende ronde van die kompetisie waarin jy ook ’n geskenkbewys van R200 kan wen deur net na die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo (dié een met die diamant) in die koerant te soek.
R
DEAL
R
+
LOUIS VAN NIEKERK en Wessel Pretorius, albei bekroonde ver hoogakteurs, vertel die verhaal van Boesman, my seun. Foto: Verskaf
Dié inligting nodig om te wen
DEAL
Blue Ribbon Brown Bread 700g and Inkomazi Maas 500g
per kg
Banana’s 1.5kg, Tomatoes 1kg, Onions 3kg, Potato 3kg and Lettuce
Save R17.70
30
Festive Fresh Chicken Value Braai 5 Piece
R
3990 per kg
Chakalaka Sausage
2490
4590
Great Value Cooking Oil 2l
per kg
Steak
19
Enterprise Smoked or per pack Red Viennas 500g
27
16
90
Allsome Rice 2kg
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
White Star Super Maize 5kg
R
11 per pack
Parmalat Smooth Yoghurt or Yumchum 6 x 100g t "TTPSUFE
Pork Texan
5490
90
per kg
Beef
90
3
129
R
per pack
Stewing
Great Value Frozen Chicken Leg Quarters 5kg
Prices valid 13-17 August 2014 View this catalogue online at game.co.za
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
Kerk staan al 128 jaar
NK-oudits ’n treurmare JAAR ná jaar maak die ouditeurgeneraal skokkende finansiële resultate in sy munisipale ouditverslag bekend. Die verslag vir die boekjaar 2012-’13 is weer neerdrukkende leesstof. Van die 319 munisipaliteite en munisipale entiteite landwyd het net 22 (of 9%) skoon oudits gekry. In die Noord-Kaap lyk die toestande ook nie goed nie. Die politieke en administratiewe leiers in die provinsie moet hul take ernstiger benader en harder werk om meer verantwoordbare en doeltreffender plaaslike regerings in die provinsie te skep, het die ouditeur-generaal gemaan. Nie minder nie as 13 van die 27 munisipaliteite in die provinsie het weerhoudings van ouditmenings gekry, die laagste oordeel. Altesaam 16 munisipaliteite het materiële bevindings oor hul
DIE Presbiteriaanse kerk St. Andrew in Beaconsfield is gestig toe ’n groep Skotse inwoners in 1886 die behoef te aan dié kerk in die dorp raakgesien het. Onder leiding van eerw. John Lloyd is dienste gehou in die Good Templar’s Hall in Mainstraat in Bea consfield. Die gemeente het vinnig groter geword en in Maart is eerw. W. Hay van AliwalNoord beroep. Die gemeente was toe bekend as die Presbiteriaanse kerk Beaconsfield. In 1893 het die gemeente die Charles Warren Masonic Temple aangekoop. Dit was ’n houtenystergebou agter die Gardner Williamssaal (agter die Beaconsfieldbiblioteek). In 1900 is ’n lening van 100 pond aangegaan om ’n Bevington meganiese pypor rel te koop. Dié orrel is steeds in ge bruik, een van die min meganiese or rels in SuidAfrika. Die kerkgebou het spoedig te klein geword en ’n nu we kerkgebou is met onder meer De Beers se hulp opgerig. Die gebou is in 1905 teen £2 400 voltooi. In die selfde jaar is die naam van die ge meente na die Presbiteriaanse kerk St. Andrew verander. Die gemeente het in 2011 sy 125ste bestaansjaar gevier.
finansiële gesondheid gekry. Anders gestel, hul geldsake is nie gesond nie. Agt munisipaliteite het gekwalifiseerde menings gekry teenoor sewe in 2011-’12. Onreëlmatige besteding deur munisipaliteite in die provinsie het tot R544 miljoen toegeneem teenoor R498 miljoen die vorige jaar. Die rede vir die probleem is bekend. Dit is die aanstelling van onbekwame, onervare en ongekwalifiseerde mense wat in poste aangestel word omdat hulle tot die ANC en tot die regte faksie in die party behoort. Eers wanneer begin word om mense op grond van hul kennis en vaardighede aan te stel, ongeag politieke bande, sal munisipaliteite se administrasie reg verloop, en sal dienste behoorlik gelewer kan word soos dit hoort.
Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Beter om te ignoreer Hannes Noëth KOLLEGAS by die werk het soms vir ’n mens goeie raad. Daar kom tye in ’n mens se lewe wanneer mense oor jou en nie met jou praat nie, of dat jy beskuldig word van dinge wat jy weet twee kante het. Partykeer lyk ’n ding van die een kant af glashelder en van die ander kant af is dit net een groot blur. Om deur die blur die waarheid te sien is nie altyd so maklik nie. Die opdrag dat ’n mens mekaar se naam rein en onbesmet moet hou, gaan maklik by mense verby. Wanneer mense anoniem werk, verander die aanklag. Natuurlik is ’n anonieme brief ’n niksseggende stuk gekla, maar soms is die inhoud van so ’n brief vernietigend. Ek herinner my aan ’n kerkvergadering waar twee kollegas met mekaar gesit en gesels het oor hoe maklik dit kan gebeur dat jy met ’n anonieme-jou-kant-van-die-storie ’n ander mens te na kan kom. Die ouer, ervare predikant het gesit en luister. Dié kant toe uitgevra en na daardie kant toe. Sy raad aan die jonge broeder was so mooi: “Hierdie klink die moeite werd om geïgnoreer te word”.
Soms moet ’n mens iets laat verbygaan. Soms hoef jy nie te reageer nie. Soms is dit die moeite werd om die saak te ignoreer. Indien jy op alles gaan reageer, gaan jy jou moeg en gedaan maak. Die waarheid loop sy eie pad. Hy word nie voorgesê nie. Soms is dit ’n lang pad om by die waarheid uit te kom, ja. Maar die pad van waarheid is ’n eie pad, ’n besonderse pad, ’n pad wat nie deur stories en hoorsê beïnvloed word nie. Daarom is dit soms die moeite werd om ’n saak te laat verbygaan. Die probleem is die meeste mense is oorsensitief wanneer ’n saak hulle persoonlik raak. Ons kyk anders daarna. Wanneer iets onder jou vel inkruip, is dit moeilik om dit te ignoreer. Jy kan maar soms ignoreer. Jy kan maar laat verbygaan. Jy kan maar wag en kyk. Dit waaroor jy jou nou ontstel, is miskien die moeite werd om geïgnoreer te word.
Die groot beplanning begin Karin Muller SEKERE tye van die jaar word deur sekere aktiwiteite gekenmerk. Dit voel asof daar te veel tyd in die jaar oor is om oor die matriekafskeid te gesels. Die waarheid is egter die tyd van die jaar word grootliks aan die finale beplanning en afronding daarvan bestee. Nie net by die skool deur toegewyde onderwysers en opgewonde ouers wat vergadering hou nie, maar ook tuis waar die laaste verstellings gedoen word en haaren grimeerafsprake gefinaliseer word. Fotograwe word bevestig en die vervoermiddels word gereël. Of matrieks hulle in ’n groot stad bevind waar die lugverkeer gereël word sodat hulle met helikopters kan land en of hulle as deel van die plattelandse milieu met ’n donkiekar opdaag, die opwinding is ewe groot. Die land, moontlik die hele wêreld, deur word aan die besonderse aand gewerskaf. Ongelukkig kan almal se insette nie
oorweeg word nie en begrotings en tradisie speel ’n groot rol in die uitvoering van die planne. Die mensdom neig gewoonlik na beter en nuwer en vinniger. Baie mense leef vir afwisseling. Baie mense vrees verveling. Tog is dit lekker om te weet jy het iets in gemeen met jou ouers of grootouers wat die spesiale aand betref. Dalk is dit dieselfde saal as wat meer as ’n driekwarteeu gebruik is of oupagrootjie se motor wat oor die geslagte heen gebruik word. Die res mag verskil. Die res moet verskil. Die kleredrag, die ete, die tema, die musiek . . . Dit alles word gewoonlik gekenmerk deur die era waarin ’n mens leef. Ongeag al die uiteenlopende verskille en idees met mense se humeure wat dalk liggies hier en daar dreig om in die aanloop tot die matriekafskeid op te vlam het almal dieselfde doel voor oë – om die aand onvergeetlik vir unieke matrikulante te maak.
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
SAIOSH HOSTS MEETING: The South African Institute of Occupational Health and Safety (Saiosh) is hosting a meeting on 28 August at the Free State Residential Care Centre in Bloemfontein.
Topics under discussion are emergency response regarding incidents and accidents in the work place and emergency spill response. The meeting starts at 13:30. Registered
Saiosh members will earn 1 Continuing Professional Development (CPD) point. For bookings (before 25 August) and more information call Johan van Wyngaard on 083-534-2377 or fsbranch@saiosh.co.za.
DIE Alzheimers-vereniging van die Noord-Kaap se jaarvergadering word Donderdag om 09:00 in die Biblioteeksaal van die ACVV-gebou in Kimberley (hoek van Longstraat en Hollandstraat) gehou. Alle lede en ander belangstellendes word genooi na die vergadering waarop die nuwe bestuur van die vereniging gekies sal word. Dit word gevolg deur ’n inligtingsessie oor die kommunikasie met en hantering van iemand met Alzheimer se siekte. Alle vriende van die Alzheimers-vereniging is ook welkom. Tee en verversings sal bedien word. Vir verdere inligting bel die Alzheimerskantoor by 053-831-5815, stuur e-pos na ncape@alzheimers.org.za of stuur ’n faks na 086-275-6107. ) Die NG gemeente Kimberley (Newton) bied op Vrydag 22 Augustus en Saterdag 23 Augustus ’n tuinboukermis op die kerkterrein op die hoek van Long- en Blackstraat, Kimberley, aan. Kom kuier saam en besigtig ’n verskeidenheid stalletjies met plante en tuinornamente, asook versierings van kwekerye en ander instansies. Die kerk bied ’n teetuin in ’n rustige atmosfeer met heerlike eetgoed en musiek aan. Kom koop en verfraai jou tuin vir die komende lente en somer. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Norma Pieterse by 082-452-3663.
Be wise when building THE best way to gain warmth in winter and be cool in summer is to control how the sun shines on your house. Consider this when creating a passive solar-designed house – and remember that even your floors count, says the team of Droogfontein Solar Power. Build interior floors and walls out of materials that absorb heat when it is radiated onto the material (daytime in winter), and release it when it is cool (night time in winter). Concrete and stone remain the best options. Wooden floors are out. However, if a wooden floor is insulated properly (which can only be done when it is installed), you will still gain something with a wooden floor.
Boek vertel van klub DIE Kimberley Townrolbalklub, die tweede oudste rolbalklub in die land, het op 19 Julie die geskiedenis van die klub in die boek Kom rol saam bekend gestel. Kolie Bergh, ’n lid van die klub, het die geskiedenis van die klub in boekvorm laat bewaar. Ná vier jaar se navorsing is die droom verwerklik. Lawrie Shuttleworth, al meer as 50 jaar ’n lid van die klub, kon van die belangrikste gebeurtenisse en snaaksighede oorvertel. Die boek is Donderdagoggende en Saterdagmiddae teen R100 by die klub te koop.
Om aan ‘n ONDERLINGE
VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ‘n
FAMILIE te behoort.
In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope ses jaar het AVBOB meer as R2.5 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde GRATIS begrafnisvoordele* sluit in:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika
Hoekom?
Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd.
Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. VFD 20656. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
FOCUS ON LONG STREET ‘I used to ride there on my bike from New Main Street to go and buy my fa vourite small pieces of dried snoek.’
The story of Long Street Lecrecia Prins
STREETLIGHTS in Long Street were replaced regularly. The pictures on this page appears in the book, A decade of memories, Kimberley in the 1960s, by Richard Oliver. TOP right: This snapshot of Long Street in the early 1960s shows the unpaved road before it was tarred and widened in the late 1960s. Apart from the houses, the main identifiable building is Odes Bottle Store on the corner of Black Street and Long Street where Sedo Court flats are today. According to the Brady’s Street Directo ry for Kimberley, Odes Bottle Store, at 38 Long Street, has been around since the 1940s well up into the 1970s.
LONG STREET is one of the known streets in Kimberley which form part of three different streets that take you in and out of the city. In the previous years a large part of the street was a residential area, but as the central business district expanded it became businesses. Some of the residents tell what they can remember of the street. Charles Smith says he can remember in the 1960s that Long Street was not tarred. “I can remember the Newton Bar on the corner of Brand Street with a corrugated iron house next to it. The bar belonged to the Odes family and with the development down the road they sold it and purchaced the ground where Odes Bottle Store (currently the Jewellery Shoppe) was developed. “Next to the house was Francis Xavier School (next to
the current Giftly Surprise). Where currently the ACVV is located, was the original Newton School. The houses, which were built on the left side going away from town, were also built in the 1960s; originally as an economic development by the council and sold for around R3 000. Where currently Medicross stands, there was a diamond-cutting factory (request DCW) owned by Muller, Anne Marie Lunt’s father.” Henry Lockey remembers Harry King’s store. “I used to ride there on my bike from New Main Street to go and buy my favourite small pieces of dried snoek. That was many moons ago.” Dave de Bruin says: “In those days there was a big circle at the top of Long Street where Van Heerden’s Butchery was and the young guys used Long Street as the street to dice with their cars because the first stop street was at Carters Road.”
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
7
Bederf op dinee
VROUE van Kimberley is Vrydagaand bederf met vermaak deur die Binnelandersak teur en sanger Stefan Ludik as gaskunstenaar op Nokki se Vrouedagglansdinee. Die Griekwarugbyspan het die vroue na hul sitplekke vergesel. Van links is Geraldine Victor, Vera Woodley en Petra Woodley. Foto’s: Lecrecia Prins
Enjoy good company at tea party ON Saturday the St Cyprian’s Grammar School held a Women’s Day tea party. Mark Kotze (middle), comedian, entertained the women. From the left are Margaret Dooling, Kotze and Sarah King. Photos: Lecrecia Prins VROUE van Kimberley het Vrydagaand nie toegelaat dat die nat weer hul pret bederf om na Nokki se Vrouedagglansdinee te gaan nie. Die Binnelandersakteur en sanger Stefan Ludik was die gaskunstenaar. Die vroue is ook deur die Griekwarugbyspan na hul sitplekke begelei. Van links is, voor: Hubré Datnow en Dot Scholtz; agter: Karen Davel, Annelee Joubert en Annetjie Venter.
ANNETJIE VON BELOW (right) was the guest speaker at the St Cyprian’s Grammar School’s Women’s Day tea party that was held on Saturday. Von Below gave tips on how women could be creative with things they did not use any more. On display was a tablecloth she had made out of ties. At the tea party are from the left Nireem Raju, Nazli Conway and Von Below.
DIE Hoërskool Diamantveld se o.19Aspan was 11de in die nasionale netbalkampioen skapsbyeenkoms in Boksburg nadat die span vroeër tweede in die NoordKaap was. Altesaam 20 skole – almal die topskole in hul provinsies – het aan die toernooi deelge neem. Die spelers het hulle baie goed van hul taak gekwyt en teen groot skole soos Rusten burg met 2414, NoordKaap met 2624 en PotchGimnasium met 2919 gewen. Van links is, voor: Anja Lubbe, Lindie Basson (hulpafrigter), JoMar Venter (kaptein), Lizaan Watts (afrigter), Tuane Gouws en Liane Bann (spanbestuurder); agter: Johané Deetlefs, Jeanne Smith, Cecile Olivier, Anja Ballack, Marmari Pienaar, Anzelle Loftus en Juance Myburgh. Foto: Verskaf
RICKY BOOYSEN, MartMarie Haddat en Delene Thuynsma was van die vroue wat Vrydagaand op Nokki se Vrouedagglansdinee bederf is. Stefan Ludik, sanger en akteur, was die gaskunstenaar.
Speel Desember in nasionale toernooi DIE Hoërskool Diamantveld se o.14Anetbalspan, die NoordKaapse kampioen, neem in Desember aan die nasionale netbaltoernooi deel. Die datum en plek is nog nie bekend nie. Die span het vanjaar skitterend gevaar met 22 oorwinnings in 24 wedstryde. Die span het in die nasionale CocaColatoernooi derde geëindig. Van links is, voor: Tharien van der Walt, Micke Engelbrecht (kaptein), Beate Stemmet (afrigter), Dedré Botes en Beatha Groenewald; agter: Esmarie Posthumus, Rochelle van Zijl, Janneke Pienaar, Carla van Heer den, Marinel Roets en Monique van der Westhuizen.
FOKUS OP LANGSTRAAT
Van ‘tent’ tot spogkerkgebou
DIE NG kerk Newton (Kimber leymoedergemeente). Die foto is in die boek A Decade of Memories, Kimberley in the 1960s deur Richard Oliver gepubli seer.
DIE eerste “kerkgebou” van die NG Kerk op die Diamantveld het bestaan uit ossewaens wat saamgetrek is en ’n seil wat oor die oop ruimte tussenin gespan is. Dié “kerkgebou” in Dutoitspan (Beaconsfield) kon 400 mense huisves. Die Kaapse Sinode van die NG Kerk het reeds in 1870 besluit dat voorsiening vir gereelde kerkdienste op die Diamantveld gemaak moet word. ’n Kommissie is aangewys om ondersoek in te stel. In 1871 was daar tussen 1 000 en 1 500 lidmate van die NG Kerk op die Diamantveld. Die “ossewakerk” is toe begin om vir dié lidmate voorsiening te maak. Dienste was onder
leiding van ds. G.W. Stegmann, wat vir drie maande na die Diamantveld gesekondeer is. Dit was die voorloper van die huidige NG kerk Dutoitspan, die oudste kerk in Kimberley, net enkele maande ouer as die NG kerk Newton (Kimberley-moedergemeente). Die NG kerk Dutoitspan se eerste sinkkerkgebou is in Desember 1881 ingewy. Dit het tot 1940 as kerkgebou gedien en daarna as saal totdat dit omstreeks 1962 gesloop is. ’n Tentkerk is intussen ook in New Rush (Kimberley) begin, die voorloper van die NG kerk Newton (foto). Op 17 Augustus 1872 is die eerste kerkgebou in New Rush, bekend as die Sinkkerk, opgerig. Die eer-
ste predikant was ds. J.W. Louw, wat in 1874 deur ds. B.B. Keet opgevolg is. Sy opvolger was ds. J.D. Kestell, wat diep spore in Kimberley sou laat. In sy tyd is Tom Claridge gehuur om ’n kerkgebou te ontwerp, maar Claridge het met £400 van die gemeente spore gemaak. Kestell het toe self ’n kerkgebou in die Romaanse styl ontwerp. In Februarie 1885 het hy die hoeksteen gelê en ’n jaar later is die kerkgebou teen £5 513 voltooi. Kestell se opvolger, ds. D.J. de Vaal, het die kerk se orrel, wat steeds gebruik word, aangeskaf. Die kerkgebou is op 5 November 1976 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
GWRU tuiste van wenners Frikkie van Rensburg VAN die bekendste en beroemdste persoonlikhede in die Suid-Afrikaanse samelewing, politiek en rugby was vroeg reeds by die bedrywighede van Griekwaland-Wesse rugby betrokke. Dit sluit Cecil John Rhodes, wat in 1853 gebore is, en Dawie Theron, wat in 1966 gebore is, in. Sedert die stigting van die Griekwa-unie op 6 Februarie 1886 en dié unie se vyfde verowering van die Vodacombeker op 16 Mei vanjaar het baie water in 128 jaar en 99 dae onder die Griekwarugbybrug deurgeloop. Een van die belangrikste eerstes in Suid-Afrikaanse rugby is dat Cecil John Rhodes (staatsman en nyweraar wat die grootste deel van sy lewe op die delwerye in GriekwalandWes deurgebring het) die eerste groot borg in SuidAfrikaanse rugby was. Rhodes was die vyfde kind van ’n gesin van nege seuns en twee dogters van ’n Engelse predikant, maar het weens gesondheidsredes na Suid-Afrika gekom en hom in Kimberley gevestig waar hy gou deel van die gejaag na rykdom, status en mag geword het. In 1891 het hy met die hulp van die Afrikanerbond die Kaapse premier geword. Toe dit in die volgende jaar lyk asof die eerste besoek deur ’n Britse rugbyspan aan Suid-Afrika, die toerspan van W.E. (Bill) Maclagan, deur die mat gaan val, het Rhodes die geldelike waar-
STAALTJIES loop natuurlik in ’n dik stroom deur die geskiedenis van die GWRU, maar dié twee staan kop en skouers bo die res uit en het ligte opskuddings in SuidAfrikaanse rugby veroorsaak:
in Nkana byna op ’n breukspul tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyraad en die Rhodesiese rugbybase afgestuur het en dié wedstryd groot onmin in Suid-Afrikaanse rugby- en kerkkringe veroorsaak het. ) Of dié keer toe Joff van Rensburg, die Griekwakaptein, in die 1940’s van die veld is met sy Piratesspan. Hy is twee seisoene geskors, maar het tog teruggekeer, weer die Griekwas aangevoer en ’n Griekwa-keurder geword.
) Daar was die keer toe ’n Sondagwedstryd – wat in dáárdie dae ongehoord was – van die Griekwas op 12 Augustus 1951 teen die destydse Noord-Rhodesië (Zambië van vandag) borg vir enige verlies op die toer verskaf. Danksy Rhodes se tussenkoms as grootbaas van die De Beers Consolidated Mines, wat hy en Barney Barnato gestig het, is die toer gered én kon Suid-Afrika se roemryke internasionale rugbygeskiedenis ’n aanvang neem en is die goue Curriebeker deur sir Donald Currie, eienaar van die Castle-redery, aan Suid-Afrika geskenk. Rhodes se tussenkoms in die jare tagtig en negentig van die 20ste eeu het die grondslag van Suid-Afrika se rugbytoekoms gevorm. Percy Ross Frames was van 1888 tot 1897 die voorsitter van die Griekwa-rugbybond. Hy kan tereg as die stigter en vader van die huidige Suid-Afrikaanse Rugby-unie beskou word. Dit was onder sy voorsitterskap dat die Griekwas in
1888 aan ’n tussendorpse toernooi in Kaapstad deelgeneem het. In dié toernooi het Frames baie gou agtergekom die vertolking van die reëls verskil aansienlik van sentrum tot sentrum. Hy en R.L. Cousens het ’n reeks “regulasies” vir “oortredings” aangebring en dit na die destydse sekretaris van die Engelse rugbyunie, G. Rowland Hill, gestuur. Dié aanbevelings is deur die Engelse goedgekeur en by die reëls van die spel bygewerk. Dit was ook in die toernooi in 1888 dat Frames die noodsaaklikheid gesien het van een beherende liggaam om rugby in Suid-Afrika te organiseer. Dit is weens dié behoefte dat die Suid-Afrikaanse Rugbyraad in 1889 in die Craven-hotel in Kimberley
d i a y u B pkrag
ium Trust and Koo Samba, Pretor t 2014 Open 16 Augus
Huggies Dry Comfort Bulk Pack Size 2 - 66s, Size 3 - 58s, Size 4 - 50s or Size 5 - 44s
95
R
Per Pack
SAVE R35
gestig is en Frames die eerste voorsitter (1889-’93) daarvan geword het. Afgesien van talle interprovinsiale wedstryde het hy die tweede toets in Suid-Afrika, dié tussen Suid-Afrika en die Britse span van Maclagan, in Kimberley beheer. Op 29 Augustus 1891 is nog geskiedenis op die klipharde Eclectic-veld met dié toets in Kimberley gemaak. Dit was die tweede toets wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Die skeidsregter, wat ook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad was, én die kaptein, Bob Snedden, was almal inwoners van Kimberley. Dit was die eerste en tot dusver die enigste keer dat so iets in Suid-Afrikaanse rugby moontlik was. Ná Frames het ander bekendes soos Jacob Swart, Harold Bennett en James Leck gevolg, maar niemand het in die eerste ses dekades van die 20ste eeu rugbysake in die Noord-Kaap só oorheers soos dr. Norman Weinberg nie. Hy was van 1939 tot 1962 die voorsitter van die GWRU. Hy was in die Tweede Wêreldoorlog ’n medikus en was ewe bedrewe op die sokker-, rugbyveld, tennisbaan en in die bokskryt – hy was tydens sy studie aan die Universiteit van Liverpool in Engeland die studente se swaargewigbokskampioen. Hy was ’n ware heer. ’n Stil mens wat net gepraat het wanneer hy moes – en dán met groot takt. ’n Groot diplomaat wat oral agting afgedwing het.
Griekwas se bepalings DIE Curriebeker-reeks werk vanjaar ’n bietjie anders as die afgelope klompie jare. Griekwas is saam met die Cheetahs, die Sharks en die Pumas in een afdeling. Dié spanne speel in ’n dubbelronde teen mekaar, asook een wedstryd teen elke span in die ander afdeling. Die twee topspanne in elke afdeling dring na die halfeindstryd deur. Griekwas se bepalings vir die res van die Curriebeker-reeks is: Saterdag 16 Augustus: VS-Cheetahs t. GWK-Griekwas – Vrystaat-stadion, Bloemfontein Saterdag 23 Augustus: Steval Pumas t. GWK-Griekwas – Mbombela-stadion, Nelspruit Saterdag 30 Augus-
tus: GWK-Griekwas t. VS-Cheetahs – GWKpark, Kimberley Saterdag 6 September: Sharks t. GWKGriekwas – Kings Park, Durban Saterdag 13 September: GWK-Griekwas t. Pumas – GWK-park, Kimberley Saterdag 20 September: WP t. GWK-Griekwas – Nuweland, Kaapstad Saterdag 27 September: GWK-Griekwas t. Lions – GWK-park, Kimberley Saterdag 4 Oktober: GWK-Griekwas t. EP-Kings – GWK-park, Kimberley Saterdag 11 Oktober: Vodacom Bulls t. GWK-Griekwas – Loftus, Pretoria 17/18 Oktober – halfeindronde 25 Oktober – eindronde
Poublou van toe tot nou Frikkie van Rensburg
PRICE VALID 11-17AUGUST 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop
Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188396_20x3_Eng
TUSSEN die eerste Springbok, Harold Boyes (1891), en Lourens Adriaanse (2013) het die Griekwas 63 Springbokke opgelewer. Bob Snedden (1891), Jackie Powell (1903) en Uncle Dobbin (1912) het die eer gehad om die Bokke in ’n toets aan te voer. Onder die laaste klompie Springbokke was Dawie Theron (1996-’97) wat as speler én afrigter naam gemaak het. Theron het tussen 1988 en 2001 in 200 eersterangse wedstryde
gespeel – onder meer 59 vir die Cheetahs en 108 vir die Griekwas, asook 15 wedstryde vir die Springbokke.Theron was as speler betrokke toe Griekwas die eerste houer van die Vodacombeker in 1998 geword het en hy was die afrigter van die Griekwas toe dié beker in 2007 en 2009 ingeoes is. Hy is in 2011 as afrigter van die Suid-Afrikaanse o.20-span aangestel wat in 2011 (vyfde), 2012 (kampioen), 2013 (derde) en 2014 (tweede) op die Wêreldbeker-toernooi vir nasionale o.20-spanne geeindig het.
KIMBERLEY was vroeër dikwels die gasheer vir buitelandse toerspanne toe sulke spanne as deel van hul toere nog ge reeld teen provinsiale spanne gespeel het.
Foto’s: Africana-biblioteek
Maar intussen het ’n ander groot gees in Griekwa-rugby, Reg Haarhoff, sy stempel as sekretaris van die unie afgedruk. Hy was ononderbroke van 1914 tot 1953 in beheer van die administrasie van die GWRU. Hy is met erelidmaatskap van die GWRU vereer. Charlie Maris had die eer dat hy die voorsitter van die GWRU was toe Mannetjies Roux se Griekwas in 1970 die Curriebeker die derde keer gewen het. Wally Hammond was langer as 30 jaar voorsitter van die Griekwa-krieketunie en was van 1972 tot sy dood in 1977 die voorsitter van die GWRU. Hy het vir die Vrystaat en die Griekwas rugby en krieket gespeel. Hy was ook van 1950 tot in 1977 lid van die uitvoerende bestuur van die Suid-Afrikaanse Krieketunie, waarvan hy in 1967 en 1968 die voorsitter was. Hy was met sy aftrede die besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Permanente Bouvereniging. In die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu was die driemanskap van Ronnie Bauser (voorsitter), David Kaplan (ondervoorsitter) en Boo Sassin (sekretaris – tussen 1953 en 1981) ’n gewilde drietal beamptes van die Griekwas en van Suid-Afrikaanse rugby. Dit was veral Bauser wat diep spore in Kimberley gelaat het. Hy het hom as ’n provinsiale slot, skeidsregter, afrigter, administrateur en burgemeester van Kimberley onderskei. Jack Duvenhage, Jumbo Harris, die klub se drie Springbokke – Piet Visagie, Joggie Viljoen en Piet van Deventer – asook die junior Springbok Gert Schutte was in die 1970’s en 1980’s sinoniem met die Ammosalrugbyklub én die GWRU. Veral Harris het die sweep geklap en toegesien dat die Griekwas in dié tyd met Ammosal se bydrae aan die voorpunt was. Die voorsitters het mekaar redelik vinnig ná Bauser se uittrede in 1991 opgevolg: André Markgraaff (1992-’96), Tos Smith (1997 – 2000), Baby Richards (2001-’05), Dawie Groenewald (2006-’10) en die 28ste voorsitter sedert 1886 – Hennie van der Merwe (2010-’14). Markgraaff was in 1996 die Springbok-afrigter en hy het
daarmee in die voetspore van Ian Kirkpatrick in die 1970’s gevolg. Kirkpatrick was die afrigter toe die Griekwas in 1970 die Curriebeker verower het. Tos Smith het as speler diep spore in Griekwa-rugby gelaat. Hy het in 1970 die laaste vesting in daardie gedenkwaardige Curriebekereindstryd van 1970 teen Noord-Transvaal verdedig. Van der Merwe het Groenewald in 2010 vervang – hy moes van sy Griekwapresidentskap afstand doen nadat hy ’n pos as ’n onafhanklike direksielid van Saru aanvaar het. Een van die vereistes vir dié amp was dat Groenewald by geen unie betrokke mag wees nie. Van der Merwe het in 1997 as ’n kolonel in die SAPD afgetree. Hy was in die 1970’s tot die laat 1980’s in die amateur-era met Ronnie Bauser (voorsitter) ’n ondervoorsitter van die GWRU. Van der Merwe was jare ’n sameroeper van die Griekwa-keurkomitee. In die eerste 100 jaar het die GWRU tien sekretarisse gehad. Laurie Wiid, onderwyser van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, het Sassin in 1981 opgevolg en was tot in 1986 in beheer van die administrasie. Wiid was die tiende sekretaris van die GWRU sedert Fred Rorke (1886) die eerste was. In die afgelope 28 jaar was daar nege sekretarisse, want Pat Luyt het in 1987 by Wiid oorgeneem en hy was slegs ’n jaar in die stoel voordat Egbert Vermeulen in 1988 en 1989 die sekretaris was, gevolg deur dr. Jan Ras (1990-’92), Derick Blomerus (1993-’95), Marius Francken (1996-’03 – die eerste hoofamptenaar), Cassie Carstens (2004-’08), Laurie Lahoud (2008-’09) en die afgelope vyf jaar Arni van Rooyen (2009-’14). In die 128 jaar van die GWRU se bestaan was daar veral drie skeidsregters wat internasionaal opgetree het: Percy Ross-Frames (1891 – Suid-Afrika teen Brittanje in Kimberley); Lionel Oakley (1924 – Suid-Afrika teen die Britse Eilande in Kaapstad – hy was die groot dryfveer agter die stigting van die Suid-Afrikaanse Rugbyskeidsregtersvereniging) en Lammie Louw (1953 – Suid-Afrika teen Australië in Port Elizabeth).
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
MOTORS DIE Range Rover Sport. ’n Mens mag mos maar droom. Foto: Verskaf
Beste van 2 wêrelde Jannie Hennop VIR baie van ons, dalk die meeste, is ’n motor soos die nuwe Range Rover Sport grootliks irrelevant. Dit is nie die motor wat die gemiddelde salaristrekker kan bekostig nie; selfs dié met ’n stewige salaristjekkie sal maar sukkel. Maar ons mag mos droom. Nie begeer nie, net droom en wens. Wens dat ons ook een van die volledigste rygoed op aarde kan bekostig. Want dit is presies wat die nuwe Range Rover Sport is – so volledig dat jy nie sommer oor iets anders sal droom nie. Ons het ’n tydjie gelede al agter die stuur van die gewone Range Rover geklim en was grensloos beïndruk. Die Sport is grootliks op die gewone Range Rover geskoei, maar 75% van die vuurwa is uniek. Die RR Sport is ’n ruim sportnuts. Nie een wat hier en daar oor ’n sypaadjie by ’n skoolkonsert sukkel nie. Die Sport het volledige vierwieldryf wat laestrek, lugvering en ’n rits elektronika insluit, asook die beste grondvryhoogte en wielartikulasie in sy klas. Jy kan dus omtrent oral ry. Die grootste probleem is dalk die bande, wat meer vir ’n vinnige draai op ’n teerpad as vir bosryery ontwerp is. Van ’n vinnige draai gepraat, met ekstra bakbeheer, fermer demping van die vering, ’n stuur wat vir gevoelvoller terugvoering teen ’n hoë snelheid gekalibreer is en ’n paar elektroniese hulpmiddels kan jy nie net op ’n reguit pad nie, maar selfs deur draaie, ware sportsedans die skrik op die lyf jaag.
Primavera vol sjarme NOEM dit Vespa se straatkafee-fiets, die nuwe Primavera met die 1960’s-sjarme wat hy pas op die plaaslike mark losgelaat het. Die nuwe Primavera ry met ’n 155 cc-eensilinderenjin wat oor elektroniese brandstofinspuiting beskik. Die fiets het ’n staalraamwerk wat effe langer gemaak is as ander Vespas s’n sodat jou asafstand langer is vir meer stabiliteit. Die saal is ook laer gemaak en nou 78 cm bo die grond. Danksy die CVT-soort outomatiese ratkas hoef jy net die oor te draai om die dorp deur te kan skiet. Volgens Vespa kan jy die puik verbruik van twee liter per 100 km behaal as jy rustig ry (70 km/h). Met sy agtliter-brandstoftenk beteken dit ’n reikafstand van maklik 350 km. Nie net is hulle lig op brandstof nie, maar hul staalbakwerk en soliede konstruksie (enjin en bakwerk) maak dat hulle min instandhouding nodig het. Versienintervalle is elke 10 000 km. Die Primavera is in sy eie reeks kleure te kry – van MonteBianco-wit tot Crete Senesibruin – en as jy jou werklik in die Vespa-wêreld wil inleef, is daar ook ’n reeks toebehore wat jy saam met jou fiets kan aanskaf. Dit sluit goed in soos ’n sluittas, ’n windskerm, ’n chroomdrarakkie en besonderse valhelms.
Die vorige Sport, wat op ’n Discovery-onderstel gebou is, kon ’n mens maar senuweeagtig teen ’n hoë snelheid deur ’n draai maak. Dis iets van die verlede. Voeg daarby ’n gewigsbesparing van meer as 400 kg, beter wringstewigheid van die bakwerk en nuwe vering en die nuweling doen sy Sport-naam behoorlik gestand. Die ritgehalte bly steeds bogemiddeld goed. Dit is dalk nie heeltemal so sag soos in die gewone Range Rover nie, maar baie gemakliker as in menige groot sportsedan. Voeg daarby kookwaterverrigting deur die vyfliter- superaangejaagde V8 en die nuwe agtgang-outokas en ek waarborg jou min gaan jou vang. Die meegaande gebrul as jy die pedaal plattrap, die vinnige pedaalreaksie en blitsige ratwisseling is nie iets wat jy maklik elders aantref nie. Boonop gebeur als in ’n besonderse kajuit wat jou soos ’n vegvlieënier laat voel. Jip, die luukses en die hulpmiddels is almal in oorvloed daar. Die raakskerm waarop ’n klompie funksies beheer word, is wel effe verwarrend. Wat die res betref, is dit waarskynlik net ’n vlagskip-S-klas se kajuit wat jou meer spesiaal sal laat voel. En ook maar net-net. Daar word gesê jy kan nooit die beste van albei wêrelde hê nie. Dat daar nie iets is soos ’n suksesvolle kruising van ’n ware sportmotor met ’n ware veldryer nie. Dalk, ja, maar ’n voertuig soos die Range Rover Sport wys dit kan gedoen word. En boonop met ongekende styl. Range Rover het geslaag waar ander misluk het.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
LENINGS 1445
SERVICES and REPAIRS: To Kirby vacuum cleaners. 072 978 0832 Kimberley. PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194.
Hou skouspel ten bate van kankerlyers DIE Rozinda Ross Discodansgroep was een van die groepe wat op Kansa se jaarlike skou spel opgetree het. Meer as ’n 1000 mense het die geleentheid bygewoon. Van links is Sumarie Swartz, Anika Pain, Lelani Schoeman, Tarryn Smith, Angelique Pool en JeanMarie Ridgard. Foto’s: Lecrecia Prins
SAKE
GELEENTHEDE 2415
CHOCOLATES, SWEETS, BISCUITS drinks. Distribution opportunity. Start your own bussiness. Profitable, successful. Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net
Die Kankervereniging van SuidAfrika (Kan sa) het verlede week sy jaarlikse skouspel aangebied. Dié geleentheid is deur meer as ’n 1000 mense bygewoon. Verskeie sangers en dansgroepe van Kimberley het opgetree. Van links is Natasha Francis, Roselyne Thei fane, LeeAnn Steenkamp en Beata Mmine.
Kansa se skouspel was vanjaar ’n groot suk ses en al die kaartjies vir die vertoning was uitverkoop. Van links is Cynthia Fortune, Vi nesh Anoop, Rathie Anoop en Kerwin Sa muel wat ’n koppie koffie tydens die pouse geniet.
BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF
TE KOOP
3605
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ADMIN CLERKS NEEDED for copy/paste datawork. SMS full name and address to 081 886 0315 or e-mail to: d.jobbuzz05@gmail.com VERKOPE & BEMARKING 3760
ALLERLEI 1845
FRIDGE/FREEZER REGAS AND REPAIRS. R380. 072 997 4024.
AVON IS OFFERING an earnings opportunity in the Northern Cape. Start today! SMS your name and NK to 079 037 0087.
KANSA het weer vanjaar sy Jail and Bailprojek gehou. Verskeie besigheids of pro minente mense word in hegtenis geneem en daarna moet hulle geld insamel om hul “borgtog” te betaal. Hier is Anneke Kruger van Honey Zzoom (regs) en haar assis tent, Evelyn Seeco (links), by ’n lid van die polisie se taktiese eenheid wat hulle “in hegtenis geneem het”. Seeco het ’n groot bohaai opgeskop toe Kruger in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf
Talle in boeie vir Kansa Lecrecia Prins
SOEK, KOOP, VERKOOP
WERKERS van verskeie besighede was verlede week geskok toe hulle moes toekyk hoe hul werkgewers en kollegas “in hegtenis geneem is”. Vir liefdadigheid. Jail and Bail is ’n geldinsamelingsprojek van Kansa. Sowat 20 tot 25 besigheidsmense en bekendes in Kimberley word deur die projek genader en gevra om daarby betrokke te raak. Hulle word dan deur die polisie se eenheid vir taktiese reaksie “in hegtenis geneem” en moet geld om borgtog ten bate van Kansa bymekaarmaak. Vanjaar het die “tronkvoëls” sowat ’n maand tyd om hul borgtoggeld bymekaar te maak en die hoop is dat elkeen R10 000 bymekaar sal maak. “Leza Graaff en kapt. Grace Bruce, sowel as die taktiese eenheid, gee elke
jaar vir ons ongelooflike samewerking. “Kansa is heeltemal van geldinsameling afhanklik om dienste te kan lewer en bied daarom projekte soos Jail and Bail, Skouspel, Matrieknooi, Pink Walk, en die Shavathon aan,” sê Leone Taljaard van Kansa. Die “tronkvoëls” kan nou innoverend wees in hul pogings om geld in te samel en kan kollegas, vriende, familie, besighede en dies meer om skenkings nader of hulle kan projekte aanpak waardeur hulle geld kan genereer. Dit hang van hulle af wat hulle graag wil en kan doen. Die groot geleentheid waartydens die “verhoor” gaan plaasvind (en hulle vrygelaat gaan word) is op 13 September by die Flamingo-casino. Die “tronkvoëls” gaan die oggend ’n ontbyt by die casino geniet waarna hulle ’n draai deur die dorp gaan ry.
FRANS WESSELS van die Konfederasie van Werkgewers van SuidAfrika (Cofe sa) is ook “gevang”.
GERHARD VAN ROOYEN van Triover voer is ook deur die polisie se eenheid vir taktiese reaksie vir Kansa se Jail and Bailprojek in hegtenis geneem.
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
DIE vreugdevure het hoog gebrand toe die Hoërskool Dia mantveld Saterdag die Classic Clash teen die Hoërskool NoordKaap met 2412 gewen het. Honderde Diamant veldleerlinge het op die veld gestorm toe die eindfluitjie blaas. Hier staan die span in ’n kring ná die sege met hul ondersteuners rondom hulle. Foto’s: Emile Hendricks
Diamonds verbreek wendroogte Hannes Nienaber DIE eerste rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het Saterdag op sy tuisveld ’n droogte van sewe jaar teen die Hoërskool Noord-Kaap verbreek. En was die lafenis van die sege van 24-12 nie lekker vir die span van die Diamonds nie.
HENRI ROSSOUW het die eerste spyker in Noord-Kaap se doodskis geslaan toe hy Diamantveld se eerste drie gedruk het. ROBBIE PETZER was een van sy span se uitblinkers en het sewe punte met ’n drie en ’n doelskop tot sy span se totaal bygedra.
RIKUS ZWART van Noord-Kaap aan die hardloop met die bal.
Dié span het vir 60 minute van die kragmeting die soort rugby gespeel wat, indien hy dit kan herhaal, sal beteken dat hy nie maklik in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir medium-skole) gestuit gaan word nie. Volksblad, moederkoerant van Noordkaap, is ’n medeborg van die kompetisie. Diamantveld kon Noord-Kaap laas in 2007 troef en was op daardie dag met 25-0 baas. Die wenspan het Saterdag by die afbreekpunte met Janco Cloete aan die voorpunt die oorhand gehad. Northerns se agterhoede se swak balverspreiding het die span die meeste in die steek gelaat. Diamonds se ster was sonder twyfel sy losskakel, Gerco Nortjé, wat met sy taktiese skopwerk, balverspreiding en uitmuntende besluitneming vir Noord-Kaap probleme veroorsaak het. Die span se kaptein, Nardus Bosman, het sy span met sy voorbeeld gelei. Diamonds se verdediging was rotsvas. Vir Noord-Kaap het sy twee slotte, Rikus Swarts en Bradley Leijdekkers, in die vastelos en in die lynstane goeie spel gelewer. Northerns se Geo Davel het vroeg in die wedstryd tien minute in die koelkas deurgebring nadat hy deur die skeidsregter, Lourens van der Merwe, ’n geelkaart toegeken is. Diamantveld sal nou teen die kampioen van die Vrystaatse A1-liga in die halfeindstryd van die Shimla-liga te staan kom. Northerns sal teen die Griffons se kampioen te staan kom. Diamantveld se driedrukkers was Henri Rossouw, Nico Roets, Keaton Gordon en Etdeon Greyvenstein. Gerco Nortjé het met twee doelskoppe geslaag. Noord-Kaap se punte het gekom van drieë deur Ulrich Sellar en Robbie Petzer, en ’n doelskop deur Petzer. ) Met Noord-Kaap se ander spanne het
ONDERSTEUNERS van die twee skole het hul spanne geesdriftig aangemoedig. Hier wys Diamantveld-ondersteuners hul kleure.
dit heelwat beter gegaan. Sy o.14A-span het maklik met 46-0 gewen, die hoogste telling wat NoordKaap die afgelope 10 jaar teen enige span van Diamantveld behaal het. Die o.19B-span het met 17-14 gewen, die o.16A-span met 9-6 en die o.15Aspan met 8-7. Die o.15B-spanne het met 14 elk gelykop gespeel.
JP ROETS, een van Diamantveld se driedrukkers, in aksie.
MARETH HUGO, hoof van Diamantveld, en Henk Brand, hoof van Noord-Kaap, wens Noord-Kaap se span sterkte toe ten tyde van die voorstelling van die twee spanne voor die wedstryd.
JUBELENDE Diamantveld-spelers storm op die veld om hul spanmaats geluk te wens nadat die eindfluitjie geblaas het.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 13 AUGUSTUS 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Star keeps medals flowing
TRISTAN CHELSEA BOCK (13) was chosen as Noordkaap’s Let’s Play Sports Star of the Month for July for her achievements in rhythmic gymnastics. She currently is a member of the Rhythmia Gymnastics Club in Kimberley and is coached by Tazmiah Francis. Tristan has an array of great achievements. In rhythmic gymnastics competitions 2014 (level 2) she won gold medals in the local club competition in Kimberley in May for the ball dance routine as well as the hoop dance routine. She also won gold as the best performer in both routines and was awarded a tiara as the best gymnast of the day. At the rhythmic gymnastics club competition in Bloemfontein in June this year, she won gold medals for the ball dance routine as well as the hoop dance routine. She was also the best performer in both routines and was placed first for the highest score of the day, which also earned her two gold medals. At the rhythmic gymnastics team trophy competition, also held in Bloemfontein, she also won gold medals for the ball dance routine as well as the hoop dance routine. She was also the best performer in both routines, for which she was awarded a gold medal. At the South African Gymnastics Federation’s qualifying competition she also won gold medals for the ball dance routine as well as the hoop dance routine. At the interprovincial rhythmic gymnastics competition at the University of the Witwatersrand last year she won gold in the ball dance routine and silver in the hoop dance routine and tied for first place for the best performer in both routines. She also received a silver medal for the
Northern Cape – one of four gymnasts with the highest score awarded with a trophy. Her dream is to become the best gymnast in the country and to motivate her peers to become active. Send your SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month nomination for school learners between the ages of 6 and 18 today (nominations received before the 20th of each month will be included in that month’s selection). You can email your nomination to supersport@zpr.co.za or fax it to 086-552-4922. For more information, please call Lynne Landman or Juanré Viviers at Z PR on 051-522-9574.
Griekwas hou by plan Gerdie Karstens DIE Griekwa-rugbyspan gaan niks verander aan sy benadering vir sy Curriebeker-wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs nie. Die Poubloues het Saterdag in die eerste ronde van die rugbyskouspel met 31-24 teen die Haaie verloor, ’n wedstryd waarin hulle 73 minute met 14 spelers moes klaarkom. Die senter Jonathan Francke se gevaarlike duikslag op ’n Haaie-speler het beteken hy is deur die skeidsregter, Craig Joubert, met ’n rooikaart gestraf en het dus die res van die wedstryd misgeloop. Wat gevolg het, was ’n karakterbelaaide vertoning deur die Poubloues
waar hulle so byna die kastaiings uit die vuur gekrap het nadat hulle rustyd met 18-3 agter was. Die buurstryd teen die Vrystaat is tradisioneel ’n taai wedstryd, maar die Poubloues se afrigter, Hawies Fourie, sê daar sal geen veranderings gemaak word aan hul wedstrydplan vir Saterdag se tweestryd in Bloemfontein nie. “Ons het ’n sekere plan vir die Haaie gehad, maar was op die agtervoet nadat ons die rooikaart gekry het. Ons gaan nie vir die Vrystaatkragmeting daaraan torring nie. “Ons fokus nie op die individu nie, maar op wat ons as span op die veld wil regdoen,” het
Fourie gesê. Een van die liplekker tweestryde wat verwag word, is tussen die Griekwas se skrumskakel, Tian Meyer, en sy voorganger by die Poubloues, Sarel Pretorius. Pretorius het sy rugbyloopbaan by die Noord-Kapenaars begin, maar het hom later by die Vrystaat aangesluit. Meyer en Pretorius is albei opwindende, aanvallende spelers en hulle behoort mekaar deeglik te beproef. Dieselfde geld die stutte Steph Roberts en Maks van Dyk. Saam met Ryno Barnes vorm hulle ’n ervare voorry vir die Griekwas wat straks die Vrystaat se onervare manne voorlangs opdraande kan gee.
TRISTAN BOCK
Photo: Supplied