Noordkaapnk 20141008

Page 1

Die Diamantstad se koerant Tel (053) 831 2331

Woensdag 8 Oktober 2014

www.noordkaap.co.za

GRATIS

Toernooi maak opslae Diamond Cup wêreldwyd in die nuus André Botha

ALANA SMITH van Amerika wys haar vernuf met ’n skaatsplank op die Kimberley Diamond Cup­skaatsplanktoernooi wat die afgelope naweek in Kimberley gehou is. Sy het die big air gap best trick­kompetisie gewen. Foto: Emile Hendricks

DIE Kimberley Diamond Cup-skaatsplanktoernooi was ’n “ongeëwenaarde sukses” wat nuus oor die wêreld heen gemaak het. Só is die toernooi, wat die naweek in die stad gehou is, beskryf. Dit is deur Kumba Iron Ore aangebied en het uit tien verskillende skaatsplankkompetisies met deelnemers van 37 lande bestaan. Prysgeld van altesaam R5 miljoen was op die spel. ’n Gedeelte van die toernooi is deur SuperSport uitgesaai en was ook in die buiteland op televisie te sien. Tim McFerran, uitvoerende hoof van die World Skateboarding Grand Prix, het gesê die omvang van internasionale deelname aan die toernooi het nuus gemaak. Daar is geen twyfel nie die toernooi was groter en beter as wat verwag is. Hy sê die waarde van die toernooi vir die Noord-Kaap sal nog lank ’n invloed op die provinsie hê en op verskeie vlakke uitkring. “Die toernooi sal aangeteken word as een van die bestes wat nog vir skaatsplankryers aangebied is.” John Block, die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het gesê die Diamond Cup-toernooi is nou as ’n internasionale handelsmerk gevestig. “Die toernooi was die gevolg van vier jaar van ongelooflike harde werk deur al die vennote. “Ons is veral bly dat vroue ook die geleentheid gekry het om hul vernuf te toon.” Hy het plaaslike deelnemers wat goed gevaar het, ook geluk gewens. Dit sluit in Natalie Bramley wat derde in die Suid-Afrikaanse straatkompetisie was. Die finale uitslae is op www.kimberleydiamondcup.com.


2

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Mense lê Magda na aan die hart André Botha WANNEER Magda Vertue nie saam met haar man, Wilfred, met papegaaie boer nie, veg sy om Kimberley se berugste padkruising veiliger te maak, of help sy om kankerlyers se nood te verlig. Dit alles doen sy met ’n glimlag, want mense en diere (veral diere) is haar passie. Ná die grusame ongeluk op die kruising tussen die N12 en die R31 waarin Chara van Zyl (18) en Hendré Gouws (19) dood is en die broers Henco (20) en Duart Boshoff (24) ernstig beseer is, het sy ’n veldtog begin om die kruising te beveilig. Dit was die soveelste ongeluk by dié kruising naby aan waar die Vertues ’n entjie buite Kimberley woon. Dié keer het sy besluit genoeg is genoeg. Sy sê sy het die Saterdagoggend ná die ongeluk waarin die twee jong mense dood is, verby die toneel gery. Op haar Facebook-blad het sy later die vraag gevra: “Wanneer gaan iemand iets doen?” En sy het besluit sy gaan dan die een wees wat iets doen. Sy het ’n groep op Facebook – Saam Staan Kimberley! – gestig en ook ’n samekoms op die toneel gereël. “Vir my was dit die beste oomblik toe soveel mense opgedaag het. Ek het toe geweet daar gaan iets van kom.” Sedertdien was daar al vergaderings met die munisipaliteit en met die SuidAfrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral). “Ek gaan nie ophou nie, al raak ek later irriterend. Daar móét iets gedoen word.” Sy is vol vertroue dat die veldtog suksesvol gaan wees. Sanral se goedgesindheid is bemoedigend. Dit is uit haar eie hartseer dat haar geesdrif om mense te help begin het. Sy het 17 jaar aan depressie gely. Die keerpunt het verlede jaar gekom. “My hele lewe het verander. Ek moes nader aan die Here beweeg. Ek het besef ek het ’n doel in die lewe.” Sy het begin met liefdadigheidswerk.

MAGDA VERTUE en haar man, Wilfred, in een van die papegaaihokke op hul kleinhoewe. ’n Rooistert­swartkaketoe, een van die groot verskeidenheid papegaaie waarmee hulle boer, swiep deur die lug terwyl sy maat sake van agter beloer. Foto: André Botha Eers klein goedjies, soos om lekkernye vir kinders in hospitale te vat. Later het sy by al hoe meer instansies betrokke geraak, onder meer Kansa. Daarmee saam het sy begin gesond raak. Nou is sy nie meer depressief nie en drink geen medisyne meer daarvoor nie. “Wanneer jy op ander mense se hartseer fokus, vergeet jy jou eie hartseer. “Voordat jy nie jou doel op aarde besef nie, kan jy nie werklik ’n verskil maak nie. ’n Mens moet na ander mense uitreik. “Ek is baie lief vir mense, al is dit soms moeilik,” sê sy. Dit is veral kinders vir wie sy baie omgee.

RISE & SHINE R23.90

2 BACON RASHERS, 1 EGG, GRILLED TOMATO & TOAST.

A18487

MAXI’S KIMBERLEY 053 832 7111 TERMS & CONDITIONS APPLY

“Ek probeer keer dat kinders seerkry.” Sy en Wilfred is al 27 jaar getroud en het drie kinders, James (26) Gerrit (25) en Monique (19). James is in Potchefstroom en Gerrit en Monique is saam met hul ouers by hul papegaaiboerdery betrokke. Benewens die papegaaie is daar ook van ape en honde tot meerkatte op hul kleinhoewe. Hulle rehabiliteer ook meerkatte wat mense as troeteldiere aangehou het en toe nie meer wou hê nie. “Mense dink meerkatte is oulike troeteldiere, maar ná ’n jaar wil hulle hulle nie meer hê nie. Meerkatte hoort nie by mense

nie.” Hul papegaaiboerdery bestaan uit ’n verskeidenheid skaars papegaaisoorte. Daar is African Greys vir die plaaslike mark, maar die res van die papegaaie word uitgevoer. “Alles wat ’n papegaai is, het ons.” Die papegaaiboerdery laat hulle met min tyd om weg te gaan, al is sy lief vir reis. Lees, mosaïekwerk en naaldwerk is hoe sy ontspan. Hulle woon ook gereeld voëlveilings by en gaan graag na kerkbyeenkomste. Die grootste vreugde is steeds om haar liefde, haar menswees, met wie die ook al nodig het te deel.


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Sy wen die week se koopbewys

KAYLIN KRUGER (3) van Kimberley is die dogter van Juan­Marie en Dewald Kruger.

AMBER RHEEDER (3) van Boshof is die dog­ ter van Coleen en Kosie Rheeder.

Byna tyd om te stem Madelein Venter INSKRYWINGS vir vanjaar se BloemnuusRoosknoppie-kompetisie het reeds gesluit en vandag verskyn nog twee pragfoto’s wat uit Kimberley en omstreke ontvang is. Die wenner van die kompetisie vir fraai, jong meisies van drie en vier jaar oud word op 25 Oktober op die Rosefees in die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein aangewys. Die 30 semi-finaliste moet ook op Vrydag 24 Oktober beskikbaar wees om aan ’n uitdunronde deel te neem, waarna die tien topfinaliste aangewys sal word. Die semi-finaliste word deur leserstemme en die organiseerders bepaal. Lesers sal van 10 tot 15 Oktober om 12:00 aanlyn by www.bloemnuus.co.za vir hul gunsteling-Rosie kan stem. Daar sal vir alle inskrywings gestem kan

word, nie net dié wat in die koerant verskyn het nie. Die topdertig sal bestaan uit die toptwintig onder die leserstemme en tien finaliste wat deur die organiseerders gekies word. Die organiseerders se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie. S Rig navrae aan Madelein Venter by 051-404-7816 of madelein.venter@volksblad.com.

Stockdale’s legacy lives on THE annual commemoration for Sr Henrietta Stockdale will be held today. Even 103 years after the death of Stockdale in Kimberley, this nursing pioneer’s legacy lives on, says the organisers. The annual commemoration is marked this year with a thanksgiving service at noon today at the Sister Henrietta Chapel at the Kimberley Hospital, followed by a street march to the grave site at the St Cyprian’s Cathedral where wreathes will be laid. The Sister Henrietta Stockdale Nursing College will play a major role in this year’s commemoration. Sr Henrietta, an Anglican nun remembered for her role in establishing professional nursing, served in Kimberley from 1876 until her death in 1911. She was influential in having state registration of nurses and midwives passed into law in 1891 – a first in the world.

THE young Sr Henrietta Stockdale.

Photo: Supplied

The commemoration serves to raise awareness about Sr Henrietta’s legacy which is a living, active, ongoing delivery of healthcare to ordinary people, particularly the marginalised.

Net vier geskenkpakke oor om weg te gee FANIE MINIE en Wilma Human is vandeesweek die wenners van ’n geskenkpak van Coca-Cola. Nog twee lesers van Noordkaap kan vandag, en nog twee volgende week, vir oulaas elkeen ’n geskenkpak wen. Interessante geskenke en Coke in die nuwe grootte bottel (330 ml) is deel van die

geskenkpak. Om deel te neem stuur ’n SMS na 45533. Begin die SMS met “NK”, dan ’n spasie, gevolg deur Coke, met nog ’n spasie en jou naam en van. Lesers het tot Vrydag om 12:00 tyd om hulle in te skryf. Onthou, sonder jou naam en van kan jy nie vir die prys in aanmerking kom nie.

DOROTHY RENOSTER is vandeesweek die wenner van Noordkaap en die Diamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wenkompetisie. Sy kan haar R200-geskenkbewys by die sentrumkantoor gaan afhaal. Deelnemers moet seker maak hulle gee die kompetisie-antwoord (die bladsynommer waarop die logo verskyn), asook hul naam en van.

Indien dié besonderhede nie daar is nie, kan hulle nie vir die trekking in aanmerking kom nie. Die logo is die een waarin ’n klein diamant verskyn, nie die logo wat as deel van die sentrum se advertensie verskyn nie. Hou volgende week se uitgawe van Noordkaap vir die volgende ronde van die kompetisie dop.

3


4

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Voorspoed aan matrieks DUISENDE matrieks het reeds met hul voorbereiding vir die eindeksamen begin. Vir baie van hulle, dié groep wat oor die jaar heen hard gewerk het, is die grootste deel van die werk al gedoen. Op ander matrieks wag ’n bietjie meer werk, veral as ander aktiwiteite dalk meer aandag as die skoolwerk gekry het. Die matriekeindeksamen is een van die belangrikste mylpale in enige mens se lewe. Dit is ’n sleutel waarmee die toekoms oopgesluit kan word. Ongelukkig is dit vir sommige leerlinge ’n hekkie waaroor hulle struikel. Dit is nie noodwendig hul skuld nie. Die omstandighede waarin hulle by die eksamen uitgekom het, is vir baie van hulle nie

bevorderlik vir sukses nie. Die afgelope paar jaar het die Noord-Kaap nie na wense in die eindeksamen gepresteer nie. Terwyl die provinsie jare lank onder die twee bestes in die land was, het die Noord-Kaap die afgelope jare na die swakker groep teruggesak. Alle oë sal dus op die matrieks van 2014 wees om te sien of hulle op hul voorgangers se prestasies kan verbeter. Noordkaap wens al die matriekleerlinge sterkte toe vir hul voorbereiding, asook vir die eksamen self. Elkeen is ’n presteerder uit eie reg, ongeag die aantal onderskeidings, ongeag die omstandighede. Om selfs net tot hier te kon kom is ’n prestasie.

Gaan tot niet weens brand

DIE Grand Hotel (die gebou regs op die foto bo) is in 1871 as ’n enkelverdiepinggebou opgerig. In 1890 is dit herbou en was dit die eerste gebou noord van die Oranjerivier met meer as een ver­ dieping. Die gebou is deur die plaaslike argitek R.S. Day ontwerp en deur die firma Stark en Ed­ wards opgerig. Teen 1898 het die hotel 75 slaapkamers gehad, elk met sy eie balkon. Daar was ook 50 stalle. Een van die eerste elek­ triese straatligte in die Suidelike Halfrond is in September 1882 op die straathoek voor die hotel aan­ gebring. Van die bekende mense wat in die hotel tuisgegaan het, is George Labram, ontwerper van die Long Cecil­kanon wat in die Anglo­Boereoorlog met groot suk­ ses deur die Britte gebruik is om Kimberley teen die Boere te verde­ dig. Labram is op 9 Februarie 1900 in sy hotelkamer dood toe ’n kanonkoeël van die Boere die hotel getref het. Die hotelgebou is op 9 Julie 1993 in ’n brand verwoes. Dit was die einde van die hotel. Die ge­ bou wat in die plek daarvan op­ gerig is, Grand House, huisves nou kantore en woonstelle, met ’n win­ kel wat op die hoek gebou is. Oor­ kant die hotel was destyds Stol­ lers, ’n meubelwinkel wat in 1914 begin is deur Joseph Stoller, wat in 1897 uit Pole na Kimberley ge­ kom het. Stollers het nog tot in die 1970’s bestaan. Foto’s: Africana-biblioteek en André Botha

Tyd gaan verby, benut dit Hannes Noëth DIE matriekafskeid is vir matrieks van oor die land heen ’n spesiale geleentheid. Die voorbereiding vir so ’n geselligheid is dus nogal ’n proses. Sommige matrieks is makliker om tevrede te stel as ander. Dié wat moeilik is, se pa’s en ma’s word sommer binne ’n jaar grys. Wanneer die aand egter aanbreek, is almal gereed, lyk hulle mooi en is elke pa en ma sekerlik die trotsste op hul eie kind. Dit is amper soos ’n oupa en ’n ouma wat weet hul kleinkind is die slimste én die mooiste. ’n Matriekafskeid bring altyd ook baie herinnerings mee. Dit is tog wonderlik hoe kinders voor ’n mens se oë grootword en ontwikkel. Een dag leer jy hulle nog tel en die alfabet sing en kort voor lank moet jy matriekafskeidsklere soek. Dan kyk jy terug op jare se leer en grootmaak. Dit is in kinders wat ons die tyd kan sien verbygaan. ’n Mens is dag vir dag so op jou werk gefokus dat jy nie eens agterkom dit gebeur nie. Praat jy met bejaardes, sê hulle 70 of 80 jaar is verby soos ’n gedagte – in ’n oogwink. Sekere geleenthede, soos ’n matriekafskeid,

herinner ’n mens daaraan dat jy ouer word, dat dinge vorentoe gaan, dat die tyd nie stilstaan nie, maar op sigself pla dit nie eintlik dat die tyd verbygaan nie. Dit is goed. Dinge kan nie altyd dieselfde bly nie, verandering moet plaasvind. Daar moet beweging wees. Wat wel pla, is indien jy die tyd nie goed benut nie. As jy die tyd laat verbygaan sonder dat jy dit doeltreffend gebruik het en daardeur ontwikkel het. Kyk jy na die pragtige kinders op die matriekafskeid, weet jy ’n hele lewe lê voor, maar niemand weet hoe lank en presies hoe dit gaan verloop nie. ’n Mens kan maar net vertrou dat hulle sal leer om hul tyd goed te gebruik, elke geleentheid raak te sien en aan te gryp. Soveel mense het help grootmaak oor soveel jare heen. Mag jong mense tyd goed leer gebruik. Tyd staan nie stil nie en kan ook nie teruggedraai word nie.

Hokaai met daardie ‘grondbone’ Karin Muller SOMMIGE dinge wat ’n mens doen, is soos om grondboontjies te eet. Mits jy van grondboontjies hou. Die dinge hoef nie noodwendig iets met eet te doen te hê nie, hoewel ’n mens maklik in daardie strik ook trap. Die oplossing is eintlik om glad nie ’n pakkie grondboontjies of aartappelskyfies of ’n blok sjokolade byderhand te hê nie. Om die een of ander rede glo ’n mens jy sal net één daarvan kan eet: een klein happie grondboontjies, een klein blokkie sjokolade. Dikwels wanneer jy met iemand gesels – oor algemene gebeure of iets in besonder – bevind jy jou in dieselfde omstandighede. Eers wanneer jy agterkom hoeveel jy gebabbel het, besef jy jy het die spreekwoordelike pakkie grondboontjies heeltemal opgeëet. Dieselfde kan gebeur met die televisiereeks waarvan jy net die eerste episode van die eerste reeks wou kyk. Met ’n skok besef jy jy bespiegel in afwagting wanneer die vyfde reeks gaan begin.

Vroetel jy met jou vingers in die hoeke van die pakkie om seker te maak daar gaan nie ’n enkele grondboontjie in die asblik verlore nie, pak ’n gevoel van teleurstelling jou. Dit is nie noodwendig dat jy wil seker maak die pakkie is heeltemal leeg nie; dit is eerder verbasing, omdat jy nie kan glo die einde het so vinnig aangebreek nie. Ure van die besondere gesprek het verbygesnel en jare het deur jou vingers geglip wanneer jy besef na hoeveel reekse jy gekyk het. Dan begin jy die volgende gesprek, vasberade om die horlosie dop te hou. Met die volgende televisiereeks besluit jy om nét die eerste episode te kyk, want die keer gaan jy dit beter bestuur. Dan, wanneer jy jou oë uitvee, vroetel jy desperaat in die hoeke van die leë pakkie.


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Klere maak haar groot liefde Karin Muller TOE Annie Fisher, lewenslange inwoner en klere-ontwerper van Kimberley, in 2011 op die TV-program Top Billing verskyn het, was dit vir haar ’n groot voorreg en die hoogtepunt van haar werkloopbaan tot dusver. Nog ’n uitdaging was om die Springbokrugbyspeler Bjorn Basson se vrou, Nicole, se trourok te maak, asook al die rokke vir die bruidsmeisie- en strooimeisierokke, en onderbaadjies en dasse vir die mans in die gevolg. “Ek was bang dit gaan ’n baie groter uitdaging as gewoonlik wees omdat Bjorn ’n bekende persoon is, maar hulle is dierbare en nederige mense wat dit baie maklik gemaak het.” Anna Elizabeth Fisher (née Fourie) is in Kimberley gebore en het aan die Laerskool

ANNIE FISHER, lewenslange inwoner en klere­ontwerper van Kimberley, het in 2011 op die TV­program Top Billing verskyn en dit was vir haar die hoogtepunt van haar loopbaan tot dusver. Sy het al rokke vir be­ kendes soos die Springbokrugbyspeler Bjorn Basson se vrou gemaak. Foto: Karin Muller

Oplossings in landbou ter tafel gelê TALLE belanghebbendes sal einde Oktober in Bloemfontein bymekaarkom met een doel voor oë: Om ’n oplossing vir die landbou-aangeleenthede in Suid-Afrika te kry. Landbouweekblad, in samewerking met Volksblad, bied op 30 en 31 Oktober ’n landboukonferensie met die tema Oplossing vir die landbou by die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan. Van die skerpste denkers in die landbou, die sake- en sportwêreld kom dié twee dae bymekaar om te praat, te debatteer en te besin oor waar die antwoorde lê vir ’n bedryf wat oor die afgelope 20 jaar ’n drastiese afname in boeregetalle gesien het. “Al het ons van die beste boere ter wêreld het hul getalle van omtrent 120 000 in die 1980’s tot sowat 35 000 verminder,” sê Chris Burgess, Landbouweekblad se hoofredakteur. Boere kan kom leer van sakelui wat in vandag se strawwe omstandighede gedy.” Onderwerpe sluit in grondhervorming, energie, grondbewaring en -bewerking, beesboerdery en tydbestuur. Sprekers soos Louis van der Watt, wild-en-beesboer en stigter van die Atterbury-groep, en die voormalige Springbokafrigter en bestuurskenner Nick Mallett sal hul kennis met konferensiegangers deel. Uit boerderygeledere is daar Charl Senekal, Suid-Afrika se grootste suikerrietboer en energiepionier, Vito Rugani, die land se grootste wortelboer en arbeidspesialis, en Anthony Muirhead, die vader van minimum bewerking in Suid-Afrika. Gerrit van Zyl, rubriekskrywer van Landbouweekblad, kom vertel hoekom hy as een van die land se voorste beesboere beskou word. Theo de Jager, AgriSA se ondervoorsitter en die dryfkrag agter die landbou se grondplanne, kom doen ook verslag oor hoe boere sake oor grond behoort te benader. Wetenskaplike bydraes sluit in dié van die topveekundige dr. Michael Bradfield, Rikus Kloppers, voorste plantpatoloog van Pannar, Stephanus Malherbe, die jong laboratoriumhoof van die groot landboumaatskappy ZZ2, en Adriaan Dreyer van SGS NviroCrop, ’n baanbreker in minimum bewerking in die westelike saaigebiede. Woolworths se Kobus Pienaar sal oor dié supermarkreus se benadering tot volhoubare landbou kom gesels en Harold Burgess van die Dawn Energie-groep sal kom vertel hoe boere energiedoeltreffend kan boer sonder om ’n sonpaneel aan te bring. Dit kos R1 710 per persoon en 15%-korting word vir groepbesprekings van 20 of meer mense gegee. Verblyf kan deur Landbouweekblad se reisklub gereël word by 011-886-9545 of landbou@megatrav.co.za. ) Kontak Patricia Potgieter vir plekbespreking of vir meer inligting by 021-406-2298 of by ppotgiet@landbou.com.

Eureka en Hoërskool Adamantia skoolgegaan. Hoewel sy eers in die laaste deel van haar skoolloopbaan besluit het om die beroep van klere maak en ontwerp in te slaan het sy van kleins af vir poppe klere gemaak. “Ek het die klere aan die poppe vasgewerk en my ouma het geduldig gehelp om dit weer los te trek,” sê sy. “Ouma was altyd daar om my te help met my lappies en het my gemotiveer om aan te hou probeer. My ma het self ook vir ons klere gemaak.” Ná skool het sy kleremakery en patroonkonstruksie aan die Vaaldriehoekse Technikon gestudeer. Ná haar studie het sy na Kimberley teruggekeer en in 1992 by Nan Steyn begin werk. “Nan het self eers in haar motorhuis klere ontwerp en gemaak en later die Nan Steyn Boutique besit. “Tussendeur het ek ook by Printman gewerk. Ná ons eersteling se geboorte het ek van die huis af begin werk en ek was nooit daaroor spyt nie.” Sy is met Bryan getroud en hul kinders is Casey en Dylan, onderskeidelik vyf en sewe jaar oud. “Bryan ondersteun my ongelooflik baie,” sê sy. “Hy is gewoonlik by die melodrama

betrokke en dan wil hy iets vreemds soos ’n krokodil of ’n tier wees waarvoor ek ’n uitrusting moet maak. Dit bring soms ’n kopkrappery en hoofbrekens mee,” sê sy en lag. “Dit is ’n groot vreugde om die eindproduk van ons harde handewerk te aanskou en te sien die een is tevrede met haar rok.” Pauline (Polla), ma van drie en self ’n kleremaker, help al amper van meet af aan vir Annie. Voordat sy hier begin werk het, was hulle kollegas. In die stiller tye van die jaar maak Annie vir haarself klere, anders maak sy kaartjies wat sy verkoop. “Daar is tye van die jaar dat ons toegegooi is onder werk, soos met die maak van matriekafskeid- en trourokke, maar ons probeer almal help. “Mense het gewoonlik ’n idee of prentjie van wat hulle wil hê en daarvolgens ontwerp ek die uitrusting. Ek vra gewoonlik vir matriekafskeid- en troufoto’s, want dit gee ons ’n hele klompie idees waaruit mense kan kies.” Vir vandag se jong mense is haar raad: “As jy besluit het om iets te doen hou aan probeer totdat jy dit regkry. Moenie net moed opgee nie, enigiets wat die moeite werd is, verg gewoonlik baie harde werk.”

5


6

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Herinneringe goud werd Elsona Steyn KAPENAARS waardeer die skoonheid van Tafelberg. Vat jy die pad Oos-Vrystaat toe, word jy egter stuk-stuk deur ’n ander berg bekoor. Die sandsteenkranse troon bo jou uit en die Brandwag is onmiskenbaar waar hy goudgeel in die laatmiddagson staan. Ons het eers gesukkel om die regte roete na die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park te vind. Ons hou toe by ’n outjie stil wat allerlei selfgemaakte artikels verkoop. Hy blyk ’n gawe karakter te wees, het ons gemeen. Sonbril op die voorkop en sonbril op die agterkop het hy jou laat wonder waar sy regte kant nou eintlik is. Met ’n breë glimlag het hy verduidelik: “You go straight, just straight; you come to the toll gate, they say welcome and ask how many in the car; please sign in, enjoy your stay.” Ons het sy aanwysings gevolg en in ’n japtrap was ons daar. Op pad was die landskap plat en vaal, maar toe, asof uit die niet, het reusagtige rotsformasies verskyn wat hoog die lug in strek. Die Malutiberg het ons verwelkom. Asemrowende omgewing Dit is asof tyd daar stilstaan met net die seisoene wat kom en gaan. Stukkies berg loer bo die skerp boomtoppe uit en bokant die rotse stal die natuur haar mooiste kleure uit om dié skildery af te rond. Goue rotsskadu’s oorweldig ’n mens en die grotte laat ’n mens aan tempels en katedrale dink. Die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park is ’n katspoegie van Clarens af. Dit is ’n omgewing wat tot elke sintuig spreek.

IN Mei het Noordkaap lesers genooi om met ’n gedig hulde aan hul ma’s te bring. Elsona Steyn van Kimberley het daarmee ’n naweek in die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park gewen. Hier is haar vertelling oor dié besoek, een van haar laaste kuierkanse saam met haar ma, wat ’n paar weke gelede oorlede is. Hiernaas is haar gedig aan haar ma.

ELSONA STEYN, Noordkaap se lesersjoer­ nalis, het die Noordkaap en SANParke se moedersdagkompetisie gewen en ’n na­ week vir vier mense in die Golden Gate­ Hoogland­ Nasionale Park losgeslaan. Foto: Verskaf

EEN van die pragtonele in die Golden Gate­Hoogland­ Nasionale Park. Bekoorlike dorp Clarens is die soort dorp waar jy op ’n Vrydagmiddag, op pad na ’n ander bestemming, vir koeldrank stilhou en teen die Sondag steeds die strate deur drentel met ’n rugsak vol geskenke vir almal by die huis. Daar is ’n pragtige sandsteenkerkie met ’n hoenderhaan windlawaai-stertveer-in-dielug op die toring. Dit is asof hy weet besoekers stroom uit alle rigtings hierheen – hy hou ’n ogie oor die dorpsplein, die kern van bedrywigheid.

Foto: Elsona Steyn

Hoogtepunt Met ons besoek was die Saterdag die hoogtepunt van die naweek. Oral het mense rustig in die skaduwee van lowergroen bome of onder kleurryke sambrele gekuier. Ons het rondgedrentel en ons verlustig aan die motorfietse, van die kleinstes tot die groot menere. Hulle het so naby aan ons verbygery dat ek die selfvoldaanheid in die oë van die man kon sien wat met ’n “Wat sê jy nou?”-glimlag by my verby is. Die aand, om ’n vleisbraaivuurtjie, het

ons die dag se gebeure oordink en na die foto’s wat ons geneem het gekyk. Ons het tot die slotsom gekom: Vir ons, boorlinge van die Noord-Kaap, is Clarens, die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park, die hele omgewing, soos nagereg ná ’n Kersfees-maal. Jy is tot barstens toe vol van al die bederf, maar kan steeds nie genoeg van die lekkerte kry nie. ) Ek bedank Noordkaap en SANParke vir die ongelooflike geleentheid om as lesersjoernalis die naweek mee te maak. My wengedig wat aan my die prys besorg het, is oor my liefste ma, Bettie, wat op 27 Augustus oorlede is. Daarmee eer ek haar nagedagtenis en gee ek erkenning aan die uitsonderlike vrou wat sy was.

Gedig as wenner gekies in Noordkaap-kompetisie Elsona Steyn ’n ODE aan my Ma, Bettie . . . Sy het reeds twee jaar terug haar 80ste gevier Dankie Heer, sy is steeds hier! Die siektevuis laat haar lyfie broos Kromgetrek, voos . . . “Kolie, my man, ons moet ry Ek wil vir ’n rukkie by ons kind gaan bly” Ek lê agter haar rug Nes kleintyd, baie jare terug Ons lag oor wat was, koester al die onthou Sy verlang na die tyd toe sy ons in een kombers kon toevou Soggens in die koue het sy saam met ons bus toe geloop

Tuisgebakte brood netjies in ’n sloop toegeknoop Saans is al ons gunstelinggeregte berei Ons kon nooit genoeg van al die lekkerte kry Teen slaaptyd het ek haar hoor vra Dat God asseblief haar kinders sal dra Dat Hy hul ryklik sal seën Al moet Hy haar alles ontneem Toe haar oudste bloedjonk sterf, was ons stukkend en in rou Ons ma se innerlike krag het ons staande gehou “My kind, maak nie saak wat gebeur, Jesus sê ons moenie treur!” Sy het haar mooi-wees, sterk-wees jare aan ons gegee

Met liefde al haar tyd en aandag aan haar kinders bestee Al het die ouderdom haar lewenslus geblus, haar kragte getap Wil sy steeds in ons plek die lewenspad stap Toe ek haar op haar verkreukelde voorkop soen Sê sy daar is iets wat sy ’n slag vir my wil doen . . . Haar Bybel val by ’n R100 oop “Jy moet vir jou ietsie mooi gaan koop” Toe hul ry en sy my groet Kom lê haar woorde sag in my gemoed “Jy moet gou vir ons kom kuier, my kind Voor die verlange Ma verslind . . . !

IN EN OM DIE GROOT GAT

Lodge a home away from home RINA CABRAL is the owner of the Victorian Guest Lodge and Kimberley Manor Guest House in Kimberley. She opened Victorian Antiques, a coffee shop and guest lodge in 2002. This family-owned guest house is situated opposite the Big Hole, the Mittha Seperepere Convention Centre and Diamond Cup

Skateboard Park. Cabral is still involved at both guesthouses as a chef, is passionate about food and a perfectionist. Her guests are treated as family and good service is her passion. Many famous people, foreigners and cabinet ministers have stayed at the Victorian Guest Lodge over the years.

DIE Star of the West is al ’n instelling in Kim­ berley vandat die delwers in die 19de eeu van hul werk in die Kimberley­myn, oftewel die Groot Gat, gekom het om met ’n bier te ontspan. Foto: Africana-biblioteek

OOR die jare heen het die buite­aansig van die Star of the West veranderings onder­ gaan. Dié foto dateer waarskynlik van die 1960’s of 1970’s. Foto: Africana-biblioteek

Star ná al die jare steeds oop André Botha DIE Star of the West, net deur mynhope en ’n straat van die Groot Gat geskei, is ’n baken wat so eie aan Kimberley is as die Groot Gat self. Van die dae toe delwers sommer reguit van hul skof in die Kimberley-myn – vandag allerweë bekend as die Groot Gat – by die Star ingeval het, tot vandag wat dit steeds een van die gewildste kuierplekke in die stad is. Dit is die oudste kroeg in die land wat steeds bedryf word, en sover bekend die enigste kroeg in die wêreld wat ’n nasionale gedenkwaardigheid is. Die huidige gebou is op ’n soliede stuk rots gebou. Die kroegtoonbank is per ossewa uit Kaapstad na Kimberley gebring. Die Star se voortbestaan is in 1974 bedreig weens planne van die munisipaliteit om

LATERE vernuwings het die Star of the West weer nader aan sy oorspronklike voorkoms gebring. Foto: André Botha North Circularweg te verbreed. Die enigste manier om dit te red was om die gebou tot nasionale gedenkwaardigheid te laat verklaar. In November 1990 is dit toe tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar en daarmee is verseker dié skat vir Kimberley bly bewaar.


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

7

In en om die Groot Gat

Groot Gat lok duisende DIE Groot Gat is nie net Kimberley se bekendste besienswaardigheid nie, maar een van die grootstes in Suid-Afrika. Duisende besoekers, waarvan ’n groot aantal buitelanders is, stroom jaarliks hierheen om ’n wêreld lank reeds verby eerstehands te ervaar. Die geboue in die gewilde museumdorpie aan die randjie van die gat is nabootsings, so akkuraat moontlik, van geboue wat werklik in die Kimberley van die delwersdae gestaan het. In enkele gevalle is dit die oorspronklike gebou wat hier heropgerig is, en in nog gevalle is dit die oorspronklike gebou wat steeds op dieselfde plek staan. ’n Voorbeeld hiervan is die Australian Arms wat vandag weer in volle werking as kroeg is, sowel as ’n oornagplek, in dieselfde gebou wat toentertyd hierdie rol vervul het. De Beers, aan wie die Groot Gat behoort, het in 2002 R50 miljoen aan die herontwikkeling van die museum tot ’n wêreldklas-besienswaardigheid bestee. Mynbedrywighede in die Groot Gat is in Augustus 1914 gestaak. Teen daardie tyd is 2 722 kg diamante uit die gat gehaal, en 22,5 miljoen ton grond is uitgehaal om by die diamante te kon uitkom. Die gat is 214 meter diep, met ’n oppervlak van 17 ha en ’n omtrek van 1,6 km.

Centre place to go KIMBERLEY GEARBOX AND PROPSHAFT CENTRE was established in 1983 by the late Pieter Kellerman. Situated in South Circular Street since 1985, it has been a service provider to the South African Police Service (SAPS), South African National Defence Force (SANDF) and all the major car dealership agents in Kimberley and Northern Cape for the last 31 years. They specialise in the reconditioning of and reparations to all gearboxes, differentials and propshafts on all light and heavy-duty vehicles, and also do services and warranty work on vehicles. They also repair and regas all auto aircons. They have a large stock of reconditioned gearboxes, differentials and spares for propshafts. Kimberley Gearbox Centre is RMI 9 Retail Motor Industry approved and registered with the Motor Industry Bargaining Council.

LINKS: Gowie’s Cor­ ner was op sy dag een van Kimberley se voorste sake­ ondernemings. Die gebou, wat nou by die Groot Gat in die museumdorpie staan, is die oor­ spronklike gebou wat in die 1970’s af­ gebreek en hier her­ bou is. Dit was op die hoek van Jones­ straat (nou Phaka­ mile Mabijaweg) en New Mainstraat ge­ leë. Foto’s: André Botha

IN die delwersdae het Kimberley glo die meeste kroeë in die land gehad. Die uitbeelding van ’n kroeg is in die museumdorpie te sien.


8

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

DR. EILEEN SNYDERS (regs), Kansa­streekbestuurder: Kimberley/Karoo, het die na­ sionale eerbewys vir leierskap in middelvlakbestuur ontvang. Sy sê dit is vir haar en die ander personeellede van die tak ’n groot prestasie, omdat hulle met al die takke in die land meegeding het. Hier is Snyders saam met Elize Joubert (Kansa se hoofbedryfsbeampte en waarnemende uitvoerende hoof). Foto: Verskaf

‘Tronk toe’ vir hul naaste KIMBERLIETE is vir liefdadigheid deur Kansa “in hegtenis geneem” omdat hulle “misdade van welwillendheid” gepleeg het. Hulle word elkeen met R10 000 beboet omdat hulle nie vyf groentesoorte per dag geëet het nie. Hulle het tot 13 Oktober om geld vir Kansa se Jail and Bail-projek as “borgtog” in te samel.

Die “tronkvoëls” kan skeppend wees in hul pogings om geld in te samel en kan kollegas, vriende, familielede, ondernemings, ensomeer, om skenkings nader of hulle kan projekte aanpak waardeur hulle geld kan genereer. Die groot geleentheid waarop die “verhoor” gaan plaasvind (en hulle vrygelaat gaan word) is op 13 Oktober in die Flamingo-casino.

JANINDA STRYDOM van Agrifriend is een van die Kimberliete wat in hegtenis geneem is vir Kansa se Jail and Bail­projek.

ALNADRIAN HOFSTA van die Molehe Mampe Secure Care­Centre is een van die “tronkvoëls” wat vir Kansa se Jail and Bail­projek in hegtenis geneem is. Foto’s: Verskaf MARVIN PRINGLE van die departe­ ment van binne­ landse sake was nog een van die Kimber­ liete wat geld vir Kansa se Jail and Bail­projek help in­ samel het.

PETER GUNTHRIE van die Flamingo­ casino was ook van die Kimberliete wat aangekeer is ten ba­ te van Kansa se Jail and Bail­projek. Hy moes R10 000 vir liefdadigheid insa­ mel.


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

9

Mazda wil hom weer laat geld Jannie Hennop NÁ 50 jaar in Ford se besit het Mazda in 2010 begin om hom van die Blou Ovaal los te woel. Ford en ander Amerikaanse motorbouers se teenspoed in 2008 het beteken dat Ford gou van sy trofeë begin verkoop het om die wolf van die deur weg te hou en Land Rover, Jaguar, Aston Martin en Volvo is verkwansel. Met Mazda was dit anders. Ford het ’n aandeel van 27% in Mazda verkry toe laasgenoemde dekades gelede bankrot gespeel het. Japanse wetgewing het bepaal die 27% is genoeg dat Ford die beherende belang kry. Oor die 50 jaar het Ford en Mazda se bedrywighede baie verstrengel geraak. Maar Mazda het intussen genoeg geld gemaak en homself uitgekoop. In sommige markte, waar omtrent alles van die hoofkantoor tot die handelaarsnetwerk geïntegreer is, was die “egskeiding” minder gelukkig. Mazda moes die knie voor die groter en sterker Ford buig. Terwyl Mazda elders gou weer op sy eie bene gestaan het, was dit die laaste paar jaar maar ’n stryd in Suid-Afrika waar Ford- en Mazda-handelaars omtrent voor die voet as ’n enkele onderneming bedryf is. Waar Ford se verkope sterk gestyg het, het Mazda se verkope van ’n hoogtepunt van 18 000 eenhede in 2008 tot net 5 000 eenhede in 2013 getuimel. Nou het Mazda sy eie hoofkantoor, onderdele-pakhuis en ’n nuwe baas uit Aussieland. Daar word hard geswoeg om 50 Mazdahandelaars te kry wat op hul eie kan funksioneer. Die grootste knelpunt tot dusver was dat nuwe produkte nie plaaslik beskikbaar was nie. Die nuwe held in Mazda se oorlewingstryd is sy Mazda3 wat nou hier is. Om hom te steun is die nuwe Mazda6 ook nou hier (hy is al sedert 2012 oorsee beskikbaar) en sy middelslag-sportnutsvoertuig, die CX5, is opgeknap. Volgende jaar kom die nuwe Mazda2, sowel as ’n klein sportnuts-oorkruisryding wat die Ford EcoSport kan takel. En vir ’n beter beeldbouer as die nuwe MX5 sal plaaslike handelaars nie kan vra nie. Hy kom voor die einde van volgende jaar. Indien jy oor die “pragtige” BT50-bakkie gewonder het, moenie bekommerd wees nie, Mazda sê die BT50, wat meganies identies aan die Ford Ranger is, gaan volgende jaar mooigemaak word. Die BT50 en die Ford Ranger is die enigste twee produkte wat nog saam gebou

DIE Mazda6. word. Die ander nuwe Mazdas deel niks meer met enige Ford nie. Die dag dat dié ooreenkoms verval en dit tyd vir ’n nuwe bakkie is, sal Mazda sy eie paadjie loop. Die eerste keer sal Mazda ook ’n passasiersmotor met dieselaandrywing in Suid-Afrika verkoop. Die Mazda6 en die CX5 sal met ’n nuwe 2,2 liter-dieselenjin beskikbaar wees. Wanneer die Mazda2 volgende jaar opdaag, kan daar ’n model met ’n nuwe 1,5 liter-turbodieselenjin wees. Die dieselenjin sal waarskynlik ook in die Mazda3 beskikbaar wees. Omtrent alles in die nuwe Mazdas heet

Foto’s: Verskaf

SkyActiv. Soms is dit net so moeilik om dié konsep te verduidelik as Mazda se Zoom-Zoom, maar laat ons kortliks probeer. SkyActiv-tegnologie behels dat elke faset van ’n nuwe voertuig – nie net die enjin nie – ’n bydrae tot beter brandstofverbruik, beter verrigting en skoner uitlaatgasse lewer. Dit word gedoen deur gewig te bespaar, onder meer met liggewig-, maar sterker metale soos aluminium, windweerstand te verminder en slytasie te beperk met beter smeermiddels. Dit lyk asof Mazda inderdaad sy vere regskud om hom weer in Suid-Afrika te laat geld.

MAZDA se nuwe buks, die Mazda3, het ’n opwindende ontwerp wat hom sommer haastig met die handbriek opgetrek laat lyk.


10

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Pronk op afskeid PIETER OOSTHUIZEN en Kristen Clarke op die Hoërskool Noord­Kaap se ma­ triekafskeid.

DIE hoërskole in die stad het die afgelope tyd hul matriekafskeid gehou. Hier is Frankel Engelbrecht en Karmi van der Walt op die Hoërskool Noord­Kaap se matriekafskeid. Stuur gerus jou matriek­ afskeidfoto na noordkaap@volks­ blad.com. Foto’s: Verskaf

Modelmotors op skou vertoon KIMBERLEY maak hom reg om gasheer vir modelmotor-entoesiaste van oor die land heen op die 18de jaarlikse Suid-Afrikaanse modelmotorskou te speel. Die skou begin Vrydag by die Horseshoe Inn. Belangstellendes word genooi om die skou Vrydag van 14:30 tot 17:00 te besoek. Besoekers sal ook weer Saterdag tussen 10:00 en 13:00 hier ’n draai kan maak.

LENINGS 1445

PLAFONISOLASIE: THERMGUARD LITE NK. Koel in somer, warm in winter. SABS. Gratis kwotasies. Skakel 082 388 0307 of 053 832 9194.

REGSKENNISGEWINGS & TENDERS

GEKLASSIFISEERD

DRANKLISENSIES 4035

BETREKKINGS 3600

ADMINISTRATIEF 3605

ADMIN. DATA CAPTURERS needed. For info e-mail to d.jobbuzz05@gmail.com ALGEMEEN 3680

PROF AHMED *Assist with bad spells and curses * Court cases and divorce (7 days) * Lost lover and get love of your choice * Stop drugs and alcohol addiction * Oil for lotto and casino * Assist with pregnancy problems NB: We offer special prayers. 100% guarantee Call 063 179 7961 (24 hrs. Kimberley.)

ALLERLEI 1845

124. ELEANOR KRIEL FORM 2 NOTICE OF INTENTION TO APPLY IN TERMS OF SECTION 20 OF THE NORTHERN CAPE LIQUOR ACT FOR A LICENCE REG 4 (1) NORTHERN CAPE LIQUOR ACT, 2008. Notice is hereby given that it is the intention to lodge the above-mentioned application, particulars of which appear hereunder, with the Northern Cape Liquor Board 1.Municipality: Sol Plaatje 2.Full name, street and postal address of applicant: Eleanor Kriel, House 72, Minerva Gardens Retired Village, Kimberley PO Box 110629, Hadison Park, Kimberley 8306 3.Kind of Licence applied for: Restaurant 4. Kind of liquor to be sold: All kinds of liquor 5. Name under which the business is to be conducted and full address of premises: Eleanor's Delite, cc Burgundy's Restaurant, Monument Spar Complex, Unit 2A, Memorial Road Kimberley 8301 6. Extra to be sold: Sec 4 (5) (a) (b) Place: Kimberley Signature of applicant or person authorised to sign application. BOEDELKENNISGEWINGS BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

4205

JH DU TOIT In die boedel van wyle Johannes Hendrik du Toit, identiteitsnommer 391211 5020 086 en nagelate gade Gesie Hendrika Christina, identiteitsnommer 420509 0073 082, van die plaas Tasmania, distrik Griekwastad, Meester se verwysing 718/2011. Die tweede en finale likwidasie- en distribusierekening in die bogemelde boedel sal ter insae lê te die kantore van die Meester van die Hooggeregshof Kimberley en die Landdroskantoor Griekwastad vir 'n periode van 21 (een en twintig) dae vanaf 10 Oktober 2014. HPA VENTER DUNCAN & ROTHMAN Prokureurs vir Eksekuteur DUNCAN & ROTHMAN GEBOU CHAPELSTRAAT 39-43 KIMBERLEY 8301 Verwysing: HV/j/Du10/0001

Dié saamtrek spog met topgehalte-modelbouwerk en beloof om soos altyd ’n naweek vol interessanthede en pret vir toeskouers en deelnemers te bied. ’n Groot versameling handgeboude modelmotors sal ook hier te se sien wees. Kimberliete wat die skou wil bywoon, kan Gerhard van Vuuren by 082-334-2677 bel.


NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

11

Groot reünie vir Griekwas beplan André Botha

NARDUS BOSMAN omring deur sy spanmaats ná Diamantveld se Classic Clash­oorwin­ ning van 24­12 oor die Hoërskool Noord­Kaap. Foto: Verskaf

Rugby sy groot liefde

NARDUS BOSMAN (18), ’n matriekleerling aan die Hoërskool Diamantveld, is gekies as September se Noordkaap-SuperSport Let’s Play-sportster van die maand vir sy puik prestasies in rugby en krieket. Nardus is in 2014 die derde keer vir sy skool se eerste rugbyspan gekies en is ook as kaptein aangewys. Hy het Griekwas vanjaar die tweede keer op die Cravenweek verteenwoordig, en was ook kaptein van die span wat in Middelburg deelgeneem het. Onder sy leiding as kaptein het Diamantveld vanjaar die eerste keer in sewe jaar die span van die Hoërskool Noord-Kaap in die jaarlikse Classic Clash verslaan. Dit was ’n groot prestasie vir Nardus en sy span. Die span het ook onder sy leiding die 29ste plek op die skolerugby-webwerf schoolboyrugby se ranglys van die 50 topskole in die land gehaal. Diamantveld was die enigste Noord-Kaapse skool op dié

prestige-lys. Hy is ook die derde keer vir Diamantveld se eerste krieketspan gekies. Vir Nardus is rugby nie net ’n spel nie, dit is ’n passie en ’n leefstyl. Hy speel al die afgelope 11 jaar rugby. Hy het ook ’n groot passie vir krieket en geniet die spel baie. Nardus se leuse is Werk hard, speel harder. Daar is slegs een kans oor om jou inskrywing vir die SuperSport Let’s Play-sportster van die maand te stuur. Benoemings vir leerlinge word ingewag vir kinders tussen ses en 18 jaar oud. Oktober sal die laaste wenner vir 2014 gekies word. Die inskrywings moet voor 15 Oktober ontvang word. Jy kan jou benoeming stuur na supersport@zpr.co.za of faks na 086-552-4922. Vir meer inligting kontak Lynne of Juanré by Z PR by 051-522-9574.

Hendricks kan nie wag Johann de Jager DIE moontlikheid om Australië se beroemde krieketvelde te betree is iets waarna Reeza Hendricks, ’n oudleerling van die Hoërskool NoordKaap, uitsien indien hy speelkans kry. Die Knights-aanvangskolwer was oorbluf met die nuus dat hy gekies is vir die Proteas se T20-groep wat in November drie wedstryde teen die Aussies gaan speel. “Ek het dit glad nie verwag nie en was baie opgewonde toe ek daarvan gehoor het. Ek sien regtig uit daarna,” het Hendricks (25) gesê. Hendricks het op sy vorige besoeke aan Australië saam met die Opkomendes en Suid-Afrikaanse A-span baie goed met die kolf gevaar. “Ek het van die kolfblaaie daar gehou, maar ons speel vanselfsprekend nou op die hoofvelde. “Ek het nog nooit so iets ervaar nie. “Ek hoop, as ek ’n kans kry, om dit aan te gryp en die oomblik te geniet.” Een van die T20-wedstryde word hoeka in Melbourne se imposante MCG beslis. Die ander twee T20-wedstryde is in Adelaide en

Sydney. Hendricks meen dit sal ’n voet in die deur wees. “Dit is wat ’n ou wil hê. Dit is ’n kans om aan die stelsel gewoond te raak en sy aan sy met groot spelers te speel.” Vroeër was daar sprake dat hy vanjaar sy deurbraak in die toetsspan sou maak. “Dit maak vir my nie regtig saak watter formaat nie, ek is maar net te bly om nou nader geroep te word,” het Hendricks gesê.

REEZA HENDRICKS, ’n oudleerling van die Hoërskool Noord­Kaap, is aangewys as ’n lid van die Suid­Afrikaanse T20­krieketspan wat in November teen Australië speel. Hen­ dricks het in 2007 en 2008 vir die Suid­Afri­ kaanse o.19­span gespeel. Hy is sedert 2012 lid van die Suid­Afrikaanse A­span en speel ook vir die Knights. Hy het voorheen ook die Griekwas verteenwoordig. Foto: Verskaf

’n GROOT reünie vir alle voormalige én huidige Griekwa-rugbyspelers en ook alle beamptes en keurders word vir 2015 beplan. Dit word deur André Gerber gereël wat in die laat 1970’s en vroeë 1980’s een van die Griekwas se groot uitblinkers was wat die span destyds uit die vlakte van die Sport Pienaar-bekerreeks gehaal het en in die Curriebeker-reeks teruggeplaas het. Gerber sê die reünie word vir die naweek van 25 en 26 September 2015 beplan. “Ek hoop om dit met ’n Griekwa-tuiswedstryd te laat saamval, maar sal eers later daaroor uitsluitsel kry.” Hy sê die planne vir die reünie is met onder andere Hennie van der Merwe, president van die Griekwas, bespreek, asook met ’n paar oudspelers. “Almal dink dit is ’n puik idee.” Alle spelers wat minstens een wedstryd vir die Griekwas gespeel het, word na die reünie genooi. Alle beamptes, amptenare, keurders en ook noodhulppersoneellede wat by wedstryde diens gedoen het, word ook ingesluit. Die moontlikheid bestaan dat die manneaand wat deel van die reünie gaan wees, op die TV-program Toks en Tjops gebeeldsend sal word. In die stadium word tussen 300 en 400 huidige en voormalige spelers verwag. Die voorlopige beplanning sluit ’n manneaand die Vrydagaand in. ’n Paar sprekers en ook gaskunstenaars sal optree. Die Saterdagmiddag sal almal die wedstryd bywoon en die aand word ’n spitbraai gehou. ’n Kerkdiens word die Sondagoggend

gehou voordat almal na hul tuistes terugkeer. Die program sal gefinaliseer word nadat dit met die Griekwa-rugbyunie bespreek is. ’n Facebook-groep, Ex and current Griqua players, is ook gestig. Gerber sê die Airport-hotel en die Horseshoe Inn is bespreek vir verblyf vir almal wat die reünie wil bywoon. Verblyf is teen ’n goeie tarief beskikbaar. Vir meer inligting bel Gerber by 073-6364763.


12

NOORDKAAP, WOENSDAG 8 OKTOBER 2014

Sport Die Diamantstad se koerant

Indien die Griekwas die naweek die Blou Bulle in Pretoria kan klop en die Kings hul eerste Curriebeker­oorwinning kan be­ haal deur die Pumas die naweek in Port Elizabeth te klop sal die Poubloues nie no­ dig hê om volgende jaar weer vir die Pre­ mierliga van die Curriebeker­reeks te kwa­ lifiseer nie.

MARNUS SCHOEMAN, wat die laaste keer in ’n Griekwa­trui op GWK­park gespeel het, het Saterdag gewys waarom sy weggaan so ’n groot verlies is. Hy was een van sy span se groot uitblinkers en het drie drieë gedruk. Hier draf hy oor die doellyn vir een van die drieë. Foto: Emile Hendricks

Griekwas het nog ’n skrale kans André Botha DAAR is ’n skrale kans, maar wel ’n kans. Indien die Griekwas die naweek die Blou Bulle in Pretoria kan klop en indien die OP-Kings hul eerste Curriebeker-oorwinning kan behaal deur die Pumas die naweek in Port Elizabeth te klop sal die Poubloues nie nodig hê om volgende jaar weer vir die Premierliga van die Curriebeker-reeks te kwalifiseer nie. Die Griekwas het ná hul sege van 45-25 oor die OP-Kings die afgelope naweek 16 punte, met die Pumas op 19 punte. Die eienaardige Curriebeker-stelsel vanjaar behels dat net die Griekwas en die Pumas moet kwalifiseer om weer volgende jaar aan die reeks deel te neem. Die Kings, wat nog nie ’n enkele sege kon behaal het nie en ’n skrale punt ná nege wedstryde het, se plek is saam met die vyf ander spanne verseker. Sou die Griekwas of die Pumas onder die eerste ses eindig, hoef hulle ook nie te kwalifiseer nie. Die Griekwas se hoop is hierop gevestig. Klop hulle die Bulle, en die Pumas verloor teen die Kings, skuif hulle verby die Pumas en eindig sesde, goed genoeg om hul plek in die Premierliga te behou. Dit gaan moeilik wees vir die Griekwas om die Bulle in Pretoria te klop, maar nie onmoontlik nie. Dit is immers al gedoen. Indien hulle speel soos hulle Saterdag in die tweede helfte teen die Kings gespeel het, kan hulle die Bulle klop. In die eerste helfte het die Griekwas gespeel soos ’n span wat nie lus was om te wen nie. Talle ongedwonge foute, swak hanteerwerk, swak verdediging en sommer net slordige spel het dié helfte gekenmerk. Met die rustydtelling op 14-13 in die Griekwas se guns was die tweede helfte ’n ander storie. Harde woorde het rustyd in die kleedkamer geval, het Hawies Fourie, afrigter, ná die wedstryd gebieg.

En dit het gewerk. Die Griekwas het toe gewys waarom hulle ’n gevreesde span is, waarom hulle die Vodacombeker-reeks vroeër vanjaar gewen het, en, ja, waarom hulle in die Premierliga hoort. Die drieë is ingeryg om by 45 punte uit te kom en was dit nie vir twee glipsies in die laaste paar minute wat tot Kings-drieë gelei het nie, was die punteverskil nog groter. Nou wag die Blou Bulle – en indien die Griekwas daardie knoop kan deurhak, sal elke Griekwa-ondersteuner bankvas agter die Kings staan in die hoop dat hulle die Pumas kan troef.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.