Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 20 Augustus 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Kby-paaie herstel VERSKEIE paaie in Kimberley word nou herstel en motoriste sal van tyd tot tyd dalk ompaaie deur sekere dele van die stad moet volg. Hier word die pad in Lyndhurstweg herstel.
Foto: Lecrecia Prins
Lecrecia Prins MOTORISTE sal die volgende paar maande geduldig moet wees terwyl die Sol Plaatje-munisipaliteit opknappingswerk aan paaie in die stad doen. Die projek behels dat die stad se hoofingange herstel en herseël word om die lewensduur van die paaie te verleng. Ander paaie in die stad wat nog herstel moet word, is onder meer Pnielweg, Memorialweg en die N12
na Kaapstad, Dalhamweg, Phakamile Mabidjastraat en Lennoxstraat. Ander strate in woonbuurte vorm ook deel van die opknappingswerk. Sello Matsie, kommunikasiehoof van die munisipaliteit, sê al die werk kan ongeveer ses maande duur. “Alles moontlik sal gedoen word om so min moontlik ontwrigting te veroorsaak. Strate sal halfpad gesluit word om toe te laat dat motoriste dit steeds kan gebruik
en indien die straat heel versper moet word, sal ompaaie aangedui word. Enige pad wat gesluit word, sal net ’n paar dae toe wees en dit sal nie ’n week oorskry nie.” Willem Doman, DA-raadslid, sê hy is dankbaar en baie positief oor die bykomende geld wat bewillig is om die paaie reg te maak. “Ons besef die ongerief daarvan, maar motoriste sal geduldig moet wees. Ons besef ook die gedeelte om die feesterrein sal dringend voltooi moet word voor die Gariep
Kunstefees.” Doman sê hulle het klagtes ontvang die munisipaliteit verwyder die ou teer nie onmiddellik nie en laat dit op hopies lê. Van die gate in die woonbuurte verg langer tyd om gevul te word. “Daar is baie strate wat eerder heeltemal herseël word. Ek hoop vorentoe sal toestande beter wees. Kimberley se probleem met paaie sal egter nooit opgelos word indien ’n verbypad vir vragmotors nie gebou word nie. Die vragmotors
vernietig die paaie. Ons sal heeltyd herstelwerk moet doen.” Sharon Steyn, uitvoerende hoof van Nokki, sê die munisipaliteit het gesê hy gaan die paaie herstel en hy het. “Hoe lank die teer gaan hou, weet ons nie, omdat ons nie weet hoe goed die teer is wat die kontrakteurs gebruik nie. Ons moet dankie se aan Sol Plaatje vir die teer en dat motoriste na alternatiewe roetes verwys word – mense moet net geduldig wees.”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
Nog inwoners tronk toe vir liefdadigheid KIMBERLIETE is vir liefdadigheid deur Kansa “in hegtenis geneem”, omdat hulle misdade van welwillendheid gepleeg het. Hulle word R10 000 beboet, omdat hulle nie vyf groentesoorte per dag geëet het nie. Hulle het tot 13 September om geld vir Kansa se Jail and Bail-projek as “borgtog” in te samel. Die “tronkvoëls” kan skeppend
wees in hul pogings om geld in te samel en kan kollegas, vriende, familielede, ondernemings ensomeer om skenkings nader of hulle kan projekte aanpak waardeur hulle geld kan genereer. Die groot geleentheid waarop die “verhoor” gaan plaasvind (en hulle vrygelaat gaan word) is op 13 September in die Flamingo-casino.
WIAN, MILAN EN MICKE VAN DEN BERG is op 26 Junie in Kimberley gebore. Willie en Suzanne van den Berg is die ouers van die drieling. Foto: Karin Muller
Drie nie kinderspeletjies Karin Muller DIT word maklik gesê ouers het hul hande vol met hul kinders, totdat jy met Willie en Suzanne van den Berg kennis maak wat pas ’n eersteling-drieling ryker geword het. Dan besef jy wat dit beteken om letterlik jou hande vol te hê. ’n Mens sal ver moet soek om twee trotser ouers as Willie en Suzanne te kry. Hulle is trots op die drieling, maar ook op mekaar. Willie en Suzanne is albei 30 jaar oud en onderskeidelik ’n apteker en ouditeur van beroep. Milan, Wian en Micke is op 26 Junie in Kimberley gebore. Hoewel daar geen komplikasies was nie, moes hulle die daaropvolgende paar weke in die intensiewesorgeenheid bly om hul ideale gewig te bereik. Suzanne moes weens ’n komplikasie die eerste vyf dae ook in die intensiewesorgeenheid deurgebring. “Dit was vir my baie moeilik omdat hulle in twee verskillende hospitale was,” sê Willie.
“Dit was ongelukkig nie die enigste uitdaging nie.” Met die intrapslag, op sy eerste besoek aan die babas, is hy gevra om borsmelk te bring, aangesien borsmelk, nie formulemelk nie, vir vroeggebore babas aanbeveel word. Hulle is intussen voeding toegedien, maar die druk op Willie om borsmelk te bring het meer geword. “Ek het besef ek moet ’n plan maak en wou eerder ’n kans waag met iemand anders se borsmelk as wat al drie babas dalk iets oorkom. Ek het my dilemma op Facebook genoem. Die reaksie was oorweldigend.” Suzanne sê Willie het die krisis self gehanteer en haar eers later daarvan vertel. “Mans is nie veronderstel om ’n plan te kan maak met die soort ding nie en hy het dit sowaar reggekry,” sê sy laggend. Drie weke later is Micke ontslaan. “Ons was baie bly daaroor, maar het vinnig besef dit sou die volgende uitdaging wees. “Dit was makliker toe al drie op dieselfde plek was. Ons moes
beurte maak om hospitaal toe te gaan of my ma het in besoektyd kom help.” ’n Week later is Wian ontslaan en nog ’n week later Milan. Willie en Suzanne vorm ’n goeie span. “Ons het nie elkeen vasgestelde pligte nie, ons doen alles saam.” Suzanne is baie dankbaar vir die ondersteuning van haar werkgewer wat haar toegelaat het om die laaste twee maande van haar swangerskap van die huis af te werk toe die dokter aanbeveel het dat sy tuis bly. Willie praat opgewonde oor die ondersteuning van die vroue by sy werk wat meer ondervinding met kinders as hy het en dat hulle baie tegemoetkomend is. “Dit was ’n groot skok toe ons gehoor het Suzanne verwag ’n drieling, maar indien drie babas ’n mens soveel plesier verskaf, hoop ek die volgende swangerskap is ook drie,” sê Willie grappenderwys. Hulle sê vir eers pak hulle die lewe dag vir dag en mylpaal vir mylpaal aan.
JUAAN MYBURGH van LiuGong het hom nie so maklik in hegtenis laat neem nie.
MURIEDA ALEXANDER van Pick n Pay Royldene is een van vanjaar se "tronkvoëls".
Besoek www.noordkaap.co.za
vir nog foto’s en video’s of om aanlyn deur vorige uitgawes van Noordkaap te blaai.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
Skrywer speel al 7 André Botha
Geskenkbewys op die spel
Chris Vorster is te sien in Affairs vir Dom koppe.
CHRIS VORSTER (Ryno van 7de Laan) speel die rolle van sewe karakters in Affairs vir Domkoppe wat op 28 Augustus om 15:00 in die Eureka-teater te sien is. Vorster het ook die stuk geskryf. Die stuk gaan oor ’n filmregisseur wat aan sy rolprentspan verduidelik wat in die rolprent Affairs vir Domkoppe gaan gebeur. Die sewe karakters sluit in skreeusnaakse weergawes van onder andere Steve Hofmeyr, Hannes Müller, Marius Weyers, Kurt Darren, Nico Panagio en Louis van Niekerk. Vorster speel telkens die karakter oor wie hy praat. Die vindingryke rolverdeling is slim, snaaks, skerp en manies met baie woorde om te verteer. En beslis nie subtiel nie Indien jy nooit na goeie raad luister nie, kom luister na dié raad. As jy nooit jou les leer nie, kom leer jou les hier. Net soos enige mens wat matriek het nooit ’n Alfa sal koop nie, net so is daar sekere reëls wanneer dit by die kies van ’n skelmpie kom. ’n Affair is soos ’n toets wat uit 100 punte tel. Selfs al kry jy 99,9% dop jy. Die een oomblik droom jy van blomme en bye en die volgende oomblik is jou blom gepluk en die bye steek jou. Chris gee klas oor alles wat mans nie moet weet nie. Die regie is deur Pierre van Pletzen, alias Oubaas van 7de Laan. Die ouderdomsperk is 14 jaar. Kaartjies kos R100.
Foto: skaf
Ver-
DIT is weer tyd vir Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. ’n Leser kan in dié kompetisie ’n geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall wen. Dit is ’n maklike kompetisie en baie pret. Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap verskyn. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. Onthou, dit moet die een wees met die diamant in die middel daarvan. As jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsy waarop die logo verskyn se nommer na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. ’n Wenner word uit die inskrywings aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Soek, stuur ’n SMS en jy kan die gelukkige wenner van die geskenkbewys wees. Die
RENETTE BEYLEFELD (links), die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie, ontvang haar geskenkbewys van Simoné Crafford van die sentrum. Foto: Verskaf SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en ook in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
De Priester wy sy nuwe produksie aan meesters Noord-Kaapse kantoor JAK DE PRIESTER het ’n opvolgproduksie vir sy baie gewilde stuk De Priester en een Kerkorrel geskryf. Dié nuwe produksie gaan beslis groot aftrek op die Gariep Kunstefees kry. Die produksie se naam is Kramer, Krog en Kerkorrel. De Priester en een Kerkorrel het gehandel oor die invloed wat Johannes Kerkorrel se musiek op De Priester se lewe, asook sy musiekloopbaan, gehad het. David Kramer, Antjie Krog en Kerkorrel was drie van die grootste invloede op De Priester se musiek- en skryfloopbaan. Hy meen dit is die stories wat David Kramer in musiek omskep het, die gedigte van Antjie Krog wat hy al van skooljare af opgeslurp het en die ongelooflike werk van Johannes Kerkorrel. De Priester sing nie gereeld musiek wat deur ander mense geskryf is nie, maar bogenoemde skrywers se werk is bo-aan sy lys om wel te sing sou dit gepas wees. Vir die produksie Kramer, Krog en Kerkorrel het Jak liedjies gekies wat stories vertel. Daar is ook temas waaroor al die skrywers geskryf het. De Priester het vyf nuwe liedjies geskryf wat by die temas van dié skrywers en ikone aansluit. Die produksie word as komies en roerend beskryf – bekend, maar heeltemal onbekend. De Priester is op 29 Augustus om 20:00 in die Eureka-teater te sien. Die kaartjies kos R100.
JAK DE PRIESTER
Foto: Verskaf
Wen só NOORDKAAP gaan nog vir ses lesers elkeen ’n dubbelkaartjie na een van die vertonings op die Gariep Kuierfees weggee. Al wat jy hoef te doen, is om ’n SMS na 45533 te stuur. Begin die SMS met “NK Gariep”, gevolg deur jou naam, van en telefoonnommer. Die volgende drie wenners van ’n dubbelkaartjie elk sal volgende week aangewys word en in Noordkaap aangekondig word. Die week se drie wenners is Stephen Quinn, Melissa Edith Human en Chevonne Bartlett. Kaartjies kan op 27 Augustus by die kantoor van Volksblad en Noordkaap afgehaal word.
3
Om aan ‘n ONDERLINGE
VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ‘n
FAMILIE te behoort.
In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope ses jaar het AVBOB meer as R2.5 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde GRATIS begrafnisvoordele* sluit in:
• ‘n GRATIS basiese begrafnis • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika
Hoekom?
Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd.
Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. VFD 20656. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
Onderwys moet reggeruk word DIE eerste keer in ’n lang tyd kom daar sinvolle voorstelle van die regering oor hoe begin kan word om die onderwys reg te ruk. Die aanbevelings van die ministeriële taakspan van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, om die matrieksertifikaat te verbeter ondervang baie van die huidige kritiek op die matriekuitslae. Een van die belangrikste aanbevelings is die verspot maklike slaagsyfer moet van 30% na 40% verhoog word. Net dié aanbeveling sal daartoe bydra dat die waarde van die matrieksertifikaat hoër aangeslaan sal word. Ander goeie aanbevelings is dat alle skole wiskunde moet aanbied, dat lewensoriëntering as matriekvak geskrap moet word en dat nasieners en moderators hul bevoegdheid moet bewys voordat hulle aangestel word. Die taakspan het bevind die onbevoegde nasieners het ’n rol gespeel in punte wat te hoog was. ’n Ernstige voorbehoud oor die
aanbevelings is dat punte nie om politieke redes aangepas moet word om ’n beter slaagsyfer te behaal nie. Die punte moet ’n werklike weerspieëling van leerlinge se vermoëns wees. Motshekga se geesdriftige aanvaarding van die voorstelle is verblydend. Sy en die regering moet weet dit is net die eerste stap om die waarde en beeld van die matrieksertifikaat te verbeter. Die onderliggende probleme in die onderwys moet terselfdertyd aangepak word. Die beproefde resep van suksesvolle skole – en dit is veral die ou model C-skole – moet op sukkelende township-skole toegepas word. Die kernbestanddele van die resep is goeie skoolhoofde, toegewyde onderwysers en gedissiplineerde kinders. Daarby moet ouers by hul kinders se opvoeding en skole betrokke wees. Suid-Afrika bestee ’n stewige deel van die begroting aan onderwys, maar kry nie die gewenste opbrengs op die belegging nie. Dit moet reggestel word.
DIE landdroshofgebou van blouklip in Beaconsfield is in 1884 voltooi nadat die hoeksteen in 1881 gelê is. Dutoitspan is op 8 Desember 1871 as die landdrosdistrik vir die Pniel-gebied geproklameer. Die hoofhof is egter later na Kimberley verskuif. Die hof in Dutoitspan het toe die status van addisionele resident-landdroshof gekry. ’n Polisiekantoor, ook van blouklip, is langs die hofgebou opgerig (die buitemure daarvan is aan die linkerkant agter die hofgebou sigbaar). Die polisiekantoor is in die 1970’s afgebreek. Die resident-hof in Beaconsfield is in 1918 afgeskaf, maar hofsittings is nog tot in 1939 van tyd tot tyd in die hofgebou gehou. In 1954 is die Beaconsfield-hof amptelik afgeskaf. Die gebou het daarna die Beaconsfield-poskantoor gehuisves. Die poskode was 8315. In 2000 is die poskantoor gesluit en deur ’n agentskap in die K&B-supermark in Beaconsfield vervang. Dit was een van verskeie kleiner poskantore landwyd wat gesluit is. Die gebou is later verkoop. Dit is in 1981 as nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Staan steeds fier
4
Foto: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
‘Daar is niks tyd vir ons’ Hannes Noëth EK en hy het sommerso op ’n ou motorband gesit en gesels. Vir my om met die lang bene so kruisbeen by hom te gaan sit is nogal moeite. Daar was nou nie juis ’n ander plek of tyd nie. Sy ouers het gevra ek moet ’n bietjie met hom gesels. Op sewe jaar huil ’n mens nog maklik, maar so emosioneel soos wat hy is, kan hulle nie met hom huishou nie. Nou sit ek by die klein lyfie. Iets moet tog pla. Hy mik die kant en dan daardie kant toe. Hy sê dit gaan nie goed met hom nie. Dit klink asof die wêreld teen hom is. Dan, skielik, begin die skouertjies ruk en die trane loop en loop net. “Ek mis my ma, sy werk te veel.” Net daar huil ’n klein lyfie hom gedaan, omdat hy sy ma mis. Sy het nooit gewerk nie, ekonomiese omstandighede het meegebring dat sy moet gaan werk. Almal kan dit tog verstaan. Maar daardie klein lyfie mis sy ma. Wanneer hy met haar wil gesels, dan moet sy werk. Wanneer hy wil speel, dan moet hy
sagter, want sy wil werk. Wanneer hy by haar wil gaan lê, moet sy werk. Sy koop vir hom ’n roomys, sy koop vir hom ’n speelding, sy koop vir hom ’n DVD. “Sy dink ek is te klein om te weet dat sy my net wil besig hou sodat sy kan werk.” Ná die trane kom die woede. “Sy werk, werk, werk net.” Voor my sit ’n klein seuntjie wat diep sug. “Ek mis my ma. Daar is niks tyd vir ons nie, niks nie.” Ek en hy gesels nog so ’n rukkie, dan gaan praat ek met Pa en Ma. Ja, hulle erken die laaste maande het alles wild gegaan. Hulle hoor hom – so mooi. Vyf dae later sit ek en hy op dieselfde band. Hy blom. Hy en sy ma het gaan melkskommel drink, hy het haar gehelp werk, hy mag by haar kuier. Hy sê: “Oom, al werk my ma, mis ek haar nie meer nie.”
Kietsies gee taal karakter Karin Muller EK het met ’n verskeidenheid troeteldiere grootgeword. Aangesien die klomp diere op ons erf slange, muise, honde en voëls ingesluit het, was daar ongelukkig nie plek vir ’n kat ook nie. Dit was eers nadat ons onlangs met ’n kat in aanraking gekom het dat ek weer besef het hoe beskrywend die Afrikaanse taal is. Ons het eerstehands uitgevind waarom daar van kattekwaad gepraat word en waar die uitdrukkings die kat uit die boom kyk en ’n benoude kat maak benoude spronge vandaan kom. Ons weet nou hoe dit voel om die kat aan die stert beet te hê en het uitgevind dat jy beslis nie ’n kat sonder handskoene aanpak nie, veral nie as die arme dier beseer is nie. As die kat weg is, is die muis baas,
maar in ons geval die honde ook. Die spreekwoord vir die kat kwaad wees en die hond skop, het moontlik sy bestaan te danke daaraan dat die kat hopeloos te rats is. Die arme hond. As ’n kat eers sy intrek in jou huis en in jou hart geneem het, kan jy verstaan dat daar soveel uitdrukkings is wat van ’n kat se gedrag afgelei is. Daar is baie uitdrukkings wat met baie ander diere te make het, maar dit is asof ’n mens veral in elke gedragspatroon van ’n kat iewers ’n uitdrukking kan raaksien. Dalk omdat hulle so astrant en onafhanklik is. In die middernagtelike ure, indien hy nie soos altyd vroeg tuis aangemeld het nie en iewers kattemaai, lê ek oop-oog en hoop die uitdrukking die kat kom weer is ook waar.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014 DIE NG gemeente Kimberley (Newton) bied op Vrydag 22 Augustus en Saterdag 23 Augustus ’n tuinboukermis op die kerkterrein op die hoek van Long- en Blackstraat, Kimberley, aan. Kom kuier saam en besigtig ’n verskeidenheid stalletjies met plante en tuinornamente, asook versierings van kwekerye en ander instansies. Die kerk bied ’n teetuin in ’n rustige atmosfeer met heerlike eetgoed en musiek aan. Kom koop en verfraai jou tuin vir die komende lente en somer. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Norma Pieterse by 082-452-3663. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Die plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligting na noordkaap@volksblad.com, faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
‘Aitsa’ nou op webblad Unique Jacobs DIE Aitsa, die Hoërskool Diamantveld se skoolkoerant, is amper 40 jaar oud en sal nou die eerste keer digitaal op Noordkaap se webblad beskikbaar wees. Retha Vos, koördineerder van die Aitsa, sê met die koerant wat nou digitaal beskikbaar gaan wees, gaan hulle ook baie meer mense bereik. “Ons oudleerlinge lees ook graag die koerant. Hulle is nog baie aktief en sal dit baie geniet. Hopelik kan die ouers ook nou die koerant lees. Die leerlinge koop dit, maar ons weet nie of dit by die ouers uitkom nie.” Vos sê die kinders geniet dit baie om aan die koerant te werk en sy dink hulle leer nogal baie daardeur. Die koerant se redaksiespan wissel elke jaar tussen so 15 en 30 leerlinge. Die kernredaksie is die gr. 11-leerlinge, maar leerlinge van gr. 8 tot gr. 12 neem ook daaraan deel. Die koerant word ook elke jaar vir Media 24 se Nasionale Skolekoerantkompetisie ingeskryf. Om jou skool se koerant ook op die webwerf te laat laai e-pos ’n PDF-formaat van jou koerant vir Candice Williams by candice.williams@media24.com en spesifiseer dat jou koerant op Noordkaap se webwerf geplaas moet word.
Timer saves energy CONSIDER the benefits of installing a geyser timer to save on energy costs. This is a simple device that controls the time when your geyser comes on and switches off. With the geyser permanently on, every time the water temperature in the geyser falls below the set temperature, it will switch on to return the temperature to where it needs to be. The biggest need is usualy first thing in the morning if hot water is required and then at night for showers and baths. The timer can be set to switch the geyser off once everything has been done at night, and only back on again the next morning, so it does not run all night.
SAIOSH MEETING: The South African Institute of Occupational Safety and Health (Saiosh) is hosting a meeting on 28 August at the Free State Residential Care Centre in Bloemfontein.
Discussions are on emergency response regarding incidents and accidents in the workplace and emergency spill response. It starts at 13:30. Registered Saiosh members will earn 1
Continuing Professional Development (CPD) point. For bookings (before 25 August) contact Johan van Wyngaard on 083-534-2377 or fsbranch@saiosh.co.za.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP LONG STREET
Onderneming bied toerusting te huur AS jy lief is vir tuinmaak, maar nie al die gereedskap byderhand het nie, is Talisman Plant Hire die perfekte plek om te besoek. Met takke in die NoordKaap en Vrystaat verhuur hulle toerusting uit wat enigeen vir sy doen-dit-self-
takies kan huur, maak nie saak hoe groot of klein die werk is nie. Die besigheid het in 2010 in Schmidtsdriftweg in Kimberley geopen. Hulle verhuur ook masjinerie. Pieter Crause is die takbestuurder in Kimberley.
TWO of Kimberley’s oldest schools can be seen in this view of Long Street. On the right is the St Francis Xavier Catholic School, the oldest school in Kimberley dating to 1882. The school was established as an educational institution for Indian and coloured boys and girls. The school was closed at the end of 1975 in terms of the Group Areas Act. The building, which still exists, has had many uses since then. On the left is the Newton Primary School which has its origins in the undenominational school system in 1883 when it was established as the only parallel medium school in the Cape Colony north of the Orange River. The original school building was on the corner of Long and Black Street. In 1890 control of the school was handed over to the Cape Education Department. To cater for the growing needs of the community a much larger building was erected on the corner of Long Street and the Dutch Memorial Square. It was opened on 21 November 1902. The school again moved to new premises, this time to the corner of Halkett Road and Conrad Street, in October 1966. This picture appears in the book A decade of me mories, Kimberley in the 1960’s by Richard Oliver.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP LONG STREET
Koffie sy spesialiteit INDIEN jy ’n groot voorliefde vir koffie het, is die De Ou Kalahari Deli die plek vir jou. Dié nuwe winkel het op 1 Februarie vanjaar in Longstraat oopgemaak. Die winkel se sukses word daaraan toegeskryf dat die koffiebone hier in die winkel gerooster word. Van die agt beste koffiebone in die wêreld verkoop De Ou Kalahari Deli vier. Die bone word ook verkoop en Premium- bodemlose koffie word bedien.
Die koffiebone word van Kaapstad af bestel, omdat die stad ’n baie ryk koffiekultuur het. Volgens Ben Burger, mede-eienaar van De Ou Kalahari Deli, maak hulle ook die lekkerste droëwors en biltong in die winkel. Burger se broer Lucas is die ander eienaar van De Ou Kalahari Deli. De Ou Kalahari Deli is nie net bekend vir sy koffie en biltong nie, dit is ook ’n gewilde volledige restaurant wat ’n wye reeks geregte bedien. Die T-been-biefstuk is hoog in aanvraag.
Kwekery dié plek vir opkikkering
THE Eazy Gardener-kwekery Schmidtsdriftweg in Kimberley.
in
Foto: Verskaf
Kry hier hulp met boedels FLIPPIE BECKER is ’n onafhanklike finansiële beplanningsonderneming. Die onderneming, wat in 2000 vir sake geopen het, spesialiseer in beleggings, boedel-beredding en testamente. Flippie Becker, die eienaar van die onderneming, is ’n gekwalifiseerde finansiële beplanner. Die onderneming het in 2012 na Longstraat verskuif en het op die oomblik vier werknemers.
MET die lente op pad is dit ’n goeie tyd om jou tuin te verfraai. Vir nuwe blomme en plante is The Eazy Gardener die perfekte beginpunt. Die kwekery verkoop ’n verskeidenheid tuin-ornamente en fonteine om die voorkoms van die tuin op te kikker. Dié kwekery, waarvan die voorkoms ook opgekikker is, is op 1 Augustus heropen. Volgens Kyle Christie, eienaar, is The Eazy Gardener die bes toegeruste kwekery in Kimberley met ’n verskeidenheid mooi blomme en plante. Die kwekery word deur twee landskapargitekte met jare se ondervinding bestuur. Kyle Christie is die eienaar en Debby Whyte is sy vennoot.
www.noordkaap.co.za
7
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
Regterstuur-Mustang kom DAAR is ’n klompie ikone in die motorwêreld en Ford se Mustang is beslis een van hulle. Die Mustang is die afgelope 50 jaar nie amptelik hier verkoop nie, omdat dit net met ’n linkerstuur beskikbaar was. Hier en daar is die stuur deur ombouers na regs geskuif, maar in wese het dit ’n Amerikaanse ryding gebly met alles wat dit impliseer. Maar vroeg volgende jaar verander alles. Dan kom die nuwe Mustang ook hierheen met ’n stuurwiel wat van die staanspoor regs sit. Dit is nie net ’n stuurwiel aan die regterkant wat nou die wêreld se verskil maak nie. Die nuwe een is tegnies en meganies baie nader aan iets wat in die kieskeurige Europese mark maklik sy voete sal vind. Kortweg – die Mustang se ponies sal voortaan die wêreld
vol kan galop met baie groter gemak as voorheen. Onder die enjinkap is ’n paar verrassings. Die nuwe Mustang sal die eerste van die spiertiere (muscle cars) met ’n turbo-enjin wees. Asof dit nie genoeg is nie, sal die 2,3 liter-model ook met vier silinders minder moet klaarkom as wat tradisioneel die geval is. Indien die oktaanvlakke in jou bloed met dié nuus skielik daal, is dit te verstane. Luister egter eers na wat die turbo uit die EcoBoost-kragbron loswoel. Ford sê die poniekar se nuwe enjin sal 228 kW en 440 Nm losdraf. Dit is glad nie te versmaai nie. Vir die petrolkoppe wat die no substitute for cubic inches-filosofie glo, is daar self goeie nuus. Die ander enjin is ’n vyfliter-V8 met ’n stewige 320 kW
en 536 Nm. Presies hoe vinnig die twee tot by 100 km/h of oor die kwartmyl sal kan galop, weet ons nog nie, maar van ’n gesukkel gaan daar nie sprake wees gegewe die kragsyfers nie. Die nuwe Mustang het ook ’n splinternuwe veerstelsel. Dit is belangrik, aangesien die Mustang die hantering-ding sonder die finesse van Europese mededingers gedoen het. Vastrap was wisselvallig en kan seermaak sou dinge buite beheer raak. Wat gaan die galoppende ponies jou kos wanneer dit hier wiel aan wal sit? Ford wil nog nie uitwei oor die prys en spesifikasievlak nie, maar ’n raaiskoot sal so R300 000 tot R400 000 vir die 2,3 liter-model wees en ’n verdere R50 000 tot R100 000 vir die V8-model. Dit is bespiegelings, maar ons kan nie wag vir die ikon se koms nie.
Vir meer video’s en foto’s besoek gerus Noordkaap se webtuiste by www.noordkaap.co.za of lees die aanlynkoerant vir nog nuus.
WEN WIELE! Teken in: Druk of Digitaal
SMS:‘MEDIA24’
31069
Tien gelukkige intekenare gaan wegry in ’n splinternuwe Chevy Spark - Is dit dalk jy? Teken in voor 22 Oktober 2014 om te wen. Bestaande intekenare is reeds ingeskryf. R1.50 per SMS. Gratis SMS’e geld nie. Foutiewe SMS’e sal verreken word. Intekening op drukuitgawe van publikasies in ooreenstemming met publikasies se verspreidingsgebiede. Skakel 0861 233 531 vir die intekenkoste van die publikasie/s van jou keuse. Slegs intekenare met debietorderbetalings sal in aanmerking kom. Nuwe intekenare se debietorder sal eers geprosesseer word voor kompetisie-inskrywing geldig is. Kompetisie sluit op 22 Oktober om 12:00 en alle intekenare wat voor of op hierdie datum ingeteken is met geprosesseerde debietorder kom in aanmerking. Bepalings en voorwaardes geld. Besoek ons webblad vir volledige bepalings en voorwaardes: www.selfhelp.media24.com/wen
e: intekenare.nuut@media24.com / t: 0861 233 531
DIE regop stafieligte agter is tipies Mustang.
KTM spog met motorfiets van die jaar Dirk Jordaan KTM se straatboelie, die 1290 Super Duke, is vanjaar se Pirelli-motorfiets van die jaar. Die wenner is tydens die Amid-motorfietsskou se openingsgeleentheid by Nasrec, buite Soweto, aangekondig. Twee fietse van BMW, die S1000R en die waterverkoelde R1200GS Adventure, was onderskeidelik tweede en derde.
Nege benoemdes is oor twee dae op ’n verskeidenheid roetes in Mpumalanga getoets. Die S1000R is deur die meeste van die joernaliste op die paneel as hul gunsteling aangewys, maar eindelik het die groot KTM die meeste algehele punte aangeteken. Die ander benoemdes was die Ducati 899 Panigale, Ducati Monster 1200, Suzuki V-Strom, Kawasaki Z1000, Yamaha MT-09 en Yamaha MT-07.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
DIE departement van wetenskap en tegnologie het van 4 tot 9 Augustus sy nasionale Wetenskapweek aangebied. Leerlinge in al nege provinsies het die geleentheid gehad om aan verskeie wiskunde- en wetenskap-verwante take deel te neem. Noord-Kaapse leerlinge het op 7 Augustus by die Christian Brothers' College in Kimberley bymekaargekom vir die sewende jaarlikse Hip2B² ProNutro iThink-uitdaging. Die tema vir vanjaar se wetenskapweek was Vandag se weten skap, môre se wêreld. Hier is leerlinge van St. Patrick-kollege van links Joshua Martin, Yannis Glagnos, Patrick Mathews, Jacobie Brand, Marianne de Bruin en Chara Glynos. Foto: Verskaf
Plant donates 110 uniforms LEARNERS from the Waterworks Primary School in Riverton were delighted when they received school uniforms for winter and summer donated to them by Droogfontein Solar Power. The school comprises 110 learners from the local Riverton area as well as surrounding farms, many of whom have never owned uniforms before. “This donation will not just have an impact on the learners from the surrounding farms but also on the local learners, as most parents are unemployed and rely on social grants to provide for their families,” said Wilfred Sell, principal at the Waterworks Primary School. During a presentation to the school Mpho Makhetha, Droogfontein Solar Power’s plant manager, took the opportunity to demonstrate to the learners how electricity is produced from the sun. “We are thrilled that the school’s curriculum covers the importance of energy saving and the basics of renewable energy,” said Makhetha. According to Sell the uniforms will also enhance the pride of the learners towards their school. “Since becoming principal in 2012, we have struggled to get our learners clothed in the school’s uniform, so this donation will make that dream come true.”
MPHO MAKHETHA, Droogfontein Solar Power’s plant manager, took the opportunity to demonstrate to the learners how electricity is produced from the sun. Photo: Supplied
'n UITSTALLING oor Kimberley en die Noord-Kaap se betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog is in die Africana-biblioteek te sien. Boeke oor die rebellie-fase (toe Afrikaners teen die regering in opstand gekom het en gesê het hulle gaan nie vir die Engelse veg nie) is ook op uitstalling, asook verskeie poskaarte en telegramme. Die uitstalling is tot einde Augustus in die biblioteek te sien. Hier staan Richard Oliver by die boeke oor die rebellie-fase. Foto: Lecrecia Prins
9
LENA WILLEMSE en Duncan Diraditsile van die Jannie Brink-skool het die Junievakansie aan die Spesiale Olimpiese Spele in Durban deelgeneem. Die hulpafrigter Werner Louw (regs) het die twee leerlinge vergesel. Diraditsile het ’n goue medalje gewen en Willemse ’n silwermedalje. Foto: Verskaf
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
BETREKKINGS
PERSOONLIKE DIENSTE
LENINGS 1445
ALGEMENE & HUISDIENSTE R1 000 - R50 000 consolidation loans. SMS ID to 071 879 3721 or fax 086 536 5201.
3600
ADMINISTRATIEF
ALLERLEI 1845
The service and repairs of KIRBY vacuum cleaners. Call 072 978 0832. Kimberley
TE KOOP
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
BETREKKINGS
PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. SAKE
GELEENTHEDE 2415
CHOCOLATES, SWEETS, BISCUITS DRINKS Distribution opportunity Start your own business Profitable, successful Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net EIENDOMME
TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
SOEK, KOOP, VERKOOP
BELGRAVIA: TUINWOONSTEL Een slaapkamer, badkamer en kombuis. R2 500 p.m. Tel. 053 832 6378 na 17:00.
3605
ONLINE JOB! Part time/full time/own hours. Earn up to R1 500 per day with TISSA. All members get accepted! Secure your job today! SMS name and postal/email address for a full info brochure to: 073 282 1018.
VERKOPE & BEMARKING
ALGEMEEN 3680
3760
Media24 is op soek na 'n organiseerder/afleweraar in Barkley-Wes vir die verspreiding van tydskrifte en koerante. Moet diens 1 September 2014 aanvaar. Skakel Granston 073 878 0136 of 051 404 7939.
AVON IS OFFERING an earnings opportunity in the Northern Cape. Start today! SMS your name and NK to 079 037 0087.
NAALDWERKSTER GESOEK. SKAKEL 061 472 2402.
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
SPORT
Diamantstad se sportsterre gesoek IS jy sportief? Weet jy van iemand in jou skool of gemeenskap wat goed in sport vaar? Werk jy hard by jou skool, in jou gemeenskap of in die gimnasium om jong mense aan te spoor om aan sport deel te neem? Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-kompetisie hoor graag van die Diamantstad se sportiewe jong mense. Noordkaap en SuperSport se Let’s Play-sportster van die maand-kompetisie het reeds in Februarie begin. Die kompetisie is oop vir deelname vir enigeen tussen ses en 18 jaar oud. Van al die inskrywings wat maandeliks ontvang word, word een benoemde as die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir Noordkaap gekies. Dié wenner ontvang ’n Let’s Play-geskenkpak.
Inligting oor die wenner word ook op Let’s Play se webtuiste en die kompetisie se Facebook-blad geplaas. Teen die einde van die jaar word ’n algehele wenner as Noordkaap se SuperSport Let’s Play-sportster van die jaar aangewys. Benoemings ontvang voor die 20ste van die maand sal by daardie maand se benoemings ingesluit word. Benoemings wat ná die 20ste van elke maand ontvang word, sal na die volgende maand oorgedra word. Benoemings moet die volgende insluit: naam, ouderdom en ’n kort paragraaf (minder as 200 woorde) van prestasies in sport. Inskrywings moet ook die spesifieke aansoeker se kontakbesonderhede bevat. Stuur dit na supersport@zpr.co.za of gerdie.karstens@sport24.co.za.
Swem in Amerika
Oorhandig truie CHARL BOUWER (links), ’n voormalige Paralimpiese swemmer, en Johann van Heerden het einde Julie na Pasadena, Kalifornië, vertrek om aan die Pan Pacific-swemkampioenskapsbyeenkoms deel te neem. Lees volgende week in Noordkaap hoe hulle gevaar het. Foto: Verskaf
VERSKEIE van die Hoërskool Noord-Kaap se oud-eerstespanspelers was voor die skool se Classic Clashes-wedstryd teen die Hoërskool Diamantveld teenwoordig om die eerste span se truie te oorhandig. Van links is, voor: Rohan Victor, Zandre Swartz en Luke Mason; agter: Divan Strauss, Dawie Swanepoel, PJ Vermeulen (Griekwas), Divan Esterhuizen, Gilbert Chalmers en Shaun Clarke.
OUDSPELERS van die Hoërskool Noord-Kaap wat met die oorhandiging van die truie betrokke was, is van links Shaun Clarke, Hillford Clarke, Gilbert Chalmers, Ryan de Wee en Luke Mason. Foto’s: Verskaf
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 20 AUGUSTUS 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
FIGHTING for possession. Griquas flanker Marnus Schoeman (middle) battles with Free State lock Francois Uys in the two sides’ Currie Cup encounter in Bloemfontein on Saturday. Flanker RJ Liebenberg (left) and centre and captain, Wayne Stevens (right), are lending a helping hand to the Peacock Blues. Photo: Charl Devenish
Plenty of work ahead Sports Editor GRIQUAS have a lot of hard work ahead of their Currie Cup encounter against the Pumas in Nelspruit this week after losing 27-34 to the Free State Cheetahs in Bloemfontein on Saturday. Despite scoring four tries, the Griquas coach, Hawies Fourie, was unhappy with his side’s performance on the day. “We got two points from the game, but that doesn’t change the fact that we are very disappointed with the result,” Fourie said. “We had one or two soft tries against us, and one or two brilliant individual efforts from someone like Sarel Pretorius. He is a guy that thrives on turnover possession and the try he scored against us against the run of play made all the difference.” Fourie admitted his side would have to regroup and rethink their commitment if they were to challenge for a spot in the semi-finals later in the season. “We need to change our approach with regards to commitment. We didn’t look like we wanted to play rugby. It looked like the guys jogged all the way from Kimberley
before they ran out onto the field. That is something we must rectify during the coming week.” The Free State Cheetahs coach, Rory Duncan, has lauded his side for a much-improved effort against the Peacock Blues. “This was a much better performance than the one we delivered against the Pumas in Nelspruit last weekend,” Duncan said. “We still made lots of mistakes, but that is a sign of a new team. We were much better on attack and defence and created lots of opportunities to score from, although we did not capitalise on all of them.” Even though they gained some confidence from the victory, Duncan said there was still plenty of work to be done before they faced the Sharks in Durban next weekend. “Our defence during the last eight minutes of the game wasn’t good enough. We wanted to keep them out, but in the end they managed to score two tries for the bonus point. “We need to make better use of the chances that are presented to us. We felt we left 20 points out on the pitch that we didn’t score,” Duncan said.
Taai stryde verwag André Botha
DIE Hoërskool Diamantveld, Griekwas se kampioenspan, reis Saterdag Bloemfontein toe om in die een halfeindstryd van die Shimla-liga teen die HTS Louis Botha, die Vrystaatse kampioen, te speel, terwyl die Hoërskool Noord-Kaap se span in Bethlehem teen die Hoërskool Voortrekker, die Griffons se topspan, gaan speel. Die wenner van dié liga is die amptelike kampioen van die Vrystaat en Noord-Kaap. Indien Diamantveld die eindstryd haal, sal dit die derde keer wees dat hy dit regkry. Noord-Kaap het die titel die afgelope vyf jaar gewen. Die drie unies maak beurte om twee spanne in die halfeindrondes te hê, en dit is vanjaar die Griekwas se beurt om twee spanne na die halfeindrondes te stuur. Northerns, die Griekwas se naaswenner, kwalifiseer daarom ook. Die twee skole se o.15A-spanne speel teen onderskeidelik Jim Fouché van Bloemfontein (Diamantveld) en die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Noord-Kaap) in die
halfeindronde van die Volksblad-liga. Diamantveld het vroeër vanjaar naelskraap met 13-15 teen Louis Botha verloor. ’n Taai stryd kan dus verwag word. Albei spanne se vertonings het ’n opwaartse kurwe deur seisoen getoon. Hulle het twee gemeenskaplike teenstanders gehad: Landboudal en Duineveld. Diamantveld het Fichardtpark met 21-14 en 29-24 geklop, en Landboudal met 27-6 en 27-22 verslaan. Louis Botha het met 32-8 teen Landboudal en met 54-14 teen Fichardtpark gewen. Voortrekker sal in Bethlehem ’n taai stryd vir Noord-Kaap verseker. Voortrekker sal ook graag die bordjies wil verhang nadat hy verlede jaar in die halfeindronde deur Noord-Kaap uitgeskakel is. Noord-Kaap en Voortrekker het ook twee gemeenskaplike teenstanders gehad: Hentie Cilliers van Virginia en Diamantveld. Noord-Kaap het Hentie Cilliers met 40-12 geklop, en Voortrekker het met 33-13 teen dié span gewen. Albei het teen Diamantveld verloor, Noord-Kaap met 12-24 en Voortrekker met 17-20.