Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 10 September 2014
www.noordkaap.co.za
Komitee moet sê oor pad André Botha
Vier vrouwees DIE vroue in die polisiediens in Kimberley het Vrouemaand met ’n vrolike geselligheid afgesluit. Dié kleurryke geleentheid is in die Hoffeparksaal gehou. Elke tafel het ’n tema voorgestel en die vroue moes volgens die tema van hul tafel aantrek. Die gasspreker op die geselligheid was Veronica Pillay, ’n gekwalifiseerde advokaat van Durban. Hier is Liesl McAnda (links) en Patience Makoloi wat in die polisiekantoor in Galeshewe werk. Foto: Emile Hendricks
GRATIS
’n VEELPARTYKOMITEE is deur die Sol Plaatje-munisipaliteit se raad aangewys om die voortslepende saak van die sluiting van Bultfonteinweg op te los. ’n Voorstel wat oorweeg sal word, is dat die pad vir voertuie met ’n dravermoë van minder as 10 ton heropen word. Die gedeelte van Bultfonteinweg wat langs die Groot Gat verbyloop, is in 2008 gesluit ná ’n waarskuwing deur De Beers in ’n verslag aan die raad dat die straat kan wegkalwe. Dié waarskuwing het gekom nadat ’n kraak met ’n roetine-inspeksie aan die oostekant van die gat gekry is. Die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel en Industrie (Nokki) voer sedertdien ’n stryd om die pad weer oop te kry. Ondanks die sluiting van die pad vir alle verkeer is dit die afgelope paar jaar deur taxi’s as staanplek gebruik. Die openbare beskermer (OB) het in ’n verslag gesê die 2011- munisipale verkiesing – wat meegebring het dat talle nuwe lede tot die raad van die Sol Plaatje-munisipaliteit verkies is – is een van die redes waarom geen besluit nog oor die omstrede Bultfonteinweg geneem is nie. Die OB het vroeër op versoek van Nokki ’n ondersoek na die sluiting van die straat deur die munisipaliteit begin. Luidens die nuutste verslag aan die raad is daar drie keuses. Die eerste is om die pad vir alle verkeer oop te stel, die tweede om
die status quo te handhaaf deur die pad gesluit te hou en die derde om die pad vir beperkte verkeer oop te stel. As laasgenoemde aanvaar word, is die voorstel toegang tot die pad word tot voertuie met ’n dravermoë van minder as 10 ton beperk. In die verslag word daarop gewys die sluiting van die pad het verkeersprobleme in die middestad veroorsaak. Die heropening van die pad sal die verkeersdruk in die middestad verlig terwyl na ’n langtermynoplossing gesoek word. Die veelpartykomitee bestaan uit raadslede en amptenare. Verteenwoordigers van Nokki en De Beers sal ook betrek word. De Beers het in 2006 gewaarsku die oostekant van die Gat (langs Bultfonteinweg) is onstabiel. Dit kon nie toe aangedui word wanneer die oostelike wal tot só ’n mate sou wegkalwe dat dit Bultfonteinweg sou bedreig nie.Grondverskuiwings in 2008 het egter die wal se stabiliteit verder bedreig. Die raad het toe besluit om die pad te sluit. Die Raad vir Geowetenskap het daarna ’n ondersoek gedoen. In sy verslag, wat in 2010 ingedien is, is aangedui die moontlikheid van ’n groot instorting langs Bultfonteinweg is gering. Klein instortings met verloop van tyd is waarskynlik, maar sou nie op kort of medium termyn ’n regstreekse impak op die pad hê nie. Sulke instortings sou op lang termyn ’n impak hê, maar dit is moeilik om tydlyne daarvoor te voorspel. Bultfonteinweg is egter binne die laerisiko-gebied, het die verslag aangedui.
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
Vrouemaand stylvol gegroet DIE vroue in blou het Vrouemaand in styl met ’n geselligheid in die Hoffepark-saal afgesluit. Elke tafel het ’n ander tema gehad en die vroue in die polisiediens in Kimberley moes volgens dié temas aantrek. Dié kleurryke aand het geleentheid vir ’n gedansery, gesingery en inspirerende
GENL. MAJ. HILDA MOHAJANE, bevelvoer der van die speurdiens in die NoordKaap, het die vroue toegespreek op ’n geselligheid waarmee die Kimberleypolisie Vroue maand afgesluit het. Mohajane is die gene raal in beheer van die speurders in die pro vinsie.
boodskappe gebied. Die gasspreker, adv. Veronica Pillay, het die vroue daaraan herinner dat hulle fenomenaal is. “Jy het nie jou man, baas, familielede of die samelewing nodig om te bevestig dat jy ’n sterk vrou is nie. Jy is wonderlik en waardig,” het Pillay gesê.
DIE eenheid vir sigbare polisiëring (Vispol) se tema op die Kimberleypolisie se afsluitings geselligheid van Vrouemaand was ’n bruilofonthaal. Van links is, voor: Amber Fourie (klerk), Jermaine Pedro (klerk), Keneilwe Malefo (klerk), Boitumelo Mokwena (veiligheids vrywilliger) en konst. Andrea Valla; agter: konst. Lizy Mira, Shazay Gool (adminstrasie klerk), lt. Lydia Tsoone, konst. Lorato Dire en Susan Steenbok (klerk).
ADV. VERONICA PILLAY, gasspreker op die geleentheid, het ’n inspirerende boodskap oorgedra en die vroue het haar kortkort toegejuig.
ELKE tafel het ’n eie tema gehad wat ’n baie kleurryke saal verseker het.
Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za en blaai deur vorige uitgawes.
IN ’n vrolike luim op die vrouemaandgeselligheid is van links, voor: lt. Genevieve Williams en konst. Rozanne Riet; middel: kapt. Mapule Kepadisa, Charnay van der Westhuizen (administrasieklerk), sers. Letticia Barnes en konst. Celestine Drude; agter: Johanet Hofmeyer (administrasieklerk), ao. Kathy Bouwer en lt. Marnelle Viljoen. Hulle verteenwoordig die misdaadbeheersentrum en die tema vir dié tafel was Maskerbal. Foto’s: Emile Hendricks
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
3
Fraaie Roosknoppies gesoek Madelein Venter
DIE geskenkpak van CocaCola wat lesers van Noordkaap kan wen.
Geskenkpak stil die dors INDIEN jy ’n Coke-liefhebber is, is Noordkaap se nuwe kompetisie net die ding vir jou om aan deel te neem. Coca-Cola het pas sy nuwe My Size-bottel van 330 ml bekend gestel en tien lesers van Noordkaap kan elk oor die volgende vyf weke ’n geskenkpak van R1 000 wen. ’n Paar interessante geskenke en ’n houer vol Coke in die nuwe, klein bottel is deel van die geskenkpak. Die nuwe bottelgrootte is ontwerp om maklik rond te dra, maar ook met mense se beursie in gedagte. Dit kos net R5. Om deel te neem stuur ’n SMS na 45533. Die SMS moet begin met NK, dan ’n spasie gevolg deur Coke, met nog ’n spasie en dan jou naam en van. Mense het tot Vrydag 12:00 kans om hulle in te skryf. Onthou, sonder jou naam en van kan jy nie vir die prys in aanmerking kom nie. Elke week, vyf weke lank, sal twee wenners aangewys word wat elk ’n geskenkpak sal ontvang. Die eerste twee wenners sal in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
Vrou wen met mall-logo ANNA-MARIE COETZEE is die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan ’n geskenkbewys van R200 in die sentrumkantoor gaan afhaal. Deelnemers moet seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van. As dié besonderhede nie daar is nie, kan hulle ongelukkig nie vir die trekking in aanmerking geneem word nie. Die logo is die een waarin ’n klein diamant verskyn, nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Dit kan op ’n foto of binne of langs ’n berig verskyn. Hou volgende week se uitgawe vir die volgende ronde van die kompetisie dop.
Passasiers vas weens dwelms MANDRAX-TABLETTE van bykans R1,2 miljoen is Saterdagnag gekry en twee mense is in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n trein toegeslaan het wat in die Kimberley-stasie gestaan het. Die Shosholoza Meyl-trein was van Johannesburg na Kaapstad onderweg. Lt. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Kimberley is Saterdagnag ingelig oor ’n 72jarige man en ’n 49-jarige vrou wat aangehou word deur polisielede wat op die Shosholoza Meyl werk. Altesaam 12 439 Mandrax-tablette met ’n gewig van 30 kg is by die twee gekry. Hulle is toe in hegtenis geneem en beslag is ook op die dwelms gelê. Hulle sal vandag in die landdroshof in Kimberley verskyn. ) Nog ’n man is in hegtenis geneem nadat hy ook deurgesoek en kokaïen van 1,8 g by hom gekry is. ) In ’n ander voorval is ’n 18-jarige man in hegtenis geneem nadat hy en nog twee mans Vrydag in Gladstoneweg in De Beers deurgesoek is en ’n paar Mandrax-tablette by hom gekry is. Hy sal ook vandag in die hof verskyn.
DIE gewilde Roosknoppie-kompetisie, wat jaarliks saam met die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangebied word, trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan. Die kompetisie word voorts deur Bloemnuus, in samewerking met die ander sentrale plaaslike koerante, aangebied en inskryfvorms sal Vrydag in Bloemnuus geplaas word. Die inskryfvorm sal ook van Vrydag af op www.bloemnuus.co.za beskikbaar wees. Meisies van drie en vier jaar oud kan deelneem. Dit is nie ’n modelkompetisie nie, maar net ’n kompetisie vir fraai klein meisies wat soos roosknoppies lyk. Foto’s wat ontvang word, sal in Bloemnuus, asook Noordkaap, Maluti, Kroonnuus, Vista en die Kalahari Bulletin, geplaas word. Alle foto’s sal egter nie geplaas word nie – die beoordelaars se besluit in die verband is finaal en geen korrespondensie hieroor sal gevoer word nie. Die sluitingsdatum vir inskrywings is op Maandag 29 September om 12:00. Die Bloemnuus-Roosknoppie-kompetisie word op 24 en 25 Oktober saam met die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangebied. ) Rig navrae aan Madelein Venter by 051-404-7816 of madelein.venter@volksblad.com.
DIE wenner van verlede jaar se VolksbladRoosknoppiekompetisie was Louandi Erasmus (middel, dogter van Yolandé en Jacques Erasmus van Bloemfontein). Hier by Louandi is die eerste prinses, Tineke Jansen van Rensburg (links, dogter van Nadine en Jacques Jan sen van Rensburg van Bloemfontein), en die tweede prinses, Marizelle Wagenaar (dogter van Marijke en Manie Wagenaar van Parys). Die kompetisie sal voorts as die Bloemnuus Roosknoppiekompetisie bekend staan. Foto: Conrad Bornman
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
St. Cyprian-katedraal toe en nou
D-dag: Is pad nou oop óf toe? DIE omstandighede rondom Bultfonteinweg draal nou al jare sonder dat ’n oplossing gekry word wat almal tevrede stel. Die sluiting van die pad destyds het ondernemings in die omgewing ernstig geknou. ’n Vulstasie moes selfs sluit, omdat dit in die gedeelte van die pad was wat toegemaak is. Uiteraard kan ’n vulstasie nie funksioneer of sake doen as dit nie per motor bereik kan word nie. Die sluiting van die pad was om alle verkeer van die pad af te kry. Wat egter gebeur het, is dit word nou reeds jare lank deur taxi’s as staanplek gebruik. Kortom: Amptelik is die
pad gesluit, maar in die praktyk word dit gebruik. Die logiese argument van diegene wat die pad oop wil hê, is as taxi’s daar kan ry en parkeer, kan niemand anders verbied word om dit ook te doen nie. Die aanduidings is die gevaar van instorting – die rede waarom die pad gesluit is – is nie meer so groot nie. Dit beteken die rede vir die sluiting het eintlik verval. Dit is te verstane ’n besluit om die pad te heropen kan nie ligtelik geneem word nie. Dit kan egter ook nie net aanhoudend uitgestel word nie. Hopelik sal die veelpartykomitee wat dit nou gaan ondersoek, gou klarigheid bring.
DIE St. Cypriankate draal se geskiedenis het reeds in 1871 be gin toe tentdienste gehou is. Later is ’n tydelike gebou in Marketstraat opge rig. In 1879 het die ge meente na ’n vooraf vervaardigde gebou, ingevoer uit Enge land, in Jonesstraat verskuif. In 1907 is ’n nuwe gebou (die hui dige een) in Dutoit spanweg opgerig. Dit is deur D.W. Great batch ontwerp wat vir talle van Kimber ley se geboue in daardie tyd verant woordelik was. Die gebou het op 30 Ju nie 1912 katedraal status verkry. Dit het daarna as die Cathe dral Church of St Cy prian the Martyr be kend gestaan. Hoog eerwaarde W. Gore Brown is later dieselfde jaar as die eerste biskop van Kimberley en Kuru man aangewys. Oor die jare heen het die gebou heelwat uitge brei. Die laaste uit breiding was die ge denkkloktoring wat in 1961 gebou is. Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek
Onthou net die mooi mense Hannes Noëth
TOERISMEMAAND is amptelik bekend gestel met onder meer besoeke deur verteen woordigers van die regering en SuidAfrikaanse toerismeinstansies aan besonderse besienswaardighede in Kimberley en Douglas. ’n Toer is onder meer deur Galeshewe onderneem, die flaminke op die Kamfersdam is bekyk en die William Humphreys kunsgalery en die Wildebeestkuilrotskunssentrum is besoek. Van links is Risuna Mayimele (internasionale bestuurder: openbare betrekkinge en kommunikasie van SuidAfrikaanse Toerisme), Debbie Damant (bestuurder: Lande van SuidAfrikaanse Toerisme) en Dianna Martin (bestuurder van die NoordKaapse Toerismeowerheid) in die DugganCroningalery in die stad. Foto’s: Emile Hendricks
“DAAR het al soveel mooi mense oor my lewenspad gekom” – met die woorde het sy ons gesprek ingelui. Agterna beskou, het ek besef dat sy een van die mooiste mense was wat nog my lewenspad gekruis het. Mense kruis mos maar jou pad, ons het al baie daaroor gedagtes met mekaar gedeel, maar soms moet ’n mens stilstaan en kyk hoeveel mooi mense jou lewenspad kruis. Dit is daardie mense wat nie van jou verduidelikings vra nie, wat verstaan sonder om in te grawe in jou binnekant, wat ’n drukkie gee omdat hulle omgee, wat jou beter laat voel in die donkerste tye. Dit is daardie mense wat jou so klein laat voel as jy in hul teenwoordigheid kom, juis omdat jy besef hierdie mens wat nou jou pad gekruis het, laat jou groei. Dié dag toe sy ons gesprek met die woorde begin het, kon ek nie verstaan waar kom haar sin nou vandaan nie. Hoe kom sy nou by so ’n opmerking uit? Ek het agterna eers gesien dat sy op haar skoot met ’n lewensdagboek sit. Ek het haar in hospice besoek, haar aardse dae was afgetel. Sy het dit geweet en sonder neerslagtigheid
teruggelees oor haar lewenspad. Haar opsomming: Daar het al soveel mooi mense oor my lewenspad gekom. En sekere lelike mense ook – het ek duiwelsadvokaat gespeel? Ja, was haar antwoord, maar ek kan kies wat ek wil onthou en wat ek wil vergeet en ek kan kies wie ek wil onthou en wie ek wil vergeet. Jare gelede het sy begin dagboek hou van haar lewe, maar toe het sy reeds voorin geskryf dat sy net daar sal aanteken hulle wat sy wil onthou as sy eendag oud is. Hulle wat sy wil vergeet, sal sy nie daar aanteken nie. En nou, noudat sy haar laaste paar dae deurbring – nou hou sy haar besig met die mooi mense oor haar lewenspad. Sy is dankbaar oor haar keuse jare gelede, want dit het gemaak dat sy ’n boek vol mooi mense opgeteken het, mooi stories. Stories van mooi mense wat oor haar lewenspad gekom het.
Steeds bang vir die ‘ding’ Karin Muller
SADIQ DINDAR (bestuurder: handelsbetrekkinge van SuidAfrikaanse Toerisme) be kyk ou foto’s in die DugganCroningalery op ’n besoek van regeringsverteenwoordi gers aan verskeie besienswaardighede.
AS kleuters was amper almal van ons bang vir iets abstraks . . . die donker . . . of die “ding onder die bed” . . . Soms was jy so bang dat jy iemand gevra het om namens jou onder jou bed te kyk of die “ding” sy wyk geneem het. Selfs al is jy oor en oor verseker dat daar – behalwe vir een verlore sokkie, ’n leë lekkergoedpapier en ’n paar bordspeletjies – absoluut niks onder jou bed is nie, kon jy nie heeltemal oortuig word nie. Vrees en twyfel het weer sy intrek kom neem en jy het van voor af gewonder of daar nie tog ’n ding onder jou bed wegkruip nie. Niemand het dit nog gesien nie, maar in die diepte van jou jong menswees het jy geweet dit is daar. Vandag loop baie van ons steeds rond met ’n spreekwoordelike vrees vir die “ding onder die bed”. Dit is minder ooglopend as toe ons kleuters was en ons vra nie noodwendig dat iemand anders dit namens ons konfron-
teer nie. Dalk is dit die vrees om jou werk te verloor, gewig aan te sit of om sosiaal onaanvaarbaar te wees. Dit mag iets niksseggends vir jou medemens wees waarvoor hulle jou moontlik mag uitlag, maar vir jou is die vrees ’n werklikheid. As volwassene is jy waarskynlik so besig om die punte bymekaar te probeer hou dat jy al vergeet het van die “ding onder die bed”. Jy probeer jouself wysmaak dat dit in elk geval nie bestaan nie en jy belaglik sal voorkom. Maar in die stilte van die vroeë oggendure wanneer jy besin oor jou lewe, weet jy, in die diepte van jou menswees, dat jy steeds bang is vir die ding onder die bed, net in ’n ander vorm.
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
5
Park in Greenpoint kry ’n oormaaksessie Lecrecia Prins DIE departement van omgewingsake en natuurbewaring en die Sol Plaatje-munisipaliteit het met die aanbreek van die lente besluit om weer die voorkoms van die park in Greenpoint te verfraai. Die verbetering van die park gaan meer as R900 000 kos. Die park is in 2004 deur Dipuo Peters, voormalige Noord-Kaapse premier, geopen en het ’n duiwelsvurkheining rondom gehad. Daar was ook braaigeriewe, maar deesdae vloei riool vrylik deur die park en alles wat daar was, is afgebreek. Tiny Chotelo, LUR vir omgewingsake en natuurbewaring, sê die
skoonheid van Kimberley is geruime tyd al ’n teer saak en haar departement is al verskeie kere deur wetgewerlede berispe oor die stad se voorkoms. “In die laaste jaar het die provinsiale regering R12 miljoen op skoonmaakveldtogte bestee. Die departement van omgewingsake en natuurbewaring het verder R500 000 aan die munisipaliteit geskenk om vullisblikke mee aan te koop. Ongeag al die pogings om die stad mooi te maak word vullis steeds onwettig gestort. “Ons het besef om die siklus te verbreek moet ’n intensiewe afvalbestuurveldtog gevoer word. Ons moet inwoners van Kimberley inlig oor
die belangrikheid van ’n skoon omgewing.” Die werk aan die park in Greenpoint gaan na verwagting tot voor die Desembervakansie duur. Die materiaal wat gebruik gaan word om die park te omhein sal dieselfde materiaal wees as dié van die Weseinde-begraafplaas en die munisipaliteit gaan dit self maak. Chotelo het gesê die gemeenskap in Greenpoint ondersteun die veldtog en gaan verantwoordelikheid neem om die park skoon te hou. Die departement het onderneem om nie net parke en woonbuurte in Kimberley skoon te maak nie, maar dat die res van die provinsie ook skoon gehou moet word.
DAVID MOLUSI, uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatjemu nisipalitei, Tiny Chotelo, LUR van omgewingsake en natuurbewa ring, en Denver van Heerden, departementshoof van omgewingsa ke en natuurbewaring, het gister die Greenpoint Pioneer Park en die Kimberleyskoonomgewingveldtog bekendgestel.
Kom eet, kook en geniet DIE bekende koskonsultant Heleen Meyer sal op 27 September ’n kosdemonstrasie in Kimberley aanbied. Meyer, wat elke Maandagoggend op RSG gehoor kan word, leer mense hoe om maklike, deeglike resepte na almal se smaak voor te berei wat mense dan tuis kan maak en saam met familielede en vriende kan nuttig. Dié geleentheid, wat deur die Vrouelandbouvereniging (VLV) en Westfalia aangebied word, begin om 10:00 en word in die NG kerk Bakenskop in Kimberley gehou. Meyer is die skrywer van die suksesvolle resepteboeke Onthou-kos/ Food from the Soul en ook Kos is op die tafel. Meyer sal ook haar nuwe kookboek, Maak Vyf, hier bekend stel. Westfalia-avokadoolies sal ook teen korting op die geleentheid verkoop word. Mense wat die demonstrasie wil bywoon en meer wil leer oor hoe om maklike resepte voor te berei kan Kittie by 083-236-3782 of Elsabé by 083-395-090 bel. Toegang tot die geleentheid kos R100 per persoon.
IEMAS accounts are open Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
23
90
SAVE R4
PRICE VALID 8-14 SEPTEMBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho, Express, Franschhoek Daily, Monte Vista and Kenridge. smart shopper points will still apply in Express and Franschhoek Daily stores, Monte Vista and Kenridge stores. Buy Aid Cards not accepted at the following stores: Inland: Vanderhof, Northmead, Rosettenville and Elspark. Northern Region: Hoedspruit KZN: Stanger and North Beach. Western Cape: Strand Street. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800112288. Cellphone rates apply. Promotional stocks are limited. Prices inlcude VAT. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. 1188606_200x98
TREE IN GERIEF AF MET ’N VEILIGE BELEGGING IN RSA-KLEINHANDELSPAAREFFEKTE Jy werk jou hele lewe lank hard. Begin nou spaar om seker te maak dat jou aftrede gerieflik sal wees. Jy kan vanaf slegs R1 000 in RSA-kleinhandelspaareffekte belê wat jou mededingende rentekoerse bied en finansiële groei waarborg sonder dat jy enige fooie of kommissie betaal en dis risikovry. Vaste-of inflasiegekoppelde-effekte is beskikbaar aan Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners van enige ouderdomsgroep by enige Poskantoor, Nasionale Tesourie-kantoor in Pretoria of op ons webwerf. Jy kan hulle ook landwyd by Pick‘n Pay-winkels koop. Spaar NOU met RSA-kleinhandelspaareffekte! Dit is die slim manier van spaar.
Department: National Treasury REPUBLIC OF SOUTH AFRICA
Begin spaar, skakel (012) 315 5888 of gaan na www.rsaretailbonds.gov.za
Foto: Lecrecia Prins
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
Swaai raket DIE Hoërskool Diamantveld se eer ste meisiestennisspan het die na week uitgeblink toe hy die eerste plek in die Bethlehemhoërskole tennistoernooi behaal het. Dia mantveld het die sterk span van die Meisieskool Oranje van Bloemfon tein in die eindstryd geklop. Vier spanne van Diamantveld het aan die toernooi deelgeneem en al vier het uitstekend gevaar. Die tweede span was sewende, die tweede seunspan was vierde en die eerste seunspan was sesde. Die skole wat deelgeneem het, sluit die Hoër skool Voortrekker (Bethlehem), die Meisieskool Oranje, Hoërskool Randburg, die Hoërskool Helpme kaar (Johannesburg), die Hoër skool Fichardtpark (Bloemfontein), Hoërskool Wesvalia (Klerksdorp), Hoërskool Linden en Parktown Boys’ High (albei Johannesburg) in. Die spelers van die eerste mei siespan is van links Ané Baden horst, Kiara Wakeford, Marna Swie gers en Anja Lubbe. Foto: Verskaf
LEDE van die Skaakmeesterakademie in Kimberley wat onlangs vir die NoordKaapse skaakspan gekies is en hul afrigter is van links, voor: Emilio Botes, Francois du Toit, Shannon Wong en Suné Mostert; middel: Michael Krü gel en Dean Krügel; agter: Pierre de Smidt (afrigter). SCHALK KRUGER is 'n gr. 12 leerling aan en die hoofseun van die Hoërskool Adaman tia. Hy het onlangs die presi dentsverkennereerbewys van Die Voortrekkers ont vang. Dit is 'n nasionale eer bewys wat vir jare se volhar ding en toewyding toegeken word. Presidentsverkenners kan dié kenteken met trots dra. Foto: Verskaf
Samel geskenke in
THESE learners of the Kimberley Girls’ High all won silver awards (70% to 80%) in the English Olympiad. From the left are, front: Mpho Matross, Annie Mag wazeni and Mavra Hamid; back: Nambitha Mbane, Kimberlin Brink, Khanyisile Njovu, Shannon Thomp son and Pabalelo Magwevana. Photos: Supplied
7
90
per pack
SISTERS JENNIFER (LEFT) AND CASEY PREECE, learners of the Kimberley Girls’ High, hold natio nal rankings for squash. Jennifer is ranked sixth in South Africa in her first year playing in the u.16 squash division, while Casey is ranked ninth in South Africa in her first year playing in the u.19 squash di vision.
14
90
Foto: Bernice Sutton
1490
BANANA’S 1.5kg
per pack
4890
per pack
890
1290
per kg
5890
each
per pack
CABBAGE
ROYAL GALA APPLES 1,5kg
VROUE in Kimberley wat die Clo vervrouegeselligheid met Lizz Mei ring in haar produksie Langpad en Lipstieks (wat deel van die Gariep Kunstefees was) bygewoon het, gaan jong meisies se harte warm laat klop wanneer dié meisies sien watter geskenke hulle gaan kry. Die vroue wat die produksie bygewoon het, moes iets vrouliks saambring wat aan jong meisies gegee kan word. Die geskenke wat ingesamel is, gaan na die Christina Kiddiekin dersentrum en die polisie se Vroue netwerk wat dit verder sal uitdeel. Van links is kapt. Grace Bruce en Leeza Graaff (van die polisie), Ma ruis Nagel (feesvoorsitter) en Freda Meiring (bestuurder van die Christi na Kiddiekindersentrum).
1590
per kg
per pack
1990 per tray
25
90 each
HULETTS BROWN SUGAR 3kg
1590 each
MELROSE CHEESE SLICES 200g • Assorted
19
590 each
90 each
ESKORT SMOKED OR RED VIENNAS 500g
2290
16
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
each
per kg
BULK LAMB CHOPS
9490 per kg
8990
each
per kg
SEA HARVEST FISH FINGERS 400g
90
8590
BOKOMO WEET-BIX 450g
Prices valid 10-14 september View this catalogue online at game.co.za
2014
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
7
BELANGHEBBENDES vergader môre met verteenwoordigers van die padagentskap Sanral om die moontlike beveiliging van die kruising tussen die N12 en die R31 net buite Kimberley te bespreek. Nadat twee jong mense sowat ses weke gelede in ’n ongeluk op die kruising dood is, is ’n byeenkoms by die kruising gehou om onder meer vir ’n oplossing te bid. Foto: André Botha
Kruising bespreek André Botha DIE getal mense wat reeds versoekskrifte onderteken het om die sogenaamde “kruising van die dood” veiliger te maak nader 2 000 . ’n Vergadering tussen belanghebbendes en die padagentskap Sanral word môre gehou om die moontlike beveiliging van die kruising te bespreek. Verskeie mense is in ongelukke op dié kruising van die N12 en die R31 by die Kalahari Lodge dood of beseer. Altesaam 28 ongelukke het die afgelope ses maande hier plaasgevind. Die mees onlangse ongeluk was die een waarin Chara van Zyl (18) en Hendré Gouws (19) omgekom het en die broers Henco (20) en Duart Boshoff (24) ernstig beseer is. Hul motor het in die nagtelike ure teen ’n vragmotor gebots. Magda Vertue, wat ná die ongeluk ’n veldtog begin het om die kruising te laat beveilig, sê sy wag nog op van die versoekskrifte, maar op dié wat sy reeds het, verskyn sowat 1 500 name. “Daar is beslis belangstelling,” sê sy. Sy sê Sanral het voorheen gesê dit is onprakties om ’n sirkel of verkeersligte by die kruising aan te bring. Sy het daarom die afgelope tyd voorbeelde van soortgelyke
kruisings elders in die land op die internet opgespoor waar wél sirkels of verkeersligte is. Sy wil dit aan Sanral voorlê as bewys dat dit wel moontlik sal wees om dit ook by die kruising te doen. Sy het ook Taung toe gery om foto’s te neem van ’n kruising daar waar ’n groot sirkel gebou is. Intussen gaan dit goed met die twee Boshoff-broers. Vertue sê Duart is reeds uit die hospitaal ontslaan. Henco is steeds in die Pasteur-hospitaal in Bloemfontein, maar maak goeie vordering. Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het vroeër gesê die munisipaliteit sal elektrisiteit vir beligting voorsien. “Die verkeersirkel in Monumentweg is baie doeltreffend en ’n sirkel hier kan ’n moontlike oplossing wees. Sanral sal egter die ingenieursbeplanning moet doen en ’n aanbeveling doen.” Die veldtog, wat ook die kruising van hoop genoem word, het ’n hupstoot gekry toe ’n plaaslike sakeman, Piet Els, toegetree het. Hy het werkers en masjinerie gehuur om ’n klipbult by die kruising plat te maak om sigbaarheid te verbeter. Els het aangebied om van die aangrensende grond te skenk as Sanral tot ’n verkeersirkel toestem.
Textbooks promised BY the end of November, all schools in the Northern Cape will have received their textbooks for next year’s academic year, says the Department of Education. The process of delivering the 400 000 top-up textbooks to schools will commence in the first week of October. More than R37 million has already been spent by the department for the procurement of top-up textbooks for the foundation phase (gr. 1, gr. 2, gr. 3) and high school (gr. 10, gr. 11 and gr. 12) respectively, says Sandile Beuzana, director for Learning and Teaching Support Material (LTSM). “Once we have concluded the distribution process to schools, we will start with the mop-up campaign at the beginning of December,” says Beuzana. “We want to finalize the identification of shortages of textbooks and coordinate the swapping of textbooks between schools if need arises within the period.” Although the department is moving ahead
with delivering textbooks to schools, the retrieval and lifespan of textbooks already delivered remains a concern. Schools have been advised to draft their own retrieval policy. This will eventually save money for the department. “Most textbooks have a lifespan of five years and this is compromised when text books are not properly covered and not well taken care of. “Teachers, learners and parents are encouraged to take care of the textbooks. We can significantly bring down the costs of purchasing textbooks every year.” Learner migration is another major challenge which affects textbooks provisioning and the retrieval process. The procurement of textbooks is purely prepared on the basis of the departmental data retrieved from the annual survey together with the ten-day snap survey. This is done predominantly under the budget constraints, says Beuzana.
UWC holds reunion THE University of the Western Cape (UWC) will be hosting an alumni reunion for past students from the 1980s. The reunion will be held from 3 to 5 October. A spokesperson for the university says the aim of this event is to honour and celebrate all alumni who were part of the decade of the 1980s who played an integral part in shaping not only the UWC’s history as an anti-apartheid institution, but that of South Africa too. Those who attend, will be afforded the opportunity to reflect on the past, reconnect with the institution, renew friendships and forge new hope for the future.
The weekend programme includes a welcome gala dinner with the rector, reflective conversations with alumni, family fun events, a jazz party, a campus tour to discover developments, a lunch, the taking of a 2014 reunion photograph and various other activities. It will be held at the university campus in Robert Sobukwe Road (Modderdam Road), Bellville. For the full programme and to book visit www.uwc.ac.za/alumni. Alternatively, send an email to alumni@uwc.ac.za or call the alumni relations office on 021-959-2143. The closing date for booking is 19 September.
Aftreeoord maak reg vir basaar DIE Minerva Gardens-aftreeoord hou weer vanjaar basaar. Die sentrum, wat al agt jaar bestaan, hou op 1 November ’n geldinsamelingsprojek vir geld vir ’n verkoelingstelsel en ook om in ander behoeftes te voorsien. Op die basaar sal alles van braaivleis en worsrolle tot koeke en terte te koop wees. Maaitjie Burmeister, bestuurder van die aftreeoord, sê hulle sal ook graag ’n veiling wil hou waarop mense ’n skaap of spring-
bok, skilderye en antieke ware kan koop. Die oord bied 24-uurversorging aan bejaardes. Van die bejaardes kan nog vir hulself sorg, maar van die ander is heeltemal verswak. Die sentrum het ruim kamers. Verpleegdienste word deur opgeleide personeellede voorsien, asook skoonmaakdienste. Burmeister sê enigeen wat ekstra ware soos koppies, pierings en bakkies het wat hulle nie gebruik nie, kan dit aan die oord in Capitolstraat skenk.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
5 tot 6 jaar 3 tot 4 jaar 1 tot 2 jaar
DIE tweede ronde van Noordkaap se babakompetisie begin nou. Hieronder is die foto’s van die vyf finaliste in elke kategorie. Jy kry nou kans om met jou stem die topdrie aan te wys. Bekyk hulle goed, maak jou keuse en stem per SMS. Daarmee kan jy groot pryse, soos koopbewyse van die Diamond Pavilion Shopping Mall en
Stemme ingewag pakkette van Louis Botha-Fotografie wen. Daar is drie kategorieë: een tot twee jaar, drie tot vier jaar en vyf tot ses jaar. Die SMS-lyn is reeds oop en jy
kan dus dadelik stem. Dit sluit Sondag om 23:30. Die drie finaliste in elke kategorie sal in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word, waarna mense weer vir
die wenner sal kan stem. Die wenners word in die uitgawe van 24 September aangekondig. SMS JOOL (nommer van kandidaat) na 34877. Daar moet ’n spasie wees tussen
NGONYOZA
JOOL en die nommer, byvoorbeeld JOOL 30. SMS’e kos R2 per SMS en mense kan soveel keer as wat hulle wil vir enige kandidaat stem. Die kompetisie word deur die Diamond Pavilion Shopping Mall, Louis Botha-fotografie, die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Joolgemeenskapsdiens en Noordkaap aangebied.
RIANNÉ POPE SMS: JOOL 07
ZAVIAN LOOTS SMS: JOOL 12
DANIKA VAN WYK SMS: JOOL 03
LUHLELWETHU SMS: JOOL 15
GENEVIEVÉ ERASMUS SMS: JOOL 22
JUANDRE VAN NIEKERK SMS: JOOL 17
ETHAN FOUCHE SMS: JOOL 20
MEGAN VAN STADEN SMS: JOOL 18
HUGO CLOETE SMS: JOOL 16
MCKAYLA VAN DER LINDE SMS: JOOL 25
BENNIE COETZER SMS: JOOL 28
KEEGAN PIETERSE SMS: JOOL 27
NATHAN JANSE VAN RENS BURG SMS: JOOL 24
JADON RUITERS SMS: JOOL 29
KAIDEN FOURIE SMS: JOOL 05
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
9
MOTORS
Opel Mokka onderweg na SA EERDER laat as nooit nie, wil ’n mens sê oor General Motors se besluit om wel die Opel Mokka en Opel Adam hierheen te bring. Dié twee Opels is al sedert 2012 elders beskikbaar. Opel sê egter sy sakeplan, wat grootliks van die wisselkoers afhang, lyk nou beter en daarom is die twee Opels vroeg volgende jaar in Suid-Afrika. Die bonkige Mokka is ’n klein sagtebaardsportnutsvoertuig wat die Ford EcoSport en Renault Duster trompop loop. Die Mokka is belangrik, want dit is seker die segment wat die grootste groei toon, en plaaslik verkoop Ford soms tot meer as 1 000 EcoSports per maand. Met dié dat die Mokka so laat hier opdaag, kan ons ’n nuwe reeks enjins in die waentjie sien. Opel sê dat teen volgende jaar die Mokka waarskynlik met die vervaardiger se nuwegeslag-kleinkapasiteit-turbo-enjins toegerus sal wees. Daar is ’n 1,6 liter (81 kW) en twee turbo-1,4-liters met 103 kW in die Astra en 73 kW in die Corsa. Volgens Opel is daar nie nou planne vir ’n dieselmodel vir Suid-Afrika nie. Opel se nuwegeslagenjins en -ratkaste (sesganghandrat- en outomatiese kas) wat ook vir die nuwe Corsa beplan word, sal waarskynlik hul weg na die Mokka vind. Dit is egter nog nie bevestig nie. Dit is veral die eenliter-turbo-enjin met drie silinders waarna uitgesien kan word, aangesien Ford ’n soortgelyke enjin in sy EcoSport gebruik. Die Ford lewer 92 kW en 170 Nm en as ons reg verstaan, sal die Opel-oond omtrent dieselfde bied met 85 kW en 166 Nm. Al is 4 x 4-weergawes oorsee beskikbaar, sal ons met die 4 x 2’s moet klaarkom. Die Mokka is ’n raps langer as die EcoSport, ’n duim of wat korter as die Duster en gewigsgewys verskil hulle nie veel nie. Dit vertoon bonkiger met sy groot lighulse voor en prominente, swart plastiekafwerking reg om die voertuig. Voor skep die dik plastiekafwerking om die kolligte die beeld van iets wat die veld sonder moeite kan aandurf. Helaas is die Mokka ’n stadskryger met sy 160 mm grondvryhoogte wat hom hoogstens geskik vir ’n grondpad gaan maak. Die idee met dié rygoed is iets wat lekker hoog sit, lyk of dit vir meer as net ’n teerpad bedoel is en die plastiektooisels en nagemaakte skermstroke voor en agter vorm ’n mooi prentjie. Volgens Opel is die Mokka egter veel meer as net ’n mooi gesiggie. Dit is heel bekwaam met ’n goeie balans tussen padgedrag en ritgehalte. Dit is op die Global Gamma II-platform geskoei wat spesiaal vir die voertuig aangepas is en die krag hol na die
voorwiele. ’n Rits elektroniese hulpmiddels hou jou op die pad en dra tot gemak by. Dit sluit wegtrekbeheer teen ’n opdraande in en jy kan die spoed stel waarteen jy ’n afdraande aanpak. Nog hulpmiddels is “aktiewe” ligte. Die
ligstraal raak meer gefokus oor ’n langer afstand hoe vinniger jy ry; met ’n korter en wyer straal teen stadige snelhede. Die stelsel kan boonop self skerp lig domp vir aankomende verkeer. Die Mokka is ook beskikbaar met ’n trukamera en verhitte sitplekke en selfs ’n verhitte stuur. Hoe die
spesifikasievlak van die modelle wat hierheen kom, gaan lyk, weet ons nog nie. Wat die Mokka jou uit die sak gaan jaag, is nog nie bekend nie, maar siende dat hy die EcoSport en Duster in die visier het, sal ons raai dat dit omtrent in dié twee se prysomgewing sal wees.
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
PERSOONLIKE DIENSTE
BYE & BYEBOERDERY
TE KOOP
2201
ALLERLEI
LENINGS
1655
1445
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
TUINWOONSTELLE TE HUUR
LANDBOU
SOEK, KOOP, VERKOOP
COPY/PASTE DATA clerks needed. SMS name and address to 081 886 0315 or e-mail d.workforce7@gmail.com
3265
TROETELDIERE MALTESE GEKRUIS met SHIH TZU-hondjies te koop, R800 elk. Skakel 083 305 6609/ 053 581 7006.
3605
EIENDOMME
BEE PROBLEMS?/BYEPROBLEME? Tel. 062 043 6717. SAKE
1660
ADMINISTRATIEF
GELEENTHEDE 2415
SWEET, CHOCOLATES BISCUITS, DRINKS, CHIPS DISTRIBUTION Start your own business, profitable, successful Myer 012 547 5767 mberman@telkomsa.net
2-SLAAPKAMER-TUINWOONSTEL. Beskikbaar 1 Oktober 2014, R3 500 p.m. Deposito: R3 500, verkieslik bejaardes. Skakel 082 682 9260.
BETREKKINGS 3600
ALGEMEEN 3680
Facilitator/Assessor: Must be registered for lifting and earthmoving equipment. Please contact Andy Annandale on 082 784 4246 or 053 861 3594. Fax CV to 086 403 4516 or e-mail to: andy.a@transvaaltraining.co.za
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
’n SKENKING van R155 000 is ná ’n geldinsamelingspoging deur die Collission Repairers Assosiation of South Africa (CRA) in die NoordKaap en Vrystaat aan die Little Fighters Cancer Trust oor handig. Die trust spits hom toe op die behoeftes en drome van kin ders met kanker. Die skenking is gedoen ter viering van die Escalate projek, ’n verandering rakende billike en regverdige sakepraktyk tussen motorherstelsentrums en versekeringsmaatskappye. Deur dié projek onderneem versekeringsmaatskappye om ’n outomatie se tariefverhoging gegrond op die jaarlikse loonverhogings elke jaar op 1 September toe te pas. Op die oorhandigingsgeleentheid is van links, voor: AnnaMarie Boshoff (Auto Renewpaneelkloppers) en Gysie Pienaar (OFSpaneelkloppers); agter: Louis van Niekerk (Tri omfpaneelkloppers), Arthur Schmidt (Dent Doctor Bloemfontein), Deon Pretorius (Auto Renewpaneelkloppers), Mandie Erasmus (Little Fighters), Tommy Engela (Little Fighters), Hendri Basson (CRA) en Vian Marais (Auto Bodyworx). Foto: Verskaf
Teeparty heet lente welkom DIE lente gaan behoorlik gevier word wanneer die Hoërskool Noord-Kaap Saterdag ’n lenteteeparty by die skool aanbied. Die gaste gaan onder meer met praatjies oor letterkunde, modes, grimering en tuine geïnspireer gaan word. Die teeparty word gehou om geld vir die skool se sportfonds in te samel. Die geld word gebruik om sportspanne te subsidieer wanneer hulle landwyd aan byeenkomste gaan deelneem. Die krieket-, netbalen rugbyspanne neem so ver soos die Kaap, Port Elizabeth en Gauteng deel. Die oggend se vermaak begin met die skool se jong digter, Sisca Julius, wat haar eie gedigte en prosa gaan voorlees. Sy het onlangs groot pryse op die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se bekroningsgeleentheid verower. Sisca het die PUK-kanselierstrustprys vir prosa vir haar skeppende bydraes Hier slaap jy met een oog oop en Gertie Girl’s Hairsalon gewen. Dit word jaarliks vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa, drama) deur leerlinge in
gr. 10, gr. 11 en gr. 12 toegeken. Sisca het die prys ook in 2013 gewen. Charné Kemp, Volksblad-joernalis en skrywer van die boek Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel, is die hoofspreker. Sy sal uit haar boek voorlees en praat oor die uitdaging om ’n boek oor ’n werklike treurspel te skryf. Sy sal vrae beantwoord en boeke teken. ’n Velsorgdeskundige gaan oor velsorg en grimering praat. Die jongste modes is onder die loep wanneer Roelien Faber van Different Clothing haar idees sal verduidelik en uitstal. Potte en plante word uitgestal en vrolike lenteblomme is te koop. Susan Ross is daar met haar opvoedkundige boeke. Silver 4 You stal juwele uit. Die susters Charissa en Chanel Cloete gaan musiek maak. Die kaartjies kos R100 per persoon en sluit lasagne, slaai, brood, koek en tee in. Gelukspryse is op die spel. Koop kaartjies by die Hoërskool Noord-Kaap se sportkantoor by 053-832-2538.
September alte jolig Elsona Steyn C. LOUIS LEIPOLDT het Oktober beskryf as die mooiste, mooiste maand, maar moet stuitige September nie as liggewig ag of afskryf nie. September is bloeiselmaand, vier-die-lentemaand, tuinmaak-maand, steek-aan-die-vuurtjie-want-onswil-braai-maand, ons-is-trots-opons-erfenis-maand . . . Op 1 September het ons die begin van die lente gevier, kompleet geklee in wit rokkies en met bloeisels in die hare. Alles voel weer nuut en vars. Al die veld is vrolik, al die voëltjies sing. Toe breek 3 September aan, nasionale Sekretaressedag. Oral is erkenning gegee aan persoonlike assistente, die vroue wat weet wat hul baas wil hê nog voordat die baas iets kon sê, die vrou wat weet waar is wat, haar tweede naam is Raakvat. Sy doen meer as een ding op ’n slag, kom altyd met ’n plan vorendag. Sy kan dinge in ’n japtrap reël, te alle tye professioneel. Op 5 September het ons pure blink Stefaans en ewe loslyf Loslitdag gevier. Die dag was 20 jaar oud, ons was getooi in
sterretjies, blinkers en goud. Voeg daarby vrolike krale, kammadiamante in die hare. Ons mooiste, blinkste goed is verder met ’n briljante hoed getooi. As niemand uitreik nie, kan niemand aangeraak word nie. ’n Mens kan net hoop jy was een van hulle wat met die koop van ’n R10-plakker na ’n minder bevoorregte gestremde uitgereik het. September is ook Boomplantmaand. Kom en plant op 13 September ’n boom om ’n gebeurtenis in jou lewe te herdenk. Die beste tyd om ’n boom te plant is 20 jaar gelede. Die tweede beste tyd is nou. Met die oorgang na ’n nuwe Suid-Afrika het die kabinet besluit daar moet ’n dag moes wees waarop Suid-Afrikaners, van watter bevolkingsgroep ook al, hul eie erfenis moet gedenk. Dit het beteken elkeen moet op dié dag onthou waar hy vandaan kom, sy eie kultuur, geskiedenis en kultuurgeskiedenis in ere hou. Op 24 September vier ons Erfenisdag. Op die dag gedenk Suid-Afrika boonop ook sy ryk erfenis en sy liefling-tydverdryf, om vleis te braai. Vier Erfenisdag met eg Suid-Afrikaanse flair, steek aan die vuur en gooi die tjoppie op die kole.
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
11
Vlakte dra steeds oorlogsverhaal Lientjie Mentz
DIE blokhuis wat by die samevloei van die Modderrivier en die Riet rivier opgerig is om die treinspoor te kan bewaak.
Die beleg van Kimberley Boerelaer by Riverton
Die beleg van Kimberley het 124 dae geduur van 14 Oktober 1899 tot 15 Februarie 1900.
Kamfersdam Soekligte
KIMBERLEY
Kenilworth Diamantmyne
Beaconsfield Olifantsfontein
Wimbledon
MAGERSFONTEINKOPPE
LANGBERG Spyfontein
ORANJEVRYSTAAT
Loopgrawe Skandinawiese Korps
KAAPKOLONIE
Matjiesfontein
Merton Modderrivier (Methuen se hoofkwartier)
Britse magte
M
DIE reën giet oor die Noord-Kaapse grasvlaktes terwyl meer as 10 000 Britse soldate in formasie beweeg. Hulle mik vir die koppies waar hulle vermoed die 8 000 burgers van die Vrystaat en Transvaal lê en wag. Maar hier maak hulle ’n reuse-fout. ’n Fout wat aan die Boeremagte op 11 Desember 1899 ’n oorwinning besorg en Magersfontein in die geskiedenisboeke verewig as deel van Black Week, waarin die Britse magte in drie veldslae bloedneus gekry het. Hier het hulle besef hulle moet nie die Boere onderskat nie. Ons maak gereed vir ons reis terug in die verlede saam met die Kimberleyse toergids Veronica Bruce. Sy ontmoet ons by die Langkloof-gasteplaas, ’n geskiedkundige plaas sowat 24 km suid van Kimberley. Sy haal kaarte uit en gee ’n oorsig oor die begin van die oorlog. Die beleg van Kimberley en die veldslae van Modderrivier en Magersfontein het in die eerste maande van die Anglo-Boereoorlog in 1899 tot 1900 gebeur. Ná die Jameson-inval in 1896 het almal besef ’n oorlog is onvermydelik. Die Boeremagte van die Vrystaat en Transvaal het hulle gereed gemaak. Hulle het onder meer moderne wapens soos Mausergewere en Krupp-kanonne van Duitsland en Creusot-kanonne, onder meer vier sogenaamde Long Toms, van Frankryk bekom. Kol. Robert George Kekewich, bevelvoerder van die Eerste Bataljon Loyal North Lancashire, het op 13 September 1899 onverwags in Kimberley, aan die Vrystaatse wesgrens, aangekom, ’n maand voordat die oorlog uitgebreek het. Die eerste vyandige vuur hier was op 6 Oktober – vyf dae vóórdat die Anglo-Boereoorlog amptelik verklaar is. ’n Enkele skoot van die Vrystaat se kant is op ’n soeklig buite Kimberley gevuur. Op 14 Oktober – drie dae nadat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het – het die Vrystaters onder genl. C.J. Wessels Kimberley beleër. Teen die einde van die maand is sy 4 800 man met 2 200 Transvalers onder genl. Koos de la Rey aangevul. Die Boeremagte het beheer gehad oor Kimberley se watertoevoer en gekeer dat enigeen Kimberley binnekom of verlaat. Op 4 November het Wessels ’n ultimatum aan Kekewich gestuur waarin hy die oorgawe van Kimberley eis. Hy het aangebied dat die vroue en kinders die stad verlaat, maar Kekewich het dit alles van die hand gewys. Lord Methuen se mag, wat die land via die Kaap binnegekom en per trein noordwaarts beweeg het om Kimberley te bevry het die Oranjerivier op 16 November oorgesteek. Op 23 November het Methuen se mag genl. Prinsloo en 1 500 burgers by die Belmontstasie teruggedryf. Op 25 November het die Britse magte op sewe treine, swaar gelaai met soldate en voorraad, tot by Graspan gevorder. De la Rey en Piet Cronjé het besef die Britte beweeg nader aan Kimberley en die burgers het ’n verdedigende plek ingeneem waar die Modderrivier en die Rietrivier ongeveer 40 km suid van Kimberley saamvloei. Ons eerste stilhouplek op ons slagveldtoer is by die blokhuis by die samevloeiing van dié twee riviere. Die Britse magte het die blokhuis nou wel ná die Slag van Moderrivier gebou, maar dit was juis omdat die burgers daar die treinspoor opgeblaas het om die Britse magte te keer dat dit vir die Britte noodsaaklik was om die spoorlyn te beskerm. Die Boeremagte van 2 000 man het stelling ingeneem aan die suidelike oewer van die Modder- en die Rietrivier. Op 28 November het Methuen aangeval. Die Boere het moedig teenstand gebied totdat die Vrystaters onder Prinsloo op die linkerflank padgegee het. Teen 14:00 het die res van die Boere hul stellings ontruim. De la Rey se oudste seun, Adriaan, is hier twee dae ná sy 19de verjaardag deur ’n bomskerf getref. Die burgers het die gewonde De la Rey gehelp om Adriaan na die hospitaal op Jacobsdal te vervoer. In ’n aandoenlike toneel het Adriaan die volgende dag in sy pa se arms gesterf. ’n Goeie plek om ’n lewensgetroue weergawe van die Slag van Magersfontein te beleef, is by die museum wat by Magersfontein deur die McGregor-museum bestuur word. ’n Rolprent vertel die verhaal van die Britse magte wat die oggend van 11 Desember in geslote formasie oor die plat NoordKaapse vlaktes aangestap kom. Die Britse hoofkwartier was ná die Slag van Modderrivier in die hotel op Modderri-
ier derriv od
Drif
Drif
Blokhuis
Na BLOEMFONTEIN Rietri v ier
Na KAAPSTAD *Kaart nie op skaal nie.
DIE Burgermonument, naby Magersfontein. vier en dit is van daar dat die Britse troepe na Magersfontein opgeruk het. De la Rey het geoordeel die Britte die Boere sou bo-op die heuwels van Magersfontein wag. Daarom het hy pres. M.T. Steyn en die krygsraad op 4 Desember oorreed dat die Boere vóór die heuwels stelling moet inneem om die Britse offensief te stuit – waar hulle nie die Boere verwag nie. En hy was reg. Die rolprent waarna die besoeker uit ’n posisie van agter twee burgers in ’n loopgraaf kyk, vertel hoe die Skotse Highlanders (onder meer die Black Watch en die Argyll and Sutherland Highlanders) deur die Boere in die loopgrawe verras is. Die Britse soldate wat nie onmiddellik gesneuwel het nie, het in die veld platgeval en is die grootste deel van die dag daar onder die burgers se vuurkrag vasgepen. Intussen is die Skandinawiese korps – wat saam met die Boere geveg het – in hul kwesbare stellings skuins voor die Magersfonteinheuwel deur die Britte oorrompel. Genl. Piet Cronjé se boodskap na hulle om terug te val, het nooit die Skandinawiërs bereik nie en die hele afdeling behalwe sewe man het gesterf. In ’n brief aan Paul Kruger skryf Cronjé ná die Slag van Magersfontein, “behalwe vir God kan ons die Skandinawiërs bedank vir ons oorwinning by Magersfontein”. Klim gerus die koppie agter die museum by Magersfontein uit waar ’n gedenkteken vir die Black Watch opgerig is. Stap dan oor na die koppie agter die kafeteria wat ’n blik bied op die vlakte waaroor die Britse magte eers aangeval en later teruggetrek het. Veronica vertel die laaste skote is laatmiddag gevuur en teen 18:00 het net die dooies en gewondes tussen die vaalbossies bly lê. ’n Skietstaking is afgekondig en die burgers het uit die loopgrawe geklim om die gewondes te behandel. Daar was 288 sterfgevalle en 700 gewonde soldate onder die Britte en slegs 71 burgers (waarvan 42 Skandinawiërs) is dood en 184 in die slag gewond. Teen die verwagting van Cronjé het genl. French met sy ruitery ’n draai deur die Vrystaat, verby die Boerestellings by Magersfontein, gemaak en Kimberley op 15 Februarie ontset. Besoek gerus die McGregor-museum. Cecil John Rhodes, ’n belangrike inwoner van Kimberley tydens die beleg, het daar tuisgegaan. Die nuus oor die bevryding van die stad is deur genl. French en maj. Haig in die sitkamer aan Rhodes oorgedra. Die inwoners van Kimberley is tydens die beleg erg gerantsoeneer, maar Rhodes het die bevryding met vonkelwyn gevier. ) Bykomende inligting kom van prof. Fransjohan Pretorius en uit The Boer War deur Thomas Pakenham.
Foto’s: Lientjie Mentz
JACOBSDAL Grafik24
DIE loopgrawe by Magersfontein. Gaan kyk na die geskiedkundige foto’s soos dié in die kafeteria by Magersfontein.
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 10 SEPTEMBER 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
Ontvang trofee
GW onder druk André Botha MENIGE Griekwa-ondersteuner sou Saterdag ’n sug van verligting geslaak het toe daardie skepdoel van Francois Brummer tussen die regop pale deur getrek het. Daarmee is ’n sege van 21-18 oor die Haaie verseker en het die Griekwas se kanse aansienlik verbeter om volgende jaar die kwalifiserende ronde te vermy. Maar dit gaan steeds nie maklik wees nie. Griekwas is nou ses punte voor die Kings wat tot dusver net een ligapunt kon behaal. Dit sal egter nie goed genoeg wees om net voor die Kings te eindig nie. Die span van Port Elizabeth se plek in die Curriebeker-reeks in 2015 word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie gewaarborg. Selfs al sou hulle dus laaste eindig, hoef hulle steeds nie te kwalifiseer nie. Dieselfde geld die vyf groot unies. Die druk is op die Griekwas en die Pumas om onder die topses te eindig. Die Pumas se plek lyk reeds verseker. Hulle is nou op 18 punte in die tweede
plek. Die Griekwas het ná Saterdag se sege sewe punte, drie minder as die Bulle (10 punte). Die Cheetahs het 12 punte, die Sharks 14, die Leeus 15, die Pumas 18 en die WP is in die eerste plek met 23 punte. Dit kon natuurlik anders vir die Griekwas gelyk het as dit nie vir die rooi kaarte teen die Sharks en die Cheetahs was nie. Die goeie nuus is drie van die Griekwas se vyf oorblywende wedstryde is tuiswedstryde. Die naweek wag die omgekrapte Pumas op die Griekwas. Die afgelope naweek se sege sou heelwat tot die Poubloues se selfvertroue bygedra het en met tuisveldvoordeel is ’n oorwinning binne hul bereik. ’n Moeilike wedstryd wag daarna teen die steeds onoorwonne WP in Kaapstad. Dan kom die Leeus Kimberley toe. Die Kings kom speel ook in Kimberley voordat die Griekwas hul Curriebekerveldtog in Pretoria teen die Blou Bulle afsluit.
Dissipline hul moses Heinz Schenk FRANCOIS BRUMMER hou daarvan om sy span se kastaiings uit die vuur te krap. Dié losskakel was Griekwas se held in sy Curriebeker-stryd Saterdag hier teen die Haaie nadat hy in die doodsnikke ’n skepdoel oorgeklits het om ’n oorwinning van 21-18 te verseker. Brummer meen die Poubloues se voorspelers moet die lof kry vir dié terugvegpoging nadat die Haaie se losskopstut, Thomas du Toit, se drie die telling weer gelykop gemaak het. “Ons was baie geduldig in die doodsnikke. Ek dink die bal is deur vier of vyf fases geneem voordat ek besluit het om te skepskop. Ek is bly ons het kalm gebly, want dit was een van ons swak plekke.” Dit was inderdaad die soort vasbeslotenheid wat die Griekwas se breier, Hawies Fourie, verwag het. “Die boodskap wat ek ná Thomas se drie wou oordra, was dat ons nie moes gaan lê nie,” het hy gesê. “Ek het gemeen daar was meer as
genoeg tyd oor om ’n sege te beklink.” Die vernuf waarmee die Griekwas die Haaie se druk afgeweer het, het ook beteken nóg ’n geel kaart – dié keer vir die regtervleuel, Ederies Arendse – het hulle nie te erg aan bande gelê nie. “Dit klink dalk vreemd, maar ons het uit dié swak gewoonte van ons geleer,” het Brummer gesê. Hoewel die Haaie die enigste drieë gedruk het, was dit geen troos vir hul afrigter, Brad McLeod-Henderson, nie. Die tuisspan se dissipline het hom erg in die steek gelaat. Die skeidsregter, Lourens van der Merwe, het die Haaie 16 keer gestraf. “Ons dissipline was ’n groot probleem, en as jy ons 17 hanteerfoute bytel, verstaan jy hoekom ons gesukkel het,” het McLeod-Henderson gesê. Punte: Griekwas 21 (18): Strafdoele: Gouws Prinsloo (6). Skepdoel: Francois Brummer. Haaie 18 (8): Drieë: Lourens Adriaanse, Thomas du Toit. Doelskop: Lionel Cronjé. Strafdoele: Fred Zeilinga, Cronjé.
DIE Hoërskool Ada mantia se o.18rug byspan het vanjaar die liga vir klein sko le gewen toe hy die Hoërskool Langberg van Olifantshoek met 3612 in die eindstryd verslaan het. Hier ontvang Martin Visagie, kap tein, die trofee van Danie Slabbert, voorsitter van Grie kwas se Skolerug byvereniging.