Noordkaapnk 20140924

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 24 September 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Teater herleef Kultuur blom weer André Botha

Bloos nie om pienk te dra WARE mans dra pienk, veral as dit vir ’n goeie doel is. Griekwas se tradisionele poubloutruie word Saterdag vir pienk verruil. Dit is ter ondersteuning van die Kankervereniging van Suid­Afrika (Kansa) se veldtog vir die bevordering van kankerbewustheid. Griekwas pak die Leeus Saterdag in Kimberley. Hier wys Francois Brummer en Elzaan van Wyk, Kansa se matrieknooi vir 2013, hoe die truie lyk. Ver­ teenwoordigers van Kansa sal ook Saterdag op GWK­Park wees, en onder meer pienk bandanas ver­ koop waarmee mense hul steun vir die Kansa­veldtog kan wys. En as touskouers ook pienk dra, des te beter. Tien lesers kan elk ’n dubbelkaartjie wenSMS jou naam en van, NK en Griekwas na45533. Foto: André Botha

KIMBERLEY se eens bloeiende teaterkultuur kan herleef wanneer die Noord-Kaap-teater oor ’n paar maande heropen. En dit sal spoggeriger as vantevore wees. “Dít is die beste nuus in jare,” sê Theuns Zimmermann, uitvoerende hoof van die Gariep Kunstefees, oor die hervatting van bouwerk aan die teater. Die teater is reeds in 2009 weens veiligheidsredes deur die departement van arbeid gesluit en staan sedertdien ongebruik. Dit het meegebring dat talle kunstenaars nie in die stad wou optree nie en dat die Gariep Kunstefees nie soos vroeër jare topproduksies in die teater kon aanbied nie. Skoolsale is die afgelope paar jaar hiervoor gebruik. Morapedi Sekhoane, woordvoerder van die departement van sport, kuns en kultuur, sê die bouwerk sal op 1 Oktober hervat word nadat dit in 2011 weens ’n tekort aan geld gestaak is. Sowat R16 miljoen is reeds aan die bouwerk bestee. Dit was sowat 85% voltooi toe dit gestaak is. ’n Verdere R12 miljoen is nou van die nasionale departement van kuns en kultuur gekry. Sekhoane sê die departement is optimisties dat die bouwerk binne ses maande voltooi sal wees. Die departement van paaie en openbare werke sal die bouwerk, wat deur Mahlangu Constructors gedoen sal word, moniteer. Die teater sal ná voltooiing topgehalte-sitplekke in die ouditorium hê. Voorsie-

ning word ook die eerste keer vir gestremdes gemaak. Dit sluit spesiale sitplekke vir gestremdes en ’n oprit na die agterkant van die verhoog in. Die voorportaal word vergroot en die orkesput verbeter, geriewe agter die verhoog word verbeter en die dak word vervang. Daar sal ook ’n raadsaal wees. Sekhoane sê die jaarlikse bedryfskoste van die teater sal sowat R8 miljoen wees. Zimmermann sê dit was een van Kimberley se grootste skandes dat hier nie ’n teater beskikbaar was nie. Dit het ’n groot leemte by teaterliefhebbers gelaat. “Dit is wonderlike nuus. Ons sal dit beslis vir die fees aanwend, afhangende van of ’n ooreenkoms hieroor bereik word.” Safiyia Stanfley, DA-woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, sê skakeling tussen die teater, die Mayibuye-sentrum, die kollege vir voortgesette onderwys en opleiding en die Sol Plaatje-universiteit sal meebring dat Kimberley se kinders nie meer loopbane in die kunste in ander provinsies hoef te volg nie. Die heropening van die teater sal kuns en kultuur ’n broodnodige hupstoot gee. Die DA is egter besorg oor die eindelike koste van die projek. Die teater is in die 1950’s opgerig en is destyds as een van die beste teaters in die land beskou. Kunstenaars het dikwels hier opgetree, skole het opvoerings gehou en amateurtoneelgroepe het die teater gebruik. Die destydse Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste (Kruik) het ook opvoerings in die teater gehou.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

DAN SKINSTAD, die sere­ braal gestremde avonturier wat ’n kajakreis van 2 300 km om Ysland onder­ neem het, is op 2 Oktober die Jeneka­vroueorganisa­ sie se gas op ’n ete by die Hoërskool Diamantveld. Skinstad was saam met die avonturier Riaan Manser die eerste Suid­Afrikaners wat in ’n kajak om Ysland se kus geroei het en ook die eerste span met ’n gestrem­ de mens aan boord. Die ge­ leentheid kos R150 per per­ soon, die ete ingesluit. Bel Marian van der Westhuizen voor 22 September by 083­ 633­6446 om plek en kaart­ jies te kry. Foto: Verskaf

DIE Hoërskool Noord­ Kaap het sy bestuursko­ mitee vir 2015 aange­ wys. Van links is, voor: Thiven Padayachy (voor­ sitter), Michelle Kenny (voorsitter), Jessica du Plessis (ondervoorsitter) en Ruben Umpierrez Du­ ran (ondervoorsitter); tweede ry: Tshweu Se­ phiri, Levert Koopman, Zeena Martin, Joy Mok­ goroane, Pride Geco, Si­ mone Jacobs en Leatitia Human; derde ry: Mark van Staden, Klensch Lu­ cas, Cecilia Fiedler, Min­ ke Helena, Robyn­Lee van Zyl, Aiden Botha en Daniel Gorrelkin; agter: Jakon Changfoot en To­ ny Mashilo. Foto: Verskaf

Lei skool in 2015

Belegging in Kby bekyk André Botha HOE kan Kimberley as ’n voorkeurbeleggingsbestemming bemark word? Dit is die tema vir ’n beleggingseminaar wat vir 2015 in die stad beplan word terwyl beleggings van bykans R400 miljard reeds in die volgende tien jaar in die Noord-Kaap verwag word. Die doel van die seminaar sal wees om Kimberley en omstreke se ekonomiese grondslag te versterk en uit te brei. Die voorlegging oor die seminaar, wat aan die Sol Plaatje-raad gedoen is, stel dit ’n beleggingseminaar is ’n uitdrukking van vertroue in die plaaslike ekonomie. Die geleentheid sal gebruik word om die stad se hulpbronne, ligging en ander voordelige eienskappe te beklemtoon. Die mededingende voordele van die

plaaslike ekonomie sal bekend gestel word om verdere beleggings aan te moedig. Die munisipaliteit se sub-eenheid voer reeds ’n veldtog om beleggers na Kimberley te lok. Van al die maniere beskikbaar om beleggings te bevorder is ’n seminaar waarskynlik die doeltreffendste, lui die voorlegging. Die seminaar sal waarskynlik in April of Mei 2015 gehou word. Volgens die voorlegging staan die Noord-Kaapse ekonomie aan die vooraand van ’n “massiewe golf van beleggings” oor die volgende tien jaar in die myn- en energiebedryf. Daarmee saam kom beleggings in agri-besigheid. Die verwagte gekombineerde waarde van beleggings oor die volgende tien jaar is R400 miljard. Net vir die mynbedryf is dit sowat R250 miljard.

Kimberley se ekonomie lewer die grootste bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) van die Noord-Kaap. Terwyl die stad se ekonomie grootliks op die tersiêre bedryf berus, kom ’n aansienlike deel van die provinsie se BBP van die primêre sektore, naamlik mynbou en landbou. Sowel mynbou as landbou leun sterk op Kimberley se beperkte (maar doeltreffende) nywerheidsektor wat as die hoofdienstesentrum vir albei dié sektore in die res van die provinsie dien, lui die voorlegging. ’n Beleggingseminaar sal die pas aangee vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling in die kritieke rol om ’n geleentheid vir werkskepping en ekonomiese uitbreiding te verskaf. ’n Netto toename in die belastingbasis sal help om ontwikkelingprojekte te finansier.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

HIER is hulle, die wenners van Noorkaap se baba-en-kleuterkompetisie. Die kompetisie is deur die Diamond Pavilion Shopping Mall, Louis Botha-fotografie, die Universiteit van die Vrystaat (UV)

ZAVIAN LOOTS, wen afdeling een tot twee jaar.

se Joolgemeenskapsdiens en Noordkaap aangebied. Al die foto’s is deur Louis Botha van Louis Botha-fotografie geneem. Baie geluk aan die wenners, en dankie aan almal wat gestem het.

KAIDEN FOURIE: wen tweede plek.

RIANNÉ POPE wen derde plek.

Soek logo, wen ELIZE HOUGH is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie. Sy kan haar R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor gaan afhaal. Deelnemers moet seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van. Indien dié besonderhede nie daar is nie, kan hulle nie vir die trekking in aanmerking kom nie. Die logo is die een waarin ’n klein diamant verskyn, nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe vir die volgende ronde van die kompetisie dop.

Prys ’n lafenis ETHAN FOUCHÉ, wen kategorie drie tot vier jaar.

MCKAYLA VAN DER LINDE, wenner: 5 tot 6 jaar.

GENEVIEVÉ ERAS­ MUS, tweede plek in dié kategorie.

KEEGAN PIETERSE, tweede plek.

JUANDRE NIEKERK, plek.

VAN derde

NATHAN JANSE VAN RENSBURG, derde plek.

MARINDI FOURIE en Cecilia Pretorius is die eerste wenners van ’n geskenkpak van Coca-Cola. Nog ses lesers van Noordkaap kan elk oor die volgende drie weke ’n geskenkpak wen. Interessante geskenke en Coke in die nuwe bottel (330 ml) is deel van die geskenkpak. Om deel te neem stuur ’n SMS na 45533. Die SMS moet begin met NK, dan ’n spasie gevolg deur Coke, met nog ’n spasie en jou naam en van. Mense het tot Vrydag 12:00 kans om hulle in te skryf. Onthou, sonder jou naam en van kan jy nie vir die prys in aanmerking kom nie.

Opskud met inskrywings Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se Bloemnuus-Roosknoppie-kompetisie kom flink in en die eerste inskrywing uit Kimberley word vandag geplaas. As jy nog nie ’n inskryfvorm het nie, kry dit op www.noordkaap.co.za. Opskud, want die kompetisie sluit reeds op Maandag 29 September om 12:00 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Foto’s van deelnemers sal in die Noordkaap en sy susterspublikasies Kroonnuus, Maluti, Bloemnuus, Vista en Kalahari Bulletin, geplaas word, afhangend van waar die meisietjie bly. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisietjies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal ná die sluitingsdatum van die kompetisie ’n geleentheid kry om aanlyn vir hul gunstelinge te stem. Die top-30 sal bestaan uit die top-20 onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se besluit is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. Die inskryfgeld van R30 word aan Volksblad en sy plaaslike koerante se Ons gee om-fonds (voorheen die Volksblad-Kers-

MIGNON DU PREEZ (4) van Kim­ berley is die dogter van Welma en Johan du Preez. fonds) geskenk. Ouers word versoek om hulle van die reëls op die inskryfvorm te vergewis en daarby te hou. Jy kan jou inskrywing pos of by Volksblad se kantoor inhandig. S Rig alle navrae aan Madelein Venter deur ’n e-pos te stuur na madelein.venter@volksblad.com.

Popping deals to get you celebrating! AS ON N SEE

TV

Buy 2 for

Coca Cola Range 2L

26. 9. 17. 69. Cadbury Slab Assorted 80g

90

Limited to 6 per customer

All Gold Tomato Sauce 700ml

00

00

Each

AS ON N SEE

TV

SH

Ricoffy 750g

00 DE

AL

Stand a win chance to aai a Weber br 0 0 12 worth R

DA

Wenners bekend

3

SMS“Braai”, your name and your Saverite Store (i.e Braai, Vuyo, Springs) to 41624

SMS cost R1.00. Terms and conditions apply

AS ON N SEE

TV

Sta-soft Fabric Softener Refill 500ml

17. 20. 00 Each

Valid From 25 September to 5 October 2014.

All quoted prices are in South African Rand and inclusive of VAT unless otherwise stipulated

Handy Andy Liquid Refill 750ml + Sunlight Dishwashing Liquid Pouch 350ml

00

Free State: Bodi Café Heilbron (058 853 5800), Bus Stop (051 448 1036), CHH Knauff (051 541 0052), Clarens (058 256 1957), Colesburg (051 753 1468), Commando (057 352 9041), Douglas (053 298 2281), Fichardt Park (051 522 9515), Five Star Supermarket (058 303 1360), Flair (057 352 1733), Mini Rama Hartbeesfontein (018 431 0196), Hoopstad (053 444 1938), Kakamas (054 431 0889), Kimberley Pantry (053 832 2732), Koffiefontein (053 205 0761), Manny’s Kroonheuwel (056 212 3372), Manny’s Welkom (057 396 5695), Pofadder Vleis (054 933 0062), Protea Stores (061 088 7855), Riebeeckstad (057 388 1269), Super Spaar (051 522 1971), The Village Shop (054 335 4383), Yiangou Grocers (051 991 0106) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554) Northern Cape: Imperial (053 497 3961), Jacobsdal (053 591 0795), Keimoes (054 461 1150), Postmasburg (053 313 0554),

/SaveriteSupermarket

/YourSaverite

info@saverite.co.za

www.saverite.co.za

29.

Surf Washing Powder Flexibag 2kg

90

Win 1 of 5 DOUBLE TROLLEY DASHES for you and your friend! SMS “Birthday”, your name, and Saverite store name to 41729. (eg: Dash, Vuyo, Springs)

SMS cost R1.00 Ts & Cs apply

win! Plus more prizes up for grabs. See in-store / Facebook for more details SAV005


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

Ryk verlede DIE McGregor­museum in Atlasstraat se geskiedenis is net so ryk soos die geskiedenis wat binne uitgebeeld word. Dit is in 1897 as sanatorium op­ gerig en het dié rol tot 1908 vervul. Tydens die Anglo­Boereoorlog was die sanatorium ’n wyle ook Cecil John Rhodes se tuiste toe hy ’n slaap­ kamer hier gehad het. Die ou foto is in dié tyd geneem met Rhodes wat links staan. Let op die sandsakke waarmee die gebou beskerm is. In 1908 het dit die Hotel Belgrave ge­ word. In dié tyd het heelwat bekende mense hier tuisgegaan, insluitend adellikes uit Brittanje en selfs die kroonprins van Portugal. In 1933 het die Convent High School, voorheen in Dutoitspanweg, die gebou betrek. Die skool was in die gebou totdat dit in 1969 gesluit het. Daarna het dit deel van die uitgebreide McGregor­ museum geword. Dié museum het sy ontstaan in Chapelstraat gehad in ’n gebou wat steeds gebruik word. Die McGregor­museum bestaan vandag uit verskeie eenhede, nie net in Kim­ berley nie, maar verspreid oor die Noord­Kaap. Dit maak die museum een van die grootstes in die land. Die gebou se voorganger was die be­ roemde Halfway House wat in 1872 op dié perseel begin is. Toe die sana­ torium opgerig is, het die Halfway House oorkant die straat geskuif na die perseel waar dit steeds is.

Bouwerk aan teater hervat DIT is voorwaar goeie nuus dat bouwerk aan die Noord-Kaap-teater eindelik hervat gaan word. Kimberley het vroeër jare ’n ryk teatertradisie gehad, selfs in die vroegste jare van die stad se bestaan. Die Theatre Royal, wat in 1930 afgebrand het, is in sy tyd as een van die beste en swierigste in die land beskou. Maar selfs die Noord-Kaap-teater, voorheen die Kimberley-teater, is hoog aangeslaan toe dit in 1953 geopen het. Die teater is gereeld deur skole, plaaslike amateurgroepe en selfs besoekende toneelgroepe gebruik. Meer onlangs is teaterproduksies as deel van die Gariep Kunstefees hier aangebied. Die afgelope byna sewe jaar staan die teater egter onbenut. Dit het ’n groot leemte in die

kultuurlewe van die stad gelaat. Die Gariep Kunstefees moes skoolsale gebruik, die Diamantkoorfees moes ’n ander tuiste vind en kunstenaars het Kimberley begin vermy, omdat hier nie behoorlike geriewe was nie. Dit was ’n verleentheid vir die stad dat hier, in die Noord-Kaapse hoofstad, nie ’n behoorlike teater was nie en skoolsale kan nie dié rol vervul nie. Hopelik sal die departement van sport, kuns en kultuur (dié keer) by sy woord hou en sal die teater vroeg in 2015 voltooi wees. Beter geriewe as voorheen word beloof. Daarmee kan die teater weer ’n sieraad vir die stad word en weer ’n groot bydrae tot kultuur lewer. Net soos vroeër jare.

Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha

Sal jy kan sê wat jy ‘post’? Hannes Noëth ONS leef in ’n wonderlike wêreld van tegnologie. Die wêreld is klein en ons kommunikeer maklik met mekaar. Dit maak nie saak of die kinders oorsee is en of hulle naby is nie, maak nie saak of jou familie drie huise van jou af bly of in ’n ander dorp nie – hulle is net ’n boodskap ver. Hierdie klein tegnologiese wêreld is egter ook gevaarlik. Die afgelope week gesels ek met iemand wat só seergekry het. Die rede: mense wat eenvoudig, onnadenkend net ’n boodskap stuur. Ons moet almal besef dat daar met die druk van ’n knoppie om iets te stuur of te plaas ook ’n groot verantwoordelikheid gepaardgaan. Onthou, die mens of mense wat jou boodskap lees, verstaan nie noodwendig jou bedoeling nie. Daarom moet ’n mens versigtig wees wat jy aanstuur en vir wie jy dit stuur. Jy kan een mens om verskoning vra, maar jy kan nie elkeen wat ’n boodskap gelees het, opsoek nie. Die wêreld van tegnologie maak dit onmoontlik. Daarom betaam dit ’n mens

met integriteit om te dink wat hy of sy oor die elektroniese media heen versprei. Die belangrikste is dat jy nooit weer ’n boodskap wat gestuur is, kan beperk of onttrek nie. Die skade wat gedoen is, is gedoen. Seer is seer en neem soms lank om te genees. Die Bybel noem dit moord wanneer jy jou naaste se naam ’n oneer aandoen. Met dit alles in gedagte is die ander kant natuurlik ook waar: Jy kan die tegnologiese wêreld gebruik om mense se lewe positief aan te raak. Daarom is die groot vraag nie wat ek waarop plaas en stuur nie, maar wat daar in my hart leef. As daar sagtheid en vrede is, sal dit ook in my boodskappe wees, waar ek dit ook al heen stuur. Miskien is die grootste vraag: Kan ek alles wat ek tik, plaas, aanstuur, of hoe ook al versprei, kan ek dit self vir iemand sê?

Almal se taal nie dieselfde Karin Muller HY lyk jonger as wat ek verwag het, maar toe hy my motor kom haal om versien te word kon ek dadelik hoor hy weet wat in ’n motor se ingewande aangaan. Voordat ek die motorsleutel oorhandig, val dit my by dat ek, in opdrag van Manlief, moet uitvind wanneer hy die koppelaar kan herstel. “Ek verstaan die oom het jou van die koppelaar gesê,” vra ek. Die jong man staar my vraend aan. “Nee, Tannie, ek weet nie daarvan nie.” Hy draai die blikkie koeldrank in sy hand ingedagte in die rondte. Ek stamel effens, want ek het verstaan Manlief het hom reeds gesê. Lomp begin ek beduie die motor is, voordat ek dit tweedehands gekoop het, versien en dat die ratkas nie reg vasgeskroef is nie, daarom het die koppelaar skade gekry en is ons genoodsaak om dit te vervang. Die lig skyn in sy reeds blink oë. “O, Tannie praat van die clutch. Hy glimlag. “Ja-nee, die oom het my van die clutch

gesê,” sê hy vriendelik. “Ons sal dit volgende week vir Tannie kan regmaak. Dit gaan ’n hele dag duur, want hulle sal eers die flywheel moet skim voordat ons die clutch kan insit.” Die glimlag sprei verby my mondhoeke. “Dan is dit afgespreek. Ons sal reël dat dit so gou moontlik gedoen word.” Ek oorhandig die sleutel en waai vir hom toe hy wegry. Ingedagte stap ek terug kantoor toe. Ek glimlag terwyl ek wonder hoe ek die arme kind sou verwar het as ek flywheel en skim in Afrikaans probeer vertaal het. Geen wonder daar is soveel verwarring oor die wêreld heen met al die verskillende tale en nasies wat bestaan nie. Gelukkig oorbrug ons sonder inspanning die meeste daarvan. Ongelukkig nie alles nie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

VAN links is Helene Wiid, Annchen de Lange en Blaiz Joseph wat hier ’n denkbeeldige Soroban (Anzan) gebruik waarop hulle met groot akkuraatheid en spoed die somme kan uitwerk. Foto: Verskaf

Somme nie ’n probleem Lecrecia Prins

SOWAT 70 leerlinge tussen 4 en 11 jaar oud van Kimberley en De Aar het gewys wiskunde is nie vir hulle so moeilik nie. Dié leerlinge het aan die nasionale wiskunde-kampioenskapsbyeenkoms van die C-maths-soroban- (abakus) breinontwikkelingsprogram deelgeneem. Volgens Dawid de Greeff, koördineerder van die program in Kimberley, is die Japanse telraam (soroban) soos ’n visuele sakrekenaar. Die leerlinge kry verskillende tye waarin hulle verskillende vraestelle moet aflê, sommige met die gebruik van die soroban en ander met hul “denkbeeldige” soroban. Terwyl die toekomstige klein wiskundiges en wetenskaplikes diep gekonsentreer het om hul vraestelle in die toegelate tyd te voltooi het doodse stilte in die saal geheers. Al wat hoorbaar was, was die rondskuifery van krale op die soroban waarop hulle met groot akkuraatheid en spoed 20 somme soos 45 + 67 + 82 + 17 + 21=? in drie minute

moes voltooi. Terwyl die ouers wat gesit en toekyk het hoe hul kinders die somme doen, gespanne voorgekom het, het die kleingoed heel op hul gemak gelyk. Hier en daar was daar ’n senuweeagtige gesig, maar almal het goed kop gehou. De Greeff sê die leerlinge was met die begin van die program in Kimberley skrikkerig vir syfers, maar deesdae skrik dit hulle nie meer af nie. Die kinders se selfvertroue kry ’n groot hupstoot deurdat hulle die antwoorde op ’n logiese en visuele of fisieke manier kan ervaar en besef hulle kan wiskunde vinnig en akkuraat doen. Vier van die leerlinge in Kimberley is gekies om Suid-Afrika op 30 Desember in die internasionale Pama-kompetisie in Johannesburg te gaan verteenwoordig. Hulle is Raynard Steenkamp en Scott Francis (albei van die Laerskool Newton), en Samah Taleb en Safee Taleb (albei van die Kimberley Junior School). Hulle sal teen leerlinge van 14 ander lande meeding.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

Kundiges lig boere in Bfn in TALLE belanghebbendes sal einde Oktober in Bloemfontein bymekaarkom met een doel voor oë: om ’n oplossing vir die landbouprobleme in Suid-Afrika te kry. Landbouweekblad, in samewerking met Volksblad, bied op 30 en 31 Oktober ’n landboukonferensie met die tema Oplossing vir die Landbou by die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan. Van die skerpste verstande in die landbou-, sake- en sportwêreld kom twee dae bymekaar om te praat, te debatteer en te besin oor waar die antwoorde lê vir ’n bedryf wat oor die afgelope 20 jaar ’n drastiese afname in getalle beleef het. “Ongeag dat Suid-Afrika van die beste boere ter wêreld het, het die land se boeregetal van omtrent 120 000 in die 1980’s tot sowat 35 000 gedaal,” sê Chris Burgess, Landbouweekblad se hoofredakteur. “Boere het ’n groot geleentheid om te leer van sakelui wat in vandag se strawwe omstandighede gedy.” Onderwerpe wat bespreek sal word, sluit Grondhervorming, Energie, Grondbewaring en -bewerking, Beesboerdery en Tydsbestuur in. Sprekers soos Louis van der Watt, wild- en beesboer en stigter van die Atterbury-groep, en die voormalige Springbokafrigter en bestuurskenner Nick Mallett sal hul kennis met konferensiegangers deel. Uit boerderygeledere is daar Charl Senekal, Suid-Afrika se grootste suikerrietboer en energie-pionier, Vito Rugani, die land se grootste wortelboer en arbeidspesialis, en Anthony Muirhead, die vader van minimum bewerking in SuidAfrika. Die rubriekskrywer Gerrit van Zyl van Landbouweekblad kom vertel hoekom hy as een van die land se voorste beesboere beskou word. Theo de Jager, Agri SA se ondervoorsitter en die dryfkrag agter die landbou se grondplanne, kom doen ook verslag oor hoe boere sake oor grondsake behoort te benader. Wetenskaplike bydraes sluit in die van dr. Michael Bradfield, ’n topveekundige, Rikus Kloppers, vooraanstaande plantpatoloog van Pannar, Stephanus Malherbe, die jong laboratoriumhoof van die groot landboumaatskappy ZZ2, en Adriaan Dreyer van SGS NviroCrop, ’n baanbreker in minimum bewerking in die westelike saaigebiede. Woolworths se Kobus Pienaar sal oor dié supermarkreus se benadering tot volhoubare landbou kom gesels en Harold Burgess van die die Dawn-energie-groep sal kom vertel hoe boere energiedoeltreffend kan boer sonder om ’n sonpaneel aan te bring. Dit kos R1 710 per persoon en 15%-korting word gegee vir groepbesprekings van 20 of meer mense. Verblyf kan deur Landbouweekblad se reisklub gereël word. Kontak 011-886-9545 of landbou@megatrav.co.za. Kontak Patricia Potgieter vir plekbespreking of meer inligting by 021-406-2298 of ppotgiet@landbou.com.

Grotes op rugby-aand DIT is groot name in die rugbywêreld wat op 23 Oktober op die Hoërskool Diamantveld se James Stander-manneaand gaan optree. André Markgraaff, oud-Springbokafrigter, -Griekwa-afrigter en -leerling van die skool, tree die aand as koördinerende spreker op. Saam met hom dié aand is Willie le Roux, Springbok- en oud-Griekwarugbyspeler, Izak van der Westhuizen, voormalige Cheetah-speler en oud-Diamantvelder, Willie Britz, Leeus-speler en oud-Diamantvelder, Hawies Fourie, Griekwa-afrigter, en Peter Engledow, Griekwa-hulpafrigter. Die manneaand word in die Horseshoe Inn gehou. Dit kos R250 per persoon of R2 500 per tafel van tien mense. ’n Kontantkroeg is op die geleentheid beskikbaar. Die drag is netjies informeel. Bel Ina Olivier by 082-440-3303 om plek te bespreek.

Haal SA span DIE leerlinge van die Hoërskool Diamant­ veld is gekies vir die Suid­Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se o. 18­sewesspan wat op 6 en 7 Okto­ ber aan die nasiona­ le toernooi in Kru­ gersdorp gaan deel­ neem. Van links is Janco Cloete, Gerco Nortje, Johan Jou­ bert, Etdeon Grey­ vensteyn en Keaton Gordon. Foto: Verskaf

7


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

MOTORS DIE RUIMTE IN: Land Rover en Virgin Galactic bied die kans vir ’n kompetisiewenner en drie vriende om die aarde te verlaat. Mense van oor die wêreld heen kan

hulle inskryf met ’n video (30 sek.) of foto van hul avontuurlikheid. Elke deelnemer moet drie vriende noem en die inskrywing op landrover.com/gotospace indien.

HYUNDAI se nuwe monteeraanleg vir handelsvoertuie het pas in Gauteng geopen.

Foto: Verskaf

Hyundai belê groot Andries Groenewald HYUNDAI AUTOMOTIVE SUID-AFRIKA het in effe gedempte ekonomiese omstandighede nogal ’n sweempie opwinding verskaf toe hy aangekondig het hy het meer as R100 miljoen in sy kommersiële voertuigafdeling belê. Dit sluit ’n splinternuwe monteeraanleg aan die Oos-Rand in wat Hyundai reken die ideale plek is om sy sakestrategie te versterk. Dit behels die uitbreiding en die volhoubaarheid van die mark vir kommersiële voertuie. Die maatskappy sê dit bevestig ook sy toenemende verbintenis tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die plaaslike montering van voertuie beteken die maatskappy spaar belastinggewys heelwat, omdat komponente nou in plaas van volledige voertuie ingevoer word. Die nuwe aanleg sal ook as ’n basis vir uitbreiding en uitvoer na ander Afrika-lande dien. Terselfdertyd reken die vervaardiger dit dra by tot die verbetering van plaaslike kundigheid en werkskepping in ’n ekonomie wat na sulke geleenthede smag. Die motivering vir die aanleg in die Apex-nywerheidsgebied van Benoni is om Hyundai mededingender in die mark vir

kommersiële voertuie te maak en om sy belegging in die plaaslike ekonomie te vergroot. Die aanvanklike mikpunt is om 600 HD65en HD72-vragmotors per jaar te monteer, volgens Hyundai. Dit sal binne die afsienbare tyd met die plaaslike montering van sowat 4 400 H100-bakkies per jaar uitgebrei word. Die moontlikheid word ook ondersoek om die Hyundai Xcient-voorhaker, wat verlede jaar bekend gestel is, plaaslik te monteer. Daar is nie nou planne om enige passasiersvoertuie in Suid-Afrika te monteer nie. In die stadium is die meeste van die plaaslik gemonteerde vragmotors vir die plaaslike mark bestem, maar na verwagting sal sowat 20% in ander lande in SuiderAfrika, soos Botswana en Namibië, bemark word. Ondersoek word ook oor uitvoermoontlikhede na ander lande in Afrika suid van die Sahara gedoen. Hyundai sê die groep het reeds 30 mense in diens geneem wat binne die afsienbare tyd waarskynlik sal verdubbel. ) First Automotive Works (FAW) van China het onlangs ’n vragmotormonteeraanleg van meer as R600 miljoen by Koega in die Oos-Kaap geopen. FAW vervaardig, soos Hyundai, vragmotors, ligte handelsvoertuie en passasiersvoertuie.

Range Rover nou kragtiger RANGE ROVER se reeds blitsige Sport het pas ’n fris kraginspuiting gekry. Die supervinnige veldryer het nou genoeg kilowatts om enige mededinger in ’n 0-tot-100 km/h-wedloop onder die stof te loop. Die frisgemaakte enjin, wat ook in blitsige Jaguar-topmodelle ingespan word, sal die nuwe Range Rover Sport-vlagskip met die SVR-benaming aandryf. Die standaardvyfliter-V8 met ’n drukaanjaer skop in die SVR ’n allemintige 405 kW uit met 680 Nm se wringkrag. Dit is ’n ekstra 30 kW en 55 N teenoor die bestaande topmodel. Boonop word die wa se reeds sportiewe klankbaan verder aangepas om ekstra hard te brul wanneer jy jou voet op die petrolpedaal plant. Die ekstra krag beteken die Sport kan nou in net 4,3 sekondes by 100 km/h uitkom, vinniger as sy grootste mededingers, die Porsche Cayenne Turbo S en Mercedes-Benz se ML63 AMG. Die vervaardiger beperk sy snelheid tot 261 km/h, wat baie nagte in die tronk beteken as jy nie op ’n Duitse Autobahn is nie. Ook die SVR se ratkas – ’n agtgang-ZFeenheid – en die veerstelsel is onder hande geneem en fyner ingestel om die ekstra poeier onder die enjinkap te kan hanteer. Jy kan boonop jou supervinnige Rangie met nuwe 22 duim-vellings (295/40) bestel as jy nie van die standaard-21-duimers (275/45) hou nie. Die 22-duimers is vir vinnige teerpadry bedoel, terwyl die 21’s ook vir veldrywerk geskik is. Binne is die standaard-kwota luukses soos net die Britte dit kan gee. Die grootste nuwigheid binne is sportsitplekke.


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

MOTORS

RENAULT se nuwe Twingo.

Foto: Verskaf

Twingo kordate buks

RENAULT het pas die eerste formele foto’s uitgereik van sy nuwe Twingo wat eersdaags in Europa by handelaars te kry sal wees. Dit is Renault se derde Twingo sedert die eerste weergawe in 1993 bekendgestel is. Renault sê Suid-Afrika het die tweede model plaaslik gekry, maar verkope wou nooit vlamvat nie; nie teen die markoorheersing van die Volkswagen Polo en die Toyota Tazz (destyds) nie. Die nuwe Twingo is egter heelwat anders as sy twee voorgangers en dit geld meer as net sy wipstert-bakkies. Sy enjin sit nou agter én hy word met die agterwiele aangedryf. Daar is boonop nou vyf deure teenoor die vorige modelle se driedeur-uitleg. Bitter min vervaardigers sit deesdae hul enjin agterin ’n motor. Renault sê egter dit het hom gehelp om meer binneruimte beskikbaar te stel. Kyk net na die syfers: Al is hy nou 10 cm korter is die kajuitruimte 33 cm langer – ’n hele liniaallengte. Die enjin-agterbeginsel het dit vir Renault ook moontlik gemaak om die wiele 12 cm verder uitmekaar te plaas wat met beter beenruimte en ’n gemakliker rit help. Die voorkoms is lekker kordaat. Die neus is regaf en die agterruit ook sterk vertikaal. Na gelang van watter model en afwerkingspakket ’n mens kies, sal jou Twingo ook misligte, LED-lampies by die hoofligte, kleurpassende kantspieëls en handvatsels en plakkers teen die deure hê. Drie weergawes en twee enjins sal te kies wees: die Expression, die Play en die Dynamique. Die Expression en die Play kry ’n nuwe, normaal geaspireerde eenliterenjin

www.noordkaap.co.za

(drie silinders), terwyl die Dynamique die Clio se eenliterturbo kry. Almal is met ’n sesganghandratkas gekoppel. Die basiese toerustingvlak is nogal indrukwekkend. Kragstuur, elektries beheerde ruite voor en ’n besterat-aanduider langs die spoednaald is alles standaard. ’n Elektroniese stabiliteitstelsel, vier lugsakke, ’n banddrukmonitor en ’n vashoufunksie vir wanneer ’n mens teen ’n bultjie moet wegtrek, is ook by die buks ingesluit. Die deftige Dynamique kry misligte, ’n baanverlaat-gonser, spoedbeheer en ’n stopry-funksie by. Die meters soos vir spoed en die toerenaald is digitaal. Duurder modelle kry’n raakskerm wat die satnavfunksie, radio en lugversorging beheer. Renault sê ’n mens kan ook na ’n internetradiostasie luister deur jou tablet of foon koordloos met die stelsel te verbind. Sê net ’n kontaknaam op jou adreslys en jou motor bel hom vanself. Die enjin-agterbeginsel was wel ’n uitdaging vir die ingenieurs. Renault moes die enjin met 49° vorentoe kantel om dit in die knap ruimte (onder die agterste sitplekke, maar voor die agteras) in te pas. Sodoende het hy 15 cm se vertikale ruimte teenoor ’n gewone, regop plasing van die enjin gespaar. Kostebesparing is deesdae ’n groot oorweging. Met die Twingo het Renault dit vermag deur met Mercedes-Benz saam te werk. Dit is nog onbekend of Renault die Twingo na Suid-Afrika gaan bring. Die sterk euro en groot (prys)mededinging van die Polo Vivo, Ford Figo en Renault se eie Sandero kan teen hom tel. Oorsee kos hy reeds R180 000, en dit is nog sonder invoerkoste.

9


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

PERSOONLIKE DIENSTE

BETREKKINGS

TE KOOP

3600

ALLERLEI

LENINGS

1655

1445

UTILITY RUBBER STAMPS: SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX: 053 832 1951.

CLUB MONA LISA benodig kroegmeisies, dansers en escorts. Salaris R15 000 p.m. Gratis verblyf, vervoer. 084 363 9399. BFN.

ALGEMEEN

NUWE MANSKLEREWINKEL benodig verkoopspersoneel met ondervinding van mansNUWE MANSKLEREklere, moet rekenaar- en WINKEL benodig 'Point of Sale'-vaardig bestuurder met minimum wees. Hardwerkend en 3 jaar ondervinding in selfgedrewe. Handig CV klerehandelverkope. persoonlik in op Vrydag 26 Moet rekenaarvaardig en September by Trappers selfgemotiveerd wees en Diamond Pavillion Mall en spertye kan haal. wees gereed vir 'n onderHandig persoonlik CV in op houd. 25 September by Trappers Diamond Pavillion Mall en VERKOPE & wees gereed vir 'n onderBEMARKING houd. 3760 3680

ALGEMENE & HUISDIENSTE

ALLERLEI 1845

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

POSITIONS VACANT: SALES PERSON, FURNITURE DEPARTMENT *Flair for interior decorating essential *Must be fluent in English and Afrikaans *Energetic and of pleasant nature. Collect application form from cashier at 46 Market Square, Kimberley. PARSONS HOME APPLIANCE AND FURNITURES.

PICKING OUT PERFORMANCE

BOEDELKENNISGEWINGS

We make a point of recognising success.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

SENIOR SPECIALIST: BUSINESS PROCESS FRAMEWORK, KUMBA IRON ORE, KOLOMELA MINE, NORTHERN CAPE BAND 6 Kumba Iron Ore is a world leader in the mining and supply of the highest quality iron ore to the global steel industry. With haematite reserves of more than a billion tonnes, we’re a growing South African company and the fourth largest supplier of seaborne iron ore in the world. A part of Anglo American, we are helping to build the leading global mining company. Kolomela embarked on implementing the Business Process Framework (BPF), an extensive work management system that aims at reducing variations and providing clarity through ensuring that the right work is performed at the right time and in the right way to deliver the required performance. The BPF theory states that when work is planned, scheduled and properly resourced ahead of execution, the desired outcome will be achieved more consistently and at lower cost. The BPF is further underpinned by the belief that an engaged workforce will be the most productive. You will be responsible for supporting the implementation of the BPF at the site in line with the approved implementation schedule, provide advice and coach the operations staff on the use of the BPF tools to support the execution of the site BPF strategy and address gaps in BPF implementation. Furthermore, you will implement improvements in the application of the BPF at the site, monitor the understanding and use of BPF, and intervene where departmental practices are not aligned with BPF methodology. To be successful, you must be in possession of a technical degree (Mechanical, Electrical, Industrial, Mining, Metallurgical, Chemical, Geology), experience in the implementation of operating models at a mine and practical experience in the mining industry (preferably open pit mining). Relevant project management experience and holistic knowledge of open pit iron ore mining, processing and logistics are essential, along with experience in identifying and implementing business improvement opportunities and projects at mines. An in-depth understanding of statistical tools, TOC principles and analysis would be advantageous. Ref: K710287

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS

Grow your career with Kumba Iron Ore Ltd by visiting www.angloamerican.com/careers before 6 October 2014 and following the links to tools/vacancies/job search, entering the above reference number/job title and continuing. Internal applicants can apply online via Eureka.

Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode.

Appointment will be made in line with Employment Equity considerations. If you do not receive feedback from us within 6 weeks of the closing date, please consider your application unsuccessful.

SMALLS NOTICE

www.humanjobs.co.za

Human Communications 111437

4205

HS HENNING In die boedel van wyle Hendrik Stephanus Henning, identiteitsnommer 340907 5042 085, en nagelate gade Elizabeth Susanna Henning, identiteitsnommer 320407 0031 088, van Reg de Villiersstraat 37, Monument Hoogte, Kimberley, Meester se verwysing 3778/2011 Die gewysigde eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê by die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, KIMBERLEY, vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 26 SEPTEMBER 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir eksekuteurs DUNCAN & ROTHMANGEBOU CHAPELSTRAAT 39 - 43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: HV/jm/Hen17/00054.

SOEK, KOOP, VERKOOP


NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

11

Upington se VLV-vroue vat voor DIE Kimberley-tak van die Vroue-landbouvereniging (VLV) het op die jaarlikse kongres van die VLV in Upington goed in kompetisies gevaar. Margaret Smith het ’n eerste plek in die woordkuns-afdeling met haar gedig oor die natuur behaal. Soekie Hauptfleisch se weefwerk het ’n algeheel tweede plek behaal en haar Tunisiese gehekelde inkopiesak ’n derde plek in die afdeling vir hekelwerk. Die VLV se 85ste verjaardag is met die kongres se tema, Vroue met visie, gevier. Die openingspreker was Dawie Roodt wat oor vroue se plek in die ekonomie gepraat het. Ekonomiese bestuur begin by die vrou en ma wat die beplanning van die hele huishouding moet hanteer, het hy gesê.

Hy het verder klem daarop gelê dat dit in die huidige ekonomiese toestande belangriker is om ’n vaardigheid te hê as ’n kwalifikasie. Ander sprekers op die kongres was Herman Lensing, kosredakteur van Sarie, die skrywer Riana Scheepers, Christiene Ferreira, redakteur van Leef, en Carl Albrechts, hoof van kankernavorsing van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa). Afskeid is op die kongres geneem van die VKV Kaapland se president, Erika Lubbe, wat ná 11 jaar as president die tuig neerlê. Die VLV is ’n vroueorganisasie en bied aan sy lede die geleentheid vir persoonlike groei en gemeenskapsdiens. Die doel van die VLV is om vroue te ondersteun en op

Teeparty leersaam NOORD-KAAPSE talent is behoorlik op die Vroue-lenteteeparty – wat die Hoërskool Noord-Kaap verlede week aangebied het – ten toon gestel. Sisca Julius, die skool se gewese onderhoofmeisie en wenner van die PUK-kanselierstrustprys vir prosa, het almal met haar ongelooflike skryftalent beïndruk. Boonop het sy haar eie skryfstukke, Gerty Girls’ en Hier slaap ek met een oog oop, opgevoer. Die gehoor het behoorlik geskaterlag. Jeanette Blomerus, seremoniemeester, het gesê Sisca is ’n ambassadeur en ’n uitvoerproduk vir die skool en die Noord-Kaap. Die gehoor is meegevoer met ’n voorlesing deur Charné Kemp, skrywer van Moord op Griekwastad – Die storie van die Steenkamp-treurspel. Die boek vertel die verhaal van Don Steenkamp, wat onlangs 20 jaar effektiewe tronkstraf vir die moorde van Deon, Christel en Marthella Steenkamp, Marthella se verkragting en regsverydeling opgelê is. Baie vrae is oor die oorsaak van die raaiselagtige moorde, wat op Goeie Vrydag op Griekwastad gepleeg is, gevra. Roelien Faber het kleurballonne gebruik om die somerkleure te demonstreer. Blou in al sy skakerings is dié somer hoogmode. Sy het benadruk vroue moet nie die waarde van goeie onderklere onderskat wat bates op hul beste laat vertoon nie. Goeie onderklere en die gepaste kledingstukke trek ook die aandag van minder goeie bates af. Goeie velsorg – daagliks en weekliks – is uiters belangrik en Charica Smit (ook ’n oudleerling) se raad met grimering was om dit natuurlik te hou en om onnodige swart strepe op die oë of wenkbroue te vermy.

Oord hou basaar DIE Minerva Gardens-aftreeoord hou weer basaar. Die sentrum, wat al agt jaar bestaan, hou op 1 November ’n geldinsamelingsprojek vir geld vir ’n verkoelingstelsel en om in ander mense se behoeftes te voorsien. Op die basaar sal alles van braaivleis en worsrolle tot koeke en terte te koop wees. Maaitjie Burmeister, oordbestuurder, sê hulle wil ook ’n veiling hou waarop mense ’n skaap of springbok, skilderye en antieke ware kan koop. Die oord bied 24-uur-versorging. Van die bejaardes kan nog na hulself kyk, maar van die ander is heeltemal verswak. Verpleegdienste word deur opgeleide personeellede voorsien, asook skoonmaakdienste. Sy sê mense wat ware soos koppies, pierings en bakkies het wat hulle nie nodig het nie, kan dit aan die oord in Capitolstraat skenk.

VROUE op die oggendteeparty is van links Jeanette Blomerus, seremoniemeester, Charné Kemp, skrywer van Moord op Griek­ wastad – Die storie van die Steenkamp­ treurspel, en Blomerus se dogter, Jeanri Daffue. Foto: Verskaf Volgens haar laat dit ’n vrou hard en onnatuurlik lyk. Die susters Charissa en Chanel Cloete se sang het diegene teenwoordig hoendervel gegee. Elsa Deetlefs, die skool se woordvoerder, het gesê die oggendteeparty was ’n groot sukses en sal nou ’n jaarlikse geleentheid word.

verskeie terreine kundiger te maak. Lede kan hierdeur ’n gesonde gesins-leefstyl handhaaf, help om behoeftes in die gemeenskap te identifiseer en te help waar hy kan. Die VLV bied interessante maandelikse programme aan in die vorm van demonstrasies, praatjies, uitstallings en besprekings, asook uitstappies wat onderwerpe soos Kuns en Handvlyt, Leefstyl, Openbare Sake, Opvoeding en Kultuur en Landbou en Tuinbou behels. ) Op 27 September gaan Heleen Meyer, koskonsultant en gereelde spreker oor RSG, ’n kosdemonstrasie by die NG kerk Bakenskop hou. Mense wat die geleentheid wil bywoon of by die VLV betrokke wil raak, kan Kittie Potgieter by 083-236-3782 bel.

LEDE van die Kimberley­tak van die Vroue­ landbouvereniging (VLV) het goed met hul kompetisie­artikels op die jaarlikse kongres in Upington gevaar. Soekie Hauptfleisch (links) se weefwerk was algeheel tweede en haar Tunisiese gehekelde inkopiesak derde in die afdeling vir hekelwerk. Marga­ ret Smith was eerste in die woordkuns­af­ deling met haar gedig oor die natuur.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 24 SEPTEMBER 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Slyp hul vaardighede

QUINTON FRIEND van die Vrystaat boul in die oefen­ wedstryd tussen die Vrystaat en die Grie­ kwas, die twee spanne wat saam die Knights­franchi­ se vorm. Die wed­ stryd is in Kimberley gespeel en het on­ beslis geëindig. Foto: Emile Hendricks

Span veg om oorlewing Stephen Nell

DIE Griekwas se breier, Hawies Fourie, staal hom vir ’n “oorlewingstryd” nadat die Westelike Provinsie sy span in Saterdag se Curriebeker-rugbywedstryd op Nuweland met 36-12 uitgestof het. “Ons is uit die wedloop om tussen die voorste vier spanne te eindig en dit gaan nou om oorlewing. Indien ons nie minstens sesde eindig nie, sal ons aanstaande jaar weer in die kwalifiseringsrondes móét speel om in die Premierliga te wees,” het Fourie gesê. Die Blou Bulle, wat vanweë hul status as franchise-span vir die Superrugby-reeks in die Premierliga verskans is, beklee die sesde plek en is net drie ligapunte voor die Griekwas. Hulle pak mekaar in die laaste ronde van ligawedstryde op Loftus Versfeld, maar voor dan is die Bulle slegter daaraan toe. Die Pretorianers speel weg teen die Vrystaat en die Pumas, terwyl die Griekwas vir die Goue Leeus en OP-Kings gasheer speel. Fourie sal intussen op hete kole wees oor beserings aan een van sy flanke, Marnus Schoeman, en die loskopstut, Steph Roberts. Dit was ’n gevoelige slag toe ’n bebloede Schoeman in die 28ste minuut van die veld is, want hy maak ’n groot verskil by die afbreekpunte. Die telling was toe al 24-0 nadat die WP se linkervleuel, Justin Geduld, flank Sikhumbuzo Notshe en vaskopstut, Brok Harris, afgerond het. Die Griekwas het in daardie tydperk uiters swaar in die skrums geleef, maar het beter gevaar toe Janro van Niekerk Roberts ná sowat ’n halfuur vervang het. Die vroeë Blitzkrieg deur die Streeptruie het enige hoop op ’n skouspelagtige wedstryd in die kiem gesmoor. Al vraag wat toe beantwoord moes word, was wanneer die WP sy bonuspunt-drie gaan druk. Dit het eers in die 59ste minuut gebeur, toe Notshe die tweede keer van ’n rolmaal-

Die Griekwas het ook nie baatge­ vind by die gesamentlike besluit deur die blaser, Pro Legoete, en die TV­skeidsregter, Shaun Veldsman, dat hul vaskopstut, Maks van Dyk, koelkas toe moes gaan nadat handsakke geswaai is nie. beweging afgerond het. Die Griekwas het ook nie baatgevind by die gesamentlike besluit deur die blaser, Pro Legoete, en die TV-skeidsregter, Shaun Veldsman, dat hul vaskopstut, Maks van Dyk, koelkas toe moes gaan nadat handsakke geswaai is nie. Terwyl hulle waarskynlik reg was dat dit Van Dyk was wat eerste skoor gesoek het, was dit te gering vir ’n geel kaart. Harris het die Streeptruie se derde drie onmiddellik daarna gedruk en daar was vir die Griekwas nie ’n pad terug nie. Ten minste het die spelers van die Noord-Kaap die veggees gehad om een te soek en dít sal Fourie hoop gee dat die sesde plek nie buite sy span se bereik is nie. Die Griekwas behoort ook Maandag te hoor oor die beskikbaarheid van hul losskakel en kaptein, Francois Brummer. Brummer het sy dyspier teen die WP beseer. Puntemakers: Westelike Provinsie 36 (24): Drieë: Justin Geduld, Sikhumbuzo Notshe (2), Brok Harris, Cheslin Kolbe. Doelskoppe: Demetri Catraklis (3), Kurt Coleman. Strafdoel: Catrakilis. Griekwas 12 (0): Drieë: Ruaan Lerm, Abrie Griesel. Doelskop: Dean Grant.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.