Noordkaapnk 20140827

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 27 Augustus 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Klippies het 22 in sop

NVG lê beslag op R43 miljoen, bates van verdagtes diamantsaak Lecrecia Prins

MILJOENE rande se borggeld is Maandag in die landdroshof betaal toe 11 van 22 aangeklaagdes altesaam meer as R2,7 miljoen moes opdok om nie ’n nag in die selle deur te bring nie. Die beskuldigdes word aangekla van die onwettige handel in ongeslypte diamante. Die Valke het Vrydag om 04:00 op die niksvermoedende verdagtes toegeslaan en hulle Vrydagmiddag aangekla. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se beslagleggingseenheid het ook tien beslagleggingsbevele vir bates van R50 miljoen verkry. Daar is tydens die klopjag op kontant van R43 miljoen, vyf eiendomme en vier voertuie beslag gelê. Die eenheid gaan glo op nog bates beslag lê. Nog inhegtenisnemings word ook verwag. Die beskuldigdes is Ashley Brooks, Sarel van Graaff, Karel van Graaff, Frank Perridge, Willem Weenik, Patricia Lenyibi, Collen Carey, Ahmed Mahmoed, Patrick Mason, Kevin Urry, Trevor Pikwane, Mc Donald Visser, Antonella Florio-Poone, Edward Poone, Donovan Morolong, Hester Ingala, Antonio Ingala, Bassel Nasser, Mohammed Ahmed, Jeremy Fisher, Manaj Detroja en Komilan Packirisami. Lenyibi is op borgtog van R50 000 vrygelaat, Florio-Poone het borgtog van R500 000 gekry en Poone is op borgtog van R150 000 vrygelaat op voorwaarde dat hulle hulle een keer per week by hul naaste polisiekantoor aanmeld. Hester Ingala en Antonio Ingala is albei op borgtog van R125 000 vrygelaat, Nasser het borgtog van R250 000 gekry en Ahmed borgtog van R350 000, ook almal op voorwaarde dat hulle hulle een keer per week by die polisiekantoor die naaste aan hul huis aanmeld. Mahmoed se borgtog is van R400 000 na R250 000 verminder, maar indien hy van die geld waarop beslag gelê is, eis, gaan sy borgtoggeld verdubbel. Detroja is op borgtog van R450 000 vrygelaat en Packirisami op borgtog van R400 000. Visser is ook op borgtog van R80 000 vrygelaat. Die verhoor is tot 13 Oktober uitgestel wanneer al die klagte gesentraliseer moet word, omdat van die transaksies in Johannesburg aangegaan is. Aansoek sal by die direkteur van openbare vervolging gedoen word sodat die verhoor

Kom maak ’n draai vir pret

DIT is feestyd in Kimberley! Die Gariep Kunstefees begin môre in die stad en die feesterrein was die afgelope paar dae reeds ’n miernes van bedrywighede soos alles gereed gekry is. Die pretpark sal soos altyd een van die gewildste vermaaklikhede op die fees wees. Lees binne meer oor wat alles aangebied word. Foto: Emile Hendricks in Kimberley kan plaasvind. Die beskuldigdes in ’n verwante saak is Brent Lunt, Spriro Loverdis, Xeuwei Yang, Michael Urry en Andrew Pedisane. Hulle moet weer op 15 September verskyn.

Hul borgtogbedrae wissel van R5 000 tot R500 000. Almal, behalwe Pikwane, moet hulle op ’n gereelde grondslag by die polisie aanmeld. Almal moet ook hul paspoorte indien.

Die hofsaal was vol ondersteuners en toeskouers. Bykomende banke moes in die hofsaal ingedra word sodat al die beskuldigdes sitplek kon kry.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014 BLADE NZIMANDE, minister van Hoër Onderwys en Opleiding, het die amptelike raad van die Sol Plaatje-universiteit aangekondig. Van links is prof. Yunus Ballim, tussentydse hoof van die universiteit, Nzimande en Jenny Glennie, ondervoorsitter van die raad. Ballim se termyn is verleng totdat die nuwe raad ’n permanente hoof aangekondig het. Foto: Lecrecia Prins

Raad bring kennis van talle oorde Lecrecia Prins DIE nuut ingehuldigde raadslede van die Sol Plaatje-universiteit is lede wat ’n verskeidenheid soorte kennis na die tafel bring. Van die lede (sien berig hiernaas) is in beroepe soos prokureurs, regters en lektore. Ander het weer ’n sake-agtergrond. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gister die lede bekend gestel en sy dankbaarheid teenoor die tussentydse raad uitgespreek. Nzimande het gesê die

tussentydse raad het baie van die aanvoorwerk gedoen, soos die ontwikkeling van die visie en missie van die universiteit. “Ek is tevrede met die toegewydheid waarmee julle ’n leeromgewing geskep het.” Hy het gesê die regering is toegewyd om stelsels vir die nuwe universiteite te versterk om seker te maak hy bereik die beoogde aantal studente. “Ons wil saam met ons instansies werk. Ons is die slagoffer van ons eie sukses omdat ons groei, maar infrastruktuur hou nie by

nie. Universiteite moet lektore kan oplei sodat kolleges versterk kan word en betogings nie elke jaar moet plaasvind vir studente om toegang tot universiteite te kry nie.” Hy het raadslede ook aangemoedig om by werksessies betrokke te raak, omdat sommige van die lede die eerste keer in ’n raad dien. “Wees ambisieus en sê ons wil ’n wêreldklas-universiteit wees.” Yvonne Mokgoro is die voorsitter van die raad en Jenny Glennie die ondervoorsitter.

Goolam Akharwaray is die munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit. Prof. Yunus Ballim is die interim-hoof van die Sol Plaatje-universiteit. Lawrence Blanckenberg is die IT-bestuurder by die Sol Plaatje-universiteit. Mercia Bloem is die uitvoerende direkteur van Standard Bank SA Ltd. Ralph Clarkson is ’n afgetrede geoktrooieerde rekenmeester. Hy dien tans in die beplanningsen infrastruktuurkomitee van die Universiteit van Zoeloeland. Prof. Annettte Combrink het ná haar aftrede by die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom by plaaslike politiek en verskeie gemeenskapsprojekte in Potchefstroom betrokke geraak. Dr. Edward Dakora is ’n senior lektor en hoof van die kleinhandel en besigheidsbestuur-program by die Sol Plaatjeuniversiteit. Jennifer Glennie is die stigtersdirekteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afstandsonderrig. Johane Hlatywayo is ’n geografie- en onderwys-

dosent by die Sol Plaatjeuniversiteit. Regter Hennie Lacock is die ondervoorsitter van die Nasionale Raad van Korrektiewe Dienste. Abel Madonsela is die streekbestuurder van openbare en korporatiewe sake by De Beers. Thabo Moshe is ’n eerstejaar-onderwysstudent by die universiteit. Solomon Motsumi is ’n student aan die universiteit en studeer vir sy diploma in kleinhandel en besigheidsbestuur. Dr. Yvonne Muthien is ’n dosent aan die Universiteit van Natal en die Universiteit van WesKaap. Sy is ook die stigtersuitvoerende direkteur van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing en is ook staatsdienskommissaris. Julius Mutyorauta is ’n eksplorasie-geofisikus en dien as raadslid vir twee olie- en gaseksplorasiemaatskappye in Suid-Afrika. Dr. Zenzo Ncube is die programhoof en senior dosent van die inligtingstegnologieprogram by die universiteit. Busisiwe Ndawonde is

’n biologiedosent aan die universiteit se onderwysfakulteit. Mandla Ndzilili is die hoof van personeel in die premier se kantoor. Faith Nkonyane is ’n maatskaplike werker en ’n koshuishoof aan die universiteit. Prof. Vishnu Padayachee is ’n afgetrede ekonomieprofessor en ’n buitengewone professor aan die Instituut vir Sosiale en Ekonomiese Navorsing aan die Rhodes-universiteit en het al in verskeie direksies gedien. Regter Violet Phatshoane is ’n regter van die hooggeregshof in Kimberley. Dr. Sejako Senatle is ’n senior advokaat in ’n private praktyk. Dr. Etienne Slabbert het hom in 2010 by die Absa-Barclays-groep aangesluit en in sy huidige rol hanteer hy algehele tegnologiese leierskap. Hy is verantwoordelik vir die kleinhandelbesigheidsbank, asook digitale, kaart- en argitektuurtegnologiespanne van al die sakegebiede binne Absa en Barclays se Afrika-groep.

MENSE kan dié Saterdag hul eksemplare van Charné Kemp se boek, Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamptreurspel, laat teken. Die boektekening is op 30 Augustus tussen 11:00 en 12:00 in die CNA-tak in die NoordKaap-inkopiesentrum. Die boek sal ook te koop wees. Lali van Zuydam, Pretoria News, skryf die volgende oor Kemp se boek: This book is a perfect example of how journalists should write books – with thorough research, understanding of the community and input from the family. ) Pro Plants-kwekery en Carine Beylefeld bied ’n babakompetisie vir babas van 0 tot 6 maande en 7 tot 12 maande aan. Die wenners word op Vrydag 5 September om 15:00 in die Pro Plants-kwekery aangewys. Sluitingsdatum is 4 September. Inskryfgeld is R20 en sluit ’n jumbo kleurfoto in. Vir navrae bel Carine Beylefeld by 083-453-5253.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Pret vir kleinspan

Groot sterre vereer

Unique Jacobs

André Botha THEUNS JORDAAN, David Kramer en Louis van Niekerk is die kunstenaars wat vanjaar Diamantstad-Sterreweg-eerbewyse op die Gariep Kunstefees gaan ontvang. Dié eerbewyse is al ’n hele paar jaar ’n tradisie op die fees en verskeie bekende kunstenaars is al voorheen só vereer. Jordaan se gewildheid word bewys deurdat hy met verkope van meer as 1 miljoen CD’s en die een topverkoper ná die ander spog. Liedjies soos Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van my Hart en Net voor die storm kom was van die grootste treffers in Afrikaans die laaste paar jaar. Sy eerste album, Vreemde Stad, was een van die suksesvolste debuutalbums nog. Jordaan is altyd ’n gunsteling op die fees en vanjaar behoort nie anders te

THEUNS JORDAAN

DAVID KRAMER

LOUIS VAN NIEKERK

wees nie. Sy eerbewys word Saterdag om 17:00 in die Castle-tent op die feesterrein aan hom oorhandig. Kramer is ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy musiek is ’n verkenning van die Suid-Afrikaanse identiteit in sy liedjies en ook musiekproduksies wat hy geskryf en geregisseer het. Hy het in 2005 ’n Lewenslange GMTprestasie-eerbewys ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek, een van verskeie kere dat hy deur verskillende instansies vereer is. Hy het op 25 April vanjaar ’n eredoktorsgraad in filosofie van die Universiteit van Kaapstad (UK) ontvang. Hy is vanjaar in Stokoud en Splinternuut op die fees te sien. Sy eerbewys word Vrydag in die Castle-tent aan hom oorhandig. Van Niekerk het geen bekendstelling

aan TV-kykers of teatergangers nodig nie. Hy het reeds jonk begin toneel speel en in 1955 saam met Hermien Dommisse en Truida Louw by die Volksteater betrokke geraak. In 1963 het hy by die destydse Truk as vryskut-akteur begin optree. Daarna het talle optredes op die verhoog en in TV-reekse gevolg. Hy was in meer as 60 rolprente en TV-reekse te sien. In 1990 is hy met die erepenning vir toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en ook die Gerhard Beukes-eerbewys vereer. Hy het in 2005 ook die ATKV se gesogte Afrikoon-eerbewys ontvang. Van Niekerk is vanjaar op die fees in Deon Opperman se bekroonde produksie Boesman, My Seun te sien. Sy Sterreweg-eerbewys word Vrydag in die Castle-tent oorhandig.

Oliphant wen geskenkbewys danksy diamant-logo SANNA OLIPHANT is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan ’n geskenkbewys van R200 in die sentrum se kantoor afhaal.

Deelnemers moet seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van. ’n Paar mense het vergeet om dit te doen en kon nie vir die trekking in aanmer-

3

king kom nie. Die logo is die een waarin ’n klein diamant verskyn, nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe vir die volgende ronde van die kompetisie dop.

OP vanjaar se Gariep Kunstefees is daar aktiwiteite vir jonk en oud. Daar is alles van musiek en produksies tot ’n kos-en-kunsmark en natuurlik die pretpark vir kinders en waaghalse. ’n Reeks produksies word ook aangebied om jonger feesgangers te vermaak. Liewe Heksie is terug, maar dié het ’n bietjie van verjaardae vergeet en daarom kom sy haar eerste verjaardag in Kimberley vier. In Liewe Heksie en die rolskaatse is Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla) die nimlike Heksie en Deon van Zyl is Karel Kat, Geelheks én koning Rosekrans. Dié produksie is Saterdag (30 Augustus) om 11:00 in die Newton-teater (Laerskool Newton). Lollos 6 Lallaland is nog ’n kinderproduksie in die Newton-teater. Kleingoed kan Vrydag (29 Augustus) om 14:00 lekker saam met die inwoners van Lallaland sing en dans. ) Besoek www.gariepfees.co.za, stuur ’n e-pos na info@gariepkunstefees.co.za of skakel 053-832-5014/7 vir feesinligting.


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Bekende baken in Beaconsfield DIE Phoenix-hotel op die hoek van Sentraal- en Kaapstadweg in Beaconsfield bestaan reeds sedert 1886 toe George Giloi dit geopen het. Dit het in ’n stadium een van 40 kroeë in Beaconsfield gehad. Dit was een van die eerste kroeë in die destydse dorp wat ’n dranklisensie gekry het. Dit was skuins oorkant Beaconsfield se stadsaal en was in Beaconsfield se vroeë bestaansjare ’n gewilde bymekaarkomplek vir die delwers. Onder die bekendste eienaars was Goldie en Claire Mehl wat die hotel baie jare besit het. ’n Kroeg met die naam Phoenix is later deur Rudolph Giloi by Jonesstraat 75 geopen en dit was só gewild dat ’n biertuin ook begin is. Die Olympia-rolskaatsbaan was naby die kroeg en mense het graag ’n kuieraand op die baan in die kroeg afgesluit. Die rolskaatsbaan het later ’n bioskoop geword en die kroeg het steeds die plek gebly om die aand by af te sluit. Die Rose Cottage in Curreystraat is later aangekoop en daarmee het die Phoenix-kroeg die Phoenix-hotel geword. Die twee hotelle met dieselfde naam het mense egter verwar en die Phoenix in Jonesstraat se naam is na Hotel Phoenix Garden verander. Dié hotel in in 1963 gesluit en die Mutual-sentrum is nou op die terrein. Bedrywighede by Beaconsfield se Phoenix is nog in volle gang.

Ondersteun kunstefees DIT is feestyd in Kimberley. Die volgende paar dae gaan Kimberliete en baie besoekers van buite die stad saam ontspan in die wêreld van die kunste wanneer die jaarlikse Gariep Kunstefees gehou word. Min mense besef waarskynlik hoeveel werk vooraf gedoen moet word om só ’n fees moontlik te maak. Dit verg fyn beplanning, kophou, diep dink en nóg fyner beplanning. Elke liewe dingetjie moet reg verloop anders kan dit ’n kettingreaksie tot gevolg hê wat eindelik die verskil tussen ’n suksesvolle of ’n onsuksesvolle fees kan beteken. Ná 15 jaar loop die wiele van die

Gariep Kunstefees egter glad en feesgangers kan soos altyd na ’n fees vol hoogtepunte uitsien. Die organiseerders het baie moeite gedoen om van die beste kunstenaars in die land Kimberley toe te bring. Dit is belangrik dat die kunstenaars ondersteun word, en dat dit vir hulle so ’n aangename ervaring is dat hulle graag wil terugkom. Vir die stad is die fees jaarliks ’n ekonomiese inspuiting met mense wat van so ver soos Upington kom om te kom fees hou. Ondersteun dus die fees in groot getalle om te verseker dié waardevolle bate bly aanhou flonker. En geniet dit.

Foto’s: André Botha en Africana-biblioteek

Groot probleme, klein treë

PORKY BANGER SAVER

R24.90

Hannes Nöeth AS daar nou een ding is wat vir my duidelik is, is dit dat jou kinders as volwassenes nie noodwendig minder moeilikheid vir Pa en Ma beteken nie. Inteendeel, ek het baie al moes hoor dat ouers sug en sê dat hulle nie weet waar hul kinders se maniere of optrede nou skielik vandaan kom nie. Volwasse kinders kan vir hul ouers groot moeilikheid beteken. Groot kinders kan hul ouers baie, baie seer maak, soms sonder dat ’n mens dit enigsins verwag. Net soveel seën kinders kan wees, net soveel seer kan hulle ook veroorsaak. Toe ek dié dag met Ma en Middelseun gesels, het ek besef sy is nou ’n goeie voorbeeld van iemand wat hiervan kan getuig. Van ’n ma en ’n pa wat oor die jare heen hard probeer het, maar wie se middelste seun net anders as die ouer en jonger broer is. Pas weer is sy verlowing verbreek, het hy sy werk verloor en moeilikheid gemaak. Ma soek ’n antwoord, sy weet nie regtig waarheen en hoe met so ’n volwassene wat nie wil hoor nie. Sy het hom reg geleer, reg gelei, reg voor

hom geleef, maar ai, hy wil nie hoor nie. Hoe oorleef sy met so ’n kind? Sy het ’n goeie antwoord: “As die moeilikheid groot is, moet ’n mens klein treë gee.” Dié seun het haar geleer om klein treë te gee. Daar kom tye in ’n mens se lewe dat groot treë nie gaan help nie, dan moet jy stukkie-stukkie beweeg. As die moeilikheid op sy grootste is, is dit sulke tyd. Dan moet jy klein treë gee en deur die klein treë kom jy stuk-stuk waar jy moet wees. Ons is geneig om te dink dat groot probleme groot oplossings vra. Ons dink groot moeilikheid kan net met groot treë opgelos word. Hierdie ma het my ’n heeltemal ander perspektief op groot moeilikheid gegee. In groot moeilikheid, gee jy klein treë. In die volksmond is daar ’n sê-ding wat lui dat ’n mens ’n olifant happie vir happie moet eet. As die moeilikheid groot is, gee klein treë.

Alles in natuur het sy plek Karin Muller

1 EGG, PORK BANGER, GRILLED TOMATO, SMALL CHIPS AND TOAST MAXI’S KIMBERLEY 053 832 7111 TERMS & CONDITIONS APPLY

’n PAAR dae gelede het die skilpad die eerste keer sy verskyning gemaak sedert die groot koue sy vastrapplek gekry het. Stadig, voetjie vir voetjie, het hy vorentoe gebeur. Versigtig, asof hy nie heeltemal seker was van die omgewing nie. Toe het hy skielik die onsekerheid afgeskud en na die langer, groen grassies naby die voetpaadjie koers gekies. Hy het daaraan begin smul asof hy nog nooit geëet het nie. Die opwinding was groot. Die somer is op pad. Die natuur weet wat om te verwag. Verlede jaar, ongeveer hierdie tyd, het ’n vriend van my na die blomme in Namakwaland gaan kyk. Toe ek hom drie weke later raakloop, het ek hom oor die blommeryk uitgevra. Hy het nukkerig verduidelik dat daar geen blomme was waar hy voorheen na die blomme gaan het kyk nie. “Net ’n mors van tyd en diesel,” het hy onderlangs

gebrom. Twee dae ná ons gesprek het dit onverwags op plekke in Namakwaland gesneeu waar daar waarskynlik nooit vantevore sneeu gesien of verwag is nie. Die natuur het geweet wat om te verwag. ’n Mens kan net verstom staan oor die orde in die natuur. Elke ding het sy tyd. Elke ding het sy plek. Elke ding het sy doel. Die paar dae van yswinde en onverwagse ryp wat nog op ons wag, gaan ons nie afskrik nie. Die seisoen draai. Niks wat ons doen, gaan dit aanhelp of verhinder nie. Eersdaags gaan die laaste hout in die “ons-groet-die-winter-kaggelvuur” gebrand word. Dan word die warmsjokolade effens na agter in die kas geskuif en die ekstra kombers word nie meer op die bed nie, maar langs die bed gebêre. Maar niks word nog finaal weggepak nie, want anders as die natuur, weet ons nie altyd wat om te verwag nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

5


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

CAMPING 40%OFF SPECIALS selected outdoor gear Up to

Normally R1199

Normally R1499

NOW R699

GREAT VALUE DEAL!

Normally R2399

NOW R999

NOW R1499

Normally R2999

NOW R2199 KILIMANJARO 2 PERSON TENT

SOLITUDE 2 PERSON TENT 1500mm

PANORAMA 3 PERSON TENT 1500mm

4.4kg

No-See-Um mosquito netting Light and sturdy fibreglass tent poles

5.8kg

No-See-Um mosquito netting Waterproof fly and groundsheet

Normally R599

W35 AC/DC THERMOELECTRIC COOLER Volume: 35L Robust wheels and extendable handle Runs from your 12v cigarette lighter

Normally R699

NOW R399

3000mm

*Selected stores only

Normally R799

NOW R399

3.5kg

This two-person tent is part of the Expedition Series and boasts an aerodynamic design, ideal for camping in windy conditions. Ripstop nylon prevents tearing of the flysheet and the ‘No-See-Um’ netting lets fresh air in and keeps the mozzies out.

NOW R599

Normally R899

NOW R599

28QT XTREME COOLER MOON CHAIR Solid steel frame holds up to 150kg Folds up for easy storage

COMMANDO CHAIR Side net pocket and cupholder Holds capacity of up to 120kg

WILLOW PICNIC BASKET Includes 4x forks, knives, spoons, plates and wine glasses

Offers valid from 29 August to 24 September 2014. While stocks last.

8564 E & OE

6

SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.za FREE delivery on ALL online orders.

Fans find out first.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Limited to 3 units per product per customer applicable online and in-store. Products subject to availability. Stores nationwide. All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy. Delivery times on all promotional items ordered online is 7-10 working days. Limited online stock available.

Two moulded cup holders Insulated lid and case for maximum cold retention


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Kramer op verhoog André Botha DAVID KRAMER is so deel van die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekbedryf soos koeksisters en biltong deel is van Suid-Afrika se kultuur. Sy Stokoud en Splinternuut is die viering van ’n leeftyd van liedjies skryf. Hy is in sy vyfde dekade as kunstenaar, en dit is nou ’n geleentheid om hom te ervaar soos hy dit gedoen het toe hy die eerste keer in die laat 1970’s in die folk-klubs van Kaapstad en Stellenbosch begin DAVID KRAMER Foto: Verskaf sing het. Hy tree met kitaar en harmonika op vergesel van eer as een van die voorste Schalk Joubert op baskitaar en sangers en liedjieskrywers in Kevin Gibson op tromme. Suid-Afrika gegee het. David verken ’n paar van sy Hy tree op 29 Augustus om nuwe liedjies, sowel as deel van 21:00 in die Newton-teater op. sy repertoire wat aan hom die Kaartjies kos R150.

Wedloop by skool DIE Laerskool Newton se Newton Workwear Depot-halfmarathon word Saterdag aangebied. Atlete kan in verskeie afstande deelneem, van 21,1 km tot 5 km. Die wedloop word deur die Vodacom Kimberley Road Runners aangebied. Registrasie begin om 06:00 by die skool en die wedloop begin om 07:00. Die inskryfgeld vir die 21,1 km is R60, R40 vir die 10 km en R10 vir die 5 km. Vir ’n tydelike lisensie betaal deelnemers R30. Daar sal medaljes oorhandig word en gelukstrekkings gaan gedoen word. Rig navrae oor die wedloop aan Anita Vermeulen van die Laerskool Newton by 053-831-1705.

Meer parkeerplek op fees beskikbaar Lecrecia Prins MET nog net nege dae oor voor die begin van die Gariep Kunstefees het die organiseerders voorsiening gemaak vir genoeg parkeerplek deur bykomende plek te reël. Kimberley Boys’ High het parkeerplek vir die publiek op die oop stuk grond in Synagoguestraat beskikbaar gestel. Een van die twee hekke sal as ’n ingang dien en die ander een as ’n uitgang. Daar sal deurlopend sekuriteitspersoneel aan diens wees. Dié parkeerplek kos R20 per voertuig per dag. Die geld gaan aan die skool gegee word.

Hanlie Krös, bestuurder: bemarking en kommunikasie, sê saam met die oop grond in Synagoguestraat is die parkeerruimte baie groter as verlede jaar. Sy sê die gewone parkeerterreine is steeds beskikbaar. Die naaste ingang na die feesterrein vanuit Synagoguestraat is die ingang by die pretpark wat in Lyndhurstweg geleë is. Daar is ook die Sol Plaatje-hek en die Buco-hek in Jubileestraat. Vir diegene wat die parkeerterrein by die Kim Park-winkelsentrum gebruik, is die naaste hek die Castle-hek in Hentrichstraat.

Imagine diamonds KIMBERLEY DIAMOND SYMPOSIUM 11 - 13 September 2014

E+I 19849

The Mittah Seperepere Convention Centre Kimberley, Northern Cape, South Africa

www.gssa.org.za www.diamondroute.com www.debeersgroup.com

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Ses Snare loop oor van talent André Botha DIE Ses Snare speel ’n kombinasie van bekende treffers en vuurwarm oorspronklike liedjies wat hulle meestal self geskryf het. Op feesgangers op die Gariep Kunstefees wag groot lekkerkry – dit is een van die eerste plekke in die land waar dié groep hul nuwe vertoning gaan lewer. En hulle beloof ’n paar verrassings. Die groep is vanjaar ses jaar oud en om dit te vier het die ouens besluit om hul beste

liedjies van die afgelope ses jaar af te stof, maar daar kom ook ’n hele klompie nuwe liedjies by. Die manne het besluit om met die nuwe program aan gehore te wys hoe talentvol hulle werklik is – as kitaarspelers en sangers, maar ook met die bespeling van verskeie ander instrumente. Die groep bestaan uit Blackie Swart, Leon Ecroignard, Thean Kotze, Pieter Smith, MD Greyling en Peter Hoven. Hulle is op 30 Augustus om 18:00 in die Newton-teater te sien. Kaartjies kos R110.

SES SNARE

Foto: Verskaf

Toptalent pronk op fees André Botha PLAASLIKE kunstenaars gaan ook die geleentheid kry om hul talent op die Gariep Kunstefees te wys. Wat voorheen as die Kultuurverhoog en toe daarna as die Reënboogverhoog bekend was, staan nou as die Pronkverhoog bekend. Daar word gesing, gedans, en musiek gemaak – en moenie vergeet van die opspraakwekkende rymkletsers nie. Vanjaar se program is so divers dat dit alles van disko-danse en hip-hop tot volkspele insluit. Daar is ook iets vir die kinders met Dennis die Nar. Die Vrydag en Saterdag sal die program ook ná die hoofvertonings met DJ Bizzy B afgesluit word. Dis gratis, dis kleurig, dis vermaaklik en dis ’n pronkplek vir plaaslike talent. Ná verlede jaar se groot toejuiging deur die gemeenskappe rondom die Mayibuye-akademie vir Musiek bied die Gariep Kunstefees vanjaar ’n verlengde program daar aan.

Kos en kuns nuut voorgesit André Botha DIE Gariep Kunstefees se kos-en-kunsmark is die 15de keer weer deel van die fees. Die organiseerders wil vanjaar die Oppenheimertuin, waar die fees gehou word, in ’n “kos-en-kunskonfetti” omskep. Die mikpunt is om ’n kos-en-kunsmark te skep wat smaaklike kos saam met kreatiewe kuns aanbied. Almal word aangemoedig om met nuwe en oorspronklike idees vorendag te kom. Mense kan vrye teuels aan hul verbeelding gee, al hul sintuie inspan en verras met hul besonderse talent. Wie weet: Dalk is jou buurvrou die volgende meesterkok of jou buurman dalk ’n Picasso in wording. Dit is egter nie die enigste manier waarop die fees die kunste wyer bekend stel as net tradisionele kunstenaars nie. Soos in vorige jare sal 1 000 minder bevoorregte kinders ook die fees kan beleef. Die 1000 Kidz vir die Kunste-projek word saam met die Protea-hotel Kimberley en OFM aangebied. Die kinders word ook bederf met ’n kospakkie en ’n geskenk. Carnival Funfairs dra by deur die kinders die kans te gee om hul gate uit te geniet op die pretritte.

Kollig hier op kuns André Botha DIE William Humphreys-kunsgalery in Kimberley lewer weer vanjaar ’n belangrike bydrae tot die Gariep Kunstefees. Barbara Wildenboer is een van die kunstenaars wie se werk uitgestal gaan word. Haar werk sentreer veral rondom die rituele van water, die mens se komplekse verbintenis daarmee en die interaksie daarvan met ’n verskeidenheid lewensvorme. David Walters and Friends is ’n keramiekuitstalling wat jaarliks op die fees te sien is. Die uitstallings word vandag om 18:30 in die galery deur prof. Yunus Ballim, waarnemende hoof van die Sol Plaatje-universiteit, geopen. Mense wat die uitstallings op die fees misloop, het nog tot 28 September kans om dit te gaan bekyk. Die kunsgalery se teekamer sal ook oop wees. Die teekamer is aan die agterkant van die galery. ’n Stukkie koek en ’n koppie tee of koffie of selfs ’n ligte middagete kan in die tuin genuttig word om van die ergste geroesemoes van die fees weg te kom.


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Sandra Prinsloo ’n sieraad vir gewilde toneel op fees André Botha WANNEER Sandra Prinsloo op ’n verhoog stap, kan net ’n meesterstuk verwag word. Dit is ook die geval met die aangrypende Oskar en die pienk tannie, waarin sy op 28 Augustus om 21:00 in die Newton-teater op die Gariep Kunstefees te sien is. Die tienjarige Oskar het kanker en sy operasie was onsuksesvol, iets waarvoor hy homself blameer. Sy reddingsboei is Ouma Rosa, ’n bejaarde vrou wat elke dag die kinderhospitaal besoek. Sy is wys, pittig en goddeloos. Om hom te vermaak versin sy staaltjies oor haar dae as rofstoeier, die Wildewoeste Weskus-wonder. Sy het morele dapperheid en lieg nie vir

Oskar nie. Sy beveel hom om elke dag te leef asof dit tien jaar is. Op dié manier kan hy 120 jaar oud word. Sy raai hom ook aan om elke dag vir God ’n brief te skryf en ’n wens te wens. Die stuk is deur Éric-Emmanuel Schmitt geskryf en deur Naomi Morgan in Afrikaans vertaal. Oskar en die pienk tannie het twee jaar gelede sy debuut op die Vryfees in Bloemfontein gemaak, en was daarna landwyd ’n treffer waar dit opgevoer is. “Ek is so lief vir Oskar. Die karakters wat ek speel, raak vir my werklik en tasbaar; ek kan hulle voor my sien,” het Prinsloo self oor die stuk gesê. Kaartjies vir Oskar en die pienk tannie kos R130.

9

Pretpark op fees André Botha

SANDRA PRINSLOO in Oskar en die pienk tannie. Foto: Verskaf

DIE Gariep Kunstefees is nie net musiek en teater nie. Die pretpark is ook daar vir diegene wat na vermaak van ’n ander aard soek. Die groot wiel is weer daar van waar ’n pragtige uitsig oor die stad gekry word. Vir die waaghalse is daar vanjaar ook die tuimeltrein (roller coaster). Die pretpark is vanjaar op ’n nuwe terrein agter die hooggeregshof. Die parkeerterrein waarop die pretpark voorheen was, is nou ’n konstruksieterrein waar woonstelle en kantore gebou word. Die nuwe terrein is veral geskik deurdat daar voldoende ruimte is vir die pretpark se ritte, toegang vir vragmotors om die toerusting af te laai en ’n gelyk oppervlak is. Die bouwerk aan die pretpark het reeds begin.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

DIE Hoërskool Noord-Kaap se o.16A-seunshokkiespan gaan in Desember aan die topskoleliga in Pretoria deelneem. Dié span het die wedstryde wat hy in die halfeindronde in die o.16-liga gespeel het, gewen. Die Hoërskool Noord-Kaap het die Hoërskool Floors se o.16A-span met 7-0 geklop. Die skool se o.16B-span het Kimberley Boys’ High se o.16Aspan met 2-0 gewen. Die Hoërskool Noord-Kaap se o.19A-span het die agtste agtereenvolgende jaar die liga gewen. Hy het teen CBC gespeel en met 4-0 gewen. Die skool het ook teen Kimberley Boys’ High gespeel en met 6-0 in die eindronde gewen.

Kruising van dood in kollig Charné Kemp DIE padagentskap Sanral gaan eersdaags met verskeie belanghebbendes vergader om die sogenaamde “kruising van die dood” buite Kimberley veiliger en sigbaarder te maak. Dit volg op die vorige noodlottige ongeluk op die kruising van die N12 en R31 by die Kalahari Lodge. Altesaam 28 ongelukke het die afgelope ses maande hier gebeur en drie mense is dood. Die laaste ongeluk was bykans ’n maand gelede toe Chara van Zyl (18) en Hendré Gouws (19) omgekom het en die broers Henco (20) en Duart Boshoff (24) ernstig beseer is. Hul motor het in die nagtelike ure teen ’n vragmotor gebots. Magda Vertue, wat naby die kruising woon en die veldtog bestuur om die kruising te beveilig, sê sy merk op die meeste bestuurders ignoreer die verkeerstekens. Vragmotorbestuurders en motoriste op die N12 ry nie stadiger wanneer hulle uit ’n noordelike of suidelike rigting kom nie. Min mense gehoorsaam die spoedbeperking naby die kruising. Sy sê motoriste op die R31 (wat in ’n oostelike en westelike rigting loop) ignoreer ook die stoptekens en probeer vinnig oorjaag. Saans is die kruising vreeslik donker.

Die veldtog, wat ook die “kruising van hoop” genoem word, het verlede week ’n hupstoot gekry toe ’n bekende plaaslike sakeman, Piet Els, toegetree het. Hy het werkers en masjinerie gehuur om ’n klipbult by die kruising plat te maak om sigbaarheid te verbeter. Die bult is aan die regterkant van die pad vir motoriste wat op die R31 van Barkly-Wes se kant kom. Els het aangebied om van die aangrensende grond te skenk indien Sanral tot ’n verkeersirkel toestem. Vertue sê sy is baie bly oor die samewerking. “Sanral is bereid om oor moontlikhede met ons as bekommerde inwoners te praat. Ek het die eienaars van ondernemings by die kruising gevra om vergaderings by te woon. Ek het ook reeds 1 600 handtekeninge in ’n versoekskrif waarin ons eis die kruising moet beveilig en verlig word.” Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het Vrydag gesê hulle sal elektrisiteit vir beligting voorsien. “Die verkeersirkel in Monumentweg is baie doeltreffend en ’n sirkel hier kan ’n moontlike oplossing wees. Sanral sal egter die ingenieursbeplanning moet doen en ’n aanbeveling doen.”


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

André Botha GEMEENSKAPSBETROKKENHEID is een van die kenmerke van die Gariep Kunstefees en vanjaar word die hand weer wyd oopgemaak om minderbevoorregtes te help. ’n Nuwe idee vanjaar is om honger mae te vul tot lank nadat die fees verby is en hiervoor word ’n blikkieskosprojek saam met Stuttaford Van Lines begin. ’n Beroep word op feesgangers gedoen om elkeen ’n blikkie kos saam te bring fees toe en dit in die houers by die hekke op die feesterrein en by die teaters se ingange te plaas. Die organiseerders hoop om tonne blikkieskos ná die fees aan instansies vir minderbevoorregtes te kan uitdeel. Die 1 000 Kidz vir die kunste-projek is ook vanjaar weer deel van die fees. Deur dié projek, wat saam met die Hotel Protea Kimberley en OFM aangebied word, word 1 000 minder bevoorregte kinders die kans gebied om die fees by te woon en hulle word verder met ’n kospakkie en ’n geskenkpakkie bederf. Dit is kinders wat andersins nooit die geleentheid sou gehad het om die fees by te woon nie. Carnival Funfairs maak ook seker die kinders kan deel in die pretparkpret. Die A-Ticket-2-The-Show word saam met Total Kimberley en Bonjour onder leiding van Gerrit de Boer aangebied. Dit behels dat ’n groep minder bevoorregte kinders kaartjies na kindervertonings kry, asook ’n verrassingspakkie. ’n Groep bejaardes sal ook as deel van dié projek ’n vertoning bywoon. Die Laerskool Eureka het sy skoolbus vir die vervoer van die bejaardes beskikbaar gestel.

Feesprogram propvol talent André Botha TEEN net R50 per dag kan mense lekker in die Castle-tent kuier terwyl ’n rits bekende kunstenaars, soos Jak de Priester, Izak Davel en Andries Vermeulen, hulle vermaak. Van 28 tot 30 Augustus begin die prettigheid in die tent al om 11:00. Jak de Priester begin op 28 Augustus. Ná hom kom kunstenaars soos Lisa Katzke, Len Muller, Kwaggabees, Denim, Charnay Dippenaar en Friendly Drummers aan die beurt. Teen die aand kook dinge met Pieter Koen, Elizma Theron, Ray Dylan en Nicholis Louw. Op 29 Augustus kry Izak Davel die oggend dinge aan die gang, met Urnus Human, Jason Bradley, Neil Somers, Bongi, Zak Steyn en Oros in ’n Lang Glas wat volg. Die Radio Kalahari Orkes en Die Heuwels Fantasties laat die tent die aand bewe. Andries Vermeulen is op 30 Augustus eerste aan die beurt. Stephan Visagie, Kinghero, Timothy Moloi, Dewald Wasserfall en Gerhard Steyn vat dinge dan skemertyd toe. DJ Ossewa, Theuns Jordaan en Bok van Blerk gaan dan Saterdagaand-jolyt bring. Die Pronkplek pronk vanjaar met van diskodans tot hip-hop en volkspele, asook die Kimberley-regiment. Dit is gratis. Die RSG-verhoog, ook gratis, kry ook elke jaar groot aftrek. Kunstenaars wat vanjaar hier gaan optree, sluit in Elizma Theron, Ray Dylan, Dewald Wasserfall, Jason Bradley, Izak Davel en Willem Botha.

ol o C AS! V AN C

79

LADIES CANVAS PUMPS

R

95 SAVE R30

99

LADIES CASUALS FROM

R

99 95 159

LADIES PRINTED CANVAS LACE-UPS MEN’S CANVAS

R

95

* SELECTED STORES

95 MEN’S CASUALS

99

R

95

R

8734 FIRE TREE DESIGN E&OE

Fees wys hy gee om

11

MEN’S HIGH-TOPS

169

R

95

Promotion available from 28 August - 7 September 2014

OPEN A HUB CLUB ACCOUNT NOW &

RECEIVE R500 IN VOUCHERS

Styles may vary from pictures shown. *While stocks last. Client Care • 0861 888 899.

FInd a store near you www.hub.co.za

Fees sluit só hier af André Botha DIE gospel-uitvoering waarmee die Gariep Kunstefees afgesluit word, is verlede jaar Gospel Aufwiedersehen genoem omdat dit ’n afskeid van die Oppenheimer-tuin as feesterrein sou wees. Dit was toe egter nie ’n afskeid nie, want dinge het gelukkig so uitgewerk dat die fees weer in die tuin gehou kan word. Dié keer is dit beslis tot siens. Daarby is dit die laaste aanbieding op die fees en daarom word dit vanjaar Gospel Koebaai genoem. Dit is op die RSGverhoog en begin om 10:00. Toegang is gratis by die verhoog.

Om aan ‘n ONDERLINGE

VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ‘n

FAMILIE te behoort.

In ‘n familie deel mense met mekaar. Dis iets wat AVBOB goed verstaan. Oor die afgelope ses jaar het AVBOB meer as R2.5 miljard in die vorm van spesiale bonusse en verbeterde GRATIS begrafnisvoordele aan sy polishouers toegeken. Die verbeterde GRATIS begrafnisvoordele* sluit in:

• ‘n GRATIS basiese begrafnis • GRATIS vervoer van die oorledene binne die landsgrense van Suid-Afrika

Hoekom?

Want AVBOB is ‘n ONDERLINGE VERSEKERINGSGENOOTSKAP, ‘n FAMILIE, en FAMILIE kom eerste. Altyd.

Bepalings en voorwaardes geld. AVBOB is ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste. VFD 20656. *Begrafnisvoordele is slegs van toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

BIG

7-DAY

SAVINGS

PROMOTION Prospan Cough Syrup 100ml

R4695

A. Vogel Multiforce Alkaline Powder 105g

SAVE R16

R56

95

Gaviscon

SAVE R16

300ml

Biostrath 60 tablets

Agiolax

R6795

100g

R62

95

Caltrate Plus 30 tablets

R66

SAVE R20

USN Phedra-Cut LipoXT

120 PLUS 30 capsules

Herbex Slimmer Drops

1kg Vanilla, Chocolate or Strawberry

50ml

Biogen Garcinia Cambogia

95

R12995

SAVE R25

SAVE R90

BUY 1 GET 1 FREE

SAVE R20 Solal 3-Per-Day 90 capsules

R24695

Pharmaton

30 soft gelatin capsules

Solal Krill Oil Omega-3

SAVE R48

R16695

R242

StaminoGro 30 tablets

R8995

60 LiquiCaps

R6195 90 tablets

R26995

60 capsules

R82

R199

95

95

SAVE R8

SAVE R18

USN Diet Fuel UltraLean

Centrum Select 50+

95

R8795

SAVE R35

SAVE R50

Linctagon-C

SAVE R30

12 effervescent tablets

ProbiFlora Intensive 9 Strain

Grand-Pa Headache Powders

R5195

38's

R3495

SAVE R18

30 vegecaps

R9195 SAVE R38

Berocca Boost

OsteoEze Gold

Bioplus Tonic

10 effervescent tablets

90 capsules

R14995

200ml Regular or Strawberry

R3995

R5295

SAVE R50

SAVE R15

SAVE R7

Ensure

400g Chocolate, Vanilla or Strawberry

R8295 SAVE R10

BULK PACK FutureLife Smart Food

BUY ANY 3 VITAL VITAMIN PRODUCTS AND GET THE CHEAPEST

FREE

1.2kg Assorted flavours

R6395 SAVE R14

Dis-Chem reserves the right to limit the quantity of any item offered for sale. Sale products may vary from photographs. Pictures are for illustration purposes only. Offers may not be available at all stores. Prices include VAT and are valid for cash, cheque or credit card. E&OE.

www.dischem.co.za | Customer Careline 0860 347 243 | careline@dischem.co.za * PMR.africa Diamond Arrow Award Winner 2013 & Reader’s Digest Trusted Brands Winner 2013 GO Advertising 71097

Valid 27th August – 3rd September while stocks last, except where specified


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Presteer in spel en wetenskap

13

PROMOSIE

Pa-en-seunspan dryf onderneming Lecrecia Prins

ALTESAAM 21 van die Hoërskool Diamantveld se gr. 8- en gr. 9-leerlinge het op 15 Augustus aan die WOW (Woorde Open Wêrelde)-spelfees by die Laerskool Eureka deelgeneem. Dié fees word deur die Universiteit van Stellenbosch georganiseer. Die kompetisie was die Frances Baard-distrikskompetisie en die eerste ses deelnemers dring deur na die provinsiale kompetisie wat op 13 September in Upington plaasvind. Die drie topleerlinge in dié kompetisie gaan dan in Oktober aan die nasionale spelkompetisie by die Universiteit van Stellenbosch deelneem. Van links is Nelius Oosthuizen (eerste plek), Mia Cronjé (tweede plek), Rayden Peyper (derde plek), Alecia Brits (vierde plek), Christelle van der Merwe (vyfde plek) en Eucelle Bester (sesde plek). Foto’s: Verskaf

LEERLINGE van die Hoërskool Diamantveld het op 15 Augustus aan die WOW-spelfees deelgeneem wat deur die Universiteit van Stellenbosch georganiseer is. Hier is die gr. 9-leerlinge wat aan die spelkompetisie deelgeneem het. Van links is Danielle Beetge, Carita van den Berg, Chané Duvenhage, Alisha Roos en Ané Strydom.

DIE leerlinge aan die Hoërskool Diamantveld het op 16 Augustus almal goud gekry in die streekskompetisie van die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes. Van links is Alecia Brits (vir haar projek Goed, beter en groengas in die alternatiewe en hernubare energieafdeling), Cornie Coetzee en Carmen Haasbroek (vir hul projek CC millennium-kalender in die wiskunde-en-statistieke-afdeling) en Lintle Makapela en Ocean van Rooi (vir hul projek Does society’s words have an effect on self-esteem? in die sosiale- en psigologiese wetenskappe-afdeling). Hulle is almal genooi na ’n werksessie waarop projekte vir nasionale meedinging gekeur gaan word. Brits het ook ’n spesiale Eskom-prys vir die beste projek deur ’n meisie ontvang. Foto: Verskaf

Dié lesers wen kaartjies Skryf weer die eerste plek los SISCA JULIUS, ’n leerling aan die Hoërskool NoordKaap, is die tweede agtereenvolgende jaar die wenner van die Poort-skryfkompetisie. Sy sal in September die PUKkanselierstrustprys hiervoor ontvang. Twee van haar skryfstukke word in Poort geplaas. Op ’n skrywer-slypskool onder leiding van Irma Joubert en Jaco Jacobs aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het sy ook ’n kompetisie gewen.

NOORDKAAP-LESERS kon die afgelope drie weke drie dubbelkaartjies na vertonings op die Gariep Kunstefees wen. Die kompetisie is nou gesluit. Dié lesers is as die wenners aangewys: ) Die wenners van 13 Augustus se uitgawe is Mariet du Preez, Maria Vrey en Brenda van Aswegen. ) Stephen Quinn, Edith Human en Chevonne Bartlett is 20 Augustus se wenners. ) Die wenners van die week se uitgawe is Adri Jansen van Vuuren, Jackie le Roux en Cyndy Honeyborne. Kaartjies kan by Noordkaap en Volksblad se kantoor in Dalhamweg 2A afgehaal word.

Klets in Kby

DIE Amerikaanse kletsrymer Lil Jon gaan op die Kimberley-Diamond Cupskaatsplankrykampioenskapsbyeenkoms optree. Die byeenkoms is van 2 tot 5 Oktober in die Kumba Skate Plaza. Ander groepe sal op 4 Oktober ook op die konsert optree. Kaartjies is by Computicket te koop.

MET meer as 50 jaar se ondervinding en liefde vir wat hy doen, gaan Willie van Niekerk (83) elke dag steeds na sy werkplek waar hy altyd iets kry om te doen. Van Niekerk het Super Armature Winding 50 jaar gelede saam met sy pa, Jan-Albert, begin. Van Niekerk was 34 toe hy die onderneming saam met sy pa begin het. Die onderneming is steeds op dieselfde perseel as toe, maar het baie uitgebrei. Super Armature Winding het in 2003 aandele aan al sy werkers gegee en ook ’n toevoeging tot sy naam gemaak. Die onderneming staan nou as Super Armature Winding Africa bekend. Die onderneming spesialiseer in die herstel van elektriese motors en transformators, kragop-

WILLIE VAN NIEKERK, wat Super Armature Winding Africa al vir meer as 50 jaar besit, by sy seuns Willem, Hannes en Jan. Die onderneming het Vrydag sy 50ste verjaardag gevier. Foto: Johan Norval wekkers en pompe. Van Niekerk en sy pa het van Gauteng af Kimberley toe getrek omdat hulle ’n besigheidsgeleentheid gesien het. Hy sê hulle het die grond gekoop, die besigheid geregistreer en binne

drie weke gebou. Van Niekerk het toe al ’n ruk in die bedryf gewerk en sy vakleerlingskap by Kimberley Engineering gedoen. Hy gaan nog elke dag werk toe en volgens sy seun Hannes vind sy pa

elke dag nog iets om in die werkswinkel te doen. Van Niekerk sê sy brein en oë is nog so goed soos toe hy 34 jaar oud was. In 2002 is die onderneming aan die seuns, Hannes, Willem en Jan, oorgedra. Hannes se hy, Jan en Willem het in die besigheid grootgeword. “Toe ons klaar is met skool, het ons reeds baie geweet en as ambagsmanne gekwalifiseer. Dit is ’n natuurlike voortbloeing van werk,” sê Hannes. Van Niekerk sê indien sy seuns nie daar was nie, sou die onderneming dalk nie meer bestaan het nie. Super Armature Winding Africa het sewe ander pakhuise in Suid-Afrika waarvan die hoofkantoor in Kimberley is. Die Van Niekerks is trots op hul onderneming. Hulle is die direkte invoerder van elektriese motors.


14

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

B E T R E K K I N G S

LENINGS

ALLERLEI 1445

The service and repairs of KIRBY vacuum cleaners. Call 072 978 0832. Kimberley.

DIRECTOR: HUMAN RESOURCES MANAGEMENT Provincial Office Salary: R819 126 all-inclusive package per annum (Ref. DIR/PROV/2014/08/01)

Requirements and competencies: • Degree or equivalent tertiary qualification in Human Resources Management or Public Management • 6-10 years’ management experience in Human Resources Management specifically at middle management level • Extensive knowledge of legislation and policies governing Human Resources Management and Public Services • Excellent planning, organising and people management skills • Good leadership and working quality management skills • Project management skills • Monitoring, evaluation and performance management qualities • Valid driver’s licence and ability to travel extensively • Problem-solving and conflict management skills. Major job functions: • Manage the translation of the strategic goals of the Department into Human Resources strategies • Oversee and manage the training and development of employees in line with Departmental Human Resources Plan and the Personal Development Plan relating to the Performance Management and Development System • Oversee and manage the talent, recruitment and appointment of employees • Oversee all administrative functions and processes relating to Human Resources management • Oversee and manage the correct implementation of directives, decisions, agreements that impact on the Human Resources in the Department • Oversee and manage the health and wellness of all employees in the Department • Oversee and manage strategies relating to Human Resources information, products, research, as well as the monitoring and evaluation thereof • Ensure that all policies relating to Human Resources are being developed and implemented. Enquiries: Mr Z Albanie, tel. (053) 874-9100 The Provincial Government of the Northern Cape is an equal opportunity, affirmative action employer and is sensitive to the issue of designated groups. Persons from designated groups are encouraged to apply. Applications must be submitted on a duly completed Z83 application form, obtainable from any Department in the Public Service submitted with a comprehensive CV, originally certified copies of all educational qualifications, Identity Document and driver’s licence. No faxed, late or e-mailed applications will be accepted. Short-listed candidates are subjected to Personnel Suitability Checks. The successful candidate will be subjected to the signing of a Performance Agreement. All application forms, quoting the relevant reference number, must be directed to: The Head of Department, Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300, or hand delivered at Room 12, Block C, Mimosa Complex, Barkly Road, Homestead, Kimberley, for attention: Ms GM Lenkoe. Closing date: 5 September 2014 If you have not received any correspondence within 6 weeks of the closing date, please assume that your application has been unsuccessful and the process has been concluded.

Northern Cape Provincial Government

1845

AIDS HELPLINE 0800-012-322

Human Communications 112025

PLAFONISOLERING: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. 082 388 0307 of 053 832 9194. EIENDOMME TE KOOP WOONSTELLE TE HUUR 3250

ALLERLEI 1655

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE & HUISDIENSTE

OOPPLANWOONSTEL TE HUUR, R3 300 p.m. R2 000 deposito. Water ingesluit, koopkrag. Skakel 053 861 3769 of 076 900 5606. BETREKKINGS

SKOONMAAKDIENSTE

3600 1805

KAMEELDORING SKOONMAAKDIENS, Kimberley, word bedank en aanbeveel vir moeitelose, deeglike en vriendelike skoonmaakdiens. Skakel Annelise Benade by 084 033 8903. Geplaas deur 'n tevrede kliënt

VERKOPE & BEMARKING 3760

AVON IS OFFERING an earnings opportunity in the Northern Cape. Start today! SMS your name and NK to 079 037 0087.

K E N N I S G E W I N G S SOEK, KOOP, VERKOOP


NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Swem in Amerika vir SA Unique Jacobs DIE Paralimpiese atleet Charl Bouwer het met drie goue medaljes van Amerika teruggekeer nadat hy aan die Pan-Pasifiese Para-swemwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Los Angeles, Kalifornië, deelgeneem het. Die 24-jarige swemmer van Hadisonpark het ook sy persoonlike beste tye hier behaal. Bouwer het Suid-Afrika teen 15 ander lande verteenwoordig en goud in die 50 m- en 100 m-vryslag en die 100 m-rugslag verower. Bouwer, wat nou al 17 jaar swem, sê hy het homself verras. “Ek het baie beter geswem as wat ek verwag het. Net om daar te wees was klaar ’n hoogtepunt en om te wen het sommer net die kroon gespan.” Deesdae swem hy minder kilometers en fokus meer op die korter afstande. Bouwer kon aan die byeenkoms in Los Angeles deelneem nadat hy in Durban op die senior nasionale byeenkoms gekwalifiseer het. Die

oudleerling van die Elizabeth Conradie-skool is ’n heeltydse swemmer, maar begin ook tans sy eie onderneming. Hy glo vas indien jy hard werk, en met die hulp van God, kan jy enige doelwit bereik. Sy ma en afrigtingspan is sy grootste ondersteuners. Johann van Heerden, ’n matriekleerling aan die Elizabeth Conradie-skool, het die land ook op die byeenkoms verteenwoordig. Hoewel hy geen medaljes gewen het nie was dit vir hom ’n baie goeie ervaring. “Op die byeenkoms het ek besef daar is nog baie werk vir my om te doen.” Van Heerden het ook sy tyd in die 50 m-vryslag met 21 sekondes verbeter. Natalie du Toit is een van sy rolmodelle en sy gesin en die skool is sy grootse ondersteuners. Hy swem al vandat hy sewe jaar oud is. Volgende jaar gaan hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer. Van Heerden sê hy sien uit daarna, omdat hy baie daarvan hou om met kinders te werk.

JOHANN VAN HEERDEN (links) en Charl Bouwer het Suid-Afrika op die Pan-Pasifiese Paraswemwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Los Angeles, Kalifornië, verteenwoordig. Van Heerden is ’n matriekleerling aan die Elizabeth Conradie-skool en Bouwer ’n oudleerling van dié skool. Bouwer het drie goue medaljes op die byeenkoms verower en albei swemmers het hul swemtye verbeter. Foto: Lecrecia Prins

MOTORS

Nuwe lewe in Megane geblaas Jannie Hennop OM nog twee jaar te moet wag vir ’n volgende Megane voordat Renault sy nuutste tegnologie sou kon ten toon stel sou nie deug nie. Nie in dié mededingende segment waarin die Megane moet armdruk met name soos die Golf en die Focus nie. Daarom het die Franse vervaardiger besluit om nou al nuwe lewe in die Megane te blaas. Buiten ’n nuwe gesig is dit in die enjinkamer waar die meeste opknappings gedoen is. Die neiging om klein enjins te gebruik, maar dit met ’n turbo toe te rus, is nie meer nuut nie. Die wins aan ’n laer verbruik en minder skadelike uitlaatgasse sonder die verlies aan krag bring mee dat al hoe meer groepe dié roete volg. Vir Renault is dit nie ’n nuwe proses nie. Die 900 cc-driesilinderenjin wat in die nuwe Clio sy debuut gemaak het, blyk ’n gewilde keuse te wees. Wat die Megane betref, is daar buiten ’n gewone 1,6 liter reeds ’n 1,4 liter-turbo-knaap (96 kW, 190 Nm).

Nou neem Renault die afskaalmars ’n stap verder met ’n nuwe 1,2 liter-turbo-enjin (vier silinders) wat die 1,4 liter vervang. Die nuwe model heet GT Line Turbo. Moenie skrik vir die minder cc’s nie, want die enjin (97 kW, 205 Nm) bied steeds oemf. Boonop,indien jy platvoet in tweede en derde ry, klim die wringkrag ’n oomblik tot 225 Nm. Nog iets is die nuwe enjin ontwikkel sy wringkrag teen laer toere. Dit bied vinniger vordering deur die ratte, veral kort ná die wegtrek. Van turbotraagheid is daar amper nie sprake nie en die enjin toer sorgvry rooi lyn toe. Die kleiner enjin versnel in omtrent dieselfde tyd tot by 100 km/h as die ou weergawe, die verbruik daal met omtrent ’n liter en die uitlaatsyfer krimp ’n raps. ) Die ander verrassing is die 162 kW-kragbron in die GT Turbo. Jy sal hom ken – dit is ’n makker weergawe van die witwarm tweeliter wat in die RS-vlagskip aangetref word. Buiten die afgeskaalde enjin kry

die GT Turbo ’n sagter vering as die RS s’n om sportief te bly, maar nie so tandestamp-hard soos die RS s’n nie. Die stuur is lewendiger in die GT Turbo as in die GT Line Turbo. Die vering is ook duidelik harder as in die mak 1,2 liter, maar genadiglik nie so hard soos in die RS nie. Die ander opvallende vernuwing is die voorkant wat nou soortgelyk aan dié van die nuwe Clio en Sandero is. Renault se diamant-kenteken is nou groter as enige klip wat in Cullinan ontdek is. Onder die buffer is ’n repie LED-ligte en ’n diep lugskort. Die agterbuffer het nou ’n lugsnoer en die uitlaatpype is versteek. Binne bly alles onveranderd buiten ’n verbeterde satnav-stelsel wat nou intydse toegang tot verkeersinligting en weervoorspellings bied. Nog ’n nuwigheid is die outomatiese oopsluit van die voertuig sodra jy aan die handvatsel raak om maklike toegang te bied ingeval jou hande vol pakkies is. Al drie modelle sal in vyf- en driedeurformaat beskikbaar wees.

15


16

NOORDKAAP, WOENSDAG 27 AUGUSTUS 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

DIE Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan sal Saterdag probeer om die Shimla-liga die sesde agtereenvolgende jaar te wen nadat hy die afgelope Saterdag die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in die halfeindstryd verslaan het. Hier is die span ná sy oorwinning. Foto: Verskaf

Geen keer aan Noord-Kaap DIE Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag gewys hy gaan nie maklik van sy titel as Shimla-kampioen afstand doen nie toe hy die Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in die een halfeindstryd met 22-15 verslaan het. In die ander halfeindstryd het die Hoërskool Diamantveld met 37-21 teen die HTS Louis Botha van Bloemfontein vasgeval. Noord-Kaap speel nou die Saterdag teen Louis Botha in Bloemfontein in die eindstryd. Noord-Kaap het die toernooi die afgelope vyf jaar gewen. Sowel Noord-Kaap as Diamantveld het na die eindstryd van die o.15A-liga deurgedring. Diamantveld het die Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein in die halfeindstryd met 21-0 verslaan, en Noord-Kaap het met 17-7

met die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) afgereken. Noord-Kaap het in 2013 die o.15A-liga gewen en in 2012 het Diamantveld koning gekraai. ’n Aanduiding van hoe taai die finale kragmeting gaan wees, is dat Noord-Kaap vroeër die seisoen met 8-7 teen Diamantveld gewen het. Dié eindstryd is ook in Bloemfontein. Noord-Kaap se eerste span het teen Voortrekker reeds vroeg hul stempel op die wedstryd afgedruk. Veral die pak voorspelers het Voortrekker se manne aangevat. Noord-Kaap het by die wedstrydplan gehou en die strukture gerespekteer. Die voorspelers het Voortrekker voor in die skrums en lynstane verniel. Veral Bradley Leijdekkers moet vir sy bestuur van die lynstane

geprys word. Northerns se losskakel, Lukas Oberholster, het met sy besluitneming en balverspreiding beïndruk. Die heelagter, Wilfred Bowers, het ’n hele paar teenaanvalle aangevoer en was rotsvas onder die hoë bal. Noord-Kaap se Thulani Njenje het eerste gedruk en Robbie Petzer het twee punte bygevoeg om die telling op 7-0 te staan te bring. ’n Strafskop vir Voortrekker het die rustydtelling op 7-3 laat staan. Kort ná halftyd het Petzer onder die pale gaan kuier om die telling op 12-3 te staan te bring. Daarna het Cheswin de Vries ná skitterspel van die span afgerond en onder die pale gedruk. Petzer het geslaag met die doelskop en ’n strafskop om die eindtelling op 22-15 te staan te bring.

Buig of bars vir Griekwas DIE Griekwas sal die Saterdag ’n oorwinning oor die Cheetahs móét behaal om te verseker hy bly in die wedloop om die Curriebeker. Die span het ná drie wedstryde net drie ligapunte nadat hy die afgelope Saterdag met 31-15 teen die Pumas verloor het. Gerdie Karsten berig die jong Ikeys-losskakel Dean Grant het die Griekwas met sy uithalervertoning Vrydagaand teen die Pumas met ’n kopseer gelaat. Nadat die afgelope ruk maar min diepte by die Poubloues gewys is wat die losskakelposisie betref, het Grant in sy eerste Curriebeker-wedstryd gewys hy kan nog diep spore by die Griekwas kan trap. Met staatmakers soos Gouws Prinsloo en Nico Scheepers wat van beserings moet terugkeer, en die ervare Francois Brummer ook deel van die prentjie, sal Hawies Fourie (afrigter) later moet kopkrap oor wie waar gaan speel. Grant, wat die Ikeys vroeër vanjaar tot die Varsitybeker-titel gehelp het, het teen die Pumas op die aanval uitgetroon. Hy het met ’n

paar goed berekende aftrappe deur die tuisspan se verdediging gedans en sy eerste Curriebekerdrie gedruk vir wat

een van die min hoogtepunte vir die besoekers in die Mbombela-stadion was. Grant is nie al

nuweling wat beïndruk het nie. Die agtsteman Ruan Lerm, wat van die Leeus kom, het ook sy hand opgesteek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.