Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 3 September 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
Groet met ligasege DIE Hoërskool NoordKaap (HNK) se eerste rugbyspan het die seisoen op ’n hoog tepunt afgesluit toe hy die Shimlaliga die sesde jaar agtereenvolgens gewen het deur die HTS Louis Botha in die eindstryd met 2212 te klop. Hier is die span ná sy oorwinning. Van links is, voor: Thomas Fortuin, Dani ello Huyster, Qhama Hina, Cleo Adams en Ulrich Sellar; tweede ry: AD van Zyl, Ger hard Holtzhausen (kaptein), Doctor Booysen, Wilfred Bo wers, Brandon de Melim en Lukas Oberholster; derde ry: Tiego Segalwe en Ewan Marcus; agter: Chezwin de Vries, Shaun Huygen (hoof afrigter), Rikus Zwart, Han nes Jacobs, Algurnand Heyns, Thulani Njenje, Siy ambuka Lawu, Bradley Leijdekkers, Willbritte Uys, Robbie Petzer, Zandre Swartz (afrigter en spanbe stuurder) en Damian van der Berg.
Eiendomsmark steier
Druk neem toe, maar nuwe ontwikkeling bring geleenthede André Botha BANKE wat traag is om huislenings toe te staan en ’n ernstige tekort aan huurbehuising is van die uitdagings wat in Kimberley se eiendomsmark beleef word. Talle mense wat andersins sou koop, huur nou eerder, omdat hulle nie lenings kan bekom nie, sê eiendomsagente in die stad. Dit skep ’n tekort aan beskikbare huurplek. Nuwe ontwikkelings wat beplan word, kan wel verligting bring. Die verwagte invloei van studente aan die Sol Plaatje-universiteit kan verdere druk op die eiendomsmark plaas. Die resessie en infrastruktuuruitdagings plaas ook ’n demper op die eiendomsmark.
Die nuwe Mediclinic-hospitaal en kantoorparke skep verdere behuisingsbehoeftes. Dit is veral huise in die hoër prysklasse wat nie goed verkoop nie. Ester Faber van Leader Homes sê die mark lyk glad nie goed nie. “Die banke is nou baie strenger met die toestaan van lenings. Daar is ’n baie groot tekort aan huurplekke.” Leader Homes het nie vanjaar sy huurpryse verhoog nie ondanks hoër munisipale tariewe. Mense kan dit nie bekostig nie. Wanneer huurplekke beskikbaar raak, word dit opgeraap. Meenthuise is ook skaars. Wanneer een in die mark kom, word dit dadelik verkoop. Pryse steek egter by R1 miljoen vas.
Faber sê indien ontwikkelaars nou die mark met wooneenhede teen redelike pryse betree, sal dit opgeraap word. Cecile Duvenhage, bestuurder van GWKEiendomme, sê daar is veral tekorte in die prysklas tussen R700 000 en R1,3 miljoen. Sy sê verhoogde munisipale tariewe het ’n neiging geskep vir plekke met kleiner tuine wat nie soveel kos om in stand te hou nie. ’n Groot ontwikkeling wat kom, is The Palms op die terrein van die ou inryteater. Dit word deur GWK-Eiendomme bemark. Dit is tot dusver die grootste residensiële ontwikkeling in Kimberley. Volgens Andrew Kesiamang, ontwikkelaar van The Palms, is die behuising ideaal vir kopers wat hul eerste huis koop en wat hul
eenheid wil verhuur, asook jong gesinne. Kesiamang meen Kimberley gaan grootliks by die ontwikkeling baat, veral danksy werkskepping. “Die verkryging van 60% tot 70% van ons materiaal gaan in Kimberley gedoen word – bakstene, sement, ander boumateriale, ensomeer. Só sal daar geld in Kimberley as gemeenskap belê word. “Daar sal werkskepping plaasvind wat betref die personeel wat in die leefstylsentrum sal werk, of as veiligheidswagte, maar meestal in die konstruksiefase van die ontwikkeling. “Ons verwag om meer as 150 mense in die eerste fase in diens te neem en ons kan later maklik meer as 300 mense aanstel.”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Opvoering plaas probleme in perspektief Pretpark is Karin Muller
WANNEER ’n mens te lank in jou eie uitdagings rondspartel, voel dit later asof jy gaan verdrink. Die eenvrouvertoning van Sandra Prinsloo, Oskar en die pienk tannie, wat op die Gariep Kunstefees in Kimberley aangebied is, plaas ’n mens se probleme in perspektief. Die deernis loop soos ’n goue draad deur die opvoering en Sandra se onbeskryflike talent blaas lewe in elke karakter. Jy word onwillekeurig saamgesleep na die hospitaal waar jy vir Oskar, tannie Rosa, Braaivleis, Popcorn, Blou Bettie en die ander karakters leer ken. Saam met Oskar tel jy die dae af na sy sterwe weens kanker ná ’n onsuksesvolle beenmurgoorplanting. Met elke son wat sak, krimp jou hart ineen. Jy wens daar was ’n oplossing. Jy wens daar was antwoorde op soveel vrae – nie net in Oskar se lewe nie, maar ook in jou eie. Jy wens die dokters was slimmer, die medisyne beter, die
tegnologie meer gevorderd. Oskar is ’n dapper en eerlike kind. Jy is dankbaar dat die hospitaalpersoneel so mooi na hom omsien. Jy is die dankbaarste vir iemand soos tannie Rosa wat die dae vir hom draaglik maak. ’n Onbaatsugtige weldoener wat gereeld die kinders in die hospitaal besoek. Voordat jy jou oë uitvee, is die opvoering verby. Teleurgesteld verlaat jy die saal. Nie teleurgesteld in die opvoering nie, want dit was onvergeetlik, maar teleurgesteld dat die uurglas so vinnig leeggeloop het. Jy wou nog meer van Oskar en tannie Rosa leer en iewers diep in jou – hoewel jy van beter geweet het – het jy gehoop Oskar sal volkome herstel. Jy vee ongesiens die trane van jou wange af en hoewel jy Oskar net 90 minute geken het, gaan jy hom mis. Tog is jy bly jy het hom leer ken, want by Oskar het jy die perspektief gekry om jou probleme met nuwe moed aan te pak.
pure bederf Lecrecia Prins
SANDRA PRINSLOO in Oskar en die pienk tannie. Foto: Verskaf
DIE verkiesing van die nuwe bestuurskomi tee van die Vereniging vir Persone met Ge stremdhede vir die NoordKaap het op 19 Augustus op die vereniging se jaarvergade ring plaasgevind. Vrouemaand is ook op die vergadering gevier. Sertifikate van erken ning is aan verteenwoordigers van die de partement van maatskaplike ontwikkeling en Petra Diamonds oorhandig. Van links is, voor: Esmé Fourie, Monica Gerhard en Lydia Maarman; agter: Therina Wentzel (nasiona le direkteur: Nasionale Raad vir Persone met Fisieke Gestremdhede), Junita Riddles, Riana Nieuwoudt, Basie Jahrig, Sarah Swartz en Sean Lakey. Foto: Verskaf
DIE hart van sowat 500 kinders van minder bevoorregte skole het gebons van opgewondenheid en adrenalien het omtrent deur al die kinders se are gepomp toe hulle gratis op die mallemeule op die Gariep Kunstefees kon ry. Dit is deel van die fees se 1 000-Kidzvir-die-kunsteprojek. Die kinders het gejuig van plesier soos hulle op die pretritte deur die lug kon swaai. Hulle kon skaars hul beurt afwag. Lydia Brand van die Jannie Brinkskool sê haar ervaring op die swaai was “baie lekker”. Terwyl sy gestaan en wag het, het sy opgewonde rondgekyk en kon nie besluit watter rit sy volgende wil aanpak nie. Van die kinders van die Elizabeth Conradie-skool het alte lekker van al die joligheid gegil en gekraai van genot. Nathan Fanyaza van dié skool sê dit was ’n lekker gevoel. “Dit het gevoel asof my maag krimp. Ek het gedink ek gaan dood en dat ek nie weer my ma of pa gaan sien nie.” Die onderwysers van die skole moes net kophou om al die kinders in opgewondenheid in toom te hou. Van hulle het nog geskreeu van vreugde wanneer hulle van die mallemeule afgeklim het. Die pretpark het soos ’n miernes van bedrywighede met al die wemelende kleinspan gelyk, elkeen met iets lekkers in die hand. Ná al die geswaai en geryery het elke kind middagete en ’n geskenkie gekry om huis toe te neem.
DANIËL STEENKAMP van die Jannie Brinkskool en Esmé Reed, algemene assistent aan die skool, ry saam op ’n pretrit op die Gariep Kunstefees. Foto: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Soek logo en wen prys SNUFFEL die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo uit waar dit iewers in Noordkaap verskyn en jy kan ’n geskenkbewys van die Diamond Pavilion Shopping Mall wen. Dit is ’n maklike kompetisie en baie pret. Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap verskyn. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. Onthou, dit moet die een wees met die diamant in die middel daarvan. Indien jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo
verskyn na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. ’n Wenner word uit die inskrywings aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200 van die Diamond Pavilion Shopping Mall. Soek, stuur ’n SMS en jy kan die gelukkige wenner van die geskenkbewys wees. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en ook in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
SANNA OLIFANT (links) is die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shop ping Mall se Soekenwenkompetisie. Hier ontvang sy haar geskenkbewys van Simone Crafford van die sentrum.
ROBSON KADUNGURE van Pietermaritzburg sit voor sy stalletjie waar hy verskeie skep pings wat uit metaal gemaak is, verkoop. Foto: Emile Hendricks
Metaal kry in sy hande 2de lewe Lecrecia Prins DIE Gariep Kunstefees gaan nie net oor kos, musiek en produksies nie. Verskeie kunstenaars kom ook hier bymekaar om hul eie, besonderse artikels uit te stal. Robson Kadungure is een van die kunstenaars. Kadungure het van Pietermaritzburg na Kimberley gekom om sy skeppings te wys. Hy is oorspronklik van Zimbabwe. Hy maak verskillende artikels uit metaal, hout, draad en krale. Vanjaar is sy 11de jaar op die fees. “Dit is ’n goeie fees, die mense ondersteun my hier meer as op die ander feeste.” Kadungure sê hy sien ’n prent in die natuur, verbeel hom hoe dit gaan lyk, teken
’n skets en dan maak hy die beeld met ’n bietjie van sy eie persoonlikheid bygevoeg uit die materiaal wat hy gebruik. Hy maak sonneblomme van metaal, ’n saksofoon en selfs trekkers. Dit duur gewoonlik vier tot vyf dae om ’n artikel klaar te maak. “Ek is baie lief vir kuns en dit is hoekom ek doen wat ek doen. Ek gebruik herwinbare materiaal om my kunswerke van te maak. Ek gebruik metaal wat ek soms van ’n motor se enjinkap kry wat ek in kleiner stukke opsny. “Ek maak beelde uit hout en gebruik ook krale op byvoorbeeld sleutelhouers.” Die goedkoopste artikel in Kadungure se stalletjie kos R70 en die duurste artikel R2 500.
Terrein verskuif DIE afgelope 15 jaar het die Oppenheimertuin ’n tuiste aan die Gariep Kunstefees gebied, maar vanjaar word van die terrein afskeid geneem. Volgende jaar word Queenspark die fees se nuwe tuiste. Die rede vir die verskuiwing is die tuine word deel van die Sol Plaatje-universiteit se kampus. Die voorstel vir volgende jaar is om Queenspark in Aristotleweg in ’n heeltydse teetuin met restaurante, speelparke, uitstallings en opvoerings om te skep. “Toegang tot die speelpark is gratis,” sê Theuns Zimmermann, uitvoerende hoof van die fees.
VERSEKERINGSGENOOTSKAP te behoort, is soos om aan ‘n FAMILIE te behoort.
3
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Church then, now THE Wesley Methodist Church in Ho wie Road will be celebrating 50 years in the present church building this weekend. The Wesley Methodist Church was founded in 1860 when services were held in a tent near the original diamond claims which later became the Big Hole. From 1870 a mud and iron hut, with a clay floor, replaced the tent. In 1876 a corruga ted iron building was built on the cor ner of Tucker Street diagonally oppo site the Star of the West. There is now a Shell service station on this site. Many who worshipped at Wesley du ring this time would arrive by oxwag on. On Sunday, 26 January 1964, the final service was held in the Tucker Street Church and thereafter services continued in the old hall near the mi ne museum while the new Wesley Church in Howie Road was under con struction. The foundation stone was laid on 21 March 1964 and an official opening was held on 29 September 1964. Due to limited funds, the church hall was only built in 1975. The organ, which has been used for the past 50 years, is the original organ from the Tucker Street Church. It was dismant led and crated and then reassembled in the Howie Road Church. The church members will celebrate with a celebratory dinner on the Saturday evening and a special service on the Sunday morning, before the unveiling of the 50th anniversary plaque.
Afrikaanse kuns seëvier
AFRIKAANS en die kunste blom in die Noord-Kaap, die mees Afrikaanse provinsie in die land. Dit is duidelik bewys deur die sukses van die pas afgelope Gariep Kunstefees in Kimberley. Dit bring die geleentheid aan Afrikaanssprekendes, maar ook mense wie se eerste taal nie Afrikaans is nie, die geleentheid om die beste van Afrikaanse kuns te beleef. Op die Gariep Kunstefees kon besoekers die room van Afrikaanse sangers in lewende lywe sien optree. Daarby was uitstekende verhoogproduksies te sien eweneens met van die land se beste Afrikaanse akteurs. Die Gariep Kunstefees doen baie moeite om die feeste inklusief te maak, sodat Afrikaans op ’n positiewe manier ook na ander bevolkingsgroepe uitgedra word. Baie word ook gedoen om
minderbevoorregtes te betrek, mense vir wie dié feeste andersins ontoeganklik sou gewees het. Voorbeelde op die Gariep Kunstefees is die Blikkieskosprojek, waar mense gevra is om elkeen blikkieskos te skenk sodat dit aan minderbevoorregtes gegee kan word, die 1 000-Kidz-vir-die-Kunsteprojek waardeur 1 000 minderbevoorregtes die kans gekry het om die fees te besoek vir ’n heerlike bederfdag en die A-Ticket-2-theShow waarin kaartjies vir die kinderproduksies aan minderbevoorregtes gegee is. Met laasgenoemde twee projekte word sommer ’n paar doelwitte bereik. Kinders wat andersins nooit die geleentheid sou kry nie, beleef ’n ervaring wat hulle nie maklik sal vergeet nie, hulle word aan die kunste blootgestel en hulle beleef Afrikaans op ’n positiewe manier. In sulke projekte lê dalk die grootste waarde van die fees.
As teerpad grondpad word Hannes Noëth EK het die voorreg om by mense te gaan kuier wat ek baie jare laas gesien het. ’n Mens sien mos altyd vreeslik baie uit na so ’n kuier – daar is so ’n opwinding in ’n mens – jy kan nie wag om daar te kom nie. Hulle bly in die middel van ’n plattelandse dorpie. Nooit moeilik gewees om daar uit te kom nie. Die besoek is egter ’n uitdaging: Waar ek altyd maklik sommer in ’n teerpad afgedraai het tot daar is die teerpad opgelig. Skielik ry jy in die middel van ’n dorpie – waar voorheen ’n baie belangrike teerpad was – op ’n grondpad tot by hul huis. Hoe vreemd is dit? Swak instandhouding en wanbestuur het ook in daardie dorp sy spoor gelaat. Die slaggate het ál meer geword, instandhouding al hoe moeiliker, die infrastruktuur het verval, en, werklikwaar, ’n teerpad het ’n grondpad geword. Die pad was in so ’n toestand dat dit goedkoper geword het om die hele teerpad op te lig. Hoe skokkend is sulke agteruitgang. Ek wonder hoe gebeur dit dat ’n teerpad ’n grondpad word? Waar vooruitgang is, verwag ’n mens tog eerder alle
grondpaaie sal mettertyd teerpaaie word – maar daar is ’n teorie en ’n praktyk. Soms werk dinge andersom. Dit is eers toe ons deur Klerksdorp ry, verby iemand wat vir daaglikse brood vra, dat die hardheid van die lewe my tref. Daar by die verkeerslig vra sy haar daaglikse brood – en een van my kinders maak ’n opmerking: “Die tannie se teerpad het ook ’n grondpad geword”. Die lewe is nie veronderstel om so uit te verloop nie. Die lewe se draaie is nie altyd maklik nie, dit is nie altyd sag nie, dit is nie altyd vordering en beter as gister nie. Soms versleg dinge, soms word ook by ons ’n teerpad ’n grondpad. Die redes hoekom ’n teerpad soms ’n grondpad word, is legio. Partykeer is dit eie skuld, partykeer is dit omstandighede, partykeer is dit ’n sameloop van omstandighede. Hou moed, daar is altyd weer ’n teerpad voor.
Elke dag kans op nuwe begin Karin Muller ALMAL beleef trauma. Sommige mense op ’n gereelde grondslag, ander mense dalk slegs een of twee keer in ’n leeftyd. Sommige mense se graad van trauma is draaglik, ander s’n dalk so intens dat dit vir hulle onhanteerbaar voel. Lindie Stander, of soos mense haar beter ken – grootbek Elize van Binnelanders – het voor die kruispad in haar lewe te staan gekom nadat sy op ’n vroeë ouderdom aan geweldige trauma blootgestel is. Sy was onlangs die gasspreker op ’n geselligheid van die Jeneka-vroue-instansie in Kimberley. Om Stander te hoor gesels is ’n belewenis. Tussen haar uitbundige lag en onderdrukte trane deur handhaaf sy ’n vreemde soort balans wat haar luisteraars vasgevang hou terwyl sy haar lewensverhaal vertel: ’n verhaal van seerkry en wanhoop, maar ook ’n verhaal van vergifnis en nuwe kanse.
Stander het die lewe met die camino in Santiago vergelyk. Dit is ’n pelgrimstog van 807 km wat sy twee keer in haar lewe gestap het. Die eerste keer was voor haar poging om haar eie lewe te neem, die tweede keer ’n jaar daarna. Elkeen mens durf sy of haar lewe op hul eie trant met besonderse uitdagings, berge en dale en rusposes aan. Almal op pad na een spesifieke eindpunt in hul lewe. Nie net getuig Stander se verhaal van ’n tweede kans in die lewe nie, maar ook van vergifnis – nie net om vergewe te word en ander mense te vergewe nie, maar om jouself te vergewe. Ons almal maak foute. Ons almal maak die verkeerde keuses. Ons almal kan dit in ’n meerdere of mindere mate regmaak. Stander se verhaal laat ’n mens besef elke dag is ’n kans op ’n nuwe begin. En dít gee die hoop wat nodig is vir ’n mens se pelgrimstog.
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Tent huisves talent
PIETER KOEN, aanbieder van Jukebox, het feesgangers in die Castletent ver maak met humor en sang. Ricus Nel en Mwah! het ook op die Jukebox Road show opgetree. Jak de Priester was die seremoniemeester van die tent.
Workshop looks at gambling A WORKSHOP about gambling will be held in Kimberley by the National Responsible Gambling Programme (NRGP), in collaboration with the Northern Cape Gambling Board (NCGB), on Saturday. It starts at 09:00 at the city hall. The workshop will address invited young people and influencers in the province. The NRGP, as South Africa’s foremost authority on gambling, is presenting workshops around the country aimed at helping young people to apply greater caution when taking risks related to gambling in particular, and life in general. “We want to ensure we do not condemn or judge, but rather help young people to understand the consequences of their choices in an informed and responsible way,” says Nana Magomola, NRGP executive director. “By applying logic and foresight to decision-making processes, youngsters can reduce risks and harm related to problem gambling and risky lifestyle choices.” As one of the speakers at the workshop, Magomola draws on her experience as a lawyer, businesswoman and gender activist, as well as her background in health care, government administration and the private sector. Guests will also be addressed by Jimmy Tau, a motivational speaker and retired Kaizer Chiefs soccer player. He will be joined by speakers of the National Credit Regulator (NCR) and Flamingo Casino. The day will include an industrial theatre play on taking risks responsibly, one of the NRGP’s key themes, and an interactive talk on the subject. Participants will also learn how addiction can negatively affect an entire family and community, and how to create strategies to reduce problems of addiction and better manage finances. “Our concern for young people who gamble, or who may one day choose to gamble, is that they do so knowing what the risks are and how to minimize them,” Magomola says. For the average impulsive, thrill-seeking young adult, gambling offers an ideal opportunity for “glamorous” fun and excitement. Unfortunately this age group’s propensity to take risks is often not balanced by careful thought of consequences and so gambling can present a dangerous pastime for them. In addition to formal gambling such as casinos, horses, the lottery and sports betting, there are many other forms of gambling to entice them. Along with betting among friends, many take risks with illegal games such as Fafi, cards and dice. Furthermore, with access to a computer and a credit card, it is easy to indulge in online gambling, regardless of the fact that it is illegal in South Africa.
DIE sanggroep Adam was onder die kunstenaars wat in die Castletent op die Gariep Kun stefees opgetree het. Foto’s: Lecrecia Prins REGS: Jay het talle feesgangers in die Gariep Kunstefees se Castletent laat ronddans met sy lekker popmusiek en liedjies van sy CD, Dis hoe ons rol.
5
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
FOKUS OP KIMDUSTRIA
Behoefte lei tot groei DIT was in die laat 1960’s dat die behoefte na meer nywerheidserwe en veral swaar nywerhede in Kimberley ontstaan het. Die stadsraad het toe met die beplanning van ’n nuwe nywerheidsgebied van 222 ha begin. Aan die noordekant van die Diamantstad, aan die N12-roete na Johannesburg, het die plase Vooruitzicht en Kenilworth gelê waarvan die stadsraad gedeeltes gekoop en dit tot nywerheidsgebied geproklameer het. ’n Gedeelte van 121,24 ha van die plaas Kenilworth is van De Beers Consolidated Mines Ltd gekoop terwyl ’n verdere 21 ha van die Kenilworth-maatskappy later gekoop is. Die dorpsgebied Kenilworth, wat aan dié nutsmaatskappy behoort, is beter bekend as die Yonder-en-Jannie Brink-opleidingsentrum wat ’n heenkome vir verstandelik gestremde mense en kinders bied. Die ontwikkeling van dié gebied is in fases aangepak. Met die ontwikkeling van die eerste fase is 40 van die beplande 147 nywerheidserwe teen R500 000 voorsien. Dit het die voorsiening van water, paaie, waterafvoer, riool en spoorverbindings ingesluit. Daar was onmiddellik ’n groot vraag na dié erwe deur nuwe
Kimdustria se erwe is steeds in aanvraag en die munisipaliteit het reeds in 1996 die aanvoorwerk vir die volgende fase ge doen. ontwikkelaars, sowel as gevestigde nyweraars in Kimberley, wat groter persele benodig het. Die groot vraag na erwe het meegebring dat fase twee reeds in 1974 beplan is en die ontwikkeling die jaar daarop gedoen is. Verkope van die 35 persele het aan die einde van 1975 begin. Die ontwikkeling van die res van die beskikbare persele is teen ongeveer vyf erwe per jaar van dienste voorsien, behalwe elektrisiteit wat reeds beskikbaar was. Van dié erwe is nou min oor. Kimdustria se erwe is steeds in aanvraag, en die munisipaliteit het reeds in 1996 die aanvoorwerk vir die volgende fase gedoen. Die oorspronklike uitleg het voorsiening vir twee spoorlyne gemaak.
YEBO PANELBEATERS se perseel in Kimdustria. Foto: Lecrecia Prins
GRIEKWALANDWESGRANIETMARMER se perseel in Kimdustria. Foto: Lecrecia Prins
Gebied ryk aan bedrywe
’n LUGFOTO van Kimdustria soos dit vandag lyk.
Foto: Google Earth
’n GROOT verskeidenheid nywerhede wat Kimberliete bedien, word in die drie belangrike nywerheidsgebiede, Fabricia, Ashburnham en Kimdustria, aangetref. Vervoernetwerke en ander belangrike infrastruktuur maak die gebiede ideaal vir entrepreneurs. Ander nywerheidsgebiede is in Turnerweg, Georgestraat en Beaconsfield. Die belangrikste nywerhede in die Diamantstad is klerefabrieke, vervaardigers van truie en verskeie ligte nywerhede. Ander nywerhede bedien die mynbedryf. Die afgelope jare het verskeie fabrieke weens die ekonomiese verswakking gesluit of verskuif. Kleiner nywerhede gedy egter. Mynbou en landbou bly die slagaar van die Noord-Kaap en veral die visbedryf het ontwikkel. Die provinsie is ryk aan minerale en veral die diamantbedryf het ’n groot bydrae gelewer. Ander belangrike minerale is ystererts, mangaan en asbes wat ook belangrik vir die ekonomie is.
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
7
FOKUS OP KIMDUSTRIA
OP die grens van Kimdustria is die Kenilworthlandgoed. In vervloë dae was dié “dorpie” die woonplek vir die De Beerswerknemers. Nou huisves dit die NoordKaapse Vereniging vir Geestesgesondheid, die Yondernasorg sentrum vir volwassenes en die Jannie Brinkskool vir kinders met verstandelike gestremdhede. Foto: André Botha
AGRICOL se gebou in Kimdustria.
Foto: Lecrecia Prins
Sake stoom steeds in
’n VRAGTREIN vind sy weg deur Kimdustria.
Foto: André Botha
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Heelwat aksie op fees VAATJIE BRÜWER het op die Gariep Kunste fees ’n draai by die SuidAfrikaanse Nasio nale Bloeddiens se stalletjie gemaak om bloed te skenk.
DIE pretpark het soos gewoonlik groot af trek op die Gariep Kunstefees gekry. Dit was veral onder kinders gewild, maar heelwat volwassenes het ook nie op hulle laat wag nie.
BRADLEY WILSON van Tjappies Tattoos is die ene konsentrasie terwyl hy vir Simone Ram dayal ’n tatoeëermerk op haar arm aanbring. Haar keuse was sterre. Foto’s: Emile Hendricks
Imagine diamonds KIMBERLEY DIAMOND SYMPOSIUM 11 - 13 September 2014
The Mittah Seperepere Convention Centre Kimberley, Northern Cape, South Africa
E+I 19849
8
www.gssa.org.za www.diamondroute.com www.debeersgroup.com
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
MOTORS
Nuwe enjins beïndruk
Polo steeds ’n leier Jannie Hennop
VUURWARM Swede . . . Sy nuwe DriveEenjins vorm die kruks van Volvo se aanslag op kopers se beursies. Die fokus val met dié enjins ook op ’n kleiner slagvolume gekombineer met turbokrag. Foto: Verskaf Jannie Hennop ’n MENS wil amper sê dit was weer Volvomaand in Suid-Afrika. Daar was ’n kans om agter die stuur van ’n paar Volvo’s in te klim; met die klem wat op dié vervaardiger se nuwe Drive-E-enjins geval het. Dít is waaroor dit in die nuwe Volvo’s gaan. Die Drive-E-enjins is Volvo se nuwe kragbronne (diesel en petrol) wat sy groot, haastige vyf- en sessilindermodelle oorbodig gemaak het. Daar sal net een diesel- en een petrolenjin wees en die kraguitsette sal in verskillende aanwendings wissel. Al is daar nou nog modelle met die “ou” enjins, sal dit binne ’n jaar of wat almal deur Drive-E-eenhede vervang word. Dit is nie meer nuus dat kleiner enjins wat minder brandstof gebruik en minder skadelike uitlaatgasse vrystel, ’n vereiste vir motorbouers geword het nie. Benewens strenger vereistes in veral Europa is daar groter druk op die vervaardigers om hul produkte se koolstofvoetspoor te verklein. Alles goed en wel, maar die verbruiker wil nie verrigting inboet nie. Noem dit selfsugtig, maar ’n skop in die rug en die vermoë om jou spoed te handhaaf is nie vir karkopers onderhandelbaar nie. Hulle wil kilowatts en Newton-meter hê. Al hoe meer vervaardigers antwoord: Volvo met sy Drive-E-enjins. Die antwoord is relatief eenvoudig: kleiner enjins waarvan elke aspek van die ontbrandingsproses
deeglik onder oë geneem is, en met ’n turbo aangeskroef. Die vier modelle wat ons onder hande geneem het, was die XC60 D4 (Drive-E), die V60 T5 (Drive-E) en dan, net om te voel wat die verskil is, ’n S60 D5 R-Design Polestar met die ouergeslag-vyfsilinderoliebrander (2,4 liter) onder die enjinkap en ’n V40 Cross Country T5. Die S60 D5 is steeds ’n lekker ryding (veral met die R-Design-tooisels), maar wys presies waarom die afskaling van enjinkapasiteit nie noodwendig ’n slegte ding is nie. Die D5 se 158 kW en 440 Nm is nie te versmaai nie, maar saam met die sesgangGeartronic-kas loop die nuwe XC60 D4 hom steeds onder die stof. Ons praat nou enjingewys, aangesien die een ’n sportnuts en die ander ’n sedan is. Die D4-enjin se 133 kW en 400 Nm is genoeg om kers vas te kan hou en klink soepeler as die vyfsilinder en stiller teen togsnelhede. ’n Beter verbruiksyfer deur die kleiner tweeliter-turbodiesel is ’n gegewe en in die groot XC60 het die gemiddelde verbruik van sowat 7 liter per 100 km verbaas. Boonop is daar ’n agtgang- outomatiese kas wat seepglad wissel. Die ander enjin wat ons op die proef gestel het, was die V60 T5 wat die nuwe petrolenjin in die Drive-E-reeks het. Dit is ’n aangename tweeliter met vier silinders en ’n turbo wat ’n skaflike 180 kW en 350 Nm uitstoot; weer omtrent dieselfde as die V40 T5 Cross Country met die 2,4 liter-enjin met vyf silinders. Die tweeliter-Drive-E-enjin voel
glad nie asof hy gou uitasem raak nie en toer gladweg rooilyn toe soos die kragtige vyfsilinder op sy beste kon doen. Indien jy die petrolkragknape se vermoë gereeld benut, kry jy natuurlik nie naastenby die bevrediging by die vulstasie as wat die diesels jou bied nie. Maar dit is mos maar in dié klas rygoed se aard. Volvo reken die nuwe enjin sal jou sowat twee liter per 100 km aan die duur voggies kan spaar – wat baie goed is. Die agtgangkas maak van hom ’n meer ontspanne ryding op die oop pad en dra beslis tot die beter verbruik by. Daar is by my geen twyfel nie Volvo se nuwe Drive-E-enjins tref die kol. Die enjinen-ratkas-kombinasies werk eersteklas en om die een of ander rede klink die enjins steeds soos ’n Volvo. Die enjins is ook nie die stilste wanneer hulle met sommige Duitse mededingers s’n vergelyk word nie, maar daardie vergelyking los ons vir ’n ander dag. Die feit is Volvo het van sy ou meulstene ontslae geraak. Vir baie mense was en is dit steeds kragtige meulstene, maar in vergelyking met die nuwe enjins kan daar nie twyfel wees oor die wysheid en voordele van die Drive-E-kragbronne nie. Vir die res beïndruk die Volvo’s steeds, maar ek dink die Sweedse vervaardiger se besluit om die Duitsers trompop te loop is dalk nie die regte benadering nie. Tog dra die sinvolle advertensie van Volvo dalk net die regte klem: “If you are tired of German techno, try some Swedish metal.”
VOLKSWAGEN is seker van die eerste vervaardigers wat begin het met die afskaal van enjins vir beter verbruik en laer uitlaatgasse sonder om woema in te boet. Onthou jy nog hoe die oë gerek het toe Volkswagen die eerste keer ’n kleinkapasiteitenjin in sy Golf V gebruik het? ’n Klein enjin met ’n turbo en later ’n turbo saam met ’n drukaanjaer was vir sommige mense een te veel. Volkswagen het met die opknapping van sy Polo besluit die tyd is ryp om sy flouerige 1,4 liter- en 1,6 liter-petrolenjins (turboloos) deur nuwegeslag-1,2liter-turboenjins te vervang. Onthou, daar was al ’n 1,2 liter-driesilinder-turbodiesel (met massiewe turbotraagheid), maar dié gaan ook deur nuwe 1,4 liter-turbo- diesels vervang word. Ons toetsmodel was die Polo 1,2 TSI Highline (petrol) wat ’n stewige R233 300 kos en saam met sy ekstras (parkeersensors, spoedbeheer, sondak en ligpakket) het die algehele koste op R250 650 te staan gekom. En ek dink (vergeet die opsies) die Polo is dit werd. Dit is hoe dit deesdae is. Die 1,2 liter-oond van die Polo voel na iets baie groters en kragtigers wanneer hy eers aan die gang kom. Daar is ’n bietjie turbotraagheid onderin die toerestrek. Die enjintjie is glad, stil en toer sonder moeite rooilyn toe en petrolverbruik was ’n billike 6,3 liter/100 km. Voeg daarby ’n uitstekende handratkas (hy is ook met ’n sewegang-DSG-kas beskikbaar) en dit is inderdaad ’n baie aangename ryding. Die toetsmodel, of High-line, soos hy genoem word, het die kragtiger weergawe van die 1,2 liter-enjin met 81 kW en 175 Nm. Boonop sê Volkswagen die nuwe reeks is tot 20% ekonomieser. Die ander veranderings aan die Polo is gering. Die gesofistikeerdheid, afwerking en materiale wat binne ingespan word, maak van die Polo ’n klasleier.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
ALGEMENE & HUISDIENSTE
LENINGS
RUIM TUINWOONSTEL: 2 slk. R5 500 p.m. (w en l ingesluit) plus dep. Skakel 079 472 6157.
ALLERLEI 1445
BETREKKINGS 3600
ADMINISTRATIEF
BOSCH-TUIMELDROËR, 3605 R1 200 O.N.A. COPY/PASTE DATA Skakel 076 703 7186/ clerks needed. 079 472 6157. SMS name and address to 081 886 0315 or e-mail d.workforce7@gmail.com EIENDOMME
TUINWOONSTELLE TE HUUR 3265
ALLERLEI 1655
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
3655
1845
MOTORBANDE, GOEIE TOESTAND, 195X60X15, R350 elk. Call 076 703 7186.
TE KOOP
INGENIEURSWESE
ROYLDENE Ruim eenmanwoonstel in erf. Veilige onderdakparkering. R3 300 p.m. (water en krag ingesluit). Beskikbaar: 1 September 2014. Skakel in kantoorure: 072 865 3442.
EARN R800 IN YOUR FIRST WEEK, GUARANTEED: Data hub needs some workers to fill out forms with or without computer. Easy step-by-step tutorials, own hours. SMS name, postal or e-mail address to 073 374 8703 or e-mail to: datahubb@yahoo.com
If you want to sell Table Charm, SMS your name and address to 073 701 5214.
ALGEMEEN 3680
NEED A JOB? Looking for agent in Kimberley/Northern Cape/Free State. Insurance salvage contractor. For more info send your detail and CV to: heleeninfo@gmail.com (You need a bakkie to start working).
PICKING OUT PERFORMANCE We make a point of recognising success.
BLASTING ASSISTANT, MINING, KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE Band 10 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth-largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. In this role, you will assist the team in general blasting-related activities and clean mining machinery, equipment and the environment. You will also adhere to all health and safety standards and promote good housekeeping on an ongoing basis. To be considered, you need a Grade 12 Certificate and 1 or more years’ operational mining experience. A Hazchen/Dangerous Goods Certificate and a valid driver’s licence would be advantageous, while willingness to work shifts and overtime (as and when required) and knowledge of elementary equipment and cleaning procedures are essential. It will be required of you to pass a Medical Fitness Certificate in order to be considered for this position. You may be subjected to physical testing when going for the Medical Fitness Certificate and will need a police clearance. Ref: K710192 Watch your career grow with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers before 12 September 2014 and following the links to tool/vacancies/jobsearch, entering the above reference number or send your application to kolomela3@angloamerican.com Internal applicants can apply online via Eureka. Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.
INVITATION TO BID
BID NO: NC/SOC/004/2014 Rendering of non-centre based/mobile early childhood development services, at John Taolo Gaetsewe and Pixley Ka Seme Districts for children between age 0-4 years for a period of 36 months Specifications and bid documents are available at the Department of Social Development, Room 5 (Supply Chain Management), Block J, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Bid closes at (postal address): Department of Social Development, Private Bag X5042, Kimberley 8300. Street address: Ground Floor, Block C, Mimosa Complex, 257 Barkly Road, Homestead, Kimberley. Closing date: 26 September 2014 at 11:00 Required by: Department of Social Development and National Development Agency, Northern Cape Provincial Government. Contact persons: Adelaide Wax or Kedi Flatela, tel. (053) 874-9215 or (053) 874- 9180, fax: 086 225 7666 or e-mail: awax@ncpg.gov.za or kflatela@ncpg.gov.za Please note: • A valid, original Tax Clearance Certificate – Tender (not a Tax Clearance Certificate “Good Standing”) must be submitted at the closing date and time (bid document NCP 2 refers) • This bid will be evaluated and adjudicated in terms of the 90/10 point system prescribed by the Preferential Procurement Policy Framework Act, 5 of 2000 and revised Regulations 2011 • A non-refundable deposit of R110.00 per set of bid documents is required • In order to qualify for preference points, originally certified copy of bidders’ B-BBEE Status Level Verification Certificate must be submitted at the bid closing date and time • Names of bidders that submitted bids will be published on the website of the Department of Social Development: http://socdev.ncpg. gov.za on Friday, 10 October 2014.
Northern Cape Provincial Government www.humanjobs.co.za
SOEK, KOOP, VERKOOP
Human Communications 111268
AIDS HELPLINE 0800-012-322
T E N D E R S
Human Communications 112064
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
11
Sê wie is vir jou fraaiste
THULISILE BOSCH/ SMS: JOOL 01.
MICHAELA WIESE/ SMS: JOOL 02.
DANIKA VAN WYK/ SMS: JOOL 03.
WIE dink jy is die mooiste baba of kleuter op die bladsy? Bekyk hulle goed, maak jou keuse en stem per SMS. Daarmee kan jy groot pryse wen soos koopbewyse van die Diamond Pavilion Shopping Mall en pakkette van Louis Botha Fotografie. Daar is drie kategorieë: een tot twee jaar, drie tot vier jaar en vyf tot ses jaar.
NELCO CLOETE/ SMS: JOOL 04.
KALDEN FOURIE/ SMS: JOOL 05.
HENNIE VICTOR/ SMS: JOOL 06.
RIANNÉ POPE/ SMS: JOOL 07.
NOLUTHANDO NGQELE/ SMS: JOOL 08.
KAYLIN VAN STA DEN/ SMS: JOOL 09.
JORDAN FOUCHE/ SMS: JOOL 10.
KEANDRA ROACH / SMS: JOOL 11.
ZAVIAN LOOTS/ SMS: JOOL 12.
CHLOE WESSELS/ SMS: JOOL 13.
GABRIELLA RUI TERS/ SMS: JOOL 14.
LUHLELWETHU NGONYOZA/ SMS: JOOL 15.
HUGO CLOETE/ SMS: JOOL 16.
JUANDRÉ VAN NIE KERK/ SMS: JOOL 17.
MEGAN VAN STA DEN/ SMS: JOOL 18.
LIAN COLLEN/ SMS: JOOL 19.
ETHAN FOUCHE/ SMS: JOOL 20.
CHRISTONIE GREEFF/ SMS: JOOL 21.
GENEVIEVÉ ERAS MUS/ SMS: JOOL 22.
ATLEGANG MOK GOSI/ SMS: JOOL 23.
NATHAN JANSE VAN RENSBURG/ SMS: JOOL 24.
MCKAYLA VAN DER LINDE/ SMS: JOOL 25.
JORJA RAEBURN/ SMS: JOOL 26.
KEEGAN PIETERSE/ SMS: JOOL 27.
Vir meer foto’s en nuus besoek www.noordkaap.co.za en ook op Facebook by Noordkaap JADON RUITERS/ SMS: JOOL 29.
BENNIE COETZER/ SMS: JOOL 28.
Koerant
Die SMS-lyn is reeds oop en jy kan dus dadelik stem. Die vyf finaliste in elke kategorie sal in volgende week se uitgawe van Noordkaap op 10 September aangekondig word, waarna mense weer vir die topdrie sal kan stem. Die topdrie word in die uitgawe van 17 September aangekondig. SMS JOOL (nommer van kandidaat) na 34877.
Daar moet ’n spasie wees tussen JOOL en die nommer, byvoorbeeld JOOL 30. SMS’e kos R2 per SMS en mense kan soveel keer as wat hulle wil vir enige kandidaat stem. Die kompetisie word deur die Diamond Pavilion Shopping Mall, Louis Botha Fotografie, die Universiteit van die Vrystaat se Joolgemeenskapsdiens en Noordkaap aangebied.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 3 SEPTEMBER 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
DIE Hoërskool Diamantveld se o.15Aspan wat die Kovsiestreekkompetisie se Volksbladliga gewen het die deur die span van die Hoërskool NoordKaap in die eindstryd met 105 te klop. Foto: Stef Krüger
Diamonds nou kampioen Hannes Nienaber DIE o.15A-rugbyspan van die Hoërskool Diamantveld is die nuwe kampioen nadat hy sy eweknie van die Hoërskool Noord-Kaap met 10-5 as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Volksblad-liga (vir o.15-spanne) onttroon het. Die Northerns het die twee spanne se kragmeting vroeër vanjaar met 8-7
gewen. Dié span het ook voorlangs in die eindstryd sake oorheers, maar die Diamonds het gewys indien jy ’n eindstryd uitstekend verdedig en jou kanse gebruik, hoef jy nie met leë hande van die veld af te stap nie. Diamantveld se verdediging was die grondslag vir sy sege met Noord-Kaap wat die meeste balbesit en gebiedsvoordeel gehad het. Die Diamonds se losskakel, Charles
Williams, het die deurslaggewende breek gemaak wat tot sy span se enigste drie gelei het. Williams het self ook gaan afrond. Die Northerns se slotpaar, Danie Liebenberg en Deon van Niekerk, het die Diamonds voorlangs probleme gegee. ) Diamantveld 10 (3): Drie: Charles Williams. Doelskop: Williams. Strafdoel: Williams. Noord-Kaap 5 (5): Drie: Granville Fortuin.
HNK 6 keer baas Hannes Nienaber DIE Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan het Saterdag hier op Shimlapark aan sy afrigter, Shaun Huygen, die perfekte verjaardaggeskenk gegee. Die Northerns is die sesde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga (vir medium-skole) gekroon toe hy Louis Botha naelskraap met 22-21 in die eindstryd verslaan het. Die span se agtsteman en kaptein, Gerhard Holtzhausen, het met speeltyd reeds verstreke sy driekuns aan drieë in die linkerkantse hoek voltooi om aan sy span dié sege te besorg. Kort ná die sege het die spelers Huygen skouerhoogte gelig en hom vir sy verjaardag toegesing. Die wendrie het gekom nadat die Northerns ’n vaskop net buite sy eie kwartgebied gehaak het en daarna deur vele fases tot in Louis Botha se gebied gevorder het. Die agttal van Noord-Kaap se uitmuntende werk in die skrums, sowel as in die lynstane, in die kragmeting was van die
vernaamste redes vir die oorwinning. Toe die skeidsregter, AJ Jacobs, die span van die Diamantstad se senter Siya Lawu koelkas toe gestuur het en Louis Botha se heelagter, Jeandré Christian, sy voorsprong na 21-12 gerel het, het dit gelyk asof die koeëel vir die Northerns deur die kerk is. Holtzhausen het egter twee keer gaan druk om te verseker dat geen Vrystaatse span nog sy hande op die Shimla-liga se trofee kon sit nie. Die Northerns se slot Rikus Zwart het self ’n goeie individuele lopie in die eerste helfte afgerond. Hy en Leijdekkers was ysters voorlangs met hul kaptein, Holtzhausen, wat self ’n uitstekende wedstryd beleef het. Agterlangs was die heelagter, Wilfred Bowers, skrumskakel, Brandon de Melim, en vleuel Cheswin de Vries staatmakers vir die kampioen. ) Puntemakers: Noord-Kaap 22 (12): Drieë: Gerhard Holtzhausen (3), Rikus Zwart. Doelskop: Robbie Petzer. Louis Botha 21 (6): Drieë: Victor Maruping, Shirwin Cupido. Doelskop: Jeandré Christian. Strafdoele: Christian (3).
Kaarte knou Griekwas DIE tweede keer dié seisoen moes die Griekwas die grootste gedeelte van ’n Curriebeker-wedstryd met 14 man op die veld klaarkom. Dit het die span nogtans nie gekeer nie om die Cheetahs hard vir hul sege te laat werk. Dié keer was dit die agtsteman, Carel Greeff, wat reeds in die 13de minuut ’n geel kaart en toe in die 36ste minuut ’n rooi kaart gekry het. Die Vrystaters moes self in die tweede helfte twee keer met 14 spelers klaarkom toe eers die slot Henco Venter en later die haker, Torsten van Jaarsveld, koelkas toe is. Die Cheetahs het eindelik te veel skietgoed gehad en die Poubloues bly segeloos in vanjaar se reeks. Boonop het die besoekers se plaasvervanger-losskakel, Pieter-Steyn de Wet, genoeg impak gemaak om vyf ligapunte in te samel. Die tuisspan het in die eerste helfte heelwat kanse gehad en veral aan die vleuel
PJ Vermeulen se kant bresse geslaan. Sy agterlyn se hantering was goed, maar die Griekwas kon nie binne trefafstand koelkop bly nie. Die Vrystaters het te maklik besit in hul eie kwartgebied omgekeer. Dit is ook waarom die Griekwas eers in die 38ste minuut sy eerste punte kon aanteken. Rory Duncan, die Vrystaat-breier, sou tevrede gewees het met ’n rustyd-voorsprong van 15-3, maar Hawies Fourie, Duncan se Griekwas-eweknie, het duidelik rustyd sy span spesiale water laat drink. Sy span het die Vrystaters soos ’n Noord-Kaapse warrelwind getref en was danksy drieë deur die skrumskakel, Tian Meyer, en haker, Martin Bezuidenhout, in die 57ste minuut met 18-15 voor. Dít het die Cheetahs uit hul sluimer wakker geskud. Met Venter van die veld af het hulle twee drieë – komplimente van Clayton Blommetjies en Tienie Burger – gedruk.