Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331
Woensdag 17 September 2014
www.noordkaap.co.za
GRATIS
‘Kby kyk vorentoe’
Munisipaliteit maak vordering André Botha
Bibber vir goeie doel MARETH HUGO, hoof van die Hoërskool Diamantveld, het ’n uitdaging aanvaar om aan die Ice Bucket Challenge-veldtog deel te neem. Die veldtog kweek bewustheid vir motorneuronsiekte (MNS). Die veldtog motiveer ook mense om geld aan enige MNS-organisasie te skenk en het reeds verseker dat $5,5 miljoen (meer as R58 miljoen) vir navorsing ingesamel is. Dit was Vannas Herholdt (links) en Johan Joubert se voorreg om Hugo sopnat te gooi, ’n voorreg wat hulle terdeë geniet het. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: André Botha
AL het Kimberley die afgelope naweek opnuut waterprobleme ondervind, is Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, optimisties dat goeie vordering gemaak is om die probleme op te los. Hy het in ’n openhartige onderhoud met Noordkaap gesê die munisipaliteit het die afgelope paar jaar reeds groot vordering gemaak. In die 2008-’09-boekjaar was die munisipaliteit tegnies bankrot. Die inkomste was minder as die uitgawes, die oudituitkomste was swak en daar was nie langtermynplanne nie. Die vloot voertuie was oud met voertuie van tussen 14 en 45 jaar oud. Dit het daartoe gelei dat massa-infrastruktuur in duie begin stort het en die munisipaliteit disfunksioneel was. ’n Moratorium moes noodgedwonge op ontwikkeling geplaas word, omdat die infrastruktuur eenvoudig onvoldoende was om verdere uitbreiding te hanteer. Hy erken sy taak was moeilik, en is steeds moeilik. “Ek het gebid, en toe nog gebid en toe nog meer gebid,” beskryf hy die tyd ná sy oorname as munisipale bestuurder. Daar is dadelik met ingryping met die probleme begin. Al die probleme is geanaliseer. Spanne is aangewys om elke probleem te ondersoek. Een van die eerste stappe was om die invordering van inkomste te verbeter. Hiermee is sukses behaal. Verlede jaar het invordering op ’n geleentheid tot by 90% gestyg, met ’n gemiddeld van 83%. “Daarmee kan ons werk.” Die finansiële bestuur het ook aandag gekry. Twaalf jaar agtereenvolgens is ’n weerhouding van ouditmening gekry. Die afgelope twee jaar het dit tot ’n gekwalifiseerde mening gevorder. Waar die munisipaliteit ’n paar jaar gelede geen reserwes gehad het nie en ’n
Waar die munisipaliteit ’n paar jaar gelede geen reser wes gehad het nie en ’n massiewe skuldlas, is die skuld nou alles betaal en reserwes van R400 miljoen is opgebou. Daar is ook begin om langtermynplan ne vir minstens die volgen de 20 jaar te beraam. massiewe skuldlas is die skuld nou alles betaal en reserwes van R400 miljoen opgebou. Daar is ook begin om langtermynplanne vir minstens die volgende 20 jaar te beraam. Met ’n beter inkomste kon begin word met die verbetering van infrastruktuur. Die afgelope drie jaar is R700 miljoen hieraan bestee. Die elektrisiteitsnetwerk is 99% voltooi. Rioolaanlegte in Beaconsfield is voltooi en in Homevale sal dit na verwagting in 2015 klaar wees. Daar word nou gefokus op tekortkominge wat ontwikkeling strem. Een daarvan is die verbetering van paaie. Daar word eers gefokus op die paaie wat die hoogste verkeersvolume dra, dan die paaie na die woonbuurte en daarna kom die strate in die woonbuurte aan die beurt. Akharwaray sê mense sien nie wat met die infrastruktuur gebeur nie, en hulle is ongemaklik met dit wat hulle wel sien. Hy meen egter die grootste probleme is opgelos. “Daar sal altyd probleme wees, maar ons kan nou vorentoe beweeg.”
2
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
MARETH HUGO, skoolhoof van die Hoërskool Diamantveld, was sopnat nadat sy ’n uitdaging aan vaar het om aan die Ice Bucket Challenge deel te neem. Vannas Herholdt (links) en Johan Joubert, leerlinge aan die skool, gooi haar hier lekker nat. Foto’s: André Botha
DIE water kom . . . en Hugo knyp haar oë toe.
Dit tref . . .
HUGO is sopnat . . .
EN Vannas en Johan is baie tevrede . . .
Staal haar vir yskoue uitdaging
Waterlas stuk-stuk gepak André Botha DIT sal R800 miljoen kos, en die stad sal drie jaar sonder water wees as die stad se verouderde waterpype alles vervang moet word. Dít was die aanbeveling van ingenieurs wat die stad se waterprobleme ondersoek het. Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder, sê dié uitweg is buite die kwessie. Hy sê ’n analise is van die stad se watersituasie gedoen. Daar is gekyk na wat die probleme is, onder meer wat die verliese aan water weens lekkasies, verspreiding en watergehalte, is. Die probleme met watervoorsiening het reeds by die bron begin, die pompstasie by Riverton. Die pompe, dié wat water uit die rivier onttrek, sowel as dié wat die water na die stad toe pomp, was te oud en moes daarom vervang word. Daardeur is die funksionering van die pompstasie vervang. Probleme is ook by die Newton-reservoir ondervind. Die damme moet vol wees om voldoende watervoorsiening te verseker. Wanneer die damme skoongemaak moet word, moet
GOOLAM AKHARWARAY in sy kantoor in die Burgersentrum.
Foto: André Botha
al die damme leeggemaak word. Kleppe is nou aangebring sodat dit moontlik is om net een dam op ’n keer leeg te maak. ’n Ander probleem was waterdruk in die pype wat te hoog is. Die water soek dus uitkomplek en indien daar dan ’n swak plek in die pyp is, bars die pyp. Pype het van Riverton af tot
in die stad gelek. Van dié lekplekke is onsigbaar en moes opgespoor word. ’n Probleem hiermee is dat agtergekom is die kaart van die pypnetwerk is nie akkuraat nie. Opgrawings word dus gedoen om lekkende pype op te spoor, net om vas te stel die pyp is ’n entjie verder weg. “Ek het ’n wiskundige benadering gevolg om die
aangeleentheid van waterverliese te ondersoek. “Een van die probleme is die onwettige onttrekking van water.” ’n Projek is begin om onwettige waterverbruikers op te spoor. Kleppe word aangebring wat sal verseker die watertoevoer word na net een woonbuurt afgesluit wanneer herstelwerk gedoen word. Eindelik sal dit moontlik wees om die toevoer net na die betrokke straat af te sluit. Goeie vordering word reeds gemaak om die stad se paaienetwerk op te knap. Die netwerk bestaan uit sowat 300 km se paaie. In 2010 is sowat 32,5 km opgeknap en ’n verdere 32,5 km verlede jaar. Hoewel dit soms lyk asof herstelwerk gedoen word waar dit nie nodig is nie, is die voorkoms van paaie bedrieglik. ’n Voorbeeld is Longstraat. Die straat lyk op die oog af in ’n goeie toestand. Die onderlaag is egter bros, wat beteken die straat sal binne twee tot drie jaar verbrokkel. Herseëling is dus nou noodsaaklik om dit te verhoed.
Dankfees byna hier SOSATIES, kerrie-enrys, pannekoek en basaarpoeding is enkele lekkernye wat op die NG kerk Dutoitspan se mini-dankfees te koop sal wees. Dit word op 27 September om 09:00 op die terrein agter die kerk (hoek van Rosestraat en Dyerplek) gehou. Die kerk bied ook op 31 Oktober om 18:00 sy eie roadhouse. Hamburgers, worsbroodjies, gevulde vetkoeke, melkskommels en koeldrank sal te koop wees. Dit is streng op voorafbestelling. Kontak Elmi Bean by 053-842-1100. Kelners sal die kos bring, flikker net jou motor se ligte soos by ’n regte roadhouse.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Stem nou vir kindertjies DIE derde en laaste ronde van Noordkaap se babakompetisie begin nou. Die kompetisie word deur die Diamond Pavilion Shopping Mall, Louis Botha-fotografie, die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Joolgemeenskapsdiens en Noordkaap aangebied. Hieronder is die foto’s van die topdrie finaliste in elke kategorie. Jy kry die kans om met jou stem die wenner in elke kategorie aan te wys. Bekyk hulle, maak jou keuse en stem per SMS. Daarmee kan jy groot pryse soos koopbewyse van die Diamond Pavilion Shopping Mall en pakkette van Louis Botha-fotografie wen. Daar is drie kategorieë: een tot twee jaar, drie tot vier jaar en vyf tot ses jaar. Die SMS-lyn is reeds oop en jy kan dus dadelik stem. Dit sluit Sondag om 23:30. Die drie finaliste in elke kategorie sal in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word, waarna mense weer vir die wenner sal kan stem. Die wenners word in die uitgawe van 24 September aangekondig. SMS JOOL (nommer van kandidaat) na 34877. Daar moet ’n spasie wees tussen JOOL en die nommer, byvoorbeeld JOOL 30. SMS’e kos R2 per SMS. Mense kan soveel keer as wat Rianné Pope. SMS: hulle wil vir enige JOOL 7. Foto’s: Verskaf kandidaat stem.
Kaiden Fourie. SMS: JOOL 5.
Zavion Loots. SMS: JOOL 12.
McKayla van der LINDE. SMS: JOOL 25.
Nathan Janse van Rensburg. SMS: JOOL 24.
Keegan Pieterse. SMS: JOOL 27.
Genevievé Eras mus. SMS: JOOL 22.
Juandre van Nie kerk. SMS: JOOL 17.
Ethan Fouché. SMS: JOOL 20.
Logo laat jou wen DIT is weer tyd om die Diamond Pavilion Shopping Mall se logo uit te snuffel waar dit iewers in Noordkaap geplaas is – ’n geskenkbewys van R200 van dié winkelsentrum is op die spel. Elke tweede week word ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion Shopping Mall iewers in Noordkaap geplaas. Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof. Al wat jy moet doen, is om dit te soek. Onthou, dit moet die een wees met die diamant in die middel daarvan. SMS die sleutelwoord “logo”, jou naam, telefoonnommer en die bladsynommer waarop die logo verskyn na 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00. Die wenner word telefonies in kennis gestel. Ons vorige wenner was Anna-Marie Coetsee. Sy kan haar geskenkbewys by die bestuurskantoor in die sentrum gaan haal.
Geskenkpak te wen MIEMIE WEIDEMAN en Sarel Loots is die eerste wenners van ’n lekker geskenkpak elk van Coca-Cola. Nog agt lesers van Noordkaap kan elk oor die volgende vier weke ’n geskenkpak wen. ’n Paar interessante geskenke en Coke in die nuwe, klein bottel is deel van die geskenkpak. Coca-Cola het pas sy nuwe My Size-bottel van 330 ml bekend gestel. Die nuwe bottelgrootte is ontwerp om maklik rond te dra, maar ook met mense se beursies in gedagte. Dit kos
net R5. Om deel te neem stuur ’n SMS na 45533. Die SMS moet begin met NK, dan ’n spasie gevolg deur Coke, met nog ’n spasie en dan jou naam en van. Mense het tot Vrydag 12:00 kans om hulle in te skryf. Onthou, sonder jou naam en van kan jy nie vir die prys in aanmerking kom nie. Elke week, vyf weke lank, sal twee wenners aangewys word wat elk ’n geskenkpak sal ontvang. Die eerste twee wenners sal in volgende week se uitgawe van Noordkaap aangekondig word.
2 Oktober ) Dan Skinstad, die serebraal gestremde avonturier wat ’n kajakreis van 2 300 km om Ysland voltooi het, is die Jenekavroueorganisasie se gas op ’n ete by die Hoërskool Diamantveld. Dit kos R150 per persoon, ete ingesluit. Bespreek plek voor 22 September by Marian van der Westhuizen by 083-633-6446. 23 Oktober ) Die Hoërskool Diamantveld se James Stander-manneaand word in die Horseshoe Inn gehou. Willie le Roux, Springbok- en oud-Griekwa-rugbyspeler, Izak
3
van der Westhuizen, voormalige Cheetah-speler en oud-Diamantvelder, Willie Britz, Leeus-speler en oud-Diamantvelder, Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, en Peter Engledow, Griekwa-hulpafrigter, tree saam met André Markgraaff, oud-Springbok-afrigter en oud-Diamantvelder, op. Dit kos R250 per persoon of R2 500 per tafel. ’n Kontantkroeg is beskikbaar. Die drag is netjiesinformeel. Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om plek te bespreek. ) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur die inligting aan Noordkaap. Plasing is gratis. Indien dit die Woensdag wanneer die koerant beskikbaar is, geplaas moet word, moet dit Noordkaap die vorige week voor Vrydag om 10:00 bereik. E-pos inligting na noordkaap@volksblad.com of SMS dit na 45533. Begin die SMS met “NK”.
4
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Bioskoopteaters kom en gaan in Kimberley VERSKEIE bioskoopteaters het oor die ja re heen in Kimberley gekom en gegaan. Dalk die bekendste was die Plazateater (links bo). Die Plaza is in 1931 geopen en in 1975 gesluit. Die laaste rolprent wat hier vertoon is, was die James Bondrol prent The Man with the Golden Gun. Die gebou is in 1978 aan Morkels verkoop wat dit steeds gebruik (links onder). Een van die eerste teaters in die stad was die Trocader Picture Palace langs die stadsbi blioteek (huidige Africanabiblioteek). Die Vaudette was in Jonesstraat. Die Vaudette was die eerste teater waar ’n sogenaamde talkie (rolprent met klank baan) vertoon is. Die Roof Garden en die Olympic was opelugteaters. Die Olympic het in 1927 gesluit, die Tracoder en Roof Garden albei voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, die Grand in 1959 en die Vaudette in 1961. Die Astrateater het in 1968 toegemaak. Die eerste inry teater was die Monte Carlouw wat aan ’n ene mnr. Louw behoort het. Dit was aan die rand van die stad, net langs die huidige Heuwelsig. Later is die inryteater deur Johnny Myburgh en John van den Bergh oorgeneem. Toe is dit deur die des tydse Stermaatskappy gekoop en het die Sterinry geword. Kinekor het die Kim berleyinry aan die ander kant van die stad naby die buurt De Beers begin. Ná die samesmelting van die twee maat skappye het die Sterinry die Kimberley inry geword en die Kimberleyinry die Beaconsfieldinry.
Elke munt het 2 kante DIE afgelope week of twee het Kimberley opnuut waterprobleme ervaar. Nie so erg as wat dit al voorheen was nie, maar nietemin. Dit is te verstane dat inwoners hieroor kwaad is. Water is ’n noodsaaklikheid, nie ’n luukse nie. Die noodsaak daarvan gaan oor veel meer as net om ’n mens se hare in die oggend te kan was. In die uitgawe van Noordkaap gesels Goolam Akharwaray, munisipale bestuurder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, oor die probleme van die munisipaliteit, waar die munisipaliteit vandaan kom en waarheen die munisipaliteit op pad is. Dit is sonder twyfel so dat
die munisipaliteit nie sonder foute is nie. Dit gebeur te veel dat ’n mens hoor van klagtes wat aangemeld word, maar niks word daaromtrent gedoen nie. Dit gebeur te veel dat inwoners nie behoorlik oor probleme ingelig word nie. Maar daar is ’n ander kant aan die saak. Dié kant word deur Akharwaray verduidelik. Inwoners moet begryp wat dit is wat die munisipaliteit moet doen. Om te kritiseer sonder die nodige inligting het geen nut nie. Maar eweneens is daar ’n verpligting op die munisipaliteit om na kritiek te luister, en op geldige kritiek te reageer.
Foto’s: André Botha en McGregor-museum
Stilte praat ook hard Hannes Noëth ONS voer só ’n bestaan van ’n geraas en ’n gerumoer dat ’n mens heeltemal onkant betrap word wanneer ’n mens skielik met stilte gekonfronteer word. Asof ’n mens bang is vir jou eie gedagtes en die stilte jou verskrik. Ons het weens die samelewing waarin ons leef in ’n groot mate verleer om net algehele stilte te ervaar. Tog is stilte goed vir ’n mens. Ons kan by oom Piet leer. Hy het ’n eienaardige geaardheid gehad. Toe hy op 94 jaar oorlede is, het ek dit as ’n persoonlike verlies ervaar. Sy lewenslesse was elke dag daar vir my. Stilte was een van daardie lesse. Hy het stilte nie gevrees nie. Wanneer ’n mens tussen mense is en almal hou skielik op praat, kan ’n mens mos die grootste klomp onsin praat sodat daar net nie stilte moet wees nie. Met oom Piet het dit nie so gewerk nie. By hom kon jy lank in algehele stilte sit. Hy kon ’n geraas nie verduur nie. Daar op sy plasie waarop hy sy oudag deurgebring het, was stilte sy vriend. Hy
sou maklik wanneer jy onsin gepraat het, soos onnodig gekla het, vir jou gesê het: “Bly eerder stil, die stilte is beter.” En dan was hy nie ongeskik nie. Hy het dit bedoel. Jy kon ’n uur by hom sit sonder dat hy praat. Dit was amper ’n heilige stilte. Jy wou dit nie verbreek nie. As jy dalk vir hom sou vra wat hy dink as hy so sit, dan sou hy vinnig antwoord: “Niks nie, ek dink nie, ek luister die stilte.” Hy is die enigste mens wat ek ontmoet het wat ’n uur voor dagbreek opgestaan het om na die stilte van die dag te luister, want “as die geraas van die dag eers begin, dan hoor jy nie meer die stilte nie”. Hy was lief vir die stilte. Doodste stilte. Dan het hy graag geglimlag, hy sou vir jou kyk, sy woorde tel en in opregtheid sê: “Hoor jy hoe mooi is die stilte? Hoor jy dit diep-diep in jou. Stilte praat hard, nê?”
Goeie mense bestaan nog Karin Muller INDIEN jy ’n enorme krisis ophande wil hê, moet jou beursie of selfoon wegraak of gesteel word. Die frustrasie wat op die krisis volg, is onbeskryflik groot en laat ’n mens met ’n verslae gevoel van magteloosheid terwyl jy spartel om alles te kanselleer. Of dit weens jou eie nalatigheid of iemand anders se streke is – daar is geen salf aan te smeer nie. Jy weet wat vir jou voorlê – besoeke aan die bank, binnelandse sake en die verkeersafdeling wat aan ’n nimmereindigende marteling grens. ’n Hoeveel beter plek sal die wêreld wees indien ’n mens jou splinternuwe selfoon per ongeluk iewers verloor en iemand dit optel en aan jou terugbesorg? Estelle Niemand het haar selfoon ’n paar weke gelede in haar etensuur verloor nadat sy by ’n hele aantal plekke ’n draai gemaak het. Sy het hopeloos te laat besef haar selfoon is nie meer in haar besit nie en het geweet die kans is baie goed dat sy dit nooit weer gaan vind nie.
Terug op kantoor het sy haar eie selfoonnommer geskakel. Sy het met ongeloof geluister na die vriendelike stem aan die ander kant. Kgmotso Lester het opgewonde vertel hoe bly sy is dat die eienaar van die foon skakel, want sy het die foon opgetel en wou dit aan haar terugbesorg. Sy het ’n paar nommers op die selfoon geskakel, maar niemand het ’n alternatiewe kontaknommer vir Estelle gehad nie. Kgmotso het vir Estelle verduidelik waar sy werk en by watter kantoor sy haar foon kan gaan afhaal. Ek glo daar is meer mense wat dieselfde gesindheid as Kgmotso het. Al wat ek hoop, is indien ek my selfoon verloor, een van die mense my pad kruis. Nogmaals dankie vir die uitsonderlike voorbeeld, Kgmotso.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
5
Talle in boeie vir Kansa KIMBERLIETE isvir Kansa vir liefdadigheid deur Kansa en die polisie “in hegtenis geneem”, omdat hulle misdade van welwillendheid gepleeg het. Hierdie weldoeners is met R10 000 elk beboet, omdat hulle nie vyf groentesoorte per dag geëet het nie. Hulle het tot Saterdag gehad om geld vir Kansa se Jail and Bail-projek as “borgtog” in te samel. Die “tronkvoëls” kon skeppend wees in hul pogings om geld in te samel en kon kollegas, vriende, familielede of ondernemings om skenkings nader of hulle kon projekte aanpak om geld vir kankerbewusmaking in te samel. Die skynverhoor het Saterdagaand in die Flamingo-casino plaasgevind, waarna hulle “vrygelaat” is.
JACQUES VAN TONDER van Bricktile Magic en Liu Going stoei met die poli sielede van die taktiese reaksieeenheid wat hom in hegtenis wil neem. Foto’s: Verskaf
9
90
2for
per pack NAARTJIE 1kg
20
R
TOMATOES 1kg
IVY MULLER van NoordKaappaneelkloppers is ook vir liefdadigheid in hegtenis geneem.
13
LAURAINE MOODLEY samel geld vir Kansa in omdat haar kind ook kanker gehad het. Hier word sy in hegtenis geneem.
90
BUNDLE
DEAL
per pack
GOLDEN DELICIOUS APPLES 1.5kg
30
R
2for
1490
25
R
per pack
BANANAS 1.5kg
3190 per kg
4990 28
90 each
FARMHOUSE ICE-CREAM 2l
1590
• Assorted
per kg
WHITE STAR MAIZE MEAL 2.5kg
GOUDVELD BOEREWORS
89
90
per kg
4890 per kg
PORK TEXAN STEAK
8990 per kg
Low Pr ice G uarantee
ke sure you prices every week to ma We check 1000’s of ST PRICES on your favourite products. always get the LOWE cheaper elsewhere, remember, item terms and conditions If you’ve found any PRICE! *See www.game.co.za for we will BEAT THAT
1990
6990
per pack
Prices valid 17-21 september View this catalogue online at game.co.za
590
2014
Prices apply to Game Kimberley store only.
All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.
each
6
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
FOKUS OP GEORGESTRAAT
Gure reputasie ontgroei
DIT is hoe die hoek van Bultfonteinweg en Georgestraat baie jare gelede gelyk het. Die gebou aan die agterkant staan steeds. Dit het destyds woonstelle bo en die New Portugue se Market Gardens gehuisves. Vandag is daar steeds woonstelle, met Do Rego’s onder. Stadium Foods is nou op die hoek. Die straat het vroeër jare verskeie hotelle gehuisves, en met sy ligging naby die Groot Gat ook talle kroeë, wat tot die straat se gure reputasie in die 19de eeu tot die vroeë jare van die 20ste eeu bygedra het.
Straat se verlede vol kleur VERSKEIE geboue in Georgestraat is herinneringe aan die dae toe die deel die hartland van veral Kimberley se bruin sakelui was. Bekende families uit die bruin en Indiër-gemeenskap het hier gebly. Die sogenoemde Newton-bende se hoofkwartier was ook in dié deel van die stad gevestig. Die straat is in die onmiddellike omgewing van die oop myn en behalwe vir die bendebedrywighede, was dit ook die bekende rooiliggebied in Kimberley se delwersverlede. Straatvroue en smokkelkroeë het in die omgewing gedy. Dié straat was ook die bakermat van die groentesmouse van die stad. Die ander bekende onderneming was Three Star-kafee waar jong mense en verliefdes gewoonlik bymekaargekom het. Van hier het hulle na die Avalon-bioskoop om die hoek in Bultfonteinweg gegaan. Die meeste van die ondernemings het ook weens die verskuiwing van gekleurdes uit Georgestraat wegbeweeg en hulle in Transvaalweg hervestig. Dié deel van die stad het ondanks die verskuiwing geskiedkundige geboue wat bewaar gebly het. Die Nuwe Apostoliese Kerk is die eerste kerkgebou van die gemeente in die Diamantveld. Op dieselfde dag as wat die Tweede Wêreldoorlog begin het, op 3 September 1939, is die kerkgebou amptelik in gebruik geneem. Vandag is Georgestraat vooruitstrewend as sakegebied en verskeie ondernemings en ligte nywerhede doen hier sake.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
7
FOKUS OP GEORGESTRAAT
Centre caters for all
VANDAG doen Vermeulens in ’n groot, mo derne gebou in Georgestraat sake.
Foto: André Botha
BINNE Vermeulens Built It waar selfdoeners alles kan kry waarna hulle op soek is. Foto: Emile Hendricks
VERMEULENS BUILT IT is een van Kimber ley se bekendste sakeondernemings. Die onderneming het beskeie begin en tot ’n groot, dinamiese onderneming uitgebrei waarby seker elke Kimberliet al ’n draai ge maak het. Foto: Africana-biblioteek
Samewerking bied nog meer TOP CARPETS KIMBERLEY spog met ’n splinternuwe vertoonlokaal. John-Ed Honiball van Xpanda, en sedert Maart die eienaar van Top Carpets Kimberley, sê die gerief van Xpanda en Top Carpets op dieselfde perseel bied soveel meer aan kopers. Honiball en sy personeellede beskou dit as ’n baie groot uitdaging om mense te bedien en van Top Carpets Kimberley ’n nog groter sukses te maak as wat dit reeds is. Volgens hom het hy die baie gevestigde, gedissiplineerde en suksesvolle onderneming oorgeneem en beplan hy om op die standaard voort te bou. “Ons spog met personeellede met baie jare se ondervinding in vloerbedekking en die aanbring daarvan wat saam met Top Carpets uitgebrei het,” sê hy. “Verder is die kombinering van Xpanda en Top Carpets se produkte en dienste ongetwyfeld ’n wenner, aangesien ons soveel meer in die behoeftes van die publiek kan voorsien. “Geen werkopdrag is vir ons te groot of te klein nie en die publiek kan ’n wye verskeidenheid produkte van gehalte hier verwag.” Produkte wat die onderneming verkoop, sluit onder meer in volvloermatte, nywerheidsmatte, vinielplanke, gelamineerde houtvloere, kunsgras, blindings (groot verskeidenheid), traliedeure, diefwering, veiligheidshekke, rolluike (roller shutters vir nywerhede) en hout- en staalmotorhuisdeure.
Tem hiér die hitte KIMBERLEY is ’n warm plek in die somer, maar met Diamond Cooling in die stad hoef dit vir niemand ’n bekommernis te wees nie. Shaun Hayes, die eienaar van Diamond Cooling, sê sy onderneming is al 15 jaar in die stad aan die sake doen. Die onderneming het in Desember na sy huidige perseel in Georgestraat 99 verhuis. “Ons herstel alles wat met verkoeling te make het,” sê Hayes. Dit sluit in lugversorgers, yskaste, waterverkoelers . . . noem maar op. Die onderneming bring ook die verkoelingstelsels in hul regte plekke aan en rig dit in. Hayes sê die onderneming is ná al die jare goed in Kimberley gevestig. Hayes sê indien jy warm kry, is Diamond Cooling net die plek om te besoek.
GEARBOX AND DIFF CENTRE opened its doors on 1 December 2006 in George Street. The owners are John and Delina Viviers and this centre has become a beacon in George Street. The Viviers couple is still the owners. The personnel numbers of the business have since grown to 28 workers who are qualified mechanics and apprentice learners. Gearbox and Diff Centre specialises in the repair of manual gearboxes, differentials and propshafts for any vehicle, including 4 x 4s, light trucks and trucks. Engineering for gear cutting is available here and a fullyequipped RMI approved workshop for the repairing and servicing of vehicles. The company is accredited to motor plan insurance with a 12-month or 20 000-km warranty on reconditioned gearboxes. A 24-hour tow-in service is
also available. The Viviers couple invites people to visit them for friendly and sufficient services or advice regarding their vehicles.
8
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
FOKUS OP GEORGESTRAAT
Eens omstrede straat gedy weer ene S.H. George, genoem. Aanvanklik was die naamsverandering tot by die kruising met Bultfonteinweg beperk, maar twee jaar later is die res van die straat ook herdoop. Die groot rede vir die naamsverandering, aldus die Weekly Press van 28 September 1902, was die lastige teenwoordigheid van ’n klomp bordele in dié straat. In 1902 is die boonste deel van die straat na Yorkstraat verander. Volgens die berig het die naamsverandering ook net tydelik gehelp om die straat se fatsoenlikheid te herstel, want ná die Beleg van Kimberley het die naam van die straat
wéér in die modder gelê. Min mense het hul wenkbroue gelig wanneer skote geskiet is, omdat dit nie ’n buitengewone gebeurtenis was nie. Die omgewing was so gevaarlik dat polisiekonstabels gereeld die straat gepatrolleer het. Een van die bekendste ondernemings in die straat was die Killarney-hotel wat destyds een van twee inry-kroeë in die stad gehad het. Die ander inry-kroeg was by die Halfway House. Die hotel se naam is later na die Kimberlite verander. Nadat die hotel gesluit het, is dit in
kantore omskep. Vandag gedy Georgestraat weer as sakegebied en ’n verskeidenheid ondernemings is in dié deel aktief aan die sake doen. In die delwersdae sou niemand kon gedink het die destydse ou grondpaadjie sou meer as 100 jaar later omskep word in ’n miernes van sakebedrywighede nie. Woonhuise in die onderste deel van die straat huisves nou sakeondernemings. Dié vooruitgang het egter ook meegebring dat talle van die straat se historiese geboue oor die jare heen gesloop is.
EEN van die groot ondernemings in Georgestraat was Stanford’s Mo tors wat oor nege erwe gestrek het. In dié koerantad vertensie van 1961 vertel die te lefoonnommer met net vier sy fers sy eie storie oor hoe Kimber ley uitgebrei het. Foto: Africana-biblioteek
Gaan na www.noordkaap.co.za en blaai deur vorige uitgawes.
GEORGESTRAAT het ’n interessante geskiedenis wat van voor die Diamantstormloop dateer. Die skote het hier geklap en die poppe het in dié wilde dae behoorlik gedans. Geen ordentlike mens kon dit waag om in dié straat te verkeer nie. Georgestraat het aanvanklik van die suidekant van die Oop Myn tot by Victoriasingel, waar die standbeeld van Cecil John Rhodes vandag staan, gestrek en het aanvanklik as Victoriastraat bekend gestaan. In 1884 is dié straat na ’n boukontrakteur,
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Kerk hou kosdemonstrasie OP Saterdag 27 September gaan Heleen Meyer, koskonsultant en gereelde spreker op RSG, ’n kosdemonstrasie in die NG kerk Bakenskop hou.
Enigiemand wat daarin belang stel om die geleentheid by te woon of om by die VLV-verrigtinge betrokke te raak kan Kittie Potgieter by 083-236-3782 bel.
Vorige uitgawes misgeloop? Gaan na www.noordkaap.co.za en blaai deur vorige uitgawes.
9
10
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
CHANTÉ BIS SCHOFF, a gr. 12 learner of Kimberley Girls’ High, was pla ced among the top 100 nationally and took fourth place in the Northern Cape in the Afrikaans Se nior Olympiad.
Made Kby Girls’ High proud
CHESS players of the Kimberley Girls’ High School have qualified for the junior chess cham pionships which will be held in January 2015. From the left are Tokollo Noko, Lebone Maretela and Adjoa Twerefoo.
LEARNERS of Kimberley Girls’ High did exceptionally well in the music section at the recent Arts Festival. From the left are, front: Millicent Mangate, Dudu Tlhomelang, Palesa Kantani and Caitlin van Vreede; back: Belle Isaacs, Rejoice Busang, Robyn Carlo, Nyakallo Mphonyo, Nwabisa Timeni, Angela Rapoo and Zoey Feder. Robyn obtained A+++ symbols for piano and was also named top performer in the intermediate section at the festival. She was invited to play at the Achievers Concert. Photos: Supplied
PUPILS in gr. 8 of the Kimberley Girls’ High School took part in the World General Knowled ge Olympiad. From the left are Savannah Si mons, Dudu Tlhomelang and Erin Bond. Savan nah was placed third in the province in the gr. 8 category and Dudu was placed first in the pro vince in the same category. Erin has also been selected for the Northern Cape endurance horseriding team that will compete in the national championships held in Bethlehem in October. THESE learners of the Kimberley Girls’ High School recei ved gold awards at the Science Expo. From the left are, front: Stacey Flem ming and Veeasha Packirisamy; back: Kimberlin Brink, Nasreen Paulse and Robyn Hollander.
LEARNERS of the Kimberley Girls’ High School wrote and presented poems at the recent Arts Festival. They did well in the speech and drama section at the festival. From the left are, front: Onalenna Sellwane and Lesego Pisane; back: Bonolo Lute, Palesa Molale, Lesedi Dakile, Nqobile Ngcwabe, Refiloe Ndlovu and Geraldine Meza.
CASEY PREECE (left) and Yeshara Packirisamy were nominees of the Kimberley Girls’ High School at the St Patrick’s College achievers’ dinner. Yeshara (deputy chair person) received an honours blazer, which is the school’s highest award for her consistently exceptional academic achieve ments. She was nominated for her achievement in the leadership and academic areas. Casey (chair person) was nominated for her achievements in the sporting and leadership, as well as the acade mic, areas.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
DIE St. Patrickkollege (CBC) in Kimberley het sy eerste erepenning aan ’n oudleer ling, prof. John Briscoe, in sy afwesigheid toegeken. Briscoe was ten tyde van die oorhandiging in Stockholm, Swede, waar hy die Stockholmwateroorkonde vir sy lewenslange werk in grondwater ingenieurswese ontvang het. Briscoe was lank by die Wêreldbank betrokke. Twee van Briscoe se oudklasmaats van 1965, Dave Alexander en Norman Adams, het die eerbewys namens hom van die CBC in ontvangs geneem. Briscoe versin nebeeld die ideale en etos van die kollege deur sy toewyding aan die mens se wel stand, is op die geleentheid gesê. Die skool het ook ’n nuwe John Briscoeeer bewys aangekondig wat aan uitstaande leerlinge gegee sal word en ’n beurs in sluit om ingenieurswese te studeer. Van links is Alexander, Jason Beangstrom (hoofseun) en Adams. Foto: Charné Kemp
VAN links is Elize Joubert (Kansa se hoofbe dryfsbeampte en waarnemende uitvoeren de hoof), dr. Eileen Snyders (Kansa: streeks bestuurder van Kimberley/Karoo) en Doro thy du Plooy (uitvoerende bestuurder: suidelike sakeeenheid) met hul eerbewyse. Foto’s: Verskaf
SUSTER MONZA MODISE (links) het die sertifikaat vir dienslewering ontvang. Hier is sy saam met Faith Calvert, ’n vrywillige werker in die Kansasorgkliniek.
Sentrum ryg pryse in Unique Jacobs DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Kimberley-sorgsentrum het op die suidelike sake-eenheid se jaarvergadering in Kaapstad met drie van die vyf eerbewyse weggestap. Dit was hul beste prestasie nog. Die kantoor het die eerbewys vir die beste presteerders in die streek ontvang vir alle dienste wat gelewer is. Dr. Eileen Snyders (streekbestuurder) sê die span, wat Brunie Botha, suster Monza Modise, Leone Taljaard (almal gemeenskapsmobiliseerders) en Adri Basson, die administratiewe ondersteuningsbeampte, insluit, pak hul take met passie en entoesiasme aan en ondersteun mekaar. Daarom het hulle die eerbewys vir spanwerk gewen. Die ondersteuningsdienste-eerbewys is aan Basson toegeken vir die uitstekende afhandeling van haar daaglikse take as administrasie-ondersteuningsbeampte. Sy is die projekleier van die skouspel wat een van die streek se geldinsamelingshoogtepunte is. Basson is ook vir die Kimberley-sorgsentrum se Facebook-blad verantwoordelik. Snyders het die hoogste eerbewys op streekvlak vir middelvlakbestuurders ontvang. Modise het ’n sertifikaat vir dienslewering ontvang. Kansa is nasionaal in drie sake-eenhede opgedeel: die suidelike sake-eenheid, wat die Oos-, Noord-, en Wes-Kaap insluit, die noordelike sake-eenheid bestaande uit Gauteng, Noordwes en Limpopo en die sentrale sake-eenheid wat uit die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga bestaan. Sertifikate vir dienslewering en leierskap is ook op die geleentheid oorhandig. Die Kimberley-sorgsentrum lewer dienste aan 35 dorpe in die Kimberley/Karoostreek. Sedert die opening van Kansa se sorgkliniek verlede jaar is die bestaande dienste soos siftingstoetse – onder meer Papsmere, prostaat-spesifieke antigeen-bloedtoetse (PSA) en borsondersoeke – uitgebrei en verbeter.
Vereer oudleerling
Presteer in skaak SPELERS van die Skaak meestersakademie in Kimberley het onlangs aan die NoordKaapse skaakuitdunrondes deelgeneem en medaljes gewen. Hulle is ook vir die onderskeie Noord Kaapse skaakspanne ge kies wat in Januarie 2015 aan die SuidAfrikaanse junior skaakkampioen skapsbyeenkoms in Kim berley gaan deelneem. Dean Krügel (links) het silwer in die o.18afde ling behaal en Emilio Bo tes goud in die o.12afde ling. By hulle is hul afrig ter, Pierre de Smidt.
11
12
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
13
14
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Boek gee volle verhaal Charné Kemp
PERSOONLIKE DIENSTE
TE KOOP
EIENDOMME
LENINGS
ALLERLEI
TUINWOONSTELLE TE HUUR 1655
1445
UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.
3265
ROYLDENE Ruim eenmanwoonstel op erf. Veilige onderdakparkering, R3 300 p.m. Water en krag ingesluit. Onmiddellik beskikbaar. Skakel tydens kantoorure: 072 865 3442.
ALGEMENE & HUISDIENSTE
ALLERLEI 1845
PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.
DIE afgelope naweek was vir oudstryders van 31/201-bataljon emosioneel toe ’n hersiene boek met foto’s en verhale van hul weermagdae op ’n byeenkoms by Wildebeeskuil bekend gestel is. ’n Gedenkdiens is ook gehou. Dit word elke tweede jaar as militêre parade by Platfontein aangebied en die doelwit is om lede te vereer wat die hoogste prys in die Grensoorlog betaal het. Vanjaar is dié eenheid se 40-jaar-herdenking. ’n Belangrike deel van die bataljon was die destydse insluiting van die !Xun-
(Vasekeles) en die Khwe- (Mbarakwengo) sangroepe wat van verskillende gebiede in Angola gekom het. Hulle is ná die Grensoorlog in demokratiese Suid-Afrika eindelik in Platfontein gevestig. Die Portugese regering in Angola het die San (ook Flechas genoem wat pyle beteken) in die 1960’s in teeninsurgensie-operasies teen die vryheidsvegters gebruik. Met die onttrekking van Portugal aan Angola in 1974 het dit die San weerloos teen vervolging deur die nuwe Angolese regering gelaat. Oudkol. Delville Linford was die SuidAfrikaanse skakeloffisier in die Portugese leër in Serpa Pinto waar hy die Flechas leer ken het. Hy het voorgestel die San-groepe sluit hulle by die SuidAfrikaanse weermag aan. Ian Uys se boek Bushmen Soldiers: The History of 31, 201 & 203 Battalions During the Border War 1974-’90 sluit die verhale en foto’s van dié bataljon in. Uys het die eerste weergawe in 1993 uitgereik, maar dit is deur die weermag gesensor en skuilname is gebruik. Die boek is ’n optekening van lede, wat ook Suid-Afrikaners insluit, se ervarings in die Grensoorlog. In die hersiene uitgawe kom nog verha-
le by en lede se regte name word gebruik. Uys sê wanneer verhale nie neergepen word nie, is dit net so goed dit het nooit gebeur nie. “Meer mense het met my gesels en die prentjie is vollediger geskets. “Die staaltjies was veral wonderlik. “Op ’n dag moes ’n groep deur ’n drif loop. “Die bevelvoerder, wat langer as die Boesman-soldate was, het besluit hy sou eerste deurloop. “Toe die ander hom nie wou volg nie, was hy vies – totdat hulle sy aandag op die krokodilspore in die sand gevestig het.” Die Britse uitgewer sê Uys se boek is ook die verhaal van die Boesmans as ervare bosspesialiste, meedoënlose spoorsnyers en toegewyde soldate. Hulle het ook geleer om moderne wapentuig te gebruik. In Operasie Savanna is hulle as veggroep Alfa as deel van taakmag Zulu ontplooi. Hulle het ongeveer 2 000 km in ’n maand afgelê. Sommige is ook opgelei om valskerm te spring om as verkenners agter vyandelike linies te dien. Ander is by eenhede as verkenners en spoorsnyers gebruik. Hul lojaliteit en dapperheid is met Honoris Crux-medaljes vereer. Die boek is ook op www.amazon.com te koop.
Griekwas slaan slag Gerdie Karstens
SOEK, KOOP, VERKOOP
VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
GRIEKWAS het as’t ware ’n dubbele slag geslaan wat die kontraktering van sleutel-spelers vir die toekoms betref. Eers het die vleuel/senter PJ Vermeulen pen op papier gesit dat hy volgende jaar steeds sy rugby in Kimberley speel, waarna die slot Hilton Lobberts uit die bloute besluit het om sy kontrak van einde 2015 tot einde 2016 te verleng. Vermeulen se besluit om aan te bly is vir Griekwas uitstekende nuus, veral aangesien hy die afgelope ruk die Curriebekerreeks aan die brand speel. “Jy sal kwalik ’n meer gemotiveerde speler as PJ in ons span kry. Hy het vanjaar werklik sy stempel afgedruk en dit nadat hy verlede jaar in die Curriebeker sy enkel gebreek het,” het Hawies Fourie, die Griekwas-afrigter, gesê. Wat Lobberts betref, het Griekwas die Pumas se planne om die yster te bekom vir die volgende twee seisoene in die wiele gery.
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Wintie gee jonge houding NET reg om die innerlike straatvalk in jou wakker te maak het Honda pas die gawe stadsrakker vir haastige jongelinge bekend gestel. Die MSX125 is, soos sy naam aandui, ’n klein 125 cc-fiets; maar danksy gawe stilering het hy meer houding as ’n 20jarige se kuif by die plaaslike watergat. Honda sê die MSX staan vir “Mini Street X-treme” wat beteken hy is gerig op stadsmense wat ’n wintie-ryding verlang en graag hul uitdagende persoonlikheid in hul motorfiets vergestalt wil sien. In die omgekrapte kêrel se voorkomsarsenaal sal jy vet tekkies vind wat, hoewel dit steeds klein wiele is, oor swart speke beskik en stomp modderskerms het wat knus oor hulle vou. Die rem- en flikkerligte is LED-eenhede, terwyl die dubbele hooflig inderdaad een sterk lamp is wat twee lense het. Die boonste lens verlig die pad in gewone omstandighede, terwyl die onderste lens belig word wanneer die bestuurder die hoofstraal aktiveer. Honda sê hy het die vurk se skokbreker met ’n sagte terugskiet-aksie toegerus sodat hy gemaklik in die stad oor spoedwalle kan skiet. Agter is die swaai-arm aan ’n enkele skokbreker gekoppel. Skyfremme is voor en agter aan die 12-duim-wiele gekoppel. Voor, by sy klein instrumentpaneel, word al die inligting in ’n digitale paneel gewys. Dit sluit jou brandstofmeter, spoedlesing, twee afstandmeters en horlosie in. Die MSX word in Suid-Afrika verkoop met ’n gratis bestuurskursus wat jy by Honda se eie opleidingsakademie kan voltooi. Ook ’n padbystanddiens van 12 maande en ’n tweejaarwaarborg, ongeag die kilometers afgelê, is by die pakket ingesluit.
www.noordkaap.co.za
15
16
NOORDKAAP, WOENSDAG 17 SEPTEMBER 2014
Sport Die Diamantstad se koerant
LINKS: Jaco Nepgen rank hoog in ’n lyn staan in die Griek was se wedstryd Saterdag teen die Pumas. Die Griek was het met hul se ge van 3127 verse ker dat hulle in die wedloop om die Curriebeker bly. Foto’s: Emile Hendricks
Sege gee GW ’n hupstoot DIE ligte flikker nog, maar veel dowwer nadat die Griekwas die naweek die Pumas se segetog met ’n sege van 31-27 gestuit het. Gouws Prinsloo was die groot ster in die Poubloues se blink vertoning waarmee hulle die ligapunte-gaping tussen hulle en die ander spanne laat krimp het. Ruan Bruwer berig die Griekwas het gewys wat hulle met 15 spelers op die veld kan vermag. In hul vorige twee tuiswedstryde in die Curriebeker-reeks was hulle vir alle praktiese doeleindes reeds in die eerste helfte tot ’n nederlaag gedoem toe hulle ’n speler weens ’n rooi kaart verloor het. Die Poubloues het in 2012 laas ’n tuissege in die Curriebeker-reeks behaal.
TIAN MEYER word deur ’n Pumaspeler vas gevat om sy stormloop te stuit.
En net toe dit wou lyk asof hulle die bondgenoot in die GWK-park verloor het, het die Pumas hulle in rotsvaste verdediging en ’n dodelike stelskopper in Gouws Prinsloo vasgeloop. Prinsloo het met sy agt strafdoele ’n rekord vir die unie verbeter en is groot lof deur sy breier, Hawies Fourie, toegeswaai. “Hy (Prinsloo) bestee baie ure aan sy skopwerk. Ek, wat ook ’n stelskopper was, het baie respek vir iemand soos hy wat ná ’n oefening van 90 minute steeds ’n bykomende 30 tot 40 minute se harde werk met sy stelskopwerk doen terwyl die res van die spelers reeds met hul voete in die lug sit.” Volgens Fourie was hy tevrede met sy spelers se werkverrigting op die verdediging. Benewens die twee drieë wat deur Rosko Specman (vleuel) en Coenie van Wyk (heelagter) aangevoer is, was daar min deurkomkans. “Veral in die laaste tien minute het die spelers as ’n eenheid goed verdedig en wanneer een speler ’n duikslag gemis het, was ’n spanmaat byderhand om die doodvat te maak.” Die Pumas het vroeg in die wedstryd ’n skrikbewind in die skrums gevoer en by geleentheid die Poubloues agt meter in trurat gehad. Fourie erken hy was in die 12de minuut ’n bekommerde man oor daardie skrum. “Dit gebeur partykeer dat een van voorste drie spelers in die skrum net nie ’n goeie liggaamsposisie het of net nie reg ingestel is nie. Ek dink ons het die oorhand in die tweede helfte gehad toe Maks van Dyk Ewald van der Westhuizen (op vasskop) vervang het.” Puntemakers: Griekwas 31 (19): Drie: PJ Vermeulen. Doelskop: Gouws Prinsloo. Strafdoele: Prinsloo (8). Pumas 27 (11): Drieë: Reynier van Rooyen, JW Jonker. Doelskop: Justin van Staden. Strafdoele: Van Staden (4), JC Roos.